| |
Jan Smuts-koekies
Hierdie koekies is genoem na Genl. Jan Smuts wat van 1919 tot 1924 en van
1939 tot 1948 die eerste minister van die Unie van Suid-Afrika was.
Die resep lewer 4 dosyn koekies. Volgens oorlewering was die koekies destyds
baie gewild onder Genl. Smuts se aanhangers terwyl hul politieke opponente
niks daarvan wou weet nie en net Hertzoggies gebak het.
Kors
400 g (750 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
250 g botter of margarien, by
kamertemperatuur
200 g (250 ml) suiker
2 eiers, geklits
Vulsel
125 g botter of margarien, by kamertemperatuur
125 g (150 ml) suiker
2 eiers, geklits
125 g (225 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
5 ml bakpoeier
100 ml fyn appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 190°C (375 F).
Smeer die holtes van kolwyntjiepanne, of bespuit hull met kleefwerende
middel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarien
met die vingertoppe hierin totdat die mengsel fyn gekrummel is. Voeg die
suiker by en meng. Voeg die eiers by en meng tot 'n deeg.
Rol die deeg sowat 3 mm dik uit op 'n meelbestrooide deegplank. Druk sirkels,
8 cm in deursnee, met 'n koekiedrukker uit. Voer die holtes van die
kolwyntjie panne met die deegsirkels uit.
Verroom die botter of margarien en die suiker saam. Voeg die eiers by en
meng. Sif die koekmeelblom en bak poeier saam en meng dit met die
eiermengsel.
Skep 2 ml van die appelkooskonfyt in elke korsie. Skep 'n lepelvol vulsel
daarop.
Bak die koekies 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak.
Keer hulle versigtig op 'n draadrak uit en laat afkoel.
Jan Ellis poeding
1 1/2 kop. bruismeel.
2 eiers.
2 eetl.appelkooskonfyt.
1/2 kop. melk.
1/2 kop. suiker.
1 teel. koeksoda.
2 eetl. sagte botter.
1/4 teel. sout.
Los koeksoda in melk op. Meng al die ander bestanddele. Roer melk en
koeksoda by en meng baie goed. Bak 30 minute in matige oond.
Stroop:
1 kop. kookwater.
1 kop. room.
1 teel. vanilla.
1 kop. botter.
1 kop. suiker.
Gooi alles in kastrol en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor poeding
wanneer dit uit die oond kom. Bedien warm of koud.
Generaal De la Rey's koek
Ons weet nou dat hy nie alleen die Boere gelei het nie, maar hy het ook van
koek gehou. Hier is die resep in oorspronklike teks:
1½ pond flour
1 lb. fyn wit suiker
½ bottel melk
5 yers (eiers)
½ lb. botter
1 koppi skoon deurgesnyde resyntjiis sonder pit
1 koppi skoon korente
½ koppi fyn siterskil (wat is siterskil??)
½ koppi fyn limoenskil
10 druppels amandel
10 druppels fannille essens
1½ télepel "Baking" poeier
½ koppi amandels dun gesny
Sif di flour en "Baking" poeier tesame. Klop di botter met di suiker tot
room dan di geel fan die yers een vir een daarby, dan di melk goed deurwerk.
Strooi die flour fyntjies in, dan di styfgeklopte wit fan di yers,
resyntjiis, siter skil, korente, limoenskil en amandels dun gesny, werk goed
deur, ten laaste di druppels.
Smeer 'n regte groot form, strooi krummels daarin en skut uit wat tefeul is.
Doet di deug daarin en bak in 'n warm oond fer 1½ uur tot 2 uur. Fersiir
eers met wit fersiirsel en as dit goed droog is, dan weer met fersiirsel wat
opgeklop is met 'n bitjie cochineal, maak rosiis of blomme daarop, De la
Rey's naam is ook mooi.
Patriot Koek (baie ou resep)
1¼ pond meel
1 pond fyn wit suiker
6 eiers
½ pond gesmelte botter
½ pond fyn gestampte amandels
½ teelepel kaneel
2 onse korente
½ bottel melk
½ teelepel soda
1 teelepel cream of tartar
1 teelepel fyn gestampte nartjieskil of 10 druppels lemoenolie
Klits die geel van die eiers goed, klop die suiker daarby, dan die gesmelte
botter, dan die melk met die soda daarin, voeg dan die meel by en roer goed
deur.voeg dan die amandels en korente, nartjieskil en cream of tartar by en
meng alles goed. Klop die eierwitte goed en meng dit by. Plaas in gesmeerde
pan en bak in matige oond vir 1½ tot 2 uur lank.
Patriot Poeding (baie ou resep)
6 eiers,
8 lepels meel,
1 koppie fyn wit suiker,
1 koppie melk,
1 koppie dikmelk,
2 lepels botter,
2 onse korente,
1 ons konfyt,
25 soet amandels
Kraak die amandels ensit dit in warm water sodat die velletjies los gaan,
klop die eiers goed, maak die botter so effentjies lou en klop by die eiers.
Voeg dan die suiker by en werk goed deur. Voeg dan die melk en dikmelk by ,
strooi die meel daaroor en roer dan goed. Werk die konfyt in die deeg in en
roer alles deeglik. Plaas in ‘n gesmeerde skottel en bak vir een uur. Sodra
die poedig gaar is, sny die amandels in middle of lengte deur en steek dit
mooi oral op die poeding.
Afrikanerbond Koek (ou resep)
1 ¼ pond meel
1 pond fyngestampte wit suiker
8 eiers
¼ pond botter
¼ pond korente
½ bottel melk
10 druppels amandelolie
1 teelepel soda
1 lepel brandewyn
Sit die soda in die melk. Klits die geel van die eiers goed., voeg dan
daarby die suiker, dan die gesmelte botter, korente en melk, dan die meel en
amandelolie en ten laaste die geklopte wit van die eiers en die lepel
brandewyn. Plaas in ‘n gesmeerde pan en bak in matige oond vir 1½ to 2 uur.
Boerewors
3 kg beesvleis of 2 kg bees en 1 kg varkvleis
15 ml fyn koljander
2 ml fyn naeltjies
2 ml gerasperde neutmuskaat
15 ml gedroogde tiemie
30 g fyn sout
5 ml peper
500 g spek in blokkies gesny
100 ml asyn
90 g derms (ongeveer) geweek in lou-warm water
Sny vleis in 50 mm blokke en meng met speserye en geurmiddels. Maal die
vleis. Voeg spek en asyn by en meng liggies maar deeglik. Stop derms, nie te
styf nie.
Voortrekker Poeding
1/2 lb. margarien (250 g)
2 eiers
4 eetlepels appelkooskonfyt
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
2 koppies suiker
3 koppies kookwater
2 teelepels gemaalde gemmer
2 teelepels koeksoda
Gooi suiker in 'n diep bakpan, voeg kookwater by en roer tot die suiker
opgelos is.
Room die margarien en konfyt, voeg meel, bakpoeier en gemmer, (saam gesif)
alternatief met geklitste eiers by. Voeg nou die koeksoda, opgelos in 'n
bietjie melk by. Voeg laaste van die melk by. Voeg lepelsvol van die mengsel
in die stroop en bak in 'n matige oond tot donkerbruin. Die poeding maak sy
eie sous, maar kan ook met vla of room geniet word.
President Steyn koek
240 g botter
210 ml strooisuiker
3 eiers, geskei
30 g fyn amandels
200 ml sultanas
30 g versuikerde lemoenskil, fyn gekerf
1 teelepel bakpoeier
2 koppies koekmeel
knippie sout
Klits botter en strooisuiker tot romerig. Klits eiergele goed. Voeg eiergele
by geklitste bottermengsel. Meng goed. Meng amandels, skil, sultanas en
rosyntjies en hou eenkant. Sif droë bestanddele saam en voeg by
bottermengsel. VVoeg vrugte by en meng goed. Vou styfgeklopte eierwitte in
en meng. Gooi helfte van beslag in goedgesmeerde, gevierde koekpan. Hou res
van beslag eenkant.
Meringue
1 eierwit
5 eetlepels suiker (62.5 ml)
knipie sout
1 ml amandelgeursel
125 ml klapper
125 ml gepelde amandels, gekap
Klits eierwit styf, voeg suiker, sout en geursel geleidelik by. Vou klapper
en amandels in.
Smeer meringuelaag op helfte van beslag reeds in die pan. Gooi die res van
die beslag bo oor en bak by 190ºC vir ongeveer 75 minute. Keer uit en laat
afkoel
Koningin's Poeding (ou resep)
1 lb broodkrummels, meng met geel van 4 eiers
3 lepels witsuiker
1 koppie melk
15 druppels lemoenessens
Meng alles goed. Bak in skottel tot mooi ligbruin. Haal uit en smeer
marmalade oor. Klop dan die wit van die 4 eiers tot skuim en sit bo op die
marmelade. Sit die poeding weer in die oond totdat dit styf is, nie bruin
nie.
Boere Soetkoekies
15 Koppies mee1
3/4 Koppie stroop
15 teelepels bakpoeier
6 1/2 Koppies suiker
1 teelepel kaneel .
1 teelepel neut
1/2 teelepel naeltjies
1 teelepel gemmer
6 eiers
1 1/3 pond (660 g) margarien
Meng die droë bestanddele, vryf margarien in. Voeg stroop en eiers by,
meng verder met melk tot 'n stywe deeg. Rol uit en druk af met
drukkertjies. Bak in oond 200°C tot ligbruin.
Ounooienspoeding
250 ml melk
250 ml dikmelk
125 ml koekmeel
250 ml suiker
25 ml botter
1 suurlemoenskil, gerasper
6 eiers, geskei
Voeg die melk en dikmelk by die gesmelte botter en meng. Sif die meel en
voeg suiker en skil by. Voeg meel by dikmelkmengsel en meng goed. Klits die
eiergele saam en voeg by melkmengsel. Klits die eierwitte goed styf en vou
dit in die melkmengsel. Bak by 180ºC tot goudbruin en gaar. Dien op met 'n
soetsous.
Ou Jonkmanspoeding
750 ml koekmeel
250 ml suiker
250 ml botter
5 ml gemmer
500 ml melk
5 ml koeksoda
25 ml appelkooskonfyt
125 ml korente
Room botter en suiker saam. Sif koekmeelblom en gemmer saam. Los koeksoda in
melk op. Voeg koekmeel en melk beurtelings by bottermengsel. Roer
appelkooskonfyt en korente by. Skep beslag in 'n vuurvaste oondskottel. Bak
vir 1 uur by 180ºC. Bedien warm
Soldaatpoeding
Neem ½ lb. niirfet, ½ lb. broodkrummels, ½ lb. klam suiker, di skil fan 'n
groot suurlimoen, kap di niirfet fyn, meng dit met di krummels en suiker,
kap di limoenskil en giit deur die sop, roper dit by die ander en meng baing
goed, sit di mixtuur in klyn koppiis, bak fer 20 minute, keer dit op 'n
skotel en gé limoensous daarby.
Stormjaers
875 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
5 ml sout
5 ml fyn gemmer
3 eiers
250 ml suiker
375 ml dikmelk of melk
500 ml pitlose rosyne
5 ml vanielje essens
olie vir diepvetbraai
Sif koekmeel, bakpoeier, suiker, gemmer en sout saam. Klits suiker en eiers
saam. Voeg melk by en klits goed. Voeg die droeë, gesifte bestanddele
geleidelik by en meng goed. Voeg die rosyne en geursel by. Verhit die olie
in die kastrol en voeg die beslag lepelsvol daarin. Dreineer en rol in 'n
suiker-en-kaneelmengsel. Bedien warm of koud
Victoria sponskoek
175 g bruismeel
175 g botter of margarien
175 g strooisuiker
3 eiers
30 ml melk
45 ml aarbeikonfyt
versiersuiker
Sif die meel. Klop die botter tot lig. Voeg suiker by en klop tot romerig.
Klits eiers en voeg bietjie vir bietjie by die mengsel, klop goed na elke
byvoeging. Vou 1/3 van die meel op 'n keer by die bottermengsel. Indien
nodig, voeg melk by. Skep in twee gesmeerde, uitgevoerde panne en bak by
180ºC vir 25 tot 30 minute. Haal uit, keer op rak uit, smeer een helfte met
aarbeikonfyt, plaas ander helfte bo op en sif versiersuiker bo op.
Generaal Smutskoekies
250 g botter
750 ml meelblom
250 ml suiker
10 ml bakpoeier
2 geklopte eiers
knippie sout
melk
fyn appelkooskonfyt
Bolaag:
50 ml suiker
50 ml botter
2 geklitste eiere
50 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
Klop suiker en botter tot romerig. Voeg eiers by en meng. Sif meel en
bakpoeier saam en voeg by eiermengsel en meng goed. Bedek konfyt met 5 ml
beslag
Vryf botter in meel. Voeg suiker, sout, bakpoeier en eiers by. Meng met melk
tot dit gerol kan word. Rol dun uit en sit in kolwyntjiepanne. Plaas een
teelepel appelkooskonfyt in elkeen. Bedek met die bolaag hierbo. Bak by
200ºC vir 10-15 minute.
Hertzoggies
1 k botter
3 k meelblom
1/2 t sout
3/4 k suiker
2 t bakpoeier
1 k klapper
1/2 k fyn suiker
4 eiers
Sif meelblom, sout en bakpoeier saam en voeg suiker by. Sny en vryf die
botter in. Meng met goedgeklopte eiergele sodat die deeg uitgerol kan word.
Druk af en voer klein vormpies hiermee uit. Plaas in elk 'n bietjie
appelkooskonfyt. Klop eierwitte droog, voer klapper en strooisuiker by. Sit
bietjie bo-oor konfyt Bak in warm oond 190 - 205 C tot gaar.
Paul Krugerkoek
500 g botter
625 ml bruinsuiker
10 eiers, geskei
750 g koekmeel
5 ml koeksoda
5 ml sout
5 ml kaneel
8 ml foelie
5 ml fyn naeltjies
5 ml gemengde speserye
300 ml brandewyn
2 ml amandelgeursel
500 g korente
250 g gemengde skil, gesnipper
Klop botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eiergele een vir een by en
meng goed na elke byvoeging. Sif droeë bestanddele saam. Voeg geursel by die
brandewyn. Voeg droë bestanddele om die beurt met brandewynmengsel by
bottermengsel. Skud korente en gemengde skil saam met 'n bietjie koekmeel in
'n sakkie. Voeg by mengsel. Meng goed. Klits die eierwitte styf en vou in.
Gooi in goedgesmeerde uitgevoerde pan. Sprinkel bietjie melk bo op om barste
te voorkom. Bak 2½ uur by 180ºC. Plaas bruin papier bo op koek nadat dit 1
uur lank gebak het.
Barones poeding
3/4 pond harde vet
3/4 pond rosuntjies
3/4 pond meel
1/2 bottel melk
knypie sout
Kap die niervet fyn, haal die pitjies
uit die rosyne en sny dit half deur. Meng die rosyntjies met die vet,
sout en meel en maak nat met die melk. Strooi meel op 'n poedingdoek, sit
die poeding daarin, sit in 'n pot kokende water, sit 'n bord in die pot
onder die poeding, kook 41/4 uur lank.
Konings poeding
3 onse botter
3 onse fyn wit suiker
3 onse broodkrummels
4 eiers
1 ons meel
3 onse rys
4 onse lemoemskil
4 onse korente
3 lepels appelkooskonfyt
Knypie sout
Was die rys, gooi in kokende water en
laat kook tot sag is, gooi die water af. Klop die botter tot room, sit die
suiker daarby, klop die eiers een vir een daarby, dan die meel en
broodkrummels en dan die rys, fyngekapte lemoenskil, korente en knypie sout.
Smeer 'n diep skottel met botter, sit die poeding daarin en sit die skottel
in 'n kastrol met kokende water, die skottel moet half onder water wees, met
hitte bo-op die potdeksel. Kook vir 11/2 uur, as gaar is, gooi uit op warm
skottel, smelt die konfyt en gooi oor.
Koningin's poeding
2 koppies broodkrummels
4 koppies melk
die geel van 4 eiers
3 lepels suiker
'n goeie lepel botter
konfyt
Meng alles goed deurmekaar, smeer 'n
skottel met botter, sit alles daarin, bak gaar en laat koud word. Smeer
konfyt daarop. Klop die wit van die eiers tot skuim, sit dit gelyk bo-op die
konfyt., sit weer in die oond tot dit mooi styf is.
Bruids koek
2 pond meel
1 pond fyn wit suiker
1 pond skoon korente
1 pond botter
6 eiers apart geklop
'n koppie lou melk
'n kelkie brandewyn
2 teelepels soda
1/4 telepel kaneel
10 fyn kruienaaltjies
'n teelepel nartjieskil
Klop die botter tot room, dan die
geel van die eiers, suiker en spesery alles goed saam. gooi dan die meel en
melk daarby dan die drooggeklopte wit van die eiers dan die korente en
laaste die soda, nat gemaak met 'n bietjie melk. Roer goeg, sit dadelik in
'n vorm en laat langsaam bak.
Koningin koekies
1/2 pond botter
1 pond meel
1/2 pond fyn wit suiker
1/2 pond korente
3 eiers
1 koppie room
1/2 teelepel lemoen essens
1 teelepel soda
Klop die botter, roer die meel in,
dan die room met die soda, dan die korente en die eiers goed geklop. Roer
alles goed deur en bak in klein vormpies vir 1/4 uur.
Tantes beskuitjies
11/2 pond meel
1 pond wit suiker
1 groot lepel botter
1 lwpwltjie fyn gemmer
1 lepeltjie fyn kaneel
1 hoë teelepel soda
Klop die eiers, roer die suiker in,
smelt die botter en voeg by eiers, dan al die ander bestanddele, voeg water
by tot dit styf genoeg is, rol uit en druk af met drukkertjies.
Oompies beskuitjies
2 pond meel
11/2 pond wit suiker
6 eiers
bietjie anys saad
teelepel vlugsout
Klop die eiers, roer die suiker by
met die anys, dan die vlugsout met die meel. Voeg water by indien nodig, rol
uit en druk af met drukkertjies
|
|