Afrika's Koekiis
Afrika Koekies
Vrystaatse melktert
Franse poeding
Spoorweg koek

 
     
  Afrika's Koekiis
Die resep het verskyn in Di Afrikaanse Koek en Poeding Boek Deur 'n
Frystaatse Dame, Paarlse Drukpers Maats. Beperkt. 1914

3 lb Flour,
1 lb witsuiker,
1 lb botter, telepel soda en
2 telepels kremetart, met melk of water angemaak.
Dit is die hele resep.

Hiermee 'n variasie van Afrika-koekies in die jare 90.
(lewer 90 koekies)
120 g koekmeelblom (250 ml)
390 g volkoringmeel (750 ml)
120 9 mieliemeel (250 ml)
200 g sagte bruinsuiker (250 ml)
3 ml gemengde speserye
5 ml Kremetart
250 g botter
3 ml Koeksoda
225 ml melk
250 ml karringmelk

Meng meelblom, volkoringmeel en mieliemeel. Voeg bruinsuiKer, speserye en kremetart by. Vryf botter daarby in tot mengsel soos broodkrummels lyk. Los koeksoda op in melk en voeg by meelmengsel. Voeg karringmelk by en meng tot sagte deeg. Skep lepelsvol vam mengsel op gesmeerde bakplate en bak in voorverhitte oond by 180 grade C, 15-20 minute lank tot gaar. Verwyder uit oond en laat afkoel op draadrak.

Variasies
. Maak holte in rou koekies en skep bietjie appelkooskonfyt daarin. Bak soos bo.
. Drup gesmelte sjokolade oor vir 'n soeter koekie.


Vrystaatse melktert

1 Koppie meel
1 Koppie suiker
1 Teelepel bakpoeier
2 Eetlepels botter
1 Teelepel Vanilla
3-4 Koppies melk (afhangende van hoe groot die eiers is)
3 Eiers

Skei eiwit en eiergeel. Klits die witte styf en die gele goed.
Smelt botter en roer die suiker en die eiergeel by. Sorg dat die botter nie so warm is dat die eiergeel gaar word nie.
Meng goed. Meng die droŽ bestandele. Roer dit so om die beurt met die melk by die botter-en-eiergeel-mengsel.
As alles gemeng is, roer die eierwitte by en laastens die vanilla.
Giet in gesmeerde, ge-oliede of gespuite pan.
Bak 35 minute teen 375 grade F.
Geniet....haak vrystaat!!!


Franse poeding

2 bottels melk
11/2 koppie fyn meel
8 eiers
1 koppie wit suiker
 

Klop die eiers en roer die melk en suiker daarby, dan die meel. Bak in 'n groot skottel in die oond. Hitte van bo en onder)


Spoorweg koek

4 koppies meel
2 koppies suiker
1 koppie korente
1/4 pond botter
4 eiers
1 kelkie brandewyn
11/2 koppie melk
1 telelep soda
1 teelepel cream of tartar
 

Klop die botter tot room, klop die eiers apart, roer die botter en geel van die eiers en suiker deurmekaar, dan die melk dan die meel en soda, korente, brandwyn en ten laaste die wit van die eiers. Bak tot gaar