http://www.playeuromillions.com/af/home.html

Ek staan op vir Afrikaans!

 

Nommer 158

Besoek my Webwerf

15 April 2011

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! As julle baie resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die Argiewe, meeste van die ou nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur daar af.

Ek stuur ook 'n Engelse brief uit, elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek, gaan kyk gerus en laai na hartelus af.

Die pasella hierdie keer is 'n eBoek wat ek per epos ontvang het - Baaie lekker resepte - gaan kyk self hier onder en laai dit af.

Die resepte die keer  is koekies, koekies en nogmaals koekies! Gaan kyk hieronder.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Rugbygeesdriftiges - Super 15

Alles wat jy wil weet van die Super 15-reeks, wedstryd vir wedstryd. Loot Eksteen het al die feite saamgevat, sien hieronder. Regs klik net om af te laai. As jy die statistieke weekliks wil ontvang, stuur net vir Loot 'n epos en vra dat hy jou op sy posluys sit.

Super 15 - Wedstryde Super 15 - Logs
Super 15 - Data 1 Super 15 - Data 2
Super 15 - Kaarte Super 15 - Statistieke
   
Custom Search

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen, dis 'n stewige R1,050,000,000!!!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Tuiswerk/Tuisinkomste

Hier is iets wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Sluit gratis aan vir 'n proeftydperk.
Maar jy moet opgradeer om deel te neem aan die wins, dis egter 'n druppel in die emmer. Probeer gerus!

Die hele proses het nou verbeter en dis nou makliker om te begin inkomste kry, sluit gerus aan vir 'n gratis proeftydperk, kyk die kat uit die boom en gradeer dan op om te begin saamspeel! Klik hier en gaan kyk self!

Dit neem 'n rukkie, maar ek het verlede maand net minder as R1000 gekry. Elke bietjie help!

Yes, out of curiosity I visited Be Motivated Today during September 2009, but only joined during August 2010, what a waste of time!!!.
If I knew what was happening during the year I wasted, man, I would have joined immediately after I  read the details of the setup.
I now have a waiting list of seven on my downline (one already joined as Silver), the others are bound to join during November and they are jumping around purely from excitement to get started and its rubbing off on me as well.
Just one question: My intention is to place an invitation advertisement on the rear window of my car, do you think it could shake some people out of their dreams and make them joining us?

Klik hier vir meer besonderhede

Resep uit die ou plaaskombuis

Biduurtert
2 groot eiers
8 eetlepels suiker
4 eetlepels botter
1 koppie kookmelk
12 eetlepels meel
2 1/2 teelepels bakpoeier
knypie sout
4 eetlepels botter
6 eetlepels heuning
Room die eiers en die suiker saam. Smelt die botter in die kookmelk en laat 'n bietjie afkoel. Voeg dit om die beurt met die meel, bakpoeier en sout by die eier. Meng deeglik. Bak dit 20 minute lank teen 200º C in die bak waarin dit bedien gaan word. Maak intussen 'n sousie aan deur die heuning en die 4 eetlepels botter saam te smelt. Sny die koek in porsiegrootte blokke en giet die heuningsousie daaroor. Bedien warm.
Bredasdorp poeding
Week een ons gelatien in koue water vir 'n uur. Wanneer sag, voeg by een koppie kookwater, 1/2 lb. wit suiker en die sap van drie suurlemoene asook die geklitste gele van 6 eiers. Roer oor hitte tot dit begin dik word. Dit moet NIE kook nie. Verwyder van hitte en roer in die goed geklitste eierwitte. Gooi in 'n vorm en laat in 'n koel plek om te stol.

Skermbeeld

Dis weer kosmostyd en 'n plesier om die mooi blomme al langs die pad te ervaar. Hieronder is 'n foto wat ek geneem het, klik daarop om dit te vergroot en laai dit dan af as jou skermbeeld. (Regs klik op die groot foto)

   
Treknature

Ek stuur elke nou en dan fotos in na die Treknature webwerf, gaan kyk gerus na die fotos wat ek op ons reise geneem het en al opgelaai het:  http://www.treknature.com/members/FunkyMunky/photos/

Die Afrikaanse rolprent - gister en vandag

Baie dankie aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie reeks te gebruik.

Die jare 90

In die jare 90, toe dit maar sleg met ons plaaslike filmindustrie gegaan het, met een ligpunt: KATINKA HEYNS.

Die jare 90 bestaan meestal uit rolprente wat op TV-reekse gegrond was en as ‘n soort wyedoek slot episode gedien het, en dan kru sekskomedies. Franz Marx het AGTER ELKE MAN na die silwerdoek geneem met Avril Beukes as regisseur. Bruce Beyers, Steve Hofmeyr, word op parool vrygelaat en hy wil hom wreek op Steve Anderson wat verantwoordelik is vir sy straf. Franz maak ook ‘n film oor fietsresies: GEELTRUI VIR ‘N WENNER, terwyl sy swart komedie. PRINS VAN PRETORIA ‘n onwaarskynlike ware verhaal vertel. ‘n Kelner doen homself as die prins van Lichtenstein voor. En jou waarlik, hy kom vir twee weke daarmee weg! Phillip Moolman, wat toe pas in die eerste episodes van EGOLI begin speel het, het die hoofrol vertolk teenoor Soli Philander en Ilse Roos in 1994. Nog ‘n komedie, amper ‘n soort Indiana Jones-skiet, KALAHARI HARRY deur Dirk de Villiers in 1990, gebruik vir Ian Roberts, Bill Flynn en Cassandra Holiday. En dan was daar ook die minder geslaagde rolprent-weergawe van Maretha Maartens se ‘N POT VOL WINTER met Johan Bernard as regisseur. ‘n Skooldogter, Christel Smit, ly onder haar ouers se egskeiding. Om haar verdriet te hanteer, gee sy haar oor aan ‘n skoolseun, Francois Coertze, op die agterste sitplek van sy motor. En nes Debbie in die jare 60, raak sy swanger en ly onder die skandaal van ‘n baba buite die huwelik. Ongelukkig kon Bernard nie daarin slaag om die gevoelige en sensitiewe tema verby die melodramatiese te neem nie, en het ‘n POT VOL WINTER in dieselfde slaggate as DEBBIE in 1965 getrap. Leon Schuster maak net een Afrikaanse rolprent wat op die candid camera-tegniek geskoei is, WOLHAARSTORIES. Die res van sy films is in Engels en val dus nie in die raamwerk van hierdie program nie.

Maar voor hierdie rolprente maak nog ‘n reus haar verskyning en verander Die Afrikaanse rolprent vir altyd. Aktrise en nou ook regisseur: KATINKA HEYNS! Haar FIELA SE KIND het klassieke status bereik. Johnny Boshoff skryf die musiek.

Dalene Matthee se geliefde roman kry hier deerniswekkende gestalte op die silwerdoek met ‘n onverbeterlike Shaleen Surtie Richards as die aardse Fiela. Sy ontdek eendag ‘n 3 jarige seuntjie op haar voorstoep en maak hom groot as haar eie. Tot die wrede goewerment hom wegvat na sy regte ouers toe. Jan Ellis was Benjamin, later Lukas, wat verskeur was tussen die pragtige Nina, ‘n boskind wat hy in die woude van Knysna teëgekom het, sy liefde vir sy aangenome bruin ma, Fiela Koemoetie, en sy vrees vir sy ware ouers. Rassisme, rou liefde, die geboorte van ‘n nuwe volk en die magiese invloed van die groot voete is onverbeterlik deur Katinka na die silwerdoek verplaas. James Robb het die atmosferiese fotografie gedoen, en Chris Barnard oortref hom as draaiboekskrywer.

Katinka Heyns is in 1947 in Balfour in die destydse Transvaal gebore. Sy is sterk beïnvloed deur haar pa en haar ouma wat bobaas storie-vertellers was, en haar ma wat ‘n onderwyseres was. Van kleins af het Katinka konsert op die speelgrond gehou, maar nie toegangsgeld gevra nie. “Hoe kan mens betaal word vir iets wat so lekker is?” het sy gevra. Groot was haar ouers se verbasing toe hulle besef dat alles wat die vorige dag in die huis gebeur het deur klein Katinka op die speelgrond gedramatiseer is! Maar hulle was dol oor die blondekoppie wat ure op die strand kon deurbring. Sy het nie skulpe gesoek nie, maar haarnaalde, sodat die meerminne hul lang hare kon orden. Sy studeer drama aan Tukkies onder Professor Anna Neethling Pohl en NP van Wyk Louw se vrou, Truida Louw. Truida het haar bewus gemaak van die visuele beeld en die krag van die kamera. Katinka maak haar debuut as aktrise vir Jans Rautenbach in Katrina, ontmoet later vir Koos Roets en trou met hom. Jare later sou sy met die skrywer Chris Barnard trou. En hierdie kombinasie sou sorg nie net vir uitmuntende TV-reekse nie, maar ook drie bobaas-rolprente waaronder Fiela se kind.

Engele en feetjies, dus die mistieke, was nog altyd teenwoordig in Katinka Heyns se rolprente, spesifiek FIELA SE KIND. Maar die magiese kom ook voor in my gunstelingrolprent van Katinka, DIE STORIE VAN KLARA VILJEE met nog ‘n aktrise wat ‘n barshou speel en bewys dat sy een van ons voorste aktrises is: die geliefde Anna-Mart van der Merwe as Klara. Katinka het die storie van Klara Viljee gedurende ‘n motorrit by Daleen Mathee gehoor. Sy’t vertel van ‘n meisie wat verlief was op ‘n jong man, Pietman, Gavin vd Bergh. Maar nadat hy verdwyn, hou sy die see verantwoordelik vir sy dood. So erg is haar smart, dat sy ‘n huis agter ‘n duin bou sodat sy nooit die see hoef te aanskou nie. So sluit Klara haar weg van die lewe, ‘n vryer, Hennie Oosthuizen as Soois, en die onderwyser, Regardt van den Bergh as meneer Aucamp. Hy word valslik daarvan beskuldig dat hy ‘n skoolmeisie, Engela, swanger gemaak het. Koos Roets lewer van sy beste werk as kameraman in DIE STORIE VAN KLARA VILJEE.

Maar wie is die pa van Engela se kind? En sal meneer Aucamp sy werk terugkry? Die room van Afrikaanse akteurs soos Sandra Kotzé, Wilna Stockenstrom en Lida Botha oortref hulle onder Katinka se regie met natuurlike, ongedwonge spel. Vir Katinka is die plek voor die kamera heilige grond en akteurs en tegnici moet daardie gebied respekteer. Sy behandel haar akteurs streng maar met respek, en omdat sy self ‘n aktrise was, weet sy hoe weerloos ‘n akteur voor die kamera is.

Hierdie laaste toneel waar Klara vir die preutse, dog ondeunde Miss Lizzie, Wilna Stockenstrom, help om ‘n nuwe rok aan te pas is tipies van die skalkse humor en vloeibare dialoog van Chris Barnard in DIE STORIE VAN KLARA VILJEE. Katinka het elokusie op skool geneem, maar het gou besef dat hierdie deklamerende manier van praat, wat veral in die rolprente van die 50er en 60er-jare voorgekom het, nie die werklikheid weerspieël het nie. Sy het begin luister hoe mense regtig praat. Sy hou hulle fyn dop, en toe sy vir die kamera moes oudisie, het sy natuurlik en gemaklik onderspeel - tot so ‘n mate dat toe sy in ‘n oudisie moes sê: “Ek het jou lief”, het sy dit so sag gesê het, dat dit natuurlik oorgekom het en die rol in KATRINA was hare. Katinka wen verskeie pryse. Een daarvan was vir haar volgende meesterstuk: PALJAS. Hier het Katinka die Afrikaanse rolprent na ‘n ongekende en trotse hoogtepunt geneem wat nie sedert Jans Rautenbach, of weer daarna, geëwenaar is nie. PALJAS, wat vol betowering was, het gegaan oor ‘n stasiemeester, Marius Weyers, wat verleer het om met sy gesin te kommunikeer, veral sy seuntjie wat opgehou het met praat.
Hoe eenvoudiger die storie, hoe natuurliker die regie, hoe kragtiger die impak het Katinka van jongs af geleer. In Paljas het sy gesê dat ‘n regisseur nooit op die natuur verlief moet raak sodat mooi prentjies die aandag van die storie aftrek nie. Dit gebeur ook so in PALJAS, wat op Toorwater in die Karoo geskiet is – nie te ver van Jans Rautenbach se plaas Oulap nie. Hier was die harde Karoo met sy klipperigheid, tolbossies en rantjies onlosmaaklik deel van die verhaal.

Pietman, Jan Ellis, is verlief op Hendrik se dogter Emma. Intussen is die stilte van Hendrik se jongste seuntjie tasbaar, tot ‘n nar met ‘n sirkustrein in die Karoo aankom en almal se lewens vir altyd verander. Tonnelvisie, konserwatisme, vooroordeel, xenofobie, verwaarlosing en isolasie, maar veral die gebrek aan kommunikasie en verborge liefde wat nie kans kry om te blom nie, was temas wat Katinka met ‘n fyn aanvoeling in PALJAS ondersoek het.

Tot op datum het Katinka Heyns nog nie weer ‘n rolprent gemaak nie, alhoewel sy ‘n TV-reeks vir kykNET verfilm het, PG du Plessis se DIE FEES VAN DIE ONGENOOIDES. Haar rolprente is vry van vulgariteite, oppervlakkige humor, politiek en aangeplakte tegnieke. Die rolprente wat sy in Klipfontein as dogtertjie gesien in die kerk- en skoolsaal gesien het, het haar geleer om visueel te dink. Die beeld was van primêre belang met die woord wat die effek bloot onderstreep of uitgelig het. As daar een regisseur is wat die krag van die beeld verstaan en wat rolprent in ‘n toeganklike kunsvorm in S.A. verander het, is dit Katinka Heyns. Saam met Jans Rautenbach is sy ons grootste regisseur.

In die laat jare negentig, met die wegval van sensuur, kom daar ‘n warboel Afrikaanse rolprente wat seks, vulgariteit, platvloersheid en uitbundige begeertes ontbloot om geld te laat inrol. Die publiek, wat vir jare onder streng sensuur skaars ‘n verwysing na seks kon ervaar, kry dit nou eksplisiet in gekruiede taal in oorvloed.

Vorige episodes kan hier gelees word

Pasella

Hierdie maand se pasella is 'n eBoek wat ek per ePos ontvang het - Baaaie lekker resepte - regs klik hier om die boek af te laai

Lekker lugkastele bou - Oorsese Lottos

 Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy? Sien verder ondertoe vir besonderhede van die gratis kaartjie.

Uit 'n dagboek - Emily skryf weer
 

 

Emily gaan nie terug skool toe nie


My ma vertel ek kan bly wees ek heti in 2010 honnematriek geskryf nie want sy se die matriekuitslae is nie die papier waarop dit geskryf is, wert nie! Sy se met al die stakings en twak wil sy ook nooit 'n 2010 matriekielant in diens neem nie, want die pinte is 'n lieg.
Nou dink ma om vir my nie skool toe te stier in 2011 nie want sy se so voor verkiesings kan sy nie weet of lieg hulle vi haar oor my goeie punte nie. Nou wil sy houmskoolieng doen wat is houmskooling? Ek loop le net onder die lessenaar ma vigeet later van my ek worry nie ek snork.
Wat is dit met mense wat honne die heeldag so wil bad? Ek is gister weer gebad en toe trap ek lekker vir ma amper yt die bed yt vinag want ek neem wraak! Ek hou nie van water so op my lyf en in my gesig nie.
Ek het nettou lekker roomhys gehad. Pippirmint geur. Ma eet eers al die tjoklit af sy se tjoklit en neete en drywe en nog iets wat ek nou vigeet het is sleg vi honne en netou slaan ek pote ini lug se ma.
Ek gan nou eers weer biekie le. Ma gan nou trigkom na haar leptop dan kry ek weer moeilikyt.

Uit: http://skoor.wordpress.com/

Boeremusiek

Alles wat jy wil weet oor Boeremusiek.

Hierdie is die webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Klik hier om sy webblad te besoek.

Uit die Willetuin

Ons probeer so dikwels moontlik Kruger Nasionale Park toe gaan, ons hou daarvan om te gaan batterye herlaai in die natuur, omring duer die wildlewe. Ek gaan van nou af elke keer een van die fotos wat ek geneem het, hier plaas. Klik op die foto om 'n groter weergawe te sien.

 

Roofarend

Boeremusiek Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde"

 
Jannie van Tonder

Jannie het baie by Sewes van Rensburg gekuier en ook 'n langspeelplaat aan hom opgedra. Jannie was baie populêr en op 'n stadium het al wat jong mens is hom nagevolg. Hy het ook 'n boereorkes bymekaar gekry wat hy die Morelig Orkes genoem het.
 

  +

 

Facebook en Twitter

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za of kry my by www.facebook.com/Peterjasie

Ek Tweet ook nou en dan op Twitter by @Peterjasie

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige en Heel Skool Evalueerder in Stellenbosch.  Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer.  Sy gee praatjies, skryf artikels, lag en reis die hele land vol.  Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders.   Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com.

10 redes

Ek het baie terugvoer van lesers ontvang op die vorige skrywe, getiteld Groei nader aan die Liefde, waar ek gedagtes gedeel het hoe om ‘n verhouding te versorg en versterk oor tyd.  Vandag wil ek ‘n betwisbare stelling maak: 

Meeste paartjies betree ‘n egskeiding te gou.   In der waarheid glo ek dat daar ‘n verpligte twee jaar tydperk van verwydering behoort te wees voordat ‘n huwelik ontbind kan word.

Neem asseblief kennis dat die volgende stellings veralgemenings is, wat ek op grond van my professionele  werk met kinders  wat geraak word deur egskeidings, maak.

Elke eggenoot behoort binne ‘n verhouding steeds grense te hê om sy/haar self respek en dit na aan die hart, te beskerm.  Ongelukkig dwing eerlike lewensstyl en selfbehoud mens soms om weg te stap van ‘n verhouding.  Geen eggenoot behoort toe te laat dat hy/sy of hulle geliefdes blootgestel word aan gedurige geweldadige en afbrekende gedrag of woorde nie.

Maar voor iemand hulself in ‘n egskeiding begewe behoort hulle die volgende te weet en te oorweeg:

Albei eggenote is gewoonlik finansieël slegter daaraan toe na ‘n egskeiding. Die geldelike druk dwing geskeides dan om onvanpaste lewensmaats te kies.  Die lewenskwaliteit van beide eggenote, en die kinders is gewoonlik laer na ‘n egskeiding.

Die konflik wat gewoonlik voor die egskeiding plaasvind, gaan aan tydens en vererger soms selfs, na die egskeiding.  Dan word kinders as emosionele afpersing gebruik in die geveg van “myne en joune”. ‘n 11-jarige kind vertel verlede week aan my:  “dis asof my pa en ma mekaar met klippe bestook, maar ek is die een wat hulle in die middel raakgooi’.  

Statistiek toon dat meer tweede huwelike misluk as eerste huwelike.  Jy kan natuurlik kies om in ‘n saambly-verhouding te wees, maar jy sal saamstem daar is self nog minder sekuriteit in so verhouding is.

Die reëlings om kinders by die ander ouer te kry en die gedeelde verantwoordelikheid is ‘n nagmerrie.  Dit is ‘n mynveld van verbreekte beloftes, misverstande, verlore items en wroeging van die eks en die kinders.

Ouers en kinders dra gewoonlik letsels lewenslank na ‘n egskeiding.  Selfs grootouers, die uitgebreide familie, vriende en selfs troeteldiere voel die stertk, negatiewe gevolge van ‘n egskeiding.

Egskeidings is deesdae so algemeen dat dit maklik is vir paartjies om weg te skram van die harde en moeilike werk om ‘n huwelik te probeer red.   En daarom gee hulle dan moed op tydens die stadium wanneer hulle emosionele reserwes juis so laag is.  Nie die ideale gemoedstoestand om groot besluite te neem nie.

Ek betoog nie dat ‘n mens nooit moet skei nie, ek pleit slegs dat paartjies alles in hulle vermoë moet doen om die verhouding te herstel en liefs ‘n lang verwyderingstydperk, by voorbeeld twee jaar, sal hê voordat hulle die huwelik tot niet verklaar -want soms vernietig mens iets wat jy nooit weer sal vind nie.

Egskeiding verander alles in ‘n mens se lewe en meestal verloor mens meer as wat jy voorsien het.

Met respek van my hart na joune.

Klik hier om Mirna se ander artikels te leews

Peinsplekkie

Geniet wat jy doen en jy sal nooit weer werk nie!

Gedig

De La Rey
Bok van Blerk

Op 'n berg in die nag
lê ons in die donker en wag
in die modder en bloed lê ek koud,
streepsak en reën kleef teen my

en my huis en my plaas tot kole verbrand sodat hulle ons kan vang,
maar daai vlamme en vuur brand nou diep, diep binne my.

De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey.

Oor die Kakies wat lag,
'n handjie van ons teen 'n hele groot mag
en die kranse lê hier teen ons rug,
hulle dink dis verby.

Maar die hart van 'n Boer lê dieper en wyer, hulle gaan dit nog sien.
Op 'n perd kom hy aan, die Leeu van die Wes Transvaal.

De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey.

Want my vrou en my kind lê in 'n kamp en vergaan,
en die Kakies se murg loop oor 'n nasie wat weer op sal staan.

De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey.
 

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf . Sport fotos onlangs bygelas

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Zalome - Afrikaans op die net

Zalome is nog iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.

Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang, doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).

AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com

AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com

Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier 

Glimlag

Standaard kroeg SMS - Hi my vrou, ek is oor 20 minute by die huis,...drink gou my laaste bier.
As ek nie betyds is nie, lees weer hierdie SMS.
 

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Hier gaan ek sterf

Ek het onlangs die rolprent 127 Hours gaan kyk. Indien jy 'n swak hart het, moet jy nie hierdie prent op die groot skerm gaan kyk, met net drie mense in die teater, en reg voor in die fliek sit nie, want 127 Hours is 'n verskriklike erg spannende drama.

127 Hours is die ware verhaal van Aron Ralston wat 'n obsessie het. Sy obsessie is die avontuur van die groot wye ruimtes van die buitelug. Op 26 April 2003 het die 27-jarige Ralston in die afgeleë suidooste van Utah, alleen in 'n canyon gaan rondklim sonder om vir enigeen te vertel waarnatoe hy gaan. Wat daardie Saterdagmiddag om 14:41 - en in die vyf-en-'n-half dae daarna - gebeur het, is die onderwerp van hierdie film. Met sy klimmery in die Bluejohn Canyon het Ralston 'n 800-pond rots losgetrap en saam met die klip in die skeur afgestort. Sy regterhand word uiteindelik vasgepen tussen hierdie klip en die rotswand van die canyon. Met slegs een liter water en geen baadjie nie, begin hierdie jong man se oorlewingstryd op die silwerdoek ontvou. Hy het by hom slegs enkele items soos 'n videokamera, 'n tou, 'n bottel water en 'n stomp mes.

Die verhaal van Aron Ralston het wêreldwyd opslae gemaak. Maar indien jy, vir een of ander rede nie weet Ralston gedoen het nie, en die film wil gaan kyk, en die genieting vir die flim nie bederf wil hê nie, moet jy nou nie verder lees nie. Die fliek is gebaseer op Ralston se boek Between a Rock and a Hard Place.

127 Hours is 'n film wat 'n mens behoort te sien - veral op die groot skerm. Eerder as in jou sitkamer voor die skermpie van jou televisiestel, waar jy die ongemak van gebeure kan ontvlug deur peuselhappies in die kombuis te gaan soek. Die reggiseur van die flim is Danny Boyle en die akteur in die hoofrol is James Franco.

Dat hierdie film gemaak kon word is eintlik merkwaardig. Die grootste gedeelte van die prent handel oor een man wat op een spesifieke plek vasgepen is. So veel van aksie en rondbeweeg en interaksie kan daar dus nie sprake wees nie. Tog slaag die reggiseur daarin om 'n mens op die punt van jou stoel vasgenael te hou.

Een aspek wat by my opgekom het, terwyl ek die film gekyk het, is dat enigeen in 'n haglike posisie kan beland. In Ralston se geval kan dit wees dat jy fisies in 'n rotsskeur in 'n verlate canyon geklem is. Of jy kan byvoorbeeld jouself in 'n slegte finansiële posisie bevind as gevolg van sekere keuses wat jy gemaak het. In benarde omstandighede kan jy terugkyk en besef dat jy eerder ander besluite en optredes moes gedoen het. Jy kan die aanleidende gebeure oor en oor in jou kop afspeel, en vir jouself sê: "As ek dit maar net anders gedoen het..." maar helaas, te laat. "As ek maar net nie my ore aan ander mense uitgeleen het nie." Maar nou het jy. Dit is die spreekwoordelike water onder die brug deur. Jy word gekonfronteer met die realiteit van jou situasie en dit is hierdie situasie wat hanteer moet word, ongeag die oorsaak hiervan. Jy het nodig om te fokus op jou huidige situasie, eerder as om tyd en energie te mors op dinge wat buite jou beheer is.

'n Tweede aspek wat in die film uitstaan, is hoe gedagtes aan jou geliefdes jou in tyd van beproewing en krisis kan deurdra. In 127 Hours is die gedagtes om herenig te word met sy familie wat maak dat Ralston nie moed opgee nie. Ek lees dat die akteur James Franco, toe hy die eerste keer vir Aron Ralston ontmoet het, deur Ralston gevra is waarom hy die rol wil vertolk. Franco het geantwoord dat dit interessant sal wees om te sien hoe iemand uit sy omgewing geneem en werklik geforseer word om te sien watter tipe mens hy is. Dan voeg Franco by: "And Aron didn't like that answer. He said: 'Well, thank you, but actually one of the things that really drove me was my connection to my loved ones.'"

Die derde aspek, en dit sluit aan by die vorige een, is dat ons dikwels in ons normale en gejaagde lewe nie genoeg waardering vir ons geliefdes toon nie. Ons skeep baiekeer ons eggenoot en ouers en kinders af. Dit is eers wanneer die lewe jou tot stilstand ruk dat jy die betekenis en waarde van jou geliefdes besef. Ek en jy moet elke dag met groot dankbaarheid besef hoe bevoorreg ons is om geliefdes en familie in ons lewe te hê. Kom ons waardeer ons vriende, gesin en familie elke dag. Waardeer hulle voordat dit te laat is.

'n Vierde aspek wat my getref het, is dat ons tog so vol fiemies kan wees oor allerhande dinge. Ons raak vinnig kwaad oor die kleinste van dingetjies. Ons voel gou verontreg oor ietsie kleins en spring dan op ons perdjie. Maar in die gesig van die dood val al hierdie kleinlikhede weg. Dan word gewaande belangrikheid en skynheiligheid nuttelose entiteite in jou lewe. Dalk het dit tyd geword om te besin oor wat werklik belangrik en betekenisvol in jou lewe is. Ja, dis tyd, vir jou en ook vir my, om ons plastiekfoefies af te skud en by die kernwaardes van ons menswees uit te kom.

'n Vyfde aspek. Wat is jou uithouvermoë? Waartoe is jy instaat, wanneer jy uit jou gemaksone gehaal word, gestel word in 'n bedenklike situasie, wat iets van jou verg, fisies en emosioneel, wat jy nie kon voorsien nie? Dit is tydens rampspoedige oomblikke, waar jy tot die uiterste beproef word, dat ongekende dimensies van jou karakter na vore kom.

127 Hours bied soveel stof tot nadenke, maar om hierdie artikel af te sluit, die belangrike vraag waarmee jy in hierdie prent gekonfronteer word. Indien jy, soos Aron Ralston na vyf dae, met jou regterhand steeds vasgeklem tussen 'n onbeweegbare klip en 'n rotswand, besef jy gaan sterf:wat sou jy gedoen het?

En miskien 'n nog belangriker vraag: sou jy dit kon gedoen het?

'n Sprankie wysheid vir die dag
"Jy weet, ek het hieroor gedink. Elke ding is... dit kom nou bymekaar. Dit is ek. Ek het dit gekies. Ek het dit alles gekies. Hierdie rots... hierdie rots het vir my gewag, my hele lewe lank, vir my gewag. Die hele lewe van hierdie rots, van dat dit 'n meteoriet was 'n miljoen, 'n biljoen jaar, gelede. In die ruimte. Dit het gewag, om hierheen te kom. Reg, reg hier. Ek het beweeg na hierdie rots met my hele lewe. Die oomblik wat ek gebore was, elke asemteug, elke aksie het my gelei na hierdie skeur in die aarde." - James Franco as Aron Ralston in die flim 127 Hours -

Interessant dat die naam Aron beteken "berg van sterkte". Toevallig?

Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 
Nuusbrief argiewe

As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke.

 

 

Nog skakels

Lees

Eet

Kyk

Lag

Ry

Speel

 

 

 
Resepte

Sjokolade koekies

125ml Margarien
125ml Kakao
750ml Hawermout
5ml Vanielje
500ml Suiker
125ml Melk
250ml Klapper

Metode

Smeer die bakplaat met margarien.
Meet die margarien, suiker, kakao en melk af in die kastrol.
Skakel die stoofplaat aan op matige hitte. Plaas die kastrol op die plaat en roer die mengsel tot dit kook.
Skakel die plaat op lae hitte en laat dit presies 5 minute lank kook. Haal die kastrol van die plaat af en plaas dit op ‘n plankie. Skakel die plaat af.
Roer die hawermout, klapper, en vanielje by tot goed gemeng.
Skep klein klontjies met 2 teelepels op die bakplaat terwyl die mengsel nog warm is.
Laat staan tot dit goed afgekoel en styf is.

Skurwejantjies

875ml suiker
400g hoë vet margarien
75ml stroop
5 x 250ml koekmeelblom
5 x 250ml klapper
5 x 250ml hawermout
5ml kaneel
10ml sout
5ml gemmer
5ml fyn neut
3 eiers geklits
20ml koeksoda
60ml melk

Metode

Voorverhit die oond na 180°C. Smeer bakplate
Room die suiker en smeer en voeg die stroop by. Voeg nou alle droë bestanddele behalwe koeksoda by. Voeg die eiers by. Los die koeksoda in die melk op en voeg dit ook by die mengsel. Maak okkerneutgrootte balletjies en druk dit plat op die bakplaat. Bak tot goudbruin.


Spenskoekies

600g hoë vet margarien
500ml suiker
2 eiers
45ml grondboontjiebotter
5ml vanielje
10ml koeksoda
25ml melk
500ml Post Toasties
500ml hawermout
30ml bakpoeier
Sout
125ml gekapte neute
500ml klapper
500ml koekmeelblom of nutty wheat

Metode

Voorverhit die oond na 180°C. Smeer bakplate
Room botter en suiker en voeg die eiers by. Voeg die grondboontjiebotter by en meng goed. Roer die geursel en koeksoda, opgelos in melk, by. Meng nou al die ander bestanddele en voeg dit by die bottermengsel. Vorm balletjies en bak tot goudbruin.


Skotse brosbroodjies

1kg botter
1kg koekmeelblom
500g mielieblom
500g versiersuiker

Metode

Voorverhit die oond tot 150°C. Smeer 3 oondpanne. Meng al die bestanddele goed saam, ‘n elektriese klitser werk maklikste. Druk dit 1 cm dik uit in die oondpanne. Prik die deeg oral-oor met ‘n vurk en bak dit vir 40 min. Laat dit effe afkoel, strooi strooisuiker bo-oor en sny die koekies in reghoeke terwyl nog warm.


Brosbrood

500g botter, sag
1 koppie (250ml) strooisuiker
1 teelepel (5ml) karamelgeursel
2 koppies (500ml) koekmeel
2 koppies (500ml) mielieblom
knypie sout

Stel oond op 140 ºC.

Metode

1. Room botter en strooisuiker tot liggeel en donserig. Klits geursel by.
2. Sif meel, mielieblom en sout saam en roer by bottermengsel. Meng tot sagte deeg.
3. Druk deeg vas in gesmeerde oondpan wat met bakpoeier gevoer is.
4. Prik met vurk gaatjies in deeg.
5. Bak 30min. Stel oond af na 120 ºC. Bak vir nog 2 uur of tot bokant van koekies ferm en ligbruin is.
6. Sny met dun, skerp mes in vingers terwyl dit nog warm is.
7. Laat pan afkoel.
8. Plaas op afkoelrakkie tot heeltemal koud en pak in lugdigte houer.

Lewer ongeveer 30 blokkies

Dadel-en Sjokolade-Vierkante

150g botter
¾ koppie (185ml) bruinsuiker
2 eiers
1 teelepel (5ml) vanielje
1 plak (100g ) donker sjokolade
1 pakkie (100g) kasjoeneute, gekap
1 ¾ koppie (437ml) bruismeel
½ pakkie (125g) dadels, gekap
4 eetlepels (60ml) melk

Stel oond op 180 ºC.

Metode

1. Smeer vierkantige oondbak van 20cm.
2. Room botter en bruinsuiker tot botter liggeel is.
3. Klits eiers goed na elke byvoeging. Voeg ook vanielje by.
4. Breek sjokolade in blokkies en smelt in mikrogolfoond.
5. Voeg gesmelte sjokolade by bottermengsel en klits tot goed gemeng.
6. Roer neute, meel, dadels en melk by tot goed gemeng.
7. Skep deeg in gesmeerde bak en maak gelyk.
8. Bak 30- 35 minute of tot ferm.
9. Laat afkoel en sny in blokkies. Sprinkel gesifte versiersuiker oor
Dadelwieletjies

Vulsel

1 pakkie (250g) dadels, gekap
½ koppie (125ml) rosyntjies
150ml water
1 eetlepel (15ml) brandewyn
1 pakkie (100g) gevlokte amandels, gekap

Deeg
2 koppies (500ml) koekmeel
1 teelepel (5ml) koeksoda
2 teelepels (10ml) kremetart
½ teelepel (2,5ml) kaneel
knypie sout
knypie gemengde speserye
¾ koppie (187ml) strooisuiker
½ koppie (125ml) olie
1 koppie (250ml) water

Stel oond op 180 ºC.

Metode

1. Vulsel: Kook dadels en rosyntjies in water vir 2 minute in mikrogolfoond.
2. Roer brandewyn en amandels by en laat eenkant om af te koel.
3. Deeg: Sif al die bestanddele behalwe suiker, olie en water saam.
4. Roer suiker by gesifte bestanddele. Roer olie en water bymekaar en roer by gesifte bestanddele.
5. Vorm deeg en rol tot redelik dun op ‘n meelbestrooide oppervlak in reghoek van ongeveer 50 cm x 30 cm uit.
6. Smeer vulsel op uitgerolde deeg en rol in breedte op soos ‘n rolkoek.
7. Draai deegrol toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir 5 ure.
8. Sny deeg in 1 cm- skyfies, plaas op gesmeerde bakplaat en bak vir 12 minute of tot goudbruin.

Lewer ongeveer 60 koekies

Dadelyskaskoekies

½ pak (250g) botter
1 pakkie (500g) versiersuiker
1 pakkie (250g) dadels
2 eetlepels (30 ml) kakao
1 koppie (250 ml) klapper
2 eiers
1 teelepel (5 ml) vanielje
knypie sout
1 pakkie (200g) Mariebeskuitjies

Metode

1. Verhit botter in ‘n groot kastrol tot sag, maar nie gesmelt nie.
2. Roer versiersuiker by sagte botter en gemeng.
3. Voeg dadels, kakao en klapper by en kook oor medium hitte vir 3 minute.
4. Klits eiers, vanielje en sout en voeg by dadelmengsel, laat kook vir nog 2 minute en verwyder van die hitte.
5. Breek koekies fyn en voeg by dadelmengsel, roer goed en skep in groterige gesmeerde bak. Druk bokant gelyk.
6. Laat oornag in yskas en sny in blokkies.

Lewer ongeveer 60 blokkies


Eet-Maar-Nog-Koekies

Onderste Laag

125g botter
250ml (1k) bruinsuiker
397g (1 blik) kondensmelk
Knypie sout
5ml (1t) vanielje
250ml (1k) klapper
250ml (1k) hawermout
250ml (1k) sultanas
125ml (½k) muesli
50g (½ pakkie) pekanneute, gekap
625ml (2½k) pofrys (Rice Krispies)

Boonste Laag
500g (2 plakke) donkersjokolade
30ml (2e) jogurt by kamertemperatuur

Onderste Laag
Smelt botter, suiker en kondensmelk in kastrol.
Verhit tot kookpunt en kook vir 6 min terwyl dit geroer word.
Verwyder van hitte. Roer sout en vanielje by. Roer goed.
Roer oorblywende bestanddele by.
Druk in gesmeerde, reghoekige oondbak vas.

Boonste Laag
Smelt sjokolade oor dubbelkoker tot glad of in mikrogolf teen 70٪ krag.
Roer jogurt by sjokolade en smeer oor koekies. Laat stol en sny in blokkies.


Gebakte Pienk Sjokoladekoekies

Koekies

2 eiers, geklits
185ml (¾k) strooisuiker
250ml (1k) koekmeel
5ml (1t) bakpoeier
Knypie sout
125ml (1½k) louwarm melk
30ml (2e) olie
3 druppels rooi voedselkleursel
5ml (1t) rooswater

Sous

45ml (3w) romerige aarbeilikeur
125ml (½k) room

Koekies:

Klits eiers en suiker tot liggeel.
Sif meel, bakpoeier en sout saam
Roer melk en olie saam. Voeg meel- en melkmengsels beurtelings by eiermengsel en roer goed.
Roer voedselkleursel en rooswater by.
Spuit hartjievorm-koekpannetjies met kossproei en skep driekwart vol met deeg.
Bak vir 10 min of tot gaar.
Keer uit en plaas op afkoelrakkie.
Sous: Roer likeur en room bymekaar en giet oor warm koekies sodat sous kan intrek.
Sit saam met ‘n vars rosie of wit sjokoladekrulle voor.


Gou-Gou Koekies

Koekies

500g botter, sag
500ml (2k) versiersuiker, gesif
1 250ml (5k) koekmeel
10ml (2t) bakpoeier
Knypie sout
60ml (4e) rooi glanskersies, gehalveer
60ml (4e) groen glanskersies gehalveer
100g (1 pakkie) gevlokte amandels

Versiering

200g (2 plakke) sjokolade, gesmelt.

Stel oond op 180ºC.

Koekies

Room botter en versiersuiker tot liggeel en romerig.
Sif meel, bakpoeier en sout. Roer by bottermengsel tot deeg begin vorm.
Voeg kersies en amandels by en verdeel mengsel in twee. Vorm deeg in wors. Draai in kleefplastiek toe en vries vir vyf uur.
Sny gevriesde deeg in 1cm-skywe en sit op bakplaat wat met bakpapier gevoer is.
Bak 15min of tot goudbruin bo-op.
Skep koekies op afkoelrakkie tot heeltemal afgekoel.

Versiering
Doop helfte van koekie in gesmelte sjokolade.
Sit gedoopte koekies op waspapier sodat sjokolade kan stol.

Klapperkoekie met Vulsel

Koekie

200g botter
125ml (½k) strooisuiker
1 eier, geklits
5ml (1t) vanielje
500ml (2k) koekmeel
7,5ml (1½t) bakpoeier
Knypie sout
125ml (½k) klapper

Vulsel

60ml (4e) botter
187ml (¾k) versiersuiker, gesif
2,5ml (½t) vanielje
10ml (2t) melk

Stel oond op 180ºC.

Koekies
Room botter en suiker tot liggeel en romerig.
Klits eier en vanielje by tot goed gemeng.
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Roer klapper by.
Voeg meelmengsel by bottermengsel en meng goed.
Rol deeg in balletjies en sit op bakplaat wat met bakpapier gevoer is. Druk bokant van koekies effens plat.
Bak 12 tot 15 min of tot goudbruin.

Vulsel
Room botter en versiersuiker tot liggeel en donserig.
Voeg vanielje en melk by soos benodig.
Smeer vulsel op koekie en plak nog ‘n koekie bo-op.
Hou koekies in lugdigte blik.

Klapperys

280g versiersuiker
1 ml kremetart
1 blik (397g) kondensmelk
270g droë klapper
koekkleursel van jou keuse

Metode

1. Smeer ‘n vierkantige 20cm bakpan.
2. Sif die versiersuiker en die kremetart saam.
3. Voeg kondensmelk by en meng tot glad.
4. Voeg helfte van die klapper by en roer goed.
5. Meng die res van die klapper in totdat die deeg vaskleef.
6. Verdeel die mengsel in drie en voeg koekkleursel by twee daarvan- kleur een deel helder en die ander een ligter.
7. Druk die dele soos kleure verlang in die pan.
8. Hou een uur in die yskas en sny in blokkies.


Klein Vrugtekoekies

375g botter
1 ½ koppie (375ml) water
1 ½ koppie (375ml) strooisuiker
1 ½ koppie (375ml) pitlose rosyntjies
1 ½ koppie (375ml) gebleikte sultanas
1 pakkie (250g) dadels, gekap
½ pakkie (50g) pekanneute, gekap (opsioneel)
2 eetlepels (30ml) sitrusskil, gekap
½ koppie (125ml) rooi glanskersies, gekap
3 eiers
3 koppies (750ml) koekmeel
½ teelepel (2,5ml) fyn kaneel
knypie fyn gemmer
1 eetlepel (15ml) bakpoeier
1 teelepel (5ml) vanielje

Metode

1. Meng botter, water en strooisuiker.
2. Voeg rosyntjies, sultanas, dadels, skil en kersies by bottermengsel en kook oor lae hitte vir 20 minute op stoof.
3. Verwyder van hitte en laat eenkant afkoel.
4. Stel oond op 140 ºC.
5. Klits eiers en roer by vrugtemengsel.
6. Sif meel, kaneel, gemmer en bakpoeier bymekaar en roer by vrugtemengsel.
7. Skep beslag in gesmeerde muffinpanne en bak 25 minute of tot gaar.

Lewer ongeveer 24 koekies


Maklike Fudge

397g (1 blik) kondensmelk
1 kondensmelkblikkie vol melk
1 125ml (4½k) suiker
60ml (4e) botter
5ml (1t) vanielje
Knypie sout

Metode

Gooi alle bestanddele behalwe vanielje en sout in dikboomkastrol en verhit tot kookpunt. Roer tot suiker opgelos is.
Kook nog 20min oor lae hitte tot strooikleurig. Roer af en toe.
Haal fudge van plaat af en roer vanielje en sout by. Klop met houtlepel of elektriese klitser tot fudge begin dik raak. Wanneer dit by kante van kastrol begin dik raak is dit reg.
Skep fudge in klein, gesmeerde rolkoekbakplaat en laat stol.
Sny in blokkies.


Beskuitjie fudge

1 x 200g marie beskuitjies/tennis beskuitjies in stukkies gebreek
1 x 250g margarien
1 eier

Sif saam:
75ml kakao
500g versiersuiker
1 handvol amandels
1 dop kahlua

Metode

Smelt margarien. Voeg kakao en versiersuiker by. Roer.
Klits eier baie vinnig by.
Haal van stoof af
Roer Kahlua by.
Voeg koekies en amandels by.
Laat stol ‘n rukkie in yskas.
Rol in rolletjies waspapier.
Laat stol.
Sny in skyfies en bedien saam met koffie.
Hou in yskas.


Lekker fudge in mikrogolf

1 blik kondensmelk
1 blik kookwater
3 eetlepels goue stroop
6 koppies suiker
1 koppie koekmeel
1 eetlepel asyn
250g wit margarien (wooden spoon)
½ (‘n halwe) teelepelvol kremetart
1 teelepel vanieljegeursel

Metode

Meng alles behalwe kremetart en vanielje.
Kook alles op hoog in mikrogolf oond – kook vir 8 min. Roer goed.
Kook vir 6 minute.
Roer ½ teelepelvol kremetart in bietjie water opgelos by.
Kook vir nog 20 minute.
Roer goed en voeg vanielje by en klop flink tot dik.
Gooi in gesmeerde 30 x 45cm pan uit.
Koel af en sny in blokkies.


Mikrogolf Fudge

Hier is ‘n resep wat regtig werk en baie, baie lekker is:

1 blik kondensmelk
500 ml strooisuiker
125g margarien/botter
5ml vanieljegeursel geursel

Metode

Voeg kondensmelk, stooisuiker en margarien/botter saam in ‘n groot glasbak (ongeveer 15 cm hoog – mengsel borrel hoog gedurende kook proses!).
Kook op “high” vir 2 minute.
Haal uit; roer goed en plaas terug vir 8 minute op “high”.
Haar uit; voeg 5ml vanieljegeursel by.
Roer goed.
Gooi in gesmeerde pan.
Laat staan vir 2 minute.
Sny in blokkies en geniet!
(Opsioneel: kan ook neute/rosyntjies/rice krispies/gebreekte beskuitjies bygooi of smelt sjokolade en smeer bo-oor)

Mentwieletjies

Vulsel

5 eetlepels (75 ml) sagte botter
1 koppie (250 ml) versiersuiker, gesif
2 teelepels (10 ml) pepermentlikeur
8 sagte Spearmint- lekkers, grof gekap
3 druppels groen voedselkleursel

Kors

1 koppie (250 ml) volroommelkpoeier
250g donker sjokolade, in blokkies
1 pakkie (200g) Romany Creams
1 koppie (250 ml) sagte sjokoladekoekkrummels
¼ pak (125g) botter, gesmelt
bietjie strooisuiker

Metode

1. Vulsel: Klits botter met elektriese klitser tot romerig en voeg versiersuiker by.
2. Klits likeur en voedselkleursel by en hou aan met klits tot versiersuiker donserig is. Hou eenkant tot benodig.
3. Kors: Smelt sjokolade in mikrogolfoond of oor dubbelkoker.
4. Kap koekies in voedselverwerker tot fyn.
5. Roer koekiestukkies en koekkrummels by gesmelte sjokolade.
6. Roer gesmelte botter by tot ‘n sagte koekiemengsel vorm.
7. Sprinkel bietjie strooisuiker oor ‘n groot stuk swaar foelie.
8. Druk koekiemengsel in ‘n reghoek van 22 cm x 28 cm.
9. Smeer vulsel oor koekiereghoek tot 1 cm van kant af.
10. Rol mengsel met behulp van foelie so styf as moontlik op.
11. Plaas oornag in vrieskas. Hou daarna in yskas en sny in skyfies net voor dit voorgesit word.


Lewer ongeveer 24 wieletjies

Sjokoladekoekies

2 pakkies Marie beskuitjies
½ koppie (125ml) botter
1 koppie (250ml) suiker
2 eetlepel (30ml) kakao, gesif
1 eier
1 teelepel (5ml) vanielje

Metode

1. Smelt botter, suiker en kakao saam.
2. Klits eier en vanielje saam, gooi by bottermengsel.
3. Terwyl alles smelt breek 1 ½ pakkie Marie beskuitjies daarin en roer deeglik.
4. Druk in gesmeerde pan en krummel oorblywende Marie beskuitjies bo- oor.
5. Laat afkoel in yskas en sny in blokkies.

Sjokoladeneutlekkers

400g suiker
30g kakao
½ koppie (125ml) melk
125g botter in blokkies gesny
300g hawermout (Jungle Oats)
120g klapper
100g okkerneute

Metode

1. Plaas die suiker, kakao, melk en botter in ‘n kastrol.
2. Roer oor lae hitte tot die botter gesmelt het en die suiker heeltemal opgelos is. Laat kook en prut dan vir 1 minuut.
3. Voeg die hawermout, klapper en okkerneute by die mengsel in die kastrol en roer deeglik.
4. Skep lepels vol daarvan op ‘n bakplaat- werk vinnig voor die mengsel stol.
5. Laat stol en bêre in ‘n lugdigte houer.

Lewer ongeveer 30 stukke

Spesery-Yskaskoekies

½ pak (250g) botter
3 eetlepels (45ml) kakao
3 teelepels (15ml) koffiepoeier
1 blik (397g) kondensmelk
½ teelepel (2,5ml) vanielje
1 pak (500g) versiersuiker
1 koppie (250ml) volroommelkpoeier
1 teelepel (5ml) fyn kaneel
½ teelepel (2,5ml) gemengde speserye
knypie sout
3 eiers, geklits
1 pakkie (100g) pekanneute, gekap (opsioneel)
1 koppie (250ml) klapper
½ koppie (125ml) sultanas
2 koppies (500ml) Rice Krispies
1 pakkie (200g) Marie- beskuitjies, gebreek

Metode

1. Smelt botter in groot genoeg kastrol. Roer kakao, koffiepoeier, kondensmelk en vanielje by tot koffiekorrels goed opgelos het.
2. Sif versiersuiker, melkpoeier, kaneel, speserye en sout saam en meng goed met bottermengsel.
3. Verwyder kastrol van hitte. Klits eiers en roer vinnig by mengsel sodat eiers nie skif nie.
4. Roer neute, klapper, sultanas, Rice Krispies en koekies by.
5. Druk in ‘n groot gesmeerde tertbak of oondpan vas.
6. Plaas in yskas om te stol en sny in blokkies of vingers.

Lewer ongeveer 50 blokkies

Yskaskoekies

ONDERSTE LAAG

175g botter
750ml (3k) versiersuiker
1 eier, geklits
2,5ml (½t) vanielje
Knypie sout
200g (1 pakkie) Mariebeskuitjies fyn gedruk
250ml (1k) pofrys (Rice Crispies)

BOONSTE LAAG

200g donkersjokolade, gekap
100g (1 pakkie) pekanneute, gekap

Metode

ONDERSTE LAAG

Smelt botter en roer versiersuiker by. Verwyder van hitte.
Roer eier, vanielje en sout by. Sit weer op stoofplaat en roer vir 2 min op warm plaat.
Verwyder van hitte.
Roer koekies en pofrys by.
Druk mengsel in klein, gesmeerde oondbak vas en sit in yskas.

BOONSTE LAAG

Smelt sjokolade in mikrogolf teen 70٪ krag en roer tot glad.
Smeer sjokolade oor gestolde koekielaag en sprinkel neute bo-oor.
Laat sjokolade stol en sny koekies in blokkies met dun skerppuntmes.
Sit in yskas.

Sjokolade “clusters”

125g margarien
500ml suiker
125ml kakao
125ml melk
750ml oats
250ml klapper
2,5ml vaniielje

Metode
Meng die 1ste vier bestanddele & kook vir 5 minute.
Meng die res van die bestanddele goed in.
Skep lepelsvol op bakplaat & laat afkoel.

Skakels/Advertensies

Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za


Resepte, resepte,  resepte

Ek het besluit om sake vir my te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans) op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.

Die prys van die CD is R100 (dis om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit

Posgeld is  R20 vir geregistreerde pos en R50 vir Speed Services oornag toonbank tot toonbank.

As jy sou belangstel om een van die CD's te bekom, klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit Speed Services oornag toonbank tot toonbank

Hier is die Afrikaanse boeke:

217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels, Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte, Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte, McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1, Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies

Allerlei

Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet, Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke omskakelingstabel, Werk van die huis

Hier is die Engelse resepte:

FunkyMunky Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!

Bonus eBooks

Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food

Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns

Everything you wanted to know about making, marketing and selling your crafts.

Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies, myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.

10,000 Dreams Interpreted

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.