Ontbyt

 

Vleisgeregte (ook vis)

 

Potjiekos

 

Brood ens.

 

Slaaie en bykosse

 

Vinnige happies

 

Groente disse

 

Nagereg

Ons hou daarvan om te gaan kampeer en soek gereeld na nuwe idees om kos voor te berei. Ek dag toe dat ek die eksperts vra, al daardie mense wat sulke lekker kos voorberei wanneer hulle gaan kamp. Ek vra toe in my nuusbriewe en ook op Danie se EgAfrikaans webwerf en daar kom die resepte in, sommer hope van hulle. Baie dankie aan almal wat bygedra het asook vir Danie wat toestemming verleen het dat ek van die resepte op
EgAfrikaans
kon gebruik, ek waardeer dit. Klik net op die skakels hier langsaan en gaan probeer van die resepte die volgende keer wanneer julle tent (of karavaan) opslaan. Ek het 'n paar mikrogolfresepte ook hier aangesien meeste karavane ook deesdae 'n mikrogolfoond in het.

Die voordeel van 'n eBoek is dat mens gereeld kan bylas, dus is die boek nog lank nie klaar nie. So as julle 'n lekker resep het wat nie hier verskyn nie, stuur dit asseblief vir my en ek sit dit by wanneer ek weer opdateer.

As julle die resepteboek nuttig vind, teken asseblief in op my nuusbrief (skakel hieronder)
en sommer op Danie se nuusbrief ook by
www.egafrikaans.co.za

Ek neem aan dat al die mense wat aan my resepte gestuur het die reg het om hulle te versprei
en dat ek geregtig is om hulle hier te gebruik.

Peter Thomas - peter@funkymunky.co.za
Teken in op my nuusbrief: klik hier