Onbeskaamd Afrikaans!

 
 

Nommer 111

Besoek my Webwerf

7 Mei 2007

 
 

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Steve se Spoegblok

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare!

Ek dra die nuusbrief op aan Estelle de Bruyn wat nou al vir so lank toelaat dat ek van haar artikels gebruik. Die nuusbrief is ook vir Des en Anneli Erasmus van Swakopmund. Was regtig gaaf om julle te ontmoet. Baie dankie vir die boeke, ek gaan hulle vreeslik geniet.

Ek was verlede week op 'n blitsbesoek Namibië toe en weereens my hart daar verloor. Volgende jaar maak ek weer daar 'n draai, net jammer dis so dêm ver om te ry! 

Ek soek na die woorde van die gedig 'Die Namib-woestyn' deur AE Schlengemann. Ek verneem dat die woestyn self met jou in die gedig 'praat'. As ek die woorde kan opspoor plaas ek dit volgende keer hier.

Ek plaas weereens ou  resepte wat vernoem is na beroemde persone, plekke en gebeurtenisse. As jy dalk van nog weet wat ek nie alreeds hier geplaas het nie, stuur asseblief aan my per epos, baie dankie.

Ek sien ons Lotto is nog steeds nie beskikbaar nie, probeer gerus die UK Lotto! Om 'n kaartjie te kry is maklik en veilig, ek is al meer as 'n jaar doenig met hulle en het nog nooit probleme opgetel nie. Hulle boerpot is nooit minder as 3 miljoen pond nie en die klein bedraggies wat ek al gewen het, het hulle in Rand in harde kontant aan my uitbetaal. Klik hier om jou kaartjie te kry en droom GROOT.

Weereens het ek lekkerlees Afrikaanse artikels deur onder andere Estelle de Bruyn en Annelie Botes. Ek is seker julle sal dit geniet!  Ook is daar 'n insiggewende artikel deur Dr. S T Potgieter. En dan is daar ook 'n nuwe insetsel oor Suid Afrikaanse vlae.

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Suid Afrikaanse vlae 

Hier is iets nuuts, my belangstelling in ons vlae het begin met 'n besoek aan Kaapstad waar en verskillende vlae daar sien wapper het. Hierdie gaan van nou af 'n gereelde insetsel wees, ek gaan navorsing doen oor al ons ou vlae met bietjie geskiedenis en voorbeelde.

Die Voortrekkervlag
Die vlag wat die Voortrekkers wat die Kaapkolonie tussen 1835 en 1854 verlaat het, gebruik het. Die Voortrekkervlag, ook bekend as die Kruisvlag of die Potgietervlag was in gebruik tussen 1836 en 1840


 

Blanke Ekonomiese Forum - Waar Blankes mekaar ondersteun

Regs klik hier om Nuusbrief nr, 20 af te laai. Die brief bevat nuus artikels, beleggingsmoontlikhede, studiebeurse, vakante poste en nog baie meer.

Hier is 'n voorbeeld van net een van die inisiatiewe van die BEF, daar is nog vele ander:

Die BEF nooi jongmense wat in die boerdery belangstel om ons te kontak. Geen agtergrond, ondervinding of kwalifikasies word gestel nie. Hierdie jongmense (ons sal nou nie te vreeslik kerm as dit ʼn bietjie ouer mense is wat werklik hul lewe aan die boerdery wil wy nie. (bees, skaap, plantgewasse en selfs bosbou – ons het belangstelling van ʼn reeks boere) gaan deur ons gekeur word en dan na n plaas oorgeplaas word waar hulle moet werk met die doel om alles te leer. Hulle sal gou beweeg na voorman status en uiteindelik sal die boerdery so uitgebrei word, of BEF sal help met grond aankope, sodat die jong boer nou vir homself en sy gesin sal kan sorg op die plaas. Die opleiding op die plaas gaan taai maar lekker wees. Dit gaan goed insluit soos: totale versorging van plante en diere (ja, 3 uur opstaan as ʼn koei wil kalf ), varkmis optel, hoender slag, draadspan, sweis, plant, ploeg, melk, algemene herstelwerk, beheer uitoefen oor werkers, plaas in goeie orde hou as die boer nie daar is nie en al die funksies wat ʼn goeie boer moet kan doen. Hulle sal ook formele opleiding kry in die gebruik van wapens en selfverdediging aanleer. Die jongmense wat deur ons gekeur word, gaan vir ʼn proeftydperk van 3 maande op die plaas werk. Indien almal tevrede is, begin hy ʼn salarissie verdien en sy loopbaan begin formeel.( Natuurlik sal hy/sy intussen ʼn slaapplek en kos kry).

Sluit nou aan. Maak 'n verskil. Klik hier vir meer inligting

Boeremusiek baanbrekers

Hierdie gaan nou 'n gereelde item word. Ek is bly om te sien dat die Boeremusiek tradisie nog so sterk staan....

Gerrie Snyman, Sampie Viljoen en die Ses Hartbrekers

Beide Gerrie Snyman en Sampoie Viljoen was leiers van die Ses Hartbrekers. Die ander lede was Berthie Wynn, Piet Ungerer, Gus Matthtews en Jannie Ungerer.  Hierdie orkes was die eerste (bekende) Boereorkes wat van tromme gebruik gemaak het. Hulle het sodoende 'n ritmiese aanslag met hulle musiek gemaak wat baie geslaagd was.

 

Gerrie Snyman

Bron: 15 Goue Jare:  1989-2004  Boeremusiekgilde

Dial Direct

Die verhoogde brandstofprys affekteer almal van ons. Hoekom laat jy nie dat jou korttermynversekeraar vir die verhoging betaal nie? Ek het R400 per maand bespaar deur my korttermynversekering na Dial Direct te verskuif. En die R400  sorg vir my verhoogde maandelikse brandstofrekening! Jy het niks om te verloor nie, Klik hier  vir 'n gratis aanlyn kwotasie en kyk self hoeveel jy kan bespaar!

Boeredans Kamp 25–27 Mei 2007 Willem Prinsloo Museum, Rayton

Kom beleef ‘n stukkie an ons Afrikaner kultuur!!! (soos baie voor jou reeds gedoen het)

R250 per persoon
Is jy in Graad5, 6, 7 of 8?? Lief vir dans? Wil jy leer? Dis die kamp vir jou!!!!
Ondersteun deur: Johannesburg Theatre Acadamy of Dance
Inskrywingsvorms en verdere inligting: Hannetjie du Toit - 084 652 8061

Pasella

Hierdie uitgawe se pasella is 'n baie handige boek propvol handwerkidees, weereens is ek jammer vir die Engels, maar dit sal my weke vat om te vertaal. Regs klik hier om die eBoek af te laai.

Geskenke?

Dis gewoonlik 'n gesukkel om geskenke te koop, ek het 'n paar idees wat jy dalk in sal belangstel, klik gerus hier om te gaan kyk. Daar is bv. 'n eBoek met omtrent 2000 Boererate, 'n CD met 50 resepteboeke op (Engels), jy hoef nooit weer 'n resepteboek te koop nie! Ek het nou ook 'n eBoek oor kruie (in Engels, het nog nie tyd gehad om dit te vertaal nie) vir net R50. Klik hier vir betalingsbesonderhede. Ook ander eBoeke en CD's beskikbaar.

Estelle de Bruyn

Kom ons skop oudergewoonte af met Estelle se bydrae. Sy is verbonde aan die Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Kontak haar gerus, sy hoor graag van julle.

Daai lekker gevoel

DIS die lekkerste gevoel in die hele wêreld. Iets wat jy voel jy in wil rol en jouself in toewikkel, iets wat jy met 'n fisiese bewustheid in jou hart kan voel en wat jou vingers laat kriewel en jou vel laat blink. Ek praat van 'n verliefdheid.
Ek praat nie van die groot liefde met 'n hoofletter "L" nie. Ek praat van daardie bakvissie-agtige, halsoorkop verliefdheid wat deur jou hele lyf van kop tot tone trek en jou na jou asem laat snak van lekkerte.
Maak nie saak hoe oud of jonk 'n mens is nie, 'n halsoorkop verliefrakery kan jou uit die bloute tref, ongevraagd en sonder dat jy dit beplan of enigsins daarna gesoek het. Dit bly een van die grootste wonders in die wêreld, groter as die piramides en mooier as die Taj Mahal, warmer as die woestyn en meer raaiselagtig as Stone Henge of die feëtjiesirkels.
Wat laat daardie skielike gewaarwording gebeur wat jou hart laat bons en die bloed na jou vel se oppervlak laat stu? Chemie, sug die sinici. Ek sukkel om my kop om daai een te kry. Chemie klink so koud wetenskaplik soos fisika en wiskunde. Dit kan tog nie ione en chromosome en selle wees wat sommer vanself onverklaarbaar aan die dans raak nie? Chemie antwoord nie my vraag oor wat die vlammetjie van die spreekwoordelike bunsenbrander in jou hart aansteek nie. Is dit die eerste kyk in mekaar se oë en iets raaksien wat in die siel van die ander is? Is dit iets wat die ander persoon sê wat jy hoor in die stemtoon, 'n klank van egtheid, 'n oerweerklank van erkenning van 'n sielsgenoot? Is dit 'n sintuiglike gewaarwording wat met reuk en veltekstuur te doen het en jou lus maak om soveel as moontlik in die teenwoordigheid van die objek van jou aantrekking te wees en aan mekaar te vat?
Die ironie van so 'n verliefdheid is dat dit nie noodwendig beantwoord hoef te word nie. Ek onthou nog so goed my eerste liefde. Sy naam van Christo en hy was my beste vriendin se ouer boetie. Hy het nie eens van my bestaan geweet nie, maar ek het my, elke keer wat ek hom gesien het, in 'n rooiheid wat 'n Namib sonsondergang in die skande sou steek, ingebloos van verliefdheid. Toe was daar Jannie de Necker. Ons het saam skool toe gery op ons fietse, bloot omdat hy om die hoek van ons gebly het en ons elke oggend dieselfde tyd vertrek het. Ou Jannie was ook salig onbewus van die onbeheersde hartkloppings wat hy by my uitgelok het. Ons het oor ditjies en datjies gepraat, oor huiswerk en rugbywedstryde, terwyl ek my verliefdheid diep moes wegsteek, en so kan ek aangaan.
Maar op 'n dag is daardie aantrekking wedersyds, 'n gedeelte verliefdheid wat jou katswink slaan van lekkerte. Dis petrol op die einste bunsenbrander se vlammetjie in jou hart. Jy skroei behoorlik van lekkerte.
Ongelukkig hou verliefdheid nie vir altyd nie. Dit is kortstondig en weerloos soos glas wat maklik breek of soos vars blomme wat net vir 'n tyd bekoor en dan verwelk.
Dit is wat dit so spesiaal maak, die feit dat dit kan oorwaai, dat die realiteit jou op 'n goeie dag sommer so ongepoets kan terugklap aarde toe.
Dit is hoekom vir die kort tydjie wat jy sweef en die sensuele lekkerte van verliefdheid jou beet het in sy greep, jy elke oomblik daarvan moet koester en geniet.

 

 

Click Here Now!

Click Here Now!

Dial Direct Insurance

 
  Annelie Botes  
  Nog 'n lekkerlees storie deur Annelie.  
 


‘n Vrou genaamd Pretty

My landlady is my tenger Granny met die kop vol swerftogte se dogter. Ons kontrak was dat ons Granny saam-saam sal bewaak in haar laaste myl. Maar toe raak die myle baie, en ek voorsien Granny sal nog 3 Krismisse die kalkoen, Yorkshire pudding en vuurwerke beleef voor sy die langleer klim. Dié ylende moeder met die tinktinkiebors wat so aan die lewe klou, was allermins deel van my landlady se visie. Gaandeweg, later al hoe vinniger, het die “saam-saam” oppastery die ma’am in ‘n hoek vasgejaag.
Jare terug het die rondloperhonde onder my pa se merino’s gebyt. Groot skade in die aanskyn van sy sweet. Só kom Moos Majola te perd werf toe en sê die trop is op die bakenland aan’t bloed drink. My pa gryp die geweer en bakkiesleutels. Ek en Marietjie spring agterop die Chev. Ek was ‘n skrale 7 daardie dag toe my pa en Moos die honde aankeer na die hoek van die land. Wat anders? Die honde vrypas gee? Toe die honde vas is en my pa die .303 korrel, spring ‘n bloedbek hond vorentoe en knor-tjank gevaarlik. Lippe teruggetrek, slagtande ontbloot. Mal van koeëlvrees.
Reken maar self hoe ek dít en my landlady byeenbring. ‘n Hoekgedrewe vrou kan netsoveel verwoesting saai as ‘n wilde hond. So nader my bytende skuimmond landlady ‘n agentskap vir hulp om háár skofte by háár sterwende ma oor te neem. Op julle merke, gereed! Toekomstiglik sal ‘n carer 3 maal per week vir Granny kom voer, urinesakke ruil, kwyl opdroog. Sodat ma’am haar kop in krullers kan kry vir ete by La Traviata. Scampi, ravioli, wyn met ‘n prys gelykstaande aan ‘n dagloon.
“She’ll arrive at six, and her name is Pretty.”
Dis asof iemand hierdie geblessde boeremeid ‘n hou op die hart gee. Pretty? Dit kan maar alleenlik ‘n swartvrou uit my vaderland wees. Die oumamens en waakengel in my kom op aandag. Sal Pretty weet hoe om die mikrogolf …? Sal sy die plakker op die pille verstaan; die pypwerk van die kateder? Daar’s ‘n onrus ín my oor die emosionele veiligheid van ‘n swart Afrika-suster.
Pretty daag eers 6.45 op. Eerste katastrofe. Toe weier Granny om te eet. En Pretty sit rustig agteroor en eet die bord leeg met haar vingers. Tweede katastrofe. Toe vergeet sy om die kraan van die kateder te sluit en die bed is nat. Nommer drie. Al hierdie chaos terwyl ek upstairs probeer slaap en ma’am met haar Yorkshire-aksent en krullerkop die verstarde Pretty hoek toe dryf en die .303 oorhaal.
“She’s hopeless!” is die eerste knorwoorde toe ek 8.00 inval. “Absolutely clueless. She arrived late …” Helder sien ek weer die bloedbek hond op die bakenland. Ek wil nie skryf wat sy nóg uitgebraak het nie. Ek maak tee, sê sy moet sit, ek wil iets verduidelik. Van Afrika-tyd. Dat dit respek vir die kos is om die bord te ledig. Môre mag daar niks wees nie. Dat eet met die vingerpunte ‘n vorm van deelsaamheid is. Die vreemde reuk aan Pretty is net ‘n kruiesmeer wat uit die aarde van God geoes en in die dunson van die middag met die stamper en vysel …
Ma’am wíl nie verstaan nie.
Met die volgende Pretty-skof bly ek wakker en maak self die deur oop. Steek my groethand uit. Ek lag die warm lag van Afrika met die grysbang sustervrou wat op die drumpel staan. “Kun jani, mama.” Al kan ek dit nie spel nie, kan my tong dit sê.
Die swart gesig breek oop in wittand blydskap. Asof ‘n geliefde voorvadergees in witmensgedaante voor haar staan. “Pêlielê, mama, pêlielê! Sy gryp my hand met beide haar geelwit handpalms. “Tjienie-tjienie …Auk …”
‘n Uur later sien ek haar weg. “Hamba gathle, mama.” Mooiloop in die taal van haar moedersknie. Sy groet my in woorde wat ek nie verstaan nie, en tóg presies verstaan. Omdat haar oë die nuanses uitspel.
Aansweek voltooi ek die vertelling. Hoe swartsuster en witsuster in die akkerbos bymekaar getakskerm het, hier in anderland waar ons gehoop het om onder die reënboog se punt deur te stap. ‘n Vrou genaamd Annelie Botes. ‘n Vrou genaamd Pretty Nomvula. Só verskillend. Só eenders. Tog, mensvrou en mensvrou wat opreg kon sê: Hamba gathle, mama …

Africana

Gaan kyk gerus by hierdie internet boekwinkel, daar is fantastiese ou boeke (in Afrikaans ook!), ek sal my kredietkaart hier lekker kan verniel! Klik hier en gaan kyk rond. Nou nog meer boeke bygekry, heelwat baie ou, baie interessante boeke in Afrikaans ook.

Die Groot Verseboek wat ek bestel het, het intussen hier aangekom en ek is mal daaroor! Gaan kyk gerus na die verkskeidenheid skaars boeke wat beskikbaar is!

Webwerf Soeklig

Met elke uitgawe fokus ek op 'n Afrikaanse webwerf.

Afrikaanse Lied

Iemand wat in Melbourne woonagtig is stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere. Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek

'N AFRIKAANSE VOLKSLIED

Woorde: C.P. HOOGENHOUT, A. PANNEVIS, D.F. DU TOIT, S.J. DU TOIT
Musiek: W.J. VAN GORKOM; verwerk: G.G. CILLIÉ

'n Ieder nasie het sy land!
Ons woon op Afrikaanse strand;
vir ons is daar g'n beter grond
op al die wye wêreld rond.
Trots is ons om die naam te dra
van kinders van Suid-Afrika.

'n Ieder nasie het sy taal,
ons praat van Kaap tot in Transvaal
wat almal maklik kan verstaan.
Wat gaan die ander tale ons aan?
Ons praat soos pa en oupa-pa,
die landstaal van Suid-Afrika.

'n Ieder nasie het sy wet,
wat goed gebied en kwaad belet;
en elk se wet is na sy aard
en gaan met sy natuur gepaard:
So volg ons ook die sedes na,
wat tuis hoort in Suid-Afrika.

'n Ieder nasie het sy reg,
al is hy nog so swak en sleg.
Daar is één Oog wat alles merk.
Hy sit die onreg paal en perk,
Hy kyk ook ons verdrukkers na
en waak ook vir Suid-Afrika.

'n Ieder nasie het sy tyd
om op te groei en af te slyt,
en soos ons liewe Heer dit doen,
so is dit altyd wys en goed.
Daar kom 'n dag vir ons ook, ja;
vertrou op God, Suid-Afrika.

Want al die nasies het één God,
Hy reël ieder volk se lot;
Hy het vir ieder volk sy taal,
sy land, sy reg, sy tyd bepaal.
Wie dit verag sal sy straf dra.
O God, beskerm Suid-Afrika!
Boeremusiek ens.

Wat's nuut op Kalie se Boeremusiek webwerf?! Ons het nou 'n eie domein - dis nou vir die wat nie die blad onlangs besoek het nie. Gaan loer gerus by http://kalie.boeremusiek.net

Hierdie webblad is spesifiek daarop toegespits om die: Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Hier sal u meer te wete kom oor die ontstaan en ontwikkeling van Boeremusiek, musikante van toeka en nou, byeenkomste en aktiwiteite van Boeremusiekliefhebbers en sommer alles wat Boeremusiek so lekker maak! Ek wil u aanmoedig om noue kontak met my te behou en om aktief met my te skakel oor wyses waarop ons Boeremusiek lewendig kan hou vir sovele mense wat plesier vind in hierdie besondere aspek van ons Suid- Afrikaanse kultuurerfenis.
 
Agterpad Reisnotas - versamel deur Braham van Zyl

Ek luister mos een Saterdagoggend na Amoré Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg een van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te kom. (Eposdres onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nubrief uit.

DIE WATERBERG – ‘n wonderwêreld: Limpopo Provinsie
DEON MEYER se artikel “Watter berge in die Waterberg?” wat op 20 Junie 2006 in BuiteBurger verskyn het, gee ‘n baie negatiewe beeld van die Transvaalse Waterberge. Dis jammer, want die Waterberge wat ek leer ken het, is heel anders as wat Deon dit beskryf het. Dis vir my ‘n wonderwêreld.
Deon was in November 2005 daar. Ek kan verstaan waarom hy so gal braak oor daardie wêrelddeel. Dit was tydens die ergste droogte in menseheugenis in daardie geweste en daardie hitte van toe moes hom op sy motorfiets gaar gebrand het. Ek was self daardie tyd daar, maar darem onder die dak van ‘n 4x4.
Die rêrige Waterberg bergwêreld begin net noord van Thabazimbi, en dit loop reg deur tot anderkant Potgietersrus (nou Makopane), waar die bergreeks die Strydomsberge word.
Dis ‘n wêreld waar ek van die mooiste lekker-ry grondpaaie gesien het waarvan jy kan droom. Lyk my Deon het hulle misgekyk. Almal is nou weliswaar nie in die beste moontlike toestand nie, maar ek skat dis wat veldmotorfiets ouens soos hy, soek.
Die eerste van hierdie grondpaaie is sommer daar by Thabazimbi in die Marakele Nasionale Park. Daar is ‘n hele netwerk van hulle. Vir my is een van die mooiste paaie wat ek al gery het, ‘n smal en steil geteerde paadjie wat daar in Marakele tot bo-op die 2088 meter bo seespieël Groothoekkop gaan, vanwaar jy oor gans die Transvaal kan uitkyk.
En dan is daar die grondpad wat vanaf Marakele oor Bakkerspas en Rankinspas aan die oostekant van die Waterberg tot by die R33 teerpad wat Vaalwater toe loop, gaan. Dis nou motorfietswêreld by uitnemendheid. Jy ry so tussen die nasionale park en ‘n aantal wildplase deur, en daar is oral wild alkante van die pad te sien.
En as jy nou daar by Alma reguit oor die R33 hou, lê daar aan die oostekant van die Waterberg ‘n hele netwerk grondpaaie wat uiteindelik deur ‘n paar klowe in die Waterberg loop om by Melkrivier, wes van die Waterberg reeks uit te kom.
In die Vaalwater omgewing is daar verskeie grondpaaie. Jy kan daar verneem waar die Grootwater Natuurreservaat is, en gaan kyk dan daar na hulle lieflike versteekte bosblyplekke en gaan ry sommer hulle 4x4 roete ook. En dan vat jy daarvandaan die grondpad Lephalale toe. Dit loop oor so ‘n ongemaklike bergpassie en dan al teen die Mokolorivier af en tussen die pragtigste bome deur, tot by Lephalale.
Jy kan ook van Vaalwater af met die teerpad Melkrivier toe ry en dan daar weer afdraai vir grondpad ry.
Deon sê hy het net Engelse name by blyplekke gesien. My Vaalwater toerismekaart wys plekke soos Welgevonden, Taaibos, Berglust, Chaba Ingwe, Indabushee, Izintaba, Jobedi, Kranshoek, Kwalata, Kudu Canyon, Makweti, Matamba, Mhondoro, Nkonka, Thaba Meettse, Thiane en Zeederberg. Vir my lyk dié name ver van Engels af, maar ja, daar is heelwat Engelse name ook daar rond.
Ek het daar by Melkrivier twee erg Afrikaanse Coetzee broers as eienaars van die Jobedi Wildreservaat raakgeloop. Jobedi is so terloops ‘n plek wat heel bekostigbaar vir gewone ouens soos ek en jy is.
Ek het ook by Melkrivier se ou skooltjie op die Waterberg Museum & Renoster Sentrum afgekom. Dis beslis ‘n plek waar Deon kon aangery het. Dis van die beste klein museums wat ek nog ooit gesien het.
Van Melkrivier en Marken af loop daar ook nog ‘n hele paar grondpaaie na Lephalale se kant toe wat Deon en sy mede-motorfietsryers sal geniet.
Party mense beskou Nylstroom (nou Modimolle) en Warmbad (nou Bela-Bela) as deel van die Waterberg streek. Daar is nou vir jou ‘n klomp mooi grondpaaie. Deon moet gerus weer hier op gaan en daardie wêreld behoorlik gaan deurkyk.
Waar om inligting oor die Waterberg omgewing te kry:
www.golimpopo.com , http://www.waterbergtourism.com/
Johan Erasmus is die toerismeman vir daardie streek. Kontak hom by tel: 014-7632193 of by e-pos tourism@lephalale.gov.za.

Skryf vir Braham en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy reisbeskrywings direk van hom af! e-pos : info@explore-sa.com

Luister elke Saterdagoggend net na die agtuur nuus op die Afrikaanse radiodiens van RSG na Braham van Zyl en Amoré Bekker se agterpad geselsies op die program Brêkvis met Bekker. 

Glimlag!
 
 


BOEREKOMPUTER
(Dankie hiervoor, André)

Dit blyk dat baie van ons Afrikaanse lesers verward voel deur al die rekenaarterme wat rondwaai. Om dinge makliker te maak, hier is 'n kort lys van algemene terme en die Afrikaanse verduideliking:

Monitor - Wat jy doen wanneer jy 'n oog op die braaivuur hou.
Download - Haal die brandhout van die bakkie af.
Hard drive - Die rit huistoe sonder koue bier.
Keyboard - Waar jy jou bakkie se sleutels hang.
Window - Wat jy toemaak wanneer dit koud is.
Screen - Wat jy toemaak wanneer die muskiete kom.
Byte - Wat die muskiete aan jou doen.
Bit - Wat die muskiete aan jou gedoen het.
Mega byte - Wat die muskiete rondom die Limpoporivier doen.
Chip - Wat jy eet wanneer jy televisie kyk.
Micro chip - Wat in die sak oorbly wanneer die chips klaar is.
Dot Matrix - Oom Jan Matrix se vrou.
Laptop - Waar die kat slaap.
Software - Plastiek messe en vurke van die KFC.
Hardware - Regte messe en vurke van Checkers.
Mouse - Wat die bokse in die tuinhuisie deurkou.
Mainframe - Wat die tuinhuisie regop hou.
Web - Wat spinnekoppe maak.
Website - Die tuinhuisie.
Cursor - Die ou ballie wat so vloek.
Search engine - Wat jy doen as jou bakkie nie wil vat nie.
Yahoo - Wat jy sê wanneer die bakkie uiteindelik vat.
Upgrade - 'n Styl heuwel.
Server - Die meisie by die kroeg wat die slaai bring.
Mail server - Die ou by die kroeg wat die steaks en slapchips bring.
User - Die buurman wat aanhou om jou goed te leen.
Network - Wat jy doen wanneer jy jou visnet regmaak.
Internet - 'n Meer ingewikkelde manier om jou visnet reg te maak.
Netscape - Wanneer visse die gat in die net vind na jy dit reggemaak het.
Online - Wanneer sy jou wasgoed uithang.
Offline - Wanneer sy alweer nie genoeg pennetjies gebruik het nie.
 

Laat jou wildste drome waar word, kry 'n kaartjie in die UK Lottery, klik net hier  Die boerpot is gereeld om en by  £11 miljoen, ( R140,000,000), sjoe, dis darem maar baie nulle!! Maar dis nog NIKS! Die Euromillions Lotto staan huidiglik op 181 miljoen Euro, dis om en by R1,719,500,000. Eishhhhhh. Vat 'n kans, wie weet???

     
  Die Danville Hulpgroep  
     
 

Ek is betrokke by hierdie inisiatief van Elsabé, kyk tog asseblief of julle nie ook 'n bydrae kan maak nie, besoek ook hulle webwerf. 

Bankbesonderhede:
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926

Aflewerings adres:-

286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

PS Bel asb voor jy ry

.
Resepte

Baie dankie aan almal wat vir my hierdie resepte aangestuur het, ek dink ons gaan binnekort 'n lekker versameling bymekaar hê.

In Patriot #108: Patriot Koek, Patriot Poeding, Afrikaner Bond Koek, Jan Smuts-koekies, Jan Ellis poeding, Generaal De la Rey's koek.

In Patriot #109: Stormjaers,  Paul Krugerkoek, Vrystaatse Melktert

In Patriot #110: Hertzoggies, Generaal Smutskoekies, Victoria Sponskoek

Stormjaers

875 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
5 ml sout
5 ml fyn gemmer
3 eiers
250 ml suiker
375 ml dikmelk of melk
500 ml pitlose rosyne
5 ml vanielje essens
olie vir diepvetbraai

Sif koekmeel, bakpoeier, suiker, gemmer en sout saam. Klits suiker en eiers saam.  Voeg melk by en klits goed. Voeg die droeë, gesifte bestanddele geleidelik by en meng goed. Voeg die rosyne en geursel by.  Verhit die olie in die kastrol en voeg die beslag lepelsvol daarin. Dreineer en rol in 'n suiker-en-kaneelmengsel. Bedien warm of koud

Ounooienspoeding

250 ml melk
250 ml dikmelk
125 ml koekmeel
250 ml suiker
25 ml botter
1 suurlemoenskil, gerasper
6 eiers, geskei

Voeg die melk en dikmelk by die gesmelte botter en meng. Sif die meel en voeg suiker en skil by.  Voeg meel by dikmelkmengsel en meng goed. Klits die eiergele saam en voeg by melkmengsel. Klits die eierwitte goed styf en vou dit in die melkmengsel. Bak by 180ºC tot goudbruin en gaar. Dien op met 'n soetsous.

Ou Jonkmanspoeding

750 ml koekmeel
250 ml suiker
250 ml botter
5 ml gemmer
500 ml melk
5 ml koeksoda
25 ml appelkooskonfyt
125 ml korente

Room botter en suiker saam. Sif koekmeelblom en gemmer saam. Los koeksoda in melk op. Voeg koekmeel en melk beurtelings by bottermengsel. Roer appelkooskonfyt en korente by. Skep beslag in 'n vuurvaste oondskottel. Bak vir 1 uur by 180ºC. Bedien warm

Ou Boereraat

Vir slym op die bors by kinders.
Kook 'n handvol wynruit, 'n handvol als, 'n handvol boegoe en gooi daarop 3 bottels water, as die helfte weggekook het, gooi deur. Neem dan 1 pond suiker, vorg dit by die water en kook tot 'n stroop. Gee een teelepelvol 3 maal per dag.

Ou Resep

Patats koekies

Kook patats, klop fyn met 'n vurk, klop daarin 'n paar eiers, 'n paar lepels meel, kaneel en suiker. Meng alles goed saam, maak plaatkoekies daarvan, bak in warm vet en strooi suiker oor.

Resepte uit Anna se Kombuis

Al Anna se resepte is in eBoek formaat en maak dus ideale geskenke en word sommer met epos gestuur. Vir meer besonderhede, klik hier

Ek is al 'n hele paar keer vir hierdie resep gevra, wel, hier is hy nou!

DUIWELSRIB

Varkribbetjies
1 eetlepel marmite
5 eetlepels suiker
1 eetlepel mielieblom
2 eetlepels asyn
2 teelepels gemaalde gemmer
1 huisie gekapte knoffel

Kook ribbetjies stadig in 'n bietjie water totdat die bene uitgetrek kan word. Laat die vleis afkoel sodat jy dit kan hanteer en sny dan in vierkante. Meng res van die bestanddele en doop vleisvierkante daarin. Rooster oor warm kole vir 8-10 minute. Bestryk weer met marinade en draai vleis om. Rooster vir die dieselfde tydperk en bedien wanneer gaar. Dit kan warm of koud bedien word. Die oorblywende sous word ook bedien. Stukkies vleis kan daarin gedoop word soos 'n doopsous.

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Nog gevleuelde woorde van ST:

Hoe om ‘n kenner te word

Daar word vertel van Earl Nightingale wat gesê het dat een uur per se studie in ‘n gekose veld al is wat nodig is vir jou om ‘n kenner te word. Volgens Nightingale: “Een uur studie per dag sal jou binne drie jaar op die bopunt van kennis sit in jou gekose veld. In sewe jaar, kan jy een van die beste mense in die wêreld wees in wat jy doen.”

Nou kyk as daar een ding is waarvan ek hou, is dit ‘n uitdaging en veral as dit daarby een is wat sin en betekenis vir ‘n mens inhou. Dink net daaraan: jy kan ‘n spesialis en wêreld-kenner in ‘n onderwerp / studieveld word deur te lees – weliswaar een uur per dag vir sewe jaar. Jy kan reeds binne ‘n paar jaar ‘n nasionale kundige in Suid-Afrika word oor ‘n onderwerp waarin jy belangstel.

Is dit regtig moontlik? Kan ek werklik bekend raak as ‘n spesialis kundige deur net dit te doen? Ek wil my verstout en sê ja, dis moontlik. Ek sal self verder gaan en sê dat jy selfs nog vinniger reeds ongelooflike kennis en vaardighede met betrekking tot jou studieveld kan verwerf deur net een uur per dag te lees en te studeer.

En jy hoef nie by ‘n universiteit of kollege in te skryf nie. Gewoonlik is sulke formele studie redelik wyd en neem dit lank voor jy by jou spesifieke area van spesialiteitskennis uitkom. Vandag is ongelooflik baie inligting oor duisende onderwerpe beskikbaar en toeganklik. Boeke, tydskrifte, koerante en die internet gee soveel inligting oor bykans enigiets. Informasie is beskikbaar. Jy moet dit net doen.

Is jy lus vir hierdie uitdaging? Is daar ‘n onderwerp waaroor jy as ‘n spesialis bekend wil raak, as ‘n kenner wil optree?

Sommige mense spandeer ‘n uur of meer van hul dag voor die televisie vir sepies en sport - seker niks daarmee verkeerd nie - maar jy kan ook daardie tyd produktief gebruik vir persoonlike groei en ontwikkeling.

Waaroor wil jy bekend raak as ‘n kenner in Suid-Afrika? Oor watter onderwerp wil jy hê moet die radio, koerante, tydskrifte jou skakel vir inligting en jou mening? Hier is sommer ‘n paar idees – onthou daar is duisende onderwerpe.

- Boererate in Suid-Afrika
- Dissipline by die eiewys kind
- Dassies op Tafelberg
- Eiendomsmark in Suid-Afrika
- Persoonlike finansies vir die vrou
- Laat jou geld groei en beleggings vir die Suid-Afrikaner
- Besienswaardighede in Suid-Afrika

Is dit werklik moontlik? Natuurlik, doen dit net.

Laaste gedagte. Ek het al meer male met mense gepraat wat een of ander ernstige mediese probleem onder lede het, en waarvan sommige ‘n seldsame siekte of skeet is. Dan het hulle soveel daaroor opgelees en navorsing – onder andere op die internet – gedoen dat hulle eventueel vir die mediese dokter meer kon inlig oor die diagnose, simptome en behandeling van die siekte-toestand.

Hoor graag wat jy hiervan dink.

Gesoek: ander beginsels om jouself te verbeter en as mens te groei. Skryf asseblief aan my met jou gedagtes en idees en stuur dit aan my by st@pitkos.co.za

‘n Sprankie wysheid vir die dag

“Ons is almal Michelangelos.” – Tom Peters -

Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za

Skakels

Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier!

Skooltake?? Klik hier

Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.

Teken in /Teken uit / Kontak

Teken hier in op die poslys en lees ook die argiewe.

Om uit te teken, stuur vir my 'n epos en dui jou naam aan asook die eposadres waaronder jy ingeteken is

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart!