|
Kompetisie
bekendstelling
Die deelnemers moet
weet waar, wanneer, hoe ens., hier is 'n voorbeeld van so 'n kennisgewing.
Potjiekos
Kompetisie
Datum: ????
Plek: ????
Tyd: Begin wanneer jy wil. Beoordeling geskied om 16h00
Inskrywing: By ????
Inskrywingsfooi: R ???
Sluitingsdatum vir inskrywings: ??
Reëls:
Potjies mag net op gas gemaak word a.g.v vuurmaakregulasies.
Die organiseerders verskaf gasbraaiers, ‘n vloer vir jou “area” , lopende
water, termometers, weggooibare borde en eetgerei.
Die deelnemer moet verskaf : die pot, alle bestanddele en kookgerei.
Die regulasies vereis ook dat alles vars gemaak word op die perseel. Niks
mag vooraf gemaak word en saamgebring word om op te warm nie.
Jy kan ook vereis dat alle potjies op kole gemaak word.(houtskool
toegelaat) Hout en houtskool word dan gewoonlik voorsien.
Daar kan ook gestipuleer word dat elke deelnemer 'n bykos moet maak, bv.
potbrood, roosterkoek, asbrood, stokbrood ens. Dit moet tydens die
kompetisie gemaak word.
Daar kan ook vereis word dat 'n voorgereg en/of nagereg ook berei word.
Geen van bogenoemde geregte mag vooraf voorberei word nie.
Elke span moet uit ??( 4 lede werk goed) lede bestaan waarvan een die
kaptein is.
Daar kan ook 'n vasgestelde tema wees soos bv. Om die bosveldvuur, op die
plaas ens. Dan moet die deelnemers hulle "area" versier volgens die tema
en daarvolgens ook beoordeel word. Die atmosfeer rondom die staanplek,
asook die algehele voorkoms, speel ‘n rol by beoordeling
Daar kan verskillende kategorieë wees, naamlik ‘n rooivleis-, pluimvee-,
wilds- en seekospotjie. Die beoordelaars sal ‘n wenner in elke kategorie,
asook ‘n algehele wenner, aanwys.
Beoordeling.
Beoordeelaars kan uit spanne (of 'n enkele persoon) bestaan wat elkeen 'n
lys het met kategorieë wat beoordeel word en daarvolgens punte toeken (bv.
uit 10 uit.) Die punte word dan bymekaar getel en die span met die meeste
punte is die wenner. As daar meer as een beoordelaar is, laat die spanne
lootjies trek vir 'n beoordeelaar, dan is dit regverdig. Drie
beoordeelaars per span is verkieslik vir wanneer daar nie ooreengestem kan
word oor puntetoekenning nie. 'n Tweederde meerderheid se punt staan.
Kategorieë kan wees:
Tema (oorspronklikheid en atmosfeer)
Voorkoms en netheid van "area"
Voorkoms van dis tydens opdiening
Oorspronklikheid en smaak van dis.
Oorspronklikheid en smaak van bykossee
Kies 'n wenner per kategorie en dan 'n algehele wenner!
Hierdie is net idees, en kan aangepas word na omstandighede.
Nog
beoordelingswenke:
1 OORSRONKLIKHEID -
10 PUNTE - KYK NA HOUT OF CARCOAL OP DIE GROND OF OP STANDER HOE
MEER PRIMITIEF HOE BETER.
2 OMGEWING - 10 PUNTE - IS DIE SPAN OF PERSOON AANGETREK VIR DIE
GELEENTYD, VOORSKOOT, HOED OF TEEDOEK OOR DIE SKOUER ENS.
3 TOEBEHORE - 10 PUNTE - HOUT LEPEL OF STAAL RAKKIE VER
SPESERYE ENS
4 EETGEREI - 10 PUNTE - HOE SKEP HY DIE KOS OP IS DIT VROU SE
BESTE BORDE OF IS DIT MARTHA SE BLIKBORD. POT KOS IS IN DIE VELD ONTHOU
PRIMITIEF.
5 DRINKGOED - 10 PUNTE - WYN, MOERKOFFIE OF KOELDRANK HOE BEDIEN HY
DIT WEER EENS BLIKKOPPIE, JY IS IN DIE BOS 10 PUNTE VIR MOER KOFFIE LANGS
DIE VUUR GEMAAK IN BLIK EMMER.
6 ALGEHELE PRENTJIE -10 PUNTE - HOE LYK SY STAL OF PLEK WAAR
HY DIE KOS BEREI.
7 VOORKOMS VAN POT - 10 PUNTE - IS DIE POT 'N MOER POT, IS
ALLES NET INGEMOER OF IS DIT MOOI IN LAE GEPAK.
8 SMAAK - 10 PUNTE - PROE, ONTHOU, VAT WATER SAAM, SPOEL JOU MOND
NA ELKE PROE.
9 PERSOONLIKHEID - 10 PUNTE - PRAAT DIE PERSOON MET JOU OOR DIE
POT, LAAT HY JOU TUIS VOEL, WIL JY SOMMER DAAR BLY EN SAAM EET OF IS HY
STIL EN NORS.
10 FAMILIE OF SPAN - 10 PUNTE - POT MAAK IS 'N SPANPOGING LEKKER
KUIER EN DRINK, IS ALMAL BETROKKE EN KUIER SAAM.
Die volgende is van
Deon Venter ontvang:
Ek het so tyd terug
vir ons kerk so kompitisie gereel. Dit was 'n groot sukses. Wat ek gedoen
het is dit:
1. Elke deelnemer betaal R20 om deel te neem, en hy moet sy eie bestandele
voorsien. Maar dan kan hy en sy gesin verniet eet. Die res van die
gemeente moes R20 betaal vir 'n bord kos.
2. Elkeen wat deelneem moet vooraf sê watter tipe potjie hy gaan maak. En
elkeen sorg self vir 'n tafeltjie wat mooi gedek moet word en eetgery vir
die beoordelaars. (dit moet verkieslik iemand buite die gemeente wees om
te voorkom dat iemand voor getrek word.) Ek het die voorsitter van ons
plaaslike radiostasie en sy vrou gekry.) Jy kan dalk voorstel dat elkeen
'n stukkie kaas op die tafel moet hê sodat die beoordelaars se smaak eers
ge-nutraliseer kan word.
Wat ons gedoen het, ons het 'n groot "bonfire" gereed gekry sodat die wat
wil kole gebruik dit daar kan skep. Ek het egter 'n keuse gegee dat hulle
ook mag gas gebruik.
3. Gee 'n tyd waarop die potjies begin moet word en 'n redelike tyd waarop
almal moet klaar wees. Ons het 11uur begin en het tyd gegee tot 5uur. Toe
is die potjies beoordeel.
4. Ons het punte gegee vir hoe die potjie gesmaak het en hoe die tafel
gelyk het. En ook vir die gasvryheid hoe die beoordelaar ontvang is.
5. Ons het gewerk op 'n skaal an 1-10 waar 1 swak is en 10 goed is.
6. Ek het natuurlik baie moeite gedoen en by winkels borge gekry vir pryse.
En ek het vir elke deelnemer 'n prys gegee. Jy kan self besluit wat jy wil
gee. Ons het vir die 1ste , 2de en 3de plekke 'n prys gegee en toe vir die
ander ook 'n prys maar ons het gesê dis nie in 'n volgorde van goed na
sleg nie.
7. Die dames van die gemeente het gereel vir rys of pap of wat julle ook
wil saam eet en elke gesin het hul eie koeldrank gebring.
|
|
|
1.
Each team must consist of two people.
2.
Any size 3-leg potjie can be used.
3.
All preparations must take place on the premises.
4.
Wood will be provided.
5.
The team must provide all equipment and utensils.
6.
One of the team members must be at the stand at all times.
7.
Teams must start between 09:00 and 09:30.
8.
Points
will be awarded for the stand, Main potjie, Side dish and/or pudding.
9.
Judging will take place through the day.
The final judging of the finished potjie
will be done at 12:30.
10.
The judges’ decision is final.
11.
Prizes will be presented at 18:00
|
|