(opgedra aan Hilda van 7de Laan!

 
 

 
 
 
  Ek besluit toe mos om 'n toebroodjie-resepteboek aanmekaar te slaan en vra toe vir bydraes. Ek was verbaas om te sien wat mense alles op hulle brood sit! Ek het altyd gedink dat Hilda van 7de Laan se soet-suur-sout-kombinasies weird was maar ek was nie voorbereid op wat ek gekry het nie, sjoe!!! Na dese sal toebroodjies nooit weer dieselfde wees nie. Die kombinasies hieronder is NIE wat ek in my verbeelding opgetower het nie, dis werklike idees van mense wat op my versoek gereageer het, so ek pleit onskuldig! Een ding is seker, toebroodjies sal nooit weer eentonig wees nie!

Wenk (1): Moet nie net lees en sê "JIG!!" nie, probeer van die kombinasies, dalk werk dit net!

Wenk (2): Probeer dit eers self voordat jy dit in manlief of die kinders se kosblikke sit!

 
 
 
  Toe ek op laerskool was het ek en een van my maatjies elke dag toebroodjies uitgeruil. Hulle het dit nie breed gehad nie en hy het elke dag met tuisgebakte brood, wat met varkvet gesmeer is en 'n bietjie peper op, by die skool aangekom.  Ek het  winkelbrood met kaas en konfyt gehad. Ons het uitgeruil en elkeen het soos 'n koning geëet!!  
 
 
  Ek het in my laai by die werk altyd 'n groot pak Simba tipe skyfies gehad. As dit dan tyd word om my toebroodjies te eet, het ek die toebroodjie oopgemaak en 'n laag skyfies opgepak en weer toegemaak. Dit kikker sommer enige toebroodjie op!  
 
 
  Hieronder is toebroodjie-idees, by brood en botter voeg jy by:

Piesang met kaneelsuiker

Grondboontjiebotter en kaas

Kaas en tamatiesous

Grondboontjiebotter en spek (bacon)

Ham, mayonnaise, tamatie, slaaiblaar en sesam saad

Grondboontjiebotter en heuning

Bruinbrood met avokado en gerasperde biltong bo-op

Vir 'n verandering, rooster die brood en maak dan toebroodjies

Oxo met tamatie en mayonnaise

Tamatie en uie met baie swartpeper

Ham of hoender met tamatie en mayonnaise

Grondboontjiebotter en seldery

Soutvleis en mosterd

Hardgekookte eier, tamatie, blaarslaai en ham of spek met mayonnaise

Roomkaas en konfyt

Grondboontjiebotter en malvalekkers

Grondboontjiebotter met gerasperde sjokolade

Bovril en kaas

Ham, kaas, tamatie en beetskywe

Tuna en mayonnaise

In Amerika het hulle 'n BLT toebroodjie, bacon, lettuce and tomato

Grondboontjiebotter en Marmite

Grondboontjiebotter en mayonnaise

Sardientjies met mosterd en uie

Sardientjies en fyngekapte uie goed gemeng

Botter en suiker op vars brood

Grondboontjiebotter met suiker

Grondboontjiebotter gemeng met stroop, maak ekstra aan en eet die wat oorbly

Brood en konfyt, strooi dan grondboontjies oor die konfyt en sit die ander sny brood bo-op

Grondboontjiebotter met uie

Varkvet met tamatie

Beet en kaas

Grondboontjiebotter met konfyt en piesang

Beet en kaas

Beet, hardgekookte eier en kaas

Vissmeer en konfyt

Aartappelslaai op brood

Mengsel van kapokaartappels, sardientjies en gerasperde kaas

Konfyt en mayonnaise

Botter, Mrs Ball's blatjang, gerasperde kaas en uieringe

Varkvet met stroop

Marmite, grondboontjiebotter en kaas

Piesang en mayonnaise

Piesang en Simba chips

Kaneelsuiker en stroop

Grondboontjiebotter met piesang en spek (bacon)

Vissmeer en mayonnaise

Beet en mayonnaise

Grondboontjiebotter en sardientjies

Vissmeer en aarbeikonfyt

Polonie en stroop

Gesnyde hardgekookte eier, kaas en Marmite

Marmite en avokado met peper en Aromat

Kweperkonfyt met tamatie, sout en peper

Grondboontjiebotter met sout en asyn skyfies (Simba of soortgelyk)

Piesang en Marmite

Grondboontjiebotter, piesang en Smarties

Vissmeer en atjar op bruinbrood

Lewersmeer, roomkaas en agurkies

Bovril en kaas op 'n broodrolletjie

Bovril en mayonnaise

Spek (bacon) en marmalade

Grondboontjiebotter, stroop, peper en Aromat

Marmite, roomkaas en heuning

Appelkooskonfyt, mayonnaise en sardientjies

Appelkooskonfyt, roereier, sout, peper, tamatiesous

Fyngemaakte sardientjies met kondensmelk

Fyngesnyde knoffel met gerasperde biltong

Grondboontjiebotter en slaaiblare

Grondboontjiebotter, kaas en konfyt

Kaiings op vars brood

Dadels met kaas

Slaaiblare en Marmite

Sardientjies met kondensmelk

Grondboontjiebotter, piesang en mayonnaise

Weense worsies en stroop

Oorskiet pampoen met kaneelsuiker

Beet en kerrievis

Marmite, stroop en roomkaas

Stywepap met knoffel en kaassmeer

Grondboontjiebotter met Marmite en mosterd

Simba skyfies met karamelkondensmelk

Tamatie, mayonnaise, sout en peper

Roomkaas, piesang en dadels

Marmite, kaas, konfyt en'n slaaiblaar

Marmite, kaas en slaaiblaar

Konfyt en vars, warm springmielies

Simba skyfies en mayonnaise

Sardientjies en kondensmelk

Grondboontjiebotter en tamatiesous

Beet en mayonnaise

Stroop en Milo

Botter en suiker

Bovril en grondboontjiebotter

Bovril en stroop

Pynappel en mayonnaise

Piesang en mayonnaise

Piesang en stroop

Room en stroop

Verkrummelde Flake sjokolade met sout-en-asyn Simba skyfies

Vissmeer en mosterd

Fritos en mayonnaise

Kaas en skyfies appel

Maalvleis met pynappel, piesang, klapper en blatjang

'n Ekstra lekkerte vir die kinders, vat 'n selderystokkie en vul die holte met grondboontjiebotter!

Gaan na jou kombuiskas en haal alles uit wat jy op brood kan sit. Begin met een sny brood. Smeer iets op, sit dan 'n sny bo op en smeer die volgende ding op, hou so aan tot jy so 7 of 8 snye opmekaar het, dan sny jy dit in snye (gewone sny brood- dikte) dan het jy 'n baie interessante reënboogbroodjie!

Botter en tamatiesous!

Grondboontjiebotter en tamatie

Roomkaas en pynappel

Grondboontjiebotter en mayonnaise op bruinbrood

Marmite, hardgekookte eier en mayonnaise

Room en appelkooskonfyt

Grondboontjiebotter, vanieljeroomys en Kelloggs Frosties bo-op, eet dadelik

Piesang en mayonnaise

Probeer die een, dis hoog aanbeveel: Lagie Simba skyfies, roomkaas en kondensmelk!

Grondboontjiebotter en komkommer

Tunavis en Simba skyfies

Ham, roomkaas en blatjang

Marmite en piesang

Oorskiet boontjies en blatjang. Noudat ek daaraan dink, amper alle oorskietkos is lekker in 'n toebroodjie, my gunsteling is
kapokaartappels en konfyt.

Oorskiet boerewors in skyfies gesny en appelkooskonfyt

Aartappelslaai en uie

Marmite en stroop

Biltong en kaas

Avokado en gerookte snoek

Bokkoms en druiwekonfyt

Komkommer en Marmite

Simba skyfies, mayonnaise en slaaiblaar

Piesang, kaas en blatjang

Grondboontjiebotter, tamatie, sout en peper

Grondboontjiebotter en piesang

Tamatiesous en mosterd

Bovril en stroop

Biltong en vla!

Boerewors en marmalade

Grondboontjie botter en “sandwich spread” op witbrood.

Vetkoek met gekookte kondensmelk en piesang

As jy al die bogenoemde probeer het, rooster die brood waarmee jy die toebroodjies gaan maak en begin weer van bo af!

Sien jy wat ek bedoel?? Probeer dit eers self voordat jy dit op jou mense se toebroodjies sit!


Cholesterol kaasbroodjies

!!NIE vir die Cholesterol leiers NIE!!

Een blok kaas (gewone blokkie Dairy belle Cheddar)
2 tot 3 eetlepels mayonnaise (Peri-naise is BAIE LEKKKKKKKKKKKKKER)
So 2 eetlepels margarien of regte plaasbotter is natuurlik BAIE lekkerder
1 x teelepel paprika (opsioneel)
2 eetlepels gekapte knoffel (ek koop sommer die klein bakkies – dis nie so sterk nie en baie gerieflik)
Genoeg Origanum
Sout (ek gebruik Aromat)
Swartpeper
En as jy wil so bietjie Tabasco – dit maak dit baie lekker en “bytig”

Meng alles saam – totdat dit so taai ‘n sagte bal is.
Neem groot klonte en plaas in broodrolleltjies (moenie skaam wees nie, dit moet baie “kaserig” wees, dit wat jy nie gebruik nie kan in elk geval gevries word. Dit maak gewoonlik so 6 -8 rolletjies. (of meer as jy nie ‘n gal-aanval verwelkom nie!)


Susan Varnfield

BROODJIESMEER
Neem 500g hoenderlewers en kook saam met 500g spek in water tot sag.
Maal fyn en voeg 'n blikkie geroomde sampioene by. Indien verkies kan Tobascosous, peper en/of sout of ander geurmiddels na smaak bygevoeg word.


EIERVULSEL
Meng hardgekookte eier wat fyngekap is, met gekookte slaaisous of mayonnaise.
Voeg sout en peper by na smaak

KAASVULSEL
Meng gerasperde kaas met aangemaakte mosterd en gekapte pietersielie en voeg sout en peper by na smaak.

EIER-KAASVULSEL
Meng gekapte, hardgekookte eiers met gerasperde kaas. Voeg slaaisous by om dit te bind en sout en peper na smaak.

SARDIENTJIEVULSEL
Meng fyngemaakte sardiens met die hardgekookte geel van eiers. Voeg suurlemoensap, sout en peper by na smaak. maak dit klam met gesmelte botter of olyfolie.

SALMVULSEL
Meng fyngemaakte salm met suurlemoensap en slaaisous en voeg sout en peper by na smaak.

HOENDERVULSEL
Meng gemaalde, gaar hoendervleis met gerasperde pynappel en voeg slaaisous, sout en peper by soos nodig.

TAMATIESOUSVULSEL
Meng gerasperde kaas met tamatiesous. Geur met uiesap soos nodig.

ROOMKAASVULSEL
Meng roomkaas met een van die volgende: gekapte, gevulde olywe, gekapte neute, gekapte pietersielie, gerasperde pynappel, gekapte rosyne, fyngekapte ham of hoendervleis, gekapte gemmerkonfyt

GRONDBOONTJIEBOTTERVULSEL
Maak grondboontjiebotter klam met slaaisous en meng dit met gekapte dadels, rosyne of droë vye.

KOMKOMMERVULSEL
Gekapte komkommer gemeng met slaaisous, sout en peper.


Janine

Tuna & Suikermielie broodjies

4 Volgraan broodrolletjies
1 Blikkie tuna
2 Hardgekookte eiers (fyn opgesny)
100g Geblikte Suikermieliepitte
30ml Franse slaaisous of mayonnaise
Aromat
10 Snytjies komkommer
Blaarslaai

1. Meng die tuna, eiers, mielies, slaaisous/mayonnaise en Aromat
2. Sny die rolletjies in die helfte smeer met margarien indien verkies. Plaas die blaarslaai en komkommer op en dan die
tunavulsel.


Antoinette le Roux

Hoender Gesondheidstoebroodjie

Gaar hoender – fyngesny
Maaskaas
Peppadews – fyn gekap - na smaak
Avokado – in dun skywe gesny

Meng hoender, maaskaas en gekapte peppadews.
Plaas op ’n snytjie varsgebakte gesondheidsbrood.
Plaas skywe avokadopeer bo-op. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swart peper.
Heerlik !


Ria Buytendorp

TOEBROODJIESMERE

PROTEïNE
Kaas & kaassmere
Neute, grondboontjiebotter
Kouevleise, wieners
Eiers
Boontjies
Hoender, vis, vleis
Tunaslaai

Proteïnsmere

Kaas - - gerasper of gesny met fyn gekapte grondboontjies, vars uie, blatjang of konfyt
Grondboontjies - - Fyn grondboontjies (in pakkies) met rosyntjies gemeng in maaskaas
Grondboontjiebotter en stroop
Grondboontjiebotter met piesang skyfies of appelskyfies of rosyntjies
Boontjies - - (in tamatiesous) of gemengde boontjies, fyn gedruk, net so, of gemeng met kouevleis, maalvleis, gekapte uie
Hoender - - in skywe gesny of fyn gepluis met tamatie, blaarslaai of mayonnaise
Eiers - - hardgekook en fyn gedruk met mayonnaise, uie, seldery, fyn blaarslaai, wortel, fyn grondboontjies.
Vis - - meng met bietjie mayonnaise, seldery, meeste groente.
Tuna, sardyne (met of sonder tamatiesous), met mayonnaise en 'n bietjie suurlemoensap.
Advokadopeer - - fyn gedruk met fyn aartappel skyfies. Dit is njammies
Vleis - - alle soorte, gebak, gekook, bees, vark, hoender, skaap. Sny/kap fyn en meng met vrugte, groente, en'n bietjie blatjang
Lewer - - fyngemaak en meng met fyn eiers, uie en mayonnaise.
Kouevleis met bietjie smeermosterd. Ook met tamatie, blaarslaai en mayo.
Plastiese houertjies met - - stukkies hoendervleis, kouevleis, hard gekookte eiers, seldery, suurtjies (pickles), strokies kaas
Groenslaai - - met stukkies vleis, kaas op broodrolletjies.
Pizzaskyfies, vetkoek met maalvleis, skyfies kaas, yoghurt met vrugte of groente, rou groente (wortels, blaarslaai, komkommer, gherkins, klein tamaties, tamatieskyfies, ens), vrugte van alle soorte
Fyngekapte eier met/sonder mayonnaise
Sardiens, salm- of tunaslaai met blaarslaai
Switserse/Chedder/Soetmelkkaas en blaarslaai
Gevlokte gebakte vis met pietersielie en tamatiesous
Grondboontjiebotter en piesang
Roereiers met blaarslaai
Dun gesnyde hoender met blaarslaai
Chedderkaas met uitgeloopte boontjies
Fyn ham en blaarslaai
Marmite
Marmite en kaas
Indien verkies kan tamatie ook saam met blaarslaai opgesit word


Carin Pienaar

As jy by die see kamp is 'n heerlike toebroodjie met vis/snoek wat oor is van die vorige aand met bietjie mayonnaise gemeng, van die bestes.

As jy fyn wildsvleis het (wat van die bene afgekook is), maak dit  'n lekker broodjie met 'sweet chilli sauce' by of van watter geur jy van hou.


Wilna Rocher

Eier broodjie

Kook eiers, omtrent 1 eier vir 2 toebroodjies
Dop eiers af,
Meng met mayonaise, sout en peper
Skep dit op die broodjies

Tuna Mayonaise

1 blikkie tuna
Meng met mayonaise en skep op broodjies


Carin Pienaar

Hier is 'n wilde toebie-mengsel (klink na 7e laan s'n) het dit gister geëet (MAAR ek hou van knoffel!!)
1 Avo, maak fyn, gooi 1teelepel "crushed" knoffel by, stukkie feta (na smaak) met geursel Aromat, peper, suurlemoensap.
Baie lekker vir my gewees!


Tanja van Papendorp

Ciabata met ham, kaas, pynappel stukkies, mushroom en mayonnaise! Baie yumm!!


Wors en Marmite Rolletjies

8 snye dungesnyde brood
10g margarien
5ml Marmite
8 weense worsies

Verwyder korsies van brood. Rol snye brood plat aan kante met deegroller. Smeer dun met margarien. Smeer ‘n dun lagie Marmite oor. Rol elke sny om worsies. Sny rande netjies en verdeel elke rolletjie in drie dele. Steek vas met tandestokkies. Steek oop punte in lemoen en plaas op tafel.
Lewer 24 rolletjies.


Eiersmeer

250 g botter
3 hardgekookte eiers, fyngekap
halwe klein ui, fyngekap
25 ml pietersielie/grasui, fyngekap
1 ml sout
1 ml peper
Meng alles saam. Gebruik saam met skyfies ham of gerasperde kaas en/of tamatieskywe.


Kerrie-kaassmeer

200 g botter
25 ml matige kerriepoeier
350 ml gerasperde kaas
40 ml perskeblatjang
125 ml klapper
125 ml room, styfgeklits
Meng botter en kerriepoeier. Voeg kaas, blatjang en klapper by. Vou die bottermengsel by die room in. Smeer dit op soutbeskuitjies.


Snoek en eiersmeer

6 hardgekookte eiers
200 g gerookte, gevlokte snoek
125 ml room, styf geklits
50 ml gladde maaskaas
5 ml worcestersous
2 ml paprika
peper na smaak
Sny eiers in lengte deur en verwyder gele. Maak gele fyn en kap die eierwitte afsonderlik fyn. Meng die gele en witte en voeg die snoek by. Meng dit goed. Meng die res van die bestanddele by. Bêre die smeer in die yskas tot voor gebruik.


Kaassmeer vir soutbeskuitjies

1 k fyn gerasperde Cheddarkaas
50 ml mayonnaise
25 ml blatjang
25 ml pietersielie, fyngekap
25 ml gerasperde ui
2 ml Tabasco (opsioneel)
Meng alles saam en smeer dit op soutbeskuitjies.


Sardientjiesmeer

100 g botter/margarien
106 g sardientjies, gedreineer en fyngedruk
10 ml suurlemoensap
25 ml fyngerasperde ui
5 ml worcestersous
1 ml sout
1 ml peper
Meng alles deeglik saam.


Tunaroomsmeer

200 g tuna, dreineer + vlok
5 ml ansjovissous
200 ml mayonnaise
250 ml room, geklits
2 eierwitte, styfgeklits
20 soutbeskuitjies

Meng tuna met ansjovissous en mayonnaise tot glad en fyn. Vou die room by die styfgeklitste eierwitte in. Vou die roommengsel by die tunamengsel in. Skep dit op beskuitjies en verkoel dit voor bediening.


Doreen van der Walt

Heerlike toebroodjievulsels
'n Interessante soort brood maak gewone toebroodjies ekstra lekker. Probeer Ciabata of foccacia, rogbrood of
volgraanrolletjies.
Vars roket, songedroogde tamaties, kaas en ontpitte olywe.
Brosgebraaide spekvleis, uiemarmelade, brie en blaarslaai.
Ham, pikantrissies en mosterdmayonnaise.
Koue geroosterde hoender, knoffelmayonnaise en bronkors.
Tamatie, basielkruidblare en mozzarellaskywe.
Gerookte snoek of salm, skywe avokado, roomkaas of mayonnaise en slaaiblare.
Dun skyfies gebraaide filet, heelkorrelmosterd, roketblare, tamatie en gebraaide uie.
Dun skyfies skaapboud, hummus (kekerertjie-patee), tamatie en uie.
Kaas, olywe, basielblare en salami.
Dik skywe ham, perske- of mangoblatjang, edamkaas en blaarslaai.
Varkworsies, gebraaide uie, mosterdslaai en sterk tamatiesalsa


Juarita van Rooi

Vulsels vir Toebroodjies

- Fyngesnyde of gepluisde koue bees-, lams-, vark- of hoendervleis, aangeklam met slaaisous, aangemaakte mosterd of mosterdsous, blatjang of tamatiesous.
- Skyfies koue bees-, lams-, vark- of hoendervleis, gemarineeer in Franse slaaisous, saam met slaaibestanddele.
- Koue bobotie saam met blatjang en piesangskyfies.
- Gerasperde biltong, aangeklam met 'n bietjie aangemaakte mosterd.
- Skyfies biltong, gemarineer in Franse slaaisous.
- Ham en piesangskyfies, besprinkel met suurlemoensap.
- Gekapte Weense worsies, gemeng met aangemaakte mosterd en mayonnaise.
- Fyngekapte ham, gemeng met gekapte ingemaakte pynappel en mayonnaise.
- Lewerpatee en tamatie.
- Lewerpatee, gemeng met geroosterde spekvleisstukkies en gerasperde kaas, aangeklam met mayonnaise en bedek met blaarslaai.
- Gevlokte (of skyfies) oorskiethoender of kalkoen, komkommerskyfies en toebroodjiesmeer.(Gekrummelde bloukaas kan by toebroodjiesmeer gevoeg word.)
- Fyngekapte hoender, fyngekapte amandels en toebroodjiesmeer saam met blaarslaai.
- Dun skyfies frankfurters of boerewors saam met mosterd (sous of aangemaakte mosterd)
- Soutbeesvleis en agurkies, aangeklam met mayonnaise en gegeur met blatjang en gekapte grasui.


Anka Grobler

Eiervulsels:

Maak 125g botter sag en geur met die volgende:

-2 eiers, hard gekook en fyn gekap, 5ml ansjovissmeer; 20ml maaskaas; sout en peper
-2 eiers, hard gekook en fyn gekap; 25ml krummelrige maaskaas met grasui; suurlemoensap; sout en peper
-2 eiers, hard gekook en fyn gekap; 50ml avokado, fyn gemaak; 15ml joghurt; 5ml suurlemoensap; sout en peper
-3 eiers, hard gekook en fyn gekap; 30ml blatjang; 2ml aangemaakte mosterd; joghurt om aan te klam; sout en peper
-2 eiers, hard gekook, fyn gekap en gemeng met Enterprise ham-en-hoendersmeer; sout en peper
-3 eiers, hard gekook, fyn gekap en gemeng met 2 Enterprise-polonieskywe, fyn gekap; 25ml gerasperde ui; 10ml blatjang; 50ml joghurt; sout en peper
-2 eiers, hard gekook, fyn gekap; fyngerasperde kaas, dieselfde hoeveelheid as eiers; slaaisous om aan te klam; sout en peper
-2 eiers, hard gekook, fyn gekap; gerasperde kaas; paar droëboontjies en tamatie- of slaaisous en pietersielie
-2 eiers, hard gekook, fyn gekap gemeng met stukkies brosgebraaide spekvleis, en aangeklam met joghurt en slaaisous
-2 eiers, hard gekook, fyn gekap; tamatiesous; gerasperde uie en slaaisous
-2 eiers, hard gekook, fyn gekap; gerasperde kool of wortel; suurlemoensap; sout en peper; maaskaas of joghurt om aan te klam
-Roereiers en tamatie
-Roereiers en fyngekapte gebraaide spek en uie: gerasperde kaas
-Roereiers en Enterprise-polonie; gerasperde kaas
-Roereiers en “baked beans”; mayonnaise; suurlemoensap

Kaasvulsels:

-Gerasperde kaas en gekapte gesoute grondboontjies gemeng met ‘n bietjie gekapte ui en slaaisous
-Maaskaas vorm ‘n interessante, maklike smeerbare en voedsame vulsel saam met enige van die volgende: gemmerkonfyt, heuning, grondboontjiebotter, gekapte ui of piekels, tamatiesous, dik vleissous, vispasta, groente- of vleisekstrak, gemaalde vleis, gekapte eier of stukkies brosgebraaide spekvleis
-Maaskaas gemeng met gerasperde Cheddar-kaas, gekapte radyse, gekapte komkommer en mayonnaise
-Kaasskyfies en atjar, blatjang, peitersielie of seldery
-Gerasperde kaas en mayonnaise, Worcester – of tamatiesous
-Gerasperde kaas, gekapte ui en tamatie
-‘n Skyf kaas, koue vleis en aangemaakte mosterd
-Maas- of ander kaas, en stukkies brosgebraaide spekvleis
-Roomkaas gemeng met gekapte neute of gesoute grondbone en gekapte rosyne – suurlemoen- of lemoensap en – skil kan daarby gemeng word

Vleisvulsel:

-400g Enterprise gekookte ham, fyn gekap; 2 selderystingels, fyn gekap; 50ml piekeluie, fyn gekap; 100ml mayonnaise, sout en peper
-200g Enterprise vleisbrood, fyn gekap; 2 eiers, hard gekook en fyn gekap; 75ml agurkies, fyn gekap; 5ml mosterd, aangemaak
-200g Enterprise rooi of gerookte Weense worsies; 30ml blatjang; 2ml aangemaakte mosterd; mayonnaise om aan te klam; -sout en peper
-Koue bees-, skaap-, of hoendervleis, fyngesny en gemeng met slaaisous, aangemaakte mosterd, blatjang of tamatiesous
-Gemaalde gaar vleis gemeng met fyngedrukte oorskietgroente. Bros slaaiblare, wortelstokkies of selderystingels vorm ‘n lekker bros kontras met hierdie toebroodjies
-Gemaalde gaar vleis gemeng met slaaisous, tamatiesous, Worcestersous of gekapte piekels
-Fyngesnyde sout- of ander vleis, gemeng met ‘n bietjie fyngekapte ui, atjar of blatjang en tamatiesap
-Gemaalde gaar lewer, hoender of gebraaide spekvleis, gemeng met gerasperde kaas, gekapte pietersielie en rou tamaties
-Gemaalde ham gemeng met stukkies gaar pynappel en mayoinnaise
-Ham- en piesangskywe – sprinkel suurlemoensap oor
-Fyn biltong gemeng met ‘n bietjie aangemaakte mosterd, of vleisekstrak-en-bottermengsel
-Fyngedrukte tertappel en/of piekelkomkommer gemeng met fyngesnyde gaar vleis
-Gaar hoenderlewertjeis gemeng met gerasperde pynappel en/of gekapte neute
-Fyngemaakte Weense worsies gemeng met aangemaakte mosterd en mayonnaise
-Fyngemaakte soutbeesvleis (bully beef) gemeng met suurkomkommers en mayoinnaise of roomkaas. Sout, peper, mosterd na smaak
-Lewerpatee gemeng met brosgebraaide spek en gerasperde kaas- klam aan met mayonnaise en voeg kropslaai of pietersielie by.

Visvulsels:

-Gevlokte gaar vis gemeng met fyngekapte komkommer en tamatiesous
-Salm, skelvis of ander verwerkte vis, gemeng met gekapte hardgekookte eier, piekels en slaaisous
-Fyngedrukte sardientjies gemeng met suurlemoensap en ‘n knippie rooipeper – hardgekookte eierskywe kan bygevoeg word
-Fyngedrukte sardientjies gemeng met tamatiesap of – sous, en dik witsous
-Meng saggemaakte botter in vispasta en voeg gerasperde kaas en gekapte agurkies by
-Fyngedrukte oorskietgarnale of –kreef, gemeng met gerasperde suurappel, en aangeklam met mayonnaise – ‘n duur maar lekker vulsel

Peulvulsels:

-Meng gaar lensies en ‘n bietjie asyn met gebraaide ui en tamatie. Geur met sout of selderysout. Bring tot kookpunt en roer gerasperde kaas by. Laat afkoel. Die vulsel sal ‘n hele paar dae in die koelkas hou
-Meng fyngemaakte gaar droëboontjies met tamatie-, vleis- of slaaisous
-Meng gemaalde gaar droëboontjies met gekapte oorsietgroente of piekels en Worcester-, vleis- of tamatiesous
-Meng sousboontjies met gerasperde kaas en ‘n bietjie Worcestersous

Groente- en vrugtevulsel:

-Oorskietgroente gemeng met slaaisous of mayonnaise of maaskaas
-Gerasperde wortel, gekapte rou kool, gekapte seldery, gemeng met slaaisous en ‘n knippie paprika
-Gekapte rou kool of gerasperde wortels, gemeng met gerasperde kaas, gekapte rosyntjies of sultanas, en slaaisous
-Avokado, gerasperde ui en suurlemoensap
-Piesangskywe, suurlelmoensap en mayonnaise
-Gekapte rosyntjies en neute
-Fyngedrukte groenboontjies en gekapte neute
-Kerriegroenboontjies gemeng met stukkies groenrissie en/of gebraaide spek of ham
-Klam gerasperde geelwortels met pynappel- of grenedallagegeurde jogurt aan, en sprinkel sonneblomsaad oor
-Gerasperde kool gemeng met fyngekapte ui en mayonnaise