http://www.playeuromillions.com/af/home.html

Ek staan op vir Afrikaans!

Dit is ons erns.

 

Nommer 167

Besoek my Webwerf

15 Februarie 2012

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die Argiewe, meeste van die ou nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur daar af.

Ek stuur ook 'n Engelse brief uit, elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek, gaan kyk gerus en laai na hartelus af.

Hier is die eerste brief van 2012!  Kom ons hoop ons almal bly veilig gesond en voorspoedig in hierdie nuwe jaar! Kom ons maak die beste van elke dag, onthou, die lewe is onvoorspelbaar, doen wat vandag gedoen moet word vandag, more kom met sy eie dinge!

Die pasella hierdie keer is 'n eBoek met die titel, Nog Meer Terte. Daar is al soveel tert resepteboeke, hier is net nog een!

Die resepte hierdie keer is 'n versameling resepte  wat na persone vernoem is. Gaan kyk gerus by die resepte afdeling.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Teken hier in op die nuusbrief: http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief,html

 WAZZUB - nuut op die internet

Jy weet seker van Google en Yahoo. Hulle is internet soekenjins en maak sakke en sakke vol geld. Hulle kom handig te pas en ons gebruik hulle gereeld en hulle maak hulle geld uit advertensies. Nou is WAZZUB op die toneel. Hulle wil ook hulle deel van die soekenjin mark besit maar hulle moet genoeg lede hê om adverteerders te trek om geld te maak.
Toe kom hulle op die blink idee af om van hulle winste aan hulle lede uit te deel. Hulle vra geen geld nie, hulle is nog in toetsfase en beoog om in April  lewendig te gaan. Al wat hulle verlang is dat jy by hulle gratis aansluit en wanneer hulle lewendig gaan dat jy WAZZUB jou tuisblad maak. So eenvoudig soos dit. Hulle vra ook dat jy ten minste drie lede kry om aan te teken. Hierdie is nie 'n piramide skema nie aangesien geen geld betrokke is nie, dit is bloot bemarking vir lede.

Ek het al gesoek op die internet en kan nêrens sien dat dit afgemaak word as 'n foefie nie.

Hier is die skakel. klik gerus en gaan kyk dit uit. http://signup.wazzub.info/?lrRef=27ecc

Registreer – jy ontvang ’n verifikasie e-pos waarop jy dan moet kliek – dit neem jou na die webblad – vul in – dan ontvang jy nog ’n e-pos wat jou aanteken (log-in) besonderhede bevestig – jy moet dan gaan aanteken op die WhazzUb webblad en jy kry 'n skakel met jou eie unieke lidmaatskapnommer, dis die skskel wat jy dan uitstuur om nog lede te werf.

Ek het aangesluit, ek probeer enigiets eenkeer :-) En dit kos niks!

Jou eposadres verander?

Doen dit sommer self, klik hier. As jy nie internet toegang het nie, stuur my epos met jou ou en nuwe adres.

My Resepte eBoek samestelling op CD

Bo en behalwe die Afrikaanse en Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke is sal jy die boeke regtig interessant vind.

Gaan kyk onder vir 'n lys van die ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.

Rugbygeesdriftiges

Die Super 15 reeks is net om die draai, regs klik hier om 'n dokument met al die wedstryde af te laai.

Dankie aan Loot Eksteen wat dit aan my gestuur het.

Soekblokkie

Peterjasie in Woord en Beeld

Ek het van my stories en fotos in een dokument saamgestel, dis lekkerlees Afrikaans en 'n versameling van my fotos. Ek wil dit graag wyd en syd laat versprei. Dis heeltemaal gratis al wat jy hoef te doen is om op die skakel te regs klik en dit af te laai (om en by 4MB) Peterjasie in Woord en Beeld

Stuur sommer aan die mense op jou poslys ook wat dit mag geniet. Dankie!

Anna Eksteen se nuutste resepteboek

Haar nuutste resepte samestelling met die titel EET STEEDS LEKKER MET MIN BESTANDDELE is nou beskikbaar. Hierdie bundel is saamgestel uit ou sowel as nuwe resepte. Dit beslaan uit ± 160 resepte soos aangedui in die inhoudsopgawe wat ek insluit. Al die resepte het 7 of minder bestanddele. Die prys hiervan is R60 en dit word onmiddelik vir jou per epos gestuur. Kontak vir Anna by anna@zulucom.net

Die Afrikaanse rolprent - gister en vandag

Baie dankie aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie reeks te gebruik.

Die volledige reeks programme kan  hier gelees word

Pasella

Regs klik hier om 'n eBoek met tertresepte  af te laai

Geskiedenis van Boeremusiek — 'n Oorsig — 1700 ~ 2004

Deel 4

George Jones het in 1850 die Duits-Engelse konsertina ontwikkel deur die eienskappe van Wheatstone en Uhlich se konsertinas saam te voeg. Hierdie konsertina, toe bekend as die Anglo Duitse Chromatiese Konsertina staan later in Suid-Afrika bekend as die Engelse Konsertina.
Vanweë die groot aanvraag en ook omdat Wheatstone se ambagslui en tegnieke van hoogstaande gehalte was, was hy genoodsaak om hierdie konsertina te vervaardig. Bo en behalwe Engelse konsertinas vervaardig hy ook Tweery, Drie-ry, 3½-ry en 3¾ ry konsertinas. Voormelde konsertinas staan ook bekend as die 20- 30– 32– en 40-keyed.
Hierdie was ONS konsertinas en nou kon die Boere ernstig begin speel! Die groot probleem was prys wat meegebring het dat die Tweery aanvanklik die populêrste konsertina was. Tweedens was die musiek nie gekomponeer vir die baie knoppies nie en die 3¾ ry konsertina sou eers in die tweede helfte van die 20ste eeu tot sy reg kom.
Een van die hartseer stories van Boeremusiek is dat ons vele konsertinaspelers se name nooit sal bekom nie omdat Boeremusiek van die begin af vir klein groepe privaat gespeel was. Die spelers was in hulle onmiddellike omgewing bekend maar verdere blootstelling in die wyer gemeenskap het nie plaasgevind nie omdat daar ook nog nie plate gemaak was nie. Vir hierdie boek is dit dus ook nie moontlik om aan almal wat in die vroeë dae van Boeremusiek 'n bydrae gemaak het erkenning te verleen nie hoofsaaklik omdat die name van bekende konsertinaspelers nêrens aangeteken is nie.
Een familie wat al oor vyf geslagte heen Boeremusiek maak is egter wel bekend! Terwille van die geskiedenis van Boeremusiek kan daar nie nagelaat word om hulle te vermeld nie. Daar is waarskynlik veel meer sulke families waarvan ons net nie die nodige inligting het nie.
Johan van Vuuren, een van ons jonger Gildelede, se oupagrootjie — Rudolph van Vuuren — het in die 19de eeu konsertina gespeel. Sy oupa — Mias van Vuuren — het vroeg in die 20ste eeu — voordat plate gemaak was — konsertina gespeel en sy pa — Neelsie speel vandag nog boerekitaar. Johan self is 'n bekende gesig op TV Boeremusiek en sy seun — Corné — het nou tot die geslag van Boeremusikante toegetree — 5 geslagte van boeremusiek.
Aangesien so min bekend is oor die vroegste jare van Boeremusiek moes meeste skrywers wat reeds publikasies die lig laat sien het hulle ook maar verlaat op die inligting wat op grammofoonplate beskikbaar is. Skrywers soos Piet Bester het vir sy boek Tradisionele Boeremusiek — 'n Gedenkalbum ook van grammofoonplate gebruik gemaak om inligting te boek te stel. Wilhelm Schultz het in sy boek — Die Ontstaan en Ontwikkeling van Boeremusiek —wat 'n reuse taak moes gewees het — baie inligting oor danse in die hande gekry maar bitter min inligting oor Boeremusiek per se.
Ewenwel, sedert 1860 het ontwikkeling vinniger plaasgevind, kommunikasie het grootliks verbeter en derhalwe het Boeremusiek ook 'n plek onder die son begin kry. Die Afrikaner het meer gevestig geraak en dorpstigting was aan die orde van die dag. Mondfluitjies was nou baie populêr en elke tweede Boer het een gehad en kon hom baie goed speel! Dit is nou belangrik om daarop te let dat die musikante nou gewoond geraak het aan die Tweery chromatiese konsertina met sy 20 klawers/knoppies. Dit het natuurlik ooreengestem met die mondfluitjie wat presies dieselfde aantal note gehad het en ook chromaties was. Vir verskeie musikante wat aanvanklik die mondfluitjie bespeel het was dit derhalwe seker nie te vreemd om aanklank te vind by die nuwe en populêre Tweery Wheatstone konsertina nie. Meeste van die wysies van daardie tyd kon op 'n Tweery konsertina gespeel word en dit was eers later dat die 3¾ ry konsertina noodsaaklik geword het vir meer ingewikkelde komposisies.
Die eeu het nou gedraai en ons staan in die vroeë 20ste eeu. Met die vernederende Anglo Boereoorlog pas agter die rug was die Afrikaner finansieel en in getalle geknak. Dit sou hom 'n halwe eeu neem om te herstel. Maar dis juis in hierdie tydperk dat Boeremusiek sy grootste opgang beleef het.
Christiaan August Blignaut (Chris) begin in hierdie tydperk om die eerste volksliedjies op plaat vas te lê. Tydens hierdie opnames sorg hy ook dat musiek van die Boereorkeste op plaat opgeneem word by His Masters Voice (HMV). Hulle het gekleurde etikette gebruik vir die verskillende musiek genre. Daar is toe besluit dat geel die mees onpersoonlike kleur is en vir Afrika — en Boeremusiek — gebruik sal word. Later het hulle oorgeslaan na groen.

Uit 15 Goue Jare , saamgestel deur Kalie de Jager

Lekker lugkastele bou - Oorsese Lottos

Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy?

Hier is die lys van beskikbare Lotto s en die huidige boerpotte:

Powerball US $86,000,000
SuperEnaLotto EU €21,800,000
MegaMillions US $22,000,000
MegaSena US $21,300,000
EuroMillions EU €15,000,000
UKLottery UK £9,300,000
ElGordo EU €7,800,000
SuperLottoPlus US $10,000,000
FranceLoto EU €5,000,000
OzPowerball US $2,900,000

Sjoe, dis darem maar groot geld!

Foto Blog

Hier is 'n plek waar ek sommer net dag tot dag fotos opsit soos ek hulle afneem, gaan kyk gerus:

http://www.peterthomas.co.za/blog.html

Lekker kyk! 

Boeremusiek

Alles wat jy wil weet oor Boeremusiek.

Hierdie is die webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Klik hier om sy webblad te besoek.

Uit die Natuur.

Impala

Foto geneem tydens 'n onlangse besoek aan Kruger Nasionale Park

 
Klik op die foto om 'n groter weergawe te sien

Boeremusiek Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde"

 
 

Frans Steinhöbel

Frans is die enigste banjospeler wat ek ken wat amptelik banjolesse geneem het. Dit verduidelik hoekom sy banjospel so ver uitstaan bo baie ander spelers. Frans is ook 'n goeie kitaarspeler en is op die oomblik deel van Manie Erasmus se orkes. Wat baie nie weet nie is dat Frans ook 'n goeie sanger is


 


 

Facebook en Twitter

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za of kry my by www.facebook.com/Peterjasie

Ek Tweet ook nou en dan op Twitter by @Peterjasie

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige en Heel Skool Evalueerder in Stellenbosch.  Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer.  Sy gee praatjies, skryf artikels, lag en reis die hele land vol.  Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders.   Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com.

Beheer jou gedagtes - beheer jou geluk

Soms wanneer ek en ons hond gaan stap druk ek ‘n R10 in my sak vir die koerant of ‘n roomys. Onlangs toe tydens ons stappie by die kafeetjie oorkant die parkie ‘n roomys wou gaan koop haal ek die R10 uit-oeps- geen R10! Ek soek orals terwyl ek met spyt dink aan die roomys wat ek so na uitgesien het.
Terwyl ek aanstap , dink ek: “Mirna, hou op om jou energie te mors op iets wat jy nie kan verander nie, fokus liewers op die lekker stap en op die NOU.”
Toe kon ek my aandag verskuif na die nuwe bougainvilles bloeisels en die mense bekyk wat in die park is. Ek kon dink aan my dag en die kindes, ouers en onderwysers waarmee ek gewerk het. Die beste gedagte was egter toe ek besef dat dit moontlik is dat ‘n kindertjie of ‘n behoeftige persoon daardie R10 gaan optel en hoe bly hulle sal wees. Terug by die huis is ek opgewonde dat ek moontlik iemand se dag kon maak met daardie onverwagte R10-noot. En daar op die vloer lê die R10-noot. Ek het ampertjies uitgegaan en die R10 êrens in die parkie gaan los.
Ons lewens-oomblikke word bepaal deur HOE ons dink oor ‘n insident; nie soseer deur die wat rerig gebeur het nie. Ek moedig ouers gedurigdeur aan om hulle kinders te herinner hoe ‘n negatiewe situasie positief kan uitwerk of wel uitgewerk het. Dit help hulle om geduldig slegte ervarings te deurleef of om slegte ervarings te verander in die positiewe omdat hulle wyer as die slegte van hier en nou kan sien.
Natalie du Toit (nasionale swem kampioen) het hierdie beginsel uitgeleef. Toe sy een van haar bene in ‘n ongeluk verloor het, het sy ‘n keuse gehad: word ‘n slagoffer of styg uit bo die negatiewe omstandighede. Haar positiwiteit, uithouvermoë en vasberadenheid het haar laat styg van ‘n nasionale kampioen na ‘n internasionale ikoon van hoop en inspirasie.
Gholfballe was eers glad, maar spelers het later besef die balle trek verder en meer akkuraat as hulle al grof en stukkend was. Vandag het alle gholfballe 432 dimpeltjies.
Herinner jouself dat wanneer die lewer rof raak, verander jou denke-verander dit in ‘n dimpel.
Die keuse om op die negatiewe te bly fokus: bitter oor die verlede, bitter oor dit of dat maak van jou ‘n slaaf van wanhoop-‘n toestand waar jy nie kan uitstyg bo omstandighede om sodoende vrede en geluk te ervaar nie. Fokus deurlopend op die positiewe-so raak jy ‘n vry van slagofferskap-kry jy ‘n kans tot blydskap.
Met dankbaarheid van my aan jou.

 

Klik hier om Mirna se ander artikels te lees

Die Kapelaan

Deur Helena Graham 

Die kapelaan

Soos ek al soveel keer vertel het, was my broer in die weermag. Hulle moes eenkeer vanaf Middelburg met n hele konfooi reis grens toe. Natuurlik is die f- woord die algemene weermagtaal en elkeen gebruik dit links en regs.

Die kapelaan was baie ongelukkig oor die troepe wat hierdie woord oor en oor gebruik. My broer vra toe vir hom om n woord in n ander taal te gee wat dieselfde impak sal he as hierdie woord en hy sal sorg dat elke troep dit voortaan gebruik. Dit het die kapelaan nog meer ontstel, want hy het nie so n woord nie.

Elke aand by godsdiens het hy gepreek oor hoe n mens jou taal moet oorweeg as jy kwaad word en ernstig gebid dat die troepe tog meer geduldig sal wees en dink voor hulle iets kwytraak wat aanstootlik is. So was dit elke aand, maar die troepe het nog ge-f.......

Toe hulle uiteindelik op die grens kom, was die kapelaan veronderstel om in my broer se Ratel te ry, want hy was verantwoordelik vir sy veiligheid. Daardie Ratel was soos n kantoor ingerig en dit was die beheerkamer van die hele konfooi.

Maar, nee, die kapelaan wou oor die troepe waak en het aangedring om saam met hulle in die Kotskoetse
( ek weet nie die regte woord daarvoor nie, maar ek het die voertuig al gesien). Op een stadium kom daar n berug deur dat die koets waarin die kapelaan is, n landmyn afgetrap het en natuurlik is my broer hoogs ontstel.

Gelukkig het die kapelaan ook geleer dat hulle op die spore van die voertuig moet terugkruip, want dan is dit veilig en is daar nie nog n landmyn nie. Toe my broer by die kapelaan kom, is hy doodsbleek, vol rooi stof en staan stadig op. Sy eerste woorde was: “F....,f.....,f....”

Daardie aand om die kampvuur vertel my broer toe vir die kapelaan waarom die troepe daardie woord so baie gebruik. Baie van die troep het net St.8, geen werk as hulle teruggaan nie en moontlik nie meer hulle meisies nie of hulle meisies is verwagtend en hy dink gedurig daaraan. As hy dan net sy voet stamp, is dit f.....!

Van toe af het die kapelaan saans met godsdiens sy deuntjie verander. Hy het gepreek en gebid dat n mens jou medemens moet leer ken voor jy oordeel en dat jy mense se omstandighede moet probeer verstaan. Toe het die troepe vir die eerste keer oor hulle probleme met hom kom praat en so het hy miskien menige siel gered en die troepe raat gegee of probeer iets uitwerk vir die toekoms.

Op pad terug, was almal dik pelle met die kapelaan, maar die f... het maar aangegaan. Die kapelaan het nou verstaan hoekom hulle dit so baie gebruik. Hyself of nie een van hulle wou graag daar wees nie, maar hulle moes maar. Daar het die bekende gesegde vandaan gekom van: jou beurt is jou beurt.

My eie kinders het dit later ook so gebruik: jou beurt is jou beurt. Gelukkig was ek nie daar om te weet hoeveel keer hulle die f... woord gebruik het nie!

Dit is maar een van die lesse wat moes geleer word en alles was so onnodig, want ons kan dink wat ons wil, maar ons het die oorlog verloor al sal baie dit nie wil erken nie.

Nouja, verstaan jou medemens en moenie elke keer f.... gebruik nie, want ons is mos nou al mooi groot!

My Boetie se Beurt

Is my boetie se beurt......'n Verhaal word vertel van 'n matriekklas by 'n sekere skool wat geregeer is deur
die belhamel-element. Die klas het haas onregeerbaar geword en een ná die ander onderwyser het sy of haar goed gevat en geloop omdat dit nie vir hulle enigsins moontlik was om dissipline en orde te handhaaf nie.
Daar is advertensies in al die koerante geplaas, maar soos wat die onderwysers aangestel is, so het hulle 'n
paar weke later maar weer hul goed gevat en geloop.
Maar een oggend was daar 'n ligte kloppie aan die skoolhoof se deur en n tingerig geboude man het daar gestaan. Die skoolhoof het gegroet en toe stel die man homself voor: Ek is Mnr Buys en ek het kom aansoek doen vir die pos van matriekonderwyser. Die skoolhoof het die man op en af gekyk en toe vir hom gesę:
Dankie Mnr Buys, maar groter en sterker manne as jy het al aansoek gedoen en het maar weer stert tussen die bene 'n paar weke later weggesluip.
Mnr Buys het die skoolhoof in die oë gekyk en toe gesę: Dan het jy mos niks om te verloor deur my 'n geleentheid te gee nie. Ek sien kans vir hierdie klas.
Die skoolhoof het sy bedenkinge gehad, maar het te sleg gevoel om vir hierdie man te sę dat hy heeltemal te klein en maer is vir hierdie klomp belhamels en het hom toe aangestel.
Die volgende oggend was die matriekklas op hul beste, die geraas is deur die hele skool gehoor.
Daar was 'n vreeslike rumoer wat deur die gange ge-eggo het. Die klasdeur het oopgegaan en mnr Buys het stadig by die deur ingeloop terwyl hy die hele spul so op en af bekyk, hy het agter sy tafel gaan staan en net gekyk, nie 'n woord gesę nie.
Daar het skielik 'n doodse stilte oor die matriekklas neergedaal. Of dit verbasing was omdat so 'n klein verpiepte mannetjie die mannemoed gehad het om by hulle klas in te stap, en of dit net die atmosfeer was wat die man omvou het - wat ook al die rede - die stilte was voelbaar.
Mnr Buys het van die geleentheid gebruik gemaak om die klas te groet, homself voor te stel en hulle te vra om asb hulle plekke in te neem. Hy verduidelik toe vir hulle dat hy orde en dissipline gaan toepas, maar met die verskil, dat hulle die reëls en die straf sal bepaal. Hy gaan staan toe voor die swartbord en vra hulle watter reëls hulle wil instel.
Die een groot belhamel met die naam van Jakobus spring toe op en skree:"Daar mag geen diefstal wees nie", en mnr Buys skryf toe GEEN DIEFSTAL.
Die volgende ou spring toe op en sę daar mag geen vloekery wees nie, en mnr Buys skryf GEEN VUIL TAAL, en so het die klomp hul totaal en al oorgegee aan die genot van die maak van die reëls. Toe staan mnr Buys eenkant en sę dit is nou goed so, maar wat van die straf as een van hierdie reëls verbreek word.
O dit is maklik skree ou Jakobus weer, 10 van die bestes met die rottang. Goed sę mnr Buys, so sal dit wees
en skryf toe die straf ook op die bord.
Die dag het redelik vlot verloop en die pouse het aangebreek.
Na pouse storm Jakobus die klas binne en sę vir mnr Buys, "My toebroodjies is gesteel, en die reëls se daar mag nie gesteel word nie, so die skuldige moet asb gestraf word". Mnr Buys vra toe of hy weet wie die brood gesteel het, Ja, sę Jakobus, dit was Klaas. Mnr Buys vra toe wie Klaas is, en agter in die klas staan 'n maer, verwaarloosde seun stadig op. Mnr Buys vra hom toe of hy die brood geneem het en hy sę toe ja, hy het.
Mnr Buys kyk toe vir die kind en sien dadelik die hongerpyne op die seun se gesig raak, maar hy het ook besef as hy nie die nodige disipline toepas nie, gaan hy ook druipstert die skool verlaat. Hy versoek toe vir Klaas om vorentoe te kom.
Klaas was die toonbeeld van armoede, die skoene was stukkend, en oor sy skoolbroek het hy 'n oorgrote baadjie gedra wat hy styf voor toegevou het.
"Klaas trek uit jou baadjie en kom buk". Klaas kom toe vorentoe en buk met die baadjiepante nog steeds styf vasgehou.
"Nee Klaas, die baadjie is te lank en dit hang oor jou boude, jy moet dit asb uittrek".
"Ag meneer", smeek Klaas, "ek sal buk want ek is skuldig, maar asb meneer, net nie my baadjie nie".
Mnr Buys voel hoe sy binneste ruk, want hy weet hier is groot behoefte, maar ter wille van die dissipline van die klas moet die seun gestraf word. Hy versoek toe weer vir Klaas om sy baadjie uit te trek, en weer smeek hierdie maer verwaarloosde kind:
"Meneer, ek sal enigiets doen, maar asb meneer, ek kan nie die baadjie uittrek nie".
Mnr Buys kon ook nie toegee nie, en sę weer: "Kom Klaas, uit met die baadjie" en toe Klaas sien hy gaan die baadjie moet uittrek, maak hy dit oop en laat dit stadig grond toe gly en staan voor die onderwyser met net die broek aan sy lyf.
"Klaas waar is jou hemp" vra mnr Buys.
"Meneer, in ons huis is daar net een hemp en een baadjie en dit was vandag my boetie se beurt om die hemp te dra. En meneer ek het nie bedoel om die brood te neem nie, ek het gedink Jakobus gaan dit net weer in
die asblik gooi soos elke dag, en ek was so honger, toe dink ek hy sal nie eens agterkom dat die brood weg is nie".
Mnr Buys het gemaak of hy na iets op die bord kyk om hom geleentheid te gee om sy emosies onder beheer te kry. Toe draai hy om en sę: "Klaas, jy verstaan dat ek wel die dissipline moet toepas. Jy verstaan dat ek nie 'n uitsondering kan maak nie", en Klaas kyk hom in die oë en sę:
"Ja meneer, ek verstaan" en toe buk hy, en Mnr Buys tel die rottang op om die eerste hou te slaan, toe breek Jacobus se stem die stilte in die klas, "Wag Meneer moenie hom slaan nie."
Mnr Buys kyk na Jacobus en sę: "Nee die straf moet toegepas word vir die oortreding van die reëls". "Nee meneer, moenie hom slaan nie, hy was honger, los hom ek sal in sy plek kom buk om die straf te kry."
Daar was nie n droë oog daardie dag in daardie klas nie. Maar net so het daar Iemand ook voor die Vader gestaan en gesę,
Asseblief Vader moenie hulle straf nie, Ek sal in hulle plek die straf neem. Kom ons maak 'n punt daarvan om in hierdie nuwe dag, hierdie nuwe week opnuut vir Jesus dankie te sę vir die straf wat Hy namens ons verduur het. Laat mens dink, dink voor jy praat en doen aan andere wat jy graag wil hę gedoen moet word aan jou. Sien ook die nood raak van die ander met wie jy 'n pad kruis.

Afrikaanse Lirieke

Johannes Kerkorrel
Hillbrow

Ou man sit by die straatkafees,
En kyk al die mense loop heen-en-weer
Boemelaars raas by die Wimpy Bar,
En Fontana is oop tot laat in die aand
Kaalvoet kinders in die straat, wys parkeerplek aan
En hou dan die hand, en hou dan die hand,
En hou oop die hand…ja

Koortjie:
En gee, gee, gee. Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate,
Gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow

In Quartz Straat hoor ek ‘n meisie my roep,
Daar’s ‘n Hare Krishna wat vra wat ek soek
En ken ek vir Jesus? Vra ‘n man op die stoep,
Tussen Hillbrow records en Estoril Books
En dis lank na twaalfuur,
En die Hillbrow toring stuur
Sy seine in die nag, sy sein in die nag,
Sy sein vir die junkies wat wag, o

Koortjie:
En gee, gee, gee. Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate,
Gee jou hart vir Hillbrow,
Ja, gee jou hart vir Hillbrow

En die ligte gaan aan in die Chelsea Hotel,
En stemme en musiek klink in elke woonstel.
Ons sit in die son, drink wyn,
Ons survive met ‘n helse lot pyn in hierdie land, ja
Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef,
Op die een wat kry wat hy vra, ja
Koortjie:
En gee, gee, gee. Gee, gee, gee
Jou sente jou drome, jou toekoms vol gate,
Gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow,
Komaan, gee jou hart vir Hillbrow 

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Zalome - Afrikaans op die net

Zalome is nog iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.

Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang, doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).

AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com

AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com

Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier 

Glimlag

So kort voor die runderpes in Namakawaland is daar 'n oom en antie.
Hulle het kinders by dosyne. By die geboorte van die laaste een waarsku die dokter dat die antie se masjienerie nie meer so lekker is nie en dat sy bes moontlik nie nog 'n geboorte sal oorleef nie.
Die oom en antie skrik, want hulle is lief vir mekaar en wil nou nie sommer moedswillig die antie laat dood nie. Nou slaap hulle apart op sulke ysterkateltjies, maar die ongedurigheid broei in hulle.
Een nag lê die oom wakker en hy hoor die antie se kateltjie kraak en kreun soos sy rondrol. Ná 'n rukkie is dit stil en hy kyk na haar, net om te sien dat sy hom met groot oë beloer.
"Jy keek vi my," sê hy.
"Ja," sê sy, "ek keek vi jou."
"Nou maar hoekom keek jy vi my?" vra hy.
"Ek dink," sê sy.
"Nou maar wat dink jy so innie laatnag?" vra hy.
"Ek dink jy moet my maar die doodskoot kom sjee…"

Jan gaan dood en kom in die hel aan.
Duiwel: Drink jy??
Jan: Ja
Duiwel: Maandae drink ons heeldag.
Jan: Nice!
Duiwel: Rook jy?
Jan: Ja
Duiwel: Dinsdae rook ons heeldag.
Jan: Baie nice!
Duiwel: Dobbel jy?
Jan: Ja
Duiwel: Woensdae dobbel ons heeldag.
Jan: Great!!
Duiwel: Doen jy drugs?
Jan: Ja
Duiwel: Donderdae doen ons heeldag drugs.
Jan: FANTASTIES!!
Duiwel: Is jy Gay?
Jan: NEEE!!!
Duiwel: Oooooo .....jy gaan Vrydae haat!!

Die gemeente het swaar getrek onder finansies wat maar net nie wil regkom nie, en die dominee was erg bekommerd oor waar die volgende fondse vandaan gaan kom.
En toe kom hy in die stoorkamer af op 'n paar kartondose vol splinternuwe Bybels.
Daardie Sondag maak hy 'n afkondiging dat die gemeente dringend fondse nodig het, en dat hy 'n paar mense soek wat bereid sal wees om Bybels van deur tot deur te gaan verkoop.
Drie manne steek hulle hande op: Pieter, Jakobus en Jannie.
Dominee is in sy noppies - hier het hy twee van die dorp se mees suksesvolle verkoopsmanne wat bereid is om die taak aan te pak:
Pieter en Jakobus, maar die arme Jannie - hoe dink hy dat hy so 'n taak sou kon aanpak?
Jannie is 'n kleinboer, maar die ergste is dat die arme man verskriklik hakkel, en boonop so skaam is dat hy selde 'n woord sę.
Maar hy wil nie die kęrel in die gesig vat nie, en elkeen kry sy kwota Bybels om te gaan verkoop.
Die volgende Sondag kry die verkoopsmanne hulle kans om te kom verslaglewer, en Pieter is eerste aan die beurt.
"Almal ken my as 'n goeie verkoopsman", vertel Pieter trots, "en ek het hierdie week twintig Bybels verkoop".
Daarmee oorhandig hy die pragtige bedrag van R1200 aan die dominee.
"Nie sleg nie!", dink die dominee, en Jakobus kry sy beurt:
"As professionele verkoopsman is dit vanoggend vir my 'n groot voorreg om my dienste te kon aanbied.
En het nie minder nie as 28 Bybels verkoop gekry, en daarmee vir die gemeente R1680 verdien."
"Baie dankie Jakobus!", sę dominee, maar hy kry al klaar 'n naar knop op sy maag, want die arme Jannie is volgende aan die beurt, en hoe moet die kęrel nou voel te midde van sulke voortreflike verkoopsmanne?
"Het jy hierdie week enige Bybels verkoop, Jannie?"
"J-j-j-j-aaaaaa, d-d-d-d-d-dooominnnnie", stotter Jannie dit uit, en oorhandig 'n dik koevert aan die predikant. Hy maak dit oop en begin tel:
R19'200 se note peul uit die koevert uit. Sy mond hang oop van verbasing.
"Wat het jy gedoen Jannie? Hoe op aarde het jy dit reggekry?"
"D-d-d-d-doooominnnnnie, e-e-e-ek w-w-w-weeeet s-s-s-s-self n-n-n-nie m-m-m-mooooi nie", hakkel hy, "m-m-m-m-aaaar ek h-h-h-het n-n-n-net by eeeeeelke h-h-h-h-huis gesę: 'W-w-w-w-wil u 'n B-b-b-b-b-byyyybel
k-k-k-k-k-k-koooooop vir s-s-s-s-s-s-seeeeestig r-r-r-r-r-r-raaaaand, oooooooof m-m-m-m-m-moet eeeeeek h-h-h-h-h-hier staaaaaan eeeeen d-d-d-d-d-dit vir jou l-l-l-l-l-l-l-l-l-l-leeees?"

Die toetser in die alkoholfabriek het gesterf en die direkteur was op soek na 'n nuwe een.
'n Dronkie met 'n verslonste, vuil voorkoms het aansoek gedoen. Om van hom ontslae te raak, gee die direkteur se blonde sekretaresse toe vir hom 'n glas wyn om te proe.
Die man het 'n mondvol geneem, en gese: "Dis 'n cabernet, drie jaar oud, noordelike hang, twee jaar in hout."
"Dis korrek!" roep die direkteur verbaas uit, en sy sekretaresse gee die man nog 'n glas.
"Shiraz. Suidelike hang. Ses jaar oud, drie jaar in eikehoutvate."
"Korrek!" Die direkteur was verstom en wink sy blonde sekretaresse eenkant.
Sy bring toe vir die man 'n glas urine, en die alkoholis proe dit.
"Blondine, 26 jaar oud. Sy is drie maande swanger," se hy. "En as julle my nie aanstel nie, gaan ek vir almal se wie die pa is!"

Ou oom is oorlede na 63 jaar van getroude lewe.
Na 3 maande sterf die tannie ook.
3 Dae lank soek sy na hom in die hemel.
Sy sien hom wegkruip agter 'n wolk en roep:
"Hallo my liefie, kom groet my!"
Die oom skree: "Nee, Nee!
Die kontrak het gesę..... TOT DIE DOOD ONS SKEI en nie 'n f*k verder nie!" 

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Positief vir die nuwe jaar

Nog 'n nuwe jaar het aangebreek. Maar kan ons werklik positief wees oor die jaar wat voor ons uitstrek? Daar is soveel negatiewe en slegte dinge in hierdie wêreld waarin ons lewe.
Neem maar net die gevolge van die resessie op baie mense se lewens. Meer as 8 miljoen mense in Suid-Afrika is in 'n skuldlas vasgevang waaruit hulle nie kan kom nie. Die meeste ekonome voorspel die resessie se impak sal in 2012 voortduur. Daar is steeds dinge soos korrupsie en misdaad en werkloosheid wat mense moedeloos en selfs bang maak. En dalk het jy ook gehoor dat die einde van wêreld hierdie jaar (volgens die Maja-kalender) op 21 of 23 Desember aanbreek.
Kan 'n mens dus werklik nog positief wees oor hierdie nuwe jaar? Die antwoord is dat jy dit absoluut kan doen. Net die feit dat jy leef, gee klaar hoop. 'n Nuwe jaar is soos 'n nuwe begin met nuwe geleenthede. Die belangrike ding is egter dat ons 'n keuse het. Elke mens is geskape met 'n vrye keuse. Ons kan kies hoe ons die jaar wil aanpak: met 'n negatiewe of met 'n positiewe gesindheid.
Dit is maklik om te sê dat jy positief moet wees, maar hoe doen 'n mens dit? Daar is baie maniere hoe jy dit kan doen. Hier aan die begin van die jaar wil ek net vier praktiese riglyne vir jou gee hoe om positief in 2012 te wees:
• Leef elke oomblik met volle dankbaarheid. Henri Matisse het gesê: Daar is altyd blomme vir diengene wat dit graag wil sien." Al sal dit party dae moeilik gaan, moet jy steeds die mooi en goeie dinge in jou lewe raaksien en waardeer.
• Leef met humor. Lag elke dag. Lag maak gesond. Leer om humor in situasies in te sien. Humor stimuleer die brein en gee energie.
• Leef gesond. Oefen en eet reg en handhaaf gesonde gewoontes.
• Leer om te gee. Verander van "ek wil hê" na "ek wil gee".
'n Mens moet egter ook realisties wees. Daar sal in hierdie jaar ook negatiewe dinge en teleurstellings oor ons pad kom. Hoe moet jy hierdie negatiewe dinge en teleurstellings hanteer wanneer jy daarmee gekonfronteer word?
Dis belangrik om te onthou dat die lewe aan 'n mens met 'n hand met kaarte uitdeel. Dit help nie om daaroor te kla nie en te mor waarom dit of dat met jou moes gebeur het nie. Jy moet speel met die kaarte in jou hand. Aanvaar die kaarte en doen die beste met dit wat aan jou uitgedeel is. Wees realisties en weet slegte dinge kan gebeur. Jy is nie onaantasbaar teen die aanslae van die lewe nie. Jy is kwesbaar en sal in hierdie lewe teleurstellings ervaar, soos enige ander mens. Hier is vier praktiese dinge wat jy kan doen om teleurstellings in 2012 te hanteer:
• Gee jouself tyd en ruimte om deur jou teleurstelling te werk.
• Gesels met mense om perspektief op die saak te kry.
• Jy kan in skuldgevoelens en in selfverwyt verval. Klim vinnig daaruit. Sit dit agter jou. Onthou egter altyd die les wat jy geleer het.
• Onthou wanneer een deur wat toegaan, kan 'n tweede kan oopgaan wat veel beter geleenthede aan jou bied. Moenie te lank in sak en as sit nie, want dan kan 'n nuwe geleentheid by jou verbygaan.
Beste wense en sterkte vir hierdie nuwe jaar.
'n Sprankie wysheid vir die dag
"'n Positiewe houding het 'n kettingreaksie wat positiewe denke en gebeure tot gevolg het. Dit is die vonk wat uitsonderlike resultate lewer." - Anoniem -
 

Jy kan inteken op st se nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 
Nuusbrief argiewe

As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke.

 

 

Nog skakels

Lees

Eet

Kyk

Lag

Ry

Speel

 

 

 
Resepte
Jan Smuts-koekies

Hierdie koekies is genoem na Genl. Jan Smuts wat van 1919 tot 1924 en van 1939 tot 1948 die eerste minister van die Unie van Suid-Afrika was.
Die resep lewer 4 dosyn koekies. Volgens oorlewering was die koekies destyds baie gewild onder Genl. Smuts se aanhangers terwyl hul politieke opponente niks daarvan wou weet nie en net Hertzoggies gebak het.

Kors
400 g (750 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
250 g botter of margarien, by
kamertemperatuur
200 g (250 ml) suiker
2 eiers, geklits

Vulsel
125 g botter of margarien, by kamertemperatuur
125 g (150 ml) suiker
2 eiers, geklits
125 g (225 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
5 ml bakpoeier
100 ml fyn appelkooskonfyt

Voorverhit die oond tot 190°C (375 F).
Smeer die holtes van kolwyntjiepanne, of bespuit hull met kleefwerende middel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarien met die vingertoppe hierin totdat die mengsel fyn gekrummel is. Voeg die suiker by en meng. Voeg die eiers by en meng tot 'n deeg.
Rol die deeg sowat 3 mm dik uit op 'n meelbestrooide deegplank. Druk sirkels, 8 cm in deursnee, met 'n koekiedrukker uit. Voer die holtes van die kolwyntjie panne met die deegsirkels uit.
Verroom die botter of margarien en die suiker saam. Voeg die eiers by en meng. Sif die koekmeelblom en bak poeier saam en meng dit met die eiermengsel.
Skep 2 ml van die appelkooskonfyt in elke korsie. Skep 'n lepelvol vulsel daarop.
Bak die koekies 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak.
Keer hulle versigtig op 'n draadrak uit en laat afkoel.

Jan Ellis poeding

1 1/2 kop. bruismeel.
2 eiers.
2 eetl.appelkooskonfyt.
1/2 kop. melk.
1/2 kop. suiker.
1 teel. koeksoda.
2 eetl. sagte botter.
1/4 teel. sout.
Los koeksoda in melk op. Meng al die ander bestanddele. Roer melk en koeksoda by en meng baie goed. Bak 30 minute in matige oond.

Stroop:
1 kop. kookwater.
1 kop. room.
1 teel. vanilla.
1 kop. botter.
1 kop. suiker.
Gooi alles in kastrol en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor poeding wanneer dit uit die oond kom. Bedien warm of koud.


Generaal De la Rey's koek
Ons weet nou dat hy nie alleen die Boere gelei het nie, maar hy het ook van koek gehou. Hier is die resep in oorspronklike teks:
1½ pond flour
1 lb. fyn wit suiker
½ bottel melk
5 yers (eiers)
½ lb. botter
1 koppi skoon deurgesnyde resyntjiis sonder pit
1 koppi skoon korente
½ koppi fyn siterskil (wat is siterskil??)
½ koppi fyn limoenskil
10 druppels amandel
10 druppels fannille essens
1½ télepel "Baking" poeier
½ koppi amandels dun gesny
Sif di flour en "Baking" poeier tesame. Klop di botter met di suiker tot room dan di geel fan die yers een vir een daarby, dan di melk goed deurwerk. Strooi die flour fyntjies in, dan di styfgeklopte wit fan di yers, resyntjiis, siter skil, korente, limoenskil en amandels dun gesny, werk goed deur, ten laaste di druppels.
Smeer 'n regte groot form, strooi krummels daarin en skut uit wat tefeul is. Doet di deug daarin en bak in 'n warm oond fer 1½ uur tot 2 uur. Fersiir eers met wit fersiirsel en as dit goed droog is, dan weer met fersiirsel wat opgeklop is met 'n bitjie cochineal, maak rosiis of blomme daarop, De la Rey's naam is ook mooi.


Patriot Koek (baie ou resep) 
1¼ pond meel
1 pond fyn wit suiker
6 eiers
½ pond gesmelte botter
½ pond fyn gestampte amandels
½ teelepel kaneel
2 onse korente
½ bottel melk
½ teelepel soda
1 teelepel cream of tartar
1 teelepel fyn gestampte nartjieskil of 10 druppels lemoenolie 
Klits die geel van die eiers goed, klop die suiker daarby, dan die gesmelte botter, dan die melk met die soda daarin, voeg dan die meel by en roer goed deur.voeg dan die amandels en korente, nartjieskil en cream of tartar by en meng alles goed. Klop die eierwitte goed en meng dit by. Plaas in gesmeerde pan en bak in matige oond vir 1½ tot 2 uur lank.


Patriot Poeding (baie ou resep) 
6 eiers,
8 lepels meel,
1 koppie fyn wit suiker,
1 koppie melk,
1 koppie dikmelk,
2 lepels botter,
2 onse korente,
1 ons konfyt,
25 soet amandels 
Kraak die amandels ensit dit in warm water sodat die velletjies los gaan, klop die eiers goed, maak die botter so effentjies lou en klop by die eiers. Voeg dan die suiker by en werk goed deur. Voeg dan die melk en dikmelk by , strooi die meel daaroor en roer dan goed. Werk die konfyt in die deeg in en roer alles deeglik. Plaas in ‘n gesmeerde skottel en bak vir een uur. Sodra die poedig gaar is, sny die amandels in middle of lengte deur en steek dit mooi oral op die poeding.


Afrikanerbond Koek (ou resep) 
1 ¼ pond meel
1 pond fyngestampte wit suiker
8 eiers
¼ pond botter
¼ pond korente
½ bottel melk
10 druppels amandelolie
1 teelepel soda
1 lepel brandewyn 
Sit die soda in die melk. Klits die geel van die eiers goed., voeg dan daarby die suiker, dan die gesmelte botter, korente en melk, dan die meel en amandelolie en ten laaste die geklopte wit van die eiers en die lepel brandewyn. Plaas in ‘n gesmeerde pan en bak in matige oond vir 1½ to 2 uur.


Boerewors
3 kg beesvleis of 2 kg bees en 1 kg varkvleis
15 ml fyn koljander
2 ml fyn naeltjies
2 ml gerasperde neutmuskaat
15 ml gedroogde tiemie
30 g fyn sout
5 ml peper
500 g spek in blokkies gesny
100 ml asyn
90 g derms (ongeveer) geweek in lou-warm water
Sny vleis in 50 mm blokke en meng met speserye en geurmiddels. Maal die vleis. Voeg spek en asyn by en meng liggies maar deeglik. Stop derms, nie te styf nie.


Voortrekker Poeding
1/2 lb. margarien (250 g)
2 eiers
4 eetlepels appelkooskonfyt
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
2 koppies suiker
3 koppies kookwater
2 teelepels gemaalde gemmer
2 teelepels koeksoda
Gooi suiker in 'n diep bakpan, voeg kookwater by en roer tot die suiker opgelos is.
Room die margarien en konfyt, voeg meel, bakpoeier en gemmer, (saam gesif) alternatief met geklitste eiers by. Voeg nou die koeksoda, opgelos in 'n bietjie melk by. Voeg laaste van die melk by. Voeg lepelsvol van die mengsel in die stroop en bak in 'n matige oond tot donkerbruin. Die poeding maak sy eie sous, maar kan ook met vla of room geniet word.


President Steyn koek
240 g botter
210 ml strooisuiker
3 eiers, geskei
30 g fyn amandels
200 ml sultanas
30 g versuikerde lemoenskil, fyn gekerf
1 teelepel bakpoeier
2 koppies koekmeel
knippie sout
Klits botter en strooisuiker tot romerig. Klits eiergele goed. Voeg eiergele by geklitste bottermengsel. Meng goed. Meng amandels, skil, sultanas en rosyntjies en hou eenkant. Sif droë bestanddele saam en voeg by bottermengsel. VVoeg vrugte by en meng goed. Vou styfgeklopte eierwitte in en meng. Gooi helfte van beslag in goedgesmeerde, gevierde koekpan. Hou res van beslag eenkant.
Meringue
1 eierwit
5 eetlepels suiker (62.5 ml)
knipie sout
1 ml amandelgeursel
125 ml klapper
125 ml gepelde amandels, gekap
Klits eierwit styf, voeg suiker, sout en geursel geleidelik by. Vou klapper en amandels in.
Smeer meringuelaag op helfte van beslag reeds in die pan. Gooi die res van die beslag bo oor en bak by 190ºC vir ongeveer 75 minute. Keer uit en laat afkoel


Koningin's Poeding (ou resep)
1 lb broodkrummels, meng met geel van 4 eiers
3 lepels witsuiker
1 koppie melk
15 druppels lemoenessens
Meng alles goed. Bak in skottel tot mooi ligbruin. Haal uit en smeer marmalade oor. Klop dan die wit van die 4 eiers tot skuim en sit bo op die marmelade. Sit die poeding weer in die oond totdat dit styf is, nie bruin nie.


Boere Soetkoekies

15 Koppies mee1
3/4 Koppie stroop
15 teelepels bakpoeier
6 1/2 Koppies suiker
1 teelepel kaneel .
1 teelepel neut
1/2 teelepel naeltjies
1 teelepel gemmer
6 eiers
1 1/3 pond (660 g) margarien

Meng die droë bestanddele, vryf margarien in. Voeg stroop en eiers by,
meng verder met melk tot 'n stywe deeg. Rol uit en druk af met
drukkertjies. Bak in oond 200°C tot ligbruin.


Ounooienspoeding
250 ml melk
250 ml dikmelk
125 ml koekmeel
250 ml suiker
25 ml botter
1 suurlemoenskil, gerasper
6 eiers, geskei
Voeg die melk en dikmelk by die gesmelte botter en meng. Sif die meel en voeg suiker en skil by. Voeg meel by dikmelkmengsel en meng goed. Klits die eiergele saam en voeg by melkmengsel. Klits die eierwitte goed styf en vou dit in die melkmengsel. Bak by 180ºC tot goudbruin en gaar. Dien op met 'n soetsous.


Ou Jonkmanspoeding
750 ml koekmeel
250 ml suiker
250 ml botter
5 ml gemmer
500 ml melk
5 ml koeksoda
25 ml appelkooskonfyt
125 ml korente
Room botter en suiker saam. Sif koekmeelblom en gemmer saam. Los koeksoda in melk op. Voeg koekmeel en melk beurtelings by bottermengsel. Roer appelkooskonfyt en korente by. Skep beslag in 'n vuurvaste oondskottel. Bak vir 1 uur by 180ºC. Bedien warm


Soldaatpoeding
Neem ½ lb. niirfet, ½ lb. broodkrummels, ½ lb. klam suiker, di skil fan 'n groot suurlimoen, kap di niirfet fyn, meng dit met di krummels en suiker, kap di limoenskil en giit deur die sop, roper dit by die ander en meng baing goed, sit di mixtuur in klyn koppiis, bak fer 20 minute, keer dit op 'n skotel en gé limoensous daarby.


Stormjaers
875 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
5 ml sout
5 ml fyn gemmer
3 eiers
250 ml suiker
375 ml dikmelk of melk
500 ml pitlose rosyne
5 ml vanielje essens
olie vir diepvetbraai
Sif koekmeel, bakpoeier, suiker, gemmer en sout saam. Klits suiker en eiers saam. Voeg melk by en klits goed. Voeg die droeë, gesifte bestanddele geleidelik by en meng goed. Voeg die rosyne en geursel by. Verhit die olie in die kastrol en voeg die beslag lepelsvol daarin. Dreineer en rol in 'n suiker-en-kaneelmengsel. Bedien warm of koud


Victoria sponskoek
175 g bruismeel
175 g botter of margarien
175 g strooisuiker
3 eiers
30 ml melk
45 ml aarbeikonfyt
versiersuiker
Sif die meel. Klop die botter tot lig. Voeg suiker by en klop tot romerig. Klits eiers en voeg bietjie vir bietjie by die mengsel, klop goed na elke byvoeging. Vou 1/3 van die meel op 'n keer by die bottermengsel. Indien nodig, voeg melk by. Skep in twee gesmeerde, uitgevoerde panne en bak by 180ºC vir 25 tot 30 minute. Haal uit, keer op rak uit, smeer een helfte met aarbeikonfyt, plaas ander helfte bo op en sif versiersuiker bo op.


Generaal Smutskoekies
250 g botter
750 ml meelblom
250 ml suiker
10 ml bakpoeier
2 geklopte eiers
knippie sout
melk
fyn appelkooskonfyt
Bolaag:
50 ml suiker
50 ml botter
2 geklitste eiere
50 ml koekmeel
5 ml bakpoeier

Klop suiker en botter tot romerig. Voeg eiers by en meng. Sif meel en bakpoeier saam en voeg by eiermengsel en meng goed. Bedek konfyt met 5 ml beslag
Vryf botter in meel. Voeg suiker, sout, bakpoeier en eiers by. Meng met melk tot dit gerol kan word. Rol dun uit en sit in kolwyntjiepanne. Plaas een teelepel appelkooskonfyt in elkeen. Bedek met die bolaag hierbo. Bak by 200ºC vir 10-15 minute.


Hertzoggies

1 k botter
3 k meelblom
1/2 t sout
3/4 k suiker
2 t bakpoeier
1 k klapper
1/2 k fyn suiker
4 eiers

Sif meelblom, sout en bakpoeier saam en voeg suiker by. Sny en vryf die botter in. Meng met goedgeklopte eiergele sodat die deeg uitgerol kan word. Druk af en voer klein vormpies hiermee uit. Plaas in elk 'n bietjie appelkooskonfyt. Klop eierwitte droog, voer klapper en strooisuiker by. Sit bietjie bo-oor konfyt Bak in warm oond 190 - 205 C tot gaar. 


Paul Krugerkoek
500 g botter
625 ml bruinsuiker
10 eiers, geskei
750 g koekmeel
5 ml koeksoda
5 ml sout
5 ml kaneel
8 ml foelie
5 ml fyn naeltjies
5 ml gemengde speserye
300 ml brandewyn
2 ml amandelgeursel
500 g korente
250 g gemengde skil, gesnipper

Klop botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eiergele een vir een by en meng goed na elke byvoeging. Sif droeë bestanddele saam. Voeg geursel by die brandewyn. Voeg droë bestanddele om die beurt met brandewynmengsel by bottermengsel. Skud korente en gemengde skil saam met 'n bietjie koekmeel in 'n sakkie. Voeg by mengsel. Meng goed. Klits die eierwitte styf en vou in. Gooi in goedgesmeerde uitgevoerde pan. Sprinkel bietjie melk bo op om barste te voorkom. Bak 2½ uur by 180ºC. Plaas bruin papier bo op koek nadat dit 1 uur lank gebak het.


Barones poeding

3/4 pond harde vet
3/4 pond rosuntjies
3/4 pond meel
1/2 bottel melk
knypie sout
 

Kap die niervet fyn, haal die pitjies uit die rosyne en sny dit half deur.  Meng die rosyntjies met die vet, sout en meel en maak nat met die melk.  Strooi meel op 'n poedingdoek, sit die poeding daarin, sit in 'n pot kokende water, sit 'n bord in die pot onder die poeding, kook 41/4 uur lank.


Konings poeding

3 onse botter
3 onse fyn wit suiker
3 onse broodkrummels
4 eiers
1 ons meel
3 onse rys
4 onse lemoemskil
4 onse korente
3 lepels appelkooskonfyt
Knypie sout
 

Was die rys, gooi in kokende water en laat kook tot sag is, gooi die water af. Klop die botter tot room, sit die suiker daarby, klop die eiers een vir een daarby, dan die meel en broodkrummels en dan die rys, fyngekapte lemoenskil, korente en knypie sout. Smeer 'n diep skottel met botter, sit die poeding daarin en sit die skottel in 'n kastrol met kokende water, die skottel moet half onder water wees, met hitte bo-op die potdeksel. Kook vir 11/2 uur, as gaar is, gooi uit op warm skottel, smelt die konfyt en gooi oor.


Koningin's poeding

2 koppies broodkrummels
4 koppies melk
die geel van 4 eiers
3 lepels suiker
'n goeie lepel botter
konfyt

Meng alles goed deurmekaar, smeer 'n skottel met botter, sit alles daarin, bak gaar en laat koud word. Smeer konfyt daarop. Klop die wit van die eiers tot skuim, sit dit gelyk bo-op die konfyt., sit weer in die oond tot dit mooi styf is.


Bruids koek

2 pond meel
1 pond fyn wit suiker
1 pond skoon korente
1 pond botter
6 eiers apart geklop
'n koppie lou melk
'n kelkie brandewyn
2 teelepels soda
1/4 telepel kaneel
10 fyn kruienaaltjies
'n teelepel nartjieskil
 

Klop die botter tot room, dan die geel van die eiers, suiker en spesery alles goed saam. gooi dan die meel en melk daarby dan die drooggeklopte wit van die eiers dan die korente en laaste die soda, nat gemaak met 'n bietjie melk. Roer goeg, sit dadelik in 'n vorm en laat langsaam bak.


Koningin koekies

1/2 pond botter
1 pond meel
1/2 pond fyn wit suiker
1/2 pond korente
3 eiers
1 koppie room
1/2 teelepel lemoen essens
1 teelepel soda

Klop die botter, roer die meel in, dan die room met die soda, dan die korente en die eiers goed geklop. Roer alles goed deur en bak in klein vormpies vir 1/4 uur.


Tantes beskuitjies

11/2 pond meel
1 pond wit suiker
1 groot lepel botter
1 lwpwltjie fyn gemmer
1 lepeltjie fyn kaneel
1 hoë teelepel soda
 

Klop die eiers, roer die suiker in, smelt die botter en voeg by eiers, dan al die ander bestanddele, voeg water by tot dit styf genoeg is, rol uit en druk af met drukkertjies.


Oompies beskuitjies

2 pond meel
11/2 pond wit suiker
6 eiers
bietjie anys saad
teelepel vlugsout

Klop die eiers, roer die suiker by met die anys, dan die vlugsout met die meel. Voeg water by indien nodig, rol uit en druk af met drukkertjies


 

Skakels/Advertensies

Ekstra Inkomste

Hier is iets wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Sluit gratis aan vir 'n proeftydperk.
Maar jy moet opgradeer om deel te neem aan die wins, dis egter 'n druppel in die emmer. Probeer gerus!

Die hele proses het nou verbeter en dis nou makliker om te begin inkomste kry, sluit gerus aan vir 'n gratis proeftydperk, kyk die kat uit die boom en gradeer dan op om te begin saamspeel! Klik hier en gaan kyk self!

Dit neem 'n rukkie, maar ek het verlede maand net minder as R1000 gekry. Elke bietjie help!

Yes, out of curiosity I visited Be Motivated Today during September 2009, but only joined during August 2010, what a waste of time!!!.
If I knew what was happening during the year I wasted, man, I would have joined immediately after I  read the details of the setup.
I now have a waiting list of seven on my downline (one already joined as Silver), the others are bound to join during November and they are jumping around purely from excitement to get started and its rubbing off on me as well.
Just one question: My intention is to place an invitation advertisement on the rear window of my car, do you think it could shake some people out of their dreams and make them joining us?

Klik hier vir meer besonderhede


Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za


Resepte, resepte,  resepte

Ek het besluit om sake vir my te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans) op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.

Die prys van die CD is R100 (dis om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit

Posgeld is  R20 vir geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot toonbank.

As jy sou belangstel om een van die CD's te bekom, klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit Speed Services oornag toonbank tot toonbank

Hier is die Afrikaanse boeke:

217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels, Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte, Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte, McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1, Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies

Allerlei

Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet, Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke omskakelingstabel, Werk van die huis

Hier is die lys van baie ou Engelse resepte eBoeke

A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922
A Dozen dainty recipes for preparing wartime canned meats - 1920
A Home Guide - or a book by 500 ladies - 1877
Aunt Carolines Dixieland Recipes - 1922
A Practical Dictionary of Cookery - 1200 tested recipes - 1898
Best recipes for baking - pre 1908
Buckeye Cookery and Practical Housekeeping - 1877
Burke's Complete Cocktail and tasty bite recipes - 1936
Catering for special occasions with menus and recipes - 1911
Diabetic Cookery - recipes and menus - 1917
Fifty Choice Recipes for Spanish and Mexican Dishes - 1905
Fifty valuable and delicious recipes made with corn meal - 1917
Heart of the Wheat - a book of recipes - 1910
Hospitality - recipes and entertainment hints for all occasions - 1922
Hotel Management - quantity food recipes
Household hints and recipes - 1877
Ice Cream - practical recipes for making ice cream - 1886
Information for everybody - 1859
Jane Hamiltons Recipes - 1909
Just the thing - dainty dishes at small cost - 1899
Larger cookery book of extra recipes - 1891
Leather Manufacture - 1891
Light entertaining - a book of dainty recipes for special occasions - 1910
Mom's Cookbook
On Uncle Sam's Water Wagon - 500 recipes for delicious drinks that can be made at home - 1919
Our candy recipes - 1919
Practical Household Cookery - 1000 recipes - 1891
Preserves and Pickles - 1912
Recipes - dainties, salads and clever hints - 1919
Recipes for the preserving of fruit vegetables and meat - 1908
The Candy Maker's Guide - 1896
The Housekeeper's Friend - 1897
The Hygenic Cookbook - 1881
Tried and Tested Recipes - 1921
Two Hundred and Seventy Five Wartime Recipes - 1918
Two hundred recipes for cooking in casseroles - 1914
Two hundred recipes for making desserts - 1912
War Time Cookery - 1917
Wheatless Recipes - 1918
Wrinkles and Recipes, including farming and household hints - 1877

Hier is die Engelse resepte:

FunkyMunky Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!

Bonus eBooks

Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food

Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns

Everything you wanted to know about making, marketing and selling your crafts.

Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies, myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.

10,000 Dreams Interpreted

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.