|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
As julle baie gratis resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die
Argiewe, meeste van die ou
nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur
daar af.
Ek stuur ook 'n Engelse brief uit,
elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek,
gaan kyk gerus en laai na hartelus af.
Jammer oor die vertraging in die
uitstuur van die brief, maar dinge was regtig rof in die laaste paar
weke. Ons kom nou net van Kruger terug en ry Sondag weer soontoe. Dan is
ons skaars tuis en ons is oppad Kgalagadi toe vir twee weke. Ek weet dis
rof, maar iemand moet dit doen!
Elk het nou 'n weird versoek, ek
is opsoek na 'n trourok, oud en gebruik natuurlik, maar wat net daar
rondhang en spasie opneem. Nee, ek is nie 'n crossdresser nie, ek wil
dit vir fotos gebruik. Dink daaroor en laat my
per epos weet.
baie dankie!
Ons neem ook nou "Foto booth"
fotos by troues en 21ste verjaardae. Maak 'n ideale foto gasteboek.
Johannesburg omgewing.
Vra
as jy meer wil weet
Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos
ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk
kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.
Teken hier in op die nuusbrief:
http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief.html
Kontak my per epos:
peter@peterjasie.co.za
Doen dit sommer self,
klik hier. As jy nie
internet toegang het nie,
stuur my epos met jou ou en nuwe adres.
My Resepte eBoek
samestelling op CD |
Bo en behalwe die Afrikaanse en
Engelse resepte eBoeke het ek nou ook 40 stokou Engelse resepteboeke
bygesit. Baie van hulle is oor die 100 jaar oud. Hulle is digitaal
geskandeer met ander woorde as jy die .pdf oopmaak sien jy die werlike
bladsye van die oorspronklike boek. As jy 'n versamelar van resepteboeke
is sal jy die boeke regtig interessant vind.
Hierdie CD kan ook 'n lekker
Kersgeskenk wees!
Gaan kyk onder vir 'n lys van die
ou boeke en ook hoe om die CD te bestel.
Ek het die volgende ontvang van
iemand wat die CD bestel het:
Dankie. Ek het die cd ontvang
met resepte. Ek sal graag daar reageer. Eerstens is dit(in goeie
afrikaans) moerse goeie waarde. Baie dankie.
Peterjasie in
Woord en Beeld |
Ek het van my stories en fotos in
een dokument saamgestel, dis lekkerlees Afrikaans en 'n versameling van
my fotos. Ek wil dit graag wyd en syd laat versprei. Dis heeltemaal
gratis al wat jy hoef te doen is om op die skakel te regs klik en dit af
te laai (om en by 4MB)
Peterjasie in Woord en Beeld
Stuur sommer aan die mense op jou
poslys ook wat dit mag geniet. Dit kan ook 'n lekkerlees geskenk wees.
Boodskap van Elsabe
Goeiemôre vriende.
Vir 13 jaar begin ek altyd my winter nuusbrief met...... Hoe koud is die
windjie en skraal..........
En oor al die jare bly dit maar presies dieselfde noodroep! Die winter
is hier en ek dink ons gaan bibber hierdie jaar!. So eers gou dankie sê
aan almal wat bygedra het – BAIE DANKIE - en dan begin die groot bedel
alweer!
Wat ‘n voorreg is dit nie............... Om te weet dat ons, net soos al
die vorige jare weer gaan inspring om groot verligting bring waar dit
nodig is! In ons harte is ons verseker dat ons weer rekord getalle
komberse en ander warm klere sal kan uitdeel. So ons Warm Winter projek
is nou amptelik geloods!!
OP ‘N ANDER HEERLIKE NOOT!
Nou na al die jare se beloftes vir huisies vir van ons hawelose mense
het dit uitendelik gebeur!!!!!!
16 van ons gesinne wat by die Andeon projek vir tot so lank as 8 jaar
gebly het, het uiteindelik hulle huisies gekry. Ons is so dankbaar! Dit
is die “upside”... nou vir die “downside” ... ons het meubels, linne,
gordyne, kos ens ens ens nodig om hulle goed gevestig te kry. Gooi maar
asb enige goeie bruikbare artikels oor na hierdie gesinne toe – groot
asb.
Daar is nou weer plek op die plot vir ander hawelose mense maar
ongelukkig val van die huisies nou letterlik uitmekaar en ons het
dringend hulp hier nodig. Persone wat wil betrokke raak kan Arnold direk
kontak by Sel: 0727095490
WARM WINTER PROJEK
Die winter is hier!! Ons moet nou dringend en baie vinnig warm klere en
komberse bymekaar maak en uitdeel. Die kinders het truitjies en warm
klere nou bitter nodig.
Stuur maar asb alles wat nie meer pas nie vir ons! Veral mansklere!
HUIDIGE SITUASIE
Ons moet nou die projek se versekering hernu wat R7130-53 per jaar is (publieke
aanspreeklikheid ens ens ens) en dan ook al die gewone verpligtinge
nakom. Die winter is op ons, en ons het ekstra fondse nodig vir komberse,
medisyne en kos. Elke moontlike bystand is nou nog meer welkom as ooit
tevore – groot asb.
Dit gaan elke jaar hierdie tyd maar swaar. Ons het nou darem nog
kruideniersware vir die hierdie week se kospakkies vir die enkel gesinne
en dan is dit ook weer klaar. (kos is mos iets wat nie hou nie ) Dan is
ons rakke weereens totaal en al leeg.
Die Huis van Beskerming moet onderhou word met kos en elektrisiteit ens
en die gesin van 4 is nogsteeds daar.
Ons opregte dank aan elkeen wat bydra om verligting te bring vir ons
kinders en bejaardes in nood! Niks hiervan is natuurlik moontlik sonder
die hulp en genade van ons Vader nie! Alle eer en dank aan hom!
Intussen het ons soos altyd enige goeie bruikbare/skoon artikels en
klere nodig. Kruideniersware kom altyd eerste op die lys en met die
winter om die draai is daar die groot behoefte vir warm klere en
komberse!
Ek kan maar net mooi vra... HELP asb om ons in staat te stel om
verligting vir die mense in nood te bring – GROOT ASB
WEBTUISTE www.danvillehulp.co.za
Groete
Elsabe
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk
hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Sondag, 16 Junie is Jeugdag,
Soweto-dag.
Baie mense glo dat die gebeure van 16 Junie 1976 die einde van apartheid
ingelui het. Die opstande in Soweto op daardie dag is aanvanklik bloot
aangevuur deur ontevredenheid oor die toekenning van dranklisensies aan
sekere biersale in die omgewing, maar weldra is politieke inhoud aan die
ontevredenheid gegee en het betogers te kenne gegee dat hulle in opstand
was teen die invoering van Afrikaans as ’n onderrigtaal in sekere skole.
Die nou reeds bekende foto van die dooie kind Hector Pieterson wat deur
’n ouer kind weggedra word, het die wêreld se verbeelding aangegryp en
’n beeld in die internasionale psige vasgelê van weerlose kinders wat
deur polisiemanne afgemaai is.
Maar die werklikheid van daardie dag was anders as wat dikwels
gepropageer word.
Dit was nie net Hector Pieterson en ander jong aktiviste van die ANC en
die swart bewussynsbeweging van destyds wat op daardie tragiese dag
gesterf het nie. Trouens, die prentjie wat homself op 16 Junie 1976 in
Soweto afgespeel het, was anders as wat dikwels vertel word.
Twee destydse staatsamptenare mnr. JNB Esterhuizen en dr. LM Edelstein,
wat welsynswerk in Soweto gedoen het, het die oggend van 16 Junie 1976
Soweto binnegery soos elke dag tevore om hulle dagtaak in die township
te gaan verrig.
Iets was egter nie pluis nie maar toe mnr. Esterhuizen dit besef , was
dit te laat.
Hy is om 10:55 daardie oggend deur die leerlinge van Isaacson Hoërskool
oorval en langs sy motor doodgeslaan. Luidens die nadoodse ondersoek het
merke op sy klere en liggaam daarop gedui dat die gewelddadige kinders
probeer het om hom ook te verbrand.
Slegs 25 minute later, omstreeks 11:20, is dr. Edelstein in ‘n kantoor
van die Jeugsentrum in Jabavu aangeval. Hy is in die kantoor bewusteloos
geslaan en later na buite gesleep waar hy deur die betogers doodgeslaan
is. Sy erg verminkte lyk is ure later eers gevind.
Die wreedaardige manier waarop hierdie twee ongewapende weldoeners om
die lewe gebring is, staan in skrille kontras met die sogenaamde
“heiligheid” van die dag soos dit deur die heersende orde aangebied
word. Dis nou 36 jaar na die gebeure van 1976 en die jeugdiges van
daardie tyd, oftewel die “klas van 1976” is nou deel van die heersende
orde.
Ironies genoeg is dit vandag die Afrikaner wat taalmiskenning, kulturele
vandalisme, gewelddadige misdaad en onoortuigende polisiewerk aan die
hand van hierdie selfde sogenaamde “klas van 1976” ervaar. Die situasie
is so ernstig dat verskeie kommentators reeds na die huidige bewind as
’n tirannie van die meerderheid verwys.
Soos in die res van die Afrikaner se geskiedenis, is daar dalk een ding
wat ons as `n minderheid van daardie dag se gebeure kan leer, naamlik
dat geen gemeenskap hoef terug te staan wanneer dit kom by die opeis van
hul regte nie.
Saterdag vlieg ‘n klomp
malletjies op tv weg op die Cape Epic.
So tussen my popcorn en brannas wonder ek of ek nie ook maar moet fiks
word nie want daar is ‘n paar vrek mooi boudjies op daai baasiekels,
maar ek is so verdomp unfit ek kry milt steek as ek toilet toe loop.
Ek het mos hoeka vir die kinders elkeen ‘n grend baaisiekel gekoop op
rekening nogal en nou ry ek hulle met die kar skool toe en daai helse
duur martelpype staan en oproes in die garage.
Nou kyk ek waar op die ding is die carrier vir toebies en padkos maar
die simpel ding het net so draad rakkie vir water sê die laatie. Water
en wat? Daar sal nooit ‘n bottel J&B inpas nie!
Ek moes seker gekyk het vir een of ander weight limit want as ek ‘n 3
liter Toyota bakkie op sy knieë trek as ek inklim gaan iets sy alie sien
op die ou draadraampie.
Die kinders het loop dekking slaan onder die vêrste bed in die huis met
een of ander sign wat sê “Ek ken nie daai ou nie…”.
Het julle geweet Spandex broeke het ook ‘n rek limiet? Dis soos om daai
maer vroutjie van 7de laan, Hilda, se super small bloomer om ‘n blou
walvis se gat te probeer trek.
Jou aambeie skuif tot onner jou oksels.
Dank Vader die pienk fiets se ketting lyk soos iets wat mens in
Richardsbaai se hawe vergeet het van die roes en ek pick die geel een
van die laaitie. Ek het een van die kinders se Helmets geleen al kon die
twee net uit decency vir my gesê het dis ‘n skateboard helmet.
Nou onthou, ek het laas fiets gery toe ‘n Chopper nog ‘n professionele
resies bike was en ek beklim die stukkie draadrank terwyl ek aan die
prieël vashou om nie om te dinges nie.
So met die been oorgooi gee die spandex op en flash ek my vrou in die
kombuis wat haar alie afskrik en ek hoor net koppies val in die wasbak.
Nou moet ek my gewone PT broek dra maar die saal is vir iemand gemaak
met minder boud-cleavage as ek en so met die sitslag verdwyn daai saal
met my nuwe onnerbroek en die helfde van die PT broek die onnoembare in
en verstaan ek skielik wat ‘n wedgie from hell is. Dis finkenol teen wat
ek nou beleef!
Die arme fietsie se shocks lê halfpad verby hul optop level en al is die
tyres 104.7 BAR gepomp lyk hulle steeds pap, maar vandag word ons fiks!!!!
Nou die wat die plek ken waar ek woon, weet van die enigste koppie in
die omtrek net agter die huis. Nou as ek hom nou kan uittrap en terugkom
sal ek in ‘n kort rukkie fiks wees, reken ek.
Vader, die munisipaliteit se lorries kom nie eers daar uit nie en na ‘n
ongoddelike strawwe , bloedswetende, asembenewede eerste 12 meter vang
ek lift met ‘n bakkie op tot bo.
Afkom lyk makliker…
Nou die wat nie fietsry ken nie, weet seker nie dat die voorbriek nie
goed werk op ‘n afdraend nie.
Nevermind, met my skateboard helmet, Pt broek driekwart in my
watchemaycallit, vellies en rugbykouse bespring ek daai martelpyp bo-op
die koppie ten aanskoue van ‘n ander gesinnetjie Cape-Epic wannabe’s.
Die ma druk sommer die dogtertjie se oë toe want ek het later by die
ambulansman gehoor ek het bout-cleavage gegooi vir Afrika.
Toe die predikant my kom besoek het vanoggend wou hy weet of ek so in
die afkom dalk ‘n bees in volle vaart met een of ander geel ding in sy
alie daar sien afkom het.
So op sy droë manier kan hy ok maar ‘n drup wees.
To hell met fiks word. Boude is mooier op TV en my gips kom anyway eers
oor vier weke af.
-Groete Petrus
Outeur onbekend
Die storie van
my broer en Lieb Bester - Helena Graham |
My broer en Lieb Bester was bure
in Oudthoorn in die weermag. Elke jaar is daar n
groot konsert gehou vir al die hogere inwoners van Oudthoorn en ook vir
offisiere wat
spesiaal uitgenooi is.
Hulle het een jaar besluit om die amper-onmoontlike te doen en n konsert
in die Kango-
grotte beplan. Daar is bankies ingedra met kniekombersies vir ingeval
dit koud sou
word. Die troepe is geleer hoe om die gaste na hulle plekke te neem…alles
haarfyn,
Army Style!
Lieb was natuurlik besig met die konsert se optreding en musiek. My
broer was in be-
heer van die logistiek. Hy het n klavier laat uitmekaarhaal, in die
grotte ingedra en die
goeie musiekstudente het hom weer aanmekaar gesit en ingestem.
n Spesiale sangeres is genooi om te kom sing. Daar is vir haar n kamer
in die hotel in
n hotel bespreek, n motor is gereël om haar op George se lughawe te gaan
haal. Daar
is n mooi ruiker in haar kamer afgelewer.
Ongeveer 2 uur voor die aanvang van die konsert, kry my broer die gevoel,
soos ek ook,
van “konstabel Hondsegedagte” Hy bel die hotel om te hoor of sy gelukkig
is en hy
ontdek dat sy gladnie opgedaag het nie, sonder om hulle te laat weet.
Hy en Lieb was natuurlik diep in die moeilikheid en Lieb het gedink dis
die einde van sy
loopbaan. Hulle moes maar koppe bymekaarsit en n plan maak. Die destydse
bevel-
voerder het net gesê daar sal n konsert wees en klaar.
Al raat was om na die verskeie groepe wat net van die grens af gekom het
te gaan en te
vra wat hulle kan opdis. Elke groep moes die beste kies en gou oefen
voor Lieb.
Hulle het heelwat talent gekry onder die wat kon sing of klavier of
ander instrumente
kon bespeel.
Natuurlik moes die Kaapse Korps ook deelneem. Daar was n outjie van die
Kaapse
Vlakte wat goed kon briekdans en hulle het dit maar vir laaste te los.
Lieb en my
broer het maar agter gestaan en my broer moes Lieb maar help bid.
Toe dit die outjie van die Kaapse Korps se beurt is, begin hy briekdans
soos hulle nog
nooit tevore gesien het nie. Toe hy op sy kop staan en dans met die
“strobe lights”
wat teen die grot se kante hom van alle kante belig, staan almal op en
gee hom n staande
ovasie.
Lieb het nie sy pos verloor nie en almal het daarop aangedring dat daar
elke jaar n
konsert net deur die troepe gehou moes word. Almal se basse was gered.
En ou Lieb speel nog lekker in Villa Rosa!
Snotkop - Lianda
van der Merwe |
Almal in die Armykamp het hom so
genoem. Of hy `n regte naam gehad het, weet ek nie. Snotkop het langs
ons in T60 gebly. Hy het meer raas gekry as die troepe wat oorkant in
die barakse gebly het.
Hy het oom Idioot in T64 se kat eendag met `n waterpistool binne-in `n
kaktusbos ingespuit. `n Helse geskreeu het ons buitetoe laat hardloop.
Die kat het erger as `n ystervark geskreeu wat se penne uitgeruk word.
Snotkop het so al om die kaktusbos gedans en Indiaankrete gesing.
Ousus het hom `n skuinsklap oor die kop gegee en gesê hy moet sy kak
laat staan.
Sus Sexy het die huis ingehardloop en vir Sant Major gebel. Die kat se
pyngevulde skreeu kon jy nou al drie sirkels ver hoor. Ek en sus Dimpels
het gestaan en huil. Sus Blondie het ons getroos en gesê Sant Major sal
nou-nou hier wees en hy`s sterk en Snotkop sal pakkry, ons moenie worrie
nie.
Sant Major en oom Swannie het met die Lugmag se rooi Brandweer- Land
Rover opgedaag.
Snotkop was obviously spoorloos weg. Sant Major het vir oom Idooit gebel
om sy kat te kom haal. Niemand het geweet of die kat dit gaan maak nie.
Hy het nou net slap daar tussen die dorings vasgesit.
Oom Swannie het hom met `n lang net uitgewikkel en die kat het begin
spin.
Oom Idioot het sy kat, wat soos `n ystervark lyk in `n sagte handdoek
toegerol. Hy het elke lang doring self uitgetrek en vir Snotkop, wat
weer iewers uitgekruip het gegil.
Hy`t gesê dat hy vir Snotkop by duin 7 sal gaan aflaai as sy ma nie kyk
nie en dan vir hom sou wegry sonder om `n waterbottel te los.
Oom Swannie het vir Snotkop van agter gegryp, oor sy been gegooi en `n
warm loesing gegee – met `n skoon sakdoen sy vuil gesig afgevee en `n
dogbiscuit in die hand geprop. Snotkop het hom om sy been gevat en gevra
of hy op die rooi Land Rover mag klim. Oom Swannie het hom voor laat
inklim en die hawkie-talkie laat gebruik na die basis. Snotkop het self
vir hulle laat weet dat alles weer pluis is. Snotkop het twee dae lank
met `n smile geloop. Hy was egter hoogs beὶndruk deur oom Idioot se
dreigement en het sy kat vir baie lank vermy.
Een Nuwejaarsnag het Snotkop weer by oom Swannie pakgekry. Oom Swannie
het hom gekry waar hy in die Offisiere menasie se badkamer sit en
krekkers brand. Die lawaai het 5 troepies en oom Swannie soontoe laat
hardloop. Dit was in die 80`s waar terroriste reeds 2 menasies in een
jaar laat ontplof het met petrol wat in muurligte gesit was. Dus was
almal weer `n helse vuur te wagte.
Niks het vlam gevat toe hulle op hom afkom nie, maar sy gat wel.
Snotkop was net so oor 4 jaar, anders kon hy groot moeilikheid opgetel
het. Niemand het hom beskuldig van terrorisme nie, maar soms het oom
Swannie vir hom gesê hy`s `n regte klein terroris.
Suster Wanlis, die kwaai siekeboeg suster, en elke troep se nagmerrie,
moes menigmaal vir Snotkop vier sirkels terugstuur huistoe. Hy het
tussen die siek troepe in die beddesaal gaan kuier net wanneer hy kon.
Hy`s altyd daar weg met handevol lekkergoed wat hy uit die troepe
gepraat het. Soms het Sister `n houertjie pitseersalf saamgestuur
huistoe. Dit was elke Armykind se las een of ander tyd.
Sy haasbek en blouselblou oë wat duiweltjies kon dans, kon niemand
weerstaan nie.
Almal se seun – Snotkop!
Blonde bolletjie lag – stoutgat – VERBY!
Snotkop se ma gil eendag beangs. Ons storm buitetoe.
Hy sit op hul huis se dak met `n blikkie kondensmelk. Weier om af te
klim, sê hy weet nie hoe nie. Ons weet hў weet presies hoe.
Ons sien die Kamferboom langs die huis. Stille getuie van die weg
boontoe. Die Armyhuise is in vuurhoutjieboks-vorm gebou met plat dakke.
Dus is hy veilig as niemand hom pla nie.
Ousus bel vir Sant Major. Sant Major swets in troepietaal. Hy sê hy gaan
vir Snotkop en sy ma kom donner oor sy die kind op `n dak laat klouter.
As hy een been in sy lyf breek, gaan hy haar sommer aankla by die welsyn!
Sant Major vergeet in sy woede dis SNOTKOP!!
Niks en niemand stuit hom as hy op `n missie is nie. Veral nie sy sagte
ma wat staan en huil en smeek dat hy moet afkom ondertoe nie.
Oom Swannie was binne ses minute daar. Snotkop se blikkie kondensmelk
leeg. Die sirene en groot rooi wa van die Lugmag Brandweer het Snotkop
laat belangstel wat om hom aangaan. Hy`t die leë blikkie op sus Dimpels
se kop gegooi.
Snotkop was seuntjie gelukkig en hoogs in sy noppies met oom Swannie en
die lang leer wat hom kom red het. Hy het weer `n pakslae gekry, maar
het vir weke lank prentjies met stokke in die soutgrond geteken. Elke
prent was van brandweerwaens met lang lere.
As jy saans `n bulderstem hoor wat skreeu: ” SNOOOOOOOOOTKOP!!!”, moes
jy weet sy pa is tuis, maar Snotkop nie. Snotkop het menigmaal loop TV
kyk by enige huis in die sirkel wat se deur nog oop gestaan het. Soms
het hy tussen ons ses meisies aan die slaap geraak, dan het Sant Major
hom oor die heining vir sy pa gaan gee.
Snotkop was Army domein. Amal het help grootmaak aan die wilde kind met
die sagte oë.
Snotkop se ma was die dag net oorkant die soutstraat by die Army-tandarts.
Snotkop was stil die dag, besig om met sy fietsie al in die sirkel te ry.
Geen kattekwaad wat in die blonde koppie broei nie.
Die tyd toe ek en Ousus gelyk gil, was die vlamme reeds deur die
vensters sigbaar. Die gordyne het buitetoe gewapper in geel en rooi
vlamme. Baie rook het by die deur uitgebol. Ruite het begint ontplof na
buite. Skerwe glas het deur die lug getrek. Oom Atlas Rot se skaaphond
het begin tjank.
Ousus het my onderstebo gestamp om by die huis in te hol. Die foon het
getttttrrrr soos sy die nommer draai.
Die sirenes was kras. Drie rooi waens het aangejaag gekom.
Die manne was stil en vinnig. Spuitslange was blitsig afgerol. Boë water
het oor vlamme gespuit wat al aan die dak lek
Elektriese klappe het geskiet soos AK`s op outomaties.
Na 35 minute was alles geblus. Net swart rook het nog in die lug gehang.
Snotkop se ma was terug van die tandarts af. Sy kon nie huil toe oom
Swannie uit die puin van die huis strompel met `n klein swart bondeltjie
lyfie nie. Haar gesig was wit, traanloos, haar oë dood.
Oom Swannie het hom in `n silwer sak toegerits en in die arms van `n
appie laat los.
Hy`t teen `n rooi wa gaan val en HARD gehuil. Snot-trane, swart roet en
sout strepe sy verwronge gesig vol.
Almal wou so huil. Niemand behalwe oom Swannie kon dit dadelik uit die
hart uit huil nie. Ons het gehoop dis net `n Snotkop grap en dat Sant
Major netnou weer sal sê dis oraait.
Dit was nooit.
Ps. Niemand weet hoe die brand veroorsaak was nie. Die Armyhuise se
elektrisiteit was toe al oud. Die hele kamp was 2 jaar later ontruim agv
van brande wat al hoe meer ontstaan het, sonder dat iemand kon sê waarom.
|

|
Ek skryf mos nou fotos in by
salonne wat deur kameraklubs aangebied word met die hoop om
"acceptances" (aanvaardings) te kry. Ek is nogal redelik suksesvol
met amper 200 aanvaardings tot op datum. 'n Onlangse salon het een
kategorie gehad "Die Fotograaf". Ek wonder toe watse foto ek daar
kan inskryf. Elk reken toe dat ek self 'n fotograaf is en neem 'n
foto van myself en skryf dit in. Groot was my verbasing toe die foto
'n aanvaarding kry! |
|
|
Ek het nou al my Afrikaanse
resepte eBoeke gebruik, as iemand dalk het
laat weet
asseblief!
Vir nog pasellas gaan kyk na my
nuusbrief argiewe, meeste nuusbriewe het gratis resepte eBoek wat jy net
kan aflaai. Gaan na
www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Lekker
lugkastele bou -
Oorsese Lottos |
Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en
sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot
droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis
kaartjie ook! Waarvoor wag jy?
Hier is die lys van beskikbare
Lotto s en die huidige boerpotte:
Powerball US $86,000,000
SuperEnaLotto EU €21,800,000
MegaMillions US $22,000,000
MegaSena US $21,300,000
EuroMillions EU €15,000,000
UKLottery UK £9,300,000
ElGordo EU €7,800,000
SuperLottoPlus US $10,000,000
FranceLoto EU €5,000,000
OzPowerball US $2,900,000
Sjoe, dis darem maar groot geld!
Ekke is ook op
Facebook, kry my by
www.facebook.com/Peterjasie
ons is
gatvol
onder die blou van onse hemel
staan die president se straler
200 miljoen om sy kaias mooi te maak
en die volk loop kaler en kaler
plaasgrond lê soos wit olifante
onbewerk en ongeploeg
ons betaal belasting en hou ons bekke
... ons is gatvol, ons is moeg
die paaie is vol potholes
malema verduister tendergeld na sy tribe
spietkops kan nie behoorlik skryf nie
maar jy kan loskom met ń bribe
ń bees word barbaars keelaf gesny
terwyl zuma wééreens trou
pap en vleis vir die paartie
in tradisionele drag, sy vyfde vrou
plakkerskampe by die duisende
skiet op sommer so oornag
almal kry gratis water
en steel by eskom krag
ek werk met kriminele
poligraaf elke liewe dag
sien die haat in hulle oë
wat steel en moor en verkrag
skuins voor Potgietersrus
staan plaasmoord-kruise geplant
ń hele berg vol daarvan
ons is níks in moedersland
ek dank weer die Here
vir goeie gene en gesonde verstand
ek kan alles bereik in die lewe
sonder om klip te gooi en te brand
Van Solovlug
Alles wat jy wil weet oor die
huidige Super 15 seisoen. Regs klik net en laai af na jou rekenaar
AS jy dit elke week wil ontvang,
stuur 'n epos aan Loot Eksteen en vra dat hy dit vir jou aanstuur
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Zalome -
Afrikaans op die net |
Zalome is nog
iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te
bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee
soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.
Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang,
doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo
sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit
aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).
AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com
AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
Sommer met die intrapslag
hou ek niks van die Ingelsman wat my kleindogter hier by ons kom
aansleep nie. Vir weke al sien ons uit na haar kuiertjie uit London en
aan die begin kon ons nie fout sien, dat sy nou haar Ingelse
boyfriendjie wou saamnooi op 'n onvergeetlike toer saam met Oupa en Ouma
deur die Kruger Wildtuin nie.
Uiterlik nie 'n onaangename seun nie, maar toe die bleeksiel sy bek
oopmaak en my met "Hello Gramps" groet, is my moer klaar suur. Sulke
voorbarige vermetelheid. Met die pap handjie waarmee hy bladskud, skud
ek hom amper uit sy oorbel en hy het reeds een verloor.
Maar opgedress vir die okkasie hoor. Leerstewels wat amper tot by sy
knieë kom, sy khakibroek al die pad ingedruk. Met sy dik belt se gèspe
sal mens 'n olifant met twee houe kan doodslaan.
Wat die man als gelees het oor Suid-Afrika weet ek nie, maar aan die
belt is 'n waterbottel, 'n mes wat amper sy stewels raak, 'n moon-bag
met 'n rooi kruis op en een van daai kanariegeel selfone met die baie
knoppies.
Die man dra 'n swart t-shirt wat sê rook is verbode en iets van die
aardbol wat warm word. Maar ek weet, die Wildtuin is nie speletjies oor
Desember nie. Warm gaan die man beslis warm kry en rook gaan ek beslis
rook, al het Kleinpop my agteraf gewaarsku dat die man so bietjie
opgewonde oor tabakgebruik kan raak.
Die man is goed in tale ook. Al drie Afrikaanse woorde by Kleinpop
geleer. 'Dankie, kak en lekka.' Alles is kak of lekka. Kleinpop is lekka.
Ons paaie is kak. Die son is kak. Ouma se koeksisters is lekka. Vreeslik
puntenerig oor kos ook, die mannetjie. Eet nie vleis nie, eet nie dit
nie, eet nie dat nie, daai moet eers gekook word voor hy sal drink ens,
ens. Ek kon dit nog vat toe die man iets van "kak SUV" sê toe hy in die
kombi klim, maar toe die man "kak music" op my Klipwerf mompel, steek ek
summier my pyp op. Sommer so in die ry, soos ek altyd maak.
Kleinpop probeer nog verbouereerd keer, maar Oupa leer die man nog
bietjie Afrikaans: "F*k jou, in my Van rook ek, broer." Die man leer
vinnig en maak sy eie Afrikaanse kombinasies: "F*k, this rook is lekka
kak, dankie."
Maar met 'n man wat nie vleis eet nie, gaan dit maar lekka kak in die
wildtuin. Teen dag drie is die man se slaaiblare wat hy in Phalaborwa se
Spar gekoop het al heel vrot. Sy dieet bestaan uit Ouma se padkos-
koekisters, Nik-Naks en braaivleispap sonder sous. Teen aand vier is hy
honger genoeg om sy vegetariese geloof te verloën. Natuurlik nie openlik
nie. Vang ek vir Kleinpop uit, toe sy ongemerk 'n tjop of drie na die
man se tentjie toe smokkel.
Dag vyf ruik ons al vroegoggend vegetariese maag- reaksies op vleis. Net
mooi in die middel van nêrens en op die dag se hitte kom klop die man op
my skouer hier voor in die kombi, so in die ry. "I MUST go!" beduie die
man na sy poephol - asof ek nie lankal kon ruik wat hy wil doen nie.
Ek stop maar die kombi naby 'n laagte boompies. Dit is in elkgeval so
warm, geen dier sal dit in die omgewing waag nie. "There," beduie ek hom
na die boompies. "No ways!" protesteer die mannetjie toe. Ek beduie vir
die mannetjie in my beste Engels dat daar "no ways" is dat hy verder my
kombi se binnelug met sy buikwinde gaan ontsier. As hy nie nou sy ding
gaan doen nie, gaan hy verder stap. "Gee vir die man kakpapier," beveel
ek vir Kleinpop. Die man weet nou al genoeg van Afrikaans om te smeek
"No, I want nice paper please!"
Soos iemand wat oor duwweltjies stap, benader die Ingelsman sy
natuurtoilet. Na 'n rukkie verdwyn hy agter die boompies Ons kyk maar
almal versigtig in die omgewing om die man darem betyds te waarsku, sou
daar dalk ongediertes nader sluip. Nou een ding van die Wildtuin. As een
kar stop, stop almal agter hom om te kyk watse diere kyk die voorste
kar. Veral so op die middaghitte as daar min is om te sien. Die
Ingelsman het skaars gehurk, voor die Land Rover agter ons stop. Die
gesinnetjie bespied die rigting wat ons kyk. Hulle wil ook sien wat ons
sien. Verkykers word uitgehaal. Nog voertuie stop.
Een ou klim uit met 'n groot kamera op 'n driepoot. Nog karre stop. Na
vyf minute lyk dit soos die Dakar Rally wat wil afskop. Groepies brawes
staan teen die reëls orals buite hul karre en kyk met lang lense. Party
klim bo-op hul voertuie se dakke vir 'n beter uitsig.
Wild was besonders skaars hierdie jaar. Nou of daar werklik een was,
weet ek nie, miskien
was dit 'n oorywerige verbeelding in 'n desperate soeke na diere. Maar
toe die ou so ses karre van ons af skree "Leeu, ek sien hom!" weet ek
die Ingels- man verstaan meer Afrikaans as wat ons gedink het. Met al
die mense wat so staan en kyk na die veld agter hom, kry die kreet nog
eerbaarheid ook.
Soos 'n lus foksterriër wat hitte geruik het, peul die man uit sy
bostoilet uit en hardloop vir die kombi. Die broek om die enkels laat
die man so paar keer pens en pootjies neerslaan, maar sy herstel is elke
keer merkwaardig. Sy roete na die eindpaal is een stofbol soos die man
beweeg.
By die kombi aangekom is die man se broek darem min of meer heuphoogte,
maar in die veld lê 'n lang mes en 'n kanariegeel selfoon. Die Ingelsman
soek dit klaarblyklik nie terug nie. Die konvooi karre agter ons, ry
stadig verby, terwyl die Ingelsman sy broek en asem op die regte plekke
kry.
Te oordeel aan die hoeters en gesigte het die mense waarde vir geld in
die wildtuin gekry.
Na die vakansie is Kleinpop heel uit haar Ingelsman uit. Dié het sommer
vroeg 'n vlug London toe gevat. Sy wil hom nie weer sien nie. Miskien
was dit die nagedagte aan die ongebruikte toiletpapier.
Miskien was dit die klein, bleek, swaaiende voorgedagte……
1) Baas toets blond se wiskunde:
"As ek vir jou R5 miljoen minus 10% gee,
hoeveel trek jy af?" Blond: "Als Meneer!.... Skoene, rok, bra, pantie
-FLIPPEN ALLES!"
2) 'n Engelssprekende vrou gee geboorte. Sy vra die 'blonde' Afrikaanse
suster aan diens: "Is it a boy?" Suster: "Nee mevrou, dit is 'n wit
kind."
3) Gatiep: Gammat, wasse honne het djy?
Gammat: Haskies.
Gatiep: Ek vra wasse honne het jdy man....
Gammat: Haskies!!!!!!!!
Gatiep: Ag voetsek - Djou dowe blik--m !
4) Koos maak 'n ongeluk. Hy se vir die polisieman: "Ek vermoed die
bestuurder van die ander kar is dronk." Polisieman: "Ai meneer, die
ander
kar is dan 'n koei.....!"
5) Mike vra Kallie - Is Portugal ver? Kallie se nee, hy glo nie, want
daar
was Portugese saam met hom op skool en hulle het almal met fietse gery!
6) Man hardloop kaal in die bos. Twee olifante sien hom. Een sê:'Kyk hoe
maer is hy!' Die ander een sê: ' G'n wonder nie, kyk waarmee moet hy eet!'
7) Man vat sy siek vrou Dokter toe. Na die ondersoek sê die Dokter vir
man,
'Ons het hier met 'n baie lelike ding te doen.'
Man sê: 'ek weet Dok, maar sy is regtig goed vir die kinders'.
8) AVBOB ADVERTENSIE:
Koop jou gat nou en sien hom later!
9) Al die diere in die woud het bymekaar gekom om 'n nuwe koning te kies.
Almal is daar, leeu, olifant, renoster, hulle wag net vir bobbejaan om
hierdie brief klaar te lees .....
st
se pitkos
Klik hier
om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Welkom by hierdie
week se nuusbrief.
Gedagtes oor Depressie
Depressie is al genoem die siekte van ons tyd, die kanker van die
gees. Depressie is die onwelkome besoeker in menige lewe. Dit bestaan in
verskillende vorms, neem verskillende maskers aan. Depressie ontsien
niemand - kom voor onder enige klas, ryk of arm, geleerd, slim of dom,
mans, vroue en kinders, oud en jonk. Daar is dan ook letterlik honderde
boeke en artikels hieroor geskryf. In ons bespreking maak ek hoofsaaklik
gebruik van Dr Harold H. Bloomfield & Peter McWilliams (in How to heal
Depression); Paul Gilbert (in Counselling for Depression); Izak de
Villiers (in Depressie) en persoonlike ervaring uit my praktyk:
Reeds oor die 2000 jaar gelede het die Griekse geneesheer Hippokrates
dit geďdentifiseer en melancholia genoem. En dit wil lyk of baie mense,
wat beroemdes en bekendes insluit, aan hierdie siektetoestand gely het.
So word gemeen dat Koning Salomo depressie gehad het. So ook musiek
komponeerders soos Gustave Mahler, Tchaikovsky, Sibelius; politieke
leiers soos Abraham Lincoln en Winston Churchill; skrywers, digters,
kunstenaars, akteurs soos Ingrid Jonker, Edgar Allen Poe, Barbra
Streisand, Peter Sellers, John Lennon; predikers soos Martin Luther en
Billy Graham - letterlik deurstroom depressie alle samelewingsvlakke en
beroepe.
Mysteriously and in ways that are totally remote from normal experience,
the gray drizzle of horror induced by depression takes on the quality of
physical pain.
- William Strron -
Ons gebruik dikwels die term depressie in ons alledaagse gesprekke,
byvoorbeeld: "My rugbyspan maak my so depressief wanneer hulle so vrot
speel," maar eintlik is jy net ongelukkig oor hulle swak spel. Of: "Dit
is regtig depressief om hier te werk," maar eintlik bedoel jy dat jy
verveeld is met jou werk. Daar is egter 'n groot verskil om ongelukkig
te wees en depressie. Jy kan byvoorbeeld ongelukkig wees oor 'n nare
ding wat met jou gebeur het, maar jy kan jouself troos en steeds in
kontak met die węreld bly. Wanneer jy egter depressief is, raak jy
geďsoleer van mense, jy sny jouself van jou eie emosies af, gee nie meer
om nie, en jyself word jou grootste vyand.
Wat is depressie? Depressie is 'n intense neerslagtigheid (bedruktheid,
teneergedruktheid) wat in die reël gepaardgaan met gevoelens van
ontoereikendheid, onsekerheid, pessimisme omtrent die toekoms, asook
sosiale onttrekking en verlaagde psigomotoriese aktiwiteite (Psigologie
Woordeboek van Louw e.a.)
Depressie affekteer 'n mens in verskillende aspekte van funksionering
(Paul Gilbert in Counselling for Depression):
Motivering: Apatie. Die verlies van energie en belangstelling, sake blyk
futiel en sinloos te wees, hopeloos sonder uitsig.
Emosioneel: Depressiewe en swartgallige gemoedstemming, plus 'n leegheid,
woede of gegriefdheid, wrewel, angs, skaamheid, skuldgevoelens.
Kognitief: Swak konsentrasie, negatiewe idees oor die self, die węreld
en die toekoms.
Fisiologies: Slaapversteurings, verlies van aptyt, veranderinge in
hormone en brein stowwe.
Depressie kan verskil in terme van lengte en intensiteit van die
simptome, hoe lank dit duur en hoe dikwels dit voorkom. By individue kan
dit dus wissel van lig tot matig tot 'n baie intense en ernstige
depressie. Depressie kan 'n akute ontstaan hę (binne dae of weke) of kan
oor 'n lang tydperk kom (maande of selfs jare.) Depressie kan chronies
wees (byvoorbeeld, langer as twee jaar), of van korter duur (herstel
binne weke of maande) of dit kan 'n sikliese patroon toon.
Dan is daar ook verskillende vorms van depressie wat onder verskillende
omstandighede manifesteer soos nageboortelike depressie, endogene
depressie, reaktiewe depressie, unipolęre depressie, bipolęre depressie,
depressiewe neurose, anaklitiese depressie, geagiteerde depressie,
gemaskeerde depressie. Ek bespreek egter nie al die verskillende soorte
van depressie nie, maar gaan volstaan om kortliks te verwys na twee
soorte (aangepas uit Psigologie Woordeboek van Louw e.a.):
Endogene depressie: Dit is 'n depressie wat teruggevoer kan word na 'n
biologiese of fisologiese basis, soos byvoorbeeld 'n biochemiese
wanbalans in die brein; 'n genetiese predisposisie.
Reaktiewe depressie: Dit is 'n depressie wat veroorsaak word deur 'n
eksterne gebeurtenis, wat gewoonlik die verlies van iets insluit soos
die afstaan van 'n geliefde aan die dood, verlies van 'n ledemaat,
afgedank word by die werk, 'n verhouding wat skeefgeloop het.
Joy, affection, desire, pride, humor are all drained away. What makes
life worth living disappears slowly, relentlessly until nothing seems to
be left. Anhedonia creeps in and claims the person who once laughed with
you, who once hugged you, who once loved to be first on the hill to
catch the new powder snow. The lights go out one by one. It is the death
of the spirit.- Maryellen Walsh -
Wat van selfmoord? Selfmoord doen homself soms voor as 'n opsie. Daar is
verskillende sielkundige teorieë oor die dryfkrag of motivering agter 'n
selfmoord of poging tot selfmoord. Navorsing toon dat depressie 'n hoë
korrelasie met selfmoord toon (J.F. Prinsloo en D.A. Louw in
Suid-Afrikaanse Handboek van Abnormale Gedrag.)
Daar is 'n klomp psigodinamiese faktore wat 'n rol speel en 'n mens moet
versigtig wees om dit nie te verooreenvoudig nie, want die mens is
kompleks en jy verstaan nie altyd die gedagtes, motiewe en konflikte in
'n ander persoon se gemoed nie. Dorothy Rowe (in Breaking the Bonds)
meen dat selfmoord en fantasering hand aan hand gaan. Wanneer ek
doodgaan, is ek tog ontslae van hierdie węreld en al sy probleme. Ek sal
wegdompel in 'n lekker rustige donkerte. 'n Verbeeldingsvlug is soos 'n
fliek wat jy kyk, jy kan weer terugspeel, tonele oorspeel, kyk wat die
ander mense se reaksie op jou dood is. Jy kan dit selfs redigeer om dit
te laat eindig soos wat jy dink dit behoort te wees. Maar 'n fantasie is
nie die werklikheid nie. Die realiteit kan jy nie weer terugspeel en
redigeer nie. Wanneer iets nie uitwerk soos jy daarvan hou nie, kan jy
dit nie sny en verander nie. Maar ons het 'n keuse, en die keuse is om
te bly lewe. Die doel van die lewe is om dit te leef. Een lewe leef dit
- ek het die keuse om myself te wees, maar neem ek my lewe weg - kan ek
dan myself nog wees? Lewe is die werklikheid. Laat ons ja sę vir die
lewe en die keuses wat ons maak.
Maar goed, jy het nou beland in hierdie donker gat van depressie? Hoe
gaan jy daaruit kom en hoe sal jy kan ja sę vir die lewe; wat kan jy
doen omtrent jou depressie? Kom ons kyk na 'n paar oplossings en dinge
wat nodig is:
· Moet ek 'n dokter gaan sien? Ja, indien die depressie 'n ernstige
probleem raak, is dit die beste om 'n professionele persoon te
konsulteer. Jou huisdokter kan vir jou help en ook medikasie voorskryf -
veral 'n huisdokter wat belangstelling in depressie toon en bereid is om
'n goeie diagnose te maak. Ook goed om 'n psigiater in die verband te
spreek, wat dan 'n deeglike evaluering en diagnose kan maak en na die
mediese kant omsien. Gewoonlik werk die psigiater saam met 'n
sielkundige (of 'n ander gekwalifiseerde gesondheidsberader) wat die
psigoterapeutiese deel van die behandeling hanteer. Wonderlik as die
psigiater en sielkundige in 'n span-poging saamwerk om jou te help.
· En wat van medikasie? Daar is 'n hele paar antidepressante op die
mark. Gewoonlik is dit nie afhankliheidsvormend nie. Die verskillende
soorte medikasies werk verskillend, maar die oorkoepelende effek is
dieselfde: die neurosenders in die brein word in balans gebring, sodat
die nodige harmonie in die brein kan herstel. Die medikasie werk
geleidelik. Wees dus geduldig en moenie dit sommer stop gebruik, wanneer
dit nie in die eerste paar dae die gewenste uitwerking het nie.
· Bespreek die uitwerking van antidepressante met jou geneesheer - veral
as daar probleme voorkom soos dat dit nie met jou akkodeer nie of as die
newe-effekte te erg is. Moenie te lank wag nie, sodat die dokter
vroegtydig 'n ander medikasie kan voorskryf wat beter vir jou is.
· Eet goeie gesonde kos en gebruik natuurlike aanvullings. 'n Dokter kan
toets watter aanvullings jy kort. Gebruik vitamiene, voedsel en
multiminerale aanvullings van 'n produk waaroor goeie navorsing gedoen
is - maak seker van wat jy in jou liggaam inneem.
· Pas jou liggaam goed op. Doen gereeld oefeninge. Wanneer jy depressief
is, moet jy aan die beweeg kom. Gaan stap, draf, gym, doen joga,
aërobiese oefeninge, raket sportsoorte, dans. Kry 'n goeie massering, ry
fiets, gaan swem. Bou jou liggaam op, maak dit sterker, meer buigsaam.
· Hou op rook. Vermy alkohol. Skei uit met slegte gewoontes wat jou
liggaam en siel skade aandoen.
· Lees boeke en luister na klank of video kassette wat vir jou inligting
kan gee oor depressie, maar wat jou tot nuwe tegnieke en maniere
motiveer om jou lewenstyl te verbeter. Wanneer jy byvoorbeeld in jou
motor ry kan jy na 'n goeie kasset luister wat jy jou motiveer en dan
gebruik jy sommer die tyd produktief.
· Skakel in by 'n groep wat jou kan ondersteun. Dit kan jou familie of
gesin wees, vriende of vorm 'n ondersteuningsgroep met ander wat ook
deur depressie gaan of gegaan het. Dan kan julle mekaar bel, kaartjies
stuur, bemoedig, inligting sirkuleer en byeenkomste reël - dit moet net
nie verander in 'n 'wroeggroep' nie.
· Werk aan die verhoudinge met mense naaste aan jou. Byvoorbeeld, in die
huwelik - jy lei aan depressie en is lus vir niks. Maak nou 'n punt
daarvan om jou eggenoot uit te neem vir 'n fliek of om 'n ent te gaan
stap. Dink aan goed wat jy lank terug gedoen het wat baie lekker was, en
nooi jou wederhelf saam. Hierdie aksiestap van jou is reeds 'n eerste
stap om van die onbuigsaamheid en stagnasie van depressie ontslae te
raak.
· Depressie kan ontstaan as gevolg van finansies. Sorg dat jou finansies
in orde is. Moenie op skuld en op die kredietkaart koop nie. Moenie
onnodige dinge koop nie, moenie geld op dobbel verspil nie. Werk
noukeurig met jou geld, sodat finansiële probleme nie jou toestand
vererger nie.
· In 'n toestand van depressie sien 'n mens gewoonlik alles as
swartgallig. Leer om weer dankbaar te wees vir alles rondom jou. Wees
dankbaar vir die klein dingetjies. Vir die son wat skyn, die blomme wat
jy kan sien en ruik, vir hande en voete, die lag van kinders wat jy kan
hoor. Deel hierdie dankbaarheid met ander. "Dit was baie lekker, dankie,"
as jy 'n lekker appeltert proe wat iemand vir jou gegee het.
· Doen iets kreatief. Skryf 'n storie. Skilder iets waarvan jy hou. Maak
'n gedig. Skryf 'n lied en neem dit op. Sluit aan by 'n amateur
toneelgeselskap. Werk in die tuin, spit en plant, en verander. Doen 'n
kursus in pottebakery. Daar is talle goed waarin jy jou kreatiwiteit kan
uitleef.
· Luister na musiek. Kies lekker goeie musiek, want dit kan baie
opbeurend wees. Musiek vertolk ook jou emosies en is terapeuties van
aard.
· 'n Goeie uitbundige lag is goeie medikasie vir die depressiewe gemoed.
Kyk na 'n goeie komedie, luister na 'n goeie humorisitiese vertelling of
grap. Leer om weer te lag.
· Slaap is baie belangrik. Neem 'n lekker warm bad, luister na musiek en
wees rustig in die halfuur voor slapenstyd. Indien slaap ontwyk, vra jou
dokter 'n slaappil wat jy kan gebruik en wat nie teenwerkend met enige
ander medikasie is wat jy gebruik nie.
· Kry iets afgehandel of anders los dit heeltemal. Onafgehandelde dinge
werk op jou senuwees en maak jou meer depressief. Stel 'n teikendatum
vir wanneer jy iets wil afhandel. Fokus daarop en doen dit. Indien jy
nie meer kans sien vir 'n saak of 'n projek nie, neem die besluit dat
dit nie meer vir jou is nie, en sny dit heeltemal uit jou gedagte en
lewe uit - moenie tyd mors op goed wat jy nie meer wil doen nie. Wees
realisties, konsentreer eerder jou tyd en energie op 'n saak of projek
wat jy sinvol binne 'n vasgestelde tyd kan voltooi.
· Hou 'n dagboek. Skryf neer jou gevoelens, emosies, wedervaringe, alles
wat jy probeer het en jou frustrasies. Behalwe dat dit 'n plek is waar
jy al jou trane kan uitstort, is 'n dagboek ook 'n rekordhouding van jou
vordering in jou stryd teen depressie en kan jy terugverwys na sekere
gebeurtenisse en hoedat jy op 'n sekere tydstip gevoel het.
· Positiewe afleiers. Die toestand van depressie veroorsaak dat jy in 'n
negatiewe en pessimistiese toestand ingaan. Kry positiewe afleiers wat
jy kan gebruik, sodra jy voel 'n depressiewe episode is aan die kom.
Positiewe afleiers is iets soos 'n gunsteling lied wat jy op jou CD kan
luister, of blom wat jy kan gaan ruik, 'n gebed wat jy kan opsę, drink
van water of vrugtesap, die uitsoek van plantjies in 'n kwekery, 'n ent
wat jy gaan stap. Daar is talle sulke positiewe afleiers wat jy eintlik
reeds so kan programmeer dat wanneer die teneergedruktheid toeslaan, jy
dit outomaties begin doen.
· Bly besig. Harde werk wat die sweet laat tap, is sommer goeie terapie
vir 'n swartgallige dag!
· Dit is belangrik om jou denkpatrone reg in te stel. Moenie 'n saak of
gebeurtenis oordryf nie. Vermy oordrewe uitdrukkings soos dit was nou
die domste, swakste, treurigste, jy is besig om my dood te maak as jy so
kla en so meer. Maar ook nie na die anderkant toe oordryf nie. Iemand
het jou te teleurgestel of te nagekom, moenie dan met 'n-ag-wat-dit-maak-nie-saak-nie
tipe repons vorendag kom nie. Probeer om akkuraat en presies te sę
hoedat jy voel. Dit sal jou denke en gevoelens meer toepaslik en
rasioneel hou.
· Neem verantwoordelikheid vir jou gedagtes en response. Daar is 'n
vryheid daarin dat niemand jou hierdie gedagtes kan ontneem nie. Al sit
hulle jou ook in die tronk of in 'n konsentrasiekamp, in jou gedagtes
kan jy vry wees. Maak die keuse dat niemand jou met opmerkings of
beledigings sal seermaak nie. Jou innerlike krag is dit wat jou deur die
lewe en depressie kan dra. Kom in kontak met daardie gees van krag wat
in jou gesetel is.
Die mure van die donker tronk van depressie kan afgebreek word. Buite is
daar vir jou lig en lewe. Depressie is nie waaroor dit eintlik hier gaan
nie, maar dit gaan oor dié herstel, dié oorwinning wat jy behaal en dié
terugneem en beheer neem van jou lewe!
'n Sprankie wysheid vir die dag
"Depressie word vertroetel deur 'n leeftyd se on-rou en on-vergifnis van
seerkry." - Penelope Sweet -
Jy kan inteken op st se
nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na
www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur
jou naam en eposadres vir my.
Dr ST Potgieter
Sielkundige
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
As jy dalk nog
baie resepte wil hê, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
|
1. Gemmerkoekies
Maak:
omtrent 100
Bereidingstyd:
30 minute plus afkoeltyd
Baktyd:
8-10 minute
Oondtemperatuur:
180 °C
185 ml (170 g) sagte botter
335 ml (200 g) klam bruinsuiker ("treacle")
1 groot eier
65 ml (80 g) melasse
10 ml koeksoda
5 ml fyn gemmer
5 ml fyn gemengde speserye
500 ml (275 g) koekmeel
1
Klop die botter, suiker, eier en melasse saam tot romerig. Voeg die koeksoda,
speserye en 'n knippie sout by. Roer dit tot gemeng. Roer die meel by totdat
dit net-net deurgemeng is. Sit die bak met deeg vir minstens een uur in die
yskas.
2 Rol
die deeg in bolletjies met 'n deursnee van 2 cm. Pak dit op gevoerde
bakplate en bak dit dan vir agt tot 10 minute in 'n verhitte oond. Die
koekies sal nog sag voel as dit uit die oond kom, maar word harder sodra dit
afkoel.
3
Laat die koekies vir 'n paar minute op die bakplate staan en skep dit dan op
'n draadrakkie. Sodra dit afgekoel het, kan jy dit in 'n lugdigte houer bêre.
2. Konfytblokkies
Maak:
omtrent 30
Bereidingstyd:
25 minute plus afkoeltyd
Baktyd:
20 minute
Oondtemperatuur:
180 °C
270 ml (250 g) botter
400 ml (350 g) strooisuiker
2 groot eiers
10 ml vanieljegeursel
1 000 ml (545 g) koekmeel
20 ml bakpoeier
250 ml aarbei- of appelkooskonfyt
1
Klop die botter en suiker saam. Voeg die eier en vanieljegeursel by en klop
die mengsel goed. Vou die gesifte meel, bakpoeier en 'n knypie sout by.
2
Draai die bol deeg met 'n stuk kleefplastiek toe en sit dit vir minstens 'n
halfuur in die yskas.
3
Druk driekwart van die deeg in 'n gesmeerde oondpan van 24 x 34 cm of twee
vierkantige panne van 22 cm. Smeer 'n laag konfyt bo-oor en rasper dan die
res van die deeg oor die konfyt. Bak dit in 'n verhitte oond vir 20 minute
of tot goudbruin. Sny die koek in blokkies terwyl dit nog warm is, maar los
dit dan in die pan totdat dit heeltemal afgekoel het. Skep dit versigtig uit
en bêre dit in 'n lugdigte houer.
3. Grondboontjie- en dadelkoekies
Maak:
omtrent 40
Bereidingstyd:
30 minute plus afkoeltyd
Baktyd:
12-15 minute
Oondtemperatuur:
180 °C
5 ml gerasperde lemoenskil
80 ml (60 g) sultanas
80 ml (60 g) pitlose dadels, grofgekap
140 ml (60 g) grondboontjies, grofgekap
135 ml (125 g) botter
100 ml (90 g) strooisuiker
1 groot eier
230 ml (125 g) bruismeel
250 ml graanvlokkies, fyngedruk
1
Meng die lemoenskil, vrugte en neute in 'n mengbak saam.
2
Klop die botter en suiker in 'n aparte bak saam tot romerig. Voeg die eier
by en klop goed. Vou die meel in en roer dan die vrugte en neutemengsel by.
Sit die bak vir 30 minute in die yskas.
3 Rol
die mengsel in klein bolletjies en rol elkeen dan in die fyngedrukte
graanvlokkies. Pak die koekies op gesmeerde bakplate en bak dit vir 12 tot
15 minute of tot goudbruin.
4. Maklike Rice Crispie koekies
Maak:
omtrent 90
Bereidingstyd:
35 minute
Baktyd:
12-15 minute
Oondtemperatuur:
180 °C
300 ml (275 g) sagte botter
500 ml (425 g) suiker
10 ml vanieljegeursel
2 groot eiers, liggies geklits
625 ml (340 g) koekmeel
500 ml (155 g) droë klapper
500 ml (200 g) hawermout
5 ml fyn kaneel
5 ml bakpoeier
3 ml sout
500 ml Rice Crispies, effens fyngedruk
kleurstrooisels, sjokolade-vermicelli en
glanskersies vir versiering
1
Klop die botter, suiker en vanieljegeursel saam tot romerig.
2
Roer die res van die bestanddele, behalwe die Rice Crispies en versierings,
by. Roer die Rice Crispies versigtig deur. Rol die deeg in klein bolletjies
en pak dit op gesmeerde bakplate. Druk dit met 'n vurk plat. Sprinkel
verskillende versierings bo-oor. Bak die koekies vir 12 tot 15 minute in 'n
verhitte oond. Laat dit vir 'n paar minute op die bakplate afkoel voordat jy
die koekies op draadrakkies pak om heeltemal af te koel.
5. Gesondheidsbeskuit
Maak:
omtrent 40
Bereidingstyd:
15 minute
Baktyd:
45-50 minute plus droogtyd
Oondtemperatuur:
170 °C
500 g (545 ml) botter
300 g (350 ml) bruinsuiker
2 groot eiers, liggies geklits
500 ml karringmelk
1 kg bruismeel
10 ml bakpoeier
200 g All Bran ontbytkos
500 ml (135 g) semels
150 ml (115 g) rosyntjies
100 ml sonneblomsaad
30 ml sesamsaad
30 ml lynsaad
1
Smelt die botter en suiker saam in 'n kastrol. Laat dit eenkant afkoel. Gooi
die eiers en karringmelk by.
2 Sif
die meel, bakpoeier en 5 ml sout saam. Voeg die All Bran, semels, rosyne en
sade by. Roer die eiermengsel by. Vorm bolletjies en pak dit langs mekaar in
'n gesmeerde oondpan. Bak dit vir 45 tot 50 minute in 'n verhitte oond.
3
Keer die gaar deeg op 'n draadrakkie uit en laat dit effens afkoel voordat
jy dit in beskuite breek. Pak dit op draadrakkies en sit dit op bakplate.
Draai die oondtemperatuur tot baie laag en sit die beskuit terug in die oond.
Laat dit vir agt tot 10 uur uitdroog.
6. Karringmelkbeskuit
Maak:
60-80
Bereidingstyd:
15 minute
Baktyd:
50-75 minute plus droogtyd
Oondtemperatuur:
175 °C
2 750 ml (1,5 kg) bruismeel
500 ml (420 g) suiker
410 ml (375 g) botter
4 groot eiers
500 ml karringmelk
1
Meng die meel, suiker en 'n knippie sout saam in 'n groot mengbak. Vryf die
botter in die meelmengsel in. Klits die eiers en karringmelk saam en gooi
dit by die meelmengsel. Meng dit totdat dit 'n ferm deeg vorm.
2
Druk die deeg in twee gesmeerde beskuitpanne. Anders kan jy die deeg in drie
groot of vier middelslag broodpanne druk. Bak dit vir 50 minute indien jy
beskuitpanne gebruik, of 1¼ uur as jy dit in broodpanne bak.
3
Haal die beskuit uit die oond en keer dit uit die panne. Laat dit effens
afkoel en sny dit dan met 'n getande mes in vingers. Pak die beskuite op
draadrakkies en sit dit op bakplate.
4
Draai die oondtemperatuur tot baie laag en sit die beskuit terug in die oond.
Laat dit vir ses tot agt uur of oornag uitdroog. Bêre dit in lugdigte houers.
7. Makrolletjies in sjokolade gedoop
Maak:
omtrent 80
Bereidingstyd:
20 minute
Baktyd:
12-15 minute
Oondtemperatuur:
180 °C
165 ml (90 g) koekmeel
1 600 ml (500 g) droë klapper
1 blik kondensmelk
10 ml vanieljegeursel
200 g donkersjokolade, gesmelt (opsioneel)
1
Roer die meel, klapper en 'n knippie sout saam. Gooi die kondensmelk en
vanieljegeursel by en roer die mengsel.
2
Skep teelepels vol van die mengsel op gesmeerde en gevoerde bakplate. Bak
dit vir 12 tot 15 minute in 'n verhitte oond. Laat die koekies op 'n
draadrakkie afkoel. Eet dit net so óf doop elkeen in gesmelte sjokolade -
laat dit dan afkoel totdat die sjokolade hard is.
8. Paaskoekies
Maak:
20-25
Bereidingstyd:
35 minute plus afkoeltyd
Baktyd:
12-15 minute
Oondtemperatuur:
180 °C
270 ml (250 g) sagte botter
250 ml (130 g) versiersuiker, gesif
625 ml (340 g) koekmeel
3 ml bakpoeier
'n knippie sout
10 ml fyn gemengde speserye
125 ml (100 g) gemengde rosyntjies en
sultanas, grofgekap
50 g witsjokolade, gesmelt
1
Klop die botter en versiersuiker saam tot romerig. Roer die droë bestanddele
en dan die rosyntjies en sultanas by.
2 Rol
die mengsel in twee lang worse en bedek dit met kleefplastiek. Sit dit vir
'n paar uur in die yskas totdat dit ferm is.
3 Sny
die rolletjies in skywe van 1 cm en pak dit op gesmeerde bakplate. Bak dit
in 'n verhitte oond vir 12 tot 15 minute of tot ligbruin. Skep dit van die
bakplaat af en laat dit heeltemal afkoel op 'n draadrakkie.
4
Skep die gesmelte witsjokolade in 'n verseëlbare plastieksak of
papierspuitsak. Sny een van die sakkie se hoeke af en spuit 'n
sjokoladekruis op elke koekie. Laat dit heeltemal droog word voordat jy die
koekies tussen lae waspapier in 'n blik pak.
9. Sjokoladeverrassings
Maak:
omtrent 50
Bereidingstyd:
20 minute
Baktyd:
10-12 minute
Oondtemperatuur:
180 °C
135 ml (125 g) sagte botter
250 ml (295 g) suiker
1 groot eier
375 ml (205 g) koekmeel
10 ml bakpoeier
100 g pekanneute, gekap
250 g M&M- of Mini Astro sjokoladebolletjies
1
Klop die botter en suiker saam. Klits dan die eier by.
2 Sif
die droë bestanddele saam en meng dit by die geklopte mengsel in. Roer die
neute en daarna die sjokoladebolletjies by.
3
Skep teelepels vol van die mengsel op gesmeerde en gevoerde bakplate. Bak
dit vir 10 tot 12 minute in 'n verhitte oond. Laat die koekies op die
bakplate afkoel voordat jy dit van die papier afhaal en in 'n blik bêre.
10. Kaasbeskuitjies met gerookte paprika
Maak:
omtrent 30
Bereidingstyd:
25 minute
Baktyd:
10 minute
Oondtemperatuur:
180 °C
410 ml (225 g) koekmeel
3-5 ml gerookte paprika
195 ml (180 g) botter
560 ml (225 g) beleë cheddarkaas, gerasper
1
Voeg die paprika en 'n knippie sout by die meel. Vryf die botter in en roer
dan die gerasperde kaas by. Knie die mengsel totdat dit 'n sagte deeg vorm.
2 Rol
die deeg dun uit op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Gebruik
'n koekiedrukker om vorms uit te druk. Bak dit in 'n verhitte oond vir 10
minute of tot goudbruin. Laat die beskuitjies vir 'n paar minute op die
bakplate afkoel voor jy dit op 'n draadrakkie pak om heeltemal af te koel.
11. Suurlemoen en grenadellalaagkoekies
Maak:
omtrent 40
Bereidingstyd:
45 minute
Baktyd:
10 minute
Oondtemperatuur:
180 °C
250 ml (230 g) botter
125 ml (65 g) versiersuiker
15 ml gerasperde suurlemoenskil
5 ml vanieljegeursel
335 ml (180 g) koekmeel
165 ml (95 g) mielieblom bruinsuiker om oor te
strooi
VULSEL
30 ml grenadellapulp
65 ml (60 g) sagte botter
200 ml (105 g) versiersuiker, gesif
1
Klop die botter en versiersuiker saam tot lig. Klop die suurlemoenskil en
vanieljegeursel by. Roer die meel en 'n knippie sout by tot 'n sagte deeg
vorm.
2
Gooi die bruinsuiker in 'n mengbak. Rol die deeg in klein bolletjies en laat
val elkeen in die suiker en draai dit sodat dit oraloor bedek is. Pak die
bolletjies op 'n gesmeerde en gevoerde bakplaat, met genoeg spasie tussenin.
3 Bak
dit in 'n verhitte oond vir omtrent 10 tot 12 minute of totdat dit 'n
liggoue kleur kry. Laat dit op 'n draadrakkie heeltemal afkoel.
4
Druk die grenadellapulp deur 'n sif om van die pitjies ontslae te raak. Klop
al die bestanddele saam tot goed gemeng. Gebruik 'n spuitsak en spuit van
die vulsel op die plat kant van die helfte van die koekies. Druk die res van
die koekies bo-op vas. Sit dit in die yskas totdat dit geëet word.
12. Amandeldriehoekies
Maak:
omtrent 30
Bereidingstyd:
30 minute
Baktyd:
10 minute
Oondtemperatuur:
180 °C
300 ml (165 g) koekmeel
65 ml (55 g) strooisuiker
135 ml (125 g) koue botter
1 ml amandelgeursel
125 ml (50 g) gemaalde amandels
1 groot eiergeel
VERSIERSEL
250 ml (130 g) versiersuiker, gesif
koskleursel in die kleure van jou keuse.
1
Meng die meel en suiker saam in 'n mengbak of voedselverwerker. Voeg die
botter by en vryf of pols dit totdat die mengsel soos droë broodkrummels lyk.
Meng die amandelgeursel, fyn amandels en eiergeel by.
2
Maak 'n bol met die mengsel en bedek dit met kleefplastiek. Sit dit vir 30
minute in die yskas.
3 Rol
die deeg tussen twee velle waspapier uit tot 'n dikte van 5 mm. Gebruik 'n
ravioli snyer of messie en sny die deeg in driehoekies. Lig die vormpies
versigtig en pak dit op 'n gesmeerde en gevoerde bakplaat. Bak dit in 'n
verhitte oond vir 10 tot 12 minute of tot goudbruin.
4
Versiersel Meng 'n bietjie warm water in die versiersuiker en maak 'n
glansversiersel. Verdeel dit in twee of drie verskillende bakkies en kleur
dit met die koskleursel. Versier die driehoekies met die versiersel.
Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk
hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Resepte, resepte,
resepte
Ek het besluit om sake vir my
te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans)
op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent
enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om
ooit weer 'n resepteboek te koop nie. Omtrent al die boeke kom met
herverkoopregte (behalwe waar dit anders meld) met ander woorde hulle is
nou joune en jy kan maak met hulle wat jy wil selfs ook een vir een van
die CD afhaal en herverkoop.
Die prys van die CD is R100 (dis
om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit
Posgeld is R20 vir
geregistreerde pos en R60 vir Speed Services oornag toonbank tot
toonbank.
As jy sou belangstel om een
van die CD's te bekom,
klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook
net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die
spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer
stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit
Speed Services oornag toonbank tot toonbank
Hier is die Afrikaanse boeke:
217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels, Beskuitresepte, Afrikaanse
Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die beskuitblik, 'n Broodjie vir
die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties Frikadelle, Brood resepte,
Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou groente, Hoender resepte,
Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders resepte, Kerskoeke, Karavaan
resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte, Koekiedrukker resepte, Koeke,
Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte, McCain resepte, Moedersdag
resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se
Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se
Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer
net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1,
Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir
Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille
samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies
Allerlei
Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet,
Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek,
Metrieke omskakelingstabel, Werk van die huis
Hier is die lys van baie ou
Engelse resepte eBoeke
A Calendar of Dinners with 615 recipes - 1922
A Dozen dainty recipes for preparing wartime canned meats - 1920
A Home Guide - or a book by 500 ladies - 1877
Aunt Carolines Dixieland Recipes - 1922
A Practical Dictionary of Cookery - 1200 tested recipes - 1898
Best recipes for baking - pre 1908
Buckeye Cookery and Practical Housekeeping - 1877
Burke's Complete Cocktail and tasty bite recipes - 1936
Catering for special occasions with menus and recipes - 1911
Diabetic Cookery - recipes and menus - 1917
Fifty Choice Recipes for Spanish and Mexican Dishes - 1905
Fifty valuable and delicious recipes made with corn meal - 1917
Heart of the Wheat - a book of recipes - 1910
Hospitality - recipes and entertainment hints for all occasions - 1922
Hotel Management - quantity food recipes
Household hints and recipes - 1877
Ice Cream - practical recipes for making ice cream - 1886
Information for everybody - 1859
Jane Hamiltons Recipes - 1909
Just the thing - dainty dishes at small cost - 1899
Larger cookery book of extra recipes - 1891
Leather Manufacture - 1891
Light entertaining - a book of dainty recipes for special occasions - 1910
Mom's Cookbook
On Uncle Sam's Water Wagon - 500 recipes for delicious drinks that can be
made at home - 1919
Our candy recipes - 1919
Practical Household Cookery - 1000 recipes - 1891
Preserves and Pickles - 1912
Recipes - dainties, salads and clever hints - 1919
Recipes for the preserving of fruit vegetables and meat - 1908
The Candy Maker's Guide - 1896
The Housekeeper's Friend - 1897
The Hygenic Cookbook - 1881
Tried and Tested Recipes - 1921
Two Hundred and Seventy Five Wartime Recipes - 1918
Two hundred recipes for cooking in casseroles - 1914
Two hundred recipes for making desserts - 1912
War Time Cookery - 1917
Wheatless Recipes - 1918
Wrinkles and Recipes, including farming and household hints - 1877
Hier is die Engelse resepte:
FunkyMunky Traditional South African Recipes - A comprehensive
collection of Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes
in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go
camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at
your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie
Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special
holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all
ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes
from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's
assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the
chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two
of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of
mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for
appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all
here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!
Bonus eBooks
Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food
Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns
Everything you wanted to know about making, marketing and selling your
crafts.
Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies,
myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.
10,000 Dreams Interpreted
Al my nuusbriewe is
op hierdie bladsy beskikbaar:
http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Elke nuusbrief sal
voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.
|
|