|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
As julle baie resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die
Argiewe, meeste van die ou
nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur daar
af.
Ek stuur ook 'n Engelse brief uit,
elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek,
gaan kyk gerus en laai na hartelus af.
Die pasella hierdie keer is 'n resepte eBoek van
Radio OFM wat iemand vir my per epos gestuur het. As julle in hulle
opvangsgebied is, luister gerus na hulle.
Die resepte die keer is buitelug/kampeerresepte,
gaan kyk gerus na ondertoe.
Ek het nou 'n nuwe gunsteling op die
nuusbrief, Emily, of ook bekend as Muis. Sy praat maar Afrikaans op haar
manier. Sy is ook 'n ideale onderwerp vir 'n strokiesprent, so as een
van julle talk goed kan teken, kom ons span saam en skep 'n wenner
strokiesprent.
Epos my as jy kans sien. Gaan lees meer oor Muis hieronder.
'n Paar weke gelede luister ek na
Derrich se Vat 5 op RSG. Helena Graham is toe die persoon wat haar
herinneringe deel, sy noem toe dat sy skryf ook. Ek kontak haar toe en
vra of sy vir my 'n paar stories sal stuur. Sy maak toe so en julle sal
van nou gereeld van haar pogings ook hier kan lees.
Net om te laat
weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier
geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet
my, dalk haal ek dit af.
Rugbygeesdriftiges - Super 15 |
Alles wat jy wil weet van die
Super 15-reeks, wedstryd vir wedstryd.
Regs klik hier
om besonderhede van al die wedstryde af te laai.
As jy dalk elke wedstryd se feite
wil bekom,
stuur 'n epos aan Loot Eksteen en hy stuur dit direk aan jou.
Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die
ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die
minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër!
Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n
kaartjie het nie!
Klik hier en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen,
dis 'n stewige R1,050,000,000!!!
En onthou tog om
my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is
nou weer terug.
Hier is iets
wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou
ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe
maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke
maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Sluit gratis
an ek kyk die kat uit die boom.
Maar jy moet opgradeer om deel te neem
aan die wins, dis egter 'n druppel in die emmer. Probeer gerus!
Dit neem 'n rukkie, maar ek het
verlede maand net minder as R500 gekry. Elke bietjie help!
Yes, out of
curiosity I visited Be Motivated Today during September 2009, but only
joined during August 2010, what a waste of time!!!.
If I knew what was happening during the year I wasted, man, I would have
joined immediately after I read the details of the setup.
I now have a waiting list of seven on my downline (one already joined as
Silver), the others are bound to join during November and they are jumping
around purely from excitement to get started and its rubbing off on me as
well.
Just one question: My intention is to place an invitation advertisement on
the rear window of my car, do you think it could shake some people out of
their dreams and make them joining us?
Klik
hier vir meer besonderhede
Ons kerkgroep verwerk ou
Kerskaartjies wat ons dan vir die CMR gee om te versprei. As jy dus ou
Kerskaarjies het wat jy aan ons wil skenk,
kontak my vir my posadres.
Baie dankie vir die van julle wat
gestuur het, as julle nog het, stuur gerus asseblief.
Ek stuur elke nou en dan fotos in
na die Treknature webwerf, gaan kyk gerus na die fotos wat ek op ons
reise geneeem het en al opgelaai het:
http://www.treknature.com/members/FunkyMunky/photos/
Die Afrikaanse rolprent - gister en vandag |
Baie dankie
aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie
reeks te gebruik.
Rolprente
van die Jare 70
In hierdie episode van DIE AFRIKAANSE ROLPRENT GISTER EN VANDAG, 2
rolprente wat die Afrikaanse horison aansienlik verbreed en verryk het,
en nog melodramas en verfilmde radioverhale.
SARAH in 1974 is een van die beste Afrikaanse films nog. Dit het ‘n
beperkte uitreiking geniet en het nie eers ‘n duik by die loket gemaak
nie. Maar as ‘n aardse, getemperde en onderspeelde film oor verbode
liefde en versugting, staan hy sy plek vol as ‘n mylpaal.
SARAH onder regie van Gordon Vorster met homself in die hoofrol in die
hoofrol, teenoor ‘n besielende Trix Pienaar, gaan oor ‘n moordenaar wat
Noord-Kaap toe vlug en by ‘n weduwee op ‘n plaas tussen die duine beland.
Hy moet haar help om die plaas weer op te bou. Hulle raak geheg aan
mekaar en besef later dat hulle mekaar lief het. Maar wat gebeur as
Sarah, uitvind van Karel se verlede. FC Hamman is die kameaman, Gordon
Vorster, bekend vir PAPPA LAP, skryf ook die draaiboek en Sonja Heroldt
sing die temalied.
Die landelike tonele word liries deur FC Hamman se kamera vasgevang. Die
woestyn het nie sedert Jamie Uys se DIRKIE so beeldskoon gelyk nie. Maar
dit was die ongedwonge, natuurlike dialoog en die onderspeelde
vertolkings wat SARAH gekenmerk het. Ek dink nie Afrikaans het al ooit
so mooi geklink soos wanneer Trix Pienaar praat nie.
Maar dan ‘n stimulerende tegniek: Gordon Vorster vertel ook die verhaal
van die liefde tussen twee Koi Boesmans wat op die plaas bly... parallel
met die van Sarah en Karel. Hierdie parallelle redigering is die
rolprent se mees unieke kenmerk, waar die liefde tussen 2 paartjies blom.
Die Kois praat hulle eie taal, maar ons het nie nodig om die woorde te
verstaan nie. Die spel vertel alles. En tussen die bedwelmende skoonheid
van die woestyn, skilder Gordon Vorster as Karel in sy vrye tyd. Sy
skilderye word gejukstaponeer met sy verhouding met Sarah en die
rustigheid van die diere, veral gemsbokke. Die windpomp vorm ‘n sentrale
motief in SARAH en verteenwoordig die lewe wat hierdie twee mense na
mekaar en na die landstreek bring. Hier ontdek Sarah dat Karel sy vrou
in ‘n oomblik van woede vermoor het. Sal sy hom toelaat om aan te bly?
En sal sy hom van die polisie beskerm?
Wanneer die polisie Karel wil arresteer, dood die Boesman hom met pyl en
boog. Karel besef daar is geen uitweg meer nie en loop tussen die duine
in om te gaan sterf. En dan nog ‘n tema uit SARAH wat reeds klassiek in
Afrikaans geword het. SARAH eindig met hierdie liedjie.JANTJIE.
JANTJIE, wat Sonja Herholdt bekend gemaak het, soos gebruik aan die
einde van die uitstaande Gordon Vorster-rolprent SARAH.
Aan die einde van die 70’s maak ‘n nuwe talent, wat van SAUK TV af gekom
het, sy rolprent debuut. Hy sou later die TV-reeks SHAKA ZULU maak, maar
sorg vir die rolprentweergawe van ‘n Ena Murray – roman: PLEKKIE IN DIE
SON. Die storie leen hom tot absolute melodrama en oordrewe emosie, maar
in WILLIAM C FAURE se hande word ‘n rolprent gemaak wat enige dag langs
JANS RAUTENBACH s’n kan staan. Sy regie is beheers, Jana Cilliers se
spel is uitmuntend en selfs die kleinste rolletjie word raak geteken in
DEWAAL VENTER se keurige en ekonomiese draaiboek. PLEKKIE IN DIE SON
gaan oor ‘n gewone vrou, wat met ‘n onsimpatieke man, Eckard Rabe
getroud is, en wat besef sy is melaats. Sy beland in in ‘n inrigting vir
melaatses. In hierdie ontstelende en realistiese toneel beland sy per
ongeluk in die saal waar pasiënte met gevorderde melaatsheid opgeneem
word, en sien sy vir die eerste keer wat vir haar wag.
Ongedwonge spel, natuurlike, speelbare dialoog, simpatieke regie sonder
melodrama en knap stelinkleding sorg dat PLEKKIE IN DIE SON een van die
beste rolprente van die jare 70 word. ‘n Jong Rina Nienaber verskyn as
Karen, Jana Cilliers, se man se meisie. Intussen maak Karen vriende met
die spitsvondige en naïewe nutsman, Piet Fix, gespeel deur Tobie Cronjé
in ‘n stadium wat sy aan diep depressie ly.
Dan kry Karen ‘n brief van haar man, Eckard Rabe, wat haar waarsku dat
hulle huwelik nie gaan werk nie en dat hulle die waarheid in die gesig
moet staar in PLEKKIE IN DIE SON deur WILLIAM C FAURE. Dit ly tot Karen
se senu-instorting.
Maar Karen en haar dokter raak verlief. Maar as Karen gesond word en uit
die inrigting vrygelaat word, is haar ontvangs tuis, veral van Karel se
hooghartige ma, gespeel deur Hermien Dommisse, koel. Sy keer terug
hospitaal toe en sy en die dokter, gespeel deur Regardt van den Bergh,
herenig. Melaatsheid kan genees word en daar kleef nie meer ‘n stigma
aan nie.
Die jare 70 word gekenmerk deur rolprente wat verbete teen televisie veg,
maar die stryd stadigaand verloor. Rina Nienaber speel in Dirk de
Villiers se ondeunde DIE SPAANSE VLIEG, Petru Wessels speel in SALOMIEN,
Gé Korsten tree op in ‘n romantiese drama LOKVAL IN VENESIë, Koos Roets
verfilm Katinka Heyns in DIE SERSANT EN DIE TIGERMOTH en BABBELKOUS EN
BRUIDEGOM, Tim Spring maak die gewilde SQUAD-films met Chris du Toit
soos DOG SQUAD, Daar is dramas soos SKADUWEES OOR BRUGPLAAS, Anna
Neehtling Pohl speel die rol van die onnutsige tant Alie, gegrond op
Mike Heine se radioverhaal: DAAR KOM TANT ALIE, en die komedies kom in
sarsies: WAT MAAK OOM KALIE DAAR, MY NAAM IS DINGETJIE, TROUDAG VAN TANT
RALIE, ‘n vervolg op TANT RALIE SE LOSIESHUIS, asook die romantiese
LIEFSTE VEERTJIE en die slapstick komedie DINGETJIE IS DYNAMITE. Franz
Marx maak SEUNS VAN DIE WOLKE met Johan van Heerden, broer van Marcel
van Heerden as John Hardy teenoor Will Roberts met ‘n gewaagde
naaktoneel in die see, en dan is daar ook OLIE KOLONIE. Nie minder nie
as 25 Afrikaanse flieks sien die lig in 1975 toe TV se toetspatrone
begin wys. Dit is nou asof die Afrikaanse rolprent in ‘n soort histerie
is, want hulle word een na die ander uitgedraai. ‘n Stap terug is die
rolprentweergawe van Willie van Rensburg se reuse-radio-treffer aan die
jare sestig, wat ‘n dekade later die lig sien, Dokter Marius Hugo – die
verhaal van ‘n jong dokter en aangenome kind uit die agterbuurtes van
Johannesburg wat moes veg teen sy agtergrond!
Dr. Marius Hugo gaan oor ‘n jong dokter, Mieder Olivier, wat verlief
raak op die parmantige en beeldskone Dr. Louise, in die fliek gespeel
deur Elma Potgieter, wat op haar beurt weer verlief is op die verwaande
rykmanskind André. Wanneer Marius diens doen as kelner by ‘n padkafee,
ontmoet die drie. Na vele omswerwinge, onder andere na Humansvlei in die
bosveld, is daar ‘n baba. Marius wil die baba hê maar Louise wil hom
saam met Andre grootmaak. Uiteindelik feins Andre se pa ‘n hartaanval,
sodat Marius en Louise bymekaar kan kom.
In 1979 word 9 Afrikaanse rolprente uitgereik, ‘n aansienlike daling van
die 25 vier jaar tevore, en veral Franz Marx laat ‘n hele paar rolprente
in die 70-er jare die lig sien. Jan Scholtz skryf ‘n draaiboek genaamd
WAT JY SAAI met Regardt van den Bergh en Janet du Plessis met ‘n jong,
frisgeboude Willie Esterhuizen as ‘n rondloper seun uit ‘n
verbeteringskool wat ontsnap. Esterhuizen lewer hier puik spel en bewys
dat hy ‘n akteur van formaat was, al ken ons hom vandag net as ‘n
komediespeler. Tim Spring doen die regie van WAT JY SAAI en gebruik
Richard Clayderman se BALLADE VIR ANNELINE as tema.
TIM SPRING begin as ‘n kamera- en beligtingsman en hy skiet o.a The
Magic Garden met Dolly Rathebe. Hy werk hierna op alle moontlike gebiede
op rolprentstelle. In die jare 70 begin hy sy eie produksiehuis in
Zimbabwe waar hy dokumentêre rolprente en advertensies skiet. Terug in
S.A. werk hy as klank- man en redigeerder, voordat hy DOG SQUAD, Dr.
Marius Hugo en WAT JY SAAI regiseer. In WAT JY SAAI beland ‘n jong
dokter, wie anders as Regardt van den Bergh, op Waterval Boven en raak
verlief op die kwaai oom, Cornelis Esterhuyzen, se dogter. Maar haar
broer Chrisjan het pas uit die verbeteringskool ontsnap.
Maar dan vat Jan Scholtz se draaiboek die storie verder as wat enige
ander draaiboek dit tot in daardie stadium gewaag het – dinge word op
die silwerdoek gewys wat nie op die konserwatiewe TV 1-skerm sou deug
nie, soos verkragting, bloedskande en aborsie. Tim gebruik die skoonheid
van die Waterval Boven-omgewing ten volle en groot dele van die film
speel in die buitelug af. Die dokter word daarvan verdink dat hy Dina
swanger gemaak het.
Uiteindelik, na ‘n dramatiese hofsaak, kry die dokter en Dina ‘n 6
maande-tronkstraf, opgeskort vir 2 jaar, en die bose broer word 15 jaar
tronk toe gestuur. Die dokter en Dina trou.
Hierdie maand se pasella is 'n
resepte eBoek van Radio OFM wat ek in my epos ontvang het.
Regs klik hier
om die boek af te laai. (1MB)
Deur Helena Graham
My vriendin, wat ek al van
Standerd Twee af ken, was eers op n plaasskool Vandat ek haar ontmoet
het, het ek haar nog nooit hoor skinder nie, maar as jy na haar kyk,
weet jy daar kom n grap....altyd ten koste van haarself.
In die plaasskool, het hulle oorleweringkuns geleer in plaas van lees en
skryf en somme doen. Hulle was n paar kinders, met net een onderwys.
Hulle grootste werk was gewoonlik om hom te help lood smelt om sinkers
te maak of die beeste te gaan keer as hulle te ver van die skoolterrein
af wei. Op n dag het daar n inspekteur vir liggaamlike opvoedkunde die
skool besoek, maar hulle het niks van liggaamsoefeninge geweet nie. Al
die boere in die nabyheid het die dag op die winkel regoor die skool, se
stoep kom sit om die chaos te aanskou. Dit was vir baie lank die grap
van die jaar, want hulle het meer van loodsmelt as liggaamsoefening
geweet Dit nou daar gelaat, want haar ouers het besluit dat sy dorpskool
toe moes gaan om darem iets te, want loolsmelt bring n mens nou nie juis
ver in die lewe nie.
Sy is later getroud en het twee seuns. Haar man is skielik dood aan n
hartaanval en n jaar later weer sy broer. Hartaanvalle het dik geloop in
haar man se familie. Haar twee seuns moes toe ook maar vir toetse gaan.
Die kardioloog sê toe dat sy ook maar sommer vir n toets moet kom. So
gesê en sy maak n afspraak.
Nou kom die “maar”..... Sy het broekiekouse in die winter gedra sonder n
broekie daaronder. Ek hoeveel keer gesê n mens moet n broeke onder die
kouse aantrek, maar nee, hoekom is dit dan broekiekouse? En so hou sy
maar aan broekiekouse alleen dra. Nou kom die afspraak by die kardioloog,
met broekiekouse aan. Die man sit natuurlik al die kontroles aan haar op
die regte plekke en nou is dit vir die tredmill. Sy klim toe op, maar
die kardioloog sê diplomaties dat sy gaan gly en maar die kouse moet
uittrek. Ek moet sê sy was nie sleg gebou nie, met al die dinge op die
regte plekke.....mooi genoeg vir die kardioloog om te aanskou.
Nou moet die broekiekouse maar uit vir die tredmill uittrek en daar
hardloop sy poedelnakend. Alles wat kan wip en skud, doen dit behoorlik
en die kardioloog kyk maar gewillig toe. Hy laat haar hardloop tot die
sweet haar aftap, maar hardloop sal jy hardloop. Die kardioloog moet tog
sy werk deeglik doen! Toe sy wou neersak van moegheid het hy haar eers n
glas kouer water aangebied en nog n bietjie laat hardloop....dit was
immers wat die man gedink is....hierdie is nou n droomvrou.
Toe sy uiteindelik aantrek, was daar absoluut niks met haar hart
verkeerd nie, maar ek dink die man se hart was in sy moer.
Sy het natuurlik vir almal wat ore het om te hoor, daarvan vertel en
dubbeld gevou van die lag daaroor. Natuurlik het haar seuns nooit na g’n
dokter gegaan waarheen hulle ma gaan nie. Nodeloos om te loop sy nog
steeds slegs met broekiekouse alleen.....dokter toe of te not.
Lekker
lugkastele bou -
Oorsese Lottos |
Klik
net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra
die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En
as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook!
Waarvoor wag jy? Sien verder ondertoe vir besonderhede van die gratis
kaartjie.
Uit 'n dagboek - Emily skryf
weer |
|

|
|
Die hele van laasweek hoor ek vir
ma vertel van oom Jaco en tannie Krista van die Wosonki wat gan kom kyer
en ek sien yt dana want ek hou van mense sien. Mar Sarag aand toe gan ma
hille yt, en los my alleen om die katte op te pas. Toe gan le ek in my
dam (ma se dis my sponsbed, mar ek hoor tannie Trillie praat van 'n dam)
en toe kyk ek op die bank en ma het vigeet om die siekspek boksmelk weg
te sit, en dit staan op die leerbank waar mens inkom ini hys.
Toe gan byt ek 'n hele gat ini een hoek en kom op melk af! Ek het gevoel
soos een wat 'n prys gewen het toe drik ek my lang bek da in en drink 'n
hele halflietir yt! Ma was lekir vies toe hille by die hys kom want sy
het Jack gedrink en toe het sy nie lis vir sikke goete nie.
Toe kom Sondag en ma moet gan herrigistreer om teen die aaencee te stem
en toe stap ons soma soontoe en toe ry ons weer in dorp toe en toe sien
ek vi die Wosonkies!!! Oom Jaco dra nogal Pitbull skoene mar hy knor nie
eens nie! Ek vistaan nie tannie Krista gee hom 3 pille vir gedrag mar ma
vigeet skoon om vi MY pille te bring vir gedrag toe moet ek mar weer
stikkies van die tramasienie eet en tannie Krista het vi my my eie
chewie gegee so 'n perse en ek is baie gelikkig en dankie tannie Krista
en ma hille het gistraant vani tjoklit gehaat wat die Wosonkies vi hille
gegee het mar ek kry NIKS toe kry ek darem biltong ek is gek oor biltong
ma se ek vreet vi ha bankrot wat is bankrot?
Ek gan mar nie hier virtel van toe ek ma se penties Woensdagaand gevreet
het nie mar toe het sy ook koktyls gedrink en toe is dit nie snaaks toe
sy tys kom nie nou wil sy nie meer vir my sakgelt gee nie en ek moet nou
in die ythoeke vani tyn my poewe maak anirs raas sy want sy se ek weet
nou al van beter.
Ma het vir my 'n kar gekoop Vrydag 'n wit Corsa toe se sy nou moet die
hond nog net by die bobjane gan liksens kry. Ma praat pitymal baie
deemekaar.
Ek moet vi jille vitel ek grawe mos ini tyn an 'n gat! Ma se ek sil nog
so grawe dan grawe ek 'n tjinees se voete raak! Nou wat is 'n tjienees?
Iemand wat baie nies deer sy nees? Mar nou kyk ek elke keer visigtig of
ek nogi die tjienees sien nie. Ma het van my poewe in die gat gegoi so
eintlik het ek nou nie meer lis vi grawe nie. Ek weetie vi wat ma dit
doen nie mens sal dink sy is 'n kinir mishandeling.
Ma se netou sys nou so lis vi groente sy loop soma hanne viervoet opi
grasperk! Ek vistaan nie mar ek sil mar wag lat sy opi grasperk so gan
loop lat ek kan sien wat dit met groente te doen het mar ek gan ha byt!
Ek moet nou eers gan want my poote los stof opi leptop en ma het gese sy
gan my trig skool toe stier as ek weer morsig is!
Met aller groete van Emily wat nou al vi tannie Graatjie en tannie
Krista en oom Jaco metti Pitbulls ken!
|

|
|
Uit:
http://skoor.wordpress.com/
Alles wat jy
wil weet oor Boeremusiek.
Hierdie is die
webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die
Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.
Klik hier om
sy webblad te besoek.
Boeremusiek
Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde" |
Neels Ackerman
Nog 'n kitaarspeler wat in die ou styl piek. Neelsie is
derde van 'n geslag van vyf wat Boeremusiek speel. Neelsie was
ook deel van die span — Kitare van die Ou Snare — wat twee CD's
gemaak het — Kitare van die Ou Snare 1 & 2.
|
|
|
|
Ekke is ook op
Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit,
klik net hier.
Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za
of kry my by www.facebook.com/Peterjasie
Ek Tweet ook nou en dan op
Twitter by @Peterjasie
Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige en Heel Skool Evalueerder in
Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool
Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders
met hindernisse tot leer. Sy gee praatjies, skryf artikels, lag en reis
die hele land vol. Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders.
Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na
mirnafvanwyk@gmail.com.
Ouer-onderwyser verhoudings
Dis terug-skooltoe-tyd vir ouers en kinders-die ideale tyd om ouers te
herinner hoe belangrik dit is om onderwysers sover te kan kry om slegs
die beste belang vir jou kind te soek.
Ontmoet jou kind se onderwysers, behou en bou aan ‘n verhouding met elke
onderwyser-wanneer die onderwyser die gesig sien wat agter die kind
staan, word hy gedwing om elke keer te reflekteer, respekteer en met
verantwoordelikheid met die kind om te gaan-wat ookal die situasie is.
As hy weet hy gaan jou by sportbyeenkomste en skoolaangeleenthede moet
groet sal hy heel moontlik makliker die spreekwoordelike ekstra myl met
jou en jou kind loop. Woon skoolfunksies by, raak betrokke by
verenigings en help waar jy kan. Leer hulle op hulle voorname ken, ruil
telefoonnommers en epos adresse uit. Prys hulle wanneer hulle jou
beindruk en bedank hulle vir die klein ongevraagde ekstra’s wat hulle
vir kinders doen. Dan sal hulle dit soveel makliker volgende keer doen (miskien
selfs vir jou kind).
Wanneer jy voel daar is regtig rede tot kommer, maak seker van die feite
voor jy op jou witperd spring en die situasie wil stormloop,. Soos ‘n
pre-primêre onderwyseres vir ouers by die eerste ouervergadering gesê
het: “Ek belowe om nie alles te glo wat jou kind my vertel wat by die
huis gebeur nie, as jy alles wat jy hoor in my klas gebeur, met ‘n
knippie sout neem.” Jou intensie moet wees om die situasie op te los en
te verbeter vir jou kind. Dit is soveel makliker as jy die “goodwill”
van die onderwysers en skool in die proses kan behou. Hierdie is werklik
een van daardie situasie waar, as jy humeur verloor, jy slegs die saak
vir jou kind kan slegter maak.
Tydens die ouer-onderwyser vergadering behou die beginsels vir goeie
menslike verhoudings: groet, glimlag, bly kalm, vra vrae eerder as om te
beskuldig. Deel jou verwagtinge, wense en vrese met die onderwyser en
vra hoe die ouerhuis kan help om die situasie te verlig. Die goue reël
in die bestuur van mense verhoudinge (onderwysers is ook mense, ja) bly
maar deur al die eeue: behandel ander soos jy ook behandel wil word.
Wanneer jy graag ‘n saak wil aanspreek: maak ‘n afspraak, bel of stuur
‘n brief aan die skoolsekretaresse of die onderwyser self (onthou om jou
eie e-pos adres en/of selfoonnommer in te sluit). Hou boek van die datum
en as jy langer as ‘n week moet wag, stuur dieselfde brief, wag drie dae
en stuur die oorspronklike brief en ‘n brief ter verduideliking aan die
vak of graadhoof en versoek ‘n vergadering met beide die graad en
klasonderwyser teenwoordig. Begin dieselfde proses met die graad hoof as
jy langer as 7 dae moet wag sluit die briewe aan die onderwyser, graad/vakhoof
en stuur dit aan die skoolhoof. Daarna is die hiërargie van gesag: die
Skoolbestuursliggaam en dan die kringbestuurder by die skool se OBOS (Onderwys
Bestuurs en Onderrig Sentrum). Hou natuurlik die bewyse van jou pogings
om vergaderings met die skool te reël, ter ondersteuning van jou saak.
Ongelukkig moet sommige skole deur hulle ouer gemeenskap tot
verantwoordbaarheid gedwing word.
Onderwysers is ook maar net mense – en as jy dink jy wil soms jou tiener
inruil vir ‘n ander een - onthou hy sit met ten minste 30 van hulle vir
7 en ‘n half uur per dag, waarvan die meeste ure ‘n gestoei is om hulle
net in hulle sitplekke te hou. Ja,hulle het gekies om dit te doen, hulle
kry vakansies (om te werk in), en redelike salarisse. Maar hulle word
emosioneel blootgestel aan uiters stresvolle omstandighede. Onderwys
word tans as een van die tien mees stresvolle beroepe in Suid-Afrika
gesien. Onthou dat onderwysers ook oortrokke rekeninge, struwelende
kinders, verbrokkelende huwelike en siekte toestande het. Hulle word
elke dag gekonfronteer deur misdaad, rebellie en hoogverraad – en dit
nog vanuit hulle eie klas!
Uiteindelik is jy, die ouer, die persoon wat verantwoordelik is in hoe
‘n mate jy jou kind se opvoeding lei, begelei en bestuur. ‘n Ouer wat
betrokke is by sy kind se skool verseker ‘n pad met minder dorings en
slaggate vir sy kind se skoolloopbaan.
Seënwense van my hart aan jou en jou kind
My laaste skof
Helena Graham
Goed is hulle wat altyd verstaan
as ek tas en stuikelend moet gaan –
Wat weet dat my ore soms met moeite kan hoor –
dat ek maklik die draad van n storie verloor.
Goed is hulle wat self sommer weet
dat my oe swak is en ek maklik vergeet.
Ook hulle wat kastig nie sien
dat ek mors as ek hulle bedien
Goed is hulle wat nie hul humeur verloor
al vertel ek dieselfde ou storie weer oor!
Ook hulle wat deur die newels kan dring
as ek gister weer helder na vore wil bring.
Goed is hulle wat my nou nog laat voel
dat hul liefde en agting regtig bedoel.
Ook hulle wat lief is vir my
As ek die laaste skof Huis toe ly.
Gaan kyk na my
nuwe fotografie
webwerf . Sport fotos onlangs bygelas
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Zalome -
Afrikaans op die net |
Zalome is nog
iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te
bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee
soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.
Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang,
doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo
sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit
aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).
AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com
AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
n Brief van Kiwi land!
Ek het getrek maar bly nog op dieselfde plek – maar hoe verduidelik ek
dit vir mense in Nieu-Seeland? Ek wil 'n boodskap laat vir my vriend
Thys Oosthuizen:
“Vra asseblief vir hom hy moet my in Polokwane skakel” sê ek aan sy
sekretaresse.
“Waar??” vra sy en sy klink narerig.
“Polekwane”
“Waar is dit?
“Tussen Mokopane en Makhado in Limpopo” Ek kan hoor wat sy dink.
“Waar is dit?”
“Wel", beduie ek “jy ry van Tswane af, verby Bela-Bela en Modimolle. Ry
deur die tolhek en hou reguit verby Makopane, maar hou jou spoed dop,
want die spiedies maak geld uit jou as jy daar te vinnig ry. Polokwane
is net na Makopane en net voor Makhado” Op hierdie stadium weet ek ook
nie hoekom ek die pad moet verduidelik as ek slegs wil hê hy moet my bel
nie!
“Nee wag meneer sê sy. “Waar is dié Makhado?”
“Tussen Polokwane en Musina” probeer ek hulpvaardig wees.
“En waar is dit?” vra sy nou duidelik erg verward.
“Musina is tussen Mokhado en Harare” help ek so goed as ek kan.
“Bly jy in Zimbabwe?” vra sy hoopvol.
“Nee in Limpopo” help ek haar reg. Sy sug moedeloos en sê: “Kom ons
begin voor”
“Waar is Tswane?”
“Dis maklik sê ek. “Tussen Bela-Bela en Egoli”
“Nee meneer, ek bedoel die dorp”
“Ek ok” sê ek. Ek kan hoor sy is nou by sepies terwyl ek nog by pad
beduie is.
“Egoli is anderkant Tswane as jy van Bela-Bela se kant af kom.” sê ek.
“Meneer.” vra sy “is jy getrek?”
“Nee,” sê ek “ek het nie getrek nie, hulle het net die naam verander.”
“Wat bedoel jy hulle het jou naam verander?”
“Nie my naam nie, die dorp se naam.” help ek haar reg.
“Watter dorp se naam?”
“Pietersburg”
“Bly jy in Pietersburg?” vra sy en ek kan hoor daar gaan 'n helder lig
vir haar op.
“Nee” sê ek “ek bly in Polokwane maar dit was voorheen Pietersburg.”
“Wragtig?” sê-vra sy.
“Wragtig” bevestig ek.
“So jy skakel van Pietersburg af wat nou Polokwane is?”
“Einste!” sê ek.
“Nou watter ander name het jy dan genoem?” vra sy en ek kan aanvoel dat
die vrou 'n erge behoefte het om iets oor die toekomsgeskiedenis van die
land te wete te kom.
Toe verduidelik ek:
“Egoli was eers Johannesburg. Tswane is Pretoria. As jy dan Noord ry,
kom jy by Bela-Bela wat eers Warmbad was, daarna by Modimolle wat
Nylstroom was en Potgietersrus wat nou Makopane is. Na Makopane kry jy
Polokwane wat Pietersburg was en daarna Louis Trichardt wat Makhado
geword het. Verby Makhado kry jy Musina wat eers Messina was.”
“En Messina is by die Limpopo!” jubel sy.
“Ja,” sê ek, “maar die Limpopo waarvan ek praat is die Provinsie.”
“Nou wat noem julle die rivier?” vra sy.
“Limpopo” sê ek.
“Meneer?” vra sy, “stook jy mampoer?”
'n Bietjie Afrikaanse opvoeding op hierdie dag. Oorvertel as die
waarheid,die volle waarheid en niks anders as die waarheid!!!
Op 'n Maandag oggend, het die hele skool soos gewoonlik in die saal
vergader. Die skoolhoof het soos gewoonlik sy storie vertel, die eerste
rugbyspan
geprys, die skoolkommittee hartlik bedank, die kinders met stories bang
gemaak - nie dat ek dink kinders skrik meer vir enigiets minder as die
doodstraf, wat hulle weet hulle nie opgelê kan word nie. Hy betuig
verder sy dankbaarheid teenoor die kinders wat hulle siviele eise teen
die skool teruggetrek het, en vir die wat nie meer in die klaskamers
rook nie.
Op die verhoog staan daar twee kartondose. In hierdie kartondose is daar
Bybels wat deur die Gideon organisasie (dis die ouens wat Bybels in
hotelle ens. plaas) aan die skool geskenk is. Die idee is om vir alle
kinders wat nie Bybels het nie, 'n Bybeltjie te gee. Omdat hierdie nogal
'n noemenswaardige gebaar is, het twee van die Gideon’s mense na die
skool gekom om die Bybels te oorhandig. Die twee sit so half eenkant -
weg van die onderwysers af.
Toe die hoof klaar is met sy aankondigings, kyk hy so op na die kinders,
en sonder om 'n beat te mis, swaai hy sy hand so na die twee Gideon
mense se kant toe en sê: "Julle wonder seker wat hierdie twee dose op
die verhoog doen?"
Nodeloos om te se die volgende oomblik het chaos uitgebars en die
onderwysers rapporteer dat dit onmoontlik was om enigiets die moeite
werd vir twee dae in die kinders se koppe te kry, aangesien hulle
telkens uitgebars het van die lag. Die arme twee Gideons het nie 'n
woord kon inkry nie en die twee dose met Bybels in is onuitgedeel na die
hoof se kantoor verskuif.
N.S.Dis hoekom 'n "box" 'n boks is en nie 'n doos nie! Ons het die woord
al te veel verniel in Afrikaans.
Die passasier in 'n huurmotor tik die bestuurder op die skouer om hom
iets te vra.
Die bestuurder gil, verloor beheer oor die voertuig, ry amper in 'n bus
vas, jaag oor die sypaadjie en stop millimeters van 'n winkel venster af.
Vir 'n paar oomblikke is alles doodstil. Die drywer sê toe, "Moet dit
asseblief nooit weer doen nie. Ek het my amper doodgeskrik."
Die passasier vra toe om verskoning en sê hy het nie gedink 'n tikkie op
die skouer sou hom so laat skrik nie.
Die bestuurder antwoord toe, "Dit is nie werklik jou fout nie. Vandag is
my eerste dag as huurmotor bestuurder. Vir die laaste 25 jaar het ek 'n
lykswa bestuur!!"
As jy dalk nog
baie resepte wil hê, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
|
GEMENGDE MIELIEPAP
125 g mushrooms
2 blokkies hoender aftreksel
250 ml gemengde groente
50 ml margarien
750 ml water
625 ml mieliemeel
125 ml gerasperde cheddar kaas
Kook gekapte mushrooms, gemengde groente en hoender aftreksel in die
water, voeg dan botter by
Voeg mieliemeel by en laat prut vir 20 minute
Voeg kaas by en roer deur – dien dadelik op
MIELIEPAP GENOT
1 blik (410 g) ingedampte melk
500 ml water
10 ml sout
500 ml mieliemeel
50 g botter
500 ml gerasperde cheddar kaas
1 blik (410 g) blik heelpitmielies gedreineer
½ x 250 g pak spek – grofgekap en brosgebraai
Verhit melk, water en sout tot kookpunt ~ voeg mieliemeel by sodat dit in
middle ‘n hopie vorm, maar moenie roer nie
Verlaag hitte, plaas deksel op en laat pap 5 minute prut
Roer liggies en laat nog ‘n uur prut
Roer ¾ van kaas, heelpitmielies en spek by
Strooi res van kaas bo-oor en plaas deksel op sodat dit kan smelt
of
Skep pap in oondskottel, skep 1 blik (410 g) blik tamatie-en-uie-smoor oor,
strooi res van kaas bo-oor en bak vir 30 minute by
KNOFFEL KAAS BOTTERBROODJIE
500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
1 eier
25 ml olie
fyngedrukte knoffel
75 g botter gesmelt
125 ml Cheddar kaas gerasper
Voorverhit oond tot 240°
Sif droë bestandele saam
Klits eier, melk en olie saam
Meng eier mengsel met droë bestandele en knie liggies
Deel mengsel in 10 balle en plaas in gesmeerde oondvaste skottel sodat
balle aanmekaar raak
Bak +/- 15 minute of tot goudbruin
Verwyder uit oond en sprinkel kaas, gesmelte botter met knoffel oor
Bedien warm
CHAKALAKA BROODJIE
(kan ook muffins maak)
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
sout & peper na smaak
4 eiers
410g Chakalaka (matige geur /
sterker geur indien verkies)
125 ml Cheddar kaas gerasper
Voorverhit oond tot 180°
Sif droë bestandele saam
Klits eier & chakalaka
Meng eier mengsel met droë bestandele
Plaas deeg in gesmeerde broodpannetjie en strooi gerasperde kaas bo-oor
Bak +/- 45 minute
ROL~BROODJIE
¾ pak deeg (ready made dough)
1 blikkie tamatie puree
250 g spekvleis
1 ui
375 ml gerasperde cheddarkaas
Voorverhit oond tot 200. Rol deeg uit
Smeer tamatie puree oor deeg
Braai spek en ui en smeer oor
Sprinkel kaas oor
Rol deeg in lengte op soos swiss rol
Plaas in gesmeerde broodpannetjie en laat rys eers bietjie voor bak
Bak half +/- 30 minute
Kan ook enige vulsel soos verkies gebruik
TAMATIE-EN-UIE BROODJIE
1 x 500 g bruismeel
1 pakkie tamatie-en-uie-sop of
tamatieroomsop
2-3 repe swoerdlose spekvleis, gekap
1 ui gekap
15 ml kookolie
1 x 500 ml houer karringmelk
Voorverhit oond tot 180°
Meng bruismeel en soppoeier
Braai spek en ui in verhitte kookolie
Voeg spek mengsel en karringmelk by droë bestandele en meng goed
Skep deeg in gesmeerde broodpan en bak +/- 50-60 minute of tot gaar
WALDORF SLAAI
2 uie (gesnipper)
1 greenpeper (in blokkies)
250 g sampioene (in skywe)
1 fyngesnyde slaaiblaar
4 groot wortels (fyn gerasper)
1 blik (410 g) pit mielies (gedreineer)
500 ml bevrore ertjies
1 blik pynappels (blokkies en gedreineer)
100 ml kondensmelk
125 ml mayonnaise
125 ml franse slaaisous
blokkies kaas
Braai ui, greenpeper en sampioene saam ~ hou eenkant en laat afkoel
Pak slaai in lae in die volgende volgorde; blaarslaai, wortels, mielies,
uie-greenpeper mengsel, ertjies, pynappel, sous, blokkies kaas
Wenk ~ Gebruik diep glas-slaaibak, dit laat die slaai mooi vertoon
“SWEET & SPICY” NOEDELS
500 g noedels
1 greenpeper (blokkies)
1 blik gedreineerde appelkooshalwes in blokkies gesny
“Sweet & Spicy” sous van Knorr
Berei noedels volgens aanwysings op pak
Meng greenpeper, appelkoos stukkies en sous by noedels
MIELIEBROODJIE
500 g bruismeel
5 ml sout
1 blik (410 g) blik ingedampte melk
1 blik (410 g) blik roomsoort mielies
Voorverhit oond tot 180°
Sif bruismeel en sout saam
Voeg ingedampte melk en mielies by en meng goed
Skep in gesmeerde broodpan en bak +/- 60 minute of tot gaar
PYNAPPEL / KOMKOMMERSLAAI
1 blik gesnipperde pynappel
2 middelslag komkommers
(geskil en in dun skywe gesny)
Sous:
250 ml suurroom
2 tel heuning
2 tel suurlemoenskil gerasper
5 ml swartpeper
Meng al die bestandele vir die sous tot glad
Meng slaaisous met pynappel en komkommer
KERRIE NOEDEL SLAAI
500 g noedels
1 groot ui (gesnipper)
1 groot greenpeper (blokkies)
(kan ook rooi en geel peper insit vir meer kleur)
Sous:
250 ml tamatiesous
200 ml wit suiker
125 ml olie
125 ml wit asyn
25 ml kerriepoeier (matig)
7 ml sout
2 ml swartpeper
1 ml tabascosous (opsioneel)
Berei noedels volgens aanwysings op pak
Voeg ui en greenpeper by noedels
Meng sous bestandele saam en voeg by noedels
Wenk ~ Meng sous by noedels terwyl dit nog warm is (moenie noedels afspoel
nie) ~ die sous trêk dan lekker in die noedels in, roer kort-kort deur
Hoe langer die slaai staan hoe lekkerder ~ die slaai kan ook gebottel word
BROODSLAAI
1 brood (korsie loos) in blokkies gesny
6 eiers (fyngedruk met vurk)
6 eet lp asyn
6 eet lp suiker
1 eet lp mostert poeier
500 ml mayonnaise
blokkies kaas
gurkins in skyfies gesny
Braai brood blokkies in diep olie en hou eenkant
Meng eiers, asyn, suiker en mostert poeier saam oor lae hitte – roer
gereëld sodat nie aanbrand
Haal af van hitte voeg mayonnaise by
Meng brood en sous 1 uur voor opdiening, voeg kaas en gurkins by
MIELIEPAPBOLLETJIES
Gaar mieliemeel pap
250 g spekvleis
2 uie fyn gekap
1 groen soetrissie fyn gekap
1 knoffelhuisie fyn gedruk
1 eier geklits
sout
1 ml rooipeper
50 ml pietersielie fyn gekap
bolletjies in rol:
2 eiers geklits
sagte broodkrummels
olie vir diepvetbraai
Braai spekvleis tot bros
Voeg uie, soetrissie en knoffel by en braai tot sag
Voeg by mieliepap en meng goed
Voeg die eier, rooipeper, sout na smaak en pietersielie by en meng goed
Vorm in bolletjies so groot soos okkerneute
Doop in geklitste eier en dan in broodkrummels, braai in diep olie tot
goudbruin
SNOEK OOR DIE KOLE
1 Snoek vooraf gesout
Appelkoos Braaisous:
60 ml mayonnaise
60 ml knoffelbotter
60 ml gladde appelkooskonfyt
of
Mayo-Braaisous:
250 ml mayonnaise
90 ml botter
Plaas die vis oop met die velkant na onder op die rooster
Sprinkel peper oor
Verhit die bestandele vir enige van die braaisouse oor lae hitte en meng
goed
Gebruik ‘n klein kwassie en verf die vleiskant van die vis met die sous
Braai oor gloeiende kole – nie te warm nie – tot die vis maklik van die
graat loskom
Sit voor met vars brood en slaai of tamatie-en-uie-braaibroodjies
PORTABELLA-SAMPIOENE
Dis sampioene van Denny ~ kyk in die winkels vir die sampioene, hulle word
genoem
Portabella sampioene, so groot soos ‘n man se hand en dit kan gebraai word
op die
Braai-rooster of in die oond ~ dit bly ferm as dit gaargemaak word
Die sampioene het ‘n groot ruimte aan die onderkant waarin ‘n vulsel geskep
kan word ~ gebruik van die volgende vulsels
Gegeurde botter en vars broodkrummels
Gekrummelde fetakaas en gekapte neute
Kruie en bokmelkkaas
Knoffel-en-roomkaasmengsel
GEBAKTE BROODROLLETJIES MET ROOMSOUS
klaar bereide brooddeeg gerys en afgeknie
sous:
125 g spekvleis gesnipper
1 blik tamatie en uiesmoor
250 ml vars room
swartpeper
vars pietersielie
250 ml cheddarkaas gerasper
Voorverhit oond tot 100°
Smeer ‘n plat swartpot of ‘n kasserolbak met botter
Knyp stukke deeg af en vorm in bolletjies
Pak die deegbolle taamlik naby aan mekaar in die bak en laat rys goed uit
in die oond
Soteer intussen spek tot gaar, voeg tamatie-en-uiesmoor by en verhit tot
kookpunt.
Laat prut tot effens afgekook ~ verwyder van hitte, roer room by en geur
met sous, peper en pietersielie
Verwyder bak uit oond en verhoog die temperatuur tot 180°
Giet sous oor die deeg en bak 40-50 minute
Sprinkel kaas oor en bak 10 minute tot goudbruin
JAMBALAYA RYS
15 ml olie
3-4 streaky bacon
1 gekapte ui
2 selderye gekap
500 ml rou rys
1 liter hoender stock
3 ml sout
3 ml swart peper
3 ml rooipeper (cayenne peper)
1 lourier blaar (bay leaf)
1 greenpeper in blokkies gesny
1 x 410 g blikkie gekapte tamaties
100 g ham in blokkies gesny
200 g hoender blokkies gesny (gaar)
15 ml pietersielie
Verhit olie en braai bacon tot bros, dreineer bacon
Braai ui tot sag, voeg seldery en rys by, roer aanhoudend – braai 1 minuut
Voeg hoender stock, sout, peper, rooi peper en lourier blaar by en prut
vir 10 minute
Voeg greenpeper en tamaties by en laat prut vir verdere, 5-10 minute
Voeg ham, bacon en hoender by en prut vir 5 minute
Gooi mengsel in opskep bak en sprinkel met pietersielie ~ genoeg vir 4-6
persone
Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf
hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Resepte, resepte,
resepte
Ek het besluit om sake vir my
te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans) op een CD saam te
sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent enige dis bevat wat jy
aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek
te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar
dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met
hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.
Die prys van die CD is R100 (dis
om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit
Posgeld is R20 vir
geregistreerde pos en R50 vir Speed Services oornag toonbank tot
toonbank.
As jy sou belangstel om een
van die CD's te bekom,
klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook
net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die
spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer
stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit
Speed Services oornag toonbank tot toonbank
Hier is die Afrikaanse boeke:
217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se
Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se
Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer
net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1,
Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir
Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille
samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies
Allerlei
Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet,
Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke
omskakelingstabel, Werk van die huis
Hier is die Engelse resepte:
FunkyMunky
Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of
Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes
in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go
camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at
your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie
Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special
holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all
ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes
from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's
assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the
chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two
of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of
mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for
appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all
here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!
Bonus eBooks
Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food
Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns
Everything you wanted to know about making, marketing and selling your
crafts.
Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies,
myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.
10,000 Dreams Interpreted
Al my nuusbriewe is
op hierdie bladsy beskikbaar:
http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Elke nuusbrief sal
voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.
Kontak my
hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.
|
|