|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die
Argiewe, meeste van die ou
nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur
daar af.
Ek stuur ook 'n Engelse brief uit,
elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek,
gaan kyk gerus en laai na hartelus af.
Vir my is hierdie winter kouer as
die voriges, dalk is dit net die bloed wat met die jare dunner word, ek
weet nie. As ek OOIT 'n meevaller sou kry sou ek 'n tweede blyplek in
Phalaborwa aankoop, net om daar te kan oorwinter. EN om teenaan Kruger
Nasionale park ook te kon wees!
Die pasella hierdie keer is 'n
eBoek met die titel "Ietsie Anders resepte", gaan maar ondertoe en laai
dit vir jou af.
Die resepte is 'n par lekker potjie
resepte, altyd 'n gunsteling.
Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos
ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk
kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.
Teken hier in op die nuusbrief:
http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief,html
Doen dit sommer self,
klik hier. As jy nie
internet toegang het nie,
stuur my epos met jou ou en nuwe adres.
My Resepte eBoek
samestelling op CD |
Bo en behalwe die Afrikaanse en
Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke
bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal
geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike
bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke
is sal jy die boeke regtig interessant vind.
Gaan kyk onder vir 'n lys van die
ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.
Peterjasie in
Woord en Beeld |
Ek het van my stories en fotos in
een dokument saamgestel, dis lekkerlees Afrikaans en 'n versameling van
my fotos. Ek wil dit graag wyd en syd laat versprei. Dis heeltemaal
gratis al wat jy hoef te doen is om op die skakel te regs klik en dit af
te laai (om en by 4MB)
Peterjasie in Woord en Beeld
Stuur sommer aan die mense op jou
poslys ook wat dit mag geniet. Dit kan ook 'n lekkerlees geskenk wees.
Deur Cora van Zyl - Baie dankie, Cora, vir die voorreg om hierdie storie te kan plaas.
My naam is Carel. Ek woon in Arcadia, Pretoria. Daar waar dit nooit stil
raak nie. Amper soos New York, York: "the city that never sleeps". Daar
is gedurig die geraas van motors en ander voertuie; die gebrul vanan
motorfietse en die verkeer is altyd aan die druis. Sirenes wat afgaan,
alle tye van die dag of nag, ook neonligte en ander flitsendes.
Ek ontmoet eendag in hierdie rumoer ’n outjie wat pas uit Namakwaland
teruggekom gekom het en ons twee gesels oor die geraas en rumoer van
elke dag en elke nag. Hy lyk so tevrede met die lewe, loop en lag sommer
so alleen. Ek verwonder my aan hom en vra waar hy dan vandaan kom, om so
gelukkig te lyk! (Ek self was dié dag sommer in ‘n donker bui!) Die man
gaan oral in die wêreld rond kuier en ek vra hom watter land hom so
betower het. Hy vertel my van die stilte en rustigheid waar hy gekuier
het - by vriende in die Hantam, en in die Karoo. Ons ken mos nie stilte
nie, en selfs al is alles stil, kan ons nie die verskil hoor nie! |
Hierdie ou wei so uit oor die oorverdowende stilte dat ek dadelik na
soiets verlang. 'n Mens kan dit nie glo nie! Is daar dan nog sulke
plekke? Hy sê hy ken ‘n familie op ‘n plaas doer in die Noordkaap goed
genoeg, en het vrymoedigheid om hulle vir 'n kuier te vra! Lui die mense
op en vertel van my nood! En, sowaar, die dierbare, gasvrye mense nooi
my om te kom kuier. Dit was só gaaf van hulle. Hulle sê0000 daar is
volop rus en veral stilte en ek is só welkom!
Ek vat die lang pad aan; is baie ver van Pretoria na die Boesmanland.
Maar my heerlike lugversorgde Camry is nie sommer elkedagse motor nie en
ek lê die lang pad gerieflik af - 'n lekker lang reis; ook sommer in
redelike stilte. Nogal interessant om so deur die dorpies te ry - plekke
waar ek normaalweg nooit sou kom nie ...
Ek kom daar by die vriende op die plaas aan! Sulke gasvryheid ken ek nie!
Vir my as stadsmens is dit ongewoon! Almal is goed en bly om my te sien,
asof ek ‘n langverlore familielid is! Die tante groet my sommer met ’n
kus! Sy het my dadelik lief!
Dis stil by die mense, rustig en lekker, maar hulle het ’n kragopwekker
wat saans lig maak, en daar kom en gaan gedurig ander mense, en dit is
regtig toe nie so stil soos ek gedink het nie. En hulle gesels! Die
tannie besluit toe ek moet regtig meer stilte kry en bespreek ’n plan
met die oom.
Hulle besluit toe: tot hier het ek nou met my mooi motor gery, maar die
pad na die eintlike stilte, kan die Camry nie meegaan nie. Paaie is nie
vir dié soort motor gemaak nie. My motor word daarom in die motorhuis
gesit. Netjies in die koelte. Daar word vir my ’n ou bakkie beskikbaar
gestel. Tannie pak kos in en Oom beduie die pad waarlangs ek moet ry,
breedvoerig! Want ek moenie loop staan en verdwaal nie; nêrens is hulp
nie en die plase is ver uit mekaar met geen telefoniese verbindings nie.
Ek moet ook altyd onthou om water saam te neem! Water is baie nodig -
oral!
Eerste moet ek oor Middelpos ry; dis al klaar ’n slegte grondpad soontoe.
En dan by Ganaga -pas af, na die Karoo-plaas! Dié plaas is in die Tankwa-Karoo.
En my padaanwysings raak al meer en ernstiger. Maar ek hou kop! Oom
beduie en Tannie help ook. Hy staan elke keer op as hy ’n hoogtetjie
beduie, en hulle praat van ’n "hogie" en ’n leegtetjie, as dit nou
dieper sou gaan.
En daar vertrek ek, nou op pad na Stilte!! Dit was so 10-uur die oggend
en alles voel lekker en goed, die avontuur wag immers! Dit gaan oor ’n
ander soort stuk pad! Die padmasjiene werk sekerlik nie daar nie, ente
is die middelmannetjie so hoog dat dit onder die bakkie se pens skraap.
En van spoed optel, is daar nie sprake nie. Jy móét net stadig ry. Langs
die pad is daar opstalle, plekke waar mense bly en leef, maar jy sien
niemand nie. Ook baie windpompe met waterkrippe, waar skape lê. Verder
rantjies en koppies, en vaal bossiewêreld.
Die dorpie Middelpos is soos ’n groot uitgebreide plaas. Winkel en
skooltjie en hotel, maar soos dit klink, behoort die hele dorp aan een
man! Wens ek kon langer hier versuim, maar ek moet eers by Stilte uitkom
- dis nou my eerste missie!
Toe die Ganaga-pas af! Doer onder is weer gelykte, maar hier bo moet ek
aandag gee. Oor 'n smal en noue paadjie wat vir my maar gevaarlik lyk.
Maar ek hou darem reg! Na ure - voel dit vir my - kom ek by die plaas
uit! Oor baie stamperige en slegte paaie gery, en honderde hekke self
oop- en toegemaak. En stof! Maar teen laatmiddag is ek daar. In doodse
stilte!
Eers so 'n bietjie op die werf en buite rond gestap. Dis lekker! Ek is
alleen en voel soos ’n koning wat alleenheerser oor die hele plaas en
alles is! Net myne!! Ek sou kon sing en raas en uitbunbig raak! Die
huisie is eenvoudig, aan die een kant ‘n kamertjie met ’n
driekwart-bedjie met hoë katelstyle! ’n Laslapdeken daaroor en wastafel
waarop ‘n waskom en beker staan, met onder die potjie en slop-emmer!
Bokant die wastafel, aan ’n spyker teen die muur, is ’n ou spieël. Seker
vir iemand wat wil skeer. En ‘n pen teen die muur waaraan jy jou hoed of
baadjie kan hang! En een stoel. Agter die deur is nog ’n soort haak, en
daar hang iemand se kierie. Lyk soos die haakkierie waarmee die
skaapwagters in Bybelstories geloop het! In die wastafeltjie se kassie
is paar kerse, en nog vuurhoutjies, en seep! En voor die bedjie is
sommer ‘n kissie – om jou kersie op te sit. In die res van die huis is
een ou gemakstoel, ‘n ovaal tafeltjie met die ander drie stoele, en die
"sideboard"-jie waarin daar paar blikkieskos en kerse en vuurhoutjies
is. Ook 'n paar borde en koppies en messegoed.
Op die "side-board" is daar kersblakers en ’n paraffien-lamp. En daar's
’n outydse glasbakkie waarin daar ’n pen en potlood en stukkie papier lê.
Daar’s ook ’n Cadac-gasbottel met lampie en langsaan lê die kook-plaatjie
op die tafel; jy kan die goed so omruil! Dan verder is daar ’n
vuurbankie, waarop jy kan braai, rooster en swart ketel vir water kook.
Op ‘n kleiner tafeltjie is ‘n sinkemmer vir drinkwater en
kombuis-gebruik, en 'n skottel, en die goed wat 'n mens in ‘n kombuis
nodig het, soos ’n vadoek en vatlappe. Ja, en ‘n outydse blikbeker! Om
die water mee te skep.
Daar's ’n buitedeur. Met ’n bo- en onderdeurtjie. Dit maak ek sommer oop
en die luggie trek lekker deur die toe huisie. Daar's ‘n venster na elke
kant toe. In die slaapkamer is ook ‘n opskuifraam-venster met hortjies
aan die buitekant. Dié is sommer met 'n stuk presdraad vasgemaak. Word
vir seker nie elke dag oop- en toe- gemaak nie. Voor die bedjie is darem
– vir weelde - ’n matjie gegooi! In die voorkamertjie, teen die muur,
hang almanakke. Dit lyk of elke jaar se nuwe een net bo-oor die oue
gehang word , net vir ingeval jy dalk end Januarie nog iets van verlede
Desember sou wou weet! En soms is die almanakprent dalk net mooi; sommer
versiering vir die kaal muur dan.
Nou het hulle vir my gesê voor donker moet ek van die tenk, net buite
die kampie om die huisie, by die kraan gaan water haal vir die kamer se
wasbeker en vir die kombuis en die drinkwateremmer. Nogal heerlike koel
en vars water!! Die windpomp en dam is naby die kampdraad, en die tenk
aan die een kant van die dam. Die huisie is soos ’n adres op ’n brief
gesit, en die kleinhuisie - doer in die hoek van die kampie – soos ’n
seël op die brief. Dis ’n "longdrop"-, put-affêre. En daar is volop
geitjies! Die goedjies sit doodstil en kyk net stip vir jou! En ek kyk
stip na hulle ook!
Ek het al die dinge tot sover geniet! Sit in die voordeur en rook, en
kyk die oneindigheid in, en dit bly doodstil! Maar skielik kom ek agter
– my sigarette raak min! En daar is geen kafee om die hoek nie! Nou ja,
sal dan maar begin met 'n vuurtjie maak en die vleisie braai en eet.
Daar is houtjies gereed gesit, maar, kan jy glo, net so maklik as wat ’n
veldbrand met een sigaret-toppie kan begin, net so moeilik is dit om ‘n
vuurtjie met ‘n vuurhoutjie aan die gang te kry! Na baie gesukkel gaan
soek ek buite na iets om die vuur mee te begin. Of ‘n stuk papier. Of
enigiets om dinge aan die gang te kry. Doer in die hoek van die kampie
kry ek ‘n stuk sementsak agter ’n groot klip ingedruk - seker om ’n gat
in die draad toe te maak. Die stuk sement- papier kon darem die
vlammetjie aan die gang hou tot die houtjies vat. Intussen eet ek maar
solank aan die broodjies en ander goedjies. En ek is so spyt dat my
gasvrou nie ook maar ietsie as 'n "sun-downer"-tjie ook ingepak het nie;
so ’n sonsondergangetjie sou gaaf gewees het. Daar is darem koffie!! Die
swart ketel kook sommer gou hier langs die rooster op die kole. Later is
vleisie klaar gebraai en dit is goed. Ek eet nog 'n stukkie, en toe is
dit skielik heel donker. Die kerse maak lig en skaduweetjies oral ... En
dit bly stil! Ek besluit dit is dan seker tyd om kamer toe te gaan.
Daar's niks anders te doen nie!
Los alles net so op tafeltjie; ek sal môre verder eet en opruim, Die
wasgeriewe is goed genoeg, en die bedjie lê lekker – alles is net gaaf.
Maar die stilte! Dis ewig! En dis so donker. As dit so stil is, is dit
opsluit ook donkerder!
Ek moes seker ingesluimer het en word met 'n vaart wakker! Iemand is
besig om met ’n spyker op die dak of iewers te skraap! Naarste geluid!
En ek is heel verward, weet nie dadelik waar ek is nie, en ken nie die
opset nie. Toe ek bewus word van my omgewing en onthou dat ek in 'n
ander plek is, stamp ek eers my knie seer teen die kassie voor die bed,
waarop ek die kers en vuurhoutjies gesit het. Die vuurhoutjies val af,
alles onderstebo! In die pikdonker soek en voel ek oral rond. My
gedagtes hol hot en haar en ek weet glad nie wat my wakkergemaak het nie.
Eers dink ek dit is die bome se takke wat op die dak skraap, maar die
bome is te ver van die huis af. Kan nie dit wees nie. Dan is dit seker
spoke, maar niemand het my daarteen gewaarsku nie! So rukkie is dit stil
... en dan weer die onaardse geskraap – en dit gee rillings teen my rug
af!
Uiteindelik het ek darem die vuurhoutjies raak gevat, en in die kassie
wat ek so omgestamp het, voel ek ’n ou flits. Dis ’n ou lang
Eveready-flits met drie moeg batterye wat darem 'n flou liggie maak,
maar dis darem lekker om sommer as wapen te gebruik! Al is die liggie
flou! Ai ,en ek het nie eens aan ’n flits gedink nie! Kon daarmee gaan
ondersoek instel het! Ek is maar bangerig. Ek moet dit erken! Uit die
stad waar ek vandaan kom, weet 'n mens ook nie altyd wanneer geraas
gevaar is nie! Met die flikkerende kersie, en met die flits as wapen,
moes ek toe gaan ondersoek instel! Die geskraap-geraas raak al erger! 'k
Gaan toe baie huiwerig buitentoe, taamlik lugtig, maar darem, en in die
flou lig van die ou flits sien ek daar vlieg twee gedaantes van die dak
af. Hulle vlieg nie eers nie, styg net op! Lig hulle net so op en gaan
weg! Ek skrik myself net so bleek soos die gedaantes! Sulke wit vae
gedoentes, soos engele! Die goed lyk spookagtig, met sulke wit gesigte!
En hulle verdwyn net! En ek weet nie eens wat dit is nie! Het nie na
voëls gelyk nie ... Definitief nie!
Ek't nog ‘n bietjie rondgekyk, maar hoor of gewaar niks verder nie. Ook
seker maar bang om nog iets te hoor! En ek gaan maar weer lê. Toe is dit
weer stil! Nou stiller as ooit, nie eens die geskraap op die dak nie. Ek
lê net en hoor hoe hard my hart hamer - dit klop so woes dat ek voel my
lyf word rondgeruk, Ek is nat gesweet, en my ore suis. Wil eers maar
weer koffie maak, maar dan sal ek glad nie verder kan slaap nie.
Buitendien, om weer vuur te maak neem so lank, en ek weet nie so mooi
hoe die gasstofie werk nie. Om dit ook nog in my toestand te probeer,
sal dalk lol! En ek rook toe maar my laaste twee sigarette so vinnig op,
asof ek nooit ooit weer sal hoef te rook nie! En ek drink net aaneen
water ... my mond en keel is kurkdroog! Dis of ek so af en toe ’n fyn
geritsel hoor, maar dan's dit weer stil. En dit raak erg – die stilte.
Ek voel vir myself jammer! Maar ek wou mos!! So in die stilte is selfs
my eie hartklop en asemhaling steurend!! Ek het die kersie maar later
dood geblaas toe die was in die blaker begin uitloop. Dis snaaks ...
Elke keer as ek dink ek sal nou ontspan en slaap, verbeel ek my ek hoor
tog iets! En dan is dit maar weer niks! My nek is later seer soos ek my
aaneen oplig om te hoor! Later het ek seker maar weer geslaap, en toe ek
die volgende oggend wakker word, was ek so dankbaar-bly om die stil en
donker nag te groet, te was en aan te trek. Ek was verheug, behoorlik
bly om die lig te sien, want in so ’n stil plek is dit darem baie donker.
En toe! Ai, genade tog! Kom by tafeltjie om my kossies te geniet wat ek
vorige aand daar gelos het, en die muise en miere het dit in die nag
bygekom!! Niks wat ek kan eet nie! Ek voel na die lang, donker en stil
nag, met vele ontberings, het ek baie krag nodig! Ek verwens die muise!
Slaan die miere dood! Maar dit help niks! Kon toe maar net koffie maak
en van die blikkies in die "sideboard" neem om ‘n brekfissie te maak.
Sommer koue kossies net so uit die blikkies geëet. Dit het soos manna
gesmaak! So ’n blikkie bief en daarby die weelde van ‘n blikkie
boontjies, salig! Die gasstofie kon ek in die helder daglig ook behartig
vir die koffie- water!
Later het ek die assies van die vorige aand se vuurtjie uitgedra, alles
weggesit en weggegooi, my goed gepak en die lang pad terug beskawing toe
aangevat. Ek het 'n ander pad langs teruggery, deur die Ceres- Karoo.
Dis so ‘n bietjie van 'n beter pad en geen hekke meer nie. (Net die een
hek van die plaas waar dit by die grootpad aansluit). Dis die groot
deurpad van Ceres af tot in Calvinia. Soms ook maar nie so glad nie,
maar daar word darem gery. 'n Mens kry darem so af en toe ’n voertuig.
Terug by my gasheer en sy vrou kon ek nie genoeg vertel van my
ondervinding nie, en ek het genoeg van stilte en donker en alleen-wees
gehad. Wel, vir een dag! As ek weer soiets aanpak, sal ek sorg dat ek
tenminste ‘n dop saamneem, en dalk iemand vir net saam daar wees, nog ’n
asempie! En ’n beter flits! Wel, heelwat ander goed ook! Maar dan sal
die stilte seker nie meer die regte stilte wees nie.
Die oom vertel dat die gedaantes op die dak noiens-uile was Seker juis
daar gesit en wag om die muise te vang wat op die tafel besig was om my
lekker braaivleis te verniel! Die soort uile steun of maak nie "hoe-hoe"
soos ander uile nie, maak sulke skraap-geluide! Onheilige geluide! Dis
soos onderdrukte krete!
Die wonderlike mense het my ondervinding geniet; hulle ken dié soort
stilte en waardeer dit. Maar vir my as stadsmens ... Dit was maar erg en
my ore het gepyn van die stilte! Ek dink net so ’n rukkie, dan wil ek
weer gaan, want as 'n mens dit eenkeer belewe het, het jy behoefte
daaraan. En dit was wonderlik – na alles!
Maar tog, ek weet my belewenis was goed; uniek; en niks sal weer so wees
nie. Ek sal mos te gewapen en paraat wees, en geen uil sal my laat skrik
nie! Ek sal ’n dapper muis wees!
Dit was lekker. Dankie vriende wat dit vir my moontlik gemaak het ...
My vrou was besig om haar lisensie by die Munisipale Verkeers-kantoor te
hernu, toe die klerk vra watter tipe beroep sy beoefen. Onseker hoe om
die vraag te beantwoord, huiwer sy .....
"Wat ek bedoel," sê die klerk, "Het u 'n werk of is u net 'n....?"
"Natuurlik het ek 'n werk," sê my vrou blitsig. "Ek is 'n Ma!"
"Ons lys nie Ma's as 'n beroep nie, maar Huisvrou sal goed wees", stel
die klerk met empatie voor.
Sy het totaal-en-al van die storie vergeet tot eendag, toe sy haar weer
in dieselfde situasie bevind, dié keer by die Stadsraad. Die klerk agter
die toonbank lyk na 'n professionele vrou, selfversekerd, bekwaam, en
seker in besit van een of ander hoë en belangrike titel, iets soos
Interrogasie Beampte of Stadsregistrateur.
"Wat is u beroep?" Het sy belangrik-ondersoekend gevra.
Wat my vrou dit laat sê het, weet ek nie, maar die woorde het net
eenvoudig by haar mond uitgekom:
"Ek is Navorsings Assosiaat in die studieveld van Kinder-Ontwikkeling-
en Arbeids- Verhoudinge."
Die klerk vries skielik, hou op met skryf en kyk op na my vrou asof sy
haar nie reg gehoor het nie.
Sy herhaal toe die titel, stadig en met klem op die belangrikste woorde,
en staar met verbasing hoe haar verklaring neergeskryf word in donker,
swart ink op die beampte se vraelys.
"Mag ek vra", sê die klerk met nuwe belangstelling, "wat presies doen u
in u veld?"
Rustig, sonder enige teken van verbouereerdheid in haar stem, het sy
haarself die vraag hoor antwoord: "Ek het 'n voortdurende program van
navorsing, (watter ma het nie?) in die laboratorium en in die veld (normaalweg
sou sy sê binnenshuis en buitenshuis).
Ek is besig met my Meesters, (eerste die Here en dan die hele familie)
en ek het alreeds vier toekennings (almal dogters). Hierdie werk is
natuurlik een van die mees veeleisende beroepe in die
geestes-wetenskappe, (enige ma wat wil stry?)
Ek werk gereeld 14 ure per dag, (24 is meestal die geval). Maar die werk
is 'n groter uitdaging as die meeste alledaagse beroepe en die
vergoeding is eerder die satisfaksie wat ek daaruit kry, as die geld."
Daar was 'n duidelike toon van respek in die klerk se stem nadat sy die
vraelys verder voltooi het, opgestaan, en my vrou met die hoogste agting
persoonlik tot by die deur vergesel het.
Toe my vrou by die huis kom, opgeruimd met haar nuwe skitterende beroep,
word sy gegroet deur haar laboratorium assistente 13, 7 en 3 jaar oud en
in die slaapkamer kon sy ons nuwe eksperimentele model (6 maande oud) in
die kinder ontwikkelingsprogram hoor, wat besig is om 'n nuwe vokale
patroon uit te toets en sy ruik ook dat daar iewers groot fout is.
Sedertdien het sy 'n konstante behaaglike glimlag op haar gesig, gevoed
deur haar oorwinning oor die burokrasie.
En sy is nou op die amptelike munisipale rekords vasgelê as iemand wat
meer uitmuntend en onmisbaar aan die mensdom is as net nog 'n Ma.
Moederskap! Wat 'n wonderlike beroep! En om te dink ek het my vrou
gehelp om daardie titel te verwerf. Ek is sommer lus en skryf dit op 'n
goue bord en plak dit op ons slaapkamerdeur!
Maar nou wonder ek: Sal oumas dan dalk "Senior Navorsings-Assosiate in
die studieveld van Kinder-Ontwikkeling en Arbeids-Verhoudinge" wees?
En oumas wat inbly "Uitvoerende Senior Navorsings-Assosiate?"
Wat van Tannies wat gereeld kom kuier?: "Assosiaat Navorsings Assistente!"
Foto geneem by
Kolmanskop
Klik op die
foto vir 'n groter weergawe |
 |
Regs klik hier
om 'n resepte eBoek "Ietsie Anders Resepte" af te laai
Bonus pasella,
regs klik hier om "Bak koekies en beskuit net soos ouma" af te laai
Geskiedenis van
Boeremusiek — 'n Oorsig — 1700 ~ 2004 |
Klik hier om die artikel
te lees.
Lekker
lugkastele bou -
Oorsese Lottos |
Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en
sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot
droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis
kaartjie ook! Waarvoor wag jy?
Hier is die lys van beskikbare
Lotto s en die huidige boerpotte:
Powerball US $86,000,000
SuperEnaLotto EU €21,800,000
MegaMillions US $22,000,000
MegaSena US $21,300,000
EuroMillions EU €15,000,000
UKLottery UK £9,300,000
ElGordo EU €7,800,000
SuperLottoPlus US $10,000,000
FranceLoto EU €5,000,000
OzPowerball US $2,900,000
Sjoe, dis darem maar groot geld!
Ekke is ook op
Facebook, kry my by
www.facebook.com/Peterjasie
Edms. Bpk.
Ek het ’n stukkie grond gekoop
met melkhout op; dit afgekamp
en teen die hek ’n naam geverf
sodat verbygangers besef:
Dis Dirk se erf.
Janfiskaal sit op my melkhoutboom,
sit op ’n kruin, sit op ’n rots,
en proklameer, in sy lied
soggens en saans luidkeels,
“Dis my gebied.”
Bakkapel glip uit my melkhoutbos,
verby die kruin, verny die rots,
en teken op sandkolle waar hy kom
oral in ouderwetse skrif:
“Alles… alles my eiendom.”
D. J. Opperman
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Zalome -
Afrikaans op die net |
Zalome is nog
iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te
bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee
soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.
Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang,
doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo
sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit
aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).
AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com
AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
Skuins agter die bloekoms het hy destyds vir sy kinders die plaasdam in
'n swemplek omskep en goed ingerig, met piekniektafels, braaigeriewe en
vrugtebome.
... Een aand, so skemer se kant, besluit Oom Koos, in sy eensaamheid, om
bietjie daar by die dam te gaan sit. Hy neem toe ook 'n emmer saam om 'n
paar van die vrugte terug te neem huis toe.
Soos wat hy aangestap kom, hoor hy vrolike stemme gesels en giggel.Hy
val plat agter 'n bos en loer deur die takke om te sien wat aangaan. Tot
sy swak hart beleef hy 'n groep kaal meisies wat in die dam swem. Hy
staan toe op en stap nader om die meisies te laat weet hulle betree
eintlik 'n ander man se eiendom. Toe hulle hom sien, sak hulle almal
laer af, sodat die water die nodige toemaak.
Een van die meisies skreeu benoud op die oom: "Ons klim nie uit voor oom
weggaan nie!"
"Nee, nee, bedaar niggie, ek is nie hier om te kyk hoe die spulletjie
van julle kaal swem nie....." Hy hou die emmer omhoog en sê
"Ek is net gou hier om die krokodil kos te gee....
Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!
Hy is so maer, hy lyk soos 'n erdwurm met 'n handbriek.
Ek is nou so opgewonde soos 'n budgie op steroids !
Hy ìs so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.
Hy ìs so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.
Hy is so maer, as hy langs 'n wit muur loop lyk dit soos n kraak wat
beweeg!
Hy is so skelm, hy bid onder 'n skuilnaam
Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks
Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.
"Lang gesig soos 'n bok wat afdraand vreet."
"Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie."
"Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in."
"Ek is nou so lui ek trou sommer 'n pregnant vrou."
"Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig het."
"Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak
misbruik daarvan."
"Ek is so de bl*ksem in, ek soen sommer 'n pofadder oopbek"
"My vrou is so lelik, as sy op die sand sit wil die katte haar toekrap.."
"Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur 'n
vliegtuigmotor ingesuig nie."
"Die mens is op aarde geplaas om 'n sekere hoeveelheid werk te doen. Op
die oomblik is ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie."
"Ons kan nie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en
hande klap."
"Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand
anders dit lankal gedoen het."
"Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie!"
"As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag."
"As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy 'n reis nodig."
’n Jong Ierse meisie was ’n jaar weg van die huis.
Toe sy terugkeer, sê haar pa: “Waar was jy al die tyd?
“Hoekom het jy nie geskryf of gebel nie? Weet jy waardeur jou ma is?”
Die meisie, al huilende: “Pa, ek het as prostituut gewerk.”
“Wat? Verlaat my huis dadelik, jou jou slegte meisie! Jy’s ’n skande vir
hierdie Katolieke gesin.”
“As dit is wat Pa wil hê. Ek het net teruggekom om vir ma hierdie luukse
pelsjas te bring, die titelakte van ’n tien-slaapkamer-huis en
R5miljoen. Vir my broertjie is daar ’n Rolex en vir jou, Pa, ’n
splinternuwe Mercedes met ’n afslaankap wat buite geparkeer is. Daar’s
ook die lidmaatskap van ’n gholfbaan… (skep asem) en ’n uit nodiging aan
julle almal om Oujaarsaand saam met my deur te bring op my nuwe seiljag
by die Riviera en…”
“My kind, wat het jy gesê het jy gedoen toe jy weg was van die huis?”
val die pa haar in die rede. Meisie, huil weer: “’n… ’n Prostituut.”
“O!Genade, jy’t my byna dood laat skrik. Ek dog jy sê Protestant! Kom
hier en gee Pa ’n drukkie.”
3 ou omies in 'n ouetehuis kla vreeslik bymekaar.
Die een omie se: "Elke oggend 7uur het ek 'n nood. Dan stap ek na die
toilet toe, en dan drup drup dit net."
2de omie se: "Elke oggend om 8uur wil ek nr 2. Dan stap ek toilet toe,
sit en druk, maar dan is dit net `n paar windjies."
3de omie se:"Ja,die lewe is vir my net so erg. Elke oggend 7uur dan pee
ek soos 'n perd, om 8uur skuie ek soos `n reier.
Die een omie sê: "Nou waaroor kla jy?"
Die 3de omie sê: "Ek word eers 9uur wakker."
‘n Ou oom staan in 'n trein en kyk hoe 'n jong vrou sit en borsvoed.
Haar baba weier om te drink.
Sy dreig hom: "As jy nie drink nie, gee ek dit vir die oom!".So gaan dit
aan en aan.
Weer weier die baba en weer dreig sy.Tot die oom sy alie wip en sê :
" Daai baba moet nou sy “mind” opmaak. Ek moes al 4 stasies terug
afgeklim het!"
st
se pitkos
Klik hier
om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Welkom by hierdie
week se nuusbrief.
Aspirasie in die werkplek
Wat maak 'n persoon suksesvol in sy werk? Daar is 'n hele aantal faktore
wat dit bepaal soos belangstelling, aanleg, vermoeëns en so meer. Een van
die belangrikste faktore is egter 'n mens se aspirasie.
Aspirasie is die drang of strewe na 'n droom. Dit is soortgelyk aan ambisie,
met ander woorde 'n sterk begeerte om sekere ideale te verwesenlik en
doelwitte te bereik.
Hoe belangrik is aspirasie in jou loopbaan? Die antwoord hierop lê in elke
persoon se unieke menswees opgesluit. Jy bepaal self hoe belangrik of
nie-belangrik is aspirasie vir jou. Vir een persoon is dit feitlik
allesoorheersend om die boonste sport in sy beroep te bereik - hy het 'n
brandende ambisie wat hom dryf om 'n groot sukses van sy loopbaan te maak.
Daarteenoor kan 'n ander persoon nie oor veel aspirasie in sy beroep beskik
nie. Hy wil eerder sy tyd en energie versprei na ander fasette in sy lewe
soos sport, stokperdjies, reis, vriende en familie. Nie een van hierdie
genoemde persone is verkeerd nie. Jou aspirasies in jou loopbaan moet by jou
menswees inpas, en by aspekte wat vir jou belangrik is.
Dit is ook nodig om te onderskei tussen die verskillende soorte aspirasies
wat jy kry. Een persoon wil graag die hoogste sport in sy beroep bereik.
Voorbeeld: hy wil nie net 'n onderwyser wees nie, maar streef daarna om
departementshoof te word. Daarna op die leer van sy aspirasies is
skoolhoof, vakadviseur, inspekteur, ajunk-direkteur en sy groot mikpunt is
Direkteur van Onderwys.
Teenoor dit staan die persoon wat oor 'n ander tipe aspirasie beskik. Hy is
ook 'n onderwyser, maar sy aspirasie is om die beste onderwyser in sy
vakgebied te wees. Hy stel nie belang in bevorderingsposte nie, want sy
ambisie is geleë in sy kwaliteit as onderwyser - hy wil 'n onderwyser by
uitnemendheid wees.
Aspirasie is dus 'n persoonlike saak. Soms word ons op sleeptou geneem
deurdat ander mense aan jou wil voorskryf wat jou ambisie in die lewe moet
wees. Wanneer hul idee van aspirasie nie met jou idee ooreenstem nie, sal
hulle jou maklik as 'n lamsak afmaak. Elke mens het egter die reg en
verantwoordelikheid om die hoogte en diepte van sy eie ambisie te bepaal.
Moet 'n mens oor aspirasies beskik? Beslis ja. Hoewel aspirasie van mens tot
mens verskil, is dit nodig dat jy wel 'n sekere maat van ambisie in jou
beroep uitoefen. Ambisie gee jou dryfkrag, dit gee sin en betekenis aan jou
loopbaan. Jy moet immers weet waarheen met jou beroepslewe wil gaan, anders
eindig jy gefrustreerd en ongelukkig in jou loopbaan op.
Die volgende faktore is belangrik vir aspirasie in jou beroep:
• Aspirasie vra doelwitte
Dit is belangrik dat jy besluit wat in jou lewe belangrik is. Moenie toelaat
dat ander mense jou voorskryf nie. Jy moet die reg opneem om oor jou eie
lewe keuses te maak. Besluit self waarheen jy met jou lewe wil gaan. Wat is
dit wat jy graag in jou loopbaan wil bereik?
• Aspirasie vra van jou energie en tyd
Sommige mense leef in 'n droomwêreld. Hulle het groot drome en ideale, maar
dit bly net by praatjies en niks kom daarvan nie. Wanneer jy in jou hart 'n
vurige begeerte het vir sukses, beteken dit jy moet energie en tyd daaraan
bestee. So sal jy op kursusse kan gaan, oortyd werk en ekstra insit om by
jou aspirasies uit te kom.
• Aspirasie vra opoffering
Bevordering, sukses en deurbrake kom met opoffering; dit val nie sommer net
in jou skoot nie. Jy moet bereid wees om op te offer. Wanneer ander mense
ontspan en 'n goeie tyd het, werk jy aan jou droom. Wanneer ander tou opgooi,
is jy bereid om deur te druk. Lees gerus die biografieë van suksesvolle
mense en jy sien hoe belangrik is opoffering om jou aspirasies te bereik.
Lees byvoorbeeld die biografie van ons hartpionier Chris Barnard. Groot
aspirasies vra gewoonlik groot opoffering.
• Aspirasie vra kundigheid
Wanneer jy aspireer na 'n sekere droom en doelwit, sal jy langs die pad
ervaar dat jy sekere tegnieke, vaardighede en kundigheid kortkom. Die
bereiking van jou aspirasies is direk gekoppel aan jou bereidheid en jou
vermoë om jou kundigheid te verbeter; jou tegniek en vaardigheid verder te
ontwikkel. Dis nodig om somtyds uit jou gemaksone te beweeg om sodoende nuwe
horisonne te ontdek en moontlikhede te ontgin.
• Aspirasie vra balans
Balans is nodig anders tuimel jy oor na die een kant en verloor iets van jou
menswees en potensiaal. Hoewel jy dus met groot geesdrif jou ambisie najaag
in jou beroepslewe, sorg ook vir 'n gesonde balans met ander aspekte in jou
lewe.
Kortom: aspirasie is nie net vir die leiers en bestuurders in die werkplek
nie, maar elkeen wat in 'n beroep staan behoort na te dink, te beplan en met
oortuiging die aspirasies van sy hart en verstand te volg.
'n Sprankie wysheid vir die dag
"Daar is 'n hoër ambisie as om belangrik te wees in die wêreld. Dit is om af
te buk en die mensdom 'n bietjie hoër op te lig." - Henry van Dyke –
Jy kan inteken op st se
nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na
www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou
naam en eposadres vir my.
Dr ST Potgieter
Sielkundige
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
As jy dalk nog
baie resepte wil hê, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
|
Beesstertpotjie
2 beessterte opgesny
4 wortels in dik skywe gesny
3 medium gekapte uie
1 blikkie botterboontjies
sout
1 pakkie beesstertpoeier
250ml beesboeljon
4 aartappels in dik skywe gesny
250ml groen-ertjies
250g sampioene
6 murgpampoentjies in skyfies
2 uie in skywe gesny
Verbruin die beesstert in ´n warm pot met olie en gekapte uie. Voeg sout by.
Voeg soppoeier en boeljon by. Voeg water by en laat prut vir 2½ uur. Skep
vet af. Voeg laag aartappels en wortels by. Dan laag botterboontjies met
sous. Voeg laag ertjies rou sampioene, mutgpampoentjies en laag uieringe.
Maak pot toe en prut vir ± ½uur. Maak kluitjies en pak bo-op. Sit deksel
terug en prut vir 15 minute sonder om deksel te lig. Bedien 10 persone.
Biltongpotjie
Jad wou ´n resep vir ´n Biltong-potjie hê.
½kg biltong
500g pasta skulpies
2 uie - fyngesny
2 -1 rooi en 1 groen soetrissie - gekap
olie
250ml room
500ml vleisektrak
400g gerasperde kaas
sout en peper na smaak
Braai uie en rissies in olie in pot. Voeg vleisektrak en noedels by. Kook
tot pasta gaar is en water weggekook het. Voeg room by -onthou potjie moet
nog op vuur wees- dan biltong en kaas. Roer deur en kook nog vir ± 5 minute.
Met die resep kan lekker gespeel word. Voer enigiets waarvan jy hou by.
Toets net die eerstekeer die resep en dan kan jy maar verbeelding byvoeg.
Hoenderpotjie
Hier is ´n heerlike hoender potjie.
Bestandele:
Sonneblom olie ( Olyf olie kan ook gebruik word - baie gesonder)
Twee groot uie (gekap)
Garlic - Hoef nie bang te wees nie ( Garlic is baie gesond )
Pak hoender bors stukkies, hoe meer vleis hoe lekkerder ( Woolies se hoender
is puik )
Hoenderpotjie in Roomsous
Die potjie het die heerlikste dik, ryk roomsous met ´n hoender- en spekgeur.
Genoeg vir 4 ? 6 mense en ´n No 2 pot word aanbeveel.
6 hoenderdye
braaivleisspeserye na smaak
250 g swoerdlose ontbytspek, in stukkies gekap
4 middelslag uie, gekap
60 ml fyn appelkooskonfyt
100 ml water
15 ml worcestersous
12 heel uitjies, geskil
10 jong heel aartappeltjies, geskil
750 ml gevriesde gemendge groente
300 g sampioene, in skywe gesny
aromat na smaak
1 pakkie beesstertsoppoeier
1 pakkie dik wit uiesoppoeier
500 ml vars room OF 250 ml room en 250ml melk
Sprinkel die braaivleisspeserye oor die hoender. Verhit die pot en braai die
spek daarin vir 5 minute. Voeg die uie en appelkooskonfyt by en braai tot
sag.
Voeg die hoender, water en Worcestersous by die uiemengsel, sit die deksel
op en laat prut vir 15 minute. Voeg die uitjies en aartapels by en laat prut
vir nog 10 minute.
Voeg nou die groente en dan die sampioene by. Sprinkel die geuropwekker oor,
sit die deksel op en laat prut vir 30 minute.
Meng die soppoeier met die room en voeg dit by die potjie. Laat prut vir 30
minute.
Potjiemarinade
Lekker vir potjie - byvoorbeeld skenkels
1 suurlemoen sap uitgedruk
200 ml olie
2 uie fyn gerasper
2 knoffeltoontjies, gekneus
125ml vars pietersielie, gekap
1 takkie roosmaryn, blaartjies van takkie gestroop
125 koljander, vars en fyngekap-opsioneel
2,5 ml borrie
2,5 ml paprika
2,5ml Oreganum
rissiepeper - opsioneel
Meng alles saam en marineer vleis. Vleis kan daarin gekook word voeg net
sout na smaak by.
Seekospotjie
Braai 2 uie saam met n halwe potjie garlic. (my keuse - kan verminder word)
Gooi 1 pak sampioene by en braai.
Gooi ´n pak gemengde seekos by en braai vir sowat 5min saam.
Roer by 250ml vars room en 1 pakkie wit uiesop.
Laat dit vir ´n halfuur prut.
Wenke:
*as jy en jou vriende wil saam kuier om ´n pot, sal ek ´n seekos-potjie
afraai.
*indien jy jou skoon familie moet nooi vir ete, is dit ideaal - sorg net dat
daar al kole is as hulle opdaag.
*indien jy bietjie variasie wil gebruik, kan jy mossels met die skulp ingooi,
of crabsticks is ook goedkoop en baie lekker; stokvis kan ook die potjie
bietjie rek.
*vermeerder jou room en uiesop saam met die seekos m.a.w. 2pakke seekos; 2
uiesop en 2 room.
*jou kole moet redelik koel wees.
*dien op saam met rys en Franse brood.
Skaap/Beespotjie
2 Kilogram sagte vleis in blokkies gesny. Die vleis is jou keuse. Wat baie
lekker is, is heel skaap skenkels. Moet net nie goedkoop snitte vat nie want
dan gaan jy baie teleurgesteld wees.
Groente in blokkies gesny (net wat jy van hou)
10 babaaartappeltjies.
2 blokkies vleisaftreksel
2 teelepels pietersielie-droog
1 teelepel mostertpoeier
2 teelepels Aromat
1 teelepel Oregano
2 eetlepels worcestersous
2 eetlepels tamatiesous
1 knoffeltoontjie geskil
Olie
Meel
250g Sampioene
Maak potjie warm en smeer met olie en knoffeltoontjie. Rol vleis in meel en
braai vleis in olie tot bruin gooi vleisekstrak wat opgelos is in 1 liter
water by. Kook stadig tot sag. Pak dan jou groente bo-op MAAR moenie roer
nie. Eerste die aartapels en wortels dan die groentes wat gouer gaar word.
Laaste die sampioene. Kook tot amper gaar. Meng al die ander bestandele in
bietjie water en gooi oor. Moenie roer nie. Sit deksel op en kook vir nog 15
minute. Bedien saam met rys of stampmielies en ´n groen slaai. Die sous kan
verdik word indien nodig - met mielieblom.
Volstruispotjie
30 ml kookolie
1,5 kg volstruisnekskywe
2 groot knoffelhuisies, gekneus
5 ml droë roosmaryn
250 g swartsampioene, in skyfies gesny
30 ml ingemaakte groenpeperkorrels, gekneus
75 ml brandewyn
50 ml droë sjerrie
375 ml droë rooi wyn of ½ rooi wyn en ½ hoenderaftreksel
30 ml suurlemoensap
15 vars piekeluitjies, geskil
10 klein, heel wortels
8 geskilde klein, heel aartappeltjies of skoongeskropte jong aartappels in
die skil
1 x 300 g-pak verroomde spinasie en sampioene, ontdooi
15 ml koekmeelblom
bietjie melk
knippie neutmuskaat
sout na smaak
Verhit die olie in die pot en braai die vleis in sarsies tot bruin. Skep uit
en hou eenkant. Braai die knoffel, roosmaryn, sampioene en peperkorrels in
dieselfde pot. Skep die vleis terug in die pot.
Verhit die brandewyn, sjerrie, rooi wyn
en suurlemoensap en voeg by die vleis.
Sit die deksel op, verminder die hitte deur van die kole onder die pot te
verwyder en prut 2 ½ uur of totdat die vleis byna sag is.
Pak die groente, behalwe die spinasie, in lae bo-op die vleis, sit die
deksel op en prut nog 45 ? 50 minute.
Meng die ontdooide spinasiemengsel met ´n pasta van koekmeelblom en melk en
skep versigtig oor die kos in die pot. Geur met neutmuskaat en sout, sit die
deksel op en prut nog 15 minute.
Ekstra Inkomste
Hier is iets
wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou
ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe
maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke
maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Sluit gratis
aan vir 'n proeftydperk.
Maar jy moet opgradeer om deel te neem
aan die wins, dis egter 'n druppel in die emmer. Probeer gerus!
Die hele proses het nou
verbeter en dis nou makliker om te begin inkomste kry, sluit gerus aan
vir 'n gratis proeftydperk, kyk die kat uit die boom en gradeer dan op
om te begin saamspeel!
Klik
hier en gaan kyk self!
Dit neem 'n rukkie, maar ek het
verlede maand net minder as
R1000 gekry. Elke bietjie help!
Yes, out of
curiosity I visited Be Motivated Today during September 2009, but only
joined during August 2010, what a waste of time!!!.
If I knew what was happening during the year I wasted, man, I would have
joined immediately after I read the details of the setup.
I now have a waiting list of seven on my downline (one already joined as
Silver), the others are bound to join during November and they are jumping
around purely from excitement to get started and its rubbing off on me as
well.
Just one question: My intention is to place an invitation advertisement on
the rear window of my car, do you think it could shake some people out of
their dreams and make them joining us?
Klik
hier vir meer besonderhede
Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk
hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Resepte, resepte,
resepte
Ek het besluit om sake vir my
te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans)
op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent
enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek
te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar
dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met
hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.
Die prys van die CD is R100 (dis
om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit
Posgeld is R20 vir
geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot
toonbank.
As jy sou belangstel om een
van die CD's te bekom,
klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook
net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die
spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer
stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit
Speed Services oornag toonbank tot toonbank
Hier is die Afrikaanse boeke:
217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se
Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se
Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer
net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1,
Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir
Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille
samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies
Allerlei
Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet,
Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke
omskakelingstabel, Werk van die huis
Hier is die lys van baie ou
Engelse resepte eBoeke
A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922
A Dozen dainty recipes for preparing wartime canned meats - 1920
A Home Guide - or a book by 500 ladies - 1877
Aunt Carolines Dixieland Recipes - 1922
A Practical Dictionary of Cookery - 1200 tested recipes - 1898
Best recipes for baking - pre 1908
Buckeye Cookery and Practical Housekeeping - 1877
Burke's Complete Cocktail and tasty bite recipes - 1936
Catering for special occasions with menus and recipes - 1911
Diabetic Cookery - recipes and menus - 1917
Fifty Choice Recipes for Spanish and Mexican Dishes - 1905
Fifty valuable and delicious recipes made with corn meal - 1917
Heart of the Wheat - a book of recipes - 1910
Hospitality - recipes and entertainment hints for all occasions - 1922
Hotel Management - quantity food recipes
Household hints and recipes - 1877
Ice Cream - practical recipes for making ice cream - 1886
Information for everybody - 1859
Jane Hamiltons Recipes - 1909
Just the thing - dainty dishes at small cost - 1899
Larger cookery book of extra recipes - 1891
Leather Manufacture - 1891
Light entertaining - a book of dainty recipes for special occasions - 1910
Mom's Cookbook
On Uncle Sam's Water Wagon - 500 recipes for delicious drinks that can be
made at home - 1919
Our candy recipes - 1919
Practical Household Cookery - 1000 recipes - 1891
Preserves and Pickles - 1912
Recipes - dainties, salads and clever hints - 1919
Recipes for the preserving of fruit vegetables and meat - 1908
The Candy Maker's Guide - 1896
The Housekeeper's Friend - 1897
The Hygenic Cookbook - 1881
Tried and Tested Recipes - 1921
Two Hundred and Seventy Five Wartime Recipes - 1918
Two hundred recipes for cooking in casseroles - 1914
Two hundred recipes for making desserts - 1912
War Time Cookery - 1917
Wheatless Recipes - 1918
Wrinkles and Recipes, including farming and household hints - 1877
Hier is die Engelse resepte:
FunkyMunky
Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of
Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes
in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go
camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at
your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie
Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special
holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all
ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes
from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's
assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the
chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two
of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of
mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for
appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all
here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!
Bonus eBooks
Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food
Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns
Everything you wanted to know about making, marketing and selling your
crafts.
Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies,
myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.
10,000 Dreams Interpreted
Al my nuusbriewe is
op hierdie bladsy beskikbaar:
http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Elke nuusbrief sal
voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.
|
|