|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
As julle baie resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die
Argiewe, meeste van die ou
nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur daar
af.
Ek stuur ook 'n Engelse brief uit,
elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek,
gaan kyk gerus en laai na hartelus af.
Ons is sopas terug van 'n wonderlike
week in die Kruger Nasionale Park. Beste van alles was die
kortbroek-weer! Amper weer soos somer gevoel. Paar redelike fotos gekry,
darem ook die Groot 5 gesien te danke aan die alleenloper renoster die
laaste oggend oppad uit die park uit. Gaan kyk gerus na
die foto album
hier:
Julie kom St Lucia weer aan die
beurt. Hoop die Natalse weer is ook lekker warm. Ons sal 'n keer of wat
deurry Hluhluwe-Imfolozi toe om te gaan kyk hoe lyk die diere daar.
Hopelik weer mooi fotos saambring.
Baie dankie aan almal wat vir
Adri met haar projek gehelp het, gaan lees die volledige verhaal
hieromder.
Die pasella hierdie keer is 'n eBoek
met die titel Verskeie Resepte wat ek per epos ontvang het, gaan kyk
hier onder by Pasella en laai dit gratis af.
Heel onder aan is sommer 'n hele
verskeidenheid lekker resepte.
Net om te laat
weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier
geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet
my, dalk haal ek dit af.
Hier is iets
wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou
ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe
maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke
maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Sluit gratis
aan vir 'n proeftydperk.
Maar jy moet opgradeer om deel te neem
aan die wins, dis egter 'n druppel in die emmer. Probeer gerus!
Die hele proses het nou
verbeter en dis nou makliker om te begin inkomste kry, sluit gerus aan
vir 'n gratis proeftydperk, kyk die kat uit die boom en gradeer dan op
om te begin saamspeel!
Klik
hier en gaan kyk self!
Dit neem 'n rukkie, maar ek het
verlede maand net minder as
R1000 gekry. Elke bietjie help!
Yes, out of
curiosity I visited Be Motivated Today during September 2009, but only
joined during August 2010, what a waste of time!!!.
If I knew what was happening during the year I wasted, man, I would have
joined immediately after I read the details of the setup.
I now have a waiting list of seven on my downline (one already joined as
Silver), the others are bound to join during November and they are jumping
around purely from excitement to get started and its rubbing off on me as
well.
Just one question: My intention is to place an invitation advertisement on
the rear window of my car, do you think it could shake some people out of
their dreams and make them joining us?
Klik
hier vir meer besonderhede
Rugbygeesdriftiges - Super 15 |
Alles wat jy wil weet van die
Super 15-reeks, wedstryd vir wedstryd. Loot Eksteen het al die feite
saamgevat, sien hieronder. Regs klik net om af te laai. As jy die
statistieke weekliks wil ontvang,
stuur net vir Loot 'n epos en vra dat
hy jou op sy posluys sit.
Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die
ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die
minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoλr!
Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n
kaartjie het nie!
Klik hier en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen,
dis 'n stewige R1,050,000,000!!!
En onthou tog om
my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is
nou weer terug.
'n Groot Baie Dankie - Tehuis
Fondsinsameling. |
Ek het 'n rukkie gelede vir julle
gepla met 'n briefie van my vriendin, Adri, waar sy hulp vra vir van ons
oumensies in 'n tehuis in die Kaap. Soos gewoonlik staan ons saam om ons
mense te help en ek en Adri is baie dankbaar daarvoor. Ek ken vir Adri
al 'n hele rukkie, sy behoort eintlik aan Emily, die Bekkige Brak wat
ook vir hierdie brief skryf.
Hier is 'n brief wat ek nou net
van Adri af ontvang het. Sy hoor ook baie graag van jou as jy nog iets
wil bydra. Die projek is nog nie verby nie, daar gaan nog aflewerings
wees. Ek dink nou net so by myself, wat van sop en vetkoekdae? Waar is
die gemeentes en kleingroepe wat so lekker kan regstaan as daar kermis
by jou kerk is? Maar laat ek nou nie op Adri se tone trap nie. Sy hoor
egter graag van julle, stuur vir haar 'n epos by
amvanzyl@isales.co.za
Adri skryf:
Woensdag 8 Junie 2011
As jy in n dorpshuis nesgeskop het, is wat ons tans beleef, nogal heel
interessant! Oral staan sakke, kartonne en stapeltjies. Ek moet net keer
of die katte het nuwe slaapplek, en die hond hol met n bek vol serpe en
n spoggerige wapperstertjie deur die huis.
Toe ek net so bietjie meer as n maand gelede my projek begin het en
self basiese benodigdhede vir die oumense van Huis Zonnekus aangeskaf
het, sou ek nie kon droom van die logistieke en SPASIE wildhede wat sou
volg nie. Nadat oom Peter Thomas, beter bekend onder meeste van ons as
Peterjasie, my Bedelbrief die kuburruim ingegooi het, het ek letterlik
2 minute na die brief gestuur is, begin terugvoering kry.
Mense het hulle harte en beursies (so n holrug geryde uitdrukking, maar
dis wat dit was!) oopgemaak van R50 tot R2000 is deur persone
oorbetaal. Sommige het items soos slaapsokkies, doeke, waslappe, koekies
en beskuit belowe.
Hoe sκ mens regtig dankie? Veral as dit so n klein woordjie is? Ek het
probeer om elkeen wat bygedra het, persoonlik te epos, maar as ek JOU
oorgeslaan het in die har-war en verbasing, vra ek nie net omverskoning
vandag nie, maar sκ ek n spesiale dankie aan JOU vir jou
mededeelsaamheid en liefde vir vreemdelinge wat jou oortuig het om n
bydrae te maak.
Die geld wat julle almal geskenk het, was genoeg om daardie komberse en
handdoeke aan te koop wat ek so graag wou!!! Dit, liewe leser, is op
sigself n reuse nagmerrie. Die koerierdiens wat ek gebruik, het gister
begin aanry van n winkel in Bellville
bale en bale handdoeke en
komberse. Dis nie enige kombers nie daarvoor het mense spesiaal uit
Hermanus gery om behoorlike kwaliteit, en aanvaarbare pryse te beding by
n besigheid in Bellville. Ek is oortuig dat ek n bus sal moet koop/huur/steel
om net die vrag deur te neem na Huis Zonnekus!
Ter inligting: Attie van Tonder (021 552 2074) is die bestuurder by die
tehuis. Hulle het wel n siekeboeg met 14 beddens, en probeer altyd een
bed oophou vir n noodgeval. Tans is die siekeboeg vol, en word
verswaktes ook in gewone kamers gehuisves.
Die tehuis kry nie staatsubsidie nie. Wanneer n bejaarde toegelaat
word, word aansoek gedoen deur Huis Zonnekus (Ahstonstraat Milnerton),
aan die staat, vir die bejaarde se pensioen. Slegs 93.5% van so n
pensioen mag aan die tehuis gaan. Verblyf per bejaarde beloop R3750.00
per persoon per maand. Net om te kan eet en slaap. Staatspensioen is in
die omgewing van R1140, so maak self die sommetjies.

|

|
|
Sondag 12
Junie 2011-06-12
Ek sit en eet jellybabies vir inspirasie, en die dag se gebeure maal
deur my kop. Die Landrover en n Dubbelkajuit met n kap, is kant en
wal gelaai, en ons het vanoggend Huis Zonnekus getref (ek het n
blompot ook getref met die reverse slag, maar dis nie ter sprake nie
ek dink die pot is okei)
Sjoe, oumense kan moeilik wees as mens laat is kommunikasie
gapings het veroorsaak dat die dominee wat die diens vir hulle kom
gee het, vertel het van pakkies wat gaan arriveer. En so het hulle
gesit en wag. En wag. En eers vieserig vir ons vertel ons is lekker
laat, maar toe hulle elkeen n pakkie onder die blad kry, was
dankbaarheid meer as die boude wat lam gesit was.
110 pakkies is afgegee. Hierin was tandepasta, tandeborsel, seep,
handeroom, sjampoe, fleece serp, handskoene, chips en n pakkie
sjokolade lekkers. En n splinternuwe handdoek. Ek het mos gesκ daar
moet tjoklits in wees. Dit is by n menigde eenvoudig eerste
uitgeruk, en in klein mondjies ingeprop!
In een kamer kry ek n tannie wat stil voor haar uitstaar. Toe ek
haar pakkie vir haar gee, is sy eers uit die veld geslaan, maar sy
kom soek my in die gange, en gee my n drukkie. Jy weet nie hoeveel
dit vir my beteken nie. Ek het vanoggend gesit en wonder waar ek
geld moet kry om presies dit wat ek nou gekry het, te moet koop.
Baie dankie, dit is so n uitkoms! Nou ja, mens sluk maar jou trane,
want die nuus versprei soos n veldbrand, en oumense staan en wag
ons oral in.
Een oom lκ nog met sy toegetrekte kop toe ons inkom. Toe hy al die
vroue in sy kamer sien, sprei n groot glimlag oor sy gesig. Hy
praat nie. En toe sy oog die pakkie vang, gooi hy sy hande uit.
Kompleet soos n kind wat n speelding kry! Ook hy kan nie gou
genoeg tjoklit in die kies druk nie. Hy is 84.
Daar is n blinde man wat by n lessenaar sit, en ek moet vir hom
verduidelik wat ons vir hom gebring het. Hy is bly. En ek hoop hy
sal iets kan gebruik.
In een kamer le n klein tannetjie onder haar kamerjas. Ek stap
nader en voel aan haar yskoue kaal voete wat onder uitsteek. Sy bewe.
Haar gesiggie is so maer, en haar valstande het sy ontgroei. Hulle
dobber rond tussen haar bewende woorde. Sy is soooo bly vir die
pakkie. Ek voel haar beddegoed. Sy het net n duvet cover oor. Niks
binne-in. En n dun komberserigheid as laken. Sy gryp ook eerste die
tjoklit, en suig dat die valstande skuins wil uitdop.
Buite in die Landy staan ek bak n wavrag komberse in die son, en ek
is so dankbaar dat ek vir een oumens dadelik n warm, pienk kombers
kan gee.
Op die grondvloer, tref ons n gang met veiligheidshek aan. Die
altzheimer vleuel. Hulle word toegesluit omdat hulle eenvoudig
permantent vermis sal word as hulle kan uitkom. Hier sit tannies in
n koue kamer (geen son in die winter behalwe laaaaatmiddag) en n
helper is besig om hare te kam. Een tannie vra eers hoe laat dit is
voor sy tjoklits kies toe vat, want sy wil nie haar eetlus bederf
nie!
Daar is n tannie van 99 en een van 100. Tannie 100 se verstand is
sommer nog helder. Sy is opgewonde soos n kind oor die karige
pakkie met noodvoorraad wat ons gee.
Ander tannies kom keer dat iemand nie twee maal ontvang nie, en die
wat nog moet kry, tou agter ons aan. Die rottevanger van Hamlin is
n gepaste gedagte! Maar my rotte babbel onophoudelik!
Omdat die uitdelery langer neem as wat ons gedink het, word die
komberse, asook die ouemense wat gelukkig genoeg is om die dag by
familie te wees, se pakkies in n pakkamer gehou. Ek sal more reλl
met Attie dat dit uitgedeel word aan elke oumens. Die week wat
voorlκ gaan reλn en koue met hom saambring, en ons wat warm gaan
slaap, kan weet daar is oumense wat ten minste n ekstra kombers oor
hulle lyfies het.
Mense wat later vir my die beloofde items gaan stuur, se pakkies sal
by n ander geleentheid afgegee word.
My volgende droom (ja, ek het wragtag alweer n droom) is om vir die
kamers waar daar nie sonskyn is nie, paneelverwarmers te kry.
Hiervoor het ek n kontak by n maatskappy nodig wat hierdie
verwarmers verkoop. As julle iemand ken, help my asb met kontak
besonderhede. En vir die van julle wat graag wou gee, en netnie
daarby uitgekom het nie asseblief, help my om hierdie mense met
die koue kamers, se laaste bietjie lewe, net warmer te maak.
Ek het briewe gekry waar mense bang was hierdie is net nog n scam.
Ja, ons eie mense is soms die skelmste, maar dis deur julle wat die
blinde tree gegee het, wat ek hierdie dankie sκ brief kan skryf,
en die terugvoering vir julle kan gee.
Moeder Theresa het gese: Never worry about numbers. Help one person
at a time, and always start with the person nearest to you.
Ek weet dis n frustrasie om altyd te moet gee en gee vir n
bodemlose put. En om te moet worry of die regte mense ooit die vrug
daarvan pluk. Dis hoekom hierdie projek gedoen is deur DIREK vir die
mense wat dit nodig het, die pakkies te gee. Voor iemand dit huistoe
neem omdat dit iewers lκ en nie uitgedeel is nie.
Dankie weereens aan almal wat gehelp het om hierdie droom met hulle
tiendes te help waar maak.
Seλnwense vir julle. Mildelik en vol Genade!
Groete
Adri van Zyl |
|

|

|
|
NS ek sal
graag vir almal wat bygedra het, n koffie wil koop. As jy ooit deur
Stellenbosch reis, kry my nommer by oom Peterjasie, en kontak my.
Dankie ook aan Mirna, Tannie Rika, Oom Schalk vir die hulp vandag.
En Zeldra en haar familie wat die komberse en handdoeke gaan uitsoek
het. Lianda daar bo in die noorde wat soos n besetene begin serpe
maak het. Die Chinees by die winkel in Stellenbosch wat net 50c wins
op n paar handskoene gemaak het, toe hy hoor waarvoor dit is, en
dankie aan julle wat besig is om nog items gereed te kry. Dankie my
ma en pa vir die botteltjies room. En Dalene. Wie se plan dit
eintlik was. Erkie en Dee vir tandepaste en chips. Dankie Mirna,
Dalene en Erika wat kom help pakkies maak, en entertainment verskaf
het.
|
|

|
|
Resep uit die ou plaaskombuis (Baie
ou plaaskombuis) |
Ryp Nartji Komfyt
Rasper di nartjiis, sny klyn snytjiis
saarin, weeg en druk dit plat, leg dit een nag in kalkwater, of twι dage in
koue water, druk dan di pitte uit en kook op fer 'n half uur in koue water,
maak dit winddroog en neem dan net sofeul wit suiker as nartjiis, en twι
pond wit suiker o'er en as dit mooi skoon en dik gekook is, sit dan die
nartjiis in en laat saggiis deurkomfyt tot dit helder is.
Klink maar redelik deurmekaar vir my
- Peter
Ek stuur elke nou en dan fotos in
na die Treknature webwerf, gaan kyk gerus na die fotos wat ek op ons
reise geneem het en al opgelaai het:
http://www.treknature.com/members/FunkyMunky/photos/
Die Afrikaanse rolprent - gister en vandag |
Baie dankie
aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie
reeks te gebruik.
Die volledige reeks programme kan hier gelees word
Hierdie maand se pasella is 'n
eBoek met die titel Verskeie Resepte,
regs klik hier en laai dit af.
Lekker
lugkastele bou -
Oorsese Lottos |
Klik
net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra
die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En
as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook!
Waarvoor wag jy? Sien verder ondertoe vir besonderhede van die gratis
kaartjie.
Uit 'n dagboek - Emily skryf
weer |
|

|
|
Proejekte
Ma het alweer n proejek. Sy het by tannie Trillie gehoor van n
ouetehys wat die oumense baie swaar kry en niks het nie toe beslyt sy om
te probeer help. Ma los my by die hys dan vreet ek haar kontinenthaale
kissings stikkend dan kom sy hier in met pakke seep en ek hol want
nettou wil sy my bad. En tanneborsils se die katte vir my is dit. En ma
reel net vir goetirs.
Toe Sondag maak ma kaggil en ek le daar en ek sien ma dink turwyl sy so
sjampoe in bottelkies ytgoi en toe stier sy vir ha vriende en vamielie
emyls. Honde emyls is as ons pie teen n boom dan lees ander honde ons
emyls maar ma haal haar leptop yt en tik.
Toe begin mense help en n oom stier ma se brief na almal op sy adreslys
en die mense begin emyl en bel en amal wil help vir die oumense! Ma se
sy is oorweldug wat is oorweldug huh? Die oom se naam is Pieterjasie ek
wonder hoekom sy ma vir hom so n snaakse naam gegee het.
Van die blokkers het ook geld gegee se ma en sy is baie bly want hille
is vir haar goeie maaikies en mense met harte!
Nou gan die oumense serpe en hanskoene en komberse en handoeke en
betsokkies kry en nog goete. Ma is baie bly.
Vindag was so kout ma het vir my n rooi hempie by PiekinPei klerewinkel
gekoop en die moue afgeknip en vir my angetrek onir my reenjas mar ek
bewe so die drippilskanmy nie raakdrip nie! Nou sit ma vir my die hietir
an ini kantoor dan le ek daar en droom. Ek bewe so ek salie eenskanlees
wat oom Jaco se skoene se naam is nie.
Die wit kat wil net in die bokse hier by die hys klim ma se sy weetie
die kat het seker geit en ma gee skelm vir die vaal kat tuna oor sy
tanne mos geoepereer is en ma dink ons weet nie maar ek gan die vaal kat
jaag oor hy so tuna kry ek kry net vis en biltong en koekies. Dis anfair
ek wil ook tunablikkies he.
Nou sit ma weer met ha prinsessie kat op ha skoot soos sy die kat noem
sy is so vet daar hang n maag wat opi grond sleep en soms jaag ek haar
so dan vee sy die grond met haar maag dan raas ma met my en ek klim
somir in my bedkie oor ek vies is oor die raas. Ma se sy het n stofsyer
ek hoevie die kat te jaag om die vloer te vee nie.
Dis mos nou winter ek het gistraant nie opgekom vir lug yt die doewei yt
nie ma se die doewei is so kout al is dit van skaapwol gemaak sy se sy
weetie hoe bly skape warm met daai wol nie. Ek gee nie om nie ek le styf
teen ma en trap haar so biekie as sy op my bene wil le!
Groete yt die koue Stellimbos van Emily die hont wat kleere dra.
Uit:
http://skoor.wordpress.com/
Nuwe Resepte eBoek uit Anna se
Kombuis |
Ek weet nie of jy al met Anna se
resepte eBoeke kennis gemaak het nie. Hulle is professioneel saamgestek
en almal is winskope. Sy stuur hulle per epos uit so geen posgeld is
betaalbaar nie. Ek het al haar boeke en kan hierdie een ook aanbeveel.
Haar eposadres is onderaan, kontak haar gerus vir hierdie besonderse
resepteboek.
Hier is wat Anna skryf:
Ek het pas n nuwe resepteboek voltooi met die naam van PURE BEDERF.
Soos julle van die naam kan aflei, is dit bederf van die tong, die maag,
en meestal bederf van al die rolletjies wat saampak om die heupe en
magie. Enige iemand wat dus in tweestryd is met n skaal, moet liefs
hierdie boek vermy. Die boek bestaan uit 9 afdelings naamlik terte,
beskuit, koekies, koeke, happies, drankies, lekkernye, soet broodjies en
poedings en elke resep is propvol suiker of kondensmelk of room of
stroop of enige iets wat voel of jou tong in n suikerpot geval het.
Ek het gedink dat dit dalk n goeie idιe sal wees om die boek op pa,
oupa of manlief se skoot neer te sit en vir hom te vra om self iets te
kies wat hy sal wil eet op Vadersdag. Wat dink julle? Dan is dit mos
Pure Bederf wat hy self gekies het.
Prys van die boek is R50 as jy Dinsdag (14 Junie) en Woensdag (15 Junie)
betaal.
Ek is egter bereid om die mense wie se beursies nou bietjie dun is
tegemoed te kom en vir hul ook die boek te stuur om einde van die maand
te betaal. Ongelukkig sal die prys dan verander na R60 per boek. Jy MOET
egter vir my n briefie saam met jou bestelling stuur waarin jy
onderneem om dit op so en so datum te betaal, en sal ek dit waardeer as
jy by jou woord hou.
Diι boek is indieselfde formaat as al my ander boeke.
anna@zulucom.net of
anna_se_kombuis@yahoo.com
Alles wat jy
wil weet oor Boeremusiek.
Hierdie is die
webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die
Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.
Klik hier om
sy webblad te besoek.
Ek het die foto tydens ons laaste
besoek aan Kruger Nasionale Park geneem. Klik die foto om 'n groter
weergawe te sien
Seekoei
Geneem by
Sunset dam by Onder Sabie |
 |
|
Boeremusiek
Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde" |
Ricardo Bornman
|
 |
|
Ricardo was
'n baie gewilde kitaarspeler. As jy met 'n konsertinaspeler gepraat
het dan was dit vir hom 'n voorreg om saam met Ricardo te kon speel.
Praat jy hedendaags met 'n kitaarspeler dan is hy trots om te kan sκ:
Ek speel al Ricardo se nommers! Sy oom was 'n Barnard wat vir oom
Kerrie Bornmann Ricardo se pa kitaar gespeel het en vir Ricardo
geleer speel het. Sy neefs, Koos en Fanie Barnard, het geen
bekendstelling nodig nie en is self kitaarspelers van formaat.
Ricardo was nie slegs 'n uitmuntende musikant nie maar het ook
formele musiekopleiding gehad en musiekonderrig gegee.
Hy het reeds as leerling van Monument Hoλrskool in Krugersdorp met
sy eie orkes begin en later jare landswye konserttoere onderneem.
Twee van Ricardo se kwelas is ook deur die wκreldberoemde Bert
Kaemfert en sy vriend Horst Wende opgeneem waarna Roberto Delgado en
sy orekes met verdere opnames begin het. Hierdie begaafde musikant
het derhalwe nie slegs in Suid-Afrika groot aftrek gekry nie maar
het ook oorsee erkenning geniet. Voorwaar 'n grootse prestasie!
|
Ekke is ook op
Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit,
klik net hier.
Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za
of kry my by www.facebook.com/Peterjasie
Ek Tweet ook nou en dan op
Twitter by @Peterjasie
Mirna is n opvoedkundige sielkundige en Heel Skool Evalueerder in
Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoλrskool
Stellenbosch, Hoλr Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders
met hindernisse tot leer. Sy gee praatjies, skryf artikels, lag en reis
die hele land vol. Sy is n ma, lief vir die kunste, die see en kinders.
Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na
mirnafvanwyk@gmail.com.
Wie versorg die versorgers
Alhoewel ek meestal met kinders werk in my praktyk en die opvoedkundige
stelsel, is dit onvermydelik dat ek ook met ouers en onderwysers moet
konsulteer. En dit maak my bang.
Baie versorger van kinders is nie gelukkige mense nie, om dit maar sag
te stel. Baie voel gedreineer van die nodige fisiese en emosionele
energie om kinders te lei na gebalanseerde volwassenheid. In die ergste
gevalle het ek al ondervind dat hierdie versorgers van kinders
depressief of sommer net erge boelies is. Wat my weer laat wonder het:
Wie versorg die versorgers (van die lewe)? Waar kry ouers, onderwysers,
verpleegkundiges en maatskaplike werkers die energie om hulle batterye
te herlaai sodat hulle die kwesbares kan versorg met warmte en
langmoedigheid?
Omdat ek self in n versorgingsberoep is, moes ek op die harde manier
leer dat n mens MOET herlaai en jou eie liefdes-tenk vol maak voordat
jy dit met ander kan deel. Wanneer jy leegloop, bly daar net woede,
irritasie en kortsigtigheid oor.
So hoe maak n mens hierdie liefdes-tenk vol warmte, geduld en
sorgsaamheid? Deur goed en mooi te wees met jouself, en ander mense toe
te laat om mooi te wees met jou.
Die eerste stap is om gedurig bewus te wees van jou gemoedstoestand en
tyd te neem om te bepaal wat jou pla en hoe om dit te verander. Sommige
mense doen deur n lang, warm bad te neem, te stap, tee met n vriend,
handwerk, te bid of selfs n sessie in die gimnasium. Maar solank jy tyd
maak om te stop en te reflekteer oor die toestand van jou gemoed.
Beplan en forseer jouself om opbouende pret te hκ. Spandeer tyd met
familie of vriende en lag uit jou maag uit. Alkohol en dobbel is nie
voorbeelde van positiewe pret nie-aangesien dit baie keer meer skade
doen. Wanneer jy lag oorspoel jou brein met ensieme wat jou emosioneel
en fisies opbou-kyk prettige prente, speel met diere of wees ligsinnig
met jou kinders en kleinkinders.
Maak tyd vir oefen en slaap genoeg-of soos ek dit noem oksideer. Slaap
is n belangrike fase van herlaai in n mens se dag en sonder genoegsame
slaap word mense oneffektief en n gevaar vir hulle self en ander. Elke
mens n ideale getal ure wat sy moet slaap-jy sal weet as joune nie
genoeg is nie.
Oefening is op so baie maniere goed vir jou dat jy dit as n afspraak in
jou besige skedule behoort in te skryf. Oefening kan sommer net n
lekker stappie tot n harde oefensessie in die gimnasium wees. Selfs
tuinmaak en karwas sal tel.
Eet gesond en drink genoeg water. n Duursame motor kan nie op Coke en
hamburgers loop nie; jou delikate chemiese samestelling kan ook nie
optimaal funksioneer op hierdie brandstof nie .
Kyk mooi na jouself en versorg jouself met liefde-sodat ons mekaar beter
kan versorg.
Warmste wense van my hart aan joune.
Klik hier om Mirna se ander
artikels te lees
Sewe wonders van die wκreld
1. Om te sien.......
2. Om te hoor.....
3. Om te proe.....
4. Om te voel.....
5. Om te ruik.....
6. Om te lag.....
7. Om lief te hκ.....
Bitterbessie Dagbreek
Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
'n spieλl het gebreek
tusen my en hom
Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af
Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed
Papegaai-bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroλ
weer die koggel kry
Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
Ingrid Jonker
Gaan kyk na my
nuwe fotografie
webwerf . Sport fotos onlangs bygelas
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Zalome -
Afrikaans op die net |
Zalome is nog
iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te
bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee
soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.
Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang,
doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo
sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit
aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).
AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com
AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
Welgeklede man kom by bordeel aan. Vra vir Valerie. Ontvangs dame vra of
hy nie iemand anders wil sien want Valerie is hul duurste dame. R10,000
per uur. Hy haal die R10000 uit en sien vir Valerie.
Volgende aand is hy weer terug, en haal weer die R10,000 uit vir
Valerie. Na uur vertrek hy
Toe hy die derde aand kom en weer vir Valerie vra, en die R10,000
uithaal, is Valerie verbaas en se, geen man kon my nog drie aand na
mekaar bekostig nie, waar kom jy vandaan ?
« Bloemfontein » antw. Die man. Valerie « O, ek het familie daar » Man «
ek weet, ek is n prokureur, jou ouma is oorlede, en het vir jou R30,000
nagelaat, jou suster het gevra ek moet dit vir jou bring
st
se pitkos
Klik hier
om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee n leser.
Welkom by hierdie
week se nuusbrief.
Oorkom jou persoonlike ramp
Die siekte, waarskynlik die Motor Neuron Siekte (MNS), wat Joost van der
Westhuizen getref het, het hoofopskrifte in koerante gehaal. Ek het onlangs
'n praatjie gehou by 'n MNS-vereniging en weereens onder die indruk gekom
van die ontsettende gevolge en impak daarvan op 'n mens se lewe.
Wanneer 'n siekte soos hierdie 'n man soos Joost tref, hy was 'n voorbeeld
van krag en gesondheid en fiksheid, dan besef jy maar net weer jou eie
broosheid en ook die weerloosheid van jou as mens.
'n Persoonlike ramp of krisis kan elkeen van ons tref. Ons is nie gevrywaar
teen teλspoed en self teen katastrofes in ons lewens nie. Enige dag, enige
oomblik, kan iets gebeur wat jou hele bestaan tot in sy fondamente ruk. Die
krisis kan op verskeie maniere op jou toeslaan soos byvoorbeeld 'n ernstige
siekte, finansiλle terugslag, jou huwelik wat in skerwe spat.
Hoe moet ons die storms in ons lewe hanteer? Ek bespreek kortliks enkele
wyses en aksies:
Fokus: In 'n krisis raak 'n mens maklik verboureerd, want dinge oorweldig
jou. Fokus om een aspek, al is dit net 'n klein dingetjie, op 'n keer te
hanteer. Paniek maak dat jy alles tegelyk wil doen, maar uiteindelik verlam
dit jou. Konsentreer dus op een ding op 'n keer.
Vra: In 'n ramp weet jy dikwels nie watter kant toe nie en voel jy alleen
en benoud. Gaan vra advies by kundige mense, wie jy vertrou, om jou te help,
vir riglyne en die pad saam met jou stap. In tye van nood moet jy vra -
moenie jou onttrek nie.
Regte besluite: Neem die regte besluite. Ontleed jou krisis, win advies in
en neem 'n verantwoordbare besluit. 'n Krisis is nie 'n dobbelspel om sommer
lukraak 'n keuse te maak nie. Jou besluit bepaal grootliks hoe jou teλspoed
bestuur gaan word en in baie gevalle ook die uitkoms daarvan.
Oorlewing is aanpassing: In die natuur leer ons dat diere en plante aanpas
om te oorleef. So het 'n woestynplant aangepas om in die droλ omstandighede
van 'n woestyn te oorleef. Jy sal moet aanpas wanneer dinge verkeerd loop.
Rampspoed skep nuwe omstandighede en vereis 'n koersaanpassing van jou kant
af. Dit help nie om weerstand hierteen te bied nie en verbete te klou aan
dit wat verby is nie.
Berou: 'n Persoonlik ramp vra jou om weer perspektief op jou lewe te kry.
Dit is nou tyd om jou lewe skoon te maak van al die donker kolle en geheime.
Maak jou saak reg met God en ook met jou naaste. Krisistyd is tyd om weer
nuut begin en skuld en bagasie af te skud.
Behou die geloof: Wanneer jy deur swaarkry gaan, moenie ophou om te bid en
die Here te vra om hulp en krag nie. Uiteindelik lκ ons hoop daarin dat die
Here ons toevlugsoord is in die swaarste van omstandighede.
Dit is moeilik om ellende en trauma te hanteer. Maar met die regte
benadering en gesindheid kan jy hoop en rigting vir jou lewe kry.
'n Sprankie wysheid vir die dag
"Die juweel kan nie gepoleer word sonder wrywing nie; so ook nie die mens
sonder beproewing nie." - Chinese spreekwoord -
Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis
en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf
beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.
Dr ST Potgieter
Sielkundige
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
As jy dalk nog
baie resepte wil hκ, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
|
Kan nie onthou of ek hierdie el gegee het nie?
Peuselhappies
PAMPOENPOFFERS
Bestandele
250ml koekmeelblom
125ml bruismeel
5ml sout
5ml bakpoeier
Knypie gemaalde neutmuskaat
30ml botter, gesmelt
1 eier, geklits
500g gaar pampoen, gedreineer en fyn gedruk
45ml korente(opsioneel)
375ml olie
Kaneelsuiker
Metode
Sif koekmeelblom, bruismeel, sout, bakpoeier en neutmuskaat saam.
Klits botter en eier saam en voeg saam met pampoen en korente by droλ
bestanddele.
Meng tot n stywe beslag.
Indien meng sel te droog is, voeg n bietjie koue melk by.
Verhit olie in kastrol en skep lepelsvol beslag in warm olie.
Braai tot goudbruin aan beide kante.
Poffer is gaar indien n vurk skoon uitkom.
Pasop vir te warm olie Poffers sal dan nog rou binne wees maar bruin buite.
Dien warm op met kaneelsuiker.
MIELIEPAP POFFERTJIES
Bestandele
250ml slap mieliepap, berei van 80ml mieliemeel
250ml meelblom sout en peper
15ml bakpoeier
2ml mosterdpoeier
250ml gerasperde Cheddarkaas
Knypie rooipeper
4 repies swoerdlose spekvleis gekap
1 eier geklop
2 russiese worsies
1 ui gerasper
Om te braai:
20ml olie
Om te sprinkel:
20ml braaivleisspeserye
Metode
Meng al die bestanddele in n groot mengbak.
Verhit olie in n groot pan, braai teelepels vol van die mengsel op n
slag tot goudbruin.
Dreineer op kombuispapier, sprinkel speserye oor.
Sit warm voor.
TUNAPOFFERTJIES
Bestandele
1 blik tuna (gedreineer)
Sout
Peper
2 eiers (geklits)
5ml suurlemoensap
12,5ml pietersielie (gekap)
5ml bakpoeier
120ml meelblom
30ml melk paprika
Olie om in te braai
Metode
Vlok tuna en voeg oorblywende bestandele, behalwe olie en paprika by.
Skep opgehoopte teelepels vol van mengsel in warm olie en braai tot
goudbruin.
Dreineer poffertjies en besprinkel met paprika.
Dien warm op.
SUIKERMIELIEPOFFERTJIES
Bestandele
250ml koekmeelblom
10ml bakpoeier
5ml sout
1ml rooipeper of matige kerriepoeier
30ml margarien(gesmelt)
2 eiers (geskei)
5ml ui (gerasper)
300ml Cheddarkaas(gerasper)
420g geroomde suikermielies
Olie vir vlakvetbraai
Metode
Sif die droλ bestanddele saam.
Voeg die margarien by.
Klop die eiergele en voeg dit by die koekmeelblom mengsel.
Vermeng dit goed.
Voeg die ui, kaas en suikermielies by en meng dit deeglik.
Vou die styf geklitste eierwitte in.
Skep teelepelsvol van die beslag in warm olie en bak dit tot goudbruin.
Dreineer dit goed.
GEGEURDE PIESANGPOFFERS
Bestandele
6 piesangs
Meelblom, gemeng met kruie en speserye
Suurlemoensap van jou keuse
Geklitse eier droλ broodkrummel
Olie
Metode
Skil piesangs, sprinkel met suurlemoensap
Rol in meelblom, dan in eiers en laastens in droλ broodkrummels.
Braai in warm olie totdat dit rondom goudbruin is.
LEMOENPOFFERS
Bestandele
1 koppie suiker
750ml koekmeelblom
15ml bakpoeier
2.5ml koeksoda
knippie sout
3 eiers, geklop
15ml olie
250ml lemoensap
15ml gerasperde lemoenskil
Kaneelsuiker
Metode
Sif suiker, meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
Klop eiers, olie, lemoensap en -skil saam.
Voeg by die meelmengsel en maak 'n beslag.
Verhit olie tot warm en skep teelepels vol in warm olie.
Braai tot goudbruin aan albei kante en gaar.
Dreineer op kombuispapier.
Plaas kaneelsuier kardoes of plastiek sak.
Plaas poffertjies daarin en skud goed totdat alles bedek is.
Sit dadelik voor.
AARTAPPELPOFFERS
Bestandele
375ml koekmeelblom
knippie sout
12ml bakpoeier
1 eier, geklits
Genoeg water om n stywe beslag te vorm oOngeveer 200ml
4-6 aartappels, geskil en in dun skyfies gesny
1 ui, in ringe gesny
Olie vir diepvetbraai
Metode
Meng die koekmeelblom, sout en bakpoeier saam en voeg die eier en net
genoeg water by om n stywerige beslag
te vorm.
Laat staan.
Kook die aartappelskyfies in n bietjie kookwater tot sag maar nie
stukkend nie.
Dreineer.
Verhit genoeg olie in n kastrol vir diepvetbraai.
Plaas n uiering tussen 2 aartappelskywe.
Plaas op n lepel en doop in beslag tot goed bedek.
Plaas versigtig in die olie en braai tot goudbruin buite-om en totdat die
aartappels heeltemal gaar is.
Dreineer op handdoek papier.
Hoofgeregte
WORSGEREG
'n Maklike gereg wat blitsig aan mekaar geslaan kan word.
Bestandele:
250g boerewors per persoon (+/- 15cm )
Sowat halwe koppie (+/-90g) rys per persoon
1 Pakkie soppoeier per 5 tot 6 persone.
Metode:
Maak die soppoeier aan met water soos op die soppoeierpakkie aanbeveel.
Sny die wors in skyfies. (Dit kan ook versknipper of in lengtes gesny
word.)
Pak die wors dele bo-op die rys uit.
Gooi sop bo-oor.
Bedek die brousel met foelie.
Bak in 'n warm oond (so 180 grade) vir ongeveer 20 min.
Verwyder foelie en bak vir nog 10 min.
Bedien warm saam met 'n effe verkoelde glas Ougat Harlekyn rooiwyn .
(Die ronde taniene van die Harlekyn saam met die pikante witpeper karakter
van die wyn sal die beste uit die wors na vore
bring.)
Bak en brou
SJOKOLADESKYWE MET ROOMSOUS
Bestandele (Sjokoladeskywe)
40 g (80 ml) mielieblom
1 ml sout
50 ml koue melk
450 ml kookmelk
50 g baksjokolade
3 eiergele
18 g (30 ml) gelatien
50 ml koue water
30 ml whisky
4 eierwitte
Bestandele (Roomsous)
250 ml room
strooisuiker
Metode
Voer 'n broodpan uit met kleefplastiek.
Meng die mielieblom, sout en 50 ml melk tot 'n pasta.
Voeg die kookmelk by en roer tot dik.
Breek die sjokolade in klein stukkies en voeg by die mielieblommengsel.
Roer totdat dit gesmelt het.
Klits die eiergele by en voeg 'n bietjie van die kookmengsel daarby.
Voeg die res van die kookmengsel by en meng goed.
Roer vir 2 minute oor lae hitte.
Week die gelatien in koue water en laat dit oor kookwater smelt.
Voeg by die sjokolademengsel en laat dit afkoel.
Voeg die whisky by en meng.
Klits die eierwitte totdat dit sagte punte vorm en vou by die
sjokolademengsel in.
Gooi die mengsel uit in die broodpan en laat dit oornag in die yskas stol.
Klits die room en voeg strooisuiker by.
Bedien
Keer die sjokoladevorm uit en sny dit in dun skywe. Plaas 'n sny op 'n klein
bordjie met room-sous om die sny. Drup 'n
bietjie aarbeisous op die roomsous en maak patroontjies met 'n peuselstokkie
daarop.
CREMORATERT
Bestandele
500 ml Cremora
250 ml warm water
1 pakkie beskuitjies, gekrummel
125 ml botter of margarien
397 g kondensmelk
125 ml suurlemoensap.
Metode
Voeg Cremora by warm water en klits tot opgelos.
Laat oornag in yskas.
Meng krummelbeskuitjies met botter of margarien en druk vas in 'n tertbord
van 27 cm in deursnee.
Plaas in yskas.
Klits kondensmelk by Cremoramengsel.
Roer suurlemoensap by totdat mengsel verdik.
Skep vulsel eweredig op kors en plaas in yskas.
KITS VLATERT
Bestandele
500ml melk
100ml suiker
25ml vlapoeier
10ml botter
100ml suurlemoensap
397g (1blik) kondensmelk
1Ό pak Tennisbeskuitjies
Metode
Maak vla van die melk, suiker en vlapoeier.
Voeg die botter daarby en laat dit effens afkoel.
Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam.
Pak n laag beskuitjies in n reghoekige bak.
Gooi die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk.
Pak weer n laag beskuitjies bo-op en gooi die louwarm vla daaroor.
Rasper van die beskuitjies bo-oor en versier soos verkies.
Laat dit goed afkoel.
KOEJAWELYSKASTERT
Bestandele
1 x 800g blik koejawelhelftes
2 x 410g blikke ingedampte melk
2 x 80g kersie of perskejellie
2 x 200g pakke Tennisbeskuitjies
Metode
Dreineer Koejawelhelftes en hou sap eenkant.
Druk Koejawels met n vurk fyn.
Meng jelliepoeier en sap wat eenkant gehou is en verhit in pan tot
jelliepoeier gesmelt is.
Verwyder van hitte.
Voeg fyn gedrukte Koejawels en ingedampte melk by en roer goed.
Pak n laag beskuitjies in n 3 liter tertbord en skep die helfte van die
Koejawel mengsel in.
Rangskik nog n laag beskuitjies bo-oor en skep oorblywende
Koejawelmengsel in.
Maak orige beskuitjies fyn en strooi krummels bo-op tert.
Bedek met kleefplastiek en verkoel tot gestol.
KOEJAWELYSKASTERT
Bestandele
1 x 800g blik koejawelhelftes
2 x 410g blikke ingedampte melk
2 x 80g kersie of perskejellie
2 x 200g pakke Tennisbeskuitjies
Metode
Dreineer Koejawelhelftes en hou sap eenkant.
Druk Koejawels met n vurk fyn.
Meng jelliepoeier en sap wat eenkant gehou is en verhit in pan tot
jelliepoeier gesmelt is.
Verwyder van hitte.
Voeg fyn gedrukte Koejawels en ingedampte melk by en roer goed.
Pak n laag beskuitjies in n 3 liter tertbord en skep die helfte van die
Koejawel mengsel in.
Rangskik nog n laag beskuitjies bo-oor en skep oorblywende
Koejawelmengsel in.
Maak orige beskuitjies fyn en strooi krummels bo-op tert.
Bedek met kleefplastiek en verkoel tot gestol.
LIETSJIE HEERLIKHEID
Bestandele
410g (1 blik) ingedampte melk
250ml kookwater
750ml lietsjiesap
3x 80g pakkies groen jelliepoeier
Metode
Verkoel die ingedampte melk oornag in die koelkas.
Maak jelliepoeier aan met die kookwater.
Voeg die lietsjiesap by en meng.
Laat dit afkoel tot dik, maar nie gestol nie.
Klits die ingedampte melk tot n dik skuim en vou die jelliemengsel daarby
in.
Verkoel tot gestol en versier soos verkies.
Lewer 12 porsies.
KORSLOSE MELKTERT
Maak 2 terte van 20 cm of 1 groot tert van 30 cm. Min van ons kan 'n sny
donsige melktert ryk met botter en geurige
speserye weerstaan. Spaar tyd deur nie 'n kors te maak nie - en verloor dan
sommer ook meer as net 'n paar kilojoules in
die proses.
Bestandele
1 liter melk
½ kaneelstokkie
Skil van ½ suurlemoen of lemoen
45 ml botter
250 ml koekmeel
250 ml suiker
1 ml sout
7,5 ml bakpoeier
4 eiers, geskei
2,5 ml amandelessens
10 ml fyn kaneel
Metode
Verhit melk, kaneel, suurlemoenskil en botter tot kookpunt en laat 20
minute trek.
Meng meel, suiker, sout en bakpoeier.
Dreineer melkmengsel en voeg by die eiergele.
Klop melkmengsel by die meelmengsel.
Voeg amandelessens by.
Plaas mengsel terug op die stoof en verhit oor matige hitte tot kookpunt.
Roer met 'n houtlepel. (Moenie bekommerd wees as 'n paar klonte vorm nie,
klits dit glad met 'n klitser nadat u die eierwitte geklop het.)
Smeer tertbak mildelik met sagte botter.
Sprinkel met brood-, koekie- of beskuitkrummels (of gebruik hawermout,
muesli of wat ook al beskikbaar is).
Klop eierwitte met 'n druppel asyn of suurlemoensap tot dit hul vorm behou
en sagte punte vorm. Klits
melktertmengsel om klonte te verwyder.
Vou eierwitte in die tertmengsel en gooi in tertbak(ke).
Sprinkel met kaneel.
Bak 25-35 minute by 190C.
Skakel die oond af en laat 15 minute in die warm oond afkoel.
Sit warm of by kamertemperatuur voor.
KONDENSMELKTERT
Bestandele
1 x 397g blik kondensmelk
3 koppies water
6 eetlepels mielieblom
2 eiers, geel en wit apart
1 teelepel margarien
1 teelepel vanielje geursel
Tennisbeskuitjies
Metode
Verhit die kondensmelk en water.
Meng die mielieblom met n bietjie water en roer dit by die melk.
Roer die mengsel tot dit dik word en verwyder van hitte.
Voeg die geklitste eiergele by en laat die mengsel weer kook tot dit gaar
is.
Voeg die botter en geursel by.
Pak n laag beskuitjies in n tertbord en gooi die helfte van die vulsel
oor, dan nog n laag beskuitjies met die res van
die vulsel oor.
Rol n paar beskuitjies fyn en strooi bo-oor.
Versier met kersies.
PEKANNEUT KAASKOEK
Bestandele (Kors)
80 ml sagte botter
200 g volgraanbeskuitjies, fyngemaak
Bestandele (Vulsel)
3 x 250 g maaskaas
185 ml bruinsuiker
5 ml vanielje-geursel
3 eierwitte, geklits
10 g (1koevertjie) gelatien
60 ml water
75 g pekanneute, opgekap
Bestandele (Bolaag)
100 ml bruinsuiker
75 ml versiersuiker
60 g botter
30 ml water
25 g pekanneute, grof gekap
Metode (Kors)
Voer 'n veerknip-losboompan van sowat 24 cm in deursnee met bakpapier uit.
Meng die botter en beskuitjies saam en druk met 'n lepel vas op die boom
van die pan.
Verkoel in yskas.
Metode (Vulsel)
Klits die maaskaas, suiker en vanielje-geursel saam.
Vou die eierwitte in.
Spons die gelatien oor die water.
Smelt die gelatien oor kokende water of in 'n mikrogolfoond. (Maak seker
dat dit nie kook nie.)
Roer dit saam met die pekanneute by die mengsel in.
Skep in voorbereide koekpan.
Plaas terug in yskas.
Metode(Bolaag)
Mikrogolf die eerste drie bestanddele saam op hoog vir 30 sekondes totdat
die botter begin smelt.
Roer goed deur en mikrogolf vir 'n verdere 15 sekondes.
Roer tot glad.
Klits die water by.
Roer die neute by.
Verkoel en smeer dan oor die koek.
Los in yskas tot gestol.
MOKKA KAASKOEK
Bestandele (Kors)
2x 200g Romany Creams
80ml gesmelte botter
Bestandele (Vulsel)
10ml gelatien
250ml room
2x 250g geroomde maaskaas
15ml kitskoffie-poeier
2x 100g sjokolade
Metode
Maak die beskuitjies fyn. (In n voedselverwerker indien beskikbaar).
Meng met die botter en druk teen die kante en op die bodem van n tertbord
vas.
Verkoel.
Strooi die gelatien oor 30ml water.
Verhit totdat die gelatien gesmelt is, maar dit moenie kook nie.
Klits die room styf en vou by die maaskaas in.
Los die koffiepoeier op in 15ml kookwater en voeg dit saam die gesmelte
gelatien by die roommengsel.
Meng goed deur.
Smelt die sjokolade oor kookwater of in die mikrogolfoond.
Roer elke nou en dan tot gesmelt.
Voeg by die roommengsel en vou in sodat die mengsel in marmer voorkoms het.
Giet in die voorbereide kors en verkoel tot gestol.
SOUSERIGE SJOKOLADEKOEK
'n Heerlike sjokolade koek met 'n onbeskryflike sappigheid.
Bestandele (Koek)
1 k meel
1 k suiker
2 t bakpoeier
Ό t sout
2 eiergele
½ k olie
Ό k kakao
Ύ k kookwater
½ t bakpoeier
Betandele (Sous)
½ blik Ideal melk
½ k suiker
1 t vanielje geursel
Metode
Meng meel, suiker, bakpoeier en sout. Maak holte in mengsel. Klits olie goed.
Gooi eiergele, olie, kakao en kookwater in die
koekholte. Klop eierwit styf saam met bakpoeier. Bak vir ongeveer 40 min by
180 °C.
Sous: Meng alles saam en kook. Laat effe afkoel voordat jy dit oor die warm
koek uit giet. Smelt slab sjokkelade en gooi oor
warm koek.
Bedien saam met koffie of 'n bietjie roomys!
ESTER SE WORTELKOEK
Hierdie tannie ken van wortelkoek maak!
Bestandele (Koek)
3 Eiers
1 k Suiker
1 k Olyfolie
½ t sout
1 t bakpoeier
½ t koeksoda
½ t kaneel
2 k gerasperde wortels
½ k gekapte neute
Bestandele (Sous)
4 e room Smelt, kook vir 3 min
2 e botter gooi oor koue koek
4 e geelsuiker
Metode
Klits suiker en eiers goed. Sif sout, bakpoeier en koeksoda bymekaar. Voeg
kaneel by en roer in by kaneeleiermengsel.
Vou laastens die gerasperde wortels en neutkapsels in. Bak teen 180°C tot
gaar.
Sous: Smelt die botter en meng saam met suiker en room. Kook vir 3 minute.
Gooi warm sous oor koue koek.
OUMA MIENIE SE APPELTERT
Krediete: Ouma Mienie
'n Watertand Appeltertjie soos hulle dit in die ou dae gemaak het.
Bestandele (Tert)
250 ml meel
250 ml bruin suiker
15 ml bakpoeier
½ t sout
125ml melk
30 ml margarine
2 eiers (geklits)
250ml blikkies tertappels
Bestandele (Sous)
250 ml bruinsuiker
250 ml vars room (of ½ melk)
Metode
Meng droλ bestandele. Verhit melk en margarine. Voeg dit om die beurt met 2
geklitste eiers by droλ bestandele. Gebruik
nog melk om deeg loperig te maak. Giet in vuurvaste bak. Pak tertappels
daarin. Bak 30-35 min by 180 gr.
Sous: Meng suiker en room (of melk). Verhit. Gooi kokende sous oor gaar tert.
Dien op met roomys/vla.
Bykosse
RYSSLAAI
Gesonde goed is altyd die maklikste om te maak... hier's weer 'n bewys
daarvan.
Bestandele
50 ml olie
12.5 ml kerriepoeier
12.5 ml Mrs Ball's Blatjang
1 fyngekapte ui
750 ml gaar rys
50 ml mayonnaise
2 tamaties
25 ml fyn pietersielie
Metode
Meng bestandele voeg rys by versier met hardgekookte eiers.
GEBAKTE GROENBONE
Bestandele
2 k boontjies
1 ui gerasper
12,5 ml botter
25 ml koekmeel
2 ml bruinsuiker
2 ml sout
125 ml suurroom
75 ml melk
150 ml garasp kaas
100 ml aartappelskyfies
Metode
Kook boontjies sag. Braai ui, voeg meel suiker en sout by suurroom en roer
tot dik. Voeg uiemengsel by. Skep in bak gooi
fyn chips oor en bak
Nageregte
KOUE MALVALEKKER POEDING
Bestandele
410 g ingedampte melk, oornag verkoel
1 blik gekookte kondensmelk
1 pak (150 g) malvalekkers
12,5 ml botter of margarien
Metode
Klits die ingedampte melk styf en roer die gekookte kondensmelk daarby in.
Smelt die malva- lekkers in die botter of margarien in 'n bak oor 'n
kastrol met warm water en roer by die melkmengsel.
Plaas in die yskas tot yskoud en gestol.
Lewer 6 porsies.
Bedien met roomys en ander lekker goed.
KOUE KERSFEESPOEDING
Bestandele
1½ Koppies fyngerolde Marie beskuitjies
8 malvalekkers
Ό koppie suiker
½ koppie gekapte neute
125ml gemengde skil
Ό teelepel fyn neut
250ml room
Ό koppie lemoensap
mespunt kaneel
125ml dadels
Skil van 1 suurlemoen, gerasper
Metode
Meng krummels, vrugte, neute, skil en speserye. Verhit die lemoensap en los
die malvalekkers daarin op. Voeg die suiker
by en gooi oor die krummels en vrugte. Klop die room styf en vou dit by die
mengsel in. Plaas die nagereg in die yskas om styf te word.
KOUE APPELKOOSPOEDING
Bestandele
2 eetlepels gelatien
1 koppie koue water
6 eiers, geskei
1 eetlepel suurlemoensap
2 koppies suiker
3 koppies appelkooshelftes
1 teelepel sout
1 koppie room, geklop
Metode
Week gelatien in koue water en verhit stadig tot dit gesmelt is.
Klits eiergele goed en voeg die suiker geleidelik by.
Voeg sout en suurlemoensap by.
Verhit die mengsel oor kokende water en kook tot dit aan die lepel begin
vaskleef.
Voeg gelatien by en klop goed.
Laat afkoel.
Klits die mengsel goed tot dit begin skuimerig word en voeg die
styfgeklopte eierwitte by.
Voeg appelkose en geklopte room by.
Plaas in die yskas om te stol.
BAR 0NE POEDING
Bestandele
120g roomkaas
3 Bar Ones in stukkies gesny
250ml room
geklop 700ml melk
2 pakkies sjokolade geur kitspoeding
1 pakkie Romany Creams grof gebreek
50g gerasperde sjokolade
Metode
Meng die roomkaas en Bars Ones. Vou die geklopte room in. Klits die melk en
kitspoeding saam. Laat 5 minute in die
yskas stol. Skep n derde van die kitspoeding in n glaspoedingbak. Sprinkel
die helfte van die stukkies beskuitjies daaroor,
dan die helfte van die roomkaasmengsel. Herhaal die lae en eindig met die
oorblywende derde van die
sjokoladepoedingmengsel. Skep die roomkaasmengsel oor me die oorblywende
kitspoedingmengsel bo-op. Sprinkel die
res van die stukkies Bar One en gerasperde sjokolade oor en dit 4-5 uur in
die yskas tot dit gestol het.
Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf
hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabι BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Resepte, resepte,
resepte
Ek het besluit om sake vir my
te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans) op een CD saam te
sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent enige dis bevat wat jy
aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hκ om ooit weer 'n resepteboek
te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar
dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met
hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.
Die prys van die CD is R100 (dis
om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit
Posgeld is R20 vir
geregistreerde pos en R50 vir Speed Services oornag toonbank tot
toonbank.
As jy sou belangstel om een
van die CD's te bekom,
klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook
net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die
spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer
stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit
Speed Services oornag toonbank tot toonbank
Hier is die Afrikaanse boeke:
217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se
Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se
Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer
net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1,
Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir
Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille
samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies
Allerlei
Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet,
Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke
omskakelingstabel, Werk van die huis
Hier is die Engelse resepte:
FunkyMunky
Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of
Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes
in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go
camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at
your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie
Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special
holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all
ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes
from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's
assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the
chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two
of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of
mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for
appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all
here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!
Bonus eBooks
Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food
Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns
Everything you wanted to know about making, marketing and selling your
crafts.
Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies,
myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.
10,000 Dreams Interpreted
Die Hervormde Kerk Jac van
Belkum (Rustenburg) bied aan:
Kuier Aand met DJ Ossewa!
Datum: 19 Augustus 2011
Waar: Flip Joubert Saal, Rustenburg skougronde.
Verversings te koop en Kontant kroeg!
R100 per persoon.
Kom ondersteun asb ons gemeente, omdat ons gemeente uit n groot
persentasie bejaarde persone bestaan
wat net n staatspensioen maandeliks verdien en nie die kerk in stand
kan hou nie loods ons hierdie fonds-insamelings projek. Kom geniet
lekker, Progresiewe, Alternatiewe, Boere-Afrikaanse-opskop-dans musiek!
DJ Ossewa sal julle laat Skaterlag vir hulle unieke en skreeusnaakse
lirieke en maltrap streke!
Kontak Mandie vir kaartjies: 082 055 05 17
Al my nuusbriewe is
op hierdie bladsy beskikbaar:
http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Elke nuusbrief sal
voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.
|
|