|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die
Argiewe, meeste van die ou
nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur
daar af.
Ek stuur ook 'n Engelse brief uit,
elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek,
gaan kyk gerus en laai na hartelus af.
En so het nog 'n jaar verbygesnel.
Baie van julle sien seker uit na 'n heerlike rustydperk, dalk by 'n
lekker vakansieoord, ander van julle, soos ons, bly tuis. Nog ander moet
egter werk. Ek het altyd graag gedurende Desember gewerk. Die verkeer
was heel draaglik, die atmosfeer by die werk was stemmig en rustig en
daar was ook al die werks-etes en Kerspartytjies. Ek hou nie daarvan om
Desember met vakansie te gaan nie, die te besig, te warm en te duur. Een
voordeel van op kierieverlof wees is dat ons buite seisoen kan gaan.
Ek wil graag aan almal 'n Geseënde
Feestyd toewens. Ry versigtig en kom weer veilig tuis.
Gemmerbier is net die regte ding vir
die warm somerdae, die een pasella hierdie keer is 'n eBoek met
gemmerbier resepte. Die tweede pasella is 'n boek wat ek
saamgestel het met Feesresepte. Gaan na die pasella afdeling ondertoe en
laai na haartelus af.
Die resepte is 'n lekker Boerekos
versameling, gaan gerus ondertoe en gaan loer.
Net om te laat
weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier
geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet
my, dalk haal ek dit af.
Teken hier in op die nuusbrief:
http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief,html
Waar kan ek van dit kry asseblief?
Laat my weet as jy kan help
peter@peterjasie.co.za
Dankie
Doen dit sommer self,
klik hier. As jy nie
internet toegang het nie,
stuur my epos met jou ou en nuwe adres.
My Resepte eBoek
samestelling op CD |
Bo en behalwe die Afrikaanse en
Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke
bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal
geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike
bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke
is sal jy die boeke regtig interessant vind.
Gaan kyk onder vir 'n lys van die
ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.
Klik hier om te gaan kyk na al
wat 'n statistiek is oor Springbok rugby asook sie afgelope seisoen
Ons gaan in die Holiday Inn bly!
Toe ek gister navraag doen oor die koste by 'n luukse ouetehuis, kwoteer
hul my R855.00 per dag.
Die Holiday Inn kwoteer, na pensioenaris- en langtermyn-afslag, net R590
per dag.
Ontbyt is ingesluit, en Dan is daar nog 'n ontspannings-uur in die
middag ook.
As ons Dan in die Holiday Inn bly laat dit R265 per dag vir middag-en
aandete in enige restaurant van ons keuse, of kamerdiens-etes. Of dit
kan vir wasgoed, fooitjies of spesiale TV-flieks gebruik word.
Plus, hul verskaf ook 'n spa, swembad, gimnasium, eetkamer, wasmasjien
en droër, die daaglikse koerant, ens.
En Dan ook nog gratis tandepasta, skeermesse, sjampoo, seep en opknapper!
Gee R25 se fooitjies per dag en die hele personeel hardloop agter jou
aan om jou te bedien.
Hul behandel jou soos 'n kliënt, en nie soos 'n pasiënt nie.
Ek gaan my kar verkoop, want daar's 'n busstop reg voor die voordeur
onder die dak, en pensioenarisse ry verniet!
Daar's boonop nog 'n gholfkarretjie wat jou gratis rond ry op die
perseel as jy bietjie vars lug soek! En indien jy ander vriendelike
mense wil ontmoet, neem net die bus Sondae kerk toe.
Vir afwisseling neem die heen-en-weer busdiens na die lughawe, en geniet
'n ete by die baie oulike restaurante daar. Terwyl jy daar is, vlieg
sommer êrens heen, Anders spaar jy te veel en hoop jou geld net op.
En jy hoef ook nie vir ewig in dieselfde hotel te bly nie, jy kan van
die een Inn na die ander Inn trek met dieselfde voordele.
Wil jy graag die Bahamas besoek? Holiday Inn is daar ook!
Breek die TV? Het die ligte geblaas? 'n Nuwe matras? Geen probleem, hul
maak alles dadelik reg of vervang met 'n nuwe. Boonop vra hul Dan nog om
verskoning vir jou ongerief.
Daar's ook nog die wagte wat jou snags oppas. Elke dag loer die
kamerbediende in om te hoor hoe dit gaan. As nodig bel sy sommer die
ambulans . Of vir AVBOB.
Indien jy dalk Val en jou heup of 'n arm breek, betaal Holiday Inn se
versekering die mediese koste en 'n pyntoelaag. Dan opgradeer hul jou na
'n luukse suite vir die res van jou lewe!
En natuurlik is dit geen probleem as die kinders kom kuier nie. Hulle
sal gereeld kom kuier, want nou word dit sommer 'n kort vakansie, veral
as jy Dan by Margate se Holiday Inn is. En die kleinkinders swem in die
kinderpoel, waar 'n opasser na hul kyk.
Die waglys vir ordentlike ouetehuise is maande of jare lank, terwyl die
Holiday Inn jou sommer vandag al sal inneem.
Waarvoor kan mens meer vra?
Ek oorweeg dit ernstig om vroeër af te tree!
Koop een geskenk en
stuur dit sommer aan almal per epos, vriende, familie of kollegas. Spaar
'n fortion aan posgeld. Ek stel twee van my resepte eBoeke beskikbaar
teen net R60, Peterjasie se Boek en ook Peterjasie se Feesresepte. As jy
sou belangstel,
stuur my 'n epos en ek gee vir jou my bankbesonderhede. Ek epos die
boeke onmiddelik vir jou. (
peter@peterjasie.co.za )
Die Afrikaanse rolprent - gister en vandag |
Baie dankie
aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie
reeks te gebruik.
Die volledige reeks programme kan
hier gelees word
Regs klik hier
om 'n eBoek met Feesresepte af te laai.
Regs klik hier om 'n eBoek
met Gemmerbier resepte af te laai.
Geskiedenis van
Boeremusiek — 'n
Oorsig — 1700 ~ 2004 |
Deel 3
Thomas A. Edison het die fonograaf —
die voorloper van die grammofoon — reeds in 1872 uitgevind en in 1880
begin plate (silinders) maak maar Boeremusiekplate is eers in 1930 vir
die eerste keer gemaak! Met ander woorde 50 jaar later! Dit sou 'n
geweldige hupstoot aan Boeremusiek gegee het as daar in die negentiende
eeu reeds plate gemaak was want dit kon baie van die raaiwerk
uitgeskakel het.
Sodra 'n plaat gemaak word kry dit 'n matrysnommer. Sodra iemand anders
dieselfde nommer op plaat wil sit moet dieselfde matrysnommer gebruik
word met 'n /1 of /A agtervoegsel. Op die manier word die belange van
die oorspronklike komponis beskerm. Die gewoonte is om die nommers wat
nie aan 'n komponis toegeken kan word nie, tradisioneel te noem. Hierdie
gebruik is egter ook nie sonder haakplekke nie en lei tot velerlei
misdrywe wat nie regverdig teenoor die komponis is nie.
Kom ons keer terug na die 19de eeu en Boeremusiek!
Sir Charles Wheatstone het 'n baie belangrike patent in 1829
geregistreer. Sy eerste free reed instrument, wat hy die Symphonian noem
— die voorloper van die Wheatstone konsertina — sien die lig. Vir
doeleindes van hierdie boek geniet die Wheatstone konsertina voorrang
omdat dit die konsertina is wat baie populêr onder die Boeremusikante
was en nog steeds is — veral die Anglo–chromatiese model.
Sommige ander lede van die free reed familie is die akkordeon,
mondfluitjie en orrel. Die eerste free reed instrument is uit China
afkomstig en bekend as die Naw en is 5000 jaar oud!
Flip Delport, bestuurslid van die Noordwestak, is tans besig met
omvattende navorsing oor die konsertina asook ander ou musiekinstrumente.
Flip verduidelik: By hierdie instrument word wind deur die longe verskaf.
Dit word deur die mond geblaas en vingers word as kleppe gebruik om
gaatjies in die bamboespypies, wat resonerende klankkamers is, af te
sluit en oop te maak. Die klank word geproduseer deur 'n metaaltongetjie
waarvan die punt vry in beweging vibreer.
Teen die einde van die 18de eeu en vroeg in die negetiende eeu is 'n
hele reeks nuwe musiekinstrumente ontwikkel waarvan heelwat op die lees
van die Sheng geskoei was. Hieronder val die Aura of Mundaeoline (Die
woord Mundaeoline is 'n samestellng van mond, Griekse windgod en viool
d.w.s. 'n windviool wat met die mond gespeel word) — 'n voorloper van
die harmonica of mondfluitjie. Volgens verkoopstatistiek was die
mondfluitjie die gewildste vrytongetjie instrument ooit! Meer nuwe
instrumente het die lig gesien en binne die volgende 50 jaar sou
instrumente soos die akkordeon, mondfluitjie, traporreljie, konsertina
en bandoneon en al hulle variasies, die lug vul met nuwe klanke.
Te midde van al hierdie nuwe ontwikkellinge in Europa het Sir Charles
Wheatstone in Engeland die Sheng begin moderniseer en meganiseer en hy
patenteer in 1829 sy Symphonium – die voorloper van die Wheatstone
konsertina.
Terwyl Sir Charles Wheatstone in Engeland besig was, het Carl Friedrich
Uhlig in Chemnitz Duitsland sy konzertina ontwikkel. Wat veral belangrik
is, is die feit dat hy van die begin af 'n diatoniese konsertina gebou
het m.a.w. die in en uit van 'n noot het verskil.
Intussen is die Boere in Suid Afrika onbewus van hierdie gebeure en
speel hulle Boeremusiek rustig voort op hulle mondfluitjies, traporrels,
viole en tweery boerekonsertinas, meesal Höhners.
Dit is belangrik om daarop te let dat Wheatstone op hierdie stadium
(1840), op sy Engelse Vierry konsertina met die 48 knoppies
gekonsentreer het. Ene Rigondi was destyds 'n virtuoos van hierdie
konsertina. 'n Ander konsertinaspeler van hierdie tydperk was Alexander
Prince wie se musiek in 1898 op 'n Edison silinder — no. 23081 —
opgeneem is. Nog 'n kenmerk van die Engelse Vierry konsertina was sy
koppe met meer rye waarvan die bandjies in die duime gepas het en nie
oor die hele hand soos ons dit vandag ken nie. Die sogenaamde Engelse
konsertina was nog nie vervaardig nie!
Uit 15 Goue Jare ,
saamgestel deur Kalie de Jager
Lekker
lugkastele bou -
Oorsese Lottos |
Klik
net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra
die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En
as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook!
Waarvoor wag jy?
Hier is die lys van beskikbare
Lotto s en die huidige boerpotte:
Powerball US $86,000,000
SuperEnaLotto EU €21,800,000
MegaMillions US $22,000,000
MegaSena US $21,300,000
EuroMillions EU €15,000,000
UKLottery UK £9,300,000
ElGordo EU €7,800,000
SuperLottoPlus US $10,000,000
FranceLoto EU €5,000,000
OzPowerball US $2,900,000
Sjoe, dis darem maar groot geld!
Die briefie is
deur 'n kind aan Liewe Jesus geskryf. |
Dit het in die
Gemeentebrief van Kuilsrivier verskyn:
Liewe liewe Jesus,
Ek hoop nie ek is te laat met my briefie nie, want oupa is baie siek.
Nou wil ek net gou-gou vir Liewe Jesus vertel wat oupa van hou, sodat as
hy in die hemel kom, als reg sal wees.
Liewe Jesus, sę tog vir ouma sy moet die afval en doekpoeding reghou,
want ek dink oupa sal honger wees as hy daar kom. Jesus weet mos self
hoe ver is Die hemel van die aarde af en as mens so ver gery het, is
mens baie honger. Sorg asseblief dat daar baie boeke is, want oupa het
graag gelees toe hy nog jonk was. Hy hou niks van katte nie, want hy
sę dit laat sy bors toetrek. Hy is mal oor honde, so dit sal goed wees
as liewe Jesus vir Brak wat verlede jaar dood is, daar kan hę.
O ja: Liewe Jesus, oupa snuif en net Singleton, dit sal nie help om
anner snuif te koop nie. Liewe Jesus gaan net die geld mors.
Dan een laaste ou gunsie: My oupa het nooit van blink goeters gehou nie,
en ek lees in die Bybel die strate in die hemel is van goud. Ag Jesus,
dis nie dat oupa ondankbaar is nie, maar hy sal eerder daarvan hou om in
die veld tussen die voëltjies en diere te bly. So asseblief, as ouma
daar in die blink strate bly, laat sy asseblief dadelik bos toe trek,
want as oupa daar kom, sal sy by hom wil wees.
Ek dink ek het nou als gesę wat ek moet.
Stuur hierdie xxx vir ouma.
Ek lief Liewe Jesus duisend.
Alles wat jy
wil weet oor Boeremusiek.
Hierdie is die
webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die
Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.
Klik hier om
sy webblad te besoek.
Peternoster
Foto geneem op die strand by
Paternoster
Klik op die foto vir 'n groter
weergawe |

|
Boeremusiek Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004
Boeremusiekgilde" |
Johan van Vuuren
Johan het 'n besondere rekord: behalwe dat hy 8 keer in Ollie
Viljoen se TV kompetisie gespeel het was hy drie keer in
wenorkeste en wen in hy in die wenorkes van Regardt de Bruin op
die kykNET kompetisie in 2002 en kom tweede in 2003! Hy is 'n
ware steunpilaar by die Boeremusiekgilde en is ook een van die
musikante op die CD's
Kitare van die Ou Snare 1 en 2.
|

Johan van Vuuren (links)
ontvang die wisseltrofee vir die beste kitaarspeler van Fred
Lourens, seun van Dawn en oorlede Bles Lourens. Die trofee is
geskenk deur Dawn Lourens ter herinnering aan haar oorlede man.
(Rooihuiskraal11 Oktober 2003)
|
|
|
Ekke is ook op
Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit,
klik net hier.
Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is
peter@funkymunky.co.za of kry my by
www.facebook.com/Peterjasie
Ek Tweet ook nou en dan op
Twitter by @Peterjasie
Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige en Heel Skool Evalueerder in
Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a.
Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir
leerders met hindernisse tot leer. Sy gee praatjies, skryf
artikels, lag en reis die hele land vol. Sy is ‘n ma, lief vir die
kunste, die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en
vrae te stuur na
mirnafvanwyk@gmail.com.
Mirna sal weer volgende jaar met ons
wees nadat sy 'n welverdiende breek geniet het
Klik hier om Mirna se ander
artikels te lees
Ek hou van Steve, hy inspireer
my. Lees wat skryf hy:
Soveel versoeke hiervoor.
Veral na die Voortrekkermonument konsert (foto onder).
Hierdie woorde kan jy hoor op my konsert, elke aand, voordat ek ONS SAL
DIT OORLEEF sing.
Dit was vreemd om dit neer te skryf, want ek doen dit elke aand anders
en sommer uit my kop uit.
En die spoeg spat, ja:
“Toe U2 Suid-Afrika toe kom, koop ek my kaartjies heel eerste. R5000 vir
twee kaartjies.
Ek wag al twintig jaar daarvoor. Ek het ’n orkes begin danksy U2.
Ek het al hulle liedjies geken en veral van hulle sanger gehou. Soos
Bono sou ek ook verveeld raak om ’n popster te wees.
Daar moet meer wees in die lewe as om ’n popster te wil wees.
Saterdagaand sien ek my held in Johannesburg. Ek’s reg.
Maar Vrydagaand sing ek eers in Alldays. Dis vêr noord. Warm bosveld.
Die aanloopbaan lê sommerso langs die verhoog tussen die doringbome.
Die volgende oggend vra die Boer of hy sy familie aan my kan kom
voorstel. Natuurlik sê ek.
Toe hulle inkom, sien ek vier opgekerfde mense voor my. Ek maak nog ’n
dom grap.
Ek vra die Boer of dit ’n leeu of luiperd was wat hulle aangeval het.
Nee, sê hy. Dit was ’n mens.
Ek weet nie wat om te sê nie. Ek verskoon myself en loop vliegtuig toe.
Kyk nie om nie. Ek wil wegkom.
Ek waai vir die opgekerfde mense. Ek wil nie weet nie. Ek wil Bono gaan
kyk in Johannesburg.
Toe ek land in Pretoria klim ek in my kar en jaag deur.
Toe ek oor die Jukskei ry hoor ek Bono sê dat dit okei is om Struggle
liedjies soos KILL THE BOER te sing.
Ek slaan my brieke aan, maak my venster oop en smyt my kaartjies in die
Jukskeirivier.
Ek draai om en gaan huis toe.
Dis nie blerrie okei nie, meneer Bono.
Want voordat jy weer WITH OR WITHOUT YOU sing, sal ons meer Boere
verloor het as wat julle mense verloor in Ierland.
En ons SAL ’n Boer verloor voor Sondag.
Ons Afrikaners staan meer Boere af aan die dood as wat daar soldate
sterf in Irak en Afganistan saam.
Dit is nie okei nie, meneer Bono.
Waar is jou humanitêre grootbek nou dat die sterftesyfer hoër is ooit?
DIT IS NIE OKEI NIE.
Want elke keer as daar ’n Boer sterf, verloor ek en jy iets.
Verloor jy ’n stukkie taal, ’n stukkie kultuur, ’n stukkie identiteit en
godsdiens.
Verloor ons die voorreg van ’n Afrikaanse grappie om ’n braai.
Verloor ons die voorreg van nagereg. Van Hertzogkoekies en Jan Ellis
Poeding.
Verloor ons die voorreg van Psalm 23, in Afrikaans.
Verloor ons ’n Gesang wat sê ek sien ’n nuwe hemel kom.
Verloor ons ’n stukkie Sheila Cussons, ’n stukkie Elizabeth Eybers,
Eugene Marais en AG Visser.
Verloor ons NP van Wyk Louw en Brolloks en Bittergal.
Verloor ons die voorreg van CJ Langenhoven en om op ’n rots te staan en
skree: ek sal antwoord op jou roepstem en sal offer wat jy vra.
Verloor ons die FAK, verloor ons Suikerbossie. Verloor ons Hasie Hoekom
Is Jou Stert so kort.
Verloor ons die voorreg van Voortrekker erfenis al langs die N1 af.
Totsiens Louis Trichardt, Totsiens Pietersburg, Totsiens Naboomspruit,
Totsiens Nylstroom, Totsiens Warmbad en Totsiens Pretoria. Wie de donner
was Tswane in elk geval!?
Kom ek vertel jou wie was Pretorius, Potgieter, Maritz, Generaals Botha,
Delarey, Hertzog en Smuts.
Elke keer as daar ’n Boer sterf verloor ons die voorreg van die Groen en
Goud, verloor ons die Springbok, verloor ons vir Danie Craven en Frik du
Preez.
Verloor ons ’n bladsy in die geskiedenis sillabes van ons eie land.
Verloor ons die voorreg van EEN klaskamer in Afrikaans.
Verloor ons die voorreg van EEN enkele Afrikaanse universiteit.
Dit is nie okei nie.
Sê ek jou dit als om jou swaar te maak?
Nee.
Ek sê jou dit om jou lig te maak. Jou te bevry. Kyk na jou arms. Het jy
vergeet watter bloed vloei in jou are?
Jy kom van voorouers uit Europa wat geweier het om onderdanig te wees
aan enigiemand.
Toe pak hulle hul tasse. Waarnatoe? New York toe?
Ha! Na die gat kant van Afrika toe. Hier moes hulle weer onderdanig wees.
Twee keer. Waarnatoe trek hulle? Terug New York toe?
Ha! Binneland toe op ’n geelhout kakebeenwa met tien osse en ’n touleier.
In elke oorlog waarin jou voorouers betrokke was, was hulle verreweg die
minderheid.
Dan wen hulle! Dan wen hulle!
En wanneer hulle verloor, dan gaan hulle op hulle knieë en sê Dankie,
God, ons sal dit oorleef.
Ek sê jou vandag.
Ons sal dit oorleef.”
(Skrywer: Onbekend)
Ek is n pa. Soms moet ek my soos n pa gedra. In die ou dae was dit
albasters, tolle en ketties. Dinge het verander. So twee weke gelede
fluister die twee stoutgat buurkinders oorkant die straat mos die woorde
"GOLD REEF CITY" vir my laaitie.
Nou wat kan n man nou doen? Jy gaan maar GRC toe. Oukei, so beloer ek
mos hulle webwerf. Nananana, lyk heel mak, hier en daar n ry en n rol of
twee. Ek wil in elk geval ook in die myn afgaan. So trek ek my plakkies
aan, kam my hare en daar gaan ons, die hele fendêmillie.
Ons kom nogal vroeg daar aan. Ek kap manhaftig twee worsbroodjies weg,
en n halfliter melk, en besluit om maar die pa-seun vo•tjies-vleg ding
te doen en ry saam met sy eerste rit genaamd die Wegholtrein. Eers
gedink die ding is vir kleuters, tot hy sywaarts ook begin beweeg. Effe
ongemaklik gevoel toe ons afklim. Waggel toe maar agter die mannetjie
aan na die volgende een. Hoor hom voor ek hom sien. Klink soos n Boeing
wat land.
Toe gewaar ek die groot naambord: Anakonda!
Ek het al gehoor van die goed. Nog net n tuinslang van naby gesien. Maar
nou ja, ek's mos die PA van die huis, dra die broek, issie n sissie nie.
Ek maak my arms bak, en ek loop fier en regop teen die dekplank op. Ek
gaan die donner ry. Wat kan nou eintlik verkeerd gaan? Eerste fout is
die lang tou waarin jy moet wag. Gee jou kans om te sien wat doen die
ding aan mense.
Toe hy die tweede keer kom stop, klim daar so n jong student af met
spiere waar ek voue het. Hy skiet n kat net daar oor die reling. Nou
weet ek, my twak is uitgeknip en afgerol vir my. Ons beurt. My klein
snotneus trek kleinkoppie, maar ma kyk my uit. Dis hier waar 'n mens
maar maak of jy windgat en manlik is. Hou my ken hoog en knyp die boude
styf.
'n Mens klim in die ding en maak soos n vlermuis, jy hang half
onderstebo. Die veiligheidstaaf wil nie oor my hoenderborsie nie, so toe
hou ek maar my lyf Ville Valo, en maak myself dun. Haak die belt een
gaatjie te styf . . . dink ek. KLANG KLANG KLANG KLANG . . . en kom ons
neuk nie rond nie . . . skielik is ek so bang dat ek n nieraanval kry .
. .
Dan draai die etterse ding en dan MOER HY NA BENEDE MET DIE SPOED VAN
DIE HEILIGE FLIPPEN WIT ELAND. Glo my maar, vergeet van enige kar, bike,
vliegtuig of wat ookal jou maatstaf is waarmee jy manlikheid meet, die
ding gee gas soos niks wat ek al ooit gevoel het nie. Maar of dit nou
nie genoeg is nie, gaan voeter die ding onderstebo met jou. Ek voel daai
worsrolletjie hier teen my ribbes. Nee wag, ek voel sy tekstuur, elke
enkele veseltjie en grein van hom.
Kêrels, ons kom uit daai eerste draai met die spoed van flippen wit lig.
Ek wil hê hy moet stop. Ek bid vir die eerste keer in 22 jaar. Dit werk,
ons maak weer gelyk. Toe slaan ons daai tweede kurwe. Korter radius as
die eerste. Ons moer so vinnig daar deur dat ek een van my plakkies
verloor.
Eers onderstebo, dan deur twee reghoekige draaie waartydens ek tien jaar
ouer word. En toe kurk-flippen-trekker hy met ons. Klits daai flippen
broodjie en die melk laat dit lyk soos daai gemors wat jy oor bobotie
gooi. Nog n draai en, ag te hel daarmee, traak nie wat vroutjie of die
wêreld van my dink nie, toe skree ek soos n Namibiese vlaktevlermuis wat
se sonar gekalf het.Ons kom daai stasie binne teen 200 km/h en net vir
die grap en net vir die pret, briek hy doodstil binne 10 tree. Ek sit
net daar, versteend, te bang om te roer. Alles in een slag verloor. My
trots, my valstande en my worsbroodjie.
Vroutjie wil nog soos n wafferse Eva, ooo! en aaa! en kom ons ry weer
die slang, maar ek bly dikbek en naar en hou voet by stuk ek wil huis
toe gaan.
Die slang in die paradys was sekerlik ook n Anakonda...
'n
Kersnaglegende
"Waar Judas, volgens die genade wat hom verleen is,
een nag in die jaar ronddwaal om hom af te koel
op die Noordpoolysveld." - Ou legende.
Op Kersnag, as die noorderligte
Die Noordpoolys met silwer spoel,
Klim Judas uit die hel se hitte
Om op die ysveld af te koel.
'n Enkele nag, uit al die nagte
Wat altesaam 'n jaargang tel,
'n Enkele nag, uit al die nagte
Waar elke nag gedurig kwel,
Is syne. As die Noordpoolligte
'n Gloed van goud stort op die wit
Van eeue-oue see-ysrotse,
Dan klim hy op om daar te sit.
Stok-oud - nog ouer as die rotse,
En bleek - nog bleker as die ys,
Met oë dowwer as die sterre
Waaroor die skemerdons vergrys,
Sit hy daar eensaam en verlate,
Met net die ys rondom; alleen,
En tog omring deur spookgedagtes
Wat op die ysveld staan en ween,
Gedagtes uit sy kinderjare:
Oliewenhout se grysgroen loof;
Lemoen se goud en dadelpalme;
Die donker-koel, groen bergekloof;
Die kudde skape op die weiveld;
Die mure van Jerusalem;
Die glinsterkoepel van die tempel;
Johannes met sy silwer stem;
Die soekende wyse uit die Ooste;
Die blink ster bo die bakermat;
Getsémané se smartvol vrede;
Sy eie duurgekoopte skat;
Sy bloed'rig dertig silwerlinge;
Die stuwende skaar se swaar gedruis
In optog na die martelheuwel;
Die doringkroon, die riet, die kruis -
Dis algar syne. As die ligte
Die brandwond op sy bors bestraal,
Dan sien hy hoe die spookgedagtes
Weemoedig oor die ysveld dwaal,
Soos skimme wat in droomgesigte
Gesien word, of as koors jou kwel,
Gedaantes uit berou gebore,
En uit vertwyfling saamgestel.
Omring deur stralende prag en glorie,
Daar waar die yskoud ysveldgeur
Sy lawende koelte oor hom uitstort
En elke ysrots blink met kleur,
Met blou saffier wat in die dieptes
Versterk word tot 'n donker groen,
Met geel wat die karbonkel uitdaag,
En teerste pers en perlemoen;
Omring deur al sy spookgedagtes
Wat uit die verste verte wink,
Stok-oud, gebroke, afgemartel,
Met nog net krag om t'rug te dink,
Dwaal Judas op die Noordpoolysveld
Op Kersnag, sy genadenag -
Die enkele nag uit al die nagte
Wat troos kan gee of smart versag.
En in die blink straal wat die ligte -
Die noorderligte - op hom giet,
En in die goud- en reënboogkleure
Wat deur die yskoud rotse skiet,
Bespeur hy met sy dowwe oë,
Gemartel deur die eeue heen:
'n Aalmoes wat sy siel kan lawe,
'n Troos wat afdaal soos 'n seën.
Op Kersnag, as die noorderligte
Die Noordpoolys met goud bestraal,
Klim Judas uit die hel se hitte
Om op die ysveld rond te dwaal;
Op Kersnag, as die kandelare
Met kerkgewyde kerse pryk,
En vreuggeskal van Kersnagkore
Tot teen die verste sterre stryk,
Dwaal Judas op die Noordpoolvelde,
Stokoud, gebroke, en alleen,
En soek na wat sy siel kan lawe:
'n Troos wat afdaal soos 'n seën.
C Louis Leipoldt
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Zalome -
Afrikaans op die net |
Zalome is nog
iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te
bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee
soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.
Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang,
doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo
sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit
aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).
AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com
AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
Laas nag lê ek in my bed en
kyk na die bome se blare wat
ritsel in die wind,
die magdom blink sterre, pragtige hemelruim,
eindlose horison, die oneindige heelal ...
en skielik dink ek ... aan die
nuwe Suid Afrika en besef ...
... waar de donner is my dak ?
Moeilike Ouvrou in hof vir winkel
diefstal.
Landdros; "Wat het jy gesteel?"
Sy: " n Blik perskes."
Landdros: Hoeveel was daarin?
Sy: "6"
Landdros : "Ses dae tronkstraf.
Haar ouman uit die banke..........
"Sy't n groot blik ertjies ook gevat!
Onlangs op Facebook gesien:
Deborah Mc Mahon sê toe haar sensusopnemer vra, hoeveel afhanklikes het
jy, sy as volg geantwoord het:
7 miljoen onwettigge immigrante
14 miljoen werkloses
2 miljoen in die tronk, Swaziland, Zimbabwe plus die 535 idiote in die
SA regering.
Sy sê die antwoord was nie aanvaarbaar nie.
Jannie se ma sê vir Jannie om sy
Pa te bel en te vra hoe laat hy huis toe kom van gholf af.
Jannie bel en sê agterna vir sy Ma: "Daar's 'n vrou wat sê hy kannie nou
praat nie!"
Later kom Pappa by die huis en Mamma gee hom 'n vreeslike oorveeg dat sy
oê traan en sy tande klap.
Pappa heel verbaas: "Wat de hel was dit voor?"
Mamma sê vir Jannie: "Sê PRESIES vir jou Pa wat die vrou gesê het toe jy
gebel het!"
Jannie: "THE SUBSCRIBER U HAVE DIALLED IS NOT AVAILABLE RIGHT NOW.
PLEASE TRY AGAIN LATER."
st
se pitkos
Klik hier
om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Welkom by hierdie
week se nuusbrief.
Hoe maak jy dat
mense van jou hou
Ons wil almal baie graag hê dat mense van ons moet hou. Maar hoe doen
ons dit, hoe kry ons dit reg?
Ek bespreek so 'n paar idees en gedagtes hieromtrent aan die hand van Dale
Carnegie se boek Hoe om Vriende te wen en Mense te beïnvloed. In my praktyk,
waar ek baie mense konsulteer, het ek gesien en waargeneem wat dit is wat
maak dat mense van jou hou of nie, en ek sluit 'n paar persoonlike
waarnemings en wenke in. Dan het my skoonma my nog altyd daarop gewys wat ek
kan doen, sodat sy van my sal hou - ek grap sommer, my skoonmoeder is baie
lief vir my (en ek vir haar.) Die res van die wenke het ek uit my duim
gesuig:
• Ons moet leer om nie so maklik te oordeel nie. Probeer verstaan waarom
mense doen wat hulle doen, probeer begryp wat hulle situasie en
omstandighede is - wat hulle motief is. Moenie kritiseer en oordeel nie.
• Ontwikkel 'n egte belangstelling in mense.
• Glimlag wanneer jy mense ontmoet. Glimlag in die teenwoordigheid van mense.
Glimlag wanneer jy oor die telefoon praat. Nors en stuurse mense skrik ander
af. Wanneer jy wil hê dat mense van jou hou - glimlag!
• Wees vriendelik.
• Onthou mense se name. 'n Mens se naam is vir hom of haar baie belangrik.
Mense is gesteld daarop hoedat jy hul naam uitspreek of dat jy dit reg skryf.
Vir mense verteenwoordig hul naam wie hul is.
• Mense hou daarvan om oor hulself te praat. Vra mense uit en moedig hulle
aan om te praat. Word 'n goeie luisteraar en mense sal van jou hou.
• Praat oor wat die ander persoon interesseer. Dit werk soos 'n bom. Mense
praat graag oor dit waarin hulle belangstel, oor hul werk, oor hulle mening
oor aktuele sake, oor dinge wat hulle van hou om te doen. Jy raak gou vir
ander vervelig wanneer jy net oor jouself praat en jou eie belangstellings
vooropstel. Verbeel jou jy is 'n TV-aanbieder van jou eie "talk-show" en vra
uit en geniet jou gas se vertellings oor sy of haar se doen en late.
• Laat die ander persoon belangrik voel. Laat die persoon met wie jy praat
voel dat hy of sy die belangrikste persoon op planeet aarde is, en bedoel
dit opreg.
• Toon respek vir 'n ander se mening. Vermy om vir mense te sê dat hulle
verkeerd is. Afbrekende kritiek en om jou eie beuel te blaas, maak jou
verseker nie meer gewild nie.
• Vermy argumente. Die beste manier om 'n argument te vermy is om dit te
vermy. In sekere sake is 'n konfrontasie nodig - doen dit so gou as wat dit
nodig is en kry dit op 'n ordentlike manier agter die rug. Maar vermy
onnodige twis en geredekawel wat net die humeure opjaag en niks verder
bereik nie
• Sê wanneer jy verkeerd is - doen dit dadelik. Bied jou opregte verskoning
aan wanneer jy iets verkeerd gesê of gedoen het. Jou apologie gaan maak dat
jy meer vriende wen.
• Sien humor in 'n saak. Mense hou van mense wat humor kan toon, wat maklik
kan lag en met wie dit gemaklik is om om te gaan. Mense met 'n nors en
stuurse uitdrukking en bitterbek, moenie verwag om oorval te word van mense
wat van jou gaan hou nie.
• Wees positief en 'n optimis. Ek sê gewoonlik vir mense om weg te hardloop
van negatiewe mense, want hulle parasiteer op jou energie en lewenslus.
Morbiede mense wat net die swartkant van alles sien en voortdurend daaroor
kla, skrik my totaal af. Positiewe mense, optimisitese mense trek ander aan.
Jy wil mos graag vriende maak en mense nader aan jou trek - wees 'n
blymoedige en positiewe mens met borrelende lewenslus.
• Kry innerlike vrede en rustigheid in jou gemoed, want dit wat binne 'n
mens is, straal uit na buite toe. Die vrede en rustigheid wat jy uitstraal,
maak dat mense graag in jou teenwoordigheid sal wil wees.
• Wees lief vir mense.
• Leef goeie maniere teenoor ander uit en wees bedagsaam.
The most important single ingredient in the formula of success is knowing
how to get along with other people.
- Theodore Roosevelt -
John Kehoe (in Money Success & You) sê dat 'n studie getoon het dat die
volgende tien kwaliteite die meeste geadmireer word:
1. Sin vir humor
2. Opregtheid
3. Eerlikheid
4. Oopheid en ontvanklikheid
5. Positiewe houding
6. Medelye en empatie
7. Geduld
8. Goeie luister vermoë
9. Selfvertroue
10.Goedgemanierdheid
Evalueer jou aan die hand van bostaande kwaliteite en eienskappe. Of nog
beter, laat iemand wat jou ken en wie met jou eerlik sal wees, jou evalueer
en terugvoering gee. Werk dan doelgerig om jouself te verbeter in die areas
waar jy dit nodig het.
Hier is 'n goeie stukkie wysheid:
The next time you face a customer who has every right to be upset, say
something like this: 'I don't blame you for feeling as you do. If I were
you, I'd feel exactly the same way. What would you like for me to do?' These
are magical, healing words, and you'll be surprised at how reasonable people
become when they believe you are on there side. If you are angry, why not
try this. Write a letter. Pour out all of your feelings, describe your anger
and disappointment. Don't hold anything back. Then put the letter in a
drawer. After two days, take it out and read it. Do you still want to send
it? I've found that anger and pie crusts soften after two days.
- H. Jackson Brown, Jr -
Daar is mense wat sal sê dat hulle nie instaat is om te verander nie. Maar
natuurlik kan jy verander - jy kan baie dinge verander. Geen rede waarom jy
nie sekere kwaliteite en eienskappe kan verbeter nie. Jy moet net die wil en
motivering daartoe hê. Programmeer jou brein met positiewe boodskappe soos "ek
kan dit doen," of "wanneer ek iemand ontmoet gaan ek glimlag en sy naam
onthou," of "ek gaan my regtig instel om te luister wat iemand sê en om
presies te verstaan hoekom dit haar standpunt is."
Wie ander mense bly wil maak, moet vreugde in homself hê.
Wie die wêreld wil verwarm, moet vuur in homself dra.
Wie ander mense wil help, moet sagte hande hê, sodat hy nie seermaak nie.
Wie vrede wil bring, moet eers in sy eie hart vrede gevind het.
- Phil Bosmans -
Beteken dit nou dat ek nooit my standpunt mag stel nie, dat ek nou sommer
elke Jan Rap se vloerlap is en net daar is om almal te plesier. Nee, baie
beslis nie. Ek moet steeds die egte, outentieke EK bly en wees - daar is
egter soveel natuurlike en normale menslike response wat ek kan gebruik om
goeie menseverhoudinge te handhaaf al is dit in 'n konfliksituasie. Response
teenoor ander mense wat sal maak dat hulle meer van my hou. Ek verloor
myself nie in die proses nie, maar verbeter inderwaardheid my karakter en
geaardheid.
'n Sprankie wysheid vir die dag
"Neem afguns uit 'n karakter en jy sal vind die moontlikhede om vriendskappe
te sluit is nou groter." - Elizabeth B. Custer -
Jy kan inteken op st se nuusbrief
sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na
www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou
naam en eposadres vir my.
Dr ST Potgieter
Sielkundige
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
As jy dalk nog
baie resepte wil hê, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
|
BEESSTERT
1 beesstert
1 ui in skywe gesny
1 wortel opgesny
6 kruienaaltjies
Paar peperkorrels
1½ eetlepel meelblom
1 eetlepel margarine
1 lourierblaar
1 blikkie botterbone
Voeg vleis in goeie kastrol en laat lank prut met al die
speserye totdat been sag word. Skep oortollige vet af. Plaas wortels en bone
by en laat deurkook.
SAMPIOEN-SOUS
250 g sampioene in klein stukke
Rasper klein ui by
Verhit op stoof met bietjie botter tot sag
Voeg 250 ml vars room by
Kook liggies vir ongeveer 20 mininute. Geur met swartpeper,
sout en knoffel na smaak Verdik indien nodig.
BLATJANGHOENDER
1 koppie blatjang
1 desertlepel bruinsuiker
1 teelepel kerriepoeier
1 eetlepel olie
1eetlepel suurlemoensap
1teelepel gemmer
Meng bestanddele en gooi oor hoenderporsies. Bak totdat
hoender gaar is.
SKAAPAFVAL
1 skaapafval, skoon gemaak
1 liter water (4k)
12,5 ml botter of margarien (le)
2 uie, gekap
10 ml kerriepoeier (2t)
5 ml borrie (1t)
5 ml sout (1t)
10 ml suiker (2t)
12,5 ml asyn-opsioneel (le)
mielieblom, aangemaak met 'n bietjie water
Plaas die afval in 'n kastrol, voeg die water by en plaas
die deksel op. Laat die vleis opkook en skep.dan die skuim wat bo-op vorm,
af. Kook die afval ongeveer 4 tot 6 uur oor lae hitte. Vul die water. aan,
indien nodig. Voeg die sout en asyn, asook die uie en aartappels by, en laat
dit met die deksel op prut totdat die aartappels gaar is. Skep die
oortollige vet af. Verdik die sous met aangemaakte mielieblom. Kook ongeveer
45 minute lank in 'n drukkastrol. Die gaarmaaktyd van afval hang af van die
ouderdom van die skaap. Kyk liewer gereeld hoe sag die afval al is, ook
wanneer dit in die drukkastrol gaargemaak word, anders kook dit dalk te pap.
Smelt die botter of margarien en soteer die uie daarin totdat dit
deurskynend is. Voeg die kerriepoeier en borrie by en braai dit effens. Voeg
die uie en aartappels by die afval, strooi die sout oor en voeg die suiker
by. Roer dit goed deur. Kook dit totdat die aartappels gaar is. Proe, en
voeg nog geurmiddels na smaak, asook die asyn, by. Verdik die sous met
mielieblom (indien nodig).
POTBROOD
375 ml louwarm water
15 ml suiker
30 ml botter
10,5 ml korrelgis
6 x 250 ml meel
10,5 ml sout
Meng water, suiker en gis in bakkie met deksel en maak warm
toe. Laat staan tot die mengsel goed skuim. Sif meel, sout saam in 'n groot
mengbak. Voeg gismengsel by meel en genoeg louwarm water by en knie goed.
Bedek met 'n bottergesmeerde plastiek. Maak deeg warm toe met kombers. Laat
vir 1 uur op warm plek staan om te rys. Wanneer dubbel gerys het, voeg
botter by en knie deeglik af. Vorm 'n rondebrood en plaas in gesmeerde swart
platboompot. Plaas gesmeerde plastiek bo-op deeg, dan die deksel. Maak weer
warm toe en laat weer vir 1 uur lank rys tot dubbel. Stel intussen die oond
op 200. Haal die plastiek af, sit dan gesmeerde deksel op. Bak brood in
vooraf verhitte oond vir 1 uur.
Haal uit, plaas op tafeldoek en smeer die hele brood met
botter. Maak die brood dan toe en laat vir 'n ruk toe staam. Wanneer koud
sit in plastieksak.
BRUINPOEDING
Mengsel:
1 eier
2 eetlepels olie
½ koppie magarien
1 koppie suiker
5 teelepel sout
1 eetlepel stroop
Meng bestandele goed
1½ koppie meel
1 teelepel gemmer
½ koppie melk voeg 1 teelepel koeksoda en laat staan vir ‘n rukkie
Meng bestandele al die bogenoemde
Vir stroop:
3 koppies kookwater
1 koppie suiker
½ teelepel vanilla / lemoengeursel
Kook vir 5 minute
Voeg mengsel in stroop en bak vir 30 minute teen 180 grade.
HOENDERLEWER PERI-PERI
2 x 250g Hoenderlewers, gewas en skoongemaak
125 ml suurlemoen
10 ml wostersous
2 eetlepels tamatiesous
2 teelepels paprika
½ teelepels droë mosterd
1½ eetlepel peri-peri
2 tot 3 knoffelhuisies
Sout peper en suiker na smaak
Giet oor die hoenderlewermengsel, roer goed deur en laat vir
eendag, prut oor lae hitte vir ongeveer 7 minute of totdat die sous lekker
dik is. Bedien onmiddellik saam met vars broodrolletjies - as 'n voorgereg,
of saam met rys en 'n mengelslaai as hoofgereg.
HOENDERPASTEI
Genoeg hoender vir gesin
Gemengde groente en sampioene
Ui
Sout en peper
Bestanddele - Kors
1 eier
1 koppie meel
1 t bakpoeier
Sout en peper na smaak
Kruie en speserte
Kook die hoender en ui saam tot hoender sag is. Skep hoender
uit die water en laat afkoel. Vlok die hoender en hou eenkant. Kook nou die
groente sommer in die hoender aftreksel. Gooi die meel en bakpoeier in 'n
mengbak. Gooi nou sout, peper en kruie en speserye na smaak in. Maak
gaaitjie in middel en breek die eier daarin. Meng goed en begin om melk
stadig by te voeg. Die mengsel moet slap wees maar nie te loperig nie. Meng
die hoender en groente in 'n ander mengbak. Plaas nou die hoender mengsel in
'n oondbak. Gooi die deeg nou oor die hoender en bak in 'n matige oond tot
mooi bruin.
BESTE VLEIS MARINADE
250 ml Tamatiesous
250 ml Blatjang
50 ml Olie
30 ml Stroop
5 ml Tobasco
5 ml Worcestorsous
5 ml Suurlemoensap
5 ml Sout
5 ml Aromat
5 ml Paprika
5 ml Peper
Meng al die bestanddele saam. Marineer vleis (hoender,
sosaties of steak) oornag. Braai vleis en geur na smaak.
KLUITJIES
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
50 ml margarien/botter
1 eier
100 ml melk
Sous
500 ml kookwater
25 ml margarien/botter
kaneelsuiker
Sif droë bestanddele saam. Vryf 50 ml margarien in tot
mengsel soos broodkrummels lyk. Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel
in en meng tot 'n sagte deeg. Voeg nog melk by indien nodig. Verhit water en
25 ml margarien tot kookpunt. Skep lepelsvol deeg in kokende water. Sit
deksel op en laat kook 15 minute. Moenie deksel oplig terwyl kluitjies kook
nie. Skep kluitjies met 'n gleuflepel uit in 'n diep opskepskottel. Strooi
kaneelsuiker oor. Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg
kaneelsuiker by en giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoeg indien nodig.
PYNAPPELBIER
Een pynappel en gooi so 3 liter warm water daaroor.
Versoet na smaak. So word bepaal wat die hoeveelheid suiker gaan wees wat
bygevoeg gaan word.
Dan laat 'n mens dit gewoonlik vir sowat 3 dae staan sodat dit nou kan gis.
Versnel die proses gewoonlik deur so 'n halfteelepel kitsgis oor te strooi.
Dan is dit sommer binne 'n dag gereed om te drink. Plaas in yskas om koud te
word.
BOBOTIE
500 gram maalvleis
2 snye brood geweek in ½ koppie melk
¼ pakkie fyn spek
1 ui gekap
Handvol rosyne
1 teelepel kerrie
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 piesang
1 appel in blokkies gesny
½ pakkie sampioensop - droog
1 koekie vleisaftreksel
2 eiers
1 koppie melk
Braai uie, vleis en spek in pan met ‘n bietjie olie tot bruin. Druk brood in
vleismengsel, gooi die res van die bestandele by. Roer tot rooi van vleis
weg is. Skep in gesmeerde bak. Meng eiers met melk en gooi bo-oor. Bak ± 30
minute tot bruin.
BOEREWORS
5kg beesvleis
1kg varkvleis
1,5kg varkspek
60ml sout
15ml peper
45 ml fyn koljander
15ml fyn naeltjies
25 ml fyn piment
7,5ml fyn neutmuskaat
190ml asyn
worsderm
Sny die vleis in blokkies van sowat 2cm x 2cm. Verwyder al
die senings en meng die vleis. Sny die spek in dobbelsteentjies Bedek die
tafel of werkoppervlak met plastiek en sprei die vleistukkies daarop uit.
Meng die sout, peper en speserye en strooi dit oor die vleis. Sprinkle die
asyn oor. Sit die mengsel in ‘n vleisskottel en laat dit 10 tot 15min staan.
Maal al die vleis en voeg die varkspekblokkies by. Laat dit nog 30 min staan
en stop dan groot, goed skoongemaakte worsderm daarmee. Rooster of braai die
wors oor kole of in ‘n braaipan oor matige hitte.
PEPPERMINTTERT
1 - 2 pakkies Tennisbeskuitjies
1 pak Orley Whip
1½ koppie melk
3 teelepels versiersuiker
1 pakkie kits Karamelpoeding
Soet wyn of sjerrie
Peppermint Crisp
Klits versiersuiker en orley whip goed saam. Klits die poeding en melk ook.
Voeg die twee mengsels bymekaar. Doop beskuitjies in wyn en pak 'n laag in
bak. Skep 'n laag van die vulsel bo-oor en rasper sjokolade oor. Herhaal die
lae. Laat in yskas om goed styf te word.
MELKTERT
Kors:
250 g Margarien
1 Dessertlepel suiker
2 Koppies meel
Sout
Smelt margarien.
Voeg suiker en sout by.
Roer meel in (die deeg moet sag wees om in die tertbakke te
smeer - as te sag, voeg nog meel by). Smeer baie dun in tertbakke. Bak tot
ligbruin teen 180°C.
Vulsel:
8 Koppies melk
1¾ Koppies suiker
4 Groot eiers, wit en geel geskei
2 Groot lepels margarine
1½ Koppies Maizena
1 Dessertlepel meelblom
¼ Teelepel bakpoeier
2 Teelepels vanielje geursel
Kaneel
Meng suiker, maizena, meel en eiergele eers met 'n bietjie
van die melk. Klits dan die res van die melk by. Plaas in kastrol en roer
met houtlepel. Voeg margarien, vanielje en bakpoeier by. Roer en kook tot
dit dik is. Voeg dan styfgeklitste eierwitte by. Sprinkel met kaneel. (Vulsel
genoeg vir 3 terte).
KERRIEHOENDER
1 hoender, gekook en ontbeen
20 ml paprika
1 appel, gerasper
1 ui, gerasper
1 blik (283 g) room van sampioensop
1 blik (283 g) knopies sampioene
250 ml room
25 ml warm kerriepoeier
Sout en peper
Braai ui en appel gaar en voeg kerriepoeier by. Voeg ander
bestanddele by en laat stadig kook vir ± 10 minute. Pak hoender in
bakskottel en gooi kerriemengsel oor. Bak in oond van 180 °C tot gaar.
MIELIETERT
60 ml koekmeelblom
15 ml bakpoeier
40 ml suiker
2 blikke (410 g) geroomde suikermielies
60 ml gesmelte margarien
4 eiers geklits
Voorverhit oond tot 180° C. Smeer 'n oondvaste bak met
margarien. Meng al die bestanddele goed en gooi in bak. Bak vir 1 uur of tot
gaar. Sny in blokke en bedien warm of koud met braaivleis.
VETKOEK
500 ml lou water
10 ml suiker
10 ml droëgis
250 ml (5 x) meelblom
10 ml sout
25 ml olie
Roer suiker in lou water en gooi gis by. Laat rys tot gis bo
dryf. Sif meelblom en sout saam. Voeg olie by gis, meng met meelblom en knie
goed. Laat rys vir 50 minute. Maak op in vetkoeke. Plaas op oliegesmeerde
blad. Sit plastiek oor en laat weer vir 20 min rys. Braai in diep olie.320
BOERE BESKUIT:
3 koppies melk
3 koppies suiker
3 eiers
3 eetlepels botter hoogvol (marg)
1 ½ koekie suurdeeg
3 teelepels sout
2,5 kg meelblom
Neem groot glas vrugtefles (canned fruit bottle) ¾ vol lou
water. Los suurdeeg daarin op Kook melk, suiker en botter saam en laat
afkoel. Klits eiers goed en voeg by suurdeegmengsel. Voeg gekookte mengsel
ook by Voeg meel en sout by Roer met had tot taamlike slap deeg – moenie
knie nie. Meng deeglik Laat oornag rys in warm plek(pak komberse bo-op om
warm te hou) Knie volgende oggend af, maak balletjies en sit in panne Laat
staan in panne tot dubbel gerys. Bak 1 uur 10 min 300° C of 160° C.
MIN MOEITE BESKUIT
7 koppies meel
7 hoogvol teelepels bakpoeier
3 eiers
sout
1 koppie suiker
1 koppie margarine
1 ½ koppie ryk melk
Sif meel, bakpoeier en sout saam
Vryf botter in
Klits eiers en suiker saam
Roer meel om beurt met melk en eier mengsel by
Meng deeglik
Bak 15 min 400° C
MELKPAP
3 eier
1/2 t sout
1 k koekmeelblom
water
kokende melk
2 stukke kaneel
kaneelsuiker
Klits eiers en sou effens. Voeg koekmeelblom by en meng goed.
Voeg water by om stywe deegte vorm. Skep in borde en strooi kaneelsuiker oor.
Ekstra Inkomste
Hier is iets
wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou
ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe
maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke
maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Sluit gratis
aan vir 'n proeftydperk.
Maar jy moet opgradeer om deel te neem
aan die wins, dis egter 'n druppel in die emmer. Probeer gerus!
Die hele proses het nou
verbeter en dis nou makliker om te begin inkomste kry, sluit gerus aan
vir 'n gratis proeftydperk, kyk die kat uit die boom en gradeer dan op
om te begin saamspeel!
Klik
hier en gaan kyk self!
Dit neem 'n rukkie, maar ek het
verlede maand net minder as
R1000 gekry. Elke bietjie help!
Yes, out of
curiosity I visited Be Motivated Today during September 2009, but only
joined during August 2010, what a waste of time!!!.
If I knew what was happening during the year I wasted, man, I would have
joined immediately after I read the details of the setup.
I now have a waiting list of seven on my downline (one already joined as
Silver), the others are bound to join during November and they are jumping
around purely from excitement to get started and its rubbing off on me as
well.
Just one question: My intention is to place an invitation advertisement on
the rear window of my car, do you think it could shake some people out of
their dreams and make them joining us?
Klik
hier vir meer besonderhede
Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk
hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Resepte, resepte,
resepte
Ek het besluit om sake vir my
te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans)
op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent
enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek
te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar
dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met
hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.
Die prys van die CD is R100 (dis
om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit
Posgeld is R20 vir
geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot
toonbank.
As jy sou belangstel om een
van die CD's te bekom,
klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook
net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die
spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer
stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit
Speed Services oornag toonbank tot toonbank
Hier is die Afrikaanse boeke:
217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se
Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se
Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer
net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1,
Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir
Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille
samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies
Allerlei
Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet,
Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke
omskakelingstabel, Werk van die huis
Hier is die lys van baie ou
Engelse resepte eBoeke
A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922
A Dozen dainty recipes for preparing wartime canned meats - 1920
A Home Guide - or a book by 500 ladies - 1877
Aunt Carolines Dixieland Recipes - 1922
A Practical Dictionary of Cookery - 1200 tested recipes - 1898
Best recipes for baking - pre 1908
Buckeye Cookery and Practical Housekeeping - 1877
Burke's Complete Cocktail and tasty bite recipes - 1936
Catering for special occasions with menus and recipes - 1911
Diabetic Cookery - recipes and menus - 1917
Fifty Choice Recipes for Spanish and Mexican Dishes - 1905
Fifty valuable and delicious recipes made with corn meal - 1917
Heart of the Wheat - a book of recipes - 1910
Hospitality - recipes and entertainment hints for all occasions - 1922
Hotel Management - quantity food recipes
Household hints and recipes - 1877
Ice Cream - practical recipes for making ice cream - 1886
Information for everybody - 1859
Jane Hamiltons Recipes - 1909
Just the thing - dainty dishes at small cost - 1899
Larger cookery book of extra recipes - 1891
Leather Manufacture - 1891
Light entertaining - a book of dainty recipes for special occasions - 1910
Mom's Cookbook
On Uncle Sam's Water Wagon - 500 recipes for delicious drinks that can be
made at home - 1919
Our candy recipes - 1919
Practical Household Cookery - 1000 recipes - 1891
Preserves and Pickles - 1912
Recipes - dainties, salads and clever hints - 1919
Recipes for the preserving of fruit vegetables and meat - 1908
The Candy Maker's Guide - 1896
The Housekeeper's Friend - 1897
The Hygenic Cookbook - 1881
Tried and Tested Recipes - 1921
Two Hundred and Seventy Five Wartime Recipes - 1918
Two hundred recipes for cooking in casseroles - 1914
Two hundred recipes for making desserts - 1912
War Time Cookery - 1917
Wheatless Recipes - 1918
Wrinkles and Recipes, including farming and household hints - 1877
Hier is die Engelse resepte:
FunkyMunky
Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of
Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes
in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go
camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at
your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie
Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special
holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all
ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes
from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's
assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the
chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two
of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of
mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for
appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all
here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!
Bonus eBooks
Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food
Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns
Everything you wanted to know about making, marketing and selling your
crafts.
Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies,
myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.
10,000 Dreams Interpreted
Al my nuusbriewe is
op hierdie bladsy beskikbaar:
http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Elke nuusbrief sal
voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.
|
|