Peterjasie Patriot Nommer 178 |
||
Teks weergawe - 15 Januarie 2013 |
||
Wees gegroet! Welkom aan alle nuwe intekenare! As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die Argiewe, meeste van die ou nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur daar af. Ek stuur ook 'n Engelse brief uit, elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek, gaan kyk gerus en laai na hartelus af. Ten eerste net eers gou aan almal 'n Voorspoedige en Gesonde 2013 toewens. Namate mens ouer word, word die Gesonde deel al hoe belangriker. Ek wil bietjie eksperimenteer met nog twee weergawes van die nuusbrief. 'n Suiwer teks weergawe wat maklik op 'n selfoon of tablet afgelaai kan word en dan 'n Kimble weergawe vir die wat Kimble lesers het. Die Kimble omskakeling is ek nie so seker van nie, maar ek kan maar net probeer. Die volledige nuusbrief met die pasella kan hier gelees word: http://ww.peterjasie.co.za/patriot178.html Hier is die adres van die teks weergawe: http://www.peterjasie.co.za/patriot178teks.html Laat weet my gerus per epos wat jy van die teks weergawe dink, dankie . Regs klik hier om die Kimble weergawe af te laai. Soos reeds genoem, ek is nie so seker oor die omskakeling na Kimble formaat nie, as dit werk of nie werk nie, laat my weet asseblief. Die resepte is 'n versameling poeding resepte, party van hulle nogal oud! Gaan kyk gerus by die resepte afdeling. Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af. Teken hier in op die nuusbrief: http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief.html Kontak my per epos: peter@peterjasie.co.za
|
||
My Resepteboek samestelling op CD | ||
Bo en behalwe die Afrikaanse en
Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke
bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal
geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike
bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke
is sal jy die boeke regtig interessant vind. Hierdie CD kan ook 'n lekker Kersgeskenk wees! Gaan kyk onder vir 'n lys van die ou boeke en ook hoe om die CD te bestel. |
||
Die Skip - Lianda van der Merwe | ||
Ons staan op Durbanse
rondtomtalie-park… op `n sypaadjie. 6 Meter onder ons, kyk ons af op die
skip wat heen en weer, heen en weer swiep. Hoog boontoe..mense gooi hul arms
so oop in die lug, dan is dit af….ssssssjoefffff! Hoog boontoe….mense gil
van plesier! Ons 6 orrelpypies bekyk hoe Ma Saartjie en Major Dad op die
skip swaai. Hulle bene is met net een dwars-yster vas..geen skouer-toue wat
help om geanker te bly nie. Ma Saartjie is so kort dat haar bene reguit op
die sitplek lê en nie daaroor buig vir ekstra vasknypplek nie. Die 3 de
swiep en daar kom `n onaardse gegil van Ma-Saartjie en Sant Major lyk of hy
`n aar in sy kop gaan bars! Elke keer as die skip afswiep, klou altwee die
stainless steel reling voor hulle bene vas. As die skip weer opswiep, gly
Ma-Saartjie reg bo-oor die reling en moet Sant Major haar vasklou aan haar
bene, terwyl hyself met sy voete vasskop om nie saam onder die skip vergruis
te word nie! Hy trek haar met mag en mening elke keer, net-net terug! Al 6 orrelpypies se oë is pierings, ons bene lam, maar ons kele werk oortyd! Nou moet ek net ter verdediging se: As jy saam met `n Army ou grootword, elke naweek aan sy *appies* blootgestel word, is vloek so gewoon soos Weetbix vir ontbyt. Nie dat een van ons kinders geloop en vloek het nie…ons het net gewéét dat daardie woorde nogals bruikbaar was en wel bestaan! So toe speel die volgende af. Sussie 2: My Ma! My Ma! Terwyl sy al besig is om met die sypaadjie af ondertoe te hardloop. Sussie 1: Sê vir die blissêt hy moet die ding stop! Ons ma gaan blerrie vrek! Sussie3: Bliksim! Stop die skip, ons blerrie ma gan vrek! Sussie 4: Stoppie bliksim, stop hom en slaat hom vrek! Sussie 5 staan verwonderd oor die verskillende weergawes van vrees. Sy`s die ene wat altyd aan na-skok ly. Sy kan nie beweeg nie en kyk met verstarde oë hoe Ma-Saartjie uit-en-in, uit-en-in die skip gly…amper-dood, amper-terug, amper-dood, amper-amper-amper…sjoe!! Sussie 2 bereik die man wat die skip stuur en skreeu iets in sy gesig terwyl sy aan sy arms ruk en pluk… Blykbaar hoor hy nie goed genoeg of gou genoeg nie en sy skreeu dat tot ek wat nog bo by die sypaadjie staan haar kan hoor:” Stop die blerrie skip of ek slaat jou dood!” Dis die vinnigste wat die skipper ooit vir iemand geluister het. Die skip stop…nie dood nie, net bietjies vir bietjies kom dit tot bedaring. Ma Saartjie is nog so eenkeer amper-amper uit, maar die skip stop. Die geskreeu van die orrelpypies duur egter voort. Ma-Saartjie en Sant Major klim uit. So klou-klou aanmekaar. Ons orrelpypies storm op Ma-Saaarjtie af en huil in klein kerk-orrel stemmetjies. Sy troos, ons troos, Sant Major troos. Almal voel naar en bewerig terwyl ons in stilte vakansiehuis toe ry. Sant Major het ons almal net so gemaak kwaai kyk gegee en later, wel oraait…baie later, dankie gesê dat ons so baklei het om die skip gestop te kry. As die skip sy hele ry moes ry, was Ma-Saartjie sonder tweifel innie diep-see. Daar waar sy altyd gesê het ons haar assies moet strooi. |
||
Bekendstelling van die skrywer,
Lianda, ek gaan gereeld van haar stories plaas. Jy kan vir haar
epos stuur as jy wil kommentaar lewer.
|
||
Jonas | ||
Jonas: Oubaas ekke wil vat die vrou by daai stroois. Darrie ene met die
groot vet sterre. Oubaas: Wil jy trou met die vrou Jonas? Jonas: Ja Oubaas, mette die tjint en als. Oubaas: Het jy haar lief Jonas? Jonas: Oubaas vra nog. Ekke soek hom sterk. Ekke wil hom lief. Oubaas: As mens wil trou moet mens iets weet van die Bybel. Ken jy jou Bybel Jonas? Jonas: Auk Oubaas, ekke ken hom soos die bennekant van my se hand. Oubaas: Nou vertel bietjie dat ek kan hoor. Jonas: Eendag daar was twee mense, Adam en Eve. Hulle bly by die tyn. Nou hulle mag eet van al die perretjies maar van die jam se perretjies hulle mag nie eet nie. Toe die boomslang hy sê vir Eve: Auk, wat se nonsens wat jy praat, die jam perretjies is nou mooi gar en soet en too much lekker". Nou hulle gasteel die jam perretjies. Auk, nou Adam sien sy broek is weg en die nooi se rok is ok weg. Shame, die nooi kry so skaam, hy kryp sommer weg en Adam hy gou-gou maak die klere van troksvy se blaar maar nou hulle moet yt by die Radys se akker.Twee groot Ingilsman staan by die hek met skerp assegaai. Nou hulle sweet baie sos hulle loop en Eve sy loer so by die skouer oor, net so bietjies. Sy word sommer sout en die beeste het hom kant en klaar opgevreet die volgende dag al. Nou Adam, die arme baas, hy het ok nie nou vrou nie. Hy loop nog so toe vra die tsotsies: Ja, wat het jy gemaak? Hulle slat hom met die knopkierie en gooi hom met die kleppe. Gelokkig daar kom parmantig Sameritaan hy gery met sy doinkie. Soos hy gaan onder die doringbos, sy kroesies hak by die dorings en hy gehang daar 40 days en 40 nights tot Delilah, nooi van die Terpentyne, sny sy kroesies af en hy val by die leeukuil in. Maar die leeus vreet hom nie eers nie want hy stenk too much. Nou hy gebly daar to Ruben wil hom verkoop aan die parrasiete, maar gelukkig hy hardlop weg dat hy so bars tot hy kom by die groot water. Sommer so vennig hy plik die knopkierie eit sy kombers en hy slaat en hy slaat die water tot hy maak oop. En wat hy gesien? Big national road van skoon teer en white stripes en yellow stripes de lot! Nou hy loep by die national road met sy strykwas-os en perre tot hy kom halfpad. Sjoeps, die water net gemak soos twaksak. Dit lyk of dit het gereent 40 days en 40 nights. Gelukkig, hy die groot snoekves hy sluk hom in. Nou hy het gebly binnekant die ves se pens. Oubaas, ekke gelieg nie vir jou nie, 40 days en 40 nights. Mar omdat hy stenk al weer too much die ves hy kan nie toehou sy neus by die water nie, hy gaspoeg hom uit by die land van siermelk en putupap,twalf mainkies vol. Oubaas sien, ekke ken hom die Bybel!! |
||
Topdagen in België - Helena Graham | ||
Ons het so dikwels by Jo
en Hilde in België gaan kuier en is elke aand so uitgeput dat ons neerslaan
van moegheid. Die arme Belge is ontsettend lief vir feeste en elke liewe plekkie hou sy Topdagen (feesdae) en almal wat leef en beef is daar As ons vir Hilde vra wanneer is ons nou in n ander dorpie, dan sê sy, kyk maar elke keer as julle n ander kerktoring sien, is dit n ander dorp. Ons is toe een dag na n plekkie met die ongelukkkige naam van Wetteren. Hilde het natuurlik dadelik vir die sang- groep wat opgetree het, gesê daar was Suid-Afrikaners en ek het n getekende CD present gekry. Aan die einde van die vertoning, kom die groep toe na my toe en sing vir my Sarie Marais...al die Belge ken dit mos. Na die optrede het hulle afgekondig dat die trompetspeler van Wetteren af kom en hulle het dus hulle eie Wetterse trompetter. My man het bier en friedjes (chips met mayonaise) gaan soek vir ons en was nie by nie. Ons het besluit om ook maar die seldsame son te geniet en die res van die dag daar gebly. Teen aandete se tyd, sê Hilde dat ons sommer in die restaurantjie moet eet. Dit was maar klein en die eienaar kom vra toe of hy een groot tafel kan maak sodat ons met die groep sangers kan deel. Almal was tevrede, want dit kon net n lekker party word! My man het motor toe gegaan toe ons gaan sit en ek het vir hom n stoel langs myne gehou. Toevallig sit dit trom- petter toe regoor ons...nie n lelike an nie. Toe my man met Jo en die rolstoel terugkom en hy sit, stel ek hom voor aan die Wetterse trompetter. Hulle skud hartlik hande, maar toe hy sit, vra hy wat my makeer om so van die man te sê en dit in die openbaar....hulle verstaan tog elke woord wat ons sê. Ek vra toe die Wetterse trompetter om n bietjie van homself te vertel en die man is baie trots daarop dat hy hulle eie Wetterse trompetter is. Almal is trots oor wie hulle is en waar hulle vandaan kom al is jy die Wetterse trompetter! Ek is dan trots op Albertinia. |
||
Kindersêgoed | ||
Sarie vertel dat toe sy
en haar kleindogter deur 'n tydskrif blaai en op 'n foto afkom van 'n
skouerlose bloesie, sê die kleinding. "Ouma, jy moet vir my ook so bloesie
maak sonder handvatsels." Klein Anna-Marie sit op oupa se skoot terwyl hy vir haar Bybelstories lees. Sy streel oor oupa se geplooide gesig en ook oor haar eie en vra toe: "Oupa, het die Here vir oupa gemaak?" "Ja, my ding," antwoord hy "dit was sommer al lank gelede." "Het Hy my ook gemaak?" kom die volgende vraag.. "Ja, my skat, maar dit was sommer net nou die dag" antwoord oupa weer. Terwyl sy weer oor albei se gesigte voel, sê sy "Hy raak al beter en beter nê oupa?!" Die seuntjie sit in die kerk en sien hoe die diakens in die gang afkom en kollekte opneem. Hy leun oor na sy ma toe en sê " Moenie vir my betaal nie ek is nog onder ses!" 'n Klein dogtertjie sit rusteloos en rondskuif in die kerk toe die diens darem te lank aanhou na haar sin. Uiteindelik fluister sy vir haar ma: "As ons nou vir hom die geldtjies gee - sal hy ons dan laat gaan?" Saartjie was vier toe sy en haar ma eendag 'n ou dame met redelik baie plooie ontmoet. Saartjie het so rukkie vir haar staan en kyk en vra toe: "Hoekom pas jou vel nie oor jou gesig nie?" Jack het sy ma dopgehou terwyl sy kleinsus borsvoed. Na 'n rukkie vra hy: "Ma, hoekom het jy twee - is een vir koue- en die ander een vir warm melk?" Op 'n keer vra die vyfjarige Melanie vir ouma hoe oud sy is. Ouma antwoord dat sy nou al so oud is dat sy nie eers meer kan onthou hoe oud nie. Melanie gee toe goeie raad. "Ouma moet net agter in ouma se panties kyk. Myne se vyf tot ses!" Stefan gee vir sy ma 'n drukkie toe hy gaan slaap en sê: "Ek is so lief vir mamma - as ma doodgaan, gaan ek ma onder my kamervenster begrawe!" Nadat Brittany 'n ruk gespook het om die botteltjie met pille oop te maak, verduidelik ma dat die prop "Kinderproof" is en dat sy sal moet help.. Met groot oë vra Brittany : "Maar hoe het die botteltjie geweet dis ek wat hom wil oopmaak?" Susan was besig om vrugtesap te drink toe sy begin hik. "Moet asseblief nie weer vir my van hierdie sap gee nie," sê sy "...dit laat my tande hoes!" |
||
Glimlag | ||
‘n Man raak
verlief op 'n vrou se voorkoms en 'n vrou raak verlief op 'n Twee blondines is oppad dam toe om vir die dag daar te gaan piekniek hou. Oppad dam toe breek hul motor en so besluit hul om maar net daar piekniek te hou. Eerste blond vra, waar sal ons sit, onder die boom of in die middel van die pad. Tweede blondine besluit dis veiliger in die middel van die pad. Net nadat hul alles uitgepak het kom daar 'n bakkie met 'n hengse spoed na hulle aangery. Die man swaai uit en ry binne-in die boom vas. Die tweede blondine sê: 'Sien as ons onder die boom piekniek gehou het was ons nou dood!' |
||
Afrikaanse gedig | ||
Selfmoord van `n Flap © Lianda van der Merwe Gekleurde, lang stertvere Flap-flap ek tot op die doringdraad langs die pad, Here kom karre verby, so een-een deur my óú habitat geswaard. Ek, Flap so entjie op en sweef maar energieloos daal ek weer tussen dorings op `n mensgemaakte lyn - `n draad. Probeer uit volle bors my paarlied sing, verstik! In bolle rook omkring God? die mens hoër gemaak as my? verstrengelde, bloedbelope kloutjies vry van doringdraad tot in die teerpad, gly uitasem! Maar ek lag! Toe ek dood is na die slag. God daar gaan die méns GP-nommerplaat en hoër as ek lê ek, bloedplas en gebreekte nek Ek, Flap |
||
st se pitkos
Klik hier
om st se webwerf te besoek
Welkom by hierdie
week se nuusbrief.
Hoe om Stres te hanteer |
||
Resepte | ||
Telefoonpoeding 1 1/2 koppie meel 1 koppie suiker 1/2 koppie botter 1/2 koppie melk sout 2 eiers 1 teelepel koeksoda 1 teelepel gemmer 1 eetlepel appelkooskonfyt Sous: 1 1/2 koppie suiker 2 1/2 koppies kookwater Maak die deeg in die skottel aan waarin dit gebak moet word. Roer stroop en gooi oor deegen bak vir een uur teen 400ºF. Ek weet nie wie Mev Marais was nie, maar hier is haar poeding :-) Mev. Marais se Bruinpoeding 1/2 koppie fyn appelkoos konfyt 2 teelepels koeksoda (gelyk vol) 1/2 koppie botter 1 en 1/2 koppie meelblom 1/4 teelepel sout Stroop: 1 en 1/2 koppie suiker 3 koppies water 1/2 teelepel gemmer Meng konfyt, koeksoda en botter saam. Koeksoda word eers met 'n bietjie asyn aangemaak. Voeg droë bestandele by en skep lepels vol in kokende stroop. BROODPOEDING. 1 liter melk. 20 g. ( 25 ml.) botter. 1 ml. sout. 120 g. ( 500 ml.) broodkrummels. 4 eiers ( geskei ) 200 g. ( 250 ml.) suiker. 2 ml. suurlemoenskil ( gerasper ) 80 g. ( 100 ml.) suiker. 75 ml. appelkooskonfyt. Verhit melk, botter en sout saam. Giet warm melk op broodkrum - mels en laat week. Klits eiergele, 200 g. suiker en suurlemoenskil saam. Roer eiergeelmengsel by melkmengsel in en meng goed. Klits eierwitte styf, voeg oorblywende suiker by en klits tot gemeng. Vou helfte van eierwitmengsel by melkmengsel in. Giet in 'n gesmeerde vuurvaste bak en bak sowat 30 minute lank by 180 Grade C. Smeer konfyt op broodpoeding en skep oorblywende eierwit - mengsel daaroor sodat dit mooi punte vorm. Bak poeding nog vir 15 minute lank tot meringue goudbruin is. BRUINPOEDING SONDER EIERS 3 kop Meelblom 3 teel Koeksoda 3 eetl Margarine 1 kop Melk 3 eetl Gouestroop Sout Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk op en roer in. Sif meel en sout in en meng deeglik. STROOP: Kook 3 kop suiker, 6 kop kookwater, 1 eetl gouestroop en 1 eetl botter in 'n groot kastrol. Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook. Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook. Indien verkies, kan 1 eetl gemmer bygevoeg word vir smaak. Jan Ellis poeding 1 1/2 kop. bruismeel. 2 eiers. 2 eetl.appelkooskonfyt. 1/2 kop. melk. 1/2 kop. suiker. 1 teel. koeksoda. 2 eetl. sagte botter. 1/4 teel. sout. Los koeksoda in melk op. Meng al die ander bestanddele. Roer melk en koeksoda by en meng baie goed. Bak 30 minute in matige oond. Stroop: 1 kop. kookwater. 1 kop. room. 1 teel. vanilla. 1 kop. botter. 1 kop. suiker. Gooi alles in kastrol en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor poeding wanneer dit uit die oond kom. Bedien warm of koud. LIPLEKKER VLASKYWE 16 snye ferm bruinbrood, korsies verwyder en met botter gesmeer. 15 ml. ( 1 eetl.) kaneel. 80 ml. ( 1/3 kop.) bruinsuiker. 100 g. ( 1 pakkie ) pekanneute, gekap. 1 liter. ( 4 kop.) melk. 60 ml. ( 4 eetl.) botter. 80 ml. ( 1/3 kop.) suiker. 125 ml. ( 1/2 kop.) koekmeelblom. 100 ml. mielieblom. 15 ml. ( 1 eetl.) vlapoeier. 2 ml. ( 1/2 tl.) sout. 125 ml. ( 1/2 kop.) koue water. 3 ekstra-groot eiers. 5 ml. ( 1tl.) vanieljegeursel. Voorverhit oondrooster tot warm. Smeer 'n vlak, reghoekige oondbak ( 30 x 23 cm.) met botter. Pak brood in 'n enkellaag op 'n bakplaat. Meng kaneel en bruinsuiker en sprinkel liggies oor brood. Rooster tot gekaramelliseer. Pak 8 van die snye brood onder in oondbak en hou ander 8 eenkant. Verhit melk, botter en suiker tot kookpunt. Meng intussen die koekmeelblom, mielieblom, vlapoeier en sout. Maak met koue water aan tot 'n pasta. Voeg 'n bietjie van die kokende melkmengsel by en roer tot goed gemeng. Klits nou eiers by. Giet bietjies-bietjies terug in kastrol by orige melkmengsel en verhit stadig, terwyl aanhoudend geroer word, tot mengsel dik en gaar is. Verwyder van hitte en roer vanieljegeursel by. Skep 'n laag warm vla oor broodjies. Pak die res van die brood ( met karamellaag na bo ) op vla en skep orige vla bo-op. Laat afkoel tot kamertemperatuur en sprinkel dan 'n dun lagie bruinsuiker en kaneel oor. Rond af met gekapte neute en verkoel oornag. Sny in blokke en sit voor saam met koffie of as poeding. Genoeg vir 6 tot 8 mense. Malvapoeding 1 kop. meelblom. 1 teel. koeksoda. 1 eetl. botter. 1 eier. 1/2 kop. melk. 1 eetl. asyn. 1/2 kop. suiker. sout. Room botter, suiker en eier. Meng asyn en koeksoda en voeg by bottermengsel. Voeg meel en sout by en maak aan met melk. Bak in matige oond tot gaar. Gooi sous oor warm gaar poeding. Sous: 1 kop. Carnation melk. 1 kop. kookwater. 1 kop suiker. Kook saam en gooi oor poeding. Malvapoeding.(2) 2 eiers ( by kamertemperatuur ) 210 g. strooisuiker ( 250 ml.) 15 ml. appelkooskonfyt. 150 g. koekmeelblom ( 315 ml.) knippie sout. 5 ml. koeksoda. 30 ml. botter. 5 ml. asyn. 125 ml. melk. Sous. 250 ml. room. 100 g. suiker.( 125 ml.) 100 g. botter. 125 ml. Suid-Afrikaanse Brandewyn. Klits eiers en strooisuiker deeglik saam tot lig en donsig. Klits appelkooskonfyt by. Sif droë bestanddele 3 maal saam. Smelt botter en voeg by asyn en melk. Vou droë bestanddele beurtelings met melkmengsel by eiermengsel in. Giet beslag in middelslag-gesmeerde oondvaste skottel. Bak in voorverhitte oond teen 180 Grade C vir sowat 45 minute. Berei sous: Smelt sousbestanddele saam en giet bo-oor poeding sodra dit uit die oond kom. Steek gaatjies in poeding met vurk om sous te help intrek. Dien warm op saam met room. Predikantsvrou Poeding 3 E botter/margarien 1 K suiker 1 eier 1 K koekmeel 1 K melk 1 t vanielje 2 E goue stroop 1 t koeksoda knippie sout Metode Meng alles saam in 'n oondskottel met 'n deksel. Bak vir 'n 3/4 uur op 180ºC. Wanneer gaar gooi 'n klein blikkie Ideal melk bo-oor warm poeding. (Indien jy nie Ideal melk in die huis het nie, kook saam 1/2 K melk, 2 E suiker en 1 t margarien - net so lekker bo-oor.) RYSPOEDING 70 g. ( 125 ml. ) bruismeel. 4 ekstra groot eiers, geklits. 625 ml. melk. 165 g. ( 125 ml. ) fyn appelkooskonfyt, gesmelt. 210 g. ( 250 ml. ) strooisuiker. 500 ml. gaar rys. 75 g. ( 125 ml. ) gedroogde appelkose, fyn gekap en geweek. 15 ml. botter, gesmelt. 5 ml. vanieljegeursel. kaneel om oor te strooi. Voorverhit die oond tot 180 Grade C. Smeer 'n 26 x 21-cm-oondvaste bak met margarien. Plaas die bruismeel in 'n groot mengbak. Klits die eiers en melk saam en voeg by die bruismeel terwyl aanhoudend geroer word met 'n draadklopper. Meng die appelkooskonfyt en strooisuiker en voeg dit ook by die meelmengsel. Voeg die rys,appelkose, botter en vanieljegeursel by. Meng goed en giet in die voorbereide bak. Sprinkel 'n bietjie kaneel bo - oor. Bak sowat 55 minute lank of todat die poeding gestol en goudbruin van bo is. Dien warm op saam met roomys of vla. Genoeg vir 6 mense. SUPER SAGOPOEDING. 180 ml. ( 3/4 kop.) sago. 250 ml. ( 1 kop.) volroommelk. 250 ml. ( 1 kop.) room. knippie sout. 1 blik ( 397 g.) kondensmelk. 3 ml. ( ruim 1/2 tl.) bakpoeier. 3 ekstra-groot eiers, geskei. 80 ml. ( 1/3 kop.) sagte bruinsuiker. 7 ml. ( 1 1/2 tl.) fyn kaneel. Voorverhit oond tot 200 Grade C en smeer oondbak met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Verhit sago, melk, room en sout oor lae hitte tot kookpunt. Laat ongeveer 30 minute baie liggies prut, roer gereeld. Verwyder van hitte, laat effens afkoel en voeg kondensmelk, bakpoeier en eiergele by. Meng goed. Klits eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou liggies by die mengsel in. Skep in voorbereide bak en bak ongeveer 20 tot 30 minute tot opgepof en goudbruin. Geniet met vla. Genoeg vir 4 mense. LEMOEN - KARAMEL - RYSPOEDING Karamel : 125 ml. ( 1/2 kop.) vars lemoensap. 180 ml. ( 3/4 kop.) strooisuiker. Poeding : 875 ml. ( 3 1/2 kop.) volroommelk. 250 ml. ( 1 kop.) wit rys uit Amerika. 125 ml. ( 1/2 kop.) witsuiker. 300 g. ricottakaas. 3 ekstra-groot eiers. liggies geklits. Voorverhit oond tot 180 Grade C en bespuit 'n 22 cm-koekpan liggies met kleefwerende kossproei. Verhit 60 ml. ( 1/4 kop.) van die lemoensap en die strooisuiker oor baie lae hitte tot die suiker opgelos is, terwyl geroer word. Verhit tot kookpunt en kook vinnig, sonder om te roer, tot die mengsel 'n diep karamelkleur het. Voeg orige lemoensap by. ( Versigtig, dit sal erg borrel en spat.) Plaas vinnig terug op die hitte, laat opkook. Giet in koekpan en kantel die pan sodat die karamel die bodem en kante van die koekpan bedek. Plaas in die yskas. Verhit die melk en rys saam tot kookpunt, en laat prut ( terwyl geroer word.) tot sag en gaar. Verwyder van hitte, roer suiker by en laat afkoel. Roer ricotta en eiers by, giet op karamellaag en maak gelyk. Bedek deeglik met aluminiumfoelie en plaas in 'n oondbak wat halfpad met water gevul is. Bak 45 - 50 min. of tot die poeding ferm in die middel is. Verwyder koekpan uit waterbad en laat afkoel tot kamertemperatuur. Keer uit op 'n dienbord en verkoel tot opdiening. Genoeg vir 8 - 10 mense. Melkkos 3 k vermicelli water om te bedek knypie sout 2 t kookolie 6 k melk 2 stukkies pypkaneel 2 steranyse 3 huisies kardamom 1 E suikersout 3 E mielieblom 1/2 k water 2 E botter Breek die vermicelli in 5 cm stukkies, sodat jy genoeg het om 3 koppies te vul. Bedek met water in 'n kastrol, voeg 'n knypie sout en die kookolie by en kook tot sag. Dreineer en hou eenkant. Kook die melk, pypkaneel, steranys, kardamom, suiker en sout. Voeg die gekookte vermicelli daarby. Meng nou die mielieblom met die 1/2 koppie wateren roer dit in die melk. Voeg die botter by. Laat dit stadig prut vir 5 minute. Skep op in diepborde en dien op met kaneelsuiker. Skrikkeljaarpoeding 3 E botter 1/2 koppie suiker 1 koppie meelblom 2 T bakpoeier 2 eiers, geel en wit apart 2 E strooisuiker 1 en 'n kwart koppie melk 3 E appelkoos of aarbei konfyt 1/4 T sout Meng die botter, suiker, meelblom, die geel van eiers en 'n klein hoeveelheid melk. Sit die mengsel in 'n gesmeerde vuurvaste bakskottel en bak dit 30 min lank of tot gaar by 180 grade C. Haal dit uit, gooi koue melk bo-op , smeer die konfyt daarop en smeer die styfgeklopte wit van die eiers (met suiker) bo oor. Bak weer in die oond tot die skuim bo-op goudbruin is. Sago poeding 2 koppies sago (500 ml) 2 l melk knypie sout 250 g margarien 4 eetlepels mielieblom (60 ml) 2 koppies suiker (500 ml) appelkooskonfyt Week sago in melk vir 12 uur. Kook melk, sago en margarien saam. Meng mielieblom met 'n bietjie melk en voeg saam met suiker by die mengsel. Roer en kook tot dik. Plaas in oondbak en bak vir 30 minute by 180ºC. Versier met appelkooskonfyt en kaneel voor opdiening. Dien op met vla of room. Gebakte karringmelkpoeding Bestanddele: 1 koppie Meelblom 2 Eiers 1 koppie Karringmelk 2 eetlepels Botter ½ koppie Suiker 2 gelyke teelepels Bakpoeier Metode: Klits botter en suiker so goed moontlik, voeg eiers by en klits weer goed, voeg nou die karringmelk en meelblom beurtelings by. Roer nou die bakpoeier by. Poeding word op die gewone manier gebak Let wel: Dikmelk kan in plek van karringmelk gebruik word. Koue Kersfeespoeding 1½ koppies fyn gerolde Marie beskuitjies 8 malvalekkers ¼ koppie suiker ½ koppie gekapte neute 125ml gemengde skil ¼ teelepel fyn neut 250ml room ¼ koppie lemoensap mespunt kaneel 125ml dadels gerasperde skil van 1 suurlemoen Meng krummels, vrugte, neute, skil en speserye. Verhit die lemoensap en los die malvalekkers daarin op. Voeg die suiker by en gooi oor die krummels en vrugte. Klop die room styf en vou dit by die mengsel in. Plaas die nagereg in die yskas om styf te word. Goue brood en botterpoeding 4 koppies broodkrummels 4 koppies melk 4 eiers, wit en geel geskei 2 eetlepels botter appelkooskonfyt 1 koppie suiker 1 teelepel kaneel ½ teelepel sout 4 eetlepels suiker Klits die geel van eiers en voeg suiker, melk, sout en kaneel by. Gooi melkmengsel oor brood in ‘n gesmeerde vuurvaste bakskottel. Sit klein blokkies botter bo-op. Bak in ‘n matige oond (180C) tot ligbruin. Haal uit. Smeer appelkooskonfyt liggies bo-op. Klop die wit van eiers styf met 4 eetlepels suiker en smeer oor die konfyt. Bak dit weer in ‘n matige oond tot die skuim bo-op goudbruin is. Bedien warm met vla. Koffie en Amarula-nagereg So lig soos 'n soufflé en absoluut heerlik! 20 ml koffiepoeier 125 ml kookwater 300 g malvalekkers 1 blik (410 g) verkilde, ingedampte melk 30 ml Amarula-room 125 ml gekapte neute Los die koffie in die water op. Giet in groterige kastrol en plaas die malvas daarin. Laat eenkant tot die lekkers feitlik heeltemal gesmelt is. Klits intussen die koue melk tot styf. Roer die koffie-malvamengsel deur om seker te maak dat al die lekkers opgelos is. Roer die mengsel dan by die styfgeklitste melk in. Voeg Amarula en neute by en roer deur. Skep in individuele glase of in 'n groot bak. Plaas in yskas om te stol. Dien op met room en enige vars vrugte na keuse. |
||
Inligting oor my Resepte eBoek CD | ||
Resepte, resepte, resepte Ek het besluit om sake vir my te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans) op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop. Die prys van die CD is R100 (dis om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit Posgeld is R20 vir geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot toonbank. As jy sou belangstel om een van die CD's te bekom, klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit Speed Services oornag toonbank tot toonbank Hier is die Afrikaanse boeke:
217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte Hier is die lys van baie ou Engelse resepte eBoeke
A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922 Hier is die Engelse resepte: FunkyMunky
Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of
Traditional South African recipes.
|
||