Ek staan op vir Afrikaans!

 

 

Nommer 140

Besoek my Webwerf

15 September 2009

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare!

Ons besoek aan Mnarani Klub by Kilifi in Kenya was toe fantasties gewees. Lees die hele storie en kyk na die fotos hieronder.

Daar is weer 'n verskeidenheid lekker resepte verder ondertoe. Ek het ook 'n nuwe Pasella bladsy met aflaaibare resepteboeke, sien Pasella hieronder.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Hettie Etikettie

Ek hoor mos nou die oggend 'n insetsel oor hettie op RSG. Ek kontak haar toe en sy gee toestemming dat ek van haar stories hier kan gebruik. Baie dankie, Hettie, jou raad is baie leersaam. Gaan loer gerus na Hettie se webwerf: http://www.etikettie.co.za/

Die volgende kom ook van Hettie se webwerf af. Gaan loer gerus daar rond.

Preggies (Kleinbegin)  Skryf:

Liewe Tannie Hettie,
Ek is tans swanger met ons eersteling en wil graag weet wat staan my man te doen in die geboorte kamer tydens die bevalling.
Raad in verband met Etiket vir die Swanger vrou is ook welkom aangesien ons maar redelik van die wereld afgesonder is en in die gramadoelas bly.  Groete

Hettie Etikettie Antwoord:

Mapstieks jonge dame—eerstens is die benaming vir ‘n vrou wat verwag :Jong Verwagtende, Watende moeder, Swanger dame—en asseblief nie “preggies” nie. Dit is uiters swak taalgebruik , en ons wil nie hê dat u spruit in ‘n gekruide atmosfeer moet opgroot nie, wil ons?

Soja, Geagte Verwagtende moeder:

Dit is baie belangrik om u man voor te berei sodat hy toegerus is met al die nodige toerusting om die bevalling met u mee te maak. Eerstens is dit wys om ‘n houtlepel aan te skaf sodat u man tydens die bevalling daarop kan byt. Nie omdat hy die pyn ervaar van geboorte nie—maar omdat dit hom sal verhoed om flou te raak of om verskeie swetswoorde te uiter.Wees ook seker om ’n asma pompie en skoot brandewyn in u man se baadjiesak te sit—hy mag dit dalk net nodig kry.

Dit is ook uiters smaakloos indien u man na die bevalling die ginekoloog ‘n vuishou besorg omdat hy u pasgebore baba pakslae gee. Onthou—dit is gerusstellend dat u man besorg is oor jul baba, maar dit is ook deel van die prosedure in die geboortekamer om die baba ‘n hou op die boud te gee.

Dis is uiters onvanpas vir u man om tydens die geboorte aan u uit te wys dat u voor die swangerskap ook ’n fietse lyf soortgelyk aan een van die verpleegsters gehad het.

Die geboorteproses kan soms ‘n uitgerekte paar uur neem. Wanneer u man verveeld raak in die geboortekamer is dit uiters onbetaamlik vir hom om sekere geboortetoerusting te gebruik en ter vermaak vulgêre grappies daarmee te maak.Sorg dus te alle tye dat u man ver van enige tange\skêrre\drade\buise of hupse verpleegstertjies gehou word.

Ek het hope raad en wenke vir die swanger dame, maar die belangrikste om te onthou is dat die emosionele uitbarstings en hormonale gevoelens normaal is tydens ‘n swangerskap en dat u nie besig is om seniel te word nie. Probeer om so vreedsaam moontlik elke emosioneel rakende oomblik te vertroetel en te onthou sodat u eendag met u kind kan vereenselwig wanneer hy\sy ’n tiener is en deur soortgelyke hormonale gevoelens gaan.

Hoop dat dit u swangerskap\bevalling sal vergemaklik.

Mnarani Klub, Kilifi, Kenya -  9 tot 16 Augustus 2009

Klik hier om die fotos te sien.

Voorbereidings

Ons beoog al jare om Kenya te gaan besoek. Ons sien toe op die QVC webwerf dat Mnarani een van die oorde is waar ons kon gaan vakansie hou en net daar besluit ons dat ons volgende vakansie daar gaan wees.
Eerste op ons lys was om te bespreek. Een oproep ACT Travel toe was al wat nodig was, nou kon die groot beplanning begin. ACT het ons waardevolle inligting verskaf en ons het sommer dadelik gereël vir geelkoors inspuitings by die plaaslike reiskliniek. Die dokter beveel toe sommer aan dat ons tetanus asook polio inspuitings kry, almal geldig vir 10 jaar. Suid-Afrikaanse burgers het nie visums nodig vir Kenya nie.
Volgende op on lys was reisversekering en ‘n vinnige besoek aan Flight Centre en ons het die nodige dekking gehad.
Ons volgende probleem was parkering, ons vind toe uit daar daar lang termyn parkering teen net R25 per dag nie vêr van O R Tambo lughawe was nie. Daar is ‘n busdiens wat elke paar minute gratis tussen die parkeerarea en die lughawe loop, so ons parkeerprobleem was ook opgelos.
Ons het by Makro 100 balpuntpenne gekoop, om aan die kinders in Kenya uit te deel, dit was baie populêr toe ons Vic Valle toe was en ons was oortuig dat dit in Kenya ook gretig aanvaar sou word.
Toe begin ons ons ‘Huiswerk” doen. Ons het soveel moontlik op die internet gesoek na inligting oor die plekke wat ons sou besoek, hoe om daar te kom en wat om te doen. Die dokumentasie van QVC was ook ‘n myn van inligting en ons het naderhand gewonder of een week genoeg sou wees om alles te kon ervaar.
Ons het seker gemaak dat ons kamera batterye gelaai was en dat ons genoeg geheuekaartjies gehad het om sommer baie fotos te neem. Ons het ook vir ons die regte 3 punt kragprop aangeskaf (soortgelyk aan die wat in Engeland gebruik word, driepunt platpunt) sodat ons ons elektroniese toerusting in Kenya kon gebruik of herlaai. Die skootrekenaar het natuurlik saamgegaan sodat elke dag se fotos afgelaai en verwerk kon word. Ons verkies om dit daagliks te doen angesien dit ‘n baie groot taak is as mens dit eers wil doen as mens weer tuis is.
Intussen het ACT ons eKaartjies per epos an ons gestuur en ons was reg vir ons groot avontuur. Ons het ook seker gemaak dat ons paspoorte geldgi was vir ten minste 6 maande na ons besoek aan Kenya.

Die reis Mnarani toe

Laatmiddag die 8ste Augustus 2009 het ons ons motor by die langtermyn ACSA parkering parkeer en een van die busse geneem wat gereeld tussen die lughawe en die parkering loop.
By O R Tambo aangekom was ons te vroeg om in te teken en ons het toe eers ‘n lekker burger by een van die kitskosplekke geniet.
By die beheerpunt waar ons ons tasse moes inhandig vir Kenya Airlines, moes ons verneem dat die maksimum gewig per tas 30 kg was en nie 20 kg soos ons vertel was nie, dit het beteken dat ons nou addisionele kapasiteit gehad het vir moontlike aandenkings was ons in Kenya kon koop.
Presies om 00h50 het die liggies van Johannesburg onder ons in die nag verdwyn, ons reis het nou amptelik begin. Die kos wat bedien was, was redelik goed volgens lugdiens standaarde en die vlugpersoneel was baie vriendelik. Die vlug Nairobi toe neem drie en ‘n half uur maar omdat Kenya een uur voor ons is, het ons om 05h30 Kenya tyd op Yomo Kenyatta lughawe in Nairobi neergestryk.
Paspoort en doane prosedures was geen probleem nie en sommer gou gou was ons in die Binnelandse terminaal waar ons tot ons ontsteltenis verneem het dat ons vlug vertraag was. Na ‘n uur se ongeduldige gewag was ons weer in die lug vir die 40 minute vlug Mombasa toe.
Omdat dit ‘n binnelandes vlug was, was dit by Mombasa net vir ons nodig om ons tasse te kry en toe vir die Mnarani Klub verteenwoordiger te soek was ons na ons eindbestemming sou neem.
Ons is baie vriendelik verwelkom en na ons asook ‘n paar ander gaste wat ook op ons vlug was ons plekke in die bus ingeneem het, was ons oppad Mnarani toe, uiteindelik ons eindbestemming.
Mnarani is net 65 km van die lughawe af, maar die reis het ons net meer as 90 minute geneem.
Al was dit ‘n teerpad, was dit baie stamperig, het my aan Elvis se “All shook up!” liedjie laat dink. Dan was daar ook erge verkeer wat onder andere uit groot trokke, wat dit bygaans onmoontlik gemaak het om verby te gaan, asook ongeduldige taxibestuurders wat net nie wou wag nie en kanse gevat het.
Alle lof aan Omar, die busbestuurder, wat baie goed asook veilig bestuur het. By die oord aangekom is ons hartlik deur Hein, die oordbestuurder, en sy vrou, Babsie verwelkom.
Oor ‘n glasie vrugtesap is ‘n paar administratiewe takies afgehandel en is ons na ons kamers vir ‘n lekker stort en ‘n uiltjie knip om verlore slaap in te haal.

Die oord
Alhoewel ons moeg was na die lang reis was daar geen manier wat ek wou gaan rus nie, ek glo nie daarin om daglig ure te mors as ek met vakansie is nie. Ek het my kamera gevat en besluit om die oord te gaan verken.
Mnarani Beach Club is gelee op die kranse naby Kilifi en het ‘n pragtige uitsig oor die baai en ook die Indiese oseaan. Die hele eindom bestaan uit lowerryke inheemse tropiese plantegroei wat die oord ‘n rustge atmosfeer gee. Die groot hoofgebou se dak is gedek met wat lyk na palmtakke en blare. Die oopplan sit en eetkamer kyk uit oor die groot kristalhelder swembad. Rondom die swembad is sambrele en dekstoele wat die plek ‘n permanente vakansie atmosfeer gee, en dis presies wat dit is. Die oord het ‘n winkel waar mens aandenkings kan koop asook billike internet fasiliteite vir die gaste.
Alles het ‘n mooi uitsig oor die baai, hulle noem dit hier ‘n “creek”. Ons het in die aande voor ete rustig met ‘n drankie gesit en met die ander gaste gesels .
Ons kamer was ruim en ons kon op die balkon sit en oor die baai uitkyk.
Ons vakansiepakket het ontbyt en aandete ingesluit, en ons het gevind dat dit meer as genoeg was. Beide etes is in die buffet styl met ‘n wye keuse. Mens moet mooi beplan wat jy eet, want ek is seker dat jy in net een week sommer heelwat gewig kan optel. Die kos is uit die boonste rakke, jy wil letterlik elke dis probeer. Dis toe reeds wat ek gedoen het toe ek uitvind dat nagereg my gunsteling was, brood en botter poeding. Ek moes toe maar plekmaak daarvoor ook.
Die volgende oggend wou ons poskaarte gaan koop, en ons het toe die twee kilometer Kilifi toe gestap. Kilifi is die dorpie net oorkant die rivier en binne twintig minute was ons daar. Dis ‘n tipiese Afrika dorpie, baie besig en redelik armoedig. Ons is terug Mnarani toe in ‘n TukTuk, een van daardie driewiel motorfietse. Nogal heel interessant.
Samira, wat in beheer was van gaste vermaaklikheid, het toe vir ons van al die aktiwiteite wat beskibbaar is vertel. Ons het baie gou agtergekom dat mens nooit alles in een week sal kan doen nie, en ons het toe op ‘n uitstappie na ‘n reptielpark en plaaslike ruines besluit. Ook op ‘n uitstappie na Malindi wat snorkel sou insluit. Dan ook vir later die week bespreek vir ‘n sonsondergang vaart op die rivier. Daarna het ons al op die oewer van die baai gaan stap tot waar dit in die see uitmond. Met laagwater trek die water terug en dan verskyn ‘n spierwit strand waar mens mee kan loop tot waar dit in die see uitmond.
Die stappie het ons warm en dors gemaak en na ‘n yskoue koeldrank het ons in die swembad gespring.
Selfs na aandete elke aand is daar iets op die program, daar is plaaslike musikante, dansers, ‘n kulkunstenaar, bingo en ander speletjies.
Elke dag is daar ook ‘n volledige aktiwiteitsprogram om die energiekes besig te hou. Jy kan egter ook net lê en ontspan by die swembad of op die private strand, die keuse is joune.
As jy teen daardie tyd al moeg is van die dag se aktiwiteite, kan jy maar net sit en kyk hoe die maan oor die baai opkom, ‘n gesig om nie te mis nie.
Die oord het selfs sy eie private strand. Mens klim met trappe van die oord af en daar onder begroet ‘n strand jou wat die skoonste, witste sand het wat ek nog gesien het. Daar is dekgras sambrele, dekstoele en ‘n strandkroeg waar jy verversings kan koop. Al die wateraktiwiteite vind van daar af plaas. Ons pakket het alle nie-gemotoriseerde aktiwiteite ingesluit, so ons kon katamaran seil, kano roei, en selfs visvang, heeltemal gratis.
Die uitstappie na die reptielpark en ruines was heel interessant. Dis was sommer naby die oord en ‘n hele paar gaste het sommer soontoe gestap. Die roete was deur een van die armer dele van Kilifi en ons kon sien dat armoede regoor Afrika voorkom.
Daardie aand, na nog ‘n smulllekker ete is ons sommer vroeg in die kooi waar ons soos babas geslaap het.

Die volgende oggend het ons bespreek vir die Malindi uitstappie. Die groot aantrekkingskrag sou snorkel wees. Malindi is ‘n kusdorpie om en by 60 kilometer Noord van Kilifi. Oppad soontoe het ons deur tipiese Keniaanse platteland gery en gesien hoe hulle woon en lewe. By Malindi aangekom het ons by ‘n plaaslike hotel gaan verklee en is toe strand toe waar ons aan boord ‘n boot met ‘n glasbodem gegaan het.
Ons is na ‘n rif om en by ‘n kilometer die see in geneem. Die rif was deel van ‘n marine park en was dus ‘n beskermde gebied. Ons het na hartelus gesnorkel en die groot verskeidenheid visse besigtig. Mede vakansiegangers wat al regoor die wereld gesnorkel het, het opgemerk dat die see hier helderder en daar ‘n groter verskeidenheid visse was wat hulle al teëgekom het.
Ons is daarna terug na die hotel in Malindi toe vir middagete. Oppad terug oord toe het ons ‘n fabriek besigtig waar hulle tipies Keniaanse houtsneewerk en ander aandenkings gemaak het. Hiervandaan word die aandenkings dan wereldwyd versprei.
Uitgeput na ‘n lang maar opwindende dag het ons by die oord aangekom, net betyds vir ‘n lekker stort voor ons aandete genuttig het.
Elke aand na aandete het hulle een of ander vermaaklikheidsprogram vir die gaste. Ons was egter te moeg daarvoor en het direk na aandete elke aand in die bed gaan spring en soos dooies geslaap.

Die volgende dag was daar nie ‘n spesifieke uitstappie beplan nie. ’n Paar van ons het toe besluit om die 2 kilometer na Kilifi te stap. Ons wou water daar koop en sommiges wou ook kontant by die OTM’s trek. Tot ons ontsteltenis kon die van ons met kredietkaarte nie kontant kry nie, maar met debietkaarte was geen problem nie. Ek het ‘n nota gemaak om dadelik vir my ‘n debietkaart te kry, al was dit net vir ingeval.
Dit word sterk aanbeveel dat die water in Kenya nie gedrink word nie, die hotel verskaf elke dag ‘n gratis bottel water per kamer vir drink of tande borsel.
Oppad terug hotel toe het ‘n tipiese tropiese reenbui ons getref, ons was binne sekondes papnat. Binne minute was dit alles verby en ons het lekker verfris gevoel.
Na ‘n lekker middagete (buffet en A la Carte was beskikbaar) het ons toe maar die middag verder rustig verkeer.
Vir aandete het hulle al die tafels rondom die swembad gerangskik en ons het in ‘n romantiese atmosfeer met kerslig reg langs die swembad aandete geniet. Twee plaaslike musikante het tussen die tafels deurbeweeg en met kitaarbegeleiding vir ons gesing.
Weereens soos klippe geslaap daardie aand.

Vir ons was daar drie hoogtepunte by Mnarani. Die kos, die groot silwerskoon swembad en hulle private strand. Hoe aangenaam is dit tog nie om ‘n hele strand net vir jouself en ‘n paar ander gaste te kan geniet.
Ons het ons tuisgemaak onder een van die dekgras sambrele en op gamakstoele met matrasse op.
Alle nie-gemotoriseerde aktiwiteite is gratis en sommer gou het ons op en af gaan roei in hulle kano’s. Toe het ons gaan snorkel en was verbaas om die hoeveelheid en ook verskeidenheid van vis reg by die strand te kon aanskou. Sommige gaste het visgevang van die pier af, ander het op die katamaran geseil en ‘n paar avontuurlustiges het probeer om te “windsurf” .
Na middagete het ons reg by die hoof hek van die oord oor die pad gestap en nog ‘n paar aandenkings gekoop. Ons het gevind dat die aandenkings hier veel goedkoper is as wat mens dit by vlooimarkte tuis kon koop. Meeste aandenking word tog immers in Kenya vervaardig.
Die res van die middag het ons rustigby die swembad verkeer

Voor aandete die aand is ons trakteer met tradisionele sang en danse, ‘n wynproe van plaaslike wyne en ook ‘n dansvertoning van ‘n plaaslike dansskool. Danse het gewissel van ballet tot Crump.
Aandete het bestaan uit ‘n verskeidenheid Indiese disse.

Ons vakansie het nou vinnig einde se kant toe begin staan. Die Vrydagmiddag het ons bespreek vir die “mangrove cruise” op die oord se “pontoon”.
Die oggend het ons luilekker op die strand deurgebring en geroei en gesnorkel. Die “mangrove cruise” was heel interessant, ons kon stadig die rivier opvaar, die omgewing aanskou en sommer lekker met mede vakansiegangers gesels. Die sonsondergang oor die rivier was iets besonders.

Ons laaste dag het ons by die strand deurgebring, geroei, gesnorkel en net lekker gerus.
Later die middag het ons gepak aangesien ons baie vroeg die volgende oggend al per bus na Mombasa lughawe vervoer sou word.

Ons is om 02h30 wakker gemaak, die bus het stiptelik om 03h30 vertrek. Gelukkig was die pad daardie tyd van die oggend stil en ons het voorspoedig gery.

By Mombasa lughawe aangekom het ons probleme begin. Kenya Airlines se personeel was op ‘n staking an alle vlugte was gekanselleer. Dit was chaos op die lughawe. Vyf ure later was daar ‘n vlug beskikbaar Nairobi toe. Daar was dit eers chaos.
Om ‘n lang storie kort te maak, ons kon toe uiteindelik ‘n SAL vlug kry en het 12 uur laat tuis gekom. Alles deel van in baie interessante vakansie!

Dit was ‘n besonderse vakansie. Volgende keer sal ons die pakket vat wat beide Mnarani as Serengeti insluit sodat ons van Kenya se wild ook kan gaan besigtig.

Vir die prys is die vakansie ‘n winskoop, ek kan dit met vrymoedigheid aanbeveel.
O ja, ek het my voorgeneem om met my volgende besoek te leer om die katamaran te seil!

Wenke
Ons het Rand in kontant gevat en by Nairobi van dit geruil vir Kenya shillings teen ‘n koers van KSH7.5 vir ‘n Rand. By die hotel het ons Rand geruil teen KSH8.
Ons het ook krediet en debietkaarte saamgeneem net vir ingeval.
Mens teken vir alle uitgawes by die oord en betaal dan aan die einde van die vakansie. Ons het inkopies en aandenkings met Shillings betaal.
Kry jou geelkoors inspuitings ten minste 10 dae voor julle vertrek.
Neem die minimum klere saam,jjulle gaan vir seker nie truie nodig hê nie.
Ons totale uitgawe per persoon was minder as R1500, uitstappies ingesluit. As mens die koste van die pakket in ag neem (R7000 alles ingesluit) is die koste van die vakansie baie billik.

Gooi die taal:

Jambo = hallo
Karibu = welkom
Asante = dankie
Asante sana = baie dankie
Pole pole = stadig stadig
Harake harake = vinnig
Habari = hoe gaan dit
Mzuri = dit gaan goed
Hakuna Matata = geen probleem

Skermbeeld

Nog 'n skermbeeld wat jy kan aflaai. Hierdie foto het ek genem van Mnarani Club af in Kenya, uitsig oor die Kilifi baai met sonsopkoms. Regs klik hier om die beeld af te laai

Boeremusiek

Alles wat jy wil weet oor Boeremusiek.

Hierdie is die webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Klik hier om sy webblad te besoek.

Boeremusiek Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde"

Poah Stapelberg


Dit sou verkeerd wees om die skepper van die Kalfiewals weg te laat. Daar word pertinent verwys na die skepper van die nommer en nie die komponis nie want die nommer was bekend as: I’ll be all smiles tonight. Daar was twee weergawes van hierdie wysie. Poah het dit dan ook as sulks gespeel tot Dawid de Lange by hulle uitgekom het en hulle die Naglopers gestig het. Die ander Nagloper was Tol Hattingh. Die naam Kalfiewals is op aandrang van Dawid de Lange aan die nommer gegee en Hans Stapelberg het die woorde by 'n kombuistafel in Edenvale geskryf toe Edenvale nog 'n plaas was!

Onthou u nog die Kalfiewals se woorde? Indien nie, verfris ons u geheue.

Kalfiewals
 
Toe ek nog eens 'n kalfie was
Toe moes ek honger ly
My ma se melk in die boer se glas
En die oorskiet moet ek kry

Al word 'n perd ook oud en moeg
Eet hy gedroogde brood
Maar ek moet na die slagter gaan
My einde is die dood

En nes my ma nie melk het nie
Moet ek opsy gaan staan
Dan durf ek nie die borsie raak
Of ek word oor die kop geslaan
 
 

 

Facebook

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige in Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer. Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com

Deel 1- WEES JOU KIND SE HUISWERK KONSULTANT

Ek het onlangs vrae ontvang t.o.v. hoe ouers hulle kinders kan ondersteun met skoolwerk, veral in die lig van die nuwe opvoedkundige stelsel van UGO.  Hier is ‘n lysie wenke hoe ouers kan help met huiswerk kopsere.

Ouers kan ondersteun deur as taakfasiliteerder op te tree.  Te veel ouers ontneem hulle kinders die kans tot ontwikkeling en die aanleer van belangrike vaardighede deur die werk vir die kind the doen of deur ‘n ongenaakbare kritikus teenoor alle werk wat sy kind lewer of as ‘n passiewe saamloper op die moeilike pad van vaardigheidverwerwing en groei na volwassenheid.

1.  Help met prioritisering en “multitasking”.  Die ouer kan die kind help om ‘n lys op te stel van die moontlike aktiwiteite van die week.  Dan word elke aktiwiteit gelys hoe belangrik dit is, wanneer dit moet klaar wees en hoe lank dit sal neem om te voltooi.

2.  Leer jou kind om altyd te vra: “Hoekom is dit belangrik om hierdie werk te ken” en soek dan in die werklike lewe redes hoekom dit belangrik is.  Help jou kind om die konsep wat hy moet leer te haak aan die werklike lewe en veral aan dinge wat aan hom bekend is.  So sal hy dit makliker verstaan en onthou.

3.  Leer hou kind om aktief te lees deur die donkergedrukte woorde van opskrifte in vrae te omskep.  Moedig hulle nou aan om die antwoorde op die vraag in die teks onder die opskrif te soek.

4.  Fasiliteer self-refleksie deur te  vra, “Wat het goed gegaan vandag? Wat het nie goed gegaan nie?  Wat was die resultaat?  Wat moet jy volgende keer anders doen?”

5.  Plak die volgende vrae bo jou kind se studeerplek vas.  Byvoorbeeld, “Waaraan herinner hierdie werk my?  Waarmee kan ek dit assosieer?  Hoe kan ek ‘n prentjie maak in my kop om dit beter te onthou?  Wat spring eerste in my kop as ek hierdie lees?  Hoe kan ek hierdie assosiasies gebruik om dit beter te onthou?”

6.  Die vaardighede wat jou kind gebruik om suksesvol te studeer is lewensbelangrik en vervleg met baie eise wat die lewe nog aan haar gaan stel. Gefokusde verstandelike inspanning , die vertraging van bevrediging, strategiese beplanning, tydsbeplanning, self-dissipline is byvoorbeeld almal belangrik vir sukses - wat hulle tot in hulle oudag gaan nodig kry.

7.  Wees ‘n simpatiekde en nie-veroordelende konsultant.  Moenie toelaat dat studeertyd ‘n ewige geveg raak nie.  Effektiewe ouerskap bied die diens van ‘n rustige raadgewende konsultant sonder om die werk vir die kind te doen.  Ouers mag nooit toelaat dat hulle voorkom as hulle kind se skerpste kritikus nie.

Ek het die meeste van  hierdie wenke al oor ‘n paar jaar getoets met leerders in die laerskool tot omtrent graad 10, en dit kan regtig jou kind ‘n voorsprong in die lewe gee en vir jou gemoedsrus bied.

WANNEER KINDERS ‘N KOSBARE VAARDIGHEID MOET AANLEER, IS KONSEKWENTE TOEPASSING VAN KARDINALE BELANG.

Volgende keer voltooi ek hierdie wenke hoe om ‘n tuiswerk konsultant vir jou kinders te wees, tot dan –
Groete van hart tot hart.

Sherbet

Volgende van Elzeth af:

Ontou jy nog van Sherbet?
Daar soet suur poeier wat ons as kinders ge eet het?

Sherbet
250ml versiersuiker
5ml koeksoda
2.5ml wynsteensuur
Sif goed saam en hou dit in 'n lugdigte houer.

Ek het dit nog nie self probeer nie, maar as dit werk!! Ek was/is mal oor sherbet!

Gedig

Afrikaans is so 'n mooi taal om in te dig!

Afskeid
Koos du Plessis

Die uurglas het reeds leeg geloop,
die populierboom is gestroop
van elke goue blaar.
En ons, ons staan beteuterd rond
en tuur half skuinsweg op die grond -
soos vreemdes vir mekaar.

Ek weet jy wil nog met my praat,
maar onder in die donker straat
hoor ek die motor toet.
En vir die derde, vierde keer
sit ek my loodswaar koffer neer
om jou verlaas te groet.

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Anna se Kombuis

Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou.

Klik gerus hier en kyk na die lys van nuwe resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar!

Of bel sommer direk vir Anna - 0822946799

Kopluise?? Geen probleem! 

Ek kry die volgende van Suzette Matthysen af:

Hi Peter,
Ek het ook 'n afskrif van jul e-boek gekry en wil graag met jou deel hoe ek gesukkel het met kopluise terwyl my kinders in die Laerskool was. Ek het naweke omgesit en hare was en uitkam totdat ek op 'n artikel in die Rapport se tydskrif afgekom het waar ek 'n bestelling kon plaas vir kopluise genaamd "Lice B Gone". Ek het toe die produk bestel en tot my verbasing het ek die reuk herken en onthou hoe my ma ons altyd met citronella olie gesmeer het terwyl ons gekamp het langs die dam.

Nodeloos om te sê was dit die laaste bestelling. Ek het daarna apteek toe gegaan en 'n 50ml citronella olie gekoop en in 'n 500ml shampoo gemeng. Daarna was die kopluisprobleem iets van die verlede. Ek weet nie of die citronella olie die luise versmoor of wat nie, maar ek weet net dat 'n kopluis nie op 'n kop klim wat met die citronella olie/shampoomengsel gewas is nie.
Boereraat groete! 

Pasella

Klik hier om na my nuwe Pasella bladsy te gaan, laai vir jou daar resepteboeke asf as jy nog nie van hulle het nie

Die Danville Hulpgroep 

Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.

Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Lees asseblief die nuutste nuusbrief Klik hier

Elsabé Blignaut

Huis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za

Peterjasie se Boererate eBoek

eBoek met om en by 2000 Boererate, net R60. Ek stuur sommer per epos en jy betaal dan die bedrag in my rekening in, so maklik soos dit. Kontak my vir betalingsbesonderhede. Ook in Engels beskikbaar, laat my maar net weet. Met elke bestelling gee ek gratis afskrif van "Boererate en Verbruikerswenke" eBoek

Wapadrand Boeredansgroep
 

 

Vir navrae of inligting kontak Danette gerus by 0829236177 of stuur ’n epos na danna.smith@resbank.co.za
 

 

 

 

 

 
Glimlag

Spietkop stop 'n ou oomie want hy't te vinnig gery.
Hy sê, "Ek sal omie 'n kans gee. As oom vir my kan sê wat kom daar ver in die pad afgery, sal ek nie 'n kaartjie uitskryf nie."
Die oom sê, "Dis 'n kar!"
Die spietkop sê: "Nee, oom LUISTER nie. Is dit 'n Merc of 'n BMW of 'n Volksie of wat? "
"Kom ons probeer weer: Wat kom NOU daar aan?"
Oom sê, "Dis 'n motorfiets!"
Spiettie sê?. "Nee, oom LUISTER nie. Is dit 'n Kawasaki of 'n Honda of 'n Yamaha? Watter motorfiets is dit?"
Hy skryf die tieket uit & gee dit vir die ou oompie, voordat hy terug stap na sy voertuig.
Die oompie skreeu, "Wag meneer. Hou net aan! Kom luister gou-gou hier!"
"Ja oom?"
"Sê vir my, seun. As jy daar in Sunnyside staan & daar op die anderkantse hoek staan daar 'n ding met 'n mienierokkie & boets aan, met so 'n klein toppie & 'n sigaret in die hand - wat is dit?"
Spiettie: "Oom, dis 'n prostituut!!!"
Oompie: "Nee seun, jy LUISTER nie..... Is dit jou sussie, of jou ouma, of JOU MA???"

Wa' kom die sêding "Ek het jou lief" vandaan?
Adam en Eva was Capies... Eva bad innie stroompie en haar blaartjie dryf wêg... Toe sy klaar is en oppie wal uitklim, toe staan Adam da en swaai haar blaartjie so hien en wier, en sê: "Hey Eva, êk't djou 'leaf'.

Man word gevra wat hy vir sy vrou op hul goue huweliksherenking gaan gee.
'Wel op ons silwer huweliksherdenking, het ek haar oorsee gevat, ek sal haar seker nou moet gaan haal!'

Koos ry in digte mis en kan nie goed sien nie. Hy besluit om die motor voor hom se agterliggies te volg. Skielik stop die motor en Koos ry DOEF! in hom vas.
Koos vlieg uit sy kar en skree op die ander bestuurder: "Hoekom stop jy so f***** skielik??"
"Omdat," brul die man, "ek in my f***** garage is!"

st se pitkos 

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Waardering vir jou vriende

Ek het die afgelope maande besef hoe waardevol vriende en familie is wanneer jy deur moeilike tye gaan. Wanneer ellende op jou toesak en jy moeg en moedeloos voel, is daar darem niks soos 'n vriend wat jou hand vashou en jou 'n woord van bemoediging gee nie.

Soms vergeet ons egter om dankie te sê vir vriende wat betekenis en sin aan ons lewe gee. Dankie te sê vir hul ondersteuning, liefde en omgee. Dankie te sê dat hulle daar is vir ons. Soms is ons eerder geneig om vriende en familie te kritiseer. Fout te vind. Wanneer jy egter jou vriendskap en familiebande wil verstewig, is dit belangrik om op positiewe aspekte te fokus. Een so 'n belangrike komponent is om aan jou vriende waardering en erkenning te gee.

Mense het 'n behoefte daaraan om waardeer en erken te word. Jy behoort daarom jou vriende te prys, goedkeuring te gee en komplimente uit te deel. Ons leef in 'n negatiewe wêreld en daarom is 'n positiewe woordjie soms net wat 'n mens nodig het om jou deur moeilike tye dra. As jy nie positiewe woorde van jou vriende kry nie, van wie moet jy dit dan kry?

Hiermee bedoel ek nie om met die heuningkwas van mooi woorde jou vriend te laat goed voel nie. Goedkoop pluimpies is skynheilig en werk op die lang duur nie.

Ja, soms het ons nodig om eerlik met ons vriende te wees. Wanneer jy wel kritiek lewer op 'n vriend doen dit op 'n sensitiewe wyse, bedagsaam en spaarsamig. Voortdurende oordeel en beterweterigheid maak egter 'n vriendskap dood.

Dit is nodig om jou vriend te prys en applous te gee waar nodig. Wys vir jou vriend dat jy hom respekteer en eer vir wat hy doen en wat hy vir jou beteken.

Buite is dit 'n harde wêreld waar mense ingestel is op foute en ons maklik veroordeel. In die besondere en intieme aard van 'n werklike vriendskap vind ons egter die warmte van waardering, erkenning en opregte goedkeuring.

Wat soek ek in 'n vriend? Wanneer mense met hul harde woorde en fel kritiek my wil afbreek en vernietig, dan soek ek die nabyheid en versekering van 'n vriend dat ek nog 'n stukkie goed in my oor het. Dan wil ek by my vriend hoor ek steeds as mens waarde en betekenis het. By my vriend voel ek veilig met my emosies, swakhede en kwellinge. Dit is ook wat jou vriend van jou nodig het.

Iemand het by geleentheid gesê die persoon wie se hand toegevou is in vriendskap kan nie modder gooi nie. Daarom wanneer jy 'n vriend vir iemand wil wees, wees stadig met jou skerp tong, adviseer sagkens wanneer hy 'n fout maak, maar wees ruim met jou agting en aanprysing.

Mag ek hierdie gedagtes ook deurtrek na jou gesin? Ook aan jou eggenoot moet jy met liefde en waardering omgaan, sagkens en met geduld. Ook aan jou kinders moet jy hierdie benadering volg. Ook met jou bejaarde ouers. Doen goed aan die mense wat aan jou goed doen. Jou houding, jou ingesteldheid, die gesindheid waarmee jy met vriende en familie omgaan en handel, dit alles, maak 'n groot verskil in hul lewens. Dikwels is ons vriendelik met vreemdelinge, gee ons erkenning aan buite mense, en wys ons ons nare kant vir vriende en naaste. 'n Engel buite en 'n buffel by die huis. Kom, vandag, en laat ons aan vriende en geliefdes ons liefde, respek en waardering wys en gee.

Wees lief vir die mense in jou lewe, gee vir hulle om. Wys jou waardering en gee aan hulle die erkenning.

Jy kan 'n verskil maak in jou vriende, gesin en familie se lewens. Doen dit, vandag.

'n Sprankie wysheid vir die dag
"Wat kan 'n mens meer vreugde gee as 'n vriend? Meer nog, is daar iets waaraan ons 'n groter behoefte het?" - Erasmus

Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 
Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier
 

 
Resepte

Visbrood

(bedien as 'n ligte maaltyd saam met slaai of as 'n voorgereg)
10 middelmatige aartappels, geskil, en gaargekook
Sout en peper na smaak
3 eetlepels botter of margarine
1 ui, gekap
1 pak (450g) bevrore stokvis (of gebruik meer as jy 'n groter brood wil maak)
3 eetlepels gekapte pietersielie
1 eetleper gerasperde parmesaankaak
wit van 1 eier
1 eetlepel water

Voorverhit oond tot 190°C
Maak aartappels fyn en geur met sout en peper.
Smelt botter in 'n pan en roerbraai die ui en vis tot gaar. Meng met die aartappels
Voeg kaas en pietersielie by
Gebruik waspapier en rol die mengsel in 'n broodvorm. Plaas op 'n bakplaat
Klits eierwit liggie en meng met die water en verf oor die visbrood en bak tot goudbruin.
Bedien met die volgende sous:
Prut 3 eetlepel asyn, 1 eetlepel suiker, 3 eetlepels tamatieblatjang, 2 gekapte knoffelhuisies en 1 eetlepel sojasous saam in 'n pan.

Vissop

1 pak sampioensop
1 blik sampioensop
1 x 250 ml room
1 blik tuna
15 ml sjerrie
Maak sop aan soos aanwysings, maar gebruik helfte melk en water.
Meng res by en roer tot kookpunt
(Addisioneel: voeg blikkie gemengde seekos by).

Volkoringbeskuit vir Diabete

250g margarien
375ml laevet karringmelk
125ml semels
800ml volkoringmeel
125ml All Bran vlokkies
125ml koekmeelblom
25ml bakpoeier
5ml sout
90ml fruktose

Smelt margarien en voeg die karringmelk by.
Meng die droë bestanddele.
Roer melkmengsel by droë bestanddele. Meng om 'n sagte deeg te vorm.
Skep in 2 gesmeerde 1 liter broodpanne. Maak gelyk.
Bak teen 180C vir 50 minute. Laat afkoel.
Sny in beskuite. Droog teen 80C vir 8 uur of in lou oond.
Lewer ongeveer 50 beskuite.

Voorgereg van Pannekoeke

Sit vulsel in pannekoeke soos:
Tuna gemeng met maiyonaise
Uie gekap
Stukkies komkommer of agurtjies
Kaas , ens
Rol op en sit bo-op mayonaise met pietersielie en tamatie wiggie en slaai.

Vulsel vir Pannekoeke

250 ml margarien
1 k suiker
1 e kookwater

Smelt stadig nie kook nie. Net voor dit kook gooi 1 t vinilla essence of kaneel by 1 eier klits goed en vou in bogenoemde
Sit pannekoeke in lou oond, smeer mengsel oor pannekoeke en rol op. Baie lekker!!!!!!!!!!

Wasgoedbondeltjies

3 koppie meelblom
1 eier
sout
113 gm (1/4 lb.) margarien
1 teel bakpoeier
kouewater

Sif droë bestanddele en vryf margarien in meel. Klits eier goed, voeg by meel asook water tot dit kan uitrol. Rol dun uit, sny vierkante. Sit vleisvulsel in middel en vou toe.
Steek vas met kruienaeltjie. Braai bruin in olie.

Vleisvulsel:
250 gm ( 1/2 lb. ) gemaalde vleis
1 1/2 huisie knoffel of knoffelsout ( 1/4 teel )
2 teel olie
gekapte pietersielie
1 teel kerrie
1/2 ui gerasper
Braai ui en knoffel en voeg ander bestanddele by.

Witsous

1 k melk
1 e margarine
1 e meel
knippie sout

Maak eers melk warm in mikrogolf (ongeveer 1-2 min)
Haal melk uit, skep margarine in mikrogolfbak en smelt in mikrogolf
Roer meel en sout by margarine. Sit weer vir net so 5 sek. in.
Roer nou melk by. Verhit in mikrogolf vir ongeveer 2 min tot dik, roer gereeld.

Wortelkoek in Mikrogolf

180 gr / 370 ml Koekmeelblom
10 ml Kaneel
8 ml Koeksoda
3 ml Neutmuskaat
3 ml Sout
750 ml Gerasperde Wortels
300 gr / 375 ml Suiker
250 ml Olie
100 gr / 250 ml Neute gekap
3 Eiers Geklop
Versiersel (Die versiersel is bietjie baie vir die koek * kan dit verminder)
250 gr Gladde maaskaas
120 gr Botter
50 gr / 125 ml Okkerneute gekap
5 ml Vanieljegeursel
400 gr / 800 ml Versiersuiker – gesif

Sif meelblom, kaneel, koeksoda, neut, sout saam. Hou eenkant.
Meng wortels met suiker, olie, neute en eiers. Meng goed.
Voeg droë bestanddele by. Roer goed. Skep mengsel in 'n diep mikrogolfringpan met 'n deursnee van 250 mm. (Gat in middel).
Plaas pan op 'n omgekeerde piering en mikrogolf 10 * 11 minute by 100% krag.
Laat effens afkoel. Keer op 'n dienbord uit.
Versiersel
Klop maaskaas tot glad. Voeg botter by. Klop goed.
Voeg neute en geursel by. Meng deeglik. Voeg versiersuiker geleidelik by.
Klop dit tot die verlangde tekstuur. Smeer oor koek.

Wortelkoek

1 koppie suiker.
3/5 koppie gekapte neut.
1/3 teel. koeksoda.
1/2 teel. sout.
1 koppie olie.
3 eiers.
1 1/3 koppie meelblom.
1/2 teel. bakpoeier.
2 teel. kaneel.
2 koppie gerasperde wortels.

Klits suiker en olie saam. Voeg eiers een vir een by. Meng goed.
Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Voeg nou gerasperde wortels by en meng.
Voeg neute by. Bak vir 3/4 - 1 uur in 'n ronde gesmeerde pan.

Wortelslaai

1 kg wortels, in skyfies gesny
2 middelslag uie, in ringe gesny
1 klein soetrissie, ontpit en in repies gesny
1 pakkie tamatiesop
250 ml water
sout en peper na smaak
200 ml wit asyn
125 ml kookolie
250 ml suiker
10 ml Worcestershire-sous
7 ml mosterd

Kook wortels tot halfgaar, dreineer en laat koud word.
Rangskik wortels, soetrissierepe en uieringe in lae in 'n groot bak.
Meng res van bestanddele, verhit tot kookpunt, roer aanhoudend en kook 2 minute.
Gooi warm oor slaai en laat dit met behulp van 'n mes in die middel en langs die kante van die slaai inloop.
Laat afkoel, sit deksel op en marineer twee dae in die koelkas voor gebruik.

Yoghurt Tert

1 liter yoghurt
1 pakkie jellie - (yogurt & jellie moet selfde soort wees bv. Strawberry)
1 blik kondensmelk
1 pak tennisbeskuitjies
Maak jellie aan met 1 koppie warm water.
Gooi Yoghurt, kondensmelk & jellie bymekaar. Meng goed
Pak beskuitjies in bak & gooi bestanddele oor sit in yskas & laat stol.

Yskastert

1 pak Tennis beskuitjies
2 sakkies Orley Whip
sjokolade versiersuiker
sterk, swart koffie - koud
Week beskuitjies vinnig in koue koffie. Dan dun lagie versiersuiker en dan lagie room.
Rasper Peppermint Crisp oor elke lagie room.
Boonste laag room. Versier met vermicilli of peppermint crisp.

Zelda's Beschuit

1 kg selfrysende bakmeel
500 gram koekmeel
100 gram maisena
50 gram custardpoeier
2.5 koppie suiker
2.5 koppie kokosnoot
5 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
1 teelepel vanielje
3 eiers
500 gram margarien
500 mliter karringmelk

Meng die gesmelte margarien en karringmelk goed
Voeg verdere bestanddele by en knie deeglik.
Pak mengsel in 'n bakblik en sny in skywe.
Bak 30 minute vir 180ºC.
Na 'n halfuur sny weer.
Laat afkoel en laat droogword.
Eet smakelik

Skakels/Advertensies

 

 
Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.