Ek staan op vir Afrikaans!

 

 

Nommer 134

Besoek my Webwerf

15 Maart 2009

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Steve se Spoegblok

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! Hierdie uitgawe se pasella is 'n eBoek met lekker sopresepte, winter is net om die draai!

Ons is sopas terug van 'n lekker rustige week by Burchell's Bush Lodge reg by die Kruger hek van die Kruger Nasionale Park. Nader aan die park kan jy regtig nie kom nie, die oord lê aan die Sabie rivier wat die grens van die park is. Die eerste aand to ons daar kom het dit lekker gereën en ons was bevoorreg om die rivier in vloed te sien. Diere was maar skaarserig as gevolg van die digte bosse na die goeie reën wat die park gehad het.
Klik hier om 'n paar van die fotos te sien wat ek genneem het:
http://peterjasie.shutterfly.com

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto, die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Rate en Plate

As jy enigsins 'n gevoel het vir ons ou tradisies, dan sal jy in die volgende belangstel. Ons het 'n CD saamgestel wat beide Boererate asook Boeremusiek bevat. Daar is meer as 2000 Boererate in die samestelling. Dis interessant om te sien wat ons voorgeslagte alles probeer het in die afwesigheid van apteke en dokters. Die Boeremusiek op die CD is ook heel besonders. Die musiek is van die vroegste Boeremusiek beskikbaar. Meeste van die musikante is alreeds oorlede maar hulle musiek leef voort danksy versamelaars wat dit vir die nageslag bewaar. Van die kunstenaars wat optree is onder andere Koot Brits, Joe Hooneberg, Silver de Lange en Faan Harris.

Hierdie CD is werklik 'n versamelstuk en maak ook die ideale geskenk uit. Koste is R100, posgeld ingesluit of R130 per Speed Services. Stuur my net 'n epos vir betalingsbesonderhede

Nou toe nou, kyk wie is hier!

Ek is Zalome Arnott. Woonagtig in Phoenix, Arizona. Januarie was ek 71, en so skerp soos jy graag wil wees as jy so oud is soos ek! My man is 'n Amerikaner, hy is 87 jaar oud. Ons rits nie baie rond nie maar reis die wêreld vol met die rekenaar. Ons gaan kuier elke 2 jaar in Suid Afrika. Ek het familie daar. Ek is gebore en het grootgeword op Ventersdorp in die ou Transvaal. Voorheen 48 jaar woonagtig in Honeydew, Randburg.

WAT DOEN EK? -- Ek verlang my siek na Afrikaans. Waar ek woon is niemand nie! Ek mis Afrikaanse gasvryheid, spontaniteit en humor. Toe begin ek maar vir my "familie" oor die hele wêreld bymekaarmaak. Mense soos ek en ander nog in S.A. Ons is 2,000 plus lede, en ek is so gelukkig soos 'n vark in Palestina! Doen jouself 'n guns en teken in op my nuusbrief - word familie. Jy kan gaan loer wat ek doen by die web tuistes onder, en sommer inteken ook. My motto is "Afrikaans is so skaars soos hoendertande!" Elke brief het sy eie "hoenerkie" en ander prente. Elke brief is 'n kunswerk, onderwerpe is van alles en nog wat, geskik vir die hele familie. Pos is min, slegs van my, een per dag, soms glad nie. By uitsondering twee. Grootte van eposse is tussen 300 tot 650 Kilo grepe. Ek stuur gedigte, stories, motiverende stukkies, prente en musiek, wenke en resepte. Meeste van die tyd alles Afrikaans, so nou en dan glip ietsie in Engels in. Lede leer mekaar ken, en hegte vriendskappe het al ontstaan.

My pos is in HTML - met briefpapier [stationery] musiek en prente. Ek stuur die brief ook sonder prente of musiek.

HTML ---- http://groups.google.com/group/AFRIKAANS-OP-DIE-NET

Teks ---- http://groups.google.com/group/afrikaans-op-die-net2

Gaan na "JOIN THIS GROUP" om in te teken. Om te sien hoe lyk my epos kliek op "Files". As die bladsy net wit, of swart teks op wit is, druk die twee groen pyltjies bo aan om die blad te "refresh!" Dit sal die werkertjies daar agter die skerm aan die gang kry! (Ek gebruik Engelse rekenaar terme)

Gaan kyk gerus na my foto en kuns albums.  
Klik hier
Zalome

 
26 Lewensfeite vir vroue - Maretha Maartens

                                                                                                                                                                                        1. Die ego van 'n trouman is so dun soos 'n membraan. Bly weg van 'n man met 'n ego wat nog dunner is. Telkens wanneer diepieperige ego'tjie skeur, gaan die eienaar jou verantwoordelik hou vir lyding en verlies aan lewensgehalte.

2. Moenie oorhaastig verloof raak of trou nie. As dit ewige liefde is gaan hy nie toelaat dat iemand anders hom binne die volgende ses maande opraap, ontvoer of blywend betower nie.

3. Vroue wat nie trou nie, het hul redes. Gelukkig vir die mansgeslag is die vrouens te diskreet om dit aan die hele wereld bekend te maak.

4. Wanneer aanneemkinders op hulle aanneemouers se harte trap, is dit nie omdat hulle aanneemkinders is nie, dit is omdat hulle kinders is.

5. Jou bejaarde ouers se harte is so broos en breekbaar soos hulle heupe.

6. Jou getroude dogter (en skoondogter!) se skokkende kaste, vaal kastrolle, harde kussings, kunsveselkomberse, kitcherige skilderytjies en taai ketel is reg net soos dit is.

7. Soms is dit net een van daardie dinge!

8. Jy hoef nie alles by te woon, te sluk, te onthou, te ondersteun, te besit, te weet of alleen te hanteer nie.

9. Jou gewig is reg solank jou regterbobeen nie jou linkerbobeen rou skaaf nie.

10. Wat jy nou beleef, gaan ook verby.

11. Die geveg teen oud word is interessant, maar in aanvaarding lê 'n skat van vrede opgesluit.

12. Wanneer ons ophou om mooi aan te trek en net in sweetpakke en oorgroot T-hemde rondloop, jok ons wanneer ons sê: "Ek voel gemaklik so." Wat ons eintlik sê is "Ek voel ongemaklik oor myself."

13. God gee om.

14. Die ouer wat 'n obsessie ontwikkel oor een talent in haar kind se lewe, kom selde agter hoeveel potensiële vriende haar kind verloor.

15. 95% van kinders op wie daar druk van hierdie aard geplaas word, gooi daardie talent na skool weg en vind terselftertyd dat hulle die kuns om hulself deel van 'n groep te maak, nie op 20 eers kan aanleer nie.

16. Egskeiding is nie 'n onvergeetlike sonde nie, maar dis 'n haaiaanvaal op kinders.

17. Seks is veronderstel om lekker te wees.

18. Die saad van die allerverskriklikste sondes lê onder die sand van elkeen van ons begrawe. Dit wag net vir die regte omstandighede om te ontkiem.

19. Was daar nie onverdiende genade nie, was dit ek.

20. Maak meer en meer sagte plekke in jou hart vir meer en meer mense.

21 Kinders het hulle ouers se ore nodig.

22. Wees veral versigtig wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou lewe.

23. Die lewe is hard. Mans soek sagtheid.

24. 'n Vrou moet nie te toegeeflik, te afhanklik, te praterig, te stil, te onafhanklik, te agterdogtig, te goedgelowig, of te haastig wees nie. 'n Vrou het styl wanneer sy begrypend-menslik-uitreikend-belangstellend-sterk-nie onder 'n kalkoen uitgebroei nie-goedgesind-onversteurbaar-kalm leef en optree.

25. Om net te wil hê is kinderagtig.

26. As jy 'n kat of hond het, gaan jy ontdek dat hy kan praat. 

Boeremusiek Baanbrekers

 


As jy nou na 'n pragtige vertolking van oorlede oom Dirk Laas se Kristalwaters (of is dit Manie Bodenstein se Wals in f-kruis?) wil luister dan gaan kuier jy vir Dirk of kom luister waar hy optree. Hy tree deesdae gereeld op by die Boeremusiekgilde se byeenkomste. Hy is 'n ware meester van sy konsertina.

 
Nasionale Parke Web Kameras

Jy hoef nie eers jou huis te verlat om wild te besigtig nie, hier is skakels na kameras by watergate in Kruger en Kgalagadi. Lekker kyk!

Orpen kamera

Satara kamera

Nossob kamera

Interessanthede uit die Kruger Nasionale Park

Die Groot 5: Leeu, luiperd, renoster, buffel, olifant

Die Klein 5: Klaasneus, mierleeu, buffel wewer, renosterkewer, bergskilpad

5 Bome: Maroela, koorsboom, mopane, kremetart, knoppiesdoring

Groot 6 voëls: Swartaasvoël, bromvoël, visuil, saalneusooievaar, breëkoparend, gompou

Facebook

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige in Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer. Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com

In die vorige nuusbrief het ek die eerste sewe opvoedingdoelwitte van dr. Robert Shaw se boek “The Epidemic - 15 ways to Ruin your Child and Your Life”, gedeel. In hierdie insiggewende boek daag die skrywer ouers en onderwysers uit om hulle opvoedingsstyle te oordink. Vir te lank het te veel ouers nou kinders laat grootword, sonder om hulle op te voed. Ons maak intelligente maar emosioneel-arm kinders groot. Dit is ‘n plaag wat ‘n hele generasie kinders van opgevoede, ingeligte, maar onbetrokke ouers, tans bedreig.
Ek deel graag die laaste agt punte hoe om jou kind se lewe te ruineer, met jou:
8. Moenie jou kind leer dat vir elke daad daar ‘n gevolg is, nie. Jy hoef ook nie die moeite te doen om hom te leer om met selfbeheersing, respek teenoor himself en ander op te tree, nie.
9. Maak seker jou kind slaap, speel elektroniese speletjies of kyk TV, terwyl jy oefening kry.
10. Jy hoef nie bekommerd te wees of te monitor wie jou kind se maats is nie.
11. Laat jou kind toe om solank as wat hy wil sy tyd te verwyl met TV, videos, en elektroniese speletjies.
12. Pak jou kind se dag vol met aktiwiteite en opwinding met geen alleentyd of rustige tyd nie; andersinds mag jy dalk net sorg dat jou kind verveeld word.
13. Sorg dat daar nie tyd of geleentheid is om net te lag en lekker menstyd saam met jou kind te spandeer nie; pak jou eie skedule tot barstensvol - dan hoef jy geen tyd met jou kind deur te bring nie.
14. Moenie inmeng wanneer jou kind met seks, dwelms, alkohol of sigarette wil eksperimenteer nie.
15. Moenie jou kind enige take in die huishouding gee nie; jy mag dalk net sorg dat sy ‘n verantwoordelikheidsin, selfbeheersing en deursettingsvermoë ontwikkel.
Volgende keer kyk ons na wat kinders nodig het in hierdie moeilike tye van vandag. Baie dankie vir al die vrae en saamgesels oor die belang en verantwoordelikhede van kinders en ouers. Groete van hart tot hart.

Gedig

Depressie - die stille moordenaar

Ek voel moeg en siek en weet nie wat my bekommer
Miskien voel ek dalk more beter want ek word nie jonger.
Die pyne en angs dryf my tot raserny
Ek gun dit nie eers vir my vyand - al moet ek dit bely.

My gevoelens en emosies ry met my wipplank,
Gedagtes in my kop klink na simbale se klank.
Met tye stroom trane sonder rede vrylik oor my wange
Is daar fout met my, of is dit net uit pure verlange?

Die geklop in my slape hou net aan en aan,
Soms voel dit asof ek rondsweef op ‘n ander planeet se baan.
My eetlus is ook daarmee heen,
Die spieël vertel die storie, ek is net vel en been.

Die een dag wil ek net aanhou lag,
Maar soggens ontwaak ek met ‘n bitter slag.
Maar die volgende dag voel dit weer dit is nag.
Saans kry ek nie genoeg slaap en voel altyd moeg en vaak,
Is ek werklik siek of wat is die oorsaak?

Met tye wil ek hand in my eie lewe slaan,
Is daar iemand wat my vrae en vrese sal verstaan?
Hoe lank moet ek alleen teen die onbekende veg?
Ek as mens het ook ‘n lewe en bestaansreg .

Depressie, jy is my grootste vyand,
Maar gelukkig is my lewe in my Vader se hand.


Charmaine van der Merwe
Epos

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf Ek het onlangs nog fotos bygesit.

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Anna se Kombuis

Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou.

Klik gerus hier en kyk na die lys van nuwe resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar!

Of bel sommer direk vir Anna - 0822946799

Gratis Kersfeesresepteboek met elke bestelling  

Pasella

Die winter is net om die draai, regs klik hier om 'n eBoek met lekker sop resepte af te laai.

Die Danville Hulpgroep 

Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.

Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Peterjasie se Boererate eBoek

eBoek met om en by 2000 Boererate, net R60. Ek stuur sommer per epos en jy betaal dan die bedrag in my rekening in, so maklik soos dit. Kontak my vir betalingsbesonderhede. Ook in Engels beskikbaar, laat my maar net weet. Met elke bestelling gee ek gratis afskrif van "Boererate en Verbruikerswenke" eBoek

Wapadrand Boeredansgroep
 

 

Vir navrae of inligting kontak Danette gerus by 0829236177 of stuur ’n epos na danna.smith@resbank.co.za
 

 

Click Here Now!

Click Here Now!

Dial Direct Insurance

 

 
Glimlag

Kalmte in jou lewe

Kyk nê, ek kyk nie sommer "feel good" programme soos Oprah, Dr Phil, Ricki Lake ens, ens, ens nie. Nou die dag, te midde van my daaglikse "channel hopping" kom ek op Dr Phil af (ek het 112 televisiekanale en
almal wys net 'n klomp gemors).

Ek deel hierdie met julle omdat ek weet dat dit werk en omdat almal seersekerlik kan doen met 'n bietjie kalmte in ons lewens. Deur 'n eenvoudige raad te volg wat ek by Dr. Phil op sy TV program gehoor het, kan jy ook nou 'n kalmte van gees ontwikkel en kans sien vir dinge waarvoor jy normaalweg nie kans gesien het nie.

Dr. Phil se raad was die volgende: "The way to achieve inner peace is to finish all the things you have started and have never finished."

Dit is toe net daar dat ek die daad by die word voeg en die huis invaar op soek na daardie dinge wat ek begin het en nie klaargemaak het nie.

Die eerste ding wat ek raakloop is 'n kwart bottel wyn en ek maak korte mette daarvan ... rustig op die rusbank. Daarna kry ek in die yskas 'n halwe pak gekerfte biltong en al kouende soek ek verder. 'n Halwe bottel Amarula is die volgende stuk terapie wat ek raakloop. Die stuk melktert wat al dae in die yskas is, help verder om my kalmte op koers te kry en 'm 'half ge ete n hoenderboudjie gee my genoeg kalmte en selfvertroue om die halwe bottel koffie likeur aan te tree. Ek rond die terapie af met 'n derde bottel Old Brown Sherry.

Kyk, toe was ek darem in 'n goeie bui en so kalm soos 'n volstruis met slippers.
 

Die juffrou vra die klas om 'n sin met halstarrig te maak....
Sipho: Eish djuffrou, as o's ini taxi ry, en iemand poep da binne, dan hal o's starrig asem!
 
Gesondheid - Die antwoorde op jou vrae

V: Ek hoor kardiovaskulêre oefening is goed vir 'n mens, is dit waar?
A: Jou hart is slegs gebou om soveel maal te klop, en dan's dit alles oor... Moenie dit op oefening vermors nie.. Enige orgaan raak uiteindelik uitgeput. As jy dit vinniger laat klop sal dit jou nie langer laat leef nie; dis so goed as om te sê dat jy jou kar se leeftyd kan verleng deur hom vinniger te ry. Wil jy langer leef? Gaan dut so 'n bietjie.

V: Moet ek minder vleis eet en meer vrugte en groente?
A: Jy verstaan nie die beginsel van logistieke doeltreffendheid nie. Wat eet 'n bees? Gras en hooi endiesmeer, wat groentes is. Dus is 'n lekker stuk steak niks anders as 'n doeltreffende manier om groente in jou stelsel te kry. Wil jy groente hê? Eet hoender. Bief is ook 'n goeie bron van vesel, aangesien gras vol daarvan is. 'n Varktjoppie kan ook help om te verseker dat jy 100% van jou daaglikse aanbevole dosis groente inkry.

V: Moet ek my alkoholinname verminder?
A: Nooit!!!! Geensins nie. Wyn is van vrugte gemaak. Brandewyn is gedistilleerde wyn, wat beteken dat hulle die water uit die vrugtige deel verwyder sodat daar soveel meer van die voedingswaarde oorbly. Bier word ook van graan gemaak. Hou die blink kant bo!

V: Hoe kan ek my liggaam/vet verhouding bereken?
A: Wel as jy 'n liggaam het en jy het vet is jou verhouding een tot een As jy twee liggame het, sal jou verhouding twee tot een wees, ensovoorts.

V: Wat is die voordele daarvan om aan 'n gereelde oefenprogram deel te neem?
A: Kan nie aan 'n enkele voordeel dink nie, jammer. My filosofie is hoe minder pyn, hoe beter!


V: Is gebraaide kosse nie sleg vir jou nie?
A: JY LUISTER NIE!!!!. Kosse word in plantolies gebraai deesdae. Om die waarheid te sê hulle is deurdrenk daarmee. Hoe kan dit sleg vir jou wees as jy nog meer groente inkry?

V: Is sjokolade sleg vir my?
A: Is jy laf? HELLO. Kakao bone! Nog 'n groentesoort!!! Dit is die beste gesonde lekkerny ooit!

V: Is swem goed vir my figuur?
A: Het jy al 'n walvis gesien?

Wel ek hoop dit sal al die alledaagse mistastings oor voedsels en diëte opklaar
 
st se pitkos 

Vyf finansiële foute wat mense maak

Verlede week het ons na twee belangrike sake gekyk, naamlik skuld en spaarsamigheid.

Hierdie week hanteer ons verdere belangrike aspekte van jou gesindheid teenoor geld. Wanneer ek dit nou noem, wil ek dadelik sê ons praat nie hier oor hoe jy jou finansiële kundigheid en ekomiese kwalifikasies moet verbeter nie. Nee, ons gesels eerder oor jou houding en ingesteldheid teenoor jou finansiële posisie en hoe dit jou beïnvloed.

1. Wees eerlik met geld

In die wêreld waarin ons leef is mense oneerlik met geld. Hulle sal geld van jou steel, jou inloop of jou doodgewoon net nie betaal vir 'n diens wat jy gelewer het nie. Ek het hiervan dure persoonlike ondervinding - selfs 'n man met 'n teologiese graad en homself op die preekstoel begewe het my ingedoen met geld. Maar wees jy eerlik met geld, betaal jou rekeninge en moenie kyk hoe jy mense uit hul geld kan verkul nie. Jy voel skuldig en skaam wanneer jy oneerlik met geld is. Dit tas jou menswees en integriteit aan.

2. Kontroleer jou uitgawes

Wanneer jy 'n kraan ooplos en die water loop vir ure en dae aaneen veroorsaak jy 'n stroom en 'n vloed. Dit is dieselfde beginsel met jou geld - jy moet jou onbeheerste en ongekontroleerde uitgawes onder beheer kry. Spandabelrigheid kan gou hand uitruk en 'n stroom veroorsaak waar jou geldbeursie leeg loop. Het jy beheer oor jou geldsake? Hou jy goeie boek waarop jy geld bestee? Mense is al van der duisende (miljoene) rande leeggetap omrede hulle nie die stopkraan toegedraai het nie. Stel 'n begroting op en teken skriftelik aan die dinge waarop jy jou geld spandeer. Dit kan regtig jou oë laat oopgaan om die nodige gate en lekkasies in jou beursie op te spoor. Keer dat jou geld nie uit jou beursie vloei en in 'n groot donker gat verdwyn nie. Onthou die les: kontrole oor jou geld begin by kontrole oor jouself.

3. Jy moet 'n geld-plan hê

Wanneer jy op vakansie gaan moet jy sekere beplanning doen. Jy bespreek byvoorbeeld jou vliegtuigkaartjies vir 'n sekere datum en bestemming óf jy doen bespreking by 'n vakansieoord. Hoeveel te meer behoort jy 'n geld-plan vir jou lewe te hê. Jou geld-plan behoort jou doelwitte (dis jou bestemming) en jou aksiestappe te beskryf. Ek meen meeste mense in 'n finansiële verknorsing doen eenvoudig nie finansiële beplanning nie óf het dit langs die pad verloor. Indien jy nie weet hoe om finansiële beplanning te doen nie, gaan gesels met finansieël kundige persone wat jou van advies kan voorsien. Myns insiens is finansiële beplanning nie net om met 'n versekeringsagent te praat en 'n annuïteit ( kan dit wel insluit) te koop nie, maar is veel meer omvattend. Jou geld-plan gaan oor jou totale pakket en sluit aspekte soos beplanning, doelwitte, inkomste, beheer en bestuur, uitgawes en voorsiening vir krisistye in.

4. Leef op hul kredietkaarte

Ek wonder hoeveel duisende mense in die wêreld het hulself al in die moeras van finansiële ellende bevind as gevolg van kredietkaarte. Indien jy nie 'n kredietkaart reg kan gebruik nie, knip dit stukkend en gooi weg. Myns insiens is 'n kredietkaart daar om dit maklik vir jou te maak om 'n kooptransaksie te doen en nie 'n manier om op skuld te koop nie. Wanneer jy nie geld in die bank het om iets op 'n kredietkaart te koop nie, bly eerder sonder die produk of diens. 'n Goeie alternatief is om 'n debietkaart te gebruik.

5. Probeer ryk lyk

Sjoe, hoeveel mense het nie al hul vingers verbrand deur ryk te probeer lyk nie. Dit doen seker jou selfbeeld goed wanneer mense dink jy is ryk, hulle sien jou luukse motor, jou pragtige huis en bewonder jou sukses in die lewe. Ek is baie versigtig vir spoggerige vertoon, want ek het onlangs weer gesien hoe 'n miljoenêr oorhoops uitspattig begin leef en dit feitlik alles verloor het (insluitend sy gesin). Leef eerder 'n meer eenvoudige en beskeie lewensstyl, maar met 'n goeie finansiële plan en met gemoedsrus in jou hart.

Kortom: Goeie finansiële oordeel begin met die regte gesindheid van jou hart en verstand. Doen die regte stappe en dinge en jy sal begin om in beheer van jou finansies te kom. Neem vandag die besluit om kontrole te neem oor jou geld en dit positief en reg te bestuur.

'n Sprankie wysheid vir die dag

"Enigiets wat jou beroof van vrede in jou gemoed, beroof jou van die lewe se groot rykdom." - Napoleon Hill -

Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 

 
Resepte

Maalvleisgereg

500 g maalvleis
250 ml koue water
5ml sout
2 ml peper
100 ml blatjang
250 ml rou rys afgespoel
uie
410 g minestronesop
285 g geroomde sampoeine
500 ml kookwater
Meng maalvleis, koue water, sout, peper. Kook vinnig sonder deksel, tot vloeistof weg is.
Skep maalvleis in 'n bak. Smeer blatjang oor, Strooi rys oor, Strooi sop oor, dan sampioene en laaste kookwater.
Sit deksel op of foelie. Bak 1 ½ uur by 180° C

Maaskaas Tert 1

1 houer gladde maaskaas
1 blikkie kondense melk
1 pakkie kits poeding (vir die eintlike resep sê hulle vanilla kitspoeding, maar jy kan ander geure ook gebruik en dan gee dit 'n heel ander en lekker smaak aan die tert)
1 pakkie Marie beskuitjies
Botter
Kaneel
Klits die maaskaas en kondensmelk saam tot goed gemeng.
Gooi nou die kitspoeding poeier bo-oor en klits vir 1 minuut lank.
Maak die mariebeskuitjies fyn en meng met gesmelte botter en gooi 'n bietjie kaneel by.
Vat 'n tert bord, druk die koekie mengsel plat op die bodem.
Gooi nou die maaskaas mengsel daarin.
Vir versiering kan jy of gerasperde sjokolade bo-op sit of gebruik sommer 'n flake wat fyn gemaak is.
Sit dit in die yskas om te stol.

Maaskaas Tert 2

2 x 250 g Geroomde Maaskaas
1 Blik Kondensmelk
1 eetlepel Suurlemoensap
1 Blik vrugte (youngberrie of aarbeie)
1 Rolkoek
Vlapoeier of Maizena
Klits Kondensmelk, Maaskaas, Suurlemoensap saam tot dik.
Pak 'n laag rolkoek in bak.
Gooi mengsel oor en maak gelyk.
Smeer vrugte daaroor.
Gooi vrugtesap in kastrol en kook.
Verdik met vlapoeier of maizena.
Gooi oor tert en verkoel in yskas

Malvapoeding 1

1 koppie meelblom
1 teel. koeksoda
1 eeteel botter
1 eier
1/2 koppie melk
1 eeteel asyn
1/2 koppie suiker
sout
Room botter, suiker en eier. Meng asyn en koeksoda en voeg by bottermengsel.
Voeg meel en sout by en maak aan met melk. Bak in matige oond tot gaar.
Gooi sous oor warm gaar poeding.
Sous:
1 koppie Carnation melk
1 koppie kookwater
1 kop suiker
Kook saam en gooi oor poeding

Malvapoeding 2

2 eiers ( by kamertemperatuur )
210 gm strooisuiker ( 250 ml)
15 ml appelkooskonfyt
150 gm koekmeelblom ( 315 ml)
knippie sout
5 ml koeksoda
30 ml botter
5 ml asyn
125 ml melk
Sous:
250 ml room
100 gm suiker ( 125 ml)
100 gm botter
125 ml Suid-Afrikaanse Brandewyn

Berei poeding:
Klits eiers en strooisuiker deeglik saam tot lig en donsig.
Klits appelkooskonfyt by. Sif droë bestanddele 3 maal saam.
Smelt botter en voeg by asyn en melk.
Vou droë bestanddele beurtelings met melkmengsel by eiermengsel in. Giet beslag in middelslag-gesmeerde oondvaste skottel.
Bak in voorverhitte oond teen 180 Grade C vir sowat 45 minute.
Berei sous:
Smelt sousbestanddele saam en giet bo-oor poeding sodra dit uit die oond kom.
Steek gaatjies in poeding met vurk om sous te help intrek.
Dien warm op saam met room.
Hoop dat ek van hulp kon wees. Bak dit, en geniet dit.

Marshmallow Tert

1 blik kondensmelk
1 blik crushed pynappels
1 pakkie tennis- of mariebeskuitjies
botter
Gesnipperde marshmallows
Meng kondensmelk, pynappels en marshmallows goed saam
Krummel kors van mariebeskuitjies of tennisbeskuitjies met ¼ botter
Giet mengsel bo-oor kors en plaas in yskas om te stol.

Marshmallow Tert 2

Beskuitjiekors (Tennisbeskuitjies en gesmelte botter)
Vulsel:
1 blikkie kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
1 koppie room, styfgeklop
16 marshmallows, in stukkies gesny
1 blik crushed pynappel, goed gedreineer
6 kersies opsioneel
neute, opsioneel
Meng kondensmelk en suurlemoensap. Klits room tot styf en voeg by.
Meng marshmallows en pynappel in. Gooi in kors.
Versier met fyn beskuitjies of kersies of neute.

Melkkos

125 g spaghetti, in korter stukkies gebreek (ek gebruik sommer macaroni)
150 ml koekmeel
5 ml sout
50 ml witsuiker
1l melk
3 ekstra groot eiers, geskei
50 ml margarien
3 ml vanieljegeursel
1 ml amandelgeursel (ek sit dit nie in nie)
Kook die spaghetti in genoeg vinnig kokende soutwater tot gaar en dreineer
Meng die droe bestanddele en meng met 250ml koue melk. Klits die eiergele en voeg by.
Verhit die res van die melk en die botter. Voeg 'n klein bietjie hiervan by die meelmengsel en roer dan alles by die res van die melk.
Verhit oor lae hitte tot die mengsel kook en verdik. Roer gedurig om te verseker dat die eiers nie skif op die bodem nie. Voeg die spaghetti by
Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou saam met die vanielje- en amandelgeursel by die gaar melkkos in.
Strooi kaneelsuiker oor en dien op in sopborde met ekstra suiker indien verkies
Genoeg vir 4 mense (Ek maak dit sommer in die mikrogolf - baie minder kans vir flops)

Melkkos 2

500ml melk
2 eetl (maw 50 ml) koekmeel
2 eetl margarine
bietjie sout
Klits alles goed in 'n bak en sit dan in die mikro - hou aan kook (op 100%) totdat dit styf is MAAR jy moet dit kort-kort roer - elke 1 minuut – anders maak dit klonte.
Sodra dit dan styf is - jy sal sien dit het dan ook darem al so 'n keer of wat geborrel - dan gooi ek net lekker baie kannelsuiker in
Roer deur en skep in bakkies - ek gooi dan sommer weer kaneelsuiker bo-oor. Lekker eet.

Melktert met Kondensmelkbolaag

30 ml (2 eetl) Margarien
125 ml (½ kop) Suiker
2 Eiers, geskei
125 ml (½ kop) Koekmeelblom
5 ml (1 tl) Bakpoeier
Knippie sout
500 ml (2 kop) Melk
Bolaag
1 blik (397g) Kondensmelk
125 ml (½ kop) Suurlemoensap
2-3 Tennisbeskuitjies (gekrummel) (opsioneel)
Klits margarien en suiker saam. Voeg eiergele by suikermengsel en meng goed.
Voeg droë bestanddele bymekaar.
Voeg meelmengsel by eiermengsel, daarna die melk. Meng goed.
Klits eierwitte styf en vou in mengsel.
Smeer 28cm tertbak en gooi mengsel in.
Bak by 180°C vir ± 30 minute of totdat dit gaar is en ligbruin bo-op.
Meng kondensmelk en suurlemoensap saam.
Wag totdat tert 'n bietjie terug gesak het nadat dit uit die oond gehaal was. Smeer kondensmelk mengsel bo-op warm tert
Krummel Tennisbeskuitjies bo-oor.

Mieliebroodjie

(Dit is heerlik saam met gebraaide snoek of braaivleis.)
500 Gram Bruismeel
500 ml Karringmelk
1 Blikkie Heelpitmielies
Knippie Sout
Meng alles saam, plaas in 'n gesmeerde broodpannetjie, en bak vir 30 - 45 minute by 'n voorverhitte oond van 180 °C.

Mieliepap In Mikrogolf

3 koppies mieliemeel
1200 ml kookwater
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels sout
4 eetlepels margarien of botter
Plaas mieliemeel in mikrogolfbak (omtrent 2,5 liter bak) en mikrogolf onbedek op hoog vir 5 minute.
Voeg bakpoeier en sout by en meng deeglik.
Roer margarien by kookwater tot gesmelt.
Voeg kookwater met gesmelte margarien by mieliemeel en roer deeglik totdat daar geen droë meel meer oorbly nie.
Mikrogolf met deksel op, op hoog vir 8 minute.
Haal uit en roer deeglik.
Plaas terug in mikrogolf met deksel op en mikrogolf vir 'n verdere 8 minute op hoog.

Mikrogolf Fudge

Hier is 'n resep wat regtig werk en baie, baie lekker is:
1 blik Kondensmelk
2 k Strooisuiker
125 g Margarine/ Botter
1 t Vanilla Essence
Voeg Kondensmelk, Strooisuiker en Margarine/ Botter saam in 'n groot glasbak (ongeveer 15 cm hoog - mengsel borrel hoog gedurende kook proses!).
Kook op "High" vir 2 minute.
Haal uit; roer goed en plaas terug vir 8 minute op "High".
Haal uit; voeg 1 t Vanilla Essence by. Roer goed.
Gooi in 'n gesmeerde pan. Laat staan vir 2 minute.
Sny in blokkies en geniet!
(Opsioneel: kan ook neute/ rosyntjies/ Rice Krispies/ gebreekte beskuitjies bygooi of smelt sjokolade en smeer bo-oor; heerlik!)

Mikrogolf Sjokolade Koek

1 k Bruismeel
1 t Bakpoeier
knippie sout
4 e kakao (jy kan ook 2 e koffie [opgelos in baie min water] en 1 t vanilje byvoeg)
Klits die volgende:
1 k suiker
2 eiers
½ k olie
½ k warm water
Voeg alles bymekaar en klits
Bak 5 minute by 100% krag.
Laat staan 10 minute in pan voor jy dit uit gooi.
Voer pan met waspapier uit om te voorkom dat dit vassit.
Versiersuiker:
Maak jou gewone sjokolade botter versiersuiker - net baie slap en loperigm Voeg kersies en neute by die versiersel.

Mikrogolf Vrugtekoek

125 g botter
500 g vrugtekoekmengsel
250 ml (1k) sagte bruin suiker
375 ml (1& 1/2k) water
5 ml (1 t) koeksoda
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
10 ml kitskoffiepoeier
5 ml gemengde speserye
5 ml fyn gemmer
knippie sout
100 g glanskersies, in kwarte gesny
100 g amandels, gekap.
2 eiers, geklits
15 ml brandewyn
Spuit 'n mikrogolf-ring-vorm van 2 liter met kleefwerende middel en voer uit met handdoek papier.
Plaas die botter, vrugtekoekmengsel, bruinsuiker, water en koeksoda in 'n glasbak en mikrogolf vir 10 minute teen 100% krag, moenie roer nie. Laat heeltemal afkoel (Baie belangrik anders bak die koek nie reg nie).
Sif die droë bestanddele saam en meng met die afgekoelde mengsel. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
Skep in die voorbereide ringvorm, plaas op 'n omgekeerde piering of andersins 'n eierdosie (in oond) en mikrogolf 20 minute lank teen 50% krag, daarna vir 7-10 minute lank teen 30% krag (ontdooi)
As die koek wegtrek van die kante, is dit reg. Keer uit op 'n draadrakkie en giet nog 'n bietjie brandewyn oor wanneer afgekoel.
Draai toe in tinfoelie en bêre in 'n lugdigte houer. Lewer 'n groot koek.

Skakels/Advertensies

Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier!
Skooltake??
Klik hier
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.

Nieltjie se Stories - Kinderstorie CD in Afrikaans - Klik hier

Lees alles oor Bloedrivier: Klik hier
150x90cm ou Suid-Afrikaanse vlae te koop @ R125 elk, posgeld uitgesluit. - Kontak gerus Roelof of Ronel by 012-3332932
Skoorkos is 'n blog wat resepte in geselsvorm, in Afrikaans, vir die gretige kosmaker bevat. Besoek ook netresepte (http://www.netresepte.wordpress.com) vir eet idees sonder pretensie.
Ons gaan gewoonlik Carnival City of Gold Reef City toe as ons wil gaan fliek, uiteet of op die masjiene wil speel. Ek het egter 'n veel makliker manier gekry om te speel, Silversands aanlyn casino! Doen dit sommer van jou rekenaar af. Jy sluit aan, speel eers met speelgeld en probeer dan die regte ding. Probeer gerus,
 Klik hier  en geniet.
Boeredanse -
Verdere inligting oor die dansgroep: Danette Smith, Danna.smith@resbank.co.za
Sel: 082 923 6177
Oorvloed - klik hier

Blitz Boontjiekerwer

Logos Christelike Boekruildiens.
Agtergrond: Boekruildiens daargestel vir gemeenskap. Slegs christelike boeke, cd's, dvd's en video's.
Konsep: Bring 'n boek en ruil dit vir 'n ander. Geen kostes - slegs donasies. Indien jy nie 'n boek het vir ruil kan jy nog steeds deelneem.
Versoek: Finansieële donasies (vir aankoop van nuwe literatuur), sowel as donasies van literatuur (boeke, cd's, dvd's) is baie welkom
Skakel: www.rietfontein-suid.ng.org.za E-pos adres: frieda2@mtnloaded.co.za

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.