|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die
Argiewe, meeste van die ou
nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur
daar af.
Ek stuur ook 'n Engelse brief uit,
elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek,
gaan kyk gerus en laai na hartelus af.
En so vlieg die dae en maande verby,
wil jy glo dat die eerste kwart van die jaar al verby is? As jy so
terugdink na die begin van die jaar toe, het jy darem iets konstruktiefs
vermag of het die dae maar net een na die ander verbygesnel. Onthou, tyd
wat verstreke is kan mens nooit weer terugkry nie. Ons het besluit dat
die tyd nou derem te gou verbysnel en dat ons vir ten minste die
volgende vyf jaar voluit wil leef, sien wat ons wil sien en doen wat ons
wil doen, binne perke natuurlik (brandstof is duur!) Ons sou graag
natuurlik oorsee wou gaan maar ons mooi land het so veel om aan te bied
en ons het nie naastenby alles gesien wat ons wil sien nie. So,
aftreeoord kan maar wag, ons gaan skuur! En natuurlik fotos neem dat dit
klap. Ek het reeds 'n foto blog begin , gaan kyk gerus
hier.
Is dit nie een of ander tyd
binnekort weer Moedersdag nie? Die pasella hierdie keer is 'n Moedersdag
resepte eBoek, gaan na die pasella afdeling hieronder en laai dit gratis
af.
Die resepte is weer 'n lekker
verskeidenheid, gaan kyk gerus hieronder.
Net om te laat
weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier
geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet
my, dalk haal ek dit af.
Teken hier in op die nuusbrief:
http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief,html
Doen dit sommer self,
klik hier. As jy nie
internet toegang het nie,
stuur my epos met jou ou en nuwe adres.
My Resepte eBoek
samestelling op CD |
Bo en behalwe die Afrikaanse en
Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke
bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal
geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike
bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke
is sal jy die boeke regtig interessant vind.
Gaan kyk onder vir 'n lys van die
ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.
Ek was onlangs gevra om in plein
verstaanbare Afrikaans digitale fotografie te verduidelik. In die ou dae
is foto beelde op film vasgelê, deesdae is alles digitaal en foto beelde
word op 'n kamera sensor vasgelê, sommer baie goedkoper, eintlik
heeltemal gratis.
Die volgende het op alle
hedendaagse digitale kameras betrekking.
Digitale fotografie 101
‘n Fotobeeld ontstaan wanneer lig deur die lens van ‘n kamera op die
kamera se sensor val.
Daar is verskillende maniere om die lig te manipuleer sodat verskillende
foto effekte verkry kan word.
Lensopening of F-stop.- Hoe groter die lens oop is hoe meer lig
kom op die sensor, en hoe kleiner die lens oop is hoe minder lig val op
die sensor.
Sluiterspoed – Hoe vinniger die sluiterspoed hoe minder lig val
op die sensor, hoe stadiger die sluiterspoed hoe meeer lig val op die
sensor.
Sensor sensitiwiteit of ISO verstelling - Hoe laer die ISO
stelling hoe minder sensitief is die sensor, hoe hoër die ISO, hoe meer
sensitief is die sensor.
Deur rond te speel met die lensopening, die sluiterspoed of die ISO kan
mens onder verskliiende omstandighede goeie fotos neem.
Mens kan egter ook die kamera bloot op Auto stel en die kamera al die
dinkwerk laat doen.
Diepteveld – Word beheer deur die lensopening of F-stop.
Soms wil mens ‘n kort diepteveld hê soos by portretfotografie of soms ‘n
groot diepteveld soos in landskappe. Diepteveld beteken die hoeveelheid
van jou foto wat in fokus is. Met landskappe wil jy hê alles moet in
fokus wees en met portrette moet net die gesig in fokus wees en die
agtergrond uit fokus. Hoe kleiner die lensopening (hoër F-stop soos bv
F16) hoe groter die diepteveld. Hoe groter die lensopening (kleiner F-stopbv
F2.8) hoe kleiner die diepteveld. Om die diepteveld self te beheer sit
jy die kamera op die A-verstelling (aperture priority)
Sluiterspoed – hoe vinniger die sluiterskpoed (bv. 1/1000ste van
‘n sekonde), hoe skerper is jou foto, dit is goed vir sport fotografie
waar die onderwerp aan die beweeg is. ‘n Stadiger sluiterspoed word
gebruik waar die onderwerp nie beweeg nie, soos bv 1/60ste van ‘n
sekonde. As mens dus ‘n sportfoto wil neem stel mens die kamera op T
(time) en kies jou eie sluiterspoed. Die kamera sal dan vanself die
lensopening aanpas.
Sensor sensitiwiteit – hierdie is die ISO verstelling. My kamera
is altyd gestel op 200 0f 400 ISO. Hoe laer die ISO hoe minder sensitief
is die sensor, maar jy kry duideliker fotos, hoe hoër die ISO hoe meer
sensitief is die sensor maar jy kan begin grein of kolletjies op jou
fotos kry. Mens gebruik ‘n hoër ISO as die lig swakker word en jy die
sensor meer sensitief wil hê.
Baie digitale kameras het hulle eie klaar berekende verstellings soos,
sport, portrait, landscape en nog ander ook. Deur bloot een van hierdie
te kies doen die kamera self al die verstellings wat ek hierbo genoem
het.
Dit is egter altyd belangrik om te weet hoe mens diepteveld effekte kan
verkry en waarvoor dit gebruik word. Mens moet ook weet watter effek die
verskillende ISO verstellings op jou fotos kan hê.
Die maklikste is egter om die kamera op Auto te los. As jy spesifieke
fotos wil neem kyk in die handboek waar die sport, portret, landskap,
nagfotografie en nog ander verstellings is en gebruik hulle na gelang
van omstandighede.
Om fotos te neem is maar om en by 50% van fotografie, wat mens met die
fotos op die rekenaar doen is net so belangrik. 'n Swak foto kan heel
aanvaarbaar gemeek word op jou rekenaar met die regte sagteware soos
Photoshop. Maar dit is 'n heel ander onderwerp.
Rugbygeesdriftiges - Super 15 |
Weereens alles wat jy wil weet
oor die huidige reeks, klik om oop te meek of regs klik om af te laai
Dankie aan Loot Eksteen wat dit
aan my gestuur het.
Peterjasie in
Woord en Beeld |
Ek het van my stories en fotos in
een dokument saamgestel, dis lekkerlees Afrikaans en 'n versameling van
my fotos. Ek wil dit graag wyd en syd laat versprei. Dis heeltemaal
gratis al wat jy hoef te doen is om op die skakel te regs klik en dit af
te laai (om en by 4MB)
Peterjasie in Woord en Beeld
Stuur sommer aan die mense op jou
poslys ook wat dit mag geniet. Dit kan ook 'n lekkerlees geskenk wees.
Alweer Muis die
bekkige brak |
Ek kry die volgende van Muis se
ma af:
Hallo julle almal
Muis verjaar mos 27 April. Sy wil graag hierdie kennel he vir haar
verjaardag, met die volgende vereistes:
Volvloer matte
‘n Binne-lig
Radio wat heeldag op BOK ingeskakel is
Selfoon
‘n Hamster hok met 2 hamsters
Koekies en Melk in oorvloed
‘n Kennisgewing wat lui: GEEN KATTE WELKOM
Plaveisel rondom
Soos julle kan sien, is die vereistes hoog. As dit vir julle moontlik is
om finansieel by te dra, ek gee haar bank besonderhede met liefde!
Rekening houer: Muis Hond
Rekening nommer: 1
Bank Naam: Bedorwe Diere Beperk
Tak naam: Boom Tak
Groete!
'n Paar
kombuiswenke van Frik |
Wanneer jy koekies bak en dit is te hard, plaas dit dan in ‘n plastiese
sak, of Tupperbak saam met ‘n snytjie brood. Die harde koekies sal dan
die vog van die brood uittrek, en siedaar sit jy met heerlike sagte
koekies.
Al gesukkel om kiwivrugte af te skil. Nou hier is my plan. Sny die
boonste en onderste deel van die kiwivrug af. Neem nou ‘n teelepel en
druk die teelepel tussen die skil en die vrug in. Draai nou die kiwivrug
in die rondte. Draai om en herhaal aan die onderkant. Voor jy jou oë
uitvee is die kiwivrug gereed om te eet.
As jy vars vis koop, ruik aan die vis. Daar moet nie ‘n reukie aan die
vis wees nie. Vars vis het nie ‘n reukie nie.
Hou nie daarvan om knoffel te skil nie. Sit die knoffelhuisie in die
mikrogolf en mikrogolf op hoog vir tien sekondes. Die knoffel sal uit sy
omhulsel spring.
‘n Ander manier om knoffel uit sy dik omhulsel te kry: sit die
knoffelhuisie op ‘n plank, neem ‘n mes, sit dit oor die knoffel en druk
hard. Die knoffel sal sommer so uit die dik omhulsel spring.
Maak een keer per week ‘n heerlike ete en sit aan tafel en eet. Sit ‘n
uur opsy vir die ete. Dit sal die huisgesin weer met mekaar leer praat.
Indien jy sop of ‘n bredie kook en dit is te sout, sit ‘n aartappel net
so heel in die sop of bredie. Dit sal die meeste sout uittrek. Sodra die
sop of bredie reg proe, haal die aartappel uit en gooi weg.
Meng 1 teelepel droë mosterd met 1 koppie koekmeel. Sprinkel oor vleis
wat jy wil braai. Dit is geurig en heerlik.
Wanneer jy weer patats kook sit ‘n stukkie nartjieskil in saam met die
patats. Dit gee ‘n pikante smaak aan die patats.
Beetvlekke kan verwyder word van ‘n tafeldoek af, deur ‘n bord onder die
vlek te sit en dan ‘n dik sny witbrood op die vlek te plaas. Die brood
sal die rooi verwyder.
Wanneer jy rooiwyn op ‘n tafeldoek mors, gooi baie sout oor die vlek.
Die sout sal die kleur absorbeer.
As daardie vleis net nie sag wil kook nie, voeg net twee teelepels
gemaalde gemmer by die vleis.
As mens jou eie slap tjips bak, gooi ‘n teelepel bakpoeier by die olie
net voor die tjips gebak word. Die tjips sal baie ligter en brosser wees.
Om room vinnig dik te maak voeg net ‘n knypie koeksoda by die room
voordat dit geklits word.
As die suikerblik oopgestaan het en die suiker het hard geword, plaas ‘n
hele suurlemoen in die suikerblik en maak toe. Binne ‘n dag of twee is
die suiker weer sag.
Plaas lemoene of suurlemoene vir sowat dertig sekondes in die mikrogolf
op hoog. Die lemoene of suurlemoene sal meer sap gee as dit uitgedruk
word.
Iemand het vir my die volgende
per epos aangestuur, geniet dit:
Ek moes seker al onraad vermoed het toe die jongeling die dag met ‘n
Ford Cortina by die huis langs ons gestop het. Dit is een van daai karre
wat jy tien straatblokke ver al hoor aankom en ek praat nie van die
enjin nie, dié hoor mens eers van so agt blokke ver. Die eerste
gewaarwording van die snawel se naderkoms is gewoonlik so ‘n liggiese
doef-doef op mens se sensitiewe dele, ek vermoed dis nou as hy min of
meer die dorp binne ry. Dan word die doef-doef al hoe erger tot dit voel
later soos ‘n hasie met ‘n hamer wat met Duracells gelaai is. Dan stop
die lekkerte en die doef-doef skuif op tot by mens se borskas. As die
klein stront met sy Cortina om die draai kom, sit die doef-doef in mens
se keel en onderste harsings vas en dit voel of mens in die binnekant
van ‘n lugdrukboor vasgekeer is. Daar was hoeka mos die ou grappie oor
die chemiese formule van honde poo: XR6.
Dat die jongeling Oom Klasie van Vuuren se huis reg langs ons sou koop,
sou ek nooit kon raai nie. Nou die ergste lawaai wat Oom Klasie ooit in
sy lewe gemaak het, was miskien om ‘n ligte buikwindjie in die
privaatheid van sy eie tuin te los. Maar ‘n mens waardeer mos eers
rustige bure die dag as hulle weg is. Die nuwe knaap se eerste
daknatmaak, die eerste Vrydag na sy intrek, was die ergste. Die man
demonstreer die feit behoorlik dat sy musiekapparaat nie beperk is tot
die Cortina nie.
“Los die kind man,” sê Mamma toe ek die haelgeweer uit die kluis haal.
“Jy was ook mos eenmaal jonk.”
“Ja, en wie gaan miskien vir die ceiling betaal?” skree-vra ek omgekrap
bokant die lawaai uit.
“Los man! Die ceiling was al lankal los. Ons skud net die deken af,
dan’s al’s weer reg,” keer Mamma terwyl sy die geweer by my vat en weer
toesluit. Die sleutels hou sy by haar.
So verdra ons toe maar die lawaai, maar ‘n huisdaknatmaak kan ook net so
lank duur en ook nie langer nie. Die volgende Donderdagaand, stop Mamma
self die haelgeweer in my hande en sê ek moet nou plan maak.
Sekere dele van die Bybel val maar nou net eenvoudig makliker op die oor
én gemoed as ander. Soos die stukkie wat praat van ‘n oog vir ‘n oog en
‘n tand vir ‘n tand. Baie lekkerder as die “draai-die-ander-wang-stukkie”.
Maar daardie aand beleef ons dorpie ‘n klankaanslag wat géén stukkie in
die Bybel sou kon stil preek nie. Ek het mos self in my lewe musiek
gemaak.Gróót musiek, onder andere by die Vrystaat Stadion. Die
musiekstelletjie wat ek gebruik het, was darem self nie vir sissies nie.
Ek sê vir Mamma sy moet solank ‘n paar lekker CD’s en dergelik bymekaar
maak. Ek gaan my ou klanktoerusting by die kêffie se skuur optel.
Vanaand wys ek die nuwe boorling wat ís musiek.
Op pad kêffie toe, tel ek eers vyf handlangers langs die pad op. Daar is
baie speakers en hulle is groot en swaar. Na die eerste drie speakers
gelaai is moet ek vyf vars handlangers soek om met die ander nege te
help.
So slaan ek toe die hoëtroustelletjie op. Sommer daar in my agterplaas,
met die speakers wat wys in buurman se rigting. Op buurman se
klanksisteem blêr iemand van ‘n transvestiet wat se pantie te styf teen
sy/haar bobeen druk. Ek haal Oom Boetie Kallis se Platboompolka uit en
ek spéél. Ek speel daardie transvestiet heel uit sy onderklere uit en
Brakanjan neem die loop soos ‘n vlakhaas wat slang gesien het.
Mamma beduie en haar mond gaan oop en toe, maar niemand kan iets hoor
nie.
Hardegat bliks*m gee toe nie op nie. Ek vermoed hy het gedurende Oom
Boetie se polka, sy Cortina se luidsprekers ook aan sy huisstelletjie
gekoppel, want Lady Gaga sing soos ‘n speenvark wat in ‘n pendoring
getrap het.
Ek sê vir Mamma sy moet vir Oom Mynie Reyes se Wikkelvioolvastrap aangee.
Hierdie slag koppel ek nog ‘n speaker, sodat daar twee is wat werk. Toe
Lady Gaga haar laaste asem wegblaas, trek Oom Mynie los met sy viool en
almal moet vastrap om staande te bly.
Maar sal die klein bliksem werklik dink hy kan my troef! Toe Oom Mynie
daai laaste noot op sy viool trek, val die mannetjie wragtig weg met ‘n
nommertjie van Ramstein. Op my beurt troef ek hom weer met ‘n wals van
die Baardskeerdersbosorkes. Hierdie slag met drie speakers. Lékker man!
So tussen die musiekbaklei gryp ek vir Mamma en ons doen ‘n rondte
tussen die tuinstoele.
So gaan dit die hele aand aan. Hy speel ietsie van Black Eyed Peas en ek
ietsie van David Kramer. Rihanna afgewissel met Carika Keuzenkamp.
Britney Spears en oorle Sias Reyneke op ‘n stadium in duet. Snoop Dog
sing op Kruitjie-roer-my-nie se wysie. Al harder en harder. Net sodra
die mannetjie dink hy het my in ‘n hoek, sit ek nog ‘n speaker by. Op
agt speakers tuimel sy DSTV skottel van sy stellasie af en my geyser
bars. Op tien speakers moet ek en Mamma op die oorblywende twee
tuinstoele sit, sodat hulle nie ook weghop nie.
Op elf speakers troef ek die klein rampokker heeltemal uit sy sokkies
uit met ‘n duet van Jurie Els en Patricia Lewis... en daar is ‘n doodse
stilte toe Jurie klaar dankie gesê het. Dominee staan nader en sê ‘n
dankgebed en die polisie klim weer in hulle voertuie. Een van ons ander
buurmanne kom met Brakanjan en een van ons tuinstoele aangestap. Mamma
en Klein Twak (kat) sukkel van die dak af. Daar is weer vrede en stilte
in die buurt.
Die volgende oggend is die jongeling in die kêffie om ‘n koeldrank vir
sy pad te koop. Hy het my seker nie as sy buurman herken nie, want hy
merk droog op dat hy nie langer in hierdie dorp gaan bly nie. Sy bure is
heeltemal te raserig.
Die Pasella hierdie keer is 'n
Moedersdag resepte eBoek.
Regs klik hier
om dit af te laai
Geskiedenis van
Boeremusiek — 'n
Oorsig — 1700 ~ 2004 |
Klik hier om die artikel
te lees.
Lekker
lugkastele bou -
Oorsese Lottos |
Klik
net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra
die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En
as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook!
Waarvoor wag jy?
Hier is die lys van beskikbare
Lotto s en die huidige boerpotte:
Powerball US $86,000,000
SuperEnaLotto EU €21,800,000
MegaMillions US $22,000,000
MegaSena US $21,300,000
EuroMillions EU €15,000,000
UKLottery UK £9,300,000
ElGordo EU €7,800,000
SuperLottoPlus US $10,000,000
FranceLoto EU €5,000,000
OzPowerball US $2,900,000
Sjoe, dis darem maar groot geld!
Hier is 'n plek waar ek sommer
net dag tot dag fotos opsit soos ek hulle afneem, gaan kyk gerus:
http://www.peterthomas.co.za/blog.html
Lekker kyk, ek las gedurig nog
fotos by.
Alles wat jy
wil weet oor Boeremusiek.
Hierdie is die
webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die
Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.
Klik hier om
sy webblad te besoek.
Lekkende leeu
Geneem in Kruger Nasionale Park |
Klik op die foto om 'n groter
weergawe te sien |
Ekke is ook op
Facebook, kry my by
www.facebook.com/Peterjasie
Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige en Heel Skool Evalueerder in
Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a.
Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir
leerders met hindernisse tot leer. Sy gee praatjies, skryf
artikels, lag en reis die hele land vol. Sy is ‘n ma, lief vir die
kunste, die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en
vrae te stuur na
mirnafvanwyk@gmail.com.
Mirna sal volgende keer weer met ons
wees!
Klik hier om Mirna se ander
artikels te lees
Trou
Jan F E Celliers
Ek hou van 'n man wat sy man kan staan,
ek hou van 'n arm wat 'n slag kan slaan,
'n oog wat nie wyk, wat 'n bars kan kyk
en 'n wil wat so vas soos 'n klipsteen staan!
Ek hou van 'n man wat sy moeder eer,
in die taal uit haar vrome mond geleer,
die verraaiersgeslag in sy siel verag
wat, haar verstotend, homself kleineer..
Die oog wil ek sien wat 'n traan nog ween
vir 'n heldegeslag, in hul rus daarheen,
maar 'n blits van trou in die traan van rou,
wat aan liefde weer gee wat haar bron is ontleen.
Vir my d'Afrikaner van durf en daad,
wat mammon's eer en loon versmaad,
sy hoof en sy hand vir sy volk en sy land
en 'n trap van sy voet vir laag verraad!
O, 'k hou van 'n man wat sy man kan staan;
ek hou van 'n daad wat soos donder slaan,
'n oog wat nie wyk, wat 'n bars kan kyk
en 'n wil wat so vas soos 'n klipsteen staan!
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Zalome -
Afrikaans op die net |
Zalome is nog
iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te
bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee
soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.
Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang,
doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo
sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit
aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).
AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com
AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
Dis oorlog en 'n man en sy vrou hardloop uit
.Vrou skree "my valstanne is nog daar binne!!"
Man skree "bogger die tanne, hulle gooi bomme nie toebroodjies nie!!!!"
Twee dronk latte loop op die treinspoor.
Na 4km se die een, die flippen trappe maak my klaar!!
Ander een sê: trappe is ok! dis net die reelings wat so vrek laag is.
'n Dronk ou kruip in die middel van die pad op die witstreep rond.
Konstabel stop by hom en vra: "Wat maak jy?"
Dronkie: "Ag dankie tog! Help my die toiletpapier oprol!"
Die polisie kry 'n telefoon oproep om hulp.
"Help asseblief, hier het nou net 'n kat deur die venster geklim!"
"Wat bedoel jy, 'n kat?" vra die polisieman.
"'n Kat! 'n groot kat! 'n ding wat maak meauw ............ Hier kom die
kat vir my!"
"Maak jy 'n grap?" vra die polisieman.
"Nee!! Heeelppppppppp!!! "
Met wie praat ek?" vra die polisieman .
"Met die papegaai!!!
Die blondine staan in die fotostaatkamer met pakke vol papier, besig om
blanks af te rol.
Die baas kom in en vra: 'Wat doen jy?'
'Ek is besig om nog papier vir ons te maak, dis baie duur om nog te koop.
Koos sien 'n advertensie in die Landbouweekblad waar 'n boer tenders
inwag vir iemand om die luiperds op sy plaas te vang en na 'n
wildreservaat te verskuif. Hy besluit om te tender, en omdat hy toe
verreweg die goedkoopste is, kry hy die job.
Die volgende dag daag hy by die plaas op met 'n bakkie, 'n foxterriër,
ou Jonas, 'n spul streepsakke en 'n .22 geweer. Die boer lyk maar
skepties, maar aan die einde van die dag lê daar 12 luiperds in
streepsakke, reg om vervoer te word.
Die boer is beïndruk en vra of hy die volgende dag kan saamry om te kyk
hoe Koos dit doen. Dit werk toe so: sodra hulle 'n luiperd sien, jaag
hulle hom in die naaste boom op met die bakkie. Koos klim agterna, en
soos die luiperd grom en na hom klap, grom en klap Koos terug totdat hy
die luiperd op die dun takke vasgekeer het. Wanneer die tak dan padgee
en die luiperd grond toe val, gryp die foksterriër hom aan die
knatertjies en hou vir al wat hy werd is terwyl Jonas hom in die
streepsak toebind.
"Maar waarvoor is die .22 dan?" wil die boer weet.
"Jong," sê Koos, "so met die heen-en-weer geklappery kan dit dalk gebeur
dat EK uit die boom val. En dan moet Jonas die .22 gebruik om die
foksterriër te skiet..."
st
se pitkos
Klik hier
om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Welkom by hierdie
week se nuusbrief.
Wanneer ek
Minderwaardig voel
Meeste mense ervaar een of ander tyd in hul lewe gevoelens van
minderwaardigheid. Wanneer jy egter deurlopend en konstant gevoelens van
minderwaardigheid ervaar, ontwikkel hierdie gevoelens in 'n kompleks. Die
minderwaardigheidskompleks is wanneer jy jou vergelyk met ander mense en
voel jy is nie goed genoeg nie.
Hierdie kompleks kan onder andere as volg ontstaan:
• Gebeure in die kinderjare. Wanneer 'n ouer of onderwyser kwetsende
opmerkings maak kan dit letsels inbrand op die brose gemoed van 'n kind.
Opmerkings soos: "Kyk hoe presteer jou suster, wat is fout met jou?" Of: "Jy
is 'n teleurstelling." Of: "Jy sal nêrens in die lewe kom nie."
• Jy ervaar 'n fisiese tekortkoming of 'n gebrek soos dat jy te kort, 'n
lelike eendjie, jou tande skeef is, jy te veel sproete het, jy lispel of
hakkel. Dit kwes veral wanneer jy daaroor gespot word.
• Jy kom uit sosio-ekonomiese omstandighede waaroor jy skaam is. Byvoorbeeld
jy het arm grootgeword en julle het aan die verkeerde kant van die dorp
gewoon. Of jy het gevoel dat jou pa of ma se beroep minderwaardig is teenoor
jou maats se ouers sin.
• Jy voel dat dat jy nie veel bereik het nie. Jy vergelyk jou met ander en
jy voel minderwaardig ten opsigte van jou sukses en prestasies, beroep,
inkomste, motor en woonbuurt.
• 'n Lae selfbeeld en min eie-waarde.
Tekens van 'n minderwaardigheidskompleks:
• Sensitief tot kritiek en beskou selfs opbouende kritiek as 'n persoonlike
aanval.
• Neig om ander mense te blameer vir foute en mislukkings wat jy maak.
• Hiperkrities op mense en kraak ander se prestasies en optredes af.
• Soek heeltyd vir goedkeuring en erkenning.
• Reageer negatief op komplimente, soos: "Ag, ek was maar net gelukkig om
dit reg te kry." Of: "Jy sê dit maar net om my goed te laat voel."
• Voel die wêreld is teen jou en mense gun jou eintlik niks.
• Skram weg van kompetisie, want jy hanteer 'n verloor moeilik.
Hoe kan ek 'n minderwaardigheidskompleks oorkom:
• Wees jouself en onthou: mense wat nie van jou hou nie, gaan in elk geval
nie van jou hou nie wat jy ookal doen. Maak vrede daarmee.
• Konsentreer op jou sterk punte en talente.
• Ontwikkel jouself in lewensfasette waar jy 'n tekortkoming voel.
• Omring jou met positiewe mense en met 'n netwerk van vriende en familie
wat lief is en omgee vir jou.
• Staan op teen jou vrese en pak dit aan.
• Leer uit jou persoonlike foute en rampe, en gebruik dit om te groei en
sterker te word.
• Fokus op jou doelwitte en drome.
• Gebruik en leer uit positiewe kritiek wat jy ontvang om jouself te
verbeter.
• Leef 'n stabiele lewe en gebruik jou tyd oordeelkundig.
Die boodskap vir elkeen met 'n minderwaardigheidkompleks is duidelik: jy kan
dit oorwin, jou kop optel en 'n vreugdevolle lewe ervaar.
'n Sprankie wysheid vir die dag
"Niemand kan jou minderwaardig laat voel sonder jou gewilligheid daartoe nie."
- Eleanor Roosevelt -
Jy kan inteken op st se nuusbrief
sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na
www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou
naam en eposadres vir my.
Dr ST Potgieter
Sielkundige
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
As jy dalk nog
baie resepte wil hê, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
|
Aartappeltert – warm
4 groot gaar aartappels
1 koppie fyn spinasie
½ koppie gekapte sampioene
2 eiers
½ koppie melk
½ koppie room
vars pietersielie, gekap
Sout en peper na smaak
2 eetlepels parmesaankaas (opsioneel)
1 koppie gerasperde cheddarkaas
Voorverhit oond tot 180ºC en smeer oondvaste tertbak.
Maak aartappels fyn en meng met die spinasie en sampioene.
Klits eiers met melk en voeg by aartappelmengsel.
Voeg die res van die bestanddele, behalwe die cheddarkaas, by en meng goed.
Skep lepels vol op borde en bedien.
Kan ook as bykos by meer formele etes bedien word.
Vir ‘n ligte aandete kan die spinasie deur tuna en skywe tamatie vervang
word.
Groenteskottel
Hier is seker die maklikste en heerlikste groenteskottel.
500g murgpampoentjies met skil gerasper
1 ui gekap
4 of meer repe spek
1 koppie chedderkaas, gerasper
3 eetlepels olie
2 eiers
1 blik pitmielies gedreineer
sout en peper
½ koppie melk
Metode
Meng alles saam.
Skep in gesmeerde bak.
Bak 45 min op 180ºC.
Lekker eet!
Hongaarse aartappelgebak
60ml (4 eetl) botter
2 groot uie dik gesny
1 knoffelhuisie fyngedruk
125ml ham gekap
30ml vars pietersielie
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Neutmuskaat na smaak
7ml paprika
500g gaar aartappels in skywe gesny
250ml suurroom
1 ekstra groot eier
150ml gerasperde kaas
Metode
Voorverhit oond tot 180ºC.
Smeer oondpan.
Verhit botter en soteer uie daarin tot sag.
Voeg knoffel by en soteer verder.
Voeg nou ham, pietersielie, sout, peper, neutmuskaat en paprika by.
Voeg aartappels by.
Braai liggies en skep alles in die voorbereide oondbak.
Klits suurroom en eier liggies saam en giet oor.
Sprinkel die kaas oor en bak 30 minute tot goudbruin.
Genoeg vir 6 persone.
Japtrap-ete
3 Groot geskilde aartappels
1 ui fyn gekap
1 groenrissie fyngekap
olie
500g maalvleis
1 tamatie
2ml sout
Sout en peper
Kaassous:
15ml margarien
250ml melk
15ml meel
250ml kaas
30ml sagte broodkrummels
Sny aartappels in 1cm skywe.
Ontvel tamatie en rasper.
Kook aartappels tot sag.
Plaas in ‘n bak.
Braai olie, uie en rissie, voeg maalvleis by.
Voeg tamatie, geurmiddels, sout en peper by.
Prut, skep oor aartappels
Gooi van die kaas in witsous en die res saam met die broodkrummels bo-oor
vleis.
Blatjang aartappels
6-8 middelslag aartappels
Sout
250ml vrugte-blatjang
250ml kookwater
125ml mayonnaise
1 pakkie dik wituiesoppoeier
Metode
Kook aartappels in skil net tot sag. Verhit die oond tot 180ºC.
Dreineer aartappels en halveer elkeen met skil en al.
Plaas die halwes met die gesnyde kante na bo in ‘n vlak oondvaste bak met ‘n
inhoud van ± 2,5 liter.
Meng die res van die bestanddele en skep dit oor die aartappels en bak vir
‘n halfuur lank.
Bedien warm.
Broccoli kasserol
10 onse (in ou taal) gaar broccoli
3 eierwitte
1 blikkie sampioenroomsop
1 koppie vetvrye mayonnaise
halwe koppie gerasperde lae-vet cheddarkaas
2 eetlepels gemaalde uie
swartpeper
6 lae-vet fyngemaakte soutkoekies(salticrax/bacon kips)
Metode
Meng die broccoli, eierwitte, sop en mayonnaise.
Roer die kaas, uie en peper daarin.
Gooi mengsel in ‘n gesmeerde pan en sprinkel die fyngemaakte koekies bo-oor.
Bak by 180ºC tot sous borrel – omtrent 30 min.
Gebakte groenbonegereg
500g groenboontjie stukkies (nie die French cut nie)
250g fyn spek
1 groot ui, grof gekap
1 pakkie sampioene, gekap
½ groot pak Niknaks
1 pakkie aanmaak kaassous
1 houer (250ml) room
ongeveer 125ml gerasperde kaas
Metode
Meng alles saam behalwe die kaassous en room.
Gooi kaassous (gemaak van room en kaassouspoeier) bo-oor.
Gooi kaas oor en bedek met foelie.
Bak vir 1-1½ uur op 180ºC.
Pampoenpoffertjies in stroop
500ml fyngemaakte pampoen
250ml bruismeel
10ml bakpoeier
2ml sout
kookolie
15ml botter
325ml suiker
200ml melk
40ml mielieblom
175ml koue water
kaneel
Meng pampoen, bruismeel, bakpoeier, sout en eier deeglik. Skep teelepels in
warm kookolie. Braai tot goudbruin en gaar.
Dreineer op bruinpapier en skep op opdienskottel.
Verhit botter, suiker en melk tot kookpunt.
Los mielieblom in water op en roer in ‘n straaltjie by melkmengel.
Verhit tot kookpunt en skep oor koekies.
Dien warm op.
Lemoenpatats
1kg patats
500ml lemoensap (2 koppies)
100g bruinsuiker
50ml mielieblom (2 eetlepels)
2ml sout
gerasperde lemoenskil
Kook patats tot sag. Sny in skywe en pak in bak.
Meng bietjie lemoensap en mielieblom. Voeg res van die sap en suiker by.
Verhit tot dik. Bak 30 minute by 160ºC.
Spinasiekoekies
Klits ¾ koppie water en 1 groot eier saam.
Voeg 1½ koppie meel, 1 teelepel sout, peper en 1 teelepel bakpoeier by en
meng.
Was spinasie af en sny in repe. Meng met deegmengsel.
Skep met ‘n lepel in pan met voorafverhitte olie. Bak aan elke kant tot
bruin (net ‘n paar minute aan ‘n kant - dis vinnig gaar.) ± 2 koekies,
afhangende hoe groot skeppe jy skep.
Aartappelgereg
8 medium aartappels
1 blik ingedampte melk
1 pakkie soppoeier (Hoenderroom-, sampioen- of aspersieroomsop)
2 groot uie
1 knoffelhuisie
250g spek.
Gerasperde kaas
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Kook die aartappels in hulle skil tot gaar.
Laat afkoel, verwyder skil en sny in plat skywe. Kook melk en soppoeier saam
tot dik. Soteer ui, knoffel, en spek saam. Voeg bg. by die sop. Pak nou lae
aartappel en sop mengsel in ‘n oondvaste bak. Eindig met ‘n laag sopmengsel
en strooi kaas bo-oor. Plaas in die oond tot die kaas smelt.
Aspersiegereg
4 middelslag aartappels
1 blik aspersies
125g ham
125ml melk
40g margarien
15ml koekmeelblom
2,5ml bruinsouspoeier
Sout en peper
100ml gerasperde kaas
Metode
Voorverhit oond tot 200 °C.
Smeer ‘n oondvaste bak met ‘n volume van 2 liter. Kook aartappels, dreineer
en sny in blokkies. Dreineer die aspersies. Sny die ham in skywe en pak die
aartappels, aspersies en ham in lae in die bak. Voeg 125ml van die
aspersievloeistof by die melk. Berei ‘n witsous van die margarien, meel,
bruinsouspoeier en die melkmengsel. Roer die sout, peper en kaas by. Giet
dit oor die gereg en bak dit vir 25 min.
Dien dit dadelik op.
Komkommermousse
1 komkommer
250ml (1k) room
Knypie sout
15ml (1e) strooisuiker
250g (1 bakkie) geroomde maaskaas
125ml (½k) mayonnaise
30ml (4e) water
Metode
Skil komkommer, verwyder pitte en sny voor en agterkant af. Kap komkommer
goed fyn in voedselverwerker.
Klits room styf en voeg sout en strooisuiker by.
Roer maaskaas en mayonnaise by roommengsel.
Spons gelatien op water en verhelder oor water tot glad. Giet by roommengsel
en meng gekapte komkommer by.
Skep in uitgespoelde vorm en sit in yskas tot gestol.
Wanneer gestol, keer op geskikte bord uit en bedien koud.
Wenk: Die room, maaskaas en mayonnaise moet by kamertemperatuur wees sodat
gelatien nie drade trek nie. Dit gebeur as gelatien te warm en roommengsel
te koud is en mengsel ook nie vinnig genoeg geroer word nie.
Couscous met groente
250g couscous (voorberei in groente aftreksel)
50ml olyfolie
200g elk groen murgpampoen, geel murgpampoen, en wortels
200g mango
2 huisies knoffel
45ml grof gekapte pietersielie
Metode
Berei couscous. Roerbraai die groente in olyfolie oor medium hitte. Voeg die
knoffel en pietersielie by en roerbraai vir nog 3 min. Roer die res van die
olyfolie by die couscous. Voeg die groente by en meng.
Bedien warm of koud
Aartappels in uiesous
6 groot aartappels, ongeskil en skoongeskrop
125ml margarien
1 pakkie bruin uiesoppoeier
5ml droë pietersielie
Metode
Voorverhit die oond tot 160 C (325 F).
Sny die aartappels in 1 cm-skywe, maar moenie die skywe deursny tot onder
nie; die aartappels moet aan die onderkant heel bly.
Pak die aartappels langs mekaar in ’n oondvaste bak met ’n deksel.
Smelt die margarien en roer die uiesoppoeier en pietersielie by.
Giet die sopmengsel oor die aartappels en bedek.
Bak ongeveer 2 uur in die oond totdat die aartappels sag is.
As die aartappels te droog bak, kan ’n klein bietjie kookwater bygevoeg
word.
Sit warm voor.
Mikrogolfmetode
Volg die resep tot na die sopmengsel oor die aartappels gegiet word.
Bedek en mikrogolf 14 - 16 minute by 100 % krag.
Laat 5 minute staan voordat die deksel afgehaal word.
Aartappelgebak
6 aartappels
250ml vars room
1 pakkie bruin uiesoppoeier
Metode
Skil die aartappels en sny in skywe van sowat 7 mm dik.
Pak die aartappelskywe in ’n gesmeerde, oondvaste bak en bedek met ’n laag
room en ’n laag uiesoppoeier.
Herhaal die lae totdat alle bestanddele gebruik is.
Bak 1 - 1¼ uur by 180 C (350 F) of totdat aartappels sag is.
Soetpatats
200ml suiker
25ml botter
1ml fyn gemmer
2ml fyn kaneel of 2 - 3 kaneelstukkies
12,5ml gouestroop
4 - 5 middelslag patats, geskil en in skywe gesny
knippie sout
50ml water
Metode
Plaas die suiker, botter, gemmer, kaneel en gouestroop in ’n kastrol en laat
kook oor lae hitte totdat dit begin verbruin.
Voeg die patats, sout en water by.
Kook oor matige hitte tot die patats sag en die sous taai is.
Murgpampoentjieroerbraai
1 groot ui, gekap
25ml olie
1 groot, ryp tamatie, geskil en in skyfies gesny
400g murgpampoentjies, in ringetjies gesny
sout en swartpeper na smaak
5ml suiker
Metode
Soteer die gekapte ui liggies in die olie.
Voeg die res van die bestanddele by en roerbraai oor matige hitte tot gaar.
Romerige groenboontjies
125ml gesnipperde ontbytspek
1 ui, gekap
1 tamatie, geskil en gekap
1 blik (410g) groenboontjies, gedreineer
sout en peper
125ml basiese witsous
60ml gerasperde cheddarkaas
Metode
Braai die ontbytspek en ui tot gaar.
Voeg die tamatie by en roerbraai nog ’n rukkie.
Voeg die boontjies en sout en peper by en laat mengsel weer kook.
Maak intussen die witsous en roer die kaas by.
Roer die kaassous by die boontjiemengsel in.
Sit warm voor.
Spekboontjies
500g vars groenboontjies
250g swoerdlose ontbytspek
30ml botter of margarien
15ml olie
5ml grof gemaalde swartpeper
Metode
Sny die punte van die boontjies af en maak hopies van 5 - 6 boontjies elk.
Draai ’n repie spek om elke hopie boontjies en steek dit met ’n
peuselstokkie vas.
Smelt die botter of margarien en olie in ‘n pan en braai die spekboontjies
oor matige hitte.
Strooi peper oor terwyl dit braai.
Draai gereeld om en verwyder van hitte wanneer die spek gaar is.
Sit warm voor.
Speseryrys
300ml rou rys
5ml margarien
5ml speserye vir rys
2ml paprika
Metode
Kook die rys soos gewoonlik, maar voeg die res van die bestanddele in plaas
van die gewone sout by.
Gegeurde rys
90g margarien
250ml rou rys
750ml kookwater
5ml geuropwekker
30ml tamatiesous
10ml vrugteblatjang
5ml droë pietersielie
3ml gemengde kruie
Metode
Smelt die margarien in ’n kastrol en voeg die rys by.
Braai die rys oor matige hitte totdat minstens 75 % van die rys gepof is.
Giet die kookwater oor en roer die res van die bestanddele by.
Sit die deksel op en kook die rys 15 minute lank.
Verwyder die deksel en kook tot die rys droog is.
Sit warm voor.
Lemoenpatats
4 - 5 groterige patats, geskil en in skywe gesny
125ml water
knippie sout
12,5ml botter
125ml witsuiker
12,5ml gouestroop
sap van 1 lemoen
5ml gerasperde lemoenskil
Metode
Kook die patats in die water met ’n knippie sout tot sag.
Voeg die res van die bestanddele by en kook nog 15 minute oor lae hitte.
Roer liggies deur voor opdiening.
Soetpampoen
2 skyfies ui
25ml botter
750g geskilde ryp boerpampoen of botterskorsie, in skyfies gesny
150ml bruinsuiker
2ml fyn kaneel
knippie sout
knippie swartpeper
25ml water
Metode
Braai die ui liggies in die botter tot deurskynend.
Voeg die pampoen en dan die res van die bestanddele by.
Moenie roer nie.
Bedek en kook oor lae hitte totdat die pampoen sag is.
Verwyder die deksel en braai die pampoen totdat die sous taai raak.
Roer liggies.
Pampoenkoekies
500g boerpampoen, saggekook in water en goed gedreineer
1 eier
60ml bruismeel
2ml sout
125ml kookolie
45ml suiker
10ml fyn kaneel
Metode
Druk die pampoen fyn en roer die eier, bruismeel en sout in.
Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en skep eetlepels vol pampoen op
’n keer in.
Braai aan beide kante tot ligbruin.
Strooi ’n mengsel van suiker en kaneel oor en sit warm voor.
Malvaskorsies
3 - 4 skorsies, gehalveer
500ml water
3ml sout
6 - 8 malvalekkers
10ml suiker
5ml fyn kaneel
Metode
Kook die skorsies 20 minute in die water met sout of totdat die skorsies sag
is.
Haal die skorsies uit die water en ontpit.
Plaas ’n malvalekker in elke skorsie en strooi ’n mengsel van suiker en
kaneel oor elke lekker.
Plaas die skorsies in ’n oondvaste bak en rooster 5 - 10 minute in die oond
of totdat die lekkers gesmelt en effens bruin is.
Romerige skorsies
2 - 3 groot skorsies, gehalveer en ontpit
1ml knoffelpoeier (of na smaak)
5ml droë pietersielie
sout en peper na smaak
15ml koffieverromer of 25ml vars room
Metode
Kook die skorsies tot sag in water en skep die pulp uit die dop.
Dreineer baie goed.
Druk die pulp fyn.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
Lemoenwortels
5 groterige geelwortels, geskil en in blokkies gesny
knippie sout
100ml lemoensap
5ml gerasperde lemoenskil
75ml suiker
12,5ml vlapoeier
Metode
Kook die wortels in ’n bietjie water met ’n knippie sout tot sag.
Gooi die water af.
Meng die res van die bestanddele en voeg by die wortels.
Laat stadig kook tot die sous verdik.
Mikrogolfmetode
Plaas die wortels met ’n knippie sout in ’n glasbak met ’n deksel.
Voeg 12,5 ml water by.
Plaas die deksel op en mikrogolf 10 minute by 100 % krag.
Meng die res van die bestanddele en giet oor die wortels.
Plaas die deksel op en mikrogolf nog 3 minute by 70 % krag.
Sommer-net-wortels
400g geelwortels, geskil en in ringe gesny
2 klein aartappels, geskil en in blokkies gesny
3ml geuropwekker
5ml sout
350ml water
Metode
Plaas al die bestanddele in ’n kastrol en kook sowat 45 minute of tot die
wortels sag is. (Voeg ’n bietjie water by indien wortels drooggekook en nog
hard is).
Sit warm voor.
Murgpampoentjie-en-sampioengereg
250g knopiesampioene, afgespoel en in skywe gesny
500g murgpampoentjies, in ringe gesny
1 groot ui, in ringe gesny
50g botter of margarien
3ml swartpeper
3ml geuropwekker
10ml tamatiepuree
5ml suiker
Metode
Braai die sampioene, murgpampoentjies en ui 5 minute in botter of margarien,
of tot die ui deurskynend is.
Voeg die res van die bestanddele by en roer goed deur.
Bedek en laat 20 minute prut.
Verwyder die deksel en laat nog 5 minute prut.
Sit warm voor saam met enige vleisgereg of as ’n warm slaai.
Ekstra Inkomste
Hier is iets
wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou
ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe
maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke
maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Sluit gratis
aan vir 'n proeftydperk.
Maar jy moet opgradeer om deel te neem
aan die wins, dis egter 'n druppel in die emmer. Probeer gerus!
Die hele proses het nou
verbeter en dis nou makliker om te begin inkomste kry, sluit gerus aan
vir 'n gratis proeftydperk, kyk die kat uit die boom en gradeer dan op
om te begin saamspeel!
Klik
hier en gaan kyk self!
Dit neem 'n rukkie, maar ek het
verlede maand net minder as
R1000 gekry. Elke bietjie help!
Yes, out of
curiosity I visited Be Motivated Today during September 2009, but only
joined during August 2010, what a waste of time!!!.
If I knew what was happening during the year I wasted, man, I would have
joined immediately after I read the details of the setup.
I now have a waiting list of seven on my downline (one already joined as
Silver), the others are bound to join during November and they are jumping
around purely from excitement to get started and its rubbing off on me as
well.
Just one question: My intention is to place an invitation advertisement on
the rear window of my car, do you think it could shake some people out of
their dreams and make them joining us?
Klik
hier vir meer besonderhede
Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk
hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Resepte, resepte,
resepte
Ek het besluit om sake vir my
te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans)
op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent
enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek
te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar
dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met
hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.
Die prys van die CD is R100 (dis
om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit
Posgeld is R20 vir
geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot
toonbank.
As jy sou belangstel om een
van die CD's te bekom,
klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook
net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die
spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer
stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit
Speed Services oornag toonbank tot toonbank
Hier is die Afrikaanse boeke:
217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se
Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se
Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer
net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1,
Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir
Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille
samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies
Allerlei
Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet,
Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke
omskakelingstabel, Werk van die huis
Hier is die lys van baie ou
Engelse resepte eBoeke
A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922
A Dozen dainty recipes for preparing wartime canned meats - 1920
A Home Guide - or a book by 500 ladies - 1877
Aunt Carolines Dixieland Recipes - 1922
A Practical Dictionary of Cookery - 1200 tested recipes - 1898
Best recipes for baking - pre 1908
Buckeye Cookery and Practical Housekeeping - 1877
Burke's Complete Cocktail and tasty bite recipes - 1936
Catering for special occasions with menus and recipes - 1911
Diabetic Cookery - recipes and menus - 1917
Fifty Choice Recipes for Spanish and Mexican Dishes - 1905
Fifty valuable and delicious recipes made with corn meal - 1917
Heart of the Wheat - a book of recipes - 1910
Hospitality - recipes and entertainment hints for all occasions - 1922
Hotel Management - quantity food recipes
Household hints and recipes - 1877
Ice Cream - practical recipes for making ice cream - 1886
Information for everybody - 1859
Jane Hamiltons Recipes - 1909
Just the thing - dainty dishes at small cost - 1899
Larger cookery book of extra recipes - 1891
Leather Manufacture - 1891
Light entertaining - a book of dainty recipes for special occasions - 1910
Mom's Cookbook
On Uncle Sam's Water Wagon - 500 recipes for delicious drinks that can be
made at home - 1919
Our candy recipes - 1919
Practical Household Cookery - 1000 recipes - 1891
Preserves and Pickles - 1912
Recipes - dainties, salads and clever hints - 1919
Recipes for the preserving of fruit vegetables and meat - 1908
The Candy Maker's Guide - 1896
The Housekeeper's Friend - 1897
The Hygenic Cookbook - 1881
Tried and Tested Recipes - 1921
Two Hundred and Seventy Five Wartime Recipes - 1918
Two hundred recipes for cooking in casseroles - 1914
Two hundred recipes for making desserts - 1912
War Time Cookery - 1917
Wheatless Recipes - 1918
Wrinkles and Recipes, including farming and household hints - 1877
Hier is die Engelse resepte:
FunkyMunky
Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of
Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes
in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go
camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at
your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie
Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special
holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all
ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes
from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's
assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the
chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two
of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of
mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for
appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all
here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!
Bonus eBooks
Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food
Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns
Everything you wanted to know about making, marketing and selling your
crafts.
Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies,
myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.
10,000 Dreams Interpreted
Al my nuusbriewe is
op hierdie bladsy beskikbaar:
http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Elke nuusbrief sal
voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.
|
|