Telefoonpoeding
1 1/2 koppie meel
1 koppie suiker
1/2 koppie botter
1/2 koppie melk
sout
2 eiers
1 teelepel koeksoda
1 teelepel gemmer
1 eetlepel appelkooskonfyt
Sous:
1 1/2 koppie suiker
2 1/2 koppies kookwater
Maak die deeg in die skottel aan
waarin dit gebak moet word. Roer stroop en gooi oor deegen bak vir een urr
teen 400ºF.
Ek weet nie wie Mev Marais was nie, maar hier is haar poeding :-)
Mev. Marais se Bruinpoeding
1/2 koppie fyn appelkoos konfyt
2 teelepels koeksoda (gelyk vol)
1/2 koppie botter
1 en 1/2 koppie meelblom
1/4 teelepel sout
Stroop:
1 en 1/2 koppie suiker
3 koppies water
1/2 teelepel gemmer
Meng konfyt, koeksoda en botter saam. Koeksoda word eers met 'n bietjie asyn aangemaak. Voeg droë bestandele by en skep lepels vol in kokende
stroop.
BROODPOEDING.
1 liter melk.
20 g. ( 25 ml.) botter.
1 ml. sout.
120 g. ( 500 ml.) broodkrummels.
4 eiers ( geskei )
200 g. ( 250 ml.) suiker.
2 ml. suurlemoenskil ( gerasper )
80 g. ( 100 ml.) suiker.
75 ml. appelkooskonfyt.
Verhit melk, botter en sout saam. Giet warm melk op broodkrum - mels en laat
week. Klits eiergele, 200 g. suiker en suurlemoenskil saam. Roer
eiergeelmengsel by melkmengsel in en meng goed. Klits eierwitte styf,
voeg oorblywende suiker by en klits tot gemeng.
Vou helfte van eierwitmengsel by melkmengsel in. Giet in 'n gesmeerde
vuurvaste bak en bak sowat 30 minute lank by 180 Grade C. Smeer konfyt op
broodpoeding en skep oorblywende eierwit - mengsel daaroor sodat dit mooi
punte vorm. Bak poeding nog vir 15 minute lank tot meringue goudbruin is.
BRUINPOEDING SONDER EIERS
3 kop Meelblom
3 teel Koeksoda
3 eetl Margarine
1 kop Melk
3 eetl Gouestroop
Sout
Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk op en roer
in. Sif meel en sout in en meng deeglik.
STROOP:
Kook 3 kop suiker, 6 kop kookwater, 1 eetl gouestroop en 1 eetl botter in 'n
groot kastrol. Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook. Plaas
deksel op en laat 1 uur lank stadig kook. Indien verkies, kan 1 eetl gemmer
bygevoeg word vir smaak.
Jan Ellis poeding
1 1/2 kop. bruismeel.
2 eiers.
2 eetl.appelkooskonfyt.
1/2 kop. melk.
1/2 kop. suiker.
1 teel. koeksoda.
2 eetl. sagte botter.
1/4 teel. sout.
Los koeksoda in melk op. Meng al die ander bestanddele. Roer melk en
koeksoda by en meng baie goed. Bak 30 minute in matige oond.
Stroop:
1 kop. kookwater.
1 kop. room.
1 teel. vanilla.
1 kop. botter.
1 kop. suiker.
Gooi alles in kastrol en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor poeding
wanneer dit uit die oond kom. Bedien warm of koud.
LIPLEKKER VLASKYWE
16 snye ferm bruinbrood, korsies verwyder en met botter
gesmeer.
15 ml. ( 1 eetl.) kaneel.
80 ml. ( 1/3 kop.) bruinsuiker.
100 g. ( 1 pakkie ) pekanneute, gekap.
1 liter. ( 4 kop.) melk.
60 ml. ( 4 eetl.) botter.
80 ml. ( 1/3 kop.) suiker.
125 ml. ( 1/2 kop.) koekmeelblom.
100 ml. mielieblom.
15 ml. ( 1 eetl.) vlapoeier.
2 ml. ( 1/2 tl.) sout.
125 ml. ( 1/2 kop.) koue water.
3 ekstra-groot eiers.
5 ml. ( 1tl.) vanieljegeursel.
Voorverhit oondrooster tot warm. Smeer 'n vlak, reghoekige oondbak ( 30 x 23
cm.) met botter. Pak brood in 'n enkellaag op 'n bakplaat. Meng kaneel en
bruinsuiker en sprinkel liggies oor brood. Rooster tot gekaramelliseer. Pak
8 van die snye brood onder in
oondbak en hou ander 8 eenkant. Verhit melk, botter en suiker tot kookpunt.
Meng intussen die koekmeelblom, mielieblom, vlapoeier en sout. Maak met koue
water aan tot 'n pasta. Voeg 'n bietjie van die kokende melkmengsel by en
roer tot goed gemeng. Klits nou eiers by. Giet bietjies-bietjies terug in
kastrol by orige melkmengsel en verhit stadig, terwyl aanhoudend geroer
word, tot mengsel dik en gaar is.Verwyder van hitte en roer vanieljegeursel
by. Skep 'n laag warm vla oor broodjies. Pak die res van die brood ( met
karamellaag na bo ) op vla en skep orige vla bo-op. Laat afkoel tot
kamertemperatuur en sprinkel dan 'n dun lagie bruinsuiker en kaneel oor.
Rond af met gekapte neute en verkoel oornag. Sny in blokke en sit voor saam
met koffie of as poeding. Genoeg vir 6 tot 8 mense.
Malvapoeding
1 kop. meelblom.
1 teel. koeksoda.
1 eetl. botter.
1 eier.
1/2 kop. melk.
1 eetl. asyn.
1/2 kop. suiker.
sout.
Room botter, suiker en eier. Meng asyn en koeksoda en voeg by bottermengsel.
Voeg meel en sout by en maak aan met melk. Bak in matige oond tot gaar. Gooi
sous oor warm gaar poeding.
Sous:
1 kop. Carnation melk.
1 kop. kookwater.
1 kop suiker.
Kook saam en gooi oor poeding.
Malvapoeding.(2)
2 eiers ( by kamertemperatuur )
210 g. strooisuiker ( 250 ml.)
15 ml. appelkooskonfyt.
150 g. koekmeelblom ( 315 ml.)
knippie sout.
5 ml. koeksoda.
30 ml. botter.
5 ml. asyn.
125 ml. melk.
Sous.
250 ml. room.
100 g. suiker.( 125 ml.)
100 g. botter.
125 ml. Suid-Afrikaanse Brandewyn.
Klits eiers en strooisuiker deeglik saam tot lig en donsig. Klits
appelkooskonfyt by. Sif droë bestanddele 3 maal saam. Smelt botter en voeg
by asyn en melk. Vou droë bestanddele
beurtelings met melkmengsel by eiermengsel in. Giet beslag in
middelslag-gesmeerde oondvaste skottel. Bak in voorverhitte oond teen 180
Grade C vir sowat 45 minute.
Berei sous:
Smelt sousbestanddele saam en giet bo-oor poeding sodra dit uit die oond kom.
Steek gaatjies in poeding met vurk om sous te help intrek. Dien warm op saam
met room.
Predikantsvrou Poeding
3 E botter/margarien
1 K suiker
1 eier
1 K koekmeel
1 K melk
1 t vanielje
2 E goue stroop
1 t koeksoda
knippie sout
Metode
Meng alles saam in 'n oondskottel met 'n deksel. Bak vir 'n 3/4 uur op
180ºC. Wanneer gaar gooi 'n klein blikkie Ideal melk bo-oor warm poeding. (Indien
jy nie Ideal melk in die huis het nie, kook saam 1/2 K melk, 2 E suiker en 1
t margarien - net so lekker bo-oor.)
RYSPOEDING
70 g. ( 125 ml. ) bruismeel.
4 ekstra groot eiers, geklits.
625 ml. melk.
165 g. ( 125 ml. ) fyn appelkooskonfyt, gesmelt.
210 g. ( 250 ml. ) strooisuiker.
500 ml. gaar rys.
75 g. ( 125 ml. ) gedroogde appelkose, fyn gekap en geweek.
15 ml. botter, gesmelt.
5 ml. vanieljegeursel.
kaneel om oor te strooi.
Voorverhit die oond tot 180 Grade C. Smeer 'n 26 x 21-cm-oondvaste bak met
margarien. Plaas die bruismeel in 'n groot mengbak. Klits die eiers en melk
saam en voeg by die bruismeel terwyl aanhoudend geroer word met 'n
draadklopper. Meng die appelkooskonfyt en strooisuiker en voeg dit ook by
die meelmengsel. Voeg die rys,appelkose, botter en vanieljegeursel by. Meng
goed en giet in die voorbereide bak. Sprinkel 'n bietjie kaneel bo - oor.
Bak sowat 55 minute lank of todat die poeding gestol en goudbruin van bo is.
Dien warm op saam met roomys of vla. Genoeg vir 6 mense.
SUPER
SAGOPOEDING.
180 ml. ( 3/4 kop.) sago.
250 ml. ( 1 kop.) volroommelk.
250 ml. ( 1 kop.) room.
knippie sout.
1 blik ( 397 g.) kondensmelk.
3 ml. ( ruim 1/2 tl.) bakpoeier.
3 ekstra-groot eiers, geskei.
80 ml. ( 1/3 kop.) sagte bruinsuiker.
7 ml. ( 1 1/2 tl.) fyn kaneel.
Voorverhit oond tot 200 Grade C en smeer oondbak met botter of bespuit met
kleefwerende kossproei. Verhit sago, melk, room en sout oor lae hitte tot
kookpunt. Laat ongeveer 30 minute baie liggies prut, roer gereeld.
Verwyder van hitte, laat effens afkoel en voeg kondensmelk, bakpoeier en
eiergele by. Meng goed. Klits eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou
liggies by die mengsel in. Skep in voorbereide bak en bak ongeveer 20 tot
30 minute tot opgepof en
goudbruin. Geniet met vla. Genoeg vir 4 mense.
LEMOEN - KARAMEL
- RYSPOEDING
Karamel :
125 ml. ( 1/2 kop.) vars lemoensap.
180 ml. ( 3/4 kop.) strooisuiker.
Poeding :
875 ml. ( 3 1/2 kop.) volroommelk.
250 ml. ( 1 kop.) wit rys uit Amerika.
125 ml. ( 1/2 kop.) witsuiker.
300 g. ricottakaas.
3 ekstra-groot eiers. liggies geklits.
Voorverhit oond tot 180 Grade C en bespuit 'n 22 cm-koekpan liggies met
kleefwerende kossproei. Verhit 60 ml. ( 1/4 kop.) van die lemoensap en die
strooisuiker oor baie lae hitte tot die suiker opgelos is, terwyl geroer
word. Verhit tot kookpunt en kook vinnig, sonder
om te roer, tot die mengsel 'n diep karamelkleur het. Voeg orige lemoensap
by. ( Versigtig, dit sal erg borrel en spat.) Plaas vinnig terug op die
hitte, laat opkook. Giet in koekpan en kantel die pan sodat die karamel
die bodem en kante van die koekpan bedek.
Plaas in die yskas. Verhit die melk en rys saam tot kookpunt, en laat prut
( terwyl geroer word.) tot sag en gaar. Verwyder van hitte, roer suiker by
en laat afkoel. Roer ricotta en eiers by, giet op karamellaag en maak
gelyk. Bedek deeglik met aluminiumfoelie en plaas in 'n oondbak wat
halfpad met water gevul is. Bak 45 - 50 min. of tot die poeding ferm in
die middel is. Verwyder koekpan uit waterbad en laat afkoel tot
kamertemperatuur. Keer uit op 'n dienbord en verkoel tot opdiening. Genoeg
vir 8 - 10 mense.
Melkkos
3
k vermicelli
water om te bedek
knypie sout
2 t kookolie
6 k melk
2 stukkies pypkaneel
2 steranyse
3 huisies kardamom
1 E suiker
sout
3 E mielieblom
1/2 k water
2 E botter
Breek die vermicelli in 5 cm stukkies, sodat jy genoeg het om 3 koppies
te vul. Bedek met water in 'n kastrol, voeg 'n knypie sout en die
kookolie by en kook tot sag. Dreineer en hou eenkant.
Kook die melk, pypkaneel, steranys, kardamom, suiker en sout. Voeg die
gekookte vermicelli daarby. Meng nou die mielieblom met die 1/2 koppie
wateren roer dit in die melk. Voeg die botter by. Laat dit stadig prut
vir 5 minute. Skep op in diepborde en dien op met kaneelsuiker.
Skrikkeljaarpoeding
3 E botter
1/2 koppie suiker
1 koppie meelblom
2 T bakpoeier
2 eiers, geel en wit apart
2 E strooisuiker
1 en 'n kwart koppie melk
3 E appelkoos of aarbei konfyt
1/4 T sout
Meng die botter, suiker, meelblom, die geel van eiers en 'n klein
hoeveelheid melk.
Sit die mengsel in 'n gesmeerde vuurvaste bakskottel en bak dit 30 min
lank of tot gaar by 180 grade C.
Haal dit uit, gooi koue melk bo-op , smeer die konfyt daarop en smeer
die styfgeklopte wit van die eiers (met suiker) bo oor.
Bak weer in die oond tot die skuim bo-op goudbruin is.
Sago poeding
2 koppies sago (500 ml)
2 l melk
knypie sout
250 g margarien
4 eetlepels mielieblom (60 ml)
2 koppies suiker (500 ml)
appelkooskonfyt
Week sago in melk vir 12 uur. Kook melk, sago en margarien saam. Meng
mielieblom met 'n bietjie melk en voeg saam met suiker by die mengsel.
Roer en kook tot dik. Plaas in oondbak en bak vir 30 minute by 180ºC.
Versier met appelkooskonfyt en kaneel voor opdiening. Dien op met vla of
room.
Gebakte
karringmelkpoeding
Bestanddele:
1 koppie Meelblom
2 Eiers
1 koppie Karringmelk
2 eetlepels Botter
½ koppie Suiker
2 gelyke teelepels Bakpoeier
Metode:
Klits botter en suiker so goed moontlik, voeg eiers by en klits weer
goed, voeg nou die karringmelk en meelblom beurtelings by. Roer nou die
bakpoeier by. Poeding word op die gewone manier gebak
Let wel: Dikmelk kan in plek van karringmelk gebruik word.
Koue Kersfeespoeding
1½ koppies fyn gerolde Marie beskuitjies
8 malvalekkers
¼ koppie suiker
½ koppie gekapte neute
125ml gemengde skil
¼ teelepel fyn neut
250ml room
¼ koppie lemoensap
mespunt kaneel
125ml dadels
gerasperde skil van 1 suurlemoen
Meng krummels, vrugte, neute, skil en speserye. Verhit die lemoensap en
los die malvalekkers daarin op. Voeg die suiker by en gooi oor die
krummels en vrugte. Klop die room styf en vou dit by die mengsel in.
Plaas die nagereg in die yskas om styf te word.
Goue brood en botterpoeding
4 koppies broodkrummels
4 koppies melk
4 eiers, wit en geel geskei
2 eetlepels botter
appelkooskonfyt
1 koppie suiker
1 teelepel kaneel
½ teelepel sout
4 eetlepels suiker
Klits die geel van eiers en voeg suiker, melk, sout en kaneel by. Gooi
melkmengsel oor brood in ‘n gesmeerde vuurvaste bakskottel. Sit klein
blokkies botter bo-op. Bak in ‘n matige oond (180C) tot ligbruin. Haal
uit. Smeer appelkooskonfyt liggies bo-op. Klop die wit van eiers styf
met 4 eetlepels suiker en smeer oor die konfyt. Bak dit weer in ‘n
matige oond tot die skuim bo-op goudbruin is. Bedien warm met vla.
Koffie en Amarula-nagereg
So lig soos 'n soufflé en absoluut heerlik!
20 ml koffiepoeier
125 ml kookwater
300 g malvalekkers
1 blik (410 g) verkilde, ingedampte melk
30 ml Amarula-room
125 ml gekapte neute
Los die koffie in die water op. Giet in groterige kastrol en plaas die
malvas daarin. Laat eenkant tot die lekkers feitlik heeltemal gesmelt is.
Klits intussen die koue melk tot styf. Roer die koffie-malvamengsel deur
om seker te maak dat al die lekkers opgelos is. Roer die mengsel
dan by die styfgeklitste melk in. Voeg Amarula en neute by en roer deur.
Skep in individuele glase of in 'n groot bak. Plaas in yskas om te stol.
Dien op met room en enige vars vrugte na keuse.
Kambro-konfyt
Deur Jasper Cloete
Hier is die resep van 'n tannie wat gereeld Kambro-konfyt kook. Sy is nie
familie nie, maar ons albei kom van Sutherland. Volgens haar is net die
Kambro's wat in Augustus uitgehaal word geskik vir konfyt kook.
Hier is die resep soos wat sy dit maak:
Skil kambro dun af en week dit vir 'n ruk in soutwater om melk uit te trek
(ek weet nie hoe lank 'n ruk is nie, dit is maar soos ek die resep gekry
het).
Sny die kambro in repe of skywe wat geskik is om te prik.
Prik deeglik van alle kante en sny dan in verlangde groote of vorm.
Weeg die stukke.
Week nou die stukke oornag in kalkwater (1 eetlepel kalk op 3.4 liter
water)
Gooi water af en spoel stukke af met skoon water.
Sit nou die stukke een-een in kookwater (water moet nie ophou kook nie) en
kook vir 10 minute vinnig tot deursigtig.
Maak stroop van 500 gram suiker vir elke 500 gram vrugte en gebruik drie
koppies water vir elke 500 gram suiker.
Laat stroop kook en plaas stukke geleidelik daarin sonder dat stroop ophou
kook.
Outydse asynpoeding
Sous
500 ml water
500 ml suiker
125 ml asyn
Deeg
30 ml botter
125 ml strooisuiker
2 eiers
375 ml koekmeelblom
5 ml koeksoda
10 ml gemmer
1 ml sout
2 ml neutmuskaat
30 ml appelkooskonfyt
Verhit die bestanddele vir die sous saam tot kookpunt. Laat prut vir 5
minute en laat afkoel. Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n oondbak
van 26 cm met botter. Verroom die botter en suiker tot lig en romerig.
Klits die eiers een vir een by. Sif die droë bestanddele saam en roer dit
by. Roer die appelkooskonfyt by tot goed gemeng. Skep in die gesmeerde bak
en giet die afgekoelde sous bo-oor. Bak vir 30-40 minute tot goudbruin.
Sit voor met vla of roomys.
Genoeg vir ses mense.
Brood en botterpoeding
16-20 snye witbrood, 1-2 cm (1½ duim) dik
botter
8 eiers
2 koppies suiker
2 teelepels sout
4 liter melk
2 koppies rosyne
1 koppie fyn klapper
appelkooskonfyt
Smeer die brood dik met botter. Rangskik die snye met die gesmeerde kant
na onder in ‘n gesmeerde pan, konfyt kan of bo-op gesmeer word aan nie
gesmeerde kant of kan in klontjies oral gesit word. Klits die eiers en
voeg die suiker, sout en melk daarby. Strooi die rosyne of klapper tussen
die snye brood. Gooi die melkmengsel oor die brood en laat dit 30 minute
lank staan. Sit die deksel van die bakskottel op en bak by ‘n matige koel
oond by 160C. Verwyder die deksel na die eerste halfuur en bak totdat die
poeding bo-op mooi bruin is. Bedien met vlasous.
Gebakte ryspoeding
125 ml kortkorrel- of Basmati-rys
500 ml volroommelk
250 ml room
30 ml suiker
2,5 ml fyn neutmuskaat
5 ml gerasperde suurlemoenskil
30 ml fyn appelkooskonfyt
30 ml suiker
Mikrogolf die rys, melk en room 25 minute saam in 'n bedekte bak by HOOG
(100 %). Roer af en toe tot romerig. Voeg die suiker, neutmuskaat,
suurlemoenskil en appelkooskonfyt by. Roer om deeglik te meng. Skep die
rysmengsel in 6 bakkies, maak gelyk en sprinkel 'n teelepel suiker oor
elk. Plaas onder 'n warm rooster tot gekaramelliseer. Sit warm of koud
voor met appelkoossous.
Vrugtevariasie:
Voeg 250 ml gedreineerde, ingemaakte vrugteskyfies by ná die suiker
bygevoeg word.
Pataballetjies in gemmerstroop
500g patats, geskil en in stukke gesny
175ml semolina
60ml sagte bruinsuiker
125ml gemengde sitrusskil, opgekap
50g gemmerstukke, in stroop ingemaak
sesamsaad om in te rol
olie vir diepvet braai
50ml gemmerstroop
30ml heuning
Kook die patats sag, dreineer goed en druk fyn. Voeg die semolina en
bruinsuiker geleidelik by en meng goed. Kap die gemmerstukke fyn. Voeg die
gemmerstukke en sitrusskil by die patatmengsel. Skep teelepelsvol in
sesamsaad en rol tot heeltemal bedek met die saad. Braai ‘n paar op ‘n
slag in verhitte olie tot ligbruin buite om en gaar van binne. Dreineer op
handdoekpapier. Meng die gemmerstroop en heuning en verhit effens. Dien
die bolletjies warm op saam met die stroop. Geklopte room smaak ook lekker
hierby.
Kondensmelktert
1 x 397g blik kondensmelk
3 koppies water
6 eetlepels mielieblom
2 eiers, geel en wit apart
1 teelepel margarien
1 teelepel vanielje geursel
tennisbeskuitjies
Verhit die kondensmelk en water. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water
en roer dit by die melk. Roer die mengsel tot dit dik word en verwyder van
hitte. Voeg die geklitste eiergele by en laat die mengsel weer kook tot
dit gaar is. Voeg die botter en geursel by. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n
tertbord en gooi die helfte van die vulsel oor, dan nog ‘n laag
beskuitjies met die res van die vulsel oor. Rol ‘n paar beskuitjies fyn en
strooi bo-oor. Versier met kersies.
Karamelpoeding
Beslag
2 koppies meelblom
2 teelepels bakpoeier
2 ml sout
Sif saam.
1 koppie suiker
4 eetl appelkooskonfyt
2 eiers
2 koppies melk
Klits suiker, konfyt en eiers baie goed saam en voeg meelmengsel by.
Voeg 2 koppies melk geleidelik hierby.
3 eetlepels asyn
2 teelepels koeksoda
Meng en vou in mengsel in.
Bak in 'n groot skottel vir ongeveer 45 min by 200°C.
Sodra dit gaar is, haal uit oond en gooi sous oor.
Sous
2 koppies suiker
2 koppies melk
1 eetelepel vanilla
1 koppie water
125 ml botter
Kook alles saam en gooi oor warm poeding.
Koue Sagopoeding
4 koppie melk.
1 koppie melk.
4 eiers.
1 koppie kookwater.
1 koppie sago.
1 koppie suiker.
1 p. jellie
Kook 4 koppie melk en sago saam. Meng orige melk, suiker en eiergele en voeg
by sagomengsel.
Los jellie in kookwater op en voeg by mengsel.
Klop wit van eier styf en vou in. Plaas in yskas. |