http://www.playeuromillions.com/af/home.html

Ek staan op vir Afrikaans!

 

Nommer 159

Besoek my Webwerf

15 Mei 2011

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! As julle baie resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die Argiewe, meeste van die ou nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur daar af.

Ek stuur ook 'n Engelse brief uit, elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek, gaan kyk gerus en laai na hartelus af.

Ons ry oor 'n paar dae vir 'n kampeertrippie Kgalagadi Oorgrenspark toe. Tyd dat ons weer padvat na so vier maande tuis!

Die pasella hierdie keer is 'n eBoek met die titel Van Huis tot Huis, propvol lekker resepte, gaan laai af by die Pasella afdeling hieromder

Die resepte die keer  is 'n paar lekker sopresepte aangesien die winter op ons voorstoep is!

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Rugbygeesdriftiges - Super 15

Alles wat jy wil weet van die Super 15-reeks, wedstryd vir wedstryd. Loot Eksteen het al die feite saamgevat, sien hieronder. Regs klik net om af te laai. As jy die statistieke weekliks wil ontvang, stuur net vir Loot 'n epos en vra dat hy jou op sy posluys sit.

Super 15 - Wedstryde Super 15 - Logs
Super 15 - Data 1 Super 15 - Data 2
Super 15 - Kaarte Super 15 - Statistieke
   
Custom Search

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen, dis 'n stewige R1,050,000,000!!!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Werk van die huis

Ek wonder nou al vir 'n geruime tyd wat mens van die huis af kan doen om 'n ekstra geldjie te verdien sonder om 'n klomp geld uit te gee of om advertenie na advertensie te beantwoord wat jou belowe dat jy duisende sal verdien deur koeverte te vul en dan werk dit nie.  Nie almal van ons is bemarkers of het die kontakte om polisse of iets dergeliks te gaan verkoop nie.

Toe begin ek dink en vra bietjie rond en kom met 'n paar idees te voorskyn om die bal aan die rol te sit.

Wat jy ookal besluit om te doen, hier is 'n paar goue rëels:

- wees eerlik en hou jou woord, as jy sê jy gaan iemand terug bel by 'n spesifieke tyd, doen dit voor daardie tyd.

- volg altyd op, vind uit of die diens wat jy gelewer het op standaard was. Maak reg waar jy fouteer het op jou onkoste.

- gaan die ekstra myl. Wat jy ookal doen, sit daardie ekstra bietjie by, dit maak wat jy doen net soveel beter as 'n ander persoon wat dieselfde diens verrig.

Soek na 'n diens wat nie in jou omgewing verrig word nie, of as so 'n diens wel verrig word, vind maniere om dit beter, vinniger, goedkoper te verrig.

Jy gaan nie oornag ryk word nie maar talle suksesvolle besighede het klein begin!

Hier is die idees wat ek alreeds het, as jy iets kan byvoeg, doen dit gerus, dalk help ons net iemand om weer op die been te kom. Julle kan vir my ePos stuur met enige voorstelle.


Almal moet eet. Baie mense het nie die tyd om daagliks toebroodjies te maak nie en gaan koop ten duurste by hulle werk se kafeteria middagete. By ons werk het 'n dame daagliks etenstyd by ons werk opgedaag met die heerlikste vars toebroodjies. Haar pryse was billik en sy het elke dag verskillende toebroodjies gehad. Op nat koue dae het sy pannekoek gehad en somtyds ook sop.

Hier is wat jy doen. Vra by kenisse wat hulle by hulle werk vir middagete geniet. Bied aan om dit beter en goedkoper te voorsien. Neem 'n paar voorbeelde en oortuig hulle Jy kan jou pryse billik hou en tog 'n wins maak. As hulle daarvan hou is jy in en kan jy dan daagliks aan hulle toebroodjies voorsien. neem 'n meningspeoling en vra wat hulle sou verkies vir afwisseling. Probeer vetkoek met verskillende vulsels, gebruik jou verbeelding! Vir verjaarsdae kan jy koek voorsien en vir hulle partytjies versnaperings. Vir die wat dit so verkies kan jy pap en sous voorsien. Jy kan dan die firma as verwysing gebruik om uit te brei na 'n volgende firma en so aan.


Meeste mense besit deesdae rekenaars. Dit gee my 'n groot kramp as daar iets verkeerd gaan met my rekenaar en ek moet alles uitprop, dit in die motor laai en na die plaaslike rekenaarwinkel neem. As my rekenaar breek wil ek dit in my huis en nog dieselfde dag reggemaak hê!

Hier is jou kans as jy in staat is om rekenaars te herstel. Werk van jou huis, adverteer plaaslik en bied aan om na jou kliënt se huis te gaan en die werk daar te doen of dit daar af te haal en terug te besorg! Ek sal vir seker so iemand ondersteun!


Jy is 'n gekwalifiseerde haarkapster en sit by die huis. Weet jy hoeveel oumense sit in ouetehuise of by hulle huise en kan nie by winkels uitkom om hulle hare te gaan sny of "perm" nie?
Al het jy geen kwalifikasie nie, gaan was hulle hare en doen algemene versorging. Hulle sal dit vreeslik waardeer! Neem die wat nie meer kan bestuur nie winkels toe, daar is vele sulke geleenthede.
Hier is jou kans, besoek die plaaslike ouetehuise en doen jou ding daar by hulle. Jy hoef natuurlik nie te stop by ouetehuise nie, die plaaslike kerke weet van lidmate wat oud is en nie meer kan rondry nie, nog meer kliënte!

Baie mense sit met hope langspeelplate wat hulle nie meer na kan luister nie omdat mens nie meer platespelers te koop kan kry nie. As jy 'n rekenaar het is dit redelik maklik om plate om te sit op CD's. Adverteer plaaslik en dan in naburige dorpe, ek sien gereeld advertensies van mense wat wil weet hoe om hulle ou plate op CD te sit.

Hier is iets lekkers! Die rëel van partytjies! Baie ma's het vandag net nie die tyd om kinderpartytjies te rëel nie. Bied die diens in jou omgewing aan. Sorg dat jy alles doen, die ma en haar kind en die gaste moet net opdaag en hulleself geniet. En dan natuurlik betaal ook! Gebruik jou verbeelding, ek is seker jy sal 'n sukses daarvan maak. Adverteer plaaslik en as jy goed is sal "word of mouth" die res vir jou doen, sommer gou sal jy hulp moet kry en jou besigheid sal begin uitbrei. Dit hoef natuurlik nie by kinderpartyties op te hou nie, gebruik jou verbeelding!

Met misdaad wat deesdae hoogty vier is dit altyd 'n bekommernis as mense met vakansie weggaan. Diere moet kosgegee word, plante moet natgemaak word, pos moet uit die posbus gehaal word.
Bied hierdie diens in jou omgewing aan. Ek wens ek kan 'n betroubare persoon  kry om ons honde kos te gee en van ons plante nat te maak as ons met vakansie of selfs net vir 'n naweek weggaan! Bou vir jou gereelde klandisie op en as jy betroubaar is sal hulle vir jou adverteer. Adverteer ook om na diere om te sien by jou plaaslike veearts.

Baie mense sit met ou fotos van geliefdes wat met die tyd gevou of gekrap geraak het. As jy 'n rekenaar en die regte sagteware het kan jy die fotos so goed soos nuut herstel, bied sommer aan om dit vir hulle te raam ook!

As jy in 'n vakansiedorp woon is daar ook geleenthede. Baie mense het vakansiehuise en as hulle na 'n lang reis arriveer wil hulle nie nog gaan kruideniersware koop, die yskas en vrieskas aansit en die bier laat koud word nie. Hier is 'n geleentheid vir iemand om so 'n diens te verrig, gaan gesels met die mense as hulle weer daar vakansie hou, asook met ander families wat ook met vakansie is. Baie huise word verhuur en dieselfde diens sal nodig wees wanneer die vakansiegangers arriveer!

Oorweeg 'n stalletjie by jou plaaslike vlooimark. Hier in ons omgewing is hulle net naweke en vakansiedae oop so dit neem nie al jou tyd in beslag nie nie. Op jou "af" dae kan jy voorraad vervaardig! As jy handig is met iets soos houtwerk, klere maak of enigiets interessant kan maak is daar geleentheid. Ek het by die Waterfront in Kaapstad 'n ou gesien wat papier doilies lamineer en hulle dan vir 10 keer hulle oorspronklike prys verkoop! So lyk dit fantasties op 'n skinkbord en kan oor en oor gebruik word. Al wat dit verg is 'n bietjie verbeelding!

Een van ons kerk se omgeegroepe het op 'n Saterdagoggend op 'n lëe erf worsbroodjies verkoop en net vir die oggend R1600 wins gemaak.  Ek is nie seker of mens moet toestemming daarvoor kry nie, maar ek plaas dit hier as 'n idee! Een van die plaaslike supermarke verkoop ook elke Saterdag oggend worsrolletjies op hulle stoep en dit het al 'n instelling geword om daar te gaan koop, wie wil tog kosmaak op 'n Saterdag?
Op pad Hartebeespoortdam toe by Lanseria veby is daar 'n stalletjie, Pete's Boerewors Rolls,  en ek sien altyd motors wat daar stilhou. Ek sien hy brei nou uit want 'n paar kilometers verder het hy nou al 'n tweede stalletjie. Een ding is seker, in kos is daar geld!
Nog op die onderwerp van kos, ek sien in die industriëele gebied naby ons is daar 'n paar mense wat uit omgeboude ou karavane middagete aan die fabriekswerkers voorsien. Hulle moet 'n klein fortuintjie maak!

As jy sweisapparaat het en handig is daarmee is daar ook geleenthede. Ek soek die ander dag vir iets waarop ek die tuinslang kan oprol. Die supermarkte vra 'n klein fortuin daarvoor en ek koop toe 'n heel werkbare een langs die pad vir R60. Dis nou tuinmaak seisoen en so iets sal in aanvraag wees. Ons het van hierdie waterspuite wat jy aan die tuinslang skroef, dit lê dan op die gras en spuit. Ons wou dit van 'n hoogte af laat spuit en my swaer maak toe 'n eenvoudige staander wat jy in die gras indruk en die spuit gly bo op in 'n gleuf in. Siedaar, probleem opgelos.Hierdie en soortgelyke item is ideaal om op 'n vlooimark te verkoop.

Daar is 'n dame in ons kerk wat vreeslik lekker koeke, beskuit en beskuitjies bak. Sy adverteer nie en almal weet hoe om met haar in verbinding te tree as hulle iets spesiaals wil hê. Jy bel haar net en plaas 'n bestelling en in 'n dag of twee gaan haal jy dit af.  Begin om koeke vir julle kermis se koektafel te bak, maak seker jou naam en foonnommer is beskikbaar en as hulle daarvan hou sal die mense jou begin kontak. As jy goed is kan jy ook vir die plaaslike tuisnywerheid bak, maar jou wins is dan minder.

Ek kry 'n advertensie in my posbus van mense wat op weeksdae 'n maaltyd by jou huis kom aflewer. Die koste is R19.99 per bord en die verskeidenheid is groot, van bobotie tot skaapnek potjie. Elke maaltyd het ook groente by. Ideaal vir werkende mense wat nie tyd het vir koskook nie.Jy kry 'n maand se spyskaart vooruit si jy weet wat jy gaan kry. Ek dink so iets kan in groot dorpe of stedelike gebiede werk.

Met meeste van die idees hierbo kan jy met amper geen kapitale uitleg begin en tog stadig opbou na 'n bestendige en winsgewende tuisbesigheid. As julle nog idees het, laat my weet en ek plaas dit hier.

Die volgende is van Danie se Eg Afrikaans nuusbrief:

Enige Suid-Afrikaner wat werk soek, kan Solidariteit kontak by telefoonnommer 012 643 8500, vra vir Netmark en gesels met hulle, of alternatiewelik kan persone sommer direk hulle CV’s deurfaks na 012 663 1929. Waar dit hoegenaamd moontlik is, gaan hulle jou help om 'n werk te kry.


Hier is nog idees uit Dr. S T Potgieter se nuusbrief:

Veelvoudige strome van inkomste

Ons het die afgelope paar weke heelwat gesels oor finansiële aspekte soos spaar, skulddelging, die maak van korrekte besluite, jou begroting, beplanning en so meer. In hierdie artikel wil ek my aandag toespits op 'n ekstra inkomste. Soveel mense met wie ek die afgelopte tyd gesels en van wie ek terugvoer gekry het, vertel dat hul inkomste net eenvoudig nie meer hul uitgawes kan dra nie. Ja, dit is dan belangrik om te kyk na aspekte soos om spaarsamig te lewe en 'n persoonlike begroting op te stel. Maar dit is ook vir baie mense net so belangrik om te kyk na 'n ekstra inkomste.

Daar is 'n spreekwoord wat sê dat 'n mens nie al jou eiers in een mandjie moet sit nie. Wanneer die een mandjie iets oorkom is al jou eiers daarmee heen. Met jou eiers egter in 'n paar mandjies en een mandjie kom iets oor, is daar nog altyd ander mandjies met eiers in. Dit is dieselfde met veelvoudige strome van inkomste. Raak een stroom verstop of droog op, dan is daar nog altyd ander strome wat vir jou inkomste bring.

Byvoorbeeld 'n man het 'n wonderlike werk, maar word in die huidige ekonomiese klimaat oortollig verklaar. Indien so 'n man nie 'n ander werk kry nie is hy in die finansiële moeilikheid indien hy nie oor 'n ander stroom van inkomste beskik nie.

Mense wat op 'n vryskut- of kontrakbasis werk kan in groot finansiële verknorsings beland indien hulle net op een groot kontrak staatmaak. Word daardie kontrak beëindig, droog die stroom van inkomste op.

Jou gesondheid pak op, jy kry een of ander ernstige siekte sodat jy werklik nie meer kan werk nie. Het jy voorsiening gemaak vir 'n passiewe inkomste?

Wanneer lewenskostes hoër raak en mense kan nie meer hul verpligtinge nakom nie, gryp baie mense na hul kredietkaarte of ander tipe lenings as 'n oplossing. Gewoonlik is dit 'n duur (baie duur!) manier, want uiteindelik moet jy die skuld plus rente betaal. Hoekom wag jy nie eerder met dit wat jy wil koop nie, skep intussen vir jou 'n ekstra bron van inkomste en betaal dan kontant vir dit wat jy wil hê!? Jy gaan soveel meer in beheer van jou geldsake wees en nie soos der duisende mense net werk om die grootste gedeelte van hul inkomste te bestee om skuld te delg nie.

Daar is letterlik duisende maniere om ekstra bronne van inkomste te genereer. Dit is egter nie altyd so maklik nie, en jy moet goed die verskillende opsies deurkyk, ondersoek en kundige advies inwin. Lesers kan gerus vir my idees aanstuur vir ekstra inkomste of vir veelvoudige strome van inkomste.

Ek noem slegs 'n paar moontlikhede, want dit gaan nie hier oor die detail en die presiese soort meerstromige inkomste nie, maar eerder oor jou wat met ander oë en 'n nuwe gesindheid na moontlikhede en opsies rondom jou moet kyk:

1. Huurinkomste
Omskep die buitekamer en pakstoor of garage in 'n woonstel. Kry 'n loseerder in en skep so 'n ekstra passiewe inkomste.

2. Beleggings en aandele
Gebruik jou spaargeld of ekstra geld (soos van jou huurinkomste) om 'n belegging te doen wat vir jou ekstra geld voorsien in die vorm van dividende of rente.

3. Skep 'n produk
Jy het sekere talente wat jy kan inspan om 'n sekere produk te skep. Jy kan dalk terte en koeksisters bak, of sjokolade vervaardig, 'n boek skryf, of 'n musiek CD maak. Dalk is jy 'n ekspert in die plant van groente en nou maak jy 'n DVD oor die ABC van groentetuine. Ontleed jou vaardigheide, kennis, belangstelling en talente en omskep dit in 'n produk of diens wat jy kan verkoop. Dit is iets wat jy deeltyds kan doen. Groot besighede het al so by huise en in motorhuise ontstaan - wie weet, dalk is jy volgende!

4. Multivlak bemarking
Dis 'n uitstekende manier om binne 'n sisteem (en op 'n deeltydse basis) sommer 'n goeie besigheid op te bou. Die voordeel is dat jy baie ondersteuning, aanmoediging en ekspert leiding kry wat om te doen. In hierdie tipe besigheid hoef jy nie die wiel te herontdek nie - alles is reeds in plek. En baie mense maak werklik baie geld hiermee en skep vir hulself 'n groot passiewe inkomste vir die res van hulle lewe. [Iindien jy hierin belangstel en in die Kaap-omgewing bly, kontak my en ons kan 'n afspraak maak en ek sal jou meer inligting gee oor hoe ek dit doen. Dan kan ons dalk lekker in 'n span saamwerk - hoe is dit nou vir 'n great idee!]

5. Gee klas
Veral in groter plekke is daar vele kolleges, opleidingsinstansies en selfs skole wat dosente in een op ander vak soek. Jy kan dalk op 'n na-uurse en deeltydse basis klas gee in 'n vakgebied waarin jy goed is. So het ek 'n paar jaar gelede op Saterdae klas by 'n kollege gegee en daarmee 'n paar broodnodige ekstra rande verdien.

6. Gebruik die internet
Hieroor wil ek nie veel sê nie, want ek dink die internet self gee letterlik honderde maniere en beloftes van rykword deur middel van die internet. So jy kan op die internet na moontlikhede gaan kyk. Pas egter op om nie al die wonderlike beloftes sondermeer te glo en jou geld te verloor nie, want baie van die internet beloftes en inligting kan jy eers kry nadat jy 'n betaling gedoen het. Vele mense wat met duisende sterre in hul oë oor die miljoene wat hul gaan maak, het 'n paar maande later (en met 'n baie rande minder) nie meer so opgewonde geklink oor al die beloftes nie. Ek glo daar daar is uitstekende moontlikhede, maar wees asseblief versigtig om nie vir al wat 'n "scheme" is, te val nie.

7. Konsulteer
Konsulteer van jou huis af. Rig 'n kantoor (of jou sitkamer) in en sien mense daar vir wie jy as konsultant optree oor enigiets waarin jy vaardig is. Jy kan mense leer hoe om tuisgemaakte kaartjies te maak, hoe om troukoeke te maak, hoe om finansiële beplanning te doen, hoe om geld uit eiendom te maak, opleiding met rekenaarprogramme ens ens.

8. Eiendom: verhurings
Jy kan vanuit jou huis 'n eiendom verhurings besigheid begin. Begin deur huurhuise en -woonstelle in jou omgewing te lys en dit in die plaaslike koerant te adverteer. Kry huurders in die huise, stel die kontrak op en vorder die huurgeld in. Met slegs 'n paar huise in jou portefeulje kan jy reeds 'n handige inkomste verdien. Onthou om kers op te steek by mense wat dit reeds doen en sorg asseblief dat jy aan al die regsaspekte voldoen.

9. Ander produkte: verhurings
Doen 'n bietjie navorsing - wat benodig mense wat hulle graag sal wil huur. Dalk 'n paar langerig opvoutafels vir wanneer hulle 'n funksie aanbied. Wat van messegoed, tafeldoeke, servette, kandelare vir mense, verenigings, sportklubs wat 'n konferensie wil aanbied. Doen ondersoek wat in jou omgewing sal werk, gesels met mense en kyk na moontlikhede.

10. Huisbesigheid
Miskien oorvleuel dit met wat ek reeds gesê het, maar vanuit jou huis kan jy 'n goeie besigheid bedryf. Jy kan 'n klankstudio inrig by jou huis waar jy opnames doen vir CD's en DVD's - 'n paar jaar terug was dit tegnologies baie moeiliker om te doen. Jy kan jou garage inrig waar jy meubels (en antieke meusbels) herstel en verkoop. Jy kan dalk boktiek aandrokke of trourokke maak. Maak net seker wat jou munisipaliteit se regulasies hieroor sê. Menige groot besigheid het as 'n tuisnywerheid begin.

Jy weet nie met duidelike sekerheid wat jou toekoms inhou nie. Ons het nie 'n kristalbal om vooruit te sien nie. Daarom kom afdankings, skommelings in maatskappye, likwidasies, beëindigde kontrakte, negatiewe marktendense, ekonomiese insinkings, siekte en rampspoed, ongelukke soms as 'n groot skok. En jy as individu word so geaffekteer deur al hierdie veranderinge - waaroor jy meesal geen beheer het nie - dat jy emosioneel en finansieël uitgemergel voel. Jou geldkraantjie droog op en jy raak paniekgevange en weet nie waarheen nie, want jy het nie voorsiening gemaak vir 'n moontlike gebeurtenis wat alles holderstebolder omkeer nie.

Maar wanneer jy veelvoudige strome van inkomste het, kan een stroom opdroog en kry jy steeds inkomste uit jou ander bronne. Een mandjie met eiers kan verwoes word, maar in die ander mandjies is steeds eiers tot jou beskikking.

Die huidige tyd en ekonomiese klimaat vra 'n objektiewe en nugtere kyk na jou omstandighede. Die toekoms vra beplanning. Meervoudige strome van inkomste skep meer gemoedsrus vir die onsekere tye en teëspoed wat mag voorkom. Dit hoef ook nie net een ekstra stroom van inkomste te wees nie, maar jy kan vier of vyf strome van inkomste hê. Jy het 'n keuse om te maak.

Wat kan jy doen met 'n drie duisend rand ekstra per maand. Of dalk tien duisend of meer. Besluit, dink, ondersoek, win advies in, beplan en gaan tot aksie oor.

Resep uit die ou plaaskombuis

Spoorweg koek

4 koppies meel
2 koppies suiker
1 koppie korente
1/4 pond botter
4 eiers
1 kelkie brandewyn
11/2 koppie melk
1 telelep soda
1 teelepel cream of tartar
 

Klop die botter tot room, klop die eiers apart, roer die botter en geel van die eiers en suiker deurmekaar, dan die melk dan die meel en soda, korente, brandwyn en ten laaste die wit van die eiers. Bak tot gaar

Treknature

Ek stuur elke nou en dan fotos in na die Treknature webwerf, gaan kyk gerus na die fotos wat ek op ons reise geneem het en al opgelaai het:  http://www.treknature.com/members/FunkyMunky/photos/

Die Afrikaanse rolprent - gister en vandag

Baie dankie aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie reeks te gebruik.

Die Sekskomedies

In die laaste aflewering van DIE AFRIKAANSE ROLPRENT, GISTER EN VANDAG die vloed sekskomedies wat die Afr. Rolprentbedryf getref het en die koms van Loxton as die nuwe rolprent-Kanaän.
Na Katinka Heyns se meesterstukke gebruik regisseurs soos Koos Roets en Willie Esterhuyzen die verslapping van sensuur met ʼn reeks seksklugte wat onder die belt boer. Die kafoefel en swetsery wys die vinger vir konserwatisme en maak sakke vol geld. Maar dit ly ook tot die terugkeer van die Afrikaanse rolprent se minderwaardigheidskompleks en tref hom waar dit die seerste maak. In 1997 speel Frank Opperman die rol van ʼn gefrustreerd dominee met tandpyn in KAALGAT TUSSEN DIE DAISIES. Hy maak sommer gou ʼn knertsie ook voor hy ʼn paartjie in die huwelik bevestig. Verby is die versigtige konserwatisme van Pierre de Wet se GEBOORTEGROND of die sagstelling van Elmo de Witt se DEBBIE. Hier word ʼn ding blatant op sy naam genoem.
In KAALGAT TUSSEN DIE DAISIES speel Tolla van der Merwe ʼn dom tandarts wat die dominee se tand moet sonder verdowing trek. Dit gaan hier om ʼn geskerts met verkrampte denke en nougesetheid wat die Afrikaanse rolprent tevore so geknel het.
KAALGAT TUSSEN DIE DAISIES spog ook met Frank Opperman wat fopdos, ʼn geliefkoosde tegniek in Afrikaanse klugte, en wat luidkeels in ʼn bordeel sing. Hierdie dominee is koddig en verspot, heeltemal anders as die ander sedebewakers in vroeëre Afrikaanse rolprente!

KAALGAT TUSSEN DIE DAISIES maak die pad oop vir ʼn klomp komedies waarin vulgariteit, gekruide taal, verkleinering, homofobie, die opstuur van Afrikaner-konserwatisme en gewaagdheid die botoon gevoer het. Willie Esterhuyzen, wat groot sukses met ORKNEY SNORK NIE op televisie behaal het, verfilm dit vir die silwerdoek, en maak dan LIPSTIEK DIPSTIEK, die mees gewaagde sekskomedie nog in Afrikaans vir niemand onder 18. En waar DEBBIE destyds ook niemand onder 18 was, het Willie alles uitgehaal en gewys. Naaktheid, seksuele toespelings, seksisme, die opstuur van seksuele frustrasie... noem dit, dit was in LIPSTIEK DIPSTIEK wat die meeste geld tot nog toe vir ʼn Afrikaanse fliek gemaak het: Oor die R6-miljoen.

ʼn Onskuldige Afrikanerseun, gespeel deur Francois Coertze, soos hy beslis nie in MOEDERTJIE, SARIE MARAIS en GEBOORTEGROND uitgebeeld is nie, verbrand homself tussen sy bene. Hy is op die punt om met ʼn naïewe volksmoeder, Lizz Meiring te trou. Maar sy vind op die harde manier uit dat in die nuwe Suid-Afrika jy die rok moet lig, die toiletrol moet leeg-rol en die broek moet aftrek om snaaks te wees.

Poenie hoef nie meer bang te wees vir seks nie, want ʼn pragtige meisie, Julie Hartley, leer hom presies hoe dinge in mekaar steek. En in die mees eksplisiete sekstoneel nog in ʼn Afrikaanse rolprent , verloor Poenie in sensuele beligting sy onskuld, en dié keer gaan die kamera in die slaapkamerdeur wat nie, soos gewoonlik, toegesluit is nie. En die kyker koekeloer vir ʼn volle 2 minute hoe die liefde floreer. Willie Esterhuyzen het die draaiboek geskryf en die regie vir LIPSTIEK DIPSTIEK behartig. Nou was daar geen keer meer nie. In 2007 maak Willie POENA IS KONING waarin vulgariteite en gewaagdhede soos ʼn brander breek, terwyl VAATJIE SIEN SY GAT in 2008 verder spot met nougesetheid wanneer oorgewig ouens hul alie sien. Aan die een kant stroom mense, veral tieners, na hierdie gewaagdhede, terwyl ander fliekgangers weier om ooit weer na ʼn Afrikaanse rolprent te gaan kyk. Kritici ruk die films aan flarde, filmmakers verwerp hul kritiek met minagting en kondig aan dat hulle weet hulle rolprente is snert, maar te hel met beswaarmakers, want die films maak geld, en die Afrikaanse rolprent bereik sy laagste punt ooit. Dit versmoor byna in ʼn soort selftevrede, tong-uitstekerige vulgariteit. Die jeug kry hul eie voorsmakie van ʼn growwe gespot met maagdelikheid, seksualiteit, eksperimentering met seks, masturbasie en venynige boelies in BAKGAT deur Henk Pretorius. Geen heilige koei bly hier in die tiener-kraal nie.

BAKGAT stel ʼn nuwe geslag jong spelers soos Ivan Botha en Cherie van der Merwe aan kykers bekend. Die film skroom nie om ʼn ding op sy naam te noem nie as tieners seksopleiding kry op ander plekke as agter toiletdeure. “Roei die bootjie!” kry nuwe betekenis. Waar die Afrikaner se voorsate dit skelm agter die kraalmuur gedoen het of gewag het tot die ligte afgesit is, waag hierdie baldadige manne en rondborstige meisies om koekeloer-materiaal in oorvloed te gee. Afrikaans, nou ʼn sogenaamde bevryde taal, ontdek terminologie wat nog net agter toiletdeure geskryf was. Natuurlik kry Werner, die boelie, Altus Theart, sy straf aan die einde van die fliek en Ivan Botha as Wimpie sy plek as senter. En alles eindig met ʼn groot jol, nes in die Amerikaanse AMERICAN PIE.

En binnekort: BAKGAT 2 en STOUTE BOUDE. Intussen probeer die Afrikaanse rolprent verlore aansien herwin. Briefskrywers betreur die gedwonge en moedswillige platvloersheid, growwe taal en sekstonele in die nuwe Afrikaanse rolprent, maar filmmakers verwerp dit as uit die oude doos. En toe maak Gustav Kuhn OUMA SE SLIM KIND – gegrond op sy pryswennende kortfilm. Hier was ten minste ʼn aangrypende storie sonder seksuele toespelings. Die verhaal word in ʼn terugflits vertel. Annelise Bosch is Ouma wat ʼn gestremde seuntjie, Kareltjie, gedurende die Groot Depressie grootmaak. Met sy varkie, raak hy beste maatjies met Fanjan. Maar in daardie jare mag wit en swart nie meng nie. Op die plase het plaasseuns na hartelus met swart speelmaats baljaar en kleilat gespeel, maar hulle mag nie saam skoolgegaan nie. ʼn Tragedie vind plaas wanneer die regering vir Kareltjie en Fanjan skei. Kareltjie word deur ʼn woeste boelie, Hykie Bergh, mishandel. Marius van Graan se kamerawerk is stukke beter as die oorhaastige en dikwels onhandige kamerawerk van sommige sekskomedies. Ouma dink hartseer aan die probleme van haar aangenome seuntjie.

Die boelie steek Ouma se huis aan die brand en ouma sterf. Dit alles omdat Kareltjie kamtig die boelie se meisie afgevry het. Ons besef aan die einde dat Fanjan eintlik die storie vir ons vertel. Renier Basson lewer goeie spel as die veronregte Kareltjie. OUMA SE SLIM KIND het hard probeer en daarvoor moet Gustav Kuhn krediet kry, maar hy was te onervare om die onskuld van die Afrikaner destyds en die tragedie van apartheid-in-wording uit te beeld nie. Die Afrikaanse rolprent beland nou in ʼn groef tussen eksplisiete kommengeid en pogings tot kuns. Benjamin Willem het OUMA SE SLIM KIND se musiek geskryf.

Hond se Dinges met Frank Opperman en Ivan Botha, probeer ʼn wikkel in sy straatwys stappie sit, maar slaag nie heeltemal nie. Die fliek maak net R650,000. Seker die mees eksplisiete lirieke en taalgebruik wat selfs LIPSTIEK DIPSTIEK in die skadu stel, word gevier in ʼn dokumentêre rolprent in 2009 oor die groep Fokof-polisiekar. Hier word ʼn openbarende prentjie geskep van die jong, ontnugterde Afrikaner op soek na identiteit. Jongmense is werkloos vanweë die kleur van hul vel en soms die taal wat hulle praat. Hulle vlug na ander lande en moet betaal vir hul ouers se rassistiese sondes. Nog nooit is die Afrikaner in ʼn krisis so rou en verwoestend uitgebeeld nie. In 2009 maak Wimpie van der Merwe KARATE KALLIE, gegrond op sy pryswennende kortfilm. Dit gaan oor die 17-jarige oorgewig Kallie. Sy broer Mike, wat ʼn insleepdiens bedryf, leer die lomp Kallie om homself teen skoolboelies te verdedig, maar die rolprent slaag ook nie vanweë ʼn ongestruktureerde draaiboek en oppervlakkige komedie sonder trefkrag. Gerrit van Zyl is die kameraman. Wynand von Vollenstee lewer simpatieke spel as Kallie, Mike Smuts is Mike en Marga van Rooy is ma in KARATE KALLIE.

Al wat kritikus is voorspel dat die Afrikaanse rolprent dood is. Dat hy in die riole rondkruip, broeklosmaak, vloek en gulp oopmaak om mense te trek. En toe kom Darrell James Roodt, verfilm ʼn Deon Meyer verhaal in Loxton: JAKKHALSDANS, en siedaar! Die Afrikaanse rolprent herwin verlore aansien. Die rolprent het tot op datum ongeveer R3-miljoen verdien en lok Afrikaners in hul honderdduisende terug teater toe. Al is die draaiboek skraps en die spel nie altyd op standaard nie, is hier, vir die eerste keer, weer skoon, onbesoedelde gesinsvermaak soos die jare 60 en 70 probeer gee het. Afrikaanse fliekgangers praat met dit wat die hardste lawaai maak in vervaardigers se ore: GELD. Theuns Jordaan, Elizma Theron en die briljante Neil Sandilands speel in die hoogs suksesvolle JAKHALSDANS. Dis nie ʼn mylpaal nie, dis nie op dieselfde vlak as Manie van Rensburg, Katinka Heyns, Jans Rautenbach of Jamie Uys se films nie. Maar dis ʼn groot stap in die regte rigting. Anton Ernst is die vervaardiger wat die moed gehad het om geld voor te skiet vir JAKHALSDANS.

En nes JAKHALSDANS maak Franz Marx die slot-episode van EGOLI as ʼn wye-doekrolprent wat Niek en Joe se verhaal terugneem Grens toe.

En in aantog: SUSANNA VAN BILJON SE STORIE, ROEPMAN deur Jan van Tonder met Paul Eilers as regisseur, GETROUD MET RUGBY as film en DIE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM. En skielik bloei die Afrikaanse rolprent weer, is die stigma voorlopig weg en begin ʼn Afrikaanse rolprentkultuur weer wat trots Suid-Afrikaans is. Die enigste gevaar is nou dat die mark oorvloei gaan raak omdat Afrikaanse rolprente skielik weer geld maak soos destyds in die 60’s en 70’s. Maar dit kan ook ʼn klein Renaissance inlei wat Afrikaans weer sy regmatige plek in die rolprentbedryf gaan hervestig! Die Afrikaanse rolprent het gebloei, is verwerp, verkommen en verwoes, maar herrys weer uit die as. Die toekoms kan net blink wees!

Vorige episodes kan hier gelees word

Pasella

Hierdie maand se pasella is 'n eBoek met die titel Van Huis tot Huis. Regs klik hier om dit af te laai.

Lekker lugkastele bou - Oorsese Lottos

 Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy? Sien verder ondertoe vir besonderhede van die gratis kaartjie.

Uit 'n dagboek - Emily skryf weer
 

 

Emily die winthont

My ma het vigeet syt vi my mar gelikkig gisteraant toe het sy lis vi roomuis toe vitel sy vi amal dit was ek wat lis was mar toe kry ek ook roomuis toe was dit baie lekir.

Ek het netou gan boomrotte jaag ini parkie ma se hille naam is eekhoorinkies mar ek gan nog ene vang hille is baie gelikig om elke keer netnet weg te kom as ek net biekie vinigir was!

Ma het 2 niewe projekke sy doen ‘n Beetil oor en bou ‘n kempir wen. Sy vigeet dan somir van my. Ek kou dan somir alles. Ma se as hille haar eendag opslyt ini tronk gan sy my saamvat want ek sal ha ytkou want ek kou alles. Hoekom sal ma dan nou opgeslyt wil word?

Gistraant het ons weer die erkon angehaat want so warm was dit ma kla en se sy weetie wanir die wintir kom nie want sy het al hout en als gekoop mar niks koue kom nie. Dan gan sy vi my kleerkies koop weer want laasjaar se kleerkies is te klein ek gan dit vir my niewe niggies vat da in die grent woonbiert ini Kaap ma se sy weetie of die klere dezaainir genoeg is vir hille nie.

Ek vijaar 27 April dan wort ek EEN. Ma gan seker vir my ‘n paartjie hou ek wil die katte nooi dan jaaaaag ek hille ront. En boomrotte.

Ma se tannie Graatjie is alweer op pad mar ek gan ha nie kan sien nie. Ek hoop mar sy bring vir my groete van oom Jaco en tannie Krista. Ek hou van hille viral oor hille vi my ‘n chewie pisent gebring het en oor oom Jaco se hont skoene!

Ma se dit sal sommer sports wees as die Worshonkies en die Graatjies saam afkom en dan kan hille gan whiskie ini hotel drink laatnag. Ek weetie, soms is my ma wheert!

Jinne jille my ma het mos op ha oudag nou loop staan en ‘n bike koop ‘n Cleveland Heist. Dis ‘n Bobber. Sy het my eendag da op gery toe lag die mense langs die pat vir die hond wat se ore so wai. Ek hou nie van die bike nie want ek hou meer van ini Lendrouvir ry met my ma en die hek het op die Lendrouvir geval laasweek toe val dit ‘n moot so se ma, yt die fender. Ma het nie baie gese nie.

Sy gan netou weer tandarts toe ma. Arme ma. Sy sikkel met ha tanne. Dis van allie tjoklits. Ek sal jille se sy eet tjoklits mornieng noen en naait. Dis gevaarlik. Nou kom sy weer met ‘n dikbek hys toe. Soos laasweek.

Ek gan nou verdir slaap baie groete van Emily die windhont met spoet soos ‘n ligstraal.

Uit: http://skoor.wordpress.com/

Boeremusiek

Alles wat jy wil weet oor Boeremusiek.

Hierdie is die webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Klik hier om sy webblad te besoek.

Uit die Willetuin

Ek het die foto tydens ons laaste besoek an Kruger Nasionale Park geneem. Klik die foto om 'n groter weergawe te sien

 

 
Boeremusiek Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde"

 
Tienie Coetzer

Oorlede Tienie was lid van Hendrik Susan se orkes en het met die banjo begin. Daarna het hy hoofsaaklik op aandrang van Nico Carstens oorge-slaan kitaar toe. Later het Flippie van Vuuren gereeld gebruik gemaak van hierdie talentvolle musikant.


 

  +

 

Facebook en Twitter

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za of kry my by www.facebook.com/Peterjasie

Ek Tweet ook nou en dan op Twitter by @Peterjasie

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige en Heel Skool Evalueerder in Stellenbosch.  Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer.  Sy gee praatjies, skryf artikels, lag en reis die hele land vol.  Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders.   Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com.

Ek sluit die tema van “Egskeiding is nie kinderspeletjies nie” vandag af met ‘n kort maar kragtige stem vir die regte van kinders wat deur egskeiding beinvloed word.

Die volgende gedagtes het ek op die webtuiste genaamd “Children in the Middle” gevind en het dit verryk met die stemme van die kinders waarmee ek elke dag werk. Dit omskryf baie duidelik en opsommend hoe om ‘n egskeiding te bestuur in die beste belang van die kinders in die middel.


Die Regte van Kinders in Egskeidings

1. Gee erkenning aan die feit dat ons albei ouers liefhet en nodig het.
2. Ons is nie boodskapdraers nie. Ma en Pa moet self met mekaar praat.
3. Moenie vir ons die slegte dinge van ons ander ouer vertel nie.
4. Moet ons nie ons onnodiglik onder kruisverhoor sit oor wat in ons ander ouer se huis aangaan nie.
5. Moenie ons vra om kant te kies nie.
6. Moenie ons laat voel ons is verraaiers as ons dit geniet om by ons ander ouer te wees nie.
7. As jy iets lelik te sê het oor ons ander ouer, moenie dit by ons sê nie.
8. Ons wil nie as wapens of afdreigmiddel gebruik word teen ons ander ouer nie.
9. Moenie ons probeer omkoop of bederf agv jou eie skuldgevoelens, minderwaardigheid of wraak nie. Ons het nou, meer as ooit, jou tyd, geduld en aandag nodig.
As ouers wat deur ‘n skeidingproses gaan hierdie riglyne kan navolg-kan hulle verseker dat die trauma verminder en dat kinders met ‘n gesonde selfbeeld uit die skeiding groei.

Mag vrede van my na jou vloei.

Klik hier om Mirna se ander artikels te lees

Peinsplekkie

Op 20 wil 'n vrou romanties wakker word ...
Op 30 wil sy getroud wakker word ...
Op 40 wil sy 'n ryk vrou wakker word ...
Op 50 wil sy 'n suksesvolle vrou wakker word ...
Op 60 wil sy tevrede wakker word ...
Op 70 wil sy gesond wakker word ...
Op 80 wil sy net flippen wakker word ...

Die Hervormde Kerk – Jac van Belkum (Rustenburg) bied aan:

Kuier Aand met DJ Ossewa!
Datum: 19 Augustus 2011
Waar: Flip Joubert Saal, Rustenburg skougronde.
Verversings te koop en Kontant kroeg!
R100 per persoon.

Kom ondersteun asb ons gemeente, omdat ons gemeente uit ‘n groot persentasie bejaarde persone bestaan
wat net ‘n staatspensioen maandeliks verdien en nie die kerk in stand kan hou nie loods ons hierdie fonds-insamelings projek. Kom geniet lekker, Progresiewe, Alternatiewe, Boere-Afrikaanse-opskop-dans musiek! DJ Ossewa sal julle laat Skaterlag vir hulle unieke en skreeusnaakse lirieke en maltrap streke!

Kontak Mandie vir kaartjies: 082 055 05 17

Gedig

MUSKIETEJAG

Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
Van jou sal net ’n bloedkol bly
Hier op my kamermure,
Deur jou vervloekte gonsery,
Deur jou gebyt en plagery
Kon ek nie slaap vir ure.
Mag ek my voorstel, eer ons skei
Eer jy die doodslag van my kry —
My naam is van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie
Wees ook nie so kieskeurig nie,
Jy moet tog één dag sterwe.

Verwekker van malaria,
Sing maar jou laaste aria —
Nog een minuut vir grasie
Al soebat jy nou nog so lang,
Al se jy ook: ek es nie bang,
Nooit sien jy weer jou nasie ...

Hoe sedig sit hy. O, die kreng!
Sy kinders kan maar kranse breng,
Nou gaan die vabond sterwe ...
Pardoef! Dis mis! Daar gaan hy weer!
Maar dood sal hy, sowaar, ek sweer —
My naam is van der Merwe!

— AD Keet

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf . Sport fotos onlangs bygelas

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Zalome - Afrikaans op die net

Zalome is nog iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.

Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang, doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).

AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com

AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com

Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier 

Glimlag

Hoe om 'n haaiaanval te voorkom...

1. Moenie in die see swem nie.

Meer as 99% van alle haaiaanvalle gebeur in groot watermassas, ook bekend as oseane.
Die manier om vas te stel of jy in 'n oseaan is, is om die water te proe. Dit behoort sout te smaak.

2. Swem saam met vet mense.

Sorg altyd dat daar groot, vet mense saam jou in die water is. Die kanse dat jy vinniger as hulle kan swem en wegkom is baie goed.

3. Dokter die sonblok.

Om jou kanse op 'n aanval verder te verklein, vervang die ander se sonbrandmiddel met iets wat na gebraaide biefstuk ruik.

4. Moenie in die water gaan sonder 'n mes nie.

Dis sodat jy die swemmer naaste aan jou kan steek as jy 'n haai gewaar.
Sodra hy lekker bloei, swem so vinnig weg as wat jy kan

5. Luister noukeurig!

Elke Haai het 'n Theme Song - As jy dié volgende hoor, swem vir jou lewe:

da-dam. da-dam. da-dam As dit so klink: dadam, dadam, dadam - dan is jy klaar in jou moer.

6. Moenie paniekerig raak nie.

Bly kalm as 'n haai jou byt. Jy is in elk geval in jou moer in en dit sal nie help jy probeer oorleef nie.

Die mense op die strand sal dit waardeer want om iemand soos 'n mal mens te hoor skreeu en gil, is nie lekker nie.

Dink aan die kinders man...

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Hanteer Afbrekende Verhoudings
In die Engelse taal is daar 'n bekende term "abusive relationship". Dit beteken jy staan in 'n verhouding met iemand wat jou afbreek of waarin jy mishandel word. Hierdie mishandeling kan binne 'n vriendskap, ouer-kind verhouding of 'n liefdesverhouding plaasvind.
Wat is mishandeling? Dit is die afbreking van jou as persoon op 'n fisiese, verbale, emosionele en seksuele vlak.
Enkele voorbeelde van mishandeling is:
• Jy word geslaan en geklap; gestamp en geruk.
• Jy word verneder, sodat jy later soos 'n nikswerd voel.
• Jy word verbaal beledig, gevloek, sleggemaak.
• Jy word gedreig, sou jy die verhouding verlaat.
• Verdraai die waarheid sodat jy later skuldig voel oor jou optrede.
• Probeer om alle aspekte van jou lewe te kontroleer.
• Wil altyd weet waar jy is.
• Jaloesie en aggressie is kenmerkend.
• Valse beloftes om mishandeling te staak.
Die kanse is skraal dat so 'n afbrekende verhouding spontaan sal herstel. Gewoonlik word dit oor tyd progressief net erger. Die slagoffer, vasgevang in die staat van mishandeling, weet dikwels nie hoe om daaruit te kom nie. Dit is egter belangrik dat elke slagoffer van mishandeling sal weet dat dit nie normaal is nie. Mishandeling in 'n verhouding beteken dit is 'n disfunksionele verhouding.
Die oortreder (die "abuser") kom dikwels uit 'n gesin waarin hyself mishandel is of as kind daaraan blootgestel was. Mishandeling is dus 'n patroon wat van geslag tot geslag herhaal kan word.
Kan terapie help in 'n huwelik waarin mishandeling voorkom? Ja, dit kan help. Dit help egter nie die slagoffer gaan alleen vir berading om die verhouding te herstel nie. Vir hierdie disfunksionele verhouding, ingebed in mishandeling, is terapie met beide partye nodig. Dit is veral die oortreder wat hulp moet ontvang. Die oortreder moet sy wangedrag en verkeerde optrede erken en bereid wees tot terapie, anders sal dit nie help nie. Uiteindelik is oop, eerlike en reguit kommunikasie met en tussen altwee partye belangrik.
Die slagoffer het wel terapie nodig om insig in die disfunksionering van die verhouding te kry, om weer eie-waarde en selfvertroue te vind, en die verhouding te beëindig indien nodig.
Moet 'n verhouding beëindig word waarin mishandeling voorkom? Wanneer dit 'n vriendskap is waarin jy mishandel word, en daar is nie hoop dat die oortreder sy gedrag gaan verander nie, breek met die verhouding. 'n Mens kan nie toelaat dat jy langer afgebreek en verneder word nie. Dis eenvoudig 'n ongesonde verhouding wat jou menswees tot nadeel strek. 'n Vrou, onbekende skrywer, het gesê: "Ek het gedink dat hy my sielsgenoot is. Ek was verslae toe ek besef hy is 'n manipuleerder en 'n beheervraat. My gevoelens het nooit vir hom saakgemaak nie. Ek was altyd 'te sensitief' of ek het nodig gehad om 'by te kom'."
In 'n huwelik is die eerste oorweging om eers te kyk of die oortreder bereid sal wees om vir terapie te gaan. Wanneer 'n oortreder gemotiveerd en daartoe bereid is, kan die huwelik herstel word. Is daar egter geen salf aan die oortreder te smeer nie, en jy bly slagoffer van die afbrekende geweld van mishandeling, is dit tyd om kundige advies in te win en die verhouding te termineer.
Die bose toestand van mishandeling moet gebreek word. Elke mens het die reg op liefde en respek in 'n verhouding waarin jy veilig en gelukkig voel en waardeer word.
'n Sprankie wysheid vir die dag
"Ek het aanvanklik gedink sy jaloesie en konstante oorbeskerming was romanties. Ek het gedink dit is 'n bewys van hoe lief hy my het en my nodig het. Ek besef nou dat dit maar net 'n ander manier vir hom was om my te beheer. Ek was net slegs eiendom." - Skrywer onbekend -

Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 
Nuusbrief argiewe

As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke.

 

 

Nog skakels

Lees

Eet

Kyk

Lag

Ry

Speel

 

 

 
Resepte

Aartappelsop met sampioene

50 g (50 ml) botter
2 knoffelhuisies, fyn gekap
2 uie, fyn gekap
250 g gekapte spek
4 aartappels, geskil, in blokkies gesny
250 g sampioene, in skyfies gesny
50 ml (4e) witwyn {opsioneel}
410 g hoenderroomsop
250 ml (1k) water
250 ml (1k) melk
10 peppadews, in repies {opsioneel}
sap en skil van ½ suurlemoen OF
100 ml suurroom
4 roosmaryntakkies OF {afronding}
10 ml droë roosmaryn {afronding}

1. braai knoffel en uie in botter, voeg spek by
2. roer aartappels en sampioene by en braai
3. gooi res van bestanddele by en prut 25 - 30min of tot aartappels sag is
4. Geur na smaak, sit warm voor en rond met roosmaryntakkie af

Butternut Sop

Die sop is baie eenvoudig. Die volgende is nodig
Een groot ui, opgesny
Halwe koppie botter
Een groterige butternut, ook opgesny in blokkies
Een bakkie maaskaas, gewoon
Drie hoenderaftreksel
75 0ml kookwater
Speserye na smaak, geen sout nie. Die hoenderblokkies en botter het
genoeg.

Ek gooi gewoonlik roosmaryn in wat 'n baie lekker smaak daaraan gee.
Braai die uie en roosmaryn in die botter tot sag (nie brand nie)
Los die blokkies op in die kookwater.
Gooi die water by die uie en dan voeg jy die butternut by.
Laat so kook totdat die 'butternut' sag is.
Gooi nou die maaskaas by.
Alles moet nou saam versap word.
As dit te dik lyk, gooi net nog so bietjie kookwater by.
Draai hitte af tot laag, moet nie laat kook nie, hou net warm.
Presto!!!!!!, Reg om te eet!!!
PS: As jy nie ‘n versapper (liquidizer) het nie, gebruik jou “masher”

Butternut Sop (vir verslankers)

2 Uie – gesny
Een butternut – skoongemaak en in stukke geny
2 Hoender borsies – ontbeen en soner vel
750mi water
Sout en Peper

Kook saam tot sag en gaar.
Dit is heerlik om sommer net agter die lekker aan te eet.
Of jy wil versklank of nie.


Butternut Sop – uit Ohio

Regtigwaar binne minute kant en klaar en lekker! As jy dié sop proe,
sal jy nooit kan raai dat dit so maklik en vinnig is om te maak nie.
Die resep kom uit Cleveland, Ohio.
750 ml (3 k) hoenderaftrekselj
250 ml (1 k) room
500 ml (2 k) gaar pampoen, fyngedruk
22 ml (1½ e) bruinsuiker
5 ml (1 t) fyn komyn (jeera)
2 ml (½ t) rissiepoeier
2 ml (½ t) fyn koljander
klein knippie neutmuskaat
sout en vars gemaalde swartpeper
gerasperde cheddarkaas
vars koljanderblare

Verhit die hoenderaftreksel en room saam tot kookpunt in 'n swaarboomkastrol. Klits die res van die bestanddele, buiten die kaas en vars koljander, met 'n draadklitser by die aftrekmengsel in.
Verlaag hitte en laat ongeveer 15 minute lang liggies prut. Geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper. Skep in sopbakkies en rond af met 'n sprinkel gerasperde cheddarkaas en vars koljander.
Lewer ongeveer 1,5 liter sop.
Wenk Maak die sop reeds die vorige dag en hou in yskas tot benodig.
Maak net weer goed warm.
WENK
Gooi 'n bietjie asyn of suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal 'n lieflike ligbruin kleur en 'n aangename geur aan die uie verleen.


Sampioenroomsop

250 g Sampioene
5 e Botter
3 e Meelblom
1 k Melk
2 k Hoenderaftreksel
Sap van klein suurlemoen
½ k Room
Sout en Peper

Kap 200g sampioene fyn.
Smelt Botter.
Voeg meel by, kook vir 'n paar minute en roer gedurig.
Voeg hoenderaftreksel geleidelik by.
Bring tot kookpunt.
Voeg melk, gekate sampioene en suurlemoensap by.
Bedek en prut viur 5 minute.
Roer room in en voeg sout en peper na smaak by.
Sny res van sampioene in dun skywe.
Braai in botter en garneer die sop daarmee.


Romerige Botterskorsiesop

1 groot botterskorsie, geskil, in blokkies gesny 3 aartappels,
geskil, in blokkies gesny
1 ui, grofgekap 1 tamatie, vel
verwyder en grofgekap
1l hoenderaftreksel 125 ml vars room
10 ml sout varsgemaalde swartpeper
na smaak
3 ml fyn komyn 3 ml kerriepoeier
3 ml fyn koljander 20 ml gekapte, vars
pietersielie

Plaas die botterskorsie, aartappels, ui, tamatie en hoenderaftreksel in 'n groot kastrol. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte, plaas deksel op en laat saggies prut totdat die groente sag is (sowat 30 minute).
Verpulp groente en aftreksel in 'n voedselverwerker. Gooi verpulpte groente terug in die kastrol, voeg room en geurmiddels by en verhit tot goed deurwarm. Garneer met pietersielie en sit voor met vars
sesamsaad broodrolletjies.


Mielieroomsop

1 middelmatige ui
25g botter
15ml meelblom
450ml warm melk
450ml hoenderekstrak
1 blik geroomde suikermielies
selderysout
peper
60ml room

Kap ui fyn en braai vir 5 minute in botter. Voeg meelblom by en kook vir ’n minuut of wat oor lae hitte. Roer gereeld. Haal pot af en gooi die warm melk by terwyl mengsel geklop word. Sit pot terug op plaat
en voeg ander bestanddele, behalwe die room, by. Roer gereeld totdat dit begin kook. Stel hitte laer en voeg room by. Meng goed en verhit deeglik.
Opsioneel Meng 10ml brandewyn en 2ml suiker en gooi in sop net voordat dit bedien word.

Mossel en aartappelsop

410g ingedampte melk (1 blik) of 375ml melk
375ml water
1 ui, gekap
5ml sout
1 selderystingel, gekap
1ml neutmuskaat
1ml rooipeper
30ml botter
30ml meel
300g aartappels, gaar en fyn gemaak
125ml wit wyn
1 blik mossels, gedreineer
gekapte pietersielie vir garnering.

Verhit die eerste 7 bestanddele tot kookpunt. Syg hierdie vloeistof deur 'n doek en giet die vloei stof terug in die kastrol. Voeg die botter by. Meng die meel met 'n bietjie water en roer dit by die vloeistof in.
Voeg die aartappels by, meng en verhit goed. Voeg die oorblywende bestanddele by en verhit deur. Garneer soos verkies en sit warm voor. Die sop moenie kook nadat die wyn bygevoeg is nie.

Pampoenroomsop

1 groot botterskorsie, geskil, in blokkies gesny
3 aartappels, geskil, in blokkies gesny
1 ui, grofgekap
1 tamatie, vel verwyder en grofgekap
1l hoenderaftreksel
125 ml vars room
10 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
3 ml fyn komyn
3 ml kerriepoeier
3 ml fyn koljander
20 ml gekapte, vars pietersielie

Plaas die botterskorsie, aartappels, ui, tamatie en hoenderaftreksel in 'n groot kastrol. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte, plaas deksel op en laat saggies prut totdat die groente sag is (sowat 30 minute).
Verpulp groente en aftreksel in 'n voedselverwerker. Gooi verpulpte groente terug in die kastrol, voeg room en geurmiddels by en verhit tot goed deurwarm. Garneer met pietersielie en sit voor met vars
sesamsaadbroodrolletjies.

Sampioen en fetasop

1-2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 koppie ongesoute botter
1 ui gekap
2 eetlepels sprietuie
3 x 50g vars sampioene in skyfies gesny
½ koppie koekmeelblom
1 blikkie bier
2 koppies hoenderaftreksel
1 koppie melk
1 blik "evaporated milk"
Fetakaas gekrummel
½ koppie gerasperde Parmesaankaas
5 ml tiemie
5 ml basilie [ook vir garnering]
15 ml Worcestersous
sout en varsgemaalde peper
rooi peper

Soteer knoffel in botter en voeg dan uie en sampioene by. Kook tot sag. Hou eenkant. Smelt botter in groot kastrol en braai dan botter en meel tot goudbruin. Klop bier daarin tot mengsel lekker dik word.
Meng hoenderaftreksel en en melk en giet stadig in biermengsel in.
Voeg res van bestanddele by behalwe die feta en parmesaankaas..
Geur die sop en laat kook vir 10 -15 minute. Garneer met Feta en Parmesaankaas. Bedien 8 - 10 mense.

Boontjiesop met spekblokkies

500g pakkie droë suikerbone, (oornag geweek in koue water)
250g gerookte spek, in blokkies gesny
1 varkpootjie
2.5liter water
1 groot ui gekap
1 wortel, grof gerasper
65g (1blikkie) tamatiepasta
2 lourierblare
6 wonderpeperkorrels
3 kruienaeltjies
‘n paar gekapte takkies pietersielie
10ml bruinasyn
sout en varsgemaalde swartpeper
2 knoffelhuisies skoongemaak
olyfolie

Spoel bone af onder koue water en dreineer. Dompel varkpootjie vinnig in kookwater en was goed af. Skep spek in ‘n groot kastrol en braai oor lae hitte tot bros. Skep uit. Braai vark pootjie in dieselfde
kastrol tot bruin alkante. Skep bone by varkpootjie in kastrol en voeg water by. Verhit tot kookpunt, en skep skuim af met gaatjieslepel.
Voeg res van bestanddele tot em met bruinasyn by, verhit tot kookpunt, verlaag hitte en laat stadig prut met deksel op kastrol vir sowat 2½-3ure of tot bone sag is. Geur na smaak met sout en swartpeper. Verwyder varkpootjie en druk sommige van die bone fyn met ‘n aartappeldrukker. Proe en geur na smaak indien nodig.

Spek en lensiesop

6 repe swoerdlose strepiespek, gekap
4 snye witbrood, korsies afgesny
30ml botter
2 groot uie, fyngekap
4 groot wortels, gerasper
500ml oranje lensies, afgewas
3 selderystingels , punte verwyder, gekap
2 liter hoenderaftreksel
2 lourierblare
2ml gedroogde basiliekruid
15ml pietersielie, vars gekap
15ml suurlemoensap

Braai die spek vir 3 minute oor lae hitte. Haal uit die pan en hou eenkant. Sny die brood in blokkies en sit by die vet in die braaipan.
Braai die brood tot goudbruin aan albei kante en hou eenkant. Verhit die botter in 'n groot kastrol. Soteer die uie vir 2 minute. Voeg die seldery en wortels by en kook vir 4 minute. Roer 2 keer. Voeg die
lensies, hoenderaftreksel, geurmiddels, lourierblare en basiliekruid by.
Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat vir ongeveer 2 uur lank stadig prut. Roer af en toe. Roer die spek en pietersielie net voor opdiening by. Laat 2 minute prut en sit dan voor met bereide croutons
bo-op.
Lewer 6 porsies.

Dik groentesop

500ml haricotbone
water
25ml olie
2 uie of preie gekap
3 wortels, gekap
3 selderystingels, met blare gekap
2 aartappels, in blokkies gesny
625ml kool, gerasper
150ml groenbone, in stukkies gesny
3 biefekstrakblokkies
500ml kookwater
4 middelslag tamaties, in blokkies
12.5ml sout
2 ml peper
2 liter water (ongeveer)

Week die haricotbone oornag in water. Dreineer dit en bedek dit met 1 liter vars water. Kook die boontjies tot sag. Verpulp die bone of druk dit fyn. Verhit die olie en soteer die groente, behalwe die tamaties
ongeveer 15 minute lank daarin totdat dit sag is. Roer dit aanhoudend  sodat dit nie aanbrand nie. Los die biefekstrakblokkies op in die kookwater en voeg dit saam met die tamaties en geurmiddels by die
groente. Voeg ook die bone by. Plaas die deksel op en laat prut ongeveer 30 minute lank. Vul die vloeistof aan as dit wegkook. Daar moet ongeveer 2 liter sop wees.

Skakels/Advertensies

Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za


Ekstra inkomste

Hier is iets wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Sluit gratis aan vir 'n proeftydperk.
Maar jy moet opgradeer om deel te neem aan die wins, dis egter 'n druppel in die emmer. Probeer gerus!

Die hele proses het nou verbeter en dis nou makliker om te begin inkomste kry, sluit gerus aan vir 'n gratis proeftydperk, kyk die kat uit die boom en gradeer dan op om te begin saamspeel! Klik hier en gaan kyk self!

Dit neem 'n rukkie, maar ek het verlede maand net minder as R1000 gekry. Elke bietjie help!

Yes, out of curiosity I visited Be Motivated Today during September 2009, but only joined during August 2010, what a waste of time!!!.
If I knew what was happening during the year I wasted, man, I would have joined immediately after I  read the details of the setup.
I now have a waiting list of seven on my downline (one already joined as Silver), the others are bound to join during November and they are jumping around purely from excitement to get started and its rubbing off on me as well.
Just one question: My intention is to place an invitation advertisement on the rear window of my car, do you think it could shake some people out of their dreams and make them joining us?

Klik hier vir meer besonderhede

 


Resepte, resepte,  resepte

Ek het besluit om sake vir my te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans) op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.

Die prys van die CD is R100 (dis om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit

Posgeld is  R20 vir geregistreerde pos en R50 vir Speed Services oornag toonbank tot toonbank.

As jy sou belangstel om een van die CD's te bekom, klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit Speed Services oornag toonbank tot toonbank

Hier is die Afrikaanse boeke:

217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels, Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte, Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte, McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1, Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies

Allerlei

Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet, Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke omskakelingstabel, Werk van die huis

Hier is die Engelse resepte:

FunkyMunky Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!

Bonus eBooks

Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food

Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns

Everything you wanted to know about making, marketing and selling your crafts.

Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies, myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.

10,000 Dreams Interpreted

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.