Ek staan op vir Afrikaans! |
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Wees gegroet! Welkom aan alle nuwe intekenare! As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die Argiewe, meeste van die ou nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur daar af. Ek stuur ook 'n Engelse brief uit, elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek, gaan kyk gerus en laai na hartelus af. Daar is 'n menigte blanke Afrikaners wat na 1994 as gevolg van omstandighede waarvan ons almal bewus is hulle eie besighede begin het in 'n poging om 'n bestaan te maak. Om daardie mense te help gaan ek 'n deel van hierdie brief afstaan en gratis advertensies vir ons mense plaas. As jy dus onder die groep hierbo val hoor ek graag van jou. Epos vir my die volgende.
Opskrif: Die diens wat jy lewer Ek het al 'n paar advertensies hieronder geplaas, gaan kyk gerus en ondersteun hulle Die resepte hierdie keer is weer 'n mengelmoes van smulresepte, gaan kyk gerus vertder ondertoe. Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af. Teken hier in op die nuusbrief: http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief.html Kontak my per epos: peter@peterjasie.co.za
Doen dit sommer self, klik hier. As jy nie internet toegang het nie, stuur my epos met jou ou en nuwe adres.
Bo en behalwe die Afrikaanse en Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke is sal jy die boeke regtig interessant vind. Hierdie CD kan ook 'n lekker Kersgeskenk wees! Gaan kyk onder vir 'n lys van die ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.
Ek het van my stories en fotos in een dokument saamgestel, dis lekkerlees Afrikaans en 'n versameling van my fotos. Ek wil dit graag wyd en syd laat versprei. Dis heeltemaal gratis al wat jy hoef te doen is om op die skakel te regs klik en dit af te laai (om en by 4MB) Peterjasie in Woord en Beeld Stuur sommer aan die mense op jou poslys ook wat dit mag geniet. Dit kan ook 'n lekkerlees geskenk wees.
My naam is Emily. My ma het my vernoem na die enigste behoorlike ingilse vrou wat die land ooit bewandel het. Of so se sy.
Ek was 19. Boerseun en ek besluit om saam met Ousus, Swaer en Baby (terrible 2`s!) see toe te gaan. Boerseun is baie fyngevoellig vir klank en word gou geiiriteer deur oorstimulasie van hoë frekwensie lawaai. By die see gekom, sien ons die woonstel is nou genuine rég op die strand. Jippie vir my!!! Sorry vir Boerseun, die branders se klank dryf hom na die naaste drankkabinet en oorpluisies. Die treinspoor loop reg agter die woonstelle verby. Jippie vir Baby!!! Sorry vir Boerseun , die trein se klank kan hy 40 km ver hoor en kan vir jou presies vertel hoe vinnig en op watter wisselaar die trein is en hoeveel passasiers daarop is. Boerseun sê hy weet nie wat hom eerste mal gaan maak nie – die branders se gesuis of die treine se gerammel? Na twee dae wen Terrible Two`s egter. Sy skreeu vir alles: van kos, nat doek, droë doek, vol bottel, leë bottel, wil opgetel word, wil neergesit word, weer opgetel word, stoel wat omval en knop op kop veroorsaak, wil slaap, wil nie slaap nie…noem maar op….arme Boerseun wat nog nie sy eie kinders het nie, kry bitter swaar. Ek is later ook op hoofpynpille en oorpluisies as ons almal saam by die woonstel is. Al wanneer dit nie so erg is nie, is as ons by die strand is. Die see kanseleer die geskreeu effens uit. Die 3de dag speel ons nog so lekker in die voetjies dieppe water. Terrible 2`s geniet haar gate uit en lag vir `n slag vir die branders wat so aangerol kom en dan weer wegtrek. Ek is in een goeie bui en met sigaret so skuins tussen my lippe vasgeknyp, help ek vir Ousus om `n poeletjie vir Baby te grou. Almal bahalwe my rug is na die see gedraai. Ek sien een meneer se pappa van `n brander wat op ons afpyl! Dit is asof ek in `n cartoon is…ek glo nie wat my oë sien nie! My oë pop uit asof dit aan springs gesoldeer is! Die brander is omtrent 2m hoog en is besig om reg op ons af te pyl teen die spoed van witlig! Ek sê niks, want weet daar is net nie tyd nie. Al wat ek weet is dit: as daardie brander oor ons breek is ons almal in die see en Terrible 2`s tien teen een moerland toe. Ons almal kan swem, maar sy nie! Ek gryp net al wat lyk soos baba en hol vir haar lewe…myne ook! Sy skreeu soos `n maervark, maar teen hierdie tyd is ek nou al heeltemal gewoond daaraan. Toe ek op behoorlike droë sand is, sit ek haar neer en sien dat die ander drie “bemanningslede” reg op my hakke was en almal is dus veilig…sjoe! Terrible 2`s skreeu nog soos `n maervark, `n vetvark en `n speenvark wat se nek geslag word! Ek kyk effens geiiriteerd af en sien daar trek rook uit haar oor! Ek kyk, en kyk en kyk weer - en eien die bron van rook as my sigaret se kooltjie wat in die gryp proses op haar oorskulp te lande gekom het en net daar vasgebrand het! Heerlik besig om te smeul!! Ek gryp die arme baba en hol water toe, maar daardie reuse brander besluit om terug te trek en terug te trek en terug, terug, terug! Ousus is debliksim in en wil haar baba ook terughê, maar ek klou die baba soos `n neut op my heup vas en ek hol vir die see! Ek hardloop en hardloop om by water uit te kom, maar al wat onder my voete is, is bietjie klam sand. Na wat soos `n halfuur voel, kom daar weer `n reuse brander aan!!…Ek draai om en wil terug strand toe hol en Ousus sug van verligting oor dit lyk of sy nou haar skreeuende maervark gaan terugkry, maar ek staal myself en bly staan, want ek is bang die kind brand af! Toe die water kuithoogte is, buk ek af en gooi met een hand `n klompie water oor die rokende oor, tewyl ek soos `n Gapermossel in die sand vasskop om nie see in getrek te word nie. Baba en ek sug so gelyk van verligting toe die rook ophou…lekker koel seewater oor so rooi oor en `n moerse blaas, sjame… Sy hou op om soos `n slagvark te skreeu en snik saggies teen my bors. Ek maak paai geluidjies en honderd soentjies oor haar hare en vertel haar dat ek nooit, ooit weer sal sê sy is Terrible two`s nie. Sy was ook nooit weer nie! Die res van die heerlike, rustige vakansie was daar `n tweejarige krulkoppie vol smiles en laggies en almal wou haar net tiekkiedraai, liggies kielie of haar sag-warm slaaplyfie vashou. Duidelik is sigaretkooltjies `n goeie uitweg om ore oop te maak. Effens drasties, maar met resultate. Vandag is Terrible Two`s self swanger met haar eerste kind. Wonderwerke gebeur – die dokters het gesê sys al nooit kinders kan kry nie.
Ek raak nou kort van Afrikaanse respteboeke, so my pasella hierdie keer is die gratis advertensies wat ek van blanke Afrikaner besighede plaas. Sien verder ondertoe Vir nog pasellas gaan kyk na my nuusbrief argiewe, meeste nuusbriewe het gratis resepte eBoek wat jy net kan aflaai. Gaan na www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy? Hier is die lys van beskikbare Lotto s en die huidige boerpotte: Powerball US $86,000,000 Sjoe, dis darem maar groot geld! Ekke is ook op Facebook, kry my by www.facebook.com/Peterjasie
Ek soek
weer jou liefde
Ek beskou myself as 'n
taalpuritaan, probeer my bes om my Afrikaans suiwer te hou en kry 'n
yslike kramp as radio en TV omroepers dink dis vreeslik "cool" om hulle
taal te "mix". Daar is egter 'n nuwe Afrikaans, die Afrikaans van
Twitter en BBM waar jy so vinnig moontlik soveel moontlik probeer
kwytraak. Hieronder is 'n uitstekende voorbeeld van die nuwe taal, as jy
absoluut niks kan verstaan nie, moet jy bykom! Jy is on-cool!
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans.
Zalome is nog
iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te
bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee
soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.
Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier
BERADING
GEKWALIFISEERDE LOODGIETER/PLUMBER
BOEKE - VAN AFRICANA TOT FIKSIE
PLAKKERS (STICKERS), SANDBLASTING, LASER
GRAVERINGS, SPOOKASEM
RHINO LININGS STELLENBOSCH
Hierdie mooi land
van ons is nou amper heeltemal in sy kanon in!! Ek het in die
parkeerterrein gestaan toe 'n baie vuil, verwaarloosde man wat bedel by
my 'n paar rand vir aandete kom vra het.
st se pitkos
Klik hier
om st se webwerf te besoek Welkom by hierdie week se nuusbrief.
Eensaamheid
As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Ouderwetse Lampastei Bestanddele: 4 pond Lamsvleis (rugstring is heerlik) 1 glas Wit Wyn 2 wit Uie (in ringe gesny) 2 hardgekookte eiers en 1 rou eier 1 eetlepel Sago 1 blaartjie Foelie 2 onse Botter ‘n Paar skyfies Ham Sap van 1 Suurlemoen ‘n Bietjie Wonderpeper Sout en Peper na smaak Metode: Sny vleis in netjiese stukkies, smoor die uie in die botter, voeg nou al die bestanddele by, behalwe die eiers, sago en suurlemoensap. Sstowe nou die vleids tot dit heerlik sag is. Voeg nou 1 eetlepel sago en ‘n goeie klont botter by; roer tot die sago gaar is. Klits geel van eiers goed op, klits bietjie water by en dan die suurlemoensap, voeg by die vleis. Gooi nou dign miengsel in ‘n pasteiskottel. Sny hardgekookte eiers in skyfies en sit op die mengsel. Gebruik skolferkors vir die kors van die pastei en smeer oor met wit van eier. Bak. Let Wel - 1. Lamsvleis en hoender kan saam gebruik word. 2. Hoender kan ook alleen vir die pastei gebruik word. -------------------------------------------------------------------------------- Ingelegde Vis Bestanddele: 6 – 8 pond vars geelbek of enige 1 baie klein Rissie, fyn gekap ander geskikte soort vis 12 Naeltjies 6 groot wit Uie 2 eetlepels goeie Blatjang 2 onse Kerrie Sout 1 teelepel Borrie 2 – 3 pinte goeie Asyn 2 eetlepels Suiker Metode: Maak vis skoon en sny in mote. Sprinkel sout oor en bak in warm vet. Sny uie in ringe en smoor. Meng al die ander bestanddele en kook op in die asyn, voeg ook die gesmoorde uie by om sag te kook. Sit nou die gebakte vis in in erdekan of iets dergeliks en gooi die gekookte asynmengsel oor. Let wel – Vis moet goed bedek wees met die asynmengsel. -------------------------------------------------------------------------------- Worsgebak 30 ml sonneblomolie 1 ui, gekap 1 groen soetrissie, ontpit en gekap 10 ml matige kerriepoeier 2 ml borrie 500 ml kookwater 15 ml blatjang 5 ml sout 2 ml peper 500 g rou boerewors, in 4 cm- stukkies gesny 1 x 410 g blik appelkooshelftes 300 g rou rys (375 ml) gekapte grasuie vir garnering Verhit die olie in 'n swaarboompan, braai die uie en soetrissie tot sag en deurskynend, ongeveer 5 minute. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai 'n verdere minuut. Voeg die kookwater, sout en peper en blatjang by, verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 2 minute prut.. Pak die rou wors op die boom van 'n groterige oondskottel. Skep die uiemengsel eweredig bo-op die wors. Rangskik die appelkooshelftes bo-oor die wors en giet die sap oor. Sprinkel die rys eweredig oor, plaas die deksel op en bak in 'n voorverhitte oond by 200C (400F) vir ongeveer 45 minute of totdat die rys gaar is. Strooi gekapte grasuie oor en sit warm voor. -------------------------------------------------------------------------------- Hoenderlewer met byt 500g hoenderlewertjies sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 2 knoffelhuisies, gekneus 1 ui, gekap 5 ml borrie 90ml botter 12.5ml kerriepoeier of garam masala 1 stuk ± 1cm gemmer, fyn gekap 410g ( 1blik) tamaties, gekap 1 brandrissie, ontpit en fyngekap 200g bevrore of vars jong ertjies vars koljanderblare(dhania) gesnipper Soteer skoongemaakte hoenderlewers in botter in ‘n braaipan sodat dit nog pienk binne is, maar verseël aan die buitekant. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en skep uit. Hou eenkant. Braai ui tot sag in panvet oor lae hitte. Voeg knoffel, gemmer, borrie, kerriepoeier en rissie by. Roer en laat 1-2 minute stadig prut. Voeg tamaties by en bring tot kookpunt. Laat ongeveer 10 minute lank prut. Voeg ertjies net voor opdiening by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper en ‘n bietjie suiker indien verkies. Sodra sous begin prut, voeg hoenderlewers en bietjie koljanderblare by en laat prut tot deurwarm. Sit voor en garneer met die res van die koljanderblare. -------------------------------------------------------------------------------- Wildsvleisbobotie 50ml olie 1 ui, gekap 15ml kerriepoeier 750g gemaalde wildsvleis; 7ml sout 37,5ml bruin asyn 37,5ml fyn appelkooskonfyt 1 Granny Smith-appel, grof gerasper 50ml pitlose rosyne 1 sny witbrood 350ml melk 2 eiers 5ml borrie 4 vars suurlemoen- of lourierblare. Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui tot sag en deurskynend. Voeg die kerrie poeier by en braai dit 1 minuut lank. Voeg die maalvleis by en braai dit totdat die vleis verbruin. Voeg die sout, asyn, appelkooskonfyt, appel en rosyne by. Plaas die deksel op en prut dit 10 minute lank. Week die brood in melk. Druk die melk uit en voeg die brood by die vleismengsel. Skep die vleismengsel in 'n vuurvaste oondskottel. Klits die eiers en melk saam en voeg borrie by. Druk die suurlemoen- of lourierblare in die vleismengsel en giet die eiermengsel bo-oor . Bak dit 40 minute lank in 'n voor verhitte oond teen 180C totdat die vla gestol het. -------------------------------------------------------------------------------- Doodeet worsgereg 1 ui 1 soetrissie 25ml sonneblomolie 10ml kerriepoeier 2ml borrie 500ml kookwater 12,5ml blatjang 5ml sout knypie peper 500g rou boerewors 410g appelkooshelftes 375ml rou rys grasuie vir garnering (opsioneel) Skil en kap ui fyn. Halveer, en sny die soetrissie aan repies. Soteer uie en soetrissie in olie. Voeg kerriepoeier en borrie by en roerbraai effens. Voeg kookwater, sout en peper en blatjang by en kook 2 minute lank. Sny wors in stukkies en pak dit in oondvaste bak. Skep uiemengsel oor wors en versprei egalig. Versprei appelkoos- helftes oor wors en giet sap ook oor. Strooi rys bo-oor, plaas deksel op en bak teen 200C, 45 minute lank. Roer liggies om, garneer met uiegras en sit warm voor. -------------------------------------------------------------------------------- Souserige beesstert 2 kg beesstert (in porsies gesny) paprika koekmeelblom 250g swoerdlose spekvleis (in blokkies) 2 groot uie (gekap) 2 knoffelhuisies (gekneus) 60ml tamatiepasta 10ml roosmaryn 500ml droë rooiwyn 410g heel tamaties 250ml vleisaftreksel sout vars gemaalde swartpeper Rol beesstert in mengsel van paprika en meelblom. Braai spekvleis in eie vet. Verwyder uit pot en hou eenkant. Giet olie in pot indien nodig en braai beesstert in klompies tot goudbruin. Hou eenkant. Soteer uie in dieselfde pot tot sag en voeg knoffel by. Roer tamatiepasta en roos maryn by en voeg wyn by. Verhit tot kookpunt en skraap boom om deeltjies wat vassit, los te maak. Voeg tamaties en aftreksel by vloeistof en voeg beesstert en spekvleis by. Verhit tot kookpunt, verlaag hitte en plaas deksel op. Laat prut tot vleis sag is, - ongeveer 2 ure. Geur na smaak. Indien verkies kan sous verdik met pasta van meelblom en water. -------------------------------------------------------------------------------- Suikermieliebredie 25ml olie 1 ui, fyn gekap 500g maalvleis 5ml sout 2ml peper 1 vleisekstrakblokkie 225ml kookwater 2 aartappels, geskil en in blokkies 410g (1 blik) roomsoort suikermielies geroosterde tamatieskywe Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol. Soteer die ui in die olie totdat dit ligbruin en deurskynend is. Voeg die maalvleis by en verbruin dit. Roer dit gereeld om sodat dit nie aanbrand nie. Geur met sout en peper. Los die vleisekstrakblokkie op in die kookwater en voeg dit saam met die aartappel blokkies en suikermielies by die vleis. Plaas die deksel op en stowe dit 20-25 minute lank oor lae hitte. Roer af en toe om. Skep die bredie uit in ‘n warm opskepskottel. Garneer die gereg met geroosterde tamatieskywe. Bedien warm. -------------------------------------------------------------------------------- Boeliebief skywe DEEG: 400ml koekmeelblom knippie sout 2ml bakpoeier 110g margarien, gerasper 200ml melk 1 eiergeel VULSEL: 1 blik boeliebief in blokkies gesny (275g) 30ml mayonnaise 2-5ml mosterdpoeier bietjie worcestersous 30ml gekapte pietersielie 250ml gerasperde Cheddar kaas Voorverhit die oond tot 200C. Spuit ‘n klein broodpan met kleefwerende middel. Sif die droë bestanddele saam en vryf die margarien met jou vingerpunte in tot goed gemeng. Meng die melk en eiergeel saam en meng by. Die deeg sal slapperig wees. Druk die helfte van die deeg op die bodem van die voorbereide pan vas. Meng die bestanddele vir die vulsel, maar hou eenkant ‘n bietjie gerasperde kaas. Skep bo-oor en maak gelyk. Versprei die res van die deeg oor die vulsel, sprinkel die oorblywende kaas oor en bak sowat 20 minute lank of totdat die kors gaar is. Dien op met blatjang. -------------------------------------------------------------------------------- Lewer en perske-broodjie • 250 g ontbytspek • 1 ui, gekap • 20 g botter • 250 g hoenderlewers • 250 g gemaalde beesvleis • sout en peper na smaak • 410 g perskeskywe, gedreineer • 50 g vars broodkrummels • 20 ml fyn gekapte pietersielie • 1 eier, geklits • 4 ontbeende hoenderborshelftes Voorverhit die oond tot 180º C en smeer ‘n broodpannetjie en voer dit uit met die spekvleis, hou die wat oorbly. Braai die ui in die botter tot sag en laat afkoel. Meng die hoenderlewers en oorblywende spek met die ui en maal dit saam in ‘n voedselverwerker. Voeg die maalvleis by en geur met die sout en peper. Kap die perskeskywe in stukkies en voeg dit by die maalvleismengsel. Voeg ook die broodkrummels, pietersielie en eier by. Meng alles saam met ‘n groot vurk. Skep die helfte van die vleismengsel in die bereide pan. Sny die hoendervleis in stukkies en plaas dit bo-oor die vleismengsel. Skep die oorblywende vleismengsel bo-op. Bak die broodjie 1 uur lank of tot gaar. Laat afkoel en plaas liefs ‘n rukkie in die vrieskas voor dit gesny word. -------------------------------------------------------------------------------- Bierbroodjie 500 gram bruismeel 1 X Blikkie Bier van jou smaak Knippie sout. Meng die klomp totdat die deeg van jou vingers af is, sit in die broodpan, laat rys, en bak 40 min op 180 grade. Die lekker van die resep is dat n mens die deeg kan ooprol en enige iets na jou smaak oor die hele oppervlakte smeer of strooi (viennas en tamatie smeer, spinasie en feta, kaas en knoffel, biltong en jalepeno, ag sommer net wat se smaak ookal in jou kieste opspring. -------------------------------------------------------------------------------- DADELBROOD. 2 kop. meelblom. 2 eiers. 1/4 lb. botter. 1/2 lb. dadels. 1 kop. kookwater. sout. 1 kop. suiker. 2 tl. koeksoda. 1 tl. vanielje. Gooi kookwater oor botter, suiker, dadels, koeksoda en sout. Laat afkoel. Voeg eiers heel by. Roer meel in. Bak vir 'n uur by 180 Grade C -------------------------------------------------------------------------------- DIE ALLERLEKKERSTE ROSYNEBROOD: 1 pakkie Bruismeel 1x250 g pitlose rosyne 1 houertjie karringmelk 2 eetl. suiker 2 gelyk teelepels bakpoeier knippie sout Stel oond op 180ºC. Sif droë bestanddele saam, meng suiker saam, gooi rosyne by en voeg die karringmelk by. Ek skud altyd die kartonnetjie agterna met 'n bietjie melk uit. Meng deeglik met houtlepel. Skep uit in gesmeerde broodpannetjie en bak vir een uur. Keer uit en laat afkoel. Hierdie broodjie is 'n wenner. Soos met alle kitsbrode, is dit op sy lekkerste op die eerste dag. -------------------------------------------------------------------------------- DOODVREET-LEPELSKONS Hierdie skons is ware treffers! 4 kop bruismeel 1 teelepels sout 2 teelepels bakpoeier 2 groot eiers ½ koppie olie 2 teelepels wit suiker 1 kop karringmelk - soos benodig om deeg klouerig slap te maak (om te skep in muffin-panne) Meng olie, eiers, melk tot glad. Meng droë bestanddele en suiker. Meng die mengsel by droë mengsel. Deeg moet slap wees om te skep met lepel, maar nie loperig nie. Skep 'n groot eetlepel vol in gesmeerde kolwyntjie-pannetjies. Bak by 200º C goudbruin. -------------------------------------------------------------------------------- GROWWEMEELBESKUIT 8 x 250 ml. Nutty Wheat. 2 x 250 ml. Snowflake koekmeelblom. 7,5 ml. sout. 1 x 10 g. pakkie kitsgis. 250 ml. suiker. 250 g. margarien. 125 ml. gouestroop. 750 ml. louwarm water. Meng droë bestanddele saam en vryf hierna margarien met vingerpunte in. Meng gouestroop en louwarm water en voeg by droë mengsel. Meng tot deeg. Rol deeg in handpalms tot ewe groot balletjies en plaas in gesmeerde broodpanne. Laat rys tot dubbel die grootte en bak vir een uur teen 180 Grade C. Keer uit en laat afkoel. Breek op in beskuite en laat oornag in koel oond uitdroog. Sultanas of rosyne kan by beskuitdeeg gevoeg word voor dit in balletjies gerol word. -------------------------------------------------------------------------------- HEERLIKE WITBROOD. 25 g. vars gis. 625 ml. louwarm water. 40 g. ( 50 ml.) suiker. 1 eier. 125 ml. kookolie. 12,5 ml. sout. 1 kg. witbroodmeel. Voorverhit oond tot 200 Grade C. Krummel gis in water en voeg suiker, eier en olie by. Voeg sout by helfte van meel en voeg by vloeistof. Werk res geleidelik in om sagte deeg te verkry. Knie vir 10 minute tot glad en elasties. Bedek met plastiek of handdoek en sit op warm plek om tot dubbel die volume te rys. Knie af, verdeel in twee en vorm een helfte tot klein broodjie. Maak snytjies bo-op. Gebruik die res om rolletjies te maak. Sit brood in gesmeerde pan en rolletjies op gesmeerde bakplaat. Laat toe om tot dubbel die volume te rys. Bedek rolletjies met enige van die volgende : olyfolie en growwesout, heuning en papawersaad, melk en vars gekapte kruie en/of eierglasuursel en gekapte neute. Bak vir 45 minute tot gaar. Lewer 1 groot/2 klein brode, of 12 rolletjies. -------------------------------------------------------------------------------- KAAS - EN - UIEBROOD 500 g. bruismeel. 1 pakkie dik wit uiesoppoeier. 5 ml. ( 1 tl.) sout. 5 ml. ( 1 tl.) bakpoeier. 150 g. gerasperde cheddarkaas. 1 ekstra groot eier. 500 ml. ( 2 kop.) karringmelk. Voorverhit oond tot 180 Grade C en smeer 'n broodpan van 1,5 liter met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Sif die meel, uiesop poeier, sout en bakpoeier saam. Voeg 100 g. van die kaas by en meng goed. Klits die karringmelk en eier goed saam en voeg by die droë bestanddele. Roer goed. Skep in voorbereide pan en versprei eweredig. Sprinkel die orige kaas oor en bak 1 uur lank tot gaar of todat 'n toetspen skoon uit die middel van die broodjie kom. Sit voor met kaas en konfyt. -------------------------------------------------------------------------------- KARRINGMELKBESKUIT 250 ml. suiker. 2 eiers. 500 ml. karringmelk. 1 kg. Snowflake - bruismeel. 5 ml. sout. 250 g. margarien. Verhit oond tot 180 Grade C. Klits eiers en suiker saam tot lig en skuimerig. Voeg karringmelk by. Sif meel en sout in groot mengbak en vryf botter in met vingerpunte. Voeg karringmelk by en meng tot deeg. Rol deeg in handpalms in balletjies. Rol balletjies ewe groot omtrent die grootte van 'n eier. Plaas balletjies dig teenmekaar in gesmeerde broodpanne. Bak vir 50 - 60 minute. Laat effens afkoel en keer uit. Laat dan heeltemal afkoel. Breek beskuite oop en laat oornag op draadrak in oondlaai of in koel oond uitdroog. -------------------------------------------------------------------------------- MIELIEBROOD 1 kop. meelblom. 1 blik geroomde soort suikermielies. 3 eiers. 1/2 kop. suiker. 1 kop. mieliemeel. ( fyn ) 3 tl. bakpoeier. sout Klit eiers en voeg die res van bestanddele by. Gooi in gesmeerde broodpan. Kook 'n bietjie water in 'n groot kastrol en plaas die broodpan daarin. Laat dit vinnig stoom in die toe kastrol vir + - 20 minute. As die water wegkook, kan dit na 10 minute weer aangevul word. -------------------------------------------------------------------------------- NEUTEBROOD 2 kop. meelblom. 4 tl. bakpoeier. 1 tl. sout. 1/2 kop. suiker. 4 eetl. botter of margarien. 1 eier. 1 kop. melk. 1 kop gekapte okkerneute. Sif droë bestanddele saam en voeg suiker daarby. Vryf botter met vingerpunte daarin. Klits die eiers goed, en voeg dit by die melk. Roer dit geleidelik by die droë mengsel om 'n sagte deeg te vorm. Voeg die okkerneut by en gooi in 'n gesmeerde pan wat met gesmeerde papier uitgevoer is. Laat 30 minute staan en bak vir 40 - 50 minute in 'n matige oond. -------------------------------------------------------------------------------- Stywepap en Krummelpap Daar is vele menings oor hoe on stywe- of krummelpap te maak. As julle enige voorstelle het oor hoe om die onderstaande resepte te vebeter, laat my weet, en ek las dit hierby! Mens kan mieliemeel ipv die braaipap gebruik wat hieronder genoem word. Ek dink die resepte kom oorspronklik van die pakkies af waarin dit verkoop is. STYWE PAP (4-6 porsies) 1 liter water (4 koppies) 5ml sout (1 teelepel) 500ml TRADISIONELE BRAAIPAP (2 koppies) (320g) Gebruik 'n groot swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt. Voeg TRADISIONELE BRAAIPAP by. Roer deeglik met 'n hout lepel en plaas deksel op. Verminder hitte en prut vir 40 minute. Roer 'n paar keer. Voeg 125ml (1/2 koppie) koue water by pap. Prut pap oor lae hitte vir 'n verdere 30 minute. KRUMMELPAP (4-6 porsies) 500ml water (2 koppies) 5ml sout (1 teelepel) 750ml TRADISIONELE BRAAIPAP (3 koppies ) (480g) Gebruik 'n medium swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt. Voeg TRADISIONELE BRAAIPAP by, plaas deksel op en prut vir 15-20 minute. Roer met 'n vurk tot pap krummels gevorm het. Prut vir 20-30 minute. Roer 'n paar keer. Wanneer ons egter vir ons krummelpap maak, dan kook ons dit vir baie langer as wat hulle hier bo voorstel. Ons glo die krummelpap moet stadig en baie lank prut. Roer die krummelpap vir die eerste keer nadat die meel 'n velletjie gevorm het -- dis belangrik om nie te vroeg te roer nie. Hoe lank jy die pap ná die roer laat prut, hang ook af van hoe groot jou krummels is. Ek vind dat 20 min. op 'n medium-lae gasvlam genoeg is, maar smaak verskil hehehe en elke ekspert het sy manier -------------------------------------------------------------------------------- RYSPAP 1 liter water. 500 ml. ( 2 k. ) gaar rys. 5 ml. ( 1 t. ) sout. 450 ml. mieliemeel. 60 ml. ( 1/4 k. ) botter of magarien. Verhit die water, rys en sout saam tot kookpunt. Laat dit stadig prut en roer die mieliemeel geleidelik by -dit vorm 'n slap pap. Laat dit 20 minute lank stadig oor lae hitte prut tot deurgekook en gaar. Roer die botter of magarien in en bedien warm saam met pangebraaide wors en warm tamatie-smoor. Genoeg vir 5 - 6 mense. -------------------------------------------------------------------------------- GESONDHEIDS BESKUIT 1 kg volkoringmeel 250 ml klapper 200 ml pitlose rosyne 55 ml bakpoeier 500 ml suiker 250 ml sonneblomolie 500 ml koekmeel 500 ml fyngedrukte graanvlokkies 125 ml sonneblomsaad 10 ml sout 250 g margarien, gesmelt 1 liter kookwater Stel die oond op 180C. Meng al die droë bestanddele, behalwe die suiker saam. Giet die gesmelte margarien in ´n ander mengbak en voeg die suiker, olie en kookwater by. Meng. Voeg by die droë bestanddele en meng goed. Skep deeg in 2 gesmeerde broodpanne. Doop ´n mes in warm water en sny die deeg in blokkies. Bak sowat 1 uur, of tot gaar, in die voorverhitte oond. Laat effens afkoel in die panne. Keer uit, breek in stukke en droog uit. -------------------------------------------------------------------------------- Mosbolletjiebrood (genoeg vir 30 stukkies van 50 g elk) 1 kg koekmeelblom 10 ml sout 40 g ( 4 pakkies) kits droë gis 10 ml suiker 20 g anyssaad 60 g botter in klein blokkies gesny 600 ml warm melk 1 eiergeel, liggies geroer Smeer 3 klein broodpannetjies met botter. Sif meel, sout, giss en suiker saam in 'n mengbak en voeg dan anyssaad by. Meng die botter en die warm melk, voeg dit by die droë bestanddele en meng tot 'n ferm deeg. Keer uit op 'n oppervlak wat met meel bestrooi is en knie tot 'n sagte nie-klewerige deeg wat glad en elasties is. Plaas in 'n bak wat liggied met olie gesmeer is en verseël met plastiek (smeer ook met olie) en hou eenkant op 'n warm plek totdat die volume verdubbel het. Druk die deeg plat, knie liggies en vorm balletjies van 50 gram. Plaas in 'n broodpan maar laat ruimte aan die kante. Sit in 'n warm treklose vertreken laat stan vir sowat 30 minute totdat die deeg tot by die bokant van diie pan gerys het. Verhit die oond tot 180 grade C. Bestryk die brood met eiergeel, bak vir 15 minute en verlaag dan die hitte tot 160 C. Bak vir nog 30 minute tot gaar. Keer op 'n draadrak uit en laat afkoel -------------------------------------------------------------------------------- Kaiingbrood Die geheim is om die kaiings reg uit te braai, nie almal weet so mooi hoe nie, maar dis hoekom ek nou hier is! Kaiings kan van die vet van enige slagdier gemaak word. Sny die vet af en maal dit met 'n growwe meul. Verhit in 'n kastrol met 'n bietjie water dat die vet smelt en laat die vet maar lekker uitbraai, hy vorm vanself kaiings. Party mense gooi bietjie melk by, maak glo 'n mooier kaiing. Die kaiings is die stukkies wat op die warm vet ronddryf, skep dit dadelik af en dis reg vir gebruik. Wanneer jy bak daarmee moet dit eers weer gemaal word, die keer met 'n fyn meul. Die broodresep 2 teelepels droê gis 2 teelepels suiker 3 koppies lou water 7 koppies broodmeel 2 teelepels sout 3 teelepels sagte varkvet 500g kaiings Los die droë gis en suiker op in 1 koppie van die lou water. Roer 1/2 koppie van die broodmeel by. Bedek en hou warm sodat dit kan gis (een uur) Sif die meel en die sout saam. Maak 'n holte in die middel en voeg die suurdeegmengsel daarby. Knie nou goed totdat die deeg mooi skoon afkom van die hande.. Voeg die orige lou water geleidelik by terwyl jy knie. Knie die sagte varkvet goed deur en voeg dan die gemaalde kaiings by. Knie baie goed. Bak teen 180 ºC vir 45 tot 60 minute. -------------------------------------------------------------------------------- Feespap 3 koppies mieliemeel 6 koppies water 1½ teelepel sout 1 bottel biltongsmeerkaas 250ml room 1 blikkie geroomde sampioene 250g ontbytspek 2 uie gerasperde kaas Stel oond op 180C, en spuit ‘n bakskottel. Kook mieliemeel in sout en water tot gaar. Snipper en braai spek en uie. Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene. Skep in lae in bakskottel: Pap,dan spekmengsel. Herhaal lae. Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is. Bedien saam met braaivleis. -------------------------------------------------------------------------------- Asbrood 750 ml bruisbroodmeel 25- ml witbroodmeel 10 ml bakpoeier 2.5 ml sout 500 ml karringmelk Meng droë bestsnddele en maak aan met karringmelk. Druk deeg plat (ong 3 cm dik) op 'n groot stuk aluminiumfoelie. Vou dig toe in foelie maar laat ruimte om te rys. Plaas op half uitgebrande kole en gooi toe met oorblywende kole. Bak ongeveer 45 minute. -------------------------------------------------------------------------------- Knoffelring Knoffelsous: 180 ml ( ¾ k) Botter, gesmelt 3 knoffelhuisies fyngedruk of 1 ½ t voorbereide knoffel 25ml (5 t) vars gekapte pietersielie 10 ml (2 t) gemengde droeë kruie Brood : 2 ekstra groot eiers 25ml (5 t) olie 500 ml ( 2 k) louwarm water 60ml ( ¼ k ) suiker 1 pakkie ( 10gr) kits- droeë gis 1 knoffelhuisie fyngedruk Knippie gemmer Knippie sout 5 x 250ml (5k) Koekmeelblom Voorverhit die oond tot 190° C ( 375° F) Bespuit pan met kleefwerende kossproei van 23cm deursnee Meng al die bestanddele vir die knoffelsous in `n kastol tot margarine gesmelt is en hou eenkant. Klits die eiers, olie, water en suiker saam. Meng die res van die droeë bestanddele in `n groot mengbak Voeg nou die watermengsel by en meng tot `n sagte deeg Knie die deeg vir 10 minute lank tot glad en elasties Bedek met bespuite kleefplastiek en laat rys tot dubbel die grootte (1 uur) Verdeel die deeg in twee ne rol 12 ewe groot bolle van elke deel. Rol al die bolletjies in die knoffelsous en pak in voorbereide pan Gooi die res van die knoffelsous bo-oor Bak omtrent 36-40 minute tot gaar of mooi bruin bo-op Dien louwarm op saam braaivleis -------------------------------------------------------------------------------- Beesstertbroodjie 1 pak (500g) bruismeel 1 pakkie beesstertsoppoeier 1 houer (500ml) karringmelk 125ml gerasperde kaas knypie rooipeper Metode: Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer 'n broodpan (20 x 14 x 7cm). Meng die bruismeel, soppoeier en karringmelk goed saam. Skep die deeg in die pan en maak dit gelyk. Strooi die kaas en peper oor en bak 1 uur lank op die middelste oondrak. Keer op 'n draadrak uit en laat afkoel. -------------------------------------------------------------------------------- Souskluitjies Kluitjies 250 ml koekmeelblom 10 ml bakpoeier 2 ml sout 50 ml margarien/botter 1 eier 100 ml melk Sous 500 ml kookwater 25 ml margarien/botter kaneelsuiker 1. Sif droë bestanddele saam. 2. Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos broodkrummels lyk. 3. Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot 'n sagte deeg. Voeg nog melk by indien nodig. 4. Verhit water en 25 ml margarien tot kookpunt. Skep lepelsvol deeg in kokende water. Sit deksel op en laat kook 15 minute. Moenie deksel oplig terwyl kluitjies kook nie. 5. Skep kluitjies met 'n gleuflepel uit in 'n diep opskepskottel. Strooi kaneelsuiker oor. 6. Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg kaneelsuiker by en giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoeg indien nodig. MOET NIE dink dis makliker om dit sommer in die sousie te los nie. As jy nog nooit in jou lewe rubber geeet het nie, sal jy nou! -------------------------------------------------------------------------------- Aartappelsuurdeeg 1/2 Koekie yeast (moet koekie yeast wees) Middelslag aartappel...fyn gerasper...belangrik...mooi fyn. 2 Eetlepels Suiker 1 Eetlepel Sout. Sit alles in Consol Bottel...(soos vir vrugte inlê) Maak bottel vol tot by nek met sterk lou water en roer goed Maak toe met deksel...nie styf nie...en laat staan op warm plek ......die aartappels sal boontoe trek na die deksel toe...dan is dit reg. Skud bottel...hou hand voor en gooi af... maar nie als nie...hou sowat 1/4 van alles terug. Onthou...die eerste keer of twee sal dit nie behoorlik rys nie...dit vorm nog die suurdeeg basis. Hierdie proses moet herhaal word sowat drie keer...dan is die suurdeeg reg vir gebruik. Moet nie te warm water gebruik nie...net sterk lou...anders maak dit die suurdeeg dood. Wie het vir my 'n broodresep (regte egte boerebrood) wat met aartappelsuurdeeg gemaak word? My buite-oond gaan binnekort reg wees dan wil ek begin bak! -------------------------------------------------------------------------------- Semel piesangbrood. 90 g botter 160 g sagte bruinsuiker 5 ml suurlemoensap 1 eier 250 ml fyngemaakte piesangs 100 ml melk 190 g koekmeelblom 15 g spysverteringsemels 7 ml bakpoeier 5 ml koeksoda 2 ml sout 50 ml rosyntjies 50 ml gekapte neute Verroom die botter en bruinsuiker. Voeg die suurlemoensap en eier by en meng goed. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot gemeng. Skep die deeg in ‘n mikrogolfvaste bak wat met kombuispapier uitgevoer is. Plaas die pan op ‘n omgekeerde piering in die mikrogolf. Mikrogolf dit 10 minute by 90% krag. Laat staan 10 minute. Keer die brood uit en verwyder die papier. Laat heeltemal afkoel. -------------------------------------------------------------------------------- Braaivleisbroodjie 500ml fyn gerasperde wortels 425ml kookwater 30ml olie 15ml heuning 500ml mieliemeel 2ml rooipeper 5ml sout 4 ekstra groot eiers, geskei Voorverhit die oond tot 180C en voer twee broodpannetjies se bodem met bakpapier uit. Smeer of spuit die pannetjies. Meng wortel, kookwater, olie en heuning. Sif mieliemeel, peper en sout saam en voeg by die wortelmengsel. Klits eiergele en voeg by die mengsel. Klits eierwitte tot stywepuntstadium en vou dit liggies in by die mengsel. Skep mengsel in pannetjies en bak 45-50 minute. -------------------------------------------------------------------------------- Vetkoekies 375ml ongesif afgemeet koekmeelblom 15ml bakpoeier 10ml suiker 5ml sout 500ml gaar koue rys 410g (1 blik) geroomde suikermielies 125ml melk 1 eier kookolie vir vlak braai Sif die koekmeelblom, bakpoeier, suiker en sout saam. Vou die rys en suikermielies in die gesifte bestanddele in. Klits die melk en eier saam tot gemeng. Voeg dit by die meelmengsel en maak aan tot ‘n sagte deeg. Skep eetlepelsvol deeg in matig warm kookolie. Braai die vetkoek eers aan die een kant tot goudbruin: dit moenie te vinnig braai nie. Dreineer die gaar vetkoeke op kombuispapier en sit warm voor. Heerlik saam met stroop of heuning. -------------------------------------------------------------------------------- Dik groentesop Ertjiesop Kerrie botterpampoensop Lensiesop Wortel en aartappelsop Boontjiesop met spekblokkies Outydse bonesop Butternut sop Kluitjiesoep -------------------------------------------------------------------------------- Dik Groentesop (1 groot Kastrol) ½ kg 'Lean' Maalvleis ½ kg 'Chuck' - blokkies gesny ¾ Pakkie of Boksie 4 in 1 sopmengsel 1 kop fyn gesnyde seldery ½ kop fyn gesnyde pietersielie 1 groot gerasperde ui 2 groot gerasperde aartappels 1 groot gerasperde tamatie 1 kg gerasperde wortels 1 Blikkie boontjies in tamatiesous 'Bakebeans' (Om te verdik) 1 Pakkie groentesoppoeier aangemaak in 1 kop water (Om te verdik) sout en peper na smaak. Metode: 1. Kook 'chuck', maalvleis, sopmengsel, seldery, pietersielie, uie, tamatie en wortels totdat die vleis sag gekook is. Die vleis kan vooraf ook sag gekook word vir 'n rukkie. Hou die kastrol sowat ¾ vol met water soos jy kook. (Sowat 'n uur tot 'n uur en half) 2. Gooi gerasperde aartappel by en kook tot sag saam met die res van die sop. 3. 'Mash' die 'bakebeans' fyn en gooi by die res van die sop en ook die soppoeier wat aangemaak is met 1 kop water - kook vir nog so 20 min totdat alles deurgekook is. Gooi sout en peper by na smaak. 4. Die sop vries ook baie lekker en dit smaak altyd baie lekkerder as dit gevries was - weet nie hoekom nie. -------------------------------------------------------------------------------- Ertjiesop 15 ml. sonneblomolie 1 ui ( geskil, gekap ) 125 g. spekvleis ( gekap ) 1 knoffelhuisie ( gekneus ) 2 ml. vars neutmuskaat ( gerasper ) 250 g. split-ertjies 1,5 Liter groente-aftreksel sout en peper 2,5 ml. suiker 150 ml. room vars pietersielie vir garnering ( gekap ) Verhit olie en soteer ui daarin tot sag en deurskynend. Voeg spekvleis by en braai tot dit begin bros word. Voeg knoffel by en roerbraai vir sowat 1 minuut. Roer neutmuskaat, ertjies en aftreksel by. Bedek en laat prut vir 1 uur of tot ertjies sag is. Geur na smaak, roer suiker en room by en verhit tot deurwarm. Garneer met pietersielie. Indien verkies kan 250 g. jambon-ham, in blokkies gesny, saam met ertjies bygevoeg word. Split-ertjies is geel of groen en het 'n soeterige smaak. Kook saam met uie en wortels en geur met 'n lourieblaar en grof gemaalde sout en peper - 1 1/2 uur vir geweekte en 2-2 1/2 uur vir ongeweekte ertjies. Split-ertemoes is heerlik saam met peperwortel - roomsous en garnale. -------------------------------------------------------------------------------- KERRIE BOTTERPAMPOENSOP 1 kg botterpampoen, geskil en in blokkies gesny 1 liter hoenderaftreksel 30g botter 1 fyngekapte groot ui 2 koppies opgesnyde knopiesampioene 1 eetlepel matige tot medium kerriepoeier 20ml koekmeelblom 2 teelepels sagte bruinsuiker Knippie borrie 1 maat brandewyn 150g natuurlike joghurt Stowe botterpampoen in hoenderaftreksel tot gaar. Smelt botter in 'n pan en braai die ui & sampioen daarin to sag. Voeg meel & kerriepoeier by die ui-mengsel & roer oor lae hitte vir ongeveer 4 minute. Voeg die ui-mengsel by die botterpampoen & bring sagkens tot kook. Purée as jy 'n gladde sop wil hê. Voeg sout, swartpeper & bruinsuiker by. Roer die joghurt en brandwyn by, maar moenie laat kook nie. Bedien warm. (Genoeg vir 4 - 6) -------------------------------------------------------------------------------- Lensiesop 1 pakkie bruin lensies 2 pk sopgroente (wat mens in die groentewinkels kry) 1-2 pk sopbene (maw 2-4 sopbene na gelang van wat jou beursie sê) 2-4 aartappels (die soort wat maklik blus, waarvan mens kapokaartappels maak) geurmiddels Gooi die vleis en sopbene in 'n 5 liter kastrol wat driekwart met water gevul is. Plaas op die stoof en laat solank vinnig kook terwyl die groente gekerf word. Ek rasper sommer alles wat gerasper kan word op die growwe kant van die rasper. Die res kerf ek fyn - met die hand of voedselverwerker. Moenie te veel rape ingooi nie. Ek vind dit maak die sop efffens bitter. Sodra die groente klaar gekerf is, gooi ek dit by die res in die pot en laat stadig kook. Soms hou ek die aartappels uit tot so 20 minute voor ek dit opskep om te keer dat die aartappels heeltemal fyn kook. Vul maar nou en dan aan met water indien nodig. Gooi sout, peper, Aromat, Worcestersous, tamatiesous of -pasta na smaak by. 'n Tritseltjie blatjang is ook nie onvanpas nie - pasop vir te veel anders gee dit die sop 'n soeterige geurtjie. -------------------------------------------------------------------------------- Wortel en aartappelsop 2 koppies rou aartappels (blokkies) 2 gekookte wortels (in blokkies gesny) I ui 2 koppies kookwater 4 eetlepels botter 1 teelepel suiker 2 koppies melk 1 eetlepel meelblom 1 teelepel sout peper na smaak Maal die ui en braai in helfte van botter totdat dit 'n ligte goudkleur het. Voeg aartappels en kookwater by en kook vir 15 minute of totdat die aartappels sag is. Meng meelblom met res van botter. Voeg die wortels, melk en meelblom by en kook vir 5 minute totdat dit dik is. Bedien met gekapte pietersielie. -------------------------------------------------------------------------------- Boontjiesop met spekblokkies 500g pakkie droë suikerbone, oornag geweek in koue water 250g gerookte spek, in blokkies gesny, 1 varkpootjie 2.5 liter water 1 groot ui gekap 1 wortel, grof gerasper 65g (1blikkie) tamatiepasta 2 lourierblare 6 wonderpeperkorrels 3 kruienaeltjies ‘n paar gekapte takkies pietersielie 10ml bruinasyn sout en varsgemaalde swartpeper 2 knoffelhuisies skoongemaak olyfolie Spoel bone af onder koue water en dreineer. Dompel varkpootjie vinnig in kookwater en was goed af. Skep spek in ‘n groot kastrol en braai oor lae hitte tot bros. Skep uit. Braai vark pootjie in dieselfde kastrol tot bruin alkante. Skep bone by varkpootjie in kastrol en voeg water by. Verhit tot kookpunt, en skep skuim af met gaatjieslepel. Voeg res van bestanddele tot em met bruinasyn by, verhit tot kookpunt, verlaag hitte en laat stadig prut met deksel op kastrol vir sowat 2½-3ure of tot bone sag is. Geur na smaak met sout en swartpeper. Verwyder varkpootjie en druk sommige van die bone fyn met ‘n aartappeldrukker. Proe en geur na smaak indien nodig. -------------------------------------------------------------------------------- Outydse Bonesoep: Bestanddele: 2 pond Beesvleis 1 Blaartjie Foelie ¼ pond Varkspek 1 Bossie Suring 1 pond Witbone Omtrent 3 kwarte koue water 1 Ui Sout en peper na smaak 1 Bossie Pietersielie Metode: Bone word oornag in koue water geweek. Sny vleis in mooi stukkies, maar nie die spek nie. Sny ui in ringe en smoor in botter. Kap suring en pietersielie fyn. Kook nou al die bestanddele goed tesame omtrent 3 – 4 uur. Roer af en toe. Indien nodig voeg meer water by -------------------------------------------------------------------------------- Butternut Sop 700 g butternut 1 ui, gekap 2 of 3 aartappels, in blokkies 1,25 liter hoenderaftreksel 10 ml gedroogde tarragon (of dragon op afrikaans) opsioneel sout en peper na smaak 125 ml room of melk Braai die ui en voeg die aartappel, butternut en tarragon by. Braai vir 'n klein rukkie. Voeg dan die hoenderaftreksel by en kook tot die groente sag is. Versap of druk fyn en geur na smaak. Voeg die room of melk by net voor opdiening. -------------------------------------------------------------------------------- Kluitjiesoep Bestanddele: 2 pond Beesvleis 4 – 6 pinte koue Water 2 blaartjies Foelie 6 Naeltjies 1 bossie Suring Omtrent ½ - ¾ pond Meelblom vir die maak van die kluitjies, asook 1 eetlepel sagte vet en ‘n weinig droë tiemie. Sout na smaak Metode: Sny die vleis in stukkies, sit op in die koue water, voeg nou al die ander bestanddele by, behalwe die kluitjies, laat goed kook omtrent 3 – 4 uur lank. ‘n Gesmoorde ui kan ook bygevoeg word. Meng nou die meelblom met die tiemie en sout na smaak, maak ‘n holte in die middel en gooi die vet daarin. Skep nou van die kokende vloeistof uit die soeppot en maak die kluitjies daarmee aan. Kluitjies moet ‘n "slap deeg" wees. So vinnig as moontlik moet nou gewerk word. Vorm kluitjies met twee teelepeltjies en gooi dadelik in die soep. Maak teelepeltjies af en toe nat in die kokende soep. Sodra kluitjies opkom, is hulle gaar en moet soep dadelik opgedis en bedien word. -------------------------------------------------------------------------------- Swartsuur Soep Nr 1 Bestanddele: 3 pond Skaapribbetjie 6 Naeltjies 1 Wit Ui 12 Peperkorrels (fyn gekneus) 2 Onse Tamaryn 1 Eetlepel Bruinsuiker Eende of hoenderbloed Sout na smaak Metode: Kap ribbetjie in netjiese stukkies en stowe stadig in omtrent 3-4 koppies koue water. Na ‘n uur of wat word 1 koppie van die sous uitgeskep en meelblom word in die kokende sous ingeroer totdat dit ‘n stywe deeg vorm. Laat afkoel. Klits nou 2 eiers op en roer by die deeg in. Vorm nou balletjies met twee teelepels so groot soos albasters.Tamaryn word in twee groot koppies kokende water geweek. Sny die ui fyn en smoor in ‘n bietjie botter. Sodra die koppie sous uitgeskep is, word die water van die tamaryn afgegooi en by die soep op die stoof gevoeg, ook die eende of hoenderbloed. Voeg nou al die bestanddele ook by, indien nodig voeg nog water by. Laat die soep goed deurkook. Sout word na eie smaak bygevoeg. Kluitjies word net ‘n half-uur voor die soep opgedis word, en moet baie vinnig opkook. Let Wel :- Asyn kan na eie smaak in die plek van tamaryn gebruik word. -------------------------------------------------------------------------------- Swartsuur Soep Nr2 In plaas van skaapribbetjies word nou hoendervlerkies,-boudjies,-beentjies,en bloed gebruik. Vir die res is die resep net dieselfde as in Swartsuursoep Nr 1, behalwe dat korente by die kluitjies gevoeg word. -------------------------------------------------------------------------------- Kluitjiesoep Bestanddele: 2 pond Beesvleis Omtrent ½ - ¾ pond Meelblom vir die maak van die 4 – 6 pinte koue Water kluitjies, asook 1 eetlepel sagte vet en ‘n weinig droë 2 blaartjies Foelie tiemie. 6 Naeltjies Sout na smaak 1 bossie Suring Metode: Sny die vleis in stukkies, sit op in die koue water, voeg nou al die ander bestanddele by, behalwe die kluitjies, laat goed kook omtrent 3 – 4 uur lank. ‘n Gesmoorde ui kan ook bygevoeg word. Meng nou die meelblom met die tiemie en sout na smaak, maak ‘n holte in die middel en gooi die vet daarin. Skep nou van die kokende vloeistof uit die soeppot en maak die kluitjies daarmee aan. Kluitjies moet ‘n "slap deeg" wees. So vinnig as moontlik moet nou gewerk word. Vorm kluitjies met twee teelepeltjies en gooi dadelik in die soep. Maak teelepeltjies af en toe nat in die kokende soep. Sodra kluitjies opkom, is hulle gaar en moet soep dadelik opgedis en bedien word. Let wel – Die oumense het gewoonlik die vleis in die soep bedien. -------------------------------------------------------------------------------- Ingelegde Vis Bestanddele: 6 – 8 pond vars geelbek of enige 1 baie klein Rissie, fyn gekap ander geskikte soort vis 12 Naeltjies 6 groot wit Uie 2 eetlepels goeie Blatjang 2 onse Kerrie Sout 1 teelepel Borrie 2 – 3 pinte goeie Asyn 2 eetlepels Suiker Metode: Maak vis skoon en sny in mote. Sprinkel sout oor en bak in warm vet. Sny uie in ringe en smoor. Meng al die ander bestanddele en kook op in die asyn, voeg ook die gesmoorde uie by om sag te kook. Sit nou die gebakte vis in in erdekan of iets dergeliks en gooi die gekookte asynmengsel oor. Let wel – Vis moet goed bedek wees met die asynmengsel. -------------------------------------------------------------------------------- Smoorvis Gesoute snoek word hiervoor gebruik. Sny vis in mote en laat lê in koue water om uit te vars. Haal uit die water sodra vis genoeg uitgevars het, kook nou sag en verwyder al die grate. Sny 1 – 2 uie in ringe en smoor in botter, voeg nou die vis daarby asook 2 – 3 gaar aartappels in skywe gesny en ‘n goeie klont botter. Bedien saam met rys. Let wel – Hoeveelheid van uie en aartappels hang af van die hoeveelheid vis wat gebruik word. -------------------------------------------------------------------------------- Andoeltjie Neem die pens van ‘n vark, keer dit om en lê in soutwater; dit help om die slymerigheid maklik te verwyder. Maak die pens baie goed skoon en laat lê in skoon water totdat dit nodig is. Gebruik nou sowel al die afvalstukkies bees – en varkvleis as die stukkies spek en speksooltjies. Sny in dobbelsteentjies en meng met die volgende: Fyn koljander, wonderpeper, naeltjies, peper en ‘n weinig geelsuiker asook ‘n weining salpeter. Stop die mengsel nou in die pens, naai mooi toe, maar behou die fatsoen. Lê in pekelbalie 1 – 2 dae lank (hang af van grootte van pens). Haal uit en pers tussen twee planke met gewig op. Hang op in die skoorsteen om goed te laat berook. Kook soos southame. Let Wel – Hierdie gereg het die oumense altyd in die winter maande gemaak, wanneer hulle gewoonlik bees en vark geslag het, soos die gewoonte in daardie dae was. Skaapvleis kan ook bygevoeg word. Onghou salpeter moet so min wees dat dit nie die vleis rooi maak nie! Nadat "Andoeltjie" onder die pers uitgehaal is, moet dit eers opgehang word om winddroog te word voor dit berook word. -------------------------------------------------------------------------------- Gebraaide Soutribbetjie Slag bene mooi uit aan die binnrekant. Sny nou dwars en kruid strepe op die vet aan die buitekant. Meng nou sout, peper, ‘n weinig salpeter, fyn koljander, wonderpeper, naeltjies en foelie. Sprinkel ribbetjie nou goed met die mengsel, rol en bind vas, laat nou 1 – 2 dae lê. Die ribbetjie word n ou in koue water opgesit om sag te kook. Haal die pot van die stoof af en haal die ribbetjie uit, maak los en lê plat uit op ‘n plank om koud te word. Braai nou o die rooster oor gleoiende kole en bedien warm. Die ribbetjie kan ook eers ‘n paar dae lank in die skoorsteen gehang word om dit te berook voor dit gebraai word. -------------------------------------------------------------------------------- Bobotie Bestanddele: 2 pond gemaalde Vleis Suurlemoensap of Asyn na smaak 12 gestampte Amandels 1 teelepel Suiker 2 Uie, fyn gekap 1 eier 2 eetlepels Botter 6 Lemoenblare 1 sny Witbrood Melk om die Brood in te week 2 eetlepels Kerrie Metode: Week die brood in die melk totdat dit sag is en maak dan fyn met ‘n vurk. Smoor die uie in die botter. Klits die eier op en meng nou al die bestanddele saam met die vleis. Smeer ‘n bakkie, gooi die vleismengsel daarin, steek nou die lemoenblare oral bo-op die mengsel in. Bak totdat dit byna gaar is, en gooi dan die volgende vla-mengsel oor: Klits 3 eiers goed , voeg 1 ½ koppie melk by, sout en peper na smaak. Gooi dit nou oor die bobotie en steek terug in die oond. -------------------------------------------------------------------------------- Ouderwetse Lampastei Bestanddele: 4 pond Lamsvleis (rugstring is heerlik) 1 glas Wit Wyn 2 wit Uie (in ringe gesny) 1 eetlepel Sago 1 blaartjie Foelie 2 hardgekookte eiers en 1 rou eier 2 onse Botter ‘n Paar skyfies Ham Sap van 1 Suurlemoen ‘n Bietjie Wonderpeper Sout en Peper na smaak Metode: Sny vleis in netjiese stukkies, smoor die uie in die botter, voeg nou al die bestanddele by, behalwe die eiers, sago en suurlemoensap. Stowe nou die vleis tot dit heerlik sag is. Voeg nou 1 eetlepel sago en ‘n goeie klont botter by; roer tot die sago gaar is. Klits geel van eiers goed op, klits bietjie water by en dan die suurlemoensap, voeg by die vleis. Gooi nou die mengsel in ‘n pasteiskottel. Sny hardgekookte eiers in skyfies en sit op die mengsel. Gebruik skilferkors vir die kors van die pastei en smeer oor met wit van eier. Bak. Let Wel - 1. Lamsvleis en hoender kan saam gebruik word. 2. Hoender kan ook alleen vir die pastei gebruik word. -------------------------------------------------------------------------------- Hutspot Bestanddele: 4 pond Skaapblad 1 klein Koolkop 1 wit Ui 1 koppie Groenertjies (gemeet na dit uitgedop is) 4 Aartappels Sout en Peper na smaak 4 Geelwortels Metode: Kap die vleis in netjiese stukkies, sny die uie, aartappels en wortels in ringe. Sny die kool stukkend. Maak ‘n bietjie vet warm in ‘n kastrol en smoor die uie en vleis daarin. Sit nou die groente in lae oor die vleis, voeg sout en peper na smaak by, voeg ook bietjie kookwater of ekstrak by en stowe 2 – 3 uur. -------------------------------------------------------------------------------- Kotelet-Boud Bestanddele: 1 Skaapbout 1 eetlepel fyngekapte Pietersielie ‘n Paar snye Witbrood 2 blaartjies Foelie goed fyngemaak Melk om brood in te week Bietjie fyn Neut, en Naeltjies 1 glasie goeie Wyn Sout en Peper na smaak Metode: Week die brood in die melk, haal uit en maak goed fyn, voeg nou al die bestanddele daarby, behalwe die wyn. Neem nou die boud en sny diep snye tot op die been, maar moet nie die snye uitsny nie. Stop nou die aangemaakte vulsel tussen die snye in en naai die snye aanmekaar. Vrywe boud nou goed oor met sout en peper, gooi nou ‘n glas wyn oor, laat wyn goed intrek in die vleis. Maak boud nou in ‘n bakpot op die stoof of in ‘n bakpan in die oond gaar. Bedien ‘n dik vleissous by. -------------------------------------------------------------------------------- Lewer in Netvet Bestanddele: 1 Skaaplewer ‘n Bietjie Fyngekapte Ui 1 Sny Witbrood in melk geweek Kruie, asyn, Sout en peper na smaak 1 Eier Omtrent ½ - ¾ lb Netvet Metode: Was en skraap die lewer goed fyn. Druk die brood fyn. Klits die eier op, voeg nou al die bestanddele by die lewer en meng goed. Gooi nou die mengsel in die netvet,vou nou mooi toe en steek vas met houtpennetjies. Bak in oond of braai in ‘n pan, of nog beter braai oor die kole op ‘n rooster -------------------------------------------------------------------------------- Beesvleis Boerwors Bestanddele: 8 pond Beesvleis Omtrent 3Eetlepelf fyn koljander 2 ½ - 3 pond Beesvet 1 Eetlepel gemaalde pimente (all spice) Sout en peper na smaak 1 teelepel fyn naeltjies Metode: Maal die vleis en kap die vet in dobbelsteentjies, meng nou al die bestanddele goed tesame.Heg die worsstopper agteraan die vleismeuel, trek die derm daaroor en stop. Moenie te styf stop nie. Let wel: - 1.As die derms te droog is,laat hulle ‘n ruk in die water lê 2. Die ou mense het nooit vet vir wors gemaal nie, maar altyd in dobbelsteentjies gekap. -------------------------------------------------------------------------------- Bloedwors alle resepte ondertoe Bestanddele: 4 pond gekookte Varkvleis 3 teelepels Tiemie 1 pond gekookte varkspek Sout en peper na smaak 2 teelepels fyn naeltjies 2 – 3 pinte varkbloed 4 teelepels marjolein (Marjoram) Metode: Sny vleis en spek in dobbelsteentjies, voeg al die ander bestanddele by en meng goed. Voeg genoeg sout by, mengsel moet nie vars wees nie. Stop derms met die mengsel op dieselfde manier as vir Boerwors. Kook nou die wors omtrent ‘n ¼ uur, prik met ‘n naald om te sien of die bloed gaar is. Haal uit en lê plat neer op ‘n plank om goed koud te word. Die wors word nou in die skoorsteen opgehang om dit te laat berook -------------------------------------------------------------------------------- Pampoenmoes Bestanddele: Vroeë pampoen , brood, botter, stukkies Pypkaneel, suiker, sout na smaak Metode: Sny pampoen en brood in blokkies. Sit nou ‘n laag pampoen,brood en stukkies botter in, strooi nou suiker oor en voeg dan stukkies pypkaneel by. Hou so aan todat al die bestanddele in die kastrol is. Voeg nou ‘n bietjie kookwater by en stowe eenkant op stoof. Net voor pampoenmoes opgedis word, laat dit dan effens aanderaan bruinbraai. Roer deur en dis op. -------------------------------------------------------------------------------- Geelrys Bestanddele: 1 koppie Rys 1 teelepel Borrie 3 koppies Kookwater 1 eetlepel Botter 1 eetlepel Sout ½ koppie Rosyne(pitloos) 1 eetlepel Suiker Metode: Voeg al die bestanddele by die kookwater, laat goed deur kook. Laat nou stadig eenkant op die stoof klaar kook. As rys te droog kook, voeg dan ‘n bietjie melk by. Moenie in die ryspot roer nie. Dis op sodra rys heeltemal sag en goed uitgeswel is. Strooi bietjie suiker en pypkaneel oor. -------------------------------------------------------------------------------- Gebakte Aartappel-vla Bestanddele: ¼ ponde Meelblom 2 onse Botter 2 pinte Melk 3 Eiers 2 onse Suiker ¼ pond gaar, fyngemaakte Aartappels Geur na smaak Metode: Klits die fyngemaakte aartappels, botter en suiker goed tesame, klits die eiers goed op en voeg by die mengsel. Voeg nou die meelblom en melk beurtelings by en klits al die tyd. Geur na eie smaak en bak in matige oond. Die aartappel-vla moet bedien word sodra dit gaar is. -------------------------------------------------------------------------------- Gebakte tapioka-poeding Bestanddele: ¼ pond Tapioka 4 Eiers 2 onse Suiker 2 onse Botter Omtrent 2 ½ pint Melk ‘n Weinig fyn droë nartjieskil vir Geur Metode: Week tapioka oornag in water. Kook volgende dag stadig in die melk totdat tapioka heeltemal sag is. Voeg die suiker, botter en fyn nartjieskil by. Gooi in ‘n gesmeerde oondvaste bakkie en steek in oond om te bak. -------------------------------------------------------------------------------- Gekookte Sago poeding Bestanddele: 4 eetlepels Sago 1 koppie Melk 1 eetlepel Marmelade 1 koppie Suiker 2 eetlepels vet of botter 1 ½ teelepel Koeksoda ½ koppie Korente 1 koppie vars witbroodkrummels Metode: Week sago in die melk die aand vantevore. Klits botter en suiker tesame. Los koeksoda in ‘n bietjie van die melk op. Meng nou al die bestanddele tesame en gooi mengsel in gesmeerde oondvaste bakkie, sit gesmeerde waspapier bo oor sodat daar nie water kan inkook nie, papier word natuurlik vasgebind. Kook op die gewone manier in kastrol. -------------------------------------------------------------------------------- Rys-souskluitjies Bestanddele: 3 koppies Meelblom 2 teelepels Bakpoeier 1 ½ koppies gekookte Rys Sout na smaak ¼ koppie Botter ½ koppie Melk vir aanmaak 5 Eiers Metode: Smelts botter, klits eiers op, meng al die bestanddele tesame, indien nodig kan minder melk vir aanmaak gebruik word, mengsel moet nie te slap wees nie. Water moet kokend wees en kluitjies moet 10 minute vinnig kook. Kluitjies word met ‘n desertlepel in kokende water gesit. Bedien dadelik nadat dit klaar is met kaneel en suiker oorgestrooi -------------------------------------------------------------------------------- Melktert Hiervoor word gewoonlik skilferkors gebruik. Skilferkors: Bestanddele: 1 pond Meelblom 1 pond Botter 2 eetlepels Suurlemoensap ½ pint vloeistof bestaande uit – 1 geel van eier en Water Metode: Sif die meelblom, voeg sout by. Druk al die water uit die botter en deel in drie. Neem nou ‘n klein stukkie van een deel af en vrywe dit in die meelblom, maak nou aan met die ½ pint vloeistof en knie deeg baie goed. Die deeg moet geknie word totdat dit soos ‘n stuk rek is. Strooi nou meelblom op ‘n plank en rol die deeg baie dun uit. Neem nou een deel botter en sit dit in klein stukkies op die deeg, strooi effens meelblom oor en vou deeg toe en drie. Laat lê deeg nou ‘n rukkie. Neem nou die tweede deel botter en herhaal die proses en dan weer die derde deel botter ook op dieselfde manier. Rol nou die deeg uit en voer die nodige tertborde daarmee uit en gooi die volgende vulsel daarin: Meltert vulsel: Bestanddele: 6 koppies Melk 6 Eiers 2 koppies meelblom 2 onse Botter 1 ½ koppie Suiker Sout na smaak Metode: Maak die meelblom aan met ‘n deel van die melk, sit die ander melk op die stoof om te kook, roer die aangemaakte meelblom in en kook goed deur,voeg die suiker en botter by. Klits eiers goed op,maar hou die wit van drie uit. Haal nou die vulsel van die stoof af en roer die eiers ook by,kook weer goed deur. Klits nou die wit van drie eiers styf en vou in die mengsel in,gooi dadelik in die uitgevoerde tertborde. Bak in ‘n baie warm oond. Pypkaneel en suiker word oorgestrooi sodra melktert koud is. Dit word ook net so bedien. Let wel: Die vulsel moet altyd kokend warm in die uitgevoerde tertborde gegooi word. Brandewyn kan in plaas van suurlemoensap vir die vloeistof gebruik word. -------------------------------------------------------------------------------- Karringmelktert Gebruik skilferkors soos vir melktert, voer borde daarmee uit op dieselfde manier, gooi die volgende vulsel in en bak. Karringmelktert vulsel: Bestanddele: 2 koppies Karringmelk ‘n Knypie Sout 1 koppie Suiker Geur na smaak 4 gelyke eetlepels Meelblom 2 eetlepels Botter Geel van 3 Eiers Metode: Klits die geel van 3 eiers en een wit goed tesame,maak vulsel op gewone manier klaar. Klits nou wit van een eier goed styf en vou in die vulsel in. Gooi dadelik in die uitgevoerde tertbord(e) en bak dadelik. Let wel: 1. Skilferkors-tertdeeg word ook vir handtertjies gebruik 2. Al die bestanddele moet so koud moontlik gehou word en onthou ‘n baie warm oond is noodsaaklik. -------------------------------------------------------------------------------- Koekisters Bestanddele: 4 koppies Meelblom 4 afgeskraapte teelepels Bakpoeier ½ koppie Botter of Room Sout na smaak 2 tot 3 Eiers Metode: Meng al die droeë bestanddele en vrywe die botter goed deur, klits eiers op, voeg melk by en maak aan. Deeg moet net styf genoeg wees om uit te rol. Dit word omtrent ‘n ½ duim dik uitgerol en in stroke van 2 duim lank gesny. Vleg stroke om mooi fatsoentjies te kry, bak in die vet. Stroop: 4 koppies Suiker 2 ½ koppies Water Metode: Kook water en suiker saam totdat dit ‘n mooi dik stroop vorm Let wel: 1. Na die koeksisters in die vet gebak is, word hulle dadelik in die stroop gegooi. Moenie in die stroop laat lê nie, dit maak die koeksisters te pap 2. Vet vir die bak van koeksisters moet rokend warm wees. -------------------------------------------------------------------------------- Roosterkoek Bestanddele: 1 pond Meelblom 1 teelepel Sout 2-3 onse Botter Karringmelk om mee aan te maak 1 teelepel Koeksoda 1 teelepel Kremetart Meng meelblom, kremetart en sout, vrywe botter deur. Los koeksoda op, voeg by en maak aan met karringmelk. Rol deeg omtrent ½ duim dik uit en sny koeke omtrent 2 ½ by 4 duim. Strooi meelblom op rooster, sit op die kole en braai koeke stadig daaroor. Braai alkante Let wel: 1. Deeg moet nie te slap wees nie 2. Koeke kan groter of kleiner na eie smaak gemaak word -------------------------------------------------------------------------------- Vetkoek Bestanddele: Metode: 4 koppies Meelblom 1 gelyke teelepel koeksoda 1/3 koppie Botter Sout na smaak 4 Gelyke eetlepels Suiker ‘n Raspertjie Neut 2 Eiers Dikmelk om mee aan te maak Metode: Meng al die droë bestanddele en vrywe botter goed deur. Klits eiers op, los koeksoda op, voeg dikmelk by en maak aan. Knie deur, rol uit, sny en bak in diep vet. -------------------------------------------------------------------------------- Outydse ‘Soetkoekies’ Bestanddele: 12 pond Meelblom 2 eetlepels fyn Pypkaneel 6 pond Suiker 1 eetlepel fyn Naeltjies 2 pond Botter 1 eetlepel Koeksoda 1 pond Sagtevet 1 eetlepel Vlugsout Metode: Meng meelblom en speserye, vrywe botter en vet deur. Los koeksoda op in melk of water, voeg by ook vlugsout. Maak tot ‘n stywe deeg aan en knie goed. Rol uit, druk koekies af en bak. Let wel: Melk of water kan vir die aanmaak van koekies gebruik word
Die Danville Hulpgroep Resepte, resepte, resepte Ek het besluit om sake vir my te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans) op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop. Die prys van die CD is R100 (dis om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit Posgeld is R20 vir geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot toonbank. As jy sou belangstel om een van die CD's te bekom, klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit Speed Services oornag toonbank tot toonbank Hier is die Afrikaanse boeke:
217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte Hier is die lys van baie ou Engelse resepte eBoeke
A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922 Hier is die Engelse resepte: FunkyMunky
Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of
Traditional South African recipes.
Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees. Kontak my hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|