Onbeskaamd Afrikaans!

 

 

Nommer 129

Besoek my Webwerf

15 Oktober 2008

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Steve se Spoegblok

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! Hier is sommer baie leesstof, so sit terug en geniet jouself.

Daar is kindertjies van ons mense wat hulle Kerslysies opgetrek het. Hier is van die goed wat hulle so graag spu wou ontvang van Kersvader : Remoud karretjies of 'n rappie bal of 'n riemoud bootjie . Skytbord of nr 6 skoene of arem horlosie asb. Ek was mos eenmaal vir 'n paar sekondes Kersvader. Ek het vir Elsabe gaan fotos neem by een van hulle Kersfunksies in Elandspoort. Die kindertjies het juis klaar gesmul aan die lekkernye en nou het hulle net vir kersvader met die geskenke gewag. Hy sou agter op 'n groot lorrie wat soos 'n sle opgemaak is arriveer' ek het by die hek gaan staan sodat ek 'n goeie foto kon kry. Hy was egter laat en ek draai toe om en begin na die gebou toe terugstap toe een klein seuntjie om die hoek kom, verstar in sy voet spore en kliphard gil: HIER IS KERSVADER!!! Ek het mos 'n wit baard en die outjie dog toe ek is Kersvader! In alle geval, ek het sy dag gemaak!!!  Gaan nou asseblief hieronder na die Danville afdeling en doen net IETS om hulle te help. Ek, en Elsabe hulle sal jou ewig dankbaar wees!

As enigiemand van julle 'n Sharks rugbyspeler ken, kontak hom asb, daar is een van die outjies wat vreeslik graag 'n Sharks rugbytrui wil h. Laat my asb weet of julle so iets kan organiseer. Ek soek die genuine ding, wat nog van 'n getekende rugbybal ook??? Komaan, ons kan dit doen! Kontak my asb

Wie van julle onthou nog die botteltjies Lennons Medisyne? My pa het vir jare 'n plaaswinkel gehad en ek onthou nog die rye en rye Lennons botteltjies. Wel, dis nog steeds beskikbaar. Iemand het vir my 'n handige handleiding gestuur oor die gebruik van hierdie medisyne, gaan af na die pasella afdelin en laai die handleiding af.

Ek gaan verder met die alfabet met die resepte, gaan kyk maar verder na onder na Resepte.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Ek het 'n verskeidenheid skrywers wat bydraes lewer, gaan lees gerus ondertoe.

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto, die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hor! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Estelle de Bruyn

Estelle is werksaam by die Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibi. Sy het spesial versoek dat ek die volgende plaas, ek doen dit met graagte:

Boereverneuker

EN so soek ek vir die woorde lelike woorde wat n mens nie kan gebruik in n koerant wat deur gesinne en families gelees word nie. Dis woorde wat biggel op die punt van my lippe. Vloekwoorde.
Om n bouer te beskryf wat my geld gevat het en vir my verneuk het.
In die ou dae het hulle gepraat van n boereverneuker n boer wat mense verneuk het. Wees gewaarsku. Hier in Windhoek loop so n blrrie boereverneuker vandag nog rond en swendel jou uit jou hard verdiende inkomste voor jy kan s mes en vurk.
Hy staan kiertsregop en luister na wat jy verwag, gaan kyk persoonlik en gee vir jou n kwotasie vir die bouwerk en regrukwerk wat jy aan jou huis gedoen wil h. Dit klink billik. Jy aanvaar en hy onderneem om die kleinerige regrukaksie binne twee weke vir jou te vermag.
Hy lyk soos die boerseun vir wie jy die sleutels van jou huis sal gee om dit vir n hele Desembervakansie op te pas terwyl jy by die see uitspan, maar heelaas. Die storie van die duiwel. Ja, dis waar, hy kom na jou in die gewaad van n boerebouer.
Die werkers daag op by jou huis, maar van mnr. Boerebouer self is daar geen teken nie. Die werkers verdwyn laatmiddag. Ander mense daag die volgende dag op en so fluit jy fluit-fluit jou dag deur, die bouers woeker daar op jou erf. Jy is gewoond aan n ou soos Ian wat toesig hou en gatskop en seker maak alles is reg.
Op n dag stap boerebouer by jou kantoor in. Alles is klaar, alles is reg. Kan jy die oorblywende deel van die geld aan hom oorbetaal. Natuurlik. Jy tel die foon op en bel vir Meisie by die bank. Sy doen die oorbetaling onmiddellik. n Man, en ek bedoel Man met n hoofletter M sal nooit geld vra vir werk wat nie eksie-perfeksie klaar is nie. Fluit-fluit stap jy huis toe en gaan pronk in jou nuwe verbetering.
Helaas.
Dis die nagmerrie van alle bouwerk waarteen jy jou hele lewe lank gewaarsku is en waaroor jou vriende en kennisse gekla het. Hou n retainer, moenie al die geld betaal nie, het hulle gemaan, maar jou vertroue in jou medemens het jou laat dink dis nie nodig nie.
Jy glo nie jou eie o nie. Boerebouer en sy trawante se handewerk staar jou met balke in die o in die gesig. Jy huil eers. Dan ontken jy dit. Ek het my verbeel, sal more weer gaan kyk en net dubbel seker maak dat ek reg gesien het. As die son skaars oor die horison loer, gaan maak jy dubbel seker. Die naakste van naakste werklikheid konfronteer jou. Jy knak. Jy bel die bank en probeer die geld wat jy oorbetaal het terugkry, maar helaas, Boerebouer was te rats, dis alles getrek. Jy is hulpeloos, weer eens vrou alleen.
As jy hom konfronteer, verander hy onmiddellik in daai hanged dog-beeld. Sy skouers hang en hy lyk pateties.
En dan betwyfel jy jou eie oordeel. Miskien ek is net vol nonsens, te fienietjie, te wat ook al. En jy bel vir Ian wat soos n ridder op sy splinternuwe witperd daar aankom en jou ergste verwagtinge bevestig. Dit was die grootste con wat nog ooit in die boubedryf getrek is. Boerebouer het jou ge-con.
Maar hy beloof hy maak reg en ruk hom liederlik op dat jy hom "vloek". Ten minste kom hy om sy foute reg te maak en hardloop nie weg nie, wys hy jou tereg.
Gmmf! Wat wou. Dit bly 'n stukkie handewerk waarmee jy in lengte van dae opgeskeep sal sit, wat geen agterna gepoets en gekarring en gekou ooit weer sal regkry nie tensy jy weer jou swaarverdiende geldjies uithaal, iemand anders kry om die geknoei ongedaan te maak en van voor af te begin.
Wees gewaarsku. Die Boerebouer is nie 'n legende nie. Hy is "alive and well and living in Windhoek".

Die Slag van Bloedrivier - 170ste herdenking

Dit is hierdie jaar die 170ste jaar na die slag van Bloedrivier en dit word herdenk met spesiale feeste wat op verskeie plekke in die land gehou gaan word. Bloedrivier Gelofte 170 begin op 21 November by die Voortrekkermonument. Vanaf 21 November tot 6 Desember word Bloedrivier gebring na die volgende dorpe:
* Krugersdorp
* Bronkhorstspruit
* Witbank
* Middelburg
* Standerton
* Bethal
* Ermelo
* Piet Retief
* Newcastle
* Vryheid

Die Krugersdorp been geskied op 22 November 2008 by die Paardekraalmonument.

Die Bloedrivier Gelofte-herdenkingskomitee verskaf verskeie items vir die program.
Gedurende hierdie fees word die gelofte herbevestig en elke feesganger kry die geleentheid om op 'n baie spesiale manier hom/haar te vereenselwig met die Gelofte van Bloedrivier.

Die Bloedrivier Herdenkingskomitee voorsien die die volgende items:

* 'n Kakebeenwa wat deur die dorp getrek gaan word.
* Coreen en haar orkes.
* Antieke Bybel en teologiese boeke uitstalling waarvan die oudste boek in 1645 gedruk is.
* Perde vir optog.
* Geskiedkundige vlae vir optog en ander gebruik.
* Spreker wat ook gelofte herbevestig.
* Verkope van DVDs en boeke oor die slag van Bloedrivier.
* Verkope van historiese vlae en verskeie ander items.

Daar word 'n bus gereel vanaf Pretoria vir hierdie dag. Indien u belangstel om met die bus te kom, kontak asb vir Johan Joubert by louwjoubert@gmail.com

Reageer op die persoonlike boodskap hier

Mooiloop op Facebook

Ja, Mooiloop het ook 'n profiel op Facebook, klik hier en kom sluit aan!

Gaan kyk sommer na Mooiloop se webwerf ook, klik hier vir lekkerkyk en lekkerlees in lekker Afrikaans.

Wat laat jou dink dat dit my gunsteling tydskrif is? Hulle het sulke lekker aanbiedinge as jy op die tydskrif inteken, ek is al so ver vooruit ingeteken dat hulle naderhand die tydskrif in die begraafplaas sal moet aflewer!

Besoek ook gerus Mooiloop se webwerf. As jy by die webwerf is, klik op Blogs, daar kan jy van my en ander Bloggers se stories lees.

Facebook

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde.

Lawwe Boererate

Ek glo vas dat meeste van ons ou Boeterate regtig werk, maar daar is party van hulle wat darem 'n bietjie dik vir 'n daalder is, in die volgende paar uitgawes gaan ek 'n paar hier weergee. My kommentaar in blou.

Mens gaan nogal sukkel om deesdae van die bestanddele te kry:

OMLOPEMaak 1 XXX extra strong peperment effens klam en sit op die omloop. Sodra daar n gat in is dan sit jy n varse op. (Eet omlope ekstrastrongs?)

OSwak oDra goue oorbelle as jy swak o hetdit help. (Ten eerste dra ek nie oorbelle nie en ten tweede kan ek nie goues bekostig nie!)

OSeer oNeem baba se eerste nat doek in die oggend en vee sy ogies daarmee uit en ook dikwels deur die dag. (Jy speel seker!!!)

OOog wat uitspringWas mooi met lou watermoet nie die oog seermaak nie. Druk die oog dan versigtig weer terug en sit koue kompressie op. (Jy wil mos na mooi meisies loop en kyk!)

OKarkatjieMens moet net dat n verwagtende moeder 3 keer oor die karkatjie vee met haar vinger en dit sal weggaan. (Nou waar kry ek nou 'n verwagtende moeder? )

OKarkatjieAs die karkatjie oopgaan neem van die vuilgoed met n garingdraad en ent dit op n boomverkieslik een wat nie blare weggooi nie. (En as die boom vrek?)

My Boererate eBoek bevat bykans 2000 Boererate en kos maar net R60, ek stuur dit sommer per epos.
Kontak my vir besonderhede  peter@peterjasie.co.za

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf Ek het onlangs nog Cheetah fotos bygesit.

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Anna se Kombuis

Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou. Klik gerus hier en kyk na haar resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar! As jy besluit om van haar boeke te bestel en jy noem dat jy daarvan hier te hore gekom het, sluit sy my Kampkosresepteboek gratis in!

Anna het nou nog nuwe resepteboeke beskikbaar, stuur vir haar epos vir besonderhede.

Kontak sommer dadelik vir Anna en plaas jou bestelling:   anna@minimax.cc . of 0822946799

Afriforum Jeug se Hok Blog

Klik hier en ondersteun die veldtog asseblief!

Africana en ander boeke

Maroela Boeke en Tierberg Boeke - Ek het hulle Oktober katalogus sopas ontvang. Regs klik hier om dit af te laai.
Daar is ook 'n groot versameling Africana te kry by www.abebooks.com . Tik net Africana in die soekblokkie

Die Danville Hulpgroep

Nuusbrief 02 Oktober 2008

Goeiemre vriende,

Oor 3 maande is dit Kersfees! jaar propvol lief en leed, maar met die vertroue dat die laaste drie maande van die jaar gesend sal wees met oorvloed van genade, vreugde, voorspoed en liefde. Met ons Hemelse Vader aan ons sy, kyk ons met groot verwagtinge vorentoe en weet ons dat HY so getrou is!

Na so bietjie van slakke-pas is ons nou volstoom aan die gang! Dit is Kersfeestyd!..

Die wenslyste begin inkom en ek gaan van die wense weer soos in die vorige jare met almal deel. Die spelling is soos wat dit op die wenslys staan - verskoon maar 'n paar - maar dit maak die wenslysie nog meer kosbaar!

BY DIE KINDERS:-

7 jarige seuntjie vra:- Remoud karretjies of 'n rappie bal of 'n riemoud bootjie asb.
12 jarige seun vra: Skytbord of nr 6 skoene of arem horlosie asb
8 jarige seuntjie vra: Skone size 11 of speilgoed of 'n fiets asb
2 jarige outjie vra: Swemtjoep met 'n frokkie of groot trok of groot speelbal asb
11 jarige seuntjie vra: Fiets groot asb of 'n rugby set die bal met 'n place bakkie asb
10 jarige seuntjie vra: Christelike DVD of klere of DVD met kinderstories groot asb
11 jarige seun vra: Boycikel (fiets) of 'n groot truk of 'n sakerball (Sokkerbal)
17 jarige seun vra: Sharks trui medium of sharks duvet stel vir enkelbed asb

9 jarige dogtertjie vra: Baby born of baby born se prem asb
5 jarige dogtertjie vra:- Pop wat praat en 'n opblaas swembadjie asb
8 jarige dogtertjie vra: Baby born wat kan piepie en praat of 'n prem vir die baby pop!
8 jarige dogtertjie vra:'n New born baby of 'n Bratz poppie of enige lekker badgoedjies
10 jarige dogtertjie vra: Barbie pop of badgoedjies of hare goed asb
16 jarige meisie vra: Horlosie wat sal hou, juwele en haarknippies en alyceband asb
16 jarige meisie vra: Gremering (stel) of Hip-hop cd (Chris Brown) Naelstel (tips)
7 maande dogtertjie: Prem of tedbears of 'n pink towl asb

BELANGRIK

Dit maak egter nie saak wat/hoeveel 'n persoon skenk nie - elke geskenkie is bitter welkom en gaan 'n hartjie baie bly maak. Ons verpak die geskenke in mooi kleurvolle plastieksakke. Dit is baie handig en ons vul dit meeste van die tyd nog met lekkers en somtyds ook kruideniersware op. Die bedrag per geskenk is R80.00 asb. Ek glo dat mens hiermee 'n lieflike geskenk vir elkeen kan koop. Ek wil nie graag skryfboehoeftes vir die kinders gee nie, dit doen ons aan die begin van die nuwe skooljaar. 'n Kersgeskenk moet 'n heerlike bederfie wees!!! 'n lekker "nice to have"!!! Ons gaan ook massas eetgoed, lekkernye, koeldrank ens. moet insamel. Bystand hiermee sal ook waardeer word. Ek gaan weer individuele funksies hou. Verlede jaar se funksies was 'n reuse sukses en baie meer persoonlik omdat daar kleiner getalle was. Ons het ook 'n hele paar Kersvaders nodig!? Indien u 'n geskenk wil borg, kan die betaling direk in ons rekening gemaak word met die vewysing: Kersfees 2008 asb . Dan weet ons waarvoor om dit aan te wend.

'n Baie belangrike aspek hierdie jaar is weer die toedraai van die geskenke. Ek wil vra dat die geskenke nie toegedraai moet word nie asb. Ongelukkig is dit so dat party items wat inkom nie altyd geskik is nie. Party geskenke kos baie meer as die bedrag wat ons voor vra en dan is daar weer geskenkies wat baie minder kos - want almal gee volgens dit wat hulle kan bekostig. Op die manier kry party kinders dan baie meer as ander. Ek weet dat emosies soms oorneem wanneer die geskenke gekoop word. Maar dit belangrik dat almal regverdige geskenke kry. So kan een artikel genoeg wees en by ander kan ons 'n paar items inpak om dit op dieselfde bedrag te kry. Geld is ook nodig om aan te vul waar nodig.

Die finale Kersfeesfunksie datums sal volgende week uitgestuur word.

Dit lyk asof ons hierdie jaar weer meer as 3000 geskenke moet insamel!

Daar is genoeg tyd hiervoor, aangesien ons vroeg begin. Die funksies sal in die laaste 3 weke van November gedoen word, sovr moontlik.

ALGEMEEN

Op hierdie stadium gaan dit maar erg beroerd met die finansies en kos - wat te verstane is! Nadat ons die klere uitgedeel het wat nodig is gebruik ons nou die oorskot om te verkoop vir fondse om kos aan te koop! Dit is glad nie voldoende nie maar ons slaan darem op 'n manier net die vure dood hiermee.

Ons het dringend kruideniersware en klere nodig - groot asb!

Kyk uit vir volgende week se nuusbrief asb, dan sal ons van die bejaardes se wense uitstuur.

Help ons asb om die nood te verlig - dit word elke dag net erger!

Groete

Elsab

Gaan asseblief na die webwerf en kyk dan of jy moontlik kan help.
 

Bankbesonderhede:
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926

Aflewerings adres:-
286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
PS Bel asb voor jy ry

Boeremusiek baanbrekers

Hierdie gaan nou 'n gereelde item word. Ek is bly om te sien dat die Boeremusiek tradisie nog so sterk staan....

Boetie Kallis

Oorlede Boetie Kallis het die dubbelaksie konsertina bespeel. Daarby was hy 'n virtuoos met die vrotorrel, oftewel knoppiesakkor-deon. Hy was ook 'n wenner by die TV kompetisie en sal veral onthou word vir sy Platboompolka en sy Visserswals. Sy broer Jack is ook 'n steunpilaar in die Boeremusiek-geledere.
 

Bron: 15 Goue Jare:  1989-2004  Boeremusiekgilde  

Pasella

Regs klik hier om die Lennons medikasie handleiding af te laai.

Zalome se Afrikaans op die Net

Teken in vir iets besonders, klik net hier

Peterjasie se Boererate eBoek

eBoek met om en by 2000 Boererate, net R60. Ek stuur sommer per epos en jy betal dan die bedrag in my rekening in, so maklik soos dit. Kontak my vir betalingsbesonderhede. Ook in Engels beskikbaar, laat my maar net weet. Met elke bestelling gee ek gratis afskrif van "Boererate en Verbruikerswenke" eBoek
 

 

Click Here Now!

Click Here Now!

Dial Direct Insurance

 
Afrikaanse Gedigte

Nog iets nuut, ek skryf ook nou en dan en op sy tyd kan ek posie ook lees. Ons Afrikaanse onnie op skool was besonders en het my 'n liefde daarvoor laat aankweek. Dit wys net weerens hoe 'n mooi taal Afrikaans is.

Wys My Die Plek

Wys my die plek waar ons saam gestaan het,
Eens, toe jy myne was -
Vroer, voor jou liefde vir my getaan het,
Vroer, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde; die silwer see
Blink in die sonskyn, soos lang verlee
Dit eenmaal geblink het, 'n welkomsgroet
Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.

Wys my die plek waar ons saam gekniel het,
Eens, toe jy myne was -
Vroer, toe een siel vir ons saam besiel het,
Vroer, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde; die hemel, blou,
Lag soos voorheen op my en op jou;
Dit skitter nog altyd 'n welkomsgroet
Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.

Wys my die plek waar ons saam geloop het,
Eens, toe jy myne was -
Vroer, toe ons harte so veel gehoop het,
Vroer, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde! Net jy nie. Vra,
Wie van ons twee moet die meeste dra?
Jy wat vergeet het - of ek wat boet
Vir my liefde wat uithou en alles vergoed?

C Louis Leipoldt (1880-1947)

Dankie aan  Woorde.co.za

Wilson's XXX Extra Strong Peppermints

My gunsteling suigswietie. Koop gister weer twee pakkies, nou al R20 elk, ek kan onthou toe hulle 'n tiekie was! Maar nou het iemand aan my swieties gaan staan en karring. Hulle is nie meer lekker plat nie, hulle het boepensies, met abre woorde, ek kry minder XXX vir my geld. Oook is hulle nie meer lekker XXX nie, hulle is net X of op die meeste XX. Gee vir my weer my plat XXX'e!!!

Alleenloper samekoms - 26 Oktober - Centurion

Kuier gesellig saam met ander Alleenlopers van oraloor.
Ontmoet nuwe vriende en vriendinne.
Middagete & Kontant Kroeg beskikbaar
Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
Tel 012 667 5317
076 105 7747 nie sms asb
meetamatch@telkomsa.net

Kos stories - Frik Lombaard

Die program op TV nou die aand het my weereens die belangrikheid van reg eet laat besef-Peter

Tamatiesous met slaptjips, absoluut njammies!

Tamatiesous

Waneer n mens die dag blond is dan is is daar nie pille of verskonings nie. n Hele rukkie sit ek ek dink waar kom die heerlike sous vandaan. Ek begin om my navorsing te doen op die internet maar ek soek al wat n website deur vir die geskiedenis van Tamatiesous. Ek kry allerhande goed behalwe tamatiesous se geskiedenis. En net daar is ek sommer kwaad vir die Amerikaners omdat hulle nie die stukkie geskiedenis vir ons opgeteken het nie. Net daar slaan dit my tussen die o dat die Amerikaners noem mos nie tamatiesous nie op sy naam nie maar Ketchup.

In die 1600s het Engelse en Nederlandse seevaarders n souterigge ingelegde vis van China af gebring. Die vis is ingel in n tipe van soya of oestersous. Iets wat nie naby aan die tamatiesous van vandag is nie. Die sous is 'ketsiap' genoem. Soos die tyd aangestap het, het die sous van vorm en naam verander. In 1690 word die sous die eerste keet 'catchup' geneom en variasies van die sous word op die strate van Engeland aangetref, nl sampioene, anchovies en oesters.

In 1711 verskyn die naam ketchup die eesrte keer. In 1727 in Elizabeth Smith's The Compleat Housewife, word die eerste Ketchup resep gepubliseer. Niks naby aan tamatiesous nie. In Amerika (waar anders) word die ketchup van tamaties gemaak terwyl die Britte vasstaan met hulle sampioene sous. Met die jare het verskeie Amerikaners probeer om tamatiesous te bemark maar hulle was nie baie suksesvol nie. Totdat Heinz Tamatiesous gemaak het. Heinz is die standaard vandag in die wreld mark. Volgens gerugte het Heinz se formule nog nooit verander nie. Hulle het nog nie Wellingtons se Tamatiesous probeer nie, wat volgens my beskeie mening enige ander Tamatiesous stof in die o skop.

Tamatiesous is en bly gewild. Daar is n paar mense wat hulle Tamatiesous saam met snaakse goed eet. Soos Richard Nixon wat Tamatiesous oor sy Roomkaas gegooi en geeet het. Een of ander roomys vervaardiger het ook al probeer om Tamatieous roomys te maak. Daar word gereken dat daar in 97% van alle huishoudings in Amerika Tamatiesous is.

Behalwe dat dit lekker is, het tamatiesous ook lycopene, wat n antioksidant is en die risiko van Kanker verminder. Lycopene, as ek reg kan onthou word vrygestel wanneer tamaties verhit word.

My Ma het altyd die storie vertel van my broer wat so 5 jaar oud was. Hy het so op die kombuisvloer gesit en speel en skielik het hy baie siek geword en bloed opgebring. Sy het dadelik die Dr gebel en hy het uitgekom (Waar is daardie goeie ou tye). Die Dr het my broer ondersoek en so gekyk na wat uit my broer gekom het. Hy het daaraan geruik en toe aan my Ma gevra waar ber sy die Tamatiesous. My broer het omtrent die hele bottel tamatiesous opgedrink. Vandag is hy nog steeds nie lief daarvoor nie.

Dit bly maar lekker oor enige kos. Maar wat sal n bord slaptjips sonder n homp tamatiesous wees.
 

Agterpad Reisnotas - versamel deur Braham van Zyl

Ek luister mos een Saterdagoggend na Amor Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg een van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te kom. (Eposdres onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nuubrief uit.

n Nagmerrie agterpad ondervinding in die Ceres-Karoo

Jetty Salomons het geskryf en die volgende vertel:
Ek wou al lankal vertel van n ondervinding toe ons 'n agterpad gery het. My wens was nog altyd om uit te vind hoekom dit so koud is op Sutherland. S draai ons toe een laatmidddag in Maart 2005 by Matjiesfontein van die N1 af Sutherland toe. So 37 kilometer voor Sutherland wys 'n bord na die R356 grondpad na Ceres. Ons moes egter eers diesel op Sutherland gaan ingooi voor ons hierdie agterpad kon aanpak. Die mense van die vulstasie het ons vertel dat dit 'n baie eensame pad is
Hoe verder ons die pad gery het, hoe meer kon ons agterkom wat hulle bedoel het met eensame pad. Alle plase langs die pad was verlate. Geen mense, hoenders of honde was rens te sien nie. By plase wat verder weg van die pad l is die hekke stewig vasgemaak met dik kettings en slotte. Daar is ook geen selfoon ontvangs nie.
Teen vyfuur die middag ry ons so 60 kilometer van Sutherland af by 'n motor langs die pad verby. Toe ons verby ry, sien ons dat dit verlate is, en manlief het dus aangestoot. Ewe skielik sien ek toe in my truspieltjie, dat 'n vrou agter die bossies uitspring terwyl sy driftig met die arms waai. Aan die manier van haar waai kon ek sien dat sy hulp nodig gehad het.
Dis toe 'n dame van seker so oor die 70 jaar. Sy en haar man het al die vorige oggend 9 uur moeilikheid opgetel met hulle motor, toe hulle op pad was na Sutherland om die sterrewag te gaan besoek. Ons was toe die eerste motor wat in twee dae se tyd daar verbygekom het.
Dit was die vorige dag oor die 40, en hulle drinkgoed was gou reeds opgebruik. Die volgende oggend besef hulle toe dat hulle hulp sou moet kry, en so het die man die pad terug geneem om te kyk of hy by die gasteplaas wat hulle op 'n stadium verbygery het, kon uitkom.
Ons het die vrou saamgeneem, en stadig gery om te kyk of ons haar man nie langs die pad sou kry nie. Sowat 45 kilometer verder het ons toe by die Inverdoorn gasteplaas gekom. Die man was egter nie daar nie.
My man het toe die polisie op Ceres gebel om hulp te vra, maar hulle het geensins belanggestel om te help nie. Die meisie in beheer van die gasteplaas was gelukkig baie behulpsaam. Terwyl ons nog besig was om te besluit wat ons moes doen , het daar 'n bakkie met die verlore man aan gekom. Hy was rooi verbrand en nie in staat om een tree te loop nie. Ons het vroer by hom verbygery waar hy het onder 'n bossie gel het om boedel oor te gee. Ons motor se geluid het hom laat besef dat hy verder moes gaan. Gelukkig het daar ander mense verby-gekom, wat die naweek op een van daardie verlate plase deurgebring het. Alles het goed afgeloop. Nou wil ons kinders nie meer h dat ek en manlief enige agterpaaie moet ry nie!

Skryf vir Braham en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy reisbeskrywings direk van hom af! e-pos :
info@explore-sa.com

Glimlag!
 
 


Afwesigheidsbriefies

* Verskoon asseblief Lisa se afwesigheid. Sy was baie siek en die dokter het ges sy moet dit afslaap, en toe het ek haar laat uitsit.
* Geagte Skool, Dawie was afwesigheid gewees op Maart 29, 30, 32, 32 en ook 33.
* Joylene was nie by die skool nie, want hulle het haar verstaantande geslaag.
* Verskoon asseblief vir Pierre, dis sy pa se skuld.
* Santie was nie by die skool nie, want ek is 'n enkelouer en was in die bed met Giep.
* Maryann was awesig van die 11e tot die 16e. Sy het 'n keel, 'n maag en 'n kop. Haar sussie ook. Daar moet iets aan die gang wees, want hulle pa was ook gisteraand warm.
* My dogter was gister afwesig, want sy was moeg. Sy was op 'n KJV kamp en het 'n rowwe naweek gehad.
* Sally wil liewers vandag na 'n begrafnis toe gaan.
* Jennifer was gister nie by die skool nie, want ons het gedink Maandag is Sondag.
* Vir wie ook al hierdie moet lees - Janco sal nie more skooltoekom nie, hy en sy pa is op jag.
* Jan-Jan het nie sy huiswerk gedoen nie, nou dwing hy my om 'n verskoning uit te dink. U is sy klashoof, dink u liewers een uit. Ek het vyf kinders en 'n man en is op gedink.

'n Senior burger was eendag besig om op die snelweg te ry toe sy selfoon lui. Toe hy antwoord hoor hy sy vrou se stem wat hom dringend waarsku : Herman wees asseblief versigtig ! Ek hoor nou op RSG dat daar 'n motor is wat in die verkeerde baan op die N1 ry.
Herman : Deksels ! Dis nie net een kar nie ! Dis honderde van hulle !!
 
Voetspore

Onthou om elke Vrydagmiddag om 18h00 op TV2 na my gunsteling program, Voetspore te kyk. Ek sou SOO graag so 'n avontuur wou meemaak!
 

 
Resepte

Hier is resepte van 'n Word dokument wat iemand my lank gelede gestuur het, ek begin sommer heel voor en werk deur die alfabet:

Ow-Ow Brand Sous

15 chillies
1 groot ryp mango
1 koppie aangemaakte mosterd
1 koppie bruin suiker
2 koppies bruin asyn
1 groot lepel elk van: Kerriepoeier, komynpoeier, chilliepoeier, gemmerpoeier, fyn neutmuskaat, seldery saad, allspice en kaneelpoeier
sout en peper na smaak
1 kg tamaties
2 uie
Blits al die vrugte, groente in n voedselverwerker tot mooi fyn of anders sny alles in stukkies
Meng by al die ander bestanddele en prut vir ongeveer 2-3 uur. Roer so nou en dan.
Ek moes noodgedwonge maar effe-effe proe en dis die dat ek toe in die kombuis rondspring en s, OW OW. Hierdie sousie is beter as daardie lipplompers wat die lippe veronderstel is om groter te laat lyk deur dit te laat tingle, glo my, die sous tingle!
Ek het nie veel bekommer oor al die bestanddele nie, het sommer n paar ryp perskes ook bygesit, en n bietjie meer bruin suiker en asyn, dit hang seker af of jy n dunner of amper 'chutney'-tipe konsistensie soek. Die reseppie is baie aanpasbaar.
Wees versigtig dat jy nie aan jou o vee as jy die chillies hanteer nie.

Pampoenpoffertjies in Stroop


500 ml fyngemaakte pampoen
250 ml bruismeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
kookolie
15 ml botter
325 ml suiker
200 ml melk
40 ml mielieblom
175 ml koue water
kaneel
Meng pampoen, bruismeel, bakpoeier, sout en eier deeglik. Skep teelepels in warm kookolie. Braai goudbruin en gaar.
Dreineer op bruinpapier en skep op opdienskottel. Verhit botter, suiker en melk tot kookpunt.
Los mielieblom in water op en roer in 'n straaltjie by melkmengsel. Verhit tot kookpunt en skep oor koekies. Dien warm op.

Pannekoek

Vol Resep (Halwe Resep in hakies)
6 Koppies Koekmeel (3 Koppies Koekmeel)
5 Groot Eiers (Of 6 kleintjies) (3 Groot Eiers)
1 Koppies Kookolie ( Koppie Kookolie)
3 Eetlepels Asyn (1 Eetlepels Asyn)
1 Teelepels Sout ( Teelepel Sout)
5 Teelepels Bakpoeier (2 Teelepels Bakpoeier)
8 Koppies Water (4 Koppies Water)
Klits eiers en water baie goed.
Gooi kookolie, asyn en sout by en klits weer baie goed.
Gooi meel (gesif) by en klits weer baie goed.
Gooi bakpoeier laaste by en klits vir +- 1 minuut.
Hoe langer die mengsel staan voor gebruik, hoe beter. Die mengsel kan in die yskas gebre word vir +- 1 week

Pasta en Maalvleis - soos Mince Mate

(Lekker saam met 'n volgraanbroodjie en vars blareslaai.)
500 g maalvleis
1 blikkie tamatie en uiesmoor
1 pakkie soppoeier (bruin uie werk lekker)
half pak rou pasta (macaroni, skulpies, wieletjies, of wat die kinders die meeste van sal hou).
2 tot 3 koppies kookwater
Braai die maalvleis tot gaar, gooi die soppoeier bo-oor en roer.
Gooi die blikkie tamatie en uiesmoor bo-oor en roer.
Gooi die pasta bo-op en dan die kookwater, eers net 2 koppies. Sit die deksel op en wag so 15 min. Die mengsel moet prut en nie te vinnig kook nie anders brand die vleis aan die onderkant.
Haal deksel af en roer die pasta tussen die vleis in. Nou behoort mens te sien of nog kookwater nodig is om die pasta sag gekook te kry. Indien nodig gooi dan nog kookwater by en moenie die deksel terugsit nie. Na so 5 min behoort alles gaar te wees.
As mens van baie sout in kos hou sal dit nodig wees om nog sout by te gooi, maar ek het gevind dat die soppoeier dit genoeg geur vir ons smaak. 'n Bietjie chutney bo-oor het ook nog niemand skade gedoen nie.

Pastaslaai uit Huisgenoot Wenresepte

Macaroni (hulle s 500ml - maar dit is baie! so gebruik diskresie!)
Blik lietsjies
Blik pynappelstukke / een pynappel
So 4 piesangs
Blik ertjies
Meng alles en gooi bietjie suurlemoensap oor piesangs vir verkleuring
Sous:
125 ml mayo en 125 ml bier
meng en gooi oor slaai
PS: Ek het kondensmelk ok bygegooi en die ertjies gelos maar dit sal mooi kleur gee.

Heerlike Patats

Sny en skil patats (omtrent genoeg vir 4 mense). Rangskik in oondbak.
Gooi gouestroop bo-oor - redelik mildelik.
Meng 1 bakkie room (250 ml) met 'n mespunt koeksoda en gooi dit laastens oor patats.
Bak die mengsel omtrent vir 1.5 uur - hoe langer dit bak (hoe meer karameliseer die room en stroop)

Pekanneut Tert

3 eierwitte
1 koppie grof gekapte pekanneute
1 koppie strooisuiker
16 grof gekapte Salti Cracks beskuitjies
kaneel
Klop eierwitte styf en voeg strooisuiker stadig by. Klop soos vir meringues.
Voeg kaneel by. Vou pekanneute en beskuitjies by.
Giet in gesmeerde tertbak en bak teen 180 Grade C.vir 30 minute. Laat afkoel.
Smeer 'n laag geklopte room oor tert net voor bedieningm Rond af met 'n bietjie kaneel.

Peppermint Crisp Tert

1 x Boks Orly Whip - 2x sakkies
1 x caramel kondensmelk
1 x tennis beskuitjies
2 x pepperment crisp sjokolade
Rasper 1 sjokolade.
Klits nou die orly-whip en kondensmelk saam. Voeg gerasperde sjokelade by en roer.
Pak bak met tennis beskuitjies en gooi mengsel oor.
Rasper ander sjokolade bo-oor en verkoel tot styf.

Peri-Peri Pastaslaai

1pk 500g Pasta [Gnocchi]
1k Tamatiesous
1k Suiker
1k Olie
1k Druiwe Asyn
2 van 250ml bottels Knorr Peri-peri Sous
4 Groot uie [fyn gekap]
6 Groen/Rooi Rissies [gekap]
Kook pasta vinnig in diep water met sout en 1E Olie, dreineer en spoel af
Smelt bestandele saam oor medium hitte
Roer Uie en Rissies saam en roer goed deur
Voeg Pasta by en roer liggies deur
Laat staan oornag
Bedien warm of koud
[Hou lank in die yskas]

Perske Piekels / Blatjang

1 kg Geel perskes
4 gekerfde groot uie
1 groot gekerfde groenrissie
1 koppie sultanas of pitlose rosyne
25 ml kerrie
15 ml sout
5 ml fyn gemmer
5 ml fyn koljander
7 ml crushed knoffel
15 ml borrie
3 koppies suiker
50 ml mielieblom
12.5 ml mosterd
1 bottel asyn (750 ml)
Sny die perskes in snippers en kook in mikrogolf tot matig sag.
Kap uie en rissie - moet dit nie te fyn kap nie dit moet grof wees.
Meng die speserye met 'n bietjie water.
Gooi suiker by asyn en verhit. Roer tot die suiker begin oplos.
Voeg nou die speserymengsel by. En kook vir 15 minute. Voeg die rosyne by.
Voeg perskes, gekapte uie en rissie by. Kook tot sag in die bogenoemde mengsel.
Voeg die mielieblom, wat met die sap van die gekookte perskes aangemaak is, by. Kook tot piekels/blatjang verdik.
Gooi in gesteriliseerde bottels of flesse terwyl dit nog warm is en maak dit dadelik toe.

Pienk Tert

250 ml Room
500 ml Aarbei Yougurt
1 Pakkie aarbei Jellie
1 Blik Kondensmelk
1 Houer Maaskaas
1 Pakkie aarbei instant poeding
1 pakkie tennisbeskuitjies
Botter 1 eetlepel Vlapoeier
1 koppie warm water
Klits room styf en voeg kondensmelk, yougurt en maaskaas by.
Voeg dro instant poeding by en meng goed deur.
Verkrummel tennis beskuitjies met botter en plaas in bak as kors. Voeg mengsel in bak.
Begin eers met die volgende stappe as die tert gestol het.
Maak jellie aan met 1 k warm water.
Voeg vlapoeier by.
Kook in mikrogolf tot gaar.
Gooi oor gestolde tert.

Piesangbrood (1 Pannetjie)

60 g Botter
125 g Strooisuiker
1 Groot Eier
15 ml Stroop
3 Fyngedrukte piesangs
teelepel sout
250 g Bruismeel
3 eetlepels melk
Smeer die pannetjie.
Klop botter tot sag, voeg strooisuiker by.
Meng piesangs met stroop en eier, gooi dit by bottermengsel.
Meng meel en sout en voeg by die piesangmengsel.
Meng alles goed, en gooi in pannetjie.
Bak 90 minute in voorverhitte oond van 180C .

Piesangslaai 1

6 - 8 redelike groot piesangs
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie pitmielies
1 blikkie gekerfde pynappel
mayonnaise
Sny die piesangs in die mengsel van die kondensmelk, pitmielies, pynappel en mayonnaise en laat staan so 'n rukkie in die yskas (+/- 'n uur voor opdiening).
Jy moet maar liefs nie probeer wanneer op dieet nie!!! Jy sal nie kan ophou nie!

Piesangslaai 2

Piesangs
room
suurlemoensap
kondensmelk
pietersielie
Sny piesangs in skyfies, voeg genoeg suurlemoensap by.
Voeg kondensmelk en room by, net genoeg om piesangs te bedek.
Strooi gesnipperde pietersielie bo-oor.

Polonie-vetkoekies

2 koppie meelblom
1 teel sout
1/2 teel peper
1 eier
1 koppie melk
1 koppie gerasperde knoffelpolonie
Sif die dro bestanddele saam en voeg die geklitste eier en melk by.
Voeg die polonie by en meng deeglik.
Skep lepelsvol in warm vlak olie en braai bruin aan albei kante.

Pynappel Kaaskoek

1 blik fyn pynappel
1 pakkie pynappel of suurlemoen jellie
1 koppie smeerkaas
1/2 kop suiker
2 teel. vanilla
1 blik Ideal melk
1 teel. suurlemoensap
1 pakkie tennisbeskuitjies
Bring pynappel tot kookpunt. Gooi jellie by en sit eenkant om af te koel.
Room kaas, suiker en vanilla. Klits melk met suurlemoensap tot styf.
Voeg pynappel-mengsel en kaasmengsel by die melk en klits baie goed. Pak tennisbeskuitjies in 'n tertbak en gooi mengsel in. Gooi krummels bo-oor en laat vir een uur in koelkas

Pynappel Maaskaas Tert

1 Konfytrol in skywe gesny
1 houertjie maaskaas 250g
1 blikkie kondensmelk - 397g
80 ml suurlemoensap
1 blikkie pynappelstukke - 410g
12.5 ml vlapoeier
Voer tertbord met die rolkoekskywe uit - meng roomkaas, kondensmelk en suurlemoensap en skep dit bo-op die rolkoeklaagm
Dreineer die pynappelstukke en behou die stroop.
Maak die vlapoeier en bietjie van die stroop aan tot gladde mengsel.
Verhit die res van die stroop en roer die vlamengsel by totdat dit verdik en helder word. Mikrogolf 3 minute.
Rangskik die pynappelstukke op die roomkaaslaag - en gooi die stroop oor - verkoel in yskas.

Pynappel Tert

2 pakkies tennis beskuitjies
2 pakkies suurlemoen jellie
1 blikkie ideal melk
3 koppies kookwater
1 blik pynappelmoes
Verkoel die ideal melk tot goed koud, maar moet nie laat ys nie.
Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel, maar moenie dit laat stol nie.
Klop ideal melk tot styf, voeg by jellie en pynappelmoes en klop goed.
Pak beskuitjies en ideal melk mengsel in lae en eindig met 'n laag beskuitjies gefrummel bo-op.

Pynappelhoender

(4 porsies)
1 ui, gehalveer en in skyfies gesny
25 ml (2 e) sonneblom- of olyfolie
1 kg hoenderporsies
50 ml (4e) blatjang
250 ml (1k) rou rys
750 ml (3 k) sterk tee
1 pakkie sampioensoppoeier
1 x 440 g-blik pynappelstukke
1 elk rooi en groen soetrissie, pitte verwyder en in driehoeke gesny
Braai ui en hoenderporsies in warm olie tot verbruin. Gooi blatjang en rys by en meng deur.
Meng tee met soppoeier en gooi oor hoender.
Dreineer pynappelstukke en gooi sap by. Prut vir 30 min. Roer af en toe.
Gooi pynappelstukke en soetrissie by.
Laat prut vir 10 min. tot net sag en geur na smaak met sout en swartpeper. 'n Vullende maaltyd in een gereg.

Pynappel-Yskastert 1

2 pakkies tennis beskuitjies
2 pakkies suurlemoen jellie
1 blikkie ideal melk
3 koppies kookwater
1 blik pynappelmoes
Verkoel die ideal melk tot goed koud, maar moet nie laat ys nie.
Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel, maar moenie dit laat stol nie.
Klop ideal melk tot styf, voeg by jellie en pynappelmoes en klop goed.
Pak beskuitjies en ideal melk mengsel in lae en eindig met 'n laag beskuitjies gefrummel bo-op.

Pynappel-Yskastert 2

1 blikkie kondensmelk
1 pakkie suurlemoen jellie
1 blikkie fyn pynappel
1 room
1 pakkie tennisbeskuitjies
Pak tennisbeskuitjies in tert bak (nie kleiner as "bord" grootte nie)
Maak jellie soos gewoonlik aan en gooi blikkie kondensmelk by en roer
Dreineer pynappel tot droog en gooi by mengsel
Gooi bogenoeme mengsel oor tennisbeskuitjies klits room tot styf en smeer oor mengsel
Sit oornag in yskas
PS: Jy kan sjokelade oor die room rasper vir afronding

Skakels/Advertensies

Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier!
Skooltake??
Klik hier
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, di mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.

Nieltjie se Stories - Kinderstorie CD in Afrikaans - Klik hier

Lees alles oor Bloedrivier: Klik hier
150x90cm ou Suid-Afrikaanse vlae te koop @ R125 elk, posgeld uitgesluit. - Kontak gerus Roelof of Ronel by 012-3332932
Skoorkos is 'n blog wat resepte in geselsvorm, in Afrikaans, vir die gretige kosmaker bevat.
Ons gaan gewoonlik Carnival City of Gold Reef City toe as ons wil gaan fliek, uiteet of op die masjiene wil speel. Ek het egter 'n veel makliker manier gekry om te speel, Silversands aanlyn casino! Doen dit sommer van jou rekenaar af. Jy sluit aan, speel eers met speelgeld en probeer dan die regte ding. Probeer gerus,
 Klik hier  en geniet.
Boeredanse -
Verdere inligting oor die dansgroep: Danette Smith, Danna.smith@resbank.co.za
Sel: 082 923 6177
Oorvloed - klik hier

Teken in /Teken uit / Kontak

Teken hier in op die poslys en lees ook die argiewe.

Om uit te teken, stuur vir my 'n epos en dui jou naam aan asook die eposadres waaronder jy ingeteken is

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.