http://www.playeuromillions.com/af/home.html

Ek staan op vir Afrikaans!
Jou ma se taal!
 

Nommer 175

Besoek my Webwerf

15 Oktober 2012

 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die Argiewe, meeste van die ou nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur daar af.

Ek stuur ook 'n Engelse brief uit, elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek, gaan kyk gerus en laai na hartelus af.

Teen die tyd dat ek die volgende brief uitstuur was ons al 'n week by Ballito gewees, julle sal my elke oggend voor sonop en ook net voor sononder op die strand kry, besig om fotos te neem! Vir my is daar geen laatslaap gedurende vakansies nie.

Die pasella hierdie keer is die eerste van drie dele alles oor hoe om bazaar lekkers te maak. Gaan kyk gerus onder by die pasella afdeling en laai die eBoek af.

Die resepte is weer 'n hele mengelmoes uit my argiewe uit, gaan kyk gerus by die resepte afdeling.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Teken hier in op die nuusbrief: http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief.html

Kontak my per epos: peter@peterjasie.co.za

Jou eposadres verander?

Doen dit sommer self, klik hier. As jy nie internet toegang het nie, stuur my epos met jou ou en nuwe adres.

My Resepte eBoek samestelling op CD

Bo en behalwe die Afrikaanse en Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke is sal jy die boeke regtig interessant vind.

Gaan kyk onder vir 'n lys van die ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.

Soekblokkie

Peterjasie in Woord en Beeld

Ek het van my stories en fotos in een dokument saamgestel, dis lekkerlees Afrikaans en 'n versameling van my fotos. Ek wil dit graag wyd en syd laat versprei. Dis heeltemaal gratis al wat jy hoef te doen is om op die skakel te regs klik en dit af te laai (om en by 4MB) Peterjasie in Woord en Beeld

Stuur sommer aan die mense op jou poslys ook wat dit mag geniet. Dit kan ook 'n lekkerlees geskenk wees.

Gatvol

ons is gatvol
lizette snyman

onder die blou van onse hemel
staan die president se straler
200 miljoen om sy kaias mooi te maak
en die volk loop kaler en kaler

plaasgrond lê soos wit olifante
onbewerk en ongeploeg
ons betaal belasting en hou ons bekke
ons is gatvol, ons is moeg

die paaie is vol potholes
malema verduister tendergeld na sy tribe
spietkops kan nie behoorlik skryf nie maar jy kan loskom met ń bribe

ń bees word barbaars keelaf gesny
terwyl zuma wééreens trou
pap en vleis vir die paartie
in tradisionele drag, sy vyfde vrou

plakkerskampe by die duisende
skiet op sommer so oornag
almal kry gratis water
en steel by eskom krag

ek werk met kriminele
poligraaf elke liewe dag
sien die haat in hulle oë
wat steel en moor en verkrag

skuins voor Potgietersrus
staan plaasmoord-kruise geplant
ń hele berg vol daarvan
ons is níks in moedersland

ek dank weer die Here
vir goeie gene en gesonde verstand
ek kan alles bereik in die lewe
sonder om klip te gooi en te brand

Die ou man en sy pyp
 

 

Die Ou Man en sy Pyp
 
As die ou oë so stil, starend in die verte kyk,
gedagtes daar . . . waar die horison teen die blou lug wyk.
Dan voel hy ingedagte oor sy sakke
opsoek na sy kromsteel pyp.
 
Rustig word dit teen die skoensool uitgeklop.
Dan netjies uitgekrap met sy mes.
'n Vinnige blaas raak ontslae van kooltjies en as;
'n Harde skud, van olie wat in die pypsteel was.
 
Versigtig word die twaksak se lyntjie los gewoel.
Tussen duim en wysvinger word die twak gerol en bevoel.
Dan word daar snuiwend, deeglik aan geruik -
Hy is tevrede, dis sy twak wat hy altyd gebruik.
 
Die ou man begin nou die pyp op sy gemak te stop.
Met die duim word die pyp vol twak geprop.
Vuurhoutjies word getrek - die pypsteel gesuig . . .
Om die twak brand te maak, word 'n bakhand oor die pyp gebuig.
 
Die eerste skuiwe trek hy diep, proe -proe in . . .
Die ou pyp en twak is vandag so reg na sy sin!
Dralend trek yl draadjies rook voor sy gesig verby -
Ingedagte, met skrefies oë, sit die ou man en lekker kry!
 
Salome Arnott - Julie 1989

In Beeld

Ek het ge eksperimenteer deur wierook af te neem en toe rondgespeel met die resultaat, nogal interessant, dink ek!

Pasella

Die pasella hierdie keer is 'n eBoek met resepte vir bazaar lekkers. Hierdie is deel 1, nog 2 dele volg in volgende nuusbriewe. Regs klik hier om die eBoek af te laai

Geskiedenis van Boeremusiek — 'n Oorsig — 1700 ~ 2004

Klik hier om die artikel te lees.

Lekker lugkastele bou - Oorsese Lottos

Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy?

Hier is die lys van beskikbare Lotto s en die huidige boerpotte:

Powerball US $86,000,000
SuperEnaLotto EU €21,800,000
MegaMillions US $22,000,000
MegaSena US $21,300,000
EuroMillions EU €15,000,000
UKLottery UK £9,300,000
ElGordo EU €7,800,000
SuperLottoPlus US $10,000,000
FranceLoto EU €5,000,000
OzPowerball US $2,900,000

Sjoe, dis darem maar groot geld!

Facebook

Ekke is ook op Facebook,  kry my by www.facebook.com/Peterjasie

Afrikaanse Gedig

Aandmymering - A D Keet

Dis stil... Geen blaartjie roer en die hele werf,
Rus sag in die skoot van diepe vergetelheid.
Die dag is dood en le begrawe - stil.
Soos op Sabbat-morens 'n tortelduif
die stilte nog stiller maak deur af en toe te koer en dan te swyg -
so kan jy hoor, daar onder by die voor waar nou net modder van vroeere strome vertel
Hoe die paddatjies die ontsagtelike stilte verstoor
Hulle kwik en kwek en kwaak, dat dit kraak!
Om dan weer almal op te hou - ineens!
Maar nie vir lank nie;
ontevrede bid en soebat hulle vir reen - hulle ween, en gaan dan slaap, vermoeid en uitgeput
Ver in die veld gaan 'n kiewiet skreeuend tekeer!
Hy vlieg op en neer, heen en weer,
verskrik deur 'n jakkals se tjank in sy buurt...
Dis roerloos stil. En die sterre, O God - die sterre!
Hoe mooi is die firmament versier, en uitgetooi,
asof daar altyd feeste word gevier, Daar bo in die hemel
ver - ver van hier.

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Zalome - Afrikaans op die net

Zalome is nog iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.

Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang, doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).

AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com

AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com

Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier 

Nick Stander - Die Boemelaar

Ek hou nie van "Private Number" oproepe nie, en dit moes seker so geklink het toe ek antwoord.  Die stem aan die ander kant praat dus nie storietjies nie, maar kom dadelik tot die punt:
 
"Kan ek u asseblief kom sien?"
 
"Seker ja, waaroor gaan dit?"
 
"Ek sal maar verduidelik as ek u sien."
 
"Wie praat nou?"
 
"My naam is Nick Stander.  Ek het u nommer gekry deur die stukkie wat u in Pretoria News geskryf het."
 
"Nou goed, uhm, hierdie week is rof.  Vrydag dalk?  Sommer by Greenfields...  Castle Walk?"
 
Hy huiwer nie, en ons spreek die tyd af.
 
Toe ek sy naam op my sel-foon kalender intik, wonder ek of hy dalk versekering verkoop.
As dit so is, gaan dit 'n baie kort gesprek wees.  Dalk hou hy nie van dit wat ek geskryf het nie.  Dan ook maar soos dit is...
 
Vrydag vra Rethea my oudergewoonte uit wie ek sien die dag.  "Een of ander 'Nick Stander'.  Weet nie wie dit is nie.  Bel maar die polisie as ek nie van my laat hoor nie..." grap ek sarkasties. My gedagtes is by alles wat nog moet gebeur voor die jaar eindig, terwyl ek na die koffieplek ry.  Ek klim haastig uit, en stap na die trappe.  'n Stem agter my laat my stop.
 
"Dries Lombaard?" Ek draai om en is verbaas om die persoon voor my te sien.
 
Netjies, maar eenvoudig aangetrek, met 'n plastieksak in sy hand.  "Nick?"
 
Ons groet mekaar, en ek stel voor dat ons koffie gaan kry binne.

Ons gaan sit, en ek maak een of ander verwysing na die weer.  Hy beam dit.  Ons bestel koffie - hy stem met 'n knik van die kop in om dieselfde as ek te kry nadat ek bestel het.

"Eintlik wil ek net raad vra." begin hy dadelik.  Hy vertel my van 'n sake konsep waar mens sjokolade en vorms koop by 'n fabriek in Johannesburg, en dan jou eie sjokolade vormpies maak wat jy verkoop.  Daar is tans vorms vir sokkerballe, met die komende wereldbeker in gedagte.  Hy wil dit graag doen.  Maar daar is iets waarvan hy onseker is...  en dis waarom hy my opgesoek het.  Hy wil weet hoe hy kan weet of so iets sy 'roeping' is, en of dit bloot 'n begeerte is na sy eie doelwitte...  soos materialisme.

Ek sit aandagtig en luister (iets in hierdie man "intrigue" my), maar ek voel asof ek nie die kloutjie by die oor kan bring nie....

"Nick, kan ek jou net 'n paar vrae vra.  Ek is deurmekaar.  Waarom, en hoe het jy by my uitgekom om spesifiek dit te vra?  Ek meen, ek is mos nie 'n besigheidsman nie.  Vertel my net bietjie meer van jouself?"

Nick lyk vir 'n oomblik ongemaklik, maar kyk my dan reguit in die oë, en antwoord: "Meneer, ek het die stukkie gelees wat u in Pretoria News geskryf het, die stukkie oor "Abilities and Responsibilities".  ( Ek onthou die stukkie. Ek skryf een maal 'n week 'n kort stukkie wat dan as deel van 'n vriend se onderneming se advertensie geplaas word.)
 
Hy praat verder.  "In daardie stukkie skryf u dat elke mens sekere "abilities" het, maar dat dit ook beteken jy het "responsibilities".  En ander mense het daardie selfde verantwoordelikheid om ander se vermoëns te erken."
 
Ek knik instemmend terwyl ek terugdink aan die stukkie.  Nick sluk aan sy koffie, en praat verder.  "Ek het baie nagedink daaroor, en het begin wonder hoe ek sou weet wat dan my roeping werklik is, en hoe ek dit sou kon onderskei van die selfsugtige begeerte om byvoorbeeld net geld te maak."
 
"Het jy ander hieroor gevra...  ek bedoel, jy het seker met ander mense ook gesels?" wou ek weet.
 
"Ek het probeer, meneer, maar..." hy huiwer, kyk my in die oë Dit voel vir my asof hy probeer peil of hy maar mag sê wat hy dink.  Ek knik om hom gerus te stel.
 
Hy gaan voort: "...  meneer, die ding is, ken meneer kerke?" Sy vraag gooi my effe.
 
"Ek dink so, Nick.  Waarom?"
 
"Meneer, kerke...  of liewer, die meeste kerke, het tralies om.  En ken meneer pastore en dominees?"
 
Ek antwoord nie...  wag dat hy self antwoord.
 
"Pastore en dominees is baie besig, meneer.  Hul het nie tyd vir gesels nie, veral nie as jy nie 'n lidmaat is daar by hulle plek nie."
 
"Nou Nick, wat van jou pastoor of dominee dan?" vra ek.
 
"Nee meneer." Hy sluk weer sy koffie.  "Meneer, kan ek maar eerlik wees?"
 
"Asseblief Nick."
 
"Meneer, eintlik het ek 'n probleem gehad vir lank.  Vir 18 jaar lank Ek was 'n alkoholis.  En vir die laaste 8 jaar was ek op straat."
 
Skielik maak die prentjie van die man by die trappe, met die enkele sak in sy hand, vir my sin...
 
"Maar so maand of wat gelede het 'n ding met my gebeur.  Op straat bedel ons mos maar.  En ek het gebedel vir ietsie by iemand, daar by die Uniegeboue Die man vra toe vir my of hy vir my kan bid.  Christene doen dit, ons ken hulle al.  Hulle wil vir jou bid eers, voor hul jou iets gee.  So ons laat dit toe.  Hulle bid ook almal min of meer dieselfde.  Hul bid dat die Here jou siel sal red, en hulle bid dat ons van die drank verlos sal word.
 
Daar is al honderde kere vir my siel gebid.  Ek het honderde kere sogenaamde 'oorgawes' gemaak.  Bid net agter hul aan.  Nooit verstaan wat dit beteken nie, maar ek sorg net dat ek hartseer en ernstig lyk, en dan gaan hul baie opgewonde daar weg.  Afgetick in hul boeke.  Daar is ook al honderde kere gebid dat die drank my sal los, en ek die drank sal los.  Sodra hul egter weg is, haal ons die bottels uit en drink verder..."
 
Die kelnerin onderbreek ons vir nog koffie.  Sy los ook spyskaarte op die tafel.
 
"Wil jy iets eet, Nick?" vra ek.
 
"Nee wat meneer, dis reg.  Net koffie."
 
Ek besef dat ek iets moet vra.  "Nick, wanneer laas het jy geëet?"
 
Hy kyk af.  "So drie dae gelede, meneer."
 
Ek is stil.  My siel staan stil.  My gedagtes ook.
 
"Kom ons eet iets", sê ek.  Nick blaai versigtig deur die spyskaart.
 
"Ek gaan steak en chips eet.  Vir jou ook?"
 
Hy knik dadelik sy kop.  "Ja baie dankie."
 
Ons bestel, en ek vra hom om verder te vertel.
 
"Die man bid toe vir my, maar hy bid nie soos die ander nie.  Hy bid verkeerd."
 
"Verkeerd?" vra ek.
 
"Ja, hy bid nie vir my siel nie.  Ook nie vir my dronk lyf nie.  Ek was half dronk, maar ek kon hoor hy bid anders.
Hy bid dat die Here my moet genees van my depressie.  Toe hy dit sê, toe kyk ek hom skeef.  En toe hy klaar is, toe sê ek vir hom: "U het verkeerd gebid.  Ek's nie depressief nie."
 
Maar hy het net geglimlag en dit daar gelaat.  Toe is hy daar weg.  En ek het verder gaan drink."
 
"Die volgende oggend het ek wakker geword, en nie dadelik lus gevoel vir drink nie.  Maar dit gebeur soms. Eers later die oggend het ek agtergekom dat ek steeds nie lus het vir enige drank nie.  Dit was vreemd.  Maar ek het geweet dit sal verander as ek bewerig gaan begin raak, die middag se kant.
 
Maar die middag, en die aand, het gekom, en die bewerigheid het nie gekom nie.  Die ander het my vreemd aangekyk dat ek nie gedrink het nie.  Ek het nie geweet wat aangaan nie.  Vir die eerste keer in 18 jaar het ek gaan slaap sonder dat ek die dag enige alkohol gedrink het..."
"Die volgende oggend was die lus steeds weg.  En vir die eerste keer in jare was ek werklik nugter, en kon ek nugter dink.  En ek het gedink, en gedink, en gedink.  Oor myself, my verlede, my toekoms, oor God."
 
Die kos kom, en ek kan sien Nick is effe oorweldig deur die groot T-Been in sy bord.  Terwyl ons eet vertel, Nick verder: "Ek het besef dat die gebed die vorige dag werklik my genees het van alkoholisme.  Ek wou nuut begin.  Ek wou God dien.  Ek het besef dat daar 'n paar dinge is wat drasties sal moet verander in my lewe.  Eerstens moes ek ophou bedel.  En as mens nie bedel nie, lei jy honger." Hy eet heerlik tussendeur die gesels aan die steak, en ek besef net weer hoe maklik dit vir my was om dit te bestel, en hoe lanklaas ek werklik honger was.
 
Ek het begin werk soek.  Vaste werk.  Werk met 'n toekoms.  Maar dit bestaan skaars.  Tussendeur was jy 'n kar, of sny jy iemand se gras.  Maar werk is daar nie.  Veral nie as mens Kleurling is nie...  want ons is min hier in Pretoria, en die swartes vertrou jou nie, en die witmense ook nie.  Dis toe dat ek na die Staatsbiblioteek toe is, om die koerante te begin deursoek vir werksgeleenthede...  enige geleenthede.  Daar het ek aan die sjokolade-besigheid idee gekom.  En daar het ek die stukkie gelees wat u geskryf het."
 
"Nick, jy het begin om te verwys dat dit moeilik was om by kerke uit te kom?" vra ek.
 
"Ja, meneer, ek kom nou juis by daardie deel van die verhaal.  Nadat ek aan die sjokolade idee in die koerant gekom het, het ek dit begin navors.  Ek het selfs Johannesburg toe geryloop en self met die vrou daar gaan gesels.  Sy het my als gewys en verduidelik.  Maar ek het nie net koerant gelees in die Biblioteek nie.  Ek het die Bybel gelees ook.  En ek het baie vrae gehad.
 
Baie.  Soos die een oor my roeping...  wat God met my sou wou maak, noudat Hy my genees het.  Hoe hy my kon gebruik.  Hoe ek 'n verskil kon maak aan ander, en my lewe op koers kon kry."
 
Die kelnerin kom haal ons borde.  Nick is nie klaar nie.  Hy eet stadig.
 
Ek kry 'n SMS.  Dis Rethea.  "Leef jy nog?" vra sy.  Ek antwoord eenvoudig met 'n J simbool.
 
"Die kerke het tralies om, meneer.  Dis veral baie moeilik as mens regtig net wil raad vra.  Hul gee kos, klere soms. Baie probeer help, maar so as 'outreach'.  Hul wil nie gesels nie.  Hul het nie tyd nie.  Vir raad lyk dit my, moet jy afsprake maak, en lidmate kry nogals voorkeur. So kom ek by een kerk daar in die stad, en ek lui die interkom by die hek.  'n Vrou antwoord.  'Kan ek asseblief met 'n pastoor of 'n counselor praat?' vra ek haar."
 
"'Soek jy kos?' vra sy my.
 
"'Nee, ek vra vir 'n pastoor of 'n counsellor.  Ek soek raad.' "'Soek jy berading?' "'Nee, mevrou, net raad.' "'Man, hier is niemand wat jou kan help daarmee nie!' "Voordat ek dink wat ek sê, vra ek haar toe: 'Maar kan ek dan met Jesus Christus praat, 'seblief?' "Vies antwoord sy: 'Man, moenie laf wees nie!  Hy's nie hier nie.....' "Meneer, toe ek daar wegstap, toe besef ek, sy is reg.  Hy is nie daar nie."
 
Nick is klaar geëet.  Ek is regtig aangeraak deur sy verhaal sover.  Hy neem 'n slukkie van sy koeldrank.
 
"Nick, hoekom het jy juis besluit om my te kontak, net na aanleiding van daardie kort beriggie?"
 
Hy glimlag, en bly 'n rukkie stil.
 
"Saans, daar op straat, is daar 'n roetine.  Ons kom bymekaar en deel wat ons het om te eet, en wat ons drink.
Hier by sewe uur raak dit stil, en draai iemand die radio harder.  Dan luister ons almal nuus.  En net na die nuus, luister ons na ons dominee.  Stephan Joubert, van die 'ekerk', se hul altyd.  Ons geniet die man se gesels oor God, want dis asof hy met ons praat.
 
Baie keer bespreek ons dit na die tyd, so deur die gedrinkery deur, totdat die drank begin praat.  Ons wonder ook oor die 'ekerk'.  Toe sê iemand een aand dis nie 'n regtige kerk nie, dis 'n internet kerk."
 
Ek is verstom, want nooit het ek gedink mense op straat luister intensioneel na die aand oordenking nie.  Wys jou net my vooropgestelde idees...
 
"Nou, ek weet nie van hoe 'n internet kerk kan werk nie, maar toe ek die stukkie lees, toe sien ek u naam daar staan, en en sien daar staan 'ekerk' by En ek besef, dis ons dominee se internet kerk.  En dit tref my!
 
As dit 'n kerk sonder geboue is, is dit net dalk 'n kerk sonder tralies. 
En miskien het daardie ouens tyd vir luister.
Dalk kan iemand daar vir my raad gee..."
 
Nick Stander is sederdien ons gesin se gas in ons huis.  Intussen het hy klere, 'n selfoon en 'n skootrekenaar gekry by verskeie mense aan wie ek sy storie vertel het.  En ons by Ekerk het besluit om met hom 'n pad te stap om sy talente te help ontdek, en hom op te lei in iets waarmee hy werklik tot die lewe van produktiwiteit kan terugkeer.  Ons sal sien waarheen dit lei...  maar ons glo aan verhoudinge as die vertrekpunt vir enige hulp.  Aan vriendskap ..
 
Die stories wat Nick saans aan tafel vertel, is ongelooflik.  Anderdag sê ek vir Rethea dat die kinders meer by hom geleer het al, as wat enige Sondagskool klas ooit sou kon.  En ek.  Ek leer daagliks by die man.  Ons het sommer vinnig werklik vriende geword.  'n Paar dae nadat hy by ons kom bly het, sê hy eendag vir my: "Dries, wat my lewe verander is nie die dinge wat julle vir my doen of vir my gee nie.  Ek waardeer dit ongelooflik baie.  Maar wat my elke keer soos 'n tsoenami tref, is dat julle my van die eerste oomblik af in liefde ontvang het, en hoe jul my sonder rede vertrou het.
 

Baie mens het my al probeer help, en ek was gewoonlik te dronk om iets met daardie hulp te maak.  Maar niemand het my nog ooit vertrou nie.  Julle neem my, 'n vreemdeling, van die straat af in jul huis.  Dit maak nie sin nie."
 
Toe verduidelik ek vir hom dit wat Stephan Joubert altyd na verwys as "veilige heiliges".  En dat dit meestal 'n term is waaroor ons almal instemmend glimlag as hy dit noem.  Maar dat dit nie werklik ons lewens prakties raak nie.  Dit klink net mooi en oulik...  en reg.  Want ek het besef, ek en my gesin is ook 'n kerk agter tralies.  En ek is ook te besig vir mense met stories en verhale.  En dat hy my weer die geleentheid gegee het om die evangelie te herontdek as die gevaarlike boodskap wat dit is.  En dat die Here hom gebruik om ons gesin se lewe te verander...

Vriende

Sommige mense kom ons lewens binne, laat voetspore in ons harte en daarna is ons nooit weer dieselfde nie. -  Franz Schubert

Baie gee te kenne dat hulle getrou is, maar wie kan 'n werklik betroubare mens vind? -  Spreuke 20:6

Kom ons dank God vandag vir die wonderlik gawe van vriendskap - vir mense met 'n spesiale plekkie in ons harte sonder wie die lewe soveel armer sou wees.

'n Vriend ken die lied in my hart en sing dit vir my as my geheue my in die steek laat.  - Donna Roberts

Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een valomdat hulle werklik die beste vir ons soek.

Hou 'n groterige begraafplaas agter in jou erf waar jy die foute van jou vriende kan begrawe.  - Henry Ward Beecher

Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.  - Kolossense 3:13

Goeie vriende mag jou ook soms teleurstel, maar dit hoef nie die einde van die verhouding te beteken nie.

Ware vriendskap het ruimte vir die hele persoon, die goeie en minder goeie als ingesluit. Vandag mag dit my beurt wees om terug te staan, te verdra, te vergewe; môre moet ander my weer dra.

Glimlag

Gatiep se seun word die dag 18 en hy gaan haal al vandat hy sewe jaar oud is sy onderhoudsgeld by sy pa.
Toe hy daar kom se sy pa vir hom: "Djy is nou 18. Djy moet aseblief vir djou ma sê dat ek het nou klaar vir djou support betaal het. Dan kyk djy hoe drop ha' gesig."
Hy kom toe by sy ma en se: "Pa se ek moet vir djou se hy gaan nie meer betaal nie want ek is nou 18, en dan moet ek kyk hoe drop djou gesig."
Die ma antwoord toe: "Man, loep se djy vir dai sleg tjoep hy is nie eers djou regte pa nie! Dan sien djy hoe drop sy gesig!"

Na aanleiding van die skokkende berig dat   ons polisiemag net een derde van die foonoproepe beantwoord, word vertel van ’n radelose vrou wat die polisie vir die honderdste keer bel en toe uiteindelik deurkom.
Uitasem vertel sy hulle van haar dilemma.
Sy het haar man vyf dae gelede gestuur om  te gaan uie en aartappels koop en hy is nog  nie terug nie.
Na ’n wyle se stilte kom ’n stem van die  ander kant af: “Eish, ma’m, but why don’t  you cook something else?”

       
"Wel," grom die sammajoor vir die rofie, "as  jy klaar is met die weermag sal jy seker nie  kan wag om op my graf te pee nie."
"Nee, sammajoor," antwoord die kerel, " ek   gaan nooit weer in 'n lang tou staan nie.

Die ouma en haar kleinseun doen  inkopies. By die kassier vererg die  ouma haar vir die seun en skree op hom:
“Diploma,gaan sit terug die lekkergoed en bring die suiker!”
Verward kyk die kassier na die ouma en vra:
“Is sy naam regtig Diploma?”
“Ja,” se die ouma. “Ek het my dogter kollege toe gestuur, en dit is waarmee sy teruggekom het!”

As ek ooit wegraak moenie my foto op 'n melk boks sit nie, Plak hom
eerder op 'n Box Wyn (Rooi), Old Brown Sherry, Nederburg Cabernet, KWV
5 Jaar, Chivaz Regal of Black Label
Die mense wat ek ken, drink nie melk nie.

Van der Merwe stap op die strand naby Knysna en tussen die duine ontdek hy 'n olielamp.
Hy vryf die lamp en daar verskyn 'n gees.
"Wat is jou wens, Meester?" wil die gees weet.
Van der Merwe dink diep. "Die meeste van my familie en vriende woon nou in Australië. 
Ek wil graag 'n brug tussen Suid-Afrika en Australië hê, sodat ek so af en toe vir 'n naweek kan oorry om te gaan braai."
Die gees in die lamp skud sy kop.
"Dis 'n vreeslike wens. Weet jy hoe lank so 'n brug sal moet wees? Die hoeveelheid beton wat nodig sal wees om dit aan die bodem van die see te anker? Die tienduisende kilometer staalkabels om die ding regop te hou? Die miljoene lampies om dit in die nag te verlig? Wil jy nie die saak goed deurdink en iets anders kies nie?"
Van der Merwe dink weer. Daar is nie regtig iets anders wat hy wil hê nie.
Dan vra hy sommer: "Ek wil vroumense kan verstaan. Ek wil kan weet hoekom hulle huil wanneer hulle huil, hoekom hulle kwaad is wanneer hulle kwaad is en hoekom hulle stilstuipe kry."
Die gees oorweeg die saak vir 'n oomblik en vra dan: "Moet die brug twee of vier bane hê...?"
 

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Doeltreffende Tydsbestuur
Die begrip van tydsbestuur is 'n ingeburgerde term wat wyd gebruik word.Tyd is die een kommoditeit wat aan almal in gelyke hoeveelheid gegee word. Ons almal het een ding in gemeen, naamlik: elke dag ontvang ons 'n gratis vier-en-twintig uur. Hierdie ure kan jy nie opgaar, spaar, bank of bêre om later te gebruik nie. Jy het net twee keuse: óf jy kan jou ure oordeelkundig gebruik óf jy verkwis dit.
Tydvermorsing is een van die grootste frustrasies in die werkplek. Vra maar vir 'n entrepreneur of besigheidseienaar hoe hy voel wanneer sy dag onproduktief verloop. In die woorde van Bejamin Franklin: "Tyd is geld."
Vir enige eienaar, bestuurder en entrepreneur is die vraag altyd: hoe kan ek goeie tydsbestuur uitleef en ook sorg dat my werksmense goeie tydsbestuur handhaaf?
Miskien moet 'n mens hierdie vraag net eers herbedink, voordat ek probeer om dit te beantwoord. Ons kan nie veel doen aan tyd self nie. Meedoënloos tik die sekondes verby, sekondes wat minute en ure word, en ure wat dae word en dae wat weke word. Ons kan tyd nie keer of anders laat verloop nie. Ons kan tyd inderwaarheid nie bestuur nie, want ons het nie beheer oor tyd nie. Ons moet leer om ons self te bestuur in terme van tyd. Slegs wanneer ons onsself reg bestuur kan ons tyd tot ons beskikking meer effektief gebruik.
Kom ons gebruik egter die term tydsbestuur en kyk na wenke hoe om dit te verbeter:
·        Sorg dat jou werksomgewing georganiseerd is.

·        'n Daaglikse beplanningsrooster met bepaalde doelwitte.
 
·        Doen belangrikste take eerste en handel dit af.
 
·        Moenie uitstel om 'n taak te doen nie. Om Madame Necker aan te haal: "Uitstel van klein pliggies lei tot groot probleme." Wanneer dit wel gebeur dat jy nie onmiddellik aandag aan 'n saak kan gee nie, moet jy dadelik herskeduleer.
 
·        Fokus op een saak op 'n keer. Doen een ding op 'n keer en doen dit goed. Beweeg dan aan na die volgende taak. So is jy meer effektief en kry jy veel meer gedoen.
 
·          Beheer tydstelers effektief in die werkplek. Dit is dinge soos:
-         Onnodige praatjies van ander werkers en besoekers
-         Telefoon wat kort kort jou werk onderbreek
-         Kommunikasie wat vaag en onduidelik is
-         Persoonlike disorganisasie
-         Te veel koffie- en rookbreke
-         Onvoldoende inligting
-         Swak beplanning
-         Internet
-         Hanteer dinge op 'n krisisbestuur-styl
-         Uitgerekte vergaderings
 
·        Leer besluitnemingsvaardighede aan. Werkers wat nie kan besluit nie mors tyd.
 
·        Leer om te delegeer. Jy hoef nie alles te doen nie. Weet wat is jou prioriteitstake en doen dit.
 
·        Leer om "nee" te sê wanneer nodig.
 
·        Gebruik tegnologie om tyd te bespaar.
 
·        Leer strategieë en tegnieke aan om take en prosedures vinning, effektief en korrek te hanteer en af te handel.
 
·        Skakel die telefoon af en sê vir die sekretaresse jy wil nie onderbreek word nie. Dit is veral belangrik wanneer jy tyd nodig het om te konsentreer op 'n projek en onderbrekings jou aandag steur.
 
·      Gebruik ook die klein tydjies produktief. Volgens Ingvar Kamprad: "Jy kan so baie doen in tien minute se tyd. Tien minute wat verby is, is vir altyd verby. Breek jou lewe op in eenhede van tien minute en offer so min as moontlik van hulle op in betekenislose aktiwiteite."
 
·        'n Groot tydsverkwister in die werkplek is onbekwame en ongemotiveerde werkers. Daarom behoort opleiding van personeel prioriteit te wees. Werkers se motivering moet gereeld gemonitor en prosedures in plek te wees om dit te hanteer.
 
·        Leef jou lewe met balans. Kry genoeg rus in, ontspan buite die werkplek, 'n sosiale lewe vir afwisseling en sorg vir voldoende fisiese oefening. Dis oormoeg werkers wat lusteloos en tam raak, en later nie meer die krag en motivering het om hul tyd effektief in die werkplek aan te wend nie.
Tydsbestuur is 'n kernaspek wanneer dit kom om 'n besigheid meer vaartbelyn, doelgerig en optimaal funksionerend te maak. Dit was Jim Rohn wat gesê het: "Tyd is meer waardevol as geld. Jy kan altyd meer geld kry, maar jy kan nie meer tyd kry nie."
Tydsbestuur is binne die bereik van elkeen. Dit begin egter by 'n besluit wat jy neem. Leer eerstens die vaardighede van goeie tydsbestuur in jou eie lewe aan. Wanneer jy dit persoonlik bemeester sal jy tydsbestuur met groter selfvertroue en effektiwiteit ook in jou beroepslewe en werkplek kan implementeer.
 
'n Sprankie wysheid vir die dag
"Ek stel voor jy sien om na die minute, want die ure sal na hulself omsien."- Lord Chesterfield

Jy kan inteken op st se nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 
Nuusbrief argiewe

As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke.

 

 

Nog skakels

Lees

Eet

Kyk

Lag

Ry

Speel

 

 

 
Resepte

Kerriemaalvleis

15 ml olie
1 ui, gehalveer en fyn gesny
5 ml kerriepoeier
250 g beesmaalvleis
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1 blik (410 g) kerriegroente
2 aartappels, geskil en in skywe gesny
60 ml gerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n oondvaste bak of vier individuele bakkies.

Verhit die olie en braai die ui tot sag.
Voeg die kerriepoeier by en roer oor die hitte tot geurig.
Voeg die maalvleis bietjie vir bietjie by en braai tot bruin.
Geur met sout en peper na smaak.
Voeg die kerriegroente by en maak deurwarm.
Skep die vleismengsel in die gesmeerde bak of bakkies.
Pak die aartappelskyfies bo-op en sprinkel die kaas oor.
Bak vir 30 minute of tot die aartappel sag en die kaas goudbruin is.
Genoeg vir 4 mense.

Spekrolletjies

6 varkfilette
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
30 ml heelkorrelmosterd
30 ml botter
1 ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
6 bruin sampioene, fyn gekap
30 ml vars pietersielie, fyn gekap
250 g Enterprise Traditional Picnic Ham, in klein blokkies gesny
100 ml mozzarellakaas, gerasper
250 g Enterprise Streaky Bacon
30 ml kookolie

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Plaas die varkfilette op ’n kapplank of enige ander plat oppervlak en kap dit platter met ’n vleishamer of die rugkant van jou hand.
Geur met sout en vars gemaalde swartpeper en smeer elke filet met heelkorrelmosterd.
Smelt die botter in ’n pan en braai die ui en knoffel tot sag en geurig.
Voeg die sampioene en pietersielie by en laat prut tot die water verdamp het.
Voeg die stukkies ham by en roer 1 minuut.
Verwyder die pan van die hitte en laat die mengsel afkoel.
Skep ’n lepel vol van die mengsel in die middel van elke filet, voeg ’n bietjie mozzarellakaas by en rol toe.
Draai elke gevulde filet met ’n repie spek toe en steek dit met ’n tandestokkie vas.
Verhit die kookolie en braai die rolletjies goudbruin.
Plaas die gebraaide rolletjies in ’n oondvaste bak en bak 10 tot 15 minute of tot gaar.
Sit voor saam met romerige kapokaartappels.
Genoeg vir ses mense.

Geroosterde tamatie-en-pesto-tertjies
Deur Bernice van der Merwe Dinsdag 12 Oktober 2010


400 g kersietamaties, gehalveer
30 ml olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper
1 rol Today Puff Pastry (400 g)
4 eiers
200 ml melk
50 ml basiliepesto
100 ml parmesaankaas

Voorverhit die oond tot 200 °C.
Sprei die tamaties in ’n oondpan uit en besprinkel hulle met olyfolie, sout en peper.
Bak 10 minute en laat afkoel.
Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit.
Gebruik ’n koekiedrukker en druk sirkels van 9 cm uit.
Voer ’n gesmeerde kolwyntjiepan met die deegsirkels uit en plaas die pan in die yskas.
Klits die eiers, melk en pesto goed saam en geur met sout en peper.
Verdeel eers die tamaties tussen die uitgevoerde kolwyntjieholtes en dan die eiermengsel.
Sprinkel parmesaan oor en bak 20 tot 25 minute of tot gaar.
Verwyder uit die kolwyntjiepan en sit warm of koud voor saam met ’n slaai.

Maak 12 tertjies.


Hoender-en-sampioenrolletjies

15 ml olyfolie
1 groot hoenderborsie, ontvel en ontbeen
sout en vars gemaalde swartpeper
125 g sampioene, fyn gekap
1 prei, fyn gekap
125 ml room
15 ml pietersielie, fyn gekap
1 rol (400 g) Today Brown Bread Puff Pastry

Voorverhit die oond tot 200 °C.
Verhit die helfte van die olie en braai die hoenderborsie tot gaar.
Geur met sout en peper en vlok die hoender in fyn stukkies.
Verhit die res van die olie en braai die sampioene en prei tot gaar.
Roer die room by die sampioene en prei en kook tot al die vloeistof verdamp het.
Roer die pietersielie en gevlokte hoender daarby in.
Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit, sny dit in blokkies van 8 cm x 8 cm elk, skep ’n lepel vol vulsel in elke blokkie en rol die deeg op.
Smeer die kante met ’n bietjie water, knyp dit toe en rangskik die rolletjies op ’n gesmeerde bakplaat.
Bak 15 tot 20 minute of tot gaar.
Maak sowat 12 rolletjie

Suurroom-boerewors

Boerewors is so eie aan Suid- Afrika soos Minki en Madiba, maar jy kan meer daarvan maak as net ’n boereworsrol.

1 kg boerewors
30 ml (2 e) olyfolie
2 uie, gekap
25 ml (5 t) fyn gekapte knoffel
2 middelslag-tamaties, ontvel en in blokkies gesny
5 ml (1 t) droë tiemie
45 ml (3 e) bruinsuiker
250 ml (1 k) suurroom

Braai die wors tot goudbruin buite, maar nog sappig binne.
Skep uit die pan en sny in 5 cm stukkies.
Plaas terug in die pan en voeg die olyfolie, uie en knoffel by.
Voeg ook die tamaties, tiemie en suiker by.
Laat 10 minute prut.
Roer die suurroom by en laat nog 15 minute prut.
Sit voor saam met stywepap en ’n groenslaai (as jy in die hande kan kry)

Heuning-en-suurlemoen-hoendervlerkies

16 hoendervlerkies, puntjies afgesny en gehalveer
7 ml seesout
125 ml suurlemoensap
3 knoffelhuisies, gekneus
1 knippie rooipeper
90 g heuning
suurlemoenwiggies vir opdiening

Voorverhit die oond tot 200 °C.
Plaas die vlerkies in ’n oondpan, sprinkel die sout oor en rooster 25 minute.
Verhit die suurlemoensap, knoffel, rooipeper en heuning oor lae hitte totdat die heuning gesmelt het.
Giet dit oor die hoendervlerkies en roer om dit met die heuningmengsel te bedek.
Rooster nog 15 – 20 minute tot goudbruin.
Sit dit voor met suurlemoenwiggies en kapokaartappels of oondgebraaide groente.

Surf 'n Turf

TARTAARSE SOUS
150 ml mayonnaise
2 klein agurkies, gekap
1 piekeluitjie, gerasper
1 hardgekookte eier, gekap
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
5 ml gekapte varspietersielie

KRUIDERYSOUS
100 ml tamatiesous
50 ml appelkooskonfyt
80 ml blatjang
30 ml mosterd
3 ml kerriepoeier
3 ml fyn komyn
2 ml sout
1 ml vars gemaalde swartpeper

SURF ’N TURF
4 x 200 g filet- of kruisstuk-steaks
20 ml olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper
olie vir diepbraai
60 ml koekmeel
5 ml suurlemoenpeper
15 ml visspeserye
500 g calamari-ringe, gewas

TARTAARSE SOUS
Meng die bestanddelegoed en skep dit in bakkies.
Bedek en hou eenkant.
KRUIDERYSOUS (monkey gland)
Meng al die bestanddele in ’n kastrol en kook sowat 10 minute oor matige hitte.

SURF ’N TURF
Smeer die steaks met die olyfolie, geur met sout en peper en braai dit in ’n baie warm riffelpan tot die geskikte graad van gaarheid.
Verhit genoeg olie vir diepbraai in ’n kastrol.
Sit die meel, peper en visspeserye in ’n plastieksak en skud die calamari-ringe in die sak tot dit goed met die mengsel bedek is.
Braai dit sowat 30 sekondes in kleiner hoeveelhede in die olie en dreineer op papierhandoeke.
Sit die steak en calamari met die souse voor.
WENK: Sluk dit af met ’n glasie merlot of shiraz.

Vinnige pasta

30 ml botter
15 ml olie
5 knoffelhuisies, met skille
4 hoenderborsies, in skyfies gesny
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1 ui, gehalveer en gesny
1 groen soetrissie, in repies gesny
250 g bruin sampioene, in skyfies gesny
5 ml gekapte vars tiemieblare
250 ml room
500 g pappardelle of fettuccine

Verhit die botter en olie in ’n groot pan oor matige hitte en rooster die heel knoffelhuisies tot dit bruin verkleur en begin bars.
Skep dit uit en hou eenkant. Geur die hoender met sout en peper en roerbraai dit sowat 3 minute in dieselfde pan tot net gaar.
Skep dit uit met ’n gaatjieslepel, dreineer en hou eenkant.
Braai die ui en soetrissie in dieselfde pan tot sag.
Voeg die sampioene by en braai tot bruin en al die vloeistof verdamp het.
Druk die knoffel uit die skille en roer dit deur die gaar hoenderrepies.
Plaas terug in pan.
Geur met sout en peper en roer die gekapte tiemie en room by.
Maak deurwarm.
Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die verpakking, dreineer en roer die hoendermengsel deur.
Garneer die pastagereg met tiemie en sit dit dadelik voor.
WENK: ’n Mooi pienk, yskoue rosé pas hierby.

Soetsuur roerbraaigereg

SOUS
125 ml witwyn
45 ml sojajous
25 ml tamatiepasta
30 ml bruinsuiker
15 ml mielieblom
30 ml water

ROERBRAAIGEREG
50 ml sesamolie
3 knoffelhuisies, fyn gekap
15 ml gemmer, fyn gekap
4 stingeluie, fyn gekap
600 g varkvleisrepies
sout en vars gemaalde swartpeper
1 rooi soetrissie, in repies gesny
1 geel soetrissie, in repies gesny
125 g broccoli, in kleiner blommetjies gebreek
75 g ertjies
200 g jong mielies
500 g eiernoedels
30 g boontjiespruite

SOUS
Meng al die bestanddele vir die sous, behalwe die mielieblom en water.
ROERBRAAI
Verhit 15 ml van die sesamolie in ’n wok of braaipan en braai die knoffel, gemmer en stingeluie ’n paar minute oor hoë hitte.
Skep uit en verhit nog 20 ml van die sesamolie en roerbraai die vleisrepies bietjies-bietjies tot bruin.
Geur met sout en vars gemaalde swartpeper en skep uit.
Verhit die res van die olie en roerbraai die groente ’n paar minute tot glasig maar steeds lekker bros.
Skep die uiemengsel en varkvleis terug in die pan en giet die sous bo-oor.
Verhit sowat ’n minuut, maak dan ’n pasta met die mielieblom en water en meng met die sous in die pan.
Laat dit nog ’n paar minute kook tot die sous effe verdik het.
Kook intussen die eiernoedels tot net sag, dreineer en sit dit voor saam met die roerbraaigereg.
Garneer met boontjiespruite.

Taai hoendervlerkies

125 ml sojasous
45 ml heuning
2 knoffelhuisies, gekneus
60 ml soet brandrissiesous
80 ml suurlemoensap
30 ml gekapte vars koljander
12 – 16 hoendervlerkies
Meng alles behalwe die hoender in ’n groot pan of ’n plat kastrol.
Plaas die hoendervlerkies in die mengsel en verhit oor matige hitte tot die mengsel begin kook.
Verlaag die hitte en laat prut sowat 20 minute tot die hoender gaar en gekaramelliseer is.
Draai die vlerkies een of meer keer tydens die gaarmaakproses om sodat dit egalig karamelliseer.
Garneer met gekapte pietersielie en sit dit voor met gebraaide aartappelwiggies.


Kortpad pizza

15 ml olyfolie
1 ui, in skywe gesny
250 g spekvleis, in blokkies gesny
sout en vars gemaalde swartpeper
1 rol (400 g) skilferkorsdeeg, ontdooi
50 ml songedroogdetamatie-pesto
100 g mozzarellakaas, gerasper
sowat 20 baba-spinasieblare
100 g fetakaas, in blokkies gesny
10 olywe, ontpit en gehalveer
1 eier, geklits
30 g roketblare

Voorverhit die oond tot 200 °C.
Verhit die olie en braai die uie en spek tot bros en geurig.
Geur met sout en vars gemaalde swartpeper.
Laat afkoel.
Rol die deeg liggies uit op ’n meelbestrooide werkoppervlak.
Plaas die deeg op ’n gesmeerde bakplaat.
Sny ’n inkeping 1 cm van die buiterand (dit sal help dat die kante mooier uitpof) en druk die rande liggies met ’n vurk.
Smeer die deeg met songedroogde tamatie-pesto en sprinkel die helfte van die mozzarellakaas oor.
Rangskik die spinasieblare, fetakaasblokkies en olywe bo-op en sprinkel laastens die res van die mozzarella oor.
Verf die rande met geklitste eier en bak 15 – 20 minute of tot gaar.
Laat die tert effens afkoel en sny in blokke.
Sit voor met vars roketblare.
Wenk: Sorg dat daar altyd ’n pak skilferkorsdeeg in jou vrieskas is – dis so veelsydig en maklik om te gebruik. Gebruik dit as ’n basis vir ’n pizza en jy hoef nie te sukkel om self deeg te maak nie.

Hoenderborsies met krummellaag

Genoeg vir 6 mense.
6 hoenderborsies, ontbeen
sout en vars gemaalde swartpeper
30 ml olie
250 ml vars broodkrummels
100 g fetakaas, gekrummel
30 ml pietersielie, fyn gekap
1 eier, geklits

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Geur die hoenderborsies met sout en peper.
Verhit die olie en braai die hoender tot goudbruin.
Plaas die porsies op ’n gesmeerde bakplaat, meng die res van die bestanddele en skep die vulsel boop elke porsie.
Bak 20 minute of tot gaar en sit voor met slaai.

Die Flooze-fillet

1 heel beesfilet van sowat 1,5 kg

Vulsel
1 klein blikkie ansjovisfilette
60 g vars pietersielie, fyn gekap
125 ml olyfolie
30 ml fyngedrukte knoffel
vars gemaalde swartpeper na smaak
olie vir braai

Voorverhit die oond tot 180 °C. Kap die ansjovis en pietersielie saam fyn. Gooi dit saam met die olie, knoffel en swartpeper in ’n bak en meng alles tot ’n patee. Vlek die filet oop, maar moenie deursny nie.

Skep die ansjovisvulsel in die filet en bind toe met ’n tou – vra jou slagter as julle ’n goeie verhouding het.

Seël die filet eers deur dit 5-8 minute in ’n warm pan met ’n bietjie olie te braai.

Plaas dit dan in ’n oondpan en bak sowat 20 minute (of braai oor die kole) tot gaar na jou smaak. Sny in lekker dik skywe en sit voor op pap of fyn aartappel met die Flooze-mengelmoesgroenslaai.

• Genoeg vir 6 mense.


Gebarste-tamatie-pastasous


100 ml olyfolie (gebruik die beste gehalte moontlik)
6 knoffelhuisies, fyn gekap
1 kg gemengde kersietamaties (verkieslik ryp)
sout en vars gemaalde swartpeper
250 ml (1 k) vars basilieblare
250 ml (1 k) parmesaankaas, gerasper
250 g spaghetti
ekstra basilieblare vir garnering

Verhit die helfte van die olyfolie en braai die knoffel en tamaties tot die tamaties begin oopbars.
Geur met dit sout en peper.
Druk die tamaties fyn met ’n aartappeldrukker en roer die res van die olyfolie daarby.
Voeg daarna die basilieblare en die parmesaankaas by.
Kook intussen die spaghetti tot gaar en meng die tamatiesous deur die pasta.
Sit dit voor saam met ekstra basilieblare.


Ricotta-en-spinasielasagne

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 20-25 minute

’n Mens gebruik gewoonlik cannelloni-buise vir hierdie gereg, maar dis effe aan die duur kant. Lasagnevelle werk net so goed.
30 ml (2 e) olyfolie
1 groot ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
300 g spinasie, fyn gesnipper
300 g ricotta
100 g fetakaas, gekrummel
3 ml fyn neutmuskaat
sout en vars gemaalde swartpeper
12 lasagnevelle
125 ml (½ k) verouderde cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C en verhit die olyfolie in ’n groot pan.
Braai die ui en knoffel ’n paar minute of tot geurig.
Roer die spinasie by en braai sowat 1 minuut.
Verwyder van die hitte en laat afkoel.
Meng die afgekoelde spinasie, ricotta, fetakaas en neut, en geur met sout en peper na smaak.
Kook intussen die lasagnevelle 2 op ’n keer vir ’n minuut of tot net sag en hou eenkant.
Plaas die helfte van die gekookte velle in ’n oondbak en skep van die spinasievulsel op die een kant van elke vel.
Vou die velle toe oor die vulsel.
Herhaal met die res van die velle en vulsel.
Sprinkel cheddarkaas oor en bak sowat 15 minute of tot gaar.
Sit voor saam met tamatieslaai.
WENK: Wees versigtig dat die velle nie aan mekaar vassit nadat dit gekook is nie. Besprinkel die gekookte velle met ’n paar druppels olyfolie voor jy dit vul en toevou.

Varktjops met crème fraîche en heelkorrelmosterd

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 15-20 minute

6-8 varktjops
sout en vars gemaalde swartpeper
50 ml koekmeel
30 ml (2 e) botter
60 ml (¼ k) heelkorrelmosterd
30 ml (2 e) sterk Dijon-mosterd
250 ml (1 k) crème fraîche
250 g heel groenbone
sap en skil van een suurlemoen

Geur die varktjops met sout en peper en rol in koekmeel; skud die oortollige koekmeel af.
Verhit die botter en braai die varktjops tot goudbruin aan albei kante.
Roer die heelkorrelmosterd, Dijon-mosterd en crème fraîche by, bedek en laat prut sowat 15 minute oor lae hitte.
Voeg die groenbone, sap en skil by en laat prut nog sowat 5 minute of tot die vleis net gaar is.
Geur indien nodig.
Sit voor met gebakte soetpatats en groenslaai.
WENK: Jy kan hoender pleks van vark gebruik en die crème fraîche met mascarpone of suurroom vervang.

Hoender-pastaslaai

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute
SLAAISOUS
2 knoffelhuisies, gekneus
60 ml (¼ k) gekapte songedroogde tamaties, in vinaigrette
30 ml (2 e) gekapte vars pietersielie
15 ml (1 e) gekapte vars tiemie of origanum
90 ml (6 e) olyfolie
15 ml (1 e) balsemieke asyn
5 ml (1 t) gerasperde suurlemoenskil
vars gemaalde swartpeper
SLAAI

1 geel en 1 rooi soetrissie, gehalveer
500 g hoenderborsies, gaargestoom en in stukke geskeur met ’n vurk
4 pruimtamaties, in wiggies gesny en ontpit
500 g pastavorms soos strikdassies, gekook
125 ml (½ k) swartolywe, ontpit
15 ml (1 e) kappiertjiesade (met
lang stele), in diepvet gebraai tot bros
30 ml (2 e) dennepitte, gerooster (opsioneel)
’n paar vars basilieblare

SLAAISOUS
Meng al die bestanddele en hou eenkant.
SLAAI
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Plaas die soetrissies met die velkant na bo op ’n bakplaat en bak tot effense swart blasies bo-op vorm.
Laat in ’n plastieksak afkoel en trek die velletjies af.
Sny in repe.
Meng saam met res van die slaaibestanddele in ’n slaaibak en giet die slaaisous oor.
Meng deur.
Sit voor as ligte ete

Waterblommetjie-bredie


1 kg lamskenkels, in stukke gesny
15 ml (1 e) koekmeel
15 ml (1 e) olie
2 uie, fyn gekap
sout en vars gemaalde swartpeper
200 ml vleisaftreksel
20-30 ml (4-6 t) vars suurlemoensap
6 middelslag-aartappels, geskil en in stukke gesny
500 g vars waterblommetjies
ekstra suurlemoensap
suurlemoenskil
Bedek die vleis met meel en skud die orige meel af.
Verhit die olie in ’n kastrol en braai die vleis bietjie op ’n slag tot goudbruin.
Skep die vleis uit en braai die uie tot sag en geurig.
Sit die vleis terug in die kastrol en geur met sout en swartpeper.
Gooi die vleisaftreksel en suurlemoensap by en roer tot dit gemeng is.
Sit die deksel op en laat prut sowat 30 minute.
Voeg die aartappels by en laat prut nog sowat 30 minute.
Voeg die waterblommetjies by en laat prut nog 10 tot 15 minute of tot die waterblommetjies sag en gaar, maar steeds effe bros is.
Geur dit weer met sout en swartpeper na smaak.
Sprinkel ekstra suurlemoensap en -skil oor.
Sit voor saam met rys en oondgeroosterde pampoenstukke.

Eiervrug-lasagne

2 eiervrugte, in skywe gesny
250 ml (1 k) koekmeel
3 eiers, geklits
30 ml (2 e) olie
MAALVLEISSOUS
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
1 kg maalvleis
1 blikkie (25 g) tamatiepasta
1 blik (410 g) tamatiepuree
80 ml blatjang
sout en vars gemaalde
swartpeper
20 ml (4 t) pietersielie, fyngekap

WITSOUS
120 ml (½ k) botter
160 ml koekmeel
1 liter (4 k) melk
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Sny die eiervrugte in 1 cm-skywe en doop elkeen in meel.

Skud die ergste meel af en doop die skywe daarna in die eier.
Verhit van die olie en braai die eiervrugskywe aan albei kante tot gaar.
Verhit die res van die olie en braai die ui en knoffel tot sag.
Voeg die maalvleis by en braai tot amper gaar.
Roer die tamatiepasta en -puree, blatjang, sout, peper en pietersielie by en laat prut 20 minute.
Verhit die botter in ’n kastrol, roer die meel by en meng tot dit ’n pasta vorm.
Giet die melk by en roer tot ’n dik witsous vorm.
Geur met sout en peper.
Bedek die oondbak (20 cm x 30 cm) met ’n dun lagiewitsous, daarna ’n lagie eiervrug en dan maalvleis.
Herhaal die lae tot al die bestanddele gebruik is.
Eindig met witsous, sprinkel kaas bo-oor en bak 40 minute of tot gaar.


Steaks met mozarella

STEAKS
4 dun steaks (sowat 120 g elk)
60 ml (¼ k) koekmeel
BESLAG
3 eiers
60 ml (¼ k) koekmeel
100-120 ml melk
5 ml (1 t) vars basilie, fyn gekap
sout en vars gemaalde swartpeper
15 ml (1 e) pietersielie, fyn gekap
30 ml (2 e) parmesaankaas, fyn gerasper

OM TE BRAAI
50 g botter
50 ml olie
125 ml (½ k) mozzarellakaas, gerasper
knippie paprika

STEAKS
Bedek die vleis met meel, skud die oortollige meel af en laat die vleis sowat 10 minute in die yskas rus.
BESLAG
Klits die eiers, voeg die meel by en meng tot glad.
Roer die melk, basilie, sout, peper, pietersielie en parmesaan saam.
Klits goed.
VIR BRAAI
Verhit die botter en olie saam in ’n groot pan.
Doop die steaks in die beslag en braai in verhitte botter en olie tot bruin aan albei kante.
Skakel die roosterelement van die oond aan.
Pak die gebraaide steaks op ’n bakplaaten besprinkel elkeen met mozzarella en paprika.
Rooster tot die kaas net gesmelt het.
Sit voor met ’n groenslaai en aartappelskyfies.

Hoenderrepies met 'n pekanneutkors

4 hoenderborsies, ontbeen en ontvel
60 ml (¼ k) mielieblom
15 ml (1 e) hoenderaftrekselpoeier
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
2 eiers, geklits
45 ml (3 e) Bulgaarse jogurt
100 g (1 pak) pekanneute, fyn gekap
250 ml (1 k) droë broodkrummels
15 ml (1 e) fyn komyn
olie vir vlakbraai
60 ml (¼ k) mayonnaise

Sny die hoenderborsies in lang repies.
Meng die mielieblom, hoenderaftrekselpoeier en sout en peper in ’n plastieksakkie.
Voeg die hoenderrepies daarby en skud tot al die repies met die meelmengsel bedek is.
Klits die eiers en jogurt in ’n bakkie.
Meng die neute, broodkrummels en komyn in ’n aparte bakkie.
Doop die hoenderrepies in die eiermengsel en daarna in die neutmengsel.
Laat rus sowat 10 minute in die yskas.
Verhit die olie en braai die repies tot bros en goudbruin.
Dreineer op kombuispapier.
Skep op met slaaiblare en noedels en bedruip met mayonnaise.

Bier-en-knoffelmossels

30 ml (2 e) botter
1 ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyn gekap
100 ml vars kruie soos grasuie en
tiemie, fyn gekap
sout en vars gemaalde swartpeper
330 ml bier
500 g oopskulp-mossels
250 ml (1 k) room

Verhit die botter en braai die ui en knoffel ’n minuut, roer die kruie, sout en peper by en gooi die bier by.
Bring tot kookpunt, skep die mossels by en sit die deksel op.
Laat kook sowat 3 minute of tot die mossels net gaar is.
Skep die mossels uit en gooi die room by die biermengsel.
Bring weer tot kookpunt en laat prut 5 minute of tot die sous met die helfte weggekook het.
Gooi oor die mossels en sit voor met vars brood indien verkies.

Skaaplies met tamatie

800 g dik skaaplies, in repe gesny
25 ml olie
1 knoffelhuisie, gekneus
2 uie, fyn gekap
125 g knopiesampioene, in kwarte gesny
sout en vars gemaalde swartpeper
125 ml (½ k) vleisaftreksel
1 blik (410 g) gekapte tamaties
10 ml (2 t) sagte bruinsuiker
100 ml droë witwyn
200 g broccoli, in klein stukkies gesny
50 ml room
vars origanum vir garnering

Braai die skaaplies in verhitte olie tot goudbruin.
Voeg die knoffel, uie en sampioene by en roerbraai ’n paar minute.
Geur met sout en peper.
Verhit die aftreksel, tamaties, suiker en witwyn in ’n aparte kastrol en giet by die vleis.
Verlaag die hitte, bedek en laat prut sowat 2 uur tot die vleis sag is.
Meng die broccoli en room by en verhit nog ’n paar minute tot die broccoli net sag maar nog bros is.
Sit voor saam met romerige kapokaartappels en garneer met vars origanum.
WENK Vra jou slagter om die lieslappe vir jou op te sny want dis nogal taai. Jy kan ook stukkies skaapribbetjie byvoeg vir ekstra geur. Jy kan ook enige voorkwartsnit gebruik.


Wortelkoek-kolwyntjies

Maak 12 kolwyntjies

KOEK
160 ml (¾ k) bruinsuiker
125 ml (½ k) olie
5 ml (1 t) vanieljegeursel
3 ekstra groot eiers
375 ml (1½ k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
knippie sout
2 ml (½ t) fyn kaneel of neutmuskaat
500 ml (2 k) fyn gerasperde geelwortels
250 ml (1 k) fyn gerasperde patat
125 ml (½ k) sultanas
250 ml (1 k) amandelbrokkies of gekapte okkerneute
fyn gerasperde skil van ’n halwe suur-
lemoen
15 ml (1 e) suurlemoensap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas ’n papierhouertjie in die holte van ’n muffinpan.
Verroom die suiker en olie tot romerig. Klits die vanieljegeursel en die eiers by. Sif die koekmeel, bakpoeier, sout en speserye oor en vou in. Voeg die res van die koekbestanddele by en meng deur. Skep die muffinholtes driekwart vol. Bak 30-40 minute tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die muffins kom. Keer op ’n draadrakkie uit en laat heeltemal afkoel.

VERSIERSEL
200 g gladde laevet-maaskaas
45 ml (3 e) versiersuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel

Meng al die bestanddele van die versiersel en smeer oor elke muffin net voor opdiening.


Hoenderburger met kersietamatiesous

Genoeg vir 4 burgers

KERSIETAMATIESOUS
30 ml (2 e) olyfolie
250 g klein Roma-kersietamaties
sout en vars gemaalde swartpeper
knippie bruinsuiker
60 ml (¼ k) parmesaankaas, fyngerasper (opsioneel)
HOENDERBURGER
4 hoenderborsfilette
30 ml (2 e) olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper
2 uie, in ringe gesny
4 hamburgerrolletjies, gehalveer
100 ml growwe maaskaas
blaarslaai
KERSIETAMATIESOUS
Verhit die olyfolie en braai die tamaties teen ’n baie hoë hitte tot hulle oopbars.
Geur met sout, peper en suiker.
Druk die tamaties fyn met ’n aartappeldrukker of ’n vurk en roer die parmesaankaas daarby.
Hou die sous eenkant en verhit.
HOENDERBURGER
Plaas die hoenderborsfilette op ’n skoon werkoppervlak en kap liggies plat met ’n vleishamer of jou hand. (Hoe platter die hoenderborsies is, hoe vinniger word dit gaar.)
Verhit die olie en braai die hoenderborsies tot goudbruin en gaar; geur die borsies met sout en peper.
Verwyder van die hitte en braai die uie oor ’n hoë hitte.
Geur met sout en peper.
Smeer die rolletjies met ’n lagie maaskaas.
Rangskik die blare bo-op elk, gevolg deur ’n hoenderfilet en ’n skep gebraaide uie.
Gooi laastens die kersietamatiesous oor.

Ouvrou-onder-die-kombers ("toad in a hole")

Genoeg vir 4-6 mense

500 ml (2 k) bruismeel
5 ml (1 t) sout
80 g botter, gesmelt
250 ml (1 k) karringmelk
250 ml (1 k) melk
30 ml (2 e) mosterdpoeier
4 repe spek, gehalveer
1 blik (390 g) Weense worsies, gedreineer
15 ml (1 e) pietersielie

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Sif die bruismeel en sout saam in ’n groot mengbak.
Klits die botter, karringmelk, melk en mosterd saam en giet by die meel.
Meng goed sodat daar geen klonte in die beslag is nie.
Gooi die beslag in ’n groot, ronde oondbak, draai ’n halwe stukkie spek om elke worsie en rangskik die worsies binne-in die beslag.
Bak die gereg 40-50 minute of tot dit gaar en goudbruin is. Garneer met vars pietersielieblare en sit voor saam met ’n groenslaai

Geurige skaapnek met droëbone en spek

Genoeg vir sowat 6-8 mense

50 ml koekmeel
sout en vars gemaalde swartpeper
1 ml (¼ t) fyn naeltjies
10 ml (2 t) gedroogde tiemie
8 porsies skaapnek, elk sowat 5 cm dik
50 ml olyfolie
125 g spekvleis, gesnipper
3 uie, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
375 g (450 ml) droëbone (bv. nierboontjies), oornag geweek
100 ml soetwyn (bv. hanepoot)
375 ml (1½ k) kookwater
vars tiemietakkies

Meng die meel, sout, peper, naeltjies en tiemie en rol die skaapnekstukke daarin.
Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die vleisstukke ’n paar op ’n keer tot goudbruin.
Skep die vleisstukke uit en hou eenkant.
Braai die spek bros, voeg die ui en knoffel by en roerbraai ’n paar minute.
Plaas die vleis terug in die kastrol, voeg die bone, soetwyn en water by, roer deur en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte, plaas die deksel op en laat prut sowat 2 uur of tot die vleis sag is.
Geur met nog sout en peper indien nodig.
Garneer met vars tiemietakkies.

Boerewors-pizza

Genoeg vir 2 pizza’s

2 (halfgaar) middelslag-pizzabasis (20 cm elk)
100 ml roomkaas
60 ml (1/4 k) tamatiepesto
250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas
200 g gaar boerewors, in ringe gesny
40 ml koljanderpesto
gerasperde parmesaankaas en geroosterde koljandersade vir garnering

Voorverhit die oond tot 220 °C met die roosterelement aangeskakel.
Plaas die pizzabasisse op ’n bakplaat en smeer die roomkaas en pesto oor die oppervlak, maar hou ’n rand van 1 cm oop.
Sprinkel die helfte van die mozzarella oor die roomkaas en pesto, rangskik die boerewors op die kaas en sprinkel die res van die kaas oor die wors.
Bak die pizza’s sowat 10 minute of tot goudbruin en gaar.
Garneer met koljanderpesto, parmesaankaas en koljandersade


Gevulde pastaskulpe met gebaktebone-sous

Genoeg vir 4 porsies

125 g spekvleis, fyn gekap
1 blik (410 g) botterbone, gedreineer
200 g fetakaas, gekrummel
15 ml (1 e) vars pietersielie
30 ml (2 e) olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper
200 g grootskulppasta, gaargemaak

SOUS
30 ml (2 e) olyfolie
1 ui, fyn gekap
1 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
1 blik (400 g) gekapte tamaties
15 ml (1 e) tamatiepasta
5 ml (1 t) suiker
sout en vars gemaalde swartpeper
1 blik (410 g) gebakte bone
50 ml mozzarellakaas, gerasper
basilie vir garnering

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Verhit ’n pan en braai die spek tot bros.
Dreineer op ’n stukkie kombuispapier en hou eenkant.
Plaas die botterbone in ’n voedselverwerker en pols tot fyn.
Meng die fyn bone met fetakaas, pietersielie, spek en olyfolie.
Geur met sout en peper.
Vul elke skulp met botterboonpasta en hou eenkant.
SOUS
Verhit die olyfolie en braai die ui en knoffel tot sag en geurig.
Roer die tamatie, tamatiepasta, suiker, sout en peper daarby en laat prut sowat 10 minute.
Gooi die gebakte bone by en laat prut nog ’n paar minute.
Skep die sous in ’n groot oondbak of 4 kleiner oondbakke en rangskik die skulpe binne-in die sous.
Sprinkel mozzarellakaas bo-oor die gevulde skulpe en bak 40 minute of tot gaar.
Garneer met basilie.

Hoender met gekaramelliseerde uie

Genoeg vir 4-6 mense

1 ui, gekap
60 ml (¼ k) olie
’n groot knippie saffraandrade (of vervang gerus die saffraandrade met paprika)
5 ml (1 t) fyn gemmer
5 ml (1 t) fyn kaneel
1 heel hoender, in stukke gesny
sout en peper na smaak
500 g baba-uie, geskil
30 ml (2 e) heuning
geroosterde amandels om bo-oor te sprinkel

Braai die gekapte ui in die olie in ’n pan wat groot genoeg is om ook die hoenderstukke in een laag te hou.
Voeg die speserye by en meng deur.
Pak die hoenderstukke in die pan.
Geur met sout en peper en braai tot ligbruin aan albei kante.
Voeg sowat 250 ml (1 k) water by en bedek. Verlaag die hitte en laat prut sowat 15 minute.
Voeg die baba-uie by en laat prut nog 25 minute of tot die vleis gaar en sag is.
Verwyder die hoenderstukke en roer die heuning by.
Kook tot die meeste vloeistof verdamp het en die uie bruin en gekaramelliseer is.
Geur soos nodig.
Voeg weer die hoender by en verhit tot warm.
Sprinkel amandels oor en sit voor saam met couscous.

Gebakte kabeljou

Genoeg vir 4 mense

4 x 200 g kabeljoufilette
sap van een suurlemoen
sout na smaak
100 ml koekmeel
olie vir vlakbraai
pietersielie-aartappeltjies en ekstra suurlemoenwiggies
pietersielie vir garnering

Geur die vis met die suurlemoensap en sout. Doop elke visfilet in die meel; skud die oortollige meel af. Verhit die olie in ’n pan en braai die vis tot goudbruin buite-om en sappig van binne. Sit voor saam met klein aartappeltjies met botter en pietersielie asook ekstra suurlemoenwiggies. Garneer met pietersielie.

Tuna-kaasbroodjies

Genoeg vir 4

6-8 dik snye brood
sowat 40 ml olyfolie
1 ui, gerasper
2 blikke (175 g elk) tuna, gedreineer
sout en vars gemaalde swartpeper
WITSOUS
30 ml (2 e) botter
30 ml (2 e) koekmeel
250 ml (1 k) melk
AFRONDING
60 ml (¼ k) mayonnaise
30 ml (2 e) pietersielie
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
ekstra pietersielie vir garnering

Verf die brood met van die olyfolie en rooster tot bros aan albei kante. Verhit die res van die olie en braai die ui en tuna ’n paar minute. Geur met sout en peper.

WITSOUS
Verhit die botter in kastrol en roer die meel by, roer tot ’n pasta vorm. Giet die melk by en roer terwyl dit verhit tot die sous verdik en kook. Geur met sout en peper. mayonnaise, pietersielie en kaas by die tunamengsel en skep die vulsel op die geroosterde broodjies. Plaas die broodjies onder die roosterelement van die oond en rooster tot goudbruin en tot die kaas gesmelt is. Garneer met pietersielie en sit dadelik voor.

Skakels/Advertensies

Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za


Resepte, resepte,  resepte

Ek het besluit om sake vir my te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans) op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.

Die prys van die CD is R100 (dis om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit

Posgeld is  R20 vir geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot toonbank.

As jy sou belangstel om een van die CD's te bekom, klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit Speed Services oornag toonbank tot toonbank

Hier is die Afrikaanse boeke:

217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels, Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte, Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte, McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1, Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies

Allerlei

Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet, Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke omskakelingstabel, Werk van die huis

Hier is die lys van baie ou Engelse resepte eBoeke

A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922
A Dozen dainty recipes for preparing wartime canned meats - 1920
A Home Guide - or a book by 500 ladies - 1877
Aunt Carolines Dixieland Recipes - 1922
A Practical Dictionary of Cookery - 1200 tested recipes - 1898
Best recipes for baking - pre 1908
Buckeye Cookery and Practical Housekeeping - 1877
Burke's Complete Cocktail and tasty bite recipes - 1936
Catering for special occasions with menus and recipes - 1911
Diabetic Cookery - recipes and menus - 1917
Fifty Choice Recipes for Spanish and Mexican Dishes - 1905
Fifty valuable and delicious recipes made with corn meal - 1917
Heart of the Wheat - a book of recipes - 1910
Hospitality - recipes and entertainment hints for all occasions - 1922
Hotel Management - quantity food recipes
Household hints and recipes - 1877
Ice Cream - practical recipes for making ice cream - 1886
Information for everybody - 1859
Jane Hamiltons Recipes - 1909
Just the thing - dainty dishes at small cost - 1899
Larger cookery book of extra recipes - 1891
Leather Manufacture - 1891
Light entertaining - a book of dainty recipes for special occasions - 1910
Mom's Cookbook
On Uncle Sam's Water Wagon - 500 recipes for delicious drinks that can be made at home - 1919
Our candy recipes - 1919
Practical Household Cookery - 1000 recipes - 1891
Preserves and Pickles - 1912
Recipes - dainties, salads and clever hints - 1919
Recipes for the preserving of fruit vegetables and meat - 1908
The Candy Maker's Guide - 1896
The Housekeeper's Friend - 1897
The Hygenic Cookbook - 1881
Tried and Tested Recipes - 1921
Two Hundred and Seventy Five Wartime Recipes - 1918
Two hundred recipes for cooking in casseroles - 1914
Two hundred recipes for making desserts - 1912
War Time Cookery - 1917
Wheatless Recipes - 1918
Wrinkles and Recipes, including farming and household hints - 1877

Hier is die Engelse resepte:

FunkyMunky Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!

Bonus eBooks

Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food

Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns

Everything you wanted to know about making, marketing and selling your crafts.

Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies, myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.

10,000 Dreams Interpreted

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.