http://www.playeuromillions.com/af/home.html

Ek staan op vir Afrikaans!

 

Nommer 157

Besoek my Webwerf

15 Maart 2011

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! As julle baie resepteboeke wil aflaai gaan kyk by die Argiewe, meeste van die ou nuusbriewe het resepteboeke as pasellas, gaan laai maar na willekeur daar af.

Ek stuur ook 'n Engelse brief uit, elke brief bevat ook 'n pasella resepte eBoek, gaan kyk gerus en laai na hartelus af.

Die pasella hierdie keer is 'n resepte eBoek wat per epos by my beland het en ek deel dit graag, gaan kyk hier onder by Pasella en laai dit gratis af.

Die resepte die keer noem ek epos-resepte, dis resepte wat in my epos inboks beland het en wat ek nou weer hier deel. gaan kyk gerus onder die Resepte afdeling hieronder.

Ek het nou 'n nuwe gunsteling op die nuusbrief, Emily, of ook bekend as Muis. Sy praat maar Afrikaans op haar manier. Sy is ook 'n ideale onderwerp vir 'n strokiesprent, so as een van julle talk goed kan teken, kom ons span saam en skep 'n wenner strokiesprent. Epos my as jy kans sien. Gaan lees meer oor Muis hieronder.

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Rugbygeesdriftiges - Super 15

Alles wat jy wil weet van die Super 15-reeks, wedstryd vir wedstryd. Loot Eksteen het al die feite saamgevat, sien hieronder. Regs klik net om af te laai. As jy die statistieke weekliks wil ontvang, stuur net vir Loot 'n epos en vra dat hy jou op sy posluys sit.

Super 15 - Wedstryde Super 15 - Logs
Super 15 - Data 1 Super 15 - Data 2
Super 15 - Kaarte Super 15 - Statistieke
   
Custom Search

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen, dis 'n stewige R1,050,000,000!!!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Tuiswerk/Tuisinkomste

Hier is iets wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks. Sluit gratis aan vir 'n proeftydperk.
Maar jy moet opgradeer om deel te neem aan die wins, dis egter 'n druppel in die emmer. Probeer gerus!

Die hele proses het nou verbeter en dis nou makliker om te begin inkomste kry, sluit gerus aan vir 'n gratis proeftydperk, kyk die kat uit die boom en gradeer dan op om te begin saamspeel! Klik hier en gaan kyk self!

Dit neem 'n rukkie, maar ek het verlede maand net minder as R500 gekry. Elke bietjie help!

Yes, out of curiosity I visited Be Motivated Today during September 2009, but only joined during August 2010, what a waste of time!!!.
If I knew what was happening during the year I wasted, man, I would have joined immediately after I  read the details of the setup.
I now have a waiting list of seven on my downline (one already joined as Silver), the others are bound to join during November and they are jumping around purely from excitement to get started and its rubbing off on me as well.
Just one question: My intention is to place an invitation advertisement on the rear window of my car, do you think it could shake some people out of their dreams and make them joining us?

Klik hier vir meer besonderhede

Bunny chow

Bunny chow is 'n eg Suid-Afrikaanse dis. Basies is dit kerrie wat in brood bedien word. Op die stadium is daar net eenstemmigheid dat dit in Durban begin het en dat dit as gevolg van Apartheid was wat nie nie-blanke eters in restaurante wou hê nie. Die oplossing was om 'n kwart brood uit te hol en die kerrie daarin te vervoer en uit te eet.

(bedien 4)

Sny 'n brood in vier en hol die kwarte uit.
1 ui
1 knoffelhuisie, in papierdun skywe gesny
5 komyn
5 ml borrie
10 ml kerrie
1 blikkie gekapte tamaties
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 blikkie gebakte bone
10 ml olyfolie
sout en varsgemaalde peper
1 groen rissie, fyn opgesny
Braai die ui en knoffel in die olie tot glaserig. Roer die soetrissie, rissie, komyn, borrie en kerrie by en braai vir nog een minuut. Gooi die tamaties en bone by en prut vir 15 minute oor lae hitte. Toets vir sout en peper.

Die tradisionele drankie saam met Bunny chow is Cream Soda.

My persoonlike gunsteling kerrie is bees of hoender wat ek dan soos gewoonlik maak en dit dan uit die uitgeholde kwart brood eet. Ook 'n anderse manier om te onthaal met geen skottelgoed na die ete nie! Ook lekker vir kampeerkos!- Peter

Ou Kerskaartjies

Ons kerkgroep verwerk ou Kerskaartjies wat ons dan vir die CMR gee om te versprei. As jy dus ou Kerskaarjies het wat jy aan ons wil skenk, kontak my vir my posadres.

Baie dankie vir die van julle wat gestuur het, as julle nog het, stuur gerus asseblief.

Treknature

Ek stuur elke nou en dan fotos in na die Treknature webwerf, gaan kyk gerus na die fotos wat ek op ons reise geneem het en al opgelaai het:  http://www.treknature.com/members/FunkyMunky/photos/

Die Afrikaanse rolprent - gister en vandag

Baie dankie aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie reeks te gebruik.

Die bloeitydperk van DIE AFRIKAANSE ROLPRENT in die jare 70

Toe televisie aanvanklik in 1975 in S.A. begin het, het dit die Afrikaanse rolprent nie soveel geskaad as in die jare 80 nie. In 1976 is 11 Afrikaanse rolprente uitgereik, amper een per maand. Die film wat die meeste aandag getrek het en wat oor ras en kleur gegaan het, was die progressiewe SPRINGBOK met Eckard Rabe en Sybil Coetzee met rugby as agtergrond. Dit het briefskrywers en resensente weke lank laat debatteer. Tussen die hardekwas stellings oor ras in SPRINGBOK was daar Jan Scholtz se romantiese melodramas soos ʼn SONDAG IN SEPTEMBER, ʼn filmverwerking van CF BEYERS BOSHOF se radiotreffer MY LIEDJIE VAN VERLANGE en Elmo de Witt wat, nes met Debbie destyds, op seer tone getrap het met ʼn BEELD VIR JEANNIE. Nog melodramas soos LIEFSTE MADELEIN volg in 1976 in dieselfde jaar wat Hans Strydom en Alice Krige, deesdae in Engeland woonagtig en die ster van SKIN, hulle harte vir

Jan Scholtz het die draaiboek vir VERGEET MY NIE geskryf, ʼn vreemde vermenging van studentepret, mooi natuurskoon, politiek, swendelary, die gereg en ʼn hopelose liefdesverhouding met, soos gewoonlik in ʼn Jan Scholtz-storie, verwaande ouers wat jongmense se verhouding verongeluk. ʼn Man word na 2½ jaar op parool uit die tronk vrygelaat nadat hy ʼn moord gepleeg het. Hy het selfs geweier om in die hof daaroor te praat. Hy skryf by Rhodes Universiteit in, en ontmoet die pragtige dogter van die wrede rektor wat wag op ʼn misstap.

NOOT VIR NOOT se JOHAN VAN RENSBURG was betrokke by VERGEET MY NIE se musiek waarin studente vrolike, maar niksseggende liedjies gesing het. Dit tussen die wroeging van Hans Strydom as Dolf Preller wat sy verlede probeer vergeet, en die liberale dogter van die rektor, Welma, gespeel deur Alice Krige, wat anders dink as haar verstokte pa. Wat die rolprent se styl nog meer aangetas het, was die twee kansvatter-vriende van Dolf wat hom in die moeilikheid bring en met hom skoor soek. Wat verder gepla het, is die swak oorklanking van die sangstemme, sodat Hans se mond nie behoorlik saam met die sanger se woorde beweeg het nie. En: as Dolf so beswaard was, hoekom sluit hy as sanger aan by die jolige studente? Maar hoe ook al, Dolf kanselleer sy bitterheid deur ʼn sanger te word. Maar aanvanklik weet sy medestudente niks van sy verlede nie....

Intussen sing die studente hulle longe uit in VERGEET MY NIE terwyl Hans Strydom as Dolf, wat in die rol bewys dat hy nog ʼn speler van formaat sou word, saam met Welma ʼn voorsanger word!

Die verligte filosofie-student raak verlief op die konserwatiewe Boereseun. Welma se pa, Jan Bruyns, was in ʼn interneringskamp en dra nog die letsels van die Afrikanerstryd in hom saam... Dolf besluit sonder motivering om saam met sy medestudente, van wie hy nie hou nie, op ʼn toer te gaan. Dan verloor VERGEET MY NIE die spoor. In die rolprent se grootste toneel skeer twee ondeunde jafels die gek met ʼn kwaai verkeerskonstabel, gespeel deur Willie van Rensburg, en almal beland in die hof. Die verkeerskonstabel hou Dolf verantwoordelik vir sy vernedering, wat beteken Dolf gaan weer tronk toe. En steeds wissel die rolprent van sentimentele Richard Clayderman-musiek en studente gesange... na tragedie en wroeging. Stel jou voor: hierdie slapstick-musiek in die middel van ʼn tragiese liefdesverhaal. Dit vergesel die verkeerskonstabel-tonele, maar eintlik is die tonele tragies, want dit laat Dolf weer onskuldig in die tronk beland...

Welma oortuig haar kwaai pa dat Dolf niks met die studente se kapperjolle te doen gehad het nie. Maar dis te laat. Dolf moet terug tronk toe vir 2 jaar Ons ontmoet ʼn jong George Ballot as ʼn prokureur in die tonele. Dolf sing nog een keer in die revue voor die tronkdeure agter hom sluit en hy en Welma neem voorlopig afskeid.

1977 sien 9 Afrikaanse rolprente. En dit is hier waar die afname vir die eerste keer begin wat vanjaar in 2010, vir die eerste keer ʼn ommeswaai toon. Franz Marx verfilm ʼn radio-verhaal, EN DIT WAS AAND EN DIT WAS MôRE deur Jac J Brits, Jan Scholtz stel weer ʼn onpaar paar bekend met, reg geraai, onsimpatieke ouers wat die jongmense se verhouding verongeluk in DIE WINTER VAN 14 JULIE, terwyl slapstick komedie uitpop in DINGETJIE EN IDI - ’n soort skiet en nabootsing van MY NAME IS TRINITY. Tobie Cronjé laat die trane rol in KOOTJIE EMMER gegrond op stories deur André P. Brink, en romanse vier hoogty in MOOI MEISIESFONTEIN.

1978 sien nog ʼn PG du Plessis verhoogtreffer, ‘N SEDER VAL IN WATERKLOOF wat Afrikaner-konserwatisme en snobisme opstuur, terwyl Jan Scholtz vir Hans Strydom en Sybil Coetzee saamgooi in ʼn skiet op HOW TO STEAL A MILLION: Diamant en die Dief. Dirk de Villiers stel ʼn jong Rina Nienaber bekend in die stoute SPAANSE VLIEG en Danie Joubert speel die hoofrol in NICOLENE, ook gegrond op ʼn radioverhaal deur Marida Swanepoel. En in dieselfde jaar as die baanbreker PLEKKIE IN DIE SON maak Franz Marx ʼn ernstige rolprent oor ʼn gedoemde verhouding in ʼn knap draaiboek deur P.G. du Plessis: WEERSKANT DIE NAG.

Nuweling Nic van Rensburg maak sy debuut teenoor die briljante Aletta Bezuidenhout teenoor ʼn tiranniese Wilna Snyman as Ester en Zac du Plessis as Hannie se slaphakskeen-man wat hul huwelik vernietig. Marx gebruik die skoonheid van Clarens in die terugflitstonele terwyl die huidige tonele in die Tuinroete afspeel. Jurg raak verlief op Hannie, maar hul verhouding misluk as gevolg van haar wrede skoonma en ʼn onreg uit die verlede. Jurg vind uit Hannie is geskei.. en dan verneem ons dat daar seksuele probleme in Hannie se huwelik was. In hierdie terugflits neem Sas, Zac du Plessis, se wrede pa hom onder hande as hy kla dat sy vrou koud is.

En dan maak WEERSKANT DIE NAG sy geheim bekend – in die mees direkte toneel nog in ʼn Afrikaanse rolprent sien ons hoe Sas sy vrou verkrag. Dit was ʼn baie gewaagde toneel vir sy tyd wat Franz Marx met goeie smaak verfilm het. Hannie maak vrede met die verkragting en is gereed om ʼn verhouding met Jurg te begin. WEERSKANT DIE NAG was een van die jare 70 se hoogtepunte.

Daar was 9 rolprente in 1978. Ander Afrikaanse flieks sluit in ʼn satire, PRETORIA O PRETORIA, die melodramatiese EENSAME VLUG, Charlie word ʼn Ster en Chris du Toit wat vir die eerste keer regie doen met ELSA SE GEHEIM met Anna Neethling Pohl . Elmo de Witt maak weermagpropaganda in GRENSBASIS 13 met Danie Joubert, en HERFSLAND laat die trane rol... Cobus Robinson skryf die draaiboek vir die laaste musiekrolprent in 1978, SING VIR DIE HARLEKYN met die treffer-liedjie: SING VIR DIE HARLEKYN.

En in dieselfde jaar SKELMS, Jan Scholtz se APRIL 80 met dieselfde suksesresep as sy TV-reekse en rolprente, die sentimentele RIENIE en Scholtz se KIEPIE EN KANDAS.

Vorige episodes kan hier gelees word

Pasella

Hierdie maand se pasella is 'n resepte eBoek wat ek per epos ontvang het, regs klik hier om dit af te laai, sommer 'n lekker resepte verskeidenheid!

Hoekom dit beter is om 'n man te wees

Deur Helena Graham

1. Mans kyk mekaar dadelik in die gesig, maar vir n vrou eers n paar sentimeters laer voor hy in haar gesig kyk.
2. Die handsak: Eers is dit te groot na n man se sin: “Ek kyk mooi na ander vrouens se handsakke en niemand dra so n grote nie”. Ek:” hy’s darem mooi en modern”, maar dan word dit “die handsak”: waar is die tissues, waar is die lipice, waar is die lappie vir my vuil sonbril, waar is daai goed waarmee n mens jou hande skoonmaak? My sonbril word ook mos nooit skoongemaak as ek dit nie self doen nie! Het jy pynpille daar êrens?
3. Die klere. Hoekom moet jy n uur vat om aan te trek? Ons gaan nie na n modeparade toe nie. Jy het te veel goed om aan jou spotprentjie te smeer, maar ek moet sê jy lyk nie te sleg as jy klaar is nie. Is jy seker jou maskara sal nie smeer as jy oor die kleinkinders begin praat nie? Weet mans van maskara wat nie smeer nie – seker nie.
4. Jy te veel skoene. Ek het 5 paar en kom ons tel hoeveel jy het..seker in die 40 paar!
5. Kyk, die pyp waaraan jou klere hang buig al. Waarom het jy so baie rokke en goed. Kyk n bietjie waarmee kom ek klaar. En dan hang jou wintersklere nog in die spaarkamer ook. Waar kom dit alles vandaan? Hy weet mos nie, al wys ek dit elke keer.
6. Moet ons alles inpak as ons vir n naweek weggaan? Onthou die noodhulpkissie, al die pille en alles wat ons nodig het. Jy los mos net die hansbok en die klavier by die huis. Sorg tog net vir 3 bottels koue water in die kar....al ry ons net n uur ver en al het die motor lugverkoeling.
7. Sê as ek die lugverkoeling moet afsit, want jy kry mos altyd koud en dis middel somer, maar ek sien jy het alweer n jas (truitjie!) by jou.
8. As ons gaan kamp: Moenie weer alles wat jy besit saamneem nie. Ons gaan nie oorsee nie. Vat net die nodigste, maar onthou.........n mens weet nooit wanneer kry jy dit of dat nodig nie.
9. Dra mense nog plathakskoene? Ek sien die ander vrouens dra yslike hoë hakke. Hy weet goed dat skoene deeglik aan my lang, maer voete moet pas en dat my enkels swik op hoë hakke. Ek:”Kyk in die winkelvensters as jy plathakskoene wil sien.”
10. Alles is nie so sleg nie, want meneer kook beter as ek, kook as ons kamp of stap en weet hoe om die motor, sonder n Venterjie, te pak sodat daar plek is vir alles. Twee van alles is genoeg en en almal weet waar is alles. Aaag, hy doen glad die opwaswerk as ons kamp. Dis egter n ritueel om die motor uit en in te pak sodat die tente se nat onderkante nie nat bly nie en alles moet pynlik in die regte voue gevou word. Hy:”Loop jy dat ek dit ordentlik en ordelik kan doen”
11. n Chemikus maak n mens mal in die kombuis, want hy kook soos in n labaratorium. Alles word presies afgemeet....nie n knippie hiervan of daarvan nie....nee, 5ml is 5 ml en nie n knippie nie.
12. As ons oorsee gaan, moet ek sorg dat niks oorgewig is nie en dat niks onwettig in die handbagasie is nie. Hy spog met hoe min goed hy saamneem, maar die meeste van sy klere is in my tas. Gelukkig kan ek by almal langs die pad leen.

Lekker lugkastele bou - Oorsese Lottos

 Klik net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook! Waarvoor wag jy? Sien verder ondertoe vir besonderhede van die gratis kaartjie.

Uit 'n dagboek - Emily skryf weer
 

 

Ek is so diep inie moeilikgeit ma se ek moet vi my watirskoene soek of my pote gan vrot! Wat is watirskoene? Kan mens opi water loop met hille?

Ek het mos 'n maaikie langsan, Jemico, en ma tel hom orie mier ini middag lat ons kan speel want sy mense het 'n babakie gan haal en nou is hy afgeskep en dan speel ons vi iere byte.
Mar toe bad ma vi my en kry flooihe op my en sy was soe kwaad syt sommer niks verder gese nie. Toe kos dit vi ha gister giffies vi my en die katte gan koop vir amper R600 en toe se ma nog mindir! En somigge keere se ma baie. Mar nie die keer nie.
Toe moet ek ontwirming pille kry en ma lat kom pilounie en drai dit toe mar ek isi dom nie toe spoeg ek die pil yt. Ma was so moedeloos sy se toe sommer weer niks. Toe maak sy die pille fuin en goi dit met melk en pilounie in my bakkie toe ryk ek da an en ma dink sieker ek is mal om daai goet te vreet!
Toe moet ma WEER gan pille haal en sy se niks... Toe goi sy dit imy keel af sommir net so. Sy hou net my kop vas. Ek wou nog pirkatirs maak mar toe ma weer niks se nie, toe slik ek mar.
Toe gan ma hille mos gistraant yt na ons gan stap het en ek nie met Jemico kon gespeel het nie. Toe beslyt ek om ma se slaapbroek 'n leka gat in te vreet en hom dan weer op 'n hopie te krap dan weet sy niks!
Toe kom hille hystoe met asims wat na knoffil ryk en ek maak pirkatirs met my swaistert en ek gan haal hille skoene en is net te duurbaar en ma kom NIKS agtir nie sy vry my. En toe gan ons le na al die katte eers hille giffies agter die nek gekry het. En ma trek ini donkir an met die TV wat speel en toe sien ek sy steek soe vas ek le en loer vi haar. Toe sien ek sy voel-voel soe ani broek en toe gani lig an en toe maak ek my oohe mar toe want TOE Se MA BAIE!!!! Ek kyk somir nie eens na die broek nie want netou hap ek hom weer.

Nou gan my poewe vandag in rooi lap gewrap wees. Ek is die enigste honkie met verpakte poewe
Met groete van Emily die lapvreetir
Ma se sy gan my miskien trigvat DBV toe mar ek weet sy praat net want syt my vinoggind klaar weer gevry. En ek dink vindag gan sy weer klomp biltong vi my koop want ek het gesien sy heti veel baie meer oor ini yskas nie en ma weet ek is mal oor biltong!

 

 

Uit: http://skoor.wordpress.com/

Boeremusiek

Alles wat jy wil weet oor Boeremusiek.

Hierdie is die webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Klik hier om sy webblad te besoek.

Uit die Willetuin

Ons probeer so dikwels moontlik Kruger Nasionale Park toe gaan, ons hou daarvan om te gaan batterye herlaai in die natuur, omring duer die wildlewe. Ek gaan van nou af elke keer een van die fotos wat ek geneem het, hier plaas. Klik op die foto om 'n groter weergawe te sien.

 

 
Boeremusiek Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde"

 
Sewes van Rensburg

Hy is seker een van die bekendstes van die ouer geslag en is die vader van Cora Bodenstein. Sy bekendste nommer is seker Sewes se Settees. Sewes het ook baie saam met Faan Harris gespeel.

Regs: Sewes van Rensburg (links) en sy naamgenoot seun Sewes

 

 

 

Facebook en Twitter

Ekke is ook op Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit, klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za of kry my by www.facebook.com/Peterjasie

Ek Tweet ook nou en dan op Twitter by @Peterjasie

Brokkies van Mirna

Mirna is ‘n opvoedkundige sielkundige en Heel Skool Evalueerder in Stellenbosch.  Sy het onderwys gegee by verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer.  Sy gee praatjies, skryf artikels, lag en reis die hele land vol.  Sy is ‘n ma, lief vir die kunste, die see en kinders.   Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na mirnafvanwyk@gmail.com.

Groei nader aan liefde
Ek sien tans die drie kinders van ‘n gesin waarvan die ma en pa deur ‘n rowwe egskeiding gaan. Ter selfde tyd sien ek ook drie studente wat met dieselfde vraag sit: hoe bestuur ‘n mens ‘n intieme verhouding tot die gemeenskaplike voordeel van beide partye?
Daar is ‘n ou spreekwoord wat lui: “”n Tou gevleg met twee koorde is sterker as net een.” En so is dit met mense – samesyn maak ‘n mens gewoonlik sterker en gesonder. Maar tog het baie mense moed opgegee met die liefde. Dit is eenvoudig te moeilik, te seer en te veel opoffering.
Dit verbaas my nie dat soveel verhoudings skipbreuk ly nie. ‘n Langdurige intieme verhouding is amper onmoontlik deesdae. Dit kos harde werk om ‘n verhouding ver verby “hormonale wittebrood stadium” te kry. Twee mense verouder met unieke behoeftes, verwagtinge, voorkeure, waardes en drome. Hoe maak ‘n mens nou dat hierdie dinge nie ‘n wig tussen twee mense indryf nie, maar dat hulle eerder mettertyd nader aan die liefde groei?
Volgens navorsing is die drie grootste oorsake van mislukte verhoudings: kommunikasie (of eerder die gemis daaraan), seksuele behoeftes en finansiële probleme of behoeftes. Die drie lei uiteindelik na die grootste wig in verhoudings: WROKKIGHEID. Daardie mengsel van haat, woede, teleurstelling en hartseer. Net mooi die teenoorgestelde van ‘n warm, liefdevolle and sorgsame verhouding.
Ek wil my eie waarneming aanbied hoe om nader aan die liefde te groei: dit is die bereidwilligheid om te verander sodat jy in jou maat se behoeftes kan voorsien maar nog steeds binne jou eie grense van selfrespek lewe.
Alle verhoudings gaan deur toetse en duwweltjies en baie gereeld maak ons ons maat bitterlik seer. Liefde vra dat jy gewillig is om jou foute te erken (al is dit net aan jouself) en om dan doelgerig te werk om die seer minder te maak. Of om uiteindelik verby die seer aan jou gedoen, te lewe.
Om nader aan die liefde te groei gaan van jou vra:
-om jou eie gedagtes, wense en behoeftes eerlik en betyds te kommunikeer met jou maat.
-om fyn te luister na die behoeftes van jou maat en hom/haar tegemoet te kom.
-om persoonlike grense te hê sodat jy jou selfrespek kan behou.
Ongelukkig dwing eerlike lewensstyl en selfbehoud mens soms om weg te stap van ‘n verhouding, maar tot dan is dit in jou beste belang om doelgerig nader te groei aan ‘n liefdevolle en langdurige verhouding. Moeilik maar beslis moontlik.
Seënwense van ‘n liefdevolle hart.

Peinsplekkie

Definisie van kalorieë: dis die klein bliksempies wat snags in jou hangkas kruip en jou klere kleiner maak!

Gedig

Slaap
D F Malherbe

Wat is die slaap 'n wondersoete ding!
Sag op haar bloue oë daal die vaak
soos maneskyn diep waterkuile raak
om daar te droom in silwer skemering.

Vir laas beef oor haar lippe 'n fluistering:
"Nag, Pappie." Ek merk hoe langsaam hy genaak,
wat drome soet tot werklikhede maak:
in vaderarms rus my lieweling.
Sluit so my oë, God, wanneer vir my
u Engel wenk ter laaste, lange rus
en ek van wilde woeling hier moet skei;
dat my dan stille drome huis toe sus
en sterke Hand deur duisternisse lei.
Sluit so my oë, God, as ek gaan rus.

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf . Sport fotos onlangs bygelas

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Zalome - Afrikaans op die net

Zalome is nog iemand wat probeer om die gebruik van Afrikaans op die internet te bevorder. Sy stuur lekker "kletsbriefies" per epos uit. Daar is twee soorte, een met musiek en een sonder musiek wat dan vinnig aflaai.

Om aan te sluit, klik net op die skakel van die brief wat jy wil ontvang, doen dit van die rekenaar af waar jy die brief op sal wil ontvang. Yahoo sal dan,
'n bevestingsbrief stuur, "Reply" net daarop en dis dan al! Kom sluit aan, dis gratis en dis pret (in Afrikaans).

AFRIKAANS MET MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com

AFRIKAANS SONDER MUSIEK:
ZALOME-AFRIKAANS_geen-muso-subscribe@yahoogroups.com

Feeste

Ek het vir 'n lang tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy. Klik net hier 

Glimlag

Dankie hiervoor, Helena!

Die Kapenaar:

1. Is die ou wat om middernag by ’n Johannesburgse nagklub opdaag met ’n sonbril aan sy bles vasgegom. Fully, bro.

2. Kan vanoggend stoksielalleen op ’n verlate eiland uitspoel, en teen vanaand sy derde kliek vorm.

3. Sal selfs ’n kar met ’n outomatiese ratkas vir ’n halwe straatblok agteruit laat loop wanneer hy teen ’n opdraande probeer wegtrek.

4. Se voorouers kon nie aan die Groot Trek deelneem nie, want die ander boere sou soggens voor 10h00 in die pad val, en in die middae tot ná 15h00 doenig bly – meer as drie dae per week.

5. Glo vas die hele wêreld is (soos hy) permanent met vakansie en raak omgesukkel as iemand hom ná 13h00 op ’n Vrydagmiddag in die hande probeer kry om iets by hom te koop.

6. Trek altyd ’n trui of ’n baadjie aan as dit begin reën. Beskuie hom as Jo’burg se donderwolke begin knor.

7. Sit nie sy mond aan Afrika se stapelvoedsel (pap) nie en het só ’n renons in mieliemeel, dat hy tradisioneel verkies om sy plaasarbeiders met drank te betaal. (Baie is al oor hierdie gruwel gedig en geskryf, hoor.)

8. Dink mens “braai” wanneer jy stinkvis of see-insekte op ’n vuur probeer gaarmaak.

9. Eet blomme (soos ’n koei) en maak selfs ’n bredie daarvan. Hygend hert.

10. Praat van die Kaapse berge asof hy en sy voorouers dit self aanmekaargeflans het. (Vergelyk dit graag met Gauteng se mynhope.)

11. Kan net 25 letters van die alfabet uitspreek, maar oortuig homself dis ’n teken van “kultuug”.

12. Is trots op die feit dat sy plaaslike bruin gemeenskappe Afrikaans lewend moes hou onderwyl hy en sy voorouers, vir eeue lank, net hul tone se punte by die Engelse se gatte laat uithang het. (In Transvaal en Vrystaat het ons die taal uitgebou ten spyte van die feit dat die Engelse ons probeer uitmoor het, en “ons eie” bruin mense eerder dood sou neerslaan as om Afrikaans te praat.)

13. Is heimlik vies oor niks van geskiedkundige belang in die Kaap gebeur het sedert die Voortrekkers daar weg is nie. (Selfs Mandela het nie getalm ná sy vrylating nie en die ou kak plek in ’n groot stofwolk agtergelaat.)

14. Is die enigste Suid-Afrikaanse emigrant wat Engelse, Kiwi’s en Australiërs goed laat voel oor hul werk-etiek.

15. Beklemtoon sy Afrikaner-taaltrots met woorde soos “heritage”.

Nuusbrief argiewe

As jy dalk nog baie resepte wil hê, gaan kyk in die argiewe, elke nuusbrief bevat resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke.

 

 

Nog skakels

Lees

Eet

Kyk

Lag

Ry

Speel

 

 

 
st se pitkos 

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Welkom by hierdie week se nuusbrief.

Tien aspekte vir 'n gesonde liefdesverhouding of huwelik

Ek bespreek kortliks tien aspekte van 'n gesonde liefdesverhouding of huwelik.

Kommunikasie: Dit 'n essensiële en integrale bestanddeel vir 'n goeie en suksesvolle huwelik. Dit sluit nie net in om met mekaar oor probleme en oor alledaagse sake te kommunikeer nie. Sluit ook in om met mekaar sensitiewe en intieme aspekte te deel. "Kommunikasie is om 'n deel van jouself in iemand anders te belê" (Anoniem). Diane Sollee het gesê: "The most important marriage skill is listening to your partner in a way that they can't possibly doubt that you love them."

Tyd met mekaar: Huwelikmaats moet tyd vir mekaar maak. Doen jy te veel dinge verwyderd van mekaar, dryf jy en jou maat uitmekaar. Dit beteken dus om dinge saam te doen en nie elkeen sy eie rigting in te slaan nie. Soms moet julle - as 'n paartjie alleen - iets doen, en nie altyd familie, vriende en kinders betrokke hê nie. David Mace het gesê: "One of the great illusions of our time is that love is self-sustaining. It is not. Love must be fed and nurtured, constantly renewed. That demands ingenuity and consideration, but first and foremost, it demands time."

Waardering: Belangrik om vir mekaar waardering te wys en erkenning te gee. Wanneer jy jou eggenoot as vanselfsprekend (en deel van die meubelement) aanvaar, kan dit fataal wees. Sê vir jou maat gereeld hoe lief jy hom het, hom waardeer en wat hy vir jou beteken. Wys en sê vir jou eggenoot hoe spesiaal hy vir jou is.

Vergifnis: Dit gebeur dat jou maat iets doen waarvan jy nie hou nie. Vergewe jou maat sy foute, sit dit agter jou en beweeg aan. Die voortdurende ophaal van ou koeie, die saamdra van verwyte en beskuldigings maak 'n huwelik dood. Moenie agtertoe kyk nie, maar reik saam met jou maat na die toekoms. Ruth Bell Graham het gesê: "A good marriage is the union of two good forgivers."

Stel jou huweliksmaat eerste: Soveel huwelike lei skipbreuk omdat jou beroep, finansies, familie, vriende, televisie 'n eerste plek in die huwelik kry en jou maat voel hy word op die agtergrond geskuif. Dit geld ook vir kinders, byvoorbeeld wanneer 'n vrou meeste van haar fokus, tyd en aandag aan die kinders gee en haar man afskeep, loop sy op dun ys om haar man te verloor. Stel jou huwelikmaat eerste in jou hart en jou lewe.

Seksuele intimiteit: Dit gebeur dat liefdemaak in 'n huwelik minder raak, later seldsaam gebeur en op die ou end verdwyn. Wanneer huwelikspare nie meer omgee vir die romantiese en die liefdesdaad nie, verbrokkel die sement wat die boustene van 'n gesonde huwelik heg. Hou die sprankel van liefde en romantiek in die huwelik lewendig. "Marriage isn't supposed to make you happy - and satisfied. It's your job to make your marriage happy - and satisfying. Same goes for sex. It isn't supposed to make you passionate and "hot". It's up to you to make it passionate and "hot" - and intimate" (Diane Sollee).

Behou die humor: 'n Verhouding sonder humor is bykans dood. Sorg vir lag, pret, vrolikheid en vreugde in jou huwelik. Dwight D. Eisenhower het gesê: "Humor kan spanning verlig, die pyn van teleurstelligs minder maak en die gees sterk vir die belangrike take wat altyd vorentoe wag."

Gee ruimte vir mekaar: Net soos tyd saam belangrik is, gun mekaar die ruimte en tyd om ook soms alleen iets te doen. Gun jou maat sy eie individualteit en uniekheid. Kahlil Gibran het gesê: "Laat daar ruimtes wees in julle samesyn... die pilare van die tempel staan apart, en die eik en die sipres groei nie in mekaar se skaduwees nie." Dan het Dave Meurer ook gesê: A great marriage is not when the 'perfect couple' come together. It is when an imperfect couple learns to enjoy their differences.

Deel die intieme van Godsdiens: Huwelike ly onder die gebrek om intieme gevoelens rondom God met mekaar te deel. Huweliksmaats (met hul kinders) gaan saam kerk toe en dis dikwels waar dit bly. Dit is belangrik dat jy in hart en siel en gebed openlik met jou maat is rondom jou verhouding en interaksie met God.

Huwelik moet rigting hê: Wanneer julle met vakansie gaan, sal julle mos die reis en bestemming beplan. Dis soveel meer belangrik vir die huwelik. Dis jammer dat mense in huwelik tree, vir jare saamwoon en steeds nie eintlik rigting vir hul huwelik het nie - lewe so half doelloos in die huwelik. Dikwels kom (onuitgesproke) verwagtinge van jou maat eers met die egskeidingsbrief op die tafel na vore. Dan is dit helaas te laat. Praat en beplan voortdurend saam wat julle doelwitte en drome vir die huwelik is.

'n Sprankie wysheid vir die dag

"'n Huwelik is soos vitamines: ons moet mekaar se daaglikse vereistes aanvul."- Kathy Mohnke -

Jy kan inteken op hierdie nuusbrief sodat jy op die adreslys kom. Dis gratis en verniet. Gaan na www.pitkos.co.za - 'n intekenvorm is op my webwerf beskikbaar of stuur jou naam en eposadres vir my.

Dr ST Potgieter
Sielkundige

Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za 
 

 
Resepte

Maklike Roosterkoek


500 g Bruismeel (1 pakkie)
340 ml bier ( 1 blikkie)
5 ml (1 t) sout
olyfolie
Metode
Meng die bestanddele deeglik en knie. Vorm die roosterkoekies en smeer dit met olyfolie. Rooster dit 20 minute lank oor baie stadige kole. Draai dit gereeld om.

Variasie
Voeg 5 ml (1 t) gekapte knoffel, 125 ml (1/2 k) gerasperde Cheddarkaas en 'n gerasperde ui by.


Kerriebotterskorsiesop met room
(8 porsies)

45 ml (3 e) botter
2 hoenderborsies, ontvel en in repe gesny
2 ui, gekap
5 ml (1 t) gekapte knoffel
25 ml Olof Bergh Solera Brandewyn
10 ml (2 t) kerriepoeier
5 ml (1 t) borrie
2,5 ml (1/2 t) neutmuskaat
2 hoenderekstrakblokkies
1 liter kookwater
750 g botterskorsieblokkies
2 aartappels, geskil en blokkies gesny
1 groen appel, geskil en gekap
5 ml (1 t) gemengde gedroogde kruie
sout en peper na smaak
250 ml (1 k) vars rom
vars, gekapte pieter sielie
Metode
Verhit die botter en roerbraai die hoenderrepies en uie 5 minute lank. Voeg die knoffel, bransewyn, kerriepoeier, borrie en neutmuskaat by en roerbraai dit 1 minute lank Los die hoenderekstrakblokkies, aartappels, appel, kruie, sout en peper by. Bedek dit en laat prut dit 45 minutes lank oor matige hitte. Laat dit voeg die room by en roer dit deur, Strooi gekapte pietersiellie oor voor bediening.



Pasta Arrabbiata
(6 porsies)

60 ml (4 e) olyfolie
15 ml (1 e) gekapte knoffel
4 bird eye- gedroogde brandrissies, fyn gekap
of
2 vars rooi brandrissies, gekap
2 x 410 g gekapte tamaties met origanum en
basielkruid (2 blikke)
125 ml (1/2 k) vars, gekapte pietersielle
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
500 g penne-pasta of spaghetti
Metode
Verhit die olyfolie in 'n pan oor matige hitte. Voeg die knoffel in fyngekapte brandrissies by en roerbraai dit totdat die knoffel begin verkleur. Voeg die tamaties en pietersielle by. Druk die tamaties fyn en geur dit met sout en peper na smaak. Laat prut dit oor lae hitte - 1 uur lank of totdat die sous verdik. Roer dit gereeld. Verhit 2 liter water, waarby 5 ml (1 t) sout gevoeg is, tot kookpunt in 'n kastrol. Voeg die penne of spaghetti by en laat kook dit 10 minute lank. Roer dit gereeld. Dreineer die pasta en skep dit terug in die kastrol. Skep die tamatiemengsel oor en meng dit deeglik. Skep dit in 'n opdienbak en geniet.

Kreef oor die Kole

rou krewe
suurlemoensap
vars, gekapte pietersiellie
Bedruipsous vir 6 Krewe
250 ml (1 k) botter, gesmelt
1 groot suurlemoen se sap
5 ml (1 t) gemengde gedroogde kruie
5 ml (1 t) gekapte knoffel - opsioneel
Metode
Sny die krewe ruglangs met 'n skêr of mes oop sonder om regdeur die kreef te sny. Breek die kreef verder oop en druk dit plat sodat die vleiskant na bo lê. Haal die dermpie uit die stert. Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Plaas die krewe op 'n rooster, bedruip die vleiskant mildelik met die bedruipsous en laat dit 5 minute lank sodat die sous deeglik intrek. Plaas die rooster met vleiskante na onder op 'n staander. 30 cm hoog en braai die kreef 3 minute lank oor matige kole. Draai dit om, bedruip dit mildelik en braai dit 5 tot 6 minute lank met die dopkant na onder. Bedruip dit weer voor bediening. Sprinkel suurlemoensap oor en strooi pietersielle oor.


Karp of Swartbaars in die pan
(6 tot 8 porsies)

45 ml (3 e) olyfolie
45 ml (3 e) botter
2 groot uie, grof gekap
25 ml (1 sopie) Olof Bergh Solera Brandewyn
5 ml (1 t) gekapte knoffel
2 kg karp- of swartbaarsfilette, in blokkies van 2 cm elk gesny
5 ml (1 t) witpeper
5 ml (1 t) sout
10 ml (1/2 K) vars, gekapte vintel
5 ml (1 t) gedroogde tiemie
of
10 takkies vars tiemie, gesnipper
750 ml (3 k) mango-en-lemoensap
1/2 suurlemoen se sap
125 ml (1/2 k) vars, gekapte pietersielie
Metode
Verhit die olie en botter oor matige hitte in 'n groot pan of platboompot. Voeg die uie by en soteer dit tot glansend. Voeg die brandewyn en knoffel by en roer dit deur. Voeg die visblokkies by. Strooi die peper, sout, visspesery, vinkel en tiemie oor en roerbraai dit 2 minute lank. Voeg die vrugtesap by en laat prut dit oor matige hitte - 5 minute lank of totdat die vis ferm is. Roer dit gereeld. Voeg die suurlemoensap en pietersielie net witrys wat met gekapte grasui. Bedien dit met witrys wat met gekapte grasui gegeur is.
Wenke
Gaan so te werk om die vis voor te berei: Sny die kop en vinne van die vis af en trek die vel af. Sny die vis met 'n skerp mes aan beide kante al langs die ruggraat af, om die filette te bekom. Dieselfde resep kan gebruik word om stokvis of koningklip te berei.

Peri-peri-plathoender
1 hoender, oopgevlek aan die borskant
Marinade
15 ml (1 e) growwesout
3 knoffelhuisies, gekap
2 lourierblare, fyn gebreek
1 suurlemoen se sap
45 ml (3 e) olyfolie
15 ml (1 e) peri-perisous
15 ml (1 e)  Brandewyn
Bedruipsous
1 suurlemoen se sap
45 ml (3 e) botter, gesmelt
10 ml (2 t) peri-perisous
Metode
Maak addisionele snitte met 'n mes in die hoenderboude en - dye sodat die marinade deeglik. Vryf die marinade met die hand deeglik in en plaas die hoender ten minste 3 uur lank in die yskas. Braai die hoender 1 uur lank op 'n hoogte van 30 cm oor stadigekole. Draai dit gereeld. Meng die bestanddele vir die bedruipsous deeglik. Verwyder die hoender van die kole en bedruip dit deeglik ment 'n kwas aan beide kante voor bediening.

Hoender-biltong-en-spekpotjie
(6 tot 8 porsies)

Sous
2 hoenderaftrekselblokkies
250 ml (1 k) kookwater
500 ml (2 k) droë witwyn
250 ml (1 k) blatjang
46 g sampioensoppoeier (1 pakkie)
5 ml (1 t) gedroogde tiemie
5 ml (1 t) gemengde gedroogde kruie
5 ml (1 t) suurlemoenpeper
Hoendergereg
15 ml ( 1e) olyfolie
15 ml (1 e) botter
12 hoenderdye, ontvel indien verkies
250 g spekvleis, gekap (1 pakkie)
50 ml Olof Bergh Solera Brandewyn
10 ml (2 t) gekapte knoffel - opsioneel
2 uie, in ringe gesny
1/2 groen soetrissie, grof gekap
1 seldrystringel, in dun ringe gesny
20 klein aartappeltjies, geskil
4 wortels, skyfies gesny
12 klein uitjies, heel
250 g knopiesampioene
8 murgpampoentjies, in dik skywe gesny
150g klam beesbiltong, gekerf
250 ml ( 1 k) gerasperde Cheddarkaas
125 ml (1/2 k) vars, gekapte pietersielle
Metode - Sous
Los die aftrekselblokkies in die kookwatr op. Meng die res van die bestanddele vir die sous en boeg dit by. Hou die sous eenkant.
Hoendergereg
Verhit die botter en olie oor matige hitte en verbruin die hoender daarin. Voeg die spekvleis by en soteer dit 3 minute lank. Voeg die brandewyn en knoffel by. Roer dit deur en moet daarna nie weer roer nie. Strooi die uie, soetrissie en selderu oor die hoender en plaas daarnedie aartappled en wortels bo-op. Giet die sous oor: Plaas die deksel op en lat dit 1 duur lank prut. Vodg kookwater by indien nodig. Bedek dit en laat prut dit 20 minutes lank. roer dit net voor bediening en strooi pietersielie oor.

Gebraaide varkrib

1 varkrib
growwe seesout
10 ml (2 t) gekapte knoffel
12,5 ml (2 1/2 t) fyn gemmer
5 ml (1 t) gedroogde kruisement
12,5 ml (2 1/2 t) fyn koljander
60 ml (4 e) olyfolie
25 ml Olof Bergh Solera Brandewyn
60 ml (4 e) Worcestersous
125 ml (1/2 k) druiweasyn
125 ml (1/2 k) droë witwyn
Metode
Vryf die rib eers deeglik in met die seesout en daarna met die knoffel, gemmer, kruisement en koljander. Meng die res van die bestanddele deeglik en vryf die rib met 'n bietjie van die vloeistof in. Plaas die rib in 'n bak, giet die res van die marinade oor en marineer dit ten minste 3 uur lank in die yskas. Braai dit 1 tot 1 1/2 uur lank oor matige hitte, hoog be die kole. Draai dit gereeld on en bedruip dit met marinade. Bedien dit met stywepap
Wenk
Die vleissnit wat gebruik word, moet nie lies-en-rib-betjie, oftewel "belly" wees nie.

Gevulde varkfilet oor die kole
(8 porsies)
4 varkfilette
45 ml (3 e) olyfolie
5 ml (1 t) gekapte knoffel
250 ml (1 k) gerasperde Cheddarkaas
250 ml (1 k) ontpitte pruimedante, gedreineer en gekap
250 ml (1 k) swoerdlose gaar spekvleis, gekap
25 ml Olof Bergh Solera Brandewyn
1 suurlemoen, gehalveer
Metode
Sny die varkfilette in die lengte oop, maar nie regdeur nie. Druk dit plat, smeer die vleis aan beide kant met olyfolie en geur dit liggies met sout en swartpeper. Plaas die knoffel, Cheddarkaas, pruimedante, pynappel en spekvleis in 'n bak en meng dit deeglik. Giet die brandewyn oor en roer dit deur. Skep die vulsel bo-op die oopgevlekte filette, rol dit toe en bind die filette met tou vas om te verhoed dat die vulsel uitval. Braai dit oor matige kole - ongeveer 30 cm van die kole af. Draai dit gereeld en bedruip dit kort-kort met suurlemoensap. Knip die los en sny in skywe van 5 cm dik voor bediening.

Lamslewer
(6 porsies)
Vir hierdie gereg kan lams - of wildslewer gebruik word.
5ml (1 t) gemengde gedroogde kruie
1 kg lams - of wildslewer, in dun repe gesny
60 ml (4 e) olyfolie
15 ml (1 e) botter
1 groot ui, fyn gekap
1 groot soetrissie, fyn gekap
250 g knopiesampioene, gehalveer
10 ml (2 t) gekapte knoffel
2,5 ml (1/2 t) sout
2,5 ml (1/2 t) varsgemaalde swartpeper
2,5 ml (1/2 t) gemengde gedroogde kruie
50 ml Olof Bergh Solera Brandewyn
125 ml (1/2 k) port
250 ml (1 k) vars room
vars, gekapte pietersielie
Metode
Meng die koekmelblom met die sout, peper en gemengde kruie en bedek die lewerrepe daarmee. Verhit die olyfolie en botter en soteer die gekapte ui, soetrissie en sampioene 3 minute lank. Voeg die gekapte knoffel by en roer dit deur. Voeg die lewerrepe by en roerbraai dit ongeveer 3 minute lank of totdat die koekmeelblom om die lewer bruin verkleur. Geur dit met die sout, peper en gemengde kruie en voeg die brandewyn, port en room by. Roer dit deur. Sit die deksel op en laat prut dit 2 minute lank. Bedien dit met pap of bruinrys in die jagbeld of met pasta of kapokaartappels tuis.

Potgebraaide lamsribbetjie
(6 tot 8 porsies)

75 ml ( 5 e) heel koljander
2 kg Skaap- of lamsrib, in blokke van 5 cm elk opgesny
50 ml Olof Bergh Solera Brandewyn
30 ml (2 e) growwesout
Metode

Verhit 'n driebeenpot oor matige hitte. Skroei di koljander ongeveer 2 minute lank in die pot. Ror dit voortdurend. Voeg die vleis en brandewyn by en braai dit 40 minute lank. Roer dit dikwels. Voeg die sout by en roerbraai dit nog 5 minute lank of totdat die vleis bruin is. Bedien dit met stywepap of paptert.

Bolandse Bobotie
(8 porsies)
1 hoenderaftrekselblokkie
250 ml (1 k) kookwater
3 snye witbrood
30 ml (2 e) olyfolie
1 kg maalvleis
2 groot uie, fyn gekap
10 ml (2 t) gekapte knoffel
10 ml (2 t) gerasperde wortel - opsioneel
5 ml (1 t) gemengde gedroogde kruie
15 ml (1 e) kerriepoeier
5 ml (1 t) fyn koljander
7,5 ml (1 1/2t) borrie
5 ml (1 t) kaneel
5 ml (1 t) fyn gemmer
5 ml (1 t) sout
2,5 ml (1/2 t) swartpeper
10 ml (2 t) suiker
30 ml (2 e) wynasyn
3 lourierblare
Bolaag
250 m l (1 k) aangesuurde room
2,5 ml (1/2 t) sout
2,5 ml (1/2 t) varsgemaalde swartpeper
2 eiers, geklits
Metode
Los die hoenderaftrekselblokkie in die kookwater op. Sny die korsies van die snye brood af en week dit in die hoenderaftreksel.
Verhit die olie in 'n kastrol en roerbraai die maalvleis 5 minute lank. Voeg die uie, knoffel en wortel by en roerbraai dit nog 5 minute lank. Voeg die kruie, speserye, suiker en asyn by. Dreineer die brood, maak dit fyn en voeg dit by die maalvleis. Meng dit deeflik, Skep die maalvleismengsel in 'n oon dvaste skottel en druk die lourierbl are in. Meng die bolaag se bestanddele en giet dit bo-oor. Voorverhit die oond tot 190 degree c en bak dit 35 minute lank of totdat die bolaag goudbruin is.
Variasie
Skep die vleismengsel in agt klein bakkies sodat elke gas sy eie bobotie geniet.

 

Skakels/Advertensies

Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za


Resepte, resepte,  resepte

Ek het besluit om sake vir my te vergemaklik an al die resepte eBoeke wat ek het (Engels en Afrikaans) op een CD saam te sit. Daar is meer as 110 resepteboeke wat omtrent enige dis bevat wat jy aan kan dink so ek dink nie jy sal nodig hê om ooit weer 'n resepteboek te koop nie. Omtrent al die boeke kom met herverkoopregte (behalwe waar dit anders meld) met ander woorde hulle is nou joune en jy kan maak met hulle wat jy wil selfs ook een vir een van die CD afhaal en herverkoop.

Die prys van die CD is R100 (dis om en by R1 per boek) posgeld uitgesluit

Posgeld is  R20 vir geregistreerde pos en R50 vir Speed Services oornag toonbank tot toonbank.

As jy sou belangstel om een van die CD's te bekom, klik net hier en ek stuur vir jou my bankbesonderhede, gee my ook net jou posadres. Sodra ek dan die CD pos, stuur ek vir jou die spoornommer per epos as bewys dat dit gepos is. As jy R120 deponeer stuur ek dit per geregistreerde pos en as jy R150 deponeer stuur ek dit Speed Services oornag toonbank tot toonbank

Hier is die Afrikaanse boeke:

217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels, Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte, Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte, McCain resepte, Moedersdag resepte
Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se Kersresepte versameling
Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1, Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies

Allerlei

Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet, Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke omskakelingstabel, Werk van die huis

Hier is die Engelse resepte:

FunkyMunky Traditional South African Recipes - A comprehensive collection of Traditional South African recipes.
Tradisionele Suid Afrikaanse Resepte - Traditional South African Recipes in Afrikaans
Christmas Recipes - A selection of Christmas Recipes for you to try!
101 Camping and Outdoor Recipes - Recipes for you to try next time you go camping
400 Refreshing punch recipes - Some great ideas for liquid refreshment at your next party
Favourite Christmas Cookies - 34 Great cookie recipes for you to enjoy!
Christmas Cookie Recipes - A delicious collection of Christmas Cookie Recipes
A Homemade Christmas - 100 Simple and delicious recipes for your special holiday meals
Holiday Candy and Fudge - 42 Great candy recipes, a hit with kids of all ages!
Kids Fun Recipes - 120 Fun and Delicious Recipes
Delicious Puddings - A Collection of 167 Pudding Recipes
Pumpkin Pie - Pumpkin pies and more!
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Summer Party Cookbook - The name says it all!
Pampercat and Pamperdog - Recipe treats for your feline and canine friends
80 Seasonal Recipes from around the world - A selection of festive recipes from the four corners of the globe!
Crockpot Recipes - In South Africa we would probably call this Potjiekos
International Recipes - A selection of recipes from all over the world
Fish and Game Recipes - A selection of mouthwatering recipes
Lemonade - A large selection of lemonade recipes
Pizzeria - Try some of these great pizza recipes
Casseroles - 17 pages of mouthwatering casserole recipes
Low Fat Recipes - Watching your cholesterol? Then this is for you!
Soup Recipes - Ideal for those cold winter evenings
Chicken Recipes - 300 Delicious Chicken Recipes
Amish Recipes - 65 Tried and True Traditional Amish Recipes
Apple Recipes - Mouth watering apple recipes
Blue Ribbon Recipes - 490 Award Winning Recipes
The Bread Book - The bread and biscuit baker's and sugar boiler's assistant
Chocolate Delights - Deliciously decadent and delightful recipes for the chocaholic in you
Carolina Mountain Cooking - Created from the recipes and memories of two of the Carolina Mountain's most talented cooks.
Egg Recipes - 111 Great Egg Recipes
Great Gifts in a Jar - A personally made gift is usually more appreciated!
Italian Recipes - A collection of 185 delicious Italian dishes
Smoothies - 126 Easy recipes for maximum sports performance
Top Secret Recipes - Top secret famous recipes
Wings - The ultimate chicken wing cookbook
The Barmaster - Essential tips and techniques for bartenders
Be a Grillmaster - How to host the perfect bbq!
101 Good Jam Recipes - Make your own jams, 101 recipes for you to try
Deep Fryer Recipes - 101 Recipes for the Deep Fryer
Frozen Dessert Recipes - From ice cream to yoghurt - 170 pages of mouthwatering recipes.
Recipes from South of the Border - 247 pages of typically Mexican recipes
Various Rice Dishes - 32 Great Rice Dishes
The Appetizer Collection - More than 150 pages of great ideas for appetizers
The Big Book of Cookies - From Almond Bars to Zucchini Bars, they are all here, 233 pages of cookie recipes
Salad Recipes - A Collection of Easy to Follow Salad Recipes
Delicious Diabetic Recipes - A Collection of over 500 yummy recipes.
Cheesecake Recipes - Nearly 100 pages of yummilicious cheesecake recipes!

Bonus eBooks

Something for the gardeners
Organic Secrets - Everything you wanted to know about organic food

Profitable Crafts- Vol 1
Profitable Crafts - Vol 2
Profitable Crafts - Vol 3
Profitable Crafts - Vol 4
20 Vintage Crochet Patterns

Everything you wanted to know about making, marketing and selling your crafts.

Big Fat Lies - A shocking expose of the 12 biggest scams, cover-ups, lies, myths and deceptions
in the diet and weight-loss industries.

10,000 Dreams Interpreted

Kontak en Argiewe

Al my nuusbriewe is op hierdie bladsy beskikbaar: http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Elke nuusbrief sal voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.