Die Jans Rautenbach era

 
     
 
So tussen die musiekprente, lawwe komedies en rillers van die jare sestig maak n man sy verskyning op die Afrikaanse rolprenttoneel en bevestig hom as di grootste, dapperste en mees vindingryke regisseur van ons tyd. JANS RAUTENBACH.

Ek is maar net n mynsand verwaaide flentergat seuntjie van gister, s Jans Rautenbach. Hy het in Boksburg grootgeword in myners-ellende. Ek het weggeeklere en gestopte skooldrag gedra en op n klein kateltjie in n klein kamertjie met n klein venstertjie geslaap. Ek het in die snerpende hoveld-winter weggooikoerante op my matras gepak teen die koue.
Maar dit het Jansen Delarosa Rautenbach nie gekeer om sy drome te verwesenlik nie. Al het sy pa gedink rolprente is sonde en al het hy sy seuns verbied om bioskoop toe te gaan, het die droom bly hunker. Hy het begin wyd lees en radio luister, en matrikuleer aan die Horskool Voortrekker in Boksburg wat ook Jamie Uys, Jan Scholtz en Tommie Meyer opgelewer het. Hy studeer teologie aan die Universiteit van Stellenbosch maar los dit na 3 jaar en begin as klerk by die Departement Lande in Bloemfontein werk. Hy studeer saans kriminologie aan die Universiteit van die Vrystaat, en speel intussen amateur toneel. Op 24 trou hy met Almeri Strydom, sy groot liefde en onvervangbare steunpilaar. Hulle het 4 kinders. Hy word later hoof van die Witbankse gevangenis. Maar op 12 Februarie 1963 gee hy 24 uur kennis om te gaan films maak. Hy stig in 1964 n rolprentateljee saam met Emil Nofal en maak KING HENDRIK. Hierna kom WILD SEASON saam met Emil Nofal. En toe maak Jans sy meesterstuk. DIE KANDIDAAT met befondsing deur Nederlanders.

Volgens Martin Botha se boek oor Jans Rautenbach, Dromer, Baanbreker en Auteur, het Jans totale vernuwing in die Afrikaanse rolprentbedryf gebring, veral in sy hantering van spelers. Hy het n sogenaamde sleutel aan akteurs gegee om emosie mee oop te sluit. Spelers het hul woorde geleer maar moes nie hul vertolkings vooraf uitwerk nie. Jans sou dan n oomblik skep waarin die woorde, volgens Botha, sinvol gaan wees en naturalisties gaan voorkom. Spelers het dus karakters VERTOLK en nie VOORGEDRA soos in ander Afrikaanse flieks nie. In DIE KANDIDAAT vra Jans indringende vrae oor wat dit beteken om Afrikaner te wees en hoe apartheid die Afrikaner op n roete na selfvernietiging geplaas het. n Vrydenkende jong man, Jan le Roux, voortreflik gespeel deur Roelf Jacobs, wat minderbevoorregte kinders help by n verbeteringskool, word voorgestel as direkteur van die stigting Adriaan Delport n organisasie gewy aan die uitbou van die Afrikaner se taal en kultuur. Maar Jan se verloofde is Engels en boonop Katoliek. n Ernstige debat bars los oor die aard van Afrikanerskap.

Die raadsaal vir die debat-tonele is spesiaal gebou, n eerste vir n Afrikaanse rolprent, en Jans het 5 weke aan die tonele geskiet. Gert vd Bergh as die hoof van die organisasie is oorlede die aand voordat sy laaste toneel geskiet sou word en Jans moes net sy stem gebruik vir die toneel die volgende dag. Na n sensuur-debakel en n herrie in die pers, is DIE KANDIDAAT met enkele dialoog-snitte deur Jannie Kruger, hoofsensor, goedgekeur. Nou was daar geen keer aan Jans nie. Hy maak n rolprent oor n vrou wat haarself as wit voordoen maar in werklikheid bruin is. Dan daag KATRINA se seun, gespeel deur Ian Strauss op en werk onder bruinmense sonder om te besef dat hy ook bruin is.

Jannie Kruger, hoofsensor, wou die film verbied, maar toe N.P. van Wyk Louw die rolprent verdedig, het hy dit langtand goedgekeur vir verspreiding, maar wou dit voos sny. Maar verligtes in die pers het ingespring. Na nog n polemiek wys Katrina met Jill Kirkland en Joe Stewardson. Katrina, s Jans Rautenbach, het n sambreel geword vir al die vrae en vrese wat die heeltyd in die wit Afrikaners se koppe gesit het. Ek onthou; vir my as skoolkind wat die rolprent in standerd 8 gesien het, was KATRINA n openbaring, veral in sy meesterlike en ironiese gebruik van CRY TO ME.

Na KATRINA volg die vernuwende baanbrekersrolprent JANNIE TOTSIENS wat Rautenbach s beskryf. Jannie Totsiens het n soort tapyt geword waarheen die Afrikaners op pad was. Hulle was besig om hulself tot kranksinnigheid te dryf. Die humor was van n galge aard. Katinka Heyns se karakter is die simbool van Afrikaners wat net wil ontsnap van die malhuis wat onsself geskep het. Terwyl marionette in n donker speelkas gemanipuleer word, dui hierdie prikkelende musiek reeds die surrealistiese aard van die rolprent aan.

Hier het Jans surrealisme gebruik wat ongelukkig rolprentgangers vervreem het wat gewoond was aan verstrooiingsvermaak op die doek. Maar as n ope-hart-operasie op die doodloopstraat waarin die Afrikaner destyds beland het, was JANNIE TOTSIENS eweneens n meesterstuk met spelers soos Jacques Loots, Hermien Dommisse, Don Leonard en Phillip Swanepoel. n Grafstil Cobus Rossouw daag in die gestig op saam met sy ouers wat aan die hoof verduidelik hoekom hulle seun hier opgeneem gaan word.

Na slegs 3 rolprente het hierdie geniale regisseur n onthutsende vernuwing na die Afrikaanse rolprent gebring. Aan die begin van die are 70 maak hy PAPPA LAP met Katinka Heyns en Gordon Vorster oor die verhouding tussen n brandarm pa en sy dogter wat n rok vir haar matriekafskeid soek. Met PAPPA LAP wou ek die wreld uitbeeld waar ek wortel geskiet het. Dit was n droomstorie. n Dogter het n droom gehad. Sy wou net vir een dag in haar lewe iemand besonders gewees het. PAPPA LAP stel ook nog n nuwe opwindende rolprenttalent bekend: Kameraman Koos Roets wat van die Karoo-tonele n visuele fees met subteks maak. PAPPA LAP het R105,000 gekos....

In 1970 skryf CF Beyers Boshoff n Springbokradiovervolgverhaal: ONGEWENSTE VREEMDELING. Dit is Jans se volgende film. In hierdie gewilde rolprent, wat weer geld vir Jans gemaak het na die loket-mislukking van Jannie Totsiens, slaag hy daarin om veilige verstrooiingsvermaak te verhef na die verhaal van n buitestaander wat na n afgele vallei, Duiwelsvallei, vlug van sy verlede en betrokke raak by n matriarg en haar drie dogters. Manie van Rensburg was aanvanklik die regisseur, maar Jans het by hom oorgeneem. Jans verfilm toe nog n Springbokradiostorie: Naomi van Niekerk se Die Rosseaus van La Rochelle as EENDAG OP N RENDAG met Katinka Heyns en Regardt van den Bergh. Die verhaal is gestruktureer rondom die liedjies an Jacques Brel en Koos Roets het meestal met n handbeheerde kamera geskiet wat die rolprent n natuurlike aanslag gegee het. n Meisie wat roomys verkoop raak verlief op n bedorwe rykmanseun. Hy dobbel en sy ouers is gekant teen die verhouding. Jans het van EENDAG OP N REENDAG n liriese sprokiesverhaal gemaak waarin die karakters ook soos mense uit n sprokiesverhaal praat. Die meisie is besig om haar roomyskar te wag as die pierewaaier, Regardt vd Bergh opdaag.

Na EENDAG OP N REENDAG was daar n ses-jaar stilte van Jans voordat hy n lekkerkyk intelligente film gemaak, BLINK STEFAANS, waar hy die leisels van n ander regisseur moes oorneem wat skynbaar nie die mas kon opkom nie. BLINK STEFAANS was die alter ego van FANUS (Regartd vd Bergh) n klankman by 'n platemaatskappy. Die bestuurder van die ateljee steel Fanus se idees, maar Fanus raak verlief op Linda (Jana Cilliers) n sangeres en dogter van die baas. BLINK STEFAANS was n parodie op die reklame-industrie en op alter egos en het inderdaad herinner aan EMIL NOFAL se HOU DIE BLINKKANT BO van 1960 waaroor ek in n vorige program gepraat het. Die temaliedjie voorspel ook reeds n sprokiesverhaal wat nie heeltemal in die Jans Rautenbach-kader pas nie.

Maar BLINK STEFAANS was nie so gewild as wat verwag is nie. Televisie het ook in daardie jare begin, maar die klein skermpie was vir Jans te beperkend en hy het hom nie op hierdie gebied begeef nie. Toe maak Jans sy laaste film in die middel tagtigs, BROER MATIE met Paul Lckhoff in die hoofrol. Jans verduidelik: Broer Matie handel oor die skynheiligheid in een NG Kerkgemeente. Op die ou einde is ons Afrikaanse tradisionele kerordes ook medeverantwoordelik vir die hartseer wat ons in hierdie land geskep het. Hulle het dit georden, hulle het dit gesen, aldus Jans Rautenbach.

BROER MATIE speel in 1961 af, die jaar van die Sharpeville-slagting en Cottlesloe-beraad waarop verteenwoordigers van die NG kerk hulle skerp uitgelaat het teen die apartheidsideologie se ondermyning van Christelike eenheid. Die kerkraad van n kerk moet besluit n n bruin predikant, Simon Bruinders, die begrafnisdiens van n gemeentelid mag waarneem. Die rolprent gaan dan oor die twis tussen die kerskraadslede en vind hoofsaaklik in n raadsaal plaas, nes groot dele van Jans se DIE KANDIDAAT. Die predikant verduidelik aan n jong boerseun wat n soldaat wil word, (Paul Luckhoff) wat die nuwe Suid-Afrika verteenwoordig, hoe bitter jy teenoor rassisme en apartheid is. BROER MATIE het ongelukkig by die loket misluk en dit was dan ook Jans Rautenbach se laaste rolprent. As Jans uitgevra word oor hoekom hy opgehou rolprente maak het, s hy: Vandag is ek JANS, die ouman wat in die berge woon. Iemand sonder n etiket. Ek het nooit die behoefte gehad om voor op die wa te sit nie of om touleier te wees nie. Vandag is ek n dromer. Sonder n droom is daar nie n toekoms nie. As ek terugkyk na my lewe, kan ek s dit was een lang helse droom gewees. Ek het vir my kinders ges: as julle ooit vir my n grafskrif wil gee, skryf maar net daarop: hy was n dromer.