|
Seekos-Potjie
Braai 2 uie saam met n halwe potjie garlic. (my keuse - kan verminder word)
Gooi 1 pak sampioene by en braai.
Gooi 'n pak gemengde seekos by en braai vir sowat 5min saam.
Roer by 250ml vars room en 1 pakkie wit uiesop.
Laat dit vir 'n halfuur prut.
Wenke:
*as jy en jou vriende wil saam kuier om 'n pot, sal ek 'n seekos-potjie
afraai.
*indien jy jou skoon familie moet nooi vir ete, is dit ideaal - sorg net dat
daar al kole is as hulle opdaag.
*indien jy bietjie variasie wil gebruik, kan jy mossels met die skulp ingooi,
of crabsticks is ook goedkoop en baie lekker; stokvis kan ook die potjie
bietjie rek.
*vermeerder jou room en uiesop saam met die seekos m.a.w. 2pakke seekos; 2
uiesop en 2 room.
*jou kole moet redelik koel wees.
*dien op saam met rys en Franse brood.
'n Potjie Wenk
As jy potjiekos maak, gebruik "Spray en cook" dit help dat die kos nie
aanbrand nie, maar help veral ook dat die pot nie na die tyd roes nie.
ROOIBOK POTJIE
1 kg rooibokvleis in blokkies gesny
4 geelwortels, in skyfies gesny
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
250 g spekvleis, gekap
6 aartappels, in skywe gesny.
125 ml olie
2 uie, in skywe gesny
10 ml gekapte tiemie
500 ml port of droë rooiwyn
Verhit olie in swartpot en soteer geelwortels, uie en knoffel totdat uie
deurskynend is.
Voeg tiemie, vleis, spekvleis en port by. Prut 2 uur baie stadig met deksel
op. Voeg
aartappels by en prut nog 30 tot 45 minute. Sit voor saam met mieliepap.
Souskluitjies in 'n Ysterpot
125 g botter of margarien
60 ml fyn appelkooskonfyt
12.5 ml koeksoda
500 ml koekmeelblom (gesif)
knypie sout
100 ml melk
750 ml kookwater
250 ml suiker
5 ml vanieljegeursel
klontjie botter (ekstra)
Smelt botter en roer
dan eerskonfyt dan koeksoda by (mengsel bruis). Voeg meel en sout
beurtelings met melk by. Plaas oorblywende bestanddele in ysterpot en
laat opkook. skep lepelsvol deeg in kokende vloeistof sodat hopies nie
opmekaar lę nie. Sit deksel op en prut vir 25 minute lank. Bedien
warm, stip met botter.
Wors-en-Niertjie Potjie
genoeg vir 10
50 ml olie
25 ml botter
3 groot uie (gekap)
12 lamsniertjies ( middeldeur gesny, vliese en kerns verwyder)
50 ml koekmeelblom
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper
12.5 ml tamatiepasta
200 ml hoenderaftreksel
50 ml droë wit wyn
8 varkworsies middeldeur gesny
200 g sampieone
50 ml brandewyn
12.5 ml gekapte pietersielie
Plaas olie en botter
in driepootpot en verhit oor warm kole. Voeg gekapte uie by en roer vir
3 minute..
Rol niertjies in 'n mengsel van koekmeelblom, sout en peper en voeg by
die uie in die pot. Voeg res van die bestanddele behalwe die brandewyn
en pietersielie by en laat oor matige kole gaar word sonder om te roer.
Wanneer niertjies gaar is, voeg brandewyn en pietersielie by, roer een
maal om en dien op.
Afvalpotjie
2 klompe skappens (goed skoongeskraap)
water om in te kook
250 ml halfsoet wit wyn
sap van 1/2 suurlemoen
sout en varsgemaalde swartpeper
1 skaapnek
6 groot uie (gekap)
12 klein aartappeltjies
25 ml matige sterk kerriepoeier
2 ml rissiepoeier
10 ml donkerbruin suiker
asyn om mee aan te maak
250 g droëperskes
Sny pense in blokkies en plaas in driepootpot saam met water, wyn,
suurlemoensap, sout, peper en skaapnek. Sit deksel op, plaas pot oor
matig warm kole en laat koook tot inhoud sag is - ongeveer 3-4 uur.
Wanneer pensblokkies sag is en vleis van nekwerwels afval, verwyder
nekwerwels, voeg uie en aartappels by inhoud en kook nog 30 minute lank.
Maak kerriepoeier, rissiepoeier en suiker met asyn aan en voeg saam met
perskes by inhoud van pot. Sit deksel op en plaas weer op vuur vir 30
minute. Roer goed om en dien op.
Skaapskenkelpotjie
100 ml olie
2 kg skaapskenkels
'n halwe groen soetrissie, gekap
1 groot ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
6 swoerdlose spekrepe, gekap
2 middelslag tamaties, gekap
2 biefekstrakblokkies
sout en swartpeper na smaak
250 ml witwyn
250 ml kookwater
5 wortels, geskil, in skywe gesny
12 klein aartappeltjies, gewas
5 murgpampoentjies, in skywe
400 g sampioene.
Verhit olie en braai vleis tot bruin. (Hoe bruiner die vleis gebraai
word, hoe bruiner en ryker sal die sous wees.) Voeg die groenrissie, ui,
knoffel en spek by en braai tot begin verbruin. Voeg tamaties by en
roerbraai vir 5 minute. Voeg biefekstrak, geur- middels, witwyn en
kookwater by en prut vir 'n uur. Voeg wortels en aartappels by en laat
vir 20 minute prut. Voeg laastens die murgpampoentjies en sampioene by
en laat vir 15 minute prut. Vul vloeistof aan, indien nodig.
Wenk: Moenie potjie tydens gaarmaakproses roer nie.
Sit voor met rys, koring of potbrood.
"Pa se
Rooooi Hoenderpotjie"
Bestanddele
Gebruik 'n nomber 3 Potjie.
1 Kg hoender (Gemiddelde gewig van ‘n normale hoender).
Fyn Sout
Growwe Swart Peper
Koekmeel om stukkies in te rol.
Uie fyn gekap(2 middelslag)
Kook rys apart tot gaar.
Gemmer en Knoffel (Fyngemaak). (2 Teelepels). Polo Kwane handelmerk
Bestanddele vir die Sous
Tamatiesous(300ml) Koo Handelmerk
Blatjang(50ml)Wellington Handelmerk
Worchestersous(20ml)Mrs.Balls Handelmerk
Tabascosous(2ml)
Asyn(50ml)
Suiker(50ml)
Mostertpoeier(5ml)
Paprika(15ml) Robertson Handelmerk
Water(125ml)
(Voeg alles bymekaar is 'n bottel (1 liter plasties Coke bottel) en meng
goed deur die bottel te skud.
Metode
Stap 1.Maak jou pot warm en gooi jou botter (egte) by (20ml).
Stap 2. Braai die fyngekapte uie en Gemmer/Knoffel (2 teelepels) tot die
geur uitkom.
Stap 3. Neem die hoender porsies en strooi individueel een vir een met
fyn sout en peper.
Stap 4. Nadat die gedoen is doop die hoender porsies in die koekmeel en
voeg in die pot.
Stap 5. Roer totdat die hoender porsies goed met die uie en olie bedek
is vir so 10 minute met die deksel oop. Gebruik 'n houtlepel. (Die reuk
sal jou nou al reeds honger maak .
Van nou af roer jy nie weer jou pot totdat jy opskep nie.
Stap 6. Gooi nou jou sous soos bo saamgestel
in en laat jou pot stadig loop. (Borrel liggies regdeur). Kyk gereeld na
die pot vir 15 minute.
Stap 7. Voeg nou jou groente in lae in die volgende volgorde. 10 klein
Aartappels, 10 jong wortels, 10 klein tipe pampoentjies,
Stap 11. Een pakkie "button" sampioene na smaak vir die laaste 45 minute
Stap 12. Voeg klaargekookte rys by so 10 minute voor opskep, en laat die
sous deurkook.
Die pot loop so 2 1/2 uur.
Stap 13. Kry vroulief om die aartappels te toets of dit gaar is en vra
haar sommer na die sout inhoud.
Die verskillende handelsmerke wat aangetoon word werk volgens my die
beste om die smaak uit te bring.
Stap 14. Skep op en geniet die Rooi Hoender.
Ek het nog nooit iemand gekry wat nie van die potjie gehou het nie.
Almal maak die resep sy eie.
Bierpotjie
Bestanddele (vir 8 tot 10)
2 kg beesvleis vir bredies (“stewing beef”), in blokkies gesny
˝ pak spekvleis, gesnipper
2 groot uie, fyn gekap
4 huisies knoffel, fyn gekap
1 klein blik tamatiepasta
˝ teelepel sout
˝ teelepel growwe swartpeper
2 koppies Guinness
5 wortels, gekap
3 stingels seldery, gekap
8 murgpampoentjies, in stukke gesny
8-10 klein aartappels, geskil
1 pakkie bruinuiesop
Metode
Braai eers die spek en beesvleis in jou pot. Gebruik ’n klein bietjie olie
hiervoor. Wanneer die vleis bruin is, voeg jy die uie by en braai dit saam
met die vleis totdat dit sag is. Gooi die knoffel by en braai dit vir so ’n
minuut.
Skink die Guinness in die pot (neem een sluk vir goeie geluk). Laat die
Guinness vir so 10 minute saam met die vleis borrel. Voeg die tamatiepasta,
sout en peper by. Roer die pot dan goed deur.
Pak nou die wortels, seldery, murgpampoentjies en aartappels bo-op mekaar in
die pot. Strooi die soppoeier bo-oor en sit jou deksel op. Prut dit nou vir
so ’n anderhalwe uur.
As die sous te lank trek, haal die deksel af. Gee die pot ook gedurende jou
kokery af en toe lug deur die deksel eenkant te hou.
Kerriepotjie
Bestanddele (vir 8 tot 10)
2 eetlepels kookolie
2 hoenders, in stukke gesny (bors, boud – daai klas ding)
2 groot uie, fyn gekap
4 huisies knoffel, fyn gekap
2-3 eetlepels kerriepoeier (sterkte na smaak)
2 blikke geskilde tamaties
˝ teelepel sout
1 teelepel witsuiker
1 eetlepel wynasyn
2 stukke steranys (opsioneel)
1 eetlepel appelkooskonfyt
2 handevol koljanderblare, gekap
Metode
Braai die hoender in die olie bruin. Voeg die uie en knoffel by en braai dit
tot die uie sag is. Gooi die kerrie by en roer dit vir ’n paar minute deur
sodat die kerrie hitte kan kry, wat dan die geure van die speserye uitbring.
Gooi die tamaties, sout, suiker, asyn, steranys en appelkooskonfyt by. Sit
die pot se deksel op en laat die spulletjie prut. Onthou, hoender is geneig
om fyn te kook, wat die pot dan in ’n amperse sop verander. Laat dit vir net
meer as ’n uur prut, waarna die hoender gaar en geurig sal wees sonder dat
dit oral in die pot rondlę.
As die saak reg is, kan jy die koljanderblare bygooi. Roer dit dan deur en
skep op. As jy jou Mrs. Ball’s-blatjang by die huis vergeet het, wel,
probeer volgende keer onthou. ’n Ware potjiekosmaker se Ball’s moet altyd
byderhand wees...
Mosselpot
Hierdie geurige pot is klaar in ‘n japtrap
60ml olyfolie
3 knoffelhuisies, fyngedruk
3 stingeluie fyngesny
1 vinkelbol, fyngesny ( opsioneel )
250ml wit wyn
2 blikke 410g elk heel tamaties
500ml hoenderaftreksel
900g bevrore stokvis of enige vars witvis, in stukke
500g bevrore mossels in skulp of 1 groot blik 800g
90ml fyngekapte pietersielie
Tabascosous, sout en peper
Verhit die olie in ‘n swartpot en roerbraai die knoffel, stingeluie en
vinkel daarin tot glansig. Voeg die witwyn, tamaties en aftreksel by en
verhit tot kookpunt. Sit die deksel op en laat sowat 20 minute oor lae hitte
prut tot geurig. Voeg die vis en mossels by, laat weer opkook en laat nog
5-10 minute prut of tot alles net gaar en deur warm is. ( Moenie te lank
verhit nie, anders kook die vis stukkend.) Voeg die pietersielie by en geur
na smaak met Tabascosous, sout en peper. Sit voor met gebakte brood.
Skaap-afvalpotjie
2 klompe skaappens (goed skoongeskraap)
water om in te kook
250ml halfsoet wit wyn
sap van ˝ suurlemoen
sout en varsgemaalde swartpeper
1 skaapnek
6 groot uie (gekap)
12 klein aartappeltjies
25 ml matige sterk kerriepoeier
2ml rissiepoeier
10ml donkerbruin suiker asyn om mee aan te maak
250 g droëperskes
3 tamaties, ontvel en gekap
30ml tamatiepasta
Spoel pense goed af onder lopende koue water. Sny pense in blokkies en plaas
in driepootpot saam met water, wyn, suurlemoensap, sout, peper en skaapnek.
Sit deksel op, plaas pot oor matig warm kole en laat kook tot inhoud sag is-ongeveer
3-4 uur. Wanneer pensblokkies sag is en vleis van nekwerwels afval, verwyder
nekwerwels, en bene van skaapnek. Voeg uie, tamaties, en aartappels by
inhoud en stowe vir nog 30 minute lank. Maak kerriepoeier, rissiepoeier,
tamatiepasta en suiker met asyn aan en voeg saam met perskes by inhoud van
pot. Sit deksel op en plaas weer op vuur vir 30 minute. Roer een keer goed
om en dien op.
|
|