|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die
Argiewe, meeste van die ou
nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur
daar af.
Ek stuur ook 'n Engelse brief uit,
elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek,
gaan kyk gerus en laai na hartelus af.
Die winter is nou al goed aan die
gang, in 'n paar dae is die son veronderstel om te draai en dan behoort
dit namate stadigaan warmer te word. Moeilik om te glo!
Die pasella hierdie keer is 'n eBoek
met vleisresepte, gaan maar na die pasella afdeling en laai dit af.
Die resepte is weer 'n lekker
verskeidenheid, gaan loer hieronder.
Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos
ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk
kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.
Teken hier in op die nuusbrief:
http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief,html
Doen dit sommer self,
klik hier. As jy nie
internet toegang het nie,
stuur my epos met jou ou en nuwe adres.
My Resepte eBoek
samestelling op CD |
Bo en behalwe die Afrikaanse en
Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke
bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal
geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike
bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke
is sal jy die boeke regtig interessant vind.
Gaan kyk onder vir 'n lys van die
ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.
Ek wil graag in verbinding tree
met enigiemand wat die Brachy behandeling asook bestraling behandeling
ondergaan het vir prostaat kanker. Epos my asb by
peter@peterjasie.co.za
Peterjasie in
Woord en Beeld |
Ek het van my stories en fotos in
een dokument saamgestel, dis lekkerlees Afrikaans en 'n versameling van
my fotos. Ek wil dit graag wyd en syd laat versprei. Dis heeltemaal
gratis al wat jy hoef te doen is om op die skakel te regs klik en dit af
te laai (om en by 4MB)
Peterjasie in Woord en Beeld
Stuur sommer aan die mense op jou
poslys ook wat dit mag geniet. Dit kan ook 'n lekkerlees geskenk wees.
Dis weer sulke tyd. As jy wil uitvind waar die vissies hulle bevind kan
jy die volgende "Sardine Hotline" skakel - 0839139495
Werk is skaars, elke jaar maak
derduisende jongmense klaar met skool, en wat dan? Die volgende artikel
wat ek uit mieliestronk.com hier plaas kan dalk bietjie lig werp op die
probleem.
HULLE skuil in jou garage, in jou
buitekamer, in jou kombuis en in die kinderkamer. Jy sal hulle in
tydskrifadvertensies vind, in jou buurman se huis en by jou werk. Hulle
is reg voor jou oë in die groente uit jou eie tuinakkertjie . . . in die
stapels papiere langs jou rekenaar se laserdrukker . . . agterin jou
bakkie . . . en iewers in jou kop.
Jy hoef ook nie ’n genie te wees of ’n magistergraad in
besigheidsbestuur te hê om hulle in winste om te skep nie. Om
sakegeleenthede raak te sien, is dikwels so maklik as om probleme in die
samelewing te identifiseer en om maniere te kry om dit op te los.
Vindingryke mense wat byvoorbeeld die veilige haakspeld uitgevind het,
of die balpuntpen, die kosverwerker en die oopmaak-ringetjie aan die
koeldrankblikkie, was almal doodgewone sterfllinge wat op ’n dag ’n
briljante idee gekry en werk daarvan gemaak het.
Maar dis natuurlik nie net uitvinders wat briljante idees het nie. Baie
mense met hul eie besighede het hul stokperdjies, belangstellings en
talente in bevredigende en dikwels winsgewende ondernemings verander --
bloot deur ’n behoefte in die wêreld om hulle op te merk en ’n manier te
vind om daarin te voorsien. Jy kan ook.
Hierdie artikel is ’n samevoeging van die idees van verskeie gerekende
sakekenners oor hoe om die bul by die horings te pak en ’n entrepreneur
te word. Wie weet, jou heel eerste tree na ’n lewe as jou eie baas begin
dalk net hier!
Word entrepreneurs gebore of gemaak?
VOLGENS Mauritz Bekker van die Entrepreneurial Business School (EBS),
wat in die onderrig van entrepreneursvaardighede spesialiseer, dink die
meeste mense waarskynlik dat daar slegs ’n paar entrepreneurs gebore
word. Die rede is dat ons samelewing tot dusver betreklik min ware
entrepreneurs opgelewer het.
Die oorsaak hiervan, sê Marius, is weer ’n kultuur waarin ons van kleins
af gekondisioneer word om werksoekers pleks van werkskeppers te wees --
iets wat in die vroeëre ekonomiese klimaat nie ’n probleem was nie. Maar
in ons veranderende wêreld hang dit grotendeels van entrepreneurs af om
die nypende tekort aan werkgeleenthede hok te slaan.
Hoewel entrepreneurs steeds oor sekere ingebore eienskappe moet beskik
op suksesvol te wees, moet ook onthou word dat basiese vaardighede
inderdaad aangeleer word.
Kenners wat vir hierdie artikel genader is, stem boonop saam dat ons ons
nie moet laat inperk deur ’n houding van ``ek kan nie’’. Die allegoriese
verhaaltjie van vlooie in ’n kartonboks illustreer hoe futiel só ’n
lewensuitkyk kan wees.
Vlooisirkus-mense, word vertel, weet van ’n vreemde ding wat gebeur
wanneer hulle vlooie ``tem’’. As vlooie in ’n kartonboks geplaas en die
deksel op die boks gesit word, spring hulle eers herhaaldelik op en af
sodat hulle hul ``koppe’’ keer op keer bo teen die ``plafon’’ stamp. So
spring hulle voort totdat hulle geleer het om hul spronge net tot ’n
sekere hoogte onderkant die deksel te beperk.
As ’n mens daarna die deksel afhaal, sal die vlooie nie uit die boks
spring nie. Hulle het hulself so gekondisioneer, om slegs lae spronge
uit te voer, dat hulle om die dood nie meer hoog kan spring nie.
So is dit ook met baie mense. Hulle beperk hulself en bereik nooit hul
potensiaal nie. Net soos die vlooie spring hulle nie hoër nie, omdat
hulle -- jammerlik vasgeval in hul eie ``kartonboks’’ -- vas glo dat
hulle tot niks meer in staat is nie.
Vyf sleutels tot sukses as ’n entrepreneur
DAAR is baie vaardighede wat ’n entrepreneur laat slaag, skryf Ken
Lawson in sy boek Guide to Managing Your Career (in die beroemde
KISS-reeks van Dorling Kindersley). Lawson beskou egter die volgende vyf
eienskappe as noodsaaklik:
* Visionêre denke – jy moet groot en positief kan dink en ’n
langtermyn-visie hê.
* Die vermoë om jou klante te kan gee wat hulle wil hê, wat ook al
gebeur. As jy dit nie doen nie, sal hulle hulle tot iemand anders wend
wat dit wel kan doen.
* ’n Mededingende instink. Jy sal waarskynlik te staan kom teen andere
wat soortgelyke produkte of dienste kan verskaf. Jy sal bokant hulle
moet uitblink – sommer ver bokant hulle.
* Deursettingsvermoë. Die kans is goed dat jou onderneming nie oornag
gaan slaag nie. Jy sal lang tye van onsekerheid en vertwyfeling moet kan
deurstaan.
* Deeglikheid. Met jou eie besigheid sal jy gedurig ’n oneindige klomp
besonderhede moet hanteer. Jy kan sukkel as jy iemand is wat jou nie
eintlik aan die klein dingetjies steur nie.
Alle sakekenners stem saam met Lawson dat durf (``guts’’) en
deursettingsvermoë (``perserverance’’) onontbeerlik vir ’n entrepreneur
is. Maar verskeie sou ook enkele ander eienskappe op sy lysie wou sien.
Soos om ’n liefde vir die saak te moet hê wat ’n mens aanpak. En
natuurlik die nugtere sakesin om nie halsoorkop in ’n onderneming in te
storm sonder die nodige geld nie.
’n Groot sakewerf op die Internet, BusinessTown.com, stel dit pront:
``Die lewe is te kort om ’n besigheid te begin wat jou nie bevrediging
en vreugde gee nie.’’ En wat die geld daarvoor aanbetref: ``Jy moet
genoeg aanvangskapitaal hê plus voldoende kontant om ’n positiewe
kontantvloei vir minstens die eerste jaar te handhaaf.’’
Tien beginsels vir ’n suksesvolle onderneming
REG in die begin reeds, selfs nog voor jy met jou nuwe besigheid begin,
sê die kenners, moet jy die sekere beproefde sakebeginsels op die punte
van jou vingers ken. Hier is ’n samevatting uit verskillende bronne:
* Kennis is mag. Trouens, alle goeie skakemanne sal jou vertel dat die
nodige kennis die heel eerste ding is wat jy moet verkry as jy met ’n
nuwe onderneming wil slaag. Lees op, studeer, ondersoek eers alles
grondig omtrent die rigting waarin jy jou wil begewe. Onthou, dit kan
die allerbelangrikste beroepskuif wees wat jy in jou hele lewe maak.
Moenie net indons en duim vashou nie.
* Hou die aanvangskostes so laag as moontlik. Talle hoogs geslaagde
ondernemings is met minimale kostes begin. Waar administrasiekoste en
uitgawes tot die mininium beperk word, veral baie vroeg in die
ontwikkeling van die besigheid, kan dit uiteindelik uitstekende vrugte
afwerp.
* Maak seker dat jou onderneming voorsien in ’n behoefte wat in die mark
bestaan. Ook dat daar ’n volgehoue vraag na jou produk of diens sal wees.
Natuurlik is ’n kennis van die bedryf en die mark hier belangrik -- wat
weer aansluit by die eerste punt hierbo.
* Beplan om op ’n haalbare wyse te groei. Die besighede wat die
suksesvolste is, is dié wat bereikbare teikens nastreef -- gewoonlik nie
dié wat vinnig enorme winste wil maak nie.
* Wees aanpasbaar. Geslaagde private besighede wat nie deur burokratiese
rompslomp ingeperk word nie, kan hulle vinnig by nuwe modes en
tegnologieë aanpas en het ’n hegte verbintenis met hul klante.
* Maak seker dat jy ’n geldplan het. Ook ’n begroting en ’n manier
waarop jy jou maandelikse resultate kan meet. As jy nie weet hoe dit
geldelik met jou besigheid gaan en jy geen spesifieke finansiële
oogmerke vir die kort of lang termyn het nie, laat jy toe dat die
spreekwoordelike noodlot oor jou vordering beslis. Dis geen goeie
praktyk nie!
* Sluit diegene in wat na aan jou is. As ’n mens ’n verandering maak,
word jou huweliksmaat en naaste familie ook te nouste geraak. Maak seker
dat jy hulle van die heel begin af in jou besluitnemings en beplannings
ken. Verandering plaas verhoudings onder spanning. As julle die oorgang
saam deurwerk, raak dit soveel makliker vir almal.
* Handhaaf ’n balans tussen werk, speel en jou gesin. Dis uiters
belangrik vir langtermyn-sukses. Ons werk ons almal in die begin ’n ruk
lank oor ’n mik om dinge op dreef te kry, maar as dit te gereeld en te
lank gebeur, is dit ’n gevaarteken dat ’n mens besig is om perspektief
te verloor. Jy moet gereeld kan uitspan om jou batterye te herlaai.
Bestee ook tyd aan jou gesin, want as hulle swaar kry, is dit byna seker
dat jou besigheid ook gaan swaar kry.
* Bly altyd ingestel op die sleutelfaktore wat jou klante uitstekende
waarde vir hul geld gee. Moet nooit vergeet dat hulle byna altyd ’n
keuse het om van iemand anders se produkte of dienste gebruik te maak
nie.
* Les bes, stel ’n sakeplan op. Lees meer daaroor direk hieronder.
Die vyf komponente van ’n sakeplan
DIE MEESTE nuwe entrepreneurs is bra traag om ’n sakeplan op skrif te
stel en tog is dit die ruggraat van enige besigheid. Dit moet ’n
geskrewe oorsig van alle aspekte van jou nuwe onderneming wees -- van
die ekonomiese lewensvatbaarheid daarvan tot ’n ontleding van jou
sakevooruitsigte.
Daar is baie verskillende soorte sakeplanne en verskeie boeke wat jou
verskillende formate daarvan sal bied. Joseph Anthony, skrywer van
Working for Yourself, reken egter dat enige sakeplan die volgende vyf
komponente moet bevat:
* Konsep -- ’n opsomming van jou sake-idee, jou ``doelwit-verklaring’’,
tesame met ’n kort beskrywing van waar jou besigheid in die mark inpas
en hoekom dit sal slaag.
* Detail -- ’n grondige beskrywing van jou besigheid, asook ’n
diepgaande verduideliking van die produk of diens wat jy beplan en sy
nut vir diegene wat dit sal koop en/of gebruik.
* Markprofiel -- ’n volledige beskrywing van jou klante, jou mededingers,
die nodigheid van jou produk of diens, en die welstand en
lewenskragtigheid van die mark. Dis nie raaiwerk nie. Dit moet op
versigtige, deeglike navorsing berus.
* Strategie -- jou uitvoerige plan om jou produk of diens op die mark te
plaas. Dit sluit in wat jy jou onderneming gaan noem, hoe jy dit gaan
beskerm en watter tariewestruktuur jy gaan gebruik.
* Operasie/Produksie -- ’n deeglike bespreking van die bemarking van jou
produk of diens, met verwysings na onder meer kantoorruimte,
produksieskedules, inventarisse, voorrade, verskaffers, lisensies,
versekering en hoe gehoor gegee sal word aan enige bestaande
besigheidsregulasies.
Die kuns om geld te kry
VRA is vry, het die ou mense altyd gesê -- en weier daarby. Maar as jy
’n lening móét aangaan vir jou onderneming, sorg dat jy jou potensiële
geldskieters só imponeer dat hulle kwalik kan weier om met jou sake te
doen.
Wees gereed om vrae omtrent jou besigheid te beantwoord, en om om oop
kaarte te speel oor jou geldsake soos dit was, is en hopelik nog sal
wees. Hoe meer deurdag jou plan is en hoe meer vertroud jy daarmee is,
des te indrukwekkender sal jy vertoon. Bring desnoods jou rekenmeester
saam.
Berei jou voor om hulle te vertel waarvoor jy die geld wil gebruik. ’n
Blote ``ek het die geld nodig’’ wek geen vertroue nie en sal dit laat
lyk of jy die saak nie goed deurdink het nie. Verstrek die nodige
besonderhede.
Stel ’n plan vir terugbetaling van die geleende geld voor. Baie plekke
het ’n sekere buigsaamheid. Potensiële geldskieters sal dit waardeer dat
jy daaraan dink om hulle terug te betaal en nie net om die geld te kry
nie.
En dan is dit seker nie nodig om aan jou te vertel dat netjiese klere ’n
veel beter indruk as verslonsdheid maak nie.
Die stig van ’n besigheid in Suid-Afrika
SAKE kan in Suid-Afrika gedoen word deur maatskappye (openbaar en
privaat, insluitende filiaal- of dogtermaatskappye), geslote korporasies,
vennootskappe, alleen-eienaars, gesamentlike ondernemings en takke van
buitelandse maatskappye.
Elkeen van hierdie besighede word op sy eie manier saamgestel. Enige
sewe of meer mense kan byvoorbeeld ’n openbare maatskapppy vorm.
Daarteenoor kan een of meer mense ’n private maatskappy saamstel.
Wanneer ’n besigheid in ons land gevestig word, moet ’n sakelisensie (onbepaald
geldig) van die plaaslike owerheid verkry word. Twee kategorieë
besighede, dié wat kosprodukte hanteer en dié waar mense vergader, soos
plekke vir vermaak, moet egter jaarliks opnuut lisensies van die
betrokke munisipaliteit kry.
Soorte besighede wat vanuit die huis bedryf kan word
BAIE mense wat vanuit hul huis werk, sal jou vertel hoe lekker dit is om
nie meer elke dag kantoor toe en terug te pendel nie. Hier is maar
enkele werke waarvoor die eie huis as kantoor en/of ``fabriek’’gebruik
kan word:
* Konstruksie: huisverbeterings, die verf van huise, binnenshuise
versiering.
* Persoonlike dienste: haarversorging, massering, onderrig in
byvoorbeeld wiskunde of Engels, musieklesse.
* Ander dienste: boekhouding, vertaling, kopieskryf,
rekenaarprogrammering, versekering, verkoop van eiendom,
motorherstelwerk, spyseniering.
* Vervaardiging en verwerking: die raam van portrette en skilderye,
stoffeerwerk, naaldwerk, soetgebak, houtwerk.
BELANGRIK: Voordat jy met ’n tuisbedryf begin, stel net eers vas of jy
nie daarmee enige plaaslike regulasies van jou dorp of stad oortree nie.
Ten slotte
OM as ’n nuwe entrepreneur te slaag, verg vasbyt. Baie mense droom
daaroor, maar het eenvoudig nie die drif en ywer om te volhard nie. In
hierdie artikel het ons egter by die dromers verbygekyk na die daders --
en hulle ’n paar riglyne gegee oor hoe om te begin. As jy tot hier
gelees het, is jy bes moontlik een van hulle.
Indien wel, is nog nuttige raad aan jou om nie oorhaastig te wees nie.
Wees kalm en rustig -- beplan versigtig. Goeie beplanning is eintlik ’n
voorvereiste as ’n mens in vandag se harde sakewêreld bo wil uitkom met
’n eie besigheid. Ewe belangrik is harde werk, ’n gedurige taksering van
waar jy is en waarheen jy op pad is, die voorsiening van produkte van ’n
hoë gehalte en uitmuntende diens. Natuurlik sal ’n bietjie geluk langs
die pad ook help.
Voorts kan dit jou loon om ’n gewoonte van lewenslange leerdery te maak.
Jy gaan baie leer as jy van beroep verander om ’n entrepreneur te word,
maar die verwerwing van kennis kan nie ophou sodra jou besigheid
gevestig is nie.
Verandering gaan vir die voorsienbare toekoms ’n blywende deel van die
Suid-Afrikaanse lewenswyse wees. Die sukses van jou besigheid gaan ook
afhang van jou vermoë om jou by maatskaplike en tegnologiese
veranderings aan te pas.
Hou dus aan met lees, skryf jou in vir kursusse en verbreed jou kennis
en begrip van die wêreld om jou.
En baie welkom in die kring van die vooruitstrewendes!
Ek het 'n rukkie gelede die
volgende idees bymekaar gesit, dalk kan dit ook help.
Ek wonder nou al vir 'n geruime
tyd wat mens van die huis af kan doen om 'n ekstra geldjie te verdien
sonder om 'n klomp geld uit te gee of om advertenie na advertensie te
beantwoord wat jou belowe dat jy duisende sal verdien deur koeverte te
vul en dan werk dit nie. Nie almal van ons is bemarkers of het die
kontakte om polisse of iets dergeliks te gaan verkoop nie.
Toe begin ek dink en vra bietjie rond en kom met 'n paar idees te
voorskyn om die bal aan die rol te sit.
Wat jy ookal besluit om te doen, hier is 'n paar goue rëels:
- wees eerlik en hou jou woord, as jy sê jy gaan iemand terug bel by 'n
spesifieke tyd, doen dit voor daardie tyd.
- volg altyd op, vind uit of die diens wat jy gelewer het op standaard
was. Maak reg waar jy fouteer het op jou onkoste.
- gaan die ekstra myl. Wat jy ookal doen, sit daardie ekstra bietjie by,
dit maak wat jy doen net soveel beter as 'n ander persoon wat dieselfde
diens verrig.
Soek na 'n diens wat nie in jou omgewing verrig word nie, of as so 'n
diens wel verrig word, vind maniere om dit beter, vinniger, goedkoper te
verrig.
Jy gaan nie oornag ryk word nie maar talle suksesvolle besighede het
klein begin!
Hier is die idees wat ek alreeds het, as jy iets kan byvoeg, doen dit
gerus, dalk help ons net iemand om weer op die been te kom. Julle kan
vir my ePos stuur met enige voorstelle.
Almal moet eet. Baie mense het nie die tyd om daagliks toebroodjies te
maak nie en gaan koop ten duurste by hulle werk se kafeteria middagete.
By ons werk het 'n dame daagliks etenstyd by ons werk opgedaag met die
heerlikste vars toebroodjies. Haar pryse was billik en sy het elke dag
verskillende toebroodjies gehad. Op nat koue dae het sy pannekoek gehad
en somtyds ook sop.
Hier is wat jy doen. Vra by kenisse wat hulle by hulle werk vir
middagete geniet. Bied aan om dit beter en goedkoper te voorsien. Neem
'n paar voorbeelde en oortuig hulle Jy kan jou pryse billik hou en tog
'n wins maak. As hulle daarvan hou is jy in en kan jy dan daagliks aan
hulle toebroodjies voorsien. neem 'n meningspeoling en vra wat hulle sou
verkies vir afwisseling. Probeer vetkoek met verskillende vulsels,
gebruik jou verbeelding! Vir verjaarsdae kan jy koek voorsien en vir
hulle partytjies versnaperings. Vir die wat dit so verkies kan jy pap en
sous voorsien. Jy kan dan die firma as verwysing gebruik om uit te brei
na 'n volgende firma en so aan.
Meeste mense besit deesdae rekenaars. Dit gee my 'n groot kramp as daar
iets verkeerd gaan met my komper en ek moet alles uitprop, dit in die
motor laai en na die plaaslike komperwinkel neem. As my komper breek wil
ek dit in my huis en nog dieselfde dag reggemaak hê!
Hier is jou kans as jy in staat is om kompers te herstel. Werk van jou
huis, adverteer plaaslik en bied aan om na jou kliënt se huis te gaan en
die werk daar te doen of dit daar af te haal en terug te besorg! Ek sal
vir seker so iemand ondersteun!
Jy is 'n gekwalifiseerde haarkapster en sit by die huis. Weet jy hoeveel
oumense sit in ouetehuise of by hulle huise en kan nie by winkels uitkom
om hulle hare te gaan sny of "perm" nie?
Al het jy geen kwalifikasie nie, gaan was hulle hare en doen algemene
versorging. Hulle sal dit vreeslik waardeer! Neem die wat nie meer kan
bestuur nie winkels toe, daar is vele sulke geleenthede.
Hier is jou kans, besoek die plaaslike ouetehuise en doen jou ding daar
by hulle. Jy hoef natuurlik nie te stop by ouetehuise nie, die plaaslike
kerke weet van lidmate wat oud is en nie meer kan rondry nie, nog meer
kliënte!
Baie mense sit met hope langspeelplate wat hulle nie meer na kan luister
nie omdat mens nie meer platespelers te koop kan kry nie. As jy 'n
komper het is dit redelik maklik om plate om te sit op CD's. Adverteer
plaaslik en dan in naburige dorpe, ek sien gereeld advertensies van
mense wat wil weet hoe om hulle ou plate op CD te sit.
Hier is iets lekkers! Die rëel van partytjies! Baie ma's het vandag net
nie die tyd om kinderpartytjies te rëel nie. Bied die diens in jou
omgewing aan. Sorg dat jy alles doen, die ma en haar kind en die gaste
moet net opdaag en hulleself geniet. En dan natuurlik betaal ook!
Gebruik jou verbeelding, ek is seker jy sal 'n sukses daarvan maak.
Adverteer plaaslik en as jy goed is sal "word of mouth" die res vir jou
doen, sommer gou sal jy hulp moet kry en jou besigheid sal begin uitbrei.
Dit hoef natuurlik nie by kinderpartyties op te hou nie, gebruik jou
verbeelding!
Met misdaad wat deesdae hoogty vier is dit altyd 'n bekommernis as mense
met vakansie weggaan. Diere moet kosgegee word, plante moet natgemaak
word, pos moet uit die posbus gehaal word.
Bied hierdie diens in jou omgewing aan. Ek wens ek kan 'n betroubare
persoon kry om ons honde kos te gee en van ons plante nat te maak as ons
met vakansie of selfs net vir 'n naweek weggaan! Bou vir jou gereelde
klandisie op en as jy betroubaar is sal hulle vir jou adverteer.
Adverteer ook om na diere om te sien by jou plaaslike veearts.
Baie mense sit met ou fotos van geliefdes wat met die tyd gevou of
gekrap geraak het. As jy 'n komper en die regte sagteware het kan jy die
fotos so goed soos nuut herstel, bied sommer aan om dit vir hulle te
raam ook!
As jy in 'n vakansiedorp woon is daar ook geleenthede. Baie mense het
vakansiehuise en as hulle na 'n lang reis arriveer wil hulle nie nog
gaan kruideniersware koop, die yskas en vrieskas aansit en die bier laat
koud word nie. Hier is 'n geleentheid vir iemand om so 'n diens te
verrig, gaan gesels met die mense as hulle weer daar vakansie hou, asook
met ander families wat ook met vakansie is. Baie huise word verhuur en
dieselfde diens sal nodig wees wanneer die vakansiegangers arriveer!
Oorweeg 'n stalletjie by jou plaaslike vlooimark. Hier in ons omgewing
is hulle net naweke en vakansiedae oop so dit neem nie al jou tyd in
beslag nie nie. Op jou "af" dae kan jy voorraad vervaardig! As jy handig
is met iets soos houtwerk, klere maak of enigiets interessant kan maak
is daar geleentheid. Ek het by die Waterfront in Kaapstad 'n ou gesien
wat papier doilies lamineer en hulle dan vir 10 keer hulle oorspronklike
prys verkoop! So lyk dit fantasties op 'n skinkbord en kan oor en oor
gebruik word. Al wat dit verg is 'n bietjie verbeelding!
Een van ons kerk se omgeegroepe het op 'n Saterdagoggend op 'n lëe erf
worsbroodjies verkoop en net vir die oggend R1600 wins gemaak. Ek is nie
seker of mens moet toestemming daarvoor kry nie, maar ek plaas dit hier
as 'n idee! Een van die plaaslike supermarke verkoop ook elke Saterdag
oggend worsrolletjies op hulle stoep en dit het al 'n instelling geword
om daar te gaan koop, wie wil tog kosmaak op 'n Saterdag?
Op pad Hartebeespoortdam toe by Lanseria veby is daar 'n stalletjie,
Pete's Boerewors Rolls, en ek sien altyd motors wat daar stilhou. Ek
sien hy brei nou uit want 'n paar kilometers verder het hy nou al 'n
tweede stalletjie. Een ding is seker, in kos is daar geld!
Nog op die onderwerp van kos, ek sien in die industriëele gebied naby
ons is daar 'n paar mense wat uit omgeboude ou karavane middagete aan
die fabriekswerkers voorsien. Hulle moet 'n klein fortuintjie maak!
As jy sweisapparaat het en handig is daarmee is daar ook geleenthede. Ek
soek die ander dag vir iets waarop ek die tuinslang kan oprol. Die
supermarkte vra 'n klein fortuin daarvoor en ek koop toe 'n heel
werkbare een langs die pad vir R60. Dis nou tuinmaak seisoen en so iets
sal in aanvraag wees. Ons het van hierdie waterspuite wat jy aan die
tuinslang skroef, dit lê dan op die gras en spuit. Ons wou dit van 'n
hoogte af laat spuit en my swaer maak toe 'n eenvoudige staander wat jy
in die gras indruk en die spuit gly bo op in 'n gleuf in. Siedaar,
probleem opgelos.Hierdie en soortgelyke item is ideaal om op 'n
vlooimark te verkoop.
Daar is 'n dame in ons kerk wat vreeslik lekker koeke, beskuit en
beskuitjies bak. Sy adverteer nie en almal weet hoe om met haar in
verbinding te tree as hulle iets spesiaals wil hê. Jy bel haar net en
plaas 'n bestelling en in 'n dag of twee gaan haal jy dit af. Begin om
koeke vir julle kermis se koektafel te bak, maak seker jou naam en
foonnommer is beskikbaar en as hulle daarvan hou sal die mense jou begin
kontak. As jy goed is kan jy ook vir die plaaslike tuisnywerheid bak,
maar jou wins is dan minder.
Ek kry 'n advertensie in my posbus van mense wat op weeksdae 'n maaltyd
by jou huis kom aflewer. Die koste is R19.99 per bord en die
verskeidenheid is groot, van bobotie tot skaapnek potjie. Elke maaltyd
het ook groente by. Ideaal vir werkende mense wat nie tyd het vir
koskook nie.Jy kry 'n maand se spyskaart vooruit so jy weet wat jy gaan
kry. Ek dink so iets kan in groot dorpe of stedelike gebiede werk.
Die Pasella hierdie keer is 'n
resepte eBoek met Vleisresepte,
regs klik hier om dit af te laai
Geskiedenis van
Boeremusiek — 'n Oorsig — 1700 ~ 2004 |
Klik hier om die artikel
te lees.
Lekker
lugkastele bou -
Oorsese Lottos |
Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en
sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot
droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis
kaartjie ook! Waarvoor wag jy?
Hier is die lys van beskikbare
Lotto s en die huidige boerpotte:
Powerball US $86,000,000
SuperEnaLotto EU €21,800,000
MegaMillions US $22,000,000
MegaSena US $21,300,000
EuroMillions EU €15,000,000
UKLottery UK £9,300,000
ElGordo EU €7,800,000
SuperLottoPlus US $10,000,000
FranceLoto EU €5,000,000
OzPowerball US $2,900,000
Sjoe, dis darem maar groot geld!
Ekke is ook op
Facebook, kry my by
www.facebook.com/Peterjasie
Volkslied van Transvaal
Ken jy die Volk vol heldemoed
en tog so lank verkneg
Hy het geoffer goed en bloed
vir Vryheid en vir reg
Kom burgers! laat die vlae wapper
Ons lyding is verby
Roem in die sege van onse dapp'res
'n Vrye volk is ons!
'n Vrye volk, 'n Vrye volk
'n Vrye, Vrye volk is ons!
Ken jy die land so min bekend
en tog so heerlik skoon
Waar die natuur haar wonders skenk
en kwistig stel ten toon
Transvalers! Laat ons feeslied galm
waar vas ons volk moet staan
waar onse vreugdeskote g'knalt
Daar is ons vaderland!
'n Heerlik land, 'n Heerlik land
Dit is, Dit is ons vaderland!
Ken jy die staat, nog maar 'n kind
in wêrelds statery
maar tog deur magtig Brits bewind
weleer verklaar as vry
Transvalers! edel was ons strewe
en pynlik onse smaad
maar God wat uitkoms het gegewe
sy lof vir eie staat
loof onse God! loof onse God!
loof onse God vir land en staat!
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Zalome -
Afrikaans op die net |
Zalome is nog
iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te
bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee
soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.
Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang,
doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo
sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit
aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).
AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com
AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
Dit is April en die Boesmans in
die Kalahari vra hulle nuwe stamhoof, "Spaarwater Kruiper", of dit
hierdie winter matig of koud gaan wees.
Omdat hy stamhoof is in meer moderne tye, het hy nooit die ou geheime
geleer nie.
Wanneer hy die lug bestudeer, kon hy nie voorspel hoe die winter gaan
wees nie.
Nieteenstaande het hy besluit om dit veilig te speel en hy verklaar dat
dit 'n koue winter gaan wees en hulle moet begin brandhout bymekaar maak
ter voorbereiding. Hy is egter 'n praktiese man en na 'n paar dae kry hy
'n plan. Hy stap na 'n publieke telefoon by die nasionale pad, skakel
die weerburo en vra, "Gaan die komende winter koud wees in die
Kalahari?"
"Ja dit lyk so." bevestig die een wat geantwoord het.
Hy gaan terug na die stam en gee instruksie dat hulle nog meer hout
bymekaar moet maak.
'n Week later skakel hy weer die weerburo.
"Lyk dit nog steeds na 'n baie koue winter?" vra hy
"Ja, dit gaan baie koud wees." Kom die antwoord.
Hy gaan terug en beveel hulle om elke stukkie hout wat hulle kan vind,
op te tel.
Na twee weke skakel hy weer.
"Is julle heeltemal seker dat dit baie koud gaan wees?" vra hy
"Absoluut" kom die antwoord, "dit lyk al hoe meer of dit een van die
koudste winters ooit gaan wees."
"Wat maak julle so seker?"
"Ons satelliet fotos wys die Boesmans maak bedonnerd hout bymekaar, en
hulle is nooit verkeerd nie!"
‘n Man raak verlief op 'n vrou se voorkoms en 'n vrou raak verlief op 'n
man se woorde. Dis hoekom vrouens grimering dra en mans lieg...
Jan gaan dood, kom in die hel aan.
Duiwel: Drink jy??
Jan: Ja!
Duiwel: Maandae drink ons heeldag.
Jan: Nice!
Duiwel: Rook jy?
Jan: Ja!
Duiwel: Dinsdae rook ons heeldag.
Jan: Baie nice!
Duiwel: Dobbel jy?
Jan: Ja!
Duiwel: Woensdae dobbel ons heeldag.
Jan: Great!
Duiwel: Doen jy drugs?
Jan: Ja!
Duiwel: Donderdae doen ons heeldag drugs.
Jan: Fantasties!
Duiwel: Is jy gay?
Jan: Nee.
Duiwel: Ooeee... jy gaan Vrydae haat!
'n Plaaswerker steel ‘n skaap by ‘n boer.
Die boer trek hom vas en gee vir hom 'n dice.
“As jy van 1 tot 5 gooi, dan b%#@*& ek jou!” sê die boer.
Die werker vra, “En as ek 'n 6 gooi?”
Die boer antwoord, “Wel, die reëls sê dan kan jy weer gooi!”
Man in Brakpan stuur sy vrou om te gaan inkopies doen.
Sy kom terug met 3 kaste bier, 2 kaste brandewyn, 1 kas cane, 1 kas Coke
en 2 brode.
Hy kyk haar vraend aan toe sy die goed aflaai: “Kry ons kuier mense?”
“Nee!” antwoord sy.
Man: “Nou hoekom koop jy so baie brood?”
Eerste dag van universiteit spreek die rektor die eerstejaars toe:
“Die meisieskoshuise is verbode terrein vir die mansstudente.
As jy daar binne gevang word, is dit R50 boete vir die eerste oortreding.
As jy weer gevang word R100, derde keer is dit R150, ensovoorts.
Verstaan julle? Enige vrae?”
Stem van agter in saal: “Wat kos ‘n seisoenkaartjie?”
Strip ‘n skoolmeisie nou onlangs haar moer vir my,
Sy vra vir ‘n donasie vir haar skool se nuwe swembad -- toe gee ek haar
‘n liter water.
Blerrie ondankbare ding!
‘n Multi-miljoenêr verjaar en besluit om ‘n buitelug-partytjie langs sy
privaat krokkedildam te gooi.
Later die aand toe almal lekker getrek is, kondig hy aan dat hy ‘n
duisend rand sal gee aan enigeen wat met die krokkedil in sy dam sal
stoei.
Sy woorde was skaars koud toe is Koos in die dam en jy sien net water
spat soos hy en die krokkedil te kere gaan! Nie lank nie en Koos klim
uit die dam, bebloed en safaripak aan flarde – maar die krokkedil dryf
witpens bo op die water.
Die verbaasde miljoener sê toe: "’n Belofte is ‘n belofte, Koos, hier’s
jou duisend rand."
Koos, briesend: "Ek soek nie jou geld nie, ek soek net die donner wat my
in die dam gestamp het!!"
Man kom tuis om te sien hoe sy vrou haar tasse pak.
"Ek gaan Durban toe," sê sy. Ek hoor daar is mans wat R200 betaal vir
wat ek verniet vir jou doen."
Die man dink vir ‘n oomblik, en begin in stilte sy tas ook te pak.
"En wat maak jy nou?" wil sy vrou weet.
"Ek gaan saam," se die man. "Ek wil graag sien hoe iemand leef op R400
'n jaar!"
st
se pitkos
Klik hier
om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Welkom by hierdie
week se nuusbrief.
Lees is 'n
avontuur
Volgens Charles Jones sal die mens wat jy vyf jaar van vandag af gaan
wees in 'n groot mate van twee dinge afhang: die boeke wat jy lees en die
mense wat jy jou vriende maak.
Dis oor die eerste saak van boeke lees - en ook tydskrifte, koerante en
internet - wat ek graag 'n paar gedagtes met jou deel. Volgens Jones is jou
toekoms in gedrang wanneer dit by lees kom. Vir jou om as mens te groei is
dit nodig om meer kennis op te doen. Lees bly een van die mees kosbare
bronne vir inligting, menings en feite.
Sommige mense stagneer in hul omstandighede. Hulle het steeds dieselfde
idees, dieselfde probleme en dieselfde ou klagtes. Dis mense wie se enjin in
die lewe stol en nie verder as sekere omstandighede kan beweeg nie.
Die mens is geskape as 'n wese om nuuskierig te wees en altyd meer te wil
weet. Dis immers hoe ontwikkeling plaasvind, nuwe uitvindsels bedink,
probleme opgelos en vooruitgang bewerkstellig word.
Ons is dikwels die mening toegedaan om kennis te verwerf jy by 'n
universiteit of kollege moet inskryf om 'n formele kwalifikasie te kry. Ons
leef vandag egter in 'n tyd waar inligting meer vrylik beskikbaar is as ooit
te vore. Met die druk van 'n paar knoppies op jou rekenaar het jy toegang
tot 'n onbeperkte skatkamer van informasie oor bykans enige onderwerp onder
die son.
Op rakke in boekwinkels kry jy die wonderlikste boeke. In hierdie boeke
skryf top kundiges en deel hul kennis en ervaring met jou. Sulke kennis is
relatief goedkoop, want jy kry hier informasie waarvoor jy andersins ten
duurste sou betaal.
En dan is daar altyd 'n biblioteek waarby jy kan aansluit. Wat 'n wonderlike
voorreg om by 'n biblioteek in te stap en tussen boeke te kies en keur. Die
boeke dan uit te neem en by die huis te lees en te bestudeer.
In koerante deel skrywers en kenners hul kundigheid en idees oor 'n wye
verskeidenheid van onderwerpe - nuus, sport, finansies, kunste, beleggings
en so meer.
Lees is 'n avontuur wat jou insig en kennis verbreed om as mens te groei en
soveel meer te maak van die omstandighede en die wêreld waarin jy leef.
Wat moet jy lees? Jy kan enigiets lees. Daar is geweldig baie inligting
beskikbaar. Jy kan lees van tuinbou, geskiedenis van die mensdom,
ruimte-reise, mediese ontwikkeling, heldedade van mense, selfontwikkeling,
finansiële kennis, nuwe ontdekkings, navorsing op verskillende terreine. Dit
is self goed om oor die geskiedenis te lees, want dit gee aan jou
perspektief op jou lewe en die verwantskap met die verlede, die hede en die
toekoms. Daar is soveel om op te lees en jou menswees daardeur te verryk.
Hierdie soort lees is ingestel om jou kennis te verbreed. Dit dissiplineer
en oefen jou brein en help jou om krities en innoverend te dink. Jy kan
egter ook lees vir die plesier verbonde aan lees. 'n Lekker storieboek is
ook goed vir stimulasie van die brein en help dikwels met die ontlading van
stres en eensaamheid. Die enigste lees wat seker nie veel help nie, is
wanneer jy met 'n negatiewe gesindheid en weerstand lees.
Ons het nou kortliks gesels oor die waarde van lees. Kom ek probeer die
waarde van lees opsom:
• Verbeter jou woordeskat en spelvermoë.
• Maak jou keurig en afgerond as mens.
• Verbeter jou analitiese en kritiese denke.
• Verbeter jou kreatiewe denke.
• Vermeerder jou kennis en verbreed jou horisonne.
• Maak jou kalm en ontspanne en verlig verveling.
• Ontwikkel jou skryfvaardighede.
• Verbeter jou fokus, konsentrasievermoë
• Verbeter jou geheue.
• Dit ontwikkel en versterk jou breinkrag.
• Vermeerder jou algemene kennis.
• Gee jou iets om oor te praat in geselskap.
• Gereelde lees verbeter jou self-dissipline.
• Jy kan enige plek lees en dus enige plek leer.
• Relatief goedkoop ontspanning.
• Relatief goedkoop akademiese / opvoedkundige inligting.
• Dek die wêreld oop en jy ervaar verrassings.
• Verander jou lewe positief.
Drie aanhalings waarmee ek wil afsluit:
"Ek vind televisie baie opvoedkundig. Elke keer as iemand die televisiestel
aansit, gaan ek na 'n ander kamer en lees 'n boek." - Groucho Marx
"Hoe meer jy lees, hoe meer dinge sal jy leer. Hoe meer dinge jy leer, hoe
meer plekke sal jy besoek." - Dr. Seuss
"Boeke is die stilste en die mees konstante van vriende; hulle is die
toeganlikste en mees wyse van raadgewers en is meer geduldig as onderwysers."
- Charles William Eliot
Goed ek gaan nie nou langer skryf nie, want ek wil 'n boek gaan kry om te
lees.
Lekker lees!
'n Sprankie wysheid vir die dag
"Jy het nie nodig om boeke te verbrand om 'n kultuur te vernietig nie. Al
wat jy moet doen is om mense te kry om op te hou lees." - Ray Bradbury -
Jy kan inteken op st se
nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na
www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou
naam en eposadres vir my.
Dr ST Potgieter
Sielkundige
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
As jy dalk nog
baie resepte wil hê, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
|
Melktert met ‘n verskil
1 L (4 k) volroommelk
2 kaneelstokkies (of roer 1/2t kaneel poeier by)
60 ml (¼ k) vlapoeier
80 ml (1⁄3 k) mielieblom
1 blik (397 g) kondensmelk
100 g STORK BAKE, in blokkies gesny
1 eier, geklits
2 pakkies (200 g elk) Tennis-beskuitjies
gemaalde kaneel
Verhit 750 ml (3 k) van die melk saam met die kaneelstokkies tot net onder
kookpunt.
Laat 10 minute staan en verwyder die kaneelstokkies.
Meng die vlapoeier en mielieblom met die res van die melk en die kondensmelk
tot glad.
Voeg by die warm melk, plaas terug op die plaat en bring tot kookpunt.
Roer voortdurend.
Laat prut tot verdik en gaar.
Haal van die plaat af en klits die STORK BAKE en eier by.
Pak ’n laag Tennis-beskuitjies in ’n bak van 35 x 20 cm.
Maalvleis en Mielie Frikkadelle
650g maalvleis
160ml vars broodkrummels
10ml Worcestersous
500ml gaar mielierys (gruis)
400ml Cheddarkaas, gerasper
olie vir braai.
Meng alle bestanddele behalwe kaas.
Vorm vleismengsel in 16 plat koekies.
Plaas op 8 van die koekies kaas en bedek met ander koekies.
Druk kante stewig vas om te verhinder dat kaas gedurende braaiproses uitloop.
Braai in vlak olie tot gaar.
Lewer 4-6 porsies.
TWEE KEER OPSKEP GROENBOONTJIES
Bestanddele:
500 g groenboontjies, diagonaal in skuins stukkies gesny
3 e olyfolie
1 groot ui, fyn
1-2 knoffelhuisies, fyn
40 g tamatiepuree (pasta)
2 tamaties, in blokkies
250 ml groente aftreksel van blokkie of poeier (liefs een waar groen kruie
in sit)
sout
peper
Metode:
1. Sorteer uie en knoffel tot sag in die olyfolie.
2. Voeg die tamatiepuree daarby en bak bietjie sodat die suur smaak daarvan
weggaan.
3. Doen nou al die ander bestanddele daarby en kook saggies tot alles goed
gaar is en tot die vog ‘n dikker sous vorm.
Boereworspastei
(Bedien ses)
500 g boerewors (oorskiet van braai werk goed)
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil (of een sakkie aangemaakte Smash)
1 k gerasperde Cheddarkaas
Braai boerewors, ontvel en sny in dik skywe.
Kook aartappels tot gaar. Geur met 'n klont botter en 'n bietjie melk.
Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot
romerig.
Pak boereworsskyfies in 'n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.
Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.
Cremora Yskastert
500g sakkie Cremora
1 koppie yskaswater
2 blikkies kondesmelk
250ml suurlemoensap
1 pakkie tennisbeskuitjies
Gooi Cremora in mengbak. Voeg yskaswater by (dit moet yskaswater wees) en
klits tot glad. Voeg kondesmelk bly en hou aan klits.
Voeg nou die suurlemoensap by, nie alles op een slag nie, anders word dit
nie styf nie. Klits die heel tyd en gooi so kort-kort 'n spuit suurlemoensap
by. Dit moet so ongeveer 15 min neem om die hele botteltjie in te spuit.
Teen die tyd is die mengsel baie dik.
Pak tennisbeskuitjies in bak uit en skep mengsel bo-oop, en krummel
beskuitjies bo-oor. Dit kan dadelik geëet word of in die yskas gebêre word
vir later.
Geglasuurde Wortelkoek
Glasuurbestanddele:
½ Koppie suiker
¼ Teelepel bakpoeier
Koppie karringmelk
Koppie botter
1 Eetlepel ligte goue stroop (Corn Syrup)
½ teelepel Vanielje-ekstrak
Meng al die glasuurbestanddele, behalwe die Vanielje-ekstrak, in kastrol op
stoof terwyl jy dit roer tot kookpunt.
Voeg Vanielje-ekstrak by en meng goed. Laat mengsel afkoel terwyl die koek
voorberei word.
Koekbestanddele:
2 Koppies koekmeel
1 Eetlepel Vanielje-ekstrak
1 Koppie suiker
2 Koppies fyn gerasperde wortels
1 Teelepel bakpoeier
1 Koppie gekapte neute
¾ Teelepel sout
1 Koppie strooi klapper ("Coconut")
1 Eetlepel anys
½ Koppie goue rosyntjies
3 Eiers
1 Koppie gedreineerde fyn pynappels
½ Koppie olie
¾ Koppie karringmelk
Geklopte room (opsioneel)
Meng koekmeel, bakpoeier, anys en sout deur 'n sif in een bak.
Neem 'n ander bak en roer/meng die eiers, karringmelk, olie en
vanielje-ekstrak saam. Voeg die wortels, pynappels, klapper, rosyntjies en
neute by hierdie mengsel en meng goed.
Meng nou sowat die helfte van die koekmengsel goed daarby. Voeg dan orige
helfte van koekmengsel by en meng ook goed deur.
Smeer 'n groterige oondbestande glasbak (Pirex) en gooi die deeg daarin.
Sprei die deeg om die pan te vul. Bak in oond teen 350 grade C vir 40
minute.
Wanneer koek uit die oond kom, steek baie gaatjies oral in koek met 'n
stokkie. Gooi nou die afgekoelde glasuurmengsel eweredig oor koek en laat
sous intrek vir sowat een uur.
Sny in redelike blokkies om te bedien. Strooi anys en/of strooisuiker oor of
bedien met room.
Gemmer Yskastert
1½ pakkie gemmerkoekies (200 g elk)
¾ koppie gouestroop
3 eetlepels vlapoeier
1½ koppie kookwater
Kook stroop en water saam. Meng die vlapoeier by stroop.
Breek gemmerkoekies in stukke.
Meng alles en gooi in 'n gesmeerde vorm en laat stol. Bedien met geklopte
room.
Kerrie Boontjies
1 kg groenbone gekerf
2 uie, in ringe gesny
375 ml hoenderaftreksel
2 knoffelhuisies, fyngedruk
250 ml asyn
¼ koppie suiker
5 ml sout
5-10 ml kerriepoeier
knippie rooipeper
15 ml mielieblom gemeng met bietjie water
Plaas die groenboontjies, uie, hoenderaftreksel en knoffel in 'n
middelmatige swaarboomkastrol en laat ongeveer 10 minute sonder die deksel
vinnig kook tot net gaar.
Meng die asyn, suiker, sout, kerrie en rooipeper.
Voeg by die boontjies en laat net opkook.
Verdik met bietjies-bietjies mielieblom tot die mengsel mooi bind. Laat
afkoel en bottel.
Kerrietert
2 koppie meelblom
1/2 koppie margarien
2 eeteel kookolie
2 teel bakpoeier
1 teel sout
1 eier
Sif meel, bakpoeier en sout. Vryf botter in meel todat dit soos mieliemeel
lyk.
Gooi kookolie in holte. Klits eier baie goed en voeg by.
Maak aan met water tot slap deeg - Rol uit.
Vulsel:
1 kg gemaalde vleis, ui, aartappel, kook tot sag.
Voeg kruie by en gegeskilde tamatie.
Laaste 2 teel kerriepoeier. Laat afkoel.
Skep in kors en bedek met kors.
Bak in matige oond tot bruin. Bedien saam met slaaie.
Melkkos
125 g spaghetti, in korter stukkies gebreek (ek gebruik sommer macaroni)
150 ml koekmeel
5 ml sout
50 ml witsuiker
1l melk
3 ekstra groot eiers, geskei
50 ml margarien
3 ml vanieljegeursel
1 ml amandelgeursel (ek sit dit nie in nie)
Kook die spaghetti in genoeg vinnig kokende soutwater tot gaar en dreineer
Meng die droe bestanddele en meng met 250ml koue melk. Klits die eiergele en
voeg by.
Verhit die res van die melk en die botter. Voeg 'n klein bietjie hiervan by
die meelmengsel en roer dan alles by die res van die melk.
Verhit oor lae hitte tot die mengsel kook en verdik. Roer gedurig om te
verseker dat die eiers nie skif op die bodem nie. Voeg die spaghetti by
Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou saam met die vanielje-
en amandelgeursel by die gaar melkkos in.
Strooi kaneelsuiker oor en dien op in sopborde met ekstra suiker indien
verkies
Genoeg vir 4 mense
Melkkos
500ml melk
2 eetl (maw 50 ml) koekmeel
2 eetl margarine
bietjie sout
Klits alles goed in 'n bak en sit dan in die mikro - hou aan kook (op 100%)
totdat dit styf is MAAR jy moet dit kort-kort roer - elke 1 minuut – anders
maak dit klonte.
Sodra dit dan styf is - jy sal sien dit het dan ook darem al so 'n keer of
wat geborrel - dan gooi ek net lekker baie kannelsuiker in
Roer deur en skep in bakkies - ek gooi dan sommer weer kaneelsuiker bo-oor.
Lekker eet.
Souskluitjies
Kluitjies:
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
50 ml margarien / botter
1 eier
100 ml melk
Sous:
500 ml kookwater
25 ml margarien / botter
kaneelsuiker
Sif droë bestanddele saam. Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos
broodkrummels lyk.
Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot 'n sagte deeg.
Voeg nog melk by indien nodig.
Verhit water en 25 ml margarien tot kookpunt.
Skep lepelsvol deeg in kokende water. Sit deksel op en laat kook 15 minute.
Moenie deksel oplig terwyl kluitjies kook nie.
Skep kluitjies met 'n gleuflepel uit in 'n diep opskepskottel. Strooi
kaneelsuiker oor.
Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg kaneelsuiker by en
giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoeg indien nodig.
Ekstra Inkomste
Hier is iets
wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou
ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe
maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke
maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Sluit gratis
aan vir 'n proeftydperk.
Maar jy moet opgradeer om deel te neem
aan die wins, dis egter 'n druppel in die emmer. Probeer gerus!
Die hele proses het nou
verbeter en dis nou makliker om te begin inkomste kry, sluit gerus aan
vir 'n gratis proeftydperk, kyk die kat uit die boom en gradeer dan op
om te begin saamspeel!
Klik
hier en gaan kyk self!
Dit neem 'n rukkie, maar ek het
verlede maand net minder as
R1000 gekry. Elke bietjie help!
Yes, out of
curiosity I visited Be Motivated Today during September 2009, but only
joined during August 2010, what a waste of time!!!.
If I knew what was happening during the year I wasted, man, I would have
joined immediately after I read the details of the setup.
I now have a waiting list of seven on my downline (one already joined as
Silver), the others are bound to join during November and they are jumping
around purely from excitement to get started and its rubbing off on me as
well.
Just one question: My intention is to place an invitation advertisement on
the rear window of my car, do you think it could shake some people out of
their dreams and make them joining us?
Klik
hier vir meer besonderhede
Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk
hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Resepte, resepte,
resepte
Ek het besluit om sake vir my
te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans)
op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent
enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek
te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar
dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met
hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.
Die prys van die CD is R100 (dis
om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit
Posgeld is R20 vir
geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot
toonbank.
As jy sou belangstel om een
van die CD's te bekom,
klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook
net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die
spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer
stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit
Speed Services oornag toonbank tot toonbank
Hier is die Afrikaanse boeke:
217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se
Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se
Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer
net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1,
Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir
Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille
samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies
Allerlei
Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet,
Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke
omskakelingstabel, Werk van die huis
Hier is die lys van baie ou
Engelse resepte eBoeke
A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922
A Dozen dainty recipes for preparing wartime canned meats - 1920
A Home Guide - or a book by 500 ladies - 1877
Aunt Carolines Dixieland Recipes - 1922
A Practical Dictionary of Cookery - 1200 tested recipes - 1898
Best recipes for baking - pre 1908
Buckeye Cookery and Practical Housekeeping - 1877
Burke's Complete Cocktail and tasty bite recipes - 1936
Catering for special occasions with menus and recipes - 1911
Diabetic Cookery - recipes and menus - 1917
Fifty Choice Recipes for Spanish and Mexican Dishes - 1905
Fifty valuable and delicious recipes made with corn meal - 1917
Heart of the Wheat - a book of recipes - 1910
Hospitality - recipes and entertainment hints for all occasions - 1922
Hotel Management - quantity food recipes
Household hints and recipes - 1877
Ice Cream - practical recipes for making ice cream - 1886
Information for everybody - 1859
Jane Hamiltons Recipes - 1909
Just the thing - dainty dishes at small cost - 1899
Larger cookery book of extra recipes - 1891
Leather Manufacture - 1891
Light entertaining - a book of dainty recipes for special occasions - 1910
Mom's Cookbook
On Uncle Sam's Water Wagon - 500 recipes for delicious drinks that can be
made at home - 1919
Our candy recipes - 1919
Practical Household Cookery - 1000 recipes - 1891
Preserves and Pickles - 1912
Recipes - dainties, salads and clever hints - 1919
Recipes for the preserving of fruit vegetables and meat - 1908
The Candy Maker's Guide - 1896
The Housekeeper's Friend - 1897
The Hygenic Cookbook - 1881
Tried and Tested Recipes - 1921
Two Hundred and Seventy Five Wartime Recipes - 1918
Two hundred recipes for cooking in casseroles - 1914
Two hundred recipes for making desserts - 1912
War Time Cookery - 1917
Wheatless Recipes - 1918
Wrinkles and Recipes, including farming and household hints - 1877
Hier is die Engelse resepte:
FunkyMunky
Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of
Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes
in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go
camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at
your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie
Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special
holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all
ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes
from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's
assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the
chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two
of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of
mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for
appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all
here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!
Bonus eBooks
Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food
Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns
Everything you wanted to know about making, marketing and selling your
crafts.
Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies,
myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.
10,000 Dreams Interpreted
Al my nuusbriewe is
op hierdie bladsy beskikbaar:
http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Elke nuusbrief sal
voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.
|
|