http://www.playeuromillions.com/af/home.html

Ek staan op vir Afrikaans!

Dit is ons erns.

 

Nommer 165

Besoek my Webwerf

15 November 2011

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die Argiewe, meeste van die ou nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur daar af.

Ek stuur ook 'n Engelse brief uit, elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek, gaan kyk gerus en laai na hartelus af.

Die pasella hierdie keer is 'n eBoek met pannekoek resepte. Pannekoek is altyd 'n gunsteling, vir my altans!

Die resepte is sommer 'n groot verskeidenheid uit mt resepte argiewe. Gaan kyk gerus ondertoe!

Ons is al amper weer oppad Kruger toe vir 'n week, kan nie wag nie. Ek hoop maar altyd op daardie spesiale foto wat al wat 'n prys is sal wen! Wie weet, dalk hierdie keer??

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Teken hier in op die nuusbrief: http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief,html

Jou eposadres verander?

Doen dit sommer self, klik hier. As jy nie internet toegang het nie, stuur my epos met jou ou en nuwe adres.

My Resepte eBoek samestelling op CD

Bo en behalwe die Afrikaanse en Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke is sal jy die boeke regtig interessant vind.

Gaan kyk onder vir 'n lys van die ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.

Rugbygeesdriftiges

Klik hier om te gaan kyk na al wat 'n statistiek is oor Springbok rugby asook sie afgelope seisoen

Soekblokkie

Potjiekosresep

Hoender-biltong-en-spekpotjie

2 hoenderaftrekselblokkies
250 ml kookwater
500 ml witwyn
250 ml blatjang
46 g sampioen soppoeier (1 pakkie)
5 ml gedroogde tiemie
5 ml gemengde gedroogde kruie
5 ml suurlemoenpeper

15 ml olyfolie
15 ml botter
12 hoenderdye
250 g spekvleis, gekap
50 ml brandewyn
10 ml gekapte knoffel
2 uie, in ringe gesny
'n halwe groen soetrissie, grof gekap
1 selderystingel, in dun ringe gesny
20 klein aartappeltjies, geskil
4 wortels, in skyfies gesny
12 klein uitjies, heel
250 g knopiesampioene
8 murgpampoentjies, in dik skywe gesny
1 rooi soetrissie, in lang repe gesny
150 g klam beesbiltong, gekerf
250 ml gerasperde chedderkaas
125 ml vars, gekapte pietersielie


Los die aftrekselblokkies in die kookwater op. Meng die res van die bestanddele van die sous en voeg dit by die aftreksel. Hou dit eenkant.


Verhit die botter en die olie oor matige hitte en verbruin die hoender. Voeg die spekvleis by en soteer dit 3 minute lank. Voeg die brandewyn en knoffel by en roer dit deur en moet dan nie weer die pot roer nie. Strooi die uie, soetrissie en seldery oor die hoender en plaas dan die aartappels en wortels bo-op. Giet die sous oor, plaas die deksel op en prut dit n uur lank. Voeg die klein uitjies, sampioene, murgpampoentjies en rooi soetrissie by. Strooi die biltong en die kaas oor. Voeg kookwater by indien nodig. Bedek dit en laat dit prut dit 20 minute lank. Roer dit net voor bediening en strooi die pietersielie oor.

Van: Boerekos.com

Werk van die huis?

Ek het 'n rukkie gelede 'n paar idees saamgeslaan oor hoe om dalk 'n ietsie ekstra van die huis te verdien.

Klik hier om na daardie bladsy te gaan.

Ideale Kersgeskenk

Koop een geskenk en stuur dit sommer aan almal per epos, vriende, familie of kollegas. Spaar 'n fortion aan posgeld. Ek stel twee van my resepte eBoeke beskikbaar teen net R60, Peterjasie se Boek en ook Peterjasie se Feesresepte. As jy sou belangstel, stuur my 'n epos en ek gee vir jou my bankbesonderhede. Ek epos die boeke onmiddelik vir jou.  ( peter@peterjasie.co.za )

Die Afrikaanse rolprent - gister en vandag

Baie dankie aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie reeks te gebruik.

Die volledige reeks programme kan  hier gelees word

Pasella

Regs klik hier om die eBoek met pannekoek-resepte af te laai.

Geskiedenis van Boeremusiek — 'n Oorsig — 1700 ~ 2004

Deel 2

Vroeg in die sestiende eeu het dans 'n oplewing gehad en 'n groot invloed op musiek gehad. Allerhande nuwe passies het die lig gesien en pare het begin om teen mekaar te dans. Aan die Kaap is danse soos die kwadriel, die minuet en die gewilde kontradans ingevoer wat baie populêr was. Dat daar baie musiek gemaak is in die Kaap van 1652 tot 1800 is verseker. Tot op hierdie stadium word Boeremusiek nêrens vermeld nie maar, soos reeds genoem, was kommunikasie soos ons dit vandag ken, nie beskikbaar nie.

Na die bewindsoorname van die Kaap deur Brittanje vroeg in die 19de eeu het baie Britse orkeste die Kaap besoek. Musiekinstrumente het toe ook makliker bekombaar geraak.
Die ingewikkelde danse moes nou plek maak vir die nuwer danse soos die wals, polka, mazurka en die settees. Namate die Kaapse inwoners die binneland begin verken het en meer immigrante hulle hier gevestig het, het ontwikkeling vinnig gevorder. Graaf Reinett en Grahamstad was nou al gevestig, maar belangriker nog, die Afrikaner het as boere gevestig geraak en sodoende ook die grondslag vir die ontwikkeling van Boeremusiek gelê.
Alhoewel die grootste agting die eerste musikante wat plate gemaak het toekom, kan ons nie goedsmoeds die komposisies van die nommers wat hulle gespeel het aan hulle toedig nie. Die rede hiervoor is dat baie van die nommers wat hulle gespeel het reeds in die negentiende eeu deur andere gespeel was. Kalie de Jager bevestig hierdie beskouing en meld dat hy 'n konsertinaspeler geken het wat vroeg in die 20ste eeu leer konsertina speel het en negentig persent van die nommers wat die betrokke persoon gespeel het, het hy by sy pa gehoor wat mondfluitjie gespeel het! Dié het dit weer by sy pa geleer wat konsertina gespeel het! Nou is ons al terug by 1860! Inligting wat verder terug strek as hierdie kon ongelukkig nie bekom word nie.
Wat wel in die navorsing van Kalie de Jager duidelik was, is die feit dat die Soutpansberg Settees en Soutpansbergpolka voor die Vryheidsoorlog op 'n 2ry Wheatstone, oftewel Engelse konsertina, gespeel is!
Kom ons kyk weer na die aard van Boeremusiekbyeenkomste in die 19de eeu. Boeremusiek is in die sitkamer of waenhuis gespeel met die instrumente wat beskikbaar was. Veral die viool en serfyntjie was baie populêr. In elk geval was die Boere reeds vroeg in die 19de eeu aan die trek. Verbeel jou om al jou besittings en kos vir 'n onbekende aantal maande, alles op die ossewa te laai! Weens hulle grootte was die viool en later die konsertina, so gewild want dit het bitter min plek gevat. Verder is Boeremusiek by sosiale geleenthede gespeel soos verjaardae en troues en kon dié instrumente maklik saamgeneem word na sulke byeenkomste. Omdat die Boere so ver uitmekaar gewoon het, is daar groot ophef van dié byeenkomste gemaak en het die vrolikheid dikwels sommer vir 'n week aangehou!

Hoewel die eerste vrolike klanke van Boeremusiek soos ons dit later leer ken het, reeds in hierdie tydperk aan die orde van die dag was, was die jare tussen 1800 en 1840 vol onrus en probleme — veral vir die Boere in die Ooskaap. Soveel so dat dit uiteindelik gelei het tot die Groot Trek. Tydens hierdie trek het die Boere natuurlik ook hulle musiekinstrumente saamge-neem en is Boeremusiek sodoende saam die binneland in.
Noodwendig ontstaan die vraag nou waaroor die groot geskarrel om die oorsprong van Boeremusiek na te vors? Dit gaan oor erkenning en tantieme.
In die eerste plek word daarna gestreef om erkenning te verleen aan die musikant wat sy talente ingespan het om die nommer te komponeer. Tweedens is tantieme ter sprake om die musikant verder te vergoed vir sy bydrae. In hierdie opsig het die musikant ook 'n spesifieke verantwoordelikheid, naamlik om sy komposisie by die Suid-Afrikaanse Musiekregte Organi-sasie (SAMRO) te registreer.

Die organisasie is oorspronklik in Engeland gestig om musikante te beskerm. Oorlede Nic Potgieter het by hulle aangesluit voordat hulle Suid-Afrika toe gekom het en was ook 'n pensioentrekker by hulle. Registrasie van nommers het 'n tweeledige doel: die musikant ontvang in die eerste plek vergoeding wanneer sy nommer in die openbaar gespeel word en tweedens word verdere vergoeding betaal wanneer die nommer — hetsy op 'n album of by 'n openbare byeenkoms — gebruik word.

Uit 15 Goue Jare , saamgestel deur Kalie de Jager

Lekker lugkastele bou - Oorsese Lottos

Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy?

Hier is die lys van beskikbare Lotto s en die huidige boerpotte:

Powerball US $86,000,000
SuperEnaLotto EU €21,800,000
MegaMillions US $22,000,000
MegaSena US $21,300,000
EuroMillions EU €15,000,000
UKLottery UK £9,300,000
ElGordo EU €7,800,000
SuperLottoPlus US $10,000,000
FranceLoto EU €5,000,000
OzPowerball US $2,900,000

Sjoe, dis darem maar groot geld!

Die kardioloog se tredmill

Ek gaan mos elke ses maande kardioloog toe vir 'n strestoets op die trapmeul. Ek moet aanhou trap tor my hartklop om en by 140 is, dan kan hulle glo behoorlik sien of alles nog in orde is. Daarom kan ek aaanklank vind by die volgende storie wat Helena Graham vir my gestuur het:

My vriendin, wat ek al van Standerd Twee af ken, was eers op n plaasskool Vandat ek haar ontmoet het, het ek haar nog nooit hoor skinder nie, maar as jy na haar kyk, weet jy daar kom n grap....altyd ten koste van haarself.

In die plaasskool, het hulle oorleweringkuns geleer in plaas van lees en skryf en somme doen. Hulle was n paar kinders, met net een onderwyser. Hulle grootste werk was gewoonlik om hom te help lood smelt om sinkers te maak of die beeste te gaan keer as hulle te ver van die skoolterrein af wei. Op n dag het n inspekteur vir liggaamlike opvoedkunde die skool besoek, maar hulle het niks van liggaamsoefeninge geweet nie. Al die boere in die nabyheid het die dag op die winkel regoor die skool, se stoep kom sit om die chaos te aanskou. Dit was vir baie lank die grap van die jaar, want hulle het meer van loodsmelt as liggaamsoefening geweet Dit nou daar gelaat, want haar ouers het besluit dat sy dorpskool toe moes gaan om darem iets te, want loodsmelt bring n mens nou nie juis ver in die lewe nie.

Sy is later getroud en het twee seuns. Haar man is skielik dood aan n hartaanval en n jaar later weer sy broer. Hartaanvalle het dik geloop in haar man se familie. Haar twee seuns moes toe ook maar vir toetse gaan. Die kardioloog sê toe dat sy ook maar sommer vir n toets moet kom. So gesê en sy maak n afspraak.

Nou kom die “maar”..... Sy het broekiekouse in die winter gedra sonder n broekie daaronder. Ek hoeveel keer gesê n mens moet n broekie onder die kouse aantrek, maar nee, hoekom is dit dan broekiekouse? En so hou sy maar aan broekiekouse alleen dra. Nou kom die afspraak by die kardioloog, met broekiekouse aan. Die man sit natuurlik al die kontroles aan haar op die regte plekke en nou is dit vir die tredmill. Sy klim toe op, maar die kardioloog sê diplomaties dat sy gaan gly en maar die kouse moet uittrek. Ek moet sê sy was nie sleg gebou nie, met al die dinge op die regte plekke.....mooi genoeg vir die kardioloog om te aanskou.

Nou moet die broekiekouse maar uit vir die tredmill uittrek word en daar hardloop sy poedelnakend. Alles wat kan wip en skud, doen dit behoorlik en die kardioloog kyk maar gewillig toe. Hy laat haar hardloop tot die sweet haar aftap, maar hardloop sal sy hardloop. Die kardioloog moet tog sy werk deeglik doen! Toe sy wou neersak van moegheid het hy haar eers n glas koue water aangebied en nog n bietjie laat hardloop....dit was immers wat die man gedink is....hierdie is nou n droomvrou.

Albei se spedometers was later in die rooi. Hare omdat sy so lank moes hardloop en syne....ek kan maar net raai. Hy moes n ander kardioloog gaan spreek oor sy eie hart na die episode. Ja, mans kan mos net aanhou kyk en kyk en kyk.

Sy het natuurlik vir almal wat ore het om te hoor, daarvan vertel en dubbeld gevou van die lag daaroor. Natuurlik het haar seuns nooit na g’n dokter gegaan waarheen hulle ma gaan nie. Nodeloos om te sê loop sy nog steeds slegs met broekiekouse alleen.....dokter toe of te not.
 

Boeremusiek

Alles wat jy wil weet oor Boeremusiek.

Hierdie is die webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Klik hier om sy webblad te besoek.

Uit die Natuur.

Skermbeeld

Hier is 'n foto wat ek geneem het wat jy as skermbeeld kan gebruik, klik op die foto vir 'n groter weergawe.


Boeremusiek Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde"

 
Jaap Esterhuizen

Saam met die orkes van Tom Senekal was Japie talle kere in die wenorkes en dis nie omdat hy verkeerd gespeel het nie. Hy was ook 'n groot vriend van oorlede Piet Venter, orkeslid van Fanie Bosch. Japie het self ook vir Fanie gespeel. Deesdae speel hy gereeld in Paul Roodt se orkes.
 


 

Facebook en Twitter

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za of kry my by www.facebook.com/Peterjasie

Ek Tweet ook nou en dan op Twitter by @Peterjasie

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige en Heel Skool Evalueerder in Stellenbosch.  Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer.  Sy gee praatjies, skryf artikels, lag en reis die hele land vol.  Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders.   Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com.

Maak 'n verskil

Ek is gereeld oorweldig deur die erge omstandighede waardeur meeste mense moet beur en eintlik nog meer verbyster deur baie individue wat bo dit kan uitstyg. Mense wat nie ondergetrek word deur die gety van negatiwiteit, neerdrukkende omstandighede of gesondheid nie. Hierdie enkele mense lig meestal nie net hulself uit hierdie moeras nie, maar ook die mense wat naby aan hulle is. Hulle bly nie slagoffer van hulle omstandighede nie, hulle is oorlewendes of meer spesifiek, oorwinnaars van hulle haglike omgewings. Daar word al baie dekades navorsing gedoen om te probeer vasstel hoe sommige mense hierdie uithou-en aanhou ingesteldheid verkry en behou.
Ek het onlangs The Secret Millionaire op BBC kanaal gekyk waar rerige miljoenêrs vir 10 dae gaan bly in behoeftige gemeenskappe om sodoende waardige ontvangers te vind vir die duisende ponde wat hulle wil skenk. En midde hierdie mees onwaarskynlike plekke kry hulle altyd iemand: soms ‘n organisasie wat vir kinders met spesiale behoeftes sorg, soms ‘n kind wat begin om vir honger kinders in haar skool kos van winkels te vra en soms ‘n tagtigjarige wat medemenslik koek bring en nuwe inwoners verwelkom. Mens kom diep onder die indruk dat daar gewone mense is wat bo hulle omstandighede uitstyg deur barmhartig en onselfsugtig aan ander ‘n diens te lewer. Hulle maak ‘n verskil-hulle verrig wonderwerke helder oordag.
Viktor Frankl, Joodse psigiater wie tydens die Tweede Wêreldoorlog in die Nazi konsentrasie kampe aangehou was, was verbaas dat tenger en sieklike mense die helkampe oorleef het en sterk gesonde mense soms nie. Hy het ‘n aangrypende boek geskryf, Man’s search for Meaning, waarin hy dokumenteer hoe mense aan die lewe gehou is deur die liefdevolle dade vol deernis wat hulle aan ander gedoen het.
Neem die besluit om van vandag af ‘n verskil te maak in jou huis, buurt en werksplek. Leef die verandering uit wat jy so na smag. Dit begin by een persoon, en daardie persoon kan jy wees.
Begin mense groet met ‘n glimlag en luister met opregtheid na hulle, laat toe dat ander mense eerste stap of die laaste sitplek kry, tel die vuilgoed in die parkies op, plant bome, neem tee en koekies vir die nuwe bure, gee die voëls kos of speel met jou kinders. Bied jou vaardighede aan by skole, ABET sentrums, ouetehuise of vaardigheidsdienste. Betaal jou werker na waarde of betaal haar kinders se skoolgeld en benodighede. Die lys is oneindig en sal afhang van jou unieke posisie en omstandighede. Maar weet verseker: jy kan ‘n verskil maak. Dit is goed vir jou gesondheid en bied jou lewensvreugde.
‘n Seker manier om die wêreld ‘n beter plek te maak is om sagter met mense te wees; want elke een baklei teen sy eie monsters in die stilligheid.
Stop jou verskonings en uitstel aksies en maak die verskil wat jy weet jy kan. DOEN dit net! Raak een van die “wonderwerkers”.
Met ‘n warm hart van my na jou.

Klik hier om Mirna se ander artikels te lees

Wie rook in die middel?

Vriendin Cora van Zyl stuur vir my die volgende, een van daardie juweeltjies wat op die internet rondswerf, baie dankie, Cora

'Ek en my man', skryf sy, 'was al vyf jaar gelukkig (wel, meeste van die tyd!) getroud, toe was daar nog geen teken van die geluid van kindervoetjies in die huis nie. Ek besluit toe om ernstig oor die saak te bid, en ek belowe die Here, dat as Hy vir ons 'n ou kindjie gee, Dan sal ek die perfekte ma wees - die ou bondeltjie met my hele hart liefhê en grootmaak met die Woord as my gids.

My gebed is beantwoord en ons word geseën met 'n pragtige seuntjie. 'n Jaar later word ons geseën met nog 'n seuntjie. Die Here se seën het nie opgehou nie, en 'n jaar later is daar 'n derde seuntjie en die jaar daarna seën Hy ons met 'n dogtertjie.

My man was van mening dat ons skoon bankrot geseën is. Vier kinders! En die oudste was skaars vier jaar oud! Ek het 'n duur les geleer: ek het geleer dat 'n mens nie vir God iets vra as jy dit nie met jou hele hart bedoel nie.
'n Dominee het dit eendag so raak gestel: 'As jy wil staan en bid vir reën, dan moet jy voorbereid wees en jou sambreel saambring!'

Ek het my belofte aan die Here probeer nakom en elke dag vir hulle 'n paar versies uit die Bybel gelees terwyl hulle nog maar in hulle wiegies gelê het. Dit was 'n goeie begin! Die Here het my toevertrou met vier kinders, en ek wou Hom baie beslis nie teleurstel nie!

Maar ek moes op die harde manier leer dat kinders grootmaak nie vir sissies is nie - dit vra van jou mandjiesvol geduld, soos die slag toe ek in die kombuis kom en twee dosyn eiers stukkend op die kombuisvloer aantref. Al wat hulle wou doen, was om vir die baba-kuikentjies te soek wat binne in die eiers sou wegkruip! Ek het my bes probeer om hulle punt in te sien toe hulle 'n tehuis vir hawelose paddas in die spaarkamer geopen het. Dit het my 'n volle twee grillerige ure gekos om die drie-en-twintig slymerige paddas te vang! En toe was daar die dag toe my dogter 'n bottel tamatiesous oor haarself uitgegooi het, en in 'n kombers toegerol het - net om te voel hoe dat dit moet wees om 'n warmbrak te wees. Ek het baie hard probeer om die humor in hierdie petalje raak te sien, maar keer op keer doem die groot rooi gemors voor my oë op.

Ten spyte van die vyf-en-twintig-duisend doeke wat ek moes omruil; die vyf jaar wat verbygegaan het sonder 'n enkele warm maaltyd; die feit dat ek nooit vir langer as 'n halfuur op 'n slag kon slaap nie - sê ek steeds elke dag vir die Here dankie vir my kinders. Ek kon dalk nie my belofte om die perfekte ma vir hulle te wees behoorlik nakom nie - aag, ek kon dit nie eers naastenby doen nie! - maar ek het my belofte gehou, en hulle volgens God se Woord grootgemaak.

Soms het ek die teiken so 'n bietjie gemis, soos die dag toe sy haar partytjierok kerk toe wou aantrek - ek het verduidelik dat ons kerk toe gaan om Jesus te loof, maar sy het onthou van die partytjie toe Oom Wynand verloof geraak het - en as Jesus nou verloof raak - Dan moet daar MOS ook 'n partytjie wees! Iets het op 'n slag in die betekenis van woorde skeefgeloop,
Toe ons oudste vreesbevange geprotesteer het dat hy nie GIF wil hê nie – dit was nadat daar die aand gelees is dat God ons vergewe as ons sondig.

Toe breek die trotse dag aan: ons kroos sou deelneem aan 'n Kersuitvoering.
My vyfjarige skaapwagter het sy enkele sinnetjie geoefen, en in sy gedagtes vir hom 'n prentjie gemaak van wat daar gebeur het. 'Hulle het die Kindjie gevind, toegedraai in doeke.',
Het die groot aand van die opvoering geword:
'Hulle het die Kindjie onder 'n hoop vuil babadoeke gesoek.' 'Ag siesa!', was Maria se kommentaar, terwyl sy haar neus vies toegedruk het. Toe breek daar 'n stoeigeveg uit tussen Maria en die skaapwagter, en die engeltjie wat tussenbeide kom buig haar kransie en verloor haar een vlerk.

Ek sak al laer in my sitplek in, maar nog is dat het einde niet: Maria laat die pop (wat Jesus voorstel) Val, sodat die pop die verhoogtrappies afrol tot heel onder terwyl dit 'Mamma! Mamma' kerm. Maria trippel die trappies af en gryp die pop. Onder luide gelag uit die gehoor, draai sy die pop oorhaastig weer in sy kombersie toe, net betyds vir die aankoms van die wyse
Manne.
En toe kom my seun se groot oomblik: 'Ons is die drie wyse manne', kondig hy plegtig aan, 'en ons bring goud......' daar volg 'n stilte, en ek hou my asem op. 'Wie rook in die middel?' vra hy kwaai, terwyl hy vinger wys na die skaapwagters. Ek wil wegsak in die aarde in, maar die gemeente gee hulle 'n staande applous terwyl hulle kraai van die lag.
'Ek het in my lewe nog nooit so 'n Kersuitvoering gesien nie', sê die dominee agterna, terwyl hy die trane uit sy oê vee, 'Wie rook in die middel? - ek sal dit nooit vergeet nie!', kreun hy terwyl 'n volgende lagbui hom dubbel laat vou.

'My kinders is die trots en vreugde van my lewe', antwoord ek hom, terwyl ek soek in my handsak vir 'n hoofpynpil.'

Jesus het gesê dat Sy dissipels die kindertjies na Hom toe moet bring, en toe vertel Hy vir die dissipels dat hulle eers soos kindertjies moet word voordat hulle die koninkryk van God sal kan ervaar. 'n Kind beleef geloof baie meer intens as grootmense, en al verstaan hulle party goed glad nie, aanvaar hulle dit nogtans onvoorwaardelik. Die dag as ons God se, dikwels totaal-onverstaanbare beloftes eers onvoorwaardelik aanvaar soos 'n klein kindjie, dan is ons op die regte pad.

Gebed:
Here, dankie vir kindertjies in ons lewe. Maak my asseblief vandag soos 'n kindjie in die geloof.
Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre. (Mat 2:11)

Afrikaanse Gedig

Wys My Die Plek
C Louis Leipoldt

Wys my die plek waar ons saam gestaan het,
Eens, toe jy myne was -
Vroeër, voor jou liefde vir my getaan het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde; die silwer see
Blink in die sonskyn, soos lang verlee
Dit eenmaal geblink het, 'n welkomsgroet
Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.

Wys my die plek waar ons saam gekniel het,
Eens, toe jy myne was -
Vroeër, toe een siel vir ons saam besiel het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde; die hemel, blou,
Lag soos voorheen op my en op jou;
Dit skitter nog altyd 'n welkomsgroet
Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.

Wys my die plek waar ons saam geloop het,
Eens, toe jy myne was -
Vroeër, toe ons harte so veel gehoop het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde! Net jy nie. Vra,
Wie van ons twee moet die meeste dra ?
Jy wat vergeet het - of ek wat boet
Vir my liefde wat uithou en alles vergoed ?

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf . Sport fotos onlangs bygelas

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Zalome - Afrikaans op die net

Zalome is nog iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.

Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang, doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).

AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com

AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com

Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier 

Glimlag

SMS-kodes vir seniors

Dis nie net die jongmense wat kan LOL, BFF, ens. nie!

* BDD - By die Dokter
* BDR - Bring die Rystoel
* KWS - Kry Weer Sooibrand
* SG - Skryf Groter
* IJGA - Is Jou Gehoortoestel Aangeskakel?
* MGPBL - Moet Gaan, Pasaangeër se Battery Laag

en die twee bestes is.....

* WPEA - Wat Praat Ek Alles?
* WWW? - Waar Was ek nou Weer?

 

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Verstaan Depressie
Depressie is al genoem die siekte van ons tyd. Dit is siekte wat ontwrigtend inwerk op al die aspekte van 'n mens se lewe.
Enige persoon kan depressie kry. Dit kom voor onder enige klas, ryk of arm, mans en vroue, bejaardes, volwassenes en kinders.
Daar word baie gepraat en artikels oor depressie geskryf. Tog is dit 'n siekte wat dikwels nie reg verstaan word nie. Die siening van depressie as slegs 'n soort mistroostige of "af-voel" kom steeds voor.
Mense dink daarom dat depressie sal verdwyn wanneer die depressielyer begin om positief te dink. Raad soos "ruk jou reg" help geensins. Depressie is nie so eenvoudig nie. Die gebrek aan begrip kan die depressielyer nog meer eensaam en hulpeloos laat.
Wat is depressie? Depressie is 'n intense neerslagtigheid (bedruktheid, teneergedruktheid) wat in die reël gepaardgaan met gevoelens van ontoereikendheid, onsekerheid, pessimisme omtrent die toekoms, asook sosiale onttrekking en verlaagde psigomotoriese aktiwiteite (Psigologie Woordeboek van Louw e.a.)
Soms is dit nogal moeilik om depressie te diagnoseer, omrede die simptome verskil van een persoon tot 'n ander. Daar is egter 'n verskeidenheid van simptome wat redelik algemeen voorkom. Ek noem kortliks enkele van hierdie simptome.
Een van die algemeenste simptome van depressie is die effek op 'n mens se fisiese gestel. Depressielyers ondervind voortdurende moegheid en gebrek aan energie. Hiermee saam kom slaapversteurings en verlies van aptyt voor. Hoofpyn en selfs rugpyn kan 'n indkasie van depressie wees.
Depressie het ook 'n invloed op 'n mens se motivering. Vir 'n depressielyer is alles soms hopeloos sonder uitsig, sake lyk futiel en sy lewe sinloos. Belangeloosheid en 'n apatiese houding teenoor persoonlike voorkoms en gunsteling aktiwiteite kom voor.
'n Belangrike gedagte in die hulpverlening en hantering van depressie is die spanbenadering deur professionele kundiges.
Ten eerste is die mediese hantering van depressie nodig. Dikwels is die algemene praktisyn die eerste waarby die depressielyer aanklop om hulp.
Die dokter sal medikasie oorweeg en moontlik voorskryf. Medikasie is belangrik omrede depressie 'n siekte is wat as gevolg van 'n chemiese wanbalans in die brein ontstaan. Anti-depressantemiddels neem ongeveer vier tot ses weke voordat pasiënte 'n werklike verbetering ervaar. Medikasie behoort egter vir 'n langer periode van tenminste 'n paar maande geneem te word om volle herstel te verseker. 'n Pasiënt moet slegs sy medikasie staak in oorleg met die dokter.
Wanneer nodig sal die huisdokter die pasiënt na 'n psigiater verwys. Die psigiater as mediese spesialis sal 'n deeglike evaluering doen, diagnose maak en 'n behandelingsplan voorskryf.
Die psigiater werk gewoonlik saam met 'n sielkundige (of 'n ander gekwalifiseerde gesondheidsberader) wat die psigoterapeutiese deel van die behandeling hanteer. Berading help die pasiënt om die oorsaak van sy depressie te verstaan en deur sy emosies te werk.
Depressie is 'n moeilike siekte om te verstaan. Vriende en familie behoort ingelig te word oor al die aspekte. Wanneer hulle die oorsaak en aard van depressie begryp, maak dit die lewe vir die depressielyer so veel makliker. Anders kan die pasiënt ekstra druk en spanning van die mense rondom hom ervaar wat sy herstel vertraag. Dis belangrik dat vriende en familie verstaan depressie neem tyd vir herstel. Daarom moet hulle die pasiënt nodige ruimte en tyd gee om teen eie tempo weer gesond te word.
In groter dorpe, maar veral in die stad is daar ondersteuningsgroepe wat die nodige onderskraging bied. Sommige depressielyers vind baat om byeenkomste van hierdie groepe by te woon. Hier kan mense vertroosting vind en werklik beleef dat hulle nie alleen met hierdie siekte worstel nie. Dis ook terapeuties om met ander depressielyers te gesels, tegnieke te bespreek en om meer inligting te kry in hantering van depressie.
Die mure van die donker tronk van depressie kan afgebreek word. Buite is daar vir die depressielyer lig en lewe. Die bystand van gesondheidswerkers, familie en vriende gee hoop vir 'n oorwinning oor hierdie siekte. Herstel en genesing van depressie is moontlik.

'n Sprankie wysheid vir die dag
"In die diepte het God se genade reeds na jou uitgereik, het dit jou reeds gevind, en jy sal beleef dat dit jou weer tot die hoogste hoogtes kan uitlig." - Karl Barth -

Jy kan inteken op my nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 
Nuusbrief argiewe

As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke.

 

 

Nog skakels

Lees

Eet

Kyk

Lag

Ry

Speel

 

 

 
Resepte


Boerewors Pastei

Boerewors, genoeg om ronde tertbak vol te le.
Pakkie Bruin uiesoppoeier
1 Gesnipperde Ui
Sout
Peper
Gemengde Speserye na smaak
Pasteideeg
2 Aartappels in blokkies gesny
250 ml Room
2 Gerasperde Wortels

Voer ronde tertbak uit met pasteideeg. Hou genoeg deeg om bo oor pastei te sit. Braai wors aan weerskante vir 30 sekondes, Hou dit in rol gedraai. Plaas die rol wors op die deeg in tertbak. Braai aartappels, ui, wortels, sout, peper en speserye in bietjie margarien. Los mengsel in pan. Kook room en soppoeier tot dik. Voeg roommengsel en voeg by aartappelmengsel. Kook 'n rukkie saam terwyl aanhoudend geroer word. Gooi mengsel bo oor wors. Rol oortollige deeg uit en bedek die wors. Bestryk deeg met geklitste eier en melk
Bak teen 180º C vir een uur lank.



Korslose Hoender Pastei

1 Hoender
2 Eiers
¼ k Mayonaise
1 k Gekoote rys
2 Pakkies Simba chips
1 Steel Seldery
1 blikke room sampioene sop
1 Pakkie sampioen sop
1 Ui
1 k Ertjies
Hoender aftreksel
Melk en water
Gerasperde Kaas

Kook hoender en sny in fyn blokkies. Kook eiers hard en sny fyn. Druk Simba chips fyn. Maak sop aan soos op aanwysings maar vervang die helfte van die vloeistof met Melk en die ander helfte met water. Kap ui fyn en braai in botter. Meng alles behalwe aftreksel saam. Plaas in oondbak. Indien te droog voeg hoenderaftreksel by. Strooi gerasperde kaas oor. Bak in oond teen 200º C vir 10 tot 15 minute.

Wenk

Hierdie gereg kan net so gevries word voordat dit gebak word. Ontdooi en bak dan soos bo beskryf. Hierdie mengsel is genoeg vir twee groterige pasteie of 3 kleinerige pasteie.


Korslose Sout Tert

450 g Cheddar Kaas
250 g Bacon
Blikkie Weense Worsies
8 Geklitste Eiers
4 k Melk
4 e Meelblom
1 e Mosterd
1 e Gedroogde Pietersielie
2 e Gerasperde
Sout & Peper

Rasper kaas en Weense Worsies. Versnipper Bacon. Meng al die ander bestanddele en voeg by kaas mengsel. Verdeel in gesmeerde tertpanne. Bak vir 40 minute teen 180º C.

Wenk
Hierdie tert is ook lekker saam met 'n mengel slaai as ligte middag ete.


Pan Ete

100 ml Margarien
500 g Aartappel
50 ml Gekapte Ui
50 ml Gekapte Groen rissie
200 ml Gerasperde Kaas
4 Eiers
5 ml Sout
5 ml Peper
5 ml Mosterd
340 g Weense Worsies

Smelt Margarien in pan. Braai ui effens bruin. Voeg soetrissie en aartappels by. Sit deksel op pan en verhit vir 5 min oor lae hitte. Klits eiers en voeg geurmiddels by. Gooi eiers oor die aartappel mengsel. Rangskik gesnyde weense worsies oor die aartappel mengsel. Sit pan se deksel op verlaag hitte en verhit mengsel vir 10 min of tot gestol. Sny in skywe en bedien.


Plaasontbyt

250 g Spek, gekap
2 Gekookte aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 ui, gekap
6 groot eiers
30 ml Room of Melk
30 ml Vars Pietersielie
5 ml Paprika

Braai spek tot bros. Haal spek uit pan en hou eenkant. Braai aartappelblokkies in die spek se olie tot bruin. Stel hitte laer en voeg die ui by. Braai ui tot sag. Skep spek weer in pan. Klop eiers en voeg die room en pietersielie by. Gooi die eier mengsel in die pan. Geur met Sout en paprika. Bedek en kook oor lae hitte totdat die eiers amper gestol het. Haal van die plaat af en hou die deksel op tot die eiers heeltemal gestol het. Sny in skywe en sit voor met bros brood.

Wenk
Hierdie gereg is lekker as 'n ligte ete saam met 'n mengelslaai.


Spinasie-quiche

1 pakkie bevrore skilferdeeg
1 blikkie soutbeesvleis of Lunch Loaf (opgesny)
250 ml gerasperde kaas (cheddar)
2 groot uie, fyn gekerf
500 ml geblanseerde spinasie, gesnipper
25 ml gekapte pietersielie
4 eiers
1 blikkie (410 g) ingedampte melk
30 ml koekmeel
25 ml blatjang
2 ml (knypie) rooi peper
Sout en peper na smaak

Voer die tertbord met die deeg uit. Meng al die bestanddele goed saam. Skep mengsel in die uitgevoerde tertbak. Bak vir 45-50 minute by 180 grade tot gaar. Bedien warm of koud met vars brood en slaai. Die spinasie kan met brokkoli of gemengde groente vervang word.



DOOPSOUSE EN SOUSE

Sous vir Skaap Braai

1 Ui
12 Knoffel Huisies
1 t Koljander
1 t Heel Naeltjies
1 t Peperkorrels
½ t Paprika
1 t Worcestersous
½ k Tamatiesous
½ k Blatjang
1 Knippie Rooipeper
170 g Sout
1 k Asyn
2 k Warm Water

Meng asyn en water en los sout daarin op. Meng res van die bestanddele by. Bêre in bottel vir 10 dae.

BRAAI EN POTJIE

Beespot

15 kg Bees kookvleis in blokkies 5 kg Bacon
10 Groot uie 5 kg Sampioene
5 kg Aartappels - verkieslik klein 5 kg Wortels
5 kg Boontjies 4 kg Tamaties
Pietersielie 4 l Wyn
1 l Lemoensap 4 Pakkies Beesstert Sop
1 Klein Blikkie Appelkooskonfyt Sout
Peper Peperkorrels
Lourierblare Olie

Skil uie en kap grof. Sny sampioene grof. Skil aartappels, indien groot sny in kwarte. Skil wortels en sny groterige en growwe stukke. Sny boontjies se punte af en sny in twee of drie stukke. Plaas al die groente in emmers water. Sny bacon op in groterige stukke. Maak pot warm en braai uie tot ligbruin in olie. Voeg Bacon by en braai tot bacon gaar is. Voeg Appelkooskonfyt by en braai mengsel verder totdat konfyt gesmelt het. Skep uie & bacon mengsel uit en hou eenkant. Voeg vleis by pot en braai tot mooi bruin. Voeg Lemoensap en sowat 3 l wyn by. Later kan jy nog byvoeg indien nodig. Kook nou die vleis vir sowat 1 uur. Skep die uie & bacon mengsel op die vleis. Gooi na smaak peperkorrels en lourierblare op die uie. Plaas aartappels bo uie & bacon mengsel. Plaas wortels bo aartappels. Plaas boontjies bo wortels. Kook nou pot vir sowat 1 en 'n half uur. Die groente behoort nou te begin sag word. Gooi nou die sampioene bo die boontjies. Sny tamaties grof en gooi oor sampioene. Kap pietersielie fyn en strooi oor tamaties. Na sowat 30 minute kan jy die groente begin toets, dit behoort nou sag te wees. Kyk na die sous in die pot dit moet lekker opkook. Neem die soppoeier en maak an met 'n bietjie wyn. Gooi sop oor die groente en kook vir sowat 15 minute. Proe die sous en indien nodig gooi sout en peper oor. Kook 'n verdere 15 minute en proe weer. Jy kan nou finaal 'n stukkie vleis en aartappel uitgrawe en toets vir sagtheid. Proe die sous ook finaal vir smaak.

Wenk
Die pot is genoeg vir sowat 70 mense.
Die pot is ook baie smaaklik.
'n Nr 20 pot word aanbeveel.
Die pot vertoon ook mooi.
Indien verkies word kan die konfyt weggelaat word en vervang word met so 3 bottels blatjang.


Vleisbraai Appels

6 Appels
75 ml Botter
115 g Gekapte Dadels
25 ml Bruinsuiker
5 ml Kaneel

Ontpit appels sonder om deur te sny of te skil. Meng res van die bestanddele. Stop die appels met die mengsel. Draai appels afsonderlik toe in foelie. Braai 20 min oor kole tot sag.

Wenk
'n Skeppie roomys saam met die appels behoort goed af te gaan.


Ge-Marineerde Hoender

100 ml Asyn
100 ml Olie
12,5 ml Worcester Sous
12.5 ml fyn gekapte ui
1 Knoffel Huisie
5 ml Paprika
12.5 ml Fyn Appelkoos konfyt
25 ml Tamatie Sous
5 ml Droë Mosterd
1 Hoender +- 3 Kg

Meng al die bestanddele vir die sous saam en laat so 3 ure staan. Sny borsbeen van die hoender en maak hom so 'n bietjie plat. Smeer hoender met botter en bak vir sowat 'n halfuur. Voeg ander bestandele by en klits goed. Haal hoender uit oond en plaas in sous vir 1 uur. Draai gereeld die hoender om. Plaas hoender op kole en braai tot lekker bruin. Bedrup gereeld met sous.


Kaaspap

500 ml Water
500 ml Melk
500 ml Mieliemeel
30 ml Margarien
5 ml Sout
2 Eiers
500 ml Chedder Kaas
1 Blik mieliepitte

Meng die water, melk en meel in 'n diep 2l bak. Voeg margarien en sout by. Bedek en mikrogolf teen 100% krag vir 15 minute. Roer elke 5 minute met vurk. Rasper die kaas. Klop die eiers liggies. Klop 'n bietjie van die warm pap by die eiers. Klop die pap/eiermengsel vinnig by die res van die pap. Roer kaas en mieliepitte by. Bedek en mikrogolf by 50% krag vir 20 minute. Roer die pap goed na die eerste 10 minute. Laat die pap 'n paar minute staan. Sit warm voor.

Wenk
Hierdie pap is heerlik saam met braaivleis.


Pap Frikkadelle

Stywe Pap
'n Blikkie Heelpit Mielies
30 g Margarien
Bestanddele Sous
2 Uie
500 g Tamaties
1 Pakkie Groentesop
Sout en Peper

Voeg mielies en botter by pap en meng goed. Vorm Frikkadelle en plaas in gesmeerde oondpan.

Sous
Sny uie in skywe en kap tamaties grof. Braai uie in olie. Voeg tamaties by en kook vir 7 minute. Maak pakkie sop aan soos voorgeskryf. Voeg sop by en kook vir nog 7 minute. Gooi sous oor frikkadelle. Bak in matige oond vir 20 minute.

Wenk
Sterk gerasperde kaas kan oor die frikkadelle gestrooi word net voordat dit gebak word.


Visbraai

Bestanddele Visbraai 1

½ k Olyfolie
1 t Gekapte Knoffel
1 e Suurlemoensap

Metode Visbraai 1

Vlek die vis oop. Maak die marinade aan en smeer oor vis ten minste een uur voor braai. Plaas vis met vel na onder op koel kole. Gedurende braai smeer nog marinade oor. Moet nie vis omdraai nie. Sodra die vleis wit is die vis gaar. Net voor jy die vis afhaal sout na smaak. Dien op met Growwe bruin brood en perske konfyt.

Metode Visbraai 2

Vlek vis oop. Vul vis met gekapte uie en tamaties. Drup 'n paar druppels suurlemoensap op die tamaties en uie. Geur met sout en peper na smaak. Maak die vis toe en plaas in foelie. Plaas op kole en draai slegs een keer.

Metode Visbraai 3

Vlek die vis oop. Maak 'n marinade met olyfolie en perske konfyt. Smeer oor vis ten minste een uur voor braai. Plaas vis met vel na onder op koel kole. Gedurende braai smeer nog marinade oor. Moet nie vis omdraai nie. Sodra die vleis wit is, is die vis gaar. Net voor jy die vis afhaal sout na smaak.


DOOPSOUSE EN SOUSE

Avokado Doopsous

2 k Avokadopere
125 ml Mayonnaise
50 ml Suurlemoensap
1 ml Tabascosous
10 ml Sout
1 ml Swartpeper
2 Knoffelhuisies
10 ml Fyn Uie
2 ml Paprika
1 ml Rooipeper
5 ml Suiker
25 ml Gekapte Grasuie
½ t Aromat

Hou grasuie eenkant. Plaas al die ander bestanddele in versapper en versap tot dik en romerig. Garneer met grasuie.

Heuning Doopsous

1 Ui
25 ml Olie
20 ml Matige Kerriepoeier
250 ml Mayonnaise
250 ml Room of Maaskaas
50 ml Heuning

Braai uie in olie tot sag. Strooi kerrie oor en roerbraai vir 1 minuut. Verwyder van hitte en laat afkoel. Verpulp bogenoemde in voedselverwerker saam met mayonnaise. Voeg roomkaas en heuning by en verpulp weer.

Wenk
Heerlik saam met groentebord.


Mosterd Doop Sous

3 Eiers
125 ml Wit Asyn
250 ml Suiker
10 ml Mosterdpoeier
Knypie Sout
250 ml Ingedampte Melk

Klits eiers, asyn, suiker mosterd en sout saam in beker. Mikrogolf totdat die mengsel begin verdik. Roer die mengsel aanhoudend. Laat afkoel. Voeg ingedampte melk by en meng goed. Gooi in houer. Verseël en plaas in die yskas.

Wenk
Maak die resep sommer so twee of drie keer aan, want as jy die doopsous eers geproe het gaan jy dadelik weer die sous aanmaak.

Een Minuut Slaaisous

1 t Mosterd
½ t Sout
¼ t Peper
½ k Kondensmelk
1 Eiergeel
¼ k Gesmelte Botter
¼ k Asyn

Meng droë bestanddele en meng met kondensmelk. Klits geel van eier voeg by. Voeg botter by. Voeg asyn by en klits goed. Laat staan om dik te word.



Peri Peri Sous

25 ml Asyn
75 ml Olie
10 ml Worcestersous
10 ml Paprika
3 ml Droë Mosterd
5 ml Peri Peri
2 Huisies Knoffel
Sout en Aromat
Meng alles en gooi in bottel en bêre in yskas.

Wenk
Vervang asyn met suurlemoensap vir 'n pikante afwisseling. Olie kan verminder word afhangende van smaak.

Soetsuursous

12.5 ml Maizena
1 Blokkie Hoenderekstrak
125 ml Koue water
40 ml Asyn
12.5 ml Sojasous
25 ml Suiker
125 ml Pynappelsous
Pynappel blokkies

Meng alles en kook saam (behalwe die pynappelstukkies) tot dik en deursigtig. Indien verkies kan die pynappels stukke nou bygevoeg word.


Sous vir Pap

3 e Botter
½ k Tamatiesous
¼ k Asyn
½ k Uie
1 e Mosterd
3 e Suiker
1 t Kerrie
½ t Sout

Braai uie in botter tot ligbruin. Meng al die ander bestandele en voeg by die uie. Laat stadig kook.

Tamatiesous

3 kg Ryp Tamaties
4 Groot uie
1 Bottel wit asyn
700 g Suiker
1 t Sout
1 Knoffelhuisie
2 e Heel Swart peperkorrels
3 t Rooipeper
2 e Maizena
Klein botteltjie Tamatiesous

Maal uie en tamaties en kook saam. Voeg al die ander bestandele by en kook saam. (Behalwe Maizena & Tamatiesous). Haal van hitte af en meng maizena met bottel tamatiesous. Roer maizena mengsel by tamatiemengsel. Kook tot maizena gaar is. Gooi in bottels sodra gaar is.


Uie en Tamatiesmoor

300g Sampioene
3 Uie Gekap
4 Tamaties (geskil)
250 ml Room
1 Pak Sampioensop
Olie
Sout en Peper
1 e Asyn

Braai uie tot ligbruin en voeg tamaties by. Voeg gesnipperde sampioene by en kook vir 10 minute. Strooi soppoeier by. Meng asyn en room en voeg by uie mengsel.

Wenk
Hierdie sous is lekker saam met pap en braaivleis

Wynsous

150 g Suiker
250 ml Water
25 ml Botter
3 Eiers
125 ml Soetwyn

Plaas suiker en water in 'n kastrol en roer oor matige hitte tot suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en kook vir 15 minute tot stroopkonsistensie. Voeg Botter by en roer tot gesmelt. Voeg geklitste eiers by en meng goed. Roer oor matige hitte tot goed warm en sit voor saam met poeding.

Wenk
Baie lekker saam met Bruin Poeding.

DRANKIES

Bloody Mary
Vodka
Tamatiesap
Suurlemoensap
Worcestersous
Tabascosous
Sout
Peper

Metode (Een Drankie)

1/5 Vodka
4/5 tamatiesap
1 skoot suurlemoensap
2 skote Worcestersous
2 skote Tabascosous

Sout en peper na gelang van smaak. Bedien yskoud. In 'n hoë bol glas.

Bola

375 ml Gin
750 ml Wit Wyn
750 ml Oros
375 ml Lime juice (Aanmaak)
6 l Lemonade
1 Blikkie Grenadellamoes
825 g Ingelegde Pere
825 g Ingelegde Perskes
825 g Ingelegde Pynappels

Sny vrugte in stukkies of versap. Laat oornag in Gin en Lieberstien lê. Voeg res van bestanddele behalwe lemonade by. Voeg Lemonade net voor bediening by.

Wenk
Maak ongeveer 10 l en dit is genoeg vir 20 to 30 mense.


Koffie Likeur

500 ml Water
500 g Witsuiker
250 ml Sterk Swart Koffie
375 ml Vodka
375 ml Gin
200 ml Desertwyn
25 ml Vanielje Geursel

Kook stroop van water en suiker. Voeg koffie by en laat afkoel. Voeg alkohol en Vanielje by. Laat koud word. Gooi in bottels en verseël. Laat staan 3 tot 4 weke voor gebruik.

Wenk
Lewer sowat 1.7 l.

Room Likeur

1 Blik kondensmelk
250 ml Vars Room
125 ml Whiskey
125 ml Brandewyn
2 Eiergele
10 g Donker gesmelte sjokolade
12.5 ml Vanielje Geursel

Meng alles saam in menger of versapper vir +- 15 minute. Kan onmiddelik bedien word.


Sjokolade Drankie

60g Donker Sjokolade
1 k Warm Water
3 t Heuning
Knippie Sout
3 k Warm Melk
4 Kaneel Stokkies

Breek die sjokolade. Plaas sjokolade in die warm water en roer tot sjokolade gesmelt is. Roer Heuning en sout in. Gebruik 'n "Wisk" en roer die warm melk in die mengsel. Gooi mengsel in bekers en sit 'n kaneel stokkie in elke beker. Drink en geniet.

Wenk
Vir meer voedingswaarde klits een of twee eiers en voeg by die mengsel. Dit het voordele in want die mengsel sal skuim en die drankie sal 'n groter voedingswaarde hê.

GROENTE

Gebakte Lemoen Wortels

750 g Baba Wortels
3 e Bruin Suiker
3 e Margarien
3 e Lemoensap

Voorverhit oond tot 180º C. Kook die wortels tot sag. Smelt margarien in pan. Roer suiker en lemoensap in. Plaas die wortels in 'n oondvaste bak. Gooi suiker mengsel
oor die wortels. Plaas bak in oond. Roer gereeld. Hou in oond tot wortels gekristaliseerd is.

Pampoenkoekies

Bestanddele Koekies

750 ml Gaar koue Pampoen
2 Eiers
5 ml Sout
500 ml Bruismeel
15 ml Bakpoeier

Bestanddele Stroop

250 ml Suiker
125 ml Water
60 ml Melk
15 ml Botter
5 ml Mielieblom
5 ml Karamel Essens

Meng alles vir die koekies saam. Skep lepels vol in warm olie en braai tot bruin.

Kook alle bestanddele vir die stroop saam. Gooi stroop oor koekies.

Wenk
Hierdie resep kan gehalveer word.

Gebakte Spinasie Tamaties

1 k Broodkrummels
750 g Gekapte Spinasie (Gevriesde spinasie werk net so goed)
¼ k Gesmelte Margarien
¼ k Gerasperde Parmesaanse Kaas ('n Sterk Cheddar sal net so goed wees)
½ t Worcestersous
½ t Fyn Knoffel
Sout en Peper na smaak
6 Dik Snye Tamaties

Klits eiers liggies. Meng met al die ander bestanddele (Behalwe tamaties). Voorverhit oond tot 180º C. Olie 'n bakplaat. Plaas tamaties op bakplaat. Sit van die mengsel oor die tamaties. Bak vir 15 minute lank of totdat die mengsel begin kleur.

Spinasiegereg

1 Bos Spinasie
1 k Gerasperde Kaas
1 pakkie Sampioensop
4 Aartappels
1 Ui
1 k Melk

Kook aartappels, spinasie en ui tot gaar. (Indien verkies kan spinasie fyn gesny word). Voeg gesnipperde sampioene by. Maak sop aan met 1 k melk en voeg by spinasie. Kook goed deur en voeg kaas by. Gooi in oondskottel om te bedien. Kaas kan bo-oor gestrooi word en 'n paar minute verbruin word in oond.


Spinasie en Tamatie Rys

2 e Olyf Olie
1 Ui fyn gekap
1 t Knoffel fyn gekap
3 k Hoender aftreksel
2 e Tamatie Puree
1 k Tamatie gekap
½ k Fyngekapte Spinasie
1 k Rys

Verhit die olie in pan. Voeg die ui by en braai tot sag. Voeg knoffel saam en braai vir nog 2 minute. Voeg al die ander bestanddele by. Verminder hitte sit deksel op. Prut vir 25 tot 30 minute totdat rys sag is en meeste vloeistof weg is. Bedien warm.


KOEKE & TERTE

Appeltert

Bestanddele – Tert

1 Blik Tert Appels (Klein)
4 e Botter
1 ½ k Suiker
4 Eiers
1 ½ k Melk
1 ½ k Bruismeel
Knippie Sout
1 ½ t Bakpoeier

Bestanddele - Sous

250 ml Room
1 ½ t Karamel essens
½ k Suiker

Metode Tert

Klits Eiers. Smelt Botter en Suiker saam. Meng eiers en botter/suiker mengsel. Voeg ander bestanddele by (behalwe appels) en klits goed. Sit Appels in pan. Gooi mengsel oor die appels. Bak teen 180°C vir 45 minute.
Metode Sous

Gooi alle bestanddele in 'n potjie en verhit. Wees versigtig want die room kook maklik oor. Gooi die warm sous oor die tert sodra die tert uit die oond kom.

Wenk

Vir 'n lekker klam tert voeg nog so 'n koppie room of melk by. Indien die bestanddele verdubbel word dan is die mengsel net genoeg vir 'n oondpan.


Blended Splendour

½ k Margarien
4 e Bakpoeier
¼ t Sout
½ t Naeltjies
2 t Kaneel
½ t Nutmeg
2½ k Meel
1¼ k Suiker
2 e Kakao
Melk

Meng al die droë bestanddele. Sny Margarien in. Meng mengsel met melk tot gewone koekdeeg dikte. Gooi mengsel in koekpanne en bak vir 1 uur by 180°C.

Wenk
Hierdie koek is vreeslik maklik om te maak en baie lekker ook daarby.

Cremora Tert

1 k Cremora
1 k Kookwater
1 Blik Kondensmelk
1 k Suurlemoensap
1 Pak Tennisbeskuitjies

Meng water en cremora tot glad. Laat afkoel in yskas. Voeg suurlemoensap en kondensmelk by en klop tot dik. Gooi in bak wat uitgepak is met beskuitjies.


Grenadella Yskastert

1 Blik Ingedampte Melk (Koud)
1 Blik Grenadellamoes
1 Pakkie Suurlemoen Jellie
½ k Strooisuiker
1 Pakkie Tennisbeskuitjies
1 k Kookwater

Los jellie op in kookwater. Laat jellie afkoel. Klits melk styf, voeg strooisuiker by en dan grenadellamoes. Voeg jellie by en klits goed. Rangskik beskuitjies en mengsel in lae. Hou oornag in yskas.

Kaaskoek

1 Pakkie Tennis Beskuitjies
4 e Botter
175 ml Kookwater
3 t Gelatien
4 t Rooi Jellie
250 ml Room
1 Bakkie gladde maaskaas
3 e Suurlemoensap
1 Blik Kondensmelk
Aarbeie

Maak beskuitjies fyn en meng met botter. Plaas in tertbak as kors. Meng jellie en gelatien met kookwater en plaas in yskas om af te koel. Klop room styf en voeg maaskaas by - moet nie te veel meng nie. Meng Suurlemoensap en kondensmelk by gelatien. Voeg alles saam en plaas in tertbak. Pak aarbei bo-op as versiering.

Wenk
Aarbei kan onder op die beskuitjies ook gepak word en die mengsel kan dan bo oor gegooi word. Die aarbeie kan vars of geblik wees.


Korslose Melktert

4 k Melk
1 t Bakpoeier
2 e Botter
3 Eiers
1 k Meel
1 Knypie Sout
1 t Vanilla Essence
¼ tot ½ k Suiker (Na Smaak)

Skei Eiers. Klits wit van eiers styf. Smelt botter meng met suiker en eiergele. Gooi meel in botter mengsel en meng goed. Kook melk en gooi by mengsel en meng goed. Gooi Vanilla by. Vou eierwit by. Smeer panne en gooi mengsel in panne. Bak vir 35 minute teen 180°C.

Maaskaas Tert

2 x 250 g Geroomde Maaskaas
1 Blik Kondensmelk
1 e Suurlemoensap
1 Blik vrugte (youngberrie of aarbeie)
1 Rolkoek
Vlapoeier of Mezinna

Klits Kondensmelk, Maaskaas, Suurlemoensap saam tot dik. Pak 'n laag rolkoek in bak. Gooi mengsel oor en maak gelyk. Smeer vrugte daaroor. Gooi vrugtesap in kastrol en kook. Verdik met vlapoeier of mezinna. Gooi oor tert en verkoel in yskas

Wenk
Maak maar altyd twee van die terte aan want een is nooit genoeg nie.

Mokka Genot

Bestanddele Vloeistof Bestanddele Tert

4 e Melk 4 Eiers
4 e Water 1 k Strooisuiker
1 t Vanilla ¼ k Sout
1 t Koffie 2 t Bakpoeier
2 e Margarien 1½ K Meel
750 g Margarien

Bestanddele Stroop Bestanddele Versiering

1¼ k Suiker 1 Blik karamelkondensmelk
2½ k Water Suurlemoensap
3 e Hoogvol Koffiepoeier 1 pakkie Kits Karamel poeding
3 e Brandewyn 500 ml Ultramel Room
1 t Vanilla

Metode Koek en Stroop

Smelt al die bestanddele van die vloeistof saam. Klits eiers en suiker saam. Voeg meel en sout by. Voeg vloeistof by en meng goed. Strooi bakpoeier oor en meng goed. Gooi mengsel in 'n groot tertbak. Bak 25 minute in oond teen 180°C. Sny deeg in beskuit vorm met mes wat in olie gedoop is. Bak teen 180ºC vir 30 minute. Smelt al die bestanddele vir die Stroop saam. Haal koek uit oond en steek gate met vurk in. Gooi stroop oor warm koek.

Metode Versiering

Meng karamelkondensmelk met 'n bietjie suurlemoensap en smeer oor koek. Maak kits karamelpoeding aan en laat amper stol. Klits 500 ml Ultramel room en meng met poeding.
Smeer oor koek.

Wenk
Hierdie tert/ koek moet lief vermy word as daar 'n geskiedenis van hartkwale is.


Oppenheimer Tert

1 Blik Kondensmelk
250 ml Room
18 Marshmallows
1/2 Koppie Suurlemoensap
1 Blikkie fyn pynappels (Stroop afgegooi)
1 Pakkie Tennisbeskuitjies

Sny Marshmallows fyn. Meng Kondensmelk, marshmallows en Pynappels saam. Klop room styf en meng saam met ander bestandele. Gooi in bak wat uitgevoer is met Tennisbeskuitjies.

Pienk Tert

250 ml Room
500 ml Aarbei Yougurt
1 Pakkie aarbei Jellie
1 Blik Kondensmelk
1 Houer Maaskaas
1 Pakkie aarbei instant poeding
Tennis beskuitjies
Botter
1 e Vlapoeier
1 k Warm water

Klits room styf en voeg kondensmelk, yougurt en maaskaas by. Voeg droë instant poeding by. Meng goed deur. Verkrummel tennis beskuitjies met botter. Plaas in bak as kors.
Voeg mengsel in bak.

Begin eers met die volgende stappe as die tert gestol het.

Maak jellie aan met 1 k warm water. Voeg vlapoeier by. Kook in mikrogolf tot gaar. Gooi oor gestolde tert.

Wenk

Om tert te verdubbel gebruik 1 l Yogurt en 2 Pakkies instant poeding. Al die ander bestanddele bly dieselfde.

Rooibostee Vrugtebroodjie

2 k Sterk Warm Rooibostee
500 g Bruismeel
500 g Droë vrugte Koekmengsel
1 k Bruinsuiker
1 Eier
½ t Gemengde Speserye

Los bruinsuiker in tee op. Week vrugte oornag in rooibostee. Klits eier goed en meng met vrugtemengsel. Voeg ander bestanddele by en meng goed. Verdeel mengsel in 2 pannetjies.
Bak teen 180ºC vir 1 uur.

Wenk
Ek dink nie dat 'n klein bietjie brandewyn wat oor die broodjies besprinkel word skade sal aanrig nie.


Rum Tert

Bestanddele Tert

250g Dadels
10 ml Koeksoda
125 ml Suiker
375 ml Water
125 ml Olie
1 Eier
10 ml Bakpoeier
375 ml Meelblom

Bestanddele Sous

175 ml Water
10 ml Rum Geursel
375 ml Suiker
15 ml Botter

Metode Tert

Kook dadels, suiker, koeksoda en water saam. Klits eier en olie goed saam en voeg by dadel mengsel. Voeg meelblom en bakpoeier by en meng goed. Plaas in bak en bak teen 180° C vir sowat 35 minute.

Metode Stroop

Kook al die bestandele vir die stroop saam. Gooi oor tert sodra uit die oond kom. Bedien met room.


Yogurt Brood

500 ml Aarbei-yogurt
450 g Volkoringmeel
10 ml Suiker
7 ml Koeksoda
5 ml Sout

Meng al die bestanddele saam. Plaas mengsel in Broodpan. Bak teen 180º vir 50 minute. Smeer melk oor en laat koud word.


Sjokolade Koek

Bestanddele Koek

1½ k Meel
1 k Melk
1 k Suiker
¼ t Sout
2 t Bakpoeier
½ k Olie
¼ k Kakao
½ k Kookwater
4 Eiergele
4 Eierwitte
Bestanddele Sous

¾ Blik Ideal Melk
½ k Suiker

Bestanddele Versiering

2 Slabs Heelneut sjokolade
¼ Blikkie Ideal Melk

Metode Koek

Klits eierwitte tot styf. Meng droë bestanddele. Maak gaaitjie in droë bestanddele. Voeg eerste olie, dan kakao gemeng met water en eiergele by. Klits goed. Voeg bakpoeier by eierwitte en klits weer. Vou eierwitte in by mengsel. Bak teen 180º C vir 30 tot 40 minute.

Metode Sous

Kook Ideal melk en suiker saam. Maak gaaitjies in koek met dun voorwerp. Gooi stroop oor koek. Laat koek heeltemal afkoel.

Metode Versiering

Smelt sjokolade saam met ¼ Blikkie Ideal melk en gooi oor koek.

Warm Teekoek

4 e Botter
1½ k Melk
1 t Bakpoeier
Knippie Sout
3 Eiers
½ k Suiker
6 e Lemoensap
6 e Stroop
6 e Botter
8 e Lemoensap

Kook botter en melk saam. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Klop eiers, suiker en 6 e lemoensap saam. Meng meel mengsel en eier mengsel saam. Gooi botter en melk mengsel oor. Meng goed tot slap mengsel. Bak teen 180º C vir 20 tot 25 minute. Kook Stroop, botter en lemoensap saam. Gooi stroop oor die koek sodra uit die oond kom.


Sjokolade of Wit koek

Bestanddele Koek

1 k Meelblom
1 k Suiker
1 t Bakpoeier
3 e Kakao
4 Eiers
½ k Kookwater
½ k Olie
1 t Vanielje
Knippie Sout
Bestanddele Sous

1 Blik Carnation Ingedampte Mel
2 e Botter
2 e Suiker

Bestanddele Versiering

200 g Sjokolade
Melk

Metode Koek

Klits eierwitte styf en voeg bakpoeier by en hou eenkant. Sif die droë bestanddele saam en voeg suiker by. Verhit die olie en water en voeg by meelmengsel. Roer dit goed. Klop eiergele en vanielje saam en voeg by mengsel. Vou eierwitte in mengsel en gebruik metaallepel. Plaas mengsel in panne en bak vir 25 minute teen 180º C.

Metode Sous

Smelt al die bestanddele saam en gooi oor warm koek. Metode Versiering. Plaas die twee afgekoelde helftes op mekaar met enige lekker konfyt. Smelt sjokolade en meng met 'n bietjie melk. Gooi oor afgekoelde koek.

Wenk
Vir 'n wit koek laat die kakao uit.

Yskastert

500 ml Yoghurt
1 Pakkie Jellie
1 Blikkie Kondensmelk
1 Pakkie Tennisbeskuitjies

Maak jellie met 1 koppie kookwater aan. Voeg kondensmelk en yoghurt by. Klits tot romerig. Giet in tertdop van tennisbeskuitjies gemaak. Plaas in yskas om te stol.


KOELDRANK

Koeldrank Stroop

4 L Guava Squahs
1 Botteltjie Nartjie Sweeto
1 Botteltjie CoCoPine Sweeto
1 Botteltjie Rasberry Sweeto
1 Blik Crushed Pynappel
2 Blikkies Grenadella moes

Meng al die bestandele in groot skottel. Skep in bottels. Maak aan na smaak.

Maklike Bola

1 Bottel Passion Fruit aanmaakkoeldrank
1 Bilk fyn pynappelstukke
1 Blikkie Grenadellamoes
1 l Lemonade
1 l Soda Water

Meng alles saam en bedien onmiddelik.

Pynappelbier

Pynappel Skil
3 l Warm Water
Suiker
Kitsgis

Gooi die warm water oor die skil. Versoet na smaak. Gooi halwe teelepel oor mengsel. Laat 3 dae staan om te gis. Gooi die sap af. Plaas in yskas om af te koel. Geniet.
 

Skakels/Advertensies

Ekstra Inkomste

Hier is iets wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Sluit gratis aan vir 'n proeftydperk.
Maar jy moet opgradeer om deel te neem aan die wins, dis egter 'n druppel in die emmer. Probeer gerus!

Die hele proses het nou verbeter en dis nou makliker om te begin inkomste kry, sluit gerus aan vir 'n gratis proeftydperk, kyk die kat uit die boom en gradeer dan op om te begin saamspeel! Klik hier en gaan kyk self!

Dit neem 'n rukkie, maar ek het verlede maand net minder as R1000 gekry. Elke bietjie help!

Yes, out of curiosity I visited Be Motivated Today during September 2009, but only joined during August 2010, what a waste of time!!!.
If I knew what was happening during the year I wasted, man, I would have joined immediately after I  read the details of the setup.
I now have a waiting list of seven on my downline (one already joined as Silver), the others are bound to join during November and they are jumping around purely from excitement to get started and its rubbing off on me as well.
Just one question: My intention is to place an invitation advertisement on the rear window of my car, do you think it could shake some people out of their dreams and make them joining us?

Klik hier vir meer besonderhede


Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za


Resepte, resepte,  resepte

Ek het besluit om sake vir my te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans) op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.

Die prys van die CD is R100 (dis om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit

Posgeld is  R20 vir geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot toonbank.

As jy sou belangstel om een van die CD's te bekom, klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit Speed Services oornag toonbank tot toonbank

Hier is die Afrikaanse boeke:

217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels, Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte, Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte, McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1, Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies

Allerlei

Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet, Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke omskakelingstabel, Werk van die huis

Hier is die lys van baie ou Engelse resepte eBoeke

A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922
A Dozen dainty recipes for preparing wartime canned meats - 1920
A Home Guide - or a book by 500 ladies - 1877
Aunt Carolines Dixieland Recipes - 1922
A Practical Dictionary of Cookery - 1200 tested recipes - 1898
Best recipes for baking - pre 1908
Buckeye Cookery and Practical Housekeeping - 1877
Burke's Complete Cocktail and tasty bite recipes - 1936
Catering for special occasions with menus and recipes - 1911
Diabetic Cookery - recipes and menus - 1917
Fifty Choice Recipes for Spanish and Mexican Dishes - 1905
Fifty valuable and delicious recipes made with corn meal - 1917
Heart of the Wheat - a book of recipes - 1910
Hospitality - recipes and entertainment hints for all occasions - 1922
Hotel Management - quantity food recipes
Household hints and recipes - 1877
Ice Cream - practical recipes for making ice cream - 1886
Information for everybody - 1859
Jane Hamiltons Recipes - 1909
Just the thing - dainty dishes at small cost - 1899
Larger cookery book of extra recipes - 1891
Leather Manufacture - 1891
Light entertaining - a book of dainty recipes for special occasions - 1910
Mom's Cookbook
On Uncle Sam's Water Wagon - 500 recipes for delicious drinks that can be made at home - 1919
Our candy recipes - 1919
Practical Household Cookery - 1000 recipes - 1891
Preserves and Pickles - 1912
Recipes - dainties, salads and clever hints - 1919
Recipes for the preserving of fruit vegetables and meat - 1908
The Candy Maker's Guide - 1896
The Housekeeper's Friend - 1897
The Hygenic Cookbook - 1881
Tried and Tested Recipes - 1921
Two Hundred and Seventy Five Wartime Recipes - 1918
Two hundred recipes for cooking in casseroles - 1914
Two hundred recipes for making desserts - 1912
War Time Cookery - 1917
Wheatless Recipes - 1918
Wrinkles and Recipes, including farming and household hints - 1877

Hier is die Engelse resepte:

FunkyMunky Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!

Bonus eBooks

Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food

Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns

Everything you wanted to know about making, marketing and selling your crafts.

Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies, myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.

10,000 Dreams Interpreted

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.