http://www.playeuromillions.com/af/home.html

Ek staan op vir Afrikaans!
Jou ma se taal!
 

Nommer 181

Besoek my Webwerf

15 April 2013

 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die Argiewe, meeste van die ou nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur daar af.

Ek stuur ook 'n Engelse brief uit, elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek, gaan kyk gerus en laai na hartelus af.

Die nuwe jaar is nou al goed aan die gang! Ek hoop jy was sover goed behandel en dat die res van die jaar sal oorloop met voorspoed. Herfs is net om die draai en dagtemperature hier by ons is lekker aangenaam na die warm somer. Ek ksan nie wag vir die mooi Herfskleure om behoorlik in te skop nie, sien uit na besonderse fotos neem!

Die pasella hierdie keer is 'n resepte eBoek met die titel Souttert-Pannekoek. Gaan verder ondertoe om dit gratis af te laai.

Die resepte is sommer 'n groot verskeidenheid, gaan kyk gerus.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Teken hier in op die nuusbrief: http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief.html

Kontak my per epos: peter@peterjasie.co.za

Jou eposadres verander?

Doen dit sommer self, klik hier. As jy nie internet toegang het nie, stuur my epos met jou ou en nuwe adres.

My Resepte eBoek samestelling op CD

Bo en behalwe die Afrikaanse en Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke is sal jy die boeke regtig interessant vind.

Hierdie CD kan ook 'n lekker Kersgeskenk wees!

Gaan kyk onder vir 'n lys van die ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.

Ek het die volgende ontvang van iemand wat die CD bestel het:

Dankie. Ek het die cd ontvang met resepte. Ek sal graag daar reageer. Eerstens is dit(in goeie afrikaans) moerse goeie waarde. Baie dankie.

Soekblokkie

Peterjasie in Woord en Beeld

Ek het van my stories en fotos in een dokument saamgestel, dis lekkerlees Afrikaans en 'n versameling van my fotos. Ek wil dit graag wyd en syd laat versprei. Dis heeltemaal gratis al wat jy hoef te doen is om op die skakel te regs klik en dit af te laai (om en by 4MB) Peterjasie in Woord en Beeld

Stuur sommer aan die mense op jou poslys ook wat dit mag geniet. Dit kan ook 'n lekkerlees geskenk wees.

Die Danville Hulpgroep


Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za

Soveel mondjies om te voed - Martie

Martie, as jy hier lees, kontak my asseblief? - Peter

Die wintersonnetjie is yl buite,maar hier voor die stoof waar ek staan en pannekoek bak is dit onmoontlik warm. So ‘n ses stuks kleuterseuntjies staan tou en wag vir die pannekoek. Soos ek bak so eet hulle. Elkers weer ‘n skoon gelekte bord en ‘n taai kaneelsuiker mond wat dankie sê vir die soveelste pannekoek.
Costa hoeveel pannekoeke het jy al geëet? Die goed maak ‘n knop op mens se maag, jy kan siek word…….. Dertien Tannie, sê die klein Griekse seuntjie met sy swart krulkop.
Ek weet hy kon nie soveel gehad het nie, vier koppies meel bak net nie so baie nie, maar vir so ‘n klein lyfie is selfs drie te veel.
Sammy was die eienaar van die kafee in Swartruggens se hoofstraat en sy seuntjie Cosa een van die mees gewaardeerde maatjies van almal. Hy het elke keer as hy kom speel ‘n pakkie warm slap skyfies en lekkers en warm broodrolletjies saam gebring. My seuns vir wie die kaffeekos ‘n weelde is, staan maklik hulle pannekoek aan hom af. Later bel ek sy ma, hou hom maar dop asseblief, hy kan dalk vanaand nie te lekker voel nie.
Hoeveel seuntjies kan mens kos gee as hulle net sommer daar is as dit etenstyd is. Vir hoeveel sulke ongenooide gaste kan jy opskep voordat die kastrol se boom uitsteek en almal nog nie ‘n eerste bordjie kos gehad het nie? Ek het nooit probeer tel nie, het maar elkers weer voor die stoof gaan staan en skep en skep. Dankie Ma was òns seuns, dankie tannie, was Costa en Pietie, en Jabobus en Christo Meyer. As die kos op was, moes
brood en wat daar ookal was, help om die laaste magie vol te kry. So gaan dit maar aan en aan tot die een dag…………
Ek staan voor die stoof, lepel in die hand, die ander kastrolle elkeen met sy eie skepding, die tafel is gedek, maar ek het hoeka geleer dat opskepskottels net baie meer skottelgoed is en dat seuntjies nie vreeslik omgee hoe die kos op die tafel kom nie, net maar dat dit daar is en hoeveel daar is om geëet te word.
Die stapeltjie borde langs my op die kas is op en nog staan twee seuntjies voor my, genade vanaand gaan ek dit nie maak nie dink ek as ek nog vier borde van die rak afhaal.
Ek moet nog vir my man skep en ek…… Dan skep ek maar, miskien bietjie aan die skraal kant, maar daar is brood op die tafel. Nee, dis reg tannie, sal brood ôk eet. Dan  skraap ek die laaste bietjie van alles vir my man uit. En vanaand is ek honger, hemeltjie tog brom ek, as ek tafel toe drentel om met brood en kaas myself aan die lewe te probeer hou tot môre.
Later as al die kinders huistoe is, staan ek kwaad voor die bak skottelgoed, my maag grom van die brood en ek is moeilik en moeg. Benjamin, Chris, Leon, Johann roep ek hulle kombuis toe… Hier was vanaand nie genoeg kos vir al die seuntjies nie…. As hier weer so baie kinders is as ons eet, gaan ek julle kos vir hulle gee, dan kan die een met die meeste maatjies maar honger gaan slaap.
Later, op ‘n ander dag, roep ek sommer so van die agterdeur af, kom eet…..‘n ry seuntjies sit stowwerig op die stoepmuurtjie, beentjies en skurwe kaal voete al swaaiende heen en weer…Dan staan my vier seuns voor my, waar is Costa en Pietie en Jacobus, wil ek weet. Buite, mompel Benjamin, hulle is nie honger nie….. As ek deur die venster loer, sit hulle nog roerloos op die stoepmuurtjie.
Wil julle nie vanaand saam eet nie, vra ek, Nee tannie, soos een man, ons is nie honger nie. Verslae staan ek daar, is hier ‘n maagsiekte of iets vreesliker as dit in omloop? Julle kan regtig maar kom saam eet nooi ek, is julle siek?... Nee tannie kom dit skaam van Costa. Is hier genoeg kos, Benjamin sê as die kos te min is vir ons almal gaan hy niks kry nie. Huil trek my keel toe as ek die dag onthou, Julle kan maar inkom nooi ek, hier is
genoeg kos, Benjamin het seker verkeerd verstaan….Maar hy het nie en vandag is ek nog jammer…………
Ons woon nie meer in die Wes-Transvaal nie en ons kinders is groot, universiteit en hoërskool. Ons woon in Secunda, ons wou nie daar wees nie, maar waar jou brood is……. en ons swyg en eet ons brood……..
Ons Meisiekind is die Desember vakansie by die huis, so ‘n week of wat voor die skole sluit. Weet ma vra sy die aand aan tafel, weet ma hoeveel seuns bly in die middag na skool hier, weet ma hoeveel kinders gee julle kos? Nee ek weet nie.
So vier of ses, vertel sy, hulle kom sommer hier aan, twee met fietse een ry sommer saam met pa van die skool af. Een of twee spring oor die draad hier van die veldjie af en eet en was skottelgoed saam met ons….Die ou wat van die skool af saam ry, se ma kom
hom agtermiddag haal, net so skuins voor ma van die werk af kom.
Ek kyk na my man…. Sy oë is op sy bord, maar hy glimlag, die glimlag wat ek so goed ken. “Is so sê hy, vir weke al”. Maar die brood en botter en kaas en alles…… ek koop net soveel elke dag……”Ja ek weet, maar die brood raak nie op nie, daar is altyd genoeg”.

’n Mooi gebed vir besige mense

Here, ons het ’n moeë generasie geword!
Ons is moeg gewerk, moeg vir probleme, moeg vir mense.
Ons het veral moeg geword om alles altyd reg te doen.
Om aanvaarbaar te wees, móét ons
Suksesvol, begaafd en finansieel sterk wees met duidelike doelwitte.
Verder moet ons goeie ouers, lojale vriende, toegewyde familiemense
En betrokke gemeenskapwerkers wees
Sjoe, dis ’n oorvol mondvol!
Vandag wil ek sommer net by U kom rus
En vra dat U my die regte prioriteite sal wys.
Sal U my help onderskei tussen die dinge wat regtig saak maak
en die dinge wat die wêreld ons probeer voorskryf?
Ja, help my om te weet wat vir U belangrik is..
Maak huis skoon met my, Here.
Verwyder die selfopgelegde eise in my oorvol lewe
En leer my om sommer net U kind te wees.
In U naam vra ek dit,
Amen

Hoshana Hospitale!  - Lianda van der Merwe


Dinge was amper lelik. Ek is gelukkig om vir Mammie nog `n ruk by ons te hê - om haar gister net weer te kon sien - om aan haar te vat en sy`s nie yskoud-morsdood nie.
Dis `n lewensles - oogoopmakertjie - onnodig - maar steeds lees ek haar hulpsmeek daarin.
Nou ja - gister kom ek toe by Tshwane distrik hospitaal aan - beleefd en so aan en so aan. Navrae toonbank lewer `n wye-leë kantoortjie op. Gange op, gange af - ommmmmm die een plek, binne ongevalle in.
Lang rye - baie toonbanke - bankies vol van pasiënte en mense wat half lyk. Half-seer, half-dood, half-lewendig, half-demoerin, half-hongerig, half-mens, half-mal, half hartseer of heeltemal aand die slaap (veral die agter die toonbanke) maar ek mind nie, ek dink steeds hulle werk baie hard.
Ek kies `n toonbank met slegs 1 oukie in die ry. Hy word aangesê om ook half op `n bankie te gaan sit. Hy doen dit so half-half - dis nie juis asof daar nog plek oop is om iemand tussen die trollies vol mense en bankies in te kry nie.
Ek staan geduldig en wag dat sy oogkontak maak. Sy gluur my aan - "Jhae?"
Middag - waar vind ek meer uit oor `n pasiënt wat moontlik hier in die hospitaal is?"
"Tawk iengliesh!"
Hu??? My gedagtes hol weg – ek kners op my tande en voel hoe `n kroon amper meegee. Ek meen, Suster! Ek neem nie orders hier nie - ek mag hulle dalk begint uitdeel - weet jy wie ek is? En ek meen nie ek hoort in `n ward waar hulle my moet toets vir alzheimers of iets nie? EK is `n Sef Efriken sittizaan! En Aai now my raaits!!!!!
Ek sluk die droogheid in my keel af en vertrek nie `n spier nie – ek bly neutral met my facial expressions. So......wat ek uitkry is: "Ek verstaan nie - jammer - kan jy Afrikaans praat?"
Tawk iengliesh !!- *rol oe*
Hmmmmmmmmmm???????? O jitte susterkie....my geduld is korter as hierdie ry - en ek sien ek is alleen hier. My gesig moes my verklap – ek voel my wange gloei, my neus sper.... Sy begint bietjie rondtrap en sien sy gaan nie regkom met haar orders nie.
Ek sien `n wag wat aankom – hy moes `n tantrum in wording op `n myl uitken. Mam?
Ken jy Afrikaans?
Jhaaaa? Hy`t so effense onseker toon in sy stem.
Ek soek `n pasiënt.
Geen probleem - so amper sonder aksent nogals.
Davidson.
Oh
Blaai deur die suster se boek (wat haar bek net daso so dik opblaas soos die brulpaddas by die dam)
Oh, sê die wag.
Sien mevrou die wit streep op die vloer?
Jip
Volg dit en u sal haar kry.
Huuuuuu??? Seerjas, bru????
Ek bedank hom sy hulpvaardigheid wat op die end toe niks gekos het - ek is amper seker hy word `n salaris betaal ook. Ek dink die suster is dalk 4 maande `n salaris due of iets..
Maar so netjies en vinnig gehelp? Ek soen hom amper!
My brein beangs my met sy stories wat hy my 1 000 sotlikhede p/min spin! Wat beteken `n witstreep op `n hospitaal vloer? Lykshuis toe? Teater toe (net pasiënte en staff en dokters word in teaters toegelaat...) hel! Iewers buitetoe? Ek moet ophou dink en stap, anders toets hulle my netnou-netnou regtig iewers in `n ward waar ek nie maklik sal uitkom nie. Ek hoop nie hier is tegnologiese wondermasjiene wat gedagtes kan lees nie! Jitte, al wat ek wil doen is om in my mond te kots. Ek hou nie van die reuk van hospitale nie.
Ek meet die wit streep op die vloer wat so pylreguit in die middel van die gang geverf is - langs dit is daar ook `n rooie en `n bloue.
En dit verdwyn om die hoek van die draai. Die keuses darem! Ek wonder wie stuur hulle op die blou? Wie op die rooi? En waarnatoe?
Ek wonder? Wat beteken `n rooi....nee, nee, loop net! moénie dink nie! Die wit streep is jou goal, okei? Keep watching!
Ek wonder anyway.
Moet ek bo-op die wit lyn loop en probeer ballanseer of moet ek net met my oog daarlangs meet en volg waarhéén dit lei of moet ek ten minste in die middel van die gang loop en nie hoeke sny nie en so bő-op al-3 strepe gelyk loop, of moet ek enige wydte in die gang loop en die wit streep net so tjeck? Die drie strepe saam maak darem die ballanseer toertjie makliker as een streep, maaaaaar ek sien die blou verdwyn onder`n deurkosyn in waarop staan: *Only staff* - so ek belsuit om langs die oorblywende rooi en wit streep te loop en hoeke te sny. My oog op die wit streep - om nog `n hoek en nog een....agter die wit streep aan.
In `n gang met mense wat op bankies sit so al langs die muur af. Twee Polsiemanne met groot gewere staan langs `n hopie wat in `n rolstoel opgekrul lê en brul. Die hopie lyk na stokou mummie-lappe gemeng met `n dooie poedel wat 6 weke te laat in die kelder ontdek is, deur `n tannie met Alhzeimers....hou op dink!!!! Hy brul dat ek gril!! Ontaards, onderwêreldse brul. Heer, kan so klein bondel daai geluide maak? Hy`s met ses soorte streppe vasgemaak. Ek gril weer so bietjie en sluk die kots in my keel af.
Die gang eindig in twee, toe swaaideure. Ek beur, maar sien ek gaan regtig enige oomblik in `n silly saal gegooi word as ek twee deure wat obviously gesluit is, probeer oopforseer. Ek hou my pose – en verrek nie `n spier in my gesig nie.
Ek draai om (half vererg, maar dit wys nie) die wit streep eindig so onder die twee swaaiduere in. Ek wil net spoed optel en terugballanseer op die `n wit streep....
Ek sien hierdie bekende gesig! Ek moes verby haar geloop het!
My ma staan met `n staff en praat. My hart hop so in my keel verby- ek sluk hom terug saam met nog `n mondjie vol kots.
Ma? Mammie? Mammie!
Sy staar eers... toe vat ek haar saggies en druk haar net so rukkie teen my. So ὶn my in.
Al wat sy uitkry is: "My kind......my kind." Die klein kaalvoetvrou met `n dun japon...onderste helfte knope missing. (Waar IS die mooi goed wat ons vir haar koop???!)
Ek is bly ek kan weer aan haar vat - dis al wat saakmaak. Ek wil net haar lou vel teen my voel, onder my hande in trek. Vryf. Haar tien vingers om myne voel vou en hőu!
Die staff is klaar en sê vir haar dat sy ook op die bankie moet sit - die dr sal haar nou sien.
Ek vra uit oor hoe sy voel, het sy geslaap, ge-ëet? Wát het gebeur?
Hulle het haar uitgepomp en gedrip, maar die drip is afgeknip met die naald wat steeds in haar arm sit. Vir *incase*........haar are val altyd plat – ek weet dit al vir jare. Ek wonder of sy nie uit die gatkant van die naald kan begint bloei nie...Is die wit plastiek in haar aar nie `n irritasie nie, maak dit seer?
Ek raak stil. Ek wil haar nie so sien nie. Die bright vrou wat so mooi kan skilder....so sag kan praat – en kan lag vir my kinders. Boekhouer, somme vrou, my slimste ma.
Ma?
Waarom het jy pille gedrink?
Sy begin die plastieksak op haar skoot gate uitskeur en haar voet klap-klap-klap op die vloer....senuweeagtige bewegings...Sy vermy my oë.
Ma? Ek praat vandag met jou - ek wil weet - alles - die lewe is kort - ek is vandag ook net `n kort rukkie hier - praat asseblief? Ek vra mooi.
Dinge moet uit - mens bly nie sommer net stil nie. Ek gooi my kop agtertoe om my emosies onder beheer te kry. Here, help tog...ek kán nie!
Ma? Asseblief...
Ek soek nie pille nie!!!!!
Ma - nee! Dit gaan nie werk om weg te skram met maak of Ma nie hier is of my nie verstaan nie. Ma is hier, ek is hier...die hospitaal is hier. Dit het nie alles vanself net so gekom nie!
Ek vra nou - waarom het Ma `n oordosis pille gedrink?
Sy huil - en huil.
Ek vat haar in `n kamer in wat stil lyk - daar is 1 staff in - sorry mam, we need a quite place (ek kan skielik so bietjie Engels onthou) - no problem - sy gaan uit - dis die sluice. Bedpanne, pisreuke - half-skoon, half-vuil. Ek sluk die kots in my keel af...ek is hipernaar.
Ma? Waarom?
Pyn in rug, pyn in rug maak my so seer...kan nie meer - en eensaam....ek sien niemand meer, niemand kom nie meer soontoe nie, niemand kom kuier nie - ek wὶl nie so alleen lewe nie. Dit lyk of sy nog iets wil sê, maar dan gaan die lig weer so uit haar oë. Sy kyk af en maak of daar niks meer is om oor te praat nie - ek sien iets wat my laat skrik - sal later daaroor praat met iemand. Ek dink iewers het iemand my ma seergemaak en sy kan of wil nie daaroor praat nie.
Ok, as dit al is, sal ons plan maak - maar die tehuis is op `n slegte plek - niemand wil sommer kort-kort so in die middestad ingaan nie - dalk moet ons kyk vir beter rustiger plek?
Nee.
Waarom nie?
Stilte – stilte........ek is okei daar.
Maar hulle kyk nie na Ma nie! Sien wat het gebeur?
Okei, ek wil huistoe.
Loop by sluice uit - ek belowe om planne te maak en te praat - dink steeds `n stiller plek in beter omgewing sal die opsie wees. Eer jou vader en jou moeder.....
Sit by haar op bankie - lees kennisgewing teen muur - Only staff - no visitors. Ek trek my gesig skeef - dalk lyk dit of ek half lyk en dan los hulle my uit, nes hulle met al die ander pasiënte doen. Hulle los my uit.........
Gesêls en praat oor my kinders, die gesoek na haar, nadat sy deur die ambulans gehaal was. Sy begin oogkontak vermy. Klop die bankie-ou langs haar (sy hande is opgekrul oor sy bors, hy`t net een oog en sy ore is groter as sy kop.) Hy kyk om na haar en sy los hom. Hy sit weer voor hom en staar. Amper het sy hom bly gemaak. Sy rek bo-oor my en vra die vrou langs my of die deure kan oopmaak (waar die wit streep ophou) sy wil huistoe - die vrou lag beleefd.
Ek sê sy moet stilsit - sy begint toe eers wriemel met haar sakkie op haar skoot - staan op en loop gang af - ek gaan huistoe, sê sy stil. Uitgemaakte saak. Ek sien sy`s gedertimineerd.
Ek spring op en sê vir een wat soos staff lyk - tjeck jy daai lady? Is my ma – sy`t demensie - en sy loop weg - ek gaan haar groet, want ek ontstel haar, maar julle sal haar moet gaan vang.
Ek haal haar in die gang in, met staff op my hakke - Mammie - ek sal bel as ek vanaand hoor wat die dr gesê het -hulle soek Ma nou daar - die mooi jong doktertjie gaan nou mooi na Ma kyk. Sy kalmeer effens - sy hou van mooi dokters wat sag praat en sag werk. Sy staan stil en loer my eers net so. Daar`s geen lig in haar oë nie, net baie vrae. Ek weet sy weet. Ek weet net nie wat nie. Ek loop vinnig weg en die staff vat haar aan haar arm terug - hulle het gesê sy loop kort-kort weg gange af of tot by die deur en wil nie luister nie, maar sal nie by hekke kan uitgang as sy buite sou ronddwaal nie. Sekuriteit is gewoond aan pasiënte wat wil wegloop en sy het net nagklere aan, wat haar sal laat uitstaan soos `n pasiënt. Ek bid dat dit so is!
Ek is heavy moeg - loop blitsig uit en kyk nie om nie - ek wil niks meer sien nie. Nie my ma se gesig wat dalk agter my aankyk en eensaam lyk nie. Nie die vrae-oë nie, die dun japon en kaalvoete nie.
Ek wil amper stop by die counter met die kort ry en vir die susterkie sing *Marry had a little lamb*.... of iets moois in iengliesh, maar ek is moeg en bang ek spoeg dalk op haar skoon uniform.
Dis my dag in Tshwane distrik hospitaal.
Groete – nog `n kind

In Beeld

Nog 'n foto van ons brak, Spyker. Sy naam is Spyker omdat hy so maer was en gelyk het soos 'n sak spykers toe ons hom gekry het en nie om ander redes nie! Hierdie foto het 'n goue toekenning by ons kameraklub gekry.

Ek dink ek moet begin troeteldier fotos neem, stel enigiemand in die Alberton area belang?
Ons neem ook "Photo booth" tipe fotos by sosiale geleenthede, partytjies ens. Kontak my as jy sou belangstel

Pasella

Die pasella hierdie keer is 'n resepte eBoek met die titel Souttert-Pannekoek regs klik hier om dit af te laai

Vir nog pasellas gaan kyk na my nuusbrief argiewe, meeste nuusbriewe het gratis resepte eBoek wat jy net kan aflaai. Gaan na www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Die Bekkige Brakke

Muis Skryf

Emily is alweer siek. Ma se sy is moedeloos want laasnag was dit op die bed af die bed heeltyd en ma moet optel dan spring sy weer af dis asof iets haar jaag. Ek jaag net eekhorings ek het Saterdag ene gevang ma se sy het nog loop en klets op ha selfoon toe sien sy net da trek die eekhoring ini lug en ek staan ewe selfvoldaan oor my vangs. Ek is mos vinnig ek het hom staan en kyk en ek weet sy neef is die een in die boonste straat wat smiddaes ini boonste straat in die boom sit en skree op my. Dan raak ek so mal ma moet my ‘n ent teen die boom oplig dan wens ek my voete was soos daai boomklimmers op Discovery Channel want ek sal daai eekhoring UIT daai boom gaan haal waar hy so op my skree ek dink hy vloek ook mar ek ken nie vloekwoorde nie.

Ek sal julle vertel hoe ek hulle vang ek het geleer hol lat my nek se klokkie doodstil bly ma se ek hol soos een wat sweef. Mar ek staan en kyk hulle lank, en as hulle van een boom na ‘n ander gan, en besluit hulle drai om, dan tjaarts ek lat my stert net moet keer of ek hol viby! Dan skrik daai eekhoring vir hom boeglam, weetie links of regs nie, en dan het ek hom. Die mense in die buurt wil vir my biltong gee want hier is baie eekhoring probleme hulle is boomrotte en vreet mense se alles op. Ek vreet net ma se penties op.

Ek was Saterdag markie toe ma het vir my ‘n bandana angesit toe lyk ek seksie ek het mos mooi lyfie toe hol ek swaisterkies draisterkies by haar, en toe roep ‘n oom vir my en ek gan sit toe gee hy vir my twee stukke biltongkies ek hou mos baie van biltongkies mar Emily maggie proteiene so baie eet nie ma se vleis is proteiene en nou kry ek ook swaar want as ek iets kry wil Emily ook he sys regit lastig oor ek altyd enigste kind was.

Gistraand het ek lekker met ‘n anir tannie saam gery in haar kar sy wou my na haar huis gevat het om seker vir haar kind die mooi hond te wys mar toe raak ek benoud want ma was nie by my nie ek gani sommer weg sonder ma nie mar ons het al by die tannie gan kuier sy woon op ‘n plaas ma het belowe ons kan da gan stap mar ek sien daas perde dan vreet Emily weer goed wat sy nie moet nie ma raak so moedeloos want syt mar slegte maniere. Ek moet nou eers weer biekie gan slaap ma het vir my biekie vleis en aartappel gegee netou nou is ek volpens. Emily het medisyne gekry. Nous sy viespens.


Van Muis

Ons soek na iemand wat kan skets, ons wil 'n strokiesprent van die twee brakke maak -  Kontak my , Komaan, as jy dink jy kan skets, laat hoor van jou, as ons publiseer deel ons die inkomste, as ons nie geld kry nie, kry jy die blootstelling. Jy kan niks verloor nie.
 

 

 

Muis en Emily

Lekker lugkastele bou - Oorsese Lottos

Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy?

Hier is die lys van beskikbare Lotto s en die huidige boerpotte:

Powerball US $86,000,000
SuperEnaLotto EU €21,800,000
MegaMillions US $22,000,000
MegaSena US $21,300,000
EuroMillions EU €15,000,000
UKLottery UK £9,300,000
ElGordo EU €7,800,000
SuperLottoPlus US $10,000,000
FranceLoto EU €5,000,000
OzPowerball US $2,900,000

Sjoe, dis darem maar groot geld!

Facebook

Ekke is ook op Facebook,  kry my by www.facebook.com/Peterjasie

Afrikaanse Gedig

7 KLIPPIES

Digter onbekend

Daar’s sewe klippies in jou sak
Deur die Here vir jou ingepak
Sodat jy ene weg kan gooi
Vir elke tiende jaar voltooi.

Eerste klippie, geen probleem
Die spel sal donkiejare neem,
Dink ons in ydel kinderwaan
Die lewe gaan vir ewig aan.

Op twintig waai die tweede klip,
Yl van moestas en rooi van lip,
Windmakerder kan jy nie kry,
Wat ek wil, skuld die wêreld my.

Klippie drie die laat jou dink,
Vir dertig jaar het jy rinkink,
Vier sewendes is daar nou oor,
Om op te maak vir tyd verloor.

As uit jou hand die vierde val,
Dan vlek die grys jou slape al,
En dit wat in die sak oorbly,
Te min om als gedoen te kry.

Dan kom jy by halwe honderd,
Nou galop die tyd bedonnerd,
En na die bult-op lewenspad,
Beginne jy die afdraand vat.

Voorlaaste klippie nommer ses
Glip uit die sak voor jy sê mes
Die wat gewerk het vir ‘n baas
Kry sy persent en groet vir laas.

O wee, o wee, nou klippie sewe,
Skriftuurlik het jy klaar gelewe,
Daar kom nou veel genade kort
Vir die wat dalk wil tagtig word.

Daar is natuurlik taai kalante,
Jy sien hul soms in die koerante,
Wat net nie wil die emmer skop
En eers na honderd om sal dop.

Of jy nou tot vervelens lewe,
Of tata sê hier rondom sewe,
By watter klip jy ookal stop,
Gaan sal ons, die tyd raak op.

Ek wens jou dus ‘n sakvol klip,
Genoeg vir daardie honderd trip
En vreugde in jou kook en bak,
Tot jou knieë daar op oudag knak.

Nou ja, ou maat, daar het jy dit,
Al wat ons nou kan doen is bid
Vir gesondheid, liefde en geluk,
Met voorspoed vir die oorblystuk!
 

Super 15 - 2013

Alles wat jy wil weet oor die huidige Super 15 seisoen. Regs klik net en laai af na jou rekenaar

Wedstryde/Fixtures

Logs

Spanne/Teams

     

Punte/Scorers

Kaarte/Cards

Stats

AS jy dit elke week wil ontvang, stuur 'n epos aan Loot Eksteen en vra dat hy dit vir jou aanstuur

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Zalome - Afrikaans op die net

Zalome is nog iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.

Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang, doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).

AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com

AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com

Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier 

Orania Karnaval

Die afgelope naweek het die tweede jaarlikse Orania Karnaval plaasgevind. Terwyl die eerste fees in 2012 deur koue, reën en wind gekenmerk is, was die weer tydens vanjaar se karnaval die beste wat die kon wees. Die heerlike warm herfsdae het dit vir oud en jonk moontlik gemaak om aan die groot verskeidenheid aktiwiteite wat aangebied is, deel te neem. Al die verblyf in Orania was vol bespreek en in totaal het meer as 1000 besoekers van buite Orania die Karnaval bygewoon.

Daar is Donderdagaand afgeskop met ‘n gemeenskapskonsert, die Kaalvoetkonsert. Die Orania Gemeenskapsaal is deur 400 mense volgepak.

Vrydagmiddag het die Karnavalaktiwiteite begin met ‘n Karnavaloptog. Daarna is daar tot laat saamgekuier met goeie musiek, kos en ‘n indrukwekkende vuurwerkvertoning.

Saterdag is daar reeds vroeg begin met aktiwiteite soos die Orania Myl, die perd- en fietsrykompetisie en verskeie ander kompetisies soos jukskei-, verfbal-, skattejag, kougomborrel-, worsbroodjie-eet- en ‘n strooibaaltoringboukompetisie.

Saterdagaand is die verrigtinge afgesluit met ‘n feestelike optrede deur Fredi Nest wat deur sowat 800 mense bygewoon is

Vir meer oor die Orania Beweging gaan na www.orania.co.za
 

Glimlag

Nou die dag gaan koop ek 'n sak EPOL hondekos by Pick 'n Pay en Terwyl ek so
in die ry staan, vra 'n vrou agter my of ek 'n hond het.
Sommer aspris, sê ek vir haar:
Nee, ek het nie 'n hond nie - ek begin weer met die EPOL diet.
Ek sien sy kyk my so snaaks aan, maar ek gaan aan:
"Eintlik weet ek dat ek nie weer op die diet moet gaan nie, want laaskeer
het ek in Die hospitaal beland - wakker geword in intensiewe eenheid met
pype wat Uit elke gaaitjie in my lyf uitkom .
Maar ek het 22kg verloor en dit was beslis die moeite werd.
"Ek vertel haar dat die EPOL diet eintlik volledig voedsaam is Met al die
vitamines en minerale wat mens nodig het.
En dis so maklik!
Al wat jy doen is om jou broeksakke vol te maak met EPOL nuggets en jy eet
een Of twee wanneer jy ookal honger voel, dit swel MOS 5x hulle groote uit
en vul jou magie sommer vinnig.
Teen hierdie tyd luister al wat 'n persoon is na my storie - veral die ou
wat agter die uitvraerige vrou staan.
Heel geskok vra die vrou my toe of ek in die hospitaal beland het van
voedsel vergifting?
Ek antwoord haar toe ewe verbaas :
"Nee, ek het in die straat gesit en my gat gelek, toe 'n kar my raakry!"
EK DOG DIE OU AGTER HAAR KRY 'N HARTAANVAL VAN DIE LAG!
SIMPEL VROU - VIR WIE DINK SY KOOP EK DIE HONDEKOS?!



Die Kapenaar:

1. Is die ou wat om middernag by ’n Johannesburgse nagklub opdaag met ’n
sonbril aan sy bles vasgegom. Fully, bro.

2. Kan vanoggend stoksielalleen op ’n verlate eiland uitspoel, en teen
vanaand sy derde kliek vorm.

3. Sal selfs ’n kar met ’n outomatiese ratkas vir ’n halwe straatblok
agteruit laat loop wanneer hy teen ’n opdraande probeer wegtrek.

4. Se voorouers kon nie aan die Groot Trek deelneem nie, want die ander
boere sou soggens voor 10h00 in die pad val, en in die middae tot ná 15h00
doenig bly – meer as drie dae per week.

5. Glo vas die hele wêreld is (soos hy) permanent met vakansie en raak
omgesukkel as iemand hom ná 13h00 op ’n Vrydagmiddag in die hande probeer
kry om iets by hom te koop.

6. Trek altyd ’n trui of ’n baadjie aan as dit begin reën. Beskuie hom as
Jo’burg se donderwolke begin knor.

7. Sit nie sy mond aan Afrika se stapelvoedsel (pap) nie en het só ’n renons
in mieliemeel, dat hy tradisioneel verkies om sy plaasarbeiders met drank te
betaal. (Baie is al oor hierdie gruwel gedig en geskryf, hoor.)

8. Dink mens “braai” wanneer jy stinkvis of see-insekte op ’n vuur probeer
gaarmaak.

9. Eet blomme (soos ’n koei) en maak selfs ’n bredie daarvan. Hygend hert.

10. Praat van die Kaapse berge asof hy en sy voorouers dit self
aanmekaargeflans het. (Vergelyk dit graag met Gauteng se mynhope.)

11. Kan net 25 letters van die alfabet uitspreek, maar oortuig homself dis
’n teken van “kultuug”.

12. Is trots op die feit dat sy plaaslike bruin gemeenskappe Afrikaans
lewend moes hou onderwyl hy en sy voorouers, vir eeue lank, net hul tone se
punte by die Engelse se gatte laat uithang het. (In Transvaal en Vrystaat
het ons die taal uitgebou ten spyte van die feit dat die Engelse ons probeer
uitmoor het, en “ons eie” bruin mense eerder dood sou neerslaan as om
Afrikaans te praat.)

13. Is heimlik vies oor niks van geskiedkundige belang in die Kaap gebeur
het sedert die Voortrekkers daar weg is nie. (Selfs Mandela het nie getalm
ná sy vrylating nie en die ou kak plek in ’n groot stofwolk agtergelaat.)

14. Is die enigste Suid-Afrikaanse emigrant wat Engelse, Kiwi’s en
Australiërs goed laat voel oor hul werk-etiek.

15. Beklemtoon sy Afrikaner-taaltrots met woorde soos “heritage”.

Die Staat roem daarop dat hy 15 miljoen voed met maatskaplike toelaes.
Die Nasionale Parke beboet jou as jy bobbejane langs die pad voed, hulle sê dit kweek afhanklikheid en aggressie.
Nou wát nou?


Ouers wat nie gereeld kerk toe gaan nie, beland met kinders en al in 'n Nagmaal diens.
Met die bediening van die wyn, sê die seuntjie:
" Jislaaik Pa , hulle het shooters!"

Liewe Jesus
Ek het nie geweet oranje pas by pers totdat ek die
sonsondergang
gesien het wat U Dinsdag gemaak het nie! Dit was so mooi!
Eugene

Liewe Jesus
Moes die kameelperd so lyk of was dit 'n ongeluk?
Norma

Liewe Jesus
In plaas van om mense te laat doodgaan en heeltyd nuwes te
moet maak, hoekom hou U nie die wat U nou het nie?
Ane

Liewe Jesus
Wie het die strepe om die lande getrek?
Nan

Liewe Jesus
Ek was na 'n troue en hulle het mekaar sommer daar in die kerk gesoen. Is dit reg?
Neil

Liewe Jesus
Dankie vir my bababoetie, maar ek het vir 'n babahondjie gebid!
Joyce

Liewe Jesus
Dit het die hele vakansie gereen en was my pa kwaad! Hy het goeters oor U gesê wat 'n mens nie veronderstel is om te sê nie, maar ek hoop maar dat U hom in elk geval nie sal seermaak nie.
Jou Vriend (maar ek gaan nie vir U sê wie ek is nie!)

Liewe Jesus
Stuur asseblief vir my 'n ponie. Ek het nog nooit voorheen vir iets gevra nie, U kan dit maar naaslaan.
Bruce


Liewe Jesus
Ek wil net soos my pappa wees as ek eendag groot is, maar nie met soveel hare oral oor nie..
Sam

Liewe Jesus
Ek dink soms aan U, selfs al bid ek nie.
Elliott


Liewe Jesus
Ek wed dit is moeilik vir U om al die mense in die wereld lief te he. Daar is net vier mense in my gesin en ek sal dit nooit kan doen nie!
Nan

Liewe Jesus
Van al die mense wat al vir U gewerk het, hou ek die meeste van Noag en Dawid.
Rob

Liewe Jesus
My broers het vir my vertel van hoe 'n mens gebore word, maar dit klink nie reg nie. Hulle maak seker net 'n grap, nê?
Marsha

Liewe Jesus
As U my Sondag in die kerk sal dophou, sal ek vir Jou my nuwe skoene wys.
Mickey

Liewe Jesus
Ons het geleer dat Thomas Edison lig gemaak het, maar in die Sondagskool leer ons U het. Ek wed hy't Jou idee gesteel.
Donna

Liewe Jesus
Ek dink nie enigiemand kan 'n beter God as Jy wees nie. U weet mos ek sê dit nie net omdat U alreeds God is nie, nê?
Charles

Liewe Jesus
Miskien sou Kain en Abel mekaar nie so doodgemaak het as hulle elkeen sy eie kamer kon hê nie. Dit werk vir my en my broer.
Paul

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Oorkom minderwaardigheid

Meeste mense ervaar een of ander tyd in hul lewe gevoelens van minderwaardigheid. Wanneer jy egter deurlopend en konstant gevoelens van minderwaardigheid ervaar, ontwikkel hierdie gevoelens in 'n kompleks. Met 'n minderwaardigheidskompleks vergelyk jy jou met ander mense en voel jy nie goed genoeg nie.

Hierdie kompleks ontstaan onder andere as volg van:

· Gebeure in die kinderjare. Wanneer 'n ouer of onderwyser kwetsende opmerkings maak kan dit letsels inbrand op die brose gemoed van 'n kind. Opmerkings soos: "Kyk hoe presteer jou suster, wat is fout met jou?" Of: "Jy is 'n teleurstelling." Of: "Jy sal nêrens in die lewe kom nie."
· Jy ervaar 'n fisiese tekortkoming of 'n gebrek soos dat jy te kort, 'n lelike eendjie, jou tande skeef is, jy te veel sproete het, jy lispel of hakkel. Dit kwes veral wanneer jy daaroor gespot word.
· Jy kom uit sosio-ekonomiese omstandighede waaroor jy skaam is. Byvoorbeeld jy het arm grootgeword en julle het aan die verkeerde kant van die dorp gewoon. Of jy het gevoel jou pa of ma se beroep is minderwaardig teenoor jou maats se ouers sin.
· Jy voel dat jy nie veel bereik het nie. Jy vergelyk jou met ander en jy voel minderwaardig ten opsigte van jou sukses en prestasies, beroep, inkomste, motor en woonbuurt.
· 'n Lae selfbeeld en min eie-waarde.

Tekens van 'n minderwaardigheidskompleks:

· Sensitief tot kritiek en beskou selfs opbouende kritiek as 'n persoonlike aanval.
· Neig om ander mense te blameer vir foute en mislukkings wat jy maak.
· Hiperkrities op mense en kraak ander se prestasies en optredes af.
· Vis heeltyd vir goedkeuring en erkenning.
· Reageer verskonend op komplimente, soos: "Ag, ek was maar net gelukkig om dit reg te kry." Of: "Jy sê dit net om my goed te laat voel."
· Voel die wêreld is teen jou en mense gun jou eintlik niks.
· Skram weg van kompetisie, want jy hanteer dit moeilik om te verloor.
· Onttrek jou van sosiale geleenthede en funksies.
· Wil nie voor mense praat nie.

Hoe kan ek 'n minderwaardigheidskompleks oorkom:

· Wees jouself en onthou: mense wat nie van jou hou nie, gaan in elk geval nie van jou hou nie wat jy ookal doen. Maak vrede daarmee.
· Konsentreer op jou sterk punte en talente.
· Ontwikkel jouself in lewensfasette waar jy 'n tekortkoming voel.
· Omring jou met positiewe mense en met 'n netwerk van vriende en familie wat lief is en omgee vir jou.
· Staan op teen jou vrese en pak dit aan.
· Leer uit jou persoonlike foute en rampe, en gebruik dit om as mens te groei.
· Fokus op jou doelwitte en drome.
· Gebruik en leer uit positiewe kritiek wat jy ontvang om jouself te verbeter.
· Leef 'n stabiele lewe en gebruik jou tyd oordeelkundig.
· Weet jy is kind van God wat hemel en aarde geskape het.

Die boodskap vir elkeen met 'n minderwaardigheidkompleks is duidelik: jy kan dit oorwin, jou kop optel en 'n vreugdevolle lewe ervaar.

'n Sprankie wysheid vir die dag

"Oordrewe sensitiwiteit is 'n uitdrukking van die gevoelens van minderwaardigheid." - Alfred Adler -


Jy kan inteken op st se nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 
Nuusbrief argiewe

As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke.

 

 

Nog skakels

Lees

Eet

Kyk

Lag

Ry

Speel

 

 

 
Resepte

Hierdie resepte is aan my per epos gestuur, ek sien geen kopiereg nie, so ek plaas hulle hier. Ek vermoed dit was op Amoré se middagprogram uitgesaai, Amoré moet maar praat as daar 'n probleem is.

JACO SE BUS-DIS

(GEBAKTE BILTONG EN SKYFIES)

BESTANDDELE

1 kg gekerfde beesbiltong
1 groot pak Lays Lightly Salted skyfies
3 koppies kaassous
paprika

METODE

Sit biltong onder in 'n vuurvaste oondbak.
Sit die skyfies bo-op, en dan die sous.
Herhaal die lae, en sprinkel paprika oor.
Bak oop in oond vir 30 minute teen 180 grade.
Eet met vars broodjies of slaai.


BOTTERSKORSIE – TAGINE

BESTANDDELE

15 ml olyfolie
2 middelslag uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
20 ml gemaalde komyn
2 ml borrie
1 kaneelstokkie
5 ml gemaalde kaneel
15 ml fyngerasperde vars of 5 ml gemaalde gemmer
15 ml fyngerasperde suurlemoenskil
1 kg botterskorsies, geskil en in blokkies gesny
100 ml groente- of uie-aftreksel
1 x 410g blik botterboontjies, gedreineer
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
30 g gesplinterde amandels, gerooster
125 ml sultanas
vars koljanderblare of Italiaanse pietersielie vir garnering

METODE

Verhit die olie oor matige hitte in ’n groot kastrol en soteer die uie en knoffel tot sag.
Voeg die speserye, gemmer en skil by en soteer vir ’n paar minute, voeg botterskorsie by en soteer nog 2-3 minute.
Roer die aftreksel by, verlaag hitte en sit die deksel op.
Prut 30 minute liggies saam.
Roer bone by, geur na smaak en prut nog 5-10 minute of tot die botterskorsie sag en die boontjies warm is.
Roer amandels en sultanas by en geur na smaak.
Sit op stampkoring, basmatirys of koeskoes voor en garneer met kruie.



ANNEMARIE SE HELSE SLAAI

(ERTJIESLAAI)

BESTANDDELE

250g klein aartappeltjies
3 blikkies ertjies of bevrore of vars ertjies
1 blikkie kekerertjies (Chickpeas)
2 handevol gekapte okkerneute
1 avokado
1 vars pynappel, in stukkies gesny
2 gekrummelde wiggies fetakaas

Slaaisous:
Sap van 1 suurlemoen
2 teelepels mosterd
3 eetlepels heuning
½ teelepel vars knoffel
¼ koppie olyfolie

METODE

Behou skil aan aartappels, halveer en bedruip met olyfolie en growwe sout.
Bak oop in oond tot gaar teen 180grade.
Laat dit afkoel.
Meng die res, en voeg aartappels by.
Gooi sous oor slaai.
Bedien met enige proteïen, of eet slaai as hoofgereg.

MAGDA SE SPOEDPASTA

BESTANDDELE

400g penne of tagliatelle pasta
1 blokkie Philadelphia roomkaas, soetrissie geur
handvol agurkies
handvol olywe
1 blikkie tuna of ham
10 suuruintjies
sout en peper na smaak

METODE

Kook pasta tot gaar.
Meng die res van die bestanddele met die pasta en bedien dadelik.

KAPTEIN SE SKELVIS

BESTANDDELE

4-6 skelvismootjies
1 ui, opgekapte
1 pakkie sampioene, opgekap
2 eetlepels botter
½ liter witsous
2 koppies cheddarkaas, gerasper
2 vars tamaties
pietersielie, opgekap

METODE

Ontdooi die skelvis.
Braai die ui en sampioene saam tot gaar.
Voeg botter by.
Gooi die vis in saam met 'n halwe koppie cheddarkaas.
Laat die vis gaar word.
Pak vis in oondbak, bedek met die helfte van die sous, plaas gesnyde tamatie bo-op, sprinkel met kaas.
Gooi die res van die sous oor en dan weer tamatie en kaas.
Rooster in oond totdat kaas smelt.
Bedien op rys of kapokaartappel.


KALLIE SE VROU SE HOENDERROL

BESTANDDELE

2 - 3 hoenderfilette, platgekap
1 pakkie sampioene
1 ui, opgekap
1 pakkie gesnipperde spek
1 eier
1 rol skilferkorsdeeg

METODE

Braai die ui, sampioene en spek saam in 'n pan.
Rol die deeg uit en sit die hoenderfilette daarop.
Smeer die sampioenemengsel daaroor.
Rol dit op.
Sny 'n paar dwarsstrepe oor die rol en maak dit toe by die punte.
Smeer die rou eier oor.
Bak teen 180 grade vir 45minute.
Bedien met slaai.


WILLIE SE GROENTE EN MIELIE HOENDER

BESTANDDELE

1 ui, fyngekap
2 medium aartappels per persoon, in blokkies gesny
1 pak gevriesde groente
1 blikkie roommielies
Hoenderspeserye
Suurlemoen
2 porsies gevriesde hoenderstukke per persoon
suurlemoensap

METODE

Drup suurlemoensap oor die hoender en sprinkel die speserye oor.
Mikrogolf die hoenderstukke en aartappel saam vir 15 minute op medium in 'n glasbak met deksel.
Potbraai die uie in olyfolie.
Haal die gaar hoender en aartappels uit die glasbak (hou die aftreksel) en braai saam met die uie in die pot.
Sit die gevriesde groente in die aftreksel en sit terug in die mikrogolf en maak dit gaar.
Haal dit uit en gooi als saam met die hoender in die pot.
Gooi die blik roommielies by.
Roer en maak warm.
Sodra dit warm is, bedien op gaar rys


OUPA ONDER DIE KOMBERS

(KOOLBLAARBOLLETJIES)

BESTANDDELE

6 koolblare
1½ koppies gaar rys
1 ui, gerasper of fyngekap
grasuie
1 eier
1 pakkie groentesop
paprika
kaas

METODE

Kook die Koolblare gaar in die mikrogolf (3 min).
Meng die rys, uie en eier saam met 3 teelepels van die groentesoppoeier.
Maak hopies op koolblare en vou dit toe om bolletjies te maak en bind dit vas met die grasuie.
Mikrogolf vir 6 min op medium.
Maak die res van die sop aan in 'n halwe koppie kookwater.
Gooi dit oor die bolletjies en sprinkel die kaas oor en gooi bietjie paprika daaroor.
Mikrogolf vir 1 minuut.

PRIESTER PATATROLLE

BESTANDDELE

1 pakkie skilferkorsdeeg
3 patats, gaar en geskil
1 koppie room
1 koppie bruinsuiker

METODE

Laat die patats goed afkoel en maak dit fyn.
Smeer dit oor die skilferkors.
Rol dit op soos 'n roly poly.
Sny in wiele.
Meng room en bruinsuiker goed.
Gooi dit oor die patatwiele.
Bak oop in oond teen 180 grade vir 20 minute.

LORRAINE SE GAUTENG-WATERBLOMDIS

(WATERBLOMMETJIEBREDIE)

BESTANDDELE

700g stowe skaapvleis
sout en peper
olie
2 uie, opgekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
½ koppie vleisaftreksel
500g waterblommetjies (vars of geblik)
4 aartappels, geskil
2 eetlepels vars suurlemoensap

METODE

Geur vleis en braai tot buin in swaarboomkastrol.
Haal uit.
Braai uie en knoffel in kastrol tot bruin.
Plaas vleis terug met vleisaftreksel.
Laat dit stadig prut vir 'n uur.
Voeg die waterblommetjies, aartappels en suurlemoensap by en laat dit verder prut.
Bedien op rys met slaai.

ANETTE SE BOVRIL HOENDER

BESTANDDELE

1 heel hoender
Hoenderspeserye
Bovril

METODE

Was die hoender skoon en droog af.
Besprinkel met speserye binne en buite.
Smeer Bovril oor.
Bak oop teen 180 grade vir 45 minute.

VARKPATATPAKKIE

(VARK TJOP EN PATAT IN PRUTPOT)

BESTANDDELE

4 dik varktjops
1 koppie hoenderaftreksel
1 koppie gedroogde appelringe
4 patats

Geursmeersel:
1 eetlepel heuning
½ teelepel mosterdpoeier
½ teelepel gedroogde salie

METODE

Smeer die varktjops met die geursmeersel.
Sit die tjops onder in 'n prutpot (slow cooker).
Bedek dit met die appelringe en voeg die aftreksel by.
Laat dit teen "hoog" prut vir 4 ure.
Maak die patats toe in foelie. (Jy kan ook heuning oor die patat smeer as jy wil)
Bak in die oond teen 180 grade so 45 minute voor die tjops gaar is.

LALA SE LIPLEKKERBRAAI

GROENTE ROERBRAAI

BESTANDDELE

Vegetarian chunky strips (beskikbaar by die bevrore-afdeling in die supermark)
½ koppie sojasous
olyfolie
1 ui
wortels
groenbone
murgpampoentjies
Enige ander vars groente
sout en peper na smaak

METODE

Roerbraai die vegetariese repies met 'n bietjie olyfolie en sojasous tot amper bruin.
Haal uit.
Gooi groente in wok of pan en braai tot sag.
Voeg repies by en gooi 'n soetsuursous oor.
Bedien op rys met slaai.

KARIEN SE WENRESEP

TUNAVULSEL VIR PANNEKOEK

BESTANDDELE

2 blikkies tuna
½ koppie mayonaise
2 eetlepels blatjang
2 grasuie, gesnipper
½ rooi soetrissie, opgekap
4 klein agurkies, opgesny

METODE

Meng al die bestandele goed saam.
Voeg mayonnaise by as die mengsel te droog is.
Vul die pannekoeke of wraps daarmee en rol toe.

BIEFSTUK MET AVOKADO, FETA EN

SOETRUSSIESOUS (PIETER UYS SE LEKKER VLEIS)

BESTANDDELE

500g biefstuk
olyfolie
sout en peper
½ koppie rooiwyn
1 fyngemaakte avokado
1 wiggie fetakaas
soetrissie sous

METODE

Sny die biefstuk in twee porsies.
Smeer met olyfolie, en seël in warm pan.

Sodra hy amper gaar is volgens jou keuse, gooi rooiwyn oor vleis.
Bak verder vir 3minute, haal uit, en geur met sout en peper.
Sit avokado bo-op vleis, dan gekrummelde feta, en dan die rissie sous.
Bedien dadelik, of sit in oond vir 2 minute totdat kaas smelt.
Bedien saam met groenslaai en aartappelwiggies.

PATATWIELE

BESTANDDELE

1 Pak Ready Dough (Deeg)
4 Soetpatats geskil en gekook en fyngemaak.
1 Bakkie room
1 Koppie suiker
Pypkaneel

METODE

Rol die deeg oop en smeer die fyngemaakte patats oor die deeg en

strooi bietjie kaneelsuiker daaroor.
Rol die deeg toe en sny dan vingerbreed wieletjies.

Daar behoort so 9 tot 12 wieletjies te wees.
Pak in 'n oondvaste bak.
Meng die room en koppie suiker en gooi dit oor die wieletjies.

Strooi nog kaneel oor.
Bak in oond teen 160 tot 180 Grade C vir 45 minute.

MAKLIKE FRIKKADELLE

BESTANDDELE

500g maalvleis
250 ml ongegeurde Yoghurt
1 pakkie Bruin Uiesop

METODE

Stel oond op 180 Grade C
Meng al die bestandele saam
Vorm Frikkadelle
Pak in oondvaste bak
Gooi bietjie water in sodat dit nie aanbrand nie.
Bak in oond tot gaar.
Bedien met Kapokaartappels en Groente
As dit te droog is kan mens sous bymaak en oor die Frikkadelle gooi net voor opdiening.

HERDERSPASTEI

BESTANDDELE

2 pakkies Smash (en water om dit te meng)

500g Maalvleis

1 ui gekap en olie om dit in te braai

1 Geklitste eier

Ekstra: Gemengde groente

METODE

Braai die ui en die maalvleis tot bruin en gaar. Maak seker dis nie te droog nie deur bietjie water/room/ens by te sit.

Meng die pakkies Smash met water (Deel dit in 2)

Gebruik die een deel om 'n kors in die oondbak te maak.

Gooi die maalvleis in (en groente)

Bedek met res van die Smash

Verf eier bo-op die kors.

Bak in oond op 200 grade tot die kors bo-op bruin in


HERMANS SE PYNAPPELBRAAI

BESTANDDELE

1 pynappel
bruinsuiker
4 sosatiestokkies
sjokolade
room
Malibu-likeur

METODE

Skil die pynappel en sny in kwarte.
Sit die kwarte op sosatiestokkies en rol in bruiksuiker tot dit goed  bedek is.
Braai op die vuur tot al die kante goed gekarameliseer het.
Smelt die sjokolade, room en Malibu in 'n bak wat op 'n pot kookwater gesit is.
Gooi die sjokolade in 4 klein bakkies.
Doop die pynappel in die sjokolade terwyl jy dit eet.

VINNIGE VARKWORSGEREG

BESTANDDELE

1 Medium ui gekap
Sampioene in skywe
½ pakkie sampioenroomsop
1 pak Renown Varkworsies (Met of Sonder Kaas)
230ml Room
½ Koppie Melk

METODE

Braai uie tot gaar in diep pan.
Voeg Sampioene by en braai saam tot dit ook gaar is.
Haal uit en hou eenkant.
In dieselfde pan braai die worsies tot gaar en sny die worsies in kleiner stukkies.
Gooi die gaar uie en sampioene by die worsies en meng die pakkie sop, room en melk saam en voeg by bogenoemde.
Prut tot gaar vir so 10 t

MAKLIKE RYSDIS

METODE

Wanneer jy weer Tastic rys maak, sny jou uie, sampioene, stukkies groente in by die rou rys, en voeg een blokkie oxo in, in die plek van sout. Kook gaar soos gewoonlik.
Roer bietjie room gemeng met parmasankaas in sodra dit gaar is vir  'n ryk en romerige smaak.
Dit maak 'n maklike, vergetariese gereg.

MAKLIKE BREYANI IN ‘N PRUTPOT (SLOW COOKER)

Vir 'n mooier bord kos, kan geelrys en rosyne ook gemaak word. Dan pak jy witrys, lensies en geelrys in lae. Moenie die spul meng nie, want as dit in lae gepak is en jy skep dit mooi uit lyk dit pragtig en die vleis lê dan bo-op die rys en lensie lae.

BESTANDDELE

½ koppie kookolie
2 uie, fyngekerf
1 teelepel knoffelvlokkies
2 teelepel breyani-mengsel
1eetlepel masala
1 eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel borrie
2 kg gevriesde hoenderstukke
Sout na smaak
1 koppie kookwater
5 groterige aartappels, in groterige stukke gesny
2 eetlepels bruin suiker
250ml room
3 koppies gesoute rys, halfgaar en gedreineer
1 koppie gesoute bruinlensies, halfgaar en gedreineer

METODE

Braai uie in kookolie tot bruinerig.
Seel die buitekant van die aartappels in olie en uiemengsel (dit voorkom dat aartappels fynkook).
Haal die aartappels uit en seel die vleis in die uiemengsel.
Gooi speserye en aartappels by en roer goed.
Voeg sout na smaak by.
Gooi die suiker en kookwater by die vleismengsel en sodra dit kook, skep dit in die prutpot.
Skep 'n laag rys en dan 'n dun lagie lensies bo-op vleismengsel en herhaal die lae. Die laaste laag moet rys wees.
Sit deksel op en sit op stadig vir 5 ure of hoog vir 3½ ure.
'n Halfuur voor opdiening word die room bo-oor gegooi. (Plein joghurt kan ook gebruik word, maar die room is baie lekkerder)


ALIDA SE HIT-AND-RUN KAAS GENOT

BESTANDDELE

1 kg Cheddarkaas, gerasper
6 eiers, geklits
6 teelepels pietersielie
1 pak spek, opgekap en gaar
1 koppie ham, opgekap
15ml Worcestersous
sout en peper na smaak

METODE

Meng alles saam in 'n oondbak.
Bak teen 180 grade vir 30 - 40 minute.

GEKARAMELISEERDE UIE

BESTANDDELE

250g spek, gesnipper
1 koppie melk
1 eetlepel bruismeel
1 teelepel uie, fyngekap
2 eiers
1 teelepel mosterdpoeier
½ teelepel sout

METODE

Klits eier, melk en bruismeel saam.
Gooi die res van die bestandele by, meng goed, gooi in oondbak en bak teen 180 Grade tot dit gestol is.|
Laat staan 'n paar minute voor opdiening.

ESTELLE SE VINNIGE SOUTTERT

BESTANDDELE

250g spek, gesnipper
1 koppie melk
1 eetlepel bruismeel
1 teelepel uie, fyngekap
2 eiers
1 teelepel mosterdpoeier
½ teelepel sout

METODE

Klits eier, melk en bruismeel saam.
Gooi die res van die bestandele by, meng goed, gooi in oondbak en bak teen 180 Grade tot dit gestol is.|
Laat staan 'n paar minute voor opdiening.


JOGURT-SOUS

BESTANDDELE

175 ml ongegeurde joghurt
100 ml gladde maaskaas of 75 ml mayonnaise
80 ml suurroom
handvol vars kruie van jou keuse
paar druppels suurlemoensap
varsgemaalde swartpeper na smaak

METODE

Meng alles saam en sit voor koue vleis, gekarameliseerde uie en slaai in ’n wrap, pita of toebroodjie.

SACCI (VAN SANDRA) SE MAKLIKE MACARONI EN KAAS

BESTANDDELE

Macaroni (genoeg vir 4 mense)
Kaas, gerasperde
Gemengde groente
1 blikkie tamatiesmoor
6 Weense worsies, in stukkies gesny, of gaar maalvleis

METODE

Braai worsies en gooi tamatiesmoor by.
Gooi gemengde groente by.
Gooi in diep oondbak.
Sprinkel kaas oor.
Sit vinnig onder die oond se rooster totdat die kaas borrels maak.


SUSAN SE SOET POTBROOD

BESTANDDELE

Vetkoekdeeg (koop by supermark)
1 koppie bruinsuiker
250ml room

METODE

Verhit oond tot 180 grade.
Maak klein bolletjies van die deeg en pak in 'n swart gietysterpot met 'n deksel.
Meng die suiker en room en gooi dit oor die bolletjies.
Sit die deksel op en sit die pot op die kole of in die oond vir 45 miniute. (MOENIE die deksel oplig om te loer nie!)
Die suiker en room maak 'n soet stroop wat in die broodjies intrek.

Variasie: Gooi cheddar- of parmesaankaas by die room in stede van suiker.


ANDRE SE SUSIE SE PASTORIEHOENDER

BESTANDDELE

8 hoenderstukke
2 koppies rys
1 blikkie tamatie-en uiesmoor
1 pakkie sampioensoppoeier
1 blikkie sampioene, gedreineer
600 ml water

METODE

Kook die sampioene en tamatie-en uiesmoor saam vir 10 minute.
Strooi die rys in 'n oondbak en strooi die droë sampioensoppoeier oor die rys.
Skep die tamatie- uie- en sampioenmengesel sowel as die water oor die rys.
Pak die hoenderstukke bo-op.
Bedek en bak vir 1 uur teen 180 grade.

OUMA CRISTIE SE KALKOEN

BESTANDDELE

1 groterige kalkoen
Botter
4 lourierblare
6 naeltjies
Voeg tiemie en roosmaryn by indien verkies.
Bietjie koekmeel.

METODE

Was die kalkoen mooi skoon en droog goed af.
Smeer goed met botter.
Strooi koekmeel oor.
Plaas die kalkoen op drie dik lae foelie en voeg kruie by.
Vou die foelie in 'n sig-sag-patroon stewig om die kalkoen.
Plaas in 'n oondbak en bak in die oond vir twee ure teen 140-150 grade Celsius.
Toets na twee ure deur 'n pennetjie in 'n boudjie te druk. As dit sag is, plaas terug in die oond met foelie oopgevou.
Verhoog die oondtemperatuur tot 200 grade en bak vir 30 minute tot bros en bruin.

BIERBROOD MET KASS EN KRUIE

BESTANDDELE

250 g (450 ml) bruismeel
250 g (450 ml) koekmeel
7,5 ml bakpoeier
10 ml sout
100 g (250 ml) beleë Cheddarkaas, gerasper
1 x 340 ml blikkie bier
90 ml water
30 ml sagte bruinsuiker
30-45 ml vars tiemieblaartjies
6-8 gemarineerde songedroogde tamaties, in repies gesny
15-30 ml sonneblom-, papawer- of sesamsaad of ’n mengsel hiervan

METODE

Voorverhit oond tot 200 °C.
Smeer ’n 1,5 liter broodpan of ander interessante houers, bv leë blikkies van verskillende vorms en groottes of individuele broodpannetjies deeglik met botter.
Sif mele, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak.
Roer kaas by en meng res van bestanddele, behalwe saadjies, in ’n aparte bak saam.
Roer vloeistof by droë mengsel in en roer net tot al die bestanddele deurgemeng is.
Skep in voorbereide pan of houers en sprinkel saadjies oor.
Druk saadjies liggies vas en bak brood sowat 50-60 minute of 20-30 minute vir kleiner broodjies of tot ’n toetspen net skoon uitkom.
Laat broodjies vir net so 2-3 minute in pannetjies staan.
Keer dan dadelik, maar versigtig uit.
Sit warm saam met braaivleis of gebraaide wors met sagte botter voor.

Wenke:
Vervang songedroogde tamaties met 125g spek, gebraai en gekap of 125 ml fyn biltong of met 60-90 ml pesto en die Cheddar- met Pecorinokaas.
Dit maak heerlike roosterbrood die volgende dag – bygesê, ás daar iets oor is.

TIA SE CREMORA TERT

BESTANDDELE

500g Cremora
1 koppie kookwater
1 koppie suurlemoensap
2 blikkies kondensmelk
1 pakkie Tennisbeskuitjies

METODE

Meng die Cremora met die kookwater en laat oornag staan in die yskas.
Meng die volgende dag al die bestandele saam met die Cremoramengsel.
Pak 'n laag Tennisbeskuitjies in 'n tertbak.
Gooi van die mengsel bo-op en dan weer beskuitjies en so aan. Die boonste laag moet mengsel wees.
Versier met gerasperde sjokolade.
Hou in yskas tot dit gestol het.

MART SE JOGURTTERT

BESTANDDELE

1 Pakkie Tennisbeskuitjies, gekrummel
4 eetlepels botter
500ml joghurt (enige geur)
1 blikkie kondensmelk

METODE

Smelt botter en roer die koekkrummels daarin.
Maak 'n kors in 'n tertbord met die mengsel.
Meng die joghurt en kondensmelk.
Skep in die kors en mikrogolf teen hoog vir 4 tot 5 min of tot borrels aan die kant van die tert begin vorm.
Laat afkoel en verkoel in die yskas tot die vulsel styf is.
Sny en bedien.

LINDA SE HOKAAI-SLAAI

BESTANDDELE

2 avokadopere
500g aarbeie
fetakaas (na smaak)
grofgemaalde peper
roketblare, babaspinasieblare en vinkelsnippers
½ plak grondboontjie "brittle"
½ k basemiekasyn
2 t bruinsuiker

METODE

Maak 'n reduksie van die asyn en suiker deur dit stadig te kook op die stoof.

Pak die blare in 'n slaaibak.
Stapel die res van die bestanddele in lae op die blare.
Drup die reduksie net voor bediening oor.


KULSUM SE DALTJIES (CHILLIBITES)

BESTANDDELE

3 koppies ertjiemeel
1 koppie bruismeel
1 teelepel vars knoffel
2 teelepels masala
2 teelepels rissiepoeier
2 teelepels komyn
1½ teelepel sout
1 teelepel borrie
2 teelepels bakpoeier
½ bossie spinasie, opgekap
2 uie, opgekap

METODE

Meng alles saam - sorg dat jy 'n medium beslag het.|
Maak olie warm in 'n pan.
Skep eetlepelgrootte happies in pan en braai tot bruin.
Skep uit op handdoekpapier om die olie te laat dreineer.
Bedien met 'n doopsous.

RIA SE VERRASSENDE EIERGERG

BESTANDDELE

6 mediumgrootte Croissants
6 groot eiers
1 koppie melk
1 teelepel droë mosterd
1 pak brosgebraaide spek
1 groot koppie cheddarkaas
METODE

Sny croissants middeldeur.
Pak die helftes, met hulle gesnyde kante na bo in 'n gesmeerde oondpan.
Sprinkel die spek bo-oor.
Strooi helfte van die kaas bo-oor.
Pak die res van die croissant bo-op, weer met die gesnyde kante na bo.
Bedek met die eiermengsel.
Sprinkel die laaste kaas oor, en bak vir 'n halfuur by 190grade Celsius.

Jy kan dit al die vorige aand maak.
Plaas dit in die yskas en bak die volgende oggend.
Dis ook perfek as 'n noenmaal.

TIA SE JAPTRAPKERSKOEK

BESTANDDELE

1kg vrugtekoekmengsel
300ml lemoensap
200ml brandewyn
2 koppies bruismeel
knippie sout
METODE

Week die vrugtekoekmengsel vir 2 uur in die brandewyn en lemoensap.
Voeg die bruismeel en sout by. Meng goed.
Voer 'n koekpan uit met waspapier, skep mengsel in.
Bak vir 2 uur teen 170 grade.

Tia sit 'n 'n ½ teelepel gemmer en ½ teelepel pypkaneel by vir ekstra smaak.


MARLENE SE EKSOTIESE KRAAKBROOD

BESTANDDELE

2 x 10gr gis
30ml suiker
1 kg koekmeel
15ml sout
60ml olie
2 ½ koppies lou water

Smeergeursel:
3 eetl droë tiemie
3 eetl sesamsaad
5 eetl olyfolie
METODE

Meng die droë bestanddele saam. Voeg die olie by die water, en roer
by die droë bestanddele.
Knie die mengsel.
Bedek met kleefwerende plastiek en laat deeg op warm plek rys tot dubbelgrootte.
Vorm balletjies, ongeveer suurlemoengrootte en rol uit tot so 3 mm dik.
Dit kan verskillende vorme aanneem.
Jy kan dit oor die kole braai, 1 minuut aan elke kant.
In die oond kan jy dit bak teen 200 grade vir 10 minute aan elke kant.
Dit sal bruin word. Smeer die smeergeursel oor.

Pak enige kombinasie bo-op, elkeen kry sy eie platbrood:
Roketblare
Skaafsels parmesaan
Parmaham
Geroosterde Rosa-tamaties

CAREL SE TWEE RYE VRUGTE SLAAI

BESTANDDELE

1 soet pitlose waatlemoen
1 wit spanspek
1 geel spanspek
2 groot trosse druiwe
2 handevol lietsjies, afgeskil en ontpit
1 koppie Old Brown- sjerrie

METODE

Skep die waatlemoen en spanspek uit in balletjies.
Pak in lae in 'n plastiek koekblik wat goed kan seël.
Gooi die Old Brown sjerrie oor.
Plaas ten minste 12 uur voor die tyd in die yskas.
Draai blik elke uur om, sodat die sjerrie alles kan deurweek.

Bedien met room of roomys. Die vrugte word nie pap nie.

Jy kan ook die vrugte bedien sonder sjerrie, met swart peper op gestrooi, en room of roomys.

ANN SE BESONDERE FILLET

BESTANDDELE

800 gr fillet
1 ui, gekap
1 pakkie sampioene, gesnipper
250gr lewersmeer
30ml sjerrie
50ml room
1 skilferkors
METODE

Braai ui en sampioene saam in pan. Voeg sjerrie en room by.
Laat dit vinnig opkook, en verwyder van plaat.
Plaas skilferkors in oondbak, smeer die skilferkors met lewersmeer.
Seël die fillet vinnig in 'n pan.
Plaas die fillet in die middel van die skilferkors, bedek met die uie en sampioensous, en vou dit toe met die kors.
Bak in oond vir 30 minute by 200 grade.

Bedien met groente.

CRISTENE SE GESELLIGE FYNPROEWERSTONG

BESTANDDELE

Tongaftreksel:
1½ kg tong
2 uie, gekap
2 wortels, gesny
6 peperkorrels


Sous:
500gr gedroogde appelkose
½ tot 1 koppie bruinsuiker (na smaak)
125ml witasyn
75gr sultanas
1 teelepel mosterd
2 ml sout
30ml mielieblom
50ml water
METODE

Plaas tong vir 6 ure in 'n kastrol met water om te ontsout. Dreineer.
Voeg 1L water by, en voeg die uie, wortels en peperkorrels by.
Kook stadig tot sag en laat die tong in die water afkoel.
Haal uit en trek die vel af. Sny in skywe.
Gooi die tongaftreksel deur 'n sif, en behou 750ml van die
aftreksel.
Stowe die appelkose in 'n bietjie water tot net sag.
Voeg appelkose, asyn, sultanas, mosterd en sout by
die aftreksel.
Kook vir 10 minute.
Maak 'n pasta van die mielieblom en die water.
Voeg by sous, kook 1 tot 2 minute.
Pak die skywe tong in 'n oondbak, gooi die sous oor, en hou
warm tot voor bediening.

DAWID SE BELOWENDE HOENDER

BESTANDDELE

4 hoenderborsies, sonder vel of been
krummels
1 ui
1 pakkie spek, gesnipper
1 groen soetrissie, fyngesny
½ koppie blatjang
500g gerasperde cheddarkaas
½ koppie parmesaankaas
METODE

Rol hoender in krummels en verkoel vir 30 minute in die yskas.
Haal uit, braai tot amper gaar in pan.
Braai ui, spek en groenrissie saam.
Plaas hoender in 'n oondbak, bedek met uiemengsel.
Bedek met dun lagie blatjang.
Strooi die kaas oor.
Bak oop in oond vir 'n halfuur teen 180grade.
Bedien met slaai en rys.

EVELYN SE GROENTE - MEESTERSTUK

BESTANDDELE

8 aartappels, geskil en gaar
1 ui, gekap
1 pakkie sampioensoppoeier
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
2 koppies amper-gaar Meditereense groente
125ml gekrummelde fetakaas
2 koppies Bulgaarse joghurt

METODE

Sny die aartappels in skywe.
Karameliseer die uie in 'n bietjie botter, suiker en balsamiese asyn.
Pak die bestanddele in die volgende lae in 'n oondbak: Heelonder die aartappels, dan die uie, sprinkel die soppoeier oor, strooi die gerasperde kaas oor, pak die helfte van die groente op, dan die helfte van die fetakaas.
Skep die jogurt oor die groente en feta.
Herhaal die groente en fetakaas.
Bedek die dis met foelie en bak vir 30 minute teen 180 grade.
Haal die foelie vir die laaste 5 minute af.


MARYKE SE MEDALJE WILSGEREG

BESTANDDELE

1 fillet van 'n rooibok of springbok
2 uie
olyfolie
1 pakkie spek, gesnipper
½ koppie sjerrie
250ml room of bulgaarse joghurt
1 pakkie sampioene, gesnipper
2 eetl blatjang
sout en peper

METODE

Braai uie, spek en sampioene tot gaar.
Voeg room en blatjang by, en laat dit stadig prut.
Geur fillet met sout en peper en 'n bietjie tiemie, seël die fillet in 'n pan, en braai verder soos jy dit verkies.
Sny in skywe, en bedek met sousie.
Bedien saam met stampkoring.


HOENDER EN MANGO SLAAI

BESTANDDELE

Vars blaarslaai (roket, botterslaai of selfs babaspinasieblare)
1 ui, in dun ringe gesny
6 hoenderborsies, gaar
2 vars mangoes (of 2 blikke), in skywe gesny
1 avokado, in skyfies gesny

Sous
1 mango
½ koppie joghurt
¼ koppie 1000 Island slaasous
1 eetlepel blatjang
1 eetlepel kruisement, gekap

METODE

Blits al die slaaisous bestanddele saam.
Plaas ‘n handvol vars slaaiblare op 'n bord.
Sny die hoenderborsies in skywe en plaas op die blaarslaai.
Sit die mango en avokado bo-op.
Bedien met die sous en lekker growwe brood.


ANDRE SE BLINDE VERRASSING

BESTANDDELE

Maalvleis
Kapokaartappel
Cheddarkaas

METODE

Meng die maalvleis en kapokaartappel.
Rasper cheddarkaas bo-oor.
Bak oop in oond teen 180 grade totdat kaas gesmelt is.
Sit voor met 'n groen slaai.


MARYKE SE MEDALJE WILSGEREG

BESTANDDELE

1 fillet van 'n rooibok of springbok
2 uie
olyfolie
1 pakkie spek, gesnipper
½ koppie sjerrie
250ml room of bulgaarse joghurt
1 pakkie sampioene, gesnipper
2 eetl blatjang
sout en peper

METODE

Braai uie, spek en sampioene tot gaar.
Voeg room en blatjang by, en laat dit stadig prut.
Geur fillet met sout en peper en 'n bietjie tiemie, seël die fillet in 'n pan, en braai verder soos jy dit verkies.
Sny in skywe, en bedek met sousie.
Bedien saam met stampkoring.
 

Skakels/Advertensies

Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za


Resepte, resepte,  resepte

Ek het besluit om sake vir my te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans) op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.

Die prys van die CD is R100 (dis om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit

Posgeld is  R20 vir geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot toonbank.

As jy sou belangstel om een van die CD's te bekom, klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit Speed Services oornag toonbank tot toonbank

Hier is die Afrikaanse boeke:

217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels, Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte, Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte, McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1, Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies

Allerlei

Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet, Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke omskakelingstabel, Werk van die huis

Hier is die lys van baie ou Engelse resepte eBoeke

A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922
A Dozen dainty recipes for preparing wartime canned meats - 1920
A Home Guide - or a book by 500 ladies - 1877
Aunt Carolines Dixieland Recipes - 1922
A Practical Dictionary of Cookery - 1200 tested recipes - 1898
Best recipes for baking - pre 1908
Buckeye Cookery and Practical Housekeeping - 1877
Burke's Complete Cocktail and tasty bite recipes - 1936
Catering for special occasions with menus and recipes - 1911
Diabetic Cookery - recipes and menus - 1917
Fifty Choice Recipes for Spanish and Mexican Dishes - 1905
Fifty valuable and delicious recipes made with corn meal - 1917
Heart of the Wheat - a book of recipes - 1910
Hospitality - recipes and entertainment hints for all occasions - 1922
Hotel Management - quantity food recipes
Household hints and recipes - 1877
Ice Cream - practical recipes for making ice cream - 1886
Information for everybody - 1859
Jane Hamiltons Recipes - 1909
Just the thing - dainty dishes at small cost - 1899
Larger cookery book of extra recipes - 1891
Leather Manufacture - 1891
Light entertaining - a book of dainty recipes for special occasions - 1910
Mom's Cookbook
On Uncle Sam's Water Wagon - 500 recipes for delicious drinks that can be made at home - 1919
Our candy recipes - 1919
Practical Household Cookery - 1000 recipes - 1891
Preserves and Pickles - 1912
Recipes - dainties, salads and clever hints - 1919
Recipes for the preserving of fruit vegetables and meat - 1908
The Candy Maker's Guide - 1896
The Housekeeper's Friend - 1897
The Hygenic Cookbook - 1881
Tried and Tested Recipes - 1921
Two Hundred and Seventy Five Wartime Recipes - 1918
Two hundred recipes for cooking in casseroles - 1914
Two hundred recipes for making desserts - 1912
War Time Cookery - 1917
Wheatless Recipes - 1918
Wrinkles and Recipes, including farming and household hints - 1877

Hier is die Engelse resepte:

FunkyMunky Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!

Bonus eBooks

Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food

Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns

Everything you wanted to know about making, marketing and selling your crafts.

Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies, myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.

10,000 Dreams Interpreted

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.