Adelle
Fourie
Hier is wat ek doen vir braaibroodjies wat ook anders is.
Appelkooskonfyt
Jalapeno peppers (die gekerfdes in bottel)
Tamatie
Uie
Kaas
Smeer die appelkooskonfyt op broodjies, jalapeno peppers, tamatie, uie en
kaas alles tesame op broodjie. Rooster op vuur. (Dit gee so lekker sout, byt
smakie)
Stephne Koster
Maak Franse braaibroodjie (sny brood wat in eier mengsel gedoop is)
As die broodjie klaar gebraai is (goudbruin beide kante) smeer ‘n dun lagie
(hang af van smaak) Bovril op en sprinkel dan met
fyn biltong (my smaak is oormatig met die biltong!)
Die broodjies is ONGELOOFLIK lekker!!!!
Elvis Presley se
Geroosterde Grondboontjiebotter en Piesangtoebroodjie
2 snye wit brood
2 eetlepels grondboontjiebotter
1 piesang fyngemaak
2 eetlepels botter
Smeer botter op een sny brood en grondboontjiebotter op die ander een, sit
die een sny op die ander een. Smelt nou die botter (Elvis het baconvet gebruik) in 'n pan en braai die broodjie oor lae hitte tot goudbruin aan
albei kante. Eet saam met 'n glas karringmelk.
Anita van Eeden
Die volgende is 'n heerlike variasie op die normale kaas en tamatiebraaibroodjie:
Kap die volgende lekker fyn:
1 Soetrissie (Green Pepper)
1 Ui
Meng met blatjang om 'n lekker slap mengel te vorm.
Smeer op een kant van broodjie en pak dan tamatie en kaasskywe bo-op. Braai
oor matige hitte oor die kole.
Charnelle Visser
My gesin is mal oor die broodjies wat ek vir hulle maak.
Ek gebruik baie hierdie lang franse brode (Waarmee jy knoffelbrood maak)
Sny in ringe. Braai uie, bacon (gesnipper) & Mushrooms
Smeer broodjie met botter en bietjie mayonnaise en mosterd (net waarvan jy jou)
Skep lepels vol op brood
Gooi gerasperde kaas bo-oor en bak in die oond
Gewone brood werk nie so lekker nie, maar enige tipe bun /hotdogbroodjie
Partykeer gebruik ek sommer oorskietvleis (klein gesny) dan mors mens nie
kos nie.
Net nog 'n oulike idee met ou brood.
Ek gebruik 'n Skon-drukker (dit is groter) en druk 'n sirkel uit die brood
en dan sit jy ook enige "pizza" filling soos
gerasperde polony en kaas of ham of maalvleis of iets ...bak dit ook en jy
het mini pizzas
Basiese resep vir
Franse braaibrood
2 eiers
knippie sout
150 ml melk
6 snye brood, korsies afgesny
60 g botter
Klop die eiers, sout en melk saam. Doop die snye een-een in die eiermengsel.
Smelt die botter in 'n pan en braai die snye tot goudbruin aan albei kante.
Sampioen-en-spekbroodjies
spekvleisrepe
sampioene, in skyfies gesny
tamaties, in skywe gesny
Braai die spek, sampioene en tamaties in 'n bietjie botter en hou eenkant
tot die braaibroodjies gereed is. Skep die spekvleis, sampioene en tamaties
bo-op en sit dadelik voor.
Groentebroodjies
Stel oond op 200°C. Sprinkel olyfolie oor skyfies murgpampoen, sampioene,
rooi soetrissies, vlapampoentjies, eiervrug of enige ander groente wat
geskik is vir rooster, en geur met sout, peper en kruie na smaak. Plaas
sowat 20 minute in die voorverhitte oond. Voeg nog olie by, indien nodig, en
draai eenkeer om. Let op dat dit nie aanbrand nie. Rangskik die groente op
klaar voorbereide braaibroodjies en bedien dadelik.
Ria Tribelhorn
Lekker toebroodjie happies
Vat snye brood en smeer dik met appelkooskonfyt, sit opmekaar en sny in
driehoeke, maak soveel as wat nodig is vir gaste. Maak nou pannekoekbeslag
bietjie stywerig aan, doop broodjies in beslag en bak in diep olie tot
bruin. Sit voor saam met skeppie room.
Smeer ou brood liggies met botter en bestrooi met enige geur Aromat. Sny in
repe en droog uit in oond. Lekker saam met sop of net so as peuselhappies.
Smeer ou brood met botter en strooi kaneelsuiker oor, sny in repe en droog
in oond, kinders is mal daaroor.
Wilna Rocher
Eierbroodjie
Kook eiers, omtrent 1 eier vir 2 toebroodjies
Dop eiers af,
Meng met mayonnaise, sout en peper
Skep dit op die broodjies
Tuna Mayonnaise
1 blikkie tuna,
meng met mayonnaise
en skep op broodjies
Peter Thomas
Vir 'n vinnige ligte
ete, rooster 'n sny brood (twee is beter)
Maak yskas oop en pak enigiets wat op brood kan kom daarop, bedek met lekker
dik sny kaas en plaas onder rooster of in mikrogolf tot die kaas gesmelt is.
Gooi dan genoeg Worcestersous oor en geniet!
Alida Visagie
Switserse oop
broodjies
Smeer vierkante of ronde rogbrood met gegeurde botter (voorstelle volg) en
met en van die voorgestelde deklae bo-op.
Geurbotter:Room 125g sagte botter met een van die volgende:
1. Mosterd: 10ml(2 teelepels) mosterdpoeier en 5 ml aangemaakte mosterd.
2. Piekels: 5 ml (1 teelepel) fyngekapte soet of suur piekels.
3. Rissie: 10ml(2 teelepels) fyngekapte ui, 10ml (2 teelepels) fyngekapte
groenrissie.
4. Tamatie: 10ml(2 teelepels) fyngekapte tamatie (pitte en vel verwyder),2
ml (1/2 teelepel)
gedroogde basiliekruid.
5. Knoffel: 1 fyngekapte huisie knoffel,10 ml (2 teelepels) gemaalde
pietersielie.
6. Ui: 10 ml (2 teelepels) gemaalde ui,2 ml (1/2 teelep) gedroogde roosmaryn.
Deklae:
1. Snytjies wit hoendervleis gegarneer met 'n wiggie tamatie of
groenrissiering, met 'n skyfie
gevulde olyf in die middel.
2. Rolletjie dun gesnyde Franse polonie met swart en groen olywe, vasgesteek
met 'n snoepstokkie.
3. Dun snytjie hoenderlewerpatee met 'n klein piekel bo-op.
4. Heel sardientjies met 'n skyfie suurlemoen en 'n snytjie hardgekookte eier.
5. Slaaiblare en aartappelslaai en snytjie agurkie bo-op.
6. Slaaiblare en skyfies tamatie en snytjies gevulde olyf bo-op.
7. Slaai met sny hardgekookte eier en rolletjies dun gesnyde kaas bo-op.
8. Room-of maaskaas met pynappelringe bo-op.
9. Skywe tamatie en kaaskrulle.
10. Sardientjies met tamatieskywe bo-op.
11. Skyfies salami met rou uieringe bo-op.
12. Lewerwors met roereiers en bros spekvleiskrulle bo-op.
Geniet dit!!!!!!
Lindi Briel
Vat twee snye rogbrood
Smeer met mayonnaise of botter en rooster liggies op riffelpan
Rangskik 'n paar roket kruieblare daarop
Strooi “smoked “ hoenderrepies daaroor
Asook ligte mayonnaise sousie met stukkies Brie/Camembert kaas
Rond af met ingelegde vy in suikerstroop aan die einde – halwe vy op elke
broodjie
Trix Erwee
Heerlike oopbroodjie!
Dié oopbroodjie is heerlik en mens kan dit aanpas vir verslankers deur
laevet/vetvry "smooth" maaskaas en laevet mayonnaise te gebruik - vir my
proe dit presies dieselfde!
1 Sny gesondheidsbrood (Pick n Pay verkoop die heerlikste "Low GI" broodjie)
Smeer dik met roomkaas
Sprinkel bietjie sout/peper oor
Plaas dun skyfies tamatie en agurkies en/of avokado op die roomkaas (selfs
spruitjies is ook lekker!
Rol drie skyfies ham of salami of soutvleis of hoenderrol op en plaas op
broodjie
Drup mayonnaise oor die vleis en geniet! (Mens het beslis 'n mes en vurk
nodig!)
Phyllis Vorster
Gebruik brood na gelang hoeveel broodjies jy wil maak
Kaas
Tamatie
Ontbytspek
Melk
Sout en peper
Braai of kook ontbytspek tot gaar.
Rasper kaas en pak op broodjies. (Ek hou van baie kaas)
Pak nou gebraaide spek bo-op kaas en dan die tamatie.
Sny die broodjies in die helfte en pak die broodjies in 'n bak
Klits eiers, bietjie melk en sout en peper en gooi oor die broodjies.
Beweeg die broodjies so bietjie rond sodat die mengsel intrek.
Jy kan die broodjies omdraai sodat dit ook aan die anderkant intrek.
Ek gebruik so twee of drie eiers vir n dubbel broodjie.
Sit dan die broodjies in die oond of in die mikrogolf
Eet warm of koud.
Xena se Broodjie
Sny brood (redelik dik)
gerasperde kaas
eier
botter
sout
peper.
Jy smeer die brood botter aan albei kante, sny 'n gaatjie in die middel so
groot soos 'n "cup cake" se omtrek.
Jy braai die brood liggies aan albei kante. Terwyl dit in die pan is breek jy
die eier in die gaatjie in en as die eier amper
gaar is soos jy daarvan hou (jy kan die brood omdraai ook as die eier gestol
het), dan gooi jy die gerasperde kaas bo-oor en laat smelt. Sout en peper na
smaak.
Bernadet Botes
Ons maak altyd broodjies van:
Sit ‘n paar repies gaar spek op 'n oop gesmeerde broodjie
Rasper kaas daar bo-oor en bak in die oond tot kaas gesmelt het
Smeer appelkooskonfyt op ‘n oop broodjie
Sit gebakte eier en gaar spek daarop
Sit Smeerkaas op die toebroodjie en
Breek Lays sweet-chilli skyfies daaroor
Brood en sous
(gravy)
As vroulief 'n lekker
sousie by die vleis of gebakte aartappels gemaak het, sorg ek altyd dat ek 'n
sny gebotterde brood byderhand het. Die sny brood met sous oor is dan my "poering"
- Njammies
Marieta Nieman
Meng die volgende:
Fyn gerasperde wortel
1 Ui fyn gekap
Groenrissie fyn gesny (hoeveelheid na smaak)
Gekapte tamatie (opsioneel)
Smeer snye brood met botter en Marmite
Plaas mengsel op die gesmeerde brood en rasper kaas bo-oor.
Rooster in oond tot kaas gesmelt is.
Sonet van Heerden
Eierbrood met kerrievis
2 Snytjies brood, nie heeltemal deurgesny nie
Eier – geklits met knippie sout en peper
Kerrievis (geblik)
Tamatie en pietersielie
Doop die buitekante van broodjie in geklitste eier ( of net aan die een kant
van elke sny indien jy reeds gesnyde brood gekoop het)
Braai in olie tot mooi bruin
Sit jou fyngemaakte kerrievisvulsel tussen die twee snytjies brood
Plaas ’n skyfie tamatie en pietersielie bo-op broodjie af te rond, jy kan
selfs 'n paar Simba skyfies saam met jou broodjie bedien – Hierdie broodjie
is baie vullend, maklik om te maak en kan voorgesit word vir daai
onverwagte kuiergaste.
Wilma du Plessis
Neem ‘n franse brood (die lang dun een) en sny oop aan die bokant maar nie
dwarsdeur nie. Die brood staan dan nog mooi en kantel nie om nie. Smeer met
botter en begin dan aan die eenkant pak met koue vleis, blaarslaai,
komkommer, kaas, tamatie, ens. Pak die hele lengte van die brood en bedruip
dan met sweet-chilli slaaisous. Elkeen sny dan vir homself ‘n stuk af soos
verlang. Om dit interessant te maak kan verskillende vulsels in een broodjie
gepak word. Hierdie kan ook voorgesit word as ‘n peuselhappie vir die lekker
rugbykyk dae wanneer die Blou Bulle speel.
Adri - Nylstroom
Peuselbroodjies- vinnig en maklik
Lang rolletjies,'French Bread' of gewone brood
Sny die rolletjies of brood in snye en plaas die volgende daarop: -
Bolaag #1
Rasper die volgende baie fyn - hoeveelhede na smaak - wortel, ui, agurkies.
Meng met mayonnaise en voeg bietjie kerriepoeier, sout en peper na smaak by.
Smeer bo-op broodskyfies en sprinkel bietjie kaas bo-oor.
Plaas onder die rooster element totdat die kaas borrel en goudbruin is.
*_*
Bolaag #2
Smeer toebroodjiesmeer (sandwich spread) bo-op en sprinkel bietjie kaas
bo-oor. Rooster tot goudbruin.
*_*
Bolaag #3
Plaas biltongskyfies bo-op die brood en sprinkel met kaas. Rooster tot
goudbruin.
*_*
Bolaag #4
Die immergewilde tamatie-en-kaas roosterbroodjie, maar sprinkel bietjie 'Portugese
Chicken Spice' of 'Cajun Spice'
bo-oor die tamatie voordat jy die kaas oorstrooi. Regtig NJAMMIES.
Sop-Brood beskuitjies
Een brood klaar gesny
Pakkie uiesop (Ek het verskeie ander soppoeiers gebruik en almal werk soos
'n droom.)
Botter/ Margarine
Meng soppoeier met botter saam en smeer op snye brood. Moenie te veel botter
gebruik nie. Sny elke sny in drie repe. Pak in die oond soos jy met beskuit
sal doen. Droog soos beskuit.
Dit kan vir kinders gegee word i.p.v lekkers.
Ek gebruik dagoud brood. Sny dikkerige snye, sny snye in drie en smeer
botter mengsel reg rondom. Droog in mikrogolf op bord teen een minuut op
slag tot droog/hard genoeg.
Saterdagbrood (lekker ander dae ook)
Witbrood-verkieslik nie 'n vars brood nie
100g (110ml) botter/margarien by kamertemperatuur
150g (375ml) gerasperde chedderkaas
Twee groot geelwortels- geskil & gerasper
Een ui- geskil en gerasper
50-100ml fyn pietersielie of uiegras of preie
30ml suurlemoensap
Voorverhit oond tot 200º C. Behou die onderste kors van die brood en sny
die ander drie korse af. Sny die brood in agt snye, maar moet nie tot onder
regdeur sny nie, dit verhinder dat die brood uitmekaar val. Meng botter,
kaas, wortels, uie, pietersielie, uiegras of preie en suurlemoensap saam tot
goed gemeng. Smeer dik tussen die snye. Sny brood nou oorlangs tot amper
deur en smeer ook dik met die bottermengsel. Smeer die oorblywende mengsel
aan die bokant en sykante. Plaas die brood op 'n groot stuk aluminiumfoelie
en vou die rande sodat dit 'n entjie bo die brood uitstaan en die brood
stewig hou. Bak die brood 15-20 minute of totdat die vulsel in die brood
ingesmelt het en die oppervlak bros en goudkleurig is. Sit dadelik voor.
Alda van Rooyen
Tamatie Blatjang Braaibroodjie
Gebruik wit of bruin brood
Tamatie
Uie
Kaas
Tamatiesous en blatjang gemeng
Maak soos gewoonlik jou braaibroodjies maar in pleks van om sout en peper
oor jou tamatie en uie te gooi gooi mens bietjie van die tamatie en blatjang
sous oor dit is heerlik. Braai dan jou broodjies op die rooster soos
gewoonlik.
Nicolette Mandelstam
Tuna Seafood Mayonnaise
1 blikkie Tuna
Trim Mayonnaise (Seafood) om te meng
Ina Paarman se Honey Mustard Salad Dressing (vir 'n twist en sodat die
seafood mayo se smaak nie te sterk is nie)
Bietjie vars gemaalde swartpeper
Daar moet genoeg mayonnaise op wees sodat die mengsel baie "pap" is.
Dis heerlik!
Die heerlikste oop broodjie:
2 snytjies 'brown seed loaf' (een van die nuwe "Low GI" variante)
Blaarslaai (die rooierige soort, weet ongelukkig nie wat die naam is)
Kaas
Dun skyfies appel
Kan ook 'chunky cottage cheese' opsit.
Bessie Posthumus
Rooster eers die broodjies liggies in 'n pop up toaster.
Plaas 'n skyf ham of koue vleis daarop, dan 'n pynappelring en gerasperde
kaas. Rooster onder die oond element.
Rooster eers die broodjies liggies in 'n pop up toaster. Meng geblikte
sardientjies met klein bietjie worcestersous
en 'n klein bietjie tamatiesous, skep vleis op broodjie, dan kaas en rooster
onder die oond element.
|