As daar nie grappe was nie, was die ou wêreld maar 'n vervelige plek. Leer maar hier en as jy onder uitkom behoort jy al heewat beter te voel!
Baie van die grappe hieronder kom van:
Van: http://skoongrappies.com

 

 
 

Die lollery met Lollie

'n Man neem sy vrolike en lewenslustige steekhaarbrak na die veearts en sê: ''Daar’s skort iets ernstigs met my jollie Lollie se spysvertering. Hy doen sy besigheid oral -- op ons vloere, matte, stoep, patio, grasperk, oprit, noem maar op. Dink u u kan iets vir hom doen?"

''Wel,'' sê die veearts, ''laat ons ’n bietjie kyk.'' En met dié tel hy die hond op sy tafel en druk hard op die dier se pens. Vreeslike knorre en gromme is skielik hoorbaar in ou jollie Lollie se ingewande.

''Ek is bevrees ek sal hom moet uitsit,'' sê die veearts, skynbaar meedoënloos.

''Net omdat hy ’n los maag het?'' vra die geskokte honde-eienaar.

''By die deur uitsit,'' sê die veearts. ''Jou jollie Lollie bollie op my tafel!''

WAARHEDE, NAARHEDE .....

Daar's twee soorte mense by 'n partytjie, die wat wil ry, en die wat wil bly.
En gewoonlik is hulle met mekaar getroud.

Al ooit opgelet hoe baie verliefdes met toe oë soen ?
Ongelukkig gebeur dit dikwels dat hulle ook so trou.

Daar's net 3 maniere om huistakies te verrig :
Soos 'n BEJAARDE : stadig.
Soos 'n VOLWASSENE : deeglik.
Soos 'n TIENER : glad nie.

Siekefondse is nes 'n hospitaaljurk : jy dink maar net jy's ten volle gedek.

Sommige vroue dink bikini's is onbehoorlike drag.
Ander het weer die figuur daarvoor.

Voor haar troue sweef 'n vrou in die wolke.
Na haar troue sit sy haar voet neer.

Vroue jok oor hul ouderdom.
Mans oor hul salaris.

Dis altyd die laaste sleutel aan die bos wat die deur oopsluit.

Jy weet jou dogter is besig om groot te word as sy stadig begin aantrek en vinnig geld bestee.

Snaakse ding 'n hoender. Dis al dier wat jy kan eet voor hy gebore word en na hy dood is.

'n Vrou se mond is nes 'n stukkende garagedeur.
Jy sukkel jou gedaan om hom toe te kry.

Meisies wat bril dra, kan net so aantreklik wees soos die wat nie bril dra nie.
Dit hang net van hul raamwerk af.

'n Skinderstorie is nes 'n eier - as hy eers uitgebroei het, kry hy vlerkies.

As 'n man rats spring om die motordeur vir 'n vrou oop te maak, kan jy maar weet dis of 'n nuwe vrou of 'n nuwe motor.

Piekniek is vir kinders ...en miere

Die vliegtuig het pas opgestyg. Een manlike passasier sit en byt sy vingernaels en vee heeltyd sweet van sy voorkop af. 'n Lugwaardin sien hom raak en sê: 'Meneer, kan ek vir u iets van die kroeg af kry om u te kalmeer?' Die man knik instemmend terwyl hy vreeslik bewe. Sy kom met 'n drankie en hy sluk dit haastig af. Tien minute later sien die lugwaardin dieselfde man erg bewe en sy naels byt. Sy bring hom nog 'n drankie wat hy ook haastig afsluk. 'n Halfuur
later merk sy op dat die man nog erger bewe en ook saggies huil. 'Ag siestog, Meneer,' sê die lugwaardin, ek het nog nooit iemand gesien wat so bang is om te vlieg nie!' 'Ek is nie bang om te vlieg nie', snik die man, 'ek probeer ophou drink!'

Kallie het met Mike gepraat omdat hy dikwels so dikvellig is. Mike het beloof om te verbeter. Nie lank daarna nie kry Mike dit gereël om by 'n meisie te gaan kuier. 'n Uur later is hy weer terug by Kallie. 'Hoekom is jy so vroeg terug?' wil Kallie weet, 'Was jy weer dikvellig en toe jaag sy jou weg?' 'Nee,' antwoord Mike, 'Ek was juis sensitief. Ons het net 'n rukkie gesit, toe begin sy van die ligte afskakel. Toe weet ek dis nou tyd vir my om te loop.'

Die Belg hoor hy is verplaas na Suid-Afrika en is baie ontsteld daaroor, want hy het gehoor van al die moorde, diefstal en skakings. Toe hy agterkom die ou wat langs hom in die kroeg sit, is 'n Suid-Afrikaner, vra hy hom dadelik uit. 'Nee, man, ou pel,' sê die Suid-Afrikaner, 'Suid-Afrika is 'n lekker plek om te bly. Jy kan
gratis vir jou 'n huis enige plek gaan opslaan, jy hoef nie te kan lees en skryf om matriek te slaag nie, en as jy jou werk verloor sluit jy aan by die ANC en word 'n parlementslid.' 'En,' vra die Belg, 'wat voor werk doe je?' 'O, ek?' sê die Suid-Afrikaner, 'Ek is die rear gunner op 'n broodafleweringswa.' 

Bloedige vergissing

'N MAN loop in die park waar hy 'n vrou op 'n bank sien sit met 'n hond wat langs haar lê. Hy is baie lief vir honde en wil die hond streel, maar eers vra hy haar: "Mevrou, byt jou hond?"
"Nee, my hond byt nie."
Die man vryf oor die hond se kop, maar die dier hap sy hand dat die bloed loop. Woedend skree hy vir die vrou: "Ek dog jy sê jou hond byt nie!"
"Hierdie hond,'' sê die vrou koel, ''is nie my hond nie."

Die Suid-Afrikaner en die sleehond

’N SUID-AFRIKAANSE toeris in Groenland wil graag die yswoestyn oorsteek met ’n slee wat deur ’n sterk sleehond getrek word. Hy huur dus ’n hond met ’n slee en die nodige toerusting, maar hy weet nie so reg hoe om die dier aan die loop te kry nie.

''Dis heel eenvoudig,'' sê die Eskimo wat alles aan hom verhuur het, ''praat net Eskimo-taal met die hond, meneer. As jy `Sjoe' sê, sal die hond begin loop en as jy `Sjoe-Ai Me 'Nsig Da Rem'' sê, sal hy hardloop dat hy bars.''

''En as ek wil hê hy moet stop?'' vra die Suid-Afrikaner.

''Dan sê jy bloot A Me ’N,'' antwoord die Eskimo.

Die hond staan ingespan voor die slee en wag, en die Suid-Afrikaner klim op die slee. ''Sjoe,'' sê hy, en die hond begin loop. ’n Entjie verder die yswoestyn in sê die man: ''Sjoe-Ai Me 'Nsig Da Rem'', en die hond laat waai oor die ys.

Skielik sien die man egter ’n reusagtige afgrond voor hom opdoem. En paniek pak hom beet. Hy het vergeet wat hy moet sê om die hond te laat stilstaan. Hy weet dat hy hom saam met die sleehond te pletter gaan val, en hy het nog net tyd vir ’n skietgebedjie. Aan die einde daarvan sê hy: ''Amen'' -- en wonder bo wonder, die sleehond gaan staan botstil. Vlak voor die rand van afgrond steek die dier in sy vier spore vas.

En die verligte Suid-Afrikaner vee die sweet van sy voorkop af en sê:''Sjoe! Ai, mensig, darem!''

Waarom behoort 'n vrou te begeer om in haar volgende lewe 'n beerwyfie te wees? Wel, as jy 'n beerwyfie is, VERWAG jou maat  van jou om knorrig te wees as jy wakker word, om hare op jou bene te hê en om vet aan jou lyf te hê...

Die vliegtuig van die Zimbabwiese lugredery is gereed om van die Harare-lughawe op te styg, maar kom nie sover nie. Die vlieenier laat die beheertoring weet: 'Ons kan nie opstyg nie. Daar lê 'n dooie bok op die einde van die aanloopbaan.' Beheertoring: 'Roger. Ons sal dadelik die caterers laat weet om die bok te kom verwyder.'


Die mens is die enigste dier wat sy kleintjies toelaat om terug te kom huis toe. - Bill Cosby

Die vrugteverkoper kom by die kar verby en sê: 'Perskes, perskes, lekka perskes. Net vyf rand vir die laanie.' Die ou in die kar sê: 'Is hulle soet?' Antwoord die vrugteverkoper: 'Ja Maneer, kyk hoe stil sit hulle!'

Die onderwyseres gee haar graad 5's 'n werkopdrag: Hulle moet hulle ouers vra om hulle 'n storie met 'n les aan die einde daarvan te vertel. Die volgende dag kom die kinders toe terug en begin een vir een hulle stories te vertel. Vinesh sê: 'My pa is 'n hoenderboer en ons het baie broeihenne. Eenkeer het ons die eiers in 'n mandjie op die kar se voorste sitplek gesit om dit mark
toe te vat. My pa slaan toe remme aan, die mandjie val om en al die eiers breek in die kar!' 'Mooi, Vinesh', sê die juffrou, 'wat is die les van die storie?' 'Moenie al jou eiers in een mandjie sit nie!' sê die trotse seuntjie. 'Baie goed,' sê die onderwyseres.
 Volgende is dit klein Sipho se beurt. 'Ons het nou-die-dag berg toe gestap en toe sien ons 'n muis wat uit sy gaatjie kom.' 'O?', vra die juffrou,
'En wat is die les van die storie?' 'Die berg het 'n muis gebaar, Juffrou!' sê Sipho. 'O, jaaa, dis seker waar,' sê die onderwyseres.
Volgende is dit klein Kosie se beurt. 'Juffrou, my pappie het my vertel van Antie Susanna wat verlede jaar op hulle plaas aangeval is. Toe sy hoor die alarm by die heiningdraad gaan af, toe besef sy hulle gaan die duur bottel brandewyn steel wat sy nou net op die dorp vir oom Koos as 'n present gekoop het. Toe drink sy gou die bottel leeg. Toe vat sy die haelgeweer, patrone en 'n vleismes en wag hulle by die deur in. Toe hulle inkom in die huis, skiet sy vier met die haelgeweer dood, steek twee dood met die kombuismes, en slaan die laaste een katswink met die vuis!' 'Oe, maar dis vreeslike storie!' roep die onderwyseres uit, 'Watter soort van les kry jou pappie uit so 'n aaklige storie?' Kosie antwoord: 'Bly ver weg van Antie Susanna as sy gesuip is!'

KLEIN KOOS moet tydens ’n tekenles op skool ’n hond teken wat besig is om hondebeskuitjies te vreet. Skaars het sy onderwyser hom egter die opdrag gegee, of Klein Koos sit tevrede agteroor en verkondig: ''So ja, ek is klaar.''
Die onnie kom kyk wat hy geteken het.
''Klein Koos,'' begin hy, ''maar ek sien dan geen hondebeskuitjies nie...''
Klein Koos: ''Dis omdat die hond hulle so gou opgevreet het, meneer.''
Onnie: ''En waar is die hond dan?''
Klein Koos: ''Hy’t weggehardloop toe hier niks meer kos vir hom was nie.''

Die Koei

Die Koei is n soogdieg. Hy is ook n huisdier. n koei is orrals. n koei het n baie fein reik - jy reik hom oor die jele plaas. Ageran die koei sit die stert. An die een kant van die stert sit die pint van die stert wat die kwas genoem word en an die anner kant sit die koei. Die koei gebruik die kwas om die fleije van haar weg te hou anners val hulle innie melk.Vooran die koei sit die kop. Daar groei die hoorings. Die kop hou ook die bek vas. Tissen die stert en die kop sit die koei.

Die koei is oorgetrek met n beesvel. ondean die koei hang die melk.
Om die melk te kry, maak jy die koei se bene vas. Die agterstes. Dan sit jy
onner die koei en trek die toutjie. Dan kom die melk. As die gras goed is, is die melk goed. As die gras sleg is is die melk sleg. As die donner-weer in die lug is is diei melk weg. As dit n ou koei is is die melk suur. Dit is baie goekoop om n koei aan te hou want jy gee hom net eenkeer kos, dan kou hy twee maal. Die man van die koei is die os. Dit lyk soos die koei maar daar hang net nie melk aan hom nie. Om os te se is nie n vloekwoord nie.
Verder weet ek niks. Behalwe dat as die koei baie stip na jou kyk, moet jy
padgee, want dan is dit n bul. 

Die plaaslike regter is 'n vrou wat geen nonsies vat ten opsigte van haar status nie. Eendag verskyn 'n ou dame voor haar as getuie.
Verskeie kere spreek die ou dame die regter aan as 'My Liefie'.
Uiteindelik kyk die regter die ou dame reguit in die oë en sê:
'Dis  My EDELAGBARE Liefie.'

'n Dominee moes een Sondag die diens op 'n verafgeleë plattelandse dorpie lei en ry toe reeds Saterdagmiddag deur en gaan by een van die ouderlinge tuis. Sondagoggend toe die gasvrou hom nooi om te kom aansit vir ontbyt bedank hy daarvoor en sê hy sal liefs nie ontbyt nuttig nie, want hy het ondervind dat
hy nie op 'n vol maag kan preek nie.
Die gasvrou gaan toe nie kerk toe nie ten einde 'n goeie middagmaal voor te berei. Toe haar seuntjie uit die kerk kom vra sy hom: 'Jannie, en hoe het die
dominee toe gepreek?' 'Ag Ma,' sê hy. 'Hy kon maar net sowel sy brekfis geëet het.'

Vyf blondines stap by 'n kroeg in, bestel 'n rondte drankies.
Hulle lig hulle glase en die een skree "op 51 dae" - die ander antwoord "51 dae".
Later bestel hulle nog 'n rondte, en na 'n ruk weer 'n rondte, en elke keer is dit "op 51 dae".
Die kroegman se nuuskierigheid raak te veel vir hom, en hy vra vir die 'hoofblondine' waaroor die 51 dae storie gaan.
Sy antwoord hom: "ons vyf het nou net 'n legkaart klaargebou. Op die boks staan 2 tot 4 jaar, maar ons is baie trots op onsself, want ons het hom in net 51 dae klaargebou !"

Een dag sien 'n man wat al vir tien jaar op 'n eiland gestrand is iets aankom op die horison. Hy kon nie uitmaak wat dit is nie tot daar op die ou end 'n ongelooflike mooi Blond uit die branders opstaan met 'n duikpak en al die toerusting.
Sy staan nader en vra " Wanneer laas het jy 'n sigaret gerook?" terwyl sy 'n pakkie Camel en 'n sakvlam uit 'n waterdigte sakkie van haar duikpak haal. "Tien jaar!" sê hy terwyl hy 'n sigaret aansteek en behaaglik stadig sy longe vol trek. "En wanneer laas het jy 'n goeie dop bourbon gedrink?" vra sy terwyl sy vir hom 'n glasie skink uit die botteltjie wat sy uit 'n ander sakkie haal. "Hemels - dit was tien jaar" sê hy terwyl hy die drankie stadig drink. Terwyl sy die rits van haar duikpak stadig oopmaak sê sy met 'n baie verleidelike stemmetjie ". . . En wanneer laas het jy 'n bietjie rondgespeel?" Terwyl hy van opgewondenheid op en af spring en sy hande vryf sê hy :
"Dis ongelooflik! moenie vir my sê jy het nog 'n golfstel ook daar iewers weggesteek nie!"

Ek is oortuig dat baie van ons graag die volgende sal wil doen:

Hiermee dien ek amptelik my bedanking as volwassene in. Ek het besluit om weer al die verantwoordelikhede van 'n agtjarige te aanvaar. Ek wil McDonald's toe en dink dat dit 'n 4 ster restaurant is. Ek wil weer stokkies oor 'n reën poeletjie laat seil en 'n sypaadjie pak met klippe en aan-aan speel. Ek wil weer dink dat Smarties beter as geld is want jy kan die goed eet. Ek wil op 'n warm somersdag onder 'n groot skaduboom lê en saam met my pellies lê en droom met 'n grassie innie kies. Ek wil weer terugkeer na 'n tyd toe die lewe eenvoudig was , jou kennis beperk was tot kleure, maal- en deel-tafels en Siembamba. Al wat jy geweet het was om gelukkig te wees want jy was salig onbewus van al die dinge wat jou moes ontstel of laat worrie soos vrypuisies byvoorbeeld. Ek wil weer dink dat die lewe goed en regverdig is, en dat almal eerlik en opreg is. Ek wil weerglo dat enigiets moontlik is. Ek wil salig
onbewus wees van die kompleksiteite van die lewe en weer opgewonde raak oor die klein goedjies in die lewe soos gekleurde popcorn. Ek wil weer eenvoudig lewe. Ek soek nie dae wat bestaan uit computers wat crash nie, berge papierwerk, nuus wat depres nie , hoe om meer dae in die maand te hanteer as wat daar geld in die bank is nie, doktersrekeninge, skinder, siektes, en die verlies van geliefdes. Ek wil weer glo in die krag van 'n glimlag, drukkies, 'n vriendelike woord, die Waarheid soos wat dit in die Begin bedoel was, regverdigheid, vrede, drome, die verbeelding, die mens sonder sy maskers en skuins motiewe, en sommer net modderkoekies bak. So . . hier is my tjekboek en my motorsleutels, my kredietkaartrekeninge en sommer die hele kaboedel wat soos grootmens lyk. Ek bedank offisiëel as volwassene. As jy hierdie saak nog verder wil uitpluis of wat ook al jou intensie is, moet jy my eers inhol, want........ ' Touch! Jy kan my nie vaaaang nie!! '

Dokter aan pasiënt wat baie slegte rokershoes het en ooglopende tekens van te veel drank toon: Hoeveel sigarette rook jy per dag?
Pasient: So 40 dokter. Dokter: Dink jy jy sal dit kan opstoot na 80 per dag? Pasient (wat gemeen het hy gaan aangespreek word oor sy 40):
Seker dokter, maar hoe dan so?
Dokter: Miskien val een van jou longe plat en dan is daar meer plek vir jou lewer!

Mike was net besig om aan die slaap te raak toe sy vrou hom wakker skud en sê die telefoon lui. As die telefoon so laat lui, sê sy, is dit sekerlik vir hom en nie vir haar nie en sy maak haar oë toe. Mike strompel uit die bed uit. Toe hy weer terugkom, is sy vrou al aan die slaap, maar sy word wakker. 'Dit was toe nie vir my nie', sê Mike. Sy vrou rol uit die bed uit en is al halfpad deur toe,
toe Mike byvoeg: 'Dit was die verkeerde nommer..'

Ou Rabbi Wolfson is die rabbi in 'n klein dorpie. Hy is besig om sy Sinagogeraad te smeek om 'n nuwe kandelaar vir die sinagoge te koop, maar sonder sukses. Ná 'n uur se mooipraat sit hy maar dikmond. Toe staan die voorsitter van die sinagogeraad op en sê:
'Waarom mors ons tyd met die geklets oor 'n kandelaar? Nie een van ons kan dit eens spel nie. Tweedens, nie een van ons kan dit speel nie. En derdens, wat ons EINTLIK in die sinagoge nodig het, is meer LIG!'

Daar bo innie Bosveld stap hasie eendag so deur die gras en kom op 'n borrel mampoer af wat in die son gelê het. Hy vat 'n paar slukke, ma' ie witblits skop hom so lat hy net daar uitpaas. Jakkals kom verby, sien vir hasie en die bottel, dog toe hy sal ook so sluk vat voor hy vir hasie eet. Maar die warm mampoer kap hom ook om. So lê die twee nou daar toe hiëna verby kom, hy kon sy geluk nie glo nie en drink ook aan die bottel; selle storie, val net daar neer, uit-gepaas. Leeu kom toe op die storie af, besluit hy eet nie aan jakkalse en hiëna's nie, en daarby is die haas te klein om eers oor te worrie. Hy vat toe maar 'n paar groot slukke en kort-voor-lank slaan hy ook neer. Met die begin hasie roer, sit regop met 'n hewige hoofpyn. Hy skud sy kop, trek sy ore reg en kyk toe so om hom. Toe sien hy hoe lê leeu, jakkals en hiëna uitgepaas om hom. Hy mompel: "Hel, smaak my mos ek raak aggressief as ek gesuip is!"

Vyf Duitsers in 'n Audi Quattro kom by die Italiaanse grens aan. Die Italiaanse grenswag stop hulle en sê aan hulle dat dit onwettig is om 5 mense in 'n Quattro te laai. 'Wat bedoel jy dat dit onwettig is?', vra die Duitse bestuurder. 'Quattro beteken vier', antwoord die Italiaanse grenswag. Die Duitser is kwaad en verbaas en sê: 'Dit is net die naam van die kar. Jy kan op sy papiere kyk - dit is ontwerp om vyf mense te vervoer!' 'Nee,' sê die Italianer, 'moenie my met daardie een probeer flous nie. Quattro beteken vier, jy het vyf mense in die kar, dus oortree jy die wet.' Die Duitser vra toe dat
die grenswag sy bevelvoerder moet roep, sodat hy eerder met 'n senior persoon kan praat. 'Jammer,' antwoord die grenswag, 'hy kan nie nou kom nie, hy is besig met die twee ouens in die Fiat Uno.'

Daar is nou 'n swart karaktertjie in die TV-animasieprogram Pokemon: Sy naam is Filemon

Wat noem jy 'n vrou wat 24 uur per dag weet waar haar man is? 'n Weduwee.

Vraag: Hoekom neem Kubaanse atlete nie aan roei-items deel nie?
Antwoord: Alle Kubane wat kan roei woon reeds in Amerika.

Daar's twee soorte mense by 'n partytjie, die wat wil ry, en die wat wil bly. En gewoonlik is hulle met mekaar
getroud.

Daar's net 3 maniere om huistakies te verrig :
Soos 'n BEJAARDE: stadig.
Soos 'n VOLWASSENE: deeglik.
Soos 'n TIENER: glad nie.

Die Ma ry met die twee kleintjies (3 en 5) in die kar. Die kinders is onhebbelik en sy raas en raas, maar hulle wil nie luister nie, wat nog van stilsit. Sy strip haarself en trek van die pad af, wiks die twee goed, sit hulle terug in die kar en sê: Nou wil ek nie weer 'n woord hoor nie.
Na so paar minute sê die seuntjie: "Mamma ek wil iets sê"
Sy sê: "Net vinnig, want jy is veronderstel om stil te bly" Sê hy: "Ek wil net vir Mamma sê, Jesus gaan hiervan hoor!"

Toe ek ses maande verwagtend was met my derde enetjie kom my driejarige ingeloop in die kamer toe ek net oppad stort toe is.
"Ma, jy is besig om vet te word" sê sy ondiplomaties. "Dis reg my skat maar jy moet onthou mamma het 'n babatjie wat in my maag groei" probeer ek skerm. "Ek weet," sê sy '' . . . maar wat groei in mamma se boude?"

Pieter wys sy seun hoe om die ritsluiter van die sweetpak toe te trek. "Die geheim is," sê hy " . . . is om eers seker te maak dat die hakkie van die een kant mooi in die ander pas!" Sy seuntjie kyk hom met 'n frons aan en vra "Hoekom moet dit 'n geheim wees?"

Dis Sondag en baie kerke gee deesdae mos spesifieke Sondae voor die gewone diens 'n kort kinderdiens. Die dag vertel dominee van Daniël en die leeukuil en al die kinders moet kom voor sit. Baie dramaties vertel die dominee:
"En die koning vat vir Daniël en GOOI hom in die leeukuil. !" Die kerk is tjoepstil en die een seuntjie het hom so ingeleef in die storie, hy haak kliphard af: "So 'n bliksem!"
[Die dominee het blykbaar so gelag hy kon nie verder preek nie.. Het een van die ouderlinge gevra om net af te sluit en na die tyd vir die ouers gevra om asseblief nie die kind pak te gee nie want hy was die enigste een wat regtig geluister het! ]

My vriendin het aan haar kinders die feite van die lewe probeer vertel toe sy haar derde enetjie verwag.
Sy sê toe dat pappa 'n saadjie in haar geplant het en dat die babatjie uit daardie saadjie groei.
Met 'n vraagteken op haar voorkop vra die vyfjarige "Toe pappa my saadjie geplant het - was my gesig op die pakkie saadjies?"

Die skoolinspekteur doen inspeksie, nog in die vorige tyd. Die hele skool is in rep-en-roer en al die onderysers is kwaai senuweeagtig. Die inspekteur gaan toe die oggend na sy eerste klas en dis 'n bybelkunde les. Almal spring op en "Môre meneer!" hom en die juffrou hou gespanne verder klas. Die inspekteur vra na 'n rukkie of hy maar 'n vragie kan vra. "Ja," sê die juffrou.
'Wie het Jericho se mure afgebreek?"
Doodse stilte begroet hom behalwe een seuntjie, wat vrek benoud lyk. "Ja boetie?"
"Meneer ek weet nie, ma' ek belowe meneer dit was'ie ek of my boetie nie!"
Ontstoke verskoon die inspekteur homself en is reguit na die hoof se kantoor. Die hoof sien dadelik die inspekteur is omgekrap. "Wat is fout meneer?"
Die inspekteur vertel die hoof wat het gebeur en wat die seuntjie gesê het.
"Mmm ..." sê die hoof, en bedink die situasie. "Meneer hier moet ek wragtag die mannetjie gelyk gee, ek ken sy ouers, hulle maak hulle kinners vreeslik eerlik groot. As die mannetjie sê dis nie hy nie, kan meneer hom maar glo, want dan was dit wragtag nie hy nie!!!"


Na baie jare se suinig leef en spaar het die man goeie nuus vir sy vrou.
"Liefling. Ons het uiteindelik genoeg geld om dit waarvoor ons in 1979 begin spaar het te koop."
" 'n Splinternuwe Mercedes!" roep sy vrou opgewonde uit.
"Nee. 'n 1979 Mercedes."

Olifant en Kameel
Olifant: "Kameel, hoekom is jou borste op jou rug?"
Kameel: "Dit is `n goeie vraag vir iemand wie se tottie tussen sy oë sit!!"

Hoe om vrouens te kies
Die manne het opgehou om ABSA bank meisies uit te neem: Today, Tomorrow, together.
Hulle neem nou Standard Bank meisies uit: Simpler, Better, Faster.

Definisie van 'n tiener
Wat is die definisie van 'n tiener? Iemand wat alles weet, behalwe hoe om eksamen te skryf.

Parasiet
Juffrou in die biologieklas: "Wie kan vir my sê wat is 'n parasiet?"
Jannie antwoord: "Juffrou dit is 'n meisiesfiets se saal.."

Dronkbestuur
Koos word gearresteer vir dronkbestuur deur 'n vroulike polisiebeampte.Sy noem dit vir hom dat enige iets wat hy sê teen hom gehou mag word.
Koos skree: "Tiete!"

Nou Minirokkie
Blondie staan en wag by 'n baie besige busstop.
Toe die bus uiteindelik opdaag, besef sy dat sy nie met haar baie nou minirokkie op die eerste trappie van die bus kan kom nie.
Sy glimlag verleë terwyl sy die rits van haar mini so bietjie aftrek agter haar rug.
Sy probeer weer maar met dieselfde resultate.
Weereens laat skiet sy haar rits so bietjie en probeer weer op die bus kom.
Die volgende oomblik vat 'n groot boerseun haar om die middeltjie en tel haar moeiteloos tot op die boonste trappie.
Vererg draai Blondie om en skree onsteld: "Hoe durf jy aan my liggaam raak - ek weet nie eers wie jy is nie!"
Die boerseun glimlag en sê: "Normaalweg sou ek met jou saamstem maar nadat jy my gulp tweekeer afgetrek het, het ek gedog ons is vriende!"

Blondine
Blondine sit vir 4 ure en kyk na haar huweliks sertifikaat.
Haar man vra wat sy doen en sy antwoord : "Ek soek na die vervaldatum!!"

Blonde epos
Die Brunet sien haar blonde buurvrou trippel elke vyf minute na haar posbus toe.
"Verwag jy 'n belangrike brief?" vra die Brunet.
"Nee," sê die Blondine, "maar my rekenaar hou aan sê ek het pos."

’n Ou omie lê in die hospitaal, op pad teater toe. ’n Jong, blonde verpleegster kom ingetrippel met sy mediese verslag in die een hand en ’n bakkie met skeergoed in die ander hand.
“Goeie môre, oom! Af met die broekie vir my!”
“Nou vir wat, nursie? Wat wil jy nou maak?”
Ek wil jou skeer, oupa, want ons gaan jou mos besny vandag,” antwoord sy geduldig.
“Nee man, ek is hier vir ’n oogoperasie!” gil die oupa verskrik.
Die nursie verloor haar humeur en spreek hom streng aan:
“Kyk oupa, ek het nie tyd vir nonsies nie, hier staan dit in jou verslag: Verwydering van die horingvlies.”

 
Seuntjie vra: Hoekom het tannie nooit getrou nie?
Ag, sê sy, ek het 'n papegaai, 'n hond en 'n kat.
Saam is hulle nes 'n man. Die papegaai vloek, die hond poep en die kat loop saans rond.

1. Hy het 'n oop bek soos 'n gaar vis.
2. Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op.
3. Hy is so maer, hy lyk soos 'n potlood met 'n handbriek.
4. Ek is nou so opgewonde soos ìn budgie op steroids!
5. Hy is so skelm, hy bid onder 'n skuilnaam.
6. 'n Lang gesig soos 'n bok wat afdraand vreet.
7. Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in.
8. Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig gehad het.
9. Ek is so de moer in, ek soen sommer 'n pofadder oopbek.
10. As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag.
 

Afwesigheidsbriefies
* Verskoon asseblief Lisa se afwesigheid. Sy was baie siek en die dokter het gesê sy moet dit afslaap, en toe het ek haar laat uitsit.
* Geagte Skool, Dawie was afwesigheid gewees op Maart 29, 30, 32, 32 en ook 33.
* Joylene was nie by die skool nie, want hulle het haar verstaantande geslaag.
* Verskoon asseblief vir Pierre, dis sy pa se skuld.
* Santie was nie by die skool nie, want ek is 'n enkelouer en was in die bed met Giep.
* Maryann was awesig van die 11e tot die 16e. Sy het 'n keel, 'n maag en 'n kop. Haar sussie ook. Daar moet iets aan die gang wees, want hulle pa was ook gisteraand warm.
* My dogter was gister afwesig, want sy was moeg. Sy was op 'n KJV kamp en het 'n rowwe naweek gehad.
* Sally wil liewers vandag na 'n begrafnis toe gaan.
* Jennifer was gister nie by die skool nie, want ons het gedink Maandag is Sondag.
* Vir wie ook al hierdie moet lees - Janco sal nie more skool toekom nie, hy en sy pa is op jag.
* Jan-Jan het nie sy huiswerk gedoen nie, nou dwing hy my om 'n verskoning uit te dink. U is sy klashoof, dink u liewers een uit. Ek het vyf kinders en 'n man en is op gedink.

'n Man is op reis en sy kar breek naby 'n monnikeklooster. Hy gaan na die monnikeklooster, klop aan die door, en sê, 'My kar het gebreek. Dink julle ek kan die nag oorbly?' Die monnike nooi hom vriendelik binne, gee hom kos en maak selfs sy kar reg. Toe die man aan die slaap wil raak, hoor hy 'n vreemde geluid. Die volgende oggend vra hy die monnike wat die geluid was, maar hulle sê, 'Ons kan jou nie sê nie. Jy is nie 'n monnik nie.'
Die man is teleurgesteld maar bedank hulle in elk geval en sit sy reis voort. 'n Paar jaar later ry hy weer daar verby en besluit om weer oor te bly want hy het mos nou vriende gemaak. Die monnike nooi hom in, gee hom kos en slaapplek. Daardie nag hoor hy weer dieselfde vreemde geluid wat hy die vorige keer gehoor het. Die
volgende oggend vra hy weer wat dit is, maar die monnike antwoord, 'Ons kan jou nie sê nie. Jy is nie 'n monnik nie.'
Die man sê, 'Als reg, als reg. Maar ek sterf van nuuskierigheid. Al moet ek 'n monnik word om uit te vind sal ek dit doen. Hoe word ek 'n monnik?' Uiteindelik doen die man 'n tienjaar-monnikekursus en word 'n volwaardige monnik. Na sy inlywing se die ander monnikke: 'Veels geluk. Jy is nou 'n monnik. Ons sal jou nou wys wat die bron van die geluid is.'
Die monnike lei die man na 'n houtdeur, waar die hoofmonnik sê, 'Die geluid is reg agter daardie deur.'
Die man probeer die deur oopmaak, maar die deur is gesluit. Hy sê, 'Mag ek die sleutel kry?'
Die monnike gee hom die sleutel, en hy maak die deur oop.
Agter die houtdeur is nog 'n deur gemaak van klip. Die man vra vir die sleutel van die klipdeur. Die monnike gee hom die sleutel, en hy maak oop dit, net om te vind daar is nog 'n staaldeur. Hy kry nog 'n sleutel van die monnike. So maak hy altesaam sewe deure oop. Toe hy die laaste deur oopmaak, is hy totaal verstom toe hy sien
wat eintlik die bron van die geluid is! Maar ek kan jou nie sê wat dit is nie, want jy is nie 'n monnik nie.

'Hierdie huis,' sê die eiendomsagent, 'het beide sy goeie punte en sy slegte punte. Om aan jou te wys dat ek eerlik is, gaan ek openlik daaroor wees. Die nadele is dat daar is 'n chemiese fabriek een blok suid is, en 'n abbatoir 'n blok noord.' 'Wat is die voordele?' vra die voornemende koper. 'Die voordeel is dat jy altyd kan sê in watter rigting die wind waai.'


Die aantreklike jong spraakterapeut vestig haar in die Kaap, waar sy 'n praktyk begin. Sy het 'n groepie hakkelende jong mans, maar maak nie eintlik vordering met hulle nie. Uiteindelik besluit sy om 'n ongewone eksperiment te probeer: Sy kom na die groepsessie met skamele klere aan. Sy beloof dat as enige van die jongmans in die groep vandag 'n sekere ding kan regkry, sy hom 'n Franse soen sal gee as beloning. Hy moet die dorp waar hy gebore is, se naam kan sê sonder om te hakkel. So gesê, so gemaak. Opgewonde probeer die eerste ou: 'K-k-k-k-k-Kaapstad!' en sink moedeloos op sy stoel neer. Die tweede ou staan op en sê: 'MmmmmmmMalmesbuRy!' en slaan moedeloos op sy heup. Die derde ou haal diep asem en sê: 'Durban!' 'Mooi!' sê die spraakterapeut en soen hom 'n volle minuut lank met oorgawe, soos sy beloof het. Toe sy klaar is, vra sy: 'En wat sê jy daarvan?' Waarop hy uitasem antwoord: '.....v-v-v-v-v-ville!'

Koos vat sy gesin Kaap toe vir 'n vakansie.
Jannie speel op die strand en maak maatjies met 'n kleurlingetjie.
Na hulle 'n rukkie gespeel het sê Jannie vir sy maatjie:
"Jy's seker 'n local, want ek sien jou voortanne is weg."
Die maatjie sien Jannie se draadjies en sê vir hom:
"En djy's seker van Gauteng?"
"Hoe't jy geweet?" vra Jannie.
"Want ek sien djy het burglar bars op djou tanne!"

'n Parlementariër aan die woord:
"Me. Speaker, die begroting vir die weermag se wapentuig beloop R250 miljoen.
70% van die weermagpersoneel het vigs.
Sal dit nie goedkoper wees as ons die mense bloot beveel om die vyand te byt nie?"

Eksamenflaters
1. Waarvoor word beesvelle gebruik? om die bees binne te hou
2. Wat is outobiografie? dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar
3. Noem 5 dinge wat melk bevat? kaas, botter en 3 koeie
4. Wat is die verlede tyd van eet? Honger
5. Wat is die verkleinwoord van Oupa? Kleinseun
6. Wat is die teenoorgestelde van kleinneef? kleinteef
7. Wat is die doel van die kies- en oogtande? die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk goed doen.
8. Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas... hoe groter haaspastei
9. Wat is die meervoud van kabeljou? kabeljulle
10. 'n Sin met "ter aarde bestel..." "Wie op ter aarde bestel so 'n groot koek?"
11. Formule vir 'n sirkel se omtrek: "paai straal kordaat"
12. Wat is teenoorstaande hoeke? Hoeke wat vir mekaar kyk
13. Waarom is die seun in die verhaal gestraf? Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.
14. Wat is 'n terminale siekte? As jy op die lughawe siek word!
15. Vertaal in Afrikaans: "I beg your pardon?" HuH?
16. Wat noem ons iemand wat velle looi? Onderwyser
17. Wat kry jy as jy jou melktande wissel? Pepermenttande

Die baas se wiskunde is nie te goed nie en hy vra sy blonde sekretaresse:
"As ek jou R5,5 miljoen min 17% gee, wat sal jy aftrek?
Sy: "Als meneer, my rok, skoene, bra en G-string – ALS!!"

Die twee ou skool pelle, Piet en Koos, loop mekaar raak na twintig jaar. "Haai, ou Piet, jy lyk goed man. Wat het jy met jou lewe gedoen na skool?" vra Koos.
"Nee," sê Piet, "ek het Tale gaan swot op Tukkies en het my Honneurs behaal. Daar het ek toe ook my vrou ontmoet. Sy skryf gedigte en prosa en het 'n Meestersgraad in Letterkunde. My seun is 'n konsertpianis in
Amerika vir die Amerikaanse Philharmoniese orkes en my dogter is die hoofballerina in London se balletgeselskap.... Julle moet een aand oorkom dan hou ons 'n kultuur-aand. En wat het jy met jou lewe gedoen,
Koos?"
"Nee," sê Koos, "ek was mos al op skool al 'n bietjie bakleierig en het toe na skool maar 'n bokser geword. Daar het ek ook my vrou ontmoet, die dogter van 'n promotor, en in daai tyd kon vrouens mos nie boks nie toe
begin sy met karate en sy het haar black belt gekry voor ons eerste kind. Ons seun het onlangs sy nasionale kleure gekry in stoei en my dogter verteenwoordig ons land in Judo.... Julle moet een aand oorkom dan moer ons julle."

Koos van der Merwe werk by 'n Dokter
Die Dokter sou die dag uitstedig wees en vra toe vir Koos om 'n ogie te hou oor die pasiënte.
Die volgende dag kom die Dokter terug en vra vir Koos hoe dit toe gegaan het met die pasiënte.
Koos sê daar was drie pasiënte wat hy gehelp het en die Dokter vra toe hoe hy hulle gehelp het en hy sê :
Die eerste pasiënt het ingekom met 'n lelike hoes en toe gee hy vir hom Benelyn vir die hoes.
Die tweede pasiënt het ingekom met 'n vreeslike alergie en toe gee hy vir hom Alergex.
Die Dokter was baie beindruk en vra wat van die derde een.
Nee, sê Koos daar het 'n dame ingekom, haar kaal uitgetrek en op die ondersoektafel gaan lê en vir hom gesê : "Ek het vier jaar laas 'n man gesien . "
"O Hel" sê die Dokter "En wat doen jy toe, Koos?"
"Nee", sê Koos "Toe gooi ek vir haar Eyegene in haar oë"!

Na ons grassnyer gebreek het en nie meer wou werk nie, het ek aanhoudend by my man geneul om dit te laat regmaak, maar om een of ander rede het die versoek nooit by hom ingesink nie. Ek dink toe aan ‘n oulike plan om my punt te maak. Toe my man daardie middag by die huis kom, kry hy my al sittende in die lang gras besig om die gras met ‘n naaldwerkskêrtjie af te knip. Hy het my so ‘n rukkie gestaan en kyk en is toe die huis in. Na ‘n paar minute
kom hy terug en gee my ‘n tandeborsel en sê dat as ek klaar is ek net sowel die oprit kan vee.
Die dokters sê hy sal leef maar dit sal ‘n lang tyd wees voor hy weer sal glimlag…
 

n Jongman, wat graag ‘n verjaardagpresent vir sy nooi wou koop, het sy suster saamgeneem, om hom te help om die regte persent te koop.
Sy kies toe ‘n paar handskoene wat hy vir sy meisie koop.
Die suster koop toe vir haarself ‘n paar broekies.
Die meisie in die winkel maak toe ‘n foutjie. Sy ruil die twee pakkies per abuis om. Die meisie kry toe die handskoene, en die arme ou, kry die broekies wat hy gaan pos met die briefie wat as volg lees.

Liefste Gertruitjie,
Ek stuur vir jou die brief en die persentjie, om jou te wys dat ek nie jou verjaarsdag vergeet het nie. Ek het gedink jy sal daarvan hou, want ek het gesien jy trek nooit sulke goed aan as ons uitgaan nie, en dit is nou koud in die aande.
Ek het die dame in die winkel dit laat aanpas, en sy lyk baie mooi daarmee. Sy het my ‘n paar gewys wat sy al twee jaar dra en dit makeer nog steeds niks. Ek wou eers die langes koop, maar my suster sê die kortes is beter, want dit is makliker om ‘n vinger in te kry. EK wens ek kon dit die eerste keer vir jou aantrek.
Truitjie, die meisie in die winkel sê, as jy dit uittrek, moet jy altyd bietjie daarin blaas, want dit sal ‘n bietjie klam wees van die sweet, en dit mag later onaangenaam ruik. Sy sê, sy gooi altyd bietjie lyfpoeier in hare wanneer sy dit uittrek.
Ek hoop jy sal daarvan hou.
Met Liefde.
Fanie. 

Man hardloop kaal in die bos. Twee olifante sien hom. Een sê:'
Kyk hoe maer is hy!' Die ander een sê: ' G'n wonder nie, kyk waarmee moet hy eet!'


Man vat sy siek vrou Dokter toe. Na die ondersoek sê die Dokter vir man, 'Ons het hier met 'n baie lelike ding te doen.'
Man sê: 'ek weet Dok, maar sy is regtig goed vir die kinders'.


Koos vry sy meisie, sy raak bietjie meegevoer en fluister in sy oor:
'Koos soen my op 'n lekker plek."
Koos sê: 'Nog nooit!, ek ry nie nou Loftus toe nie!"

Vir die ou hoesie in die kerk

Op 'n plattelandse dorp (Schlip) waar die inwoners hoofsaaklilk Afrikaans magtig is en gedurende 'n wintermaand toe verkoue erg in die omloop was, was die predikant baie omgekrap dat sy aandag gedurende
eredienste onderbreek word deur gemeentelede se hoesbuie.
Hy bespreek toe die probleem om 'n oplossing te vind met sy koster wat Engelssprekend is... seker die enigste in die dorp. Die koster gaan Koop toe 'n groot bottel hoesstroop by die apteek.
Die volgende Sondag as iemand hoes, staan die koster op en gaan gee vir die persoon 'n lepel hoesstroop in en sê vir hom iets in sy oor waarna Die persoon opstaan en uit loop. So hou dit aan en die kerk is later byna
leeg.
Na die diens vra die dominee vir die koster wat hy dan vir die mense gesê het dat hy later vir 'n byna leë kerk moes preek.
Nee sê die koster, ek het net vir hulle gesê, "For cough".