Die Vertellings van Wallie Els

 
   
  Oom Wallie is ‘n baie bevoorregte mens wat’n baie vol lewe gehad het. Ek sê gehad het, want sowat 3 jaar gelede het hy gegaan vir ‘n angiogram wat verkeerd geloop het, met die gevolg dat sy twee onderste hartkamers daarmee heen is. Gelukig het sy kardioloog vroeer hierdie jaar vir hom die goeie nuus gegee dat sy liggaam aangepas het by hierdie halwe hart, en indien hy rustig lewe, daar vir hom nog ‘n kans gegun is.

Na sy aftrede het hy en tannie Engela vir ses maande gedurende die Somer hier in Gauteng gebly, en dan, wanneer dit hier te koud word, het hulle dan verhuis na Phalaborwa waar hulle ook maar die meeste van hulle lewens gebly het.

Vakansies het hulle gehad en hierdie wedervaringe kan daarvan getuig. Dit is tog so belangrik vir hom dat hierdie staaltjies nie verlore mag gaan nie, en om hulle uit sy mond te hoor is seker baie mooier as wat dit op papier kan wees, so laat ons hom nie teleurstel nie. 

Hierdie is sy ervarings in sy eie woorde:

My eerste kennismaking met Etosha is in die jare 60/70 en wel met die legendariese Roy Sterley, werksaam by die Anderson ontvangshek op pad na die kamp Okaukuajo.

Hy het my beindruk met sy hoflikheid, sjarme en galante houding, veral teenoor dames deurelkeen te verwelkom deur ‘nblommetjie vir hulle aan te steek en te se: “’n Mooi blom vir ‘n pragtigedame”.

Hy was ‘n uitstekende skut met ‘n rewolwer en dodelikk met ‘n mes. Sy oefenterrein was sy eie privaatskietbaan net buite die hek. Jaarliks he tons vir hom die lee bier en koeldrankblikkies aangebring siende dat dit altyd ‘n tekort by hom was vir teikenskiet.

Daar word vertel dat op ‘n geleentheid het ‘n motoris hom raakgery en voordat hy grondgevat het, was sy rewolwer uit sy skede en was hy gereed om te skiet.

Mense mag hom ‘n “showman” genoem het, mar ek het hom ‘n merkwaardig gerespekteerde en ware heer gevind.

So het ek met tyd Barnebi de la Batt, Polla Swart, Stoffel Rocher en baie ander, asook die ou Phalaboriete soos G.P. en sy seur Fanie le Roux, Schalk van der Sand en hulle families leer ken, en so het ek verneem van die “leeupartytjies” wat gehou word by Leeubron.

Daar was ‘n trop leeus met die mannetjie genaamd Castor in bevel. Hy het die posisie verower na hy sy broer Pollux in ‘n geveg oor ‘n wyfie, moontlik Isabella, verslaan het. Castor was ‘n majestieuse dier en het ‘n hanglip oorgehou van die geveg. Hierdie was seker die mees gefotografeerde trop leeus in die wereld.

Elke Woensdag en Saterdagaande is ‘n bok geskiet en na Leeubron geneem waar dit aan ‘n ketting, waarvan die een punt in die grond gesement was, gehaak en dan weggery is

Castor en sy trop het dan met die fees begin en aanskoue van toeriste wat in tien motors (teen 10 Sjielings- R1.00 per motor) dan toegelaat is by die fees.

Stoffel Boucher vertel my die volgende:

Een aand het ‘n pasaangestelde amptenaar gevra of hy die leeufees kon beheer. Toestemming is aan hom verleen en by die aankoms daar het hy gestop en nie die ketting gehaak nie, maar uitgeklim en op die enjinkap gaan sit en sy dokumentasie uitgehaal om die motors se registrasienommers na tegaan om sodoende te kyk of almal betaal het.

Die toeskouers het probeer om sy aandag te trek mar hy het hom nie daaraan gesteur nie.Hy het toe afgeklim om agtertoe te loop om die ketting te gaan haak. Die rede hoekom die toeskouers sy aandag wou vestig was dat Castor toe reeds opgespring het en besig was om te vreet.Met ‘n gegrom in sy gesig val die amptenaar agteroor en met een sprong spring hy deur sy venster, binne in die voertuig in.

Heelwat later het hy vir Mynhardt Blom geskreeu: “Wat maak ons nou en hoe kom ek nou uit hierdie dilemma uit?!!”

Met die hulp van Blom en sy VW Beatle het hulle toe daarin geslaag om Castor van die bak af te kry en die ketting te haak sodat die fees kon voortgaan.

Jack van der Spuy vertel my die volgende:

Een aand besluit hy om inspeksie te gaan hou by die leeufees. Daar gekom, vind hy die man in bebeheer vol bloed in sy geig en klere. Op navraag verduidelik die amptenaar dat ‘n elfde motor, wat nie betaal het nie, se passasiers aggressief met hom 
geraak het toe hy hulle wou terugstuur en ‘n bakleiery het ontstaan. Die leeus het kom kyk wat aangaan en hulle moes in hulle motors vlug. Na die leeus teruggekeer het na die prooi, is die geveg tussen en amptenaar en die toeris hervat. Jack het die amptenaar teruggestur en self die ekstra toeriste uitgesorteer.

So kan daar seker baie staaltjies vorendag kom.

Herdie feeste is gestaak deur Jymie Ebedis. Hy het gevoel dis onnatuurlik en die leeus sal nie meer goed kon aanpas in die natuur nie. Baie mense was ook ongelukig want die leeus was ook nie elke Woensdag en Saterdag daar nie. Dit bly egter die vrye natuur.

Castor het oud geword en Stoffel het op ‘n dag, by sy verbykoms by Leeubron, gesien hierdie geliefde, eens majesetieuse dier l en is besig om te vrek by die water. Daar was ‘n gewemel van jakkalse wat net gewag het dat hy moes vrek. Stoffel is na Okaukuajo om sy geweer en getuies te gaan haal om die dier van sy lyding te verlos. Met die nadoodse ondersoek is bevind dat hy hoe koors gehad het weens longonsteking.

Giel Visser en Pieter Buys is aangese om ‘n gipsafdruk van die voorpoot te maak. Die afdruk is later in die vorm van ‘n asbakkie gegiet om te verkoop om fondse te in. Ek het die voorreg gehad om een van die asbakkies te kon koop. Daar mag ook ‘n afdruk wees vir die navorsingstasie by Okaukuajo. Die vel was die sieraad in Polla Swart se kantoor in Windhoek vir baie jare.

Ons radioamateurs het ‘n plaaslike gesels radio wat deur middle van versterkers en hehalers wyd kan kontak. So luister ek een and met ‘n halwe oor na ‘n paar persone in die Pietersburg omgewing. Ek hoor toe ‘n jong dokter vertel van die pragtige geskenk wat deur een van sy pasiente aan hom gegee is. Dit was ‘n afdruk van ‘n leeuspoor in die vorm van ‘n asbakkie met afmetings van 12cm in deursnee. 

Volgens hulle gesprek kon ek aflei dat hulle onder die indruk is dat dit ‘n massiewe groot een was. Ek het opgestaan en Castor s’n gaan meet. Dit was 23cm in vergelyking met hulle 12cm. Ek reken toe dat omdat 23 amper 2 x 12 is, sal ek hom maar laat krimp na 19cm. 

By die eerste geleentheid breek ek in by die gesprek en vertel hulle my storie soos hierbo uiteengesit. Die doktertjie reageer toe as volg:

Eerstens komplimenteer hy my met my pragtige storie, vertel my ek is bevoorreg om op sulke plekke te kon kom en om sulke besondere ondervindings to kon beleef. Hy reken dat in sy spreekkamer, direk agter hom teen die muur, ‘n trofee hang van ‘n rooibokkop. ‘n Eienaardige ding het gebeur, toe ek die afmetings noem van my asbakkie se spoor, het die bok begin huil en die trane het op sy skouer gedrup.

Wallie Els – ZS6WE