Ek staan op vir Afrikaans!

Nommer 135

Besoek my Webwerf

15 April 2009

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Steve se Spoegblok

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

Teken Besoekersboek

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! Hierdie uitgawe se pasella is 'n eBoek met lekker tertresepte, soet- en soutterte!

Ons is sopas terug van 'n lekker rustige week by Ekuthuleni. Baie oulike plek reg op die Olifanntsrivier tussen Hoedspruit en Mica. Die moeite werd om 'n paar dae daar te gaan uitspan.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Rate en Plate

As jy enigsins 'n gevoel het vir ons ou tradisies, dan sal jy in die volgende belangstel. Ons het 'n CD saamgestel wat beide Boererate asook Boeremusiek bevat. Daar is meer as 2000 Boererate in die samestelling. Dis interessant om te sien wat ons voorgeslagte alles probeer het in die afwesigheid van apteke en dokters. Die Boeremusiek op die CD is ook heel besonders. Die musiek is van die vroegste Boeremusiek beskikbaar. Meeste van die musikante is alreeds oorlede maar hulle musiek leef voort danksy versamelaars wat dit vir die nageslag bewaar. Van die kunstenaars wat optree is onder andere Koot Brits, Joe Hooneberg, Silver de Lange en Faan Harris.

Hierdie CD is werklik 'n versamelstuk en maak ook die ideale geskenk uit. Koste is R100, posgeld ingesluit of R130 per Speed Services. Stuur my net 'n epos vir betalingsbesonderhede

Boeremusiek

Alles wat jy wil weet oor Boeremusiek.

Hierdie is die webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Klik hier om sy webblad te besoek.

Boeremusiek Baanbrekers

Eddie Basson

Een van die Gilde se staatmakers. Die Gilde maak gereeld van sy dienste gebruik.Of dit nou by ouetehuise of bv. Ohrigstad se 150-jarige bestaan is nie saak nie, Eddie help onbaatsugtelik. Baie dankie Eddie! Eddie was onlangs baie siek maar is reeds uit die hospitaal. Sterkte ou maat! Eddie sal onthou word as die wenner van die laaste TV kompetisie in 1994 toe hy so met die slegte klank moes stoei.

Afrikaanse kletskamer

Liewe Peter
Ek loop noual lankal en wonder of ek nie jou sal kontak met dit wat ek op die hart het nie.
Laat ek maar eers die vraag stel voordat ek verduidelik:
Sien jy kans om vir ons 'n kort advertensietjie in jou nuusbrief te plaas?
Ons het 'n vreeslike oulike en uiters beskaafde kletskamer by www.kletskous.co.za  maar vir een of ander rede het ons bitter min kletsers. Ek dink ons is òf te ordentlik òf te oud vir die deursnee kletser - ons wil so graag nuwe gesiggies en kletsers daar sien. O ja. ons klets in Afrikaans maar ons het darem ook 'n Hollander en twee Belge daar wat ons gereeld besoek via die kuberruim.
Nouja, fluit-fluit my storie is uit en die groot versoek is gerig
Jou Kaapse bewonderaar
SOPHIA

Bedruk en Bedonnerd!

Agge nee, die kanse is nou goed dat ons 'n krimineel vir President gaan kry! (Sy onskuld is nie bewys nie) Aitoggie, wat word van hierdie land van ons! Vinniger kan ons wraggies nie agteruit gaan nie. Die enigste lig in die tonnel is die trein wat oppad is na ons toe. Ek wens ek kon aan iets dink om oor positief te wees!

Ek is ook 'n groot bewonderaar van Max du Preez. Die volgende stuk het al in 'n koerant verskyn, so ek glo nie hy sal omgee as ek dit hier ook plaaas nie, ek voel net soos hy.

Die Herfs van die Groot Ontnugtering?
Max du Preez

Beleef ons tans die Herfs van die Groot Ontnugtering? En is die Winter van Ineenstorting op hande?

Dit was vir my uiters pynlik om verlede maand op 'n openbare forum te moes verklaar my land is in 'n krisis. "Ek gaan vandag iets sê wat ek só lank só seker was ek nooit sal sê nie," het ek gesê, "iets wat ek aan baie toehoorders oor meer as 'n dekade gesê het nooit sou gebeur nie: korrupsie het sistemies geword, dit het nou deel van ons kultuur in Suid-Afrika geword."

Ons het nou soos Angola en Nigerië geword, het ek verklaar. Omkopery, diefstal van openbare geld, tenderbedrog en korrupsie word nie meer as ernstige afwykings beskou nie, maar word as normale gedrag aanvaar.

Drie dinge het my gepor om dié skerp oordeel te vel, dinge wat my laat dink het ons is by die kantelpunt (tipping point) verby wanneer dit by korrupsie kom.

Die eerste was 'n meningspeiling wat getoon het dat goed meer as die helfte van mense wat gesê het hulle gaan vir die ANC stem, verklaar het hulle aanvaar dat die ANC-leier, Jacob Zuma, dalk aan korrupsie en omkopery skuldig is, maar dat dit nie hul stem gaan beïnvloed nie.

Die tweede was die besluit van die ANC-amptenare in die parlement om honderdduisende rande te bestee om die reisskandaal van parlementariërs toe te smeer. Die ANC het daarmee gekeer dat die gesteelde belastinggeld ooit teruggekry kan word en aan die kiesers gesê hulle vind dit aanvaarbaar as verkose verteenwoordigers openbare geld steel.

Die derde was dat die ANC iemand met 'n onlangse kriminele veroordeling vir bedrog en 'n vorige veroordeling van ontvoering van 'n minderjarige, Winnie Madikizela-Mandela, op nommer vyf op sy lys van kandidate vir die komende verkiesing geplaas het.

Natuurlik was ek deeglik bewus daarvan dat die kultuur van korrupsie in die ANC aan die groei was. Ek het dit die laaste paar jaar gereeld in skerp taal in rubrieke, radiodebatte en openbare optredes veroordeel - veroordelings wat my herhaaldelik die etiket "rassis" en "teen-revolusionêr" op die hals gehaal het van die kant van die regerende party.

Maar ek het probeer glo dit was eintlik maar die resultaat van 'n amper verstaanbare menslike swakheid van "dit is nou ons beurt" ná die einde van apartheid en 'n sin van geregtig te wees op iets (entitlement).

Dit was inderdaad so, glo ek, maar omdat dié verskynsels tydens die bewind van Thabo Mbeki eerder aangemoedig as oor die kop geslaan is, het dit gegroei en so 'n integrale deel geword van hoe die regerende party en dus die staat opereer.

Daar is nou byna weekliks 'n nuwe exposé van senior ANC-politici of staatsamptenare wat hulle aan bedrog, diefstal, omkopery of nepotisme skuldig maak. Jacob Zuma en ander leiers veroordeel dit, maar niks gebeur ooit met die skelms nie.

Dit is hoekom dit so maklik geword het vir die man wat daaraan skuldig bevind is dat hy vir Zuma wou omkoop, Schabir Shaik, om uit die tronk ontslaan te word omdat sy gesondheid nie na wense is nie, terwyl honderde gevangenes elke jaar weens terminale siektes in ons tronke sterf.

Dit is hoekom Schabir se broer, ANC-veteraan Moe, kan verklaar die transaksies tussen boetie Schabir en Zuma was dalk korrup in die oë van die reg, maar in terme van "struggle-solidariteit" was dit eerder 'n daad van ubuntu - en niemand lag vir Moe in sy gesig uit nie.

Dit is hoekom een van die top-leiers van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty 'n halfmiljoen rand in 'n papiersak gesteel het, maar niemand daarvoor aangekla is nie.

Dié soort gedrag op leiersvlak het nou deurgesypel na die meer junior politici en amptenare. Premiers, burgemeesters, plaaslike regeringsleiers, staatsaanklaers, tenderraadslede, polisiemanne en verkeerspolisie volg nou geesdriftig in hul leiers se voetspore.

Die arme Carl Niehaus word nou as 'n vrot appel uitgesonder, maar kom ons wees eerlik: in die ANC is sy grootste sonde dat hy uitgevang is.

Die eens trotse ANC het nou sy morele kompas by die venster uitgegooi. Dit is hoe 'n absurde en embarrasserende besluit soos die verbod op die Dalai Lama nou moontlik geword het.

Dit alles maak my naar op my maag. Maar daar is een verskynsel wat my nog naarder maak: verkramptes, regses, reaksionêre en rassiste wat skielik met groot leedvermaak opspring en sê: maar julle wou mos 'n demokrasie hê, julle wou mos vir die verdomde k*ff*rs stemreg gee, nou moet julle nie kla nie.

My artikel oor die korrupsie in die ANC is begroet met 'n stortvloed briewe en e-posboodskappe wat sê ek is deels verantwoordelik vir die huidige stand van sake omdat ek die laaste apartheidregerings beveg en die skikking van 1994 aangemoedig het. Arthur Wandrag (ek is byna seker dit is nie sy regte naam nie) skryf my "krokodiltrane" beïndruk hom glad nie en verklaar dan: "Mense soos jy en FW en Roelfie behoort voor 'n vuurpeloton gesit te word nog voor ons die land van die ANC af terugvat."

Donderdag dié week verskyn 'n brief van ene Tienkerbell in Die Burger wat reageer op 'n skerp aanval wat Breyten Breytenbach op die ANC gedoen het oor die Dalai Lama-geval. "Het Breyten werklik geglo die ANC sal die land verbeter? Dat Zuma en kie. die kommunistiese party sal verlaat?" En: "Vyftien jaar is 'n lang tyd om siende blind te wees."

Dieselfde dag skryf 'n knaap wat homself Kosie noem in reaksie op 'n rubriek op News24.com waarin ek gepleit het dat die SABC dringend gerehabiliteer moet word (ek hou dit in Engels en net soos hy dit geskryf het, want dit sê iets van dié soort mense): "How come you sing this story Max? You worked hard and fought hard to discredit honest people before 1994 and after, and you voted for the corrupt government you so much love. You are in a worse league than the Twatsons. Good riddens you stupid bastard!!!!!"

Gaan lees maar die ander soortgelyke kommentare op News24.com, kliek op "columnists".

Ja, dit is seker maklik om na die verval om ons te kyk en só neerslagtig te word dat 'n mens terugverlang na die relatiewe orde (ten minste in die wit ervaringswêreld) van voor 1990. Maar dit is oneerlik en onrealisties.

As die regerende wit elite nié in 1994 'n skikking met die politieke leiers van die meerderheid van die land se burgers aangegaan het nie, sou die ernstige ekonomiese isolasie en verval drasties toegeneem het; sou die politieke geweld waarskynlik in 'n volskaalse burgeroorlog ontaard het; sou ons land dalk vandag gelyk het soos die Gasa-strook ná die onlangse Israelse inval.

Komaan, kyk om jou. Die meeste van ons is steeds oneindig beter daaraan toe as voor 1994. Suid-Afrika is steeds 'n wonderlike plek om in te lewe.

Die fout was nie die skikking van 1994 of die Grondwet wat toe beding is nie. Die fout lê ook nie by "die swartes" nie.

Die fout lê primêr by die politieke leierskorps van die regerende politieke party. Húlle moet regdenkende mense se teiken wees, nie die demokrasie of die Grondwet of swart mense in die algemeen nie.

As Afrikaanssprekendes hulself nou weer onttrek, slagoffer speel of vyandiggesind jeens ander groepe word, gaan hulle niemand anders as hulself kwaad aandoen nie.

Ek sê weer: ons het dalk 'n vrot klomp politici, maar met ons nasie is niks verkeerd nie.

Facebook

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige in Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer. Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com

Ek lees nou die dag vir die hoeveelste keer dat die enigste ding wat kinders nodig het, is onvoorwaardelike liefde. Watse twak!
Kinders jaag aan. Net soos ons as kinders aan gejaag het. As onvoorwaardelike liefde vir jou beteken dat jou kind nie sy verantwoordelikheid tot ‘nprobleem erken en aanspreek nie, maak jy moontlik ‘n swakkeling groot.
Laat my toe om my kras stelling in te kleur. Toe ons kinders was daar in die komiekboeke altyd advertensies van allerhande rekke en gedoentes hoe om jou spiere sterker te maak. Daar was ‘n prentjie van ‘n maer, sieklike bleeksiel en dan ‘n Tarzan-tipe nadat hy die masjiene bewerk het. Die boodskap in kort: “no pain, no gain.” Wanneer ons die pad wil gelykmaak vir ons kinders, ontwikkel hulle nie die spiere om die bulte van die lewe later te kan klim nie. Probleme is leergeleenthede vir ‘n kind, as jy hom die probleme wil spaar – gaan hy nie kan groei tot iemand wat selfstandig met uithouvermoë sy pad kan loop nie.
Dit beteken nie jy moet maar jou kind op sy eie laat aansukkel nie. Allermins. Laat hulle sukkel maar begelei hulle om probleme aan te pak. Vra die regte vrae , leer om te dink oor oplossings, oefen met hulle hoe om die regte, maar moeilike gesprekke te hê. Soms lyk dit vir my dat ouers die probleem vir die kind wil oplos, nie om die kind die moeite te spaar nie, maar omdat die begeleidingstaak vir die ouer te moeilik, na te veel konflik of na te veel moeite lyk.
My raad: gaan stap ‘n ent of lê in die bad en beplan rustig hoe jy die uitdaging gaan aanpak. Watter vrae jy jou kind gaan vra om oplossings te genereer en tot waar jy gaan help. Onthou die heel tyd dat dit nie slegs gaan oor die taak wat gedoen moet word, ‘n moeilike situasie wat moet aangespreek word of , maar dit eintlik gaan oor die vaardighede en lewenslesse is wat jy jou kind wil aan bloot stel.
Soms neem ouers kinders se pligte oor, doen die skooltaak vir hulle, hou finansiële probleme weg van hulle, gee hulle alles wat hulle vra en verwag nie van hulle om huistake met pligsgetrouheid uit te voer nie. Maar in elke van hierdie take lê daar ‘n geleentheid vir die kind om vaardighede aan te leer. Wanneer jy jou kind die probleem wil spaar, ontneem jy hom die geleentheid om hom toe te rus vir die uitdagings van later.
Onvoorwaardelike liefde sê: al het jy hoe aangejaag, bly ek vir jou lief. Maar dit moet gepaard gaan met die oproep tot verantwoordelike bydrae, verantwoordelike besluite en respek vir ander. En ons as ouers moet aanmoedig en hulle met raad bystaan. Anders maak ons swakkeling en parasiete groot.
Groete van hart tot hart.
 
Gedig

DIE OS

Hoe rustig stap hy aan
die edel jukgediert!
hoe waggel hy die kop
met horings swaar gesierd,
en stewig ingestrop!

Hoe rustig stap hy aan
so sonder tuiggetooi,
met natte dowwe plof;
syn vel trek plooi op plooi
rondom die breë skof.

So stap hy rustig aan
vol kalme majesteit
en ongesmukte prag -
beeld van stilswyendheid
én selfbewuste krag.

Steeds stap hy rustig aan
met rustelose drang,
by kou en sonnegloed;
maar snags versnel syn gang
om dagversuim te boet.

Nog stap hy rustig aan
als dage kommervol
doen bleek en krul syn gras;
hy skeer die hardste pol
en suip die modderplas.

Stap, stap dan rustig aan
en deel die trekkerslot;
die skaarste en owervloed,
daar in die land, waar God
ook is vir osse goed!

Deur Jacob Daniël du Toit (1877-1953)
Uit "Verse van Potgieters Trek" (1909)

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf Ek het onlangs nog fotos bygesit.

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Anna se Kombuis

Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou.

Klik gerus hier en kyk na die lys van nuwe resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar!

Of bel sommer direk vir Anna - 0822946799

Pasella

Regs klik hier om 'n resepte eBoek met 15 soet en 15 soutterte af te laai.

Die Danville Hulpgroep 

Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.

Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Peterjasie se Boererate eBoek

eBoek met om en by 2000 Boererate, net R60. Ek stuur sommer per epos en jy betaal dan die bedrag in my rekening in, so maklik soos dit. Kontak my vir betalingsbesonderhede. Ook in Engels beskikbaar, laat my maar net weet. Met elke bestelling gee ek gratis afskrif van "Boererate en Verbruikerswenke" eBoek

Wapadrand Boeredansgroep
 
Vir navrae of inligting kontak Danette gerus by 0829236177 of stuur ’n epos na danna.smith@resbank.co.za
 
Dial Direct Insurance

Glimlag

Die ou boer vertel dat die Zuma kêrel iemand is soos 'n skilpad op 'n hekpaal. Waarom? Want hy kon onmoontlik nie self daar gekom het nie, hy hoort nie daar nie, hy weet nie wat om te doen terwyl hy daar is nie, en mens wonder watter gek hom daar geplaas het.

'n Vrou en haar skelmpie, 'n plaagbeheerbeampte op die dorp, is in die middel van 'n vuurwarm vryery toe sy haar man by die huis hoor inkom.
"Gou" sê sy benoud, "klim in die klerekas!" Voordat die "exterminator" beswaar kan maak, boender sy hom in die kas - en daar sit hy toe, sonder 'n draad klere aan.
Die vrou se man ruik wel lont toe hy die deurmekaar bed sien en hy begin die huis deursoek. Kort voor lank kry hy die skelmpie in die kas. "Wie de hel is jy?" bulder die man.
"Ek is van Gee Goggas Gas, 'n plaagbeheeronderneming" sê die man verleë.
"Wat maak jy hier?" vra die man.
Ek ondersoek 'n klagte van 'n kleremotplaag" dink die kêrel vinnig.
"En waar is jou klere?" vra die man.
Die ou kyk af na sy lyf en sê: "Sulke klein bliksempies!"

Man hardloop kaal in die bos. Twee olifante sien hom. Een sê:'
Kyk hoe maer is hy!' Die ander een sê: ' G'n wonder nie, kyk waarmee moet hy eet!'

Man vat sy siek vrou Dokter toe. Na die ondersoek sê die Dokter vir man, 'Ons het hier met 'n baie lelike ding te doen.'
Man sê: 'ek weet Dok, maar sy is regtig goed vir die kinders'.

Koos vry sy meisie, sy raak bietjie meegevoer en fluister in sy oor:
'Koos soen my op 'n lekker plek."
Koos sê: 'Nog nooit!, ek ry nie nou Loftus toe nie!"

Vir die ou hoesie in die kerk

Op 'n plattelandse dorp (Schlip) waar die inwoners hoofsaaklilk Afrikaans magtig is en gedurende 'n wintermaand toe verkoue erg in die omloop was, was die predikant baie omgekrap dat sy aandag gedurende
eredienste onderbreek word deur gemeentelede se hoesbuie.
Hy bespreek toe die probleem om 'n oplossing te vind met sy koster wat Engelssprekend is... seker die enigste in die dorp. Die koster gaan Koop toe 'n groot bottel hoesstroop by die apteek.
Die volgende Sondag as iemand hoes, staan die koster op en gaan gee vir die persoon 'n lepel hoesstroop in en sê vir hom iets in sy oor waarna Die persoon opstaan en uit loop. So hou dit aan en die kerk is later byna
leeg.
Na die diens vra die dominee vir die koster wat hy dan vir die mense gesê het dat hy later vir 'n byna leë kerk moes preek.
Nee sê die koster, ek het net vir hulle gesê, "For cough".

Mosambiek

Ons gaan einde Mei Morrumbene Beach Resort toe, was ienand al daar? Laat my weet seblief?
 
st se pitkos 

Klein stappies na Sukses

Ons is reeds stewig in die jaar wat in volle swang is. Die jaar het ook vir sy porsie drama, spanning en werkslading gesorg. Mens raak dikwels so besig met jou bedrywighede en jy word opgeslurp in al die dagtake en verantwoordelikhede dat jy vergeet wat jou voornemens vir die jaar was.

Ek wil dus jou vra net om 'n oomblik halt te roep, en weer te kyk na jou drome en ideale. Is jy steeds op koers of rokkel ander aktiwiteite jou weg?

Dit is belangrik dat jy ook net weer jou definisie van sukses onder oë kyk. Wat is daardie dinge in die lewe wat vir jou belangrik is? Jou siening van sukses mag heeltemal uniek wees en nie in lyn met ander mense se begrip hiervan nie. En daar is niks daarmee verkeerd om jou eie omskrywing van sukses na te volg nie. Immers sou Paulus en Donald Trump en Albert Einstein se definisies van sukses moontlik van mekaar verskil.

Dikwels laat motiveringsprekers en ander ghurus ons soos onbevoeg voel met hul definisies van sukses. Dan sê hulle ook goed soos Napoleon Hill se bekende woorde: "Anything the human mind can believe, the human mind can achieve." Dit is natuurlik nie waar nie - ek sal graag vir die Blou Bulle wil uitdraf op slot, maar op my ouderdom en met my lyf is dit nie moontlik nie, al glo my "human mind" ook wat. Tog is dit belangrik dat 'n mens wel selfvertroue het, in jouself glo en weet met die krag van die Here is baie dinge moontlik.

Jy sal dalk nooit in die Springbok rugbyspan opgeneem word nie. Of jy sal dalk nooit president van ons land word nie. Of 'n goue medaljé op die Olimpiese Spele verower nie. Of Suid-Afrika se volgende biljoenêr word nie. Of gekroon word as Mej Wêreld nie. Met die regte ingesteldheid en benadering kan jy wel groot sukses behaal.

Die vraag is steeds: wat definieer jy as sukses vir jou lewe?

Hier is wat 'n paar mense gesê het wat hulle graag sou wou doen en as sukses sien:

1)Ek vir my twee woonstelle koop en dit uithuur. Oor drie jaar van nou af beoog ek om 10 woonstelle of meenthuise op my naam te hê.
2)Ek wil ophou rook en begin oefen.
3)Ek wil volgende jaar aan die Comrades deelneem.
4)Ek wil my werk bedank en my eie besigheid begin.
5)Ek wil volgende jaar my graad aan UNISA voltooi.
6)Ek wil 'n roman skryf.
7)Ek sing graag en wil hierdie jaar my eerste CD uitreik.
8)Ek wil vir twee maande op 'n Harley deur Amerika toer.

Sukses verskil van mens tot mens. Bepaal wat sukses vir jou beteken.

Jy kan suksesvol wees!! Ongeag jou ouderdom, jou geslag, geloof, velkleur, verstandsvermoë, fisies vermoë, kleur van jou hare of jou oë.

Die volgende is egter belangrik - sukses begin met klein stappies wat jy doen. Jy kry nie jou graad aan 'n universiteit sommer in die eerste jaar nie. Dis harde werk en konstante arbeid om deur jou take en toetse te kom. Getrou moet jy studeer en vir die eksamens voorberei. En dan breek die groot dag aan wanneer jy jou laaste vak in die finale jaar skryf. Jy het triomfeer en kry jou graad!!

Wees getrou in die klein stappies wat jy moet doen vir sukses. Leer deursettingsvermoë aan, arbeid elke dag getrou, bly gefokus op jou doelwit totdat jy sukses behaal.

Hierdie is 'n taai en moeilike jaar. Dit verg deursettingsvermoë, dit verg harde werk om gefokus op jou doelwitte te bly. Doen jou beplanning, stel vas wat jy benodig om by doelwit uit te kom. En doen die klein stappies - in die woorde van die Nike slagspreuk "Just do it".

Wanneer jy wil moed opgee - MOENIE!! Doen net klein stappies elke minuut van die dag. Wanneer jy ophou met 'n slegte gewoonte soos rook en jy smag na 'n sigaret - net een klein stappie is vir daardie minuut nodig. Doen iets anders wat jou gedagte en lus van die sigaret afneem. Jy hoef nie vir die hele jaar op te hou rook op een slag nie. Nee, dis klein stappies, minute wat ure word en ure wat dae word. Dae wat weke en maande word en voor jy jou kom kry is jy 'n hele jaar rookvry.

Hierdie nuusbrief van ons had maar 'n klein begin - met minder as twintig mense. Vandag is daar al honderde mense ingeteken op hierdie nuusbrief en ons groei steeds. Mense ontvang en lees hierdie nuusbrief in lande soos Engeland, Singapoer, Ghana, Kanada en Australië. Die sukses van ons nuusbrief is groot genade in die eerste plek, maar ook die klein stappies is essensieël - om getrou elke week 'n interessante en positiewe nuusbrief te probeer saamstel en uit te stuur.

Ek wens jou alles van die beste toe met jou drome en planne. En onthou, die bopunt van die leer van sukses word bereik met die trappies wat jy klim.

'n Sprankie wysheid vir die dag
"Ek sal lewe asof hierdie dag my laaste dag is. Hierdie dag is al wat ek het en hierdie ure is my ewigheid." Og Mandino

Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 

Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier
 
Resepte

Mostert en Tamatiesous (Worsbroodjies)

2 k bruinsuiker
4 t mostert
8 e maizena (vat minder)
2 k asyn
4 e gesmelte margarien
4 k tamatiesous
Kook alles saam & verdik met maizena.

Mostertsous

2 eiers
driekwart koppie suiker
1 koppie wit asyn
1 teelepel mostert
1 teelepel maizena meng met bietjie asyn
Meng alles en kook oor lae hitte en roer aanhoudend.
Ook vir aartapelslaai en broodslaai kan ook room byvoeg by broodslaai.

Noedelslaai

3 koppies gekookte Noedels
1 Soetrissie in repies gesny
1 ui – gekap
Sous
250 ml Tamatiesous
125 ml Asyn
125 ml Olie
200 ml Suiker
25 ml Cartwrights Kerriepoeier
Knippie Sout
Meng sous deeglik en gooi oor afgekoelde noedels.
Meng alles weereens deeglik
Verkoel oornag in yskas.

Lekker Noedelslaai

1 pak noedels
1 koppie tamatiesous
1 koppie olie
1 eetlepel chillie sous (tabasco)
2 uie gekap
1 'greenpepper' gekap
2 tamaties (gekap)
Kook noedels soos gewoonweg.
Meng al die ander bestanddele saam en meng met noedels.
Laat in yskas vir ± 1 uur
Heerlik saam met 'n braai ens.

Oats Koekies

2 k meel
4 k oats
2 k klapper
2 k suiker
250 g margarien
3 t stroop
2 t koeksoda
Smelt botter & stroop (moenie kook nie net smelt)
Voeg koeksoda by. Meng die droeë bestanddele saam
Gooi stroop by droë bestanddele
Gooi in 'n oondpan en druk vas.
Bak vir ± 10 - 15 min teen 180° C. Haal uit en sny dadelik

Ongekookte Vla

150 ml Vlapoeier
bietjie koue water
1 L kookwater
1 blik kondensmelk
10 ml vanielje essens
Gebruik water om die vlapoeier mee te meng tot 'n loperige pasta.
Gooi kookwater ook net nadat dit gekook het by en roer tot mengsel egalig is.
Gooi blik kondensmelk by en roer.
Voeg nou die essens by en meng goed.

Onwerklike Tert

(ongeveer 12 skywe)
4 eiers 50 ml margarien
250 ml suiker 125 ml koekmeelblom
2 ml sout 3 ml bakpoeier
500 ml melk 250 ml klapper
5 ml vanielje
Plaas bestanddele in 'n mengbak en klits goed totdat al die bestanddele goed gemeng is.
Giet in 'n gesmeerde oondvaste 24 cm tertbord en bak sowat 45 - 55 min. by 180°C of totdat die bo-kors goudbruin is en die vlavulsel gestol is.

Orrelpoeding

Deeg:
2 Koppies meel
125 gm Margarien
4 Eetlepels appelkooskonfyt
1 Desertlepel koeksoda
Knippie Sout
Smelt margarien en voeg koeksoda en konfyt by.
Meng met meel en sout. Gooi nou stroop in 'n groot bak, bv. oondpan.
Skep groot lepelsvol deeg in die stroop. Bedek met foelie. Bak 25 min. By 180°.
Stroop:
6 Koppies water
2 Koppies suiker
2 Teelepels margarine
2 Teelepels vanielje
Meng die stroop se bestanddele in 'n kastrol en kook vir 5 minute.
Hou dit daarna warm.

Ow-Ow Brand Sous

15 chillies
1 groot ryp mango
1 koppie aangemaakte mosterd
1 koppie bruin suiker
2 koppies bruin asyn
1 groot lepel elk van: Kerriepoeier, komynpoeier, chilliepoeier, gemmerpoeier, fyn neutmuskaat, seldery saad, allspice en kaneelpoeier
sout en peper na smaak
1 kg tamaties
2 uie
Blits al die vrugte, groente in ‘n voedselverwerker tot mooi fyn of anders sny alles in stukkies
Meng by al die ander bestanddele en prut vir ongeveer 2-3 uur. Roer so nou en dan.
Ek moes noodgedwonge maar effe-effe proe en dis die dat ek toe in die kombuis rondspring en sê, OW OW. Hierdie sousie is beter as daardie lipplompers wat die lippe veronderstel is om groter te laat lyk deur dit te laat ‘tingle’, glo my, die sous ‘tingle’!
Ek het nie veel bekommer oor al die bestanddele nie, het sommer ‘n paar ryp perskes ook bygesit, en ‘n bietjie meer bruin suiker en asyn, dit hang seker af of jy ‘n dunner of amper 'chutney'-tipe konsistensie soek. Die reseppie is baie aanpasbaar.
Wees versigtig dat jy nie aan jou oë vee as jy die chillies hanteer nie.

Pampoenpoffertjies in Stroop

500 ml fyngemaakte pampoen
250 ml bruismeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
kookolie
15 ml botter
325 ml suiker
200 ml melk
40 ml mielieblom
175 ml koue water
kaneel
Meng pampoen, bruismeel, bakpoeier, sout en eier deeglik. Skep teelepels in warm kookolie. Braai goudbruin en gaar.
Dreineer op bruinpapier en skep op opdienskottel. Verhit botter, suiker en melk tot kookpunt.
Los mielieblom in water op en roer in 'n straaltjie by melkmengsel. Verhit tot kookpunt en skep oor koekies. Dien warm op.

Pannekoek

Vol Resep (Halwe Resep in hakies)
6 Koppies Koekmeel (3 Koppies Koekmeel)
5 Groot Eiers (Of 6 kleintjies) (3 Groot Eiers)
1½ Koppies Kookolie (¾ Koppie Kookolie)
3 Eetlepels Asyn (1½ Eetlepels Asyn)
1½ Teelepels Sout (¾ Teelepel Sout)
5 Teelepels Bakpoeier (2½ Teelepels Bakpoeier)
8 Koppies Water (4 Koppies Water)
Klits eiers en water baie goed.
Gooi kookolie, asyn en sout by en klits weer baie goed.
Gooi meel (gesif) by en klits weer baie goed.
Gooi bakpoeier laaste by en klits vir +- 1 minuut.
Hoe langer die mengsel staan voor gebruik, hoe beter. Die mengsel kan in die yskas gebêre word vir +- 1 week

Pasta en Maalvleis

500 g maalvleis
1 blikkie tamatie en uiesmoor
1 pakkie soppoeier (bruin uie werk lekker)
half pak rou pasta (macaroni, skulpies, wieletjies, of wat die kinders die meeste van sal hou).
2 tot 3 koppies kookwater
Braai die maalvleis tot gaar, gooi die soppoeier bo-oor en roer.
Gooi die blikkie tamatie en uiesmoor bo-oor en roer.
Gooi die pasta bo-op en dan die kookwater, eers net 2 koppies. Sit die deksel op en wag so 15 min. Die mengsel moet prut en nie te vinnig kook nie anders brand die vleis aan die onderkant.
Haal deksel af en roer die pasta tussen die vleis in. Nou behoort mens te sien of nog kookwater nodig is om die pasta sag gekook te kry. Indien nodig gooi dan nog kookwater by en moenie die deksel terugsit nie. Na so 5 min behoort alles gaar te wees.
As mens van baie sout in kos hou sal dit nodig wees om nog sout by te gooi, maar ek het gevind dat die soppoeier dit genoeg geur vir ons smaak. 'n Bietjie chutney bo-oor het ook nog niemand skade gedoen nie.

Pastaslaai

Macaroni (hulle sê 500ml - maar dit is baie! so gebruik diskresie!)
Blik lietsjies
Blik pynappelstukke / een pynappel
So 4 piesangs
Blik ertjies
Meng alles en gooi bietjie suurlemoensap oor piesangs vir verkleuring
Sous:
125 ml mayo en 125 ml bier
meng en gooi oor slaai
PS: Ek het kondensmelk ok bygegooi en die ertjies gelos maar dit sal mooi kleur gee.

Heerlike Patats

Sny en skil patats (omtrent genoeg vir 4 mense). Rangskik in oondbak.
Gooi gouestroop bo-oor - redelik mildelik.
Meng 1 bakkie room (250 ml) met 'n mespunt koeksoda en gooi dit laastens oor patats.
Bak die mengsel omtrent vir 1.5 uur - hoe langer dit bak (hoe meer karameliseer die room en stroop)

Skakels/Advertensies

Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier!
Skooltake??
Klik hier
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.

Nieltjie se Stories - Kinderstorie CD in Afrikaans - Klik hier

Lees alles oor Bloedrivier: Klik hier
150x90cm ou Suid-Afrikaanse vlae te koop @ R125 elk, posgeld uitgesluit. - Kontak gerus Roelof of Ronel by 012-3332932
Skoorkos is 'n blog wat resepte in geselsvorm, in Afrikaans, vir die gretige kosmaker bevat. Besoek ook netresepte (http://www.netresepte.wordpress.com) vir eet idees sonder pretensie.
Ons gaan gewoonlik Carnival City of Gold Reef City toe as ons wil gaan fliek, uiteet of op die masjiene wil speel. Ek het egter 'n veel makliker manier gekry om te speel, Silversands aanlyn casino! Doen dit sommer van jou rekenaar af. Jy sluit aan, speel eers met speelgeld en probeer dan die regte ding. Probeer gerus,
 Klik hier  en geniet.
Boeredanse -
Verdere inligting oor die dansgroep: Danette Smith, Danna.smith@resbank.co.za
Sel: 082 923 6177
Oorvloed - klik hier

Blitz Boontjiekerwer
Logos Christelike Boekruildiens.

Agtergrond: Boekruildiens daargestel vir gemeenskap. Slegs christelike boeke, cd's, dvd's en video's.
Konsep: Bring 'n boek en ruil dit vir 'n ander. Geen kostes - slegs donasies. Indien jy nie 'n boek het vir ruil kan jy nog steeds deelneem.
Versoek: Finansieële donasies (vir aankoop van nuwe literatuur), sowel as donasies van literatuur (boeke, cd's, dvd's) is baie welkom
Skakel: www.rietfontein-suid.ng.org.za E-pos adres: frieda2@mtnloaded.co.za

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.