|
Onbeskaamd Afrikaans! |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Wees gegroet! Welkom aan alle nuwe intekenare! Ek dra die brief op aan Minette, kan nie wag dat jy weer begin skryf nie!!! Ek plaas weereens ou resepte wat vernoem is na beroemde persone, plekke en gebeurtenisse. As jy dalk van nog weet wat ek nie alreeds hier geplaas het nie, stuur asseblief aan my per epos, baie dankie. Hier is 'n webwerf waar jy gratis kan adverteer. Klik op die skakel en probeer dit: http://affiliates.trafficsynergy.com/z/987945/CD2395/ Noudat ons eie Lotto tydelik nie beskikbaar is nie, probeer die UK Lotto! Om 'n kaartjie te kry is maklik en veilig, ek is al meer as 'n jaar doenig met hulle en het nog nooit probleme opgetel nie. Hulle boerpot is nooit minder as 3 miljoen pond nie en die klein bedraggies wat ek al gewen het, het hulle in Rand in harde kontant aan my uitbetaal. Klik hier om jou kaartjie te kry en droom GROOT. Weereens het ek lekkerlees Afrikaanse artikels deur onder andere Estelle de Bruyn en Annelie Botes. Ek is seker julle sal dit geniet! Ook is daar 'n insiggewende artikel deur Dr. S T Potgieter. En dan is daar ook 'n nuwe insetsel oor Suid Afrikaanse vlae. En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.
Het julle geweet dat die spoedbeperkings op ons paaie geld nie vir baie motorfietse nie? En daardie jaagduiwels hoef ook nie nommerplate op te hê nie. Veral op Sondagoggende. Blykbaar jaag hulle om seker ta maak dat daar nog ontbyt oor is by Hartebeespoort dam of by Dullstroom of waarheen hulle ookal jaag! Moet net nie van my verwag om my lewe op die spel te plaas en vir jou plek te maak as jy ewe skielik agterkom dat 'n voertuig reg van voor op jou afpeil en jy nêrens het om heen te gaan nie! Gelukkig ry die meerderheid Ek wonder wie die helder vonk "bright spark" is wat besluit get dat programme soos Pasella en 50/50 nou op weeksaande gebeeldsend moet word. Vir my was dit gunsteling Sondagmiddag kykgenot. Nou is dit neusie verby vir daardie programme want ek kyk alreeds ander programme in die tydgleuwe waar hulle nou Pasella en 50/50 gaan uitsaal. Mens kan net nie wen nie. Is ek die enigste persoon wat so voel?
Hier is iets nuuts, my belangstelling in ons vlae het begin met 'n besoek aan Kaapstad waar en verskillende vlae daar sien wapper het. Hirdie gaan van nou af 'n gereelde insetsel wees, ek gaan navorsing doen oor al ons ou vlae met bietjie geskiedenis en voorbeelde. Die eerste een is die bekende vlag wat ons gehad het van 1928 tot 1994.
Die oranje wit en blou is gebasseer op die Nederlandse Huis van Oranje vlag en ook die feit dat Jan van Riebeeck in 1652 'n oranje, wit en blou vag gehys het met sy landing. Die drie vlae in die middel is die Union Jack, dan volg die vlag van die Republiek van die Oranje Vrystaat en dan die vlag van die Zuid Afrikaansche Republiek. Die vlag het besonderse betekenis vir my persoonlik.
Regs klik hier om Nuusbrief nr, 18 af te laai. Die brief bevat nuus artikels, beleggingsmoontlikhede, studiebeurse, vakante poste en nog baie meer. Sosiale Funksie
Datum: 21 April 2007 Studiebeurse
Daar is 120 studiebeurse beskikbaar
vir wit studente wat in Ingenieurswese of studeer of wil studeer of
voltydse na-uurse studie wil onderneem. Sluit nou aan. Maak 'n verskil. Klik hier vir meer inligting
Hierdie gaan nou 'n gereelde item word. Ek is bly om te sien dat die Boeremusiek tradisie nog so sterk staan.... Silver de Lange Johannes Petrus de Lange, beter bekend as Silver, was die leier van die Vyf Dagbrekers. Hulle lede was Silver, Bobby Pennels, Gert de Lange, Wakkie van Biljon en Piet du Plooy. Silver was 'n briljante eksponent van die konsertina en ht pragtige nommers op plaatopgeneem. Hy was ook 'n baie eensame en terneergedrukte mens wat ook in sy musiek tot uiting gekom het. Silver het van tyd tot tyd by die Oppermans wat naby Standerton geboer het en die De Vriesse wat by devon geboer het, gewoon. Klik hier vir 'n foto. Bron: 15 Goue Jare: 1989-2004 Boeremusiekgilde
Ek sien al vir 'n geruime tyd die Dial Direct advertensies in tydskrifte en op due internet, het my nooit daaraan gesteur nie aangesien ek gelukkig was by my korttermyn versekeraar. Ek wou toe Dial Ditect se stelling van goedkoper premies toets en ek klik toe op die skakel vir 'n aanlyn kwotasie. Die uitende van die saak was dat ek nou amter R400 per maand minder vir versekering betaal! Jy het niks om te verloor nie, Klik hier en kyk hoeveel jy kan bespaar!
Kom beleef
‘n
stukkie an ons Afrikaner kultuur!!!
(soos baie voor jou reeds gedoen het)
Ek soek toe rond op my rekenaar en kom op 'n klomp McCain resepte af, dankie wie ookal dit vir my gestuur het. Regs klik hier om die resepte af te laai.
Dis gewoonlik 'n gesukkel om geskenke te koop, ek het 'n paar idees wat jy dalk in sal belangstel, klik gerus hier om te gaan kyk. Daar is bv. 'n CD met 50 resepteboeke op (Engels), jy hoef nooit weer 'n resepteboek te koop nie! Ek het nou ook 'n eBoek oor kruie (in Engels, het nog nie tyd gehad om dit te vertaal nie) vir net R50. Klik hier vir betalingsbesonderhede. Ook ander eBoeke en CD's beskikbaar.
Kom ons skop oudergewoonte af met Estelle se bydrae. Sy is verbonde aan die Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Kontak haar gerus, sy hoor graag van julle. Boerebouer
EN so soek ek vir die woorde… lelike
woorde wat ‘n mens nie kan gebruik in ‘n koerant wat deur gesinne en
families gelees word nie. Dis woorde wat biggel op die punt van my lippe.
Vloekwoorde. |
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Annelie Botes | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Nog 'n lekkerlees storie deur Annelie. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Gaan kyk gerus by hierdie internet boekwinkel, daar is fantastiese ou boeke (in Afrikaans ook!), ek sal my kredietkaart hier lekker kan verniel! Klik hier en gaan kyk rond. Nou nog meer boeke bygekry, heelwat baie ou, baie interessante boeke in Afrikaans ook. Ek het vandag vir my die Groot Verseboek van D J Opperman bestel, kan nie wag dat dit hier moet aankom nie....
Met elke uitgawe fokus ek op 'n Afrikaanse webwerf.
Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
AFRIKANERLIED Woorde: H.A. FAGAN Musiek: JOH. PETERS; verwerk: G.G. CILLIÉ By die ruwe Kaap van storme, waar die oseane bots en van oos en wes die golwe worstel om hul bakenrots, waar die maagdelike velde nog in skuwe skoonheid bloos, dit is waar jul wieg gestaan het, stoere Afrikanerkroos, dit is waar jul wieg gestaan het, stoere Afrikanerkroos. Werk en stryd was julle erfdeel, wat die vaderland jul gee, maar waardeur jul arm gespier is en jul hart tot staal gesmee. So gehard en so getemper, trek hul heen oor berg en vlei, en herskep tot tuin van Eden Afrika se woesteny, en herskep tot tuin van Eden Afrika se woesteny. Elke vyand moes getem word wat jul opmars wou betwis: die natuur se wilde kragte, die barbaar se sluwe lis. En geen mag van vreemde wapen, geen verow'raar sal jul vrees: nimmer in 'n slaaf se boeie rus die Afrikanergees, nimmer in 'n slaaf se boeie rus die Afrikanergees. Voorwaarts dan, getrou en wakker, moedig, kragtig steeds vooruit! Geen geweld, geen dwinglands woede sal jul ideale stuit. Laat jul roep oor berge dawer, oor die vlaktes voortgedra: Ewig hoog die vryheidsvaandel, stoere kroos van Afrika! Ewig hoog die vryheidsvaandel, stoere kroos van Afrika.
Wat's nuut op
Kalie se Boeremusiek webwerf?! Ons het nou 'n eie domein - dis nou vir
die wat nie die blad onlangs besoek het nie. Gaan loer gerus by
http://kalie.boeremusiek.net
Ek luister mos een Saterdagoggend na Amoré Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg een van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te kom. (Eposdres onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nubrief uit.
OU TREKPAD; WUPPERTHAL NA CERES KAROO:
Wes-Kaap Skryf vir Braham en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy reisbeskrywings direk van hom af! e-pos : info@explore-sa.com Luister elke Saterdagoggend net na die agtuur nuus op die Afrikaanse radiodiens van RSG na Braham van Zyl en Amoré Bekker se agterpad geselsies op die program Brêkvis met Bekker.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Laat jou wildste drome waar word, kry 'n kaartjie in die UK Lottery, klik net hier Die boerpot is gereeld om en by £11 miljoen, ( R140,000,000), sjoe, dis darem maar baie nulle!! Maar dis nog NIKS! Die Euromillions Lotto staan huidiglik op 181 miljoen Euro, dis om en by R1,719,500,000. Eishhhhhh. Vat 'n kans, wie weet??? |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die Danville Hulpgroep | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Ek is betrokke by hierdie inisiatief van Elsabé, kyk tog asseblief of julle nie ook 'n bydrae kan maak nie, besoek ook hulle webwerf.
Bankbesonderhede:
Baie dankie aan almal wat vir my hierdie resepte aangestuur het, ek dink ons gaan binnekort 'n lekker versameling bymekaar hê. In Patriot #108: Patriot Koek, Patriot Poeding, Afrikaner Bond Koek, Jan Smuts-koekies, Jan Ellis poeding, Generaal De la Rey's koek. In Patriot #109: Stormjaers, Paul Krugerkoek, Vrystaatse Melktert
Hertzoggies Generaal Smutskoekies
250 g botter Bolaag:
50 ml suiker Vryf botter in meel. Voeg suiker, sout, bakpoeier en eiers by. Meng met melk tot dit gerol kan word. Rol dun uit en sit in kolwyntjiepanne. Plaas een teelepel appelkooskonfyt in elkeen. Bedek met die bolaag hierbo. Bak by 200ºC vir 10-15 minute. Victoria sponskoek
175 g bruismeel Sif die meel. Klop die botter tot lig. Voeg suiker by en klop tot romerig. Klits eiers en voeg bietjie vir bietjie by die mengsel, klop goed na elke byvoeging. Vou 1/3 van die meel op 'n keer by die bottermengsel. Indien nodig, voeg melk by. Skep in twee gesmeerde, uitgevoerde panne en bak by 180ºC vir 25 tot 30 minute. Haal uit, keer op rak uit, smeer een helfte met aarbeikonfyt, plaas ander helfte bo op en sif versiersuiker bo op.
Ver hoes: 1 handfol boego, 1 handfol hottentots kooigoed, 1 handfol kattekruie, 1 télepel anys, laat dit trek soos té. Drink 2 of 3 maal op 'n dag.
Soldaat poeding Neem ½ pond niirfet, ½ pond broodkrummels, ½ pond klam suiker, di skil fan 'n groot suurlimoen. kap di niirfet fyn, meng dit met di krummels en suiker, kap di limoenskil en giit di sop deur, roer dit by die ander en meng baing goed.Sit di mixtuur in klyn koppiis, bak fer 20 minute, keer dit uit op 'n skotel en gé limonsous daarby.
Al Anna se resepte is in eBoek formaat en maak dus ideale geskenke en word sommer met epos gestuur. Vir meer besonderhede, klik hier Ek is al 'n hele paar keer vir hierdie resep gevra, wel, hier is hy nou! Mieliepaptert
st se pitkos
Klik hier
om st
se webwerf te besoek Nog gevleuelde woorde van ST: Die beginsel
van sukses
Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier! Skooltake?? Klik hier Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.
Teken hier in op die poslys en lees ook die argiewe. Om uit te teken, stuur vir my 'n epos en dui jou naam aan asook die eposadres waaronder jy ingeteken is Kontak my hier. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||