Souskluitjies

5 eiers, geskei
5 el koekmeel
5 el suiker
5 k melk
Sout
Verhit ±4 k melk tot kookpunt. Klits eiergele en meng met meel, suiker, sout en orige melk tot glad. Roer stadig by kook melk. Meng goed om klonte te voorkom. Verlaag hitte en klits eierwitte styf. Verwyder van hitte en vou eierwitte by deegmengsel in. Skep lepels vol in bak en voeg oor elke laag kaneelsuiker en klontjies botter tussenin.

Liplekker trifle

1 wit rolkoek (swissrol)
blikkie vrugte (fruit cocktail/fruit salad)
neute van jou keuse
boksie vla (of tuisgemaakte afgekoelde vla)
soet wyn
groen en rooi jellie aangemaak en gestol (of enige ander kleur)
Sny rolkoek in skywe. Pak in bak. Gooi bietjie soetwyn oor die rolkoek asook van die vrugte en neute. Sit van die gekleurde jellie bo-op en gooi van die vla op. Pak lae op mekaar tot alles klaar is. Versier met vars room en plaas in yskas vir omtrent 'n uur. Geniet!


Goue genot
2 dik snye witbrood in repe gesny
1 e vanieljegeursel
1 k melk
2 e botter of margarien
2 e gouestroop
1 klein blikkie room
Week die brood in die geursel en melk. Smelt die botter en stroop in 'n pan en braai die broodrepe tot goudbruin, maar steeds sag. Sit warm voor met room.


Tien-minuut-poeding
1/3 k margarien
1/3 k appelkooskonfyt
1 t koeksoda
1 k meel
1 e asyn of droë wit wyn
Stroop
1 t gemaalde kaneel of gemmer
1 k suiker
3 k water
Langleweroom, vla of jogurt.
Kook stroopbestanddele in 'n kastrol wat minstens drie liter hou. Smelt margarien in 'n ander kastrol, voeg konfyt by en meng koeksoda by mengsel in. Haal van hitte, voeg meel en asyn/wyn by. Dompel lepels vol van mengsel in stroop. Prut vir tien minute met deksel op totdat dit dik, bruin en taai is. Sit voor met room, vla of jogurt.


Wilna Rocher

Ons kamp ook gereeld. Ek het 'n baie maklike tert wat ons nogal gereeld maak.

1 blikkie karamelkondensmelk
3-4 piesangs
pak tennisbeskuitjies

Meng die kondensmelk en piesang. Pak die tennisbeskuitjies in 'n bak, gooi die helfte van die kondensmelk en piesang mengsel op die beskuitjies, pak weer 'n laag beskuitjies en gooi die res van die mengsel bo-op.

Sit in yskas en laat stol, sit voor met room.

Dit is heerlik, ek sal alleen so 'n bak terk opeet.


Amanda Prinsloo

Mikrogolf sjokoladekoek

375 ml Strooisuiker
500 ml Meel
125 ml Kakao
Knippie Sout
15 ml Bakpoeier
Sif bg. bestanddele 3 X deur sif.
4 Ekstra groot eiers (geskei – wit styf geklop)
125 ml Sonneblomolie
5 ml Vanieljegeursel

Meng alles saam. Voeg 250 ml warm water laaste by vloeistofmengsel.
Voeg meelmengsel bietjie vir bietjie by vloeistof. Klop met klitser op laagste spoed.
Vou eierwitte by.
Gooi in 2 roomysbakke (baie goed met olie gesmeer).
Mikrogolf vir 12 – 14 minute by 70% krag. Halveer met garedraad en versier.
Meng pepermentsjokolade met versiersuiker vir bo-op.


Ek plaas die een maar onder nagereg en as dit werk gaan dit goedkoper as Cape Velvet of Amarula wees :-)

Tuisgemaakte "Cape Velvet"

375 – 500 ml brandewyn
1 blik kondensmelk
1 blik ingedampte melk
5ml vanilla essens
15ml kitskoffiekorrels – opgelos in klein bietjie water
500ml Cremora melk (maak aan volgens aanwysings op houer)
Meng alles saam en verkoel.


Danie - Egafrikaans

Koue Sagopoeding (Amanda Viljoen)

4 koppie melk.
1 koppie melk.
4 eiers.
1 koppie kookwater.
1 koppie sago.
1 koppie suiker.
1 p. jellie

Kook 4 koppies melk en sago saam. Meng orige melk, suiker en eiergele en voeg by sagomengsel.
Los jellie in kookwater op en voeg by mengsel.
Klop wit van eier styf en vou in. Plaas in yskas.

Malvalekkertert (Lorette Grové)
1 blik kondensmelk
1 blik "crushed" pynappels
1 pakkie tennis- of mariebeskuitjies
botter
Gesnipperde malvalekkers

Meng kondensmelk, pynappels en malvalekkers goed saam
Krummelkors van mariebeskuitjies of tennisbeskuitjies met ¼ botter
Giet mengsel bo-oor kors en plaas in yskas om te stol.


Danie - Egafrikaans

Ongekookte Vla (Celeste)

150 ml Vlapoeier
bietjie koue water
1 L kookwater
1 blik kondensmelk
10 ml vanielje essens
Gebruik water om die vlapoeier mee te meng tot 'n loperige pasta.
Gooi kookwater ook net nadat dit gekook het by en roer tot mengsel egalig is.
Gooi blik kondensmelk by en roer.
Voeg nou die essens by en meng goed.


Hester Henning

Gemmerpotjiepoeding

Sous
Gooi die volgende in ‘n groot kastrol:
3½ kop water
1¼ kop suiker
2 teelepels gemmer
Roer terwyl dit warm word tot suiker opgelos is en kook dan vir ‘n paar minute

Beslag
½ kop margarien
½ kop appelkooskonfyt
2 teel koeksoda
1½ kop koekmeel
knippie sout

Metode
Smelt margarien & konfyt saam
Haal van stoof af
Voeg koeksoda, sout & meel by
Meng deeglik
Skep teelepelsvol in kokende stroop
Sit plaat op laag en prut vir ± 20 minute
Bedien met dun vla of roomys

Variasies:
Voeg ‘n koppie gesnipperde dadels by die konfyt en margarien
Gemmer kan weggelaat word


Danie - Egafrikaans

Heerlike pannekoek
1 koppie meel
1 eier
¼ koppie olie
1 teelepel bakpoeier
2 koppies water
½ eetlepel asyn
Sout na smaak
1. Klits eiers en water saam. Sif meel, sout en bakpoeier saam, en voeg by. Voeg olie by.
2. Meng en bak. Dit is nie nodig om nog olie in die pan te gebruik nie - die olie is reeds in die beslag.
Geniet dit!!!


Danie - Egafrikaans

Gebakte piesangs
Kooktyd: 20 minute
Temperatuur: 375°F of 190°C
4 - 5 porsies
8 klein piesangs
40g botter
1 suurlemoen (sap)
3 eetl gekerfde klapper
3 eetl sagte bruinsuiker
3 eetl rum of van der Hum
1. Skil piesangs en, indien groot, halveer. Plaas langs mekaar in gebotterde vuurvaste bak sodat hulle styf teen mekaar lê. Sprinkel eweredig met suurlemoensap, dan klapper, daarna suiker en uiteindelik rum. Sit klontjies van oorblywende botter bo-op en bak in die middel van voorafverhitte oond.
2. Bak totdat piesangs sag is en die gereg bo-op `n diep goue kleur het.
3. Dien op met dun room.
4. Gooi ekstra eetlepel rum in 'n verhitte lepel, flambeer en dien piesangs brandend op.


Danie - Egafrikaans

Jogurttert
500 ml Jogurt (enige geur waarvan julle hou)
1 blik kondensmelk
1 pak Tennisbeskuitjies
Botter
1. Maak beskuitjies fyn vir kors en meng met gesmelte botter.
2. Meng Jogurt en kondensmelk goed.
3. Gooi oor kors en sit in mikrogolfoond vir 4 min. op hoog.
4. Sit in yskas vir ± 1½ uur.


Danie - Egafrikaans

Slaai/Nagereg

Hier is die heerlikste resep vir 'n slaai of nagereg [jy moet maar self besluit wat vir 'n ding dit is na jy dit klaar geëet het]
Bestanddele:
2 x 150g Malvalekkers.
1 Blikkie fyn pynappel ["crushed pineapple"]
175 ml grenadella joghurt.
Sny malvalekkers in kwarte. Meng al die bestanddele saam.
Laat staan oornag en geniet dit die volgende dag.
[Dit is net so bietjie lekkerder as heerlik]


Danie - Egafrikaans

Cremora tert
3 koppies Cremorapoeier.
1½ koppies kookwater.
1 blikkie kondensmelk.
halwe koppie suurlemoensap.
1 pakkie Tennisbeskuitjies.
1. Meng 3 koppies Cremorapoeier op 1½ koppie kookwater saam. Laat afkoel (sit in vrieskas verkieslik)
2. Klop met klitser tot styf.
3. Voeg die kondensmelk by en direk daarna suurlemoensap.
4. Skep in twee tertborde wat met tennisbeskuitjies uitgepak is.
5. Krummel van die beskuit wat oor is oor die tert.
5. Dit is beter as u 'n vierkantige bak gebruik. Verskillende lekkernye kan bo-oor gesit word.
Ek het hierdie gebruik as 'n nagereg vir 'n braai. Saam met die tert het ek spanspek gegee.


Gerda de Swardt
Halwe pere met joghurt en roomkaasvulsel

Jy kan die gereg voorsit as voorgereg of selfs ‘n nagereg.

Een blikkie halwe pere is genoeg vir 4 mense, so as jy meer mense onthaal, pas die resep aan.

Bestanddele

Een blikkie halwe pere
Een klein houertjie Bulgaarse joghurt of net gewone joghurt
Gewone of gladde roomkaas oftewel “smooth cream cheese”, nie die “chunky" of growwe soort nie.
Bloukaas
Fyngestampte Pecanneute
Rooi kersies of peppadew na keuse
Mint blare

Voorbereiding

Meng die bestanddele goed en skep met ‘n lepel op elke halwe peer. Skep genoeg op.

As jy wil kan jy so bietjie van die fyngekapte pecanneute bo-op strooi. Om dit so bietjie interressant te laat lyk en kleur te gee plaas een kersie of een peppadew op die mengsel bo-op elke peer en langs die kersie een of twee mint blare.

Sit dit voor en geniet.


Souskluitjies in 'n ysterpot

125g botter of margarien
60ml fyn appelkooskonfyt
12.5ml koeksoda
500ml koekmeelblom (gesif)
knypie sout
100ml melk
750ml kookwater
250ml suiker
5 ml vanieljegeursel
klontjie botter (ekstra)

Smelt botter en roer dan eers konfyt dan koeksoda by (mengsel bruis). Voeg meel en sout beurtelings met melk by. Plaas oorblywende bestanddele in ysterpot en laat opkook. Skep lepelsvol deeg in kokende vloeistof sodat hopies nie opmekaar lê nie. Sit deksel op en prut 25 minute lank.