Onbeskaamd Afrikaans!

 

 

Nommer 126

Besoek my Webwerf

15 Julie 2008

 
 

Bloedrivier

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

Afriforum

Voortrekker Monument

Steve se Spoegblok

Blanke Ekonomiese Forum

PRAAG

Rieme

ATKV

 

Teken Besoekersboek

 

Vorige Nuusbriewe

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare! Hier is sommer baie leesstof, so sit terug en geniet jouself. Welkom ook Rezanne!

Wil groot verkoning vra, ek het oorgeskakel na 'n nuwe eposlysverskaffer en soos met alle nuwe dinge, was daar 'n paar kaahplekke en julle het dalk eposse ontvang wat nie sin maak nie. Verskoon tog maar asseblief, die ding behoort nou reg te loop. Ek het sommer 'n ekstra paar resepte gegee die keer.

Ek gaan verder met die alfabet met die resepte, gaan kyk maar verder na onder na Resepte. AS dit nou 'n Engelse nuusbrief was, dan was dit 'n Bumper Recipe Edition!

Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af. Die pasella hieronder is 'n goeie voorbeeld, ek het dit in my epos ontvang en ek gebruik dit in die brief.

Ek het 'n verskeidenheid skrywers wat bydraes lewer, gaan lees gerus ondertoe.

Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto, die minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n kaartjie het nie! Klik hier  en droom Groot!

En onthou tog om my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is nou weer terug.

Annelie Botes

Heilige waters

Hierdie Feestyd het ek só na Granny verlang. Duisend maal teruggedink aan die laaste stukkie somer wat so gou verbygegaan het, en ek kon dit onthou soos gister.
My en Granny se saamdae het min geword. Dikwels het ek my betrap dat ek begin om al die klein goedjies te groet. Vir die eekhorings te vertel my tyd loop uit. Wanneer ek in my akkerbos sit, was ek huilerig.
Dalk het Granny ook getreur oor haar Afrika-dogter wat moes weg. Soms as ek haar snags toetrek, was haar wimpers nat. Droomtrane. Biggeltjies uit haar slaapsiel, oor vrougoeters wat net sy kan beween. Nooit-ooit vee ek dit droog nie, want dis háár trane en niemand mag haar dit ontsê nie. As ‘n vrou se trane haar ontneem word, staan sy pantserloos. Dis haar pyl en koker waarmee sy die vossies bekruip. ‘n Sonwyster om die ure van haar innertes te lees. Haar heilige waters om die duiwel se pad te besprinkel.
In my wolfboek sê Clarissa Estés: There is something about the purity of tears that causes the Devil’s power to be broken. And we find this to be true when we cry for the love of God that nothing, nothing, is on the horizon but the most bleak, the most dark possibilities, and yet the tears save us from being burnt to the ground.
Maar in die moderne vrou se weefwerk word die helingskrag van trane geminag. Die samelewing vereis vroue vol manwees. Ons moet beur, vasstaan, juk dra sonder steun of swik. Sou ons huil, moet dit effentjies wees, en met goeie rede, want die dag stap aan. Dan prop ons die huil terug en masjeer weer saam met die bataljon. Keer op keer op keer.
Soos die jare loop, raak ons goeter en goeter met die terugprop. En ‘n naamlose iets in ons begin verfraiing. Lustelose hunkering, grou heimwee. Na wát weet ons lankal nie meer nie. En ons niemandsland word bewoon deur spoke. Depressie. Werkstres. PMS. Oorgangsjare. Hormone. Ditse en datse wanbalans. Maar ék glo die doopnaam van al die spoke saam, is huilloosheid. Vleiland wat omsit in woestynland. Wat elastiese vel moet wees, het verander in skubbe.
Baie etniese vroue is bevoorreg om vir hulle maandtyd onrein te word en in afsondering te gaan. Só kan die heilige waters ongestoord by hulle oë uitloop, en kan hulle ween oor hulle weendinge. En daar is nie ‘n voorskriftelike establishment wat vra wat is fout, wat makeer, wat gaan nou aan nie. Niemand sê ruk jou reg, of kom by ‘n dokter nie. Geen anti-depressante of terapiesessies nie. Eenkant-maandtyd is wanneer tradisionele vroue die duiwel uitoorlê met die sprinkeling van hulle heilige traanwater.
As jou eenkanttyd verby is, gaan jy terug na die werke van jou hande. Uitgesif. Ontraaisel. Ontskub. Met die vooruitsig dat jou eenkanttyd met die volgende kwartmaan weer sal aanbreek.
Vir te lank in my eie lewe het ek nie die duiwel weggehou met ‘n sprinkelbaan van heilige waters nie. Buitentoe het ek kop agteroor gelag, my viool met ‘n vrolike pizzicato gespeel. Maar binnetoe het iets langsaam doodgebloei. Totdat die klop van die wond onuithoudbaar was. Ek wou nie weghardloop nie; ek wou net eenkanttyd hê. Om my binnegoed uit te dop en die bloeding te ondersoek. Daar by Granny, na wie ek in hierdie Feesdae verskriklik velang, kon ek in my akkerbos huil oor al die mistastings van my bestaan. Tog, vandag juig ek dat ek destyds toe-oë oor die skrik-wye kloof tussen Afrika en England gespring het.
My wens vir ’06, vir alle menslinge, is dat ons ontsag vir die reddende krag van ons heilige oogwaters sal hê. Dat ons sal spring as dit springtyd is. Oorkant van die kloof sál iemand wees om ons te vang. Nes Granny daar was om my te vang toe ek vervaard lugruimlangs getuimel het.
Ek wou haar nie alleen agterlos nie.
In my herinneringe loop ek trap-af met die kers, trek die verekombers op. In die vlamlig lê die nat op haar wimpers. Nagtrane wat uitglip wanneer die traliebed jou inhok en die Blink Tonnel wink. Ek steek my pinkie uit; trek dit weer terug. Dis háár trane, ek mag haar dit nie ontsê nie.

Estelle de Bruyn

Estelle is werksaam by die Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Sy het spesial versoek dat ek die volgende plaas, ek doen dit met graagte:

Klakouse en joernalistieke sissies

EK is nou moeg om van my kollegas in die joernalistiek te hoor hoe sleg hulle behandel word deur die owerhede, sekuriteitspersoneel, besoekende afvaardigings en buitelandse joernaliste wat in Namibië stories kom doen.
Waar was julle in 1989 met die implementering van Resolusie 435 en in 1990 met Namibië se onafhanklikwording?
Hordes, ja hordes van meer as 'n honderd buitelandse joernaliste het op ons land toegesak om die groot storie van Afrika se laaste kolonie se onafhanklikwording te doen. 'n Enkele span van die BBC of Reuters het uit 'n kameraman/vrou, die klankman/vrou, 'n reggiseur en 'n joernalis bestaan.
Met die terugkeer van Swapo bannelinge uit die buiteland en die aankoms van wêreldleiers soos Hosni Mubarak van Egipte, Eduard Shevardnadze, destyds nog minister van buitelandse sake van die ou Sowjetunie, Yassar Arafat van Palestina (deesdae ook ses voet onder), Rajiv Ghandi van Indië en vele ander was dit 'n vertrapping op die lughawe en waar hulle ook al beweeg het.
Vir kla en kerm dat "die ander joernaliste en die sekuriteitsmense nie ons plaaslike media respekteer nie", die Ministerie van Inligting en Uitsaaiwese "beskerm" ons nie, was daar nie tyd nie. Niemand sou in elk geval geluister het nie. Dis elke ou vir homself en as jy te effentjies was om jou elmboë te gebruik en vir jouself 'n plekkie oop te stoei, moes jy maar tevrede wees om die foto te mis en nie die opmerkings te hoor wat die nuusmaker gemaak het nie.
Met die onlangse besoek van die Chinese president, Hu Jintao, aan Namibië was dit nie naastenby so erg soos destyds nie. 'n Handjievol Chinese joernaliste en kameramanne het gemaak soos internasionale joernaliste maak. Hulle het hul ingewurm waar hulle kon en voor die plaaslike media ingedruk om beter kameraskote en foto's te kry.
Dis hulle werk. Aanvaar dit en hou op kla. Stamp hulle uit die pad as hulle voor jou inbeur en moenie verskoning of beskerming soek nie.
As joernalis het jy geen spesiale regte of vergunnings nie. Niemand gaan vir jou die eksklusiewe plekkie voor in die koor oophou omdat jy 'n lid van die plaaslike media is nie.
En, net om die sakie in perspektief te plaas, dink aan die 245 joernaliste wat verlede jaar wêreldwyd dood is terwyl hulle verslag gedoen het en die wêreld ingelig gehou het oor nuusgebeure, dink aan die 143 joernaliste wat aangehou is omdat hulle hul werk probeer doen het. Dink aan die Franse kameraman, Frédéric Nérac en sy Lebanese tolk, Hussein Osman, wat vir die Britse TV agentskap, ITN gewerk het en sedert 2005 in Irak vermis is. Dink aan die kameraman Sami al-Haj, wat sedert 2002 by die Amerikaanse militêre basis by Guantanamo Baai aangehou word.
Dink terug aan 1994 in Suid-Afrika toe die talentvolle, onverskrokke fotograaf, Ken Oosterbroek, deur sogenaamde vredesmagte doodgeskiet is tydens operasies in Tokoza.
En bietjie verder terug in die geskiedenis aan mense soos Sean Flynn en Dana Stone, wat in 1970 vermis geraak het in Kambodja en die 19 ander joernaliste en fotograwe wat binne die bestek van 21 dae 'n gruweldood aan die hand van die Khmer Rouge gesterf het.
En as iemand weer voor jou kom staan as jy foto wil neem, of 'n sekuriteitsman vra jou om opsy te staan, dan sê jy dankie vir die voorreg om in 'n land van vrede, veiligheid en persvryheid te werk. Kry jy die boodskap?

Mieliepap, o mieliepap

Ek is mal oor mieliepap, of dit nou met lekker sous as braai bykos is of met botter, melk en suiker as pap, dit bly lekker, Of dit nou poetoe of krummel is, makie sakie, dan daardie effense aanbrandesel wat nog lekkerder is.
Enigste ding is, dit van nogal ‘n rukkie om gaar te word.

Jy kan die rou meel in ‘n pan sit en in die oond gaarmaak, dan het jy soortvan instant mieliepap as jy dit met biekie sout en kookwater meng, maar ek het dit nog nie perobeer nie!

In ons spens vind ek toe ‘n 80 gram pakkie “Maize in a minute”, dis glo instant maize meal, enriched with vitamins and minerals. Gooi die inhoud inne bak, gooi kookwater oor, , roer vir en verhit vir ‘n minuut en siedaar – mieliepap.

Die inhoud maak toe ‘n lekker groot bord mieliepap, ek sit botter op, (genoeg), strooi suiker oor en biekie melk en daar smul ek aan lekker mieliepap!!

Waar ek die pakkie pap gekry het kan ek nie onthou nie, seker as pasella by een of ander buitelug skou.

Die vervaardigers is Cavendish Foods en jy kan hulle kry by info@cavendishfoods.co.za

Kontak hulle en vind uit waar jou naaste handelaar is, jy sal nie spyt wees nie.

Wonder of daar nie dalk nog ‘n pakkie in die spens is nie??

Ietsie om te onthou

Het jy gehoor van die Boer wat ongelukkig begin raak het met sy plaas en toe besluit hy om dit te verkoop? 'n Paar dae later bel sy eiendomsagent en vra toestemming om die plek in die areakoerant te adverteer. Sy het die advertensie vir die Boer gelees. Dit het die plaas beskryf as " 'n Pragtige plek in 'n ideale omgewing - stil en rustig, omring deur groen heuwels, gevoed deur die dam en geseën met goed-geteelde diere". Die Boer sê, "Lees dit weer vir my." Nadat hy dit 'n tweede keer gehoor het, sê hy, "Ek het van plan verander. Ek verkoop nie meer nie. Ek het my hele lewe lank nog na so 'n plek gesoek."

Wat het verander? Sy perspektief. Soms moet 'n mens dit wat jy as vanselfsprekend beskou, of dit wat jy as alledaags sien en wat begin om jou te verveel, sien deur iemand anders se oë, voor jy dit weer kan waardeer.

Neem 'n oomblik om regtig eerlik te wees oor jouself en jou lewe, en te dink aan hoe geseënd jy eintlik is ...

Innibos 2008 - Verslag deur Magda Manuels (Vuurvlieg)

Vuurvlieg het die Innibos-fees terdeë geniet!! Die lywe lekker moeg maar dit was ‘n belewenis. Ons was nog nie by so groot fees gewees nie. ‘n Dream come true!!! Dankie Ampie van RADIOSUIDAFRIKA wat ons die geleentheid gegee het.

Dit het als begin omdat Hettiënne, die vrou wat die Kunsjoernaal doen vir Radiosuidafrika, dit nie kon bywoon nie. Ampie het my gevra of ek sal belangstel. En ja hoe ken jy my!!! As ek ‘n kans kry om te gaan jol, is ek in! En veral as daar musiek betrokke is. Die Vuurvliegies kan mos nie funksioneer sonder musiek in hul ore nie 

Ons het Vrydagmiddag so 13:00 uit Pretoria vertrek. Ek was maar skrikkerig vir die pad, gehoor dit is baie besig en ons mag dalk ure in toue by die tolhekke staan. Eish en ek het mos nie geduld nie. Ons was baie gelukkig en het baie lekker gery, terwyl Theuns Jordaan & Steve Hofmeyer ons vermaak het op die pad. Ons moes begin gees vang.

Die onbekende was dat ons by ‘n kollega se vriendin sou slaap. Nicki se huis was vol geboek; haar skoonfamilie het ook Bos toe gekom! Dit was so heerlik hom haar weer te sien. Nicki, baie dankie vir al jou reëlings. Mens kan altyd op jou staatmaak.

Ons het by Mariaan en Collin oornag! Die Bos het darem die vriendelikste mense. Ons is soooooooo bederf!! DANKIE Mariaan & Collin. Die Vuurvliegies is julle ewig dankbaar!!!

Ons het afgepak en gejaag vir die feesterrein!! Ek was soos ‘n opgewonde dogtertjie!!! Jipppeeeee ek gaan Innibos toe!!!

Wow, ek kan nie glo daar is so baie mense by die feesterrein nie! Dankie vir die media-kaartjies en parkeerplek wat ons kon kry! Dit het ons lewe baie vergemaklik.

Ons het na die Standard Bank verhoog gegaan. Dit is die “main stage” gewees! Arno Jordaan het vir ons gesing! Ek het hom al gesien optree in Presleys, maar dit is duidelik heelwat beter om hom oor die klanksisteem te hoor! Daar was groot skerms orals op die veld. Die klank was fantasties!!

Dowwe Dolla en Rian was die MC. Daar was “diere” op die verhoog en toe kry Dowwe Dolla ‘n haar op haar lollie.  Sy het op die bankie gelê wat deur al die kunstenaars wat opgetree het by Innibos geteken is. Sy moes net vir Rian keer om ook nie bo-op haar te sit nie. Dit word opgeveil vir die Kankervereniging. Die bod was op daai stadium R40 000-00.

Ek voel nou soos Paula van 7de Laan! Ek is besig om te ontpop in ‘n rubriekskrywer. Alhoewel ek dink my werk sal erg gekritiseer word. Die “jargon” wat so gebruik word. Ek praat nie eers van die taalgebruik nie. Whatever, solank die leser verstaan hoe het ek dit geniet by Innibos.

Volgende op die stage was Navi Redd. Amazing watter klanke uit daai manne se monde kom. Hulle is Suid-Afrika se enigste “Vocal Band”. Ek dink dit is ‘n goeie uitvoerproduk. En dankie tog Sparkie was nie my kind nie – lol! Sy ma kort ‘n medalje!

Juanita het ons toe vermaak. Daar is aangekondig dat sy ‘n miljoen CD’s verkoop het. Wat ‘n prestasie! Juanita, ons is trots op jou! Sy het vertel van haar swartboekie wat sy gebruik om te skryf hoe was die skare van die spesifieke dorp. Die Inniebos skare was NA!!!! Seker die Blou Bulle wat dit veroorsaak het 

Theuns Jordaan was volgende op die lys!!! Die man mag maar sing! Theuns was sy ou self! Toon nie te veel reaksie nie, maar hy het die skare in die palm van sy hand. Jis daai skelm glimlagie!

Intussen het ons anatomie en spysverteringskanale begin kerm! Ons soek kosssssssssssss! As jy honger gely het op die fees was dit jou eie skuld. Jy moes wel in lannnnnnnnnnnng toue gestaan het om kos te koop, maar jy kon nog steeds na die musiek luister. Nadat ons elkeen ‘n hammie deurgewerk het, het ons teruggegaan verhoog toe.

Trio Bella het ons ‘n voorsmakie gegee van Boney M! Dit was nie ‘n volledige optrede nie.

Dr Victor en die Rasta Rebels het opgetree. Wow, kon nie glo dat ons Afrikaners so mal kan raak oor die mense nie! Ek was persoonlik bo op ‘n stoel om my biscuit te skud. En met “we want more, we want more!!!” het hulle ons nog so wyle vermaak. Die ligte is gedoof en Vrydagaand se Innibos is afgesluit op die Standard Bank verhoog.

Ons het ‘n draai gaan maak by die Boskroeg. Daar is geessssssssssss!!! Seker oorlat Wellington Brawewyn (brandewyn) dit gesponsor het. Ek is toe net te laat om George Meiring se vertoning te sien. Ek loop vir Nelda raak! Sy is vrot van die griep, sy weet nie hoe gaan sy môre gesing kry nie. Willem Botha sit ook in die groepie en kuier!

Ons het gegaan na die Vodacom-verhoog. Glaskas het daar opgetree. Dit was defnitief musiek vir die studente. Almal het baie lekker saam gesing!

En ek moet dit nou sê, ek wonder hoeveel miljoene rande is gespandeer op alkohol! Almal het gerock met ‘n glas in die hand.

Glaskas was laat vir hulle vertoning! Hulle het op hulle tyd opgehou speel en met die studente wat weereens “we want more” geskree het, het die MC besluit hulle kan nog ‘n paar songs speel. Skielik het hulle net opgehou met speel. En daar gebeur dit toe!!! Die polisie het die show kom stop, want dit was al oor twaalf. Die wet bepaal dat die musiek nie mag aangaan na twaalfuur nie. So gaan ons dweepstert huis toe en ons wou nog rock!! My ore suis toe ek in die bed klim. Daaaaaai ding wat hulle tinnitus noem!

Ons was vroeg Saterdagoggend aan die gang! Ons is bederf met ‘n heerlike ontbyt!

Ons het Blue Moon in ons visier! Die rock groepe tree daar op. Die show daar begin 13:00, maar ons wil net seker maak waar is die plek. Ek wil by die Beeld-verhoog uitkom!

Ek hol vir die Beeld-verhoog. Jis die manne stap te stadig volgens my, “Magda geduld, suster geduld” maan ek myself. Hoekom het ek so min daarvan gekry? Rome is nie in een dag gebou nie… dit is oorlat ek nie daar was nie!!!'

Anton Botha was besig met sy vertoning. Ek is mal oor sy Sarie Marais. Sy mark is definitief die studente! Hy roep ook van die skare vorentoe om saam hom te dans. Anton verdwyn toe so vinnig; kry nie kans om met hom te gesels nie. Gelukkig met ‘n program in jou hand kan jy uitvind, wanneer tree hy weer op.

Ek het Nelda (Idol) belowe ek sal na haar kom kyk. Sy het haar beste gegee, met ‘n heserige stem of te nie! Die Mpumalanger kon nie haar ondersteuners teleurstel nie. Wat ‘n stage performance! Nelda jy is pragtig!!! Haar CD sal binnekort verskyn.

Die manne is Blue Moon toe. Duidelik verskil ons musieksmake.

Ek het weereens so rukkie geluister na Navi-Redd. Ek het toe die Boskroegverhoog gaan nader! Matthys van Tonder was besig om te sing.

Die volgende op die program was – luister mooi die naam – ‘n Man soos Jan. Ek dink ons gaan nog baie van hulle hoor. Na die eerste liedjie was ek erg beïndruk. Hulle is van Pretoria en is bereid om saam met Vuurvlieg te werk!

Volgens die program was Shaun Tait op die program! Die man het ontrek! Ek sou baie graag met hou wou gesels het.

Brad Cunningham het ons vermaak met Engelse liedjies. Hy probeer kliphard Afrikaans praat. Die skare was mal oor hom. Hy het ‘n Afrikaanse lied geskryf en hy is baie trots daarop. Dit gaan oor feeste, potjiekos, die works.

Kobus Muller het ook onttrek!

Anton Botha was toe weer op die verhoog. Ek het met hom gaan gesels. Terwyl ek vir hom wag terwyl hy sy hope “fans” gelukkig hou, stap daar ‘n man en vrou in, elk met hul sonbrille op. Ons groet mekaar vriendelik! ! Hulle lyk bekend. Wragtig toe ek mooi kyk toe is dit Hendrik Boerr (Diederik van 7de laan) en Dorette Potgieter.

Ek is nog so besig om te gesels met Anton toe stap Stefan Ludik (Egoli faam) ook daar in.

Corsette het ook opgetree en hul DVD is te sien op MK.

Stefan Ludik en sy broer Hugo was op die stage. Die girls met hulle “Innibos” T-shirts het saam hom op die verhoog geklim en gedans! Die skare het dit nou geniet. As ek nou so bietjie jonger was, hmmmm was ek dalk ook op die verhoog – hehehhe.

Die volgende vertoning wat ek wou sien is Wasserfall. Eish die wêreld is klein. Ek was nie eers bewus daarvan nie, maar Larry Pullen is deel van die groep. Dit is die seun van my baas! Kan jy dit glo!!! So is die kunstenaars naby my, maar tog so vêr.
Larry is ook ‘n klankman vir van die groooooooooootttt kunstenaars, soos Eden en Nianell. Die ander lid van Wasserfall – Dewald – ken weer vir Annemé wat uitgaan met Dewald se nefie – Wouter.

MD Greyling was volgende op die lys! Terwyl MD besig was, het ons anatomie weer begin protester! Ons het besluit dat ons nou moet gaan kos soek.

Intussen was Jody, Ghapi & Patricia Lewis besig om die Standard Bank-verhoog! Ek wil almal sien, maar dit is ontmoontlik! En ja, Vuurvlieg is mos daar om die klein outjies te ondersteun.

Ons het na die hoofverhoog (Standard Bank) beweeg terwyl Eden opgetree het. Dit was soos in stampvol daar!!!!

Steve Hofmeyer was natuurlik die middelpunt van belangstelling! Dit is die vreemdste verskynsel - in my daaglikse lewe hoor ek altyd van die hordes mense wat hom nie kan hanteer nie. Wanneer ek by die optredes kom is dit vol!!!! So klink vir my as jy ‘n Steve aanhanger is – is dit soos ‘n broer in die tronk. Jy weet daarvan maar jy praat nie daaroor nie.

Boney M was na Steve op die verhoog! Jisss het ek terug verlang na my jong dae!!!!!!! Dit was amazing om na hulle te kon luister. Die aarde het gebewe soos wat die musiek gedreun het daar INNIBOS! As ek nou moet raai was Going back West die skare se favourite song!

Hulle het afgesluit met Let It Be! Ek het hoendervleis en trane in my oge gekry terwyl ek daarna te luister.

Die fees was toe nog nie vir ons klaar nie! Ons is weer Boskroegverhoog toe. JP moes na Straatligkinders gaan luister. Op daai stadium het my lyf gepyn en ek het erg koud gekry. Ek het maar vasgebyt en sterk gewees, ‘n mens kan nie sulke kanse laat verbygaan nie. Straatligkinders kon nog ‘n paar songs sing, want Foto na Dans het onttrek. Sou hulle baie graag wou gesien optree het.

Daar is heelwat kunstenaars by wie ek nie kon uitkom nie. Maar ek dink ek het die belangrikste kunstenaars gesien, gehoor en mee gesels! Hulle weet nou van www.vuurvlieg.co.za en www.radiosuidafrika.com.

Na ‘n heerlike nagrus en weereens ‘n heerlike ontbyt het ons Sondag so 11:30 uit Nelspruit gery. Eden en Kwagga se musiek was in ons CD player. My gevoel is dat Kwagga die ding sou doen daar Innibos!

Ons het gestop om gou iets te ete en drinke te kry. JP (Love On A Cross) het sy kitaar uitgehaal en ons vir die res van die pad vermaak! Hy is soooooooooo geïnspireerd. Ek dink dit is hoe al die ander kunstenaars voel, wat die fees bygewoon het, maar nie die geleentheid gehad het om op te tree nie. Die musiekbedryf is ‘n harde lewe!

Volgens my was dit ‘n baie suksesvolle projek!!!!!

Mag da Musiek wees!!!

Lize Kuhn se Briewe uit Singapoer

Nog iets nuuts, lees van Lize se wedervaringe in Singapoer. Julle kan haar kontak by lize.e.kuhn@gmail.com

Kabous se Bootrit

Hier is dan die hele storie van Kabous se bootrit verlede Saterdag. Hou maar die foto want hy gaan nog baie beroemd word.

'n Mens wil die 'creeps' kry as jy hoor van al die reëls, moets, moenies en wette van die plek dat mens amper te bang is om asem te haal, veral as mens nog nie die plek ken nie. Daar is so baie reëls dat die helfte van die mense nie eers bewus is van die meeste daarvan nie. Ek is nie geseën met 'n oorvloed geduld nie en ek gaan definitief nie tyd hieraan afstaan om die kuns aan te leer oor hoe om geduldig te wees nie, gevolglik wil ek ook nie wag totdat ek iemand kan opspoor wat my wél kan help as ek probeer uitvind of ek die een of ander mag doen nie. So het die goue middeweg my reël geword vir die oorlewing in Singapoer...............doen alles en wag totdat iemand vir jou sê dat jy dit nie mag doen nie. Juis hierdie benadering het meegebring dat my hondjie Kabous seker die eerste hond in Singapoer geword het wat op 'n bootrit op die rivier gegaan het.

Verlede Saterdag was Jean en Rulize ( dogter en skoonseun) se laaste aand by ons in Singapoer voor hul permanente vertrek na Australië en ons het besluit om vir 'n bootrit op die rivier te gaan maar Kabous mag nie by die huis bly nie en nog minder gaan hy by 'n "doggy sitter" bly want hy is dan deel van die familie en hy wil ook vir sy "sussie en boetie" koebaai sê, buitendien wil hy nie net hoor van die baie stadsliggies nie, hy wil dit self sien! Ja, Kabous verstaan Afrikaans baie goed en hy kan uitstekend kommunikeer sonder om sy mond oop te maak.

Dit is voor die hand liggend dat honde nie op 'n boot kan gaan nie maar ek weier om die bevestiging daarvan te hoor. Dolf en Rulize wou nog protesteer toe ek sê dat Kabous saamgaan maar ek hou my doof, ek wéét ek sal dit regkry om Kabous saam te neem op die rit, indien die noodlot teen ons is, dan sal ons twee maar soos twee gehoorsame landsburgers iewers by een van die buitelug restaurantjies gaan wag. Die impak van hierdie besluit sou my later tref!

Kabous se dra-sak word opgetel, hy word mooi uitgeborsel en so sit ons almal af om kaartjies te gaan koop vir die rit. Dit is nou juis hier, net voordat mens aan boord gaan, dat mens jouself maar so bietjie moet opdollie met so bietjie van 'n 'attitude' en maak asof jy toestemming van die Eerste Minister homself het dat jou hond op die boot mag gaan. Geeneen van die toergidse het eers probeer om te vra na Kabous se teenwoordigheid nie, want sien, ek en hy het toe altwee alreeds so 'n houding ingeneem dat ons definitief nie 'tyd' het om af te staan aan enige lastige vrae nie. Ek en hierdie hond het so 'n geweldige konneksie met mekaar hy het sommer net gewéét hoe om 'n houding in te neem. Dolf en die kinders loop so entjie van my af, hulle was te bang ek word voorgekeer met die hond ! Wys jou net, so moet elkeen vir sy eie oorlewing veg!

Aanvanklik is Kabous aan boord in sy dra-sak en namate die mense bewus en gewoond geraak het aan Kabous se teenwoordigheid is hy uit sy sak gehaal en het hy die aandag wat hy kry geweldig geniet en hy het die hele tyd net geglimlag met sy oop bekkie met 'n tong wat gedurig uithang. Die mense moes gedink het dat hy 'n baie belangrike hond is wat op die boot mág wees en gevolglik wou elke tweede persoon afgeneem word saam met Kabous! Naderhand het die mense lastig begin raak met hulle fotonemery, uitvra en geselsery! Hierdie was beslis nie deel van die beplanning om die aandag so op ons te vestig nie, ons wou slegs Kabousie saam met ons hê! Die mense se gekoek om ons gaan juis veroorsaak dat ek uitgevang gaan word!

Ek moes ongelukkig blatant lieg toe hulle uitvra oor watter tipe honderas Kabous is. Kabous het skielik in 'n kategorie geval waarvan net ek weet! Geeneen wat die aanhoor van die nuwe ras gehoor het, het ge-boe of ge-ba nie. Baie duidelik was daar nie hondekenners tussen die wat wel gevra het watter tipe hond hy is nie! En ás daar was, glo hulle nou beslis nie meer dat hulle kenners is nie want hulle het so pas 'n nuwe ras leer ken! Ek voel nou nog skaam dat ek so versrkriklik moes lieg, maar hoe moes ek nou maak om die hond se belangrike teenwoordigheid nou eintlik te verduidelik? Ek kan hom mos nie nou gaan staan en 'n minderwaardige 'pavement special' maak nie!! Ek het die rekenaar hoed opgesit vir die skaamkry en Kabous het die dotjie hoed gekry omdat hy so oulik was op die boot.

Selfs nadat ons van die boot af is het mense nog agter ons aangeloop en by die hond kom staan en geselskap aanknoop. Ek wens ek weet wat die mense gedink het, maar dat hy aandag getrek het is gewis. Skoonseun Jean het naderhand erg ongemaklik begin raak met die klomp mense wat so al agter ons aan is en hy wou toe weet of hier nie dalk regtig so iets soos 'n honde- of diere "celebrity" is waarvan ons nie weet nie en dat Kabous moontlik verwar word met 'n Singapoer BBP nie. Nee wat ek glo nie want die helfte van die mense op die boot was toeriste.

 

Peter Thomas Fotografie

Gaan kyk na my nuwe fotografie webwerf

Die Peterjasie webwerf

Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die Peterjasie internet ondervinding. Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van alles, en alles in Afrikaans. 

Anna se Kombuis

Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans. Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by jou. Klik gerus hier en kyk na haar resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar! As jy besluit om van haar boeke te bestel en jy noem dat jy daarvan hier te hore gekom het, sluit sy my Kampkosresepteboek gratis in!

Groot nuus! Anna het sopas nog drie samestellings die lig laat sien!
(1) n Bordvol peuselhappies
(2) Japtrap etes-Sonder al die sjlep
(3)Souse, doopsouse, smere en botters.
Prys R50 elk.
Indien sy bewys van betaling ontvang, stuur sy n samestelling van 15 verskillende blatjang resepte.

Kontak sommer dadelik vir Anna en plaas jou bestelling:   anna@minimax.cc . of 0822946799

Africana en ander boeke

Maroela Boeke en Tierberg Boeke - Ek het hulle nuutste katalogus sopas ontvang. Regs klik hier om dit af te laai.
Daar is ook 'n groot versameling Africana te kry by www.abebooks.com . Tik net Africana in die soekblokkie

Boeremusiek baanbrekers

Hierdie gaan nou 'n gereelde item word. Ek is bly om te sien dat die Boeremusiek tradisie nog so sterk staan....

Hans le Grange

Hans le Grange was ook 'n duet konsertina-speler maar sal veral onthou word vir sy versameling van 78-spoed boeremusiekplate. In die laat sestigerjare het Kosie Landman 'n program kon aanbied met Hans se plate en een van sy beuel grammofone. Gedurende hierdie uitsendings is ook heelwat van Hans se navorsing bekendgemaak. Sy broer Hannes het op 'n stadium op die komitee van die Konsertinaklub van SA gedien.
 

 

Bron: 15 Goue Jare:  1989-2004  Boeremusiekgilde  

Pasella

Iemand het vir my hierdie resepte gestuur, ek sien geen naam daarop of dat daar outeursreg daaroip is nie, so hier is dit vir julle. Regs klik hier om van die 7de Laners se resepte af te laai.

Peterjasie se Boererate eBoek

eBoek met om en by 2000 Boererate, net R60. Ek stuur sommer per epos en jy betal dan die bedrag in my rekening in, so maklik soos dit. Kontak my vir betalingsbesonderhede. Ook in Engels beskikbaar, laat my maar net weet. Met elke bestelling gee ek gratis afskrif van "Boererate en Verbruikerswenke" eBoek
 

 

Click Here Now!

Click Here Now!

Dial Direct Insurance

 
Webwerf Soeklig
 
 
Skoorkos is 'n blog wat resepte in geselsvorm, in Afrikaans, vir die gretige kosmaker bevat.
Dit is vol vinnige, vullende resepte, sodat die dun ribbes vinnig in 'n tevrede knoppensie getransformeer sal word!
Daar is resepte vir die wat weet hoe om met kos te flirt, en resepte vir diegene wat hulle kinders van kleins af wil leer kook.
Dit is 'n interaktiewe blog - jy kan kommentare los op resepte, of rate vra oor bestanddele - die hele gemeenskap lesers help gou.
Dit bevat ook skakels na ander webwerwe/blogs wat ook resepte in die Moedertong voorsit - propvol resepte uit die verlede, en lekkertes uit die hede.

 

Afrikaanse Gedigte

Nog iets nuut, ek skryf ook nou en dan en op sy tyd kan ek poësie ook lees. Ons Afrikaanse onnie op skool was besonders en het my 'n liefde daarvoor laat aankweek. Dit wys net weerens hoe 'n mooi taal Afrikaans is.

Muskietejag
A D Keet

Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
Van jou sal net 'n bloedkol bly
Hier op my kamermure.
Deur jou vervloekte gonsery,
Deur jou gebyt en plagery
Kon ek nie slaap vir ure.

Mag ek my voorstel, eer ons skei,
Eer jy die doodslag van my kry -
My naam is van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie,
Wees ook nie so kieskeurig nie,
Jy moet tog ééndag sterwe.

Verwekker van malaria,
Sing maar jou laaste aria -
Nog een minuut vir grasie.
Al soebat jy nou nòg so lang,
Al sê jy ook: ek is nie bang,
Nooit sien jy weer jou nasie...

Hoe sedig sit hy, O, die kreng!
Sy kinders kan maar kranse breng,
Nóu gaan die vabond sterwe...
Pardoef! Dis mis! Daar gaan hy weer!
Maar dòòd sal hy, sowaar, ek sweer -
My naam is van der Merwe!

Liedjie se oorsprong

Ek het mos 'n rukkie gelede bietjie navorsing gedoen oor die oorsprong van die liedkie Siembamba. Na aanleiding daarvan ontvang ek die volgende skrywe:

Hallo,
Ek en my man wonder waar kom al die wrede afrikaanse liedjies vandaan. Ons het op jou webwerf afgekom toe ons gesoek het na die betekenis van siembamba. Kan jy dalk vir ons meer inligting gee oor die woorde van Koljander, koljander so deur die bos. Dit is ook maar 'n wrede liedjie...laaste een se kop word afgekap.... Ons sal graag wil weet wat die oorsprong van die liedjie/speletjie is.
Baie dankie
Lerentia Strydom

As iemand kan help, laat weet my tog asseblief? dankie!

Kos stories - Frik Lombaard

Cocktails

Alles in die lewe het ‘n oorsprong, maar partykeer baklei mense om hulle weergawe van die oorsprong as waar en korrek te verklaar. So is dit ook nie anders met Cocktails nie. Die oorsprong kan moeilik bepaal word, en gelukkig ook so vir ons, want nou is hier ‘n paar interessante stories om te lees.

Gedurende die Revilisoeinere Oorlog in Amerika van 1763 tot 1810 het die Franse en Amerikaanse soldate gereeld besoek gebring aan die kroeg Hall’s Corner in New York. Daar het die kroeg dame ‘n drankie bedien wat sy Betsy’s Bracers genoem het. Amerikaanse soldate het gereeld hoenderhane gesteel by die Britse troepe. Nou is die storie onduidelik, maar lyk my die hane het saam met die manne gaan drink.

Elke keer as hulle Betsy’s Bracers gedrink het, het die Amerikaanse soldate geskreeu “Here’s to the divine liquor which is as delicious to the palate, as the cock’s tail is to the eye”, waarop die Franse soldate dan geskreeu het “Vive Le Cocktail”.

‘n Volgende storie is van ‘n ander kroeg ook in NY waar die kroeg eienaar stories aan die kliënte vertel het en ook sy mooi dogter daar laat werk het om guns te wen by sy kliënte. Peggy, die eienaar se dogter, het glo ‘n sterk en gevaarlike konkoksie gemaak, waarvan sy die resep geheim gehou het.

Peggy was verlief op ‘n matroos en toe hy eendag terugkom van sy ervaringe af het hy en sy geliefde vegtende hoenderhaan saam gehad. Die hoenderhaan se naam was Lighting. So het Peggy dan vir die matroos en die haan ja gesê. Die aand na die troue in die bed, toemaar ek weet, het Lighting gekraai (of het hy dalk gelag) en een van sy stertvere het losgekom en in een van die drankies geval. Peggy was so opgewonde (oor ‘n haan se veer, ek glo nie) dat sy uitgeroep het Lighting het die drankie sy naam gegee “Cocktail”.

Hier volg net so ‘n paar ongewone Cocktails uit Rocce de Villiers se boek Roctails.

Hier is my gunsteling
Jalatini
Die byskrif by hierdie een is “This one will change your blood group”
Chilli
2 Dele Vodka
½ t fyn gekapte jalapeno
½ t gerasperde suurlemoenskil
fyngekapte knoffel na smaak
ys

Plaas ‘n klein chilli in die glas. Plaas die ander bestanddele in ‘n cocktail shaker en skud goed. Gooi in glas en geniet.

Hier is nog ‘n egte Suid Afrikaanse cocktail. Nou wonder ek wat sal ‘n mooi afrikaanse woord wees vir cocktail. Hoendergatvere ? Laat weet my asb wat ons cocktails kan noem in Afrikaans. Die regte benaming is mos skemerkelkie maar kan ons nie ‘n ander benaming kry nie.

Kruisement blare
½ mampoer verkieslik Pynappel
2 Dele Cape Velvet
Ys

Kneus kruisement blare en gooi in cocktail shaker saam met mampoer.
Gooi Cape Velvet en ys by
Skud drink en geniet

Agterpad Reisnotas - versamel deur Braham van Zyl

Ek luister mos een Saterdagoggend na Amoré Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg een van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te kom. (Eposdres onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nuubrief uit.

Van Suurbraak tot Riversdal, berg langs: Wes-Kaap Provinsie

Kempie Rheeder van Welgemoed in die Kaap, skryf en vertel van ‘n besonderse pad wat al teen die voet van die Langeberg vanaf Swellendam, by Suurbraak en Heidelberg verby, tot by Riversdal loop.
Hierdie pad waarvan Kempie vertel, is een van my gunsteling agterpaaie, en ek het ook al heelwat toere daarlangs begelei. Dit draai so ‘n paar km oos van Swellendam by die R324 na Suurbraak van die N2 af. Van Suurbraak af gaan dit by die Grootvadersbosch Natuurreservaat verby en oor die heuwels na Heidelberg.
By Heidelberg ry jy by die golfbaan verby noordwaarts, berg se kant toe, en draai dan by die pad na die Gysmanshoekpas skuins die heuwel uit. Bo aangekom, kan jy jou aan ‘n reg rondom landskap verkyk. Daarvandaan gaan die paadjie al teen die Langeberg se voet op en af deur klowe en oor heuwels, om digby Riversdal weer by die Garciapas se R323 teerpad aan te sluit. Kort voor Riversdal kan jy ook na die Korinterivierdam, waar akkommodasie beskikbaar is, afdraai.
Reisigers wat van Riversdal se kant begin, kan met die R323 uit die dorp uit ry en kort by die Oakdale Landbouskool links afdraai na die Korinterivierdam. Dis ook die bergkloofpad wat hierbo beskryf is.
Iewers langs hierdie bergpad, nader na Heidelberg se kant toe, kan jy noordwaarts, berg in, na die Gysmanshoekpas afdraai. Dit was op ‘n tyd ‘n amper onbegaanbare bergpaadjie oor die Langeberg, maar is deesdae met gewone motorrygoed ook heel rybaar. Hierdie Gysmanshoekpas volg so half en half dieselfde pad as wat die ou Paardekop wapad gevolg het. Aan die noordekant van die Langeberg bring Gysmanshoek se pad jou by ‘n T-aansluiting by ‘n oos-wes grondpad uit, waar jy weswaarts na Barrydale se kant kan draai, of ooswaarts na Riversdal, Ladismith of Vanwyksdorp.

Skryf vir Braham en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy reisbeskrywings direk van hom af! e-pos :
info@explore-sa.com

Glimlag!
 
 


Die oom en dogter staan langs die graf van die tannie wat maar bedonnerd was op die plaas.
Vreeslike weer steek op en die bitse slat.
Seg die oom vir die dogter: "Lyk my mammie het daar aangekom."  

Die boer se enigste haan is dood en hy besluit om by die Kaapse mark te gaan kyk vir 'n plaasvervanger.
Daar aangekom, kry hy vir Gatiep wat 'n haantjie te koop aanbied.
"Hierdie haantjie is soos Outsurance - hy dek alles" beduie Gatiep,en Boer koop hom toe.
Op die plaas word haantjie by die henne ingegooi, en soos Gatiep beloof het, is die haantjie vreeslik gewillig en in 'n oogwink draf hy al die henne deur.
Toe boer weer kyk, is hy by die eende, toe by die ganse, by die kalkoene, en boer is sommer baie tevrede met sy kopie.
Toe hy later gaan melk kry hy sowaar vir haantjie by die koeie doenig.
Toe die skape later kraal toe kom, vaar hy tussen hulle in.
Die boer is sommer baie in sy skik met hierdie haantjie. Maar die volgende oggend kom ou Simon by die boer and deel hom mee dat haantjie dood le in die veld. Hy wys na waar die aasvoels dan ook reeds al draai.
Die boer is sommer baie hartseer, en hy en Simon stap soontoe om vas te stel wat met haantjie gebeur het.
Toe hulle naby kom, lig haantjie sy kop en fluister: "Gaan weg, ek's OK. Ek wag net vir daardie aasvoels om te land..."

Jannie sit op 'n vliegtuig langs 'n tannie en doen sy blokkiesraaisel.
"Skuus tog tannie," sê Jannie "ek wil net seker maak van die een." "Wat van 'n vrou word soms as aantreklik beskou, maar as jy op verkeerde manier daarmee karring kan dit infeksie opdoen? Ses letters, eindig op _oesie."
"O, dis maklik." sê die tannie "Dit is 'n moesie."
Jannie: "Het tannie dalk 'n uitveër?"
 
Etiket vir 'n suksesvolle braai

Die volgende stuk het al rondgeswerf op die internet, meeste het dit seker al gelees, vie die van julle wat dit nog nie gelees het nie, hier is dit weer:

Onthou braai is nie 'n geval van lewe en dood nie, dit is baie ernstiger as dit.

Maak seker of dit 'n bring-en-braai is en of die gasheer/braaier die vleis gaan voorsien. In laasgenoemde geval, mag jy steeds nie met leë hande opdaag nie. Bied aan om slaai, poeding of skyfies te bring. 'n Bottel wyn, of jou gasheer se gunsteling sixpack sal ook nie onvanpas wees nie.

Vind uit wat jou gasheer gaan braai. As hy tjops braai, vat jy tjops saam ens. Dit vergemaklik net die braai proses en laat meer drink tyd vry. 'n Ma-se-moerse steak en groot pak FreeRangeChicken Flatties is nie iets wat jy na 'n bring-en-braai toe vat nie!

Besluit voor jy ry na die braai toe of jy 'n man of 'n vrou is. As jy 'n man is sorg dan dat jy by die braaier/braai staan. Die enigste uitsondering op die reël is as jy die enigste mens by die braai is wat 'n Wes Kaspiese slangeier slaai kan maak, dan en alleen dan mag jy vir die duur van die slaai maak proses in die kombuis vertoef.

'n Braaier mag glad nie alleen by die braai wees nie, no matter what! Die braai begin met maak van die vuur, nie wanneer die vleis opgesit word nie.

Dit is jou plig as nie-braaier om te sorg dat die braaier en sy gade se glase altyd 'n redelik mate van vog bevat, dit is onverskoonbaar dat die braaier sy eie dop moet skink.

Tensy jy die Wêreld Braai Kampioen is, mag jy nie raad gee aan die braaier sonder dat hy eksplisiet daarom vra nie. Jy vat hom in die gesig, asook die persoon wat hom geleer braai het - gewoonlik sy pa.

As die braaier vir 'n wyle weg is van die braai, om welke rede ookal, is dit jou plig as nie-braaier om na die vleis te kyk en te sorg dat dit nie brand nie. As jy die vleis gedraai het in sy afwesigheid, laat die braaier weet met sy terugkoms. (Jy mag in sy afwesigheid ook net jou eie vleis met spices bedek, verder is hy in beheer van die speserye)

Sigaret stompies mag nimmer as te nooit in die vuur gegooi word voor of tydens die braai proses nie. Slegs nadat die vleis alles gaar is kanjy met 'n cool houding jou stompie in die geselsvuur skiet.

As jy die enigste man by 'n braai is, bied aan om die braai te hanteer. As die gasvrou egter nie wil hê jy moet braai nie, geld alle reëls ten opsigte van die braaier en nie-braaier verhouding steeds.

Drink so dat jy nie inkonk voor ete nie. Jy mag egter "uitpass" enige tyd na ete - op eie tyd en teiken.

Maak seker dat jy ten minste een of twee flippen snaakse grappe het om die braaier mee te vermaak terwyl hy braai. Gewigtige onderwerpe moet liefs gehou word vir na ete as almal lekker gesuip is.

Onthou ten alle tye braai is 'n eeue lange tradisie, en die hoeksteen van Afrikaner kultuur, hoe meer jy braai hoe sterker word ons kultuur.
En onthou, ons is NIE Amerikaners nie, ons braai NIE viennas of hamburger patties nie. Die vrouens kan dit in 'n pan op die stoof gaarmaak. Ons mors nie ons bosveld braaihout nie.

Gesondheid!

 

 
Resepte

Hier is resepte van 'n Word dokument wat iemand my lank gelede gestuur het, ek begin sommer heel voor en werk deur die alfabet:

Geurige Hoender en Pastagereg

Met sondroë tamaties en pesto in die kas is dit altyd maklik om 'n heerlike gereg op die tafel te sit.
400g tagliatelle-pasta
25 ml olyfolie
20 ml botter
4 hoenderborsies, in repies gesny
250 g sampioene, gehalveer
1-2 knoffelhuisies, fyngekap
sout en vars gemaalde swart peper
1 pakkie (240 g) sondroe tamaties
1 pakkie (125g) basielkruidpesto
40 ml botter
40 ml koekmeel
350 ml melk
150 ml gerasperde beleë chedderkaas
Voorverhit die oond tot 220°C en smeer 'n oondbak liggies
Kook die pasta in soutwater tot gaar
Verhit intussen die olie en botter en braai die hoender, sampioene en knoffel tot dit begin bruin word.
Geur met sout en peper na smaak. Roer die sondroë tamaties en pesto by die hoender en laat deurwarm word.
Berei in tussen 'n witsous met die botter, meel en melk en geur met sout en peper na smaak.
Skep die helfte van die gaar pasta in die gesmeerde bak. Skep al die hoender op die pasta en bedek daarna met die res van die pasta,Smeer die witsous oor die pasta en sprinkel die kaar oor. Bak net tot die kaas begin smelt.

Gestoofde Hoender met Pasta

Hoenderporsies na gelang van hoeveelheid mense
15 ml paprika
60 ml botter
250 ml hoenderaftreksel
5 ml sout
1 ml peper
250 ml room
100 ml fyngekapte pietersielie
1 soetrissie repies gesny
200 gr pasta gekook en gedreineer.
Braai paprika effens in botter. Voeg hoender by en braai aan weerskante tot bruin.
Voeg aftreksel, sout en peper by. Sit deksel op en stowe tot vleis sag is.
Voeg room, pietersielie en rissie by en stowe vir nog 10 min.
Voeg pasta by, meng liggies deur en geur met sout indien nodig.
Verhit tot goed warm en bedien met slaai.

Hoendergereg

1 kg Hoender
1 Pak groot kaaskrulle
2 koppies Melk
6 Eetlepels koekmeel
3 Teelepels Margarien/botter
1 Pak Macaroni
Knippie sout en vars gemaalde swartpeper vir smaak
Verhit oond op 180°C. Oondvaste bak.
Maak die hoender gaar. Laat afkoel en ontbeen. Hou een kant.
Maak witsous van die melk, botter en koekmeel. Voeg sout en swartpeper by na smaak.
Kook die Macaroni tot gaar.
Skep in lae van macaronni en dan hoender en krummel die kaaskrulle bo-oor die hoender. Laaste die witsous en gaan aan met lae. Heel laaste die witsous waar daar weer kaaskrulle op gekrummel word.
Bak in oond tot kaaskrulle half gesmelt het. Bedien op met lekker Griekse slaai!!!

Hoenderlewerpatee

Roer braai 500 g hoenderlewers in 30 ml botter tot net gaar
Voeg 1 buisie (125 g) gekoopte lewersmeer by
Roerbraai en druk fyner met 'n vurk
Voeg 45 ml sjerrie by
Laat afkoel en verwerk in voedselverwerker tot glad
Skep uit en meng 30 ml suurroom en 250 g geroomde maaskaas by
Verkoel

Hoenderlewers op 'n stokkie

Klits:
125 ml olyfolie
10 ml gekapte roosmaryn
2 fyngekapte knoffelhuisies
30 ml wit wynasyn
5 ml fyn gerasperde suurlemoenskil saam
Sny 2 rooi soetrissies in stukke en ryg afwisselend met hoenderlewers aan sosatiestokkies
Plaas in bak, giet marinade oor en laat staan vir 1 uur
Oondbraai dan vir 6 minute by 200ºC tot gaar

Hoenderpastei

1 hoender ontbeen
hoenderspeserye
paprika
sout en peper
2 blikkies gemengde groente
1 blikkie hoendersop
1 blikkie sampioensop
1 pakkie sampioene gekerf
1 rolletjie blaardeeg
Kook die hoender tot gaar. Voeg die speserye na smaak by laat lekker deurkook
Voeg die gemengde groente en blikkies sop en sampioene by en laat kook. Indien dit te souserig is verdik met 'n bietjie mielieblom - laat lekker deurkook
Gooi in pan, rol blaardeeg uit, voeg bo-op. Verf met 'n bietjie eier en melk.
Bak by 180°C tot bruin.

Hoenderstukkies / Maalvleisbolletjies

440 g Pynappelstukke
125 ml bruinsuiker
125 ml asyn
10 ml worcerstersous
5 ml sout
125 ml tamatiesous
22.5 maizena
Kook pynappelsous, suiker, asyn, worcerstersous, tamatiesous, sout saam. Voeg maizena by en dan die pynappelstukke.
Gooi alles oor vleis en bedek met tinfoelie en bak in oond. By 180°C.

Hoendervlegsel

Deeg:
240 g (500 ml) koekmeelblom
15 ml (1 groot eetl) bakpoeier
5 ml sout
250 g botter
250 g bakkie gladde maaskaas
Vulsel:
60 g (60 ml) botter
5 ml olie
5 gaar hoenderborsies (vel verwyder, ontbeen en in blokkies gesny)
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, gekap
250 g sampioene, in skyfies gesny
sout en swartpeper
30 ml (2 groot e) gekapte pietersielie
Wit-kaassous:
2 eetl botter
2 opgehoopte eetl koekmeelblom
2 koppies melk
50 g (125 ml) gerasperde cheddarkaas
1/4 teel sout
Berei deeg: Sif droë bestanddele saam. Room botter tot lig en voeg maaskaas by. Klits net tot gemeng. Voeg by droë bestanddele en sny in. Meng tot sagte, hanteerbare deeg en bêre in yskas terwyl vulsel gemaak word.
Berei vulsel: Verhit botter en olie en braai hoender vinnig tot goudbruin. Plaas eenkant.
Soteer uie en soetrissie tot sag, voeg sampioene by en braai tot sag. Voeg by hoender en geur met sout en peper.
Maak witkaassous: Verhit 50 g botter in aparte kastrol, roer meel by en klits melk by. Voeg kaas by. Roer hoendermengsel by en plaas eenkant tot afgekoel. Vulsel moet koud wees voor dit gebruik kan word.
Rol deeg in reghoekige vorm en plaas op gesmeerde bakplaat. Skep hoendervulsel op middelste deel sodat 100 mm rondom oop is. Sny oop dele in repe van 15 mm breed en sny tot teenaan vulsel. Verf geklitste eierwit bo-oor. Vleg deegrepe oor vulsel sodat dit bedek is. Verf geklitste eiergeel bo-oor. Plaas ongeveer 30 min in yskas.
Bak 30-35 min by 180°C of tot goudbruin. Sny in skywe en bedien warm saam met slaai.

Hongaarse Aartappelgebak

60 ml (4 e) botter
2 groot uie dik gesny
1 knoffelhuisie fyngedruk
125 ml (1/4 k) ham gekap
30 ml (2e) vars pietersielie
sout en vars gemaalde swart pepper na smaak
neutmuskaat na smaak
7 ml (1 ¼ t) paprika
500 g gaar aartappels in skywe gesny
250 ml (1 k) suurroom
1 ekstra groot eier
150 ml gerasperde kaas
Voorverhit oond tot 180°C. Smeer oondpan
Verhit botter en soteer uie daarin tot sag. Voeg knoffel by en soteer verder
Voeg nou ham, pietersielie, sout, peper, neutmuskaat en parika by
Voeg aartappels by Braai liggies en skep alles in die voorbereide oondbak
Klits suurroom en eier liggies saam en giet oor
Sprinkel die kaas oor en bak vir 30 minute tot goudbruin (Genoeg vir 6 mense)

Hops Suurdeeg

Kan hops by 'n gesondheids winkel koop of by 'n apteek. Dit is gewoonlik by die gesondheids produkte.
Kook ongeveer 1 koppie rosyntjies (met pitte) en drie koppies water totdat die rosyntjies sag is. Laat afkoel tot louwarm en druk rosyntjies fyn.
Kook ongeveer 3 gelykvol eetlepels hops en 3 koppies water. Bring net tot kookpunt. Laat afkoel tot louwarm, sif deur en gooi vloeistof by rosyntjies.
Laat staan vir ongeveer 48 uur totdat dit goed "kook".
Wanneer wil gebruik sif deur 'n groot sif en gebruik die vloeistof (gooi die rosyntjies weg). Gebruik ongeveer 2 koppies suurdeeg vir brood.
[Ek dink jy kan die plantjie oor en oor gebruik deur dit "in te suur" met dieselfde metode soos bo beskryf in die suurdeegplantjie resep. Jy gebruik 'n plantjie van die vloeistof (sonder die rosyntjies) en gooi sout, suiker en meel by en laat staan dit om te rys. Wanneer die meel opstyg is dit regm Die hops suurdeeg is baie lekker en gee die brood/beskuit 'n lekker smaak.]

Ingelegde Noedelslaai

500 g Pasta (enige een van u keuse) ek verkies klein skulpnoedels
375 ml kookolie
250 ml wit asyn
1 kg tamaties geskil en gesnipper
1/2 kg uie fyngekap
200 ml suiker
20 ml sout
100 ml mayonnaise
2 groen rissies gesnipper
2 koppies gaar gemengde groente (bv. wortel, ertjies, mielies, boontjies)
Kook uie, tamaties, groen rissie, asyn, suiker en 325 ml olie vir 15 minute of tot sag.
Kook noedels tot net sag in groot kastrol met net genoeg water en 20 ml sout met res van olie.
Dreineer goed en voeg pasta, groente en mayonnaise by uiemengsel. Kook goed deur.
Lê in terwyl nog warm is en verseël


Ingemaakte Spaghetti

3½ kg tamaties
500 g uie
4 e appelkooskonfyt
1½ k suiker
1 k asyn
1 t fyn naeltjies
1 t peper
1 t neut
1 e sout
250 g egte botter
1 boks spaghetti
Kook tamaties tot gaar. Haal skille af. Versap.
Kook ui in water tot sag. Versap saam met tamatie
Kook spagetti sag - nie pap nie. Water af.
Voeg alles bymekaar. Laat kook 10 min.
Bottel warm.


Japtrap Bone

kookolie
2 uie, fyn gekap
1 groen soet rissie, fyn gekap
10ml kerrie poeier
2ml gemengde kruie
1 blikkie boontjies in tamatie sous
Braai die ui en soetrissie in 'n klein bietjie kookolie.
Voeg die kerriepoeier en kruie by, en braai nog sowat een minuut. Roer die boontjies by en verhit. Bedien warm.


Japtrap Ete

3 groot geskilde aartappels
1 ui fyn gekap
1 groenrissie fyngekap
olie
500 ml maalvleis
1 tamatie
2 ml neut
sout & peper


Kaassous:
15 ml margarien
250 ml melk
15 ml meel
250 ml kaas
30 ml sagte broodkrummels
Sny aartappel in 1 cm skywe Ontvel tamatie & rasper
Kook aartappelskywe to sag,Plaas in 'n bak
Braai olie, uie & rissie & voeg maalvleis by
Voeg tamatie, geurmiddels, sout & peper by
Prut , Skep oor aartappels
Gooi van die kaas in witsous en die res saam met die broodkrummels bo-oor vleis


Joghurt Yskastert

1 liter aarbeijoghurt
1 pakkie aarbeijellie
1 koppie warm water
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie tennisbeskuitjies
Los jellie in water op, laat bietjie afkoel.
Gooi joghurt by en ook kondensmelk en meng goed.
Gooi in lae met tennisbeskuitjies tussenin en sit in yskas om te stol. (Beste om 'n dag voor die tyd te maak).


Joghurt-Tert/Poeding

500ml Joghurt
1 Pakkie jellie
1 blikkie kondensmelk
1 houer vars room [250 ml]
Vars of ingemaakte vrugte.
Grenadillamoes saam met Grenadilla
Joghurt [opsioneel]
Gebruik enige geur joghurt van jou keuse en gebruik dieselfde geur jellie.
Suurlemoenjellie is veilig om saam met alle joghurts te gebruik aangesien daar nie alle geure jellies beskikbaar is nie.
Meng jellie met 1 koppie kookwater en laat afkoel.
Klits alle bestanddele goed saam tot romerig.
Vir poeding:
Gooi in bak en laat stol in yskas
Vir tert:
Pak beskuitjies of konfytrol ("jamroll") in tertbak en gooi mengsel bo-oor en laat stol in yskas

Kaasballetjies

Wit van 2 eiers
6 eeteel gerasperde Cheddar kaas
1/2 teel sout
knippie rooipeper
Klits eierwitte styf en vou die ander bestanddele in.
Vorm die balletjies so groot soos okkerneute en braai in diep - olie.
Dreineer op bruinpapier, rol in fyn gerasperde kaas en dien warm op aan peusel-stokkies.
Lewer 1 dosyn of meer.

Kaas-en-Chilli Poffertjies

Maak ± 12)
250 ml Snowflake Bruismeel (140 g)
5 ml bakpoeier
1 ml sout
2 ml mosterdpoeier
7 ml gekapte chillies of 2 ml rooi peper
250 ml gerasperde Cheddarkaas (100 g)
1 ekstra-groot eier
125 ml melk
15 ml botter, gesmelt
Verhit oond tot 200°C.
Sif droë bestanddele saam. Sit chillies en kaas by.
Klop eier, melk en gesmelte botter.
Plaas by droë bestanddele en meng liggies.
Skep lepels vol in ‘n poffertjiepan en bak 10-12 minute.
Bedien warm.

Kaaskoek Tipe-Tert

Kors:
1 Pakkie Tennisbeskuitjies
2 groot lepels margarien / botter
(Smelt botter in mikogolf of op plaat. Sit beskuitjies in plastieksak, slaan en trap daarop totdat dit baie fyn is. Meng in tertbord met beskuitjies en druk vas as kors.)
Vulsel:
1 blikkie (410g) gunstelingvrugte (appeliefie/ aarbei/ koejawel)
1 koppie volgeprop met malvalekkers (marshmallows)
1 houertjie (koppie) vars room
Smelt die Malvalekkers (marshmallows) op die plaat - haal dan af, voeg 'n bietjie van die vrugtestroop in die blik by, gooi die res weg of drink dit (baie lekker)
Sny die vrugte (as dit groot is - los appeliefies net so) in klein stukkies, en voeg by.
Klop room styf en vou dit daarby in, skep in die kors en sit in die yskas vir net 15 minute - en dien op.
Ideaal vir onverwagte gaste!!! Dit kan sommer 'n nagereg ook word in nood… dien op met roomys

Kaaskoekies

250 gm cheddarkaas
250 gm meelblom
1/2 teel peper
250 gm botter
1/2 tl sout
knippie rooi peper
Sif die meelblom, sout, peper en rooipeper in 'n mengbak.
Sny die botter in klein stukkies en vryf dit in die gesifte meelmengsel.
Rasper die kaas nou by die mengsel en vryf goed in.
Die deeg is baie ryk en u sal vind dat dit in 'n plat pan gedruk kan word of in 'n kolwynpannetjie.
Bak teen 230°C tot ligbruin.

Kaaspoffertjies 1

1 koppie meelblom
1/2 teel sout
4 teel bakpoeier
1 eier
knippie rooipeper
3/4 koppie melk
1 groot koppie gerasperde kaas met sterk geur
1 teel mosterd
1 eeteel gesmelte botter
Klits eier en voeg melk by. Voeg kaas, mosterd en botter by.
Sif ander bestanddele en meng goed. Dit is 'n slap deeg
Sit 'n teelepelvol in gesmeerde kolwyntjie pannetjies.
Bak vir 10 minute teen 220°C. tot mooi goudbruin.
Smelt intussen 5 tafellepels botter en 4 teel Bovril en gooi oor poffertjies sodra dit uit die oond kom. Bedien warm.

Kaaspoffertjies 2

1 koppie meelblom
1/4 teel peper
sout
1 koppie melk
1 koppie gerasperde sterk kaas
3 gelyk teel bakpoeier
1/2 teel mosterd
Meng alles en voeg dan melk by. Bak vir 10 minute teen 230° C in goedgesmeerde kolwyntjiepannetjies.

Kaassmeer

1 kg prosseseer kaas
1 lt lang lewe melk
Plaas die melk in 'n pot op die stoof oor matige hitte, en sny die kaas in stukkies in die melk.
Roer aanhoudend totdat die kaas gesmelt het om klontjies te voorkom.
Sodra die kaas heeltemal ingesmelt het, kan jy jou eie inisiatief gebruik vir enige ekstras wat jy wil bysit; bv fyn biltong, peper, ens.
Dit maak 'n redelike groot hoeveelheid kaassmeer en is BAIE goedkoper as die wat jy in die winkels aankoop en dis baie lekker!

Karamel Yskastert

1 Blik gekookte kondensmelk
1 Pakkie tennisbeskuitjies
750 ml Melk
75 ml Vlapoeier
3 Piesangs
1 Houertjie vars room
3 Teelepels suiker
Neute vir garnering (opsioneel)
Maak vla aan van 750ml melk en 75ml vlapoeier. Geen suiker nie, anders is dit te soet.
Meng die Karamelkondensmelk en die vla saam.
Breek tennisbeskuitjies in stukkies, maar nie te fyn nie, kan redelik grof wees.
Meng tennisbekuitjies by die vlamengsel.
Skep in 'n bak en verseël. Laat oornag in yskas.
Sny die piesangs in skywe bo-oor die koue mengsel.
Klits die room en suiker saam tot styf en smeer bo-oor die piesang.
Garneer met neute en plaas terug in die yskas tot benodig.
Bedien net so koud as nagereg of tert.

Karamelpoeding

Beslag
2 koppies meelblom
2 teelepels bakpoeier
2 ml sout
Sif saam.
1 koppie suiker
4 eetl appelkooskonfyt
2 eiers
2 koppies melk
Klits suiker, konfyt en eiers baie goed saam en voeg meelmengsel by.
Voeg 2 koppies melk geleidelik hierby.
3 eetlepels asyn
2 teelepels koeksoda
Meng en vou in mengsel in.
Bak in 'n groot skottel vir ongeveer 45 min by 200°C.
Sodra dit gaar is, haal uit oond en gooi sous oor.
Sous
2 koppies suiker
2 koppies melk
1 eetelepel vanilla
1 koppie water
125 ml botter
Kook alles saam en gooi oor warm poeding.

Karamel-Yskaskoek

Kors:
Halwe pakkie Nutty Crust-beskuitjies, gekrummel
25ml botter gesmelt
Meng die beskuitjiekrummels en botter en druk dit vas in 'n gesmeerde losboompan, 240mm in deursnee.
Vulsel:
125 ml Vars room
2 Sakkies Orley Whip
1 Blikkie (380g) karamel
1 Bakkie (250g) geroomde maaskaas
15 ml (Een koevertjie) gelatien, opgelos in 125ml water
125 ml Strooisuiker
10 ml Karamelgeursel
Klop elkeen van die twee rome afsonderlik styf en hou eenkant.
Klop die karamel en maaskaas saam.
Roer die opgeloste gelatien, strooisuiker en geursel by die karamelmaaskaasmengsel.
Vou die twee styfgeklopte rome in en giet die mengsel in die kors. Laat stol oornag in die yskas.
Versier met kappertjies of gerasperde sjokolade.

Karringmelkbeskuit (4 kg uitgedroog) halwe resep in (hakies)

3 kg Bruismeel (1 ½ kg)
750 ml suiker (375 ml)
10 ml Sout (5 ml)
30 ml Bakpoeier (15 ml)
9 Eiers (Ekstra groot) (5)
1 Liter karringmelk (2 500ml)
750 g Margarien (375 g)
Meng droë bestanddele. Voeg effens gesmelte margarien by. Meng deeglik tot fyn krummels.
Klits eiers goed. Klits melk daarby en voeg by mengsel. Meng goed - knie heelwat vir beter tekstuur.
Maak bolletjies so groot soos hoendereiers en vul 6 gesmeerde beskuitpanne (afhangende van grootte van panne).
Bak teen 180º C vir een uur. Laat heeltemal afkoel.
Breek in stukke en droog 4 ure in oond teen 100º C.
Bring ook 'n stukkie hiervan vir my om te proe en geniet die res!!!  

Boererate

Hi,

My ma het 'n wonderlike boererate boek. Hier is 'n paar rate wat getoets is. Ek het dit op myself en my man getoets, en glo my, DIT WERK!

Om hare vinniger te laat groei:
1: Spoel gereeld met koue water af - bv elke keer as jy hare was
2: Braai roosmaryn in vet (Varkvet of skaap) en smeer aan kopvel - was volgende dag

Vir mooi blink hare:
Breek 'n eier oop (afhangende hoe lank jou hare is) en gooi so 10ml brandewyn/eier by. Klits goed en smeer op jou hare. Jy sal verbaas wees hoe lig en vol "body" dit jou hare laat voel. En dan natuurlik die mooi gesonde blink skynsel!

Die WONDERS van rooipeper:
Drink 'n half teelepel rooipeper (cayenne pepper) op 'n halwe glas louwarm water of melk elke oggend op jou nugter maag, of maak jou eie kapsules met rooipeper. 2 Kapsules = 'n half teelepel. Kapsules te koop by enige apteek. Nou ek gaan niks wegsteek nie, jou portenjorts sal vir die eerste +-2 keer wat jy toilet toe gaan bietjie brand, maar moenie dat dit jou afskrik nie. Dit is rêrig nie so erg nie, en ek belowe jou, dit is net tot jou gestel gewoond is daaraan. Vir diegene wat dit gedrink het na jy geëet het, drink net 'n halwe glasie melk as dit voel of jy wil sooibrand kry. Daarom stel ek voor jy drink dit voor ete en nie na ete nie

Dit werk vir:
*Aambeie
*Hoë bloeddruk en hoë cholesterol (dit verseker ek julle. My man se cholesterol was deur die dak. Die gewone metertjie by die dokter kon dit nie eers lees nie. Hy moes elke keer eers bloedtoetse doen voor hulle kon vasstel hoe hoog sy cholesterol was)
*As jy 'n paar oortollige kilo's wil afskud. (Appelasyn werk ook) So halwe "tot" elke oggend - verkieslik voor jy iets eet. Kan gedrink word met water / bietjie heuning.
*Sooibrand
* Dit help ook vir as jy effe hardlywig is.
* Maagseer

'n Teelepel lynsaad in die oggend oor ontbytpap is ook baie goed om hoe cholesterol af te bring. (Hierdie raat het ons by 'n homopatiese dokter gekry, en dit werk beslis) Die saad is baie hoog in omega 3 en 6 natuurlike plantolies, en is nie net gesond nie, maar ook medisyne vir die hoë cholesterol.

Om split naels / "brittle" naels te versterk:
Vat 'n rou aartappel met skil aangelos en as jy bv sit en TV kyk, druk jou naels in die aartappel in. Doen dit vir 'n paar keer, en jy sal verbaas wees hoeveel sterker dit jou naels maak. Ek het my naels gekou toe ek jonger was, en in matriek diè raat gevolg. (soos alle meisies, wil jy mooi langerige naels hê met 'n "french manikuur") Terwyl almal naels opgeplak het of gelnaels op moes sit omdat hul naels 3 dae voor die matriekafskeid gebreek het, kon ek pronk met my mooi gesonde natuurlike naels.

As jy te veel sout by kos gegooi het, gooi net 'n halwe aartappel (as die aartappel groot is) by - dit trek die oortollige sout op.

Wanneer jy bak en jy het dalk te min eiers, kan jy 'n eier vervang met een eetlepel asyn. As jy bv 4 eiers benodig, het jy net nodig om 2 in te sit, en dan 2 eetl asyn.

Om groen avo's vinneger ryp te laat word, sit dit by 'n ryp piesang of visa versa.

Om jou niere gesond te hou, of as jy sukkel met nierinfeksies / nierstene, drink elke oggend op jou nugter maag so 2 eetlepels suurlemoensap op bietjie water. Dit is baie goed vir die niere, en ook vir jou vel.

NB: Als wat as 'n suur by jou mond ingaan, word alkalies in jou maag, en als wat alkalies ingaan, word 'n suur.

Ek hoop hierdie paar rate kom handig te pas vir ander mense soos ons wat eerder die mees natuurlikste en gesondste goed wil gebruik om onsself te "dokter".

Boererate Groetnis,
Anca Pretorius
 

My Boererate eBoek bevat bykans 2000 Boererate en kos maar net R60, ek stuur dit sommer per epos.
Kontak my vir besonderhede  peter@peterjasie.co.za

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Nog gevleuelde woorde van ST:

Moed om een talent uit te leef

Die naweek was ek op die Kaapse Waterfront. So 'n trietsige misreëntjie kuier saam en in die winterkoue is meeste mense warm aangetrek in baadjies, jasse en truie. In die klein oop amfiteater stel 'n paar jongmense hulle orkes op om te speel.

Ek verwonder my soms aan ons jeug om soveel moed aan die dag lê met daad en aksie. Ek het grootgeword in 'n omgewing en era wat baie beperkend op my was. Ek is grootgemaak, opgevoed, geslaan en geforseer om op 'n sekere manier te dink en te leef. Vir kreatiewe selfverwesenliking en uitleef van my potensiaal is ek as jongeling nie veel ruimte en geleentheid gegun nie. Ek dink geneties is ek 'n regterbrein, maar is met "opvoedkundige" tirannie tot 'n funksionele linkerbrein gedwing.

Vandag se jeug het soveel geleenthede en dit is fantasties om te sien hóé hulle daarvan gebruik maak. Dink byvoorbeeld aan talle Afrikaanse jeugdige popgroepe soos Straatligkinders en Foto na Dans wat met opgewonde durf hul ding doen. Ek verbaas my aan jongmense wat op 'n vliegtuig kan klim en die onbekende aanpak. Hulle vlieg oorsee en klim af daar doer in 'n vreemde land en begin werk soek. En dis sommer die wêreld oor waar ons jongmense woon en werk, plekke soos Kanada, London, Australië, Nederland, Amerika, New York en noem maar op.

Ons jeug het die moed en durf om geleenthede te gryp en uitdagings aan te pak en voluit te gaan. Hulle stel inderwaarheid vir ons ouer generasie 'n voorbeeld.

En nou kom ek by jou!! Hokaai, wag 'n bietjie sê jy, ek is al te oud vir sulke goed. As ek iets moes gedoen het, moes ek dit gedoen toe die kanse daar was. Maar nou is ek in my dertigs, of dalk veertig, vyftig of sestig. Miskien sewentig.

Die vraag wat ek egter aan jou wil vra is: wat is die één talent wat jy graag voluit sou wou ontwikkel?

Miskien hunker jy lankal op 'n idee, maar jou talent is onder die stof van kritiek toegesmeer en as 'n belaglike gedagte afgemaak. Iemand soos 'n ouer, onderwyser, vriend, kollega of eggenoot het jou idee met negatiewe opmerkings vermoor. Jy het opgegee en jou drome en talente weggepak en jy het verval in die sloer van die lewe. Wat sal egter gebeur wanneer jy opstaan vir jouself, daardie een talent van jou opneem, met volle krag en mag jou energie daaraan toewy. Is jy werklik te oud? Met jou kennis en ervaring, kan jy moontlik nog daardie een talent van jou ontwikkel en iets betekenisvol doen. Gandi het op 72-jarige leeftyd met die Quit India Movement begin wat gelei het tot Indië se onafhanklikheid van Brittanjé. Mao Tse-tung was op 80-jarige ouderdom leier van die land met die grootste bevolking op aarde. Michelangelo is op 71-jarige ouderdom as hoofargitek aangestel om die St Peters Kerk in Rome te bou.

Goed, ek weet sekere dinge is nie meer moontlik nie, 'n mens moet realisties wees. Jy sal nie meer vir die Springbok rugbyspan kan uitdraf op sestig-jarige ouderdom nie. Of jy sal nie aan die Olimpiese spele kan deelneem as albei jou bene afgesit is nie. "Wag 'n bietjie," sê jy, "wat van Oscar Pistorius?" Ek moet erken, skoon van hom vergeet. Sien jy nou, ons moet ook maar versigtig wees om te vinnig te dink sekere dinge is onmoontlik.

Miskien wil jy sing, of 'n boek skryf, of skilderwerk opneem. Is fotografie dalk die een talent wat jy het? Miskien het 'n ware aanleg vir besigheid, maar jou drome het net nooit verder as teorie en die stowwerige mure van jou kantoor gekom nie. Dalk loop jy met die uitsonderlike gawe om dinge te ontwerp en te ontwikkel. Miskien het jy groen vingers en is jy gebore om met plante te werk, in plaas daarvan word jou hande gedwing om daagliks moere en boute vas te draai. Miskien hunker 'n lied binne jou wat geskryf moet word. Moontlik het jy 'n wonderlike talent vir bak en brou en kon jou beskuit 'n besigheid word wat beskuit nasionaal bemark en versprei.

Wat sal gebeur wanneer jy die dag die moed opneem om aan één van jou talente jou volle energie en aandag te bestee? Jy sal nooit weet watter hoogtes jy kan bereik alvorens jy nie probeer nie.

Miskien het jy in 'n rustige gemaksone beland, en aanvaar jy máár jou bestaan van roetine, sekuriteit en struktuur. Maar soms wanneer jy raaksien wat ander mense met hul talente en geleenthede doen, kom 'n ongemaklikheid en onrustigheid in jou gemoed lê. Dit begin jou hinder dat jy nooit jou gawes en talente ten volle uitgeleef het nie. Soveel geleenthede, soveel verkeerde besluite, soveel verlore kanse.

Maar jy het vandag nog 'n kans. Of jy nou dertig of tagtig is, gryp die lewe en die geleenthede van hierdie oomblik aan. Moenie in die verlede tyd leef nie, maar fokus jou talente op die hede en die toekoms.

Jy mag maar opgewonde oor die lewe wees. Jy mag maar voluit uitleef dit wat binne jou is. Gaan vir goud, doen ietsie groots wat jy nooit gedink het jy sal kan vermag nie. Die tyd om vir jouself op te staan en jouself te verras met dit wat jy kan doen en regkry.

'n Sprankie wysheid vir die dag

"Jy is die storieverteller van jou eie lewe, en jy kan jou eie legende skep of nie." - Isabel Allende -

Die boekie "Staan op vir Jouself" is beskikbaar en sluit onder andere verwerkte artikels van my in. Die boekie is 56 bladsye. Koste is R40 per boekie en R20 posgeld indien aan u gepos moet word. Die boekie is ook beskikbaar by my praktyk. "Staan op vir Jouself" is vir elkeen wat droom om uit die ashope, uit die ellende en hartseer van die lewe op te staan. Die werklikheid en die statistieke dui daarop dat mense vasgevang sit in hul mislukkings, hartseer, pyn en teleurstellings. 'n Swak selfbeeld en vrese hou mense terug om hul volle potensiaal te ontgin. In hierdie boekie sal jy op 'n praktiese, nie-nonsens manier en sonder die gebral van spogwoorde 'n gids vind om jou drome te herwin en vir jouself op te staan. Hierdie boekie is nie net 'n boekie vir jouself nie, maar 'n ideale geskenk en aanmoediging vir iemand wat vasgevang sit in sy / haar omstandighede en weer rigting en aanmoeding benodig om op te staan.
Die R60 kan inbetaal word by:
Naam: ST Potgieter
Bank: Standard
Tak: Tyger Manor
Takkode: 052-749
Rekening: tjek / lopend
Rekeningnommer: 030496764
Die deposito bewys - plus jou naam en posadres - kan gefaks word na 0866336674. Spoedig sal jy "Staan op vir Jouself" in ontvangs neem.

Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za

Skakels

Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier!
Skooltake??
Klik hier
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.

Nieltjie se Stories - Kinderstorie CD in Afrikaans - Klik hier

Lees alles oor Bloedrivier: Klik hier
150x90cm ou Suid-Afrikaanse vlae te koop @ R125 elk, posgeld uitgesluit. - Kontak gerus Roelof of Ronel by 012-3332932

Teken in /Teken uit / Kontak

Teken hier in op die poslys en lees ook die argiewe.

Om uit te teken, stuur vir my 'n epos en dui jou naam aan asook die eposadres waaronder jy ingeteken is

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart!