|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die
Argiewe, meeste van die ou
nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur
daar af.
Ek stuur ook 'n Engelse brief uit,
elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek,
gaan kyk gerus en laai na hartelus af.
Daar is 'n menigte blanke Afrikaners
wat na 1994 as gevolg van omstandighede waarvan ons almal bewus is hulle
eie besighede begin het in 'n poging om 'n bestaan te maak. Om daardie
mense te help gaan ek 'n deel van hierdie brief afstaan en gratis
advertensies vir ons mense plaas. As jy dus onder die groep hierbo val
hoor ek graag van jou.
Epos vir
my die volgende.
Opskrif: Die diens wat jy lewer
Kort paragraaf met besonderhede, noem ook watter area jy dek of landwyd,
Jou naam en kontakbesonderhede
Ek het al 'n paar advertensies
hieronder geplaas, gaan kyk gerus en ondersteun hulle
Die pasella hierdie keer is 'n
tweetalige resepte eBoek met Jungle resepte, gaan na onder en laai dit
gratis af.
Die afgelope tydjie was dit lekker
warm hier in ons omgewing gewees. Wat is nou lekkerder om me af te koel
as 'n glas yskoue gemmerbier? Gaan kyk ondertoe vir 'n hele paar lekker
gemmerbier resepte.
Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos
ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk
kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.
Teken hier in op die nuusbrief:
http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief.html
Kontak my per epos:
peter@peterjasie.co.za
Doen dit sommer self,
klik hier. As jy nie
internet toegang het nie,
stuur my epos met jou ou en nuwe adres.
My Resepte eBoek
samestelling op CD |
Bo en behalwe die Afrikaanse en
Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke
bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal
geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike
bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke
is sal jy die boeke regtig interessant vind.
Hierdie CD kan ook 'n lekker
Kersgeskenk wees!
Gaan kyk onder vir 'n lys van die
ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.
Ek het die volgende ontvang van
iemand wat die CD bestel het:
Dankie. Ek het die cd ontvang
met resepte. Ek sal graag daar reageer. Eerstens is dit(in goeie
afrikaans) moerse goeie waarde. Baie dankie.
Peterjasie in
Woord en Beeld |
Ek het van my stories en fotos in
een dokument saamgestel, dis lekkerlees Afrikaans en 'n versameling van
my fotos. Ek wil dit graag wyd en syd laat versprei. Dis heeltemaal
gratis al wat jy hoef te doen is om op die skakel te regs klik en dit af
te laai (om en by 4MB)
Peterjasie in Woord en Beeld
Stuur sommer aan die mense op jou
poslys ook wat dit mag geniet. Dit kan ook 'n lekkerlees geskenk wees.
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk
hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
SOLOVLUG is
die grootste digtersblad op facebook in SA - dit is `n forum vir
opkomende en gevestigde digters. Dit is `n
forum waar elkeen wat wil verse maak, welkom is om sy/haar hart uit te
skryf.
Ons se die volgende op Solovlug:
WELKOM by die GROOTSTE Afrikaanse Digtersblad op die net! Soos die
woordsnobs ons herdoop het, as die STRAATDIGTERS... wat n
voorreg om n STRAATDIGTER te wees, want Koos Kombuis is ook n
STRAATDIGTER en het IKOON-STATUS bereik!
Digters, skrywers, liriekskrywers, sangers, skilders en LESERS, hier is
vir ALMAL plek in die son! - aldus Lizette Snyman,
wat ons *kaptein* is.
Soek net vir SOLOVLUG op Facebook
Meneer die
Onskuldige Inbreker |
Nog een van daardie
insiggewende stukkies skryfwerk wat op die internet rondswerf en in my
posbus beland het. Ek hoop nie Steve gee om dat ek dit plaas nie -
Peterjasie
Volgens wet mag ons inbrekers soos u nie beseer nie en moet u beskaaf
behandel word. Daarom tik ek vir u ’n briefie, meneer.
Dis nou net tussen ons jentelman. My belofte aan enigiemand sonder
toestemming binne my erf is ‘n vlak graffie onder die
Moerbeiboom. Ongemerk, maar met ‘n mooi uitsig oor Kyalami. Dis ’n vlak
graf, want dan kan jy die renbaan teen die oorkantste
koppie ook sien. Ek is jammer as ek ongeskik klink, maar ons
gruwelstatistiek maak nie plek vir hospitality nie. Dit kan jy
kry by die Holiday Inn. Hier is ontvangs minder plesierig. Hoekom is die
baas nou so lielaak? Kom ek vertel jou.
Ons is nie die wêreld se ere-leiers op gronde van geweld en misdaad nie.
Daar’s lande oraloor vrot van misdadige etters soos
jy. Dis jammer, want behalwe spoedoortredings, is meeste Suid Afrikaners
nogal wetsgehoorsaam. Ons Suid-Afrikaanse prestasies
in wetteloosheid is wel bogemiddeld hoog, maar ons goue medaljes het te
doen met ’n tipe brutaliteit. Iets wat mense by
uitsondering gedurende oorloë waarneem. ‘n Graad van onmenslikheid wat
slegs by diere voorkom. Daar is ’n uiters skraal kans
dat ’n inbreker in Suid-Afrika gelukkig is met ’n selfoon, ’n TV en ’n
Marmite toebroodjie. Oorsee werk humanistiese
gesprekke oor nie-rassigheid, maar hier nog nie. As ek swart is en jy is
swart, bars ek maar. Want gewoonlik het ek dit ook
nie breed nie. Ek kan nie altyd sekuriteit bekostig nie en ek vrees maar
vir my kinders se lewens soos enige ander Suid
Afrikaner. As ek bruin is en jy is swart, is ons moontlik êrens in die
Wes-Kaap. Maar hier geld dieselfde, weet jy? Maar as
ek wit is en jy swart, weet ek die ANC/Malema lisensie vir payback
inspireer ’n bietjie kreatiwiteit by jou. Daar’s selfs ’n
oulike Strugglewysie wat jy kan neurie terwyl jy wit bejaardes met ’n
strykyster brand. Ek vra nie hoekom jy dit doen nie.
Moet nie vir my sê jy’s honger nie, want dan kry jy ’n diep graf en jy’s
jou uitsig kwyt. Kom ek sê jou hoekom jy dit doen:
iemand het jou vertel dat hier êrens ’n land met top Westerse stede en
infrastruktuur was, wat van jou weggeneem is.
Jy het geen bewyse nie maar BEE en kwotas moet tog dien as regstellende
bewyse, nè? Hulle het jou niks vertel van teen watter
prys nasies lande ‘koop’ nie. Teen die tyd het jy en jou nagsluipers vir
my ’n 15 jaar presedent gestel vir hoe ons jou moet
aanskou. As ek aan jou dink, is dit ook maar met ’n bek waar binne die
Foksterriër drol nie wil smelt nie. Jy en jou tipe
muurspringers het my mooiste land deur die wêreldindekse laat bars met
’n moordstatistieke van bykans 19 000 moorde per jaar.
Kom ons praat nie nou inbrake en geweld nie. Ek het nie genoeg nulle op
my vierde laptop nie. Met soveel respek moontlik,
meneer die Inbreker, in die lig van hierdie statistiek kan ek oortreders
op my werf nie veel belowe nie. Ek het gemaklik
banke en die hi-fi werk. Daar’s kontant in my gatsak en so. Maar ek het
nuus vir jou. Jy gaan dit nie oor die hek maak nie.
Ek gaan niks sê nie. My buurman wat al op drie meter in die bors geskiet
is, gaan ook niks sê nie. Helaas, jy gaan ook nie
veel uitkry nie, want as God my ’n vier meter radius op jou gee, sal ek
my familie met my lewe verdedig lank voor jy kans kry
om te verduidelik wat presies jy in my kombuis soek.
Totdat inbrekers hulleself onderskei met groot leesbare badges wat sy
intensies verduidelik, is jou spasie onder die
Moerbeiboom vir jou bespreek.
En my Boerboele se Afrikaans is ook nie waffers nie. Ek sê hulle al jare
lank om ongenooides sagkens te behandel.
Jou moer, my broer en daarmee saam almal se moer wat wetgewing skep om
jou landing op my grasperk te versag.
Ek weet u sluip ou mense van agter af in, maar as ek u sien kom, moet u
weet:
Hier, kak u.
Steve Hofmeyr.
Dis makliker om
`n lisensie te koop - Lianda van der Merwe |
Boerseun leer my bestuur. Ek het net
so ruk terug my leerling gekry en nou jik my gat om oral te gaan skuur.
Ek ry met die
Mini in die dorp, ek ry met die Mini in die stad, ek ry met die ou
oranje Mazda bakkie wat soos `n Ossewa draai, ek ry in die
dorp en ek ry op die plaas rond. Ek gaan ry melk aan met die bakkie en
ry winkels toe met die bakkie. Net soos enige nuwe
bestuurder soek ek verskonings om rond te ry, altyd met Boerseun as `n
ekstra-bek bestuurder langs my.
Die Saterdag besluit ons om Ezemvelo toe te gaan. Om bietjie wild te
gaan kyk. Ek met my khaki kortbroek en spierwit
bloesie en sexy bruin bene en Boerseun met sy khaki hemp, rugbybroek en
kuithoogte 4-gespe leer stewels. Boerseun het sy oom
se 19-voetsek Kombi geleen en ons ry die 25km grondpad na die
wildreservaat in luukse gemak. Volop plek vir die kas bier,
Napoleon brandewyn, die braaihout, tjoppies, glase en ys.
By die hek gekom, vra die wag dat ons asseblief moet kyk met die
terugkom dat ons die hek se slot moet toedruk as dit na
18h00 is, want daar is maar min mense vir die dag in die park en hy gaan
vroeg van diens af. Dis heeltemal reg met ons en
ons sien uit daarna om die mooie natuurskoon te gaan verken.
Ons het wandelpaaie gestap, uitkyktorings besoek, bokke en bokke en
bokke gekyk, suurklappers gesteel en stamvrugte geëet.
Ons het kilometers ver gery al langs `n wildsheining en voerplekke
gesien en spore gaan kyk. Al die tyd in die wildplaas het
ek bestuur. So lekker stadige slakkegang en beheers. Ek het nie eenkeer
bang gewees vir steil opdraendes of smal
grondpaadjies met kranse vir grense nie.
Later is dit huis se kant toe staan. Ons kom by die hek en sien die wag
is al weg. Boerseun klim uit en maak die hekke oop.
Ek ry deur en kyk in my tru-spieël hoe hy besig is om die kettings deur
die hekke te ryg en die slot toe te maak. 7 Soorte
duiweltjies vertel my dat ek net `n bietjie-bietjie stout moet wees en
moet maak of ek vir hom wegry. Ek sit die ratkas in
1ste rat en laat wiel so ent verder. Ek sien Boerseun kyk geskok op en
begin draf. Ek lag in die stilligheid en sit maar
die Kombi in trurat om hom te wys dat ek maar net `n grappie gemaak het.
Ek sal mos nooit wegry nie! Die Kombi trek daar
weg met `n moerse bokspring vorentoe! Ek skrik my boeglam, want dit was
nie my intensie nie. Ek kyk in die truspieëltjie en
sien dat Boerseun begin hardloop het. Ek sit die Kombi met die spoed van
witlig in trurat! Die Kombi is met dieselfde spoed
van witlig WEER vorentoe! Boerseun lyk nou al hoe kleiner in die
truspieël, maar hy hardloop nou nes `n Olimpiese atleet.
Ek is so bang hy dink ek ry elke keer bietjies-bietjies vir hom weg,
want ek is nie so `n persoon wat iemand sal verpes met
sulke streke nie. Ek wys by die venster uit:" ek kom! ek kom! moenie
stres nie!"
Hy wys in die truspieël:" dis nog niks, ek kom ook! en jy moet stres!"
En boonop wys hy allerhande opsene handgebare met sy
vuis in die lug wat my mooi blou niks sal help om die Kombi in eerste
rat te kry nie.
Ek voel so klein en bang. Ek wil nie hê dat Boerseun kwaad moet wees nie.
Ek weet nie hoe ek gaan verduidelik dat ek
onskuldig is nie. Hy sal my doodeenvoudig net nie glo nie! Ek bid:"
Liewe Jesus ek is klein, maak my hartjie
rein"............ en let baie mooi op dat die trurat regtig-regtig op sy
plek ingedruk is en los die koppelaar stadig. My
senuwees is flenter en Boerseun wat met `n stofstrepie aangehardloop kom,
lyk ewe flenters. Die Kombi is nou al 500 meter
van die hek af en dis net `n harde, los-gruis grondpad wat Boerseun moet
hardloop. Die wiele rol. O nee! Nee! Net nie
weer nie, maar dit help nie ek gil nie. Ek briek dat die Kombi so skuins
oor die grondpad skuif en sit sommer die aansitter
af. Ek lê met my kop op die stuurwiel en piephuil van benoudheid. Ek
weet, ek weet voor my heilige siel dat Boerseun my nie
sal glo nie, al sê ek wat, maar die Kombi hét nie `n trurat nie. Ek het
mos nou al mooi gekyk. Daar is nie een nie. Net `n
eerste, tweede, 3de en 4de rat. Dit lyk nie soos die Mini nie, dit werk
nie soos die Mini nie en die vieslike ding ry nie
soos die Mini nie.
Ek sit nou maar en wag dat Boerseun sy grondpad-Comrades klaar moet maak.
Ek weet net, nie een van ons twee kry vandag `n
medalje nie! Veral nie ek nie! En hy? Hy mag nou met alle plesier die
stuurwiel kry. O ja, en die ratkas. Die ene wat
nie wil trurat nie.
Na `n ruk kan ek Boerseun se rooi gesig in die truspieel sien. Ek sien
ook sy lippe beweeg en sy kop skud heen en weer. Ek
is amper lus en sit die Kombi weer aan en jaag maar liewer regtig weg,
maar hy sal my tien teen een opspoor, waar ek ookal
mag probeer wegkruip. So ek sit daar, bang en benoud en die trane biggel
oor my wange. Ek belowe, al wat ek wou doen was
om Boerseun so bietjie skrik te maak. Net `n bietjie. Dis al.
Ek hoor `n pofadder blaas en spring amper deur die sondakkie (wat toe
is!). Dis Boerseun by die ruit. Hy hyg en blaas en ek
dink dis my beurt om aan die hardloop te gaan, maar my bene bewe soos
riete en ek sit asof ek vir niks bang is nie....die
ewige soutpilaar, steunpilaar, wat ookal (wie sal die gedeelte van
steunpilaar glo? Boerseun? Nee, seker nie) Hy ruk die
deur oop en klim in. Tande op mekaar gepers, sis hy vir my:" Ry...ry nou....
en ry stadig...as ons by..... die... huis
kom.....en my asem.... is terug....sal jy...verduidelik.....wat de hel.....jy
....gedink het jy ...try...doen .....
Ek sit die Kombi mooi in trurat, want ek weet mos nou al wat die Kombi
gaan doen en sy doen dit toe ook. Ons ry in doodste
stilte huistoe, behalwe Boerseun wat sy asem iewers soek tussen die
gehyg. Ek loer so skelmpies vir Boerseun en sien dat sy
pragtige 4-gespe leerstewels se een sool heeltemal losgetrek het. By die
huis klim hy uit en die stewel flappe-flappe-
flappe-flappe, maar hy steur hom nie eers daaraan nie. Later het ek
eerlikwaar probeer verduidelik, maar Boerseun het my net
so half-boos aangekyk en niks gese nie. Ek het selfs sy stewel se sool
met skoengom gaan plak vir askies-askies sê, maar die
ou skoen was nooit weer lekker dieselfde nie. Boerseun ook nie.

|
|
Onlangse foto
wat ek geneem het. Spyker, ons brak, stel gladnie belang in die
kamera nie |
|
Die pasella hierdie keer is 'n
tweetalige resepte eBoek met Jungle (hawermout) resepte.
Regs klik
hier om dit af te laai
Vir nog pasellas gaan kyk na my
nuusbrief argiewe, meeste nuusbriewe het gratis resepte eBoek wat jy net
kan aflaai. Gaan na
www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Muis en Emily
- die bekkige brakke |
Ma noem my mos ‘Njaffie’ oor ek vir Muis so baie byt en moeilikheid gee.
Ma se sy gan ons leer buite slaap want ons speel musical chairs in die
bed. Muis kruip in. Dan word ek wakker en soek vir
Muis, en dan kruip ek in, en Muis spring uit. Dan voel ek maar dis
eintlik lekker warm onder die duvet dan le ek. Dan begin
Muis koud kry, en kruip weer op ‘n ander gaatjie in. En elke keer moet
ma die duvet oplig.
Ma wil my nek omdraai oor ek bly pie op die laminated flooring sy het al
alles gegoogle maar ek sit google ore aan en pie
voort. Ek was mos rof grootgemaak niemand om vir my te se waar ek moet
toilet nie. My gunsteling snackbox is die katsand
bak. Ek kry wel lekker kos by ma, maar ek is nou maar een maal hond.

|

|
Muis |
Emily |
Ma het my die ander dag parlour toe geneem sodat ek mooi geskeer kan
word want ek het sulke fluff soos ma dit noem. Toe ruik
ek soos ‘n blommewinkel toe ek daar uitkom. En toe is dit ook nie meer
so warm vir my nie. Ma se ek het ‘n Liewe Lawwe
Lyfie. Maar sy wil my nek omdraai oor ek die kiepies wil byt maar ma
sien nie die een kiepie byt vir my op my lyf. Dan sit
sy met my honde hare in haar bek en dan vat ek ‘n bek vol vere ma se ek
gaan maak dat hulle hulle eiers wegskrik. Ek het
gedog net henne le. Nou hoor ek hane le ook. Eiers wegskrik, ek giggel
sommer.
Ma wil nie he ons moet oorkant die pad gaan speel nie want daar is ‘n
vlooie plaag en dan sit en krap ons heeldag ma se ons
het nie scratchcards gekoop nie so ons het nie nodig om te sit en krap
nie. Nou was sy ons met helder pienk sjampoe dit lyk
of die vlooie hulle moet doodskrik vir die sjampoe want dis ‘n lelike
pienk.
Muis het verlede week ‘n kleerkie aangehad. Ek het die ding so gekyk en
gedink ek sal doodstil en stokstyf staan as ma waag
om vir my ‘n kleerkie aan te trek want ek is ‘n hond, nie ‘n winkelpop
nie. Ek het al lekker geleer om my kop met een draai
uit my halsband te pluk. Ma dink ek is dom maar as sy werk dan kyk ek
myself in die waterpoel se weerkaatsing en bedink al
my planne.
Ek kan in ingils blaf. En as ek op ma se arm sit, dan raas ek in oorgawe
met honde baie groter as ek. Ma se as die honde
haar gaan byt, maak sy ‘n sleutelhouer van my. Ek isi bang nie ek het
gehoor ma se vir iemand sy is 1.83m lank en dis lank
hoor want ek sien die gras daar onder is klein as ek op haar arm sit, so
ma sal my beskerm sy het gese dis haar besluit om
diere te kry en vir hulle te sorg die beste wat sy kan. Ek is bly ons
het vir ma.
Ek moet gaan pie op die laminated flooring. Gras laat my tone jeuk.
Van Emily
NS – ek hoor ma se sy wens iemand het vir haar raad vir ek wat so in die
huis pie. Laat haar maar weet as jy ‘n uitgegroeide
weggooi brak kan laat buite pie. Kontak vir ma
per epos
hier
Lekker
lugkastele bou -
Oorsese Lottos |
Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en
sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot
droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis
kaartjie ook! Waarvoor wag jy?
Hier is die lys van beskikbare
Lotto s en die huidige boerpotte:
Powerball US $86,000,000
SuperEnaLotto EU €21,800,000
MegaMillions US $22,000,000
MegaSena US $21,300,000
EuroMillions EU €15,000,000
UKLottery UK £9,300,000
ElGordo EU €7,800,000
SuperLottoPlus US $10,000,000
FranceLoto EU €5,000,000
OzPowerball US $2,900,000
Sjoe, dis darem maar groot geld!
Ekke is ook op
Facebook, kry my by
www.facebook.com/Peterjasie
Ma – gee my
net nog een dag
Lianda van der Merwe
Gee my net `n dag
om die tydnaald
van vandag
na gister
terug te draai.
Gee my net nog een nag
om myself te vind lê
– styf teen jou sagtheid
in te werk
en jou asem te kan hoor.
Gee my nog `n dagbreek
dou-rose
en blou-aar hande
om te rangksik
en aan te vat.
Gee my net `n duisend woorde
om te vertel
van dink
wye werelde, reën en trane
omdat ek onthou!
Vrou....baie vriendin
vol lag!
en geheimpies deel
sag, sag, sag en
Ma.
Gee my nog `n wyle
blou lug
`n uurglas met stilsand
`n siel sonder vlug en
`n lelietuin met – jou deel.
Gee my `n nag
sonder koue drome
soos kleintyd
jou Moederlyf om my te voel
te giggel voor slaaptyd oor my spoel.
Gee my ongejaagde tyd
kombuiswoorde
wat net jy gebruik
en jou kos te ruik
`n uur se stil saamwees.
Gee my blomme
om `n ruiker ontstoflik
mooi te maak
sodat jy dit saam
kan deel in `n
ons-oomblik.
Gee my al die tyd
in die wereld
om alles, alles
te kan sȇ
Van te lank mis
te veel
te maklik
ek vra: net `n bietjie meer tyd!
Help my – dra
aan Jou.
Alles wat jy wil weet oor die
huidige Super 15 seisoen. Regs klik net en laai af na jou rekenaar
AS jy dit elke week wil ontvang,
stuur 'n epos aan Loot Eksteen en vra dat hy dit vir jou aanstuur
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Zalome -
Afrikaans op die net |
Zalome is nog
iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te
bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee
soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.
Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang,
doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo
sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit
aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).
AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com
AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
Blanke
Afrikaanse Besigheids Advertensies |
BERADING
Gekwalifiseerde Pastoor met Honeurs in Berading. Diepvlak Emosionele
Berading (DET) , Holistiese berading. Berading sluit in enige
persoonlike of familie probleme waar daar na oplossings gesoek word. Kom
praat jou hart uit. Konsultasiefooi R300.00 kontant per sessie, ongeag
van die lengte van die sessie.
Die areas wat ek dek is: Christelikeberading - om jouself te vind in
Jesus., Depressie, Trauma, Voor huwelikse berading, Egskeidings,
Huweliksberading, Stres, Hoogmoed, Vrees, Doodsbegeleiding, Woede,
Skuldgevoelens, Dwelms, Alkohol, en nog baie meer.
Kontakbesonderhede: Melinda Bothma, gestasioneer te Wondeboom-Suid, Sel
076 556 6096.
GEKWALIFISEERDE LOODGIETER/PLUMBER
24/7 L/C Maintenance Qualified Plumber Kontak Chris
0791829977/0116601032.Fourways,Wesrand/Florida,Roodepoort&
Randfontein!Soweto,Kagiso & Munsieville!Ek het bewys v kwalifikasie by
my te alle tye!
Kontak Chris Muller 0791829977/0116601032 of epos na:
0716124844@mobileemail.vodafonesa.co.za
BOEKE - VAN AFRICANA TOT FIKSIE
MARTIN RAS
jmras@telkomsa.net
0836020455
Koop, verkoop, en spoor boeke vir jou op. Pos landswyd
PLAKKERS (STICKERS), SANDBLASTING, LASER
GRAVERINGS, SPOOKASEM
KOBIE NEL
jj-nel@lantic.net
kobienel.co.za
Ontwerpe van eenkleurige plakkers, geskenke idees
Pos landswyd
RHINO LININGS STELLENBOSCH
Die oorspronklike poly-urethane bakkie beskermer. Ook sleepwaens,
onderstelle, enigiets wat jy met rubber beskerm wil hê, sal ons vir jou
spuit!
rhinolining.wordpress.com
stelliesrhinolinings@gmail.com
021 8866488
O, die donkie
Ienkie pienkie ponkie
Suid Afrika eet nou donkie
Hiekerie diekerie dok
ons maalvleis is nou bok
Taragie taragoe
ons eet biltong kangeroe
Kul jou hie kul jou daa
ons steaks is nou Sebra
Viskoekies in die Baai
bestaan meestal nou uit haai.
daai hoender wat so dril
is dikwels krokodil
Die salami aan die hak
is dalk ʼn Taiwannese brak
en die sagte pienk polonie
dalk net ʼn Shetland ponie
maar dis als die moeite werd
die arme Britte kry net perd
Koos gooi die gholfkarretjie om na 'n lang dag op die gholfbaan.
'n Vrou wat daar naby speel, sien dit en hardloop nader om te help.
'Het u seer gekry meneer?' vra sy.
'Nee, net groot geskrik,' sê Koos.
'My huis is hier naby, kom saam met my dan gee ek jou 'n knertsie vir
die skok, se die vrou.
'Jong, ek weet nie so mooi nie, my vrou sal dit niks laaik dat ek alleen
na 'n ander vrou se huis gaan nie,' sê Koos .
Maar die vrou is baie mooi, en baie oortuigend, en hy besluit maar om
saam met haar te gaan.
Na 'n heerlike ete, gesels en 'n gawe paar drankies, se Koos dat hy nou
rêrig moet gaan, want sy vrou weet nie waar hy is
nie en sy sal dit niks laaik nie.
'Nou kom ek gaan saam met jou terug gholfbaan toe, dan help ek jou die
karretjie optel,' sê sy. 'En moenie worry nie, jou
vrou weet nie waar jy was en wat jy gedoen het nie. Waar is jou vrou
anyway?' vra sy.
'Onder die gholfkarretjie,' sê Koos.
"n Jong Boksburg girl gaan op haar eerste date.
Haar ouma tune haar:
"Sit hier laat ek jou vertel van jong seuns. Die mannetjie gaan most
likely
traai om jou te soen, en jy gaan dit laaik,maar moenie dat hy dit doen
nie."
"He, ouma?"
"Hy gaan traai om aan jou tieties te vat,en jy gaan dit laaik,maar
moenie dat hy dit doen nie."
"En dan ouma?"
"En dan die belangrikste.Hy gaan traai om op jou te klim en sy way met
jou te hê. Jy sal dit laaik maar moenie dat hy dit
doen nie. Dit sal skande op die familie bring."
"OK ouma."
So gesê, so gedaan en die girl is weg op haar date.
Die volgende oggend wil die orige ouma natuurlik weet hoe het dit gegaan.
"Ek het nie skande oor die familie gebring nie Oumie," reken die girl.
"Mooi so my kind. Wat het die laaitie getraai?"
"Ouma, ek was sò slim gewees!"
"Vertel my."
"Toe hy sy luck traai, klim ek sommer op hom en bring skande oor SY
familie
Die vliegtuig was op pad na die
OR Tambo Lughawe toe dit in 'n geweldige
storm invlieg. Dinge word al rowwer, en een van die vlerke word deur
weerlig
getref. Een van die vroue op die vlug haak heeltemal uit. Sy gaan staan
voor
in die gang en skree:"Ek is te jonk om te sterf! Maar ek het een laaste
wens
as dit dan moet: Is hier enigeen op die vlug wat my vir oulaas soos 'n
VROU
kan laat voel?"Stilte. Almal kyk na haar. Toe staan 'n Vrystaatse Boer
agter
in die vliegtuig op en stap vorentoe. Hy is aantreklik, lank en sterk
gebou.
Hy stap tot by die vrou, en knoop sy hemp stadig los. Niemand praat of
roer
nie. Almal staar na hom en sy gespierde bolyf.Sy sluk na haar asem.Hy
fluister: "Stryk my hemp, en bring vir my 'n koue bier."
st
se pitkos
Klik hier
om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Welkom by hierdie
week se nuusbrief.
Sewe aspekte van 'n
verhouding
In my praktyk kry ek nogal baie te doen met verhoudings en die probleme
rondom dit. En nou praat ek van verhoudings soos in 'n romantiese
verbintenis. Ek het goed gedink om kortliks so 'n paar punte te noem wat
belangrik is in verhoudings.
Die een aspek is die van volwassenheid. Natuurlik verskil twee mense in
'n verhouding ten opsigte van verskeie aspekte. Ons kom van verskillende
agtergronde, het verskillende persoonlikhede, belangstellings,
standpunte en so meer. Wanneer jy toelaat dat die verskille in die
verhouding oorheers, dan ontstaan daar spanning. Twee mense in 'n
verhouding behoort die volwassenheid te hê om mekaar te akkommodeer. Om
die ander een se kwaliteite te respekteer.
Dan is daar is die belangrike aspek van kommunikasie. Soveel is al
hieroor geskryf en gepreek, maar steeds is dit 'n doodsteek in menige
verhouding. Enigeen behoort in 'n verhouding sy of haar gevoelens,
bekommernis, aspirasies en gedagtes met 'n geliefde te kan deel. Jy moet
kan kommunikeer en sê wat jy dink en voel, want die ander een kan nie
jou gedagtes lees nie. Wanneer kommunikasie geblokkeer word stuur 'n
verhouding soos 'n huwelik op probleme af. 'n Belangrike punt om te
onthou is dat jy in jou kommunikasie moet jy kan praat sowel as luister.
'n Derde belangrike punt is om tot 'n vergelyk te kom. Ja, daar is die
verskille, maar hoe kan ons dit saak so hanteer dat beide se gevoelens
en behoeftes gerespekteer word. Indien net een se wense altyd eerste kom
dan voel die ander een hy word gedomineer. Die een is die wenner en die
ander een is die verloorder. Dit is verseker nie waaroor 'n verhouding
gaan nie - twee mense is in 'n verhouding om as 'n span saam te werk.
In die vierde plek is dit nodig om persoonlike ruimte te hê. Wanneer die
een heeltyd aan jou hang en tyd opeis kan jy versmoor voel. Kahil Gibran
het in Die Profeet gesê 'n huwelik is soos twee bome in 'n tuin. Is die
twee bome te na aanmekaar geplant, sal die een boom groot en sterk groei
en die ander boom wegkrimp. Die ruimte moet egter ook nie te groot wees
nie, want dan groei twee huwelikmaats van mekaar weg. Belangrik om
mekaar die ruimte te gee om te groei en jou potensiaal uit te leef.
Die volgende aspek is ondersteuning. Jy moet by jou geliefde die
ondersteuning kry. Indien jy dit nie by jou geliefde kry nie, sal hy of
sy dit op 'n ander plek gaan soek. Ons almal gaan maar een of ander tyd
deur spanning en dan het jy ondersteuning nodig. Jy het ook die
ondersteuning en aanmoediging nodig wanneer jy jou talente en drome wil
uitleef. 'n Huwelik is nie daar om mekaar se drome dood te druk nie,
maar juis om mekaar aan te moedig tot hoër hoogtes.
In die sesde plek moet jy kan aanpas. Wanneer ek in die praktyk luister
is dit erg om te hoor hoe rigied sommige mense kan wees. Ek wil dit om
my manier gedoen hê. Die huwelik gaan nie net om die EK nie, maar gaan
om by jou geliefde aan te pas en te respekteer. Die oomblik wanneer jy
in 'n verhouding of huwelik ingaan, moet jy weet jy kan nie presies
dieselfde doen as wat jy voorheen gedoen het nie. Jy moet nou 'n tweede
persoon in ag neem. Dit kan nie meer net om jou selfsugtige behoeftes
alleen gaan nie.
In in die sewende plek moet daar liefde wees. Sonder liefde is 'n
romantiese verhouding 'n barre landskap sonder reën. Liefde is seker die
grootste krag in die heelal. Liefde maak alles moontlik. Liefde maak
aanraking moontlik, laat jou toe om te vergewe, gee aan jou verhouding
'n kwaliteit van vreugde en vrede en intimiteit.
'n Sprankie wysheid vir die dag
"Waardeer jou verhoudings, nie jou besittings nie." - Anthony J.
D'Angelo -
Jy kan inteken op st se
nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na
www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou
naam en eposadres vir my.
Dr ST Potgieter
Sielkundige
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
As jy dalk nog
baie resepte wil hê, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
|
Gemmerbier
10 liter water 1,5 kg (7 ½ x 250 ml) witsuiker
1 koekie (25g) saamgeperste gis 50 ml rosyntjies met pitte
1 bottel (750 ml) lemoen- of suurlemoenkwas
750 ml sodawater
50 ml gemaalde gemmer
• Gooi die water in die houer waarin die bier aangemaak moet
word.
• Roer die suiker daarin totdat dit opgelos is. Verkrummel die suurdeeg
daarin.
• Voeg die rosyntjies, lemoenkwas, sodawater en gemmer by en roer tot gemeng
• Laat die mengsel 24 uur lank by kamertemperatuur staan. Roer dit af entoe
om.
• Suig die mengsel na 24 uur deur en gooi dit in houers. Spoel die
rosyntjies af en gooi 'n paar in elke houer, indien verkies. Laat die bier
12 uur lank by kamertemperatuur staan en plaas dit dan in die koelkas.
• Lewer 13 liter gemmerbier.
Gemmerbier 1
Kneus 60g gemmer en kook in 10 liter water.
Giet in 'n vaatjie en voeg 1 kg suiker, 30g kremetart en 2 dungesnyde
suurlemoene by.
Wanneer die mengsel afgekoel het tot lou, voeg 30g suurdeeg by en laat 12
uur staan.
Syg deur, gooi in erdekanne of bottels en kurk toe. Na 36 uur sal dit gereed
wees vir gebruik.
Gemmerbier 2
4 x 500 ml ( 2kg?) suiker
20 x 250 ml ( 5 liter) kookwater
5 ml droë gis 50 ml rosyntjies, gekneus
10 ml Jamaica gemmer
12,5 g kremetart ('n halwe pakkie)
• Los die suiker in die kookwater op en laat afkoel tot dit lou is.
• Week die surrdeeg in 'n bietjie water (lou) en voeg saam met res van
bestanddele by.
• Laat 6 ure staan. Syg deur en bottel - kurk toe.
• Na 12 uur is die bier gereed vir gebruik. Verkoel voor opdiening.
Gemmerbier
Maak 4½ liter
1 koekie suurdeeg
4 stukke droë gemmer, gekneus
1 teel suiker
3 koppies water
½ kop sterk lou water
Krummel die koekie suurdeeg saam met die suiker en meng tot dit loperig
word. Voeg die lou water by en laat staan vir ± 10 minute tot dit skuimerig
is.Kook die gekneusde gemmer en water vir 5 minute. Gooi die volgende in ‘n
6 liter houer:
3 kop suiker
2 kop kookwater
1 suurlemoen, skil en al in skyfies gesny
12 Hanepoot rosyne
13 kop koue water (= 3 liter + 250 ml)
Roer tot suiker opgelos is. Voeg die gemmerstukke en water by. voeg die
suurdeegmengsel by. Roer tot gemeng. Laat staan vir 12 uur of oornag met ‘n
doek oor. Syg deur. Gooi in 2 liter Coke bottles en sit in die yskas.
GEMMERBIER
1 Pakkie Anchor Aktiewe Droë Suurdeeg
6 Liter Louwarm water
4 k Suiker
1t Kremetart
1t Wynsteensuur
3t Fyn gemmer
1 Bottel Jamaika gemmer (opsioneel)
Los suiker in water op
Meng ander bestandele met 'n klein bietjie water en voeg by
suiker water . Voeg Jamaika gemmer by. Syfer deur dun doek. Gooi in bottles,
gooi ook 3 rosyne in elke bottle en en sit prop op.(MOENIE bottles te vol
gooi nie) Laat staan 24 tot 48 uur buite yskas maak kontroleer die gisting.
Plaas nou in yskas om koud te word.
LET WEL: Al is die gemmerbier in yskas kontroleer steeds die
gisting!
GEMMERBIER
BESTANDELE:
1k Bruinsuiker
2k Witsuiker
4,5 liter Lou warm water
20-30ml Gemmer
10ml Kremetart
10ml Wynsteensuur
5ml Droë gis
1eetlepel Rosyne
METODE:
Meng alles saam. Laat staan vir 24uur. Bottel. Drink na 12 -
24uur.
GEMMERBIER en ander biere
20ml gemaalde gemmer 10 liter lou water
1.6kg wit suiker 150g rosyne
10g aktiewe droëgis 10ml kremetart
10ml wynsteensuur
Voeg die gemmer by die water en suiker en roer tot die
suiker opgelos is. Voeg die res van die bestanddele by. Giet die mengsel in
'n plastiekemmer met 'n deksel en laat dit 24 uur lank gis. Syg die bier
daarna deur en giet die filtraat in gesteriliseerde bottels. Moenie die
bottels te vol maak nie. Plaas 2-3 van die rosyne in elke bottel en draai
die proppe lossies vas. Laat die bier 'n dag of twee by kamertemperatuur gis
voordat dit in die koelkas bewaar word.
LEMOEN-EN-SUURLEMOEN-STROOP:
8 sappie lemoene 4 sappige suurlemoene
1.5liter kookwater 1.2kg wit suiker
15ml wynsteen of sitroensuur
Rasper net die oranje en geel buiteskil vandie lemoene en
suurlemoene dun af. Moet nie die albedo ook rasper nie aangesien dit die
stroop bitter sal laat smaak. Druk die sap van die lemoene en suurlemoene
uit en voeg dit by die gerasperde skil. Voeg die res van die bestanddele by
en roer tot die suiker opgelos is. Verhit die mengsel tot kookpunt en kook
dit vir 5 minute lank. Laat die stroop afkoel, syg dit deur en bottel en
verseël dit.
OM TE SKINK:
Skink dit in lang glase, na smaak verdun met soda of yswater,
met 'n paar ysblokkies.
MAROELABIER:
1 liter ryp maroelas 10 liter lou water
1.6kg wit suiker 150g rosyne
10g aktiewe droëgis 10ml kremetart
10ml wynsteensuur
Sny 'n kruis in elke maroela. Kneus die vruggies liggies en
voeg die water en suiker by. Roer dit totdat al die suiker opgelos is. Voeg
die res van die bestanddele by. Giet mengsel in 'n plastiek emmer met 'n
deksel en laat dit 24 uur lank gis. Syg die bier daarna deur en giet die
filtraat in gesteriliseerde bottels. Moenie die bottels te vol maak nie. Net
soos met die gemmerbier, plaas 2-3 rosyne in elke bottel en draai die doppe
liggies vas. Laat die bier 'n dag of twee by kamer temperatuur gis voordat
dit in die koelkas bewaar word.
PYNAPPELBIER:
4 groot pynappels se skille 7 liter warm water
1.2kg wit suiker 12 rosyne
10g aktiewe of kitsdroë gis
Was pynappelstukke goed en plaas dit in 'n groot emmer met
'n deksel. Voeg die water en die suiker by en roer die mengsel totdat al die
suiker opgelos is. Voeg die rosyne en gis by, sit die deksel op en laat die
mengsel ongeveer 12 uur lank op 'n warm plek gis. Syg die mengsel deur en
giet die filtraat in plastiekkanne of bottels. Plaas van die rosyne in elke
kan en verseël dit. Bewaar die bier in die yskas.
BRANDEWYN-LEMOENLIKEUR:
3 groot lemoene 250 ml brandewyn
250 g suiker 2 ml fyn koljander
2 ml fyn kaneel
Rasper die lemoene se skille. Druk 250 ml lemoensap uit.
Meng alle bestanddele en laat staan vir 2 dae lank. Roer mengsel gereeld.
Giet mengsel deur doek en verwyder pulp. Giet vloeistof in gesteriliseerde
fles en verseël.
Bedien teen kamertemperatuur of verkoel.
FLUWEEL LIKEUR:
1 blik kondensmelk 1 blik Ideal melk
10ml vanilla 5ml sterk koffie
200ml whiskey
Meng kondensmelk, Ideal melk en vanilla saam. Meng koffie
met die whiskey en voeg by die melk mengsel. Klits goed en bedien of bottel
en bêre in yskas.
YSTEE:
3 rooibostee sakkies 1 liter kookwater
30-45ml heuning 60ml suurlemoensap
ysblokkies suurlemoenskyfies
Laat trek teesakkies ongeveer 5 minute in water. Verwyder en
laat tee effens afkoel tot louwarm. Voeg heuning by en roer tot opgelos.
Voeg suurlemoensap by en verkoel tot yskoud. Sit voor op ys met ekstra
suurlemoenskyfies.
LIMONADE:
500ml suiker 250ml water
250ml vars suurlemoensap
Meng die suiker en water in 'n kastrol en verhit dit stadig
terwyl dit aanhoudend geroer word totdat die suiker opgelos is. Verhit die
stroop tot kookpunt en laat dit 5 minute lank kook oor matige hitte sonder
om te roer. Laat die stroop afkoel en voeg die suurlemoensap by. Syg die
limonade deur 'n moeseliendoek en bêre dit in 'n houer met 'n deksel in die
yskas. Bedien die limonade deur 30ml van die suurlemoenstroop by 'n glas
yswater te voeg. Lewer ongeveer 600ml onverdunde stroop.
GEMMERBIER
Hierdie resep kom van baie geslagte terug ............
6 liter water
6 koppies suiker
1 eetl fyn gemmer
handvol rosyne
1 koekie yeast (nat blou blokkie)
Gooi alles in emmer, en roer goed. Laat staan vir 24 uur.
Gooi deur kaasdoek (om gemmer en rosyne op te vang. Bottel en laat yskoud
word en geniet dit. Moenie proppe op die bottels plaas nie! Dis heerlik.
VINNIGE GEMMERBIER
1 Groot emmer met deksel wat lugdig sluit
7 x 750ml louwarm water (5¼ Liter)
4½ koppies suiker
10ml Jamaika Gemmer (Lennons se produk)
10ml kitsgis (korrelsuurdeeg)
28 rosyne
1. Meng 10ml suiker en die 10ml kitsgis in 125ml louwarm
water. Laat staan vir 10 - 20 minute (todat dit begin gis).
2. Voeg die suiker by die louwarm water in die emmer en roer
ongeveer 3 minute (totdat suiker gesmelt het).
3. Voeg die Jamaika Gemmer en die water-, suiker- en
kitsgismengsel (nadat dit begin gis het) by die suikerwater en roer baie
goed. Voeg die rosyne by en roer weer deur.
4. Plaas deksel op emmer en laat staan in die son om te gis.
Persoonlik laat staan ek dit in die son van so ongeveer 10 uur in die oggend
tot 2 uur in diemiddag. Dit is dan gereed, maar smaak verskil en dit kan
langer in die son gelaat word om verder te gis. Onthou net om elke nou en
dan die lug uit te laat, anders skiet die deksel af en jou gemmerbier is
daarmee heen"
5. Gooi die bier in houers en plaas in yskas om verdere
gisting te voorkom.
Nota: Dit is 'n heel eenvoudig resep en baie lekker. Ek moet
egter erken toe ek die resep die eerste keer onder oë kry, was ek baie
skepties. Hoe gebruik mens dan nou medisyne om gemmerbier mee te maak? Ek
het dit egter probeer, en die resultate was verstommend. Selfs mense wat nie
graag gemmerbier drink nie, het gesê dit is lekker. Behalwe vir die suiker,
is dit ook nie so duur om te maak nie. So, probeer dit gerus.
GEMMERBIER
7 liter water
7 koppies suiker
7 eetlepels gemmer
1 koekie suurdeeg (dit moet die outydse koekie suurdeeg wees wat mens in
warm water oplos, nie kitsgis nie)
1 tl kremetart
1 tl wynsteensuur (tartaric acid)
1 handvol rosyne
Los die suurdeeg in warm water op en meng alles goed saam
totdat die suiker opgelos is (ek het 'n spesiale emmer hiervoor). Laat staan
oornag - die rosyne sal bo dryf as die gisproses klaar is. Gooi deur 'n doek
of fyn net, bottel en plaas in yskas. Jy kan dit dadelik drink maar die
smaak verbeter hoe langer dit staan.
GEMMERBIER (Oorspronklike Silwerdalresep)
12 k suiker (2½ kg) 1 pakkie kremetart (25 ml)
1 k gekneusde gemmer ½ pakkie tartaric acid (12,5 ml)
1 k gekneusde rosyne 20 naeltjies
1 k stroop 2 e suurdeeg
Metode
• Gooi al die bestanddele buiten die suurdeeg, in 'n
4-gelling (? liter) kan.
• Vul op met kookwater.
• Sit suurdeeg volgende dag by.
• Hou in warm plek.
• Bottel wanneer rosyne almal bo is - ± 3 dae.
GEMMERBIER
3 x 750 ml kookwater 750 ml (3 k) suiker
3 x 750 ml koue water 15 ml Jamaica-gemmer
20 ml droë suurdeeg handvol rosyne met pitte – gekneus
Metode
• Los suiker in kookwater op.
• Voeg koue water en gemmer by.
• Laat afkoel tot louwarm.
VINNIGE GEMMERBIER (2)
1 groot emmer met lugdigdeksel 7 x 750 ml ( 5.25
liter) louwarm water
4,5 k suiker 10 ml Jamaica-gemmer
10 ml kitsgis 28 rosyne
Metode
• Meng 10 ml suiker en 10 ml kitsgis in 125 ml louwarm water
– laat staan om te gis.
• Voeg die suiker by die louwarm water in die emmer en roer
ongeveer 3 min. tot suiker opgelos is.
• Voeg die Jamaica-gemmer en die water- suiker- en
kitsgismengsel by die suikerwater en roer baie goed.
• Voeg die rosyne by en roer weer deur.
• Plaas deksel op die emmer en laat staan in die son om te
gis (10:00 tot14:00 of langer).
• Laat gas elke nou en dan uit.
• Gooi in houers en plaas in yskas om verdere gisting te
voorkom.
GEMMERBIER
Bestanddele
10 Liter
20 Liter
10 liter Water
20 liter Water
1,25 kg Suiker
2,5 kg Suiker
25 ml Fyn gemmer 50 ml Fyn gemmer
1 Koekie suurdeeg 2 Koekies suurdeeg
125 g Rosyne
250 g Rosyne
10 ml Kremetart 20 ml
Kremetart
5 ml Wynsteensuur 10 ml Wynsteensuur
Metode
1. Meng alles.
2. Laat staan vir 24 uur.
3. Gooi deur 'n melkdoek of enige ander skoon doek.
4. Gooi in bottels en plaas in yskas.
Gemmerbier 1
Kneus 60g gemmer en kook in 10 liter water. Giet in 'n
vaatjie en voeg 1 kg suiker, 30g kremetart en 2 dungesnyde suurlemoene by.
Wanneer die mengsel afgekoel het tot lou, voeg 30g suurdeeg by en laat 12
uur staan. Syg deur, gooi in erdekanne of bottels en kurk toe. Na 36 uur sal
dit gereed wees vir gebruik.
Gemmerbier 2
4 x 500 ml suiker
20 x 250 ml (5 liter) kookwater
5 ml droë gis
50 ml rosyntjies, gekneus
10 ml Jamaica gemmer
12,5 g kremetart ('n halwe pakkie)
• Los die suiker in die kookwater op en laat afkoel tot dit
lou is.
• Week die surrdeeg in 'n bietjie water (lou) en voeg saam
met res van bestanddele by.
• Laat 6 ure staan. Syg deur en bottel - kurk toe.
• Na 12 uur is die bier gereed vir gebruik. Verkoel voor
opdiening.
Bottel Gemmerbier Resep
Voeg die volgende bestandele in die 2 liter bottel
1½ koppie suiker
5 ml Jamaikagemmer
5 ml (opgehoopte) droë gis
10 pitlose rosyne
Maak die bottel halfvol met sterk louwarm water. Skroef prop
op en skud goed om suiker op te los. Vul water verder aan tot amper by die
bottel seskouer - skud weer en laat staan vir 24 uur buite die yskas.
Verkoel en geniet!!!.
Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk
hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Resepte, resepte,
resepte
Ek het besluit om sake vir my
te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans)
op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent
enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek
te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar
dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met
hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.
Die prys van die CD is R100 (dis
om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit
Posgeld is R20 vir
geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot
toonbank.
As jy sou belangstel om een
van die CD's te bekom,
klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook
net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die
spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer
stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit
Speed Services oornag toonbank tot toonbank
Hier is die Afrikaanse boeke:
217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se
Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se
Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer
net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1,
Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir
Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille
samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies
Allerlei
Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet,
Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke
omskakelingstabel, Werk van die huis
Hier is die lys van baie ou
Engelse resepte eBoeke
A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922
A Dozen dainty recipes for preparing wartime canned meats - 1920
A Home Guide - or a book by 500 ladies - 1877
Aunt Carolines Dixieland Recipes - 1922
A Practical Dictionary of Cookery - 1200 tested recipes - 1898
Best recipes for baking - pre 1908
Buckeye Cookery and Practical Housekeeping - 1877
Burke's Complete Cocktail and tasty bite recipes - 1936
Catering for special occasions with menus and recipes - 1911
Diabetic Cookery - recipes and menus - 1917
Fifty Choice Recipes for Spanish and Mexican Dishes - 1905
Fifty valuable and delicious recipes made with corn meal - 1917
Heart of the Wheat - a book of recipes - 1910
Hospitality - recipes and entertainment hints for all occasions - 1922
Hotel Management - quantity food recipes
Household hints and recipes - 1877
Ice Cream - practical recipes for making ice cream - 1886
Information for everybody - 1859
Jane Hamiltons Recipes - 1909
Just the thing - dainty dishes at small cost - 1899
Larger cookery book of extra recipes - 1891
Leather Manufacture - 1891
Light entertaining - a book of dainty recipes for special occasions - 1910
Mom's Cookbook
On Uncle Sam's Water Wagon - 500 recipes for delicious drinks that can be
made at home - 1919
Our candy recipes - 1919
Practical Household Cookery - 1000 recipes - 1891
Preserves and Pickles - 1912
Recipes - dainties, salads and clever hints - 1919
Recipes for the preserving of fruit vegetables and meat - 1908
The Candy Maker's Guide - 1896
The Housekeeper's Friend - 1897
The Hygenic Cookbook - 1881
Tried and Tested Recipes - 1921
Two Hundred and Seventy Five Wartime Recipes - 1918
Two hundred recipes for cooking in casseroles - 1914
Two hundred recipes for making desserts - 1912
War Time Cookery - 1917
Wheatless Recipes - 1918
Wrinkles and Recipes, including farming and household hints - 1877
Hier is die Engelse resepte:
FunkyMunky
Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of
Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes
in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go
camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at
your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie
Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special
holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all
ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes
from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's
assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the
chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two
of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of
mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for
appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all
here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!
Bonus eBooks
Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food
Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns
Everything you wanted to know about making, marketing and selling your
crafts.
Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies,
myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.
10,000 Dreams Interpreted
Al my nuusbriewe is
op hierdie bladsy beskikbaar:
http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Elke nuusbrief sal
voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.
|
|