|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe intekenare!
Daar is 'n lekker pasella om te gaan aflaai
ondertoe.
Ons kom sopas terug van 'n lekker
rondry vakansie, ons was onder andere by Laingsburg, Kagga Kamma,
Sutherland (brrrr) garies, Pofadder en die Kgalagadi Oorgrenspark.
Enigste plek waar ons blomme gesien het was by Skilpad in die Namaqua
Nasionale Park. Hieronder is skakels om na die fotos te gaan kyk:
Kagga Album -
http://www.facebook.com/album.php?aid=243611&id=741597237&l=be31067162
Sutherland -
http://www.facebook.com/album.php?aid=243617&id=741597237&l=ff5500408e
Wildflowers -
http://www.facebook.com/album.php?aid=243618&id=741597237&l=7dd7ded05a
Kgalagadi -
http://www.facebook.com/album.php?aid=243620&id=741597237&l=be1fcce6bc
Kry inligting oor
al die Currie beker en Bokke se wedstryde hierdie jaar. Loot Eksteen het
dit mooi saamgevat, gaan kyk ondertoe en laai dit vir jou af.
Net om te laat
weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier
geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet
my, dalk haal ek dit af.
Wil jy dalk GROOT droom? Vat 'n kans op die UK Lotto of een van die
ander Europese Loterye. Die een het 'n groter boerpot as die ander! Die
minimum boerpot is R45 miljoen, sommer gereeld R75 miljoen en hoër!
Dis heeltemal veilig om te speel, onthou, jy kan nie wen as jy nie 'n
kaartjie het nie!
Klik hier en droom Groot! Die Powerball Lotto is tans $150 miljoen,
dis 'n stewige R1,050,000,000!!!
En onthou tog om
my besoekersboek te teken? Hy was vir 'n hele tydjie aflyn maar is
nou weer terug.
Die verskil tussen dames en regte vrouens... |
Dames - As jy per ongeluk te veel
sout by 'n dis gegooi het terwyl dit nog kook, gooi 'n geskilde
aartappel by, die sout sal opgetrek word.
Regte Vrouens - As jy te veel sout bygevoeg het, is dit 'n jammerte. Ek
het dit gemaak en jy SAL dit eet... of maak jou eie
Dames - Hulp vir hoofpyn: Vat 'n halwe suurlemoen, sny dit in die helfte
en smeer dit aan jou voorkop. Die pyn sal weggaan.
Regte Vrouens - Vat suurlemoen, meng dit met tequila, en drink, jy mag
dalk nog jou hoofpyn hê, maar so what?
Dames - Sit 'n Klein "marshmallow" in die onderpunt van 'n
roomyshorinkie om te keer dat die roomys lek.
Regte Vrouens - Suig net die roomys van onder af. Jy lê seker in elk
geval met jou voete in die lug op die bank.
Dames - As 'n koekresep sê jy moet die bodem van die pan met meel strooi,
gebruik sommer van die droë koekmengsel, dan sal daar nie wit gemors
onder aan die koek wees nie.
Regte Vrouens - Gaan bakkery toe, hulle sal die koek sommer versier ook.
Dames - Gebruik 'n washandskoen om bottels oop te maak wat vassit.
Regte Vrouens - Gaan vra daardie aantreklike nuwe buurman.
Dames - Gooi die oorskietwyn in ysblokhouers, vries dit en gebruik dit
later in sous en geregte.
Regte Vrouens - OORSKIETWYN? Wat jy waaaaa kry?
Ek stuur elke nou en dan fotos in
na die Treknature webwerf, gaan kyk gerus na die fotos wat ek op ons
reise geneeem het en al opgelaai het:
http://www.treknature.com/members/FunkyMunky/photos/
Die Afrikaanse rolprent - gister en vandag |
Baie dankie
aan Leon van Nierop en ook RSG vir die vergunning om teks van hierdie
reeks te gebruik
Die era van musiekrolprente
As Julie Andrews in THE SOUND OF MUSIC en AUDREY HEPBURN in MY FAIR LADY
dit kon doen, kon die Afrikaanse rolprent ook. En so breek die era van
die musiekrolprent in Afrikaans aan met ELMO DE WITT aan die stuur. Elmo
begin as ‘n regisseur vir Jamie Uys in 1959 met Satanskoraal wat in
Mosambiek verfilm is en S.A. se eerste onderwatertoneel bevat. Hy maak
ook die kontroversiële TER WILLE VAN CHRISTINE wat godsdiens aanraak en
‘N BEELD VIR JEANNIE oor ‘n beeld van vroue in die konsentrasiekamp in
die jare 70. Maar eers maak Elmo DIE DANIE BOSMAN STORIE:
Franz Marx speel die rol van een van S.A. se mees geliefde komponiste in
DIE DANIE BOSMAN storie in 1969. Gilbert Gibson skryf die draaiboek,
Lance James sing namens Franz Marx en Con Lamprecht is die musikale
regisseur. ‘n Doodgewone klerk in die Landboudepartement van die
Uniegebou skribbel NOTE in plaas van syfers, en stuur ‘n kwaai boer na
sy baas, mnr. Uys toe, gespeel deur Siegfriedt Mynhardt, in plaas
daarvan om self die probleem te hanteer.
Kort hierna ontmoet Danie die pragtige Dorothy, Min Shaw. So tussen
kontrakte met die SAUK en sy saai werk, stuur Danie vir Dorothy blomme
en geskenke. En woerts! Die twee trou en dink hulle kan van liefde,
kouewater en musiek oorleef. Maar die depressie tref die land en niemand
wil Danie se musiek koop of speel nie... In ‘n interessante eerste word
die doek in 16 dele verdeel om Danie en Dorothy se geluk in ‘n montage
te bevestig, maar dan deel Dorothy vir Danie die verpletterende nuus mee:
sy kan nie kinders hê nie. Dorothy en Danie sit in ‘n park en wroeg oor
hul lot... tot Danie ‘n oubaas sien, ‘n ou musikant... wat langs ‘n dam
vir hulle viool speel....
Maar geld bly skaars en Danie en Dorothy trek in ‘n kleinerige huisie,
vir Danie ‘n KROT, in om geld te spaar. ‘n Welsynswerkster, ‘n klein
rolletjie deur die formidabele Dulcie van den Bergh, bring ‘n pleegkind
aan wat die Bosmans grootmaak. Maar niemand wil Danie se musiek hê nie
en in ‘n oomblik van woede verbrand hy dit.
Danie Bosman raak siek en Dorothy raak swanger. Danie word Kaap toe
verplaas en op die maat van sy musiek beleef ons die skoonheid van
Kaapstad terwyl Tafelberg buite waghou....
Danie raak al sieker, maar die mense raak bewus van sy musiek en
gedurende die simboliese ossewatrek word Boereseun ‘n reuse-treffer.
Maar Danie se eerste tjek is ‘n skamele 1 en 6... al het 50,000 plate
verkoop... want in daardie stadium word tantieme nie aan komponiste in
S.A. betaal nie. Op die hoogtepunt van sy lewe, wanneer Danie ‘n groot
uitvoering op radio gee van die Danie Bosman Simfonie, stort hy finaal
inmekaar en sterf aan kanker. Gedurende sy sterftoneel vra Danie Dorothy
om ‘n belofte. En in Danie se gedagtes die klank en ritme van ‘n trein....
Franz Marx en Min Shaw in DIE DANIE BOSMAN storie, ook genoem: Danie
Bosman.
Die jare sestig is ‘n vreemde mengelmoes van aksieprente soos Die
Jagters Diamante is Troewe, Boerboel de Wet en die nostalgiese RUITER IN
DIE NAG, terwyl komedies nog steeds die botoon voer: Jy is lieflik
vanaand, Piet se Niggie, As ons 2 eers getroud is en Die Professor en
Die Prikkelpop. Jim Reeves kom Suid-Afrika toe vir KIMBERLEY KIM met ‘n
jong Jans Rautenbach, aan wie ek die hele program volgende week wei, en
Emil Nofal, maar Elmo de Witt gaan volstoom voort met glansryke
musiekrolprente waarin mooi mense, wat nie altyd kan toneelspeel nie,
keurige liedjies uit basuin. Die grootste treffer wat S.A. tot in
daardie stadium gesien het, was HOOR MY LIED. Ek onthou dat ons dit by
die inry gaan kyk het, en dat die motors letterlik kilometers ver
gestaan het.
Vier mense skryf HOOR MY LIED se storie in 1967: Basil Stols, AP Du
Plessis, Sakkie vd Walt en Elmo de Witt. As assistent kameraman, ‘n man
wat self sy merk as later regisseur sou maak: Manie van Rensburg. Na sy
geliefde sangeres-vrou se dood beland Gé Korsten is ‘n dokter in ‘n
ongeluk waarin sy dogtertjie, Marietjie, Lindie Roux, verlam word.
Martin Pols oftewel Mark Condor wat met Gerhard Viviers se stem praat,
en Helga van Wyk is verantwoordelik vir die ongeluk. Elmo maak hier van
parallelle redigering gebruik wanneer die twee motors na mekaar toe aan
spoed. En intussen onthou Dr. Dawid sy geliefde vrou wat deur die heide
hardloop en kort daarna oorlede is, gespeel deur Min Shaw.
Maar onheil wag op die pad.....
Verpleegster Lydia en haar verloofde, Helga van Wyk en Martin Pols vry
vrolik terwyl die dokter vir Marietjie in die motor sing. En dan... ‘n
tragedie!!
Dr. Dawid begin blind word en Marietjie kan nie loop nie... die dialoog
was styf en onnatuurlik en die spel deklamerend en geforseerd, maar die
mense het na HOOR MY LIED toe gestroom, al was dit net om te hoor hoe Gé
vir ‘n hospitaal vol siek kindertjies ‘n liedjie sing. Dit was
sentimenteel en soetsappig met stroop oor elke koeksister, maar die
mense het weer en weer gaan kyk. En tussenin, Wena Naude as die
afkeurende matrone wat toesig hou.
Dr. Dawid raak verlief op die verpleegster Lydia, gespeel deur Helga van
Wyk, maar hy kan nie meer opereer nie want hy kan nie meer ordentlik
sien nie. Marietjie kan net in New York geopereer word en die karakters
vertrek Amerika toe... Ons sien tonele van dr. Dawid en sy geliefde
Lydia in New York. Die melodrama volg mekaar in flink tonele op, soos Gé
Korsten wat HOW DEEP IS THE NIGHT sing terwyl hy blind word met ‘n jong
Dirk de Villiers as een van dr. Dawid se pasiënte wat sy lewe aan hom te
danke het. Dr. Dawid hou die een konsert na die ander om geld in te
samel, sodat almal uiteindelik Amerika toe vertrek vir Marietjie se
operasie. ‘n Oog-spesialis wat dr. Dawid se sig kan herstel, staan hom
te woord.... En dan sing Dr. Dawid gee in die buiteland dawerend die
titelliedjie van HOOR MY LIED. Hy sing sy hart uit oor sy lewe en sy
liefde vir Lydia. En die feit dat beeldskone wonderwerke in die jare
sestig, veral in die Afrikaanse fliek, altyd sou moontlik wees.
Dr. Dawid, nou half blind, word deur impressarios raakgesien en saam met
sy geliefde Lydia en sy dogtertjie gaan hy aan die einde van die
rolprent op ‘n wêreldtoer in HOOR MY LIED.
In daardie dae, 1968, maak ‘n jong Dirk de Villiers opgang met nog ‘n
musiekrolprent wat ‘n klein loket-revolusie sou veroorsaak. Franz Marx
en Min Shaw in ‘n soort boere-musiekblyspel wat die sjarme van Jamie Uys
se onskuldige boere-karakters kombineer met slapstick-komedie, lomp
kommuniste as skurke, en ‘n pragtige plaasnooi wat ‘n voorliefde vir
jeeps het waarin sy dan uiting gee aan haar liefde vir die wêreld. Mense
op die platteland het veral gestroom na ‘n huldeblyk aan die onskuld van
‘n onskuldige boereseun wat betrokke raak by diamantsmokkel, wrede Russe,
‘n vietse Russiese verleidster en ‘n parmantige bobbejaantjie genaamd
Filies. JY IS MY LIEFLING was ‘n reuse-treffer.
Dirk de Villiers, wat einde verlede jaar oorlede is, is in 1924 gebore.
Hy begin as akteur in rolprente soos Die Krugermiljoene, voordat hy die
verhaal vertel van ‘n onskuldige bleeksiel-plaasboer Willie Willeboer
wat maats maak met ‘n bobbejaantjie op sy bosveldplaas en verlief raak
op die minsame nooi van die plaas langsaan, Min Shaw. In hierdie toneel
huppel en kerjakker Willie saam met Fielies die bobbejaantjie rond,
voordat Min bietjie later uitgelate agter die stuurwiel van ‘n jeep met
‘n melodie lostrek. Maar sy pluk daardie stuurwiel met soveel mening
rond dat die jeep LANKAL die pad moes byster geraak het. Die jeep bly
wonderbaarlike stewig op die pad en wat sing is Min!
Die diamant wat gesteel word, word per valskerm oor die bosveld afgegooi
en natuurlik beland dit in Willie Willeboer se besit. En hier sit die
onskuldige er stort sommer buite en die ondeunde plaasnooi, Mindie
konsternasie wat in die Grand Teater in Brakpan losgebars het toe ons JY
IS MY LIEFLING daar gaan kyk het, en S.A. se eerste naaktoneel skielik
in JY IS MY LIEFLING vertoon is. Franz Marx as Willie Willeboer stort
sommer buitekant, en die ondeunde plaasnooi, Min Shaw, kom onverwags om
die hoek en sien dit was die bobbejaantjie die afgelope paar weke moes
aanskou... ‘n kaal man onder die stort. En terwyl die water stroom en
die bobbejaantjie lag en die meisie se oë bewonderend rek, sing die
voëltjies en speel die musiek.
En na vele misverstande waarin Willie die diamant in ‘n olifant se boud
skiet en die skurke op hul herrie kry, sit Min Shaw weer in haar
geliefde jeep, ruk en pluk aan die stuurwiel en besing die skoonheid van
haar liefde vir Willie in JY IS MY LIEFLING! Dit was ‘n tyd van absolute
onskuld. Die platteland was altyd voorgehou as ‘n ongeskonde paradys,
die karakters was suiwer en skoon en enigiemand wat dit gewaag het om
hierdie utopia te versteur, is wreed gestraf. Dirk de Villiers maak nog
vele rolprente hierna, o.a. Die Spaanse Vlieg, die eerste TV drama oor
bruinmense in Afrikaans waarvan ek die draaiboek geskryf het, Jantjie,
en die TV-reeks ARENDE. Hier bewys Min Shaw haar liefde aan Willie
Willeboer met intense sang gedurende die slottonele van JY IS MY
LIEFLING met son ‘n skeutjie van GREEN SLEEVES. Die liefde blom en die
maroelas pop as die boeremeisie haar trou aan Willie belowe.
Min Shaw sing oor hoe lekker dit is om die boerseun te kry in JY IS MY
LIEFLING
Gert, Maryann en Oortjies |
Ado, ons Bouvier rem aan sy loopketting, hy is altyd opgewonde as ons
vir ons gereelde middagstappie gaan. Hy het sy gereelde ruikplekkies,
dan moet ek maar geduldig wag tot hy sy ruikding klaar gedoen het en ons
weer kan aanstap.
Regoor die plaaslike winkelsentrum hoor ons ‘n opgewonde njaf-njaf en ‘n
klein kriek van ‘n brak storm van onder ‘n struik uit en rem aan die
ketting wat om sy nek vasgemaak is. Ado pluk my amper onderstebo soos hy
trek om die dingetjie by te kom.
En dis toe ek hom sien, die boemelaar wat gereeld in die omgewing was
tot ‘n paar maande gelede toe hy en sy maat, ek het toe nog gedink dis
sy vrou, eendag nie meer te siene was nie. Dankie tog, het ek by myself
gedink, nou kan ek en Ado rustig smiddags ons stapding doen.
“Middag oom, jammer oom.” Vra hy verskoning vir sy hond se gedrag. “Ons
wou nie pla nie oom.” Hy lyk soos enige ander boemelaar lyk. Lang hare
kruip onder sy pet uit, gesig ongeskeer, klere oud maar tog skoon.
“Geen probleem.” laat ek weet en ek rem vir Ado verder, hy loop al
terugkykend na die njaffende brakkie tot ons om die draai is en ons
ongestoord verder kan stap.
Heeltyd oppad huistoe dink ek aan die man en sy hond. Wie was hulle,
waar kom hulle vandaan, hoe het hulle in die haglike omstandighede
beland.
By die huis aangekom het ek reeds besluit, ek gryp gou my kamera en ‘n
notaboekie, en stap terug tot waar ek hulle gesien het.
“Middag, oom, my naam is Gert, Gert Erasmus.” groet hy my toe ek nader
stap en steek sy hand uit.
Ek groet huiwerig.
Ek sien ‘n vrou staan oorkant die pad by die winkelsentrum uitgang met
haar kartonbordjie. Karre ry by haar veby, lyk nie of iemand vir haar
iets gee nie.
Ek val met die deur in die huis, “Kan ons bietjie gesels? Sal jy omgee
om jou storie vir my te vertel en kan ek ook ‘n paar fotos neem?”
Tot my verbasing stem hy in.
“Wag, laat ek net gou vir Bokkie roep” en hard skree hy vir haar,
“Bokkie, kom gou hier, die oom wil fotos neem!”
Sy kom oor die pad na ons toe aangestap, gesig beplooid, maar ek reken
dis eerder van die lang sonstaan as van ouderdom.
“Middag oom,” en sy steek haar hand uit. Haar greep is stewig, nes syne
was, in my gedagtes dink ek dat dit van hulle harde leefwyse is.
Hulle gaan sit op platgedrukte kartonbokse voor my en ek neem sommer op
die gras plaas, sommer so agter die struik op die sypaadjie. Oortjies,
die brakkie, behaaglik uitgestrek in die laatmiddag sonnetjie.
“Gee julle om as ek ‘n storie oor julle skryf en dalk ‘n paar fotos neem
ook? Ek is bereid om te betaal daarvoor” vra ek.
“Dis goed so, oom, ons het niks om weg te steek nie, ons baklei nie,
steel nie, pla niemand nie, hierdie bord praat vir ons,” en hy hou die
bord op sodat ek kan lees: Hungry no food. Small donation. Please help,
I thank you?
“Vertel my bietjie wat het gebeur dat jy hier op die sypaadjie geland
het” vra ek vir Gert.
“Wel, oom, ek het Standerd 8 gemaak op Kraaifontein toe word ek motor
mechanic wat ek gedoen het tot 1992. Maar ek was intussen vir 7 jaar in
die tronk ook”
“Waarvoor was jy in die gevangenis, Gert?” vra ek.
“Haai nee oom, dit kan ek nou nie sê nie, ek het my tyd gedoen en my
skuld is betaal, let bygones be bygones”
“My been en rug het ook seergekry, oom, ek het al vyf keer aansoek
gedoen vir disability maar daar het nog niks van gekom nie, ek het nou
maar opgegee.”
“Ek was getroud ook, in 1964. Vier kinders, twee seuns, twee dogters.
Ons praat nie, hulle wil niks van my weet nie” en hy gee ‘n lang sug.
“Ek ontmoet toe vir Maryann in 1992 en ons is van daardie tyd al saam,
nee, ons is nie getroud nie, leef meer net so saam”
Janee, dink ek, twee siele wat die lewe uitgewerp het en wat in mekaar
nou troos en samesyn vind.
“En jy, Maryann?” vra ek. “Hoe het jy hier gekom?”
“Sorry oom, kan ek maar rook?” vra sy beleefd, ek laat haar begaan.
Sy gee ‘n lang trek aan die sigaret en begin haar storie.
“Ek was in ‘n spesiale skool maar het in Standerd 6 die skool gelos. Toe
ek op 17 getroud is het ek al twee kinders gehad. Ons is sommer vinnig
geskei. Ek weet waar my kinders is maar hulle stel nie in my belang nie.
Die seun is ‘n poliesman.”
“Party dae maak ons so R100, oom” vertel sy verder. “Op ‘n baie goeie
dag het ons al R300 gemaak. Ek staan maar met die bord, die mense geen
nie as Gert staan nie”
‘n Swartman op ‘n fiets stop by ons, hy roep haar nader, gee vir haar
twee fotos wat hy van hulle geneem het.
Maryann kom wys vir ons die fotos. Hulle is poskaart grootte en ek sien
Gert, Maryann en Oortjies pryk op die fotos.
“Hy vra ons net R15 per fotos,” sê Gert ewe trots, “ek het hom klaar
betaal.”
“Ek lyk mooi in die pakkie, nê?” vra Maryann en hou sodat ek kan sien.
Ek voel skielik skaam dat hulle met sulke ou klere kan spog en ons het
soveel mooier en nuwer klere.
Ek het intussen agt fotos van hulle geneem en ek verseker hulle dat ek
die fotos vir hulle sal gee sodra ek hulle laat druk het. Hulle verseker
my dat hulle oor twee dae nog daar sal wees voordat hulle weer vertrek.
Hulle gaan glo Komatipoort toe omdat dit warmer daar is, hulle gaan
sommer daar bly vir die winter.
“Ons is nog ‘n week hier, oom, dan gaan ons maar weer die pad vat, dit
word nou koud saans”
“Waar slaap julle, Maryann?” Vra ek.
“Hier oorkant die pad by die garage is ‘n carwash, oom, sommer daar
onder hulle afdak. En as dit dalk reën slaap ons sommer in die garage se
toilette.” Laat sy weet.
Ek dink aan die lekker snoesige warm bed by die huis en kry hulle sommer
baie jammer. Selfs Ado slaap seker warmer as hulle.
“Ons kan maar ophou vir die dag” sê Maryann, “die parking raak nou
vinnig leeg.” Die son mik vinnig horison toe en die luggie raak koeler.
Ek groet en prop ‘n R100 noot in Gert se hand.
“Baie dankie oom, die Here sal jou seën” hy kan my nie in die oë kyk nie.
Daar is ‘n knop in my keel as ek wegstap.
“Moenie die fotos vergeet nie, oom” roep Maryaan agterna.
Hulle vat hulle paar besittings en loop oor die pad na die carwash se
afdak. Oortjies aan sy leiband stap gehoorsaam saam.
Ek stap na ‘n warm huis, lekker kos en sagte bed en besef dat ek so baie
het om voor dankbaar te wees. Ek prewel ‘n gebed en vra dat ‘n Hoër Hand
hulle moet beskerm.
Deur Peter Thomas
Baie dankie, Zalome
DIE-EET
MAER WORD
VERSLANKING
GEWIGSVERLIES
OPLOSSING VAN AL JOU PROBLEME
Dis ampers Lente. Somer is vinnig op pad na Suid Afika. Koop 'n vrolike
nuwe handoek en sonbrille. Kry 'n groot nuwe bottel sonskerm. Haal die
bikini's en swembroeke uit. Skeer die wolletjies af hou die beentjies
glad. Nou is dit tyd om daardie aaklige ekstra kilo's af te gooi!
UITSTEKENDE OEFENING
Skud die kop van links na regs en van regs na links. Doen dit weer en
weer 'n keer wanneer jy ookal 'n tweede porsie van enige ryk, nie
verslankende voedsel aangebied word!
Dit word gewaarborg, werk uitstekend en kos niks.
In 'n noodgeval gryp die tafelblad vas met 'n stewige greep. Kners die
tande opmekaar en haal stadig maar diep asem. Jy sal krag put uit 'n
bron wat jy nie geweet het jy het nie. Stoot jouself stadig maar beslis
weg van die tafel af elke keer as tweede porsies nagereg of koek bedien
word. Of kortliks soos bo aangetoon, wanneer jy ookal 'n tweede porsie
van enige ryk, nie-verslankende voedsel aangebied word!
Die manne kan ook maar naderstaan en daardie kop, nek en tafel vasvat
oefening doen. Daardie boepmaag moet weg! Daardie afdak moet afgeslaan
word. Die sokker bier-sessies was gladnie goed vir jou nie. Daardie ding
van vrouens is vet maar mans is net groot, fris en sterk moet end kry.
Soek daardie abs onder die spek en wys dit weer 'n slag.
Mans en dames.
Werk aan daadie lyf.
As jy iets het om te wys, wys dit.
Glo my, jy het dit nog.
Al die knoppe en bulte sit nog almal op dieselfde plekke!
Dames julle moet slank en sag en gerond wees.
Die manne gespierd en ferm met 'n stewige agterwêreld!
Daar is net een ding wat jou vet maak en dit is te veel eet!
Beste eetplan is hou dit eenvoudig en tel die kalorië.
Ten minste 30 minute oefening elke dag om mee te begin.
Begin sommer nou en trap die riel op die ritme van die musiek. Begin om
die koppie heen en weer te skud.
Dan dans jy. Gaan mal!!
Hoe lank voor jy skoon uitasem is?
Toemaar . . . . jy werk mos nou daaraan!
As hierdie boodskap jou nie terugpluk en wakkerskud die werklikheid in
nie dan gee ek moed op met jou!
Sterkte.
Ek het al 6 pond verloor!
Vriendin van my, Anna Eksteen,
het hierdie besonderse boekie saamgestel,
regs klik hier om dit af te laai.
Rondswerf op die internet |
Hierdie is een van daardie juwele
wat op die internet rondswerf en heel per toeval in jou eposbus beland,
gewoonlik is die skrywer heel onbekend. Ai, maar Afrikaans kan darem
maar lekker beskrywend wees!
Ek sit laat agtermiddag op die
stoep - yskoue Castle in die hand, die mal rifrug van my jaag tarentale
wat hoenderkos wil steel, vroulief is besig om ʼn rooibokboud (het heel
toevallig voor die bakkie ingeloop; julle weet mos) in die oond te druk,
toe ek amper die bottel insluk na ʼn moerske slag en gil van agter die
waenhuis.
Die rifrug skrik homself in ʼn ander bloedgroep in, vroulief gee ʼn gil
wat die dode kan wek, my trotse haan val hom des moers van sy stok en ek
mors van die kosbare koudheid.
Kom my jongste knaap om die waenhuishoek gehol met ʼn stofstreep agter
hom aan, spoegslierte om die mondhoeke, skreeuend van ver af: "Pa moet
gou kom, hier het ʼn lelike ding gebeur!!"
Ek storm soos ʼn wafferse voorspeler die trappe af, slaat oor ons werfkat
neer, spring op - so in die verbygaan skop ek die arme kat amper in ʼn
gehoortoestelletjie in - en gryp my seun aan die skouers. Die hond raak
verbouereerd, gryp my aan die broek. Vroulief, pan in die hand - minus
die boud - storm my uit die pad, slaat die hond vir ʼn ses met die pan,
gryp my seun by my en hyg: "Is jy oraait? Het jy seergekry?" "Nee, Ma!"
met so ʼn vriesbrand stemmetjie, "Dis Jakobus, Ma, hy het die longdrop
opgeblaas."
Nou moet ek eers verduidelik: agter die waenhuis het ons ʼn longdrop
gebou vir die werkers, vat te veel tyd as hulle eers kaias toe moet loop
vir die dinge van die natuur; dinge kan partykeer jaerig raak so met die
werk en eet saam. Veral vir Jakobus, my butler, soos ek hom noem.
"Is Jakobus oraait? Leef hy?" hyg skreeu vroulief met ʼn aamborstige
Gunston-stem. Nie dat vroulief enigsins rook nie. "Ja, Ma, hy't ʼn
vuurhoutjie in die skag afgegooi terwyl hy op die troon gesit het, Ma!
Sy kroonjuwele en exhaust is geskroei, Ma!" "Swerwer, gaan kyk of die
man nie dood is nie," word ek beveel. Nou met vroulief praat jy nie teë
nie, veral as haar stemmetjie so ʼn oktaaf styg.
So staat ek en kyk na Jakobus se agterent en juwele, hy gebukkend, toe
Dominee skielik om die hoek kom. Was so beïndruk met die werkinge van
metaangas dat ek nie die motor hoor stop het nie.
"En nou, broer?" wil Dominee met ʼn skok in sy stem weet.
Ek skrik my amper bo-op Jakob se rug en probeer terselfdertyd sy broek
optrek. Hy brul en gil van die pyn en probeer uit die broek ontsnap.
"Nee, Dominee, man, gee bietjie hand, Jakob wil nie stilstaan nie," hyg
ek uitasem.
Dominee ruk hom om, marsjeer stywebeen en baaaaie vinnig terug na sy
motor. Ek staan vasgevang tussen Jakobus se pyn en Dominee se gedagtes.
"Te dinges met jou, Dominee," dink ek by myself en trek weer Jakobus se
broek af. Met dié draai Dominee om en sy mond gaan oop om iets te sê,
maar geen woord kom uit by die aanskoue van die af broek. Hy staat en
gaap-gaap soos ʼn vis op droë grond voor hy homself in sy motor boender
en met skreeuende bande wegtrek.
Intussen het Jakob homself uit sy broek bevry en daar gaat die man op
loop reguit na sy kaia toe. Sy vrou het hom op ʼn afstand sien aankom,
vasgesteek, en weer gekyk, ʼn smile op haar gesig gekry en begin om haar
bloes los te knoop. (Ek het eers later by Jakob verneem hulle was teen
daardie tyd al twee weke nie op "speaking terms" gewees nie.)
Toe Jakob die deur langs haar ingedraf kom, gee sy hom ʼn speelse klap op
die boud, op die eina. Die man pak ʼn paar Dunlop-briekmerke teen die
grond vas, swaai om en maak vir die sementdam.
In die hardloop besluit Boel, my rifrug, hierdie is ʼn lekker speletjie
en hap speels aan Jakob se alie. Jakob trek sy twee boude inmekaar soos
ʼn uitgedroogde lemoen en duik vir die dam, saligheid klaar op sy gesig,
maar ongelukkig skuur sy twaksak teen die damwal. Borrels met onaardse
geluide binne vasgevang bars bo die oppervlak uit.
Al wat Jakob uitkry met sy kop bo die water: "Jo-jo, nooit ek hy poep
weer!!"
Kyk, die ding tussen my, Jakob en dominee het geloop pla. ʼn Anderse
soort branderigheid hierbinne waar jy nie vatplek kan kry nie, toe gaat
maak ek die saak met dominee reg. Hom mooi verduidelik van die
omstandighede en gebeure.
Daarna was dominee saf, maar ook nie te saf nie, wou nooit weer alleen
saam met my iewers heen ry nie, en by die kerkbasaar het hy mevrou
Dominee altyd styf onder sy arm vasgeknyp as ek sou nader staan. Ek dink
ook nie dit het gehelp toe ek na maande weer my gesig in die kerk wys,
en my seun wat van Amerika besoek, sy oë op die Nagmaaltafel gerig,
kliphard laat hoor het: "Jis, pa, ek hou van dié kerk, hulle het
shooters!"
Loot Eksteen was gaaf genoeg om
die volgende dokumente saam te stel, regs klik op elke skakel en laai
die dokument af. Dit sal met elke brief opdateer word.
Currie beker -
Wedstryde
Currie beker -
Logs
Currie beker -
Data
Currie beker -
Punte
Currie beker
- Statistieke
Toetse - Logs
Toetse - Data
Toetse -
Statistieke
Klik
hier om vir Loot 'n epos te stuur, dalk kan hy die dokumente vir jou
op 'n weeklikse basie stuur
Klik
net hier , registreer en koop 'n kaartjie. Dis doodveilig, en sodra
die transaksie afgehandel is, kan jy begin droom, lekker groot droom. En
as jy vir die eerste keer registreer kry jy nog 'n gratis kaartjie ook!
Waarvoor wag jy? Sien verder ondertoe vir besonderhede van die gratis
kaartjie.
Soveel mondjies om te voed - Martie Taylor |
Van tyd tot tyd plaas ek stories
geskryf deur intekenare, dis vir my 'n plesier en ek weet hoe lekker dit
is om jou werk "gepubliseer" te sien.
Die wintersonnetjie is yl
buite,maar hier voor die stoof waar ek staan en pannekoek bak is dit
onmoontlik warm. So ‘n ses stuks kleuterseuntjies staan tou en wag vir
die pannekoek. Soos ek bak so eet hulle. Elkers weer ‘n skoon gelekte
bord en ‘n taai kaneelsuiker mond wat dankie sê vir die soveelste
pannekoek.
Costa hoeveel pannekoeke het jy al geëet? Die goed maak ‘n knop op mens
se maag, jy kan siek word…….. Dertien Tannie, sê die klein Griekse
seuntjie met sy swart krulkop. Ek weet hy kon nie soveel gehad het nie,
vier koppies meel bak net nie so baie nie, maar vir so ‘n klein lyfie is
selfs drie te veel.
Sammy was die eienaar van die kaffee in Swartruggens se hoofstraat en sy
seuntjie Cosa een van die mees gewaardeerde maatjies van almal. Hy het
elke keer as hy kom speel ‘n pakkie warm slap skyfies en lekkers en warm
broodrolletjies saam gebring. My seuns vir wie die kaffeekos ‘n weelde
is, staan maklik hulle pannekoek aan hom af. Later bel ek sy ma, hou hom
maar dop asseblief, hy kan dalk vanaand nie te lekker voel nie.
Hoeveel seuntjies kan mens kos gee as hulle net sommer daar is as dit
etenstyd is. Vir hoeveel sulke ongenooide gaste kan jy opskep voordat
die kastrol se boom uitsteek en almal nog nie ‘n eerste bordjie kos
gehad het nie? Ek het nooit probeer tel nie, het maar elkers weer voor
die stoof gaan staan en skep en skep. Dankie Ma was òns seuns, dankie
tannie, was Costa en Pietie, en Jabobus en Christo Meyer. As die kos op
was, moes brood en wat daar ookal was, help om die laaste magie vol te
kry. So gaan dit maar aan en aan tot die een dag…………
Ek staan voor die stoof, lepel in die hand, die ander kastrolle elkeen
met sy eie skepding, die tafel is gedek, maar ek het hoeka geleer dat
opskepskottels net baie meer skottelgoed is en dat seuntjies nie
vreeslik omgee hoe die kos op die tafel kom nie, net maar dat dit daar
is en hoeveel daar is om geëet te word.
Die stapeltjie borde langs my op die kas is op en nog staan twee
seuntjies voor my, genade vanaand gaan ek dit nie maak nie dink ek as ek
nog vier borde van die rak afhaal. Ek moet nog vir my man skep en ek……
Dan skep ek maar, miskien bietjie aan die skraal kant, maar daar is
brood op die tafel. Nee, dis reg tannie, sal brood ôk eet. Dan skraap ek
die laaste bietjie van alles vir my man uit. En vanaand is ek honger,
hemeltjie tog brom ek, as ek tafel toe drentel om met brood en kaas
myself aan die lewe te probeer hou tot môre.
Later as al die kinders huistoe is, staan ek kwaad voor die bak
skottelgoed, my maag grom van die brood en ek is moeilik en moeg.
Benjamin, Chris, Leon, Johann roep ek hulle kombuis toe… Hier was
vanaand nie genoeg kos vir al die seuntjies nie…. As hier weer so baie
kinders is as ons eet, gaan ek julle kos vir hulle gee, dan kan die een
met die meeste maatjies maar honger gaan slaap.
Later, op ‘n ander dag, roep ek sommer so van die agterdeur af, kom eet…..‘n
ry seuntjies sit stowwerig op die stoepmuurtjie, beentjies en skurwe
kaal voete al swaaiende heen en weer…Dan staan my vier seuns voor my,
waar is Costa en Pietie en Jacobus, wil ek weet. Buite, mompel Benjamin,
hulle is nie honger nie….. As ek deur die venster loer, sit hulle nog
roerloos op die stoepmuurtjie.
Wil julle nie vanaand saam eet nie, vra ek, Nee tannie, soos een man,
ons is nie honger nie. Verslae staan ek daar, is hier ‘n maagsiekte of
iets vreesliker as dit in omloop? Julle kan regtig maar kom saam eet
nooi ek, is julle siek?... Nee tannie kom dit skaam van Costa. Is hier
genoeg kos, Benjamin sê as die kos te min is vir ons almal gaan hy niks
kry nie. Huil trek my keel toe as ek die dag onthou, Julle kan maar
inkom nooi ek, hier is genoeg kos, Benjamin het seker verkeerd verstaan….Maar
hy het nie en vandag is ek nog jammer…………
Ons woon nie meer in die Wes-Transvaal nie en ons kinders is groot,
universiteit en hoërskool. Ons woon in Secunda, ons wou nie daar wees
nie, maar waar jou brood is……. en ons swyg en eet ons brood……..
Ons Meisiekind is die Desember vakansie by die huis, so ‘n week of wat
voor die skole sluit. Weet ma vra sy die aand aan tafel, weet ma hoeveel
seuns bly in die middag na skool hier, weet ma hoeveel kinders gee julle
kos? Nee ek weet nie.
So vier of ses, vertel sy, hulle kom sommer hier aan, twee met fietse
een ry sommer saam met pa van die skool af. Een of twee spring oor die
draad hier van die veldjie af en eet en was skottelgoed saam met ons….Die
ou wat van die skool af saam ry, se ma kom hom agtermiddag haal, net so
skuins voor ma van die werk af kom.
Ek kyk na my man…. Sy oë is op sy bord, maar hy glimlag, die glimlag wat
ek so goed ken. “Is so sê hy, vir weke al”. Maar die brood en botter en
kaas en alles…… ek koop net soveel elke dag……”Ja ek weet, maar die brood
raak nie op nie, daar is altyd genoeg”.
Alles wat jy
wil weet oor Boeremusiek.
Hierdie is die
webblad van Kalie de Jager en is spesifiek daarop toegespits om die
Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.
Klik hier om
sy webblad te besoek.
Boeremusiek
Baanbrekers - Uit "15 Goue Jare - 1989-2004 Boeremusiekgilde" |
Fanie le Roux
Een van die steunpilare in
die Kaap. Hy het saam met oom Mynie Reyes die TV
Boeremusiekkompetisie in die Tradisio-nele Afdeling gewen maar
Fanie speel enige musiek en nie slegs tradisionele Boeremusiek
nie. Hy dien tans op die bestuur van die Westelike Provinsietak.
|
 |
|
|
Ekke is ook op
Facebook, as jy dalk 'n Facebook profiel het en by myne wil aansluit,
klik net hier.
Hoe meer siele hoe meer vreugde. My Facebook eposadres is peter@funkymunky.co.za
of kry my by www.facebook.com/Peterjasie
Mirna is ‘n
opvoedkundige sielkundige in Stellenbosch. Sy het onderwys gegee by
verskeie skole, o.a. Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Bloemhof
en Jan Krielskool vir leerders met hindernisse tot leer. Sy is ‘n ma,
lief vir die kunste, die see en kinders. Jy is welkom om kommentaar en
vrae te stuur na
mirnafvanwyk@gmail.com
Strategie en
vaardighede vir ADHD ADD
Ons is tans besig om te gesels oor die impak van Aandag
Afleibaarheid en Hiperaktiwiteit Sindroom (AAHS) en die Aandag
Afleibaarheid Sindroom (AAS) op die lewe van gesinne. Hierdie maand deel
ek graag leiding tov vaardighede en strategieë wat die lewe van AAHS/AAS
lyers makliker sal maak (en veral hulle ouers s’n).
Die volgende metode werk goed vir kinders wat AAS, asook die wat AAHS
simptome toon. Dit word die 1-2-3 metode genoem.
Alle take kan opgedeel word in ‘n 1-2-3 proses. 1 is Raak Georganiseerd-die
kind begin fokus op wat hy gaan doen en watter material hy gaan nodig hê
vir die taak. 2. Bly Gefokus-hou die aandag by die taak en sê “nee” vir
afleidings. 3. Maak dit Klaar. Handel af, kontroleer en rond dit af (bv.
plaas dit in die regte leêr). Met ‘n meer ingewikkelde taak, soos bv. om
‘n skoolprojek te doen, word die stappe meer, maar die basiese elemente
bly dieselfde. Die taak word dan ingedeel in kleiner take, wat heel
moontlike oor ‘n paar dae of self weke strek.
‘n Kind moet leer om NEE te sê vir afleidings en gedagtes wat inmeng,
met die woorde: “Just do it!” en “Hoe gouer ek klaar maak hoe gouer het
ek tyd vir my eie dinge.” Beloon jou kind met ‘n drukkie of ‘n koekie as
sy hard probeer om gefokus te bly en veral as sy ‘n taak afhandel.
Jou rol as ouer is om ‘n sagte maar hardnekkige “coach” te wees. Fokus
jou kind deur vrae te vra om haar aan die gang te kry en te hou. Gebruik
hierdie vrae om jou kind te laat dink wat die stappe is wat die taak van
haar gaan vereis. Die genoegdoening wanneer sy in beheer voel is ‘n
kragtige motivering. Vra haar gereeld hoe ver sy is, wat nog gedoen moet
word en hoe lank dit nog gaan neem. Dit help haar om later haar eie
tydsberekening, beplanning en prosesse te monitor.
Moedig jou kind aan om ‘n taak as ‘n reeks vrae en antwoorde te sien.
Stel voor dat hy sy hierdie hardop vra en hulle antwoord. Aan die begin
kan jy die vrae vra en jou kind dit antwoord. Later kan sy dit self doen.
Dit sal geduld verg om jou kind te leer om take in kleiner stappe op te
breek. Dit sal ook tyd neem voordat jou kind hierdie stappe en vrae
toepas. Dit mag dalk vir jou makliker lyk om dit sommer vir haar te doen.
Dit sal beslis minder geduld van jou verg. Maar dan sal jou kind ook
nooit onafhanklik en suksesvol te wees nie. En ontneem jy haar die
voorreg om goed te voel oor haar werk en moeite.
Ontwikkel ‘n roetine. Jou kind moet leer om al die vorige aand sy
benodigehede vir die volgende dag gereed te kry, en dit op ‘n spesifieke
plek neer te sit. Leer jou kind om lysies te maak van
verantwoordelikhede in volgorde van belangrikheid of spoedeisendheid en
merk dit dan af met groot genoegdoening wanneer dit afgehandel is.
Op hierdie manier leer jou kind konsekwent vaardighede wat hy sal nodig
kry en word hy onafhanklik. Hierdie is ‘n ouer se liefdestaak want jy
vul jou kind se “toolbox” vol vaardighede wat hy kan gebruik soos die
lewe dit vereis. Dit moet konsekwent, met geduld en langdurig gedoen
word. En met belonings vir elke oorwinning, oor himself of oor ‘n taak.
Nie net sal dit jou lewe makliker maak nie, maar dit laat ‘n kind voel
hy is vaardig, waardig en vul hom met selfvertroue. En hulle sal dit
geniet om take af te handel om dan sorgvry hulle tyd aan dinge te wy wat
hulle van hou.
Groete van hart tot hart.
Bitterbessie dagbreek
Ingrid Jonker
Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
'n spieel het gebreek
tussen my en hom
Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af
Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed
Pappegaai- bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroe
weer die koggel kry
Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
Gaan kyk na my
nuwe fotografie
webwerf . Sport fotos onlangs bygelas
Hierdie brief is maar net 'n klein deel van die
Peterjasie internet ondervinding.
Klik gerus hier en gaan besoek my webwerf, daar is regtig iets van
alles, en alles in Afrikaans.
Zalome -
Afrikaans op die net |
Zalome, wat nou in Amerika woon, bevorder ook Afrikaans op die net,
klik hier om vir haar 'n epos te stuur, vra dan sommer ook
besonderhede oor haar briewe wat sy uitstuur. Kom ons ondersteun haar
ook! Dit kan net goed wees vir Afrikaans. Hoe meer mense 'n passie het
vir Afrikaans en dit op die internet wil bevorder hoe beter vir ons mooi
taal.
Ek het vir 'n lang
tyd 'n Feesbladsy op my webwerf gehad, maar die mense het my nie die nuutste
inligting gestuur nie, nou gee ek maar 'n skakel na Litnet se feesbladsy.
Klik net hier
Drie vriendinne, een in 'n
informele verhouding, een verloof en een 'n lank getroude vrou, ontmoet
oor 'n paar drankies na werk.
Hulle besluit om hulle liefdeslewens bietjie op te kikker en die manne
In hulle lewens te verras met 'n stoutigheidjie.
'n Week later kom hulle weer bymekaar.
Die enkel meisie sê, "Ek het na my vriend se kantoor gegaan met 'n lang
jas aan. Na almal weg is het ek die jas laat val en al wat ek aangehad
het was 'n leer korset met swart sykouse en hoëhak skoene. Ons het net
daar op sy lessenaar liefde gemaak."
Die verloofde vrou sê, "Toe my verloofde by die huis aankom, het ek vir
hom gewag met 'n swart masker, korset, sykouse en hoëhakke. Ons het die
hele nag passievolle liefde gemaak, en nou wil hy vroeër trou."
Die getroude vrou sit haar glas neer en sê, "Ek het baie beplanning
gedoen. Die kinders is na my ma toe, ek het 'n lang bad geneem met
gegeurde olie en my beste parfuum aangespuit. Ek het in 'n stywe leer
korset geklim met swart sykouse en ses duim hoëhakke, alles afgerond met
'n swart masker. My man het by die huis gekom, 'n bier en die
afstandbeheer gegryp, homself op die bank neergeplak en uitgeroep...
Yes Batman!! Wat eet ons?
Seuntjie klim op die skoolbus, en
toe hy gaan sit begin hy sing:
"As my pa 'n leeu was en my ma was 'n leeu, dan was ek 'n leeu
welpieeeeeeeee!
As my pa 'n koning was en my ma 'n koninging, dan was ek 'n
plinsssssssss!"
Die busdrywer raak kwaad en geirriteerd met die klein seuntjie se
gesingery & vra
"As jou pa 'n poephol was, en jou ma 'n straatvrou, wat was jy dan?"
Die seuntjie antwoord, " Sekel 'n busdlywel oom!"
As jy dalk nog
baie resepte wil hê, gaan kyk in die
argiewe, elke nuusbrief bevat
resepte en meeste van hulle het ook nog gratis aflaaibare resepte eBoeke. |
|
|
Konfyt by die potbrood
Ek het al in die verlede geskryf oor potbrood as ‘n bykos vir jou
potjiegereg.
Brood, en veral potbrood kan egter ook op sy eie geniet word. So, volgende
keer as jy ‘n potbrood maak om saam met jou potjiegereg te geniet, maak nog
een wat jy later saam met lekker tuisgemaakte konfyt kan geniet.
Toe begin ek soek na lekker konfytresepte. ‘n Vriendin van my, Anna Eksteen,
stuur toe vir my een van haar eBoeke met die title “Herinnering an ouma se
spens”, en daar kry ek toe die resepte waarna ek soek.
Anna het al ‘n hele reeks resepte eBoeke saamgestel, vir meer inligting
kontak haar gerus kontakinligting hieronder.
In alle geval, hier is ‘n paar minder bekende konfytresepte wat jy gerus kan
probeer! Met ‘n lekker potbrood en ‘n verskeidenheid van hierdie konfyte
gaan jou vriende weer en weer kom kuier!
Hierdie een het ek nog nie probeer nie, maar dis verskillednd van die gewone
en ek is seker dit kan net lekker wees:
ROOSBLAARKONFYT
500g donkerrooi roosblare
500ml water
500ml witsuiker
45ml suurlemoensap
15ml rooswater
Was roosblare goed af. Voeg water by roosblare in 'n kastrol. Prut tot sag.
Verwyder van hitte. Roer suiker en suurlemoensap by en roer tot suiker
opgelos is. Plaas kastrol terug op stoof en kook oor matige hitte vir
ongeveer 40 minute. Roer voortdurend. Voeg rooswater by en kook nog 5
minute. Skep klein bietjie konfyt op metaalwasbak. As dit 'n balletjie vorm
en so bly is die konfyt reg, anders moet dit nog bietjie kook. Laat konfyt
bietjie afkoel en skep in gesterileerde flesse.
Tamatiekonfyt was nog altyd een van my gunstelinge, met soetrissie by kan
dit net ‘n wenner wees!
SOETRISSIE EN APPELKOOSKONFYT
250g gedroogde gekapte appelkose
250g pitlose rosyntjies
2 liter witwynasyn
1 liter ryswynasyn
800g gekapte uie
10g gekapte knoffel
500g bruinsuiker
20g sout
45g gemaalde gemmer
30g gemaalde koljander
30g geelmosterdsaadjies
10g rissievlokkies
Gooi die asyn, rosyntjies en appelkose in 'n pot en laat staan die mengsel
oornag. Voeg die oorblywende bestanddele by en prut op die stoof totdat die
blatjang dik is. Stoor in gesterilliseerde bottels. Maak sowat 2,5 liter.
Korrelkonfyt is 'n tradisionele gunsteling en heerlik met skons en snoek. (Natuurlik
ook met potbrood)
KORRELKONFYT
2kg sultana druiwe (geweeg na stokkies verwyder is)
1,2kg wit suiker
20ml suurlemoensap.
Spoel die druiwe goed af. Maak lae druiwe en suiker in 'n swaarboompot en
los die suiker op oor lae hitte. Verhoog die temperatuur, voeg suurlemoensap
by en kook die konfyt tot die stroop so dik is soos heuning. Verwyder van
die hitte. Skep enige skuim af en skep konfyt in gesteriliseerde bottels.
Bedek met gesmelte kerswas of sirkeltjies waspapier wat in brandewyn gedoop
is. Laat afkoel en seël die bottels.
Baie van ons het ‘n kumkwatboom in die tuin en on sweet nie gewoonlik wat om
met die vrugte te doen nie, probeer gerus hierdie resep:
KUMKWATKONFYT
Weeg die hoeveelheid kumkwats af en sny 'n kruisie aan die onderkant van
elk. Voeg net genoeg water by om die koemkwats te bedek. Verhit dit tot
kookpunt en kook dit so sag dat 'n vuurhoutjie maklik deur die skil gedruk
kan word. Weeg net soveel wit suiker af as die koemkwats geweeg het. Voeg
die suiker by die vruggies asook die sap van een suurlemoen vir elke 1kg
koemwats wat gekook word. Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit
aan die begin gereeld om die suiker te laat oplos. Kook die koemkwats oor
matige hitte en begin die stroopdikte ná 'n halfuur toets. Skep 'n bietjie
stroop op 'n koue piering. Laat dit afkoel en stoot dit met die voorvinger.
As dit rimpels vorm, is dit dik genoeg. Die vruggies moet helder vertoon en
deurgekonfyt wees. Skep die pitte wat uitgekook het en die skuim af. Bottel
die konfyt warm en verseël dit dadelik.
Vra vir jou buurman of hy vir jou van sy kwepers sal gee, dan probeer jy die
volgende resep:
KWEPERKONFYT
500g kweper, geskil en in stukke gesny
water, vir kook van kwepers
200g suiker
1 suurlemoen, versap
1 lemoen, versap
steranys, een vir elke kweper
Kook die kwepers in water tot dit sag is. Dreineer en voeg die suiker,
suurlemoensap, lemoensap en steranys by. Laat toe om 2-3 ure teen baie lae
hitte te prut tot die kweper diep-oranje in kleur is en die stroop dik is.
Gooi in gesteriliseerde bottel en bedek met suikerstroop. Omdat steranys 'n
sterk smaak het, kan dit bygevoeg word volgens jou voorkeur, maar in hierdie
resep is ongeveer een steranys per kweper wat gebruik word bygevoeg. Maak
sowat 220g.
Ek smul altyd lekker aan turksvye maar het nooit gedink om konfyt daarvan te
maak nie! Probeer gerus die volgende resep:
TURKSVY FYNKONFYT
Skil 1kg ryp turksvye dun af en sny dit in klein stukkies op. Voeg 625ml
water by, verhit dit tot kookpunt en kook dit 'n kwartier lank met die
deksel op. Haal die kastrol van die stoof af. Voeg 375g witsuiker, die sap
van 'n halwe suurlemoen, 1 knoets gekneusde, gedroogde gemmerwortel en 'n
knippie sout by die warm turksvymoes. Verhit die mengsel stadig tot kookpunt
en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Kook dit oor
matige hitte totdat die konfyt helder en dik is. Verwyder die gemmer en gooi
dit weg. Skuim die konfyt af, indien nodig. Bottel dit warm en verseël dit
wanneer afgekoel.
Nouja, nou het julle genoeg idees om julle potbrood sommer baie lekkerder te
laat proe. Jy sal meer as een brood moet bak as jou vriende eers aan al jou
nuwe konfyte begin proe het.
Lekker smul!
Ek soek nou ook "ongewone"
konfytresepte, nie die gewone appelkoos en perske nie. Hoe lyk dit, as jy
daardie ekstra lekker konfytresep het stuur gerus aan my
per epos
My nuwe
resepte eBoek CD - 60 boeke op een CD
Ek het besluit
om al die Afrikaanse resepte eBoeke wat ek het op en CD te sit, dis
omtrent al die resepte wat mens ooit sal nodig hê. Nou hoef jy nooit
weer 'n resepteboek te koop nie en teen minder as R1.70 per boek is dit
baie billik.
Hier is die
lys van boeke:
101 Kraakvars slaaie,
101 Onweerstaanbare poedings, 110 Spyskaarte vir die werkende vrou
5 Beste van alle geregte, 217 Egte Afrikaanse resepte, Aartappels,
Beskuitresepte, Afrikaanse Resepteverskeidenheid, Brood resepte, Vul die
beskuitblik, 'n Broodjie vir die blik, Blokkieskoek, Burgers Patties
Frikadelle, Brood resepte, Drankies, Drinkgoed, Gemmerbier, Groente, Eet jou
groente, Hoender resepte, Happies en Poffers, Kaaskoek, Ietsie anders
resepte, Kerskoeke, Karavaan resepte, Kleinkoekies, Kinderlekkerte,
Koekiedrukker resepte, Koeke, Likeur, Lekkergoed resepte, Nog resepte,
McCain resepte, Moedersdag resepte, Mikrogolf resepte, Peterjasie se boek, Pastageregte, Peterjasie se
Kersresepte versameling, Peterjasie se eBoek van vernoemde resepte, Poeding, Peterjasie se
Tradisionele SA resepte
Resepte met biltong, Resepteverskeidenheid - ook grootmaat, Slaaie, Sommer
net resepte, Sop in die pot, Sop resepte, Terte, Sous, Verskeie resepte 1,
Souttert & Pannekoek, Vis en hoender, Veelsydige hoender, Vleisgeregte vir
Kersdag, Verskeie resepte 2, Warm en koue drankies, Vleisresepte, Wille
samies, Wafels en Pannekoeke, Wors en worsies
Allerlei
Annette se Boererate, Boererate en Verbruikerswenke, Hartstigting dieet,
Lennons medikasie, Mate en gewigte, Sop dieet, S A Boererate eBoek, Metrieke
omskakelingstabel, Werk van die huis
Die CD kos R100,
geregistreerde posgeld ingesluit (dis om en by R1.60 per boek). Met Fastmail
koerier, volgende dag aflewering, kos dit R130.
As jy die Fastmail
metode verkies kan ek vir jou onmiddelik 'n spoornommer (tracking number)
gee, dit sal jou gemoedsrus gee aangesien jy 'n oorbetaling moet maak aan
iemand wat jy nie ken nie.
Klik hier om my bankbesonderhede te kry, onthou om ook jou posadres te
verskaf
Anna se Kombuis
Ek beskou Anna Eksteen as die koningin van Resepte eBoeke in Afrikaans.
Sy het nou al 'n hele versameling van resepte eBoeke wat enige kossoort
dek, en dit in Afrikaans! eResepteboeke is goedkoop en geen posgeld is
betaalbaar nie, die boeke word per epos gestuur en is in 'n japtrap by
jou.
Klik gerus hier en kyk
na die lys van nuwe resepteboeke en bestel gerus een, of sommer 'n paar!
Of bel sommer direk vir Anna -
0822946799
Die
volledige lys van al Anne se boeke is onderaan, bestel gerus Pa se Boek as
Vadersdag geskenk, daar is nog tyd oor, die boek word per epos gestuur.
Ek
kan die boek PA SE
BOEK aanbeveel as ‘n ideale
Vadersdag geskenk wat die 20ste Junie gevier word. Dit is iets heel
anders as die gewone "soap on a rope" of nog ‘n paar sakdoeke.
Menige mans het al in die verlede vir my terugvoering gegee oor hierdie
boek wat hul beskryf het as uitsonderlik.
My
versameling eResepteboeke is besonder gewild as klein geskenkies, vir die
buurvrou, jou kind se dagmoeder, jou kollega by die werk of sommer om
jouself te bederf. Ek kry goeie en positiewe terugvoering. Daar was ook al
'n artikel oor 2 van my boeke in Rapport, wat bewys is dat hierdie nie 'n
sogenaamde "scam" of "foefie" is nie. Baie mense kan
getuig en hul tevredenheid uitspreek oor die boeke wat hul al van my
bestel het.
LEES
HIER AS JY WIL WEET WAT OM TE DOEN OM TE BESTEL
Om
'n resepteboek by my te bestel, is baie eenvoudig. Stuur ‘n e-pos
met jou keuse van boek/e aan my by anna_se_kombuis@yahoo.com
Ek
sal die boek/e in Microsoft Word-formaat stuur, tesame met besonderhede
van die bankrekening waarin die inbetaling gedoen kan word. Ongelukkig kan
ek nie enige bestellings stuur as daar nie behoorlike kontakbesonderhede
saam gestuur word nie.
Met
die druk van 'n knoppie kan jy nou 'n resepteboek bestel wat vóór
aandete per e-pos in jou INBOX afgelewer word. Jy kan dit dan uitdruk of
stoor op CD of op jou rekenaar.
Sommige
mense liaseer dit in 'n "flip file" vir maklike gebruik en om
die kosspatsels maklik af te vee na gebruik. Let asseblief daarop dat die
boeke NIE AFGELEWER of
GEPOS word nie, en is nie
beskikbaar in HARDEBAND
nie. Die boeke is ongelukkig nie beskikbaar in Engels nie, tensy so
aangedui.
Ek
werk op 'n absolute eerlikheidsbasis en vertrou dat jy dieselfde sal doen.
Ek
stuur eers die boeke, tesame met my bankbesonderhede, waarna jy my betaal
wanneer jy dit ontvang het en tevrede is daarmee. Soos ‘n tipe van COD
– Cash on delivery. Jy hoef nie bang te wees dat ek jou geld gaan vat en
laat waai nie, want jy ontvang mos eers die boeke en dan betaal jy my. Jy
sal dus verstaan dat ek nie vir lang periodes kan wag vir betaling nie.
Indien jy nie nou kan betaal nie, dan vra ek dat jy eerder nie nou sal
bestel totdat jy weet jy die nodige betaling kan maak nie.
Geniet
die dag verder en groete tot ons dalk weer gesels.
Anna
0822946799(Hierdie
foon is ongelukkig nie altyd aangeskakel nie - Laat asseblief 'n boodskap)
anna_se_kombuis@yahoo.com
LYS
VAN BESKIKBARE BOEKE
KOM
ONS PAK ‘N PIEKNIEKMANDJIE R60
Die
boek handel oor vriendskap en liefde en 'n piekniekmandjie
en al die lekker eet wat daarmee gepaard gaan. Dit bevat
verskillende kossoorte (soet en southappies) (sosaties) (doopsouse)
(koue soppe) (verskeidenheid brode) (lekkernye) (drankies en
vele meer) vir 20 verskillende piekniekmandjies en
sommer net allerhande mooi en besonderse sêgoed oor
vriendskap, en 'n idee of wat om vir die spesiale persoon as
geskenkie te gee.
SOMER,
SON EN BAIE SLAAI R60
Is
presies dit wat die naam aandui. Dit is nie net gewone
"bokkos" nie. Dit is 'n fees van slaaie. “Slaaie
galore”. Hierdie eBoek bevat meer as 200 resepte wat nie
net heerlike slaaie insluit nie, maar ook smoothies,
skommels en allerlei dorslessers.
VROU
VAN SPREUKE 31 R80
Hierdie
boek was spesiaal saamgestel vir Moedersdag, maar is nie net
bedoel vir Moedersdag nie. Hierdie is ‘n “elke dag boek.
Let asseblief egter dat hierdie boek redelik groot is (2MB)
alvorens jy bestel.
Hierdie
e-boek is vir ALLE vroue, en nie net diegene wat die titel
ma, moeks, mammie of moeder dra nie. My beskeie mening is
dat elke vrou met natuurlike moederinstink gebore word, en
dus in haar wese die moederlike rol op een of ander stadium
in haar lewe vertolk. Of dit is dat jy kinders van jou eie
het, of dit is dat jy peetma is, of voog is, of dit is dat
jy toe jy klein dogtertjie was vir jou poppe ma-ma gespeel
het en of dit is dat jy vir die hondjies, katjies of voëltjies
kos gee. Die moederinstink sal daar altyd wees, so ook die
behoefte om te versorg, te bederf, te beskerm en te
vertroetel. Al hierdie dinge, is ma-wees dinge, en alle
vroue het 'n begeerte daartoe. Hierdie samestelling bevat
nie net resepte nie, maar ook gesegdes, waarhede en
allerhande verrassingtjies. Dit is inderdaad een van my
samestellings waarop ek die trotste is en ek glo jy sal dit
ook net so geniet.
MAMMA
MIA – LEKKER PASTA
R60
Pasta
is wonderkos: Dis baie gerieflik, goedkoop, altyd beskikbaar,
vinnig gaar en lekker saam met enigiets. En die beste van
alles, as jy pasta met die regte bestanddele meng, kry jy
’n voedsame gereg propvol energie. Hier is ’n
verskeidenheid watertand-maaltye waarvan die meeste sommer
tjop-tjop gemaak kan word – en só meer rusbanktyd vir die
kok verseker! Sommige bekend, ander ‘n avontuur om iets
nuuts op te tower.
SMULGEREGTE
OPGETOWER UIT MAALVLEIS
R60
Maalvleis
is een van dié mees veelsydigste kossoorte. Selfs die mees
onervare kok kan iets daarmee uitrig. Met 'n bietjie
verbeelding en moeite kan 'n mens sommer smullekker geregte
hiervan voorberei. Hierdie is ‘n samestelling van die
sulke resepte. Die meeste van die geregte word 1-2-3
voorberei ander met bietjie meer moeite. Maalvleis bly ’n
staatmaker, want jy kan dit op soveel maniere voorsit. Jy
kan kerrie, frikkadelle of moesaka daarmee maak of dit by
rys inroer vir ’n vinnige eenpotgereg.
HOENDER
VIR ELKE DAG SE EET
R60
Hoera
vir hartlike, vullende hoendergeregte! In hierdie
samestelling is daar vele maniere hoe om KIEP-KOS perfek
gaar te maak en op splinternuwe maniere voor te sit. Moeg
vir altyd dieselfde ou hoendergeregte? Beproef dan van
hierdie opwindende nuwe maniere om dié klassieke gunsteling
voor te sit, en is dit tyd om nuwe dinge te beproef.
RECIPES
FOR VEGETARIANS
R60
As
jy besluit het om te leef met 'n groentekebab in plaas van
'n Karoo-tjoppie op die rooster, of ewig tevrede wees met 'n
muesli-ontbyt, terwyl die res van jou gesin hulle aan spek-en
eiers verlustig.Dié tipe leefwyse kan baie gesond wees,
mits die voedselprodukte wat uitgeskakel word, met 'n
plaasvervanger vervang word, en dus is hierdie boek dan vir
jou, aangesien dit bondige samestelling is van Vegetariese
disse. Beskikbaar in Engels.
ALWEER
OP DIEET?
R70
Hierdie
is egter 'n boek met 'n verskil. Dit is nie 'n dieetboek nie.
Dit is 'n boek oor GESONDE KOS en alles wat gepaard
gaan met 'n gesonde eetpatroon. Hierdie boek bevat resepte
en eetgoed wat goed is vir jou en jou gesondheid. Van die
bestanddele word uiteengesit en word daar vir jou vertel
hoekom dit noodsaaklik is dat jy dit moet
inneem om
gesond te kan lewe.Om 'n voorbeeld te noem: Watter voordele
hou roosmaryn, knoffel, neute en sade in vir jou
gesondheid as jy dit in jou resepte gebruik? Die boek bevat
baie resepte oor vars slaaie, groentes, varkvleis,
visgeregte, pasta geregte, ligte etes ens. ens.
EET
JOU GROENTE
R60
Word
in dieselfde formaat as al my ander boeke aangebied.
Dit is presies wat die titel sê. 'n Boek oor
groente. Groente van A-Z. Verskillende maniere van groente
voorberei. Kom ons erken dit nou maar. Groente is groente is
groente en veral kinders dink die meeste van tyd
JUGGGH.Miskien sing hulle en selfs jy 'n ander deuntjie as
jy moontlik die kool, pampoen, brusselse spruitjies op 'n
ander manier as die gewone voor te berei.
PA
SE BOEK (Soos
beskryf in artikel in Rapport en
ideaal vir Vadersdag) R80
Hierdie
baie spesiale boek bestaan uit heerlike BRAAIVLEIS,
POTJIEKOS, WILDSVLEIS en “COCKTAILS” resepte en sommer
net allerhande lekker sêgoed, grappies en interessanthede.
Hierdie boek is opgedra aan alle mans wat 'n spesiale plek
in iemand se hart besit. Dit was oorspronklik saamgestel vir
Vadersdag 2006, maar het nog nie ophou belangstelling lok
nie, en neem nog steeds toe in gewildheid. ‘n Ideale
geskenk.
ONTHOU
JY NOG? (Soos
beskryf in artikel in Rapport )
R80
Hierdie
boek is propvol resepte uit ons kinderjare.Onthou jy nog?
Hertzogkoekies, mosbolletjies, gemmerbier, repelsteeltjies?
ens ens.Ek glo dat as jy deur hierdie boek begin blaai, die
meeste resepte jou ‘n “ TRIP DOWN MEMORY LANE ” sal
gee.
110
SPYSKAARTE VIR DIE WERKENDE VROU
R60
Na
baie navrae het ‘n boek saamgestel vir die werkende vrou
wat saans nie ure voor die kospotte wil staan na ‘n dag se
werk nie. Die geregte is beplan vir Maandae tot
Vrydae.Naweke verander ‘n mens se roetine as in die week
en spyskaarte vir Sondag etes, ens is nie hierby ingesluit
nie.
Hierdie
boek bevat die volgende:
‘n
Uitgewerkte spyskaart, met volledige resepte wat betrekking
het tot die spyskaart.
‘n
Lys van bestanddele wat daagliks benodig word vir die
spesifieke dag se geregte.
‘n
Verskillende toebroodjie vulsel elke dag. + Ekstra's !
MAKING
DIABETIC COOKING EASY
R60
'n
Diabetiese boek in Engels wat bestaan uit 175 resepte.
Resepte dui voedingstabelle aan, bv. vesel, proteine ens.
Wye verskeidenheid van onderwerpe vanaf peuselhappies tot
poedings. Alhoewel die boek in Engels is, is dit
maklik verstaanbaar.
JAPTRAP
ETES SONDER DIE SJLEP
R60
Dis
'n fyn kuns om saans ná werk by die huis te kom en binne 'n
kort rukkie kos gereed en op die tafel te hê. Om gou by 'n
supermark te stop vir voorbereide etes, is nie altyd 'n
opsie nie - definitief nie elke aand van die week nie.
Is jy ook soms in hierdie situasie?
SOUSE,
DOOPSOUSE, SMERE EN BOTTERS
R60
Daar
is dinge wat maar eenmaal bymekaar hoort - soos die regte
sous by die regte kos. En doen jy 'n bietjie ekstra moeite
in die sous-afdeling, is dit die maklikste manier om nuwe
woema aan ou gunstelinge te gee.
'n
BORDVOL PEUSELHAPPIES
R60
Southappies
is nie noodwendig 'n makliker manier van onthaal nie, juis
omdat daar soveel moeite in die maak van southappies ingaan.
Die voordeel daarvan is egter dat die gasvrou alles vooraf
kan maak en heerlik en ontspanne saam met haar gaste kan
kuier.
Hier
is kortliks hoe dit werk met die kleiner samestellings:
Elkeen
van die onderstaande samestellings bevat ongeveer 100 of
bietjie meer resepte. Elke samestelling se prys is
R30 elk.
MAAR.
indien die koper meer as 4 boeke neem verlaag die prys na R25
per samestelling, en meer as 10 verlaag die prys na R20
per samestelling.
1.AFSKEEP
KOS
Stampmielies,
mielierys, mieliemeel, koeskoes, koring, gort.
2.
BEESVLEIS VERRASSINGS
Allerhande
lekker beesvleis geregte, insluitende “steak”
3.
BREDIES EN KASSEROLGEREGTE
Maw.
Stews en oondstowe geregte
4.
BYKOSSE
Alles
en nog wat om by etes te bedien o.a souffles
5.
DRIE RRR’e
Rys,
Risotto en Roerbraai geregte
6.
EENBAK/EENPOT
Alle
eenbak etes, hetsy oondgebak of bo-op die stoof in ‘n pan
7.
ELKE DAG AARTAPPELS
Elke
dag ‘n ander aartappeldis.
8.
GROENTE RONDOMTALIE1
Aspersies,
Broccoli, Ertjies, Groenboontjies, Blomkool, Knoffel Wortels,
Preie en Patty Pans
9.
GROENTE RONDOMTALIE2
Beet,
Botterskorsie, Patats, Murgpampoentjies, Brusselse
spruitjies,
Avokado(eintlik
‘n vrug), Komkommer, Pampoen en gemengde groente.
10.GROENTE
RONDOMTALIE3
Sampioene,
Skorsies, Spinasie, Eiervrug, Kool, Mielies,
Tamaties(eintlik ‘n vrug), Selderye en Soetrissies, Uie en
een en ander onbekendes.
11.GROOT
KOEKE TE KIES EN TE KEUR
Allerhande
soorte en smake
12.HERINNERING
AAN OUMA SE SPENS
Konfyte
en piekels en ‘n paar ander verrassings.
13.KOEKBLIKKE
VOL KLEINKOEKIES
Die
naam sê dit als
14.KONINGSKOS
Beesstert,
Skenkels, skaapnek, Beesnek
15.
KOS UIT DIE SEE
Jy
kan jouself indink- Garnale, calamari, mossels, koningklip
en baie meer.
16.MENGELMOES
Alles
wat nie iewers ingepas het nie, insluitend kaas en eier
geregte.
17.OTTERTJIE
OT
Allerhande
lekker varkvleis geregte, insluitende ribbetjies en vele
meer.”
18.PEULGROENTE
Ideal
vir die vegetariers. Bone,
lensies, spruitjies ens.
19.RUIK
DIE GEUR VAN SPESERYE
Kerries
en brandkos – Geure van die Ooste en nog meer.
20.SKAAP
EN LAM TREFFERS
Allerhande
lekker skaap en lamsvleis geregte.
21.SOET
SOETER SOETSTE
Soet
terte en kaaskoeke.
22.SONDAG
SE VLEIS
Duurder
vleissnitte, soos skaapboud, tong, skof en “roasts”
23.SOUTTERTE
EN QUICHE
Die
naam sê als.
24.TEETYD
TREFFERS
Verskeidenheid
muffins, skons en poffertjies.
25.VIR
DIE SOETTAND
Lekkernye
en allerhande soetgoed soos malvalekkers, noga, fudge en
baie meer.
26.
VIS EN VLEIS UIT’N BLIK
Tuna,
salm, makriel, sardiens, slakke en ander.
27.WEESKINDERS
Lewer,
afval, niertjies, hoenderlewertjies en een of twee ander.
28.WORS
EN WORSIES
Boerewors,
frankfurthers, Russians, varkworsies en allerhande ander wat
lyk soos wors.
Kontak
my asseblief by anna_se_kombuis@yahoo.com indien
jy sou besluit om my moontlik te ondersteun.
Vriendelike
groete en seënwense
Anna
0822946799
Kletskous
Ons nooi almal hartlik uit om te kom klets by www.kletskous.co.za Ons het
veral 'n groot tekort aan aandkletsers. Almal wat Afrikaans kan praat is
baie welkom ons sien graag nuwe gesiggies in die kamer. Groete Moggy
Kinderstories
op CDEen van die
hoofdoelstellings van my webwerf en nuusbrief is om Afrikaans te
bevorder. Hier is nog 'n besonderse manier, kinderstories op CD.STORIEKLUB
lede ontvang 2 nuwe storie cds elke maand!
Versamel al 48 CDs oor 2 jaar, of kanselleer jou lidmaatskap wanneer
jy wil (minimum lidmaatskap-periode van 3 maande). Laai die intekenvorm
af en betaal met gerieflike maandelikse debietorders.As
jy dalk sou belangstel, klik
net hier.
Wapadrand
BoeredansgroepVir navrae of inligting kontak Danette gerus by 0829236177 of stuur ’n
epos na danna.smith@resbank.co.za
Gratis
oorsese Lotto kaartjie
Elke eerste
keer registreerder kwalifiseer vir 'n gratis kaartjie in een van die
groot oorsese Lotto trekkings, as jy dus nog NIE voorheen geregstreer
het nie, gaan as volg te werk:
Om te begin, klik
hier:
Nou moet jy
eers registreer, klik Register/Registreer
Vul die vorm in.
Jy sal ‘n epos ontvang waarop jy moet bevestig.
Nou is jy geregistreer en kan begin speel.
Gaan weer na die skakel hierbo, klik op Sign in/ Teken in
Klik dan aan die regterkant op Account Balance/Rekening Saldo en jy sal
sien in watter Lotto jy ‘n gratis kaartjie of “voucher” het. As daar nog
niks wys nie, byt net vas, hulle laai elke voucher met die hand.
As jy dan een ry op daardie Lotto speel sal jy sien dat jy niks
verskuldig is nie.
Jy sal die dag na die trekking ‘n epos ontvang met die nommers wat
getrek was asook jou nommers.
Tuiswerk/Tuisinkomste Hier is iets
wat werk, jy word nie oornag ryk nie, maar oor 'n tydjie sal dit vir jou
ekstra inkomste inbring, al wat dit jou gaan kos is 'n geringe
maandelikse fooi. Dis nie 'n foefie nie, ek het ingeteken en ek kry elke
maand 'n krediet in my rekening, so dit kos my niks.
Klik
hier vir meer besonderhede
Die Danville Hulpgroep
Gaan kyk gerus na die webwerf
hieronder om te sien watse wonderlike werk hierdie groep doen.
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
Elsabé BlignautHuis: 012 991 3914
Sel: 082 828 2551
Epos: Elecnet@mweb.co.za
Al my nuusbriewe is
op hierdie bladsy beskikbaar:
http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html
Elke nuusbrief sal
voor of op die 15de van die maand op die Argiewe bladsy te lees wees.
Kontak my hier.
Druk jou speld op my besoekerskaart! Ek dink hy is vol op die
oomblik, maar hulle maak darem gereeld spasie vir nuwe inskrywings.
|
|