http://www.playeuromillions.com/af/home.html

Ek staan op vir Afrikaans!

 

Nommer 162

Besoek my Webwerf

15 Augustus 2011

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die Argiewe, meeste van die ou nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur daar af.

Ek stuur ook 'n Engelse brief uit, elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek, gaan kyk gerus en laai na hartelus af.

Die pasella hierdie keer is 'n resepte eBoek getitel Grootmaat resepte vir partytjies ens wat ek per epos ontvang het en met graagte deel.

Die resepte is alles oor terte, gaan kyk onder resepte hieronder

Ons is toe terug van ons week by St Lucia. Lekker kortbroekweer! Was  ook iMfolozi Park toe gewees, darem twee mooi cheetahs gesien. Die paaie in die park was egter 'n reuse teleurstalling. Die teerpaie was vrot van die slaggate en die grondpaaie was weggespoel. Natal Parke kan kom lesse neem by Kruger!

Klik hier om van my St Lucia fotos op Facebook te sien.

Ons ry die 13de Kaap toe vir 'n twee weke reis deur daardie mooi deel van ons land. Ons gaan onder andere aan by Karoo Nasionale Park, Paternoster en omgewing, Strand, De Hoop, Addo en Hole-in-the Wall. Gaan fotos neem dat dit klap! Sal natuurlik oplaai en met almal deel.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Jou posadres verander?

Doen dit sommer self, klik hier. As jy nie internet toegang het nie, stuur my epos met jou ou en nuwe adres.

Ekstra inkomste

Hier is iets wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Sluit gratis aan vir 'n proeftydperk.
Maar jy moet opgradeer om deel te neem aan die wins, dis egter 'n druppel in die emmer. Probeer gerus!

Die hele proses het nou verbeter en dis nou makliker om te begin inkomste kry, sluit gerus aan vir 'n gratis proeftydperk, kyk die kat uit die boom en gradeer dan op om te begin saamspeel! Klik hier en gaan kyk self!

Dit neem 'n rukkie, maar ek het verlede maand net minder as R1000 gekry. Elke bietjie help!

Yes, out of curiosity I visited Be Motivated Today during September 2009, but only joined during August 2010, what a waste of time!!!.
If I knew what was happening during the year I wasted, man, I would have joined immediately after I  read the details of the setup.
I now have a waiting list of seven on my downline (one already joined as Silver), the others are bound to join during November and they are jumping around purely from excitement to get started and its rubbing off on me as well.
Just one question: My intention is to place an invitation advertisement on the rear window of my car, do you think it could shake some people out of their dreams and make them joining us?

Klik hier vir meer besonderhede

Rugbygeesdriftiges - Super 15

Alles wat jy wil weet van die Super 15-reeks, wedstryd vir wedstryd. Loot Eksteen het al die feite saamgevat, sien hieronder. Regs klik net om af te laai. As jy die statistieke weekliks wil ontvang, stuur net vir Loot 'n epos en vra dat hy jou op sy posluys sit.

   
Super 15  
   
Super 15 - Wedstryde Super 15 - data 2
Super 15 - Logs Super 15 - kaarte
Super 15 - Data 1 Super 15 - Stats
   
Springbok Rugby - alles vanaf 1995  
   
Internationals - Logs Internationals - Statistics
Internationals - Data Internationals - Trofee
   
Curriebeker 2011  
   
Curriebeker - Wedstryde Curriebeker - Punte
Curriebeker - Log Curriebeker - Stats
Curriebeker - Data
   
Custom Search

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen, dis 'n stewige R1,050,000,000!!!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Onkoste om nuusbrief uit te stuur

Ek stuur 'n Engelse en Afrikaanse brief eenkeer per maand uit. Elkeen van hulle bevat ten minste een gratis resepte eBoek en leesstof wat ek dink interessant te wees. Die Afrikaanse een se hoofdoel is om te help om Afrikaans gratis aan lesers op die internet beskikbaar te stel. My poslys is by Bravenet in die VSA, die beste diens vir die billikste prys, $10 per maand (om en by R70). Ek betaal hulle maandeliks en net voor ek die betaalknoppie klik is daar 'n versoek vir 'n donasie van $1 vir 'n energiedrankie die span. Ek tel dan ook sonmmer die $1 by as ek betaal.

Toe kom die gedagte by my ook op, hoekom doen ek dit nie ook nie? As ek 'n donasie van R1 versoek sal dit vir seker meer as my onkoste dek. So hoe lyk dit, is R1 teveel gevra?

Absoluut geen verpligting, Peterjasie is gratis, net as jy so voel. Ek sien uit na die reaksie:

1. Dadelik 'n paar mense wat uitteken, dit is te verwagte.
2. Meeste mense sal dit ignoreer en net verder lees, geen probleem, geniet die brief!
3. 'n Paar mense wat weet hoeveel werk in so 'n brief gaan,sal die donasie maak, vir julle sê ek dankie.

Belangrike versoek! Asseblief, NET elektroniese oorplasings, GEEN kontant nie, die banke hef fooie op kontant, dit gaan veel meer as R1 kos! As jy dit nie elektronies kan doen nie, los dan liewer asseblief, maar dankie vir die gedagte!.

As jy oorsee is kan jy Paypal gebruik, my Paypal epos adres is peter@funkymunky.co.za ,dit sal dan seker US$1 wees.

Sal volgende keer terugvoer gee. As jy lus voel om kommentaar te lewer op my voorstel, stuur my gerus 'n epos.

Toe dink ek, om R1 oor te plaas is amper net tydmors, dink maar aan R6 vir 6 maande? Ek gaan hierdie versoek net elke 6 maande plaas. Anders raak dit vervelig :-)

My bankbesonderhede:

Rekeninghouer: -  P H Thomas
Soort rekening:  - Tjek
Bank:  - Eerste Nasionale Bank
Tak:  - Alberton
Rekening nommer: - 51109826540
Takkode: 25 09 42

Geniet die lekkerlees Afrikaans in hierdie brief!

Potjiekosresep

SKAAPNEK POTJIE
Hierdie is 'n resep vir gesellig kuier wanneer almal in 'n gemoedelike stemming is, soos wanner die BOKKE teen 'n mindere span soos WALLIS speel.

BESTANDDELE:

Skaapnektjops, volgens behoefte.
2 Groot Uie, in skywe gesny.
2 Pakke Knopie Sampioene.
Groenboontjies, in stukke gesny ('volstruiskos' volgens my ma).
Geelwortels, ditto.
4 Groot Artappels, gehalveer.
'n Halwe hand Roosmaryn.
'n Goeie knyp Oreganum.
Growwe Peper, varsgemaal.
Sout.
4 Lourierblare.
'n Halwe bottel Soja Sous.
2 Skeppe Botter.
6 Bottels Rooiwyn (minimum).

METODE:

Net voor die afskop steek jy die vuur aan. Dit moet goeie vuurmaakhout, verkieslik Hardekool wees, maar afhangend van waar jy jou bevind, sal kameeldoring, wingerdstompie of mieliestronke ook deug.

Maak 'n bottel rooiwyn oop, en geniet die rugby. Rustyd sit jy die pot op die vuur, en stook hom nog 'n bietjie. Maak die 2de bottel oop (die 3de as die Bokke goed voor is). Na die wedstryd skuif julle vuur toe, en maak die volgende bottel oop. Bespreek die wedstryd.

As die bottel klaar is, skree jy vir vroulief om die volgende een, asook die vleis, botter, 'n handvol uie en die roerlepel te bring. Sit bestanddele in die pot, en roer vinnig. Druk nou jou hand in yswater, want jy het vergeet om te sê sy moet die vatlappie saam bring. Drink nou die volgende bottel, terwyl die vleis kookbraai in sy eie sous. Roer so nou en dan sodat hy nie aanbrand nie.

As die bottel klaar is, gaan haal jy self die volgende een, en die res van die bestanddele. Vra vir vroulief of sy 'n ou potbroodjie of 'n rysie gaan maak. Ignoreer haar kyk. Pak nou die sampioene, wortels, boontjies en uie in lae op die vleis. Strooi die speserye oor. Pak die artappels bo-op. Gooi die sojasous en 'n halwe bottel wyn by. (Jy kan bokswyn ook gebruik, maar oppas vir een wat jou vrou 'n jaar lank in 'n kas laat staan het - 'n ou mors nie goeie asyn nie, vra my!). Gooi sout en peper, en plaas die lourierblare op. Kuier rustig voort, maar luister vir daai pot - hy moet met jou gesels. 'n Stil pot beteken hy is besig om te brand, of daar gaan bokkerôl aan. MOENIE ROER NIE!

As die laaste bottel klaar is, behoort die pot gaar te wees, en jy ook. Nou kan julle maar skep.

(As almal intussen aan die slaap geraak het, kan jy hom laat oorstaan tot die volgende oggend - dan sal hy éérs lekker wees!) 

Dankie aan http://resepte.tripod.com/potjiekos.htm vir die resep

Werk van die huis

Ek het 'n rukkie gelede 'n paar idees saamgeslaan oor hoe om dalk 'n ietsie ekstra van die huis te verdien.

As jy dalk nog idees vir my het, stuur my 'n epos asseblief, ek sit jou idees graag by my lys.:

Ek wonder nou al vir 'n geruime tyd wat mens van die huis af kan doen om 'n ekstra geldjie te verdien sonder om 'n klomp geld uit te gee of om advertenie na advertensie te beantwoord wat jou belowe dat jy duisende sal verdien deur koeverte te vul en dan werk dit nie. Nie almal van ons is bemarkers of het die kontakte om polisse of iets dergeliks te gaan verkoop nie.
Toe begin ek dink en vra bietjie rond en kom met 'n paar idees te voorskyn om die bal aan die rol te sit.
Wat jy ookal besluit om te doen, hier is 'n paar goue rëels:
- wees eerlik en hou jou woord, as jy sê jy gaan iemand terug bel by 'n spesifieke tyd, doen dit voor daardie tyd.
- volg altyd op, vind uit of die diens wat jy gelewer het op standaard was. Maak reg waar jy fouteer het op jou onkoste.
- gaan die ekstra myl. Wat jy ookal doen, sit daardie ekstra bietjie by, dit maak wat jy doen net soveel beter as 'n ander persoon wat dieselfde diens verrig.
Soek na 'n diens wat nie in jou omgewing verrig word nie, of as so 'n diens wel verrig word, vind maniere om dit beter, vinniger, goedkoper te verrig.
Jy gaan nie oornag ryk word nie maar talle suksesvolle besighede het klein begin!
Hier is die idees wat ek alreeds het, as jy iets kan byvoeg, doen dit gerus, dalk help ons net iemand om weer op die been te kom. Julle kan vir my ePos stuur met enige voorstelle.

Almal moet eet. Baie mense het nie die tyd om daagliks toebroodjies te maak nie en gaan koop ten duurste by hulle werk se kafeteria middagete. By ons werk het 'n dame daagliks etenstyd by ons werk opgedaag met die heerlikste vars toebroodjies. Haar pryse was billik en sy het elke dag verskillende toebroodjies gehad. Op nat koue dae het sy pannekoek gehad en somtyds ook sop.

Hier is wat jy doen. Vra by kenisse wat hulle by hulle werk vir middagete geniet. Bied aan om dit beter en goedkoper te voorsien. Neem 'n paar voorbeelde en oortuig hulle Jy kan jou pryse billik hou en tog 'n wins maak. As hulle daarvan hou is jy in en kan jy dan daagliks aan hulle toebroodjies voorsien. neem 'n meningspeoling en vra wat hulle sou verkies vir afwisseling. Probeer vetkoek met verskillende vulsels, gebruik jou verbeelding! Vir verjaarsdae kan jy koek voorsien en vir hulle partytjies versnaperings. Vir die wat dit so verkies kan jy pap en sous voorsien. Jy kan dan die firma as verwysing gebruik om uit te brei na 'n volgende firma en so aan.

Meeste mense besit deesdae rekenaars. Dit gee my 'n groot kramp as daar iets verkeerd gaan met my komper en ek moet alles uitprop, dit in die motor laai en na die plaaslike komperwinkel neem. As my komper breek wil ek dit in my huis en nog dieselfde dag reggemaak hê!
Hier is jou kans as jy in staat is om kompers te herstel. Werk van jou huis, adverteer plaaslik en bied aan om na jou kliënt se huis te gaan en die werk daar te doen of dit daar af te haal en terug te besorg! Ek sal vir seker so iemand ondersteun!

Jy is 'n gekwalifiseerde haarkapster en sit by die huis. Weet jy hoeveel oumense sit in ouetehuise of by hulle huise en kan nie by winkels uitkom om hulle hare te gaan sny of "perm" nie?
Al het jy geen kwalifikasie nie, gaan was hulle hare en doen algemene versorging. Hulle sal dit vreeslik waardeer! Neem die wat nie meer kan bestuur nie winkels toe, daar is vele sulke geleenthede.
Hier is jou kans, besoek die plaaslike ouetehuise en doen jou ding daar by hulle. Jy hoef natuurlik nie te stop by ouetehuise nie, die plaaslike kerke weet van lidmate wat oud is en nie meer kan rondry nie, nog meer kliënte!

Baie mense sit met hope langspeelplate wat hulle nie meer na kan luister nie omdat mens nie meer platespelers te koop kan kry nie. As jy 'n komper het is dit redelik maklik om plate om te sit op CD's. Adverteer plaaslik en dan in naburige dorpe, ek sien gereeld advertensies van mense wat wil weet hoe om hulle ou plate op CD te sit.

Hier is iets lekkers! Die rëel van partytjies! Baie ma's het vandag net nie die tyd om kinderpartytjies te rëel nie. Bied die diens in jou omgewing aan. Sorg dat jy alles doen, die ma en haar kind en die gaste moet net opdaag en hulleself geniet. En dan natuurlik betaal ook! Gebruik jou verbeelding, ek is seker jy sal 'n sukses daarvan maak. Adverteer plaaslik en as jy goed is sal "word of mouth" die res vir jou doen, sommer gou sal jy hulp moet kry en jou besigheid sal begin uitbrei. Dit hoef natuurlik nie by kinderpartyties op te hou nie, gebruik jou verbeelding!

Met misdaad wat deesdae hoogty vier is dit altyd 'n bekommernis as mense met vakansie weggaan. Diere moet kosgegee word, plante moet natgemaak word, pos moet uit die posbus gehaal word.
Bied hierdie diens in jou omgewing aan. Ek wens ek kan 'n betroubare persoon kry om ons honde kos te gee en van ons plante nat te maak as ons met vakansie of selfs net vir 'n naweek weggaan! Bou vir jou gereelde klandisie op en as jy betroubaar is sal hulle vir jou adverteer. Adverteer ook om na diere om te sien by jou plaaslike veearts.

Baie mense sit met ou fotos van geliefdes wat met die tyd gevou of gekrap geraak het. As jy 'n komper en die regte sagteware het kan jy die fotos so goed soos nuut herstel, bied sommer aan om dit vir hulle te raam ook!

As jy in 'n vakansiedorp woon is daar ook geleenthede. Baie mense het vakansiehuise en as hulle na 'n lang reis arriveer wil hulle nie nog gaan kruideniersware koop, die yskas en vrieskas aansit en die bier laat koud word nie. Hier is 'n geleentheid vir iemand om so 'n diens te verrig, gaan gesels met die mense as hulle weer daar vakansie hou, asook met ander families wat ook met vakansie is. Baie huise word verhuur en dieselfde diens sal nodig wees wanneer die vakansiegangers arriveer!

Oorweeg 'n stalletjie by jou plaaslike vlooimark. Hier in ons omgewing is hulle net naweke en vakansiedae oop so dit neem nie al jou tyd in beslag nie nie. Op jou "af" dae kan jy voorraad vervaardig! As jy handig is met iets soos houtwerk, klere maak of enigiets interessant kan maak is daar geleentheid. Ek het by die Waterfront in Kaapstad 'n ou gesien wat papier doilies lamineer en hulle dan vir 10 keer hulle oorspronklike prys verkoop! So lyk dit fantasties op 'n skinkbord en kan oor en oor gebruik word. Al wat dit verg is 'n bietjie verbeelding!

Een van ons kerk se omgeegroepe het op 'n Saterdagoggend op 'n lëe erf worsbroodjies verkoop en net vir die oggend R1600 wins gemaak. Ek is nie seker of mens moet toestemming daarvoor kry nie, maar ek plaas dit hier as 'n idee! Een van die plaaslike supermarke verkoop ook elke Saterdag oggend worsrolletjies op hulle stoep en dit het al 'n instelling geword om daar te gaan koop, wie wil tog kosmaak op 'n Saterdag?
Op pad Hartebeespoortdam toe by Lanseria veby is daar 'n stalletjie, Pete's Boerewors Rolls, en ek sien altyd motors wat daar stilhou. Ek sien hy brei nou uit want 'n paar kilometers verder het hy nou al 'n tweede stalletjie. Een ding is seker, in kos is daar geld!

Nog op die onderwerp van kos, ek sien in die industriëele gebied naby ons is daar 'n paar mense wat uit omgeboude ou karavane middagete aan die fabriekswerkers voorsien. Hulle moet 'n klein fortuintjie maak!
As jy sweisapparaat het en handig is daarmee is daar ook geleenthede. Ek soek die ander dag vir iets waarop ek die tuinslang kan oprol. Die supermarkte vra 'n klein fortuin daarvoor en ek koop toe 'n heel werkbare een langs die pad vir R60. Dis nou tuinmaak seisoen en so iets sal in aanvraag wees. Ons het van hierdie waterspuite wat jy aan die tuinslang skroef, dit lê dan op die gras en spuit. Ons wou dit van 'n hoogte af laat spuit en my swaer maak toe 'n eenvoudige staander wat jy in die gras indruk en die spuit gly bo op in 'n gleuf in. Siedaar, probleem opgelos. Hierdie en soortgelyke item is ideaal om op 'n vlooimark te verkoop.
Daar is 'n dame in ons kerk wat vreeslik lekker koeke, beskuit en beskuitjies bak. Sy adverteer nie en almal weet hoe om met haar in verbinding te tree as hulle iets spesiaals wil hê. Jy bel haar net en plaas 'n bestelling en in 'n dag of twee gaan haal jy dit af. Begin om koeke vir julle kermis se koektafel te bak, maak seker jou naam en foonnommer is beskikbaar en as hulle daarvan hou sal die mense jou begin kontak. As jy goed is kan jy ook vir die plaaslike tuisnywerheid bak, maar jou wins is dan minder.

Ek kry 'n advertensie in my posbus van mense wat op weeksdae 'n maaltyd by jou huis kom aflewer. Die koste is R19.99 per bord en die verskeidenheid is groot, van bobotie tot skaapnek potjie. Elke maaltyd het ook groente by. Ideaal vir werkende mense wat nie tyd het vir koskook nie.Jy kry 'n maand se spyskaart vooruit si jy weet wat jy gaan kry. Ek dink so iets kan in groot dorpe of stedelike gebiede werk.

In my  jong dae was ek op die bank se aflospersoneel. In verskeie dorpies het ek by mense aan huis loseer en verblyf betaal. Ek het ook natuurlik kos gekry. Deesdae verhuur mense tuinwoonstelle maar daar is persone wat net 'n kamer en kos soek, adverteer gerus in jou plaaslike koerant.

Met meeste van die idees hierbo kan jy met amper geen kapitale uitleg begin en tog stadig opbou na 'n bestendige en winsgewende tuisbesigheid. As julle nog idees het, laat my weet en ek plaas dit hier.
Die volgende is van Danie se Eg Afrikaans nuusbrief:
Enige Suid-Afrikaner wat werk soek, kan Solidariteit kontak by telefoonnommer 012 643 8500, vra vir Netmark en gesels met hulle, of alternatiewelik kan persone sommer direk hulle CV’s deurfaks na 012 663 1929. Waar dit hoegenaamd moontlik is, gaan hulle jou help om 'n werk te kry.
Hier is nog idees uit Dr. S T Potgieter se nuusbrief:
Veelvoudige strome van inkomste

Ons het die afgelope paar weke heelwat gesels oor finansiële aspekte soos spaar, skulddelging, die maak van korrekte besluite, jou begroting, beplanning en so meer. In hierdie artikel wil ek my aandag toespits op 'n ekstra inkomste. Soveel mense met wie ek die afgelopte tyd gesels en van wie ek terugvoer gekry het, vertel dat hul inkomste net eenvoudig nie meer hul uitgawes kan dra nie. Ja, dit is dan belangrik om te kyk na aspekte soos om spaarsamig te lewe en 'n persoonlike begroting op te stel. Maar dit is ook vir baie mense net so belangrik om te kyk na 'n ekstra inkomste.

Daar is 'n spreekwoord wat sê dat 'n mens nie al jou eiers in een mandjie moet sit nie. Wanneer die een mandjie iets oorkom is al jou eiers daarmee heen. Met jou eiers egter in 'n paar mandjies en een mandjie kom iets oor, is daar nog altyd ander mandjies met eiers in. Dit is dieselfde met veelvoudige strome van inkomste. Raak een stroom verstop of droog op, dan is daar nog altyd ander strome wat vir jou inkomste bring.

Byvoorbeeld 'n man het 'n wonderlike werk, maar word in die huidige ekonomiese klimaat oortollig verklaar. Indien so 'n man nie 'n ander werk kry nie is hy in die finansiële moeilikheid indien hy nie oor 'n ander stroom van inkomste beskik nie.

Mense wat op 'n vryskut- of kontrakbasis werk kan in groot finansiële verknorsings beland indien hulle net op een groot kontrak staatmaak. Word daardie kontrak beëindig, droog die stroom van inkomste op.

Jou gesondheid pak op, jy kry een of ander ernstige siekte sodat jy werklik nie meer kan werk nie. Het jy voorsiening gemaak vir 'n passiewe inkomste?

Wanneer lewenskostes hoër raak en mense kan nie meer hul verpligtinge nakom nie, gryp baie mense na hul kredietkaarte of ander tipe lenings as 'n oplossing. Gewoonlik is dit 'n duur (baie duur!) manier, want uiteindelik moet jy die skuld plus rente betaal. Hoekom wag jy nie eerder met dit wat jy wil koop nie, skep intussen vir jou 'n ekstra bron van inkomste en betaal dan kontant vir dit wat jy wil hê!? Jy gaan soveel meer in beheer van jou geldsake wees en nie soos der duisende mense net werk om die grootste gedeelte van hul inkomste te bestee om skuld te delg nie.

Daar is letterlik duisende maniere om ekstra bronne van inkomste te genereer. Dit is egter nie altyd so maklik nie, en jy moet goed die verskillende opsies deurkyk, ondersoek en kundige advies inwin. Lesers kan gerus vir my idees aanstuur vir ekstra inkomste of vir veelvoudige strome van inkomste.

Ek noem slegs 'n paar moontlikhede, want dit gaan nie hier oor die detail en die presiese soort meerstromige inkomste nie, maar eerder oor jou wat met ander oë en 'n nuwe gesindheid na moontlikhede en opsies rondom jou moet kyk:

1. Huurinkomste
Omskep die buitekamer en pakstoor of garage in 'n woonstel. Kry 'n loseerder in en skep so 'n ekstra passiewe inkomste.

2. Beleggings en aandele
Gebruik jou spaargeld of ekstra geld (soos van jou huurinkomste) om 'n belegging te doen wat vir jou ekstra geld voorsien in die vorm van dividende of rente.

3. Skep 'n produk
Jy het sekere talente wat jy kan inspan om 'n sekere produk te skep. Jy kan dalk terte en koeksisters bak, of sjokolade vervaardig, 'n boek skryf, of 'n musiek CD maak. Dalk is jy 'n ekspert in die plant van groente en nou maak jy 'n DVD oor die ABC van groentetuine. Ontleed jou vaardigheide, kennis, belangstelling en talente en omskep dit in 'n produk of diens wat jy kan verkoop. Dit is iets wat jy deeltyds kan doen. Groot besighede het al so by huise en in motorhuise ontstaan - wie weet, dalk is jy volgende!

4. Multivlak bemarking
Dis 'n uitstekende manier om binne 'n sisteem (en op 'n deeltydse basis) sommer 'n goeie besigheid op te bou. Die voordeel is dat jy baie ondersteuning, aanmoediging en ekspert leiding kry wat om te doen. In hierdie tipe besigheid hoef jy nie die wiel te herontdek nie - alles is reeds in plek. En baie mense maak werklik baie geld hiermee en skep vir hulself 'n groot passiewe inkomste vir die res van hulle lewe. [Iindien jy hierin belangstel en in die Kaap-omgewing bly, kontak my en ons kan 'n afspraak maak en ek sal jou meer inligting gee oor hoe ek dit doen. Dan kan ons dalk lekker in 'n span saamwerk - hoe is dit nou vir 'n great idee!]

5. Gee klas
Veral in groter plekke is daar vele kolleges, opleidingsinstansies en selfs skole wat dosente in een op ander vak soek. Jy kan dalk op 'n na-uurse en deeltydse basis klas gee in 'n vakgebied waarin jy goed is. So het ek 'n paar jaar gelede op Saterdae klas by 'n kollege gegee en daarmee 'n paar broodnodige ekstra rande verdien.

6. Gebruik die internet
Hieroor wil ek nie veel sê nie, want ek dink die internet self gee letterlik honderde maniere en beloftes van rykword deur middel van die internet. So jy kan op die internet na moontlikhede gaan kyk. Pas egter op om nie al die wonderlike beloftes sondermeer te glo en jou geld te verloor nie, want baie van die internet beloftes en inligting kan jy eers kry nadat jy 'n betaling gedoen het. Vele mense wat met duisende sterre in hul oë oor die miljoene wat hul gaan maak, het 'n paar maande later (en met 'n baie rande minder) nie meer so opgewonde geklink oor al die beloftes nie. Ek glo daar daar is uitstekende moontlikhede, maar wees asseblief versigtig om nie vir al wat 'n "scheme" is, te val nie.

7. Konsulteer
Konsulteer van jou huis af. Rig 'n kantoor (of jou sitkamer) in en sien mense daar vir wie jy as konsultant optree oor enigiets waarin jy vaardig is. Jy kan mense leer hoe om tuisgemaakte kaartjies te maak, hoe om troukoeke te maak, hoe om finansiële beplanning te doen, hoe om geld uit eiendom te maak, opleiding met rekenaarprogramme ens ens.

8. Eiendom: verhurings
Jy kan vanuit jou huis 'n eiendom verhurings besigheid begin. Begin deur huurhuise en -woonstelle in jou omgewing te lys en dit in die plaaslike koerant te adverteer. Kry huurders in die huise, stel die kontrak op en vorder die huurgeld in. Met slegs 'n paar huise in jou portefeulje kan jy reeds 'n handige inkomste verdien. Onthou om kers op te steek by mense wat dit reeds doen en sorg asseblief dat jy aan al die regsaspekte voldoen.

9. Ander produkte: verhurings
Doen 'n bietjie navorsing - wat benodig mense wat hulle graag sal wil huur. Dalk 'n paar langerig opvoutafels vir wanneer hulle 'n funksie aanbied. Wat van messegoed, tafeldoeke, servette, kandelare vir mense, verenigings, sportklubs wat 'n konferensie wil aanbied. Doen ondersoek wat in jou omgewing sal werk, gesels met mense en kyk na moontlikhede.

10. Huisbesigheid
Miskien oorvleuel dit met wat ek reeds gesê het, maar vanuit jou huis kan jy 'n goeie besigheid bedryf. Jy kan 'n klankstudio inrig by jou huis waar jy opnames doen vir CD's en DVD's - 'n paar jaar terug was dit tegnologies baie moeiliker om te doen. Jy kan jou garage inrig waar jy meubels (en antieke meusbels) herstel en verkoop. Jy kan dalk boktiek aandrokke of trourokke maak. Maak net seker wat jou munisipaliteit se regulasies hieroor sê. Menige groot besigheid het as 'n tuisnywerheid begin.

Jy weet nie met duidelike sekerheid wat jou toekoms inhou nie. Ons het nie 'n kristalbal om vooruit te sien nie. Daarom kom afdankings, skommelings in maatskappye, likwidasies, beëindigde kontrakte, negatiewe marktendense, ekonomiese insinkings, siekte en rampspoed, ongelukke soms as 'n groot skok. En jy as individu word so geaffekteer deur al hierdie veranderinge - waaroor jy meesal geen beheer het nie - dat jy emosioneel en finansieël uitgemergel voel. Jou geldkraantjie droog op en jy raak paniekgevange en weet nie waarheen nie, want jy het nie voorsiening gemaak vir 'n moontlike gebeurtenis wat alles holderstebolder omkeer nie.

Maar wanneer jy veelvoudige strome van inkomste het, kan een stroom opdroog en kry jy steeds inkomste uit jou ander bronne. Een mandjie met eiers kan verwoes word, maar in die ander mandjies is steeds eiers tot jou beskikking.

Die huidige tyd en ekonomiese klimaat vra 'n objektiewe en nugtere kyk na jou omstandighede. Die toekoms vra beplanning. Meervoudige strome van inkomste skep meer gemoedsrus vir die onsekere tye en teëspoed wat mag voorkom. Dit hoef ook nie net een ekstra stroom van inkomste te wees nie, maar jy kan vier of vyf strome van inkomste hê. Jy het 'n keuse om te maak.

Wat kan jy doen met 'n drie duisend rand ekstra per maand. Of dalk tien duisend of meer. Besluit, dink, ondersoek, win advies in, beplan en gaan tot aksie oor.
 

Mieliemeel Memoirs

Deur Skoor -  http://skoorkos.wordpress.com/

Vakansies op oupa se plaas was, en is steeds vir my sinoniem met wat in die kombuis gebeur het. Selfs al is dit nie meer ons familieplaas nie, is my eerste gedagte altyd gesnoer rondom wat binne die fondasie van die karige plaashuis gebeur het.

Een so ‘n herinnering is die van mieliepap. Wat tydsaam staan en prut het op die stoof. Die elektriese stoof meeste van die tyd, omdat die Dover nognie so vroeg in die oggend vuur in sy pens gehad het nie.

By ma het ons nie mieliepap gekry nie, want die gejaag om betyds die bus te haal, het nie voorsiening gemaak vir pruttyd nie. En die enkele kere wat ma sommer die mieliepap in die mikro gemaak het, wou ek nie lelik wees nie, maar dit was maar net nie ouma se pap nie.

Spierwitte mieliepap in ou dae se borde. Met ‘n klontjie botter en baie suiker. Nie melk nie, dankie ouma. En as daar kaas was, ‘n klein hopie, elkeen se afgemete deel, as ‘n ekstra’tjie. Dan het ek die kaas ingeroer en gekyk hoe dit draadjies trek na my lepel toe. En ek het geeet asof dit uit die mode sou raak.

Wintertyd het oupa met sy Lambsfoot knipmes, papierdun stukkies biltong, skuins voor ete sit en kerf. En elke kleinkind se afgemete deel is op ‘n kleinbordjie gesit. Om daarmee te maak wat jy wil. Net so in die kies gestop. Op die geel plaasbotter op ‘n mildelike sny plaasbrood gerangskik. Of ingemeng in die mieliepap.

Ai, vakansietyd was mieliepap tyd. Met kaas. Of biltong. Of ‘n klontjie botter en suiker.

Ek onthou een jaar was daar ‘n mis-oes, en het die wit mielies nie die verbruiker bereik nie. I.p.v. die sysagte, spierwit pap in die bord, het ouma verskonend gekyk na die growwe, geel kooksel.
En het ons neus opgetrek! Soveel so, dat ouma maar hawermout gekook het vir die res van die vakansie.

Ai ouma, vandag sit ek nie my mond aan fyn, wit mieliepap nie.

Ek loop draaie en ompaaie om ‘n growwe geel polenta meel in die hande te kry.

Maar ouma, ek eet dit steeds met kaas. En oupa, soms is daar biltong ook by. En dan verlang ek julle so, dat my hart pyn, en my trane net wil loop.

Sjoe, nou is ek darem so lus vir 'n yslike bak miepiepap met botter, suiker en melk! - Peter

Laat my dink, wat se disse kan mens alles met mieliepap maak? Stuur vir my asb. jou gunsteling mieliepapdis resep, sal hulle almal bymekaar maak en hier plaas.

Treknature

Ek stuur elke nou en dan fotos in na die Treknature webwerf, gaan kyk gerus na die fotos wat ek op ons reise geneem het en al opgelaai het:  http://www.treknature.com/members/FunkyMunky/photos/

Die Afrikaanse rolprent - gister en vandag

Baie dankie aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie reeks te gebruik.

Die volledige reeks programme kan  hier gelees word

Pasella

Regs klik hier om die resepte eBoek Grootmaat Resepte vir Partytjies ens af te laai 

Lekker lugkastele bou - Oorsese Lottos

 Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy?

Uit 'n dagboek - Emily skryf weer

Emily hou vakansie, dalk is sy weer volgende keer hier

Uit: http://skoor.wordpress.com/

Boeremusiek

Alles wat jy wil weet oor Boeremusiek.

Hierdie is die webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Klik hier om sy webblad te besoek.

Uit die Willetuin

Ek het die foto tydens ons laaste besoek aan Kruger Nasionale Park geneem. Klik die foto om 'n groter weergawe te sien. Nie altyd dat mens op leeus afkom wat paar nie, dis maar die tweede keer dat ons dit sien in om en by 30 jaar se besoeke aand ons Parke

 

 
Boeremusiek Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde"

 
Chris du Toit
Op 'n stadium het Chris, Nic Potgieter en Flippie van Vuuren vir die Trutone plate-maatskappy gewerk. Dit is ook in hierdie tyd wat Frans en Sannie Briel opgeneem is. Chris het ook al Virginia Lee se musiek geredigeer maar ons sal hom die beste onthou vir sy immergroen Westewindjie.
 


 

Facebook en Twitter

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za of kry my by www.facebook.com/Peterjasie

Ek Tweet ook nou en dan op Twitter by @Peterjasie

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige en Heel Skool Evalueerder in Stellenbosch.  Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer.  Sy gee praatjies, skryf artikels, lag en reis die hele land vol.  Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders.   Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com.

Kies jou reaksie self

Ek was besig om te vertel van my kliënt wat dramatiese verandering in haar lewe teweeggebring het vanaf ‘n rokende, oorgewig, oor-emosionele alleenloper met te veel skuld - na ‘n fikse, rookvrye, skuld-vrye meisie in ‘n stabiele verhouding – alles in minder as 12 maande. Sy het haar langtermyn doelstellings opgedeel in doenbare korttermyn doelwitte. Sy het elke keer teruggekeer na haar doelwitte deur nie onmiddellik te reageer (react) op haar gedagtes en omgewing nie, maar met nadenke op te tree, te “respond”. Haar tweede strategie was om haar selfgesprekke te kontroleer en te sorg dat dit positief bly.
Die belangrikheid van ons selfgesprekke word allerweë erken as rigtinggewend. Ons het almal “’n klein stemmetjie” in ons gedagtes wat deurlopend kommentaar lewer – soms baie krities – op wat ons ervaar en doen. Ongelukkig is die meeste mense onbewus wat hulle vir hulself sê, en al is hulle, bevraagteken hulle nie hierdie gedagtes wanneer dit onrealisties, snydend en krities is nie. Dit is veral waar van mense met baie hoë selfverwagtings of wat grootgeword het met konstante kritiek.
Daar is ‘n direkte verband hoe ons met onsself praat en ons emosionele reaksies en ons gedrag. Wanneer onsself te krities, te snydend of negatief beoordeel - is die reaksie voorspelbaar. Ons is dan geneig tot frustrasie, teleurstelling, hopeloosheid en neerslagtigheid. Ons onakkurate of onvanpaste selfgesprekke lei ook daartoe dat ons onderpresteer op ons take en verantwoordelikhede. Kontrasterend hiemee, sal mense wat in realistiese en positiewe terme oor hulle doen en late dink hulself aanhoudend motiveer om beter te doen en aan te hou werk totdat hulle drome te bereik word.
Die stappe om jou selfgesprekke motiverend te hou is as volg:
1-Identifiseer jou selfgesprekke. Word bewus van wat jy vir jouself sê. Kontroleer veral jou selfgesprek wanneer jy negatiewe emosies soos neerslagtigheid, frustrasie of geirriteerd ervaar.
2 – Evalueer die inhoud van jou gedagtes. Is dit waar en realisties? Watter bewyse is daar dat die gedagtes waar is? Of dat dit onwaar is? Al is die gedagte waar, is dit ‘n ondersteunende gedagtes en is dit die moeite werd om energie daaraan te spandeer?
3 – Verander die negtiewe gedagte na iets meer realisties en positief. Dit sluit in om patrone van irrasionele of verwronge gedagtes wat gereeld in jou gedagtes maal raak te sien / te luister. As jy die gedagte of patroon geidentifiseer het, oefen om die gedagtes met nuwe bewyse te opponeer, en as dit toepaslik is, dit te herfraseer sodat jy dit met ‘n nuwe, meer positiewe perspektief kan bekyk.
My kliënt het byvoorbeeld gedagtes gehad van “wat maak dit nou eintlik saak”; “gee maar op-jy kon dit vantevore ook nie doen nie” en “dit is te moeilik”. Sy het hierdie negatiewe gedagtes aanhoudend geopponeer deur onmiddellik (soms hardop) te sê en dit te skryf waar sy dit kon sien: “dit maak saak vir MY”; “ek gaan dit nog net vandag doen” en “ek sal nog vir ‘n week aanhou en dan ophou”. Elke maand het sy haar vordering gemonitor. Omdat haar vordering duidelik was het dit haar verder gemotiveer om aan te hou werk nader na haar langtermyn doelstellings. Die gevolg was dat sy minder spandeer het, minder geëet het, minder gerook het en begin oefen het. Sy het haar doelwitte behaal omdat sy aanhoudend gefokus het op haar korttermyn doelwitte, te dink voordat sy reageer en haar gedagtes te kontroleer – en slegs positiewe, ondersteunende gedagtes toe te laat.
En as sy dit kon regkry- kan baie van julle, liewe lesers.
Ek sou graag wou hoor hoe julle ook julself kon bestuur nader na julle doelwitte en drome?
Mooiste wense van my hart aan joune.

Klik hier om Mirna se ander artikels te lees

Brief van Steve

Hierdie swerf op die internet rond. lekker raak reesstof, ek voel dis die moeite werd om dit hier te plaas:

Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was.. Laat ons dus maar vandag oor 'n paar sake reguit praat:

'n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie - jy steel omdat jy skelm is.
Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.

Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer - uitgehonger, hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie.
Hulle het hard geleer, hulle eie CVO -skole gestig en uiteindelik bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.

'n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie - 'n mens moor omdat jy 'n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte gehad nie en moes hulle hulle gesinne met minder as 'n hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie.

'n Mens word nie 'n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. 'n Mens word 'n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie - ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.

En elke ding wat ons het, het ons verwerf.

As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk 'n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in.

En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself 'n toekoms los te spook.

Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie .....

Steve

Wees op jou hoede

Hierdie swerf ook rond op die internet, lees dit en onthou, dit kan dalk jou lewe red:

Hierdie is ernstig. Ons het gisteraand so net voor 10 by die huis gekom en opgemerk dat daar n coke bottle (250ml) voor op ons gras le en wys af in die straat. Ek het net daar omgedraai en die bottel gevolg. Elke 3de huis links en regs het n bottel gehad, as jy om die hoek gaan dan wys die bottel ook vir jou in watter rigting om te gaan, soos ek gery het het ons al die bottels opgetel, simba pakkies, wit lappies, rooi sakkies, wit sakkies, mieliestronke, blikkies koeldrank, klippe wat in die drive way van die mense se huise gesit word, bakstene, ek het n asblik van my kar gemaak, maar geweet ek beskerm ons buurt, ons het die bottels gevolg tot waar dit na die pesifieke huis toe aandui. Ons het die mense wakker gemaak en gevra of alles reg is en hulle gevra om asb. Lig te slaap. Dit was ou mense. Ons het twee huise gisteraand gekry wat gemerk was. Ons het seker 6 blokke skoon gemaak wat van alle rigtings in na ons buurt na die huis toe merk. Elke blok vat jou direk na die huis toe maak nie saak van watter kant jy af ingekom het nie, ons was na die huis toe gelei. Vir die afgelope twee weke het die honde elke oggend tussen 1H30 - 2H30 verskriklik geblaf, as jy mooi le en luister kan jy hoor hoe blaf die honde straat af soos hulle loop. Na ons al die gemors opgetel het, het ons 2H00 by die huis gestop, en nie een hond het geblaf vir die res van die oggend nie, hoekom nie, want daar was geen aanduiding vir hulle waar en om in watter huis te gaan roof nie.

Let asb. Op as julle honde blaf of julle hoor n geblaf in die straat van ander honde, moenie dit as lastig vat nie. Kyk asb. Na julle erf voor in die straat voor julle gaan slaap vir eninge van die genoemde op julle voor gras, bure, oorkant die straat. Wees bewus van julle area as julle huis toe ry, kyk op die kante van die mense se gras en in die straat, as julle meer as twee bottels in n straat sien volg maar, iemand is n teiken, klop die mense wakker en hoor of alles ok is , en verduidelik vir hulle wat aangaan.

Vind uit waar en wie in julle omgewing doen buurtwag, sluit aan, dit hang seker van area tot area hoeveel n radio kos, ek was gese R150.00 per maand. Dis die moeite werd.

"Bottom line:- as jy nie na jouself kyk nie, wie gaan?" jy moet gee om te kan ontvang. Wie weet, more ry daar ander mense verby ons huis en tel al die gemors op en ons kan dalk n teiken gewees het. Jou lewe beteken vir hulle NIKS, sekerlik beteken dit iets vir jou geliefdes.Moenie die ou wees wat gaan se: - as ek maar net aandag aan al die waarskuwings gegee het, was......

Die is n saamestelling van n praatjie op 25 Februarie 2010 en die polisie en die volgende is bespreek. Miskien kan die inligting vir jou waardevol wees :

KYK UIT VIR DIE VOLGENDE:

- As daar 'n z op stopteken of op pad geverf is, is daar 'n paar huise in die straat wat geroof word.
- As daar 'n klomp klein klippies opmekaar gestapel word - daar is honde.
- As daar twee groot klippe langs mekaar is - 2 ou mense
- Daar word ook klippe langsmekaar in 'n ry gesit om aan te dui hoeveel mense in die huis bly.
- "Swastika" teken op pad geverf of op stoptekens - ook 'n paar huise in straat.
- Die rigting waarin die "swatsika" wys is die huis wat geroof word.

KLEURE:

ROOI - coke blikke, rooi lap ens - dui daarop dat weerstand verwag - gewoonlik persone met vuurwapens. Mense wat in die nag skiet, weet jy het 'n wapen.

Gewoonlik 2 coke blikkies :

- coke blik oopkant na huis - gemerk -iemand tuis
- coke blik regop staan - niemand in huis

WIT - maklike teiken, sorghum boksie, wit plastieksak

- sorghum boksie na huis toe wys - gemerk
- wit plastieksak in heining of draad - gemerk maklike teiken

GROEN - rigting aanduiders

- Die rigting waarheer die groen bottel ens wys, wys die rigting aan waarheen hulle moet beweeg.

BLOU - iemand in die huis is bereid om saam te werk bv 'n Clicks sakkie

- blou en wit - maklike teiken en iemand wat saam werk

As hond skielik dood is of braak en daar is swart kolletjies in die braaksel, of wit poeier naby hond is of in braaksel

- kontak die polisie dadelik en hulle sal die braaksel en hond verwyder
- moet nie daaraan vat nie dit is baie gevaarlik.

As honde blaf in die nag luister na die tipe blaf

SIMBA CHIPS PAKKIES - gewoonlik 'n pakkie wat netjies gevou is, of 'n duidelik gesiggie gesien kan word.

- Chips pakkies as gesiggie na jou huis wys - baas by die huis
- Chips pakkies as gesiggie weg van jou huis af wees - baas nie by die huis.

SKOENE OF SKOENSOLE BY DIE HEK

- gewoonlik aanduiding dat daar niemand bly. As ingebreek word die roete aangedui deur skoene of skoensole - roete om te hardloop.

PASOP VIR DIE VOLGENDE "SAGTE" VOORVALLE WAT DIE DIEWE GEBRUIK:

1 Bel jou huis of selfoon om te hoor of jy by die huis is.
2 Skakel krag af by boks - as jy uitgaan om te gaan kyk is die huis oop en die jy en die mense binne ook 'n sagte teiken.
3 Vreemde voorwerpe - as jy by die huis kom en daar staan skielik 'n asblik, kartonboks, baksteen of buurman se boomtak - ry verby, want as - jy uitklim op dit te verwyder is jy sagte teiken. Skakel die polisie
4 'n Baksteen is gewoonlik om 'n kar te steel.
5 2 of 3 bakstene wys op huis rowe - gewoonlike nuwe bakstene.

WAT MAAK JY :

Vat die tekens onmiddelik weg en gooi sulke goed in die asblik.

Daar was al gevalle waar 3 keer die tekens weggevat is - dan is die outjie in die moeilikheid wat dit moes plant.

Probeer ook om die geverfde tekens te verwyder deur oor dit te verf.

Barend Smit - het hom die tekens gewys en almal in die omgewing is geroep om daarna te kyk. Toe hy later in die karpad afry toe is daar 'n tak in die pad- die merker het in die boom gesit toe almal daar was. Niemand het opgekyk nie!

Mense in komplekse en woonstelle is nie so veilig nie - 'n persoon maak of hy vir iemand in die komples te kom kuier en teken die boek in en daar is iemand in die kattebak, laai die persoon af en na die tyd word die persoon weer opgelaai en ry uit.

Hou sypaadjies netjies en gras kort sodat niks daarin gegooi kan word wat jou as 'n teiken kan identifiseer nie.

Gedig

Toe ek die lees lag ek dat die trane loop! Afrikaans kan tog so beskrywend wees.

Om te poep

A G Visser

O, gonna ek hoop dis die einde van die kerk
Ek kan nie meer sit nie my maag wil werk
Die dominee praat lank en die son sit laag
Die vreeslikste pyne kruip rond in my maag

Eers word ek warm, en dan weer koud
Nog nooit in my lewe was ek al so benoud
Dominee, Dominee praat tog klaar
My rug trek krom die gort is gaar

Dit knal en dit kraak en my derms kreun
Toe los ek 'n poep wat die gallery laat dreun
Die mense kyk om en ek bloos my bloedrooi
Die skaamste van almal was Sannie, my nooi.

Die dominee bly stil sy oë omgedop
Die vrou agter my se hoed sit skeef op haar kop
Kort agter die hakke van die stereo klank
Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike stank

Party begin te hoes, en ander te proes
Ander weer waai met sakdoeke woes
My oë traan, my kop die sak
Toe kom die vrees dat ek in my broek sal kak

Sowaar as wragtig net die volgende keer
Is dit toe presies wat moes gebeur
Ek dag dis 'n poep want die drukking is kwaai
Te laat besef ek dis 'n ander lawaai

Geskok na die gerommel soos 'n donderstorm
Kom ek agter die poep het 'n knopperige vorm
Die dominee bly stil en gluur my aan
'n ouderling begin woedend sy weg na my baan

My broek is nat en die pype staan wyd
so het ek my laas as kind beskyt
My maag is so seer, my bene die knak
Ek het so wragtig in my broek gekak

Die ding wat my sedertdien nog altyd verstom
Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom

Een ding het ek van kerkgang geleer
As jou maag wil werk , sit naby die deur
En as jou derms begin draai en jou poephol blom
Sorg dat jy vinnig by die kakhuis kom.

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf . Sport fotos onlangs bygelas

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Zalome - Afrikaans op die net

Zalome is nog iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.

Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang, doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).

AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com

AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com

Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier 

Glimlag

BANKROTSKAP - waar dit alles begin het.*
"Dit het alles in 1961 begin toe die geldstelsel van ponde na rande verander het, en my oortrokke rekeninge verdubbel het. Ek was net besig om daaraan gewoond te raak, toe bring hulle kilogramme in die plek van ponde en onse, en my oes verminder met die helfte. Toe verander hulle die reënval van duime na millimeter, en ons het sedert daardie tyd nog nie weer 'n duim reën gehad nie. Wat doen hulle toe? Bring 'n ding genaamd Celsius en die temperatuur daal met twintig grade. Geen wonder my mielies wil nie groei nie.

Asof dit nie genoeg was nie, verander hulle grond, van morge na hektaar, en my plaas se grootte verminder met die helfte van wat ek oorspronklik geërf het. Dit is toe dat ek besluit om die plaas te verkoop. En glo my. Ek het pas my plaas in die mark gesit, toe verander hulle myle na kilometer. Nou is my plaas so vêr uit die dorp, dat niemand daarin belang stel nie!"

Man kom lékker dronk by die huis. Vrou lê oopmond in die bed en slaap...
Man gooi twee Panados in haar mond af. Sy verstuk haar amper dood!
Vrou: “Wat het jy in my mond gegooi?!”
Man: “Twee Panados...”
Vrou: “Is jy mál, ek het nie hoofpyn nie?!”
Man: “Dis wat ek wil hoor Mamma, dis wat ek wil hoor…!”

Wat my ma my geleer het...

Ma het my geleer hoe om te bid:
"Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom"

Sy het my geleer van "time travel":
Ek sal jou tot in volgende week in klap!

Sy het my geleer pa's is slimmer en ryker as ma's:
Gaan vra jou pa!

Sy het my geleer oor plantkunde:
Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?

Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees:
Mannetjie !!!

Sy het my van die weer geleer:
Dit lyk of 'n dekselse orkaan jou kamer getref het!

Sy het my geleer van fauna en flora:
Moenie vir my vertel perredinges is vye nie!

Sy het my geleer om myself te ontdek:
Hou op om jou soos jou pa te gedra!

Sy het my die wetenskap van osmose geleer:
Hou jou mond en eet jou kos!

Sy het my geleer van uithouvermoë:
Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeëet het!

Sy het my geleer van sintuie:
Kinners word gesien en nie gehoor nie!

Sy het my geleer van humor:
Hou aewan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook!

Sy het my van jaloesie geleer:
Daar is duisende arm kinnertjies wat ouers soos joune begeer!

Sy het geleer dat daar 'n plek en 'n tyd vir alles is:
As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek't nou net hier skoongemaak!

Sy het my wiskunde geleer:
Sit jy alweer en tanne tel!

Sy het my logika geleer:
Want ek sê so, dis hoekom!

Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur:
Ek sal jou klap dat jy jou antie vir 'n eendvoël aansien as jy my weer terugantwoord!

Die juffrou sê vir Jannie om 'n sin te maak met 'oomblik'
Jannie haak af: 'DIE KLEIN BLIK Sê VIR DIE GROOT BLIK: 'HALLO OOMBLIK''

Die vliegtuig was op pad na die OR Tambo
Lughawe toe dit in 'n geweldige storm invlieg. Dinge word al rowwer, en een van die vlerke word deur weerlig getref. Een van die vroue op die vlug haak heeltemal uit. Sy gaan staan voor in die gang en skree:
"Ek is te jonk om te sterf! Maar ek het een laaste wens as dit dan moet: Is hier enigeen op die vlug wat my vir oulaas soos 'n VROU kan laat voel?"
Stilte. Almal kyk na haar. Toe staan 'n Vrystaatse Boer agter in die vliegtuig op en stap vorentoe. Hy is
aantreklik, lank en sterk gebou. Hy stap tot by die vrou, en knoop sy hemp stadig los. Niemand praat of roer nie. Almal staar na hom en sy gespierde bolyf.
Sy snak na haar asem.
Hy fluister......."Stryk my hemp, en bring vir my 'n koue bier."

So kort voor die runderpes in Namakawaland is daar ‘n oom en antie.
Hulle het kinders by dosyne. By die geboorte van die laaste een waarsku die dokter dat die antie se masjienerie nie meer so lekker is nie en dat sy bes moontlik nie nog ‘n geboorte sal oorleef nie.
Die oom en antie skrik,want hulle is lief vir mekaar en wil nou nie sommer moedswillig die antie laat dood nie.
Nou slaap hulle apart op sulke ysterkateltjies, maar die ongedurigheid broei in hulle. Een nag lê die oom wakker en hy hoor die antie se kateltjie kraak en kreun soos sy rondrol. Na ‘n rukkie is dit stil en hy kyk na haar, net om te sien dat sy hom met groot oë beloer.
“Jy keek vi my,”sê hy.
“Ja,” sê sy, “ek keek vi jou. ”
“Nou maar hoekom keek jy vi my?” vra hy.
“Ek dink” sê sy. “Nou maar wat dink jy so innie laatnag?” vra hy.
“Ek dink jy moet my maar die doodskoot kom sjee”

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Verdere kenmerke van die Psigopaat - Deel 2

Verlede keer het ons na 'n definisie asook kenmerke van die psigopaat gekyk. Vandag bespreek ek verdere aspekte van hierdie persoonlikheidsversteuring.
Ons het reeds gesien die psigopaat is iemand met 'n patologiese egosentrisiteit. Vir die psigopaat draai alles net om homself. Hy is gefokus op sy eie behoeftes en begeertes en het nie gevoel of respek vir ander mense nie. Selfs wanneer dit voorkom of hy vir ander omgee, doen hy dit vir eie gewin.
Die psigopaat met 'n hoë verbale intelligensie is 'n fyn en subtiele manipuleerder. Hy doen dit deur te speel op die emosies van ander, maar werklike egte begrip en omgee vir mense ontbreek.
Psigopate met lae intelligensie of 'n swak opvoeding eindig meer op in tronke as die psigopaat met 'n hoër verstandsvermoë en beter opvoeding. Psigopate toon dikwels kriminele gedrag en onvermoë om te leer uit vorige ervarings.
Ander kenmerke van die psigopaat is 'n grootheidswaan van sy eie selfwaarde, patologiese valsheid en leuens, gebrek aan empatie, swak gedragskontroles, gebrek om verantwoordelikheid vir sy eie optrede in te sien, gebrekkige realistiese langtermyn doelstellings, impulsiwiteit, lae frustrasietoleransie en onbeheerste aggressie, 'n parasitiese lewenstyl waar hy op ander teer of hulle manipuleer tot sy eie voordeel.
In die Suid-Afrikaanse Handboek vir Abnormale Gedrag (redakteur D.A. Louw) word drie subtipes van psigopate onderskei:
Die eerste is die manipulerende psigopaat wat besonders vriendelik, sjarmant en spontaan sosiaal inskakel. Hy wek die indruk van innemendheid en doeltreffendheid. Hy beïndruk mense en wanneer hy hul vertroue gewen het, misbruik hy die mense tot sy eie voordeel.
Tweedens is daar die aggressiewe psigopate met 'n lae frustrasietoleransie wat reageer met aggressie en opstandigheid. Wanneer dinge nie na hul sin gaan nie of hul behoeftes word nie onmiddellik bevredig nie, reageer hulle met woedeuitbarstings en opstandigheid.
Die derde subtipe is die ontoereikende psigopaat. Hy doen hom voor as 'n skadelose, hulpelose en simpatiesoekende persoon. Hy kom voor as 'n baie afhanklike mens en teer op familie en vriende - hy is klaerig, neulerig en lastig. Baie van hulle is swerwers sonder standvastigheid.
Dit is belangrik dat die mens op straat bewus is van die optrede en kenmerke van 'n psigopaat, want jy kan maklik deur een uitgebuit en manipuleer word. Onthou die aanwesigheid van enkele kenmerke maak nie iemand noodwendig 'n psigopaat nie; die diagnosering van psigopatie geskied deur 'n gekwalifiseerde kundige soos 'n psigiater.
Volgende week is die derde aflewering van die psigopaat.
'n Sprankie wysheid vir die dag
"'n Psigopaat het geen simpatie nie. Hy is koud, gevoelloos, hardvogtig en onverskillig. Jy sal nie van hom hou nie. Hy is 'n man sonder gewete en kom voor as totaal emosieloos... sy afsydige rigiditeit is die resultaat om sy geweldadige lading van woede te onderdruk. Hy gebruik so baie energie om hierdie woede te onderdruk dat hy alle ander emosie afsluit. - Ruth Minshull -

Jy kan inteken op my nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 
Nuusbrief argiewe

As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke.

 

 

Nog skakels

Lees

Eet

Kyk

Lag

Ry

Speel

 

 

 
Resepte
Tipsy Tert

Maak eers die sous en laat afkoel voor gebruik. 

Sous:
375ml suiker
300ml water
5ml sout
12,5ml botter
Kook saam vir 10 minute. Verwyder van hitte en voeg 125ml brandewyn by

Tert:
500ml gesnipperde dadels
5ml koeksoda
250ml kookwater
375ml meelblom
250ml suiker
50ml botter
125ml okkerneute en glanskersies
1 groot eier
Gooi kookwater en koeksoda en voeg botter by. Klop suiker en eier. Roer droë bestandele in en voeg dadel mengsel by. Meng goed deur. Gooi in goed gesmeerde bakskottel. Rangskik neute en kersies bo-op. Bak by 180°C. Wanneer gaar, prik koek me 'n dik breinaald en goei afgekoelde sous oor. Versier met stryfgeklopte room, indien kersies en neute nie as versiering gebruik is nie.

Vinnige en Maklike Melktert

1 Blik Kondensmelk
6 Eetlepels Mazina
1 eetlepel Botter
1 Teelepel Vanilla Essence
2 Koppies Water
2 Eiers Geskei.

Verhit Kondensmelk en water tot kookpunt. Maak Mazina aan met bietjie water.
Voeg by kondensmelk en laat kook tot dik. Voeg botter en Vanilla by.
Verwyder van hitte voeg eiergele by. Kook weer tot gaar.
Verwyder weer van hitte en voeg styfgeklitste eierwitte by.
Voeg in tertkors van tennis beskuitjies.
Bak in oond by 180grade.vir 30 min.


Appeliefietert
Kors :
1 pakkie ( 200 g.) Mariebeskuitjies, fyngedruk.
60 ml. ( 1/4 kop.) botter of margarien, gesmelt.
45 ml. ( 3 eetl.) kondensmelk.

Vulsel :
1 blik appelliefies.
koue water.
80 ml. ( 1/3 kop.) vlapoeier.
45 ml. ( 3 eetl.) botter of margarien.
250 ml. ( 1 kop.) kondensmelk.

Smeer 'n 23 cm-tertbord met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Meng die krummels, gesmelte botter of margarien en kondensmelk en druk onder en teen die kante van die tertbord vas.
Verkoel tot benodig. Dreineer die appelliefies, maar behou die stroop Vul die stroop aan tot 500 ml. ( 2 kop.) met koue water. Maak die vlapoeier met 'n bietjie van die stroopmengsel aan tot 'n pasta.
Verhit die stroopmengsel tot net onder kookpunt, voeg daarvan by die vlamengsel, roer goed en giet alles terug in die kastrol. Verhit tot kookpunt en laat prut tot verdik en gaar. Verwyder van die hitte en roer die botter of margarien by. Roer die kondensmelk en appel -
liefies versigtig by. Giet in kors en verkoel tot ferm. Geniet met styf geklopte room indien verkies. Lewer 1 medium tert.


Appeltert - (Dit is 'n ou resep, so daar word nog in koppies (250 ml), eetlepels (15 ml) en teelepels (5 ml) gemeet.)

1 Koppie Bruismeel
2 eiers
knippie sout
1 blik tertappels (normale grootte)
1 koppie suiker
2 Eetlepels gesmelte botter
¼ koppie melk

Sous
1 klein blik Ideal Milk
1 Teelepel Vanielje Essens
1 koppie suiker

Meng suiker, eiers, botter, sout en melk saam.
Sif meel en meng bietjie-bietjie saam in suikermengsel.
Gooi mengsel in bak en skep appels oor mengsel.
Bak in oond 180°C vir ¾ uur. (Na 'n halfuur kan die oondtemperatuur
na 150°C verlaag word om te voorkom dat die tert te donker word.)

Metode (sous)
Gooi alles saam in pot en bring tot kookpunt Gooi warm sous oor tert sodra tert uit die oond kom.

Die beslag is genoeg vir 'n normale ronde tertbak. Indien 'n kleinerige vierkantige bak (± 20cm x 15cm) gebruik word, moet resep dubbeld aangemaak word.


Cremore tart

3 koppies Cremorapoeier.
1½ koppies kookwater.
1 blikkie kondensmelk.
halwe koppie suurlemoensap.
1 pakkie Tennisbeskuitjies.

1. Meng 3 koppies Cremorapoeier op 1½ koppie kookwater saam. Laat afkoel (sit in vrieskas verkieslik)
2. Klop met klitser tot styf.
3. Voeg die kondensmelk by en direk daarna suurlemoensap.
4. Skep in twee tertborde wat met tennisbeskuitjies uitgepak is.
5. Krummel van die beskuit wat oor is, oor die tert.
5. Dit is beter as u 'n vierkantige bak gebruik. Verskillende lekkernye kan bo-oor gesit word.
Ek het hierdie gebruik as 'n nagereg vir 'n braai. Saam met die tert het ek spanspek gegee.


Kerriesouttert

Kors :
250 g. margarien.
1 tl. bakpoeier.
2 kop. meelblom.
1/2 kop. kookwater.
Gooi kookwater oor margarien. Laat afkoel en roer meel en bakpoeier
in. Meng deeglik en bêre in koelkas tot nodig.

Vulsel :
500 g. maalvleis.
1 groot ui, gerasper.
2 aartappels, gerasper.
sout en peper.

Kook al die bestanddele vir 10 minute. Meng 1 eetl kerrie, 1 eetl. klapper en 1 eetl. bladjang. Voeg by kokende vleismengsel. Vul ongebakte kors en bak 20 minute in warm oond.


Rugby tert

1 1/2 kop. meelblom.
1 eier.
1 kop. melk.
knippie sout.
1 kop. suiker.
3 eetl. botter.
2 tl. bakpoeier.

Room botter en suiker en voeg eiers een vir een by. Sif droë bestanddele saam. Voeg melk en droë bestanddele om die beurt by die eiermengsel. Smeer 'n lang pyrexbak en plaas deegmengsel in. Bak in oond teen 180 Grade C. Wanneer gaar druk gaatjies met 'n vurk en gooi 'n 1/2 kop. gesmelte botter oor. Smeer marmite dun oor en rasper 'n lagie cheddar kaas oor.


Appeltert

250 g koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
60 ml margarien
1 eier, geklits
125 ml afgeroomde melk
10 ml Natreen vloeibare dieet versoeter
80 ml water
5 ml vanilla geursel
300 g tertappels

Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Vryf margarien in.
In 'n aparte mengbak, meng die melk, water, eier, versoeter en vanilla geursel. Voeg by droë bestanddele en meng goed.
Spuit 'n tertbord met "Spray & cook"", en skep mengsel in bord.
Rangskik appelskywe bo-op deeg.
Bak 25 minute teen 200°C.
Bedien warm met dieet roomys of ligte vla.
In die plek van appels, gebruik ook ander vrugte.


Suurlemoen meringue-tert

Ek gebruik 'n beskuitjiekors - 3/4 pakkie Marie beskuitjies en 80 ml margarien, gesmelt.

397g-blikkie kondensmelk
125 ml suurlemoensap
3 eiers, geskei
125 ml strooisuiker
5 ml asyn
15 ml mielieblom (Maizena)

Voorverhit die oond tot 180oC. Berei die kors en druk dit vas in 'n tertbord. (Ek maak altyd my meringue eerste, dan hoef ek nie nog die klitsers te was voor ek die gele berei nie - regte lui huisvrou!)
Klits die eierwit, en voeg die strooisuiker geleidelik daarby tot dit styf is. Klits nou die asyn en mielieblom by.
Klits die eiergeel saam met die kondensmelk en suurlemoensap. Gooi dit in die tertkors. Skep die meringue bo-op.
Bak vir 10 minute of tot ligbruin.(Nie veel langer nie, anders word die meringue taai en dit kan brand.)
Verkoel voor opdiening (indien verkies).


Paptert met sampioen, spek en kaasvulsel

Die resep is genoeg vir 6 – 8 persone

Bestanddele vir die stywepap (1)
4 koppies water
2 teelepels sout
2 eetlepels botter
2 ½ koppies mieliemeel

Giet water in ‘n potjie, voeg sout en botter by en bring tot kookpunt
Giet mieliemeel by om ‘n hopie in die middel van die pot te vorm maar moenie roer nie.
Verminder hitte plaas deksel op potjie en laat pap 5 minute prut.
Roer liggies met ‘n vurk, plaas deksel terug en prut vir nie meer as nog ‘n uur nie.

Bestanddele (2)
250 g spekvleis - fyngekap
300 g sampioene, gekap
½ koppie room
250 ml gerasperde Cheddarkaas
1 blik heelpitsuikermielies
varsgemaalde swartpeper
ekstra gerasperde kaas

Voorbereiding en gaarmaak
Maak stywepap en laat afkoel.
Braai spekvleis in eie vet tot bros in swaarboompan.
Voeg sampioene by en braai liggies.
Roer dan room, kaas, mielies en peper in.
Rangskik pap en sampioenvulsel in lae in oondvaste bak, met die vulsel bo-op.
Strooi ekstra kaas oor.
Bak so 30 minute teen 180 ˚C


Korslose ham en kruie souttert

250 ml gekapte pietersielie
125 ml gekapte sprietuitjies
62 ml gekapte oreganum
150 g gaar ham, in blokkies gekap
3 eiers
250 ml melk of joghurt
5 ml sout
2,5 ml vars gemaalde swartpeper
30 ml botter
250 ml vars broodkrummels
125 ml gerasperde kaas

Kap die kruie baie fyn in 'n voedselverwerker. Voeg die ham by en kap grofweg. Voeg die eiers, melk, sout en peper by en meng net deur. Smeer 'n ronde tertbord van 25 cm in deursnee mildelik met botter. Sprinkel die helfte van die broodkrummels in die bak. Kantel en skud om die kante en boom goed te bedek. Gooi die eiermengsel in die bak. Smelt die orige botter, voeg die res van die broodkrummels by, en meng deur. Voeg dan die kaas by en meng deur. Sprinkel die krummel mengsel oor die eiermengsel in die bak. Bak 30 minute lank by 180C tot net gestol en effens goud bruin bo-op.


Eier souttert

4 tamaties geskil, en in dik skywe gesny
1 ui, fyn gekap
25ml vars pietersielie, fyn gekap
6 hard gekookte eiers, afgedop, in skywe gesny
50ml droë broodkrummels
12.5ml botter of margarien
6 eiers, geklits
5ml sout
1ml varsgemaalde swartpeper
250ml room
100ml bier
1ml rooipeper (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180C. Rangskik die tamatieskywe op die boom van ‘n goed gesmeerde oondskottel. Strooi die ui en pietersielie oor die tamatieskywe en rangskik die eierskywe bo-op. Strooi die broodkrummels oor die eierskywe en stip dit met die botter of margarien. Klits die res van die bestanddele saam en gooi dit versigtig oor die inhoud van die oondskottel. Bak dit 45-50 minute lank op die middelste oondrak totdat dit ferm is. Bedien dit warm met ‘n mengelslaai.


Kaas en hamtert

30 ml botter
30 ml koekmeel
10 ml gegeurde seesout
'n knippie rooipeper
5 ml droë mosterd
375 ml karringmelk
250 g ham, of weense worsies in dun repies
250 ml cheddar kaas, grof gerasper
30 ml fyn gekapte pietersielie
3 eiers, geklits
pasteideeg

Bak die pasteideeg 10 minute sonder vulsel by 220 C. Verhit die oond tot 180 C. Meng die botter, meel, sout, rooipeper en mosterd oor lae hitte. Roer die karringmelk by en meng glad. Roer en kook 2 minute, verwyder van die hitte. Laat effens afkoel. Roer die ander bestanddele by. Skep die vulsel in die vooraf gebakte pasteikors. Bak 45 minute tot mooi bruin en pofferig.


Korslose kaastert

15ml botter of margarien
6 eiers, geklits
125ml gerasperde Cheddarkaas
2 tamaties, geskil en grof gekap
5ml sout
1ml varsgemaalde swartpeper
12.5ml vars gekapte pietersielie
1 spekvleisrepie, swoerd verwyder & gekap

Voorverhit die oond tot 180C. Verhit die botter of margarien in ‘n swaarboombraaipan. Meng die res van die bestanddele en voeg dit by die gesmelte botter of margarien. Meng alles goed saam. Gooi die mengsel uit in ‘n goed gesmeerde oondskottel en bak dit 35-40 minute lank op die middelste oondrak totdat dit ferm is.


Snoektert

500g gerookte snoek
2 groot uie, in dun ringe gesny
45ml botter of margarien
125g Cheddarkaas gerasper
6 meduim aartappels, gekook, geskil, in skywe
sout en varsgemaalde swartpeper
1 groot tamatie, in skywe gesny
375ml room of dun witsous
15ml gerasperde Parmesaan of Cheddarkaas
125ml vars broodkrummels
klein bietjie botter of margarien.

Verwyder vel en grate en vlok die vis. Braai uie in botter of margarien tot sag. Plaas ‘n laag aartappels in ‘n gesmeerde oondskottel, voeg ‘n paar uieringe by en skep ‘n bietjie vis daarop. Strooi kaas bo-oor. Geur met sout, indien nodig, en ‘n goeie skoot gemaalde peper. Herhaal lae en eiendig met aartappels. Rangskik tamatieskywe bo-op. Giet room of witsous oor en werk dit met ‘n kleinerige lepel deur tot op boom van skottel. Meng res van kaas en broodkrummels, strooi bo-oor en stip met botter of margarien. Bak ongeveer 35 minute lank by 180C of tot goed warm en goudkleurig.


Boeliebief souttert

3 snye witbrood, korsies verwyder
375ml melk
1x300g boeliebief
1 ui, gekap
15ml olie
250ml gerasperde kaas
3 ekstra groot eiers, geklits

Voorverhit oond tot 190C en smeer ‘n medium tertbord met botter of bespuit met Spray & Cook. Meng al die bestanddele en keer uit in tertbord. Bak vir 30-45 minute tot goudbruin en gestol. Bedien met ‘n slaai.


Pynappel yskastert

1 pakkie tennisbeskuitjies
125ml appelkooskonfyt
25ml sjerrie
1 pakkie suurlemoenjellie
250ml kookwater
397g (1blik) kondensmelk
440g (1blik) fyn pynappel
geklopte room vir versiering

Smeer tennisbeskuitjies met appelkooskonfyt en plaas 2 opmekaar. Plaas in 200mm vierkantige bak. Sprinkel sjerrie oor die beskuitjies. Los jellie op in kookwater, en voeg die kondensmelk en fyn pynappel by. Gooi oor beskuitjies en laat afkoel. Versier met pynappel en room of sprinkel beskuitjiekrummels bo-oor.


Kondensmelktert

1 x 397g blik kondensmelk
3 koppies water
6 eetlepels mielieblom
2 eiers, geel en wit apart
1 teelepel margarien
1 teelepel vanielje geursel
tennisbeskuitjies

Verhit die kondensmelk en water. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en roer dit by die melk. Roer die mengsel tot dit dik word en verwyder van hitte. Voeg die geklitste eiergele by en laat die mengsel weer kook tot dit gaar is. Voeg die botter en geursel by. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbord en gooi die helfte van die vulsel oor, dan nog ‘n laag beskuitjies met die res van die vulsel oor. Rol ‘n paar beskuitjies fyn en strooi bo-oor. Versier met kersies.


Korslose melktert

Maak 2 terte van 20 cm of 1 groot tert van 30 cm.

Min van ons kan 'n sny donsige melktert ryk met botter en geurige speserye weerstaan. U sal tyd bespaar deur nie 'n kors te maak nie - en meer as 'n paar kilojoules ook.

1 liter melk
½ kaneelstokkie
skil van ½ suurlemoen of lemoen
45 ml botter
250 ml koekmeel
250 ml suiker
1 ml sout
7,5 ml bakpoeier
4 eiers, geskei
2,5 ml amandelessens
10 ml fyn kaneel

Verhit melk, kaneel, suurlemoenskil en botter tot kookpunt en laat 20 minute trek. Meng meel, suiker, sout en bakpoeier. Dreineer melkmengsel en voeg by die eiergele. Klop melkmengsel by die meelmengsel. Voeg amandelessens by. Plaas mengsel terug op die stoof en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Roer met 'n houtlepel. (Moenie bekommerd wees as 'n paar klonte vorm nie, klits dit glad met 'n klitser nadat u die eierwitte geklop het.)

Smeer tertbak mildelik met sagte botter. Sprinkel met brood-, koekie- of beskuitkrummels (of gebruik hawermout, muesli of wat ook al beskikbaar is). Klop eierwitte met 'n druppel asyn of suurlemoensap tot dit hul vorm behou en sagte punte vorm. Klits melktertmengsel om klonte te verwyder.

Vou eierwitte in die tertmengsel en gooi in tertbak(ke). Sprinkel met kaneel. Bak 25-35 minute by 190C (375F). Skakel die oond af en laat 15 minute in die warm oond afkoel. Sit warm of by kamertemperatuur voor.


Pepperment-crisp karameltert:

Die tert is vir diegene wat glo hulle kan nie bak nie. Dit is vreeslik maklik en vinnig om voor te berei en vind altyd groot byval.

1 x 380 g blik karamelkondensmelk
50 ml suurlemoensap
2 x 125 ml-sakkies Orley Whip
2 x 50 g-stafies pepermentsjokolade, gerasper
1 x 200 g-pakkie Tennis-beskuitjies

Meng karamelkondensmelk en suurlemoensap goed saam. Klits die Orley Whip tot styf en vou in die kondensmelkmengsel in. Smeer 'n langwerpige glasbak 20 x 30 x 5 cm, of bespuit dit met kleefwerende middel. Pak 'n laag beskuitjies op die boom van die bak en smeer 'n laag konden smelkmengsel eweredig oor. Sprinkel gerasperde pepermentsjokolade oor. Herhaal die lae totdat die beskuitjies en kondensmelkmengsel op is, eindig met 'n laag gerasperde pepermentsjokolade.
Plaas die tert in die koelkas.


Piesang tert

KORS:
200G Tennis beskuitjies
30ml suiker
2ml fyn kaneel
VULSEL:
3 klein ryp piesangs, fyngemaak
379g kondensmelk (1blik)
15ml suurlemoensap
1 eiergeel
50ml geroosterde klapper

KORS:
Maak ‘n krummelkors en voer ‘n 23cm losboomtertpan daarmee uit.
VULSEL:
Voorverhit die oond tot 200C. Meng alle bestanddele, behalwe klapper, giet in tertdop. Bak vir 30-40 minute lank of tot stewig. Sprinkel klapper oor.


Griekse vlatert

STROOP:
360ml suiker
2 kaneelstokkies
5ml suurlemoensap
375ml water
VULSEL:
1.5liter melk
180ml suiker
250ml botter
skil van 1 lemoen in repies, gesny
200ml semolina (Tasty Wheat)
6 eiergele, geklits
KORS:
500g filodeeg
100ml botter, gesmelt
12.5ml kaneelsuiker

Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n 36cmx26cm-oondbak met botter.
STROOP:
Kook suiker, kaneelstokkies, suurlemoensap en water vir sowat 10 minute tot dik en stroperig. Laat afkoel. Haal kaneelstokkies uit voordat stroop oor die tert gegiet word.
VULSEL:
Verhit melk, suiker, botter en lemoenskil oor matige hitte. Voeg semolina by net voordat die melk begin kook en roer aanhoudend totdat die vla dik en romerig is. Haal van stoof af. Laat effens afkoel voordat die geklitste eiergele bygevoeg word. Haal die lemoenskil uit.
KORS:
Sit ‘n vel filodeeg filodeeeg in die bak sodat die boom en kante bedek is. Verf die deeg met gesmelte botter. Herhaal die proses met nog 6 velle filodeeg. Skep vlavulsel op die deeg en bedek met nog 6 velle filodeeg wat elkeen met botter geverf is. Sny 2 velle filodeeg in dun repies. Versprei die repies oor die filobolaag en sprinkel ‘n bietjie gesmelte botter en kaneelsuiker oor. Bak vir 45-50 minute tot goudbruin. Giet koue suikerstroop oor warm tert. Sny in vierkante en sit louwarm voor.


Gemmer tert

KORS:
65ml wit margarien gesmelt
200g gemmerbeskuitjies, verkrummel

VULSEL:
40ml goue stroop
40ml gemmerstroop
300ml vlapoeier
40ml vlapoeier, aangemaak met
125ml styf geklitste room
75ml water
15ml gelatien, geweek in 25ml water
4 ingelegde gemmerstukke gekap

Meng die margarien en beskuitjiekruímels. Voer ‘n gesmeerde tertbord met ‘n deurnee van 200mm uit met die beskuitjiekrummels en bak die kors 10 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180C. Verhit die goue stroop, gemmerstroop en 300ml water tot kookpunt. Verhit dit. Voeg die vlapoeierpasta by die stroopmengsel en roer aanhoudend totdat die mengsel prut. Giet ‘n klein bietjie van die warm vla-stroop-mengsel in die kastrol en roer dit totdat die mengsel weer prut. Voeg die gemmerstukkies by en laat die mengsel effens afkoel. Skep die vulsel in die gaar tertkors en verkoel dit in die yskas tot gestol. Versier met roomrosies.


Gemmer Yskastert

1½ pakkie gemmerkoekies (200 g elk)
¾ koppie gouestroop
3 eetlepels vlapoeier
1½ koppie kookwater
Kook stroop en water saam. Meng die vlapoeier by stroop.
Breek gemmerkoekies in stukke.
Meng alles en gooi in 'n gesmeerde vorm en laat stol. Bedien met geklopte room.


Cremora Yskastert

500g sakkie Cremora
1 koppie yskaswater
2 blikkies kondesmelk
250ml suurlemoensap
1 pakkie tennisbeskuitjies
Gooi Cremora in mengbak. Voeg yskaswater by (dit moet yskaswater wees) en klits tot glad. Voeg kondesmelk bly en hou aan klits.
Voeg nou die suurlemoensap by, nie alles op een slag nie, anders word dit nie styf nie. Klits die heel tyd en gooi so kort-kort 'n spuit suurlemoensap by. Dit moet so ongeveer 15 min neem om die hele botteltjie in te spuit. Teen die tyd is die mengsel baie dik.
Pak tennisbeskuitjies in bak uit en skep mengsel bo-oop, en krummel beskuitjies bo-oor. Dit kan dadelik geëet word of in die yskas gebêre word vir later. 


Aarbei-tert

Beskuitjiekors: 1/2 pakkie Tennis beskuitjies + botter.
Vulsel: Verhit een koppie suiker en een koppie water.
Maak twee opgehoopte eetlepels maizena aan met water en voeg by mengsel.
Kook tot gaar en haal van stoof.
Voeg twee groot eetlepels aarbeijellie by en roer tot gesmelt.
Pak 250 gr. ryp aarbeie (afgewas) lekker styf in kors en gooi warm aarbeivla daar oor. Wanneer koud, plaas in yskas.
Versier net voor bediening met 125 ml. geklopte, versoete room.


Maklike tertkors

475ml volkoringmeel
15ml bakpoeier
3ml sout
75ml margarien, gesmelt
150ml melk

Meng al die bestanddele en knie dit goed. Druk dit in gesmeerde tertbord en laat dit 30 minute lank staan. Prik die kors en bak dit 10 minute lank in ‘n voorafverhitte oond van 200C. Alternatiewelik kan ‘n vulsel op die rou kors geskep word. Stel dan die temperatuur na 10 minute na 180C en bak die tert totdat die vulsel gaar is.


Soet tertkors

12.5ml margarien
1 eier, geklits
250ml volkoringmeel
10ml bakpoeier
knippie sout
37.5ml suiker
50ml melk

Room die margarien en voeg die geklitste eier by. Meng die volkoringmeel, bakpoeier, sout en suiker. Voeg dit by die eiermengsel en meng goed. Voeg die melk by en meng tot ‘n smeerbare deeg. Smeer die deeg in ‘n gesmeerde tertbord. Bak dit 10-15 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 190C. As dit saam met die vulsel gebak word, stel die temperatuur na 10-15 minute laer na 160C, en bak dit tot die vulsel gestol het, afhangende van die tipe van vulsel.


Lekker tertkors

200ml botter, in stukkies gesny knippie sout
50ml yswater
520ml koekmeelblom

Meng die botter, sout, yswater en koekmeelblom goed en knie dit dan met die kneukels tot 'n gladde deeg. Draai die deeg toe in kleefplastiek en verkoel dit vir 2 ure lank in die yskas. Haal 15 minute voor gebruik uit die yskas. Rol die deeg liggies en voer 'n gesmeerde tertbord daarmee uit. Bedek die kors met waspapiersirkel en vul dit met droëbone. Bak die kors 10 minute blind (beteken onbedek) in 'n voorverhitte oond by 200ºC. Verwyder die droëbone en waspapier versigtig en bak dit nog 5 minute lank.

Skakels/Advertensies

Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za


Resepte, resepte,  resepte

Ek het besluit om sake vir my te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans) op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.

Die prys van die CD is R100 (dis om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit

Posgeld is  R20 vir geregistreerde pos en R50 vir Speed Services oornag toonbank tot toonbank.

As jy sou belangstel om een van die CD's te bekom, klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit Speed Services oornag toonbank tot toonbank

Hier is die Afrikaanse boeke:

217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels, Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte, Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte, McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1, Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies

Allerlei

Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet, Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke omskakelingstabel, Werk van die huis

Hier is die Engelse resepte:

FunkyMunky Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!

Bonus eBooks

Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food

Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns

Everything you wanted to know about making, marketing and selling your crafts.

Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies, myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.

10,000 Dreams Interpreted


Die Hervormde Kerk – Jac van Belkum (Rustenburg) bied aan:
Kuier Aand met DJ Ossewa!

Datum: 19 Augustus 2011
Waar: Flip Joubert Saal, Rustenburg skougronde.
Verversings te koop en Kontant kroeg!
R100 per persoon.

Kom ondersteun asb ons gemeente, omdat ons gemeente uit ‘n groot persentasie bejaarde persone bestaan
wat net ‘n staatspensioen maandeliks verdien en nie die kerk in stand kan hou nie loods ons hierdie fonds-insamelings projek. Kom geniet lekker, Progresiewe, Alternatiewe, Boere-Afrikaanse-opskop-dans musiek! DJ Ossewa sal julle laat Skaterlag vir hulle unieke en skreeusnaakse lirieke en maltrap streke!

Kontak Mandie vir kaartjies: 082 055 05 17

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.