Avokado piesangslaai
Kerrie eiers
Kerrie wortels
Mosterd slaaisous
Mev. H.S. Ball's blatjang
Kweper blatjang
Monkey gland sous
Koring-en-perskeslaai
Warm koringslaai
Brandrissieblatjang  
Beetatjar/Beetblatjang 
Gesondheids koringslaai  
Gestolde wortelslaai
 
Groenvyekonfyt
Groente atjar
Groen piekel brandrissie
Piesang blatjang
Warm mango blatjang

 
 
  AVOKADO - PIESANGSLAAI.

2 groot of 3 klein ryp avokado's, gehalveer en pitte verwyder.
3 ryp, ferm piesangs.
30 ml. ( 2 eetl.) suurlemoensap.
sout en vars gemaalde swartpeper.
5 ml ( 1 tl. ) fyn gekapte rooi brandrissie.
50 g. ( 1/2 pakkie.) okkerneute, grof gekap.
30 ml. ( 2eetl.) gekapte koljanderblare.

Skil avokado's en piesangs en sny in blokkies. Plaas in 'n glas of plastiekbak en sprinkel suurlemoensap oor. Geur met sout en peper.Meng brandrissie, okkerneute en koljanderblare en sprinkel oor. Meng deur en sit dadelik voor saam met vars brood en koue - vleise. Genoeg vir 4 - 6 mense.

Kerrie eiers

1 dosyn hard gekookte eiers

KERRIE SOUS:
Braai 2 middelmatige uie in 2 eetlepels vet/olie tot bruin en geurig.
Skep uit en sit eenkant.
Neem 'n kastrol, sit daarin:
3 eetlepels koekmeelblom
1 eetlepel botter
1 teelepel borrie
half teelepel kerrie
knippie sout

Laat dit smelt en meng goed. Roer gedurig. Voeg by 2 koppies water en klits. Laat dit kookpunt bereik en voeg 2-3 eetlepels suiker en half koppie asyn by. Voeg gebraaide uie by, en 'n halwe na 1 koppie gerasperde kaas. Gooi sous oor eiers en laat staan vir 'n half uur.


KERRIEWORTELS

2 kg geelwortels
1 liter wit asyn ( 4k )
1 kop pitlose rosyne
1 teelepel kruienaaltjies
1 teelepel swartpeperkorrels
3 eetlepels mielieblom
3 eetlepels kerriepoeier
1 kg uie
4 kop suiker
1 eetlepel sout

Skil die geelwortels en sny in dun skyfies. Bedek die skyfies met water en kook dit net tot sag. Skil en halveer die uie, sny dit in dun skyfies. Bedek die uie met kook water en laat dit 15 minute lank staan. Dreineer die geelwortels en die uie. Verhit dit saam met die asyn, suiker, rosyne, sout, kruienaaltjies en swartpeperkorrels tot kookpunt. Maak die mielieblom en Kerriepoeier met 250ml water aan. Voeg dit by die wortelmengsel en laat dit ongeveer 10 minute lank kook. Roer dit af en toe. Skep die warm kerriewortels in flesse en verseel.


Mosterd Slaaisous

1 tl. mosterdpoeier
1/2 tl. sout
1/4 tl. peper
1/2 kop. kondensmelk
1 eiergeel
1/4 kop. slaaiolie.
1/4 kop asyn.

Meng droë bestanddele, en voeg by kondensmelk. Klits eiergeel en voeg by. Voeg eers olie en laastens asyn by en meng goed. Laat staan 'n rukkie en voeg by slaai.


Mrs H.S.Ball's Blatjang Die oorspronklike resep soos opgespoor deur SARIE

Maak 18 bottels (mild)

612 gram droëperskes
238 gram gedroogde appelkose
3 liter bruin druiweasyn
2 1/2 kg wit suiker
500 gram uie
120 gram sout
75 gram cayenne peper

Week vrugte oornag in die druiwe asyn. Kook dan in asyn tot sag en dreineer. Maal in klein
stukkies in 'n meul (of versnipper met 'n kombuismes) Gooi die vrugte, suiker (opgelos in 'n
bietjie van die asyn) en uie (gemaal) by en kook in 'n groot pot in die asyn. Die hoeveelheid asyn hang af van die vastigheid, dit moenie te loperig of te dik wees nie, maar so dik soos die eindproduk in die bottel. Voeg cayenne peper en/of brandrissie by en kook vir 2-21/2 uur. Roer nou en dan met 'n houtspaansodat dit nie vasbrand nie.

Om blatjang "hot" te maak, voeg 75 gram gemaalde brandrissie by.
Om perskeblatjang te maak, los die appelkose uit en gebruik 850 gram droëperskes

 


KWEPER BLATJANG

500 g kwepers in baie fyn stukkies gekap
250 g pitlose rosyne
15 ml fyn koljander
500 ml bruin asyn
15 ml fyn gemmer

2 groot uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml growwe sout
1 skerp rooi rissie, fyn gekap
375 ml bruin suiker
Meng al die bestanddele in 'n groot kastrol. Kook stadig tot mooi dik en donker van kleur -sowat 2 uur lank. Bottel in gesteriliseerde flesse. Bêre op 'n koel donker plek om ryp te word vir minstens 'n maand.


MONKEY GLAND SOUS

50ml sonneblomolie
1 knoffelhuisie, fyn gekneus
250ml kookwater
25ml bruinasyn
2ml sout
250ml tamatiesous
375ml uie, baie fyn gekap
1 klein rooi soetrissie, in klein blokkies
25ml worcestersous
25ml goue bruinsuiker
knippie rissiepoeier of rooipeper
50ml vrugteblatjang

Verhit die olie en soteer die uie daarin totdat dit deurskynend is. Voeg die knoffel en
soetrissie by en roerbraai dit ‘n minuut lank. Roer die res van die bestanddele by, bedek
dit en laat prut dit 15 minute lank of totdat die sous so dik soos blatjang is. Roer af en
toe. Proe en voeg nog geurmiddels na smaak by indien nodig.


Koring-en-perskeslaai

250ml stampkoring, goed gewas        1 groen soetrissie, ontpit en gekap
825g perskeskywe, gedreineer en fyn gesny          1 ui, gekap.

Sous
50ml suiker                                        50ml asyn
50ml blatjang                                     4ml matige kerriepoeier
100ml sonneblomolie                            10ml sojasous.

Gooi stampkoring by kookwater waarby sout gevoeg is. Laat stadig kook sowat 45minute of tot sag. Gooi water af en laat afkoel. Voeg soetrissie, perskeskywe en uie by koring. Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam en voeg by koring. Bedek en plaas in die yskas. Die slaai bly sowat 3 tot 4 dae vars in die yskas en is lekker saam met braaivleis.


Warm koringslaai

125g spekvleis                                            2 uie (grof gekap)
250g knopiesampioene(in skyfies gesny)      sout en peper
25ml olie                                                    750ml gaar stampkoring
125ml hoenderaftreksel                              50ml rosyne (opsioneel)

Braai spekvleis in 'n groot pan tot bros. Verwyder uit die pan en kap fyn. Voeg die olie by die vet in die pan en soteer die ui tot goudbruin. Voeg nou die spekvleis stampkoring, hoenderaftreksel en rosyne by. Geur na smaak met sout en peper. Prut tot goed warm en die meeste van die hoenderaftreksel geabsorbeer is. Dien warm op.
Bedien 6 mense.


Brandrissieblatjang

3 uie
10 ml kerriepoeier
2 knoffelhuisies
5 ml mosterdpoeier
500 ml opgesnyde brandrissies/peppadews
5 ml fyn gemmer
250 ml bruin asyn
5 ml gemengde kruie
750 ml appelkooskonfyt
5 ml sout
Skil uie en knoffel en maal saam met die rissies. Voeg asyn by en kook dit ‘n paar minute lank.
Roer res van die bestanddele by, verhit stadig tot kookpunt.
Laat kook +- halfuur tot dik; roer gereeld
Bottel warm en verseël dadelik.


Beet Blatjang

Meng en bring tot kookpunt:
2 koppies bruin asyn
3 koppies suiker
Meng die volgende saam: Voeg bymekaar
6 koppies gaar beet in blokkies gesny
2 uie gekap
Meng die volgende en voeg by die kokende mengsel:
3 teelepels kerrie
1 teelepel sout
Kook vir sowat 10 minute.
Voeg die volgende by:
45 ml Mazeina gemeng met bietjie water
Voeg by die kokende mengsel en kook deur.
Bottel in gesteriliseerde bottels terwyl nog warm is.
Geniet hierdie blatjang !!!!


Beetatjar/Beetblatjang

2 groot bossies beet
8 - 10 uie
6 eeteel Sterk kerriepoeier
1.5 kgm Suiker
1.5 liter bruin asyn
sout en peper na smaak
3 eeteel Olie
4 eeteel Maizena
Kook beet tot sag en rasper
Braai uie in olie tot ligbruin. Voeg by beet.
Voeg kerriepoeier, suiker, asyn, sout en peper by. Bring tot kookpunt
Meng maizena in water en voeg by. Prut tot verdik.
Bottel warm en bêre.


Gesondheids-Koringslaai

3 k koring gekook
1½ k vars of ingemakte geel perskes gekap
1½ k vars pynappel gekap
1 k fyn gekapte selery
½ k fyn gekapte groenrissie
¼ k fyn gekapte ui
3 E gekapte pietersielie
½ k rosyne
½ k sonneblomsaad
Meng ("toss") alles saam
Sous
½ k sonneblomolie
2 E suurlemoensap
1 t kerriepoeier + ½ t borrie
1 t Sojasous of 'worcester' sous
1 E heuning
Meng bestanddele en gooi oor slaai.


Gestolde Wortelslaai

1 medium blik 'crushed' pynappelstukke
4 koppies gerasperde wortels
1 pakkie pynappeljellie
3 teelepels gelatine (aangemaak met 2 eetlepels lou water)
halwe teelepel sout
kwart koppie suiker
2 teelepels suurlemoensap
1 blik Nestle Room
Gooi sap van pynappelstukke af, 1 koppie. Voeg 2 koppies water by 1 koppie pynappelsap en laat kook.
Haal af van stoof en laat afkoel. Voeg jellie, suurlemoensap, sout, gelatine en suiker by.
Laat afkoel tot dikte van wit van 'n eier. Rasper 4 koppies wortels by.
Voeg fyn pynappelstukkies by afgekoelde jelliemengsel.
Voeg geklopte room by. Gooi in vorm en laat stol.


Groenvyekonfyt

1,25g suiker per 1kg vrugte
1,5 liter water per 1kg suiker
50-60ml suurlemoensap per 3kg vrugte

Gebruik vye wat goed uitgeswel is, maar waarvan die binnekant nog nie hol of verkleur nie. Krap rasper of skil vye baie dun af en behou steeltjies. Sny 'n kruisie aan die onderpunt van elke vy. Bepaal massa en prik. Laat vye oornag in kalkwater of koeksodawater 25ml gebluste kalk en 45ml koeksoda per 5 liter water. Haal uit en spoel deeglik af. Sit vye in en 'n paar vyeblare in kookwater en kook tot sag maar nie pap nie, ±15 minute. Sit die vye in stadig kokende stroop en kook matig vinnig tot vrugte goed deurgekook word, ± 30 minute. Laat stroop afkoel en lig vrugte uit die volgende dag. Kook stroop weer en sit vrugte by kook ± 5 minute of totdat dit reg lyk. Skep warm in gesteriliseerde flesse en verseël deeglik. Vrugte kan met skille ook gebruik word maar die kooktyd in water moet verleng word.


Groente-atjar

50ml sout
2 liter water
1 blomkool in blommetjies gebreek
4 wortels geskil en in skyfies gesny
2 uie grof gekap
4 brandrissies - ontpit en fyn gekap
2 knoffeltoontjies fyngedruk
1 liter olie
80ml atjar masala of gewone masala

Los sout in water op en sit wortels, blomkool en uie daarin. Week vir 24 uur en dreineer en druk droog. Verhit olie saam met rissies, knoffel en masala tot goed warm. Meng groente en oliemengsel en sit in gesteriliseerde bottels. Laat afkoel en verseël.


Groen piekel brandrissie

600g brandrissie
15 swartpeper korrels
5 lourierblare
2 eetlepels koljandersade
5 teelepels sout
6 eetlepels strooisuiker
1 liter wit asyn
1 eetlepel paprika
1 teelepel borrie
Sny rissies oop en verwyder sade, indien verkies. Gooi kookwater oor rissies en laat 1 minuut staan en dreineer. Plaas rissies, peperkorrels, lourier blare, koljander en geurmiddels in fles. Verhit suiker en asyn tot suiker gesmelt is en terwyl nog warm, nie gekook, gooi dit in fles


Piesang blatjang

12 geskilde piesangs, in ringe gesny
250 ml sultanas
2 groot gekapte uie
250 ml suiker
15 ml kerriepoeier
500 ml wit asyn
15 ml sout
knippie rooipeper
2 stukke pypkaneel

Meng die bestanddele in 'n geskikte kastrol en prut stadig tot dik. Kook sonder 'n deksel en roer gereeld omdat dit baie maklik aanbrand. Die blatjang behoort binne sowat 35 minute dik en geurig te wees. Proe en verwyder die kaneel. Skep in gesteriliseerde flesse.. Bewaar om ryp te word.


Warm mango blatjang

1,5kg groen mango's, geskil, gehalveer,ontpit
70ml sout
2 liter water
500g suiker (625 ml)
600ml asyn
125 g dadels, ontpit en gekap
'n stuk vars gemmer, geskil en fyngekap
6 knoffelhuisies, gekneus
10 ml rissiepoeier
1 kaneelstokkie
125 g pitlose rosyne

Kap die mango's in klein stukkies, plaas in 'n mengbak. Sprinkel sout oor en voeg water by. Bedek en laat 24 uur staan. Dreineer die mangostukkies en plaas eenkant. Plaas suiker en asyn in 'n kastrol en verhit tot kookpunt, verminder die hitte en laat prut totdat die suiker opgelos is. Roer voortdurend. Voeg die gemmer, knoffel, rissiepoeier, kaneelstokkie, rosyne, dadels en gedrei neerde mango by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 1 tot 2 uur onbedek prut of totdat die blatjang dik is. Roer af en toe. Verwyder die pypkaneel. Skep die blatjang in warm, gesteriliseerde bottels en verseël.