|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
Ek gaan verder
met die alfabet met die resepte, gaan kyk maar verder na onder na
Resepte.
Net om te laat
weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier
geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet
my, dalk haal ek dit af.
Ek dra die
nuusbrief op aan my hondemaatjie, Sheba, wat ons 'n paar dae
gelede moes laat uitsit as gevolg van hoë ouderdom.
Hier is ons aan
die einde van nog 'n jaar. Ek dink volgende jaar kan dit net beter gaan,
so, as die finansies knel, byt net vas, dinge sal weer beter word. Ek
wens julle almal 'n Geseënde Kersfees en alles van die beste vir 2009!
Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto, die minimum
boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis
heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n
kaartjie het nie!
Klik hier en droom Groot!
En onthou tog om
my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is
nou weer terug.
Ons was toe Egipte toe, eerste keer
so ver van SA af! Gate uit geniet, alles baie interessant, baie fotos
geneem. As iemand beplan om Egipte te besoek, vra maar vir my, dalk kan
ek 'n paar wenke gee.
Egipte 13 tot 23 November 2008 -
Klik hier
om van my fotos te sien
Uiteindelik breek die groot dag aan, na nege maande se beplanning en
uitsien sit ons op OR Tambo en wag om aan boord Vlug SA7205 na Cairo te
gaan.
Sitplekke word aangewys en ons stoele se rugleunings is in die middel
van die kajuit en teen 'n afskorting, Hulle kan dus nie in die
slaapposisie terugslaan nie. Alhoewel die vlug seepglad verloop het, was
dit slapeloos en het ek penregop gesit en drie swak flieks gekyk.
Net na 05h30 die volgende oggend land ons op Cairo Internasionale
lughawe en die verteenwoordiger van die toermaatskappy haas ons deur die
formaliteite en word ons met die maatskappy se bussie na ons hotel
vervoer. Ons minibus taxibestuurders in Suid Afrika kan hier kom leer om
te bestuur!
Ons was reeds voor die tyd gewaarsku dat Egipte en fooitjies of
“bakeesh” sinoniem is en die eerste ding wat ons toe by ons aankoms by
die hotel doen is om van ons Egiptiese ponde, wat ons alreeds in Suid
Afrika gekoop het, om te ruil vir kleiner note sodat bakeesh ons nie sal
uitroei nie. Daar is ‘n 24 uur geldomruilfasiliteit in die hotel se
voorportaal..
Ons was tuis in die vyfster Le Meridien Pyramids hotel en was aangenaam
verras om die piramides van ons kamer se balkon af te sien, wel, eintlik
net die toppunt van een van hulle, maar ons was hier en dis al wat getel
het!
Na ‘n rustige oggend om verlore slaap in te haal het ons gaan stap en
vir middagete elkeen ‘n schwarma by ‘n wegneemete plek gekoop, baie
billik en baie lekker.. Ten tye van ons besoek was die Egiptiese pond
(LE) gelykstaande aan R1.75
Die toer was geskeduleer om die volgende oggend amptelik af te skop, ons
het die middag verwyl deur poskaarte te koop en te skryf. Elke kamer het
internet konnektiwiteit teen LE25 vir 15 minute, jammer net dit was so
stadig.
Daardie aand het ons teen LE130 per kop na die klank en ligvertoning by
die piramides gaan kyk. Dit was ons eerste kennismaking met die beroemde
piramides van Giza en die sfinks en om dit in die nag belig te sien was
iets besonders.
Die volgende dag was die Egiptiese Museum sowel as 'n verskeidenheid
verskillende ou kerke aan die beurt. Die museum was stampvol met
toeriste maar tog baie interessant . Mens sal 'n paar dae nodig hê om
alles behoorlik te kan besigtig, ons het net die belangrikste
uitstallings kon sien. Mens word 5000 jaar teruggevoer en word vertel
van die Egipte van ouds, piramides, mummies, Egiptiese gode en nog vele
meer interessanthede.
Daarna het ons 'n paar ou kerkgeboue besoek, die beroemde "Alabaster
mosque" uit marmer gebou, die kerk van St Mary wat ook die “Hanging
Church" genoem word aangesien dit op 'n ou Romeinse bouval rus, ook die
kerk van St Sergius waar Josef, Maria en die kind Jesus vir die Romeine
weggebruip het. Ons laaste stopplek vir die dag was 'n papirusfabriek
waaar hulle ons gewys het hoe die Egiptenare papier van die papirus
riete gemaak het..
Die verkeer in Cairo het spesiale vermelding nodig. Ons het in die stad
op een van die hoofpaaie onder andere die volgende gesien, 'n trop skape,
'n trop bokke, donkiekarre, perdekarre, kamele, ‘n buffel en beeste. Een
ou op 'n perd met twee bokke voor hom oor die perd drapeer het
doodluiters 'n baie besige 4 laan hoofpad oorgesteek, min gepla oor die
voertuie was moes rem aanslaan. Meeste motors lyk nie of hulle
padvaardig kan wees nie, al wat goed werk is hulle toeters wat oortyd
werk.. Soos dit donker begin word, word ligte alleenlik gebruik om ander
verkeer te flits en te waarsku om pad te gee.Ek sal nooit weer kla as ek
in Johanneburg moet bestuur nie. Die hoogtepunt was een ou wat op die
sypaadjie gesit en kantspieeltjies verkoop het, klaarblyklik wat van
voertuie afgery was soo hulle by mekaar verbyskuur.
Ons het sover nog nie skoon publieke toilette gekry nie. Veral die dames
het gekla en het maar liewer geknyp as om die toilette te
gebruik.Gelukkig het ons toerbus 'n toilet gehad.Ons is gevra om net
nommer een in daardie toilet te doen. In Egipte is daar nommers een,
twee en drie. Nommer twee is loopmaag wat jy kry as jy van die water
daar drink.
Die volgende dag was piramide dag. Na ontbyt is ons na Saqqara om die
oudste piramide te gaan besigtig, die van Koning Zhoser. Die piramide
dateer uit die tydperk 3000 voor Christus. Daarna is ons na Giza om die
Groot Piramides en die Sfinks te gaan besigtig. Alle toeriste besoek
hierdie besienswaardigheid en daar was letterlik duisende besoekers en
toergroepe. Ons gids was uitstekend en het ons sommer gou-gou binne
gehad sonder dat ons in lang rye moes tou gestaan het in die son.
Die piramides was asemrowend, dit het ons vertom dat 100,000 meer as 20
jaar aan die grootste een gebou. Ons kon nie glo dat mense 5000 jaar
gelede slim genoeg was om sulke swaar blokke te kon oplig en mee bou nie.
Dit was al redelik laatmiddag toe die sfinks aan die beurt kom, net so
indrukwekkend!
Oppad terug hotel toe is ons na ‘n parfuumfabriek waar parfuum uit
saamgepersde blomme gemaak word.
Ons het die hotel verlaat en is per bus Cairo stasie toe vervoer vir die
oornag treinrit na Luxor. Daar is aan ons voorgestel dat ons eers oppad
stasie toe kos koop by 'n supermark aangesien die kos op die trein veel
te wense gelaat het.
Die stasie was chaoties. Dit het gewemel van plaaslike mense en die
verskillende toergroepe het soos skape in groepies gestaan en wag vir
die trein. Na meer as 'n uur se gerondstaan kon ons uiteindelik inklim
en na ons kompartement gaan. Dit was klein, en ek bedoel piepklein. Ons
tasse het die klein vloerspasie amper volgestaan en ons het ons
reggemaak vir 'n baie ongemaklike 7 uur lange treinreis. Maar ons leef
nog om die verhaal te kan vertel. Ontbyt was baie basies met goor koffie
om dit mee af te spoel.
Net na 6 die volgende oggend was ons in Luxor waar ons sommer dadelik
per bus na die Vallei van Konings en die Vallei van Koninginne geneem
is. Daar het ons hoofsaaklik grafkelders van die verskillende konings en
koninginne besoek .Oppad terug het ons 'n alabaster (marmer) fabriek
besigtig waar ons kon sien hoe hulle kruike en ander interessanthede
maak. Baie indrukwekkend was ook die Tempel van Koningin Hatshepsut en
die twee reugagtige standbeelde van Memnon oppad terug Luxor toe.
By Luxor aangekom is ons Nyl toe waar ons aan boord van ons boot gegaan
het, dit sou ons tuiste vir die volgende 4 dae wees.
Na middagete is ons weer in die bus oppad na die tempels van Luxor en
dan ook na die grootste bestaande tempel, die tempel van Karnak.
Teen die tyd het ek al honderde fotos geneem, ek sorteer hulle maar uit
soos ek 'n tydjie kry, ek het voor die tyd vir my een van die Acer
halfgrootte skootrekenaars gekry wat nou sy gewig in goud werd geword
het.
Daarna is ons weer boot toe. Dit is eintlik nie reg om dit 'n boot te
noem nie, dit is eintlik 'n "5 ster de luxe" ,( die "de luxe " is glo
beter as net plein 5-ster) , hotel.. Ons kamer was baie luuks, die kos
was baie lekker en die enigste klagte wat ek het is dat hulle jou
paspoort konfiskeer as jy aan boord gaan. Ek het gekla maar dit het nie
gehelp nie.
Die hele boonste deel van die boot is 'n ontspanningsarea. Daar is
dekstoele, sambrele en ook 'n swembad en ons het dit geniet om daar te
sit en kyk hoe Egipte stadig by ons verbygaan soos ons die rivier af
vaar..Sonsondergang oor die Nyl is nogal heel besonders.
Laatmiddag is ons toe onderweg. Ek het opgelet dat daar 'n menigte bote
net soos ons s'n was, almal vologepak met toeriste. Ek het verneem dat
daar meer as 400 soortgelyke bote as ons s’n op die Nyl was. Toerisme
moet groot besigheid in Egipte wees.
Na aandete het ons gaan slaap. Mens kom nie agter dat jy op water beweeg
nie, al wat mens hoor is 'n n veraf gedreun van die boot se motore.
Toe ons wakker word was ons alreeds vasgemeer by die dorpie Edfu. Na
ontbyt is ons per bus na die Tempel van Horus., blykbaar die bes
bewaarde tempel van alle tempels in Egipte. Die tempel was voltooi in
320 vC en daar is 184 jaar aan gebou. By die mark langs die tempel het
ons vir ons tradisionele Egiptiese drag gekoop vir 'n Egiptiese
partytjie wat die aand aanboord sou plaasvind.
Daarna is ons weer an boord en het one verder gevaar na ons
eindbestemming op die Nyl, Aswan. Oppad soontoe het ons op die
ontspanningsdek gesit en 'n sonsondergang op die Nyl beleef, werklik
iets besonders. Dit was reeds donker toe ons by Aswan vasmeer en ons het
onmiddelik na die Kom-Ombo tempel gestap, net in die straat af van waar
ons vasgemeer het Dit is die kleinste tempel in Egipte en was helder
belig sodat ons mooi fotos kon neem. Dit was onwerklik om 'n eeue oue
tempel in die nag te kon besigtig.
Daarna het ons ons Egiptiese kleredrag aangetrek en het ons 'n
tradisionele Egiptiese ete geniet. Tot laat die aand is partytjie gehou.
Die volgende oggend is ons al 5.30 oppad lughawe toe vir die 30 minute
lange vlug na Abu Simbel. Die Abu Simbel tempel sou deur die Aswan dam
oorstroom geword het en is toe stuk vir stuk na 'n nuwe staanplek bokant
die watervlak vervoer. Weereens het dit daar gewemel van toeriste. Teen
11.30 was ons weer terug op die boot en kon ons rus na die min slaap van
die vorige aand.
Die volgende oggend volg ons weer die nou standaard roetine en neem die
bus na die volgende besienswaardigheid, die Tempel van die godin Isis.
Hierdie tempel is ook blok vir blok verskuif na 'n ander staanplek
aangesien dit oorstroom sou word deur die stygende water van die Aswan
High dam. Ons is per Nyl taxi na die eiland waar die tempel nou staan.
Die volgende stopplek was die wal van die Aswan High Dam en vandaar is
ons vir 'n felluca rit om Elephantine en Kitchener eilande. Daar is
honderde van die fellucas op die Nyl, dit is 'n seilbootjie met een
groot seil, nogal 'n lekker ondervinding.
Die middag het ons rustig op die boot verkeer en toe is ons stasie toe
geneem vir die 14 uur lang treinrit terug na Cairo. Aangesien die rit
deur die nag was het ons die meeste van die tyd geslaap.
Terug in Cairo is ons na ons hotel geneem en daarna is ons na die Khan
El Khalili mark toe waar ons vir 'n paar uur in die nou stratjies tussen
honderde klein winkeltjies rondgedwaal het.
Die res van die middag was ons rustig by die hotel.
Die volgende oggend is ons na die lughawe geneen waar die volgende deel
van ons vakansie sou begin, ‘n besoek aan Engeland.
Ons het plaaslik bespreek deur
Flight Centre, Alberton City en die reismaatskappy in Egipte was On The
Go Tours, ek kan beide anbeveel.
Beste Peter
Die Westelike Gauteng CANSA streek wil jou hartlik bedank dat jy bereid
is om ons te assisteer om ons resepteboek te adverteer.
Hierdie resepteboek is baie spesiaal aangesien die resepte in gestuur is
ternagedagtenis van kanker pasiente of om nog hulde te bring aan kanker
pasiente wat die siekte oorwin het.
Dit is familielede en vriende se gunsteling resepte en het hulle 'n foto
en 'n kort boodskappie saam met die resepte in gestuur.
Ons wil graag meer resepte van nog kanker pasiente kry en hulle kan ons
gerus skakel as hulle 'n resep wil plaas.
As daar mense is wat belangstel om 'n resepteboek te bestel kan hulle
ons gerus skakel op (011) 768-4342 en met Ester Pretorius gesels.
Nogmaals dankie vir al jou ondersteuning.
By Voorbaat dank
Anjolien Brink
Streek Bestuurder
Westelike Gauteng CANSA
Tel: (011) 768-4342
E-pos: abrink@cansa.org.za
Ekke is ook op
Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit,
klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook
eposadres is peter@funkymunky.co.za
1. Probeer
alles tweekeer. 'n Grafskrif het gelui: "Tried everything twice...both
times were moerse nice!"
2. Behou jou grapgat vrinne. Die suurgatte trek jou onder.
(Sorg dat JY nie daai suurgat is nie!)
3. Hou aan leer.. Leer meer oor skete, etiket, enigiets.
Moenie toelaat dat jou brein muf nie!
4. Geniet die eenvoudige dinge.
5. Lag dikwels, lag lank en lekker. Lag tot jou blaas lek! En as jy'n
pel het wat lekker k*k praat, spandeer meer tyd saam met haar/hom.
6. Trane kom.Tjank dat die snot spat, en beweeg dan aan. Die enigste
mens wat ALTYD, regdeur jou lewe by jou is, is jyself. LEWE terwyl jy
nog lewe het.
7. Omring jouself met dit waaroor jy mal is,Of dit nou pelle, familie,
diere, sentimentele junk, musiek, plante, of kitch k*k is. Jou huis is
JOU plek!
8. Bewaar jou gesondheid: As jy OK is, moenie k*k aanjaag nie, As jou
kop raas, sluit by 'n 'support group' aan, As jy nie lekker is nie, kry
hulp.
9. Moenie op loop gaan met skuldgevoelens nie. As daar te lope is, doen
dit in die winkels, in jou tuin, in die bosveld, langs die see of selfs
in vreemde lande.
10. Sê vir jou mense dat jy vir hulle lief is, gee drukkies op strepe,
maar weet ook waar om die streep te trek .... more trek jy dalk jou
hout-jas aan, dan's dit te laat!
Gaan kyk na my
nuwe fotografie
webwerf Ek het onlangs nog fotos bygesit.
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans.
Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort
dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is
betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by
jou.
Klik gerus hier en kyk
na die lys van nuwe resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar!
Of bel sommer direk vir Anna -
0822946799
Gratis Kersfeesresepteboek met elke
bestelling
Maroela Boeke en Tierberg Boeke - Ek het hulle Oktober katalogus
sopas ontvang. Regs klik hier om dit af te laai.
Daar is ook 'n groot versameling Africana te
kry by
www.abebooks.com . Tik net Africana in die soekblokkie
Geloftefees - 16 Desember 2008 - Voortrekker Monument |
Volgende van
die program af:
Nimmer gaan 'n
nasie onder
as ons in gedagte hou-
al doe adel, al die wonders,
van hul mannemoed en trou
Trots die
wêreld se misnoeë,
trek ons vol vertroue voort.
Ons is kinders van die Groot Trek
nasie enig in sy soort.
Regs klik hier om 'n
blokkieskoekresepteboek af te laai.
Elsabé en haar
span vrywilligers doen wonderlike werk onder ons minder bevoorregtes,
lees gerus haar brief:
En help asseblief as jy enigsins kan? Hulle het enige hulp wat hulle kan
klry broodnodig, en dis vir ONS mense!
Goeiemôre vriende
Oor net 9 dae is dit ons Christusfees! Wat ‘n voorreg om nog ‘n Kersfees
te kan beleef, wat ‘n voorreg om te kan weet dat die getroue
ondersteuners van ons projek, nog ‘n jaar vreugde en geluk vir BAIE
mense kon bring!
Danksy ons ondersteuners se groot naasteliefde het ons al 1350 geskenke–
Ja julle lees reg! 'n volle Een duisend drie honderd en vyftig geskenke
uitgedeel!! Is dit nie 'n "Blessing" nie – is dit nie hoe wonderwerke
lyk nie!?
Soveel vreugde! Soveel vrolike gesiggies! - die grootste beloning wat 'n
mens ooit kan kry! Al hierdie vreugde is slegs deur die Genade van ons
Hemelse Vader moontlik gemaak – AAN HOM AL DIE EER!
BAIE, BAIE DANKIE aan almal wat so mildelik bygedra het – ek wens dat
almal die funksies saam met ons kon bywoon om in die groot vreugde te
kon deel! Dit was ongelooflik!
Dit is nie moontlik om almal se name te noem wat bygedra het om hierdie
Kersfees van 2008 baie spesiaal te maak nie! Elkeen se bydrae word opreg
waardeer en het ongekende vreugde gebring! BAIE DANKIE!
Die volgende 21 groepe het almal heerlike "kersbome" gehad en elke kind
en bejaarde het 'n lieflike splinternuwe geskenk met die minumum waarde
van R80-00 ontvang! (Beraamde waarde vir 1350 geskenke R110 000-00!) Dit
is mos 'n groot wonderwerk!
Rainbow Kindergroep
Die Woord Kindergroep
Annetjie Geel Kindergroep
Die Heuwel Woonstelkinders
Groenveld Woonstelkinders
Rainbow Kleutergroep
Individuele gesinne
President Kruger Kinderhuis
Blesbok Woonstelbejaardes
Bosbok Woonstelbejaardes
Danville (Bloudakkies) Ouetehuis (Sommer 3 funksies gehad!)
Bosmanhuis Woonstelkinders
Bethlehem (Andeon) projek
Blesbok Woonstelkinders
Bosbok Woonstelkinders
Margaretha Ackermann SAVF ouetehuis
Beterskap Ouetehuis
Wag 'n Bietjie Ouetehuis
Oosmoot Ouetehuis
Emily Hobhouse Ouetehuis
Noorderpark Ouetehuis
Nou kyk – soveel bederf het ek lanklaas gesien! Almal was getrakteer op
net die beste kos, vermaak, aandag en die allermooiste geskenke! Ek is
nou so gewoond aan heerlike Kersfeesfunksies - weet nie wat ek nou gaan
doen nie !!
Gaan kyk gerus op die webwerf – die meeste fotos is alreeds op! Deel in
die vreugde en gaan slaap met 'n warm hart "WANT JY HET 'n GROOT VERSKIL
GEMAAK!" Weereens – duisende dankies
KERSFEESKOSPAKKE
Nou ja – Nou is dit die laaste GROOT WERK! Ons moet aan tenminste 500
gesinne en individue kospakke voorsien! 'n Basiese Kospak vir die 3 dae
oor Kersfees gaan ons ± R400@ kos. Daar is gemiddeld tussen 4 en 5 mense
per gesin. ± R133 per dag per gesin - ± R34 per persoon per dag - = ±
R12 per persoon per maaltyd! (Dit is minder as wat die tafelversierings
en klappers vir ‘n gesin kos)
Dit moet sovêr moontlik hierdie week gedoen word! HELP my asb om dit vir
hierdie mense moontlik te maak om tenminste 2 maaltye per dag oor die 3
dae van Kersfees te nuttig! Ek glo – dat net soos met die geskenke – ons
ook hierdie broodnodige kruideniersware sal kan voorsien en ook op
hierdie manier die Kersfees van 2008 soveel beter sal maak!
Voorstel vir inhoud van kospak
2.5kg Suiker. 2kg Rys. 5kg Mieliemeel & 2.5 kg Koekmeel
1 x Macaroni / Spaghetti. Koffie. Tee. 3 liter Langlewe melk
500ml Ultramel vla. Beskuitjies. Jellie. Konfyt. 2 liter olie
Aanmaak Koeldrank. Lekkergoed. 1 Blikkie tamatie en uie sheba
2 Blikkies boeliebeef. 2 Blikkies Pilchards in tamatiesous
2 Blikkies suikermielies. 2 Blikkie ertjies. 2 Blikkies gemengde groente.
500ml Mayonaise. 1 pakkie beet. 2 Hoenders. 2 x 500gr margarien. Vars
groente
Kruideniersware is meer as welkom en moet asb by my huis afgelewer word.
286 Cliffendale rylaan. Faerie Glen. Daar sal hierdie week altyd iemand
by die huis wees om goedere te ontvang.
Tot volgende keer
Mooi Loop
Elsabé
Aflaai Punte:
Gebied Adres Kontak Besonderhede
CENTURION Herman
012 665 0926
WINGATE PARK 754 Kendrew Street Bernadette van der Walt
Cell: 083 469 3682 na 14:00 in die week en enige tyd oor naweke.
Bel asb. voor jy kom.
PIERRE VAN RYNEVELD PARK Tooks Corner No 1
Pierre van Ryneveld Annetjie and Danie
Cell: 082 445 6453
Epos: annajo@nedcor.co.za
ROOIHUISKRAAL Werdi
Cell: 083 255 9362
Huis: 012 661 8396
Epos: werdi@mweb.co.za
ROOIHUISKRAAL Pelican Lane 11 Elsabé Wentzel
Cell: 083 287 3166
Huis: 012 661 5591
Ek is eers na 18h00 beskikbaar. Bel asb. voor jy kom.Goeiemôre vriende
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Peterjasie se
Boererate eBoek |
eBoek met om en by 2000 Boererate, net R60. Ek stuur
sommer per epos en jy betal dan die bedrag in my rekening in, so maklik
soos dit.
Kontak my vir betalingsbesonderhede. Ook in Engels beskikbaar, laat
my maar net weet. Met elke bestelling gee ek gratis afskrif van "Boererate
en Verbruikerswenke" eBoek
|
|
|
Die
Kersgeskenk - Peter Thomas |
Dis die dag voor
Kersfees.
Ek en my wederhelf is oppad na die plaaslike ouetehuis. Sedert my pa, wat ‘n
inwoner daar was en presies drie jaar gelede oorlede is, neem ons elke jaar
Kersgeskies vir die inwoners.
Ons hou stil voor die gebou en elkeen haal ‘n groot sak vol geskenke uit die
kattebak. Binne gekom, stap sy na die vroue vleuel en ek loop die
blinkgepoleerde gang af na die mansafdeling.
By elke kamer gaan ek in en gee ‘n geskenkie af. Die inwoners is uitgehonger
vir geselskap en dis eers laatoggend toe ek by die laaste kamer instap. Oom
Nathan se kamer.
Oom Nathan en my pa was vriende en ek kuier altyd lekker by hom.
Sy oë blink toe ek sy pakkie oorhandig.
“Ek hoop dis tjoklits,” sê hy terwyl hy dit vinnig in die laai van sy
bedkassie wegbêre. Die ander inwoners mag nie weet dat hy tjoklits het nie.
Ek sit nog ‘n rukkie by hom en gesels. Eers gesles ons oor my pa en dan is
hy weer
op sy gunsteling onderwerp, sy wedervaringe gedurende die Tweede
Wêreldoorlog toe hy in Noord Afrika diens gedoen het. Dan vertel hy weereens
van sy verloofde, Beth, wat hom vir ‘n ander man gelos het terwyl hy in
Noord Afrika was. Hulle het albei in Londen gewoon en het ‘n maand voor die
oorlog uitgebreek het, verloof geraak. Sy was ‘n winkelassistent en hy ‘n
soldaat in die Britse weermag.
Kort daarna is hy egter opgeroep vir diens. Soos alle verliefdes, het hulle
ewige trou aan mekaar gesweer. In die begin was daar gereeld briewe, maar
toe tref ‘n ramp hom. Sy tenk word deur ‘n mortier getref en hy is met
ernstige beserings afgevoer na ‘n veldhospitaal toe, daarna na ‘n plaaslike
hospitaal waar hy vir meer as drie maande aangesterk het. Namate sy
gesondheid verbeter het, het hy begin navraag doen oor enige pos van Beth,
altyd was die antwoord dieselfde, geen pos nie. Briewe wat hy geskryf het
was nooit beantwoord nie.
Hy het toe maar aanvaar dat sy liewe Beth moed opgegee het nadat sy vir so
lank nie van hom gehoor het nie.
Hy is later ontslaan en in Londen aangekom, was hy geskok om te sien dat die
buurt waar Beth gewoon het verpletter was deur die Duitsers se bomaanvalle.
Ook die winkel waar sy werksaam was, is heeltemal vernietig. Na maande se
vrugtelose gesoek het hy aanvaar dat Beth moes omgekom het in die aanvalle
wat Londen nag na nag geteister het. Kort daarnan het hy verhuis Suid Afrika
toe om ‘n nuwe lewe te begin.
Ons kuier lekker vir nog ‘n uur of so toe my vrou saggies aan die deur klop
en aandui dat ons moet aanstaltes maak.
Oppad huis toe gaan die gesprek oor die spesifieke twee oumensies, Tannie
Liz en Oom Nathan. Ons stem saam dat dit so tragies is dat die oorlog soveel
mooi verhoudings tot niet laat gaan het. Ek vra uit oor Tannie Liz se
omstandighede. My vrou vertel dat sy in Londen woonagtig was en pas verloof
geraak het toe die oorlog uitbreek en haar verloofde, Jonathan weg is Noord
Afrika toe. Hulle het aanvanklik gereeld aan mekaar geskryf maar toe word
haar briewe nie meer beantwoord nie. Haar familie is gedurende die
bomaanvalle op Londen oorlede en sy het toe maar besluit om Suid Afrika toe
te verhuis.
Ek voel hoe kry ek hoendervleis en gaan parkeer in die eerste en beste
parkeerplek.
“En nou?,” vra my vrou, “is daar iets verkeerd?”
“Ek weet nie, maar sê nou net….” prewel ek.
“Hoe bedoel jy nou?” vra sy so half opgewonde, sy kan sien dat iets my
geweldig pla.
“Tant Liz en Oom Nathan, kan jy dit nie sien nie? Dink jy dit kan moontlik
wees?” ek is nou heel opgewonde, oortuig dat ek iets hier beet het.
“Hoe bedoel jy nou?” sy snap nog nie wat ek probeer sê nie.
“Dink net, Jonathan en Nathan, Beth en Liz, verloof, oorlog,” rammel ek my
gedagtes af.
Sy staar my met groot oë aan, “Dis ongelooflik, maar ek dink jy kan reg wees,
draai om, ons moet gaan seker maak.”
By die ouetehuis aangekom is ek dadelik na Oom Nathan toe en my vrou na
Tannie Liz se kamer.
Ons plan is om soveel moontlik van die twee se verloofdes uit te vind en dan
ons bevindinge te vergelyk. ‘n Halfuur later is ons in die sitkamer met ons
“bewyse”.
“Ek dink ons is reg,” my vrou is nou heel opgewonde, “Tannie Liz het haar
verloofde Jonathan genoem!”
“En Oom Nathan het sy verloofde Beth genoem!” ek kan my opgewondenheid nie
beteuel nie.
“En hier is die finale bewys,” kom dit triomfantelik van my vrou, “Liz het
vir my ‘n foto van Jonathan gegee.”
Met bewende hande vat ek die foto by haar, die foto van ‘n jong soldaat,
onmiskenbaar Oom Nathan.
Ons kyk mekaar aan, “Weet jy wat dit beteken?”
Ek voel skoon aangedaan en die trane loop by my vrou se wange af.
Sonder om verder te praat drafstap ons in die gang af na Oom Nathan se kamer.
“My maggies, is jy alweer hier, ou seun?” glimlag hy ons toe.
“Ja, Oom, kom saam, ek wil Oom aan iemand gaan voorstel,” Ek help hom uit sy
gemakstoel uit.
Stadig beweeg ons in die gang af na die aangrensende vleuel van die tehuis.
Ons sien Tannie Liz in die sitkamer in die sonnetjie op ‘n rusbank sit. Daar
heers ‘n Kersatmosfeer. Die vertrek is versier met dle allermooiste
versiersels met ‘n groot Kersboom met liggies wat flikker in die een hoek.
‘n Groep dames is besig om ‘n groot tafel te dek en ‘n paar van die mans
hang versiersels aan die mure.
Ons stap na haar toe. Sy kyk vraend op van haar hekelwerk.
“Kan ek Tannie aan iemand voorstel?”
“Graag, my kind,” sê sy, “en wie is die meneer?” Sy kyk vir Oom Nathan
vraend aan.
Dan verstar sy, dit lyk of sy ‘n spook gesien het.
“Jonathan?” kom dit huiwerig van haar.
“Beth?” antwoord hy, die ongeloof duidelik in sy stem.
Huiwerig gaan sit hy langs haar. Met ‘n bewerige hand streel hy oor haar
wang en neem haar dan in sy arms. Sy snik saggies.
My wederhelf pluk aan my mou en dui aan dat ons moet spore maak.
Net toe ons omdraai sê Tannie Liz met ‘n betraande gesig, “Dankie julle, vir
die beste Kersgeskenk ooit.”
Presies ‘n week later is ons eregaste op die grootste troue wat nog by die
ouetehuis plaasgevind het.
Klink vir my na pure pret - Peter
DIE BOERTJIE KONTREIFEES OP BULTFONTEIN OORTREF ALLE VERWAGTINGS
Die Boertjie Kontreifees het alle verwagtings oortref met ‘n besoekersgetal
van 20 000 oor die vier dae. Volgens baie feesgangers was dit die mooiste
groep uitgekose 220 uitstallers wat hulle nog op ‘n fees gesien het. Die
koue en wind het nie die feesgangers se geesdrif gedemp nie. Daar is in die
VOLLAS ONTSPANNINGSAAL gekuier en dit het elke aand gekreun en gedreun onder
‘n gepakte besoekers wat die kunstenaar geniet het.
Die fees het afgeskop met die sokkertoernooi van die verskillende Boere
verenigings en die manne en vroue het hulle slag agter die potte gewys in ‘n
potjiekoskompetisie en DJ Ossewa het die mense op hulle voete gehad en wys
dat hulle een van ons gunstelinggroepe is. Intussen was die perde besig om
hulle stappies op die arena te wys en ‘n koorfees met kore en ‘n orkes in
die hoofsaal deur mammas en pappas geniet. ‘n Treffer vanjaar was die dames
uitstallings en waar VLU-klubs genooi word om volgende jaar aan deel te neem.
Volgende jaar gaan die boere hulle Stofloopkompetisie net op een dag
uitspook.
Vrydagoggend het skape en beeste hulle diere-stemme laat hoor en is
beoordeling gedoen waar die kampioene aangewys is en laat middag is ‘n bul-,
ram- en ooiveiling gehou. 280 Hackney- en saalperde het liefhebbers se harte
warm laat klop en Miniatuurperdjies het die kleingoed genoeg oefening gegee
met hulle boeresportitems. Deur die dag is die kinders vermaak, lekker geeet
en gedrink en intussen het die aflyfman baie aandag getrek. Marlize
Baumgarten en Ansie du Plessis het die 4x4 damesafdeling gewen, maar eers
nadat baie adrenalien gevloei en die arme Landcruiser van sy stellasie
afgeval het. Die Baba en Kleuterkompetisie het elke deelnemertjie geskitter
en is die oulikstes aangewys. Die Boereverenigings het hulle spiere gebult
en FIESTA was betyds om te sien hoe manne mekaar die finaal vasvat en wys
waar Dawid die wortel begrawe het. Die trompoppies het hulle passies gedoen
en die aand is laatnag afgesluit nadat Charl Smit, Fredi Nest en Amor gaste
vermaak het.
Saterdag het die pienkvoetrugby en – netbal die mammas en pappas aan die
skree en hardloop gehad en selfs kleingoed het gewys dat daar toekomstige
Springbokpotensiaal in hulle skuil. Die eerste SA Boerwindhondkam-pioen is
ook tussen honderde honde aangewys en het saam met Patricia Lewis vir
Landbouweekblad geposeer. Intussen het al die Mnr en Mej’e hulle beste
voetjies voorgesit en is die kroning gedoen waar hulle die aand aan die
feesgangers voorgestel is. Supersterre het aangemeld en volgens Patricia
Lewis en haar span was dit die beste aanbieding wat hulle nog ooit vanjaar
gedoen het omdat alles goed voorberei was en hulle het 6 deelnemers gekies
vir die volgende uitdun. Alle voornemende deelnemers kan hulle klaar
voorberei vir volgende Supersterre en miskien is dit nou jou beurt om deur
te dring na die volgende rondte. Die kaskarresies het opwinding veroorsaak
en een is drie-wiel by die wegspring weg en het net met 2 wiele en ‘n
tweebeenmense-wiel geeindig. Die aand is afgesluit met verskeie kunstenaars
asook Patricia Lewis, Pieter Koen en Pieter Smith. Sondag is alle eer aan
HOM gegee met die motiveringpraatjie van Retha McPherson en samesang.
Volla, Linda en die feeskomitee wil alle borge, uitstallers, skole,
sekuriteit, SAPD, verkeersdepartement, fees-gangers, koerante, radiostasies,
KYKnet, Fiesta, helpers en wie ook ‘n aandeel aan die sukses gehad het,
hartlik bedank vir aandeel om van die fees ‘n sukses te maak. Die komitee
vra dat elke skool wat deel van die fees was om die fees volgende jaar te
ondersteun met deelname aan die pienkvoetrugby, netbal, toutrek,
kaskarresies, trompoppies en ander items en om hulle leerders na die fees te
bring sodat hulle aandeel kan he daaraan.
Onthou dat die Boertjie Kontreifees ‘n fees vir die kontrei is en dat ons
elke omliggende dorp en stad se onder-steuning en hulp nodig het om volgende
jaar te bou op hierdie jaar se sukses. Ons het klaar ons “moan”-vergadering
gehad en gaan dadelik begin om foute en probleemareas aan te spreek. Daar
gaan volgende jaar verskeie ander kampioenskappe aangebied word en vra dat
julle die media moet dophou daarvoor. ‘n Meer volledige verslag oor elke
afdeling van die skou sal gestuur word sodra al die komiteelede hulle
verslae ingedien het.
Vir al die sukses staan daar EEN PERSOON skouerhoog bo alles uit: Ons
Hemelse Vader Wie dit alles moontlik gemaak en Wie in beheer was en aan ons
komitee die leiding, krag, energie, inisiatief en deursetting gegee het om
ons gemeenskap en kontrei te kon dien. Sien julle volgende jaar 3-6September
omdat indien ons suksesvol is met ‘n geestelike leier of 2 sal ons die datum
aanskuif na Sondag die 6de September toe.
Volla, Linda en die Feeskomitee,
0836361555
KOM VANG GEES BY DIE BOERTJIE KONTREIFEES
3-6 September 2009 by die BULTFONTEINFEESTERREIN
|
|
|
Hier is resepte van 'n Word dokument wat iemand my lank gelede gestuur het,
ek begin sommer heel voor en werk deur die alfabet:
Slakke & Room Gereg
2 blikkies slakke (in pekelwater) (by enige supermark te koop)
1 groot ui gekerf
½ houertjie Ultraroom (100 ml)
1 pakkie Pasta Sauce (kaas, sampioene & knoffel geur) aangemaak met water
soos op pakkie aangedui
Klein bietjie sout
Aromat na smaak
1 pakkie vars sampioene
Vars fyngekapte knoffel na smaak
Braai uie, gekerfde sampioene en knoffelvlokkies in botter.
Spoel slakke BAIE GOED af in vars water
Meng slakke met uie en sampioene in braaipan
Gooi pakkie Pasta Sauce en room by
Gooi aromat en sout na smaak by
Braai alles saam vir ±15 minute
Bedien saam met repies bruin brood
(Genoeg vir ±4 persone)
Smoorkool
1 middelslag ui
30ml sonneblom olie
2 tamaties
400g gesnipperde kopkool
2 ml sout
growwe swart peper
Skil die ui en sny in ringe. Soteer uieringe in sonneblom olie.
Skil die tamaties en sny in blokkies. Voeg dit by die uieringe en smoor 'n
paar minute saam.
Voeg die kopkool by en roerbraai die mengesel oor stadige hitte net totdat
die kool sag is.
Geur met sout en swart peper. Bedien warm.
Sneeupoeding
22,5 ml (1½ e) gelatien
60 ml (¼ k) koue water
250 ml (1 k) kookwater
250 ml (1 k) suiker
60 ml (¼ k) suurlemoensap
gerasperde geel skil van ½ suurlemoen
2 eiers, geskei
vla poeier
Week die gelatien vir 5 minute of langer in koue water en los dit op in die
kookwater.
Voeg suiker, suurlemoensap en -skil by.
Syg mengsel deur 'n sif en laat op 'n koel plek afkoel.
As die mengsel feitlik gestol is, klits dit met 'n vurk of klitser tot lig
en sponserig.
Klits eierwitte styf en vou in.
Giet in 'n nat vorm om verder te stol.
Maak vla van die eiergele en sit voor saam met die poedingm (As u nog weet
hoe om vla op die ou manier te maak!!) Lekker eet!
Snoektert
Kors:
1½ k meel
1 ½ t bakpoeier
sout
3 e gesmelte botter
Meng & voeg koue water by indien nodig (sagte deeg). Smeer in 'n bak
2 k melk
60 ml meel
sout
1 e botter
Maak 'n witsous daarvan
Haal van die stoof af
1 Blik snoek
1 k gerasperde kaas
1 eier (kan gekookte eier insit - in stukkies gesny)
½t papirka
1 t pietersielie
Meng en gou op kors & bak by 180° C. Versier met kaas & uie chips bo-oor
Soet-Suur Hoendervlerkies
12 hoendervlerkies
½ koppie kookolie
1 gerasperde ui
1 teel vars knoffel
1 teel vars gemmer
1 koppie tamatiepuree
1 koppie tamatiesous
½ koppie asyn
¼ koppie Worcestershire sous
½ koppie bruinsuiker
1 teel chilli pasta
1 teel suurlemoenpeper
2 teel vars suurlemoensap
1 koppie water
sout na smaak
Verhit die olie in 'n pot
Soteer ui, knoffel en gemmer vir 4-5 minute
Roer oorblywende bestanddele by (behalwe hoendervlerkies) en prut vir 20
minute. Verwyder van hitte en laat heeltemal afkoel.
Gooi oor hoendervlerkies en marineer in yskas oornag.
Bedrup kort-kort terwyl vlerkies gebraai word.
Soetsuur Varkroerbraai
500g varkfilet, in dun repies gesny
1 knoffelhuisie gekneus
50 ml (4 e) tamatiesous
25 ml (2 e) sjerrie
12.5 ml (1 e) heuning
12.5 ml (1 e) witwynasyn
25 ml (2 e) sojasous
25 ml (2 e) sonneblom olie
1 wortel, geskil en in repe gesny
225 g preie, ontpit en in repe gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny
200 g sampioene, afgevee en in kwarte gesny
100 g babamielies, gehalveer
410 g blik pynappelstukke
2,5 ml (1 e) mielieblom, opgelos in 12,5 ml water
Marineer varkfilet vir 30 minute in die mengsel van knoffel, tamatiesous,
sjerrie, heuning, asyn en sojasous.
Verhit olie, haal vleis uit marinade en roerbraai vir 5 minute.
Voeg wortels, preie, soetrissie, sampioene en babamielies by en roerbraai
vir 5 minute.
Meng res van die marinade, pynappelstukke met sap en mielieblom saam.
Giet in pan en kook vir 5 minute tot sous effens verdik. Sit dadelik voor op
rys.
Sop-resep
Lekker groot sopbene (beesskenkels ) met vleis aan (1kg)
4 groot wortels.
halwe pakkie sop ertjies (droë ertjies)
4 groot aartappels.
2 groot uie
3 groot tamaties.
1 pakkie soppoeier enige soort
bietjie meel
sout
Week ertjies oornag in water, kook volgende dag tot sag. Kook sopvleis tot
sag.
Rasper groente of verpulp dit. Gooi alles in vleismengsel saam met genoeg
water.
Laat kook totdat die groente gaar is, en meng dan soppoeier en meel en sout
saam en verdik die sop met die mengsel. Laat goed deurkook totdat dit
verlangde dikte is.
Om dit nog lekkerder te maak, gooi bietjie spaghetti ook by.
Ek hou van my sop lekker dik, en die een is gewoonlik 'n treffer. Gewoonlik
kook ek baie en vries dan in bakke die wat oorbly, vir die dae wat dit koud
is, en tyd min.
Sous vir Kassler
15 ml heuning
15 ml sjerrie
2 ml aangemaakte mosterd
Meng goed en smeer die kassler terwyl dit gebraai word.
Souskluitjies
Kluitjies:
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
50 ml margarien / botter
1 eier
100 ml melk
Sous:
500 ml kookwater
25 ml margarien / botter
kaneelsuiker
Sif droë bestanddele saam. Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos
broodkrummels lyk.
Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot 'n sagte deeg.
Voeg nog melk by indien nodig.
Verhit water en 25 ml margarien tot kookpunt.
Skep lepelsvol deeg in kokende water. Sit deksel op en laat kook 15 minute.
Moenie deksel oplig terwyl kluitjies kook nie.
Skep kluitjies met 'n gleuflepel uit in 'n diep opskepskottel. Strooi
kaneelsuiker oor.
Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg kaneelsuiker by en
giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoeg indien nodig.
Souskluitjies 2
260 ml Meelblom
25 ml botter
25 ml bakpoeier
3 Eiers
250 ml melk
sout
Sous:
1 Liter water
480 g suiker (600 ml)
1 ml sout
20 ml asyn
Sous om oor souskluitjies te gooi:
25 ml botter
20 ml kaneel
15 ml naeltjies
120 ml asyn
60 ml vlapoeier aangemaak met bietjie water
Sif droë bestanddele saam. Vryf botter in.
Klits eiers en melk goed. Voeg by droë bestanddele. Meng goed.
Skep lepelsvol in kastrol, 4 cm gevul met kookwater en 20 ml asyn. Plaas
deksel dadelik terug en prut oor lae hitte vir 7 - 10 minute.
Skep kluitjies in opdienbak en strooi kaneelsuiker bo-oor.
Berei sous om oor te gooi:
Kook al die bestanddele saam behalwe die vlapoeier.
Bring tot kookpunt. Verdik met vlapoeier. Gooi sous oor kluitjies.
Dien warm op saam met dun vla.
Souttert 1
1 Groot Ui (fyngekap)
½ koppie fyn vars sampioene
½ groenrissie (fyngekap) (green pepper)
1 pak (250 g) fyn spek (Bits 'O Bacon)
1 EL fyn knoffel
250 ml (1 kop) melk
125 ml (½ kop) Koekmeelblom
2 eiers, geskei
250 ml (1 kop) gerasperde Cheddarkaas
1-2 tamaties
Sout en peper na smaak
Cayenne peper
Braai spek tot gaar
Voeg by ui, knoffel, groenrissie & sampioene. Smoor tot uie glaserig is.
Meng melk, meel, eiergele, sout en peper.
Vou spekmengsel by en meng goed
Klits eierwitte styf en vou in by mengsel
Smeer groterige bak en gooi mengsel in.
Sny tamaties dun skyfies bo-op
Strooi kaas bo-op
Sprinkel Cayennepeper bo-op.
Bak vir ± 30 minute by 180°C of tot gestol.
Souttert 2
5 snye wit/bruin brood (sonder korsies) gooi in kastrol
3 k melk
3 e botter
kook bogenoemde
Haal van stoof af en gooi by:
1 Blik weenseworsies of bullybeef
1 ½ k kaas
1 Ui
Rooipeper
1 Pak bacon geknip
3 Eiers
Pietersielie
Meng goed & bak teen 180° C.
Soutterte
Tunatert
1 blik Tuna
30 ml meelblom
2 eiers
375 ml melk
250 ml gerasperde kaas
Klits eiers en melk goed. Meng tuna, meel en kaas met eiermengsel.
Bak vir 30 minute in oond teen 350 Grade F ( 180 Grade C )
Kan met pietersielie versier word.
Souttert
Smelt saam:
30 ml botter
Voeg 30 ml meelblom stadig by
Voeg 500 ml melk stadig by en roer tot dik en glad
Voeg bogenoemde by 2 geklitste eiers en meng goed
Voeg by:
125 gm Fyngesnyde gebraaide ontbytspek
125 gm Fyngesnyde ham
125 gm gerasperde kaas
2 hardgekookte gerasperde eiers
Sout en peper en aangemaakte mosterd na smaak
Bak in gesmeerde vuurvaste bak in oond teen 180 Grade C tot gaar
Souttert
Week 4 dik snye wit brood in 2 koppie melk en druk fyn.
1 blik weense worsies
1 koppie gerasperde kaas
3 eiers, geklop
knippie peper
Sout
Pietersielie
Meng alles saam en bak teen 180 Grade C.
Souttert
1 blik beef
1 blik worsies
1 blik sweetcorn
1 dl. bakpoeier
1 koppie meelblom
5 eiers
1 koppie kaas
2 koppie melk
1 eeteel pietersielie
1 ui
1/2 koppie kookolie
sout
Meng alles goed, en bak in oond teen 180 Grade C tot gaar.
Souttertjies [klein]
Kors:
5/8 koppie (10 eetl) meelblom
knippie sout
1/2 teel suiker
1/8 teel kremetart
4 eetl margarien
1/2 eiergeel
Sif die meelblom, sout en kremetart saam. Voeg suiker by.
Vryf die margarien liggies in.
Maak die deeg aan met die eiergeel en wanneer dit te droog is, voeg 1 eeteel
koue water by. Rol +- 1/8" dik uit. Sny in sirkels en plaas in
kolwyntjiepanne. Sit in yskas tot vulsel gereed is.
Vulsel:
Maak 'n witsous van:
1 eetl margarien
1/2 koppie melk
1 eetl meelblom
Klits 1 eier en voeg dit by die witsous
Voeg ook die volgende by die witsous:
1/4 teel mosterd
2 eetl gesmelte margarien
1 eeteel gekapte pietersielie
1/2 koppie gerasperde kaas
1/2 koppie gaar gemaalde vleis (of fyn geblikte worsievleis)
1 eetl gerasperde ui
Skep nou in die deeg in kolwyntjiepanne. Bak vir 20 minute teen 190 Grade C.
Lewer +- 15 tertjies.
Soek jy plek om te gaan kampeer?
Klik dan hier!
Skooltake??
Klik hier
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry,
klik net hier.
Nieltjie se Stories - Kinderstorie CD in Afrikaans -
Klik hier
Lees alles oor
Bloedrivier:
Klik hier
150x90cm ou Suid-Afrikaanse vlae te koop
@ R125 elk, posgeld uitgesluit. - Kontak gerus
Roelof of Ronel by 012-3332932
Skoorkos
is 'n blog wat resepte in
geselsvorm, in Afrikaans, vir die gretige kosmaker bevat.
Ons gaan
gewoonlik Carnival City of Gold Reef City toe as ons wil gaan fliek,
uiteet of op die masjiene wil speel. Ek het egter 'n veel makliker
manier gekry om te speel, Silversands aanlyn casino! Doen dit
sommer van jou rekenaar af. Jy sluit aan, speel eers met speelgeld en
probeer dan die regte ding. Probeer gerus,
Klik hier
en geniet.
Boeredanse - Verdere inligting oor die dansgroep:
Danette Smith,
Danna.smith@resbank.co.za
Sel: 082 923 6177
Oorvloed - klik hier
Blitz Boontjiekerwer
Teken in /Teken uit / Kontak |
Teken hier
in op die poslys en lees ook die argiewe.
Om uit te teken, stuur vir my 'n
epos
en dui jou naam aan asook die eposadres waaronder
jy ingeteken is
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.
|
|