Melksnysels
Botter laagkoek
Bruintjies
Deegskelmpies
Gemmerkoekies
Kaaskoek
Kaaskoekies
Kaasstrooitjies
Karringmelk sjokoladekoek
Klapperkoekies
Kondensmelkkoekies
Konfyttertjies
Naweek koekies
Ouma Tillie se dadelkluitjies
Skuinskoek
Yskaskoekies
Roosterkoek
Pannekoek
Kaneelbolletjies
Ystervarkies
Korslose kaastert
Krummelpap verrassing
Speserykoekies
Hertzoggies
Aartappelkaaskoekies
Blitsvinnige vrugtekoek
Korentekoekies
Minette se gemmerkoekies
Jan Smuts-koekies
Afrika's Koekiis
Boere Soetkoekies
Lekker Soetkoekies
Koffie koekies
Kondensmelk koekies
Outydse Soetkoekies
Geglasuurde wortelkoek Nuut

 
 
 

Een van my gunstelinge, Melksnysels, of by die meer beskrywende benoeming, Slinger-om-die-Smoel. 
Ja-nee, dit spreek boekdele!

120g koekmeelblom (250ml)
2 ml bakpoeier
1ml sout
melk om mee aan te maak tot stywe deeg
ekstra meel om bo-op te strooi
2 liter melk
3 eiers (geskei)
50ml suiker
2ml kaneel

Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en plaas in 'n voedselverwerker. Voeg melk bietjiesgewys by om 'n stywe deeg te verkry. Wanneer goed vermeng, haal uit die voedselverwerker en rol uit op meel bestrooide oppervlak.  Strooi meel bo-op en rol styf op. Sny rol in dun repies en plaas eenkant.
Gooi melk in dikboomkastrol en laat kook. Roer snysels in sonder om meel af te skud. Klits eiergele, suiker en kaneel saam en voeg bietjie van melkmengsel daarby. Roer dan versigtig by kokende melkmengsel. Laat stadig kook tot snysels gaar en melkmengsel dik is.  Roer styfgeklopte eierwitte net voor bediening in. Bedien warm.


BOTTER LAAGKOEK.

2 kop. meelblom.
1/2 tl. sout.
3 eiers.
3 1/2 tl. bakpoeier.
2 tl. vanielje
1/2 kop. melk.
1/2 kop. water.
113 g. botter.
1 kop. suiker.

Klits geel van eiers goed. Voeg meel en sout by, dan geursel. Voeg dan melk en botter wat gesmelt is, by. Voeg dan water by as te styf is. Voeg bakpoeier by en dan styfgeklopte eierwit. Bak in oond teen 180 Grade C vir 25 minute.


BRUINTJIES

220 g suiker
150 g bruismeel
3 eiers
50 g okkerneute, gekap
35 g kakao
knippie sout
170 g sagte botter (nie gesmelt)

Gooi al die bestanddele in 'n bak, meng goed met 'n houtlepel, gooi in gesmeerde bakplaat en bak 22 minute in voorverhitte oond by 190º. Moenie droog bak nie, dit moet nog so effens klam wees in die middel. Sny in blokkies wanneer koud. Kan net so geëet word, of bedien met styfgeklopte room.


DEEG SKELMPIES.

1 1/2 kop. meelblom.
1/4 tl. sout.
1 1/2 tl. bakpoeier.
peper.
1 eier.
1 kop. melk.

Klits eiers en melk goed. Roer stadig by meel, sout en bakpoeier. Doop stukkies hoender of enige koue vleis daarin en bak in warm olie


Gemmerkoekies

500 g sagte botter
500 ml sagte bruinsuiker
250 ml goue stroop
sowat 80 ml gemmerkonserf, gedreineer en fyn opgekap
1 kg bruismeel
10 ml elk koeksoda en kremetart
5 ml sout
2 ml gemaalde gemmer
2 eiers, geklits
ekstra koekmeel, indien nodig

Stel oond op 180 °C. Klop die botter, bruin-suiker, stroop en konserf saam. Sif die droë bestanddele by die bottermengsel in. Meng goed saam.
Voeg die eiers by en meng saam tot 'n sagte deeg. Neem ekstra meel op die hande as die deeg te onhanteerbaar is. Vorm klein balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat of rol uit en druk sirkels van verlangde grootte uit. Bak sowat 8 tot 10 minute. Lewer sowat 80 koekies.
Wenk: Let op dat die deeg `loop'. Laat dus genoeg ruimte tussen elke balletjie.
Rol deeg dun uit om 'n heerlike bros koekie te kry.


KAASKOEK

Kors:
25 Gemmerkoekies OF 1 pakkie tennisbeskuitjies.
100 g gesmelte botter
Meng koekies en botter en druk in 'n pan met 'n uithaal bodem om korslaag te vorm. Laat afkoel in die yskas.

Kaasskoekvulsel:
25 ml (5 teelepels) gelatien.
4 eetlepels water.

Bedek gelatien met water en laat staan sodat dit kan "spons"

Plaas 2 houers roommaaskaas in 'n bak en meng. Voeg by die sap en fyngeraspede skil van 'n groot suurlemoen. Voeg 5 ml vanieljegeursel by. Meng 3 eiergele met 200 gram (1 koppie) strooisuiker in 'n bak - totdat dit soos room lyk - voeg dan by die kaasmengsel.

Klits 250 ml room liggies en voeg by die kaasmengsel.

Mikrogolf die gelatien op medium krag vir 2 minute en voeg STADIG by kaasmengsel en meng totdat al die gelatien deeglik in die kaasmengsel gemeng is.

Gooi in pan met kors en laat stol. Versier met vars vrugte en room indien verkies.


KAASKOEKIES

250 g. cheddarkaas.
250 g. meelblom.
1/2 tl. peper.
250 g. botter.
1/2 tl sout.
knippie rooi peper.

Sif die meelblom, sout, peper en rooipeper in 'n mengbak.Sny die botter in klein stukkies en vryf dit in die gesifte meelmengsel. Rasper die kaas nou by die mengsel en vryf goed in. Die deeg is baie ryk en u sal vind dat dit in 'n plat pan gedruk kan word of in 'n kolwynpan -
netjie. Bak teen 230 Grade C tot ligbruin.


KAASSTROOITJIES

3 kop. meelblom.
1 tl. sout.
250 g. ( 1/2 lb. ) gerasperde cheddarkaas.
250 g. ( 1/2 lb. ) margarien.
3 tl. bakpoeier.
1/2 tl.rooipeper.

Rasper kaas. Meng botter, meel en al die ander bestanddele saam. Kaas laaste by. Maak aan met water of melk tot stywe deeg. Rol dun uit en sny in repe. Bak teen 230 Grade C tot ligbruin.


KARRINGMELK SJOKOLADEKOEK

2 kop. meelblom.
1/2 kop. botter.
1/2 kop.warm water.
2 eiers.
1 tl. kremetart.
1 tl. koeksoda.
1 1/2 kop. suiker.
1/4 kop. kakao.
1/2 - 1 kop. karringmelk.
2 tl. vanielje.
sout.

Sif droê bestanddele. Klop smeer en suiker tot room. Voeg goed geklitste eiers by en dan kakao gemeng met warm water. Voeg droê bestanddele om die beurt met melk by. Voeg vanielje by. Bak vir 20 - 30 minute ( of langer ) teen 180 Grade C.
Vir 'n groot koek verdubbel bestanddele.


KLAPPERKOEKIES

360 g. ( 750 ml.) koekmeelblom.
240 g. ( 300 ml.) suiker.
80 g. ( 250 ml.) klapper.
2 ml. sout.
250 g. / ml. botter.
5 ml. koeksoda.
5 ml. appelkooskonfyt.

Voorverhit die oond tot 180 Grade C. Sif droë bestanddele saam. Vryf die botter met vingerpunte in. Meng die koeksoda en appelkooskonfyt saam en sny in droë bestanddele in. Indien nodig, voeg 'n klein bietjie melk by om stywe deeg te vorm. Vorm balletjies en plaas dit op 'n bakplaat. Druk dit met 'n vurk plat en versier met rooi en groen glanskersies. Bak vir ongeveer 10 minute tot ligbruin. Lewer ongeveer 4 dosyn koekies.


KONDENSMELKKOEKIES

685 g. meelblom.
455 g. botter.
4 tl. bakpoeier.
1 blik kondensmelk.
1 tl. suurlemoengeursel.
1 kop. strooisuiker.
sout.

Room botter en suiker en voeg kondensmelk by en meng goed. Sif meelblom, bakpoeier en sout en voeg by botter mengsel. Smeer pan en skep teelepelsvol in pan en bak teen 190 Grade C vir + - 12 minute.


KONFYTTERTJIES

190 ml. ( 3/4 kop.) suiker.
125 ml. ( 1/2 kop.) margarien.
2 eiers.
500 ml. ( 2 kop.) meelblom.
10 ml. ( 2 tl.) bakpoeier.
vanielje.

Stel die oond op 180 Grade C. Room die suiker en margarien saam. Voeg die eiers by en klits goed todat mengsel liggeel en skuimerig is. Voeg die meelblom, bakpoeier en 'n paar
druppels vanielje by. Rol deeg in klein balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat - ongeveer 5 cm.uit mekaar. Maak 'n klein holte in die middel van die deeg en drup 'n klein bietjie konfyt
daarin. Bak in 'n matige oond tot ligbruin.


NAWEEKKOEKIES

125 g. botter of margarien.
80 ml. ( 1/3 kop.) suiker.
1 ekstra-groot eier.
250 ml. ( 1 kop.) bruismeel.
180 ml. ( 3/4 kop.) korente.
500 ml. ( 2 kop.) Rice Krispies of graanvlokkies, liggies
fyngedruk.

Voorverhit oond tot 180 Grade C en smeer 'n paar bakplate. Verroom die botter of margarien en suiker goed tot lig en romerig. Voeg eier by en klits goed. Sif bruismeel oor bottermengsel en voeg korente by. Roer liggies. Voeg Rice Krispies of graanvlokkies by. Vorm bolletjies en pak op bakplate. ( Laat ruimte toe, want die koekies sprei effens ) Bak 10 - 15 minute tot gaar. Lewer 45 koekies.


Ouma Tillie se Dadelkluitjies

STROOP :

500 ml suiker
1 liter water
30 ml (2 eetlepels botter)
30 ml (2 eetlepels goue stroop)
2 ml (halwe teelepel) sout


KLUITJIES
500 ml koekmeelblom
15 ml (1 eetlepel) koeksoda
2 ml (halwe teelepel) fyn kaneel
30 ml (2 eetlepels) botter
125 ml (halwe koppie) fyn gesnipperde dadels
250 ml (1 koppie) melk

Meng al die bestanddele vir die stroop saam in 'n stoompot. Roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Kook dan vyf minute lank.

Meng koekmeelblom, koeksoda en kaneel saam. Vryf botter in en voeg die dadels by. Meng goed deur. Voeg die melk stadig by terwyl aanhoudend geroer word.

Laat stroop weer kook en skep lepels vol van die kluitjiemengsel in die kokende stroop. Verlaag hitte (dit moet baie stadig prut anders kook dit oor) en prut 20 minute lank. Moenie die deksel oplig nie.

Dien op saam met vla, room of roomys. Genoeg vir 6-8 mense.


SKUINSKOEK

2,5 kg Snowflake koekmeelblom
10 ml sout
15 ml droë gis
1 liter louwarm water
250 g botter of margarien
15 ml anys
750 ml suiker

1. Sif die meel en sout saam
2. Los die gis op in 'n bietjie van die lou water. Voeg die res van die water by asook 6 koppies van die meel en maak aan tot 'n slap deeg. Bedek en laat rys op 'n warm plek vir 2 ure of totdat die deeg in volume verdubbel het.
3. Vryf die botter in die res van die meel. Voeg anys en suiker by, meng goed en knie die suurdeegmengsel hierby in. Indien nodig kan 'n ekstra bietjie louwarm water bygevoeg word om 'n lekker sagte deeg wat maklik hanteer, te verkry. Bedek en laat op 'n warm plek rys totdat die deeg in volume verdubbel het.
4. Knie deeg goed af. Knyp stukkies deeg af en rol dit soos wors uit en sny skuins skywe van 50 mm lank af. Skep dit
in warm diepvet en braai goudbruin. Draai om en braai ook die ander kant totdat dit goudbruin is. Dreineer op kombuis- of bruinpapier.


YSKASKOEKIES

2 pk. tennisbeskuitjies.
1 x 250 g. margarien ( gesmelt)
1 blik gekookte kondensmelk.
1 pk. versiersuiker.
1 dl. koffie - ekstrak.
1 dl. vanielje.
okkerneute.

Meng alles saam behalwe beskuitjies & okkerneute. Breek beskuitjies in. Druk vas in gesmeerde bak. Strooi gekapte okkerneute oor en plaas in yskas. Wanneer gestol, sny in blokkies. Die koekies kan lank gebêre word.


ROOSTERKOEK

( Heerlik met braaivleis.)
2 kop. meelblom.
1 tl. koeksoda.
2 onse botter.
1/2 tl. kremetart.
1/2 tl. sout.
dikmelk.
Sif droë bestanddele saam. Vryf botter daarin. Meng met melk tot 'n sagte rolbare deeg. Rol 'n halfduim dik uit en sny in reghoeke. Plaas op 'n gesmeerde plaat of rooster oor kole. Bedien warm met botter.


PANNEKOEK

1 kop. meelblom.
1 teel. bakpoeier.
knippie sout.
2 eiers.
1/4 kop. kookolie.
1 1/2 kop. water.
Meng alles goed. Laat staan 'n bietjie. Bak in baie min olie. Strooi kaneel en suiker oor.


KANEELBOLLETJIES

50 ml. gladde appelkooskonfyt.
125 ml. ( 1/2 kop.) margarien.
5 ml. ( 1 tl.) koeksoda.
25 ml. ( 5 tl.) kookwater.
375 ml. ( 1 1/2 kop.) koekmeelblom.
knippie sout.
Stroop :
330 ml. witsuiker.
500 ml. ( 2 kop.) kookwater.
12 ml. ( 2 1/2 tl.) fyn kaneel.

Voorverhit oond tot 180 Grade C en smeer 'n kleinerige oondbak met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Meng konfyt en margarien deeglik. Los koeksoda in kookwater op, voeg by konfytmengsel en meng. Sif meel en sout by en meng tot 'n deeg. ( Dis 'n baie sagte deeg.) Skep teelepelsvol van die mengsel in voorbereide oondbak. Verhit suiker, kookwater en kaneel oor lae hitte tot suiker gesmelt is en bring tot kookpunt. Giet warm stroop oor bolletjies en bak ongeveer 25 minute lank. Sit warm voor met roomys.
Genoeg vir 4-6 mense.


YSTERVARKIES

Hierdie is 'n staatmaker

350g (625ml) Bruismeel
7ml bakpoeier
1ml sout
125g botter of margarien
250g (325ml) suiker
4 eiers

Stel oond op 200C (400F) en smeer twee bakpanne van 18 x 28 x 3cm. Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam. Klop botter en suiker tot romerig. Klop eiers een vir een by bottermensel en meng goed na elke byvoeging. Voeg gesifde
bestanddele bietjiesgewys by en roer tot alles net gemeng is. Skep in panne, maak gelyk en bak 15 - 20 minute. Keer uit op draadrak en laat afkoel.
Sny in blokkies van sowat 3 x 3cm.

Stroop

375ml kookwater
600g (750ml) suiker
1ml sout
15g (30ml) kakao
15g (15ml botter of margarien
5ml vanieljegeursel
400g (5 x 250ml) klapper

Meng kookwater, suiker, sout en kakao in 'n dubbel kastrol, oor kookwater. Doop koekblokkies vinnig in stroop en sorg dat al sy vier sye bedek is. Rol in
klapper en plaas op draadrak. Hou in koelkas.
Lewer 8-9 dosyn


Korslose kaastert

15ml botter of margarien
6 eiers, geklits
125ml gerasperde Cheddarkaas
2 tamaties, geskil en grof gekap
5ml sout
1ml varsgemaalde swartpeper
12.5ml vars gekapte pietersielie
1 spekvleisrepie, swoerd verwyder & gekap

Voorverhit die oond tot 180C. Verhit die botter of margarien in ‘n swaarboombraaipan. Meng die res van die bestanddele en voeg dit by die gesmelte botter of margarien. Meng alles goed saam. Gooi die mengsel uit in ‘n goed gesmeerde oondskottel en bak dit 35-40 minute lank op die middelste oondrak totdat dit ferm is.


Krummelpap verrassing

4 x 250ml krummelpap
500ml bruinbroodkrummels
5ml sout
250g botter
500g bladspek
500ml melk
8 eiers, geskei
285g blik geroomde sampioene
285g blik gesnipperde sampioene, gedreineer
500ml Chedderkaas, gerasper
170g blikkie ingedampte melk

Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n oondskottel. Meng die krummelpap, brood krummels en sout, voeg die gesmelte botter by en meng goed. Braai die spek bros en krummel dit. Hou 'n bietjie van die spek vir garnering en voeg die res van die spek by die krummelpapmengsel. Klits die melk en eiergele saam en voeg dit en die sampioene en 350ml van die kaas by die mengsel. Skep dit in die oondskottel uit en bak dit vir ongeveer 'n uur lank. Sprinkel die res van die kaas en spek bo-oor en gooi die ingedampte melk oor. Plaas die gereg vir ongeveer 5 tot 10 minute terug in die oond. Bedien saam met braaivleis.


Speserykoekies

300g /600 ml koekmeelblom
7 ml koeksoda
5 ml fyn gemmer
3 ml fyn kaneel
200 g botter of margarien
200 g / 250 ml bruin suiker
1 eier
60 ml heuning of stroop
12.5 ml strooisuiker

Sif meel, koeksoda en speserye saam. Room botter en suiker saam. Voeg eier by en klop baie goed. Voeg heuning by en meng.
Roer droeë bestanddele by en meng goed.  Vorm klein balletjies.  Doop die helfte van elke balletjie in water en dan in die strooisuiker.  Plaas met suikerkant na bo op 'n gesmeerde bakplaat (druk effens plat) en bak 12-15 minute in 'n voorverhitte oond teen 180ºC. 


Hertzoggies

1 k botter
3 k meelblom
1/2 t sout
3/4 k suiker
2 t bakpoeier
1 k klapper
1/2 k fyn suiker
4 eiers

Sif meelblom, sout en bakpoeier saam en voeg suiker by. Sny en vryf die botter in. Meng met goedgeklopte eiergele sodat die deeg uitgerol kan word. Druk af en voer klein vormpies hiermee uit. Plaas in elk 'n bietjie appelkooskonfyt. Klop eierwitte droog, voer klapper en strooisuiker by. Sit bietjie bo-oor konfyt Bak in warm oond 190 - 205 C ( 375 - 400 F) tot gaar. 


Aartappelkaaskoekies

3 aartappels, geskil                                   1 ui
1 eier, geklits                                            30ml koekmeelblom
sout en peper na smaak                              5ml bakpoeier
125ml gerasperde Cheddarkaas                 10ml gekapte pietersielie
olie om in te braai

Rasper die aartappel en ui saam. Roer die eier, koekmeelblom, sout, peper en bakpoeier by. Roer die kaas en pietersielie by. Skep lepelsvol van die mengsel in vlak, warm olie en braai dit tot goud bruin aan albei kante. Dreineer dit op kombuispapier.
Bedien dit dadelik.


Blitsvinnige Vrugtekoek

2 pakkies Marie beskuitjies (grof gebreek)
2 eiers
1 koppie (250ml) sagte bruin suiker
1 koppie (250ml) botter of margarien (verkieslik botter)
3 koppies (750ml) gedroogde vrugtemengsel (fruit mix)
75g glanskersies
2 sopies brandewyn of sjerrie

Smelt botter en suiker, moenie kook nie. Voeg vrugte by en kook vir 3 minute. Voeg geklitste eiers by. Roer vinnig na elke byvoegsel en kook vir nog 2 minute. Voeg Marie beskuitjies, kersies, brandewayn of sjerrie by en roer goed. Roer goed tot alles goed gemeng is. Plaas in gesmeerde broodpannetjie wat uitgevoer is met waspapier wat ook gesmeer is. Druk mengsel stewig vas en laat afkoel.Keer uit en strooi met versiersuiker voor bediening.


Korentekoekies

Nog 'n resep wat dateer uit 'n 1914 resepteboek

130 g botter
400 g suiker (500 ml)
4 eiers (geskei)
375 ml melk
2 ml koeksoda
480 g koekmeelblom (4 x 250 ml)
150 g korente (250 ml)
5 ml kremetart

Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiergele een vir  een by terwyl voortdurend geklits word. Meng melk en koeksoda en voeg beurtelings met meelblom by bottermengsel. Roer korente daarby in.
Klits eierwitte en kremetart saam tot styf en vou liggies by mengsel. Skep in gesmeerde
kolwyntjiepanne en bak in voorverhitte oond by 200 grade C. 20-25  minute lank tot gaar.


Minette se gemmerkoekies

185g margarine
250ml stroop
700g koekmeel
20ml koeksoda
20ml kremetart
60ml gemmer
550g bruinsuiker
5ml sout
3 eiers

Smelt botter en stroop in groot kastrol en laat afkoel. Voeg nou die eiers een vir een by die stroopmengsel. Gooi nou die bruinsuiker bo-oor en meng net tot die mengsel nat is. Sif droё bestandele en voeg by die die stroopmengsel en meng. Laat staan vir 2 ure, maak balletjies en bak 10 – 12 minute by 180ْ C. Die resep lewer omtrent 13 dosyn. Ek voeg
maar altyd ń bietjie ekstra gemmer by, net vir liefde. Die is ’n regte outydse harde gemmerkoekie wat lekkerder word soos dit ouer word.


Jan Smuts-koekies

Hierdie koekies is genoem na genl. Jan Smuts wat van 1919 tot 1924 en van 1939 tot 1948 die eerste minister van die Unie van Suid-Afrika was.
Die resep lewer 4 dosyn koekies. Volgens oorlewering was die koekies destyds baie gewild onder genl. Smuts se aanhangers terwyl hul politieke opponente niks daarvan wou weet nie en net Hertzoggies gebak het.

Kors
400 g (750 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
250 g botter of margarien, by
kamertemperatuur
200 g (250 ml) suiker
2 eiers, geklits

Vulsel
125 g botter of margarien, by kamertemperatuur
125 g (150 ml) suiker
2 eiers, geklits
125 g (225 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
5 ml bakpoeier
100 ml fyn appelkooskonfyt

Voorverhit die oond tot 190°C (375 F).
Smeer die holtes van kolwyntjiepanne, of bespuit hull met kleefwerende middel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarien met die vingertoppe hierin totdat die mengsel fyn gekrummel is. Voeg die suiker by en meng. Voeg die eiers by en meng tot 'n deeg.
Rol die deeg sowat 3 mm dik uit op 'n meelbestrooide deegplank. Druk sirkels, 8 cm in deursnee, met 'n koekiedrukker uit. Voer die holtes van die kolwyntjie panne met die deegsirkels uit.
Verroom die botter of margarien en die suiker saam. Voeg die eiers by en meng. Sif die koekmeelblom en bak poeier saam en meng dit met die eiermengsel.
Skep 2 ml van die appelkooskonfyt in elke korsie. Skep 'n lepelvol vulsel daarop.
Bak die koekies 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak.
Keer hulle versigtig op 'n draadrak uit en laat afkoel.


Afrika's Koekiis
Die resep het verskyn in Di Afrikaanse Koek en Poeding Boek Duer 'n
Frystaatse Dame, Paarlse Drukpers Maats. Beperkt. 1914

3 lb Flour, 1 lb witsuiker, 1 lb botter, telepel soda en 2 telepels
kremetat, met melk of water angemaak.
Dit is die hele resep.

Hiermee 'n variasie van Afrika-koekies in die jare 90.
(lewer 90 koekies)
120 g koekmeelblom (250 ml)
390 g volkoringmeel (750 ml)
120 9 mieliemeel (250 ml)
200 g sagte bruinsuiker (250 ml)
3 ml gemengde speserye
5 ml Kremetart
250 g botter
3 ml Koeksoda
225 ml melk
250 ml karringmelk

Meng meelblom, volkoringmeel en mieliemeel. Voeg bruinsuiKer, speserye en kremetart by. Vryf botter daarby in tot mengsel soos broodkrummels lyk. Los koeksoda op in melk en voeg by meelmengsel. Voeg karringmelk by en meng tot sagte deeg. Skep lepelsvol vam mengsel op gesmeerde bakplate en bak in voorverhitte oond by 180 grade C, 15-20 minute lank tot gaar. Verwyder uit oond en laat afkoel op draadrak.

Variasies
. Maak holte in rou koekies en skep bietjie appelkooskonfyt daarin. Bak soos bo.
. Drup gesmelte sjokolade oor vir 'n soeter koekie.


Boere Soetkoekies

15 Koppies mee1
3/4 Koppie stroop
15 teelepels bakpoeier
6 1/2 Koppies suiker
1 teelepel kaneel .
1 teelepel neut
1/2 teelepel naeltjies
1 teelepel gemmer
6 eiers
1 1/3 pond (660 g) margarien

Meng die droë bestanddele, vryf margarien in. Voeg stroop en eiers by,
meng verder met melk tot 'n stywe deeg. Rol uit en druk af met
drukkertjies. Bak in oond 400°F tot ligbruin.


Lekker Soetkoekies

2 Koppies klapper
3/4 pakkie cream of tartar
1/4 pond gesnipperde kersies
1 eetlepel goue stroop
14 Koppies meel
3 Koppies suiker .
1 3/4 Koppie botter
knippie sout.
1 blik gekondenseerde melk
6 eiers
1 pakkie koeksoda

Maak koeksoda en cream of tartar met een eetlepel asyn aan.
Meng meel, suiker en sout saam. Meng gekondenseerde melk, goue stroop,
koeksoda mengsel, asook geklitste eiers saam. Voeg nou alles bymekaar
en werk sagte botter met hande deur mekaar.
Rol uit, druk af en bak (Moenie gesmelte botter gebruik nie).


Koffiekoekies

8 Koppies meelblom,
1 pond (500 g) maizena
1 ons (30 g)koeksoda
1 Koppie stroop
1 1/2 pond margarien
2 Koppies suiker
4 eetlepels koffie essence
1/2 teelepel sout
Melk indien nodig.

Meng botter, suiker, stroop. Voeg koffie essence by. Meng koeksoda met bietjie melk. Voeg by mengsel. Voeg droë bestanddele by en maak aan tot stywe deeg. Druk deur koekie masjien en bak in warm oond 400 F. Sit 2 - 2 opmekaar met konfyt.


Kondensmelk koekies

12 Koppies meel
4 eiers
1 pak cream of tartar
1 pak koeksoda
2 eetlepe1s stroop
1 blik kondensmelk
2 pond (1 kg )margarien
3 Koppies suiker
1 Koppie klapper

Meng Suiker en botter tot room. Voeg eiers een vir een by. Voeg stroop en melk by. Laaste word meel koeksoda, klapper en cream of tartar bygevoeg. Meng,druk uit en bak in oond 400 F tot gaar.


Outydse soetkoekies

250 g botter of margarien by kamertemperatuur
600g (750 ml) suiker
5 groot eiers
800 g (6 x 250 ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom
30 ml bakpoeier
10 ml fyn neutmuskaat
2 ml sout

Versiering
1 eier, geklits
25 ml melk
suiker

Verroom die botter of margarien, suiker en eiers saam. Sif die koekmeelblom, bakpoeier, neutmuskaat en sout saam. Meng die droë bestanddele met die eiermengsel tot 'n taamlike sagte deeg. Bedek die deeg en laat dit 'n halfuur rus.
Vooerverhit die oond tot 200ºC. Smeer bakplate effens.
Rol die deeg uit op 'n deegplank wat met meel bestuif is. Druk sirkels, 4 tot 5 cm in deursnee, met 'n koekiedrukker uit.. Plaas die deegsirkels effens uitmeker op die bakplate..
Meng die geklitste eiere en melk en bstryk die koekies liggies daarmee. Strooi 'n bietjie suiker op elke koekie.
Bak die koekies 8 tot 10 minute of tot goudkleurig op die middelste oondrak.Laat afkoel op 'n draadrak en bewaar in 'n digte houer.


Geglasuurde Wortelkoek
Glasuurbestanddele:

½ Koppie suiker
¼ Teelepel bakpoeier
Koppie karringmelk
Koppie botter
1 Eetlepel ligte goue stroop (Corn Syrup)
½ teelepel Vanielje-ekstrak
Meng al die glasuurbestanddele, behalwe die Vanielje-ekstrak, in kastrol op stoof terwyl jy dit roer tot kookpunt.
Voeg Vanielje-ekstrak by en meng goed. Laat mengsel afkoel terwyl die koek voorberei word.

Koekbestanddele:
2 Koppies koekmeel
1 Eetlepel Vanielje-ekstrak
1 Koppie suiker
2 Koppies fyn gerasperde wortels
1 Teelepel bakpoeier
1 Koppie gekapte neute
¾ Teelepel sout
1 Koppie strooi klapper ("Coconut")
1 Eetlepel anys
½ Koppie goue rosyntjies
3 Eiers
1 Koppie gedreineerde fyn pynappels
½ Koppie olie
¾ Koppie karringmelk
Geklopte room (opsioneel)
Meng koekmeel, bakpoeier, anys en sout deur 'n sif in een bak.
Neem 'n ander bak en roer/meng die eiers, karringmelk, olie en vanielje-ekstrak saam. Voeg die wortels, pynappels, klapper, rosyntjies en neute by hierdie mengsel en meng goed.
Meng nou sowat die helfte van die koekmengsel goed daarby. Voeg dan orige helfte van koekmengsel by en meng ook goed deur.
Smeer 'n groterige oondbestande glasbak (Pirex) en gooi die deeg daarin. Sprei die deeg om die pan te vul. Bak in oond teen 350 grade C vir 40 minute.
Wanneer koek uit die oond kom, steek baie gaatjies oral in koek met 'n stokkie. Gooi nou die afgekoelde glasuurmengsel eweredig oor koek en laat sous intrek vir sowat een uur.
Sny in redelike blokkies om te bedien. Strooi anys en/of strooisuiker oor of bedien met room.