Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
Hierdie keer is
daar sommer twee pasellas! Die en is 'n resepte eBoek met broodresepte en
die ander pasella is 'n kaartjie vir 'n oorsese Lotto, enigiemand kan 'n
kans vat. Ek het 10 kaartjies om weg te gee, ek gee een aan die eerste
10 eposse wat ek ontvang.
Doen
hier aansoek vir jou kaartjie. Hoe klink $120 miljoen vir jou???
Ek het hierdie
keer 'n paar wildsvleisresepte, gaan kyk gerus onder Resepte hieronder.
Ons vat een van
die dae alweer die pad, die keer natalse Suidkus toe en ook die ou
Transkei (Hole in the Wall)
Fotos volgende keer.
Net om te laat
weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier
geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet
my, dalk haal ek dit af.
Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die
ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die minimum
boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër! Dis
heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n
kaartjie het nie!
Klik hier en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150
miljoen, dis 'n stewige R1,050,000,000!!!
En onthou tog om
my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is
nou weer terug.
Ek hoor mos
nou die oggend 'n insetsel oor hettie op RSG. Ek kontak haar toe en sy
gee toestemming dat ek van haar stories hier kan gebruik. Baie dankie,
Hettie, jou raad is baie leersaam. Gaan loer gerus na Hettie se webwerf:
http://www.etikettie.co.za/
Ek het vir
haar 'n vraag gevra, ek plaas die antwoord volgende keer.
Wie het gesê dat Afrikaans nie
beskrywend kan wees nie? |
Die volgende is afkomstig van Zalome
se nuusbrief. Sy woon nou in Arizona en stuur die oulikste briefies uit,
alles in Afrikaans, natuurlik. Stuur vir haar 'n epos en teken in:
zalome@cox.net
Ek hoor heel tyd hier in Amerika as
ek 'n Engelse woord vertaal na Afrikaans toe, hoe beskrywend die woord
is. Soos bv. roltrap, hysbak, robot, en so meer. Hier volg nog 'n paar
beskrywende woorde wat sommer groot pret is. Ek kan nie onthou wie dit
vir my gestuur het nie, maar dankie in elk geval! Party van hulle is so
ietwat gewaagd, maar ek kan nie alles sensor nie! Ons praat mos almal
Afrikaans!
backseat driver = skouervlieg
balls-up = knaterflater
blind date = moljol / steekproef
brandy = polisiekoffie
buttocks = poeflobbe
cabby hole = vroeteldoos
chaperone = voëlverskrikker
condom = saadsokkie
cycle pants = voëlverklikker
dagga = rondkyktwak
doggie bag = brakkiepakkie / woefkardoes
face-lift = hysbakkies
g-string = holvlos / gatsnaar / snakstringetjie / stertriem /
tergtoutjie
go-go girl = wikkeldoedie
gynaecologist = koekeloerder / kwaksalwer / roofkyker
hacker = kraker
hairdresser = dollaklitser
hamburger = frikkadelbroodjie
helmet = pletterpet / harde hoed
hyperlink = hiperskakel
longdrop= dieptroon / doefpoef / plonsput / plonspardoems
make-up = jeugdeeg
maltese poodle = stoepkakkertjie
massage parlour = streelperseelrapper = rymkletser
sales rep = kommissiekabouter / koopseblief
stapler = draaddrukkertjie / papiervampier
stew = vleismoles
stress = gemoedsbekakking
sugardaddy = vroetelvarkie
tantrum = baba-dans / vloermoer
toi-toi = vakbond-vastrap / williewerkie-wals
toiletpaper = boudlint / boudservette / kloofbesem / poeplint
toothbrush = bekskrop
Regs klik
hier om 'n skermbeeld vir jou rekenaar af te laai
Alles wat jy
wil weet oor Boeremusiek.
Hierdie is die
webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die
Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.
Klik hier om
sy webblad te besoek.
Boeremusiek
Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde" |
Wynand
Jacobs
Wynand Jacobs is
een van die Gilde se oudste aktiewe lede. Alhoewel die kontrabas sy
hoofinstrument is, is hy net so tuis met die konsertina en kitaar.
Hy is gereeld te sien met sy pragtige kontrabas by Gildegeleenthede
en dis by dié geleenthede wat Manie Bodenstein die kontrabas
vertroetel! Wynand het 'n pragtige 1929 model 3¾-ry Wheatstone
konsertina waarop Faan Harris hom die Mielieblare Settees geleer
speel het. |

|
|
Ekke is ook op
Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit,
klik net hier. Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook
eposadres is peter@funkymunky.co.za
Mirna is ‘n opvoedkundige
sielkundige in Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by verskeie skole,
o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof en Jan Krielskool
vir leerders met hindernisse tot leer. Sy is ‘n ma, lief vir die kunste,
die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en vrae te stuur na
mirnafvanwyk@gmail.com
Deel 2 -
WEES JOU KIND SE HUISWERK KONSULTANT (Deel 1 in
vorige nuusbrief)
Vandag voltooi ek die lys met wenke vir ouers hoe om huiswerk dilemmas
binne die UGO stelsel te hanteer.
8. Moedig jou kind aan om lang termyn doelwitte (gebind aan graad
verwagtinge) neer te stip op ‘n kalender, kort termyn doelwitte (gebind
aan weeklikse take en projekte) op ‘n weeklikse skedule lys en daaglikse
doelwitte (gebind aan wat vandag afgehandel moet word) op ‘n daaglikse
“te doene” lysie;
9. Moedig jou kind aan om nuwe leerstof te probeer bind aan sy
belangstellingsveld, om sodoende volhoubare aandag te ondersteun. Bv.
wanneer jou krieketmal kind maalsomme moet maak, bind dit aan lopies per
kolfbeurt of winste gemaak by die koeldrank stalletjie;
10. Help jou kind om patrone raak te sien. Bv. wanneer hy ‘n opstel
skryf moet, herinner hom aan die beplanning struktuur van ‘n vorige
opstel, of onderstreep sleutelwoorde in ‘n wiskundige berekening en vra
wat dit beteken het in ‘n vorige soortgelyke som. (Hou goeie voorbeelde
om later daarna te verwys.);
11. Leer hulle om hulle lessenaar se werksoppervlak skoon te hou van
onnodige goeters- die meeste kinders moet netheid aanleer; hulle word
nie daarmee gebore nie;
12. Lei jou kind om eers te breinstorm (brainstorm) rondom onderwerpe
vir take en mondelinge. Sukses begin gewoonlik deur die regte keuse te
maak. Leer jou kind navorsings-en opsommingsvaardighede. Hulle moet
deurentyd daaraan oefen totdat hulle dit onafhanklik kan doen.
13. Leer jou kind tik. Daar is min vaardighede wat hy so nodig gaan kry
as die tikvaardigheid. Daar is wonderlike sagteware beskikbaar of betaal
‘n tutor.
14. Gee belonings vir werk wat gedoen is. Kinders moet van vroeg af leer
dat inspanning lonend is. Sodoende besef hulle dat hulle die uitkoms kan
bepaal as hulle gefokusde inspanning aanwend. Kinders wat glo dat hulle
KAN probeer harder; wat weer hulle kanse vergroot om wel sukses te
behaal;
15. Versterk en prys produksie. Vertoon en vertel trots van die
resultate op hulle harde werk. Wees trots op elke klein verbetering in
werkskwaliteit en-etiek. Bewonder wat nou is en hou op om te sê: “Maar
jy kan soveel beter…” Jou opregte trots sal genoeg motivering bied om
steeds harder te probeer. Druk en negatiewe kommentaar sal moontlik
hulle net verder van jou af laat dryf; en
16. Beloon hardwerkendheid en deursettingsvermoë; en nie slegs punte nie.
‘n Kind behoort erkenning te kry vir die manier wat hy werk, bv. take
wat betyds ingehandig word, wanneer sy iets sonder jou hulp kan doen en
die bereiking van doelwitte-en nie punte nie.
WANNEER KINDERS ‘N KOSBARE VAARDIGHEID MOET AANLEER, IS KONSEKWENTE
TOEPASSING VAN KARDINALE BELANG.
As dit is om huiswerk te doen; dan moet daar gereelde huiswerktyd wees.
As dit is om spesifieke werksgewoontes of studievaardighede; dan is
gereelde herinnering daaraan en die oefen van daardie gewoontes
nodig.Deel 2 - WEES JOU KIND SE HUISWERK KONSULTANT
Vandag voltooi ek die lys met wenke vir ouers hoe om huiswerk dilemmas
binne die UGO stelsel te hanteer.
8. Moedig jou kind aan om lang termyn doelwitte (gebind aan graad
verwagtinge) neer te stip op ‘n kalender, kort termyn doelwitte (gebind
aan weeklikse take en projekte) op ‘n weeklikse skedule lys en daaglikse
doelwitte (gebind aan wat vandag afgehandel moet word) op ‘n daaglikse
“te doene” lysie;
9. Moedig jou kind aan om nuwe leerstof te probeer bind aan sy
belangstellingsveld, om sodoende volhoubare aandag te ondersteun. Bv.
wanneer jou krieketmal kind maalsomme moet maak, bind dit aan lopies per
kolfbeurt of winste gemaak by die koeldrank stalletjie;
10. Help jou kind om patrone raak te sien. Bv. wanneer hy ‘n opstel
skryf moet, herinner hom aan die beplanning struktuur van ‘n vorige
opstel, of onderstreep sleutelwoorde in ‘n wiskundige berekening en vra
wat dit beteken het in ‘n vorige soortgelyke som. (Hou goeie voorbeelde
om later daarna te verwys.);
11. Leer hulle om hulle lessenaar se werksoppervlak skoon te hou van
onnodige goeters- die meeste kinders moet netheid aanleer; hulle word
nie daarmee gebore nie;
12. Lei jou kind om eers te breinstorm (brainstorm) rondom onderwerpe
vir take en mondelinge. Sukses begin gewoonlik deur die regte keuse te
maak. Leer jou kind navorsings-en opsommingsvaardighede. Hulle moet
deurentyd daaraan oefen totdat hulle dit onafhanklik kan doen.
13. Leer jou kind tik. Daar is min vaardighede wat hy so nodig gaan kry
as die tikvaardigheid. Daar is wonderlike sagteware beskikbaar of betaal
‘n tutor.
14. Gee belonings vir werk wat gedoen is. Kinders moet van vroeg af leer
dat inspanning lonend is. Sodoende besef hulle dat hulle die uitkoms kan
bepaal as hulle gefokusde inspanning aanwend. Kinders wat glo dat hulle
KAN probeer harder; wat weer hulle kanse vergroot om wel sukses te
behaal;
15. Versterk en prys produksie. Vertoon en vertel trots van die
resultate op hulle harde werk. Wees trots op elke klein verbetering in
werkskwaliteit en-etiek. Bewonder wat nou is en hou op om te sê: “Maar
jy kan soveel beter…” Jou opregte trots sal genoeg motivering bied om
steeds harder te probeer. Druk en negatiewe kommentaar sal moontlik
hulle net verder van jou af laat dryf; en
16. Beloon hardwerkendheid en deursettingsvermoë; en nie slegs punte nie.
‘n Kind behoort erkenning te kry vir die manier wat hy werk, bv. take
wat betyds ingehandig word, wanneer sy iets sonder jou hulp kan doen en
die bereiking van doelwitte-en nie punte nie.
WANNEER KINDERS ‘N KOSBARE VAARDIGHEID MOET AANLEER, IS KONSEKWENTE
TOEPASSING VAN KARDINALE BELANG.
As dit is om huiswerk te doen; dan moet daar gereelde huiswerktyd wees.
As dit is om spesifieke werksgewoontes of studievaardighede; dan is
gereelde herinnering daaraan en die oefen van daardie gewoontes nodig.
Hierdie wenke het die toets van die tyd deurstaan. Kinders word nie
noodwendig “slim” gebore nie; hulle lyk slim omdat hulle slim truuks
geleer is en deurlopend goeie gewoontes uitleef. As ouers nie hierdie
truuks en gewoontes aan hulle kinders leer nie, het hulle maar ‘n skrale
kans om suksesvol te wees.
Seënwense van hart tot hart op julle belangrike taak.
Liewe Dr Roof
Ek is 15 jaar oud
en sit graag my hand op my boyfriend se been in die bus.
Ons ry elke dag saam in die bus. Iemand het dit nou die dag
gesien en gesê
ons gaan in die moeilikheid kom as die onnies uitvind. Hoe nou?
Is dit dan
verkeerd?
Baie ongelukkig
Sannie
*******************************************************
Liewe Sannie
Bly weg van jou boyfriend se been. Dit is taboe, onheilig en 'n
vreeslike
sonde. Nee magtig man, wat word van julle kinders deesdae? Toe ek 15 was
het ons met ons fietse in die spruitjie gaan
ry, mense se vensters met eiers
gegooi, kaal onder die maanlig rondgehardloop en skelm
gerook. Maar been vashou! Genade ons. Dis
onwettig!
Maar ek verstaan jou probleem.. Enige kind het behoefte aan liggaamlike
kontak. In die goeie ou dae was dit glad nie 'n probleem
nie. Lyfstraf was nog wettig, en ons het
gereeld liggaamlike kontak op ons boude gehad. Toe
vat die regering mos lyfstraf weg. Ek dink dit het die
persoonlike kontak net vanaf skool na huis
verskuif. Maar toe word dit ook onwettig. Nou wat maak
mens nou? Die onnies mag nie meer aan jou vat nie, jou
ouers mag nie meer aan jou vat nie. Maar vat
sal daar gevat word. So nou soek jy dit op iemand
se been?
Hou moed. Ander dag more is jy 16, dan kan jy sy been, sy hand, en ander
dinge vashou. Maar nie nou al nie. Het jou ma-hulle nooit
vir jou geleer hoe vry werk nie? Ai tog. Ouers
van vandag leer nie meer hulle kinders nie.. Kom
ek vertel jou.
Voor 7 bad jy saam met seuntjies
Op 8 gril jy vir seuntjies
Op 9 gril seuntjies vir jou
Op 10 giggel jy vir seuntjies
Op 11 giggel seuntjies vir jou
Op 12 giggel julle vir mekaar
Op 13 droom julle van mekaar
Op 14 sit julle langs mekaar
Op 15 maak julle oogkontak
Op 16 het julle seks
Op 17 soen julle
Op 18 hou julle hande vas
Na 18 maak jy wat jy wil. Of jy trou, of jy slaap rond, of jy begin sing
en doen albei.
So wag tot jy 16 is, asb. Tot dan toe, wees geduldig en rook eerder.
Hoop dit help jou
Die uwe
Dr Roof
Afrikaans is
so 'n mooi taal om in te dig!
Die
Doringboom
C. Louis Leipoldt
Kyk, hier is 'n ou kameeldoring, amper kaal;
Sy blaartjies vuil en donkerbruin verbrand;
Sy stam gestrooi met geelgrys stof en sand;
Sy dorings wit as silwer, skerp as staal.
Hier staan hy nog, hoe dor die veld en skraal;
Hou stewig nog teen wind en storm sy stand—
Die oudste doringboom in ons doringboomland,
Wat reeds sy bloeityd tel vir honderdmaal.
Vir jare het hy hier sy goud gestrooi,
Die hele wêreld oor sy geur versprei,
Voor nog 'n witmens hier was of 'n pad;
Vir jare was hy bobaas hier, en mooi
Vol groen en goud: maar nou 's sy tyd verby—
'n Afgeleefde doringboom, droog en glad!
Gaan kyk na my
nuwe fotografie
webwerf
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans.
Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort
dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is
betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by
jou.
Klik gerus hier en kyk
na die lys van nuwe resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar!
Of bel sommer direk vir Anna -
0822946799
Dankie,
Nandi vir die een
In Derde Laan staan 'n klein huisie met ‚’n pragtige roostuin en ‚’n
groot populierboom. Dit is hier waar Theo en sy pa gebly het. Hulle het
alleen daar gebly, want sy ma is jare gelede al oorlede.
Almal in die dorp het dié twee se verhouding bewonder. Theo se pa het
nie een van sy rugbywedstryde misgeloop nie. Of dit nou mooiweer of
stormweer was, jy kon verseker weet, Theo se pa was daar. Hy was sy seun
se grootste aanhanger. Ironies, Theo het nooit in 'n wedstryd gespeel
het nie; hy was altyd die reserwe. Ná elke wedstryd was sy pa se woorde:
"Miskien speel jy volgende keer." Dan het sy pa altyd met sy arm om Theo
se skouers daar weggestap.
Sonder enige druk van sy pa se kant, het Theo aangehou oefen en het hy
altyd sy beste by elke oefening gegee. Hy het egter deur sy hele
hoërskoolloopbaan die reserwebank vol gesit, want - omdat die skool
klein was - het hulle net een span in sy ouderdomsgroep gehad. Maar sy
pa het steeds getrou al die wedstryde bygewoon.
Dit was voor een van die laaste wedstryde in sy matriekjaar dat 'n
tragedie Theo tref. Sy pa is skielik dood. Dit was vir hom 'n baie groot
skok. Hy het die afrigter gevra om dié week van die oefeninge verskoon
te word. Die afrigter het vir hom gesê: "Theo, neem soveel tyd as wat jy
wil, want dis 'n groot verlies wat jou getref het."
Die Saterdag met die wedstryd daag Theo in sy rugbyklere by die wedstryd
op. Hy gaan staan voor die afrigter en pleit-vra: "Meneer, kan ek
asseblief vandag speel?" Die afrigter het gevoel dat hy met so 'n
belangrike wedstryd nie kon bekostig om 'n swak speler in te span nie,
maar besluit toe tog om hom te laat speel. Hy het geredeneer: Hoeveel
jare lank oefen hy nou al getrou sonder om te speel en boonop is sy pa
dood. Ek sal hom 'n kansgee.
Theo speel fantasties en druk selfs die wendrie. Na die tyd stap die
afrigter na Theo: "Waar het jy al die tyd hierdie talent gebêre? Jy was
briljant." Theo het met trane in sy oë gesê: "Meneer, my pa is in die
hemel. Meneer weet hy het getrou al die wedstryde bygewoon, al was hy
blind. Wel, vandag was die eerste keer dat hy my kon sien speel. Ek wou
vir hom wys … ek kán speel!"
Onthou, ongeag hoe jy nou voel, iemand is trots op jou, dink aan jou,
gee om vir jou en is lief vir jou.
God - en al die mense wat lief is vir jou - hou jou in liefde dop.
Regs klik hier
om 'n broodresepte eBoek af te laai
Ek het 10
kaartjies gekry om weg te gee vir 'n oorsese Lotto, as jy een wil hê,
stuur my 'n epos, die eerste 10 eposse wat ek ontvang kry elkeen 'n
kaartjie. Al is jy nie een van die eerste 10 nie, het ek nog goeie nuus
vir jou. Klik
hier om jou kaartjie aan te vra.
Gaan kyk gerus na die webwerf
hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Lees asseblief die nuutste nuusbrief
Klik hier
Elsabé Blignaut
Huis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Anna Eksteen het 'n baie spesiale
resepteboek vir my saamgestel "Peterjasie se Boek" - 150
keurresepte soos net Anna 'n boek kan saamstel. As jy een wil bekom,
stuur my net
'n epos en ek gee jou my bankbesonderhede, Slegs R50 per eksemplaar,
ek stuur dit dadelik per epos. Maak ook die ideale geskenk.
Vir navrae of inligting kontak Danette gerus by 0829236177 of stuur ’n
epos na danna.smith@resbank.co.za
Boeredanskamp vir Graad 6 - 12
Die kamp is van 15 - 17 Januarie 2010 by die Voortrekker monument se
piekniekterrein.
Inskrywingsvorms is beskikbaar op die Transvaal Voortrekkers se webblad:
of by Hannetjie du Toit
hannetjie.dutoit@sanlam4u.co.za 084 652
8061
|