|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die
Argiewe, meeste van die ou
nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur
daar af.
Die resepte hierdie keer het te doene met ons gunsteling tydverdryf -
braai, gaan kyk gerus by die resepte afdeling.
Die pasella is 'n eBoek met resepte
met biltong as bestanddeel. Gaan laai die boek gratis af hieronder.
Ek stuur ook 'n Engelse brief uit,
elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek,
gaan kyk gerus en laai na hartelus af.
Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos
ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk
kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.
Teken hier in op die nuusbrief:
http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief,html
Doen dit sommer self,
klik hier. As jy nie
internet toegang het nie,
stuur my epos met jou ou en nuwe adres.
My Resepte eBoek
samestelling op CD |
Bo en behalwe die Afrikaanse en
Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke
bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal
geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike
bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke
is sal jy die boeke regtig interessant vind.
Gaan kyk onder vir 'n lys van die
ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.
Peterjasie in
Woord en Beeld |
Ek het van my stories en fotos in
een dokument saamgestel, dis lekkerlees Afrikaans en 'n versameling van
my fotos. Ek wil dit graag wyd en syd laat versprei. Dis heeltemaal
gratis al wat jy hoef te doen is om op die skakel te regs klik en dit af
te laai (om en by 4MB)
Peterjasie in Woord en Beeld
Stuur sommer aan die mense op jou
poslys ook wat dit mag geniet. Dit kan ook 'n lekkerlees geskenk wees.
Ek adverteer nie sommer in die
nuusbrief nie, maar dit klink na MY soort plek hierdie - Peter
Peet se Padstal is net 5.5km
buite Warmbad (Bela Bela) geleë, op die R516 (Rooiberg/Thabazimbipad)
Jul kan nie die groot geel bus miskyk nie.. Ons leuse is nie verniet:
“dis meer as ‘n padstal, dis ‘n moewiese experience”, want hier is
omtrent iets van alles. Heerlike konfyte, koekies, beskuite, kaiings,
biltong, wildsvleis. Kinderspeelgoed, meubels en allerhande dekor items
is maar net ‘n paar van die items wat ons hier ten toonstel.
Ons bedien daagliks etes, van ontbyt wat insluit pap en kaiings tot
ligte middagetes soos ons besonderse pasteie wat ons self bak of outydse
vetkoek met maalvleis. Ons het ook die heerlikste koeke in die kontrei.
Verder bak ons daagliks yslike groot plaas of potbrode in ons buite
bakoond.
Elke Sondag kom smul die “kuiergaste” aan heerlike egte regte outydse
boerekos soos ons ma’s en die se ma’s dit nog gemaak het. Hierdie ete
word in ‘n buffet-styl bedien.
Almal ontspan en kuier op die stoep of in die bos en geniet die rustige
plaasatmosfeer.
Besprekings vir hierdie etes is egter noodsaaklik. Gaste kan ook hul eie
wyntjie/biertjie saambring.
Google gerus Peet se Padstal of besoek ons op Facebook vir elke week se
Sondagspyskaart.
Warm Padstalgroete,
HETTIE
082 928 4913
Hieronder is wat op Sondag 12 Augustus op die spyskaart was, ek sou al
die pad soontoe gery het net vir die melkkos! - Peter:
Wie skrik nou vir 'n bietjie koue? Beslis nie ons hier by Peet se
Padstal.
Ons gaan die bakoond stook sodat die stoep heerlik snoesig warm is. Dan
verwarm ons ook jou hart met heerlike huiskos.
Le weg aan 'n heerlike Bone sop vir VOORGEREG. Bedien met dik snye
Plaasbrood. Daarna kan jy jou bord laai met geurige Bladjang Hoender vir
HOOFGEREG. Sappige Frikkadele. Basmati Rys, fyngemaakte Sout Aart appel
en Wortels, romerige Gebakte Groente, soet Ertjies en Mielies. 'n
Anderste Slaai en ons immergewilde Beetslaai stoei om plek op jou bord.
Vir NAGEREG gaan ons jou laat verlang na vergange se dae om Ouma se
kombuistafel waar daar weggele word aan regte
EGTE Melkkos bestrooi met kaneelsuiker. Koffie/Tee/Sap is ingesluit vir
SLEGS R75 per volw, kinders onder 12-6 R50 (5-0 gratis) vir hierdie
heerlike maaltyd op Sondag 12 Augustus vanaf 12.00.
Besprekings is NOODSAAKLIK en kan gedoen word deur 014 740 0053 te
SKAKEL gedurende besigheidsure. Afsnytyd vir besprekings is SATERDAG
16:00. Verseker jou plekkie en lekker kuier by ons en skakel asb BETYDS.
Onthou asb jou wyntjie/biertjie.
Warm Padstalgroete
HETTIE
082 928 4913
Jy weet jy word Wonderbaarlik
Volwasse wanneer:
Jy en jou tande nie meer saam slaap nie.
Jy jou kouse probeer optrek omdat dit kreukel, en dan besef jy het nie
kouse aan nie.
Jy word wakker en lyk soos die foto op jou bestuurderslisensie.
Dit neem twee probeerslae om van die bank af op te staan.
Om 'n "gelukkie op te tel" beteken jy kry jou kar in die parkeerarea.
Jou idee van 'n aandjie uit is om op die patio te sit.
"Happy hour" beteken 'n slapie.
Wanneer jy op vakansie is en jou energie op is voor jou geld.
Dit neem langer om te rus as om moeg te word.
Jou geheue is korter en jou klagtes is langer.
Jou adresboek het meestal name wat begin met Dr.
Jy sit in jou wiegstoel en kan dit nie aan die gang kry nie.
Die apteker word jou nuwe beste vriend.
Dit neem dubbel so lank om die helfte so goed te lyk.
Alles is seer, en dit wat nie seer is nie .. werk nie.
Jy slaan jou tande in 'n steak in ... en hulle bly daar.
Jy doen afstand van al jou slegte gewoontes en jy voel nog steeds nie
goed nie.
Jy het meer geduld, maar eintlik gee jy net nie meer om nie.
Jy kry uiteindelik jou kop reg ... en jou lyf begin uitmekaar val.
Jy wonder hoe jy oor die muur kan wees as jy nie eers kan onthou dat jy
bo-op dit was nie.
Het jy ooit
kennetjie gespeel? |
Ek kan vaagweg onthou dat ek die spel gespeel hat maar ook dat dit op
die skoolgrond verban was! In alle geval, hier is die spelreëls:
Reëls vir
die speel van kennetjie
1. TOERUSTING.
1.1 Ronde slaanstok 400mm lank. Deursnit 25 mm. Punte effens gerond met
'n 3 mm. gatjie 15 mm van die een punt.
1.2 Sirkeltoutjie of riempie wat deur die gaatjie van die slaanstok kan
gaan en wat sal verseker dat die slaanstok nie gedurende die spel van
die slaner se hand sal afgly nie. Geen hou mag uitgevoer word sonder dat
die toutjie om die slaner so pols is nie. 'n Slaanstok wat uit 'n slaner
se hand spat tydens 'n hou, kan iemand lelik seer maak.
1.3 Kennetjie 100 mm. lank. Deursnit 25 mm. Punte elfens gerond.
Terloops, daar in Ugie het ons dit 'n dokkerkie genoem.
1.4 Die slaanstok kan van enige hout wat nie gedurende die spel sal
splinter nie, gemaak wees -- 'n taai hout soos Jakaranda word aanbeveel.
Die kennetjie moet van 'n sagter en meer poreuse houtsoort soos
boekenhout of bloekom gemaak wees.
2. KLEDING.
Kleredrag moet verkieslik eenvormig wees ten einde identifikasie te
vergemaklik en spangees te bou.
3. SPELERS.
3.1 Twee spanne bestaande uit agt spelers aan elke kant waarvan een die
kaptein is. Indien die span onvolledig is by die aanvang van die
wedstryd moet die kaptein die ontbrekende spelers vervang uit die
geledere van 'n ander span of die toeskouers of met die verminderde
aantal speel, met verbeuring van die speelbeurte van die ontbrekende
spelers. Twee beurte vir een speler om op te maak vir 'n ontbrekende
speler is ontoelaatbaar.
3.2 Die spankaptein doen die plasing van veldwerkers terwyl 'n wedstryd
aan die gang is.
4. SPEELOPPERVLAK (KYK DIAGRAM).
4.1 Die ideale slaanrigting is van suid na noord. Verdere aanwysings
geskied met hierdie in gedagte. Die baan kan egter in enige rigting
uitgelê word.
4.2 Die buitelyn van die speelveld loop van punt S (slaanhoek), noordwes
met 'n reguit lyn tot by H, reguit noord tot by punt R en dan oos met
die agtergrens tot by Q; reguit suid tot by I en weer met 'n reguit lyn
in 'n suid-westelike rigting tot by die slaanhoek S. Die slaanhoek se
bene lê 90° oop.
4.3 Die grense en middellyn is vir die plasing van veldwerkers deur die
kaptein van die span wat veldwerk doen.
4.4 Die slaanhok word met 'n radius van een meter vanaf die slaanhoek S
in 'n noordelike rigting gemerk.
4.5 Die voorgrens se radius is 8 meter vanaf S.
4.6 Die middelgrens se radius is 20 meter vanaf S.
4.7 Die slootjie word reg op die middellyn binne die slaanhok gemaak met
'n lengte van 450 mm. en met die punte van die slootjie ewe vêr vanaf
die slaanhoek, S, en die slaanhokgrens, Z. Die slootjie kan halfrond of
vierkantig wees met mates van 30 mm. diep en 30 mm. wyd. Die laaste 50
mm aan die punt van die slootjie naaste aan die speelveld moet
geleidelik skuins na bo uitloop.
4.8 Gedurende die loop van die spel, veral waar 'n hele klomp wedstryde
na mekaar gespeel word, is die slootjie geneig om vanself langer te
word. In so 'n geval kan die skeidsregter spelers toelaat om tydens die
uitkrap buite die slaanhok te staan ten einde die verlengde deel van die
slootjie te kan gebruik. Vir al die ander houe moet die slaner egter
steeds een voet binne die gewone slaanhok hou.
4.9 Indien die gemerkte slaanhokgrens verdof of verdwyn geld die
skeidsregter se mening. Dit is verkieslik dat die grens dan wel op een
of ander manier, soos 'n lyn getrek op die grond, telkens voor 'n span
se beurt begin, aangedui word.
5. SPELREëLS: ALGEMEEN.
5.1 Loting vind plaas op 'n wyse wat vooraf deur die organiseerders/skeidsregters
bepaal word. Dit kan met die opskiet van 'n munt geskied of met 'n
optik-en-slaanhou in welke geval die spankaptein wat die vêrste geslaan
het, die loot wen. Hy besluit of sy span eers gaan slaan of eers gaan
veldwerk doen. Ander voorafooreengekome reëlings is egter ook
toelaatbaar.
5.2 Gedurende die uitskiet van die kennetjie staan die twee voorspelers
van die veldwerkers op of agter die voorgrens en aan weerskante van die
middellyn. Die agterspelers staan agter die middelgrens op enige plek
binne die speelveld. Vanaf die swaardjiehou mag hulle vorentoe kom, maar
om veiligheidsredes mag geen speler voor die uitvoer van 'n hou nader as
die voorgrens aan die slaanhok kom nie. Nadat 'n hou uitgevoer is, mag
spelers oor die voorgrens hardloop, spring of duik om die kennetjie te
vang of keer. Sou 'n agterspeler met die uitskiet nie agter die
middelgrens staan nie en hy vang of blok die kennetjie, tel dit nie en
kan die slaner voortgaan met swaardjie. Sou van die agterspelers nie
agter die middelgrens staan nie, maar hulle meng nie in met die vlug van
die kennetjie nie, gaan die spel normaal voort.
5.3 Die kennetjie mag met die skoen of enige liggaamsdeel gekeer of in
die lug gehou word na 'n slaanhou uitgevoer is ten einde dit te probeer
vang. Sou die kennetjie deur 'n speler so gekeer word en dit spat na 'n
ander speler wat dit vang sonder dat dit grond geraak het, tel dit as 'n
skoon vang.
5.4 Die kennetjie word altyd deur die veldwerker wat eerste daaraan
geraak het, ingegooi, maar vanaf die plek waar die kennetjie tot
stilstand gekom het, ongeag of daardie plek voor of agter die eerste
plek van aanraking is.
5.5 Die veldwerker wat die ingooiwerk doen, mag nie vorentoe tree
wanneer ingegooi word nie. Sy voorste voet mag nie verby die punt waar
die kennetjie gelê het, beweeg nie. Dit maak egter nie saak hoe vêr hy
vooroor buig of sy arm swaai nie.
5.6 'n Speler is uit wanneer:
- 'n veldwerker die kennetjie in die lug vang voordat dit grond raak (kyk
ook 5.3);
- 'n veldwerker die slaanstok wat na die uitskiet oor die slootjie
geplaas is, met die kennetjie raakgooi;
- 'n veldwerker die kennetjie gooi dat dit binne die slootjie gaan lê of
op enige manier oor die slootjie steek - raak die kennetjie egter slegs
aan die rand van die slootjie, is die speler nie uit nie. Insgelyks, sou
die kennetjie binne die slootjie grondvat, maar dit uitwip, is die
speler nie uit nie. (Hierdie reël geld ook vir die teruggooi na die
uitskiet)
- 'n speler 'n hou na die kennetjie misslaan. Die speler is wel geregtig
om eers te oefen deur byvoorbeeld die kennetjie eers te laat val, maar
mag nie 'n slaanbeweging daarmee saam uitvoer nie. Die skeidsregter
besluit of die aksie vir die uitvoer van die hou met die slaanstok reeds
begin het en gee die speler uit.
- 'n speler, tydens die uitvoer van 'n hou, nie ten minste een voet
binne die slaanhok het nie. Die kennetjie mag alleenlik geslaan word
indien die speler met minstens een voet binne die slaanhok staan.
- 'n speler die kennetjie by die grense van die speelveld uitslaan of
uitskiet. Dit geld sowel vir die grense HS en IS (Verwys na die diagram)
wat die slaanhoek vorm as vir HR en IQ wat die sykante van die speelveld
vorm, maar nie die agtergrens nie. Raak die kennetjie grond binne die
speelveld voor dit uithop, gaan die spel normaal aan en word ingegooi
vanwaar die kennetjie die grond gevat het binne die speelveld. Sou die
kennetjie egter op die grenslyn land voor dit uitspring, is die speler
uit. Sou die slaner die kennetjie slaan en dit skiet teen 'n toeskouer
vas en spring terug die speelveld in, tel die hou nie en moet die slaner
dit oor uitvoer.
5.7 Die spankaptein alleen mag appèl aanteken.
5.8 Elters word nie outomaties aangeteken nie ongeag hoe vêr die
kennetjie geslaan word. Na elke suksesvolle slaanhou moet die kennetjie
teruggegooi word en meting plaasvind ten einde elters te kan bepaal.
5.9 Elke elter tel een punt vir die span van die speler wat die slaanhou
uitgevoer het.
5.10 Wanneer die kennetjie deur 'n veldwerker teruggegooi word en die
kennetjie raak aan 'n omstander, moet dieselfde veldwerker die kennetjie
weer ingooi vanaf dieselfde punt volgens die skeidsregter se aanduiding.
Die veldwerker wat ingooi moet dus bly stilstaan nadat hy ingegooi het
totdat die skeidsregter aandui dat die spel kan voortgaan.
5.11 lntimidasie van spelers is deel van die spel.
5.12 Ongeskikte gedrag deur spelers jeens ander spelers of die
skeidsregter, volgens die skeidsregter se oordeel kan aanleiding gee tot
diskwalifikasie van 'n span.
5.13 Die hoofskeidsregter beslis alle dispute tussen skeidsregters en
spankapteine.
6. SPELREëLS - EERSTE FASE.
6.1 Die slaner begin deur die kennetjie in of oor die slootjie to plaas.
Die kennetjie word dan met die slaanstok uitgeskiet of uitgekrap. Die
slaner kan enige posisie inneem mits een van sy voete in die slaanhok
is.
6.2 Word die speler nie uitgevang nie, sit hy die slaanstok dwars op die
punt van die slootjie naaste aan die speelveld. Die stok en die slootjie
vorm dus 'n T.
6.3 Die veldwerker wat eerste aan die kennetjie geraak het, gooi dan die
kennetjie terug en probeer die slaner uitgooi (sien 5.4).
6.4 Slaag die veldwerker nie daarin om die slaner uit to gooi nie, voer
die slaner die swaardjie-slaanaksie uit.
6.5 Hiervoor word die slaanstok in die hand vasgehou met die kennetjie
dwars oor die slaanstok en rustend teen die vuis. Die kennetjie mag met
die duim in posisie gehou word. Die speler gooi dan die kennetjie met 'n
opwaartse swaaibeweging van die slaanhand in die lug en slaan dit met
die slaanstok die veld in.
7. SPELREëLS - TWEEDE FASE.
7.1 Was die hou suksesvol, sit die slaner nie weer die stok oor die
slootjie nie, maar hou dit in sy hand terwyl 'n veldwerker die kennetjie
teruggooi. Geen speler mag tydens die ingooi die kennetjie se gang
belemmer nie. Indien dit wel gebeur moet die skeidsregter die kennetjie
oor laat ingooi.
7.2 Die slaner begin dan, onder toesig van die skeidsregter, vanaf die
middelpunt van die slootjie af die afstand na die kennetjie toe meet.
Een punt van die slaanstok moet altyd op die grond bly terwyl die ander
punt opgelig en vorentoe oorgedra word. Die stok mag nie opgetel word in
die meetproses nie. Die slaner moet die kortste pad na die kennetjie
kies en moet tot by die naaste punt daarvan terwyl die lengtes hardop
hoorbaar uitgetel word.
7.3 Die afstand van die kennetjie vanaf die meet punt bepaal dan die
volgende slaanhou. Die skeidsregter bepaal die slaanhou en lig die
slaner dienooreenkomstig in. Die skeidsregter se beslissing in die
verband is finaal.
8. SLAANHOUE.
8.1 Kennetjie - wanneer die kennetjie minder as een stoklengte van die
meetpunt lê: die kennetjie word op die ken geplaas of onder die ken
vasgeknyp, laat val en dan weggeslaan.
8.2 Toontjie - een volle stoklengte, maar nie ten volle twee nie: die
kennetjie word op die tone of skoenpunt geplaas, opgeskop en weggeslaan.
8.3 Tip-Top - twee volle stoklengtes, maar nie drie nie: die kennetjie
word tussen die duim en wysvinger van die vryhand in die lug gehou, met
die slaanstok die lug ingetik en dan met 'n tweede hou weggeslaan.
8.4 Vuisie - drie stoklengtes, maar nie vier nie: die kennetjie word op
die vuis van die vryhand gebalanseer, die lug ingegooi en weggeslaan.
8.5 Bokkie - vier stoklengtes, maar nie vyf nie: die vryhand word oop
uitgestrek met twee middelvingers na onder toegevou en die kennetjie oor
die bokant van die pinkie en wysvinger geplaas waarna dit die lug
ingegooi word en weggeslaan word.
8.6 Ogie - Vyf stoklengtes, maar nie ses nie: die kennetjie word op die
slaner se oog (of op sy bril) gebalanseer, laat val en weggeslaan.
8.7 Oortjie - ses stoklengtes, maar nie sewe nie: die kennetjie word op
die oor gebalanseer, laat val en weggeslaan.
8.8 Ellie - sewe stoklengtes, maar nie agt nie: die vry arm word
horisontaal gelig en die hand na die bors gebring, die kennetjie word
dan op die gebuigde elmboog geplaas, die lug ingeskiet of laat val en
weggeslaan.
8.9 Agt stoklengtes is 'n elter en dus 'n punt vir die sloner se span.
Daar word dan verder van een af getel om die slaanhou te bepaal - minder
as een stoklengte = kennetjie, een maar nie twee nie = toontjbe, ens.
Kan daar weer tot agt stoklengtes getel word, dit wil sê 'n totaal
van sestien, kry die slaner se span nog 'n elter (punt) by en so word
die proses herhaal tot by die kennetjie.
8.10 Die optik-en-slaanhou - die kennetjie word enige plek op die grond
in die slaanhok neergeplaas, met die slaanstok getik sodat dit opwip die
lug in en dan met 'n tweede hou die veld ingeslaan.
9. DUUR VAN SPEL.
9.1 'n Kennetjiespel duur 20 minute aan 'n kant of totdat al die spelers
uit is, welke een ook al eerste gebeur. Die tyd kan deur die
organiseerders ingekort word.
9.2 Die skeidsregter se beslissing oor die tyd gegun is finaal en geen
argument daaroor sal toegelaat word nie.
9.3 Indien 'n hou reeds geslaan is en die tyd is verstreke is dit die
speler se reg om sy beurt te voltooi en die opponente moet teruggooi en
die afstand gemeet word vir 'n moontlike elter.
9.4 Indien die spanne gelykop speel, moet die skeidsregter 'n verdere
vyf minute per kant toelaat, totdat 'n uitslag bereik is. Indien twee
spanne na verskeie probeerslae nogsteeds gelykop is, moet die twee
spankapteine elkeen 'n swaardjiehou uitvoer en die een wat die kennetjie
die vêrste kan slaan se span wen die wedstryd.
9.5 Die skeidsregter KAN ekstra speeltyd aan 'n span toeken vir tyd
verlore as gevolg van 'n besering tydens die spel opgedoen, of opsetlike
tydvermorsing deur die teenstanders.
9.6 Die span wat die meeste elters aangeteken het, wen die wedstryd.
Ons het niou
die aand gaan "Startrails" afneem, hierdie was my eerste poging,
meer as 200 fotos van 30 sekondes elk oor mekaar gesit gee die effek
van die strepe.
Ek het 'n tutorial geskryf (Engels) oor hoe om dit te doen, as jy
belangstel
epos my en ek stuur dit vir jou Klik op die
foto vir 'n groter weergawe |
 |
|
Die pasella hierdie keer is 'n
eBoek met resepte met biltong as bestanddeel,
regs klik hier om
die boek af te laai
Geskiedenis van
Boeremusiek — 'n Oorsig — 1700 ~ 2004 |
Klik hier om die artikel
te lees.
Lekker
lugkastele bou -
Oorsese Lottos |
Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en
sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot
droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis
kaartjie ook! Waarvoor wag jy?
Hier is die lys van beskikbare
Lotto s en die huidige boerpotte:
Powerball US $86,000,000
SuperEnaLotto EU €21,800,000
MegaMillions US $22,000,000
MegaSena US $21,300,000
EuroMillions EU €15,000,000
UKLottery UK £9,300,000
ElGordo EU €7,800,000
SuperLottoPlus US $10,000,000
FranceLoto EU €5,000,000
OzPowerball US $2,900,000
Sjoe, dis darem maar groot geld!
Ekke is ook op
Facebook, kry my by
www.facebook.com/Peterjasie
Ons is almal....
Ons almal is menslik, en almal kry seer.
Ons het almal ons lesse om uit die lewe te leer.
Ons almal wil graag vergifnis he, maar dis soms so moeilik net om jammer te se
Ons almal het stories, van trane en spyt.
Ons almal het verhale van liefde en verwyt.
Niemand is perfek nie, en nie almal is mooi nie, maar die lekkerste appels is nie altyd rooi nie.
Vergewe en vergeet is soos bitter en soet.
Die soet laat jou hart vinniger klop en die bitter vergiftig jou bloed,
Om kwaad te bly maak niemand dood behalwe jou nie.
Dis nie die moeite werd om dinge teen mense te hou nie,
Leer om te lewe en ander te laat leef,
Leer om na die goeie in die lewe te streef,
Daar is net een van jou, en net een kort kans om op die ritme van jou geluk in die lewe te dans.
Verlos jouself en begin diep binne rond te delf, maak stupid grappies en lag hardop vir jouself.
Daar's beter dinge as rykdom en geld
Al bly jy in 'n tent in die veld dit is jou keuse maak of breek.
Kyk bietjie wat jy in jou binneste wegsteek, tel op jou kop,
Hou jou trane vir 'n ander dag, dink aan goeie tye en mis dit vir 'n slag.
Dink aan al die dinge wat jy al behaal het, buiten dien is dit God wat jou lewe bepaal.
Voel die verligting van vergifnis in jou are, voel die speling van gevoel oor jou hart se snare.
Lewe en laat leef, die res kan maar staak, want dis meer as asem haal wat in jou lewe saak maak
'n mens leef nie net van brood en water alleen nie, en God het jou nie verniet aan hierdie wereld geleen nie…
Skrywer onbekend
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Zalome -
Afrikaans op die net |
Zalome is nog
iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te
bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee
soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.
Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang,
doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo
sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit
aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).
AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com
AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
Die kameelperd-toets
1. Hoe sit jy 'n kameelperd in 'n yskas?
Antwoord: Maak die deur oop, sit die kameelperd in, maak die deur toe.
Hierdie
vraag is om te toets of jy maklike dinge op die ingewikkelde manier doen.
2. Hoe sit jy 'n olifant in die yskas?
Antwoord: Het jy gesê maak die deur oop, sit hom in, maak die deur toe?
Verkeerd! Jy moet mos eers die kameelperd uithaal! Hierdie vraag toets
jou vermoë om die reperkussies van jou vorige aksie te deurdink.
3. Koning Leeu hou 'n dierevergadering. Al die diere woon dit by,
behalwe een.
Watter een?
Antwoord: Die olifant - hy is nog in die yskas. As jy al drie die vorige
antwoorde verkeerd gehad het, kry jy nog een kans om jou ware vermoëns
te toets.
4. Jy moet 'n rivier vol krokodille sonder 'n boot oorsteek. Hoe doen jy
dit?
Antwoord: Jy spring in en swem oor. Het jy nie geluister nie? Die
krokodille is almal by Koning Leeu se vergadering!
? Luidens Anderson Consulting Worldwide het 90% van die getoetste
beroepslui
al die vrae verkeerd beantwoord, maar baie voorskoolse kinders was reg!
Dit toon dat die meeste beroepslui nie die verstand van vierjariges het
nie!
WIE SAL HELP?
Die man klim langs sy vrou in die bed, en sê:
"Vanaand maak ek jou die gelukkigste vrou in die wêreld."
"Jy's nou simpel, sê sy. Wie gaan jou die tyd van die nag help trek?"
TREKPAS
Ek is gister in die pad gesteek by Lifeline se krisissentrum. 'n Ou met
die naam Julius Malema het gebel en gesê:
"My meisie het my verlaat. Ek lê nou op die spoorlyn en wag vir die
trein om te kom."
Ek sweer al wat ek gesê het was: "Bly kalm, en bly op die lyn."
'N WARE FEËVERHAAL
Eendag was daar prins en 'n pragtige prinses en die Prins vra haar
om met hom te trou. Die prinses antwoord toe: “NEE!”
Van toe af was die prins vir altyd gelukkig.
Hy het met die mooiste motorfietse rondgery en uitgegaan met lang,
lenige, rondborstige dames en rasieleiers.
Hy het gejag en visgevang en resies gejaag en na kaalgat-kroeë gegaan
met meisies die helfte van sy ouderdom. Daar het hy whiskey bier en
brannas gedrink sonder 'n geneul in sy ore.
Hy het sy huis en sy gewere behou en vis en tjips voor die televisie
geëet en kliphard wind opgebreek en gepoep. Hy is nooit verneuk terwyl
hy by die werk was nie en sy vriende en familie het gedink hy's
wonderlik.
Hy het altyd baie geld gehad en het die toiletsitplek opgeslaan gelos.
Die Einde.
BEDAGSAME MAN
Ek hou vreeslik daarvan om my vrou te bederf.
Wanneer sy die dag laat werk bel sy my van die kantoor af voor sy huis
toe kom.
Ek tap dan die warm water, roer die seep in sodat sy die skottelgoed kan
begin was sodra sy tuis kom.
SKOOLTOETS
Antwoord die vrae so akkuraat as moontlik.
1. In watter veldslag is Napoleon oorlede?
A: Sy laaste een.
2. In watter staat vloei die Ravi-rivier?
A: In 'n vloeibare staat.
3. Waar is die Deklarasie van Onafhanklikheid onderteken?
A: Onderaan die bladsy.
4. Wat is die hoofrede vir egskeidings?
A: Huwelike.
5. Wat kan jy nooit vir ontbyt eet nie?
A: Middagete en aandete.
6. Wat lyk soos 'n halwe appel?
A: Die ander helfte.
7. Hoe kan 'n man agt dae lank sonder slaap klaarkom?
A: Maklik, slaap in die nag.
8. Hoe kan jy 'n olifant met een hand optel?
A: Olifante het nie hande nie.
9. As jy drie appels en vier lemoene in een hand het en vier appels en
drie
lemoene in die ander hand - wat het jy?
A: Baie groot hande.
10. Hoe kan jy 'n rou eier op 'n betonvloer laat val sonder dat dit
kraak?
A: Enige manier wat jy wil. Dis baie moeilik om 'n betonvloer te kraak.
DIE LEERLING HET 'N F-SIMBOOL GEKRY. EN 'N A+ VIR OORSPRONKLIKHEID.
Hoe ken jy 'n vlieg se geslag?
Die vrou stap die kamer binne waar haar man besig is om vlieë dood te
slaan.
"Hoeveel het jy al doodgeslaan?" vra sy belangstellend.
"Vyf," sê hy. "Drie mannetjie en twee wyfies."
"En hoe ken jy die verskil uit?" vra die vrou.
"Maklik," sê hy. "Drie was op die bierblik, twee op die telefoon."
Die ou tannie gaan na die
spesialis om haar borste groter te laat maak. Na die ondersoek vertel hy
haar van die nuutste tegnologie. Dis glo pompies wat onder die arms
ingeplant word en sodra jy bietjie 'cleavage' wil wys, klap jy net jou
arms soos vlerkies en sie daar jou borste is 'n paar nommers groter.
Heel in haar skik, stem sy in tot die operasie wat toe 'n groot sukses
is. Sy kan nommertjies uitsoek in enige winkel of boutique wat haar
voorheen nooit beskore was nie.
Eendag woon sy 'n 'grand' okkasie by en daar kom 'n 'handsome' omie
aangestap. Sy verdwyn om 'n hoekie en klap haar 'vlerkies' om sommer
mooi 'cleavage' te wys. Skielik vat iemand aan haar skouer; Toe sy omkyk
is dit die einste omie. Hy staan en kap sy kniekoppe teenmekaar en sê
ewe gedwee: "Lyk my ons was by dieselfde dokter..."
st
se pitkos
Klik hier
om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Welkom by hierdie
week se nuusbrief.
Hoe kan ek steeds
hoop hê
Hoe kan jy steeds hoop hê wanneer alle hoop verlore is?
Hierdie is 'n vraag waarmee 'n mens sal worstel wanneer jy terminaal siek is
aan kanker. Dit is die vraag wanneer alles in jou lewe verkeerd loop, jy
alles verloor en met skande en skade voor die hof gesleep word. Dit is die
vraag wanneer jou land in vuur en vlamme en korrupsie opgaan en jy magteloos
daarteen staan. Dit is die vraag na 'n motorongeluk wanneer jy besef jy sal
vir die res van jou lewe in die liggaam van 'n kwadrupleeg vasgevang wees.
Dit is die vraag wanneer 'n geliefde jou verwerp en jy sit met 'n seerkry
wat nie wil weggaan nie. En ja, dis ook die vraag wanneer jy in die
hospitaal sit en sien hoe jou geliefde kind besig is om te sterf. Of jy stap
die saal binne waar jou bejaarde vader, gediagnoseer met Alzheimer se siekte,
sonder uitdrukking in die oë, sit en staar.
Die vraag is inderdaad: hoe kan jy steeds hoop hê wanneer alle hoop verlore
is?
Immanuel Kant (1724-1804) word beskou as die vader van die kritiese
filosofie. Kant was 'n Duitste professor in logika en metafisika aan die
Universiteit van Königsberg. Geen ander denker het waarskynlik meer die
lewens- en wêreldbeskouing van die negentiende en twintigste eeue beïnvloed
as Immanuel Kant nie.
As filosoof het Kant onder andere nagedink (soos filosowe uit die aard van
hul werk maar doen) oor menslike bekommernisse en met sy drie beroemde vrae
na vore gekom:
1. Wat kan ek weet?
2. Wat kan ek doen?
3. Wat kan ek hoop?
Miskien bevind jy jou in 'n situasie waarin jy voel daar is nie meer hoop
oor nie. Alles het verkeerd geloop, dinge is nie meer dieselfde nie,
omstandighede is by omdraai verby, en hiermee saam het jou hoop verdwyn. Hoe
kan jy steeds hoop hê wanneer alle hoop verlore is? Jy sal baie waarde vind
in hierdie drie vrae van Kant,+ in jou omstandighede van hopeloosheid. Maar
dit sal van jou 'n eerlike en diep besinning verg.
Kom ek gee vir jou 'n voorbeeld. Jy het drooggemaak en sit in die dodesel.
Gebruik hierdie drie vrae om oor jou situasie te besin.
1. Wat kan ek weet?
Ek kan weet dat die vonnis wat my opgelê is, is geregverdig. Ek 'n man
vermoor en moet daarom met my lewe boet. Ek kan weet dat ek bloed op my
hande het en ek deur my eie toedoen in hierdie situasie beland het. Ja, ek
kan aan verskeie verskonings dink soos my slegte kinderjare of hoe ek
onregverdig behandel is. Daar was niemand wat na my wou luister en help nie.
Tog uiteindelik was dit my keuse wat ek gedoen het. Ek wens om tyd terug te
draai, maar die realiteit is, hierdie tronksel is die werklikheid van my
situasie.
Ek kan weet dat die dood kom vir elkeen van ons. Dit is die een bestemming
wat jy nie kan ontduik nie.
Ek kan weet dat ek nie meer dieselfde man is wat ek voorheen was nie. Waar
ek altyd met drif en woedebuie gesorg het dat ek my sin kry, het die maande
in die tronk, die vonnisoplegging, geleidelik van my 'n ander mens gemaak.
Hier in die eensame opsluiting kon ek nie meer maak en breek soos ek wou nie.
Gekerker tussen die vier mure het ek tot inkeer gekom en perspektief op my
lewe gekry.
2. Wat kan ek doen?
Hier in die klein sel met sy ysterdeur en die tralies voor die venster, hier
kan ek nie veel meer doen nie. Maar ek kan wel nog iets doen: ek kan 'n
laaste brief skryf. Vir my vrou en my kind. Ek kan hul vergifnis vra. Vir my
vrou sê ek is so ontsaglik jammer vir alles wat ek haar aangedoen het en dat
ek haar werklik liefhet. Vir my seun kan ek sê hoe lief en trots ek op hom
is en dat hy die wêreld vierkant in die oë moet kyk. Ek kan 'n laaste
bemoedigende boodskap skryf aan hulle vir ek die meeste liefhet. Ek kan die
Bybel oopslaan en daaruit lees, en ek kan op die harde sementvloer kniel, en
tot die Here bid vir Sy genade en my lot in Sy hande plaas.
3. Wat kan ek hoop?
Ek kyk deur die tralies en sien die oosterkim verkleur vir die nuwe dag wat
kom. Nog 'n kort tydjie en hulle sal my die gang aflei na die doodskamer.
Met my hande geklem om die koue tralies, kan ek weet, my hoop lê daarin dat
Jesus die Christus gekom het om te soek en te red die wat verlore was (Lukas
19:10). En ja ek was verlore, ek het 'n sondige lewe gelei, maar ek het
bekeer, ek het Jesus ontmoet, en dit is my vertroosting en my hoop. Ek kan
weet dat hierdie nie die einde van my bestaan is nie, want so lief het God
die wêreld (en ook vir my) gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat
elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê
(Johannes 3:16). Dit is waarop ek kan hoop in hierdie situasie waarin geen
hoop is nie.
Ek vertrou dat bostaande voorbeeld vir jou 'n paar gedagtes gee oor hoe om
perspektief in 'n hopelose situasie te kry. Dit verg dat jy werklik diep sal
nadink. Jy sal jou moet verootmoedig voor die Here. Jy sal die leiding van
God se Woord moet soek en die Heilige Gees vra vir vertroosting. Dit is
slegs drie vrae, maar in die soeke na antwoorde, sal jy op 'n geestelike
ontdekkingsreis gaan wat weer vir jou hoop kan bring.
Wat is jou hopelose situasie?
• 'n Huwelik op die rotse
• ? ? 'n Bankkrotskap Finansiële wanhoop
• ? Geen inkomste
• Siekte wat jou liggaam wegteer
• Ouderdom
• Dood van 'n geliefde
• Verwerping deur 'n geliefde
• Tronkstraf
• Vervolging in die hof
• Verkeerde dinge wat jou kind doen
• Verslawing
• Verstandelike gestremdheid van 'n geliefde
• Terminale siekte van 'n geliefde
• Eensaamheid
• Vasgevang in 'n haglike situasie
• Mislukking
• Verlam, in 'n rystoel.
• (Hierdie lys kan nog langer)
Gebruik die drie vrae om jou situasie te ontleed en noukeurig neer te skryf
hoe jy voel en na te dink oor elke aspek. Moenie dit afjaag nie, maar
bepeins dit, en bid daaroor, totdat jy werklik by die kern van die drie vrae
uitgekom het. Niemand kan dit namens jou doen nie. Jy is die een wat jou
situasie, jou vrese en bekommernisse in jou hart en siel, beter verstaan en
ken as enigeen anders.
Mag die genade van die Here met jou wees, sodat jy in jou toestand van
bangwees en hopeloosheid weer hoop sal ervaar.
'n Sprankie wysheid vir die dag
"Dit is wonderlik om te lewe. Die bome bot, al is ons omrign deur rampe." -
Robert Hodgins -
Jy kan inteken op st se
nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na
www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou
naam en eposadres vir my.
Dr ST Potgieter
Sielkundige
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
As jy dalk nog
baie resepte wil hê, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
|
Braai wenke
So maak mens jou braai beter as die buurman s'n:
• Boerewors Ryg boerewors deur 'n sosatiestok met uie tussen in.
• Groente Maak 'n sousie met gelyke hoeveelhede van balsemasyn, suiker en
olyfolie en verf dit gereeld oor jou groente terwyl dit braai.
• Kruie Gooi jou gunsteling kruid op die vuur vir 'n aangename reuk.
• Lam Vir ekstra geur gooi jy klam takkies roosmaryn of lourierblare in jou
halfuitgebrande vuur waarop jy gaan lam braai.
• Mielies Maak 'n pasta van gemmer, rissie, olyfolie, heuning en sesamesaad
en smeer oor mielies.
• Piesang Braai piesang in die skil. Haal af sodra die skil begin swart word
en sit voor met room.
• Piesangblare Was 'n piesangblaar en vou 'n vis toe daarin. Stoom gaar op
die braai, ± 45 minute. Probeer 'n pasta van gemmer, suurlemoensap en
olyfolie op die vis.
• Suurlemoensap Druk vars suurlemoensap oor hoender, groente, vis of lam net
voor dit van die kole afkom vir 'n pikante smaak.
Lekker Vleisies vir die kole
Skaapspit
Ons is bietjie laat met die een, want ons kon nie spitmeester Cobus Swart
kry om te kom verduidelik hoe nie. Uiteindelik het Groot Leeu en Hanz tot
die redding gekom.
Die skaap van jou keuse moes ten minste vir een week gehang het voor hy op
die spit kom. Maak voorsiening vir sowat 450g per persoon.
Jou spit moet stadig draai, anders raak die skaap nie reg gaar nie. Maak die
skaap stewig en op ´n paar plekke aan die spit vas. Hou in gedagte dat die
gaar vleis maklik van die spit kan lostrek.
Jou kole is reg as jy jou hand nie vir langer as 10 sekondes onder die skaap
kan hou nie. In die areas onder die skaap se bene moet daar meer kole wees
as onder die res.
Moet nie die skaap inspuit met ´n sous nie. Verf jou sous oor dwarsdeur die
braaiproses of verf dit oor. ´n 2L plastiekbottel met ´n paar gate in die
doppie werk goed vir laasgenoemde. Sorg dat jou sous ´n goeie oliebasis het.
Sodra die skaap bruin is moet jy verkieslik foelie om die ribbe plaas,
aangesien dit gouer gaar raak as die res van die skaap. Draai die foelie
sommer reg rondom die skaap by sy ribbe.
Die lieslappe sal eerste gaar wees. Sny dit af en bied dit solank aan as ´n
voorgereg aangesien mense geneig is om ongeduldig te raak by ´n spit en die
wat te diep in die bottel gekyk het soms sommer self wil begin peusel.
Jou skaap sal omtrent 5 ure neem voor dit reg gaar is.
Skaapspit
Neem 2 plat gemarineerde hoenders en 1 Vark ribbetjie so groot soos die
skaap se ribbekas.
Maak aan die een kant die 2 hoenders was en aan die ander kant die vark
ribbetjie met die ribbetjies na binne....
So droog die lieste en die ribbetjies nie uit nie ..... en walla daar het jy
sommer hoender en vark ook om voor te sit.........
Varkribbetjie oor kole
Bestanddele:
2 kg varkkortribbetjies ("spare ribs") in porsies gesaag sout en
varsgemaalde swartpeper na smaak
Marinade:
• 2 uie, gekap
• 3 knoffelhuisies, fyngedruk
• 500 ml rooibostee
• 250 ml kookolie
• 250 ml tamatiesous, ontpit
• 250 ml blatjang
• 75 ml Worcestersous
• 125 ml wynasyn of asyn
• 10 ml aangemaakte mosterd
Metode:
• Meng die marinadebestanddele in 'n kastrol.
• Verhit tot kookpunt en prut 'n paar minute lank. Laat afkoel.
• Giet die koue marinade oor die ribbetjies en marineer oornag in die yskas.
• Verwyder die ribbetjie uit die marinade en druk droog met kombuispapier.
• Rooster die ribbetjie 20-25 minute lank oor matige kole.
• Geur met sout en peper.
Bosveld-filet
Marinade:
125ml tamatiesous
60ml Worcestersous
15ml matige blatjang
10ml Franse mosterd
125ml wit wyn
15ml olyfolie
1 knoffelhuisie (gekneus)
1 eetlepel suiker
Ander bestanddele:
Dik filetskywe
speserye na smaak
125ml room
Metode:
• Meng al die marinade-bestanddele en marineer vleis vir twee ure.
• Rooster oor warm kole vir 10 tot 18 minute afhangende van hoe gaar dit
moet wees.
• Strooi speserye na smaak oor.
• Voeg room by marinadesous en verhit effens oor kole. Sit saam met die
vleis voor.
Duiwelsrib
Bestanddele:
Varkribbetjies
1 eetlepel marmite
5 eetlepels suiker
1 eetlepel mielieblom
2 eetlepels asyn
3 eetlepels fyn gekapte gemmerkonfyt
of 2 teelepels gemaalde gemmer
1 huisie gekapte knoffel
Metode:
• Kook ribbetjies stadig in 'n bietjie water totdat die bene uitgetrek kan
word.
• Laat die vleis afkoel sodat jy dit kan hanteer en sny dan in vierkante.
• Meng res van die bestanddele en doop vleisvierkante daarin.
• Rangskik in oondpan en braai bokante bruin onder rooster.
• Sodra die bokante mooi bruin is, draai om en bestryk met nog sous en braai
weer bruin.
• Dit kan warm of koud bedien word.
• Die oorblywende sous word ook bedien, sodat die stukkies vleis aan 'n
stokkie opgelig kan word en weer in die sous gedruk kan word indien verlang.
Lamskotelette
Bestanddele:
12 lamskotelette
75g vars gekapte kruisement
1 teelepel roosmaryn
125g bruin suiker
1 liter asyn
geurmiddels na smaak
Metode:
• Sny meeste vet van die lamskotelette af.
• Meng res van die bestanddele.
• Marineer lamskotelette vir 3 ure in hierdie mengsel.
• Geur lamskotelette en braai op kole of in skottelbraaier.
• Kook en verminder marinade met die helfte. Gooi deur sif en bedien apart.
Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk
hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Resepte, resepte,
resepte
Ek het besluit om sake vir my
te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans)
op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent
enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek
te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar
dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met
hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.
Die prys van die CD is R100 (dis
om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit
Posgeld is R20 vir
geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot
toonbank.
As jy sou belangstel om een
van die CD's te bekom,
klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook
net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die
spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer
stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit
Speed Services oornag toonbank tot toonbank
Hier is die Afrikaanse boeke:
217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se
Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se
Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer
net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1,
Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir
Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille
samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies
Allerlei
Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet,
Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke
omskakelingstabel, Werk van die huis
Hier is die lys van baie ou
Engelse resepte eBoeke
A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922
A Dozen dainty recipes for preparing wartime canned meats - 1920
A Home Guide - or a book by 500 ladies - 1877
Aunt Carolines Dixieland Recipes - 1922
A Practical Dictionary of Cookery - 1200 tested recipes - 1898
Best recipes for baking - pre 1908
Buckeye Cookery and Practical Housekeeping - 1877
Burke's Complete Cocktail and tasty bite recipes - 1936
Catering for special occasions with menus and recipes - 1911
Diabetic Cookery - recipes and menus - 1917
Fifty Choice Recipes for Spanish and Mexican Dishes - 1905
Fifty valuable and delicious recipes made with corn meal - 1917
Heart of the Wheat - a book of recipes - 1910
Hospitality - recipes and entertainment hints for all occasions - 1922
Hotel Management - quantity food recipes
Household hints and recipes - 1877
Ice Cream - practical recipes for making ice cream - 1886
Information for everybody - 1859
Jane Hamiltons Recipes - 1909
Just the thing - dainty dishes at small cost - 1899
Larger cookery book of extra recipes - 1891
Leather Manufacture - 1891
Light entertaining - a book of dainty recipes for special occasions - 1910
Mom's Cookbook
On Uncle Sam's Water Wagon - 500 recipes for delicious drinks that can be
made at home - 1919
Our candy recipes - 1919
Practical Household Cookery - 1000 recipes - 1891
Preserves and Pickles - 1912
Recipes - dainties, salads and clever hints - 1919
Recipes for the preserving of fruit vegetables and meat - 1908
The Candy Maker's Guide - 1896
The Housekeeper's Friend - 1897
The Hygenic Cookbook - 1881
Tried and Tested Recipes - 1921
Two Hundred and Seventy Five Wartime Recipes - 1918
Two hundred recipes for cooking in casseroles - 1914
Two hundred recipes for making desserts - 1912
War Time Cookery - 1917
Wheatless Recipes - 1918
Wrinkles and Recipes, including farming and household hints - 1877
Hier is die Engelse resepte:
FunkyMunky
Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of
Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes
in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go
camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at
your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie
Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special
holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all
ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes
from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's
assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the
chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two
of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of
mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for
appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all
here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!
Bonus eBooks
Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food
Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns
Everything you wanted to know about making, marketing and selling your
crafts.
Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies,
myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.
10,000 Dreams Interpreted
Al my nuusbriewe is
op hierdie bladsy beskikbaar:
http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Elke nuusbrief sal
voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.
|
|