|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die
Argiewe, meeste van die ou
nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur
daar af.
Ek stuur ook 'n Engelse brief uit,
elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek,
gaan kyk gerus en laai na hartelus af.
Ons Ballito vakansie was heel lekker
alhoewel ons vroeg teruggekom het as gevolg van die weer en die wind.
Dit was te bewolk, te winderig en toe weer te warm. Ag nee wat, Oos Wes,
Tuis Bes, of dalk is ons net uit gevakansie. Ons verkies in alle geval
die Kruger Nasionale Park of Kgalagadi. Die foto ondertoe is geneem op
Umhlanga se strand.
Die resepte is koekies vir Kersfees,
nou kan jy begin om daardie koekieblikke vol te maak!
Daar is twee pasellas hierdie keer,
'n tweede resepte eBoek oor bazaar lekkers en ook een met Eskort resepte.
Gaan laai maar na hartelus af!
Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos
ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk
kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.
Teken hier in op die nuusbrief:
http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief.html
Kontak my per epos:
peter@peterjasie.co.za
Doen dit sommer self,
klik hier. As jy nie
internet toegang het nie,
stuur my epos met jou ou en nuwe adres.
My Resepte eBoek
samestelling op CD |
Bo en behalwe die Afrikaanse en
Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke
bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal
geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike
bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke
is sal jy die boeke regtig interessant vind.
Hierdie CD kan ook 'n lekker
Kersgeskenk wees!
Gaan kyk onder vir 'n lys van die
ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.
Peterjasie in
Woord en Beeld |
Ek het van my stories en fotos in
een dokument saamgestel, dis lekkerlees Afrikaans en 'n versameling van
my fotos. Ek wil dit graag wyd en syd laat versprei. Dis heeltemaal
gratis al wat jy hoef te doen is om op die skakel te regs klik en dit af
te laai (om en by 4MB)
Peterjasie in Woord en Beeld
Stuur sommer aan die mense op jou
poslys ook wat dit mag geniet. Dit kan ook 'n lekkerlees geskenk wees.
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk
hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Goeiemôre
vriende,
Nog net 51 slapies, dan is dit Kersfees!!. Die jaar is op sy rug!! En
ons tel alweer die slapies baie gretig af!!.
Dit was maar ‘n baie stadige jaar hierdie en oor sowat 3 weke moet ons
al met ons funksies begin!!. Ons het 2000 - ja twee duisend geskenkies
nodig! Maar ek vertrou dat dit binnekort soos met al die vorige jare
gaan begin instroom!
As elkeen net ‘n bydrae maak vir 1 geskenkie terwaarde van R100-00 -
gaan ons sommer baie gou almal se harte kan bly maak. Help ons asb om
dit moontlik te maak
Ek en Mia moes al 3 bejaardes wat oorlede is vandat die lysies ingedien
is - se wenslysies uithaal! – Dit voel net soveel erger om net voor
Kersfees ‘n geliefde te moet afstaan – ons harte gaan uit na hulle!
Oom Isak en sy vrou van “Die Woord” kinderbediening is ook intussen
oorlede – ons het ‘n 12 jaar pad met hom en sy kinderbediening geloop –
so tragies! Van die kinders is nou by die “Rainbow kinderbediening” so
ons sal darem nog vir van hulle ook gelukkig kan maak.
Soos die afgelope 13 jaar kan ek nie wag om te sien hoe die
kersfeeswonderwerke hierdie jaar van 2012 gaan lyk nie?
Ek wil asb weer vra dat die geskenke nie toegedraai moet word nie.
Ongelukkig is dit so dat party items wat inkom nie altyd geskik is nie.
Party geskenke kos baie meer en dan is daar weer geskenkies wat baie
minder kos - want almal gee volgens hul vermoeë. Al die geskenke moet
gekontroleer word. En elke geskenkie is ongelooflik welkom en kosbaar.
Ek weet dat emosies soms oorneem wanneer die geskenke gekoop word. Maar
dit is belangrik dat almal regverdige geskenke kry. So kan een geskenk
genoeg wees maar by ander moet ons 'n paar ekstra items inpak om dit op
dieselfde bedrag te kry. Geld is ook nodig om aan te vul waar daar
tekorte is asb.
Baie belangrik is dat ons asb weer individue nodig het wat bereid sal
wees om ‘n kersfunksie in geheel te hanteer. Verlede jaar se borge/koordineerders
het ongelooflike funksies gereël – maar dit is harde werk en ons sê
weereens baie dankie vir ieder en elk.
Kerswensies:-
En hier is ons alweer met ‘n lag en ‘n traan! Die wenslys sê:-
“Ek sal so graag hierdie Kersfees een van die volgende presentjies in my
kerskous wou hê asb…………………………..”
‘n Jong vrou vra asb _ Addis Squeezy sponge mop - Addis Squeezy sponge
mop asb!
‘n Jong man vra asb - Net drinkglase of toiletries of ‘n toaster asb
‘n Jong man vra asb – Net ‘n paar nommer 8 skoene asb
‘n Jong man vra asb - ‘n paar Nr 10 skoene asb
‘n 6 jarige dogtertjie vra asb – ‘n mak (mikrofoon) of ‘n rompie en ‘n
hemp asb
‘n 9 jarige seuntjie vra asb – nr 5 skoene of ‘n skooltas of “kompeter”
games asb
‘n 57 jarige dame vra asb – Blou of pienk nr 5 tekkies asb
‘n 32 jarige jong vrou vra asb – ‘n Broek met ‘n hemp XXX large vir
jongmens asb
‘n 8 jarige seuntjie vra asb – Blou nr 4 sport tekkies asb
‘n 12 jarige dogter vra asb - ‘n Hokkie stok 36” ??? Sport by skool is
hokkie.
‘n 37 jarige jong vrou vra asb – Dischem se Silverkrin sjampoo en
conditioner asb
‘n 26 jarige jong vrou vra asb – Vel skoonmaak-middels en moisturiser of
nr 4 wit tekkies
‘n 75 jarige dame vra asb – Nr 42 bra met drade in en bikini panties x-tra
large!
‘n 17 jarige seun vra asb – Beddegoed of ‘n trapfiets of klere en nr 8
tekkies asb
( ons projek het 13 jaar gelede agv hom begin!!! – toe was hy 4 jaar oud
en het altyd op my rug gery wanneer ek daar was – vandag is hy ‘n oulike
jongman - ai tog waar is die tyd heen??)
Nou ja – daar het ons dit! Daar is baie versoeke vir toiletware en
huishoudelike items soos potte en panne, breekgoed, messe en vurke,
“snackwitches” en Addis 3 piece bin combo sets ens ens…………..hierdie jaar:
Ons kan duidelik aan die kerswense sien dat die nood al hoe groter word!
Daar is nêrens versoeke vir luukses nie!
DRINGEND
Ons het nogsteeds baie klere en kos nodig asb –
Die koskas hou nie by nie. Maar ek vertrou dat ons met die hulp van ons
getroue ondersteuners in al die dringende behoeftes sal kan voorsien.
Tot volgende keer met nog wenslysies
Groete
Elsabe
Resepte eBoeke maak ideale
Kersgeskenke. Ons almal moet eet en dus is 'n resepteboek die ideale
geskenk. eBoek is goedkoop om te koop en ook goedkoop om te stuur, om
hulle te epos kos niks, en jy kan dit aan enigiemand in die wêreld stuur.
Jy kan ook een eBoek aan al jou familie of al jou kollegas stuur, niks
is makliker nie.
Anna Eksteen is die onbetwiste
resepte eBoek koningin! Haar boeke is heel belkostigbaar en hulle is
professioneel uiteengesit, hieronder is 'n lys van beskikbare boeke,
doen jouself 'n guns en los jou Kersgeskenk probleem op! Hier is Anna se
boekelys. Kontak haar direk by
anna@zulucom.net en noem dat jy hier oor haar boeke gelees het. Kyk
veral naa haar Tuisapteek boek, dis is besonders!
RESEPTEBOEKE
Indien jy enige van die boeke in
die gegewe lys bestel en ek bewys van jou betaling ontvang, kan jy enige
van die boeke wat vir R50 of minder gemerk is gratis kies. Indien jy een
van die R70 boeke aankoop en betaal mag jy vir jou 2 boeke gratis kies
en ek verras jou dalk net met meer as een gratis boek as jy my met meer
as 3 boeke se aankope ondersteun. Hierdie aanbod is geldig tot en met
die 17de November. Met Kersfees om die draai is dit dalk net ‘n ideale
geskenk vir iemand spesiaals wat jy voortydig kan aankoop.
-
‘N HOOFGEREG VIR ELKE DAG-16 WEKE LANK
R60
-
AFSKEEP KOS
R40
-
ALWEER OP DIEET?
R60
-
BAKING WITHOUT EGG OR MILK
R60
-
BEESVLEIS VERRASSINGS
R40
-
BREDIES EN KASSEROLGEREGTE
R40
-
BYKOSSE
R40
-
DRIE RRR’e
R40
-
EENBAK/EENPOT
R40
-
EET JOU GROENTE
R60
-
EET STEEDS LEKKER MET MIN BESTANDDELE
R60
-
ELKE DAG AARTAPPELS
R40
-
ETES VIR 2
R60
-
GROENTE RONDOMTALIE 1
R40
-
GROENTE RONDOMTALIE 2
R40
-
GROENTE RONDOMTALIE 3
R40
-
GROOT KOEKE TE KIES EN TE KEUR
R40
-
HERINNERING AAN OUMA SE SPENS
R40
-
HOENDER VIR ELKE DAG SE EET
R60
-
HOOR MY ROEPSTEM (samestelling van verskillende gebede)
R40
-
JAPTRAP ETES SONDER DIE SJLEP
R60
-
KITSETES
R60
-
KOEKBLIKKE VOL KLEINKOEKIES
R40
-
KOM ONS PAK ‘N PIEKNIEKMANDJIE
R60
-
KONINGSKOS
R40
-
KOS UIT DIE SEE
R40
-
MAKING DIABETIC COOKING EASY
R60
-
MAMMA MIA – LEKKER PASTA
R60
-
MENGELMOES
R40
-
MY LEWE IN DIE HANDE VAN DIE HERE (366 dae se dagstukkies)
R70
-
'N BORDVOL PEUSELHAPPIES
R60
-
ONTHOU JY NOG?
R70
-
OTTERTJIE OT
R40
-
PA SE BOEK
R60
-
PEULGROENTE
R40
-
PURE BEDERF
R60
-
RECIPES FOR VEGETARIANS
R60
-
RESEPTE VIR DIE
VRIESKAS
R60
-
RUIK DIE GEUR VAN SPESERYE
R40
-
SKAAP EN LAM TREFFERS
R40
-
SMULGEREGTE OPGETOWER UIT MAALVLEIS
R60
-
SOET SOETER SOETSTE
R40
-
SOMER, SON EN BAIE SLAAI
R60
-
SONDAG SE VLEIS
R40
-
SOUSE, DOOPSOUSE, SMERE EN BOTTERS
R60
-
SOUTTERTE EN QUICHE
R40
-
TEETYD TREFFERS
R40
-
THE 5 BEST OF ALL DISHES (Van my heel eerste samestellings)
R40
-
TUISAPTEEK – BETERSKAP SONDER WETENSKAP
R60
NUUT
-
VIS EN VLEIS UIT ‘N BLIK
R40
-
VROU VAN SPREUKE 31
R70
-
WEESKINDERS
R40
-
WORS EN WORSIES
R40
Kontak Anna by
anna@zulucom.net

|
|
Foto geneem by
Umhlanga |
|
Die pasella hierdie keer is nog 'n eBoek met resepte vir bazaar lekkers.
Regs klik
hier om die boek af te laai. Daar is ook 'n resepte eBoek met
Eskort resepte, regs
klik hier om hierdie boek af te laai.
Geskiedenis van
Boeremusiek — 'n Oorsig — 1700 ~ 2004 |
Klik hier om die artikel
te lees.
Lekker
lugkastele bou -
Oorsese Lottos |
Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en
sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot
droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis
kaartjie ook! Waarvoor wag jy?
Hier is die lys van beskikbare
Lotto s en die huidige boerpotte:
Powerball US $86,000,000
SuperEnaLotto EU €21,800,000
MegaMillions US $22,000,000
MegaSena US $21,300,000
EuroMillions EU €15,000,000
UKLottery UK £9,300,000
ElGordo EU €7,800,000
SuperLottoPlus US $10,000,000
FranceLoto EU €5,000,000
OzPowerball US $2,900,000
Sjoe, dis darem maar groot geld!
Ekke is ook op
Facebook, kry my by
www.facebook.com/Peterjasie
DIE ONTWAKING
A G Visser
Daar is ‘n tyd om hout te hak.
Daar is ‘n tyd vir water-dra;
‘n Tyd vir mooie broodjies bak’
‘n Tyd om asseblief te vra.
Daar is ‘n tyd vir pleit en paai,
Daar is ‘n tyd om toe te gee;
‘n Tyd om doekies om te draai
Terwille slegs van rus en vree.
Daar is ‘n tyd om maar te ploeg,
Daar is ‘n tyd om maar te saai
Al is ‘n mens ook baie moeg,
Al sal ‘n ander dit ook maai.
Daar is ‘n tyd om maar te buk,
Om maar te dra en te verdra
Die sware, ongelyke juk,
Om stil te swyg en nie te kla.
Maar een dag kom daar tog die tyd
Die dissel met die hand te vat:
“Hier eindig die lamlendigheid,
Wat ek is der verachting zat!
“Ek het ‘n arm, ek het ‘n vuis:
“’k Wil pal staan vir my goeie reg
“En baas wees in my eie huis ---
“Daar lê die baadjie van die Kneg !
“Die tyd vir soebat is verby.
“En mooi-praat is nie meer die plan:
“’n Plekkie in die son vir my ---
“Die regte van ‘n vrye man!”
Dinge wat my
plesier gee. |
Helena Graham
Om n appel te vryf tot al sy juweelkleure uitkom en dit in die lig te
bekyk.
Om die vorms en kleure van blare te geniet. Die interressantste deel, is
die onderkant van die blaar.....n Skeppingswonder!
Om na die lekker skuim van Sunlight Liquid te kyk.
n Koppie koffie wat ek nie self gemaak het nie soggens voor my bed.
Skoene waarmee ek LEKKER kan loop.
n Bril. Daarsonder sou ek n analfabeet gewees het.
Om n pieperige plantjie op te pas en rond te skuif tot hy groei.
KLIPPE: ek begeer hulle almal.
Om iets te verf en kleure te meng tot die wonder van kleur voor jou oe
te sien verander…..enigiets wat ek kan verf!
Die ritueel van n lemoen te eet: Afskil sonder dat die skil breek, dan
die wit sit en aftrek tot elke skyfie wys, oop te breek en na die
selletjies te kyk, en dan die olierigheid uit die skil te druk terwl ek
eet.
Om oor enige materiaal van enige aard te streel: sy, hout, metaal, klip,
n kombers, n slang (as iemand dit vir my vashou).......net nie n hond se
nat neus nie.
Om n groot glas blink water met een hou uit te drink.
Om lekker styf te wees van iets soos tuinwerk of iets wat ek nog nooit
tevore gedoen het nie.
Om altyd simple planne te hê van dinge wat ek nog wil maak.
Om n ding om my nek te hang….self gemaak, afgebie op n mark, geskenk
gekry, goedkoop of duur…..dit maak nie saak nie. Blink goed in trosse om
my nek en arms is heerlik!
Kaalvoet in die huis te loop.
n Raat van iemand anders te kry.
Om te luister as iemand my as verkeerd bewys…..ek dit dan insien.
As ek vir my kinders n outydse raat gee, hulle maak of hulle hulle nie
daaraan steur nie en as ek weer sien, doen hulle dit.
Om ander mense se tydskrifte deur te blaai.
My kruietuintjie. Alles wat daarin groei, kan ek gebruik al gee sommige
my hooikoors!
Om iets onmoontlik vir n ander doel te gebruik.
As die wind waai, probeer ek dit met n lied verbind.. of met musiekterme...con
moto, sforzando,ens. As ek oor klein klippies loop, trap ek liggies en
dink: staccato, groter klippe: legato,ek stamp my voete as ek loop en ek
dink:con forza, ens. Effens of heeltemaal mal!
Die vreugde daarvan om met my hande iets simple te maak.
Om na n kind se handjies te kyk.
Vrouens met rooi toonnaels is sooo mooi…..
Ek kyk so graag na mense se oë. Oë is so mooi en dit vertel so baie van
n mens...die siel van die mens
n Nuwe sexy bril
Dis so lekker om oor n enige kind se koppie te streel.
Dis so lekker om in spreekwoordelike taal te praat soos ek grootgeword
het, maar die meeste mense verstaan dit nie. Dit bly lekker en mense
moet maar vra wat ek bedoel.
Die kleur van n vars groen soetrissie. Dit lyk soos die kleur van die
lewe.
Ek kyk deur die venster en sien die protokol soos dit in my voëlbak
gebeur. Ook n Godswonder.
Ek versamel, steel en kry steggies van almal wat ek ken en verwonder my
hoe die worteltjies in die water begin ontwikkel.
Dis heerlik om n plant wat amper dood was deur verwaarlosing weer op die
been te kry.
Dis heerlik om my hande met Dove seep te was onder lopende lou water.
As die kinders belle blaas en ek sien die reenboogkleure daarin en die
spat daarna, verwonder ek my elke keer. Partykeer lyk die kleure selfs
giftig as dit bars...verbeel ek my!
Ek kyk na ander se skatte en mooi goed en dis vir my werklik pragtig en
is opreg as ek sê dit is ongelooflik mooi, maar ek het werklik geen
begeerte in my hart om ook te hê nie.
Dis so lekker om iets baie klein te onvang. Enigiets van n tissue, n
blommetjie, al is dit van onkruid, prentjie, n klein sjokolade..enigiets!
Ek kyk graag na mense, veral mans, se hande. Dit vertel so baie van
hulle lewe. Mans se hande is interressanter...nie omdat dit mans is nie!,
maar hulle hande meer vertel. Vrouens kan hulle hande goed behandel en n
wanindruk skep.
Ek is sooo lief vir skulpe en ken gewoonlik die diertjie wat daarin
geleef het. Ek tel oral oor die wêreld skulpe op en bewaar dit....honderde...maar
ek weet presies waar ek dit opgetel het.
Ek gaar op, onbeskaamd, maar gooi ook weg. Met die opgaardery kan ek
soms iets optower as ek dit in n ander lig sien.
Ek dans so graag. Die wals wieg so lekker en is goed vir die kuite, die
polka maak my nou uitasem, maar bly lekker, die Skotse Swaarddans kan ek
nog doen, met n uitasem gevoel! Ek kan nog rock n roll, Twist tot laag,
maar die opkom laat my nou struikel en gryp na die naaste stoel. n
Vriend in Endinburg,Lionel Gliori het n Skotse Riel op sy viool vi rmy
gespeel en ek het gedans, meer energie nodig as tegniek opgebruik, maar
ek kon dit dans!
Hierdie lys gaan oneindig raak, maar daar is sulke wonderlike dinge. Ek
kyk na die reëndruppels wat weer opslaan voor hulle finaal val en ek
dink aan die uitdrukking: Dit reen ou meide met knopkieries. Lekker......!
Ek klim saans in my eie warm bed en se elke keer dankie aan die Hemelse
Vader.
n Nuwe haarstyl, n nuwe kleursel (ek is mos nie grys nie!) en die
haartowenaar wat ek ken, lig my hart myle die lug op!
Epos van enigiemand is wonderlik. Ek is onbeskaamd verslaaf daaraan en
erken dit ruiterlik.
n Handgeskrewe brief hou ek vir altyd. Dis kosbaar en kan met niks
anders vervang word nie.
n Warm lyfie van n kind wat toelaat dat ek hom of haar vashou, is so
lekker dat die warmte deur my spoel.
Ek skryf soms n gedig as die lewe my druk en dit help al is dit n powere
poging.
Niks is so mooi soos Vlaamse en Nederlandse gedigte nie. Watter plesier
om met my neus in die boek te sit!
n Nuwe boek ruik so lekker as jy die bladsye vir die eerste keer oopmaak
en dit is kraaknuut onder jou vingers. Lekker!
Ek luister na Rosie as sy in die huis werk. Sy het die oerritme in haar
lyf en haar ongelooflike musiektalent ook in haar lyf. Sy sing en klap
hande terwyl sy haar werk doen. Watter ander huisbediende doen haar werk
op Beethovon (haar gunsteling...The man with the hair!) se musiek doen?
Rosie is ook my beste vriendin en ken my beter as wat ek myself ken. In
haar oe is daar geen fout wat ek kan begaan nie. Dankie dat iemand my
foute so kan miskyk!
Humor, humor, humor............hoekom moet daar mense wees wat
daarsonder moet lewe, maar.....jammer vir hulle!!! So deel ek mense net
in 2 groepe: humor of nie!
Ek luister so graag na Blues music wanneer ek “blue” voel. Die definisie
van Blues is: A song about a good man feeling bad”
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Zalome -
Afrikaans op die net |
Zalome is nog
iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te
bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee
soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.
Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang,
doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo
sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit
aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).
AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com
AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
Hoe maak jy as jy nou matriek
geskryf het en moet begin werk soek. Of jy het jou werk verloor om een
of ander rede maar moet 'n inkomste hê. Jy is welkom om hierdie
nuusbrief aan te stuur na iemand wat dit nodig mag hê.
In hierdie artikel bespreek ek kortliks hoe om 'n werk te bekom in
hierdie moeilike ekonomiese tye. In die resessie is baie poste verminder,
het firmas gesny op nuwe aanstellings en vind mense dit steeds moeilik
om werk te bekom.
· Netwerk: Hierdie is een van die beste metodes om 'n werk te kry.
Familie en vriende gee gewoonlik om vir jou en sal jou aanbeveel by 'n
werkgewer. Dit is ook hulle wat jou meer inligting sal verskaf, jou
inlig sodra 'n pos oopgaan en dan 'n goeie woordjie vir jou sal doen.
Werkgewers reageer dikwels gunstig wanneer 'n voornemende werksoeker
voor 'n onderhoud reeds sterk aanbeveel word. Die les is dus om jou
familie en vriende te vra om jou te help uitkyk vir werk in hul
werksomgewing en jou aan te beveel by die bestuurder.
· Vrywillige werk: Dit kan jou baat om vrywillig by 'n firma te werk,
sonder vergoeding, vir 'n korter periode. Jy is byvoorbeeld 'n opgeleide
paneelklopper, maar kan nie werk vind nie. Klop aan by Paneelkloppers
ABC en onderneem om vir 'n week by hulle te werk sonder betaling. Indien
jy 'n goeie indruk maak op ander werkers mag hulle jou aanbeveel by die
eienaar van die besigheid wanneer daar 'n betrekking oopgaan. 'n
Bestuurder of eienaar kom dikwels na sy werkers om te hoor of hulle
iemand ken wat goed en bekwaam is wanneer 'n betrekking oopgaan.
· Personeelagentskappe: Gee jou naam op by personeelagentskappe, veral
by 'n agentskap wat spesialiseer in die beroepsveld waarin jy
gekwalifiseerd is. Byvoorbeeld jy is 'n chef, dan sal dit help om by
personeelagentskap aansoek te doen wat spesialiseer in plasing van chefs
in die gasvryheidsbedryf. Die fout wat werksoekers soms maak is om al
hul hoop slegs op personeelagentskappe te vestig. Daar steek waarheid in
die cliché om nie al jou eiers in een mandjie te sit nie - soek ook op
ander wyses vir jou werk.
· Skakel besighede: In Engels is daar die uitdrukking om 'n "cold call"
te maak. Meeste mense skram daarvan weg, maar dit is 'n goeie manier om
werk te soek. Jy kan byvoorbeeld die Geel Bladsye neem en maatskappye en
besighede skakel wat moontlik oor die tipe betrekking beskik waarin jy
belangstel. Op die manier kan jy dalk hoor van 'n betrekking nog voordat
dit geadverteer word. Wanneer jy skakel maak seker dat jy met die regte
persoon praat wat met personeelaanstellings werk soos die Menslike
Hulpbronbestuurder.
· Advertensies: In die beroepsbylae van koerante verskyn gereeld
advertensies van poste. Moenie net op een aansoek staatmaak nie. Stuur
soveel moontlik aansoeke weg as jy kan. Wanneer jy aansoek doen, skakel
'n week na die aansoek en vra of hulle jou aansoek ontvang het en meer
inligting van jou verlang. Dit sal aan die firma toon dat jy werklik
belangstel en pro-aktief is.
· Ander vaardighede: Wanneer jy werkloos (en daarom moedeloos mag wees)
is dit belangrik om 'n opname te maak van al jou vaardighede, ervaring,
talente, kennis en so meer. Soms haak 'n mens vas by 'n sekere
perspektief van wie jy is. Met 'n dieper selfondersoek mag jy dalk vind
dat jy oor ander vaardighede en kennis beskik wat jou opsies in die
arbeidsmark verbreed. Jy kan byvoorbeeld in 'n tegniese rigting
gekwalifiseerd wees, maar ook oor die talent en persoonlikheid beskik om
opleiding te gee. Dalk het jy leierskapsvaardighede oor die jare bekom
wat goed deur 'n besigheid ingespan kan word. Die feit is jy moenie net
een-dimensioneel na jouself kyk en jou so aan voornemende werkgeweres
voorstel nie. Ontdek jou volle menswees en potensiaal en gebruik dit in
jou aansoek en ook in die werksonderhoud.
· Jou CV en aansoek: Dra sorg dat jou CV op datum is en die korrekte en
relevante inligting daarop aangedui is. Soms is dit 'n goeie idee om die
firma vooraf te skakel en seker te maak in watter formaat hulle jou CV
verkies. Dra sorg dat jou aansoek netjies getik of ingevul is, en betyds
ingehandig word.
· Die onderhoud: Berei jou voor vir die onderhoud. Dit is reeds moeilik
om 'n werksonderhoud te kry wanneer daar 'n hordes aansoekers is. Jy wil
dus die beste maak van jou werksonderhoud. Vind meer uit die firma
waarvoor jy aansoek doen, want dit kan vir die onderhoudvoerders toon
dat jy werklik belangstel. Doen ook navraag presies wat die pos behels,
sodat jy seker kan maak dat jy geskik is vir die betrekking. Daar is ook
spesifieke vrae wat jy te wagte kan wees en waarop jy jouself kan
voorberei. Dit is vrae soos: "Vertel vir ons meer van jouself" of "Waarom
stel jy spesifiek in ons firma belang" of "Vertel ons jou sterk en swak
punte." Hoe meer inligting jy oor die firma en die geadverteerde pos het,
hoe beter kan jy jou voorberei.
· Internet: Die koms van die internet het ook as ontwikkel as 'n bron om
werksgeleenthede te soek. Twee webwerwe wat nuttig gebruik kan word is
Twitter en Linkedln. Selfs Facebook sal waarskynlik in die toekoms al
meer vir hierdie doel ingespan kan word. Hierdie is as't ware sosiale
kubernetwerke. Daar is ook webwerwe wat spesifiek ingestel is vir
beroepsadvertensies. Die internet bied nie net die geleentheid om in
Suid-Afrika werk te soek nie, maar ook om oorsee na werksgeleenthede te
kyk.
· Houding: 'n Mens kan negatief raak wanneer jy talle aansoekvorms
wegstuur en nie 'n werk kry nie. Dit is belangrik om positief te bly,
steeds alle moontlike maniere te probeer om aansoek te doen en 'n werk
te vind. Sommige mense is egter te kieskeurig met hul werksoekery. Soms
is dit nodig om uit te spring en 'n werk te aanvaar al pas dit nie
heeltemal in by jou verwagtinge nie. Wanneer daar nood is moet 'n mens
maar doen wat jou hand vind om te doen, al is dit net vir 'n tydelik
periode.
· Verdere opleiding: Jy kan verdere opleiding deurloop of jou inskryf
vir 'n kursus om jou kwalifikasies te verbeter. Wees egter versigtig om
nie net vir enige kursus in te skryf nie. Mense het hulle vingers al
verbrand deur baie duur kursusse te doen en steeds nie 'n werk te kry
nie. Kies 'n relevante kursus wat werklik vir jou beroepsgeleenthede sal
skep. Doen dus eers die nodige navorsing voor jy inskryf.
· Bid: In moeilike tye wanneer jy op moedverloor se vlakte sit, is dit
goed om steeds vir die Here te bid, en Hom te vra vir leiding en uitkoms.
Bostaande is enkele gedagtes hóé 'n mens te werk kan gaan in jou soektog
en aansoek vir 'n werksposisie. Daar is veel meer hieroor te sê soos om
ook te kyk na entrepreneurskap. Ek vertrou egter dat bostaande vir
lesers sal help met idees en riglyne wanneer werkloosheid 'n bron van
bekommernis en spanning is.
Dr ST Potgieter
Sielkundige
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
Jare gelede, in die beroemde Louvre Museum in Parys was daar 'n
skildery met die titel “Skaakmat". Dit het die Satan uitgebeeld wat
smalend oor sy
skaak-opponent uittroon, omdat hy sy
opponent se siel gewen het. Die opponent word uitgebeeld as 'n jong man,
sy kop gebuig in vernedering - hy's
verslaan en verslae. Sy gesig is
vertrek van pyn - en die Satan lag oorwinnend. Daar's 'n paar stukkies
oor op die skaakbord en die woord
"Skaakmat" staan oor die skildery
geskryf.
'n Ouerige man stap eendag deur die
Louvre en stop by die sataniese skaakspel. Doodstil staan hy vir lank
die prent net en bekyk. Toe hy skielik
lewe kry en begin uitroep: "dit is 'n
leuen, dit is 'n leuen!"
Ander mense in die gallery het kom
kyk wat aangaan. Wat is die leuen vra hulle terwyl hy aangaan om dit uit
te roep. Die Kurator van die museum daag
op. "Meneer is hier 'n probleem, kan
ek help?" Die man kyk die kurator in die oe en se: "Ek is die Franse
skaakkampioen - ek se vir jou dit is 'n
leuen!". Die kurator was nog steeds
verward - wat is 'n leuen?
Die man wys na die skaakbord en sê:
"die skilder sal die skildery moet verander, of hy sal die titel moet
verander. Kyk, die spel is nie oor nie,
dit is 'n leuen, dit is nie skaakmat
nie, die koning het nog 'n skuif!"
- 'n Klein seuntjie met 2 vissies en
5 brode en duisende mense. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen,
want die koning het nog 'n skuif, en hulle
tel 12 mandjies kos na die tyd op.
- 'n Man met die naam Daniël word
gegooi in 'n kuil vol honger leeus. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is
'n leuen, want die koning het nog 'n skuif
oor!
- Jesus kom by die graf van Lasarus.
Hy's al drie dae dood. Die graf ruik sleg. Dit lyk soos skaakmat, maar
dit is 'n leuen want die koning het nog 'n
skuif oor!
- Die vrou by die put, moet deur mans
met klippe doodgegooi word. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen
want die koning het nog 'n skuif oor.
"Gaan en moenie langer sondig nie!"
- Die moordenaars saam met Jesus aan
die kruis. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning
het nog 'n skuif oor, vandag sal jy saam
met my in die paradys wees.
- Op Goeie Vrydag word die Lam geslag.
Die mense skreeu veroordelend - Kruisig Hom, kruisig Hom. Hulle spot Hom
en slaan Hom. Hulle spoeg hom en
kap Hom met spykers vas aan 'n kruis.
Jesus skreeu met 'n hortende asemteug en gebarste lippe dit uit: Eloi,
Eloi lama sabagtani - my God, my God waarom het U my verlaat". Eenkant
staan mense en sê: Ja ander kon hy red, maar Homself kan hy nie red nie.
Dit is verby, skaakmat, gaan maar huis toe - Satan leun smalend oor die
skouer van die mens, alles is verby, maar dan kom opstanding Sondag en
ek en jy weet. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die
koning het nog 'n skuif oor!
Die land is in 'n gemors. Moorde vind
orals plaas. Kinders word wreed verkrag. Mense verloor hul werke, huise,
huwelike, lewens, self respek,
waardes, morele, harte en verstand..
Jou lewe is 'n gemors. Jy soek, jy klop, jy roep.. Jy huil, jy lag, jy
raak kwaad.. Jy voel leeg. Jy voel
verlore. Jy soek jou voetspore, maar
vind verdwaalde paaie. Satan staan en lag. Dis verby. Sluk daai pil,
trek die sneller, gee daai tree oor die
rand... Vrees is aan die orde van die
dag. Vrees bepaal jou kom en jou gaan.
Vrees vir jou lewe, vrees vir jou
medemens, vrees vir jouself, vrees vir jou gedagtes, vrees vir jou
omstandighede, vrees vir more, vrees vir die
herinnering van gister, vrees vir die
omstandighede van vandag.
VREES... Maar vandag wil ek vir jou
se, die spel is nie oor nie!! Die Koning het nog 'n skuif oor!!!!!!!
Mag hierdie boodskap jul net so
bemoedig soos vir my!
Nataniël
se raad vir Haai aanvalle:
Om te voorkom dat 'n haai u byt, doen die volgende :
Wenk nommer 1 :
Moenie in die see swem nie. Ongeveer 100% van alle haai aanvalle gebeur
in groot watermassas, beter bekend as DIE SEE. Proe aan die water. As
dit soos sout smaak en as dit branders het, is jy in die see. Draai om
en gaan le liewers onder jou sambreel met 'n drankie.
Wenk nommer 2 :
Swem saam met vet mense. Sorg dat daar ALTYD groot, vet mense saam met
jou in die water is. Die kanse dat jy vinniger as hulle kan swem en
wegkom, is baie goed.
Wenk nommer 3 :
Moenie in die water gaan sonder 'n mes nie. Die mes word gebruik om die
swemmer naaste aan jou te steek, indien jy 'n haai gewaar. Sodra hy/sy
bloei, swem so vinnig as wat jy kan weg.
Wenk nommer 4 :
Luister noukeurig! Elke haai het 'n temalied - As jy die volgende hoor,
swem vir jou lewe : '' Da- dam ... Da- dam ... Da- dam .. '' As dit so
klink : '' DADAM- DADAM- DADAM '' - Is jy klaar in jou moer.
Wenk nommer 5 :
Moenie paniekerig raak nie. Wees kalm en bly blerrie stil as 'n haai jou
byt. Jy is in elk geval klaar in jou moer in en dit gaan jou niks help
as jy huil en skree soos 'n maer vark nie. Die ander mense op die strand
probeer ontspan en sal dit waardeer as jy kan stil bly. Om iemand soos
'n mal ding te hoor skree en huil terwyl jy probeer ontspan, is vreeslik
onaangenaam. Dink aan die kinders en bejaardes en hou op so aansit
asseblief. Ja, Dit IS vreeslik erg, maar dis baie meer traumaties vir
die ander mense om dit te sien en al daai geluide te hoor, so bly net
stil asseblief. Daar is in elk geval niks meer wat jy teen DIE tyd kan
doen nie want jy het wenke 1-4 nie waargeneem nie.
Ek bad deesdae in ‘n bietjie warm water en OMO, die advertensie sê:
"Gewaarborg! Verwyder Vet & Vlekke!"
Watch my oor 3 maande!!!!!
Kinders se vraestel antwoorde……….dis nou lekker
Afrikaans !!
* Salomo het driehonderd vroue en nog sewehonderd bye-vye gehad. Nie
almal van hulle het gesteek nie, maar hy was gelukkig baie slim en het
'n plan uitgewerk.
* Nog 'n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop. Dit het verhoed dat
jou bloed stilstaan, wat stilstuipe veroorsaak.
* Peter Stuyfgestaan is 'n geskiedkundige figuur, want hy het sigarette
uitgevind en begin rook. Hy het so baie gerook dat die niekoetien-kolle
in sy onderbroek duidelik sigbaar was.
* Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal op hulle hero-gleuwe
geskryf en vir hulle pappies gewys. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon
en het waterbeurte gehad van die min reën. Die klimaat was só erg dat
al die inwoners op ander plekke gebly het, en net naweke huistoe gekom
het om sandkastele te bou. Die boesmans het in hulle tuine gewerk.
* Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle
ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele
gemaak is en baie soet is van te min suurdeeg. Moses het die berg
Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry.
* Die Egiptenare was 'n hoogs gekulde volk en sonder hulle sou ons nie
'n geskiedenis gehad het nie. Hulle het omtrent al die kafees in Egipte
gehad. My ma sê hulle het baie mites gehad wat seker in die kombuis
gewerk het.
* Demokrates was 'n beroemde Griekse wysheid wat rondgeloop en mense
raad gegee het. Hy is dood omdat hy verskriklik oordosis of so iets. Ná
sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.
* In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal paal gespring, zol
geswaai, en disnis gegooi. Hulle was ook lief vir budgie-jump, omdat
daar niks anders was om te jump nie.
* Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde gesterf. Hulle het haar
met 'n blaasbalk aan die brand gepomp, tot haar hare afrou geraak het
van skrik.
* Koningin Elizabeth was die "Maagdekoningin". As 'n koningin was sy
'n sukses, maar nie as 'n maagd nie. Sy het haar volk se probleme
aangetrek. En was altyd mooi geklee.
* Dit was 'n tydperk van groot uitvindsels en ontdekkings. Gutenberg
het die wynpers uitgevind. Hy het die slaweklokke gelui deur dit in die
wynpers vas te draai dat die wyn spat.
* Die grootste skrywer van die Renaissance was William Shakespeare. Hy
is in die jaar 1564 gebore en die geskiedkundige mense dink dit was op
sy verjaardag.
Hy het nooit geld gemaak nie, en is net beroemd oor die toneelstukke wat
hy geskryf het. Hy het tragedies, komedies en historektomieë geskryf.
Romeo and Juliet is een voorbeeld.
* Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent geword.
Lincoln se ma is dood toe sy nog 'n maagd was en hy is gebore in 'n
houthut wat hy met sy eie hande gebou het in die franse evolusie.
* Johann Babbelastiaan Bach het baie komposisies geken en het so ook
baie kinders gehad. Hy is dood sedert 1750 tot vandag toe. Bach was die
beroemdste komponis in die wêreld, amper soos Händel. Händel was
half-Duits, half-Italiaans en half-Engels wat Hollangs gepraat het.
* Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was só doof dat hy
harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs al het
almal na hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis hoekom
hy later dood is. Hy het rooi hare by geboorte gehad toe noem sy ma hom
Beethoven. Sy hare het egter na sy eerste bad heelwat verander.
* Die negentiende eeu was 'n tyd van baie uitvindsels. Mense het
opgehou om met die hand te reproduseer en met toestelle begin reproduseer.
* Die uitvinding van die stoomboot het 'n netwerk van riviere laat
ontstaan, waarna die mense gevlug het as die water te warm raak van die
stoom wat afgeblaas word.
* Die Toekoek is 'n voël wat nie haar eie eiers kan lê nie.
* Parallelle lyne ontmoet mekaar nooit nie, tensy jy een of altwee van
hulle buig.
* 'n Sirkel is 'n lyn wat sy ander end ontmoet sonder om te end. Daarom
is dit moeilik om sy end te kry, voordat jy dronk word.
* Die maan is 'n planeet net soos die aarde. Daar bly net een man wat
baie gelukkig is. Een keer 'n jaar raak sy koeie mal en spring oor die
maan.
* Vegatiewe voortplanting is 'n proses waarin een individu per
ongeluk 'n ander individu vervaardig waarop net die ouma trots is.
* Koolstofmonoksied is 'n reuklose gas wat verskriklik stink.
Jannie se ma loer deur die venster.
Jannie en sy kat is besig om Kerk Kerk te speel.
Hy sit daar stil en preek vir die kat.
Glimlaggend draai sy om en gaan aan met haar werk.
Die volgende wat sy hoor is 'n vreeslike ge-rumoer, dit muaaw en blaas -
dit is 'n vreeslike gedoente!!
Sy hardloop terug en sien Jannie is besig om die Kat te DOOP in 'n bad
water
"STOP DIT!" SKREE SY VIR JANNIE "die kat is bang vir die water"
Rustig kyk Jannie op en antwoord sy ma:
"Hy moes daaraan gedink het voordat hy by my Kerk aangesluit het!"
st
se pitkos
Klik hier
om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Welkom by hierdie
week se nuusbrief.
Probleme het
vervaldatums
Die afgelope paar jaar was vir baie mense moeilike jare. Byvoorbeeld:
finansiële markte wat ineenstort, banke wat hul deure sluit, sekwestrasies,
hoër rentekoerse, werkloosheid, prysstygings, arbeidsonrus in die land.
Ons voel soms totaal oorweldig met alles wat met ons en rondom ons gebeur.
Jy beland in een krisis na die ander, dit spoel oor jou en jy word verswelg
deur probleme. Sodra jy opkom om asem te skep, kom die volgende golf en
spoel oor jou. Jy word omgekeer en heen en weer geruk. Net wanneer jy meen
nóú verdrink jy, dan breek ietsie oop en kry jy darem kans om asem te skep.
Twee dinge in hierdie lewe is seker:
1. Jy sal probleme en krisisse in jou lewe ervaar.
2. Elke probleem het 'n vervaldatum.
Oor die eerste punt wil ek nie te veel sê nie, maar weet dat probleme,
hartseer, krisistye en moeilikhede jou pad sal kruis. Jy kan hóé 'n goeie
mens wees, maar een of ander tyd sal daar in jou lewe probleme en
hartseertye wees. Jy kan dit nie vermy nie. Dis deel van menswees en dis
deel van jou lot.
Daar is sekerlik vele maniere hoe om dit te hanteer, maar ek wil nie in
hierdie nuusbrief hierop fokus nie, maar net vir jou die gerusstelling gee
dat elke probleem 'n vervaldatum het. Jou probleem sal doodgaan, jou
probleem sal verander - dit is inderdaad 'n gegewe feit. Veranderinge is 'n
sekerheid en ook jou probleem is nie permanent nie.
Storms kom oor die aarde, woed dit self uit en dan skyn die son weer. In die
hart van die winter mag alles vir jou koud en dood voel, maar drie maande
later bring die lente groei en lewe in die natuur. Jy kan jou arm breek,
maar 'n paar weke in gips en dan is jy weer reg. Jy kan in bankkrotskap gaan
en voel jou lewe is oor, maar geleidelik begin jy opstaan en nuwe
moontlikhede ontdek. Jy kan in die toestand van 'n terminale siekte verkeer,
ook dit gaan verby en oor in 'n nuwe liggaam en ewige lewe. Alle probleme
gaan weg óf die probleem verander. Maar jou huidige situasie en jou
spesifieke probleem is nie vir altyd konstant nie.
Hoe lyk jou probleem waarmee jy worstel? Voel jy daar is nie uitkoms nie?
Voel jy soos 'n Job van ouds waar alles van hom weggeneem is? My wekroep aan
jou is om nie tou op te gooi nie, maar uit te hou en te weet jou probleem
sal verander.
In watter rigting jou probleem verander, hang tot 'n groot mate van jouself
af. Ja, ek weet omstandighede speel 'n bepaalde rol, maar jou keuses en
gesindheid hóé jy die probleem hanteer maak 'n groot verskil. Job het in die
ellendigste van toestande steeds op God bly vertrou en sy geloof behou. Hy
kon net sowel baie kwaad vir God geword en sy rug op Hom gekeer het. Die
uitkoms vir Job en sy probleme sou dan waarskynlik anders gewees het. Job is
eventueel ryklik geseën as gevolg van sy gesindheid en die keuses wat hy in
sy krisistyd gemaak het.
Jy kan navorsing doen hóé mense hulle probleme aanspreek en hanteer. Dan sal
jy opmerk mense benader op verskillende maniere en met verskillende
gesindhede hul probleme. Die keuses wat jy maak, stuur jou probleem in 'n
bepaalde rigting. En dis iets wat jy elke dag rondom jou waarneem - dis nie
bloot 'n teoretiese gedagte nie, maar 'n praktiese werklikheid wat 'n
geweldige verskil in mense se lewens maak.
Dit laat my dink aan die verhaal van die twee broers. Die een broer was 'n
alkoholis. Die vraag word aan hom gestel waarom hy 'n alkoholis is. Sy
antwoord: "My pa was 'n alkoholis en dis die voorbeeld wat ek as kind gekry
het. Hoe kan jy iets anders van my verwag as om ook 'n alkoholis te wees."
Die ander broer was 'n sober man met goeie gewoontes, die vraag word toe aan
hom gestel waarom hy nie 'n alkoholis is nie. Sy antwoord: "My pa was 'n
alkoholis en dis die voorbeeld wat ek as kind gekry het. Hoe kan jy ooit van
my verwag om my mond aan drank te sit, nadat my moeder, en ek en my broer
deur die hel van my pa se drinkery gegaan het." Twee broers wat as kinders
met die geweldige probleem van hul alkoholis pa te kampe gehad het. Geen
probleem bly vir altyd nie, en hul krisis sou verbygaan en hulle kon die
huis verlaat. Die keuses wat die broers ten opsigte van die probleem gemaak
het, het egter die groot verskil in hul lewens gemaak.
Daar is baie probleme waarmee ons gekonfronteer word. Finansiële probleme,
krisis by die werk, verhoudinge wat versuur het, huweliksprobleme, 'n
afknouerige baas en kollegas, bekommernis oor jou kind, 'n drank- of
dwelmprobleem en so meer. Die probleem sal een of ander tyd wel verander,
maar jou hantering van die probleem en die keuses wat jy maak, sal 'n groot
impak hê op die uitkoms van die probleem.
Ja, jy ervaar probleme in jou lewe. Jou probleem sal nie vir altyd voortduur
nie, maar hoe dit gaan verander, hang tot 'n groot mate af met watter
gesindheid en watter keuses jy dit aanpak.
Mag jy in die nuwe jaar die genade en wysheid ontvang om jou probleme in
perspektief te sien, met 'n positiewe gesindheid dit te benader en die regte
keuses te maak. Mag die genade van die Here met jou wees tot ons weer gesels.
'n Sprankie wysheid vir die dag
"Niks duur vir altyd nie, selfs nie eers jou moeilikhede nie." - Arnold H.
Glasow -
Jy kan inteken op st se
nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na
www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou
naam en eposadres vir my.
Dr ST Potgieter
Sielkundige
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
As jy dalk nog
baie resepte wil hê, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
|
Resepte - Koekies
vir Kersfees |
Sjokolade koekies
125ml Margarien
125ml Kakao
750ml Hawermout
5ml Vanielje
500ml Suiker
125ml Melk
250ml Klapper
Metode
Smeer die bakplaat met margarien.
Meet die margarien, suiker, kakao en melk af in die kastrol.
Skakel die stoofplaat aan op matige hitte. Plaas die kastrol op die plaat en
roer die
mengsel tot dit kook.
Skakel die plaat op lae hitte en laat dit presies 5 minute lank kook. Haal
die kastrol van
die plaat af en plaas dit op ‘n plankie. Skakel die plaat af.
Roer die hawermout, klapper, en vanielje by tot goed gemeng.
Skep klein klontjies met 2 teelepels op die bakplaat terwyl die mengsel nog
warm is.
Laat staan tot dit goed afgekoel en styf is.
Skurwejantjies
875ml suiker
400g hoë vet margarien
75ml stroop
5 x 250ml koekmeelblom
5 x 250ml klapper
5 x 250ml hawermout
5ml kaneel
10ml sout
5ml gemmer
5ml fyn neut
3 eiers geklits
20ml koeksoda
60ml melk
Metode
Voorverhit die oond na 180°C. Smeer bakplate
Room die suiker en smeer en voeg die stroop by. Voeg nou alle droë
bestanddele
behalwe koeksoda by. Voeg die eiers by. Los die koeksoda in die melk op en
voeg dit
ook by die mengsel. Maak okkerneutgrootte balletjies en druk dit plat op die
bakplaat.
Bak tot goudbruin.
Spenskoekies
600g hoë vet margarien
500ml suiker
2 eiers
45ml grondboontjiebotter
5ml vanielje
10ml koeksoda
25ml melk
500ml Post Toasties
500ml hawermout
30ml bakpoeier
Sout
125ml gekapte neute
500ml klapper
500ml koekmeelblom of nutty wheat
Metode
Voorverhit die oond na 180°C. Smeer bakplate
Room botter en suiker en voeg die eiers by. Voeg die grondboontjiebotter by
en meng
goed. Roer die geursel en koeksoda, opgelos in melk, by. Meng nou al die
ander
bestanddele en voeg dit by die bottermengsel. Vorm balletjies en bak tot
goudbruin.
Skotse brosbroodjies
1kg botter
1kg koekmeelblom
500g mielieblom
500g versiersuiker
Metode
Voorverhit die oond tot 150°C. Smeer 3 oondpanne. Meng al die bestanddele
goed
saam, ‘n elektriese klitser werk maklikste. Druk dit 1 cm dik uit in die
oondpanne. Prik
die deeg oral-oor met ‘n vurk en bak dit vir 40 min. Laat dit effe afkoel,
strooi
strooisuiker bo-oor en sny die koekies in reghoeke terwyl nog warm.
Brosbrood
500g botter, sag
1 koppie (250ml) strooisuiker
1 teelepel (5ml) karamelgeursel
2 koppies (500ml) koekmeel
2 koppies (500ml) mielieblom
knypie sout
Stel oond op 140 ºC.
Metode
1. Room botter en strooisuiker tot liggeel en donserig. Klits geursel by.
2. Sif meel, mielieblom en sout saam en roer by bottermengsel. Meng tot
sagte deeg.
3. Druk deeg vas in gesmeerde oondpan wat met bakpoeier gevoer is.
4. Prik met vurk gaatjies in deeg.
5. Bak 30min. Stel oond af na 120 ºC. Bak vir nog 2 uur of tot bokant van
koekies ferm
en ligbruin is.
6. Sny met dun, skerp mes in vingers terwyl dit nog warm is.
7. Laat pan afkoel.
8. Plaas op afkoelrakkie tot heeltemal koud en pak in lugdigte houer.
Lewer ongeveer 30 blokkies
Dadel-en Sjokolade-Vierkante
150g botter
¾ koppie (185ml) bruinsuiker
2 eiers
1 teelepel (5ml) vanielje
1 plak (100g ) donker sjokolade
1 pakkie (100g) kasjoeneute, gekap
1 ¾ koppie (437ml) bruismeel
½ pakkie (125g) dadels, gekap
4 eetlepels (60ml) melk
Stel oond op 180 ºC.
Metode
1. Smeer vierkantige oondbak van 20cm.
2. Room botter en bruinsuiker tot botter liggeel is.
3. Klits eiers goed na elke byvoeging. Voeg ook vanielje by.
4. Breek sjokolade in blokkies en smelt in mikrogolfoond.
5. Voeg gesmelte sjokolade by bottermengsel en klits tot goed gemeng.
6. Roer neute, meel, dadels en melk by tot goed gemeng.
7. Skep deeg in gesmeerde bak en maak gelyk.
8. Bak 30- 35 minute of tot ferm.
9. Laat afkoel en sny in blokkies. Sprinkel gesifte versiersuiker oor
Dadelwieletjies
Vulsel
1 pakkie (250g) dadels, gekap
½ koppie (125ml) rosyntjies
150ml water
1 eetlepel (15ml) brandewyn
1 pakkie (100g) gevlokte amandels, gekap
Deeg
2 koppies (500ml) koekmeel
1 teelepel (5ml) koeksoda
2 teelepels (10ml) kremetart
½ teelepel (2,5ml) kaneel
knypie sout
knypie gemengde speserye
¾ koppie (187ml) strooisuiker
½ koppie (125ml) olie
1 koppie (250ml) water
Stel oond op 180 ºC.
Metode
1. Vulsel: Kook dadels en rosyntjies in water vir 2 minute in mikrogolfoond.
2. Roer brandewyn en amandels by en laat eenkant om af te koel.
3. Deeg: Sif al die bestanddele behalwe suiker, olie en water saam.
4. Roer suiker by gesifte bestanddele. Roer olie en water bymekaar en roer
by gesifte
bestanddele.
5. Vorm deeg en rol tot redelik dun op ‘n meelbestrooide oppervlak in
reghoek van
ongeveer 50 cm x 30 cm uit.
6. Smeer vulsel op uitgerolde deeg en rol in breedte op soos ‘n rolkoek.
7. Draai deegrol toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir 5 ure.
8. Sny deeg in 1 cm- skyfies, plaas op gesmeerde bakplaat en bak vir 12
minute of tot
goudbruin.
Lewer ongeveer 60 koekies
Dadelyskaskoekies
½ pak (250g) botter
1 pakkie (500g) versiersuiker
1 pakkie (250g) dadels
2 eetlepels (30 ml) kakao
1 koppie (250 ml) klapper
2 eiers
1 teelepel (5 ml) vanielje
knypie sout
1 pakkie (200g) Mariebeskuitjies
Metode
1. Verhit botter in ‘n groot kastrol tot sag, maar nie gesmelt nie.
2. Roer versiersuiker by sagte botter en gemeng.
3. Voeg dadels, kakao en klapper by en kook oor medium hitte vir 3 minute.
4. Klits eiers, vanielje en sout en voeg by dadelmengsel, laat kook vir nog
2 minute en
verwyder van die hitte.
5. Breek koekies fyn en voeg by dadelmengsel, roer goed en skep in groterige
gesmeerde
bak. Druk bokant gelyk.
6. Laat oornag in yskas en sny in blokkies.
Lewer ongeveer 60 blokkies
Eet-Maar-Nog-Koekies
Onderste Laag
125g botter
250ml (1k) bruinsuiker
397g (1 blik) kondensmelk
Knypie sout
5ml (1t) vanielje
250ml (1k) klapper
250ml (1k) hawermout
250ml (1k) sultanas
125ml (½k) muesli
50g (½ pakkie) pekanneute, gekap
625ml (2½k) pofrys (Rice Krispies)
Boonste Laag
500g (2 plakke) donkersjokolade
30ml (2e) jogurt by kamertemperatuur
Onderste Laag
Smelt botter, suiker en kondensmelk in kastrol.
Verhit tot kookpunt en kook vir 6 min terwyl dit geroer word.
Verwyder van hitte. Roer sout en vanielje by. Roer goed.
Roer oorblywende bestanddele by.
Druk in gesmeerde, reghoekige oondbak vas.
Boonste Laag
Smelt sjokolade oor dubbelkoker tot glad of in mikrogolf teen 70% krag.
Roer jogurt by sjokolade en smeer oor koekies. Laat stol en sny in blokkies.
Gebakte Pienk Sjokoladekoekies
Koekies
2 eiers, geklits
185ml (¾k) strooisuiker
250ml (1k) koekmeel
5ml (1t) bakpoeier
Knypie sout
125ml (1½k) louwarm melk
30ml (2e) olie
3 druppels rooi voedselkleursel
5ml (1t) rooswater
Sous
45ml (3w) romerige aarbeilikeur
125ml (½k) room
Koekies:
Klits eiers en suiker tot liggeel.
Sif meel, bakpoeier en sout saam
Roer melk en olie saam. Voeg meel- en melkmengsels beurtelings by
eiermengsel en
roer goed.
Roer voedselkleursel en rooswater by.
Spuit hartjievorm-koekpannetjies met kossproei en skep driekwart vol met
deeg.
Bak vir 10 min of tot gaar.
Keer uit en plaas op afkoelrakkie.
Sous: Roer likeur en room bymekaar en giet oor warm koekies sodat sous kan
intrek.
Sit saam met ‘n vars rosie of wit sjokoladekrulle voor.
Gou-Gou Koekies
Koekies
500g botter, sag
500ml (2k) versiersuiker, gesif
1 250ml (5k) koekmeel
10ml (2t) bakpoeier
Knypie sout
60ml (4e) rooi glanskersies, gehalveer
60ml (4e) groen glanskersies gehalveer
100g (1 pakkie) gevlokte amandels
Versiering
200g (2 plakke) sjokolade, gesmelt.
Stel oond op 180ºC.
Koekies
Room botter en versiersuiker tot liggeel en romerig.
Sif meel, bakpoeier en sout. Roer by bottermengsel tot deeg begin vorm.
Voeg kersies en amandels by en verdeel mengsel in twee. Vorm deeg in wors.
Draai in
kleefplastiek toe en vries vir vyf uur.
Sny gevriesde deeg in 1cm-skywe en sit op bakplaat wat met bakpapier gevoer
is.
Bak 15min of tot goudbruin bo-op.
Skep koekies op afkoelrakkie tot heeltemal afgekoel.
Versiering
Doop helfte van koekie in gesmelte sjokolade.
Sit gedoopte koekies op waspapier sodat sjokolade kan stol.
Klapperkoekie met Vulsel
Koekie
200g botter
125ml (½k) strooisuiker
1 eier, geklits
5ml (1t) vanielje
500ml (2k) koekmeel
7,5ml (1½t) bakpoeier
Knypie sout
125ml (½k) klapper
Vulsel
60ml (4e) botter
187ml (¾k) versiersuiker, gesif
2,5ml (½t) vanielje
10ml (2t) melk
Stel oond op 180ºC.
Koekies
Room botter en suiker tot liggeel en romerig.
Klits eier en vanielje by tot goed gemeng.
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Roer klapper by.
Voeg meelmengsel by bottermengsel en meng goed.
Rol deeg in balletjies en sit op bakplaat wat met bakpapier gevoer is. Druk
bokant van
koekies effens plat.
Bak 12 tot 15 min of tot goudbruin.
Vulsel
Room botter en versiersuiker tot liggeel en donserig.
Voeg vanielje en melk by soos benodig.
Smeer vulsel op koekie en plak nog ‘n koekie bo-op.
Hou koekies in lugdigte blik.
Klapperys
280g versiersuiker
1 ml kremetart
1 blik (397g) kondensmelk
270g droë klapper
koekkleursel van jou keuse
Metode
1. Smeer ‘n vierkantige 20cm bakpan.
2. Sif die versiersuiker en die kremetart saam.
3. Voeg kondensmelk by en meng tot glad.
4. Voeg helfte van die klapper by en roer goed.
5. Meng die res van die klapper in totdat die deeg vaskleef.
6. Verdeel die mengsel in drie en voeg koekkleursel by twee daarvan- kleur
een deel
helder en die ander een ligter.
7. Druk die dele soos kleure verlang in die pan.
8. Hou een uur in die yskas en sny in blokkies.
Klein Vrugtekoekies
375g botter
1 ½ koppie (375ml) water
1 ½ koppie (375ml) strooisuiker
1 ½ koppie (375ml) pitlose rosyntjies
1 ½ koppie (375ml) gebleikte sultanas
1 pakkie (250g) dadels, gekap
½ pakkie (50g) pekanneute, gekap (opsioneel)
2 eetlepels (30ml) sitrusskil, gekap
½ koppie (125ml) rooi glanskersies, gekap
3 eiers
3 koppies (750ml) koekmeel
½ teelepel (2,5ml) fyn kaneel
knypie fyn gemmer
1 eetlepel (15ml) bakpoeier
1 teelepel (5ml) vanielje
Metode
1. Meng botter, water en strooisuiker.
2. Voeg rosyntjies, sultanas, dadels, skil en kersies by bottermengsel en
kook oor lae
hitte vir 20 minute op stoof.
3. Verwyder van hitte en laat eenkant afkoel.
4. Stel oond op 140 ºC.
5. Klits eiers en roer by vrugtemengsel.
6. Sif meel, kaneel, gemmer en bakpoeier bymekaar en roer by vrugtemengsel.
7. Skep beslag in gesmeerde muffinpanne en bak 25 minute of tot gaar.
Lewer ongeveer 24 koekies
Maklike Fudge
397g (1 blik) kondensmelk
1 kondensmelkblikkie vol melk
1 125ml (4½k) suiker
60ml (4e) botter
5ml (1t) vanielje
Knypie sout
Metode
Gooi alle bestanddele behalwe vanielje en sout in dikboomkastrol en verhit
tot kookpunt.
Roer tot suiker opgelos is.
Kook nog 20min oor lae hitte tot strooikleurig. Roer af en toe.
Haal fudge van plaat af en roer vanielje en sout by. Klop met houtlepel of
elektriese
klitser tot fudge begin dik raak. Wanneer dit by kante van kastrol begin dik
raak is dit
reg.
Skep fudge in klein, gesmeerde rolkoekbakplaat en laat stol.
Sny in blokkies.
Beskuitjie fudge
1 x 200g marie beskuitjies/tennis beskuitjies in stukkies gebreek
1 x 250g margarien
1 eier
Sif saam:
75ml kakao
500g versiersuiker
1 handvol amandels
1 dop kahlua
Metode
Smelt margarien. Voeg kakao en versiersuiker by. Roer.
Klits eier baie vinnig by.
Haal van stoof af
Roer Kahlua by.
Voeg koekies en amandels by.
Laat stol ‘n rukkie in yskas.
Rol in rolletjies waspapier.
Laat stol.
Sny in skyfies en bedien saam met koffie.
Hou in yskas.
Lekker fudge in mikrogolf
1 blik kondensmelk
1 blik kookwater
3 eetlepels goue stroop
6 koppies suiker
1 koppie koekmeel
1 eetlepel asyn
250g wit margarien (wooden spoon)
½ (‘n halwe) teelepelvol kremetart
1 teelepel vanieljegeursel
Metode
Meng alles behalwe kremetart en vanielje.
Kook alles op hoog in mikrogolf oond – kook vir 8 min. Roer goed.
Kook vir 6 minute.
Roer ½ teelepelvol kremetart in bietjie water opgelos by.
Kook vir nog 20 minute.
Roer goed en voeg vanielje by en klop flink tot dik.
Gooi in gesmeerde 30 x 45cm pan uit.
Koel af en sny in blokkies.
Mikrogolf Fudge
Hier is ‘n resep wat regtig werk en baie, baie lekker is:
1 blik kondensmelk
500 ml strooisuiker
125g margarien/botter
5ml vanieljegeursel geursel
Metode
Voeg kondensmelk, stooisuiker en margarien/botter saam in ‘n groot glasbak (ongeveer
15 cm hoog – mengsel borrel hoog gedurende kook proses!).
Kook op “high” vir 2 minute.
Haal uit; roer goed en plaas terug vir 8 minute op “high”.
Haar uit; voeg 5ml vanieljegeursel by.
Roer goed.
Gooi in gesmeerde pan.
Laat staan vir 2 minute.
Sny in blokkies en geniet!
(Opsioneel: kan ook neute/rosyntjies/rice krispies/gebreekte beskuitjies
bygooi of smelt
sjokolade en smeer bo-oor)
Mentwieletjies
Vulsel
5 eetlepels (75 ml) sagte botter
1 koppie (250 ml) versiersuiker, gesif
2 teelepels (10 ml) pepermentlikeur
8 sagte Spearmint- lekkers, grof gekap
3 druppels groen voedselkleursel
Kors
1 koppie (250 ml) volroommelkpoeier
250g donker sjokolade, in blokkies
1 pakkie (200g) Romany Creams
1 koppie (250 ml) sagte sjokoladekoekkrummels
¼ pak (125g) botter, gesmelt
bietjie strooisuiker
Metode
1. Vulsel: Klits botter met elektriese klitser tot romerig en voeg
versiersuiker by.
2. Klits likeur en voedselkleursel by en hou aan met klits tot versiersuiker
donserig is.
Hou eenkant tot benodig.
3. Kors: Smelt sjokolade in mikrogolfoond of oor dubbelkoker.
4. Kap koekies in voedselverwerker tot fyn.
5. Roer koekiestukkies en koekkrummels by gesmelte sjokolade.
6. Roer gesmelte botter by tot ‘n sagte koekiemengsel vorm.
7. Sprinkel bietjie strooisuiker oor ‘n groot stuk swaar foelie.
8. Druk koekiemengsel in ‘n reghoek van 22 cm x 28 cm.
9. Smeer vulsel oor koekiereghoek tot 1 cm van kant af.
10. Rol mengsel met behulp van foelie so styf as moontlik op.
11. Plaas oornag in vrieskas. Hou daarna in yskas en sny in skyfies net voor
dit voorgesit
word.
Lewer ongeveer 24 wieletjies
Sjokoladekoekies
2 pakkies Marie beskuitjies
½ koppie (125ml) botter
1 koppie (250ml) suiker
2 eetlepel (30ml) kakao, gesif
1 eier
1 teelepel (5ml) vanielje
Metode
1. Smelt botter, suiker en kakao saam.
2. Klits eier en vanielje saam, gooi by bottermengsel.
3. Terwyl alles smelt breek 1 ½ pakkie Marie beskuitjies daarin en roer
deeglik.
4. Druk in gesmeerde pan en krummel oorblywende Marie beskuitjies bo- oor.
5. Laat afkoel in yskas en sny in blokkies.
Sjokoladeneutlekkers
400g suiker
30g kakao
½ koppie (125ml) melk
125g botter in blokkies gesny
300g hawermout (Jungle Oats)
120g klapper
100g okkerneute
Metode
1. Plaas die suiker, kakao, melk en botter in ‘n kastrol.
2. Roer oor lae hitte tot die botter gesmelt het en die suiker heeltemal
opgelos is. Laat
kook en prut dan vir 1 minuut.
3. Voeg die hawermout, klapper en okkerneute by die mengsel in die kastrol
en roer
deeglik.
4. Skep lepels vol daarvan op ‘n bakplaat- werk vinnig voor die mengsel stol.
5. Laat stol en bêre in ‘n lugdigte houer.
Lewer ongeveer 30 stukke
Spesery-Yskaskoekies
½ pak (250g) botter
3 eetlepels (45ml) kakao
3 teelepels (15ml) koffiepoeier
1 blik (397g) kondensmelk
½ teelepel (2,5ml) vanielje
1 pak (500g) versiersuiker
1 koppie (250ml) volroommelkpoeier
1 teelepel (5ml) fyn kaneel
½ teelepel (2,5ml) gemengde speserye
knypie sout
3 eiers, geklits
1 pakkie (100g) pekanneute, gekap (opsioneel)
1 koppie (250ml) klapper
½ koppie (125ml) sultanas
2 koppies (500ml) Rice Krispies
1 pakkie (200g) Marie- beskuitjies, gebreek
Metode
1. Smelt botter in groot genoeg kastrol. Roer kakao, koffiepoeier,
kondensmelk en
vanielje by tot koffiekorrels goed opgelos het.
2. Sif versiersuiker, melkpoeier, kaneel, speserye en sout saam en meng goed
met
bottermengsel.
3. Verwyder kastrol van hitte. Klits eiers en roer vinnig by mengsel sodat
eiers nie skif
nie.
4. Roer neute, klapper, sultanas, Rice Krispies en koekies by.
5. Druk in ‘n groot gesmeerde tertbak of oondpan vas.
6. Plaas in yskas om te stol en sny in blokkies of vingers.
Lewer ongeveer 50 blokkies
Yskaskoekies
ONDERSTE LAAG
175g botter
750ml (3k) versiersuiker
1 eier, geklits
2,5ml (½t) vanielje
Knypie sout
200g (1 pakkie) Mariebeskuitjies fyn gedruk
250ml (1k) pofrys (Rice Crispies)
BOONSTE LAAG
200g donkersjokolade, gekap
100g (1 pakkie) pekanneute, gekap
Metode
ONDERSTE LAAG
Smelt botter en roer versiersuiker by. Verwyder van hitte.
Roer eier, vanielje en sout by. Sit weer op stoofplaat en roer vir 2 min op
warm plaat.
Verwyder van hitte.
Roer koekies en pofrys by.
Druk mengsel in klein, gesmeerde oondbak vas en sit in yskas.
BOONSTE LAAG
Smelt sjokolade in mikrogolf teen 70% krag en roer tot glad.
Smeer sjokolade oor gestolde koekielaag en sprinkel neute bo-oor.
Laat sjokolade stol en sny koekies in blokkies met dun skerppuntmes.
Sit in yskas.
Sjokolade “clusters”
125g margarien
500ml suiker
125ml kakao
125ml melk
750ml oats
250ml klapper
2,5ml vaniielje
Metode
Meng die 1ste vier bestanddele & kook vir 5 minute.
Meng die res van die bestanddele goed in.
Skep lepelsvol op bakplaat & laat afkoel.
Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk
hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Resepte, resepte,
resepte
Ek het besluit om sake vir my
te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans)
op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent
enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek
te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar
dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met
hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.
Die prys van die CD is R100 (dis
om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit
Posgeld is R20 vir
geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot
toonbank.
As jy sou belangstel om een
van die CD's te bekom,
klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook
net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die
spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer
stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit
Speed Services oornag toonbank tot toonbank
Hier is die Afrikaanse boeke:
217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se
Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se
Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer
net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1,
Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir
Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille
samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies
Allerlei
Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet,
Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke
omskakelingstabel, Werk van die huis
Hier is die lys van baie ou
Engelse resepte eBoeke
A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922
A Dozen dainty recipes for preparing wartime canned meats - 1920
A Home Guide - or a book by 500 ladies - 1877
Aunt Carolines Dixieland Recipes - 1922
A Practical Dictionary of Cookery - 1200 tested recipes - 1898
Best recipes for baking - pre 1908
Buckeye Cookery and Practical Housekeeping - 1877
Burke's Complete Cocktail and tasty bite recipes - 1936
Catering for special occasions with menus and recipes - 1911
Diabetic Cookery - recipes and menus - 1917
Fifty Choice Recipes for Spanish and Mexican Dishes - 1905
Fifty valuable and delicious recipes made with corn meal - 1917
Heart of the Wheat - a book of recipes - 1910
Hospitality - recipes and entertainment hints for all occasions - 1922
Hotel Management - quantity food recipes
Household hints and recipes - 1877
Ice Cream - practical recipes for making ice cream - 1886
Information for everybody - 1859
Jane Hamiltons Recipes - 1909
Just the thing - dainty dishes at small cost - 1899
Larger cookery book of extra recipes - 1891
Leather Manufacture - 1891
Light entertaining - a book of dainty recipes for special occasions - 1910
Mom's Cookbook
On Uncle Sam's Water Wagon - 500 recipes for delicious drinks that can be
made at home - 1919
Our candy recipes - 1919
Practical Household Cookery - 1000 recipes - 1891
Preserves and Pickles - 1912
Recipes - dainties, salads and clever hints - 1919
Recipes for the preserving of fruit vegetables and meat - 1908
The Candy Maker's Guide - 1896
The Housekeeper's Friend - 1897
The Hygenic Cookbook - 1881
Tried and Tested Recipes - 1921
Two Hundred and Seventy Five Wartime Recipes - 1918
Two hundred recipes for cooking in casseroles - 1914
Two hundred recipes for making desserts - 1912
War Time Cookery - 1917
Wheatless Recipes - 1918
Wrinkles and Recipes, including farming and household hints - 1877
Hier is die Engelse resepte:
FunkyMunky
Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of
Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes
in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go
camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at
your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie
Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special
holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all
ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes
from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's
assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the
chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two
of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of
mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for
appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all
here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!
Bonus eBooks
Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food
Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns
Everything you wanted to know about making, marketing and selling your
crafts.
Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies,
myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.
10,000 Dreams Interpreted
Al my nuusbriewe is
op hierdie bladsy beskikbaar:
http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Elke nuusbrief sal
voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.
|
|