Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
As julle baie resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die
Argiewe, meeste van die ou
nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur daar
af.
Ek stuur ook 'n Engelse brief uit,
elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek,
gaan kyk gerus en laai na hartelus af.
Daar is twee pasellas hierdie keer,
'n eBoek met huishoudelike wenke en ook 'n handige omskakelingstabel,
gaan laai hulle af by die Pasella afdeling.
Dis baie koud hier in Alberton, toe
besluit ons om vir 'n week St Lucia toe te gaan, daarom is hierdie brief
so 'n week vroeg aangesien ons al Vrydag die pad vat. Ek verneem die pad
oor Pongola is aanmekaar padwerke met baie Stop/Go situasies. Wonder of
dit nie beter sal wees om Durban om te ry nie?
Enige voorstelle?
Ek gee weer terugvoer van Adri met
haar Huis Zonnekus projek, kyk gerus verder ondertoe.
My gunsteking brak, Emily, kry ook
weer 'n geleentheid, gaan lees gerus wat die bekkige brak kwytraak.
Net om te laat
weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier
geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet
my, dalk haal ek dit af.
Hier is iets
wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou
ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe
maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke
maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Sluit gratis
aan vir 'n proeftydperk.
Maar jy moet opgradeer om deel te neem
aan die wins, dis egter 'n druppel in die emmer. Probeer gerus!
Die hele proses het nou
verbeter en dis nou makliker om te begin inkomste kry, sluit gerus aan
vir 'n gratis proeftydperk, kyk die kat uit die boom en gradeer dan op
om te begin saamspeel!
Klik
hier en gaan kyk self!
Dit neem 'n rukkie, maar ek het
verlede maand net minder as
R1000 gekry. Elke bietjie help!
Yes, out of
curiosity I visited Be Motivated Today during September 2009, but only
joined during August 2010, what a waste of time!!!.
If I knew what was happening during the year I wasted, man, I would have
joined immediately after I read the details of the setup.
I now have a waiting list of seven on my downline (one already joined as
Silver), the others are bound to join during November and they are jumping
around purely from excitement to get started and its rubbing off on me as
well.
Just one question: My intention is to place an invitation advertisement on
the rear window of my car, do you think it could shake some people out of
their dreams and make them joining us?
Klik
hier vir meer besonderhede
Rugbygeesdriftiges - Super 15 |
Alles wat jy wil weet van die
Super 15-reeks, wedstryd vir wedstryd. Loot Eksteen het al die feite
saamgevat, sien hieronder. Regs klik net om af te laai. As jy die
statistieke weekliks wil ontvang,
stuur net vir Loot 'n epos en vra dat
hy jou op sy posluys sit.
Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die
ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die
minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër!
Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n
kaartjie het nie!
Klik hier en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen,
dis 'n stewige R1,050,000,000!!!
En onthou tog om
my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is
nou weer terug.
Huis Zonnekus -
Maangad 4 Julie 2011 - Fase 2 |
Op my koordlose boor se boks
verkondig iemand luidkeels: “IMPACT DRIVER DRILL – POWER TO PERFORM”
Dis nie waar nie. Nie met jare oue mure nie! Ek het gelyk soos ‘n
muskiet op ‘n Okavango Olifant se vel wyl ek probeer het om die eerste
gate in die Alzheimer gedeelte van Huis Zonnekus, se muur te boor! Ek
beweeg, maar die boorpunt staan en draai om sy eie gat. En ek besef dat
vandag ‘n anderste dag kan uitdraai. ‘n Vrou met PMS EN ‘n boor is dalk
nie die regte kombinasie nie, maar ‘n plan is gemaak, en die faktotum
het sy elektriese boor gaan haal, en TOE sak die gate gedweë in!
Jip, vandag was nog ‘n dag van PROJEK HUIS ZONNEKUS, oftewel, Fase Twee.
Ek was geseënd genoeg om nog ‘n paar rand van persone te ontvang, en kon
10 paneelverwarmers aankoop met die skenkings. Ek het self ‘n paar
ekstra gekoop, en ‘die trek’ het met ‘n ysige Suid-Oos in ons rug, weer
pad gevat na Milnerton.
|

|
|
Die sitkamertjie van die
Alzheimer inwoners het nou paneelverwarmers, asook al die kamers in die
gang.
Dit wat oorgebly het, is in die koudste kamers ingesit. Ook die tannie
waarvan ek laas vertel het wat so koud lê en kry het, het ene ontvang!
Sy het onder haar splinternuwe kombers gelê en ‘n Tex geëet dat die hele
bed en kombers vol krummels was! Sy vertel sy spandeer al haar geld op
tjoklits – seker die dat ek ‘n spesiale plekkie in my hart vir haar het.
Ons gemeenskaplike liefde vir tjoklits!!!
|

|
|
Ek het weereens pakkies ontvang
met warm klere, waslappies, serpies, toiletbenodigdhede, en vanmiddag
toe ek tuis kom, ‘n groot boks doeke vir die mense wat dit bitterlik
nodig het!
Dankie spesiaal aan Etienne en Maxie van STELMED in Stellenbosch vir
daardie skenking, en Hansie Conradie by Econo Heat wat vir my die
paneelverwarmers te koop aangebied het teen groothandelpryse, en dit by
my laat aflewer het teen geen ekstra koste nie! Zeldra Clarkson wat
weereens met sakke items opgedaag het. Julle, en die anonieme skenkers
van fondse en broodnodige items, asook die mense wat ek reeds per epos
bedank het, maak hierdie projek ‘n realiteit. Dit is ‘n wasempie teen
die wind, maar vir ‘n paar mense kon ons die afgelope tyd hulle dae ‘n
bietjie beter maak!
Dankie Dalene wat gehelp het om waterpasse aan te gee, en die verwarmers
uit te pak, en Mirna wat met Muis aan die leiband, die oumense geselskap
gehou het. En Deon wat toegelaat het dat ‘n vrou die boorwerk doen,
terwyl hy die stofsuier beman, en die rigting aangedui het.
|

|
|
Indien enige verdere gelde inkom, sal dit steeds aangewend word om
Fase Twee te voltooi – daar word regtig nog baie verwarmers benodig.
Hierdie paneelverwarmers gebruik minder elektrisiteit as ‘n rekenaar,
volgens wat die kenners beweer, so dit is ‘n belegging bo enige ander
verwarmer.
As jy dus graag wil gee, maar bang is omdat jy nie weet waarheen jou
geldelike bydraes sal gaan nie, kontak my asb. Bevestiging van die
projek kan ook van die tehuis se bestuurder, Attie van Tonder, telefoon
021 5515689 of 552 2074 gekry word.
Ek het ‘n graad in paneelverwarmers installeer – as iemand sukkel,
kontak my gerus. En as jou huis noudie dag gebou is, bring ek my eie
boor wat verseker vandag se sementmengsels sal ore aansit!
Groete, en dankie weereens dat julle bereid was om onselfsugtig by te
dra. Mag julle dit in meervoud terug ontvang wanneer julle nood het.
Adri van Zyl
amvanzyl@isales.co.za
As enigiemand nog vir Adri op een of ander manier kan help, kontak haar
gerus.
Ek het die volgende resep van
Anthony Scheepers ontvang, hy reken dis 'n wenner!
KERRIEBOONTJIEPOTJIE
2 Koppies Haricot-boontjies
2 Koppies Nierboontjies
2 Koppies Suikerboontjies
1½ Kg Stowe beesvleis
2 Medium uie gekap
4 Medium geelwortels in ringe gesny
4 Groterige aartappels
4 Vet knoffelhuisies gekneus
2 Selderystingels opgekerf
35 ml Matige kerriepoeier
7 ml Borrie
7 ml Vleis masala
4 Kruienaeltjies
1½ Handvol groenbone opgekerf
10 ml Rooi brandrissie (sonder pitte)
10 ml Vars groengemmer gekneus
¼ Koppie olyfolie
3 Koppies droëvrugte vir ‘n wyle in koue water geweek. (1 elk appelkose,
perskes en pruimedante) Die perskes en appelkose kan middeldeur ge- sny
word.
1 Blik (410g) heel tamaties, gekap
2 Lourierblare
2 Vingerlengtes pypkaneel
1 Eetlepel growwe sout
1 Biefblokkie
Varsgemaalde swartpeper
Water
Plaas die boontjies in ‘n kastrol en bedek heeltemal met water. Kook die
boontjies vir 5 minute en skakel dan die stoof af. Laat staan tot volgende
môre in kastrol met water in. Dreineer dan die water. Verhit dan die olie in
die swart pot oor vuur en braai die vleis tot bruin. Voeg dan die uie en
knoffel by en braai saam met die vleis totdat die uie mooi helder is. Gooi
bietjie water by. Voeg dan die naeltjies, pypkaneel en gemmer by en roer
goed deur. Na ‘n rukkie kom die seldery en wortels by en die brandrissie.
Voeg dan die groenbone by en pak die droëvrugte bo-op. Hou die vloeistof dop
en pasop vir brand. Nou kom die droëbone bo-op asook die tamatie en die
lourier. Sit die deksel op en laat ‘n wyle prut. Wanneer die bone sag is kom
die vleisaftreksel (biefblokkie) opgelos in kookwater by. Sny die aartappels
in groterige blokkies en pak bo-op. Strooi baie varsgemaalde swartpeper
bo-oor. Kyk of daar genoeg vloeistof in die pot is. Sit die deksel op en
prut verder. Wanneer die aartappels sag is kom die kerriemengsel i.e.
kerriepoeier, borrie en vleismasala met bietjie water aangemaak by. Sit die
deksel terug en laat deurkook. Bedien oor rys.
Ek stuur elke nou en dan fotos in
na die Treknature webwerf, gaan kyk gerus na die fotos wat ek op ons
reise geneem het en al opgelaai het:
http://www.treknature.com/members/FunkyMunky/photos/
Die Afrikaanse rolprent - gister en vandag |
Baie dankie
aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie
reeks te gebruik.
Die volledige reeks programme kan hier gelees word
Regs klik hier
om 'n eBoek met Huishoudelike Wenke af te laai en
regs klik
hier om die handige Omshakelingstabel af te laai.
Lekker
lugkastele bou -
Oorsese Lottos |
Klik
net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra
die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En
as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook!
Waarvoor wag jy?
Uit 'n dagboek - Emily skryf
weer |
Biegtyd
Ma het gesê ek moet opou met my
nonsins want syt als gelees wat ek beskryf het op die internet.
Toe sê ma mens moet die waaryt praat. Nou moet ek vir jille die waaryt
skryf.
My naam is nie Emily nie. Ma sê sy wou ‘n hont gehad het en haar Emily
noem mar toe sy vir my sien het sy niks anders kon dink as MUIS nie. My
ore was net so groot soos hille nou is. Maar nou is my ore sterk en vol
spiere alkanek steeds nie die diewens hoor as hille ons Lendrovir se ryt
ytslaan nie!
My naam is Muis. Ma raas soms met my dan noem sy my MUISHONT en dan lag
die mense wat oppie parkie stap met hille honde. Ma sê laasweek sy wil
my sommir herdoop na Flooi oor ek dit op my gehad het. Ek weetie van
flooie nie. Dan bat ma my met sjampoe dan sê ma ek is ‘n flooieteksie en
my passisier gan nou vrek gan. En toe proebeer sy vir my wirmpille in
droëwors wegsteek mar ma dink seker ek is dom ek spoeg daai pille net so
weer trig! Ma sê ek sal ha bankrod maak van wirmpille koop en sy gee dit
makliker vir die katte wat ha stikkent krap. Ma sê sy het opie internet
gan lees van how toe geeve jor dok pils mar hille is net so dom soes
parlement sê ma.
Jakkirs ek haat pille. Nou moet ek vitel hoekom ek dan Emily was want ek
was mos met Alex maaikies mar ek sien hom nie meer nie want ma het my
mos yt die skool gevat oor ek nie gevordir het nie toe sê sy ons sal
houm skoeling doen mar ma heti tyt vir dit nie so ek lê heeldag en slaap.
Ek was bang Alex lees dit en spot my dan by die skool.
Ek was laasnaweek mos weer plaas toe en toe was dit wonderlik want ek
het in plaas van Bobtail, BOKtail gevreet. Dis bokdrolle. Ma sê ek het
na bokdrolle en stof geryk en ek
moes gan bad voor ek in haar bed kon lê. Ek was vlippen moeg. Ek het
heelnaweek gehol en skaduwees gejag en ek het darim nie ‘n pofadir
gesien nie want oupa het die naweek voor daai ene by die hys dootgemaak.
In die winter ma het gegril.
|

|
|
Ma het vi my 'n kleerkie gekoop
wat kinnirs dra en die moue afgeknip vidi pooikies en dan bint sy sommir
die lyfie met 'n rekkie vas ma dink 'n Boer maak 'n Plan. Ek kry somir
horries want ek lyk soos 'n bloubil en ek is pure Stormer ek het
gistraant sommer ani blaf gegan vir Gio toe hy die bal so lelik
angeslaan het en toe Brian Habana so hol toe wens ek hy kan vi MY sien
hol!
Nou het ek vi jille vitel wie ek dan nou rêdig is. My naam is Muis en ek
gan nie ophou skryf nie want ma het gewaarsku dat as ek nie my regte
storie skryf nie, ek nooit weer die leptop sal sien nie en ek hou van om
met jille amal da byte te gesels.
Groete van Emily wat yntlik altyt Muis is.
Uit:
http://skoor.wordpress.com/
Alles wat jy
wil weet oor Boeremusiek.
Hierdie is die
webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die
Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.
Klik hier om
sy webblad te besoek.
Ek het die foto tydens ons laaste
besoek aan Kruger Nasionale Park geneem. Klik die foto om 'n groter
weergawe te sien
Riet Duiker |
 |
|
Boeremusiek
Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde" |
Danie Barnard
|
 |
|
Danie
bevorder sy hele lewe lank Boeremusiek en was een van Hendrik Susan
se staatmakers. Hy en sy ander twee boesem-vriende, Manie Bodenstein
en wyle Nic Potgieter, het almal vir Hendrik gespeel.
|
Ekke is ook op
Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit,
klik net hier.
Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za
of kry my by www.facebook.com/Peterjasie
Ek Tweet ook nou en dan op
Twitter by @Peterjasie
Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige en Heel Skool Evalueerder in
Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool
Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders
met hindernisse tot leer. Sy gee praatjies, skryf artikels, lag en reis
die hele land vol. Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders.
Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na
mirnafvanwyk@gmail.com.
Kies jou reaksie
Ek en ‘n kliënt
sit gister en reflekteer oor die hoeveelheid emosionele groei en
onafhanklikheid wat sy oor die afgelope jaar ervaar het sedert ons
sessies begin het-en sy sê huiwerig:100%?
En jy weet wat - sy is reg – sy het gegroei van ‘n oorgewig, rokende,
finansiële skuld belaaide en oor-emosionele alleenloper tot ‘n fikser,
rookvrye, skuld-vrye jong vrou wat in ‘n verhouding met ‘n
ondersteunende jongkêrel is. En in alle eerlikheid was ek net ‘n
saamloper op hierdie pad; sy het die moeilike werk self gedoen.
Kom ek verduidelik die stappe wat sy geneem het. Eerstens het sy ‘n lys
van al haar skuld gemaak en ‘n doelwit met mylpale tussenin gestel om
binne ‘n jaar skuldvry te wees. Sy het haar kredietkaarte opgesny, haar
bankbestuurder gevra om haar skulde direk van haar bankrekening te
verhaal in paaiemente nog voor sy haar hande daarop kon lê. Hierdie
doelwit het sy het sy afgehandel binne 9 maande en sy was so
geïnspireerd deur haar sukses dat toe sy begin stap het in die middae,
het sy ‘n vriendin saamgenooi en later het sy Pilates begin doen in die
privaatheid van haar woonstel. Hier het sy die selfdissipline aangeleer
om stadigaan terug te sny op nikotien en ek het haar gehelp met
plaasvervangende positiewe gewoontes in plek van al die negatiewes wat
met die rook saam gegaan het. Sy het binne 4 maande sigarette se houvas
op haar verslaan. Sy het die krag van haar entoesiasme, selfdissipline
en positiewe houding ontdek, ten spyte van die trauma van haar pa se
selfmoord toe sy 9 was en haar ma se oormatige afhanklikheid van haar.
Sy het haar kerk se jeugsessies begin bywoon en ‘n getroue vriendekring
opgebou. En kortvoorlank het sy ‘n kêrel ontmoet wat haar vreugdes van
die buitelug gedeel het …
Dit is nie ‘n Mills en Boon storie of ‘n outydse feeverhaal nie-dit is
die ware verhaal van my kliënt. Hoe het sy dit reggekry? Deur gedurig
haar gedagtes en aksies te bestuur deur twee tegnieke: haar selfgesprek
te bestuur en om teenoor omstandighede met nadenke te reageer
(“respond”) eerder as om slegs daarop te reageer (“react”) (of selfs te
oorreageer).
Ek het al baie gesels oor hierdie basiese beginsel van emosionele
intelligensie: reageer met nadenke (“respond”) eerder as net reageer
(“react”). Al wat dit vra is om ‘n paar sekondes te dink oor wat gebeur
nou in myself, die situasie, die ander mense teenwoordig, die moontlike
konsekwensies van jou aksie en die aksie wat nodig is. Dit te oorweeg en
DAN eers op te tree. Dit kan jou help om slegte besluite, negatiewe
woorde en dade te keer; dit help jou om die situasie te beheer deur
jouself te beheer. Dit sal jou help om op te hou tydmors, uit te stel,
verskonings te soek-in kort: dit help jou om jou oog te hou op jou
doelwit-wat dit ook al is.
Volgende keer verduidelik ek die ander kragtige tegniek: hoe om jou
selfgesprek (“self-talk”) te bestuur.
Mag jy die beste week tot nog toe hê, van my hart aan joune.
Klik hier om Mirna se ander
artikels te lees
Skenk my die kalmte om die dinge
te aanvaar wat ek nie kan verander nie, die moed om die dinge te
verander wat ek kan en die wysheid om te weet wat die verskil is.
Veral op 'n Maandag oggend!
Dopper
Joris en Sy Seiltjie
Onder ‘n boompie by die watersloot
Sit Spekie met haar Joris en vry:
Hy praat van koperledekante
En ‘n skimmelhings wat sy sal ry.
Hy sê dat sy oorlede paatjie
Hom duisend hamels en ‘n ram
-‘n opregte Franse ram – gegee het,
En ‘n woonhuis by die middeldam.
‘n Wa en span met soetveld-osse
‘n Spikkelspan. En hulle trek tog, reg!
En hul bulk, ja, nes die ware duiwel,
Nes die wind trek hulle van die staanplek weg!
En twee sterk koperhoepel-emmers
Het oorlede paatjie ook gegee,
En ‘n ring wat maatjie opgetel het
Toe paatjie siek was by die see.
En ‘n borsspeld vol met rooi klippies,
En ‘n perdesweep met ‘n koperknop,
En ‘n teepot met drie silwer voetjies,
En die deksel het ‘n duif daarop.
En ‘n klok en dertien riempiestoele,
‘n Bulsak en ‘n ledekant,
Twee ingelegde geelhouttafels,
En ‘n prentjie met die plae van Egipteland.
En ook nog ‘n spul met romlary,
‘n Kar op vere en ‘n fariseen,
En ‘n Bybel wat maatjie eens gekoop het
Van die smous Aaron Oepl Behn.
Maar, tog makeer ek nog een ding;
Dit maak my, Spekie, siek van smart:
My wa is sonder buiteseiltjie!
Wil jy my seiltjie wees, my hart?
Pulvermacher (Adam de Smidt)Uit: Het Volksblad, 1873
Gaan kyk na my
nuwe fotografie
webwerf . Sport fotos onlangs bygelas
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Zalome -
Afrikaans op die net |
Zalome is nog
iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te
bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee
soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.
Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang,
doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo
sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit
aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).
AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com
AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
|

|
|
Hello Ma
Dis Pietertjie hier. Baie dankies vir die oulike onderbroekies wat
Ma vir my op die plaas uit meelsakkies gemaak het. Die meeste van
hulle het groot reaksie by die meisies hier by die universiteit
uitgelok.
Sannie het my onderbroekie heel aand net stip gesit en bekyk. Dis
nou daai een waar voorop staan 'SELF-RAISING'. Heel aand nie 'n oog
verroer nie. Sy het lateraand net gesê 'Dit werkie!'
Wat nie werkie, weet ek nou noggie.
Maar Magriet het haar nou die aand geniet toe ek die een aangehad
het waar voor op staan 'ROL DUN UIT! Sy is 'n handvol en was nogal
plesierig maar jislaaik is sy nogal rats met daai ou klein handjies
van haar!
Al bogger-op wat ek nou nog nie kan verstaan nie, is die klap wat
Berta my gegee het gisteraand. .
Sy verstaan seker nie watse moeite dit is om so 'n plaasonderbroek
te maak nie.
Ek het net 'n uur gekuier en toe ek met my onderbroek wou spog, haak
sy af en klap my van die bed af!
Ma weet mos dis daai een waar in rooi staan 'IDEAAL VIR VETKOEKE'!
Weet nou nog nie wat haar storie was nie, sal hom maar eers bêre!
Any-way, Ma, laat dit lekker gaan op die plaas !!
Van Pietertjie
|
st
se pitkos
Klik hier
om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Welkom by hierdie
week se nuusbrief.
Die Psigopaat
Die term 'psigopaat' word
redelik algemeen gebruik, dikwels sonder werklike kennis hiervan. Vir meeste
mense roep 'n psigopaat beelde op van 'n fliek soos "Silence of the Lambs"
of van 'n wreedaardige moordernaar. Soms word psigopatie ook verwar met
psigose as versteuring.
Nie alle psigopate is egter misdadigers, reeksmoordernaars en verkragters
nie; net soos alle misdadigers, swendelaars en moordenaars weer nie as
psigopate geklassifiseer kan word nie.
Wat is 'n psigopaat? Dr Robert Hare, 'n kenner op die gebied van psigopatie,
omskryf psigopate as na binnegerigte uitbuiters wie sjarme, manipulasie,
intimidasie en geweld gebruik om ander te kontroleer en om hulle eie
selfsugtige behoeftes te bevredig. Hulle toon 'n gebrek aan gewete en gevoel
vir ander mense, en sal koelbloedig vat wat hulle wil hê en doen soos wat
hulle goeddink, sosiale norms en verwagtinge verbreek sonder die geringste
gevoel van skuld of jammerte."
Een van die eienskappe van 'n psigopaat is sy onvermoë om diepgaande emosies
te ervaar. Dit beteken egter nie dat hy nie bekend is met emosies nie, maar
hy gebruik dit op meesterlike wyse en op 'n slinkse manier. Sy gedrag en
optrede is egosentries en hy gee nie om vir ander mense se gevoelens of vir
sosiale verantwoordelikheid nie. Die psigopaat se persoonlike verhoudinge is
sonder diepte en dikwels van kortstondige duur, terwyl hy tog sal vertel van
sy goeie verhoudinge met mense.
Die psigopaat is bekend vir sy vermoë om te manipuleer. Hy doen dit
gewoonlik om op die gevoel van ander te speel om te kry wat hy wil hê. 'n
Voorbeeld van hiervan is 'n swendelaar wat 'n meisie trou vir haar geld,
haar gebruik en dan los om weer aan te beweeg.
Wanneer die psigopaat hom vasloop of uitgevang word, toon hy gevoel en
jammerte. Hierdie jammerte is egter vals en nie ware skuldgevoelens vir
onreg en seerkry wat hy iemand anders aangedoen het nie, maar eerder om die
gevolge van sy optrede te hanteer.
Die psigopaat staan dan ook bekend as iemand wat nie 'n gewete het nie.
Hy toon 'n gebrek aan berou en skuldgevoelens oor 'n misdaad of antisosiale
gedrag. 'n Kenmerk van die psigopaat is sy onvermoë om positief uit vorige
slegte ervarings te leer. Daarom word baie van die psigopaat se antisosiale
of misdadige gedrag herhaal.
Hierdie is maar enkele kenmerke van die psigopaat. Volgende week kyk ons
verder hierna. Moet asseblief nie nou rondloop en mense links en regs
psigopate noem nie. Die evaluering en diagnosering van 'n gekwalifiseerde
professionele kundige persoon soos 'n psigiater is nodig.
'n Sprankie wysheid vir die dag
"'n Psigopaat is 'n persoon met 'n persoonlikheidsversteuring wat gekenmerk
word deur 'n geneigdheid tot antisosiale en soms tot geweldadige handelinge
en 'n gebrek om skuldig te voel vir hierdie handelinge." -TheFreeDictionary
-
Jy kan inteken op my nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis
en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf
beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.
Dr ST Potgieter
Sielkundige
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
As jy dalk nog
baie resepte wil hê, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |