|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
Hier is sommer baie leesstof, so sit terug en geniet jouself.
Welkom ook A3!
Ek gaan verder
met die alfabet met die resepte, gaan kyk maar verder na onder na
Resepte.
Net om te laat
weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier
geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet
my, dalk haal ek dit af.
Ek het 'n verskeidenheid skrywers
wat bydraes lewer, gaan lees gerus ondertoe.
Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto, die minimum
boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis
heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n
kaartjie het nie!
Klik hier en droom Groot!
En onthou tog om
my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is
nou weer terug.
Ons gaan
gewoonlik Carnival City of Gold Reef City toe as ons wil gaan fliek,
uiteet of op die masjiene wil speel. Ek het egter 'n veel makliker
manier gekry om te speel, Silversands aanlyn casino! Doen dit
sommer van jou rekenaar af. Jy sluit aan, speel eers met speelgeld en
probeer dan die regte ding. Probeer gerus,
Klik hier
en geniet.
Ek het die artikel hieronder in
die verlede al gebruik, maar dit was onvolledig en sonder erkenning aan
die skrywer. Ek plaas hierdie besonderse artikwel dus weer, met haar
toestemming en erkenning aan haar. Dankie, Corlietha.
Alt in die hemelkoor
deur
© Corlietha Swart
Haar oë was groot en kinderlik-onskuldig met net ’n sweempie van die
ondraaglike pyn wat sy verduur toe sy vra: “Mamma, kan ek alt sing in
Liewe Jesus se hemelkoor? Juffrou Annalie sê ek is ’n alt, want ek kom
nie die hoë note van Stille Nag by nie.”
Ek het my vinnig weggedraai om kwansuis nuwe water in die vaas van die
pienk rose te tap en my trane het ongesiens in die wit hospitaalwasbak
gedrup toe ek met my rug na haar gekeer, sê: “Ek is seker Liewe Jesus
het nog vir jou ’n plekkie tussen die alte, liefie.” Toe ek ’n rukkie
later met droë oë omdraai, was sy vas aan die slaap, haar skraal handjie
beskermend om die lyfie van haar geliefde bruin teddiebeer.
Sy was ses jaar oud, my enigste kind en deurtrek van die kanker. Die
dokter het simpatiek verduidelik dat ek en my man ons in die loop van
die volgende week gereed moes hou vir die ergste. Hulle kon niks meer
vir haar doen nie. Sy kon huis toe gaan vir Kersfees. Dit was immers
Desembermaand. Vreugdemaand, ’n maand vir samesyn. ‘n Kind word gebore;
my kind is sterwend...
Haar laaste wens was dat sy vir oulaas ’n dag by haar
kleuterklasmaatjies wou gaan speel. Juffrou Annalie het reeds op ’n mooi,
taktvolle manier aan die kleutertjies vertel dat hulle nog net een keer
met Jaminda kon speel en dat sy daarna moes weggaan om by Liewe Jesus in
die hemel te gaan speel. Jaminda self het ook geweet dat Liewe Jesus vir
haar wag en ek het met ’n knop in my keel na my man gekyk as sy
kinderlik opgewonde raak oor dié vooruitsig.
My meisiekind se laaste skooldag het op ’n skamele sesjarige ouderdom
aangebreek. Sy het vroegoggend vir my beduie van watter blomme in die
tuin ek vir juffrou Annalie moes pluk. “Van daai geles, Ma. Juffrou
Annalie sê altyd ek is ’n regte Sonstraaltjie in haar lewe.” Die klein,
bruin skooltassie was gelaai van die speelgoed. Ek gun jou die lekkerste
speeldag van jou lewe, my kind, het ek bewoë gedink toe ek haar uit die
motor in die rolstoel tel.
Die kleuterklassie het die ene oë, maar verskrik, agter juffrou Annalie
bly staan toe ons klaskamer toe begin beweeg. Jaminda se beste maantjie,
Knoxie, het huiwerig vorentoe getree. “Kan ék Jaminda stoot, Tannie?” en
ek het, dankbaar vir dié gebaar, oorgegee aan my klein helpertjie. Dit
het die ys gebreek.
Binne oomblikke was die hele klas om die rolstoel geskaar. Dirkman het
verneem of die rolstoel se wiele Slime in het, terwyl Emma en Fransien
wou weet of die inspuitings seer was. Ek en juffrou Annalie het verwese
eenkant trane afgevee en toe dapper begin deelneem aan die kleuters se
skynbaar gewone gesprek. Na ’n uur se gesels kon ek sien dat die
opwinding besig was om sy tol te eis. Jaminda se oë was baie blink in
haar bleek gesiggie. Toe vra sy of sy iets kan sê voor ons huis toe gaan.
Juffrou Annalie het al die kleuters voor haar op die mat laat sit.
Wat daarna gebeur het, het my van alle woorde gestroop. Ek het al in my
enigheid begin wonder waarom die bruin tassie saamgekom het. Jaminda het
die tassie oopgeknip en elkeen van haar vyftien kleutermaatjies by name
vorentoe geroep. Op vyftien van haar geliefkoosde speelgoed het sy name
met papiertjies en kleeflint vasgeplak. “Emma, jy moet my
porselien-teestelletjie kry – dink aan my as jy en jou poppe tee drink.
Dirkman, hier is my fietspomp – jou fiets se wiele is mos altyd pap.
Fransien, hier is my hartjiehangertjie waarvan jy so baie hou, As jy hom
oopknip, is daar ’n foto’tjie van my in.”
So het die pynlike uitdelery aangehou. En toe kom Knoxie, haar spesiale
maatjie, aan die beurt. Ek het my nek gerek, maar die bruin tassie het
vir my leeg gelyk. Het Jaminda van Knoxie vergeet? Maar nee, Jaminda het
haar mees geliefde speelding van haar skoot af opgetel, een laaste kyk
in die bruin teddiekraalogies gegee en hom toe met ’n besliste trekkie
om haar mond vir Knoxie aangegee. “Pas Teddie mooi op, want ek is baie
lief vir hom. Vat ook my bruin tassie – ek het klaar jou naam in die
deksel geskryf. Juffrou, ek moet nou huis toe gaan. Kan ons vir oulaas
Stille Nag sing?” Bewerig het sy opgestaan en tussen die alte gaan staan
en nog nooit het Stille nag so na-aan dié van ’n engelekoor geklink nie.
In die motor op pad huis toe het sy teruggesit, vir my gekyk, geglimlag
en toe ’n laaste tevrede sug gegee. Ek het met trane in my oë besef:
Jaminda het so pas aangemeld as alt by die hemelkoor…
24 September (Vakansiedag) by
Celtis Dal, Centurion. Alleenlopers van oral kuier saam vir die dag.
Bespreking noodsaaklik. Ligte middagete ingesluit.
Cotie 076 105 7747
Estelle is werksaam by die
Republikein,
die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Sy het spesial versoek dat ek
die volgende plaas, ek doen dit met graagte:
Advertensies
WAT sou ons lewens sonder advertensies gewees het?
Hoe sou 'n mens geweet het watter motor in jou prysklas die naaste aan
jou droom is? Hoe sou jy geweet het wie het klein hondjies wat hulle wil
verkoop? Die lys is eindeloos.
Aan die ander kant kan ek beslis doen sonder die rommeladvertensies
("spam") wat ongevraagd in my e-posbus beland en met heelwat moeite en (on)geduld
een vir een geblok moet word om verdere aflewerings te verhoed.
In Amerika het 'n media monitoragentskap bereken dat die besteding aan
advertensies in 2005, US$144.32 miljard (N$1 073.80 miljard) beloop het.
PricewaterhouseCoopers beraam dat wêreldwye besteding aan advertensies
vanjaar US$385 miljard (N$2 864.62 miljard) beloop.
Kenners verskil oor die presiese bedrag wat jaarliks in Namibië aan
advertensies bestee word, maar dit is veilig om te sê dat dit meer as
N$100 miljoen is. Ons bruto binnelandse produk vanjaar word bereken op
N$50,6 miljard en ons nasionale begroting vir 2007/2008 is N$18,4
miljard. Maak self die somme (ek het probeer en dit nie reggekry om uit
te werk watter persentasie van die wêreldbesteding aan advertensies ons
plaaslike ekonomie uitmaak nie). Dit is veilig om te sê dat dit maar 'n
fraksie daarvan is.
Advertensies word deur elke moontlike medium: televisie, radio,
tydskrifte, koerante, die internet en groot buitemuurse
kennisgewingborde oorgedra. Dit kan ook op supermarktrollies, die mure
van lughawens, aan die kante van busse en oor die openbare
aankondigingdiens van winkelsentrums gesien en gehoor word. Inderdaad op
enige plek waar mense daaraan blootgestel kan word.
Die advertensiebedryf se oorsprong strek terug in die deinserige verlede
met kommersiële boodskappe en die bekendstelling van politieke veldtogte
wat in ruïnes in antieke Arabië aangetref is. Die Egiptenare het papirus
gebruik om verkoopboodskappe op plakkate uit te basuin.
Rotstekeninge in Asië, Afrika en Suid-Amerika word ook beskou as 'n
antieke advertensievorm.
Met die ontwikkeling van die drukkerskuns in die 15de en 16de eeu, het
advertensies hul verskyning in handbiljette gemaak en in die 17de eeu
het advertensies in koerante in Engeland begin verskyn.
Met groeiende ekonomie in die 19de eeu het die advertensiebedryf saam
gegroei en kleinadvertensies het hul verskyning in koerante in Amerika
begin maak.
In die 1960's het die advertensiebedryf 'n gedaanteverwisseling
ondergaan met 'n meer wetenskaplike benadering tot marknavorsing en 'n
oplewing in die kreatiwiteit van die skeppers en ontwerpers van
advertensies.
Bemarking deur die internet het nuwe deure vir adverteerders geopen,
iets wat vandag nog aan die ontwikkel is.
Nou die dag kry ek 'n e-pos van ou advertensies wat vandag só polities
inkorrek is, dat 'n mens net jou hande kan saamslaan in die wete dat dié
soort advertensies vandag nie die paal sou haal nie.
Die een lui: "Eet, eet, eet ! & bly altyd maer. Vet, die vyand wat jou
lewe verkort, word verban. Hoe? Met gesuiwerde lintwurms in 'n bottel
verpak. Maklik om te sluk." (Ek gril so groot soos wat ek is, toe ek dié
een lees.) En die sigaretadvertensies is genoeg om die Minister van
Gesondheid en Maatskaplike Dienste na ietsie sterks te laat gryp:
"Chesterfield: sit 'n glimlag in jou rook". "Volgens herhaalde nasionale
opnames rook meer dokters Camels as enige ander sigaret" en "Kom ons
wees eerlik, jy kan môre deur 'n bus omgery word, so steek liewer nou 'n
sigaret aan!"
Ja-nee, die advertensieveld is 'n interessante een waarvan ons lank nog
nie die einde gesien het nie.
Ek het laaskeer
genoem van kitsmieliepap. Ons kry toe besoekers van Amerika af en ek vra
toe dat hulle vir my van hulle "Grits" saambring. Ek het al so baie van
hulle Grits gehoor en wou uitvind wat dit eintlik is.
Dit blyk toe net
mieliemeel te wees, effens growwer gemaal as on eie mieliemeel, maak net
sulke lekker mieliepap en jy kook dit ook net vit 5 minute en dan is dit
gaar!
Ek hou daarvan om met toebroodjies
te eksperimenteer, ek het nou 'n mede-eksperimenteerder in Adri, elke
keer wat ek met 'n idee kom, verbeter sy daarop. Ek sit byvoorbeeld
gerasperde biltong op lekker vars brood, dan kom sy met die voorstel dat
ek heuning ook nog daaroor moet drup.
Hier is nog een van Adri se voorstelle:
Vat 'n blikkie tamatievis - daai pilchards. Dan haal jy die
vissies uit die sous, breek dit in kleiner stukkies, girts swartpeper
daaroor, 'n skeut suurlemoensap en sit dit op die brood. As jy baldadig
wil wees, rasper cheddar by daai vis in. 'n Regte Hilda resep. Maar tog
so lekker!
Ek het 'n
resepteboek saamgestel met Wille Samies.
Klik hier en ek stuur dit vir jou per epos.
Ek gaan nou die dag deur my ou
backups en ek kom op 'n dokument af genaamd Minette nuut. Nou dit
was lankal nie meer so nuut nie, maar nogtans ongebruik. Dis dus met groot
lekkerkry dat ek weer een van Minette se artikels gebruik.
Johnny Depp
Minette Brink
EN is daar toe laasweek ʼn oproerigheid in die kantoor. Met dié
ooplanbedryf is hoor en sien allesbehalwe privaat.
“Wie’s die Johnny Depp,” brom Gene oor sy tekenbord.
Die helfte van die vroumense se ore spits op aandag (myne inkluis.)
‘Oe en aa’ almal gelyk oor dié pragstuk van ʼn man en ‘het jy die en daai
moewie gesien’ en ‘oy, hy was darem sexy in Pirates of the Caribbean,
make-up en al.’
Maar hoekom wil Gene weet?
“Man, daai Sean is op my kys. Ek moes vanoggend saamry lughawe toe om
die Johnny-perd te gaan oplaai. Sê toe ek’s gʼn lus nie. Nou’s hulle hier
en ek moet nou saam kom en ʼn bier drink. Ek’s mos nie lus nie. Ken mos
nie die man nie,” en Gene val weg met ‘n intensiewe geteken van ʼn ander
aard.
Teen daai tyd is hier vlammende wange en ʼn paar hygende borskaste oor
dié verbysterende stuk inligting.
Johnny Depp. Saam met daai Sean. Hoekom, wat, waar, hoe laat, gons dit.
Gene kyk ons aan asof ons regtig versteurd is. Ek weet nie, hulle ken
mekaar al jare, hy kom chill glo hier vir ʼn paar dae. Maar bel vir Sean
en vind uit, brom Gene geirriteerd.
En nie links nie, spring Stella oppie foon en styg ons temperature soos
haar oë al groter raak. “Is Johnny saam met jou…sal hy met ons praat…ok,
ons is oppad,” en daar seil Stella en fotograaf by die trappe af.
Intussen bel my suster uit Pretoria en ek hiperventileer die nuus vir
haar. Haar semi-histeriese gille hits my verder aan. Gryp my handsakkie
en probeer iemand kry om saam met my agter die eerste span aan te jaag.
Maar die ‘sinici’ (of eerder die meer ervares hier) laat my ietwat
vertwyfeld oor dié halsoorkop goedgelowigheid.
Ek trippel heen en weer soos ʼn senuagtige dressperd oor
sal-ek-sal-ek-nie, sênou, sênounie.
Toe ek amper blou in die gesig van verwardheid is, besluit ek om self
vir Sean te bel.
“Blablabla en is Johnny Depp regtig saam met jou,” blaker ek dit uit.
ʼn Lang stilte aan die ander kant. Ek kry visioene van Sean wat sy hand
oor die gehoorstuk hou en vir sy beroemde silwerdoek boesembuddie beduie
dat daar nog ʼn swooning, drooling dowwe dolla oppad is.
“DEPP?” blaf Sean.
“Ja,” piep ek benoud, want hy is ʼn besige man wat nie sommer daai Ierse
humeur getoets wil hê.
“Nou wat de blou %^&* sal Johhny Depp hier maak? Johnny COOK is hier, my
groot pêl van jarrre! Waar kom julle aan die snert?”En hy brul van die
lag.
Baie rooi in die gesig moes ek toe die hele Gene-verslag oordra en Sean
crack heeltemal op. “Gene raak oud, miskien moet ons pille kry,” giggel
hy en ek sê toe maar stil-stil dankie en koebaai.
Seweduisend skreef-oge laat Gene koud.
Tot vandag toe hou hy vol dit wàs Depp, nie Cook nie.
Stella en fotograaf het nonchalant teruggekom kantoor toe en nie vir een
oomblik laat blyk dat hulle ook met rooi gesigte moes terugdraai nie.
Want in dié bedryf weet mens nooit of sênou, sênounie môre se voorblad
kan verander nie.
Ek glo vas dat meeste van ons ou
Boeterate regtig werk, maar daar is party van hulle wat darem 'n bietjie
dik vir 'n daalder is, in die volgende paar uitgawes gan ek 'n paar hier
weergee.
Mens gaan nogal sukkel om deesdae
van die bestanddele te kry:
BORS…Vir bors wat toetrek doen die volgende. Smeer ongebleikte linne met
bokvet, strooi skoorsteenroet daaroor en plaas op die bors..
BOSLUISBYT…Vat ‘n spinnekop nes wat in klei gemaak is en maak dit nat en
smeer aan die bytplek.
BRAND…Sit gansmis op die brandplek.
GAL…Neem ‘n veldmuis…die gestreepte soort en braai mooi bruin…en eet.
My Boererate eBoek
bevat bykans 2000 Boererate en kos maar net R60, ek stuur dit sommer per
epos.
Kontak my vir besonderhede
peter@peterjasie.co.za
Gaan kyk na my
nuwe fotografie
webwerf Ek het onlangs nog Cheetah fotos bygesit.
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans.
Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort
dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is
betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by
jou.
Klik gerus hier en kyk
na haar resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar! As jy
besluit om van haar boeke te bestel en jy noem dat jy daarvan hier te
hore gekom het, sluit sy my Kampkosresepteboek gratis in!
Groot nuus! Anna het sopas nog drie
samestellings die lig laat sien!
(1) n Bordvol peuselhappies
(2) Japtrap etes-Sonder al die sjlep
(3)Souse, doopsouse, smere en botters.
Prys R50 elk.
Indien sy bewys van betaling ontvang, stuur sy n samestelling van 15
verskillende blatjang resepte.
Kontak
sommer dadelik vir Anna en plaas jou bestelling:
anna@minimax.cc
.
of 0822946799
Maroela Boeke en Tierberg Boeke - Ek het hulle nuutste katalogus
sopas ontvang.
Regs klik hier om dit af te laai.
Daar is ook 'n groot versameling Africana te
kry by
www.abebooks.com . Tik net Africana in die soekblokkie
Nuusbrief van Elsabe:
Goeiemôre vriende,
Net gou vinnige terugvoer oor die huidige projekte.
ANDEON
Ons het dringend nog 2 houthuisies nodig. Indien daar persone is wat
dalk hiermee kan help sal dit werklik baie waardeer word. Het verlede
week 1 huisie opgerig. - Baie dankie aan die persone wat bygedra het.
BEYERS BYTJIES KLEUTERSKOOL
Hierdie kleuterskool in Danville het werklik ook hulp nodig. Dit is 'n
baie netjiese perseel met toegewyde onderwyseresse. Ons wil graag in die
toekoms ook meer by hulle betrokke wees.
Ons het gister 50 komberse met 'n pakkie sop in elke sakkie daar
afgelewer. Foto's sal later die week op die webwerf wees.
WARM WINTER DINEE/DANS 22 AUGUSTUS 2008
Ons het hierdie funksie gereël vir fondsinsameling vir die Danville Hulp
Projek.
Op die oomblik het ons nogsteeds 'n krisis met die kaartjie verkope! Nog
net 11 tafels is "verkoop" en daar is 50! (10 persone per tafel) Ons kan
dit ook nie kanselleer nie.
Plek: Utopia (Union Caterers - Lynwoodweg Pretoria)
Datum: 22 Augustus 2008
Tyd : 19:00
Drag: Formeel ( nie "black tie" nie, maar pakke klere en aanddrag vir
dames)
Prys: R250 per persoon. Hierdie is ook 'n ideale geleentheid vir
besighede om hulle personeel erkenning te gee en op 'n sosiale vlak saam
met hulle te verkeer (Kersfees in Augustus!) - ten bate van
liefdadigheid! Ek sal 'n belastingkwitansie hiervoor uitreik (wat dan
weer teen die persoon se privaat of besigheids belasting afgeskryf kan
word)
Die saal gaan pragtig gedrapeer wees. Die 5 gang maaltyd is uit die
boonste rakke. Daar gaan baie "gelukkige trekkings" wees oa. 'n Foto
sessie by Elsabe Burger van Blessed Babies, juwele van Miglio en vele
meer!
Ons het 'n getekende Blou-bul bal en hemp wat op vendusie gaan asook
pragtige matte. Jammies Jamneck is die seremoniemeester. Die hele
funksie is uiters stylvol en gaan 'n fees wees. Daar gaan moontlik ook
'n paar bekende vermaaklikheids persone wees.
HELP my asb deur kaartjies te koop of verkoop - dit is werklik 'n krisis
nou en ons het almal se hulp dringend hiermee nodig.
AFLAAI PUNTE
CENTURION - Herman 012 6650926 Highveld Liquor store
WINGATE PARK Bernadette van der Walt
754 Kendrew Straat
Sel: 083 469 3682 na 14:00 in die week en enige tyd oor 'n naweek.
Skakel eers asb
PIERRE VAN RYENEVELD PARK - Annetjie en Danie - Cell 082 4456 453 -
Tooks Corner No 1 Pierre van Ryneveld anajo@nedcor.co.za
ROOIHUISKRAAL - Werdi - Cell 083 2559 362 H:012 6618396 werdi@mweb.co.za
ROOIHUISKRAAL - Elsabé Wentzel, Pelican Laan 11,
tel (h) 661-5591 of 083 2873166
Ek is normaalweg van so 18:00 af by die huis. Bel en laat weet asb.
FAERIE GLEN - Elsabé� 286 Cliffendale rylaan Faerie Glen . Tel 991 3914
Cell 082 8282 551
SINOVILLE - Nelia van Zyl, Pointsettia weg 394,Sinoville
Tel H 567 7329, Cell 082 447 7847
Skakel haar ook asb voordat julle aflewer
WAVERLEY- Rina Minnaar, Bosloerie straat 889, Waverley,
Huis tel: 332-1113, Sel: 082 333 5677
Mooi loop
Elsabe
Bankbesonderhede:
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926
Aflewerings adres:-
286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
PS Bel asb voor jy ry
Hierdie gaan nou 'n gereelde item word. Ek is bly om te sien dat die
Boeremusiek tradisie nog so sterk staan....
Pat Maloney
Oorlede Pat
Maloney was een van ses Ingelse wat konsertina gespeel het. Die
ander vyf is: Thierry King, Barry Jarman en Johnny Booyse, Johnny
Williams en Johnny Sharpe. Pat was 'n voortreflike speler wat graag
sy mede Boeremusikante opgesoek het en gedagtes en musiek met hulle
uitgeruil het. Hy was 'n bekende gesig by die TV kompetisies. |
 |
Bron: 15 Goue
Jare: 1989-2004 Boeremusiekgilde
Ek is nou nie
juis 'n groenteliefhebber nie, papats wat in suiker gebraai is kan gaan.
Maar ek weet daar is van julle wat daarvan hou.
Regs klik hier
om Groenteresepte af te laai. Dankie Elzeth vir die resepteboek.
Vegatari
Peterjasie se
Boererate eBoek |
eBoek met om en by 2000 Boererate, net R60. Ek stuur
sommer per epos en jy betal dan die bedrag in my rekening in, so maklik
soos dit.
Kontak my vir betalingsbesonderhede. Ook in Engels beskikbaar, laat
my maar net weet. Met elke bestelling gee ek gratis afskrif van "Boererate
en Verbruikerswenke" eBoek
|
|
|
 |
Die Afrikaanse
Nuusagentskap bring vir jou die beste in Afrikaans met woord en klank,
wêreldwyd. Ons medewerkers en aandeelhouers is bekende
radiopersoonlikhede en joernaliste wat sal verseker dat alles wat
aangebied word van hoogstaande kwaliteit sal wees.
Ons besef egter ook dat ons Afrikaanse mense ook graag Engels lees.
Daarom kan jy ook Engelse leesstof hier kry.
Wil jy graag groetekaartjies of blomme aan 'n geliefde in 'n ander land
stuur? Dan is jy op die regte plek. Ons stuur hoë kwaliteit kaartjies
met jou eie boodskap, fisies, wêreldwyd. |
Nog iets nuut, ek skryf ook nou en
dan en op sy tyd kan ek poësie ook lees. Ons Afrikaanse onnie op skool was
besonders en het my 'n liefde daarvoor laat aankweek. Dit wys net weerens
hoe 'n mooi taal Afrikaans is.
LEER WANNEER JY KAN
Moenie ʼn luiaard wees nie
Daar was twee broers, Jan en Piet,
Jan het geleer, maar piet, verniet
Dat Ma en Pa mooi met hom praat,
Maar niks help nie, wat hy word kwaad.
Nou jaar vir jaar, so gaan dit aan,
Jan leer sy beste wat hy kan,
Maar agter, ver, het Piet gebly,
En Jan was hom heel ver verby.
Jan sy eksamen deur gegaan,
Dus altyd voorwaarts, altyd aan,
En later was ʼn Prokureur,
Het deur probeer om meer te leer.
Maar wat van Piet, die luiaard, hy
Kan niks verdien, geen werk kan kry,
Moet nou hout kap, vir stukkies brood,
En slaaf is hy en ook halfdood.
Van sulke lesse moet jy leer,
Dat luiaard maak homself net seer.
Skolier moet aanhou te studeer,
Aanhou studeer nog meer en meer.
Dankie aan Karel Ark van
Woorde.co.za
Kos stories -
Frik Lombaard |
Die program op TV nou die aand het
my weereens die belangrikheid van reg eet laat besef-Peter
Eet en Gesondheid
Ons almal weet seker dat eet en gesondheid hand aan hand gaan. Soos met
alles moet daar perke wees. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het
onlangs ‘n studie gedoen oor hoe mense moet eet en wat mense moet eet.
Volgens hulle is geprosesseerde kosse die oorsaak dat baie mense so oorgewig
is.
Die geprosesseerde voedsels het hoë inhoude van vet, suiker en sout. Volgens
die WGO behoort ‘n mens se dieet uit 55% Koolhidrate, 10% Protein, 10%
suiker en 10% vet te bestaan. Soutinname behoort tot 5 g per dag beperk te
word. Verder beveel hulle ook aan dat ons sowat 400 g groente en vrugte per
dag moet eet. Maar eet is nie al wat help nie. Daar moet ook redelike
fisiese aktiwiteite gekoppel aan die dieet te wees.
Hierdie is alles goed en wel, maar ek het my eie teorie omtrent gesond eet.
Gesonde en fikse mense gaan ook net so dood aan hartaanvalle as wat ons
grotes doodgaan.
‘n Ander studie wat gedoen is deur die Amerikaanse Instituut vir
Kankernavorsing het bevind dat braaivleis ‘n risiko inhou vir jou gesondheid.
Hulle het bevind dat wanner vleis gebraai word daar HCA’s in Engels is dit
Hetrocyclic amines, vrygestel en dit sit aan die vleis. Wanneer die vet op
die kole drup en daar spring ‘n vlam op, dan word daar PAH’s vrygestel (Policyclic
Aromatic Hydrocarbons). Nou dat die HCA’s en PAH’s die kanker veroorsaak.
Hoe om die probleem te bowe te kom is om jou vleis in foelie gaar te maak.
Maar ons Suid Afrikaners is nie bang nie so ons sal nog gereeld ons vleis so
op die kole gooi. Hoekom is alles wat so lekker is nie goed vir jou nie?
Aangesien ons nie nou meer kan vetterige kosse en braaivleis kan eet nie
moet ons nou maar kyk om meer vesel in ons dieet te kry. ‘n Mens behoort so
30 g vesel ‘n dag in te kry. Vesel, so word beweer, help om jou
spysverteringstelsel in tip top kondisie te hou. Dit help ook in
gewigsverlies en verminder ook die gevare van maagkanker.
Vesel absorbeer water en wanneer jy dit eet absorbeer dit die water in die
maag en laat jou versadig voel. So wat en watter kosse kan mens eet om
genoeg vesel in jou liggaam in te kry ? Baked beans op roosterbrood sal sorg
dat jy sowat 10 g vesel inkry. ‘n Sny bruinbrood bevat ongeveer 3 g vesels.
‘n Halwe koppie All Bran Flakes bevat 10 g vesel. ‘n Appel het ongeveer 4 g
vesel.
‘n Mens sal seker nooit presies weet wat reg is om te eet en wat nie. Wat ek
het bv teen die studie van braaivleis is dat as dit so gevaarlik is hoekom
het 90% van alle Suid Afrikaners nie kanker nie ? Hoekom is daar mense wat
presies reg eet en genoeg oefeninge doen nou al in hulle grafte agv
hartaanvalle, party so jonk as 24. Hoekom is daar gereeld sterftes aan
hartaanvalle van mense wat Comrades hardloop.
Wat ek eintlik probeer sê is eet waarvoor jy lus is, maar hou tog net
matigheid voor oë. Moet jouself nie probeer om alles wat lekker is te ontsê
nie, want more is jy miskien nie daar nie.
Agterpad Reisnotas -
versamel deur Braham van Zyl |
Ek luister mos een
Saterdagoggend na Amoré Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met
Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg
een van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te
kom. (Eposdres onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nuubrief
uit.
Van Suurbraak tot Riversdal, berg
langs: Wes-Kaap Provinsie
Kempie Rheeder van Welgemoed in die Kaap, skryf en vertel van ‘n besonderse
pad wat al teen die voet van die Langeberg vanaf Swellendam, by Suurbraak en
Heidelberg verby, tot by Riversdal loop.
Hierdie pad waarvan Kempie vertel, is een van my gunsteling agterpaaie, en
ek het ook al heelwat toere daarlangs begelei. Dit draai so ‘n paar km oos
van Swellendam by die R324 na Suurbraak van die N2 af. Van Suurbraak af gaan
dit by die Grootvadersbosch Natuurreservaat verby en oor die heuwels na
Heidelberg.
By Heidelberg ry jy by die golfbaan verby noordwaarts, berg se kant toe, en
draai dan by die pad na die Gysmanshoekpas skuins die heuwel uit. Bo
aangekom, kan jy jou aan ‘n reg rondom landskap verkyk. Daarvandaan gaan die
paadjie al teen die Langeberg se voet op en af deur klowe en oor heuwels, om
digby Riversdal weer by die Garciapas se R323 teerpad aan te sluit. Kort
voor Riversdal kan jy ook na die Korinterivierdam, waar akkommodasie
beskikbaar is, afdraai.
Reisigers wat van Riversdal se kant begin, kan met die R323 uit die dorp uit
ry en kort by die Oakdale Landbouskool links afdraai na die Korinterivierdam.
Dis ook die bergkloofpad wat hierbo beskryf is.
Iewers langs hierdie bergpad, nader na Heidelberg se kant toe, kan jy
noordwaarts, berg in, na die Gysmanshoekpas afdraai. Dit was op ‘n tyd ‘n
amper onbegaanbare bergpaadjie oor die Langeberg, maar is deesdae met gewone
motorrygoed ook heel rybaar. Hierdie Gysmanshoekpas volg so half en half
dieselfde pad as wat die ou Paardekop wapad gevolg het. Aan die noordekant
van die Langeberg bring Gysmanshoek se pad jou by ‘n T-aansluiting by ‘n
oos-wes grondpad uit, waar jy weswaarts na Barrydale se kant kan draai, of
ooswaarts na Riversdal, Ladismith of Vanwyksdorp.
Skryf vir Braham en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy
reisbeskrywings direk van hom af! e-pos :
info@explore-sa.com
|
|
|
Koos van der Merwe werk by 'n Dokter
Die Dokter sou die dag uitstedig wees en vra toe vir Koos om 'n ogie te hou
oor die pasiënte.
Die volgende dag kom die Dokter terug en vra vir Koos hoe dit toe gegaan het
met die pasiënte.
Koos sê daar was drie pasiënte wat hy gehelp het en die Dokter vra toe hoe
hy hulle gehelp het en hy sê :
Die eerste pasiënt het ingekom met 'n lelike hoes en toe gee hy vir hom
Benelyn vir die hoes.
Die tweede pasiënt het ingekom met 'n vreeslike alergie en toe gee hy vir
hom Alergex.
Die Dokter was baie beindruk en vra wat van die derde een.
Nee, sê Koos daar het 'n dame ingekom, haar kaal uitgetrek en op die
ondersoektafel gaan lê en vir hom gesê : "Ek het vier jaar laas 'n man
gesien . "
"O Hel" sê die Dokter "En wat doen jy toe, Koos?"
"Nee", sê Koos "Toe gooi ek vir haar Eyegene in haar oë"!
Na ons grassnyer gebreek het en nie meer
wou werk nie, het ek aanhoudend by my man geneul om dit te laat regmaak,
maar om een of ander rede het die versoek nooit by hom ingesink nie. Ek dink
toe aan ‘n oulike plan om my punt te maak. Toe my man daardie middag by die
huis kom, kry hy my al sittende in die lang gras besig om die gras met ‘n
naaldwerkskêrtjie af te knip. Hy het my so ‘n rukkie gestaan en kyk en is
toe die huis in. Na ‘n paar minute
kom hy terug en gee my ‘n tandeborsel en sê dat as ek klaar is ek net sowel
die oprit kan vee.
Die dokters sê hy sal leef maar dit sal ‘n lang tyd wees voor hy weer sal
glimlag…
‘n Jongman,
wat graag ‘n verjaardagpresent vir sy nooi wou koop, het sy suster
saamgeneem, om hom te help om die regte persent te koop.
Sy kies toe ‘n paar handskoene wat hy vir sy meisie koop.
Die suster koop toe vir haarself ‘n paar broekies.
Die meisie in die winkel maak toe ‘n foutjie. Sy ruil die twee pakkies per
abuis om. Die meisie kry toe die handskoene, en die arme ou, kry die
broekies wat hy gaan pos met die briefie wat as volg lees.
Liefste Gertruitjie,
Ek stuur vir jou die brief en die persentjie, om jou te wys dat ek nie jou
verjaarsdag vergeet het nie. Ek het gedink jy sal daarvan hou, want ek het
gesien jy trek nooit sulke goed aan as ons uitgaan nie, en dit is nou koud
in die aande.
Ek het die dame in die winkel dit laat aanpas, en sy lyk baie mooi daarmee.
Sy het my ‘n paar gewys wat sy al twee jaar dra en dit makeer nog steeds
niks. Ek wou eers die langes koop, maar my suster sê die kortes is beter,
want dit is makliker om ‘n vinger in te kry. EK wens ek kon dit die eerste
keer vir jou aantrek.
Truitjie, die meisie in die winkel sê, as jy dit uittrek, moet jy altyd
bietjie daarin blaas, want dit sal ‘n bietjie klam wees van die sweet, en
dit mag later onaangenaam ruik. Sy sê, sy gooi altyd bietjie lyfpoeier in
hare wanneer sy dit uittrek.
Ek hoop jy sal daarvan hou.
Met Liefde.
Fanie.
'n Groep kinders wat wissel tussen Graad
5 en 7, het op die 18de Julie die Volksdans spesialisasie voltooi wat deur
Die Voortrekkers aangebied word. Die spesialisasie behels dat hulle ’n hele
paar tradisionele boeredans passies moet kan uitvoer. Die groep het met die
spesialisasie begin in Januarie tydens ’n danskamp wat aangebied is deur
Danette Smith. Met baie lag, sweet en pret is die naweek afgesluit met ’n
piekniek en vertoning voor hul verbaasde ouers en grootouers.
Hulle het ondermeer die polka, mazurka, setees en die wals onder die knie
gekry en het groot bewondering van die toeriste wat die Voortrekker Monument
besoek uitgelok. Toeriste het, tot groot vermaak van die kinders, saamgedans
en elke optrede het gelei tot baie fotos en geselsies.
Die kinders het, ten spyte van besige skoolprogramme, tyd gemaak om
oefeninge by te woon en het die saamdans soveel geniet dat hulle ook in
September aan die Nasionale Eisteddfod gaan deelneem. Volkspele, met
samesang as begeleiding, is ’n bekende item in die eisteddfod, maar hierdie
groep doen boeredanse met boeremusiek as begeleiding.
Danette Smith is van mening dat ons Afrikaner kultuur se dansvorm baie meer
sigbaar moet word en dat dit defnitief ook ’n plek verdien in ons land se
kultuur kringe. Watter beter manier is daar om ons dansvorm te bewaar as om
dit vir kinders aan te leer.
Die volgende kamp vind plaas by die Voortrekker Monument van 16 – 18
Januarie 2009. Kinders vanaf Graad 5 is welkom al is hulle nie lede van Die
Voortrekker beweging nie. As jy lus is vir pret en lekker dans is dit die
geleentheid.
16 Augustus 2008 word daar vir die ouers ook ’n geleentheid geskep om ’n
paar van hierdie dansvorme aan te leer tydens ’n informele eendag kursus by
die Voortrekker Monument as deel van ’n kultuurnaweek wat aangebied word
deur Wapadrand Kommando.
Verdere inligting oor die danskamp/groep:
Danette Smith
Danna.smith@resbank.co.za
Sel: 082 923 6177
|
|
Hier is resepte van 'n Word dokument wat iemand my lank gelede gestuur het,
ek begin sommer heel voor en werk deur die alfabet:
Kerrie Boontjies
1 kg groenbone gekerf
2 uie, in ringe gesny
375 ml hoenderaftreksel
2 knoffelhuisies, fyngedruk
250 ml asyn
¼ koppie suiker
5 ml sout
5-10 ml kerriepoeier
knippie rooipeper
15 ml mielieblom gemeng met bietjie water
Plaas die groenboontjies, uie, hoenderaftreksel en knoffel in 'n
middelmatige swaarboomkastrol en laat ongeveer 10 minute sonder die deksel
vinnig kook tot net gaar.
Meng die asyn, suiker, sout, kerrie en rooipeper.
Voeg by die boontjies en laat net opkook.
Verdik met bietjies-bietjies mielieblom tot die mengsel mooi bind. Laat
afkoel en bottel.
Kerriesouttert
Kors:
250 g margarien
1 teel bakpoeier
2 koppie meelblom
1/2 koppie kookwater
Gooi kookwater oor margarien.
Laat afkoel en roer meel en bakpoeier in.
Meng deeglik en bêre in koelkas tot nodig
Vulsel:
500 gm maalvleis
1 groot ui, gerasper
2 aartappels, gerasper
sout en peper
Kook al die bestanddele vir 10 minute.
Meng 1 eetl kerrie, 1 eeteel klapper en 1 eeteel bladjang
Voeg by kokende vleismengsel.
Vul ongebakte kors en bak 20 minute in warm oond.
Kerrietert
2 koppie meelblom
1/2 koppie margarien
2 eeteel kookolie
2 teel bakpoeier
1 teel sout
1 eier
Sif meel, bakpoeier en sout. Vryf botter in meel todat dit soos mieliemeel
lyk.
Gooi kookolie in holte. Klits eier baie goed en voeg by.
Maak aan met water tot slap deeg - Rol uit.
Vulsel:
1 kg gemaalde vleis, ui, aartappel, kook tot sag.
Voeg kruie by en gegeskilde tamatie.
Laaste 2 teel kerriepoeier. Laat afkoel.
Skep in kors en bedek met kors.
Bak in matige oond tot bruin. Bedien saam met slaaie.
Kersiegenot
3 eierwitte
2½ k versiersuiker
1 1/3 k margarine
2 pakkies mariebeskuitjies
1 ¼ k glanskersies
2 ½ k klapper
5 ml vanilla
Klits eierwitte tot styf. Sif versiersuiker en klits by eierwitte.
Smelt botter. Breek beskuitjies fyn. Sny glanskersies in kwarte.
Meng botter, beskuitjies, glanskersies, klapper en vanilla goed met
eierwitmengsel.
Druk in pan, verkil en sny. (5 dosyn)
Kitssouthappie vir TV
1 blikkie soutvleis
15 ml Royal bakpoeier
2 eiers
melk en water gemeng, genoeg om slap deeg te vorm
500 ml meelblom sout olie gekapte pietersielie
Maak vleis fyn met vurk en voeg meel, bakpoeier, geklopte eiers, sout en
pietersielie by vleis.
Meng met water en melk tot slap deeg. Verhit olie in diep kastrol.
Gooi lepelsvol van vleismengsel in olie; dit draai self om.
Braai tot bruin en laat afkoel.
Gekapte uie kan ook bygevoeg word indien verkies.
Koejawel-Yskastert
1 groot blik koejawels
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie suurlemoenjellie
1 swiss roll
250 ml room
Gooi sap van koejawels af (± 1½ koppie).
Voeg 1 koppie kookwater by sap, maak warm en voeg jellie by tot opgelos.
Sny koejawels redelik fyn.
Meng koejawels met kondensmelk. Meng met stroop.
Sny swiss roll in skywe en pak in tertbak en gooi koejawelmengsel bo-oor.
Sit in yskas. Laat stol oornag. Klits room tot styf en sit bo-oor.
Koffie-Yskastert
1 pak. Tennisbeskuitjies
2 sakkies Orley Whip
sjokolade versiersuiker
1 koppie sterk, swart koffie - koud
Week beskuitjies vinnig in koue koffie.
Dan dun lagie versiersuiker en dan lagie room. Rasper Peppermint Crisp oor
elke lagie room.
Boonste laag room. Versier met vermicilli of peppermint crisp.
Korslose Souttert
250 gm koue vleis (enige soort)
250 gm gerasperde cheddar kaas
2 koppie melk
2 teel mosterd
2 teel pietersielie
sout en peper
4 eiers
2 teel fyn ui
2 eeteel meelblom
Meng alles in gesmeerde bak. Bak in 'n matige oond tot gestol.
Koue - Gaarvleis Tert
2 koppie gaar gemaalde vleis
1 koppie koue gaar aartappel in blokkies gesny
1 blik klein heel sampioene
1 meduim ui
1 eeteel tamatiesous
1/4 tl.sout
1 eier
1 eeteel botter
gerasperde kaas
1 eeteel worcestersous
1/2 koppie melk
Dreineer sampioene maar bewaar water.
Smelt botter in kastrol,voeg sampioene en fyngesnyde ui by en braai tot
ligbruin oor lae hitte.
Voeg vleis en aartappels by, braai vir nog 2 minute.
Voeg al die bestanddele by behalwe eier, melk en kaas.
Voeg sampioenwater by en laat net opkook. Skep vulsel in voorbereide kors,
verkieslik aartappelkors. Klits melk en eier saam, giet bo-oor.
Sprinkel gerasperde kaas oor en sit hier en daar 'n stukkie botter. Bak vir
omtrent 20 minute in warm oond teen 220°C.
Koue Sagopoeding
4 koppie melk.
1 koppie melk.
4 eiers.
1 koppie kookwater.
1 koppie sago.
1 koppie suiker.
1 p. jellie
Kook 4 koppie melk en sago saam. Meng orige melk, suiker en eiergele en voeg
by sagomengsel.
Los jellie in kookwater op en voeg by mengsel.
Klop wit van eier styf en vou in. Plaas in yskas.
Koue Water Gemmerbier
12 bottels water.
6 koppies suiker.
1/2 blokkie suurdeegm
1/2 pakkie wynsteensuur.
2 eetl gemmer.
1/2 pakkie kremetart.
handvol rosyne.
Kook 4 bottels van die water met gemmer en suiker.
Voeg nou die ander bestanddele saam, sowel as die suurdeeg en rosyne.
Tap in bottels na 24 uur.
Lae-Vet Wortelkoek
Spray 'n cook
1 k meel (All purpose flour)
1 k volkoring meel
1¾ k suiker
2 t kaneel
2 t bakpoeier
1 t neutmuskaat
2 t sout
1 k appelsap
2 k karringmelk
6 eierwitte
3 k gerasperde wortels
3 k gekapte neute (Walnuts)
Verhit oond tot 180°C. Sprei 'n 23 x 23 cm pan met Spray 'n cook.
Meng twee meelsoorte, suiker, kaneel, bakpoeier, neutmuskaat en sout.
Klits met elektriese klitser in 'n groot mengbak appelsap, karringmelk en
eierwitte.
Voeg meelmengsel by en meng goed. Roer wortels en neute by.
Gooi in pan en bak + 40 min.
Versiersuiker:
225 g lae-vet roomkaas
225 g vet-vrye roomkaas
1 t botter
2 k versiersuiker
1 t vanieljegeursel
Meng alles saam en versier koek. Sny koek in 16 snye.
Vervanginstegnieke:
Vervang olie met karringmelk en appelsap
Gebruik eierwitte i.p.v. heel eiers
Verminder suiker en neute, voeg meer volkoringmeel by
Versiersel: Vervang gewone versiersel met vet-vrye roomkaas
Lekker Fudge in Mikrogolf
1 Blik Kondensmelk
1 Blik Kookwater
3 Eetlepelsvol Goue Stroop
6 Koppies Suiker
1 Koppie Koekmeel
1 Eetlepelvol Asyn
250 Gram Wit Margerien (Wooden Spoon)
1/2 ('n Halwe) Teelepelvol Cream of Tartar
1 Teelepelvol Vanilla Essence
Meng alles behalwe Cream of Tartar en Vanilla.
Kook alles op Hoog in Mikrogolf Oond - Kook vir 8 minute. Roer goed.
Kook vir 6 minute.
Roer 1/2 Teelepelvol Cream of Tartar in bietjie water opgelos by. Kook vir
nog 20 minute.
Roer goed en voeg Vanilla by en klop flink tot dik.
Gooi in gesmeerde 30 by 45 cm pan uit. Koel af en sny in blokkies.
Liquifruit Tert
1 Groot Liquifruit of enige ander vrugtesap
1 Pakkie Orley Whip
2 Pakkies Jellie Selfde geur as koeldrank
1 Pakkie tennisbeskuitjies
Verhit Liquifruit en jellie saam.
Klits Orley Whip tot styf. Meng met Jellie megsel.
Plaas beskuitjies onder in 'n bak en giet mengsel oor. Sit in yskas tot
gestol.
Maalvleisgereg
500 g maalvleis
250 ml koue water
5ml sout
2 ml peper
100 ml blatjang
250 ml rou rys afgespoel
uie
410 g minestronesop
285 g geroomde sampoeine
500 ml kookwater
Meng maalvleis, koue water, sout, peper. Kook vinnig sonder deksel, tot
vloeistof weg is.
Skep maalvleis in 'n bak. Smeer blatjang oor, Strooi rys oor, Strooi sop oor,
dan sampioene en laaste kookwater.
Sit deksel op of foelie. Bak 1 ½ uur by 180° C
Maaskaas Tert 1
1 houer gladde maaskaas
1 blikkie kondense melk
1 pakkie kits poeding (vir die eintlike resep sê hulle vanilla kitspoeding,
maar jy kan ander geure ook gebruik en dan gee dit 'n heel ander en lekker
smaak aan die tert)
1 pakkie Marie beskuitjies
Botter
Kaneel
Klits die maaskaas en kondensmelk saam tot goed gemeng.
Gooi nou die kitspoeding poeier bo-oor en klits vir 1 minuut lank.
Maak die mariebeskuitjies fyn en meng met gesmelte botter en gooi 'n bietjie
kaneel by.
Vat 'n tert bord, druk die koekie mengsel plat op die bodem.
Gooi nou die maaskaas mengsel daarin.
Vir versiering kan jy of gerasperde sjokolade bo-op sit of gebruik sommer 'n
flake wat fyn gemaak is.
Sit dit in die yskas om te stol.
Maaskaas Tert 2
2 x 250 g Geroomde Maaskaas
1 Blik Kondensmelk
1 eetlepel Suurlemoensap
1 Blik vrugte (youngberrie of aarbeie)
1 Rolkoek
Vlapoeier of Maizena
Klits Kondensmelk, Maaskaas, Suurlemoensap saam tot dik.
Pak 'n laag rolkoek in bak.
Gooi mengsel oor en maak gelyk.
Smeer vrugte daaroor.
Gooi vrugtesap in kastrol en kook.
Verdik met vlapoeier of maizena.
Gooi oor tert en verkoel in yskas
Malvapoeding 1
1 koppie meelblom
1 teel. koeksoda
1 eeteel botter
1 eier
1/2 koppie melk
1 eeteel asyn
1/2 koppie suiker
sout
Room botter, suiker en eier. Meng asyn en koeksoda en voeg by bottermengsel.
Voeg meel en sout by en maak aan met melk. Bak in matige oond tot gaar.
Gooi sous oor warm gaar poeding.
Sous:
1 koppie Carnation melk
1 koppie kookwater
1 kop suiker
Kook saam en gooi oor poeding
Malvapoeding 2
2 eiers ( by kamertemperatuur )
210 gm strooisuiker ( 250 ml)
15 ml appelkooskonfyt
150 gm koekmeelblom ( 315 ml)
knippie sout
5 ml koeksoda
30 ml botter
5 ml asyn
125 ml melk
Sous:
250 ml room
100 gm suiker ( 125 ml)
100 gm botter
125 ml Suid-Afrikaanse Brandewyn
Berei poeding:
Klits eiers en strooisuiker deeglik saam tot lig en donsig.
Klits appelkooskonfyt by. Sif droë bestanddele 3 maal saam.
Smelt botter en voeg by asyn en melk.
Vou droë bestanddele beurtelings met melkmengsel by eiermengsel in. Giet
beslag in middelslag-gesmeerde oondvaste skottel.
Bak in voorverhitte oond teen 180 Grade C vir sowat 45 minute.
Berei sous:
Smelt sousbestanddele saam en giet bo-oor poeding sodra dit uit die oond kom.
Steek gaatjies in poeding met vurk om sous te help intrek.
Dien warm op saam met room.
Hoop dat ek van hulp kon wees. Bak dit, en geniet dit.
Marshmallow Tert
1 blik kondensmelk
1 blik crushed pynappels
1 pakkie tennis- of mariebeskuitjies
botter
Gesnipperde marshmallows
Meng kondensmelk, pynappels en marshmallows goed saam
Krummel kors van mariebeskuitjies of tennisbeskuitjies met ¼ botter
Giet mengsel bo-oor kors en plaas in yskas om te stol.
Marshmallow Tert 2
Beskuitjiekors (Tennisbeskuitjies en gesmelte botter)
Vulsel:
1 blikkie kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
1 koppie room, styfgeklop
16 marshmallows, in stukkies gesny
1 blik crushed pynappel, goed gedreineer
6 kersies opsioneel
neute, opsioneel
Meng kondensmelk en suurlemoensap. Klits room tot styf en voeg by.
Meng marshmallows en pynappel in. Gooi in kors.
Versier met fyn beskuitjies of kersies of neute.
Melkkos
125 g spaghetti, in korter stukkies gebreek (ek gebruik sommer macaroni)
150 ml koekmeel
5 ml sout
50 ml witsuiker
1l melk
3 ekstra groot eiers, geskei
50 ml margarien
3 ml vanieljegeursel
1 ml amandelgeursel (ek sit dit nie in nie)
Kook die spaghetti in genoeg vinnig kokende soutwater tot gaar en dreineer
Meng die droe bestanddele en meng met 250ml koue melk. Klits die eiergele en
voeg by.
Verhit die res van die melk en die botter. Voeg 'n klein bietjie hiervan by
die meelmengsel en roer dan alles by die res van die melk.
Verhit oor lae hitte tot die mengsel kook en verdik. Roer gedurig om te
verseker dat die eiers nie skif op die bodem nie. Voeg die spaghetti by
Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou saam met die vanielje-
en amandelgeursel by die gaar melkkos in.
Strooi kaneelsuiker oor en dien op in sopborde met ekstra suiker indien
verkies
Genoeg vir 4 mense (Ek maak dit sommer in die mikrogolf - baie minder kans
vir flops)
Melkkos 2
500ml melk
2 eetl (maw 50 ml) koekmeel
2 eetl margarine
bietjie sout
Klits alles goed in 'n bak en sit dan in die mikro - hou aan kook (op 100%)
totdat dit styf is MAAR jy moet dit kort-kort roer - elke 1 minuut – anders
maak dit klonte.
Sodra dit dan styf is - jy sal sien dit het dan ook darem al so 'n keer of
wat geborrel - dan gooi ek net lekker baie kannelsuiker in
Roer deur en skep in bakkies - ek gooi dan sommer weer kaneelsuiker bo-oor.
Lekker eet.
Melktert met Kondensmelkbolaag
30 ml (2 eetl) Margarien
125 ml (½ kop) Suiker
2 Eiers, geskei
125 ml (½ kop) Koekmeelblom
5 ml (1 tl) Bakpoeier
Knippie sout
500 ml (2 kop) Melk
Bolaag
1 blik (397g) Kondensmelk
125 ml (½ kop) Suurlemoensap
2-3 Tennisbeskuitjies (gekrummel) (opsioneel)
Klits margarien en suiker saam. Voeg eiergele by suikermengsel en meng goed.
Voeg droë bestanddele bymekaar.
Voeg meelmengsel by eiermengsel, daarna die melk. Meng goed.
Klits eierwitte styf en vou in mengsel.
Smeer 28cm tertbak en gooi mengsel in.
Bak by 180°C vir ± 30 minute of totdat dit gaar is en ligbruin bo-op.
Meng kondensmelk en suurlemoensap saam.
Wag totdat tert 'n bietjie terug gesak het nadat dit uit die oond gehaal
was. Smeer kondensmelk mengsel bo-op warm tert
Krummel Tennisbeskuitjies bo-oor.
st
se pitkos
Klik hier
om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Nog gevleuelde
woorde van ST:
Kry waardering
van die ander geslag
'n Paar jaar gelede het ek die "Defending the Caveman" vertoning beleef.
Daarom was dit lekker om dit onlangs ook in Afrikaans te kon ervaar,
naamlik "Groet die Grotman". Die week daarna het ek ook "Groet die
Grotvrou" gesien.
Hierdie vertonings gee nogal 'n goeie insig in die verskille tussen mans
en vroue. Veral die "Groet die Grotman" slaag myns insiens goed daarin
om die verskille tussen die twee geslagte sinvol uit te lig. Die
vertrekpunt is dat mans en vroue oor duisende jare heen verskillende
rolle ontwikkel het en dit is steeds vandag in ons gene, gedagtes en
gedrag sigbaar.
Hoe beter jy hierdie verskille tussen mans en vroue verstaan en begryp,
hoe meer suksesvol kan jy in 'n verhouding met die teenoorgestelde
geslag verkeer. Jy verstaan dan ook die teenoorgestelde geslag se
behoeftes, wense en gedrag beter. Ons kan maklik geïrriteerd raak met
die optrede en maniertjies van die teenoorgestelde geslag, maar met
beter begrip is aanvaarding van die ander geslag soveel makliker.
Die man se rol oor die jare was om as jagter en beskermer op te tree.
Die man het met sy spies uitgegaan en diere doodgemaak vir kos. Wanneer
die man suksesvol was in sy jagtog het hy die bewondering van die stam
en vroue gekry. Die swakker jagter en meer sensitiewe man wat nie 'n
dier kon doodmaak nie, is deur die vroue as minderwaardig beskou. Dus
hoe sterker, aggressiewer en meer suksesvol die man was hoe meer het hy
vroue se bewondering gekry.
Dit word ook gesê dat die suksesvolle jagter - as die held van die stam
- geleentheid gekry het om seksueel met die vroue te verkeer as beloning
vir die kos wat hy ingebring het. Met ander woorde dis die suksesvolle
jagter wie se gene van geslag tot geslag oorgedra is. Manne sal vandag
nog uitgaan as jagters en poog om suksesvol te wees en vroue te beïndruk.
Die man is dus geneties geprogrammeer om 'n suksesvolle jagter te wees,
want hierdeur verkry hy sy kos en seksuele omgang met vroue.
Die moderne man leef steeds met hierdie genetiese predisposisie om
suksesvol te wees en nie foute te maak nie. Hy doen dit om die vrou in
sy lewe te beïndruk. Om sukses op die jagveld te kon wees moes die
oerman leer om te kon fokus op een ding, en dit is om sy prooi dood te
maak. Hierdie dryfkrag is steeds gesetel in die gene van vandag se manne.
Die moderne man is dus ingestel en geprogrammeer om op een ding op 'n
keer te fokus. Dit is die rede waarom 'n man infokus op een ding soos
die televisie of rekenaar en homself daarin 'verloor'. Soms kan dit 'n
vrou frustreer, want anders as 'n man is sy meer instaat om verskillende
take gelyk te doen.
Die oervrou se rol was teenoorgestelde van die man. Sy moes by die grot
bly, kinders grootmaak en haar besig hou met die ander vroue se
geselskap. 'n Belangrike aspek van die vrou was om haarself mooi te maak,
sodat sy aantreklik vir 'n man sou wees.
Hoe mooier die vrou was hoe groter was haar kanse dat 'n man in haar sou
belangstel en vir haar sou versorg. Dit het daartoe gelei dat vroue baie
ingestel geraak het om hulself mooi vir die man te maak. Die vrou is dus
oor die eeue heen geprogrammeer om haarself begeerlik vir die man te
maak.
Terwyl die man in die jagveld was moes die vrou die kinders versorg en
ook die grot skoonmaak en versier. Die vrou se taak was dus meer om en
by die huis. Vandag is dit steeds so dat 'n vrou emosioneel die
huisgesin versorg en 'n tuiste vir haar gesin wil skep.
Daarom moet die man verstaan dat 'n vrou haarself mooi vir hom maak en
dat sy emosioneel 'n behoefte het aan die erkenning en waardering van
haar man. Wanneer 'n man dus teveel aandag en tyd aan ander dinge
spandeer soos werk, gholf en kuier saam met sy vriende, is dit baie sleg
vir die vrou. Sy maak haar juis mooi en skep 'n lekker huisatmosfeer ter
wille van die man - en sy benodig sy erkenning hiervoor. Daarom is dit
nodig dat 'n man sy vrou se gevoelens respekteer en vir haar vertel hóé
hy haar waardeer.
Hierteenoor wil 'n man ervaar dat hy gerespekteer en waardeer word as 'n
suksesvolle en sterk versorger in die oë van die vrou wat hy liefhet.
Daarom is dit nodig dat 'n vrou vir 'n man erkenning sal gee vir sy
manlikheid en vir hom vertel hy is die held in haar lewe.
Hierdie is redelike veralgemenings en ek wil nie enige man of vrou
hiermee stereotipeer nie, maar tog is hier ook groot elemente van
waarheid hierin. Wanneer jy die basiese hiervan verstaan, is dit soveel
makliker om in 'n beter verhouding met jou maat van die teenoorgestelde
geslag te staan en sy of haar waardering te kry.
'n Sprankie wysheid vir die dag
"Onthou, Ginger Rogers het elke ding gedoen wat Fred Astaire gedoen het,
maar agteruit en in hoë hakskoene." - Faith Whittlesey -
Die boekie "Staan op vir Jouself" is beskikbaar en sluit onder andere
verwerkte artikels van my in. Die boekie is 56 bladsye. Koste is R40 per
boekie en R20 posgeld indien aan u gepos moet word. Die boekie is ook
beskikbaar by my praktyk. "Staan op vir Jouself" is vir elkeen wat droom
om uit die ashope, uit die ellende en hartseer van die lewe op te staan.
Die werklikheid en die statistieke dui daarop dat mense vasgevang sit in
hul mislukkings, hartseer, pyn en teleurstellings. 'n Swak selfbeeld en
vrese hou mense terug om hul volle potensiaal te ontgin. In hierdie
boekie sal jy op 'n praktiese, nie-nonsens manier en sonder die gebral
van spogwoorde 'n gids vind om jou drome te herwin en vir jouself op te
staan. Hierdie boekie is nie net 'n boekie vir jouself nie, maar 'n
ideale geskenk en aanmoediging vir iemand wat vasgevang sit in sy / haar
omstandighede en weer rigting en aanmoeding benodig om op te staan.
Die R60 kan inbetaal word by:
Naam: ST Potgieter
Bank: Standard
Tak: Tyger Manor
Takkode: 052-749
Rekening: tjek / lopend
Rekeningnommer: 030496764
Die deposito bewys - plus jou naam en posadres - kan gefaks word na
0866336674. Spoedig sal jy "Staan op vir Jouself" in ontvangs neem.
Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
Soek jy plek om te gaan kampeer?
Klik dan hier!
Skooltake??
Klik hier
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry,
klik net hier.
Nieltjie se Stories - Kinderstorie CD in Afrikaans -
Klik hier
Lees alles oor
Bloedrivier:
Klik hier
150x90cm ou Suid-Afrikaanse vlae te koop
@ R125 elk, posgeld uitgesluit. - Kontak gerus
Roelof of Ronel by 012-3332932
Skoorkos is 'n blog wat resepte in
geselsvorm, in Afrikaans, vir die gretige kosmaker bevat.
Teken in /Teken uit / Kontak |
Teken hier
in op die poslys en lees ook die argiewe.
Om uit te teken, stuur vir my 'n
epos
en dui jou naam aan asook die eposadres waaronder
jy ingeteken is
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart!
|
|