|
|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die
Argiewe, meeste van die ou
nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur
daar af.
Ek stuur ook 'n Engelse brief uit,
elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek,
gaan kyk gerus en laai na hartelus af.
Die pasella hierdie keer is 'n
braairesepte eBoek propvol lekker resepte om jou volgende braai
besonders te maak.
Die resepte is sommer 'n hele
verskeidenheid lekker resepte, gaan kyk hieronder en geniet!
Ons besoek aan die Kruger Wildtuin
was baie lekker,
klik gerus hier om na die fotos te kyk
op Facebook.
Net om te laat
weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier
geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet
my, dalk haal ek dit af.
Doen dit sommer self,
klik hier. As jy nie
internet toegang het nie,
stuur my epos met jou ou en nuwe adres.
|
My Resepte eBoek
samestelling op CD |
Bo en behalwe die Afrikaanse en
Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke
bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal
geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike
bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke
is sal jy die boeke regtig interessant vind.
Gaan kyk onder vir 'n lys van die
ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.
|
Rugbygeesdriftiges - Wêreldbeker 2011 |
Alles wat jy wil weet van die
Wêreldbeker, wedstryd vir wedstryd. Loot Eksteen het al die feite
saamgevat, sien hieronder. Regs klik net om af te laai. As jy die
statistieke weekliks wil ontvang,
stuur net vir Loot 'n epos en vra dat hy jou op sy posluys sit.
BILTONG POT
Bestanddele:
500g gesnyde biltong
500g pasta (enige vorm, maar spaghetti pas nie so lekker nie)
250g botter (of margarien as jou gewete pla)
1 gekapte ui
1 pakkie gesnyde sampioene
2 Green Peppers in repe gesny
250g Bacon bits
1 blik pit mielies
lekker groot lepel gekapte knoffel
2 pakkies kits witsous
handvol gekapte kruie
250ml room
250ml gerasperde kaas
Metode:
Smelt die botter, braai die uie, knoffel, green pepper, sampioene en bacon
tot die geur almal begin nadertrek. Gooi nou die biltong so in 'n lekker
laag oor hierdie braaisel. Maak van hier af seker dat jou hitte baie saggies
is.
Dis 'n kuierpot, nie 'n wegneemete nie! Gooi jou pasta en pit mielies nou
oor hierdie kontrepsie.
Maak die pakkies kitssous met genoeg kookwater aan om alles te bedek. Maak
toe en kuier rustig. Elke keer as jy wil glas volmaak, maak jy net seker
daar is nog vloeistof in die pot. Na so 'n uur begin jou mond behoorlik
water.
Gooi die room en kaas oor en meng goed deur. Los dan nog op hitte vir 15 min
tot kaas lekker gesmelt is en Haal dan van die hitte af, Selfs pasta-haters
eet hul lippe af!
Ek het 'n rukkie gelede 'n paar
idees saamgeslaan oor hoe om dalk 'n ietsie ekstra van die huis te
verdien.
Klik hier om na daardie
bladsy te gaan.
Ek stuur elke nou en
dan fotos in na die Treknature webwerf, gaan kyk gerus na die fotos wat
ek op ons reise geneem het en al opgelaai het:
http://www.treknature.com/members/FunkyMunky/photos/
|
Die Afrikaanse rolprent - gister en vandag |
Baie dankie
aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie
reeks te gebruik.
Die volledige reeks programme kan
hier gelees word
Regs klik hier
om 'n braairesepte eBoek af te laai. Lekker braai!
|
Boeremusiek — 'n
Oorsig — 1700 ~ 2004 |
Deel 1
Presies wanneer die eerste
Boeremusiekklanke die atmosfeer binnegedring het, kon nog nie bepaal
word nie. Deels omdat kommunikasie en rekords 300 jaar gelede omtrent
nie bestaan het nie. Navorsing dui daarop dat Boeremusiek waarskynlik
tydens hierdie periode die eerste keer deur die slawe gespeel kon gewees
het. Wat wel duidelik is, is dat die musiek as dansmusiek ontstaan het.
Die wals, polka, kwadriel en mazurka is dansmate wat reeds lank voor Van
Riebeeck se koms na die Kaap in Europa bekend was. Die eerste inwoners
het dus hulle musiek vanaf Europa en die Verenigde Koninkryk na die
suidpunt van Afrika saam- gebring.
Nou wat verskil Boeremusiek van bogenoemde musiek? Totaal! Alhoewel die
tydmate ooreen-stem, verskil die voordrag van die musiek geheel en al.
Boeremusiek het sy eie unieke klank.
Kan ons 'n definisie vir boeremusiek saamstel? Nie so eenvoudig nie as
gevolg van die aard van boeremusiek. Boeremusiek is by uitstek
dansmusiek wat in die meeste gevalle by Afrikaner byeenkomste of by
hulle huise gespeel is. So, stel jou nou voor: die mense wil dans en
daar is nie 'n konsertina nie. Dan word die instrumente gebruik wat
beskikbaar is.
Solank die produk boeremusiek is, is dit boeremusiek. Soos Ollie Viljoen
by die KKNK gesê het: "Jy HOOR onmiddellik as dit Boeremusiek is!" Met
ander woorde Boeremusiek word geken aan 'n kenmerkende styl op die
instrumente wat beskikbaar is wanneer die musiek gespeel word!
Die ander probleem en die groot rede vir die swak inligting wat oor
Boeremusiek bestaan, is die swak beeld wat Boeremusiek nog deur die
verloop van baie jare beleef. Die rede vir die swak persepsie van
Boeremusiek kan deels voor die deur van die Calvinistiese Afrikaanse
kerke gelê word aangesien die kerk vroeër sterk gekant was teen dans en
omdat Boeremusiek in wese dansmusiek is. Dit is weliswaar so dat 'n
dansparty gepaard kan gaan met onsedelike gedrag, maar dit is onredelik
om die probleem aan die hals van Boeremusiek te hang. Dieselfde beginsel
geld vir drankmisbruik. Drankmisbruik is 'n individuele siektetoestand
wat geensins te make het met Boeremusiek nie. Met ander woorde 'n
persoon wat drank wil en sal misbruik het nie 'n Boermusiekbyeenkoms
nodig vir sy of haar verslawing nie.
Gelukkig is hierdie persepsie van Boeremusiek 'n nekslag toegedien en
het Leon Ferreira reeds in die vorige boek melding gemaak van 'n NG Kerk
Sinodebesluit dat "Nie alle vorme van dans sonde is nie". Hierdie meer
gebalanseerde uitkyk op dans en Boeremusiek het verder uitgebrei en
vandag word die klanke van konsertinas selfs in kerke gehoor en speel
vele van ons Boeremusikante in orkeste by eredienste.
Boeremusiek het ook 'n groot vyand onder sy eie mense – die Afrikaner.
Dit was vir die vroeëre Vryburger meer van belang om met die elite van
die Kaap en sy uitheemse musiek te assosieer as met sy eie mense met
hulle eie musiek. Daar is vandag nog Afrikaners wat glo dat dit
waardiger is om na klassieke musiek te luister as na Boeremusiek. So is
Boeremusiek afgedruk en het hy 'n stryd van die vroegste jare vir
erkenning — let wel — erkenning as 'n besondere musiekstyl wat spontaan
onder die Afrikaner ontstaan het, en nie as 'n teenvoeter vir ander
musiek genré nie! Dit is al wat Boeremusiek vra: 'n plek onder die son.
Gelukkig is daar tans 'n oplewing en waardering vir enige vorm van
Afrikaanse musiek en sodoende word Boeremusiek weer herontdek en reeds
'n ereplek toegeken deur verskeie Afrikaanse musikante en sekere
kunstenaars wat ligte Afrikaanse musiek beoefen.
Die feit dat meer en meer jongmense Boeremusiek begin beoefen en dat die
populêre Afrikaanse sanger, Dozi ingewillig het om as beskermheer van
die Boeremusiekgilde op te tree is 'n klinkklare bewys dat Boeremusiek
tog besig is om tot sy reg te kom.
Uit 15 Goue Jare ,
saamgestel deur Kalie de Jager
|
Lekker
lugkastele bou -
Oorsese Lottos |
Klik
net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra
die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En
as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook!
Waarvoor wag jy?
Hier is die lys van beskikbare
Lotto s en die huidige boerpotte:
Powerball US $86,000,000
SuperEnaLotto EU €21,800,000
MegaMillions US $22,000,000
MegaSena US $21,300,000
EuroMillions EU €15,000,000
UKLottery UK £9,300,000
ElGordo EU €7,800,000
SuperLottoPlus US $10,000,000
FranceLoto EU €5,000,000
OzPowerball US $2,900,000
Sjoe, dis darem maar groot geld!
|
Uit 'n dagboek -
Emily skryf weer |
Emily hou hou haar met hond se
dinge besig, haar ma se blogadres is hieronder, gaan kyk gerus.
Uit:
http://skoor.wordpress.com/
Alles wat jy
wil weet oor Boeremusiek.
Hierdie is die
webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die
Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.
Klik hier om
sy webblad te besoek.
|
Impala
Geneem tydens ons laaste besoek
aan Kruger nasionale Park |

klik vir groter weergawe |
|
Boeremusiek Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004
Boeremusiekgilde" |
|
Bles Lourens
Praat van boeremusiek en die naam Bles Lourens word in die
gesprekke genoem. Hy was 'n uithaler kitaarspeler wat enige
konsertinaspeler se droom was. Ek onthou goed toe 'n Pretoria
konsertina-speler hom wou invoer vanaf Johannesburg om in 'n
kompetisie te kom speel. Dit was die Boereoorlog van voor af! Ek
dink sy 27 jaar in Corrie Nortjé se orkes moet 'n rekord wees.
Maar met 'n ondersteuner en vrou soos sy weduwee, Dawn, kan 'n
man net 'n wenner wees. Sy self sit met 'n rekord dat sy elke TV
Kompetisieopname vanaf 1980 tot 1994 bygewoon het. Met die
onlangse kykNET Boeremusiekkompetisie het sy 'n toekenning gekry
vir haar besondere bydrae |
 |
|
|
|
Ekke is ook op
Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit,
klik net hier.
Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is
peter@funkymunky.co.za of kry my by
www.facebook.com/Peterjasie
Ek Tweet ook nou en dan op
Twitter by @Peterjasie
Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige en Heel Skool Evalueerder in
Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a.
Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir
leerders met hindernisse tot leer. Sy gee praatjies, skryf
artikels, lag en reis die hele land vol. Sy is ‘n ma, lief vir die
kunste, die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en
vrae te stuur na
mirnafvanwyk@gmail.com.
Gedrag
Hierdie artikel is vir al die lesers - dit is vir Jeanette, Susan,
Petrus en al die ander grootouers, ouers en onderswysers wie hulle
lewens met my deel via die internet. Spesiaal vir jou. Die volgende
waarhede sal op hou lewensmaat en jou baas ook werk!
“Poefiekop!" Dit is wat Michael, 5 jaar oud, my genoem het tydens my
eerste sessie met hom en sy ma. Gefrustreerd, omdat hy nie in ‘n
sielkundige se kantoor wou wees nie, het hy sy misnoeë op die enigste
manier getoon wat hy van weet.. Alhoewel ek bly was om die gedrag in my
kantoor te sien wat tuis probleme skep, was sy ma skaam en het hom betig.
In ons derde sessie het Michael weer kwaad geword, maar in plaas om my
name te noem, het hy my vies aangegluur, toe skielik weggedraai en na
die muur gekyk. Sy ma was ontsteld. “Ek weet hy dryf jou die mure uit,”
het ek aan Mamma gesê, “maar hierdie gedrag is die kinder weergawe van
self-toegediende afkoeltyd (time-out). Eintlik is dit meer aanvaarbaar
as skelname.”
Babatreetjies om jou kind te help
Kinders en tieners met leerhindernisse, en veral die met AD/HD, het
meestal gedragprobleme te same met hulle leer-en aandagstoornisse.
Gevolglik word die meerderheid groot met die idee dat die wêreld maar
hulle ongeskikte gedrag sal aanvaar. Ons pogings om hulle te help om
meer aanvaarbare gedrag te kies word deur twee foute gekelder: eerstens
beloon ons nie die klein verbeteringe wat hulle wel in in slaag nie, en
tweedens leer ons hulle nie watter gedrag wel aanvaarbaar is nie, maar
straf ons eerder net die onaanvaarbaar gedrag.
Wanneer ‘n kind sy Wiskunde druip, verwag ons nie hy moet sommer in die
volgende toets ‘n A-simbool kry nie. Ons weet dit is billik om eers ‘n
D-simbool te verwag – ‘n geleidelike beweging in die regte rigting is
aanvaarbaar. Maar met swak gedrag verwag ons dat kinders dadelik ‘n 100%
verbetering moet toon. Hierdie onrealistiese verwagtinge sorg dat ons
baie keer die klein verbeteringe nie prys nie, maar liewer hulle
onvermoë kritiseer-‘n sekere resep tot slegter gedrag. Kinders moet
spesifiek weet wat ons van hulle verwag. Die maklikste manier om by die
aanvaarbare gedrag uit te kom is om die kleinste beweging in die rigting
van die verwagte gedrag, raak te sien en te prys .
Baie ouers haat die nors manier waarop hulle tieners soms met mense
praat. “Hoe kry ek hom om mense in die oë te kyk en met respek te praat?”
vra ouers. In plaas om jou tiener te beveel om “nie so met my te praat
nie”, wag vir die oomblik wat hy wel na jou kyk en met respek praat en
sê dan, “Ek hou van hoe jy nou met praat, dit maak dat ek makliker na
jou luister. Dit sal lekker wees as jy meer gereeld so met my praat.”
Selfs al praat hy op daardie oomblik oor rekenaarspeletjies of rugby, is
hy duidelik dan minder aggressief en verdedigend-hy sal beter kan
verstaan hoe dit is om aanvaarbaar met mense te kommunikeer, sodat hy
later die gedrag kan herhaal.
Om een keer goeie gedrag raak te sien en aan te prys, sal nie jou kind
se gedrag verander nie. Onthou, kinders gaan nie van F na A-simbole in
‘n paar dae nie. Maar dit gebeur deur deursettingsvermoë, aanmoediging
en na gelang van tyd. Jy sal oor ‘n tydperk die aanvaarbare gedrag moet
raaksien. Jy kan dit aanprys ; selfs net deur te luister en positief te
reageer; deur ‘n oogknip of aanraking kan jy erkenning gee aan die
aanvaarbare gedrag en dit sodoende versterk.
Klein verandering raak later groot verbeteringe
Alhoewel beter gedrag nie gou plaasvind nie, vertraag ons soms die
verbetering deur nie die klein veranderinge in die regte rigting, raak
te sien nie. Deur geleidelike verandering te verwag, verbeter ons die
kanse dat ons kinders die verwagte gedrag suksesvol baas sal raak.
Laastens, ek is al erger name as “poefiekop” genoem!.
Met warmte van my na jou.
Klik hier om Mirna se ander
artikels te lees
Nog 'n euwel wat sy kop uitsteek.
Nou wonder ek, die sensus mense wat so alles wil weet oor wat jy verdien
en wat jy besit, nou weet die regering mos presies waar om die belasting
te gaan hef!
Die volgende briefie swerf op die
internet rond:
Ek wil graag vir ons bekende eerwaarde Desmond Tutu sê, wat voorstel dat
ons blankes (wittes) welvaartsbelasting moet betaal, en ook wil ek vir
jeugleier Julius Malema sê, wat beweer dat daar 'n blanke (wit)
besigheidsmonopolie in ons land is, dat hulle dit heeltemal agterstevoor
en onderstebo het, want :
Ons GEE, ons sorg, ons voorsien, ons deel uit, ons kook sop, ons bak
brood, ons maak ons klerekaste leeg, ons "tip" vir die stoot van 'n
trollie by die winkel met twee items in, ons "tip" vir ons kar se oppas,
ons "tip" vir ons kar se was. Ons betaal vir uitgebreide familielede se
begrafnisse tot in die derde geslag, ons betaal skoolgeld en boekegeld
vir kinders, neefs, niggies. Ons laat ons huishoudsters leer, ons brei
truie, musse, handskoene, ons koop komberse, ons gee klasse in papiere
optel, kook, brei, hekel, kleremaak, spit, boer, plant, koeie melk. Ons
GEE. Ons koop oorpakke, koop verjaarsdagkoeke, koop pille, betaal die
taxi, gee ons kosbare padkos langs die pad weg, en sweeties deur kar en
treinvensters. Ons GEE. Ons skep werk, ons kry jammer, ons bid, ons tel
babas in asblikke op en maak hulle groot, ons gee kerspartytjies in
kleuterskole in plakkerskampe, ons laat opereer, ons gee ons harte,
lewers, niere, longe, poepolle en tonge. Ons GEE. Ons is nie rassisties
nie, ons is nie wraakgierig nie, ons bly steeds hier in ons land, ons
maak skoon , ry aan, laai af, tel op. Ons troos, verduidelik, ons bly
kalm, staan in lang rye en glimlag, en laat die een met die krukke
eerste gaan. Ons GEE.... Het ek al gesê ons GEE. So, ek dink, iewers
tussen êrens en nêrens het julle die kat aan die gat beet.....
ENIELEDAM NAMUH (Agerstevoor vir Madeleine Human)
Ons was juis daar by Bloedrivier
toe die lied vir die eerste keer gesing was, mens moet ten minste enkeer
in jou lewe die Geloftefees op die Bloedrivier terrein bywoon, iets baie
spesiaals!
Ons probeer ook om elke jaar die
Geloftefees by die Voortrekkermonument by te woon,
regs klik
hier om die foto af te laai wat ek in 2009 geneem het.
Die
Bloedrivier Lied
Dit is Sondag 16 Desember 2007. Die feesgangers het reeds hul plekke
ingeneem toe Frans Schutte, die voorsitter aankondig: "Vriende, ons het
vir jul 'n verassing vandag ..." Die musiek begin en Siebert sê die
woorde: "In 1838 is God se hulp gevra om die boere in hul nood te steun,
te behoed en te bewaar ..." gevolg deur Coreen wat sing...
Dit was maar die vyfde keer dat die orkes die lied "BLOERIVIER" saam kon
speel. BLOEDRIVIER die lied is in minder as twee weke geskryf, geoefen
en gereed gekry vir Geloftefees 2007. Die mense se reaksie?
Wel, daar is hande geklap, gefluit en gejuig! BLOEDRIVIER het gekom om
te bly. So het BLOEDRIVIER die amptelike lied van die Bloedrivier
Gelofte 170 feesvieringe geword.
Die Woorde
In 1838 is God se hulp gevra om die boere in hul nood te steun, te
behoed en te bewaar
'n Monument sal hulle bou en die dag sal heilig bly,
Hul grootste wapen - hul geloof - met die Here aan hul sy ...
Die nag was kul en donker, die impi's staan en wag,
die lampies op die ossewaens soos Mahlozi's in die nag
'n Strandwolf sluip daar tussendeur, hy's onheilspellend daar
Die mis sak toe, die vyand druis, hul wag op die bevel.
In die geslote walaer, in 'n see van heidendom
i
s daar 'n lig wat helder skyn - die lig van Christendom.
Die stemme van 'n mannekoor weerklink deur digte mis
Psalm agt-en-dertig, stel almal weer gerus.
KOOR
Maar dieselfde God van Bloedrivier is steeds ons God vandag
Hy verstaan ons grootste vrese, Hy staan by ons deur die nag
Kom ons almal vat weer hande, erken sy grote Mag
Want dieselfde God van Bloedrivier is steeds met ons vandag
Twee skote van 'n dubbel-loop, die stryd het pas begin
Die isilongo kondig aan Dingaan - ons sal oorwin
Maar God ons Vader is met ons, die vyand word verslaan
Die veld drink bloed, soos op Golgota - dit moet ons verstaan
KOOR
Maar dieselfde God van Bloedrivier is steeds ons God vandag
Hy verstaan ons grootste vrese, Hy staan by ons deur die nag
Kom ons almal vat weer hande, erken sy grote Mag
Want dieselfde God van Bloedrivier is steeds met ons vandag
Gaan kyk na my
nuwe fotografie
webwerf . Sport fotos onlangs bygelas
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
|
Zalome -
Afrikaans op die net |
Zalome is nog
iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te
bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee
soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.
Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang,
doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo
sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit
aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).
AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com
AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
Sannie, 6 jr, kom by huis van
skool af.
Sy't haar 1ste gesins voorligting gehad. Haar ma vra belangstellend hoe
het dit gegaan.
"Ek skaam my mors dood" antwoord Sannie.
"Koos hier oorkant sê dat 'n Ooievaar die babas bring.
Annie sê dat jy 'n baba in die kinderhuis kan koop.
Piet sê jy koop babas by die hospitaal."
"Maar Sannie dis tog nie iets om jou dood te skaam nie" se haar ma
laggend"
"Nee, maar ek kan mos nie vir hulle vertel dat ons so arm is dat my pa
my self moes maak nie!"
My vrou kyk ook MOS nou rugby...
As ek saans vir haar sê "Crouch! Touch! Pause! Engage!"
Dan sê sy net "Advantage over, Roll away!, Stay on your feet!, Hands
off!!"
'n Boer besluit om sy skoonma as voel verskrikker te gebruik.
Dit werk so goed, die voëls het die helfte van laasjaar se oes
teruggebring.
'Jannie, kom soen gou vir tannie Marie. Sy gaan nou ry.' sê Mamma.. 'Nee
Ma!
Gister toe Pa haar gesoen het, het sy hom geklap dat hy trek!'
Abi daag sonder 'n draad klere by 'n fancy dress op, met 'n sak bier op
sy rug..
Koos vra hom "wat is jy veronderstel om te wees ??
Abie, "skilpad, (hy wys na sy rug...) en hier is my dop.."
st
se pitkos
Klik hier
om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Welkom by hierdie
week se nuusbrief.
Het jy 'n rolmodel?
Mense wil graag sukses behaal. Mense streef daarna om bevordering in hul
werk te kry, opgang te maak en die hoogste trappie op die leer van sukses te
bereik.
Die afgelope paar jaar het die hele gedagte van entrepreneurskap sterk op
die voorgrond getree. Maar soveel jongmense begin met 'n eie besigheid net
om later die deure te sluit, want hulle het nie die mas opgekom nie. Nog
meer hartseer is middeljarige mense wat 'n uittreepakket neem en dit dan in
'n eie besigheid belê net om oor 'n jaar bankkrot verklaar te word en in 'n
finansiële noodsituasie te beland. Is jy 'n entrepreneur waar dinge maar net
nie lekker aan die gang wil kom nie?
Is jy in 'n beroep waar jy vasgekeer voel? Vasgevang in 'n werk wat jou
eindeloos frustreer en waar jou potensiaal nie tot verwesenliking kom nie?
Jy te min verdien om al jou finansiële verpligtinge na te kom? Indien dit
die geval is, welkom in die kraal saam met miljoene ander Suid-Afrikaners.
In my praktyk kry ek te doen met volwassenes wat hoogs ongelukkig is met die
sleur van hulle daaglikse beroep. Mense wat graag wil verander, maar nie
weet hoe om uit te breek na 'n beter lewe nie.
Hoe moet jy maak om suksesvol te wees in jou beroep of as entrepreneur te
groei en jou besigheid uit te bou? Daar is vele maniere om dit te doen onder
andere deur 'n bestuurs- of besigheidskursus aan 'n tersiêre instansie te
deurloop. Maar een van die kragtigste metodes is om 'n rolmodel te kry. Ek
onthou toe ek nog as kind Saterdae middae op die dorp by ons bioskoopteater
gaan fliek het. Wanneer jy daar uitkom wou jy doen en reageer soos die held
in die fliek. Hoeveel van ons had nie een of ander sportster, akteur,
skrywer of sanger as 'n heldfiguur nie - iemand wat iets in ons wakker maak
en wie ons graag so navolg.
Rolmodelle is nie net vir kinders nie. Jy kan as volwasse ook 'n rolmodel
kry.
Die lewe bied soveel moontlikhede van rolmodelle. Ons sien suksesvolle
sakemanne soos Bill Gates, Donald Trump, Mark Shuttleworth, Sol Kerzner,
Richard Branson en Raymond Ackermann. Ons sien rolmodelle in die
sportswêreld soos Ryk Neethling, Natalie du Toit, Bruce Fordyce en Ernie Els.
Oral rondom ons sien ons rolmodelle wat dien as inspirasie vir ons.
Ons lees van mense en die wonderlikste suksesse wat hulle behaal. Mense wat
in die aangesig van probleme en ellende nie moed opgegee het nie. Mense wat
feitlik bomenslike struikelblokke oorkom en in die aangesig van groot
teenstand besondere bydraes vir die mensdom gelewer het. Dink maar aan 'n
Helen Keller, Moeder Theresa, Ghandi, Oscar Pistorius (die Suid-Afrikaanse
atleet wat albei sy bene verloor maar tog die wêreld verower), Beethoven en
Handel die komponis van "The Messiah".
Dit is goed dat ons leer by hierdie mense. Immers is hierdie mense ook maar
net vlees en bloed soos ons, en tog het hulle wonderlike en grootse
prestasies behaal. Dikwels is hierdie mense helde wat onder die moeilikste
omstandighede denkbaar nie moed opgegee nie, maar aangehou en uitgehou het.
Mense wat alles opgeoffer het om 'n droom en ideaal te bereik. Mense wat vir
ons dien as inspirasie.
Maar daar is ook 'n anderkant van die muntstuk. Soms voel 'n mens
minderwaardig teenoor sulke presteerders, helde, suksesvolle mense. En jy
weet binne jou omstandighede en binne jou talente en vermoeëns gaan jy nie
kan bereik wat die held van jou drome reggekry het nie. Dan voel jy nie goed
genoeg nie, so half moedeloos en betekenisloos wanneer jy jou vergelyk met
diesulkes.
Kies vir jou rolmodel wat 'n superster is - dit kan vir jou dien as
motivering. Maar kies ook vir jou 'n rolmodel wat jy kan navolg. Kies ook
vir jou 'n rolmodel met die nodige realisme. Kies iemand by wie jy kan leer,
iemand wie se leiding en voorbeeld jy kan navolg en wat jou inspireer om ook
sukses in die lewe binne jou bepaalde omstandighede te behaal. 'n Superster
as rolmodel kan tot frustrasie en mismoedigheid lei omrede jy nie daar kan
uitkom nie - jy voel minderwaardig, talentloos, suksesloos, ondergeskik.
Daarteenoor kan 'n realistiese rolmodel dien as effektiewe inspirasie en
voorbeeld.
Byvoorbeeld, ons almal kan nie in ons besighede 'n multi-biljoenêr op
27-jarige ouderdom wees nie - maar ons kan realistiese doelwitte stel waar
'n goeie toepaslike rolmodel vir ons tot praktiese motivering dien en ons
van positiewe riglyne voorsien.
Sulke rolmodelle is oral rondom ons. Dit kan 'n onderwyser wees, jou vader
of moeder, jou oom, jou broer of suster, jou kollega by die werk, jou vriend,
'n familielid wat 'n entrepreneur is, die vrou in die kerk, jou buurman. Kyk
rondom jou en jy sal 'n rolmodel vind.
Het jy 'n rolmodel nodig? Ek weet nie van jou nie, maar ek het rolmodelle
nodig in my lewe. Meer as een - want by die een leer ek dit en die ander
persoon dien weer as rolmodel op 'n ander terrein. Dis so fantasties as jou
rolmodelle nie iemand daar bo iewers hoog verhewe is nie, maar iemand wie jy
kan bel, saam met wie jy gaan koffie drink, en iemand met wie jy kan vriende
wees.
Het jy 'n rolmodel nodig? Ek dink so - baie mense met wie ek te doen kry is
moedeloos, rigtingloos, besluitloos, bang, sonder kennis, sonder leiding. 'n
Rolmodel kan vir jou fantastiese leiding en onderskraging gee. Kry vir jou
'n rolmodel as jy nie een het nie.
Die volgende aspek is baie belangrik: dit is goed om rolmodelle te hê wat
supersterre is en wat drome en ideale in jou aan te wakker. Maar jy het ook
'n rolmodel nodig wat nader aan die huis is. Iemand wie bereikbaar is,
iemand met wie jy kan praat. Jy benodig 'n rolmodel met wie jy interaksie
kan hê, met hom / haar gesels en waar jy waarneem hoe en wat jou rolmodel
doen. Dit is goed om 'n rolmodel te vind wat deur soortgelyke situasies en
probleme gegaan het as wat jy in jou huidige omstandighede ondervind. Deur
te kyk hoe jou rolmodel hierdie probleme hanteer het, leer jy om jou eie
persoonlike omstandighede en probleme te hanteer. Kies dus 'n rolmodel wat
bereid is om met jou te skakel en met wie jy gemaklik kan kommunikeer.
Jy moet ook jou rolmodel so kies dat jy weet hy / sy sal in jou as persoon
belangstel. Van die sterre is so behep met hulle eie beeld en dinge dat jy
nie werklik vir hulle saakmaak nie. Jy is daar om hulle ego verder op te
blaas nie - jou rolmodel moet werklik met jou empatie hê en bereid wees om
aandag aan jou probleme en behoeftes te gee; om met jou te kommunikeer.
Kies vir jou 'n rolmodel wat met selfvertroue handel en wat reeds sukses
behaal het. Jy het beslis nie 'n rolmodel nodig met 'n gebrekkige
selfvertroue en swak selfbeeld nie, want so 'n rolmodel kan 'n negatiewe
impak op jou hê.
Kies vir jou 'n rolmodel wat uniek is, wat 'n eiesoortige talent en
karaktertrek het. Jy moet iets leer wat buite die gewone normale is - dit is
immers hoekom jy 'n rolmodel soek anders kon jy maar enigiemand as rolmodel
neem. Jou rolmodel moet besondere vaardigheid, aktiwiteit, besigheid ens
goed kan doen, spesiale talente en insigte toon. Dis waana jy opsoek is.
Maar jou rolmodel moenie ook te ver verwyder wees van wat jou drome en
doelwitte is nie. Dit help nie jou rolmodel is 'n beroemde rugbyspeler, maar
jy wil nie dit doen nie. Hy kan jou alles dalk vertel en wys hoe om 'n
suksesvolle rugbyspeler te word, maar eintlik soek jy leiding van 'n
rolmodel oor hoe om 'n suksesvolle sementfabriek van die grond af te kry.
Kies vir jou 'n rolmodel wat bekend is met dit wat jy wil doen en oor droom.
Jy hoef nie presies soos jou rolmodel te word nie. Jy bly steeds jou eie
unieke mens. Jy leer by jou rolmodel sekere kennis, vaardighede, manier van
dinge doen, tegnieke en so meer, maar jy probeer nie 'n weergawe van jou
rolmodel te word nie. Behou jou individualiteit.
Bestudeer vir die volgende paar weke suksesvolle mense wat jy ken of waarvan
jy gelees het. Kyk of jy kan agterkom wat hulle doen om suksesvol te wees.
Daar moet dinge wees wat suksesvolle mense anders doen as "mislukkings" in
die lewe.
Kyk of jy die geheim tussen sukses en mislukking kan ontrafel. Meng met
suksesvolle mense en hou jou ore oop. Luister waaroor hulle gesels. Probeer
agterkom hoedat hulle dink en doen. Kyk of jy kan bepaal watter strategie 'n
persoon gevolg het om mislukkings en probleme in sukses te omskep.
Kombineer bostaande met die lees van biografieë van suksesvolle mense wat
vir jou as rolmodel dien. Hierin gaan jy die ongelooflikste stukkies
binne-inligting kry oor mislukking, opstaan, planne maak om uiteindelik te
seëvier. Mense wat briljant presteer het op verskeie terreine soos in
besigheid, wetenskap, sport en die kunste se geheime is opgeteken.
En ek wil jou regtig aanmoedig om dit te doen. Nie alleenlik gaan jy baie
kennis opdoen nie, maar jy gaan ook motivering kry vir sukses in jou eie
lewe.
Skryf neer die determinante, idees en wenke van sukses wat jy ontdek het.
Ontwikkel hieruit jou strategie en bloudruk vir sukses.
Maar... net so belangrik. Is jy 'n rolmodel vir iemand? Dalk besef jy dit
nie eers nie, maar daar mag mense wees wat na jou opkyk en jou sien as
inspirasie en voorbeeld. Tree dan so op met waardigheid, respek en liefde
dat jy ook jou rol as rolmodel na die beste van jou vermoë nakom. Jou
nalatenskap as rolmodel vir mense - soos vir jou kinders - met wie jy
saamleef en in aanraking kom, is meer werd as die goud en silwer wat jy
agterlaat.
'n Sprankie wysheid vir die dag
"Mense verbeter nooit tensy hulle opkyk na 'n standaard of voorbeeld wat
hoër en beter is as hulself." - Tyron Edwards -
Jy kan inteken op my nuusbrief
sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na
www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou
naam en eposadres vir my.
Dr ST Potgieter
Sielkundige
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
As jy dalk nog
baie resepte wil hê, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
| |
Gebakte Vrugteslaai
(Lekker As Soetkos)
1 X 2 Lb Blik Pere
1 X 2 Lb Blik Perskes
1 X 1 Lb Tertappels
4 Piesangs
Dreineer En Snipper Die Vrugte
Voeg
1 T Kerrie
1 T Borrie
¼ K Geelsuiker
1 E Botter
Sout By
Bak Vir 45 Minute 180°C
Pampoenpoffertjies In Stroop
(Hierdie Resep Is Baie Lekker Saam Met Enige Tipe Gekookte Kos, En
Braaivleis)
Bestanddele
500 Ml Fyngemaakte Pampoen
250 Ml Bruismeel
10 Ml Bakpoeier
2 Ml Sout
Kookolie
15 Ml Botter
325 Ml Suiker
200 Ml Melk
40 Ml Mielieblom
175 Ml Koue Water
Kaneel
1. Meng Pampoen, Bruismeel, Bakpoeier, Sout En Eier Deeglik. Skep
Teelepels In Warm Kookolie. Braai Goudbruin En Gaar.
2. Dreineer Op Bruinpapier En Skep Op Opdienskottel. Verhit Botter,
Suiker En Melk Tot Kookpunt.
3. Los Mielieblom In Water Op En Roer In 'N Straaltjie By Melkmengsel.
Verhit Tot Kookpunt En Skep Oor Koekies.
Koue Heel Mielieslaai: (Ideaal Vir Braai)
Jong Vars Heel Geelmielies (1 Of 2 Per Persoon)
1 Bottel Franse Slaaisous
Kook Mielies Vir 15 Min (Afhangende Van Grootte )
Sny Mieliestronke In 4 – 5 Cm Stukke
Sit In Marineerbak Saam Met Slaaisous En Draai Af En Toe Om.
Geniet Saam Met Braaivleis Op ‘N Warm Dag.
Vinnige Aandete
4 Dik Snye Brood
1 Blikke Weense Worsies
3 Geklikste Eiers
2 K Gerasperde Kaas
2 K Melk
1 Pakkie Bacon
Uie
Pietersielie, Sout, Rooipeper En Mosterd
Metode
Sny Die Bacon In Stukkies.
Voeg Die Uie By En Braai.
Krummel Die Brood En Voeg Warm Melk Oor En Laat Week.
Voeg Die Geklitste Eiers By En Meng Goed.
Gooi Alles In 'N Bak En Bak In Matige Oond Tot Gestol En Gaar.
Pan Ete
100 Ml Margarien
500 G Aartappel
50 Ml Gekapte Ui
50 Ml Gekapte Groen Rissie
200 Ml Gerasperde Kaas
4 Eiers
5 Ml Sout
5 Ml Peper
5 Mlmosterd
340 G Weense Worsies
Metode
Smelt Margarien In Pan.
Braai Ui Effens Bruin.
Voeg Soetrissie En Aarappels By.
Sit Deksel Op Pan En Verhit Vir 5 Min Oor Lae Hitte.
Klits Eiers En Voeg Geurmiddels By.
Gooi Eiers Oor Die Aartappel Mengsel.
Rangskik Gesnyde Weense Worsies Oor Die Aartappel Mengsel.
Sit Pan Se Deksel Op Verlaag Hitte En Verhit Mengsel Vir 10 Min Of Tot
Gestol.
Sny In Skywe En Bedien.
Vinnige Groente Tert
500g Murgpampoen Gerasper
1 Ui
3 Repe Spek
1 Kop Cheddar
½ Kop Olie
2 Eiers
1 Blik 410 G Pitmielie, Gedreineer
Sout En Peper
125 Ml (½ Kop) Melk
1 E Meel
Meng Alles En Bak 45min By 180oc
Soetpatatresep
3 Groot Patats (Geskil En In Dik Skywe Gesny)
3 X Eetlepels Botter
½ Koppie Suiker
½ Koppie Melk
½ Koppie Water
½ Teelepel Sout
½ Teelepel Koeksoda
2 Teelepels Suurlemoensap
1. Roerbraai Botter En Suiker Tot Karamel. Voeg Melk, Water, Sout,
Kremetart En Suurlemoensap By (Roer Deur En Oppas Dat Die Mengsel
Nie Oorkook Nie).
2. Sit Skywe Patats In Die Sous En Sit Die Deksel Van Die Kastrol Op.
Draai Plaat Laag En Laat Patats Kook Tot Sag, Maar Steeds Souserig.
Bedien Saam Met Kerrievleis Of Hoender En Natuurlik Saam Met Snoek
Is Dit Heerlik!
Pampoenkoekies
2 Koppies Fyn Pampoen
1 Eetlepel Botter
Half Teelepel Sout
Kwart Teelepel Peper
Geel Van Een Eier
2 Eetlepels Meel
1. Bak, Kook Of Stoom Die Pampoen Tot Gaar. Druk Deur 'N Sif. Gooi
Botter, Sout, Peper En Geel Van 'N Eier By.
2. Vorm Klein Frikkedelletjies, Steek In Eier En Broodkrummels En Braai
In Vet.
Groenteskottel
500 G Murgpampoentjies Met Skil Gerasper
1 Ui Gekap
4 Of Meer Repe "Bacon"
1 Koppie Cheddarkaas Gerasper
3 Eetl Olie
2 Eiers
1 Blik Pitmielies Gedreineer
Sout En Peper
½ Koppie Melk
1. Meng Alles Saam
2. Skep In Gesmeerde Bak
3. Bak 45 Min Op 180°C
Lekker Eet!
Gebakte Kool
Ongeveer ½ Koolkop, Grof Gekerf
1 Groterige Ui
2 Groterige Aartappels
Ham / Viennas / Kaasworsies / Spek Na Keuse
1 Pakkie "Potato Bake" (Bacon And Cheese)
Gerasperde Kaas
1. Kook Kool Op In Bietjie Soutwater Tot Net Bros. Dreineer Goed En
Skep In Gesmeerde Oondbak.
2. Kerf Ui En Soteer In Botter. Skep Oor Kool.
3. Skil Aartappels En Sny In Klein Blokkies. Kook In Mikrogolf Tot Net-
Net Gaar. Dreineer En Braai In Botter Tot Ligbruin. Skep Oor Kool En
Uie.
4. Braai Ham, Viennas, Kaasworsies Of Spek In Botterpan. Skep Oor
Kool-Mengsel.
5. Meng Alles Liggies Met 'N Groot Vurk.
6. Meng "Potato Bake" Volgens Aanwysings En Gooi Bo-Oor
Koolmengsel.
7. Rasper Kaas Bo-Oor En Bak In Oond (180°C) Vir Ongeveer 20 Minute
Tot Gestol.
Groentegereg
1 Botterskorsie (Butternut)
8 Murgpampoentjies (Baby Marrows)
250 G Knopie Sampioene
Pakkie Wit Uiesoppoeier
1 Glasie Vars Room
1. Sny Botterskorsie In Blokkies En Mikrogolf Met 'N Klein Bietjie Water
Vir Ongeveer 10 Minute.
2. Sny Murgpampoentjies In Ringetjies En Mikrogolf Met 'N Klein Bietjie
Water Vir Ongeveer 8 Minute.
3. Sny Sampioene In Stukkies (Soos Jy Self Verkies) - Moet Nie
Mikrogolf Nie.
4. Gooi Al Drie Groentes In 'N Bak En Strooi Soppoeier En Room Bo-
Oor. Bak Vir Ongeveer 20 Minute By 180°C.
Al Eet Jy Nie Hierdie Groentes Apart Nie, Sal Ek Jou Waarborg Jy Sal
Hierdie Gereg Eet Totdat Jy Skuins Lê.
Mieliegereg
Hierdie Is 'N Maklike Gereg Wat Heerlik Saam Met Enige Iets Afgaan.
90 Ml Koekmeelblom
5 Ml Bakpoeier
90 Ml Suiker
2 Geklitste Eiers
3 Blikkies Suikermielies
90 Ml Botter
Meng Alles Saam. Bak Tot Gaar By 180 Grade C.
Murgpampoentjies
2 Pakkies Murgpampoentjies (Lang Groenetjies) In Lengte Gehalveer
1 Pakkie Tamatieroomsop
1 Houer (250 Ml) Room
1. Pak Gehalveerde Murgpampoentjies In `N Glasbak, Enkellaag
2. Strooi Droë Tamatieroomsop Bo-Oor - Dit Kan Maar Lekker Dik Lê
3. Gooi Houertjie Room Bo-Oor Alles
4. Bedek Met Deksel / Foelie
5. Bak In Oond Vir 90 Minute Teen 140°C.
6. Die Pampoentjies Moet Sag Wees As Gaar En Die Room Sal Dik
Wees. Dit Lyk Vreeslik Mooi Met Die Groen, Rooi En Wit Kombinasie Op
Die Bord.
Ekstra Inkomste
Hier is iets
wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou
ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe
maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke
maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Sluit gratis
aan vir 'n proeftydperk.
Maar jy moet opgradeer om deel te neem
aan die wins, dis egter 'n druppel in die emmer. Probeer gerus!
Die hele proses het nou
verbeter en dis nou makliker om te begin inkomste kry, sluit gerus aan
vir 'n gratis proeftydperk, kyk die kat uit die boom en gradeer dan op
om te begin saamspeel!
Klik
hier en gaan kyk self!
Dit neem 'n rukkie, maar ek het
verlede maand net minder as
R1000 gekry. Elke bietjie help!
Yes, out of
curiosity I visited Be Motivated Today during September 2009, but only
joined during August 2010, what a waste of time!!!.
If I knew what was happening during the year I wasted, man, I would have
joined immediately after I read the details of the setup.
I now have a waiting list of seven on my downline (one already joined as
Silver), the others are bound to join during November and they are jumping
around purely from excitement to get started and its rubbing off on me as
well.
Just one question: My intention is to place an invitation advertisement on
the rear window of my car, do you think it could shake some people out of
their dreams and make them joining us?
Klik
hier vir meer besonderhede
Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk
hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Resepte, resepte,
resepte
Ek het besluit om sake vir my
te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans)
op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent
enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek
te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar
dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met
hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.
Die prys van die CD is R100 (dis
om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit
Posgeld is R20 vir
geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot
toonbank.
As jy sou belangstel om een
van die CD's te bekom,
klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook
net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die
spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer
stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit
Speed Services oornag toonbank tot toonbank
Hier is die Afrikaanse boeke:
217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se
Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se
Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer
net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1,
Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir
Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille
samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies
Allerlei
Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet,
Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke
omskakelingstabel, Werk van die huis
Hier is die lys van baie ou
Engelse resepte eBoeke
A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922
A Dozen dainty recipes for preparing wartime canned meats - 1920
A Home Guide - or a book by 500 ladies - 1877
Aunt Carolines Dixieland Recipes - 1922
A Practical Dictionary of Cookery - 1200 tested recipes - 1898
Best recipes for baking - pre 1908
Buckeye Cookery and Practical Housekeeping - 1877
Burke's Complete Cocktail and tasty bite recipes - 1936
Catering for special occasions with menus and recipes - 1911
Diabetic Cookery - recipes and menus - 1917
Fifty Choice Recipes for Spanish and Mexican Dishes - 1905
Fifty valuable and delicious recipes made with corn meal - 1917
Heart of the Wheat - a book of recipes - 1910
Hospitality - recipes and entertainment hints for all occasions - 1922
Hotel Management - quantity food recipes
Household hints and recipes - 1877
Ice Cream - practical recipes for making ice cream - 1886
Information for everybody - 1859
Jane Hamiltons Recipes - 1909
Just the thing - dainty dishes at small cost - 1899
Larger cookery book of extra recipes - 1891
Leather Manufacture - 1891
Light entertaining - a book of dainty recipes for special occasions - 1910
Mom's Cookbook
On Uncle Sam's Water Wagon - 500 recipes for delicious drinks that can be
made at home - 1919
Our candy recipes - 1919
Practical Household Cookery - 1000 recipes - 1891
Preserves and Pickles - 1912
Recipes - dainties, salads and clever hints - 1919
Recipes for the preserving of fruit vegetables and meat - 1908
The Candy Maker's Guide - 1896
The Housekeeper's Friend - 1897
The Hygenic Cookbook - 1881
Tried and Tested Recipes - 1921
Two Hundred and Seventy Five Wartime Recipes - 1918
Two hundred recipes for cooking in casseroles - 1914
Two hundred recipes for making desserts - 1912
War Time Cookery - 1917
Wheatless Recipes - 1918
Wrinkles and Recipes, including farming and household hints - 1877
Hier is die Engelse resepte:
FunkyMunky
Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of
Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes
in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go
camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at
your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie
Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special
holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all
ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes
from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's
assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the
chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two
of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of
mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for
appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all
here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!
Bonus eBooks
Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food
Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns
Everything you wanted to know about making, marketing and selling your
crafts.
Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies,
myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.
10,000 Dreams Interpreted
Al my nuusbriewe is
op hierdie bladsy beskikbaar:
http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Elke nuusbrief sal
voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.
|
|