Raap en skraap
Beestong met mosterdsous
Bief-en-varkworskasserol
Blitsige kerriekos
Blitsige Maalvleis-en-bone Kerrie
Frikkadelle
Gesmoorde beesstert
Geurige oondgebakte hoender en rys
Groenboontjiebredie
Wasgoedbondeltjies
Lewer bobotie met appel
Anderse pap en wors
Kaapse kerrie
Bobotie in die mikrogolf
Lewerkoekies
Kampkerriekos
Lewer in netvet (Skilpadjie)
Ouderwetse lampastei
Ingelegde vis
Worsgebak
Hoenderlewer met byt
Wildsvleisbobotie
Doodeet worsgereg
Souserige beesstert
Suikermieliebredie
Boeliebief skywe
Lewer en perske broodjie
Boereworspastei Nuut
Gepeperde Hoenderlewers Nuut
 

 
 
  Raap en skraap (dis nou my soort kos, dié)

4 dik snye brood (wit) korsies afgesny
500ml kookmelk
1 blik geroomde suikermielies van 410g
1 blik weense worsies van 375g gedreineer en fyngesny of koue ham - 2 koppies fyngesny
3 eiers geklits
5ml mosterdpoeier
sout en peper na smaak
15ml gerasperde ui
25ml fyngekapde pietersielie
100g (250ml) gerasperde kaas
Stel oond op180°C (350°F). Week brood in kookmelk en roer fyn met vurk. Roer res van bestandele behalwe helfte van kaas bo-oor en bak 40 minute. Dun skyfies tomatie kan bo-op kaas geplaas word en dan met aromat gegeur word voordat dit in die oond geplaas word.

Beestong met mosterdsous

1 kg beestong
1 klein ui
1 klein geelwortel
vars seldery of pietersielietakkies
knippie sout
4 peperkorrels
2 heel naeltjies

Sous
125 ml suiker
60 ml mosterdpoeier
30 ml koekmeel
250 ml kookwater
250 ml mayonnaise
125 ml witasyn
sap van 1 suurlemoen

Kook die tong met die groente, geurmiddels en speserye tot sag. Verwyder die buitenste membraam en oortollige vet. Laat afkoel. Sny in skywe en pak in 'n oondvaste bak.
Stel oond op 160°C. Vir die sous: Meng die droë bestanddele saam en voeg die res - buiten die broodkrummels - by. Kook stadig deur oor lae hitte. Giet sous oor skywe vleis in bak en strooi vars broodkrummels oor. Bak 25 - 30 minute.

Wenk: Die gereg vries maklik en kan net voor opdiening teen 'n lae hitte ontdooi word. Sit voor met 'n lekker bros slaai.


BIEF-EN-VARKWORSKASSEROL. (4-6 Porsies)

600g stowebeesvleis.
150g klein varkworsies.
25ml olie.
1 ui. 3 selderystingels.
1 appel.
25g meelblom.
250ml biefaftreksel.
250ml sider.
6-8 naeltjies.
3 suurlemoenblare( of vars lourierblare)
12,5ml gekapte pietersielie.

Verwyder vet van vleis en sny in blokkies.Sny worsies in twee.Verhit olie en braai vleis en worsies bruin.Skil en sny uie in skywe.Kap seldery,Ontkern appel en sny in skywe.Sprinkel meel oor vleis en roer goed. Giet aftreksel en sider oor en voeg seldery, uie, appel,
naeltjies,suurlemoenblare en smaakmiddels by. Plaas in kasserol met deksel en bak 1 1/2uur in oond van 180 grade C tot sag.Garneer met pietersielie.


BLITSIGE KERRIEKOS
6 Snye brood
Bietjie olie
1 Groot ui, gekap
250 g (1 pakkie) spek
1 Rooi soetrissie, in blokkies gesny
300 g (1 blikkie) soutvleis, fyn gemaak
5 ml (1 t) borrie
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
45 ml (3 e) blatjang
4 eiers, geskei
125 ml (½ k) melk
250 ml (1 k) cheddar, gerasper

Stel oond op 180°C. Verhit olie in pan en sorteer ui tot sag en deurskynend. Voeg spek by en roerbraai tot gaar. Voeg soetrissie by en roerbraai verder. Verwyder pan van hitte en roer soutvleis, kerrie, borrie, pietersielie en blatjang by. Plaas 'n laag gesnyde brood in gesmeerde oondbak en skep soutvleis bo-op. Maak bokant gelyk. Klits melk en eiers en
giet oor gereg. Sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Bak 30 min of tot kaas bo-op goudbruin is.


Blitsige Maalvleis-en-bone Kerrie

(Hierdie resep is 'n staatmaker wanner  die finansies soms min is en
die gebakte bone redelik  goedkoop is.

1 ui, gekap
250 - 500 g beesmaalvleis
1 blik gebakte bone in tamatiesous
kerrie na smaak
sout en peper na smaak
olie
Soteer die ui in die olie tot sag. Voeg die kerriepoeier by en braai vinnig. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Voeg bone en smaakmiddels by en bring tot kookpunt. Bedien saam met rys en mengelslaai en jou gunsteling 'chutney' (blatjang).


FRIKKADELLE

1 kg maalvleis.
2 uie, fyngerasper.
1 aartappel, fyngerasper.
4 snye witbroodkrummels.
1/4 kop. melk.
2 eiers.
2 eetl. tamatiesous.
2 eet. worcestersous.
2 eetl. bladjang.
1 tl. sout.
bietjie peper.
2 tl. knoffelsout.
2 tl. gemengde speserye.
1 tl. kerriepoeier.
2 tl. Aromat.
1 eetl. suurlemoensap.

Meng alles goed. Maak balletjies en bak in kookolie teen 180 Grade C,
aan albei kante tot gaar.


GESMOORDE BEESSTERT.
1 beesstert, opgesny.
olie vir braai.
2 uie, in skywe gesny.
2 wortels, geskraap en in kwarte gesny.
3 selderystingels, in 5 cm.- stukke gesny.
15 ml. koekmeelblom.
500 ml. vleisaftreksel.
bouquet garni.
sout en peper na smaak.
Braai vleis in swaar-boomkastrol in vet tot goed bruin aan alle kante. Skep uit en hou eenkant. Braai uie, wortels en selderye in dieselfde kastrol tot effens bruin. Roer meelblom in, gooi vloeistof by en laat opkook. Geur met kruie en geurmiddels. ( bouet garni ) Skep groentemengsel in vuurvaste kasserolbak, skep vleis op groente, plaas styfpassende deksel op en bak omtrent 1 1/2 tot 2 uur lank in voorverhitte oond van 180 Grade C. of tot vleis sag is. Verwyder bouquet garni sodra vleis van bene begin afval. Dien baie warm op, saam met stampmielies of rys.
Let wel:
As die beesstert baie vet is, is dit goed om die vleis al die vorige dag gaar te maak, te laat afkoel en dan die soliede vet te verwyder. Verhit goed voor opdiening.
Bouquet garni is 'n kruie wat saam in 'n bossie in 'n moeselien-sakkie toegebind en voor opdiening verwyder word.


Geurige oondgebakte hoender en rys

30 ml kookolie
15 ml botter
sout, swartpeper en gemengde kruie
ongeveer 2 kg hoenderstukke, skoongemaak
1 ui, opgekap
2 huisies knoffel, gekneus
2 soetrissies, rooi en groen, in repe gesny
250 g sampioene, in skyfies gesny
375 ml rou rys
1 pakkie sampioenroomsop
750 ml warm hoenderaftreksel (meer kan gebruik word, indien verkies)

Voorverhit die oond tot 180°C en bespuit 'n diep oondskottel met kleefwerende kossproei.
Verhit die olie en botter tot warm. Meng die sout, swartpeper en kruie saam en sprinkel oor die hoenderstukke. Verbruin die hoenderstukke in olie-bottermengsel, skep uit en hou eenkant. Braai die ui, knoffel, soetrissierepe en sampioen-skyfies in die orige panvette vir twee minute. (Indien nodig, voeg ekstra olie by.) Voeg die rys by en braai vir 'n verdere twee minute.
Maak die sampioensoppoeier aan met 'n klein bietjie koue water en klits die aftreksel daarby. Skep die rysmengsel en hoenderstukke in die voorbereide oondskottel en giet die warm soppoeier/aftreksel daaroor. Roer liggies deur, bedek met tinfoelie en bak in die voorverhitte oond vir sowat 80 minute tot die hoender en rys sag en gaar is. Pas die geur verder aan, indien nodig.
Roer 'n lekker handvol gekapte pietersielie by net voor opdiening. Sit voor saam met 'n groente van jou keuse.
Genoeg vir sowat ses mense.


GROENBOONTJIEBREDIE.

750 g. skaapnek.
15 ml. koekmeelblom.
15 ml. olie.
2 uie, gekap.
200 ml. vleisaftreksel.
7 ml. sout.
varsgemaalde swartpeper, na smaak.
750 g. tot 1 kg. groenbone, gekerf.
4 aartappels, geskil en in stukke gesny.
15 ml. suurlemoensap.
Verhit olie in swaarboomkastrol, rol vleis in meelblom en braai tot bruin. Voeg uie by en soteer. Voeg warm vleisaftreksel en res van bestanddele by, bedek en prut 1 1/2 tot 2 uur lank of totdat vleis sag is. Indien verkies kan aartappels met 'n vurk fyngedruk word. Lewer ses porsies.


WASGOEDBONDELTJIES

3 kop. meelblom.
1 eier.
sout.
113 g. ( 1/4 lb. ) margarien.
1 tl. bakpoeier.
kouewater.
Sif droë bestanddele en vryf margarien in meel. Klits eier goed, voeg by meel asook water tot dit kan uitrol. Rol dun uit, sny vierkante. Sit vleisvulsel in middel en vou toe. Steek vas met kruienaeltjie. Braai bruin in olie.

Vleisvulsel :
250 g. ( 1/2 lb. ) gemaalde vleis.
1 1/2 huisie knoffel of knoffelsout ( 1/4 tl. )
2 tl. olie.
gekapte pietersielie.
1 tl. kerrie.
1/2 ui gerasper.
Braai ui en knoffel en voeg ander bestanddele by.


LEWER BOBOTIE MET APPEL

1 dik sny bruinbrood
500g skaap of beeslewer
1 ui, fyngekap
1 groot groen appel, geskil en in blokkies gesny
5 ml borrie
30ml fyn appelkooskonfyt
2 ekstra groot eiers, geklits
2 lourierblare
125ml melk
sout en peper
2 knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml matige kerriepoeier
30ml blatjang
30 ml suurlemoensap
250ml melk

Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n oondvaste bak van 24x24x5cm met kleefwerende middel. Week die brood in die melk sag en maak fyn. Maak die lewer skoon: Trek die vliese af en sny enige harde senings uit. Indien jy beeslewer gebruik, laat 30 minute lank in lou sout water lê. Sny in blokkies en geur met sout en peper. Braai in verhitte olie tot bruin van buite. Skep uit en hou eenkant. Soteer die ui en knoffel tot sag en voeg die appel, kerrie en borrie by en roerbraai nog een minuut lank. Voeg die blatjang, appelkooskonfyt en suurlemoensap by en meng. Voeg die gebraaide lewer by en meng goed deur. Skep in die voorbereide oondbak. Klits die eiers en melk goed saam en giet bo-oor. Rangskik die lourierblare bo-op. Bak 30-45 minute lank of tot gaar en gestol. Dien dadelik op saam met gestoofde perskes en rys.


ANDERSE PAP EN WORS

600g boerewors
625ml water
200ml gerasperde Cheddarkaas
25ml rissie-en-knoffelsous
250ml mieliemeel
sout en peper na smaak
410g tamatie-en-uiesmoor

Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n ronde, middelslag-oondvaste bak met kleefwerende
middel. Hou die wors in ‘n spiraal en braai dit in ‘n verhitte pan tot bruin en gaar.
Verwyder en hou eenkant. Meng die mieliemeel met 125ml water. Verhit die res van die water
in ‘n kastrol en voeg die mieliemeel by wanneer die water kookpunt bereik.
Geur met sout en roer tot kookpunt en tot wanner die pap verdik. Prut tot gaar. Roer ‘n
bietjie kaas by. Skep die pap ui in die voorbereide bak. Skep die wors, steeds in
spiraalvorm, bo-op. Verhit die tamatie-en-uiesmoor saam met die rissie-en-knoffelsous.
Geur na smaak met sout en peper en prut ongeveer 5 minute lank. Skep daarvan oor die wors
en strooi die orige kaas oor. Bak 15-20 minute of tot lekker warm. Dien op saam met die
orige sous.


KAAPSE KERRIE

2 uie, in ringe gesny
15ml vars gemmerwortel, gerasper
1 heel kaneelstok
6 kardomonsade,gekneus(opsioneel)
1kg stoweskaapvleis, in blokkies gesny
15ml matige kerriepoeier
15ml borrie
2ml neutmuskaat
1ml rooipeper
20ml suiker
4 knoffelhuisies, fyngedruk
1 groen soetrissie, in repe gesny
1 lourierblaar
olie om in te braai
sout en varsgemaalde peper
15ml fyn komynsaad(jeera)
5ml fyn koljander
5ml gemengde kruie
410g heel, tamaties,fyn gekap
sap van halwe suurlemoen

Soteer die ui, knoffel, gemmerwortel en soetrissie saam met die heel speserye in 'n klein
bietjie olie in 'n groot kastrol tot sag. Geur die vleisblokkies na smaak met sout en peper
en braai bietjie vir bietjie tot bruin. Voeg die res van die geurmiddels buiten die suiker
by en roerbraai nog vir sowat een minuut. Voeg die tamaties by. Verlaag die hitte en prut
en prut tot die vleis sag en gaar en die sous lekker dik is. (Gooi nog 'n bietjie water of
hoenderaftreksel by indien die kerrie droogkook.) Geur met suiker en suurlemoensap asook
nog sout en peper indien nodig.


Bobotie in die Mikrogolf

1 ui (geskil & gekap)
30 ml botter
7 ml sout
2 ml borrie
sap v. 1 suurlemoen
1 kg gemaalde beesbinneboud
150 ml sagte broodkrummels
175 ml blatjang
100 ml droë wit wyn
50 ml fyn appelkooskonfyt
100 ml melk
2 eiers

Mikrogolf ui + botter 4 minute oop by 100 % in ronde tertbak. (25 cm deursnee, 6 cm diep) Roer na eerste 2 minute.
Roer kerrie, sout, borrie, en sap by. Voeg vleis by en roer liggies met vurk. Bedek en mikrogolf mengsel 5 min. by 100% krag. Roer goed om los te maak.
Roer broodkrummels, blatjang en wyn by. Bedek en mikro 10 minute by 70% krag. Laat 'n rukkie afkoel.
Smeer fyn appelkooskonfyt bo-oor. Klits melk en eiers en giet bo-oor. Mikro sowt 25 minute oop by 50% krag tot eiermengsel gestol is.
(Mens kan so vinnig dan in die gewone oond naby die rooster (gril) sit om bo-op mooi bruin te bak.)


Lewerkoekies

500g skaaplewer                                  4 middelslag aartappels
250ml gesnyde groenboontjies              2 spinasieblare
1 middelslag tamatie                              1 ui
1 sny brood                                           3 eiers
180ml ongesif afgemeet meelblom          15ml bakpoeier
10ml sout                                               1ml peper
kookolie vir vlak braai.

Trek die vliese van die lewer af en sny die lewer in stukke. Maal die lewer beurtelings met die aartappels, boontjies, spinasie, tamatie en ui. Maal die brood laaste(sodat jy terselfdertyd die meul skoonmaak.)Voeg die eiers by die gemaalde mengsel en meng goed. Voeg die meelblom, bakpoeier, sout en peper by en meng. Skep lepelsvol lewermengsel in vlak warm kookolie en braai dit eers aan die een kant oor matige hitte tot gaar en bruin. Dreineer die lewerkoekies goed op kombuispapier en sit dit warm of koud voor. Hierdie koekies vries goed.


Kampkerriekos

500g boerewors, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
2 uie gekap
15ml kookolie
2ml rissiepoeier
15ml kerriepoeier
250ml vleisaftreksel
15ml tamatiepuree
30ml suurlemoensap
5ml sout
2ml vars gemaalde swartpeper
3 aartappels, in blokkies gesny
4 piesangs, in skywe gesny

Rooster wors tot byna gaar. Hou eenkant warm. Soteer intussen knoffel en ui in verhitte kookolie. Voeg rissie- en kerriepoeier by en braai effens. Voeg verhitte vleisaftreksel, tamatiepuree, suur lemoensap, sout en peper by. Voeg aartappels en wors by en prut vir 20 minute. Voeg piesangs by, meng goed en verhit deeglik. Sit voor met gebotterde heelgraanbrood.


Sardyne met geelrys

500ml rou rys 10ml borrie
sout
1ui, in ringe gesny
5ml fyngedrukte knoffel
10ml fyngerasperde vars gemmer
1 groen soetrissie, in blokkies gesny olie
1 tamatie, ontvel en in blokkies gesny
250ml bevrore ertjies
1 groot aartappel, geskil & in blokkies gesny
425g (1blik)sardyne in brandrissiesous

Kook die rys saam met die borrie en sout in genoeg water tot sag. Dreineer en hou eenkant warm. Soteer die ui, knoffel, gemmer en soetrissie in 'n bietjie olie tot sag. Voeg die tamatie en die aartappelblokkies by en prut tot die aartappel sag en gaar is. Voeg die ertjies en die sardyne asook die rissiesous by en prut tot goed warm. Skep die rys in 'n opdienbord en skep die vismengsel oor. Dien op met 'n sambal van gekapte tamatie, komkommer, gesnyde groen brandrissie en 'n bietjie suurlemoensap.


Lewer bobotie met appel

1 dik sny bruinbrood
125ml melk
500g skaap of beeslewer
sout en peper
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 groot groen appel, geskil en in blokkies gesny
15 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
30ml blatjang
30ml fyn appelkooskonfyt
30 ml suurlemoensap
2 ekstra groot eiers, geklits
250 ml melk
2 lourierblare

Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n oondvaste bak van 24x24x5cm met kleefwerende middel. Week die brood in die melk sag en maak fyn. Maak die lewer skoon: Trek die vliese af en sny enige harde senings uit. Indien jy beeslewer gebruik, laat 30 minute lank in lou sout water lê. Sny in blokkies en geur met sout en peper. Braai in verhitte olie tot bruin van buite. Skep uit en hou eenkant. Soteer die ui en knoffel tot sag en voeg die appel, kerrie en borrie by en roerbraai nog een minuut lank. Voeg die blatjang, appelkooskonfyt en suurlemoensap by en meng. Voeg die gebraaide lewer by en meng goed deur. Skep in die voorbereide oondbak. Klits die eiers en melk goed saam en giet bo-oor. Rangskik die lourierblare bo-op. Bak 30-45 minute lank of tot gaar en gestol. Dien dadelik op saam met gestoofde perskes en rys.


Lewer in Netvet (Skilpad)

netvet
skaaplewer
1 ui
1 sny brood
kruinaeltjies
neutmuskaat
sout,peper

Laat lê die netvet in sterk warm water voor jy die lewer daarin sit, anders kraak dit. Vir elke 1 skaaplewer benodig mens omtrent 1½ netvet  as jy dit in klein porsies gaan oprol om oor die kole te braai. Maal die lewer met die ui, 'n sny brood, speserye, sout en peper.  Sny die netvet in 6 cm stukkies. Skep dessertlepelsvol van die gegeurde lewer daarop . Vou die netvet toe om die lewer.  Meeste van die vet braai weg en net die lekkerte bly oor.  Braai oor 'n stadige vuur of in 'n swaarboompot.


Ouderwetse Lampastei
Bestanddele:
4 pond Lamsvleis (rugstring is heerlik)               1 glas Wit Wyn
2 wit Uie (in ringe gesny)  
2 hardgekookte eiers en 1 rou eier                    1 eetlepel Sago
1 blaartjie Foelie                                            
2 onse Botter                                                    ‘n Paar skyfies Ham
Sap van 1 Suurlemoen                                        ‘n Bietjie Wonderpeper
Sout en Peper na smaak

Metode:
Sny vleis in netjiese stukkies, smoor die uie in die botter, voeg nou al die bestanddele by, behalwe die eiers, sago en suurlemoensap. Sstowe nou die vleids tot dit heerlik sag is. Voeg nou 1 eetlepel sago en ‘n goeie klont botter by; roer tot die sago gaar is. Klits geel van eiers goed op, klits bietjie water by en dan die suurlemoensap, voeg by die vleis. Gooi nou dign miengsel in ‘n pasteiskottel. Sny hardgekookte eiers in skyfies en sit op die mengsel. Gebruik skolferkors vir die kors van die pastei en smeer oor met wit van eier. Bak.

Let Wel - 1. Lamsvleis en hoender kan saam gebruik word.
2. Hoender kan ook alleen vir die pastei gebruik word.


Ingelegde Vis
Bestanddele:
6 – 8 pond vars geelbek of enige                  1 baie klein Rissie, fyn gekap
ander geskikte soort vis                               12 Naeltjies
6 groot wit Uie                                            2 eetlepels goeie Blatjang
2 onse Kerrie                                               Sout
1 teelepel Borrie                                          2 – 3 pinte goeie Asyn
2 eetlepels Suiker

Metode:
Maak vis skoon en sny in mote. Sprinkel sout oor en bak in warm vet. Sny uie in ringe en smoor. Meng al die ander bestanddele en kook op in die asyn, voeg ook die gesmoorde uie by om sag te kook. Sit nou die gebakte vis in in erdekan of iets dergeliks en gooi die gekookte asynmengsel oor.

Let wel – Vis moet goed bedek wees met die asynmengsel.


Worsgebak

30 ml sonneblomolie                                       1 ui, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap                  10 ml matige kerriepoeier
2 ml borrie                                                     500 ml kookwater
15 ml blatjang                                                5 ml sout
2 ml peper                                                      500 g rou boerewors, in 4 cm-                                                                      stukkies gesny
1 x 410 g blik appelkooshelftes                       300 g rou rys (375 ml)
gekapte grasuie vir garnering

Verhit die olie in 'n swaarboompan, braai die uie en soetrissie tot sag en deurskynend, ongeveer 5 minute. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai 'n verdere minuut. Voeg die kookwater, sout en peper en blatjang by, verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 2 minute prut.. Pak die rou wors op die boom van 'n groterige oondskottel. Skep die uiemengsel eweredig bo-op die wors. Rangskik die appelkooshelftes bo-oor die wors en giet die sap oor. Sprinkel die rys eweredig oor, plaas die deksel op en bak in 'n voorverhitte oond by 200C (400F) vir ongeveer 45 minute of totdat die rys gaar is. Strooi gekapte grasuie oor en sit warm voor.


Hoenderlewer met byt

500g hoenderlewertjies                               
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak  
2 knoffelhuisies, gekneus  
1 ui, gekap                         
5 ml borrie  
90ml botter 
12.5ml kerriepoeier of garam masala
1 stuk ± 1cm gemmer, fyn gekap 
410g ( 1blik) tamaties, gekap                                    
1 brandrissie, ontpit en fyngekap          
200g bevrore of vars jong ertjies
vars koljanderblare(dhania) gesnipper

Soteer skoongemaakte hoenderlewers in botter in ‘n braaipan sodat dit nog pienk binne is, maar verseël aan die buitekant. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en skep uit. Hou eenkant.
Braai ui tot sag in panvet oor lae hitte. Voeg knoffel, gemmer, borrie, kerriepoeier en rissie by.
Roer en laat 1-2 minute stadig prut. Voeg tamaties by en bring tot kookpunt. Laat ongeveer 10 minute lank prut. Voeg ertjies net voor opdiening by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper en ‘n bietjie suiker indien verkies. Sodra sous begin prut, voeg hoenderlewers en bietjie koljanderblare by en laat prut tot deurwarm. Sit voor en garneer met die res van die koljanderblare.


Wildsvleisbobotie

50ml olie                                             1 ui, gekap
15ml kerriepoeier                                750g gemaalde wildsvleis;
7ml sout                                              37,5ml bruin asyn
37,5ml fyn appelkooskonfyt                1 Granny Smith-appel, grof gerasper
50ml pitlose rosyne                             1 sny witbrood
350ml melk                                         2 eiers
5ml borrie                                          4 vars suurlemoen- of lourierblare.

Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui tot sag en deurskynend. Voeg die kerrie poeier by en braai dit 1 minuut lank. Voeg die maalvleis by en braai dit totdat die vleis verbruin. Voeg die sout, asyn, appelkooskonfyt, appel en rosyne by. Plaas die deksel op en prut dit 10 minute lank. Week die brood in melk. Druk die melk uit en voeg die brood by die vleismengsel. Skep die vleismengsel in 'n vuurvaste oondskottel. Klits die eiers en melk saam en voeg borrie by. Druk die suurlemoen- of lourierblare in die vleismengsel en giet die eiermengsel bo-oor . Bak dit 40 minute lank in 'n voor verhitte oond teen 180C totdat die vla gestol het.


Doodeet worsgereg

1 ui                                        1 soetrissie
25ml sonneblomolie                10ml kerriepoeier
2ml borrie                             500ml kookwater
12,5ml blatjang                      5ml sout
knypie peper                          500g rou boerewors
410g appelkooshelftes            375ml rou rys
grasuie vir garnering (opsioneel)

Skil en kap ui fyn. Halveer, en sny die soetrissie aan repies. Soteer uie en soetrissie in olie. Voeg kerriepoeier en borrie by en roerbraai effens. Voeg kookwater, sout en peper en blatjang by en kook 2 minute lank. Sny wors in stukkies en pak dit in oondvaste bak. Skep uiemengsel oor wors en versprei egalig. Versprei appelkoos- helftes oor wors en giet sap ook oor. Strooi rys bo-oor, plaas deksel op en bak teen 200C, 45 minute lank. Roer liggies om, garneer met uiegras en sit warm voor.


Souserige beesstert

2 kg beesstert (in porsies gesny)          paprika
koekmeelblom                                      250g swoerdlose spekvleis (in blokkies)
2 groot uie (gekap)                              2 knoffelhuisies (gekneus)
60ml tamatiepasta                                10ml roosmaryn
500ml droë rooiwyn                            410g heel tamaties
250ml vleisaftreksel                            sout
vars gemaalde swartpeper

Rol beesstert in mengsel van paprika en meelblom. Braai spekvleis in eie vet. Verwyder uit pot en hou eenkant. Giet olie in pot indien nodig en braai beesstert in klompies tot goudbruin. Hou eenkant. Soteer uie in dieselfde pot tot sag en voeg knoffel by. Roer tamatiepasta en roos maryn by en voeg wyn by. Verhit tot kookpunt en skraap boom om deeltjies wat vassit, los te maak. Voeg tamaties en aftreksel by vloeistof en voeg beesstert en spekvleis by. Verhit tot kookpunt, verlaag hitte en plaas deksel op. Laat prut tot vleis sag is, - ongeveer 2 ure. Geur na smaak. Indien verkies kan sous verdik met pasta van meelblom en water.


Suikermieliebredie

25ml olie                                           1 ui, fyn gekap
500g maalvleis                                   5ml sout
2ml peper                                          1 vleisekstrakblokkie
225ml kookwater                               2 aartappels, geskil en in blokkies
410g (1 blik) roomsoort suikermielies geroosterde tamatieskywe

Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol. Soteer die ui in die olie totdat dit ligbruin en deurskynend is. Voeg die maalvleis by en verbruin dit. Roer dit gereeld om sodat dit nie aanbrand nie. Geur met sout en peper. Los die vleisekstrakblokkie op in die kookwater en voeg dit saam met die aartappel blokkies en suikermielies by die vleis. Plaas die deksel op en stowe dit 20-25 minute lank oor lae hitte. Roer af en toe om. Skep die bredie uit in ‘n warm opskepskottel. Garneer die gereg met geroosterde tamatieskywe. Bedien warm.


Boeliebief skywe

DEEG:
400ml koekmeelblom                      knippie sout
2ml bakpoeier                                110g margarien, gerasper
200ml melk                                    1 eiergeel

VULSEL:
1 blik boeliebief in blokkies gesny (275g)   30ml mayonnaise
2-5ml mosterdpoeier                                   bietjie worcestersous
30ml gekapte pietersielie                            250ml gerasperde Cheddar kaas

Voorverhit die oond tot 200C. Spuit ‘n klein broodpan met kleefwerende middel. Sif die droë bestanddele saam en vryf die margarien met jou vingerpunte in tot goed gemeng. Meng die melk en eiergeel saam en meng by. Die deeg sal slapperig wees. Druk die helfte van die deeg op die bodem van die voorbereide pan vas. Meng die bestanddele vir die vulsel, maar hou eenkant ‘n bietjie gerasperde kaas. Skep bo-oor en maak gelyk. Versprei die res van die deeg oor die vulsel, sprinkel die oorblywende kaas oor en bak sowat 20 minute lank of totdat die kors gaar is. Dien op met blatjang.


Lewer en perske-broodjie

• 250 g ontbytspek
• 1 ui, gekap
• 20 g botter
• 250 g hoenderlewers
• 250 g gemaalde beesvleis
• sout en peper na smaak
• 410 g perskeskywe, gedreineer
• 50 g vars broodkrummels
• 20 ml fyn gekapte pietersielie
• 1 eier, geklits
• 4 ontbeende hoenderborshelftes

Voorverhit die oond tot 180º C en smeer ‘n broodpannetjie en voer dit uit met die spekvleis, hou die wat oorbly. Braai die ui in die botter tot sag en laat afkoel.
Meng die hoenderlewers en oorblywende spek met die ui en maal dit saam in ‘n voedselverwerker. Voeg die maalvleis by en geur met die sout en peper.
Kap die perskeskywe in stukkies en voeg dit by die maalvleismengsel.
Voeg ook die broodkrummels, pietersielie en eier by.
Meng alles saam met ‘n groot vurk. Skep die helfte van die vleismengsel in die bereide pan. Sny die hoendervleis in stukkies en plaas dit bo-oor die vleismengsel.
Skep die oorblywende vleismengsel bo-op.
Bak die broodjie 1 uur lank of tot gaar. Laat afkoel en plaas liefs ‘n rukkie in die vrieskas voor dit gesny word.


Boereworspastei

(Bedien ses)
500 g boerewors (oorskiet van braai werk goed)
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil (of een sakkie aangemaakte Smash)
1 k gerasperde Cheddarkaas
Braai boerewors, ontvel en sny in dik skywe.
Kook aartappels tot gaar. Geur met 'n klont botter en 'n bietjie melk.
Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig.
Pak boereworsskyfies in 'n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.
Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.


Gepeperde Hoederlewers

Braai 1 gesnyde ui in 30 ml olyfolie tot sag
Voeg 2 fyngekapte knoffelhuisies en 225 g hoenderlewertjies by en soteer tot
lewers gaar is
Voeg 2 ml droë salie, 5 ml sout, 5 ml peper en 'n knippie pimento (allspice) by
Druk grofweg fyn met 'n vurk
Spek op snytjies geroosterde brood en rond af met ekstra gebraaide uie en
grasuie