Wat van so ietsie anders by die poetoepap?
Groentebredie op poetoepap
30 ml olie
1 geskilde ui
5 ml borrie
10 ml fyn komyn
5 ml paprika
1 fyngedrukte knoffelhuisie
15 ml fyngedrukte gemmer
15 ml tamatiepasta
500 g gemengde groente
350 ml groente aftreksel
500 ml gekookte poetoepap
Verhit die olie in 'n groot pan en braai die ui oor medium hitte totdat dit goudkleurig is. Voeg die kruie, gemmer, knoffel en tamatiepasta by en kook vir een minuut. Voeg die groente by en strooi die speserye oor. Voeg aftreksel by en bring tot kookpunt. Verminder die hitte, sit die deksel halfpad op en laat prut tot sag. Bedien warm op poetoepap.
GEBAKTE BLOMKOOL
500 tot 600 g. blomkool of broccoli, gewas.
4 tot 5 snye witbrood.
100 tot 200 ml. preie, fyn gesny.
2 eiers.
500 ml. kookmelk.
2 ml. sout.
knippie peper.
5 ml. fyn neutmuskaat.
100 g. Cheddar-kaas, gerasper.
klontjies botter.
Sny blomkool of broccoli in stukke en kook in soutwater tot sag. Dreineer
baie goed. Verwyder broodkorsies en krummel snye grof. Smeer diep bak en
skep beurtelings krummels,
preie en blomkool of broccoli daarin. Klits eiers, melk, sout, peper en
neutmuskaat saam tot skuimerig en giet bo-oor groente. Strooi kaas oor en
stip met botter. Laat minstens
een uur lank staan. Bak omtrent 50 minute lank teen 180 Grade C. Lewer 4 tot
6 porsies.
Kerrieboontjies
1 kg groenboontjies
500g gekerfde uie
500 ml water
10 ml sout
375 ml asyn
15 ml meelblom
10 ml kerriepoeier
250 ml suiker
Kook die eerste vier bestandele 10 minute lank saam. Meng die res van die
bestandele en voeg dit by. Laat dit kook tot die boontjies so sag is soos
verlang. Gebruik dit warm of koud of bottel dit vir later gebruik.
LEMOENPATATS
1,5 tot 2 kg. patats.
50 ml. mielieblom.
500 ml. lemoensap.
125 ml. bruin suiker.
2 ml. sout.
2 ml. gerasperde lemoenskil.
125 ml. pitlose rosyne.
Kook patats in soutwater tot sag. Verwyder skille en sny in skywe. Pak in
bakskottel van 30 x 30 x 5 cm. Meng mielieblom met bietjie van lemoensap tot
gladde pasta, voeg res van sap by en meng res van bestanddele by. Verhit oor
matige hitte tot sous verdik, gooi oor patatskywe en bak 30 minute lank by
160 Grade C. Lewer 6 tot 8 porsies.
MOLSHOPE
3-4 groot aartappels
250ml room
sout na smaak
2-3ml bakpoeier
groterige klont margarien
125ml gerasperde kaas
Voorverhit die oond tot 180C. Skil en kook die aartappels gewoonweg tot
sag. Dreineer en
druk fyn. Voeg die margarien, bakpoeier, sout en ‘n bietjie van die room
by en klits dit
met ‘n vurk tot lig. Smeer ‘n oondvaste bak en skep lepelsvol van die
aartappel daarin.
Gooi die res van die room oor. Strooi die kaas bo-oor. Bak dit 20-25
minute lank in
voorverhitte oond by 180C.
Soetpatat-en-Appelgereg
1.5 kg patats (geskil,skyfies gesny)
1 kg appels (geskil, blokkies gesny)
8 naeltjies
300 ml kookwater
250 ml vars lemoensap
200 g geelsuiker (250 ml)
7 ml gemmer
Plaas patatskyfies
onder in kastrol. Plaas appelskyfies bo oor. Voeg naeltjies by. Bedek en
stoom gaar, ongeveer 15 minute. Verwyder naeltjies, giet oortollige
water af. Meng patat en appelskyfies deurmekaar. Plaas in 'n
gesmeerde vuurvaste bak. Plaas lemoensap, suiker en gemmer in kastrol.
Los suiker op, verhit tot kookpunt. Giet bo-oor patat en appels.
Bak 30 minute lank in voorverhitte oond teen 180 grade C. Dien op
saam met gebraaide varkboud of tong.
Aartappel vulkaan
750g aartappels, geskil
30ml margarien
50ml koekmeelblom
500ml melk
2 eiers geskei
500ml gerasperde Cheddar-kaas
5ml sout
1ml mosterdpoeier
knypie peper
gerasperde kaas & broodkrummels gemeng
Kook aartappels tot gaar en maak kapokaartappels. Smeer dit op die boom
en teen die kante van ’n gesmeerde bakskottel. Stel oond op 200°C. Maak
witsous van botter, meel en melk. Klits eiergele en roer by witsous.
Haal van stoof af en roer kaas, sout, mosterdpoeier en peper by. Klits
eierwitte tot styf en vou liggies in witsousmengsel in. Gooi bo-op
aartappels in bakskottel. Strooi kaaskrummels bo-oor en bak 25-30
minute. Dien dadelik op.
Oumoetie se Uiepastei
12.5 ml botter
125 ml water
10 middelslag uie (in skywe gesny)
100 ml room
10 ml gedroogte pietersielie
25 ml bruismeel
Plaas botter, water
en uie in 'n groot braaipan met 'n deksel en kook 10 minute lank. Voeg
oorblywende bestanddele by en skep in 'n gesmeerde, vuurvaste skottel.
Bak 30 minute by 180ºC
Pampoenkoekies
in stroop
KOEKIES:
500ml gaar boerpampoen
250ml gesifte koekmeelblom
10ml bakpoeier
2ml sout
1 eier, geklits
kookolie
STROOP:
15ml botter 375ml suiker
200ml melk 15ml mielieblom
175ml koue water
Maak pampoen goed fyn. Voeg meel, bakpoeier, sout en eier by en klop tot
gemeng. Skep teelepelsvol in warm kookolie, druk effens plat en bak aan
weerskante tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier en skep in
opdienskottel. Verhit botter, suiker en melk tot kookpunt. Los
mielieblom in water op en roer in ‘n straaltjie by melkmengsel. Verhit
tot kookpunt en gooi oor koekies. Dien warm op. Lewer 3 dosyn koekies.
Patatballetjies in
gemmerstroop
500g patats, geskil en in stukke gesny
175ml semolina
60ml sagte bruinsuiker
30ml heuning
50g gemmerstukke, in stroop ingemaak
sesamsaad om in te rol
olie vir diepvet braai
50ml gemmerstroop
30ml heuning
125ml gemengde sitrusskil, opgekap
Kook die patats sag, dreineer goed en druk fyn. Voeg die semolina en
bruinsuiker geleidelik by en meng goed. Kap die gemmerstukke fyn. Voeg
die gemmerstukke en sitrusskil by die patatmengsel. Skep teelepelsvol in
sesamsaad en rol tot heeltemal bedek met die saad. Braai ‘n paar op ‘n
slag in verhitte olie tot ligbruin buite om en gaar van binne. Dreineer
op handdoekpapier. Meng die gemmerstroop en heuning en verhit effens.
Dien die bolletjies warm op saam met die stroop. Geklopte room smaak ook
lekker hierby.
Suikermieliepastei met
kaas
250ml warm melk
60g sagtebroodkrummels
50ml botter
sout
peper
5ml mosterdpoeier
knippie rooipeper
1 blik geroomde suikermielies
100g cheddarkaas, gerasper
3 ekstra groot eiers, geskei
Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n 24cm oondbak met kleefwerende
middel. Giet die warm melk oor die broodkrummels. Voeg die botter by en
geur met sout, peper, mosterdpoeier en rooipeper. Voeg die suikermielies
en kaas by en meng. Voeg ook die eiergele by. Klits die eierwitte tot
dit sagte punte vorm en vou by die mengsel in. Giet in die voorbereide
oondbak, plaas in ‘n groter oondvaste bak wat halfvol gevul is met
kookwater en bak 40-60 minute lank of tot die mengsel gestol en effens
bruin is van bo. Dien dadelik op saam met slaai.
Botterskorsie skottel
2 botterskorsies
3 uie
250g vars sampioene
2 pakkies baby marrows
100g margarien
1 pakkie bruin uiesoppoeier
1 eetlepel water
Braai uie en sampioene tot bruin. Smelt margarien en meng met die pakkie
bruin uiesoppoeier en voeg water by. Pak groente in lae en gooi soppoeier
mengsel oor en roer deur. Bak in oond vir ongeveer 1 uur teen 180C. Maak
bak oop en bak sonder deksel vir 'n verdere 20 minute.
Kerrie eiervrug
4 medium eiervrugte, geskil, in lang repe gesny
ongeveer 250ml melk
SOUS:
25ml olie
1 ui, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
1 Granny Smith-appel, in blokkies gesny
2 tamaties, ontvel en gekap
20ml matige kerriepoeier
25ml suiker
30ml wynasyn
10ml borrie
50ml vrugteblatjang
25ml tamatiesous
5ml braaispeserye
1 hoender ekstrakblokkie
500ml kookwater
12.5ml mielieblom
BEDEKKING:
500ml koekmeelblom, gegeur met sout en peper 2 eiers geklits
nog olie vir braai
Week die eiervrugte in melk. (Die melk moet dit heeltemal bedek wees)
MAAK INTUSSEN DIE SOUS AAN:
Verhit die olie in ‘n groterige pan. Braai die ui en knoffel liggies
daarin. Voeg die appel en tamatie by en braai verder. Voeg die res van die
sous bestanddele by behalwe die mielieblom. Verlaag die hitte en laat prut
totdat ‘n dikkerige sous gevorm het. Meng die mielieblom met ‘n bietjie
water en voeg by die sous. Roer goed en laat goed kook. Hou eenkant. Doop
die geweekte eiervrugte in die gegeurde koekmeelblom en daarna in die
geklitste eier. Verhit genoeg olie in ‘n pan en braai die eiervrugvingers
daarin tot alkante bruin. Pak lae eiervrug en sous in ‘n platterrige
skottel en plaas in die oond om die gereg goed warm te maak. (Dit kan ook
warm voorgesit word.)
Vegetariese gebak
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies
3 middelslag wortels, in skywe
200g broccoli, gebreek
200g groenboontjies, gehalveer
250g sampioene
1 blik bone in tamatiesous
1 blik heel tamaties
45ml pietersielie
sout en swartpeper
BOLAAG
4 snye bruinbrood, korsies verwyder, fyn
80ml sagte botter
250 ml gerasperde kaas
30 ml pietersielie
2.5ml paprika
sout
Voorverhit oond tot 180C. Soteer uie, wortels, broccoli, groenbone en
sampioene vir 10 minute. Voeg knoffel by en roerbraai nog ‘n minuut. Roer
boontjies, tamaties en pietersielie by en geur na smaak.
BEREI BOLAAG
Meng alles en maak in voedselverwerker fyn. Skep groentemengsel in oondpan
en sprinkel bolaag oor. Bak 30 minute. Lewer 4-6 porsies.
Geroomde groenbone en sampioene
1 ui
1 rooipeper
1 knoffelhuisie
500g groenboontjies
125ml groenteaftreksel
sout en swartpeper
250g sampioene
125ml suurroom
125ml neute
Soteer die ui, peper en knoffel. Voeg die boontjies by en roerbraai 5
minute. Voeg die aftreksel en geurmiddels by, bedek en prut 15 minute tot
die boontjies sag is. Voeg die sampioene by en prut nog 5 minute. Skep in
‘n bedienbak, gooi die room en neute oor en bedien.
Kool en aartappelgereg
300g koue kapokaartappel
300g koue, gaar kool, gekerf
3ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper
60ml botter
5ml asyn
Meng die kapokaartappel, kool, sout en peper goed. Verhit die botter oor
matige hitte. Voeg die kool-en-aartappelmengsel by en roerbraai dit 5-6
minute lank totdat die groente deurwarm is. Sprinkel die asyn bo-oor en
skep die groentemengsel uit in ‘n warm opskepskottel. Bedien dit dadelik.
Murgpampoentjiegebak
50ml margarien
8 jong murgpampoentjies, in skyfies gesny
2 knoffelhuisies, fyngemaak
1 x 425g blik tamaties, gedreineer en fyngekap
125ml suurroom
250ml broodkrummels
15ml gekapte amandels (opsioneel)
5ml paprika
5ml Aromat
sout en peper na smaak
125ml gerasperde Chedderkaas
Voorverhit die oond tot 200C. Verhit die margarien in 'n pan en braai die
murgpampoentjies tot goudbruin. Braai 1 laag op 'n keer. Skep die
murgpampoentjies uit en hou eenkant. Braai nou die knoffel stadig in
dieselfde pan. Voeg die tamaties by en braai effens saam met die knoffel.
Voeg die res van die bestanddele, behalwe die kaas by. Prut 5 minute en
voeg die pampoentjies by. Skep in gesmeerde oondskottel en strooi die kaas
bo-oor. Bak 25 minute tot goudbruin. Lewer 4 porsies.
Pampoen en tamatiesmoor
1kg dun afgeskilde pampoen
100g suiker
60ml water
50g margarien
3 middelslag uie
3 middelslag tamaties
100g vars witbroodkrummels
250ml melk
2 eiers
5ml sout
1ml growwe swart peper
grof gerasperde cheddarkaas
Skil die pampoen en sny dit in stukke. Voeg die suiker, water en die
helfte van die botter by en stowe dit oor lae hitte tot sag en droog. (Probeer
om die pampoenstukke heel te hou.)Skil die uie en kap dit grof. Laat die
tamaties `n rukkie in kookwater lê en trek die velle af, sodra dit begin
bars. Sny die tamaties in stukkies. Smoor die uie en tamatiestukkies saam
in die oorblywende botter tot gaar en lekker dik. Verhit die oond tot 180C
en smeer `n vlak oondvaste bak met `n inhoudsmaat van 1,5 liter (6 koppies).
Strooi twee derdes van die witbroodkrummels in die bak. Skep die helfte
van die pampoen daarop en bedek met tamatiesmoor. Klits die melk, eiers,
sout en swartpeper saam en meng dit met die helfte van die oorblywende
broodkrummels. Giet die mengsel oor die tamatie laag. Skep die res van die
pampoen bo-op. Meng die res van die broodkrummels liggies met `n bietjie
cheddarkaas en strooi dit oor die pampoen. Bak die gereg sowat 40 minute
lank onbedek tot gestol. Sit warm voor.
Gebakte uie en boontjies
12 klein uitjies
250ml melk
250ml water
500ml gekookte boontjies
80ml botter
30ml meelblom
sout en peper na smaak
250ml broodkrummels
250ml gemaalde grondboontjies
Kook die uie in die melk en water tot sag. Verwyder uit die melk en
rangskik die heel uie in ‘n gesmeerde bakskottel en bedek met die bone.
Maak ‘n witsous deur 30ml van die botter te smelt en die meelblom, water
en melk waarin die uie gekook het asook die sout en peper by te voeg. Gooi
die witsous oor die bone. Meng die broodkrummels en die grondboontjies.
Gooi 30ml gesmelte botter oor. Smeer oor die res van die bestanddele en
bak tot goudbruin in ‘n matige oond 180C. Bedien met snye gebakte tamatie
en appel.
Broccoli Kasserol
10 onse (in die ou taal) gaar broccoli
3 eierwitte
1 blikkie sampioenroomsop
1 koppie vetvry mayonnaise
halwe koppie gerasperde lae vet cheddar kaas
2 eetlepels gemaalde uie
swart peper
6 lae vet fyngemaakte soutkoekies (Salticrax / Bacon Kips)
Meng die broccoli, eierwitte, sop en mayonnaise.
Roer die kaas, uie en peper daarin. G
ooi die mengsel in 'n gesmeerde pan en sprinkel die fyngemaakte koekies
bo-oor. Bak by 180 grade tot die sous borrel - omtrent 30 minute. Bedien 6
persone. Geniet dit!
|