Heuningdrankie
Pynappeldrankie
Somerdrankie
Kafferkoringbier
Koringbier  
Aartappelwyn 
Gemmerbier 
Pynappelbier
Limonade 
Maroelabier
Fluweel likeur
Ystee
 

 
 
  Heuningdrankie

1 koppie lemoensap
4 eetlepels suurlemoensap
3 eetlepels heuning
knippie sout

Meng al die bestanddele goed. Bedien op ys en versier met lemoenskil

Pynappel drankie

250 ml gekapte pynappel
250 ml Tropika pynappel sap
250 ml vars room
15 ml strooisuiker
gebreekte ysblokkies
350 ml limonade

Blend alles behalwe ys en limonade

Giet mengsel in glase en giet limonade en gebreekte ys oor


Somerdrankie

4 lemoene
3 suurlemoene
1 pomelo
suiker na smaak
1 liter sodawater
1 piesang (in skyfies gesny)
skyfies vars vrugte

• Druk sap van die vrugte uit.
• Los suiker in 'n klein bietjie warm water op. Laat afkoel.
• Meng suikerwater met die vrugtesap. Voeg sodawater en dan die vrugte by.
• Bedien met ys.


Kafferkoringbier

6 bottels louwater
3 eetlepels uitloop
3 koppies bruinsuiker
1 teeleper gemmer
3 eetlepels goedgeryste suurdeeg

Meng alles goed en laat vir 12 uur staan.  Gooi deur skoon doek of sif.

Ja-nee, in die ou dae was hulle kort en kragtig!


Koringbier

Was 250ml broodkoring deeglik en laat dit 24 uur lank in koue water week. Gooi die water af en voeg 250ml bruinsuiker, 6 gekneusde rosyne, ¼ koekie gis en 1.5 liter lou water daarby. Roer tot die suiker opgelos is en sit die deksel liggies op.
‘n Groot vrugte vles of ‘n vererde emmertjie 1 en ‘n ¾ liter bevat, is ‘n geskikte houer.
Laat dit 24 uur lank staan en gooi die vloeistof af. Bottel dit en laat dit 12 tot 24 uur staan voor gebruik. Gooi weer 250ml bruinsuiker by die koring en rosyne, voeg 1.5 liter lou water by, roer dit om en laat dit weer 24 uur lank staan voor dit afgegooi word. Herhaal die proses elke dag en bottel die vloeistof wat afgegooi word. 12-tot 24uur nadat dit gebottel is, sal die bier gereed wees. Dien dit koud op.

L.W Die eeste 2 of 3 keer sal die bier baie flou wees en ‘n lang tyd in beslag neem nadat dit gebottel is, om te gis. Dit kan weggegooi word en eers na die derde toevoeging van suiker en water gebottel word. Die proses kan 5 tot 6 weke lank elke dag herhaal word met die gebruik van dieselfde koring. Wanneer die gisting goed aan die gang is moet dit nie langer as 12 uur gelaat word voordat die bier afgegooi word nie, anders sal die koring suur word. Indien ‘n paar stukke gekneuste gemmer en/of ‘n paar stukke pynappelskil by die koring gevoeg word, sal dit die smaak van die bier verbeter.


Aartappelwyn

Skil 2 groot aartappels en rasper dit fyn. Voeg daarby 5 liter louwarm water, 2kg karamelsuiker, 1kg rosyne, 350g koringkorrels, die fyngerasperde skil en sap van 2 groot suurlemoene asook 30g aktiewe droëgis. Bedek die houer met 'n doek en laat die mengsel gis. Roer dit af en toe. Syg die mengsel na 3 weke deur en bottel die filtraat. Die wyn sal na 'n maand helder word. Gooi 'n bietjie witsuiker in elke bottel en kurk toe. Die wyn is nou reg om gedrink te word, maar hoe langer dit verouder, hoe lekkerder smaak dit.


Gemmerbier

20ml gemaalde gemmer
10 liter lou water
1.6kg wit suiker
150g rosyne
10g aktiewe droëgis
10ml kremetart
10ml wynsteensuur

Voeg die gemmer by die water en suiker en roer tot die suiker opgelos is. Voeg die res van die bestanddele by. Giet die mengsel in 'n plastiekemmer met 'n deksel en laat dit 24 uur lank gis. Syg die bier daarna deur en giet die filtraat in gesteriliseerde bottels. Moenie die bottels te vol maak nie. Plaas 2-3 van die rosyne in elke bottel en draai die proppe lossies vas. Laat die bier 'n dag of twee by kamertemperatuur gis voordat dit in die koelkas bewaar word.


Pynappelbier

4 groot pynappels se skille
7 liter warm water
1.2kg wit suiker
12 rosyne
10g aktiewe of kitsdroë gis

Was pynappelstukke goed en plaas dit in 'n groot emmer met 'n deksel. Voeg die water en die suiker by en roer die mengsel totdat al die suiker opgelos is. Voeg die rosyne en gis by, sit die deksel op en laat die mengsel ongeveer 12 uur lank op 'n warm plek gis. Syg die mengsel deur en giet die filtraat in plastiekkanne of bottels. Plaas van die rosyne in elke kan en verseël dit. Bewaar die bier in die yskas.


Limonade

500ml suiker
250ml water
250ml vars suurlemoensap

Meng die suiker en water in 'n kastrol en verhit dit stadig terwyl dit aanhoudend geroer word totdat die suiker opgelos is. Verhit die stroop tot kookpunt en laat dit 5 minute lank kook oor matige hitte sonder om te roer. Laat die stroop afkoel en voeg die suurlemoensap by. Syg die limonade deur 'n moeseliendoek en bêre dit in 'n houer met 'n deksel in die yskas. Bedien die limonade deur 30ml van die suurlemoenstroop by 'n glas yswater te voeg.
Lewer ongeveer 600ml onverdunde stroop.


Maroelabier

1 liter ryp maroelas
10 liter lou water
1,6kg wit suiker
50g rosyne
10g aktiewe droëgis
10ml kremetart
10ml wynsteensuur

Sny 'n kruis in elke maroela. Kneus die vruggies liggies en voeg die water en suiker by. Roer dit totdat al die suiker opgelos is. Voeg die res van die bestanddele by. Giet mengsel in 'n plastiek emmer met 'n deksel en laat dit 24 uur lank gis. Syg die bier daarna deur en giet die filtraat in gesteriliseerde bottels. Moenie die bottels te vol maak nie. Net soos met die gemmerbier, plaas 2-3 rosyne in elke bottel en draai die doppe liggies vas. Laat die bier 'n dag of twee by kamer temperatuur gis voordat dit in die koelkas bewaar word.


Fluweel likeur

1 blik kondensmelk
1 blik Ideal melk
10ml vanilla
5ml sterk koffie
200ml whiskey

Meng kondensmelk, Ideal melk en vanilla saam. Meng koffie met die whiskey en voeg by die melk mengsel. Klits goed en bedien of bottel en bêre in yskas.


Ystee

3 rooibostee sakkies
1 liter kookwater
30-45ml heuning
60ml suurlemoens
suurlemoenskyfies

Laat trek teesakkies ongeveer 5 minute in water. Verwyder en laat tee effens afkoel tot louwarm. Voeg heuning by en roer tot opgelos. Voeg suurlemoensap by en verkoel tot yskoud. Sit voor op ys met ekstra suurlemoenskyfies.